vir druk: pdf-weergawe - Stellenbosch University. What sets us apart?
vir druk: pdf-weergawe - Stellenbosch University. What sets us apart? vir druk: pdf-weergawe - Stellenbosch University. What sets us apart?
- Page 2 and 3: “As iemand sê hulle is ’n Mati
- Page 4 and 5: Foto: Erhardt Thiel
- Page 6 and 7: Taal aan die US 2 Wat beteken dit v
- Page 8 and 9: 4 Nasionale normtoetse (NNT’s) Va
- Page 10 and 11: 6 Beurse en lenings Merietebeurse v
- Page 12 and 13: 8 SportEd-PROGRAM Die SportEd-progr
- Page 14 and 15: 10 agriwetenskappe F A K U L T E I
- Page 16 and 17: 12 BScBewEkol Wil jy eendag in jou
- Page 18 and 19: 14 Grond- en Waterbestuur Hierdie s
- Page 20 and 21: 16 programgids Breë GraaDproGramme
- Page 22 and 23: 18 Wees versigtig: As jy nie ten mi
- Page 24 and 25: 20 REKENAARWETENSKAP Verpligte vak
- Page 26 and 27: 22 jy statutêr registreer by die H
- Page 28 and 29: 24 programgids B in Arbeidsterapie
- Page 30 and 31: 26 Opleiding van spraak-taalterapeu
- Page 32 and 33: 28 programgids BIng (Bedryfs) BIng
- Page 34 and 35: 30 KRYGSKUNDE F A K U L T E I T
- Page 36 and 37: 32 - Honneurs- en magisterprogramme
- Page 38 and 39: 34 programgids aLGemeNe proGramme B
- Page 40 and 41: 36 Nasionale Intelligensieagentskap
- Page 42 and 43: 38 • Inligting beskikbaar by mrou
- Page 44 and 45: 40 omgewingswetenskap, (2) Sportwet
- Page 46 and 47: 42 program gids proGramme iN BioLoG
- Page 48 and 49: 44 PROGRAMME IN FISIESE WETENSKAPPE
- Page 50 and 51: 46 Rekenaarvaardigheid, Chemie en W
“As iemand sê hulle is ’n Matie, dan sê hulle dit met trots,

want ’n Matie verteenwoordig waarde – vir werkgewers en

vir die res van die samelewing. Die kwalifikasie wat jy hier

kry, gaan eendag namens jou in jou afwesigheid praat.

Hier vra ons, wie jy wil wees, nie wat jy wil word nie.”

Prof HR Botman, Rektor en Visekanselier
INHOUD

Afkortings:

NNT’s = Nasionale Normtoetse

NSS = Nasionale Senior Sertifikaat

VGP’s = verlengde graadprogramme

Webwerf:

www.sun.ac.za

Voornemendestudenteportaal:

www.maties.com

Opedag:

Vrydag 3 Augustus 2012 van 9:00 tot

16:30 in die Langenhoven-studentesentrum

(die Neelsie)

Kom besoek ons en kyk self! Kom ontmoet

ons lektore, praat met ons studente, kyk ons

fasiliteite en proe die kos by die Neelsie.

Na ons beste wete is die inligting in hierdie

brosjure akkuraat. Die Universiteit behou die reg

om toelatingsvereistes en sluitingsdatums van tyd

tot tyd aan te pas. Dit bly die voornemende student

se verantwoordelikheid om hierdie inligting te

bevestig.

01-02

ALGEMEEN

1 Die studentelewe

2 Taal aan die US

03-09

AANSOEKE EN TOELATING

3 Toelating en registrasie

4 Nasionale Normtoetse

5 Gelde betaalbaar

6 Beurse en lenings

7 Akademiese steun vir die eerstejaarstudent

9 Losies

10-54

FAKULTEITE

10 Agriwetenskappe

15 Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

23 Gesondheidswetenskappe

27 Ingenieurswese

30 Krygskunde

33 Lettere en Sosiale Wetenskappe

41 Natuurwetenskappe

48 Opvoedkunde

51 Regsgeleerdheid

54 Teologie

58-62

DIENSTE

58 Sentrum vir Voornemende Studente

58 Sentrum vir Studentesake

58 Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling

59 Biblioteek- en Inligtingsdiens

59 Kampusgesondheidsdiens

60 Sportgeneeskundediens

60 Taalsentrum

60 US Risiko- en Beskermingsdienste

62 Kampuskaart
Foto: Erhardt Thiel
Studente van die Universiteit Stellenbosch (en selfs soms ook die

dosente!) staan bekend as Maties. Waar dié naam vandaan kom, is

ons nie meer heeltemal seker van nie. Dalk het dit op die sportveld

ontstaan, waar ons atlete vir mekaar “ou maat” gesê het, wat toe in

Matie omgesit is deur hul opponente.

Dit sê iets van die gees hier op die kampus – die studentelewe, die

sport, die saam swot in die biblioteek en kuier in die Neelsie met ’n

koffietjie in die hand. Ons spog daarmee dat studente van alle kulture

Stellenbosch Universiteit kies as dié plek om te kom studeer.

Die toekoms is hier met e-Kampus

In sy Nasionale Innovasiekompetisie het die nasionale Departement van Wetenskap en

Tegnologie al twee keer Stellenbosch aangewys as die tegnologies mees innoverende

universiteit. En dis hoofsaaklik te danke aan ons e-Kampusinisiatief waar die gebruik van

tegnologie aangemoedig word om onderrig, leer en navorsing te verbeter.

Hier sal jy onder meer toegang hê tot jou eie e-pos, die Internet, elektroniese

inligtingshulpbronne en Webstudies (’n webgebaseerde e-leerhulpmiddel). Toegang

is beskikbaar vanuit koshuiskamers, rekenaargebruikerareas (RGA’s) by die fakulteite

en radionetwerkverbindings op strategiese punte oral op die kampus. Bring dus gerus

jou skootrekenaar saam kampus toe. Vir die spesifikasies waaraan jou rekenaar moet

voldoen, kyk by blogs.sun.ac.za/it/af/. Vanaf 4 Januarie kan jy maar jou rekenaar na ons IT

Studentehulpsentrum (nr. 27 op kaart binne agterblad) bring om dit te registreer, te beveilig

en op te stel vir kampusgebruik.

Aktiwiteite vir almal!

Die hartklop van die kampuslewe, van werklik Matie-wees, draai om die groot

verskeidenheid aktiwiteite wat hier aangebied word – van sport en kultuur tot geestelike

en sosiale bedrywighede. Maak nie saak of jy in ’n koshuis bly en of jy privaat bly nie,

almal kry die kans om deel te neem. Die gevoel van samehorigheid word deur alle Maties

ervaar. Jy gaan lewenslange vriende maak en nog vir jare praat oor die dinge wat julle

saam ervaar het.

Die

studentelewe

Wat kan ek alles doen?

Daar is ’n groot verskeidenheid akademiese en nie-akademiese verenigings waarby jy

kan aansluit. Daar is iets vir almal! Of jy nou hou van dans, diere of debat en of jy graag

betrokke wil wees by iets geestelik, groen of gemeenskap-georiënteerd – “Vind jou plek”

by die verenigingraad. Besoek gerus www.sun.ac.za/verenigings.

Jy sal ook die kans gegun word om jou leierskap verder te ontwikkel op verskillende

terreine soos die Studenteraad, Akademiese Belangeraad, huiskomitees en in verenigings.

Die Universiteit probeer om deur hierdie strukture die studente ’n geleentheid te gee om

’n bydrae te lewer tot die bestuur van die Universiteit.

Stellenbosch is bekend vir sy prestasies op sportgebied. Hier is uitstekende geriewe en

afrigters beskikbaar sodat jy jou volle potensiaal kan ontwikkel op die sportveld.

Dit is vir die Universiteit belangrik dat ons in die gemeenskap ’n verskil maak. Matie

Gemeenskapsdiens (MGD) het ’n klomp verskillende projekte waarby jy betrokke kan

raak en sodoende ander mense se lewens aanraak. Vensters, ’n multimediavertoning, is

een van die groot projekte waarby meeste eerstejaars betrokke is.

Waarmee kan ons jou help?

Die Sentrum vir Studentesake koördineer bykans alle nie-akademiese aktiwiteite op

kampus. Kyk agterin hierdie brosjure onder “Dienste” vir kontakbesonderhede (bladsy 58).

1
Taal aan die US

2

Wat beteken dit vir jou as student?

In die klaskamer kan jy moontlik een van die volgende situasies vind:

• Jou klasse is in Afrikaans en jou onderrig-leermateriaal (behalwe handboeke) is in

Afrikaans en Engels;

• Jou klasse is in Afrikaans én in Engels en jou onderrig-leermateriaal (behalwe handboeke)

is in Afrikaans en Engels;

• Jou klasse is in Engels. Dit gebeur veral in programme of modules wat uniek is tot die

Universiteit en by die fakulteite waar studieprogramme se eerste jaar in aparte ‘strome’ in

Afrikaans én in Engels aangebied word (parallelmediumonderrig).

In al hierdie situasies geld die volgende:

• Jy kan in óf Afrikaans óf Engels take, eksamens en toetse skryf en aan mondelinge

besprekings in die lesings deelneem.

• Behalwe in taalonderrigmodules, kan jy eksamen- en toetsvrae en opdragte verwag in

Afrikaans en in Engels.

Wat vra ons van jou?

Die Universiteit vra jou om die gees van die Taalbeleid en -plan uit te leef deur jou

vaardighede in ten minste twee onderrigtale te ontwikkel, ander taalgebruikers te

respekteer en aktief deel te neem aan besprekings in die klas.

Is daar hulp vir my met Afrikaans of Engels?

Die Universiteit se Taalsentrum (kyk agterin onder “Dienste” op bladsy 60) gee

taalondersteuning om jou akademiese taalvaardighede in Afrikaans en in Engels te

ontwikkel. Dit is belangrik dat jy gebruik maak van die geleenthede vir taalontwikkeling

wat gebied word.

Hoe weet ek in watter taal my klasse gaan wees?

Die onderskeie fakulteite se jaarboeke sit die modules van die leerprogramme uiteen.

Hierdie modules word telkens met ’n taalspesifikasie gemerk (kyk tabel hieronder) indien

’n ander spesifikasie as die A-spesifikasie gebruik word. Jy kan dus al voordat jy vir ’n

program registreer seker maak watter taalspesifikasie vir elke module geld. Kyk ook

by www.maties.com onder “Wat kan ek studeer?” As jy van e-registrasie (elektroniese

selfregistrasie) gebruik maak, sal jy die taalspesifikasies van die modules waarvoor jy

registreer op die registrasiestelsel vind. Wanneer ’n module in aparte strome in Afrikaans

en Engels aangebied word, kan jy self kies by watter stroom jy wil inskakel.

Ta a l s p e s i f i k a s i e

A-spesifikasie

(Hoofsaaklik Afrikaans as

onderrigmedium)

T-spesifikasie

(Tweetalige klasse: 50% Afrikaans en

50% Engels)

E-spesifikasie

(Engels as onderrigmedium)

A&E-spesifikasie

(Afsonderlike ‘strome’ in Afrikaans

en Engels)

Die Universiteit Stellenbosch (US) is ’n

meertalige universiteit wat primêr Afrikaans,

maar ook Engels, as onderrigmedium gebruik.

Hierbenewens maak die Universiteit voorsiening

vir die ontwikkeling van vakterminologie en

kommunikasievaardighede in Xhosa. Hierdie

benadering tot taal het ten doel om meertalige

gegradueerdes af te lewer en om Afrikaans as

akademiese taal te bevorder.

K e n m e r k e

• Die onderrig is hoofsaaklik in Afrikaans.

• Die onderrig-leermateriaal (handboeke uitgesluit)

is sover moontlik in Afrikaans en Engels.

• Die onderrig is ten minste 50% van die tyd in Afrikaans.

• Die onderrig-leermateriaal (handboeke uitgesluit)

is sover moontlik in Afrikaans en Engels.

• Die onderrig is hoofsaaklik in Engels.

• Die onderrig-leermateriaal (handboeke uitgesluit)

is sover moontlik in Engels en Afrikaans.

• Dit kan beteken dat daar aparte klasse is wat

volledig in Afrikaans en volledig in Engels

aangebied word, of dit kan beteken dat die klas

volledig in óf Afrikaans óf Engels aangebied

word, en na die ander taal getolk word.

Lees gerus die Universiteit se volledige Taalbeleid en -plan by www.sun.ac.za/taal. Jy kan die “Gedragskode vir

taal in die klaskamer” ook hier kry.
SÓ DOEN ’N MENS AANSOEK OM

TOELATING

Die Universiteit stel sy amptelike aansoekvorm in twee

formate beskikbaar: ’n elektroniese aansoekvorm en ’n

papieraansoekvorm.

Aansoek met die elektroniese vorm

Baie van ons voornemende studente vind dit gerieflik om

elektronies aansoek om toelating te doen – via die Internet

op die webportaal www.maties.com onder “e-aansoeke ...”.

Hiervoor het jy ’n e-posadres nodig sodat die Universiteit

elektronies met jou kan korrespondeer.

Aansoek met die papiervorm

’n Aansoekvorm kan by die navraetoonbank in die

Administrasiegebou A op Stellenbosch afgehaal word

of van ons Kliëntedienssentrum aangevra word by die

nommers en adresse onder “Navrae”.

Aansoekgeld

By elektroniese aansoeke kan die aansoekgeld

terselfdertyd elektronies betaal word. By aansoeke met

die papiervorm moet die vereiste aansoekgeld, wat

voor op die aansoekvorm aangedui is, die vorm per

tjek of posorder vergesel, of per depositostrokie in die

geval van ’n elektroniese oordrag (kyk bladsy 5 vir

bankbesonderhede; noem die eerste agt syfers van jou

ID-nommer as verwysing).

Sluitingsdatums vir aansoeke

• Programme by Gesondheidswetenskappe: 31 Mei

• Programme by Regsgeleerdheid en by Opvoedkunde:

30 Junie

• Programme by ander fakulteite: 30 Junie, met

aanvaarding van laataansoeke tot 30 September, met

dien verstande dat die Universiteit die reg voorbehou

om laataansoeke vir enige program enige tyd voor 30

September te sluit

• Vir koshuisverblyf: 30 Junie

Jou studentenommer

By die hantering van jou aansoek gee die Universiteit

jou ’n unieke studentenommer vir identifikasie.

Hierdie nommer sal lewenslank jou studentenommer

by die Universiteit Stellenbosch wees. Wanneer jou

studentenommer aan jou bekend gemaak is, noem dit

asseblief in alle toekomstige kommunikasie met die

Toelating en registrasie

Al ons programme is keuringsprogramme omdat groot getalle voornemende studente daarvoor aansoek doen. Ons

plek vir studente is ongelukkig beperk. Al voldoen jy dus aan die minimumvereistes van ’n program, is dit nie ’n

waarborg dat jy in die program van jou keuse ’n plek gaan kry nie.

Universiteit, wanneer jy vir beurse aansoek doen en ook

wanneer jy registreer.

Ons toelatingsvereistes

Om by die Universiteit Stellenbosch te kan studeer, moet jy:

• In besit wees van ’n Nasionale Senior Sertifikaat

(NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi met toelating tot

baccalaureusgraadstudie, wat beteken dat jy minstens

’n vlak 4 in elk van vier skoolvakke uit die lys van

aangewese universiteitstoelatingsvakke* moet behaal

• Die Nasionale Normtoetse (NNT’s) aflê (kyk bladsy 4)

• Ook voldoen aan die program van jou keuse

se spesifieke vereistes soos aangegee by die

programbeskrywing onder die betrokke fakulteit

v l a k 3 4 5 6 7

% 40-49 50-59 60-69 70-79 80-100

As jy nog nie die finale NSS-eksamen geskryf het nie,

gebruik jou graad 11-eindeksamenpunte as riglyn.

* Universiteitstoelatingsvakke:

Besigheidstudie, Dramatiese Kunste, Ekonomie,

Fisiese Wetenskappe, Geografie, Geskiedenis,

Inligtingstegnologie, Ingenieursgrafika en -ontwerp,

Landbouwetenskappe, Lewenswetenskappe, Musiek,

Rekeningkunde, Religiestudie, Tale (een taal van leer en

onderrig aan ’n hoëronderwysinstelling en twee ander

erkende taalvakke), Verbruikerstudie, Visuele Kunste,

Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid.

Ou matrikulasievereistes

Vir die toelatingsvereistes volgens die ou matrikulasiekurrikulum

(tot 2007), skakel ons Kliëntedienssentrum

(kyk “Navrae” hieronder).

Studiekoste

Die benaderde studiekoste van ’n aantal

verteenwoordigende programme verskyn op bladsy 5.

SÓ REGISTREER ’N MENS AS

STUDENT

Nadat jy voorwaardelik toegelaat is tot die studieprogram

waarvoor jy aansoek gedoen het, sal die Universiteit vir

jou besonderhede stuur oor wanneer jy op Stellenbosch

moet aanmeld vir die Verwelkomingsprogram en hoe om

te registreer. Studente kan aan die begin van die jaar op

twee maniere registreer: elektronies deur die Internet of

op die kampus self tydens die Verwelkomingsprogram.

Studente wat nie binne die vasgestelde tydperk

registreer nie, word nie as studente erken nie, tensy

hulle toestemming vir laat registrasie verkry en die

laatregistrasieheffing betaal. Laat registrasies en program-

of moduleveranderings word tot twee weke nadat klasse

begin het, toegelaat. Deur laat op te daag gaan jy egter

belangrike aktiwiteite misloop. Tref dus jou reëlings

so dat jy betyds vir die Verwelkomingsprogram op

Stellenbosch kan wees.

Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel.: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

Posadres: Toelating, Universiteit Stellenbosch,

Privaat Sak X1, Matieland 7602

3
4

Nasionale normtoetse (NNT’s)

Vanaf 2012 (vir inname 2013) is dit vir alle voornemende studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) verpligtend om die

Nasionale Normtoetse (NNT’s, oftewel National Benchmark Tests) te skryf. Die NNT-projek word deur die Alternative Admissions

Research Project by die Universiteit van Kaapstad bestuur.

Wat is die NNT’s?

Die NNT’s is ’n assessering vir voornemende eerstejaarstudente vir intrede tot hoёr

onderwys. Die toetse meet vaardigheidsvlakke in Akademiese Geletterdheid, Kwantitatiewe

Geletterdheid en Wiskunde, in pas met die eise van hoёronderwysstudie. Die NNT’s bestaan

uit twee toetse: (1) die Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdheidstoets (AQL) en (2) die

Wiskundetoets (MAT).

Wie moet die NNT’s skryf en waarom?

ALLE voorgraadse aansoekers wat as eerstejaarstudente aan die US wil registreer. Die

NNT’s verskaf bykomende inligting wat bydra tot die plasing en seleksie van studente in

gewone of verlengde programme.

Watter van die NNT’s moet ek skryf?

Dit word bepaal deur die toelatingsvereistes van die program waarvoor jy aansoek doen:

• In die eerste toets word die Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdheidsdomeine

gekombineer in een veelkeusetoets (AQL). Aansoekers vir alle programme skryf die

AQL.

• Die tweede veelkeusetoets, Wiskunde (MAT), word deur aansoekers vir programme

waarvoor Wiskunde ’n vereiste is geskryf.

Wat sal dit my kos?

Koste vir 2012 sluit prosesserings- en administrasiefooie in.

• Slegs AQL: R90

• AQL en MAT: R165

Aansoekers wat nie aanmeld vir hulle geregistreerde toetse nie moet wéér registreer en

betaal om die toets te herskeduleer. Punte word nie vrygestel tensy fooie betaal is nie.

Hoe registreer ek om te skryf?

Jy sal slegs die NNT’s kan skryf ná suksesvolle registrasie en betaling vir ’n toetssessie.

Jy kan op die Internet registreer met ’n rekenaar of ’n selfoon.

Bespreek jou plek só

Met ’n rekenaar:

• Gaan na www.nbt.ac.za en klik op “Register to Write”.

• Volg die aanwysings.

• Nadat jy op “Submit” geklik het, sal ’n brief wat jou registrasie bevestig (met EasyPaystrepieskode)

beskikbaar wees om af te laai en uit te druk.

Met ’n selfoon:

• Gaan na die NNT-webtuiste op dieselfde manier soos na MXit of Facebook.

• Nadat jy jou persoonlike inligting ingevoer het, kan jy jou NNT-registrasiebrief en

EasyPay-strepieskode op een van twee maniere verkry:

- Tik jou e-posadres in en die brief sal aan jou gestuur word om af te laai en later te druk; of

- Wanneer jy toegang tot ’n rekenaar en drukker het, gaan terug na www.nbt.ac.za,

teken in met jou ID, en druk dan die brief.

Betaal só

Neem jou NNT-registrasiebrief na ’n EasyPay-betaalpunt naby jou om die toetsfooie

te betaal. Jy kan ook op die EasyPay-webtuiste (www.easypay.co.za) betaal en jou

betalingsbewys uitdruk.

Om toegelaat te word om die NNT’s te skryf, moet jy die registrasiebrief én die bewys

van betaling by die toetslokaal op die dag van die sessie toon.

Hoe laat begin die toetse en hoe lank duur dit?

• Die AQL (3 uur en 5 minute skryftyd) word tydens ’n oggendsessie geskryf. Aansoekers

moet om 7:30 op die toetsdatum aanmeld.

• Die MAT (3 uur skryftyd) word tydens die middagsessie van dieselfde dag geskryf, met

’n kort pouse tussen die twee toetse.

Wat moet ek na die toetssessie saambring?

• ID boek, paspoort, of gesertifiseerde bewys van aansoek vir ’n Suid-Afrikaanse ID.

• Registrasiebrief en EasyPay-betalingsbewys van toetsfooie.

• Twee HB-potlode, ’n uitveër en potloodskerpmaker.

• Middagete, indien jy albei toetse skryf.

• GEEN SAKREKENAARS, LINEALE OF WOORDEBOEKE word toegelaat nie.

Waar en wanneer kan ek die NNT’s skryf?

Besoek www.nbt.ac.za vir ’n lys met toetsdatums en toetssentra vir 2012.

Waar kan ek meer inligting kry?

NNT Kliëntedienssentrum: 021 650 3523

Webwerf: www.nbt.ac.za
Bedrae betaalbaar op dag van registrasie

(Hierdie bedrae geld vir 2012.)

• Eerste paaiement van onderriggeld R8 300

• Eerste paaiement van koshuisgeld R7 250

Studente wat in universiteitskoshuise bly, betaal dus die

eerste paaiemente van onderriggeld en koshuisgeld (R15

550) en studente wat tuis woon of privaat loseer, betaal net

onderriggeld (R8 300) by registrasie.

Versnelde prosedure vir betaling van

gelde by registrasie

By registrasie kan jy vertraging by die kassiere aansienlik

verkort deur die gelde hierbo genoem vooraf by die

kassiere in te betaal, per gekruiste tjek of posorder aan

die Universiteit te stuur, of elektronies in te betaal voor

of op die dag van registrasie. By registrasie sal dit dan

net nodig wees om jou studentekaart by ’n kontrolepunt

te laat aktiveer. Studente wat elektronies via die Internet

registreer, kan terselfdertyd elektronies betaal om

renteheffing te voorkom.

Hoe om te betaal

Die Universiteit aanvaar verskeie maniere van betaal:

aanlyn met ’n kredietkaart (kyk webadres hieronder vir

betaalwyses), kontant, gekruiste tjeks uitgemaak aan die

Universiteit van Stellenbosch, elektroniese inbetalings,

direkte inbetalings by die bank, debietkaarte, gekruiste

posorders en debietorders (vorm verkrygbaar by die

webadres hieronder of by mnr Davidse by 021 808 3530).

Bankbesonderhede:

ABSA Stellenbosch

Takkode 632005

Rekeningnr. 0410 204 789

Gee jou studentenommer as verwysing.

Faks die depositostrokie na me Amerika by 021 808 3739.

Gelde betaalbaar

Jy kan die balans van die rekening, nadat die eerste

paaiement by registrasie betaal is, volgens twee stelsels

betaal:

1. Volgens die debietorderstelsel betaal jy die uitstaande

rekeninggelde in sewe gelyke paaiemente (die eerste

daarvan op 1 Mei).

2. As jy nie van ons debietorderstelsel gebruik wil maak

nie, moet die restant van jou studenterekening in twee

paaiemente betaal word:

• Voor of op 31 Mei – 75% van die rekeninggelde wat

oorbly na die eerste paaiement met registrasie betaal is.

• Voor of op 30 September – die uitstaande balans op

jou studentegelderekening.

Betaling van gelde by registrasie deur

beurs- en leninghouers

Beurs- en/of leninggeld wat deur die Universiteit

ontvang word, word tot krediet van die betrokke

student aangeteken. Indien hierdie geld, of ’n afskrif

van die amptelike toekenningsbrief met aanduiding

van die toekenningsbedrag, BETyDS ontvang word

en VoLDoENDE is om die toepaslike bedrag hierbo

genoem te dek, sal die versnelde prosedure ook deur

die betrokke student gevolg kan word. Dit is die student

se verantwoordelikheid om self met die beurs- of

leningsinstansie te reël dat die geld teen die dag van

registrasie by die Universiteit inbetaal word.

Benaderde onderriggeld vir 2012

Hier volg ’n verteenwoordigende uittreksel uit die

Universiteit se programaanbod met die benaderde studiegeld

per jaar daarby. Onthou asseblief dat dit net benaderde syfers

is om ’n aanduiding te gee van wat die studiegeld ongeveer

kan beloop. (Studiegeld styg jaarliks gemiddeld tussen 10

en 15%.)

BA 26 023

BA in Regsgeleerdheid 28 836

BMus 27 839

BA in Drama en Teaterstudie 24 877

BA in Visuele Kunste 24 739

LLB (Voorgraads) 28 783

BSc 30 804

BSc Bosbou (1ste – 4de jaar) 28 744

BScAgric 29 357

BSc in Voedselwetenskap 30 885

BComm 26 069

BComm (Regsgeleerdheid) 29 558

BComm in Aktuariële Wetenskap 36 367

BRek (1ste – 2de jaar) 28 878

BRekLLB 32 732

BIng 34 659

BEd (Algemene Onderwys) 25 470

BTh (B in Teologie) of BDiv 21 605

MB,ChB (1ste jaar) 40 201

MB,ChB (2de – 6de jaar) 38 875

B in Arbeidsterapie 32 837

B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie 28 867

BSc in Fisioterapie 30 339

BSc in Dieetkunde

Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel.: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

31 858

Beurse en Lenings: Uitbetalings

Me J Swart

Tel. 021 808 4522

Webwerf vir betaalwyses: www.maties.com onder

“Beurse en gelde”, “Wat sal dit kos?” en “Hoe betaal ek?”

5
6

Beurse en

lenings

Merietebeurse vir eerstejaars

Merietebeurse word aan eerstejaars volgens hul graad 12-gemiddelde in die volgende

prestasiekategorieë toegeken:

85% tot 89,9%

90% en hoër

’n Mens kom in aanmerking vir ’n merietebeurs indien jy minstens 85% (Lewensoriëntering

uitgesluit) in die graad 12-skooleindeksamen behaal het. Merietebeurse word as ’n

persentasie van studiegeld bereken volgens ’n glyskaal, met die kleinste korting vir die

onderste kategorie (85%+) en die grootste korting vir die boonste kategorie (90%+). Die

korting vir kategorie 85% tot 89,9% sal minstens 40% wees en die volgende kategorie hoër.

Merietebeurse word outomaties toegeken, maar graad 12-leerders wat hul

skooleindeksamen buite ’n provinsiale onderwysdepartement afgelê het, moet vir die

merietebeurs aansoek doen.

Gesinsvoordele

Die Universiteit gee ’n korting van 10% op onderriggeld as drie of meer kinders van

dieselfde gesin gelyktydig aan die Universiteit studeer. Die aansoekvorm vir korting is

beskikbaar by die webwerf hieronder of by 021 808 9111.

Sportbeurse

’n Aantal spesiale beurse is beskikbaar vir diegene wat uitmuntende sportprestasies

gelewer het. Jy kan meer inligting oor hierdie beurse by die Direkteur: Sport, tel. 021 808

4642, kry.

Ander beurse

’n Groot aantal algemene beurse vir studie in byna enige fakulteit, asook beurse vir

studie in ’n besondere fakulteit of departement, soos beskryf in die Jaarboek Deel 2, is

beskikbaar vir studente wat akademies verdienstelik en/of finansieel behoeftig is.

Beurslenings vir behoeftige studente

Die Universiteit bied beurslenings aan as finansiële hulp vir behoeftige studente. Kyk die

Jaarboek Deel 2.

Sluitingsdatums vir aansoeke:

• 30 Junie vir alle beurse en beurslenings deur die Universiteit geadministreer.

• Die sluitingsdatum vir beurse van privaat maatskappye wissel. Besonderhede verskyn in

die Jaarboek Deel 2.

Navrae en aansoekvorms

Webwerf: www.maties.com onder “Beurse en gelde” en kies “Beurse en lenings”

Voornemende studente wat reeds hul studentenommers ontvang het, kan aanlyn aansoek

doen vir beurse en lenings. Die Universiteit se Jaarboek Deel 2 is ook hier beskikbaar.

Posadres: Beurse en Lenings (Voorgraads)

Universiteit Stellenbosch

Privaat Sak X1

Matieland 7602

Kliëntedienssentrum

Tel.: 021 808 9111

Faks: 021 808 2954

E-pos: info@sun.ac.za

om aan ’n universiteit te studeer, is nogal duur en ’n

mens moet deeglik daarvoor beplan. Die Universiteit bied

finansiële hulp aan studente wat daarvoor kwalifiseer, maar

dit is in die eerste plek jou en jou ouers se plig om toe te

sien dat jy voldoende finansiële voorsiening maak voordat

jou studie begin. Vir meer besonderhede van die verskeie

vorme van finansiële hulp hieronder genoem, kyk die

Universiteit se Jaarboek Deel 2 (vra een aan by tel. 021 808

9111 of laai een af van die webwerf hieronder).
EERSTEJAARSAKADEMIE

Uniek aan die Universiteit Stellenbosch is die

Eerstejaarsakademie (EA), ’n inisiatief wat spesifiek

fokus op sukses in die eerste jaar. Die EA behels ’n groot

verskeidenheid aktiwiteite wat doelmatig gekoördineer

word. Van die dag wat jy by die Universiteit aankom, sal jy

met die EA kennis maak. Die Verwelkomingsprogram word

byvoorbeeld onder die vaandel van die EA bestuur. Reeds

in jou eerste weke op kampus sal jy vroeë assessering in

al jou modules aflê – hierdie punte word aan die einde

van week ses aan jou, jou dosente en jou ouers beskikbaar

gestel om vroegtydig vir jou ’n idee te gee van hoe jy

vorder en of jy hulp nodig het. Verder ondersteun die EA

vele tutoriaalprogramme wat deel sal uitmaak van baie van

jou eerstejaarmodules. Die EA gee ook elke jaar erkenning

aan sy toppresteerders tydens ’n glansryke dinee wat deur

die Rektor self aangebied word.

VERLENGDE GRAADPROGRAMME

(VGP’s)

Die VGP’s is volwaardige graadprogramme wat

alternatiewe akademiese roetes vir studente bied om

suksesvol te studeer. Hulle word in die volgende

fakulteite aangebied: Agriwetenskappe, Ekonomiese

en Bestuurswetenskappe, Gesondheidswetenskappe,

Ingenieurswese, Lettere en Sosiale Wetenskappe en

Natuurwetenskappe. Die programme is spesifiek bedoel

Akademiese steun vir die

eerstejaarstudent

Universiteit Stellenbosch gee om vir sy eerstejaars en wil elke student ondersteun om akademiese sukses te behaal. Bo en behalwe die dag tot dag ondersteuning wat jy van jou dosente

sal ontvang, word hulp op verskeie maniere aangebied. Lees hieronder meer daaroor en ook oor die oorbruggingsprogram SciMathUS.

vir studente wat die potensiaal het om suksesvolle

akademiese loopbane te hê, maar wat nie voldoende

toegerus is vir universiteitstudie nie.

Wat behels ’n VGP?

Die struktuur van ’n VGP kan van fakulteit tot fakulteit

verskil, maar oor die algemeen word die eerste

akademiese jaar van die hoofstroom se modules oor twee

jaar versprei (in die geval van Natuurwetenskappe en

Ingenieurswese word die eerste jaar voorafgegaan deur

’n fondasie- of basisjaar). Jou lading van hoofstroommodules

is dus minder per jaar. Om jou studiebasis

te versterk, neem jy dan bykomende of alternatiewe

fondasiemodules. Jy sal meer inligting oor die

programinhoud in die betrokke fakulteit se jaarboek kry

(kyk webadres www.sun.ac.za/university/jaarboek/indeks.

htm vir die fakulteite se jaarboeke).

In die meeste gevalle sal jou eerste jaar se werk

(insluitende die fondasiemodules) teen die einde van

jou tweede historiese jaar afgehandel wees. Sodra jy

hierdie twee jaar suksesvol afgehandel het, vorder

jy na die tweede hoofstroomstudiejaar (jy is dan in

jou derde jaar op universiteit, maar is amptelik in jou

tweede akademiese studiejaar). Sodoende verwerf jy ’n

volwaardige graadsertifikaat van die Universiteit wat

presies dieselfde is as dié van hoofstroomstudente.

Hoe kwalifiseer ek vir ’n VGP?

Toelating tot die VGP’s verskil van fakulteit tot fakulteit.

Jy sal deur die fakulteit in kennis gestel word as jy

moontlik in aanmerking kom vir ’n VGP. Dit is belangrik

om in gedagte te hou dat toelating tot die VGP steeds

onderworpe is aan sekere minimumvereistes soos

uiteengesit in die onderskeie fakulteite se jaarboeke. Vir

nadere inligting kyk kontakbesonderhede hieronder of

besoek die Sentrum vir Onderrig en Leer se webwerf by

stbweb02.stb.sun.ac.za/sol/.

ResEd-PROGRAM

Die ResEd-program is ’n omvattende inisiatief om die

akademiese sukses van studente te verhoog deur hulle te

help om die oorgang van skool na universiteit suksesvol

te maak. Dit behels onder andere die organisering van

koshuise en die Privaatstudenteorganisasie se wyke in

ResEd-groepe (klusters) om eerstejaars te ondersteun.

Die vernaamste aspek is die aanwys van senior studente

as mentors vir eerstejaarstudente om hulle te help met

die aanpassing by universiteitstudie. Die program

is in 2010 aansienlik versterk met meer mentors vir

eerstejaarstudente in privaat huisvesting. Die mentors

voer ook kleingroepgesprekke met eerstejaars oor ʼn

verskeidenheid onderwerpe soos: die bestuur van my

finansies, tydbestuur, streshantering en hoe om die beste

uit my klasse te haal.

7
8

SportEd-PROGRAM

Die SportEd-program maak ook gebruik van mentors om eerstejaarstudente te help met

die aanpassing by die universiteitslewe en spesifiek hoe om die eise van akademie en

sport te versoen.

AKADEMIESE GELETTERDHEID EN TAALVAARDIGHEID

Vir ’n beduidende persentasie studente met hoë akademiese potensiaal hou lae vlakke

van akademiese geletterdheid (akademiese lees- en skryfvaardigheid) of onvoldoende

taalvaardigheid in Afrikaans en/of Engels ’n risiko vir die suksesvolle voltooiing

van hul studies in. Die Taalsentrum bied daarom ’n verskeidenheid van akademiese

geletterdheids- en taalvaardigheidskursusse asook ander dienste aan om jou hiermee te

ondersteun. Lees agterin hierdie prospektus onder “Dienste” meer hieroor.

ANDER VORME VAN STEUN

Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling bied professionele akademiese

voorligting en sielkundige steun aan studente

SciMathUS-OORBRUGGINGSPROGRAM

SciMathUS bied aan onderwysbenadeelde leerders wat potensiaal het, maar wat nie aan

die toelatingsvereistes voldoen nie, die moontlikheid om wel vir hoëronderwysstudie in

die natuurwetenskappe, landbouwetenskappe, gesondheidswetenskappe, ingenieurswese

of ekonomiese en bestuurswetenskappe te kwalifiseer. SciMathUS bied vir een jaar

gehalte-onderrig in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe of Rekeningkunde en Inleiding tot

Ekonomie aan. Omdat hierdie vakke op ’n geïntegreerde manier aangebied word, leer die

studente dikwels deur praktiese probleme self op te los. Daar is ruim geleentheid om die

algemene akademiese vaardighede te ontwikkel wat ’n mens nodig het om suksesvol op

universiteit te kan studeer. Studente kry ook hulp met studie- en loopbaanbeplanning.

Die onderrig van dié program word grotendeels deur bydraes uit die privaat sektor

befonds. Studente betaal ’n registrasiefooi. Losies is beskikbaar aan sommige studente.

Beurse word onder spesiale omstandighede aan studente toegeken om hulle met reis- en

verblyfkoste gedurende die oorbruggingsjaar te help.

Vir meer besonderhede oor hierdie program, skakel die nommer hieronder of besoek ons

webblad, www.imstus.sun.ac.za, en kliek op “SciMathUS”.

N a v r a e o o r . . . K o n ta k p e r s o o n E - p o s a d r e s T e l e f o o n n r .

SciMathUS Me Adele Pool bridging@sun.ac.za 021 808 3032

SportEd-program Me Karin Swart kj2@sun.ac.za 021 808 4585

ResEd-program Mnr Pieter Kloppers pwk@sun.ac.za 021 808 2810

Akademiese voorligting Me Elmien Strauss est@sun.ac.za 021 808 4707

Werkswinkels (akademiese en persoonlike ontwikkeling) Administratiewe assistent workshops@sun.ac.za 021 808 4703

Akademiese geletterdheid en taalvaardigheid Me Nawaal Jansen nluiters@sun.ac.za 021 808 2905

Verlengde graadprogramme per fakulteit: K o n ta k p e r s o o n E - p o s a d r e s T e l e f o o n n r .

AgriWetenskappe en Natuurwetenskappe Me Wilma Wagener ww@sun.ac.za 021 808 3063

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Dr Ansie Loots aloots@sun.ac.za 021 808 4840

Gesondheidswetenskappe Dr Alwyn Louw ajnlouw@sun.ac.za 021 938 9389

Ingenieurswese Mnr August Engelbrecht august@sun.ac.za 021 808 4205

Lettere en Sosiale Wetenskappe Me Anita Jonker axjonker@sun.ac.za 021 808 2081

Algemene VGP-navrae Mnr Gert Young gyoung@sun.ac.za 021 808 4937
Stellenbosse en Tygerbergse koshuislosies is báie gewild. Blyplek, veral op Stellenbosch, is redelik beperk want

die Wes-Kaap het ’n stabiele, sterk groeiende ekonomie en dis boonop so ’n mooi deel van die land dat baie mense

graag hier wil werk of aftree. En Stellenbosch is een van ons land se gewildste toeriste-trekpleisters, wat die

akkommodasiedruk vererger.

Sowat 5 300 studente bly in omtrent 27 Stellenbosse Universiteitskoshuise en ander Universiteitsblyplekke. Op die

Tygerbergkampus is daar vier koshuise wat ongeveer 1 000 studente van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe

kan huisves. Die meeste Maties wat op dié twee kampusse klasloop (die Universiteit het meer as 26 000 studente)

moet dus sorg vir privaat akkommodasie soos kamers of woonstelle, selfs op omliggende plekke.

Hoe om aansoek te doen

Vir koshuisverblyf moet jy die afdeling vir losiesaansoek op dieselfde vorm invul waarmee

jy aansoek om toelating tot die Universiteit doen. As jy minderjarig is, moet jou ouers of

voog die vorm invul en teken. Die finale sluitingsdatum vir aansoeke is 30 Junie van die

jaar voordat jy losies wil hê.

Só ken ons losies toe

Jou losiesaansoek word net oorweeg nadat die Universiteit jou voorwaardelik tot ’n

program toegelaat het. As jy dus vir ’n keuringsprogram aansoek doen, noem ook ’n niekeuringsprogram

in jou aansoek om toelating tot die Universiteit sodat jy vir ’n plek in

die koshuis in aanmerking kan kom.

Koshuisplekke word op die volgende manier toegeken:

35% – uitnemendheid (jou akademiese prestasie)

15% – ewekansig (sonder uitsoek)

8% – viserektor benoem (via die Sportburo, Dept. Visuele Kunste en Stellenbosch

Stigting (US-donateurs))

12% – koshuis nomineer 10 plekke

30% – in volgorde van prioriteit: kandidate met gestremdhede of wat bruin, swart en

Indiër is

Eerstejaarstudente word in enige Universiteitskoshuis opgeneem, waar hulle onder die

toesig van ’n inwonende hoof is, ondersteun deur senior studentementors.

As jy koshuisplek kry

Die Universiteit sal jou skriftelik laat weet dat daar vir jou plek in ’n koshuis uitgehou

word. Wil jy dit aanvaar, moet jy dadelik die voorgeskrewe deposito betaal. Daarna word

ʼn plek in ’n spesifieke koshuis aan jou toegeken en word jy per brief daarvan in kennis

gestel.

Die Universiteit nooi alle eerstejaars uit om meer as ’n week voordat die akademiese

jaar begin al op die kampus te wees vir ’n deeglik beplande voorligtings- en

aanpassingsprogram oor jou nuwe studie-omgewing. Eerstejaars wat in koshuise gaan bly,

kan in dié tyd al daar intrek.

Elke koshuiskamer het ’n netwerkpunt wat jou onder andere toegang bied tot die

Universiteit se netwerk en daarmee saam elektroniese inligtingsbronne, die Internet en

e-leerhulpmiddels. Bring dus gerus jou eie rekenaar saam. Kyk vir rekenaarspesifikasies

by blogs.sun.ac.za/it/af onder “Studente”.

Wat losies min of meer kos

(Benaderde syfers vir 2012 – dubbelkamertariewe per jaar)

Vroue – R21 260

Mans – R25 800

Maaltye: Verskillende opsies (bv. 3 etes per dag, 7 dae per week – R12 600 per jaar)

Let Wel: Losiesgeld styg elke jaar met omtrent 10%. Kyk ons webwerf vir heersende pryse.

Privaat losies

Soek jy privaat losies, besoek gerus die webadres hieronder. Alle studente wat nie in

’n koshuis woon nie, word in een van die Privaatstudenteorganisasie (PSo) se tien

wyke ingedeel. Die PSO-wyke word saam met koshuise in groepe (klusters) ingedeel.

Sodoende kan eerstejaars in die PSO-wyke ook deur studentementors ondersteun word.

Studente in die Gesondheidswetenskappe val in die Osler Tygerberg-wyk. Studente

op die Stellenbosch-kampus kan ’n brief of ’n SMS van hul PSO-wyk verwag wat hul

indeling bevestig, of hulle kan op die ondergenoemde webwerf gaan seker maak hiervan.

Lidmaatskapgeld is jaarliks betaalbaar.

Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel. 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

Losies

Webwerf: www.maties.com en volg die skakels “Wat van verblyf?” of “Privaat

akkommodasie”, of om te kyk of jy suksesvol was “Status van aansoek”

9
10

agriwetenskappe

F A K U L T E I T
programgids

BeWariNGseKoLoGie

BScBewEkol*

BosBoU- eN HoUTWeTeNsKappe

BScBosb*

DiereproDUKsiesTeLseLs

BScAgric*

LaNDBoU-eKoNomie eN -BesTUUr

BScAgric*

BAgricAdmin*

LaNDBoUproDUKsie eN -BesTUUr

(eLseNBUrG)

BAgric

pLaNT- eN GroNDWeTeNsKappee

BScAgric*

VoeDseL- eN WyNproDUKsiesTeLseLs

BScVoedselwet*

BScAgric in Wingerd- en Wynkunde of in Wynkunde

Gespesialiseerd*

* Hierdie programme word ook as verlengde graadprogramme

(VGP’s) aangebied. Kyk verderaan en

bladsy 7.

’n Agriwetenskappe-graad beteken jy beskik oor ’n kwalifikasie waarmee jy op nasionale en internasionale vlak kan saampraat. Jy sal deel wees van ’n span kundiges wat hoog in

aanvraag is in Suid-Afrika, in Afrika en in die res van die wêreld. Daar is ’n verskeidenheid van uitdagende beroepsgeleenthede in die landbou-, bosbou- en bewaringsbedrywe wat op

jou wag — van die mees praktiese tot hoogs tegnologiese beroepe. Verskeie bestuursaspekte, soos dié van menslike hulpbronne, van finansies, van plante en diere, van toerusting en van

die omgewing word ook ingesluit. Afgestudeerde studente kan kies om in die natuur, in laboratoriums of in sake-omgewings te werk. Die suksesse van ons afgestudeerde studente in die

arbeidsmark is welbekend en vele van ons graduandi beklee reeds vroeg in hul loopbane belangrike bestuursposisies of vervul leierskapsrolle in hul onderskeie spesialisgebiede.

LANDBOU-, BOSBOU- EN BEWARINGSEKOLOGIE-

OPLEIDING

Die grootste uitdagings wêreldwyd is om voedsel aan ’n vinnig groeiende getal mense op

aarde te voorsien; om toe te sien dat voedsel en voedselbronne veilig en onbesoedel is en

om die omgewing só te gebruik en te bestuur dat dit behoue sal bly vir die nageslag.

Die Fakulteit AgriWetenskappe speel reeds vir 90 jaar ’n kernrol in dié groot

uitdaging. Ons lei kundiges vir die landboubedryf op in elk van die vier breë

bedryfsvelde van die arbeidsmark, naamlik plant-, grond- en bewaringswetenskappe,

diereproduksiestelsels, voedsel- en wynproduksiestelsels, landbou-ekonomie en

-bestuur en, in samewerking met die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding: Elsenburg,

ook in toegepaste landbouproduksie en bestuur. Met ons onderrigprogramme fokus ons

daarop om studente met die teoretiese, tegnologiese, praktiese en generiese vaardighede

toe te rus wat noodsaaklik is vir veilige en volhoubare vesel- en voedselproduksie

en voedselsekuriteit. Ons afgestudeerde studente is goed toegerus om kreatiewe en

probleemoplossende benaderings te volg om die komplekse en uitdagende landboustelsels

te bestuur.

Die Universiteit Stellenbosch is die enigste universiteit in Suid-Afrika wat volledige

voorgraadse programme in bewaringsekologie, wingerd- en wynkunde en in bosbou

en houtwetenskappe aanbied. Hierdie programme is alombekend in Afrika en studente

van al ons buurlande, verder in Afrika, Europa en selfs Suid-Amerika, kom hierheen

vir opleiding. Die opleiding is wetenskaplik van aard, maar ook praktykgerig. Reeds

van die eerste jaar af neem studente deel aan ekskursies, praktiese besoeke en toere na

bedryfsomgewings.

Elkeen van ons opleidingsprogramme lei tot ’n baccalaureusgraad wat jou toerus om

feitlik enige beroep van jou keuse in die grotere bedryfsveld suksesvol aan te pak. Ná die

verwerwing van ’n baccalaureusgraad kan jy jou deur nagraadse studie verder bekwaam.

Jy kan jou loopbaangeleenthede aansienlik verbreed deur opeenvolgend ’n magister- en

later selfs ’n doktorsgraad in een van die spesialiteitsvelde van die onderrigprogramme te

verwerf onder die leiding van een of meer van ons wêreldklasnavorsers.

Ons noem by elke program die nagraadse kwalifikasies wat daarop kan volg. Na ons

vierjarige baccalaureusgrade kan jy direk aangaan met ’n magistergraad, maar na ’n

driejarige baccalaureus neem jy eers ’n honneursgraad of ’n nagraadse diploma.

VERSTERK JOU AKADEMIESE BASIS

Party voornemende studente vind dit moeilik om hul potensiaal te bereik. Dit kan wees as

gevolg van vele redes, insluitende ontoereikende skoolopleiding. Indien jy so ’n student

is, of indien jy graag jou akademiese grondslag wil versterk om seker te maak dat jy

suksesvol studeer, kan jy dit dalk oorweeg om ’n verlengde graadprogram te doen.

Verlengde graadprogramme (VGP’s)

In die Fakulteit AgriWetenskappe bestaan twee verskillende tipes verlengde graadprogramme.

As jy die programme BAgricAdmin in Agri-ondernemingsbestuur, die BScAgric in

Landbou-ekonomiese Analise en -bestuur of die BScBosb in Houtprodukkunde wil studeer,

word die eerstejaarswerk oor twee jaar versprei. In hierdie twee jaar neem jy hulpmodules

aanvullend tot die gewone eerstejaarswerk. As jy hierdie twee jaar van die verlengde

graadprogram met sukses afgelê het, voltooi jy die res van die graadprogram sonder

bykomende hulp en binne die normale oorblywende tyd (gewoonlik twee of drie jaar).

In al ons ander studierigtings behels die VGP ’n ekstra studiejaar met fondasie modules voordat jy met

jou hoofstroommodules begin. Lees ook die algemene inligting oor akademiese steun op bladsye 7-8.

BEWARINGSEKOLOGIE

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

• Wiskunde 4

• Fisiese Wetenskappe 4 OF

Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4

11
12

BScBewEkol

Wil jy eendag in jou werk die wêreld se bewaringsuitdagings aanpak? Hierdie

unieke program, met sy nadruk op sosiaal-ekologiese sisteme, rus jou toe vir ’n

groot verskeidenheid loopbane in bewaringsekologie. Jy kan kies tussen loopbane in

omgewing-impakassessering en -monitering (landelik en varswater), restourasie-ekologie,

wildplaasbestuur, ekotoerisme, gemeenskap-gebaseerde natuurlike hulpbronbestuur en

omgewingsbewuste, volhoubare produksie in landbou en bosbou (insluitend organiese

plantbestuur), bewaringsbeplanning en navorsing in bewaringsbiologie.

Die vierjarige program skop af met modules in Biologie, Chemie, Geoomgewingswetenskap,

Rekenaarvaardigheid en Wiskunde. In jou tweede jaar bestudeer jy

vakke wat te make het met natuurbewaring, biodiversiteit en toegepaste wetenskappe, soos

Geografiese Inligtingstelses (GIS), Biometrie en Mikrobiologie, en in jou derde jaar word

aandag geskenk aan Bewaringsekologie, Biodiversiteit en Ekologie, en jy kan Grondkunde,

Omgewingsosiologie of Genetika kies. In jou vierde jaar integreer jy al hierdie kennis en

word daar op die groot en brandende kwessies in natuurbewaring gefokus.

Jy kan volgens jou belangstelling sekere studierigtings kies. As jy in landelike

omgewingsmonitering of omgewingsrestourasie belangstel, kies jy Grondkunde en GIS.

As jy belangstel in invertebrate, kies jy Insekdiversiteit.

Boonop kry jy van die begin af eerstehandse ervaring in ons praktiese klasse.

In jou vierde jaar het jy ’n keuse om jou eie, omvattende bewaringsplan vir ’n

wildplaas, ’n wildreservaat of ’n natuurgebied op te stel of om ’n navorsingsprojek

oor ’n voorafbepaalde bewaringsaak te lei. Jy kan ook uit spesialisonderwerpe soos

insekbewaringsbiologie kies. As gevolg van die uitwissingskrisis is sulke gespesialiseerde

kundigheid deesdae wêreldwyd al hoe meer in aanvraag.

Nagraadse programme

- MScBewEkol en PhD of DSc in Bewaringsekologie

BOSBOU- EN HOUTWETENSKAPPE

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

Vir die rigting bosbou- en natuurlike hulpbronwetenskappe, ook:

• Wiskunde 4

• Fisiese Wetenskappe 4 OF

Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4

Vir die rigting hout- en houtprodukkunde, ook:

• Wiskunde 5

• Fisiese Wetenskappe 5

BSc in Bosbou (BScBosb)

In hierdie vierjarige program kan jy tussen twee studierigtings kies, naamlik bosbou- en

natuurlike hulpbronwetenskappe of hout- en houtprodukkunde.

Bosbou- en natuurlike hulpbronwetenskappe

Hierdie rigting handel oor bosse, woude, plantasies en ander boom-gebaseerde

landgebruikstelsels. Die studieprogram stel jou bekend aan die hele bosbou- en

houtprodukte-waardeketting, soos die kweek en inoesting van bome, die bestuur van

plantasies en sosio-ekonomiese en bewaringsaspekte. Die program skop af met modules

in Biologie, Chemie, Geo-Omgewingswetenskap, Rekenaarvaardigheid en Wiskunde

saam met ’n module in Boskunde. Vanaf die tweede studiejaar bestudeer jy die basiese

toegepaste wetenskappe soos Grondkunde en Biometrie en in die derde en vierde

studiejaar neem jy verskeie modules in Boskunde wat kulmineer in ’n oorkoepelende

bosbou-bestuursplan.

Hout- en houtprodukkunde

Hierdie rigting kan gesien word as ’n ingenieursprogram met ’n verskil, aangesien

51% van die modules deur die Fakulteit Ingenieurswese aangebied word (40%

is houtprodukkundemodules, 7% is uit die natuurwetenskappe en 2% is uit ander

studievelde). Kennis van houtprodukkunde word gekombineer met modules soos

Gehaltebestuur, Bedryfsergonomie, Omgewingsingenieurswese en Ondernemingsontwerp

om ’n graad te skep wat gesogte leiers vir die bosbou-omgewing oplewer.

Aangesien daar ’n tekort aan opgeleide kundiges in hierdie studieveld is, is baie beurse

beskikbaar: in 2010 het 70% van ons voorgraadse studente volle beurse ontvang! Studente

wat hierdie program voltooi, volg meestal loopbane as bosboukundige of houtkundige

bestuurders. Daar is ook geleenthede as omgewingsbeplanners, konsultante, kontrakteurs,

entrepreneurs, voorligters en navorsers.

Nagraadse programme

- MScBosb, PhD (Bosb) of DScBosb in Bosbou en Houtwetenskappe

- Nagraadse Diploma in Bosbou en Houtwetenskappe vir studente wat ’n driejarige

baccalaureus verwerf het en toegang tot die MScBosb wil verkry

DIEREPRODUKSIESTELSELS

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

• Wiskunde 4

• Fisiese Wetenskappe 4 OF

Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4

BScAgric

Hierdie program integreer kennis van die ekologie, biochemie, fisiologie, voeding,

teling, produksie en produkkwaliteit van veeproduksiestelsels. Dit dek ook die bestuur

van veeproduksiestelsels vir verhoogde produksie en produksie-doeltreffendheid op

’n omgewingsvriendelike en ekonomies doeltreffende manier. In die breër bedryfsveld

van diereproduksiestelsels is daar ’n keuse van studierigtings: jy kan suiwer veekundige

wetenskappe neem of jy kan veekundige wetenskappe volgens jou belangstelling

kombineer met onder andere agronomie, akwakultuur of bewaringsekologie.

As jy een van hierdie rigtings volg, word jy voorberei vir ’n loopbaan as konsultant,

entrepreneur, bestuurder, tegnikus, voorligter, of produksiebestuurder in veekunde en
in veekundeverwante bedrywe (soos dierevoeding,

vleiskunde, dierefisiologie, dierereproduksie en

diereteling) of in die akwakultuur bedryf of as vee- of

wildboer.

Nagraadse programme

- MScAgric (Veekunde of Akwakultuur), PhD of DSc in

Diereproduksiestelsels

- Nagraadse Diploma in Diereproduksiestelsels

(Veekunde of Akwakultuur)

LANDBOU-EKONOMIE EN -BESTUUR

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk

bladsy 4)

• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

• Wiskunde 4

• Fisiese Wetenskappe 4 OF

Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4

BScAgric (4 jaar) of BAgricAdmin (3 jaar)

Hierdie programme vestig vaardighede in die gebruik

van landbou-ekonomiese en -bestuurstegnieke onder

voornemende landbou-ekonome en bestuurskundiges in die

openbare en privaat sektor. Om in alle landbou-ekonomie en

bestuursbehoeftes te voorsien, is dié programme saamgestel

uit vier verbandhoudende fokusgebiede (rigtings), elkeen

met ’n toepaslike graadkwalifikasie: landbou-ekonomiese

analise (BScAgric), landbou-ekonomiese analise en bestuur

(BScAgric), voedselverwerkingsbestuur (BScAgric) en agriondernemingsbestuur

(BAgricAdmin).

BScAgric-programme

Beroepe waaruit afgestudeerde studente kan kies, sluit in

navorsers in makro-ekonomiese ontleding (impakbepaling

en ontwerp van landbou- en voedselbeleid), landbouekonome

by finansiële instellings of bemarkingsorganisasies

(waardasies, risiko ontledings, sakeplanne, kontantvloei),

asook bestuurders en spesialiste by organisasies in die

openbare sektor of by internasionale organisasies in

ekonomiese ontwikkeling (bv. die Wêreldbank).

Die splinternuwe fokusgebied voedselverwerkingsbestuur

kombineer Landbou-Ekonomie met geselekteerde

Voedselwetenskap-modules. Die doel hiermee is om studente

as bestuurders met ’n deeglike insig in voedselverwerking

op te lei sodat hulle voedselverwerkingsondernemings

effektief kan bestuur. Hierdie kwalifikasie kan selfs primêre

produsente in staat stel om hul eie rouprodukte te verwerk.

BAgricAdmin-program

Studente wat die rigting Agri-ondernemingsbestuur volg, kan

geleenthede aangryp as produksie-, bemarking-, aankope- en

algemene bestuurders in organisasies wat landbou-insette

verskaf, landbouverwerking doen en landbou-invoer en

-uitvoer doen. Om as landbou-ekonoom by handelsbanke en

ander finansiële instellings te werk, is ook opsies. Sulke werk

kan waardasies, lewensvatbaarheidstudies en die opstel en

evaluasie van sakeplanne en kontantvloeibeplanning behels.

Nagraadse programme

- Na BScAgric volg MScAgric, PhD of DSc in Landbouekonomie

en -bestuur

- Na BAgricAdmin volg HonsBAgricAdmin,

MAgricAdmin, PhD of DSc in Landbou-ekonomie en

-bestuur

LANDBOUPRODUKSIE EN -BESTUUR

(ELSENBURG)

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk

bladsy 4)

• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

• Wiskunde 4 of Wiskundige Geletterdheid 4

• Fisiese Wetenskappe 4 OF

Lewenswetenskappe 4 OF

Landbouwetenskappe 4

BAgric

Hierdie graadprogram word in samewerking met die Kaapse

Instituut vir Landbou-opleiding: Elsenburg aangebied. Die

studente woon in op die Elsenburgkampus en ontvang al hul

opleiding daar. Vir meer inligting hieroor en oor die koste

van die program, skakel die Instituut by tel. 021 808 5451.

Hierdie program in toegepaste landbouproduksie en

-bestuur is praktykgerig, maar verskaf terselfdertyd

wetenskaplike kennis om te voorsien in die behoeftes en

uitdagings van die moderne landbou. Daar word gefokus

op die ekonomiese en tegniese bestuur van kommersiële

boerderye en landbouverwante produksiestelsels. Jy kan

volgens jou belangstelling twee hoofrigtings kies uit ’n

groot aantal studierigtings wat bestaan uit kombinasies

van agritoerisme, agronomie, diereproduksie (grootvee en

kleinvee), entomologie, groenteverbouing, kelderbestuur,

pomologie, voorligting, wingerd- en wynkunde. Jy neem ook

’n verskeidenheid basiese en ondersteunende modules soos

Grondkunde en Gewasbeskerming.

By afstudering sal jy goed voorbereid wees

vir bestuursposte in ’n groot verskeidenheid

landboubedryfstakke. Jy sal ook in staat wees om toe te tree

tot ’n beroep in enige dissipline soos navorsing, voorligting

of onderwys en opleiding.

PLANT- EN GRONDWETENSKAPPE

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk

bladsy 4)

• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

• Fisiese Wetenskappe 4 OF

Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4

Vir die rigtings gewasproduksie en gewasbeskerming en

-teling, ook:

• Wiskunde 4

Vir die rigting grond- en waterbestuur (want jy neem

Wiskunde 114 en 144 in die eerste jaar), ook:

• Wiskunde 5

BScAgric

Die vierjarige program in plant- en grondwetenskappe

dek opleiding in akkerbou-, weidings- en groentegewasse,

aromatiese plante, sagtevrugte, sitrus, fynbos en wingerd.

Kennis van biochemie, grondkunde, landbou-ekonomie,

genetika, entomologie, nematologie, plantpatologie, biometrie

en gewasproduksie word geïntegreer tot ’n sinvolle geheel.

In dié program is daar drie studierigtings waaruit jy kan kies.

Gewasproduksie

In hierdie studierigting kry jy opleiding in die verbouing

en kwaliteitsbestuur van, onder andere, akkerbougewasse,

sagtevrugte, sitrus, fynbos, wingerde en kweekhuisgewasse.

Gewasbeskerming en -teling

Hierdie studierigting lei jou op as kundige in

gewasbeskerming (entomologiese en nematologiese

plae, plantsiektes en hulle bestryding) en genetiese

gewasverbetering (genetiese manipulering).

13
14

Grond- en Waterbestuur

Hierdie studierigting maak van jou ’n kundige wat die aard, belang en bestuur van grond en water by

gewasproduksie verstaan.

Met een van hierdie studierigtings is jy voorbereid vir ’n verskeidenheid van loopbane

in die landboubedryf of in landbouverwante bedrywe, soos konsultant, entrepreneur,

bestuurder, voorligter, tegnikus en navorser.

Nagraadse programme

- Na BScAgric volg MSc of MScAgric, PhD of DSc in Agronomie, Entomologie,

Genetika, Grondkunde, Hortologie, Plantpatologie of Wingerdkunde

- MSc in Plantpatologie of Toegepaste Plantfisiologie vir studente met ’n onderbou in die

natuurwetenskappe, bv. HonsBSc

VOEDSEL- EN WYNPRODUKSIESTELSELS

Hierdie bedryfsveld word onderverdeel in twee studierigtings, naamlik voedselproduksiestelsels

waarin ’n BSc in Voedselwetenskap (BScVoedselwet) verwerf kan word en wynproduksiestelsels

waarin die BScAgric-graad in Wingerd- en Wynkunde of in Wynkunde Gespesialiseerd verwerf

kan word

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

• Wiskunde 4

• Fisiese Wetenskappe 4 OF

Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4

BSc in Voedselwetenskap (BScVoedselwet)

Indien jy oor probleemoplossingsvaardighede en kreatiewe vermoëns beskik en ’n sterk

belangstelling het in die wetenskap van voedsel, is dit die program vir jou!

Hierdie vierjarige program lei studente op om rou materiale te omskep in die

innoverende, veilige, voedsame en smaaklike voedselprodukte beskikbaar in supermarkte.

Jy word geleer om kennis van die fundamentele wetenskappe soos chemie, biochemie,

fisika, wiskunde en mikrobiologie toe te pas in voedselprosessering, -preservering,

-verpakking en -produkontwikkeling.

Tydens die studiejare is daar noue kontak met die Suid-Afrikaanse voedselindustrie deur

gereelde fabrieksbesoeke en verpligte praktykopleiding. Hierdeur maak jy kennis met ’n

wye verskeidenheid aspekte van die voedselwetenskapstudierigting.

Studente wat die graad BScVoedselwet verwerf, kan aangestel word as innoverende

produkontwikkelaars, of as bestuurders van verskeie afdelings in voedselmaatskappye,

soos produksie, produkontwikkeling, kwaliteitskontrole, navorsing en ontwikkeling,

en tegnies. Hulle kan ook as navorsers by tersiêre- en navorsingsinstitute werk

of entrepreneurs word en, nadat ondervinding opgedoen is, konsultante vir die

voedselbedryf. Stellenbosch Universiteit se voedselwetenskaplikes is wêreldwyd gesog.

Nagraadse programme

- MScVoedselwet, PhD (Voedselwet) of DScVoedselwet

BScAgric in Wingerd- en Wynkunde of in Wynkunde

Gespesialiseerd

Hierdie program dek die studierigting druiwe- en wynproduksiestelsels en leer jou van die

wingerdstok, sy struktuur en hoe om die plant wetenskaplik te manipuleer. So leer jy om,

in harmonie met die omgewing, volhoubare produkte te ontwikkel wat gebruik kan word

om unieke wyne te produseer. Verder doen jy ’n deeglike kennis op van die chemiese

en biologiese prosesse wat by die maak van wyn- en brandewynprodukte betrokke is.

Studente spandeer ’n groot gedeelte van hul graad in diensleer en internskappe. Só kry

hulle vroeg reeds werksondervinding, blootstelling aan die industrie en kennis oor hulle

uitgesoekte professionele werkomgewing.

Studente in dié rigting word voorberei vir ’n betrekking in die wyn- en verwante industrieë

onder andere as wynmakers, wingerdkundiges, wingerdtelers, wynanaliste, produksiebestuurders,

bemarkers, tegnici, konsultante of as entrepreneurs in wynverwante bedrywe.

Nagraadse programme

- HonsBSc, MScAgric (Wingerd- en Wynkunde), PhD of DSc in Wingerdkunde,

Wynkunde of Wynbiotegnologie

- Nagraadse Diploma in Wingerd- en Wynkunde vir studente wat ’n ander graad as

BScAgric verwerf het en toegang tot die MScAgric wil kry

Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel.: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

Webwerf: www.sun.ac.za/agric
15

F A K U L T E I T

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
16

programgids

Breë GraaDproGramme meT VersKeie

BeroepsfoKUsse

(Wye keuse van fokusareas in hierdie programme)

BComm

BComm (Bestuurswetenskappe)

BComm (Ekonomiese Wetenskappe)

BComm (Wiskundige Wetenskappe)

BComm (Bestuurswetenskappe) (Verlengde Graadprogram)*

GraaDproGramme Vir professioNeLe

reGisTrasie

BRek

BComm (Aktuariële Wetenskap)

BComm (Bestuursrekeningkunde)

BComm (Finansiële Rekeningkunde)

BComm (Psig)

GraaDproGramme meT ’N reGsfoKUs

BRekLLB

BComm (Regsgeleerdheid)

* Lees meer oor ons verlengde graadprogram hieronder

en op bladsy 7.

Suid-Afrika se sakewêreld het ’n groot behoefte aan mense wat idees en vaardighede saam kan inspan om dinge te laat gebeur. Al ons programme het ’n sterk finansiële en

bestuursinvalshoek en is gerig op die ontwikkeling van kwantitatiewe vermoëns. So help ons voornemende sakeleiers om die bestuurs- en finansiële besluitnemingsvaardighede te

ontwikkel om in Suid-Afrika en die internasionale mark te kan kompeteer.

In vandag se wêreld is rekenaartegnologie ’n belangrike hulpmiddel. Daarom rus ons

al ons studente toe met toepaslike rekenaarvaardighede en kennis van inligtingstelsels.

Rekenaarondersteunde leer word in al ons modules gebruik. ons akademiese geboue het

op strategiese plekke radionetwerkverbinding waar jy met jou eie rekenaar toegang tot

die Universiteit se stelsel kan kry terwyl rekenaarkiosks beskikbaar is vir vinnige toegang

tussen klasse tot die stelsel, jou e-pos en die Internet. Fharga, ons rekenaargebruikersarea

met 450 rekenaars, gee jou heel week 24 uur per dag toegang.

Ons vier breë programme gee jou ’n grondige agtergrond in ekonomiese, bestuurs- of

wiskundige wetenskappe met ’n ruim keuse van beroepsfokusse, waarvan sommige

kan lei tot sertifisering of registrasie by die relevante beroepsliggame. Ons bied ook vyf

graadprogramme aan wat jou voorberei om vir ’n professionele beroep te registreer en wat

nasionale en internasionale erkenning geniet. Laastens bied ons twee programme aan met ’n

regsfokus.

Al ons baccalaureusgrade kan lei tot nagraadse studie, wat verdere spesialisasie beteken.

Ons gee ’n kort beskrywing van die baccalaureusgraadprogramme hier. As jy meer wil weet

oor hulle leerplanne, raadpleeg ons Fakulteit se Jaarboekdeel, Deel 10, by www.sun.ac.za/

university/jaarboek/indeks.htm.

Taal van onderrig

Die eerste jaar van al ons programme word in Afrikaans en in Engels aangebied (A&Espesifikasie

of parallelmediumonderrig; kyk bladsy 2). Met die uitsondering van een

program, die BComm (Bestuurswetenskappe), word alle programme in die opvolgende

jare net in Afrikaans (A-spesifikasie) aangebied. Vir hierdie programme stel ons

minimum toelatingsvereistes vir Afrikaans én Engels. Slegs studente wat die BComm

(Bestuurswetenskappe)-program volg, kan hul klasse in Afrikaans of in Engels bywoon

tot in hul finale jaar van studie. Studente wat van hierdie program oorskakel na een van

ons ander programme sal noodwendig tweede- en derdejaarsmodules in Afrikaans moet

volg.

Minimum taalvereistes

• Afrikaans Huistaal 4 (50%) OF Engels Huistaal 4 (50%)

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 (60%) OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5 (60%)

Voornemende studente wat ALBEI bogenoemde taalvakke op matriekvlak geneem het,

maar wie se punte vir EEN van die vakke nie aan die minimum vereiste voldoen nie, kan

tot ’n program toegelaat word op voorwaarde dat hulle in dié taal minstens ’n 3 in die

NSS behaal het. Hierdie studente is ook verplig om die modules Taalontwikkeling 114

en 144 in die swakker taal vir die eerste jaar op universiteit by te neem en te slaag. Slegs

wanneer hulle hierdie modules slaag, kan hulle aangaan met tweedejaarstudie.

Studente wat SLEGS EEN van die twee taalvakke op matriekvlak geneem het (en wat in

hierdie vak aan die taalvereiste voldoen) kan toegang tot ’n program verkry deur die US

se Taalplasingstoets af te lê in die afwesige taalvak en daarvoor minstens ’n 40 te behaal.

Hierdie studente is ook verplig om die modules Taalontwikkeling 114 en 144 in die

swakker taal vir die eerste jaar op universiteit by te neem en te slaag. Slegs wanneer hulle

hierdie modules slaag, kan hulle aangaan met tweedejaarstudie.

k e u r i n g

Ons programme is in groot aanvraag en ons kapasiteit is beperk. Daarom is al die Fakulteit se

programme keuringsprogramme. Dit beteken dat al voldoen jy aan die minimum toelatingsvereistes

van ’n betrokke program, jy nie noodwendig toelating tot daardie program sal kry nie.

Aansoeke om toelating moet die Universiteit voor 30 Junie bereik om in aanmerking te kom vir

die eerste keuringsrondte. Laat aansoeke sal nog aanvaar word tot en met 30 September. Voorlopige

keuring word op grond van jou graad 11-eindeksamenresultate gedoen. Meer besonderhede

oor die keuringsprosedure is op die Fakulteit se webblad by www.sun.ac.za/ems beskikbaar.

Nagraadse programme

Alle voorgraadse programme in die Fakulteit kan opgevolg word met honneurs, magister-

en doktorale programme.
BREË GRAADPROGRAMME MET VERSKEIE

BEROEPSFOKUSSE

Die vier breë programme bied jou die geleentheid om jou eie keuse uit te oefen oor watter

studievelde jy op wil fokus. So ’n fokusarea bepaal watter beroep jy eendag gaan volg.

As jy nog onseker is oor die presiese rigting waarin jy in die ekonomiese en bestuurswetenskappe

wil studeer, skryf in vir die BComm, want dit gee vir jou die wydste keuse

moontlik. Die BComm (Wiskundige Wetenskappe) is die breë program met die skerpste fokus,

maar jy kan altyd na jou eerste jaar oorslaan na een van die ander breë programme

Die breë programme het min of meer dieselfde vakke vir die eerste jaar. Dit beteken

dat jy na jou eerste jaar van studie, op grond van jou blootstelling aan die studievelde van

ekonomiese en bestuurswetenskappe, meer vryheid het om van graadprogram te verander en

om vakkombinasies van jou eie keuse te volg vanaf die tweede jaar.

BComm

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Wiskunde 5

• Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4*

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5*

Indien jy Wiskunde 114 en 144 En/of Rekenaarwetenskap 114 en 144 as universiteitsvakke

wil neem, dan:

• Wiskunde 6

* Indien jy nie aan albei hierdie taalvereistes voldoen nie, kyk “Taal van onderrig” hierbo.

Hierdie program maak van jou ’n kundige wat in die privaat en die owerheidsektore

waarde kan toevoeg op die terreine van ekonomiese denke en die bestuur van

ondernemings en van openbare instansies, insluitende finansiële bestuur en die bestuur

van menslike hulpbronne.

Die BComm-program is die breedste program wat die Fakulteit aanbied en gee vir

studente die grootste vrye keuse van verskillende hoofvakke. ’n Mens kan eintlik jou eie

leerplan saamstel en selfs ’n vak uit die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe insluit.

Voornemende studente wat onseker is oor watter fokusareas hulle vanaf die tweede jaar

wil neem, word aangeraai om vir hierdie program te registreer. Kyk hieronder vir die

fokusareas wat hierdie program aanbied.

BELEGGINGSBESTUUR

Beleggingsbestuur rus jou toe met die teoretiese en praktiese kennis om besluite

rakende die bestuur, koop en verkoop van onder andere aandele-, effekte-, eiendom- en

geldmarksekuriteite te maak. Die program is gebaseer op die internasionale Chartered

Financial Analyst-leerplan, wat beskou word as een van die mees gesogte kwalifikasies in

die beleggingsbedryf wêreldwyd. Moontlike loopbane sluit in dié van beleggingsanalis,

portefeuljebestuurder, aandelemakelaar en -handelaar.

FINANSIËLE BEPLANNING

Hierdie praktykgerigte fokusarea rus jou toe vir die suksesvolle toetrede tot ’n beroep as

finansiële adviseur in jou eie onderneming, of in die bankwese, versekerings- en ander

bedrywe. Die leerplan is spesiaal saamgestel sodat jy na verwerwing van jou BCommgraad

vir die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning kan inskryf. Studente wat

hierdie diplomaprogram suksesvol voltooi, verkry toegang tot die toelatingseksamen vir

die internasionaal erkende kwalifikasie Certified Financial Planner (CFP).

LANDBOU-EKONOMIE

Hierdie fokusarea lei voornemende entrepreneurs en werknemers vir die

landboubesigheidsektor op. Werksgeleenthede sluit in algemene bestuur, finansiële

bestuur en logistieke bestuur by die lewering van landbou-insette en -dienste, by die

verwerking en verspreiding van landbouprodukte, en by landboufinansiering. Die

integrasie van boerderybedrywighede met ander marksektore, soos byvoorbeeld toerisme,

bied verdere werksgeleenthede.

OPENBARE EN ONTWIKKELINGSBESTUUR

Verpligte vak vanaf eerste jaar: openbare en ontwikkelingsbestuur

’n Deeglike kennis van openbare en ontwikkelingsbestuur is noodsaaklik vir

uiteenlopende beroepe in die openbare sektor (nasionale, provinsiale en munisipale

administrasies), die vrywillige, ontwikkelings-, sake- en mediasektore. Moontlike

beroepe in genoemde sektore is dié van algemene bestuurder of hoof- uitvoerende

beampte, strategiese bestuurder, finansiële bestuurder, personeelbestuurder,

projek- en programbestuurder, ontwikkelingsbeplanner, ontwikkelingsbestuurder,

gemeenskapsontwikkelaar, of ’n spesialis in beleids- en bestuursnavorsing en

bestuurskonsultasie.

BComm (Bestuurswetenskappe)

Afrikaans en Engelse klasse apart tot in finale jaar.

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Wiskunde 5

• Afrikaans Huistaal 4 of Eerste Addisionele Taal 5 OF

Engels Huistaal 4 of Eerste Addisionele Taal 5

Indien jy Wiskunde 114 en 144 En/of Rekenaarwetenskap 114 en 144 as universiteitsvakke

wil neem, dan:

• Wiskunde 6

Hierdie is die graadprogram vir studente wat seker is dat hulle op ’n loopbaan in ’n

bestuursveld wil fokus. Vir die BComm (Bestuurswetenskappe) is die lys van modules

wat jy in die verskillende fokusareas kan volg effens nouer gedefinieer as vir die

BComm. Die hoofvakke waaruit jy kan kies in jou tweede en derde jaar is beperk tot:

Bedryfsielkunde, Bemarkingsbestuur, Entrepreneurskap en Innovasiebestuur, Ekonomie,

Informasiestelselbestuur, Finansiële Bestuur, Finansiële Rekeningkunde (slegs tot 2e

jaar), Kwantitatiewe Bestuur, Logistieke Bestuur en Vervoerekonomie.

Hierdie program is die ENIGSTE een waar jy tot in jou finale jaar in Engels of in

Afrikaans – volgens jou eie keuse – kan klasloop.

17
18

Wees versigtig: As jy nie ten minste 40% vir Afrikaans op skool behaal het nie (veral

Engelssprekende studente moet hierop let), maak seker dat jy heeltemal tevrede is met die

BComm (Bestuurswetenskappe)-program se vakke. Studente wat nie aan die minimum

Afrikaanse taalvereiste voldoen nie (kyk “Taal van onderrig” hierbo), sal nie na ander

programme kan oorskakel nie.

Die fokusarea wat jy kies, sal jou uiteindelike beroep bepaal. Lees hieronder verder oor

die verskillende fokusareas wat in hierdie program aangebied word en die beroepsrigtings

waarheen dit kan lei.

BEMARKINGSBESTUUR

In die hedendaagse sakewêreld is bemarking waarskynlik een van die belangrikste

take in enige onderneming. Daagliks het individue en ondernemings met verskeie

bemarkingsaksies soos produkbesluite, prysbepaling, verspreiding van sowel produkte

of dienste as die bekendstelling of bewusmaking daarvan te doen. Moontlike loopbane is

bemarkings-, verkoops-, kliënte- en reklamebestuurder.

ENTREPRENEURSKAP EN INNOVASIEBESTUUR

Dié fokusarea oriënteer studente om nie net na werksekuriteit in die formele sektor te

strewe nie, maar ook om ’n eie onderneming in die toekoms te oorweeg. Gevolglik

word studente in staat gestel om werksgeleenthede vir hulself en ander te skep. Die

opleiding stel studente egter ook in staat om kreatiewe bydraes tot ander, reeds gevestigde

ondernemings te maak.

FINANSIËLE BESTUUR

Hierdie fokusarea konsentreer op drie belangrike vraagstukke wat die uiteindelike

voorspoed van enige onderneming bepaal, naamlik “Waar kry ons geld om die

onderneming mee te finansier?”, “Hoe gebruik ons die geld?” en “Hoe verdeel ons

die wins?” Die ‘gesondheid’ van die onderneming word dan bepaal met behulp van

verhoudingsgetalle. Of jy nou ’n eie onderneming oorweeg of vir ’n groot maatskappy

wil werk, ’n goeie kennis van finansiële bestuur is noodsaaklik vir die sukses van enige

onderneming.

INFORMASIESTELSELBESTUUR

Namate die globale ekonomiese stelsel al hoe meer kennisgebaseerd word, en

rekenaargedrewe kennistegnologie al hoe meer kompleks, word die bestuur van

informasie in organisasies ook al hoe meer ingewikkeld – maar óók al hoe meer ’n

kritiese voorwaarde vir kompeterende voorsprong. Hierdie fokusarea rus mense toe

om die vinnig ontwikkelende kennistegnologie te kan integreer met die bedryf van

die onderneming om sodoende aan die eise van produktiwiteit, effektiwiteit en (soms)

innovasie te voldoen.

KWANTITATIEWE BESTUUR

Verpligte vak vanaf eerste jaar: statistiek

Het jy al ooit gewonder hoe vrae soos die volgende beantwoord word: Wat is

die goedkoopste manier (of roete) om nuwe voertuie vanaf verskeie hawens na

motorhandelaars te vervoer? Watter salarisprogram moet ’n maatskappy aankoop indien

sy opsies verskil in prys, gebruikersondersteuning en gebruikersvriendelikheid? Hoe kan

die kwaliteit van diens of ’n vervaardigde produk gemeet word? Hoeveel tellers moet die

bank gebruik om die kliënte gelukkig te hou?

Kwantitatiewe bestuur behels die bou van wiskundige modelle om probleme soos

hierbo op te los. Die aard van die probleem bepaal die tipe model wat gebou word.

Oplossings vir hierdie modelle word met behulp van die rekenaar verkry, getoets en dan

op die oorspronklike probleem van toepassing gemaak.

Kwantitatiewebestuurspraktisyns kan as private konsultante optree. So nie mag

hulle vind dat banke en finansieringsmaatskappye soos ABSA, Sanlam en Old Mutual,

produksieaanlegte en fabrieke, hoofkantore van groot kettingwinkels (soos Shoprite

Checkers, Pep Stores, Woolworths), logistieke besighede, staatsdepartemente of semistaatsorganisasies

(soos die Departement van Waterwese en Bosbou, of Transnet filiale)

en navorsingsinstansies soos die WNNR, gretig is om hulle in diens te neem.

LOGISTIEKE BESTUUR

Om in ’n kompeterende omgewing te oorleef, moet besighede hul produkte winsgewend

kan vervaardig, versprei en verkoop. Globalisering het noodwendig tot gevolg dat kliënte

geografies soms ver is van waar die produkte vervaardig word. Logistieke operasionele

aktiwiteite (bv. oorlandvervoer, verskeping, verpakking, materiaalhantering en opberging)

word ingespan om hierdie geografiese skeiding te oorbrug en te verseker dat kliënte

koste-effektief voorsien kan word met die regte produkte, by die bestemde plek, op die

verlangde tyd, in die regte verpakking. Ander belangrike logistieke aktiwiteite is aankope,

kontraktering, koördinering, voorraadbestuur, kommunikasie en die skedulering van

aktiwiteite of bestellings.

Hierdie fokusarea rus jou toe vir logistieke werk in die besigheidswêreld met

kundigheid en vaardighede soos holisties geïntegreerde denke, begrip vir operasionele

uitdagings, kommunikasie, samewerking, etiek en bedrewenheid in die gebruik van

inligtingstegnologie.

Verskeie uitdagende logistieke werksgeleenthede bestaan in die openbare sektor en

privaat besighede wêreldwyd. Vanaf die grootste motorvervaardiger tot die kleinste

produsent en enige onderneming wat produkte koop en/of verkoop, het behoefte aan

logistiekvaardige mense wat logistieke aktiwiteite plaaslik, nasionaal en internasionaal

kan beplan, organiseer en beheer. Diensorganisasies (bv. hospitale en restaurante) maak

ook gebruik van logistieke aktiwiteite.

MENSLIKE HULPBRONBESTUUR

Verpligte vak vanaf eerste jaar: Bedryfsielkunde

Hierdie fokusarea berei studente voor vir ’n loopbaan in die bestuur van menslike hulpbronne

in organisasies. In Suid Afrika bestaan daar ’n dringende behoefte aan persone wat menslike

hulpbronne doeltreffend kan bestuur ten einde die organisatoriese doelwitte te bereik. ’n

BComm met hierdie fokusarea kan lei tot nie-statutêre registrasie as “Human Resource

Practitioner” by die South African Board for People Practices (SABPP). Moontlike loopbane

is menslike hulpbronbestuurder, marknavorser, opleiding- en ontwikkelingsbestuurder,

konsultant en arbeidsverhoudingebestuurder. (Vir statutêre registrasie as Psigometris of om

Bedryfsielkundige te word, kyk ons program BComm (Psig) verderaan.)
BComm (Ekonomiese Wetenskappe)

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Wiskunde 5

• Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4*

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5*

Indien jy Wiskunde 114 en 144 En/of Rekenaarwetenskap 114 en 144 as universiteitsvakke

wil neem, dan:

• Wiskunde 6

* Indien jy nie aan albei hierdie taalvereistes voldoen nie, kyk dan “Taal van onderrig” hierbo.

Hierdie program fokus feitlik uitsluitlik op ekonomie. Weens die belangrikheid van

statistiek vir die ontwikkeling van hoëvlak- ekonomiese ontleding, is Statistiek of

Wiskundige Statistiek tot op tweedejaarsvlak ook voorgeskrewe vakke in hierdie program.

Studente wat belangstel om byvoorbeeld as ’n ekonomiese of finansiële analis of

konsultant te werk, moet vir hierdie graadprogram inskryf. Die fokusarea wat jy kies, sal

jou uiteindelike beroep bepaal. Lees hieronder oor die fokusareas wat in hierdie program

aangebied word en die beroepsrigtings waarheen dit kan lei.

EKONOMIE

Verpligte vak vanaf eerste jaar vir ekonometrici en finansiële sektor: Wiskunde

Ekonomie kan met ander modules kombineer word om meer spesifiek te konsentreer op

areas soos ekonometrici, die finansiële sektor of ekonomiese en bestuurskonsultante. Die

finansiële sektor bied goeie loopbaangeleenthede vir diegene wat ekonomie as fokusarea

kies. So ’n persoon sal tipies werk as ’n ekonomiese of finansiële analis. ’n Verdere

loopbaanopsie is ekonomiese of bestuurskonsultante. Studente met ’n sterk kwantitatiewe

agtergrond en aanvoeling kan as ekonometrici in die finansiële sektor, openbare sektor of

aan ’n navorsingsinstansie werksaam wees.

VERVOEREKONOMIE

Dit is moeilik om te dink aan enige produk of mens wat nie vervoer nodig het nie. Die

oneweredige verspreiding van aktiwiteite – dink maar aan werk, woon en ontspanning –

bring mee dat feitlik alle persone en goedere vervoer moet word. Hierdie vervoer lei egter

tot verskeie kwessies soos kongestie op die paaie en in stede, omgewingsbesoedeling,

’n tekort aan nuwe infrastruktuur, asook die ontstaan van moordende mededinging en

monopolieë in die vervoersektor.

As vervoerekonoom gebruik jy vaardighede soos die vooruitskatting van vraag

(byvoorbeeld die aantal ritte en die keuse van die vervoervorms) en aanbod (kapasiteit

van nuwe vervoervorms) en die bestudering van metodes van finansiering van onderhoud,

verbetering en uitbreiding van vervoernetwerke (soos tolgelde en padgebruikersheffings)

om die vervoerprobleme op te los.

Wat werksgeleenthede betref, tree vervoerekonome dikwels op as konsultante vir die

verskillende owerheidsinstansies en die private sektor.

BComm (Wiskundige Wetenskappe)

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Wiskunde 6

• Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4*

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5*

* Indien jy nie aan albei hierdie taalvereistes voldoen nie, kyk “Taal van onderrig” hierbo.

Hierdie program het ’n skerper fokus op Wiskunde en Wiskundige Statistiek wat

verpligtend is tot in die tweede jaar. In die derde jaar moet jy ten minste een van

Finansiële Risikobestuur, Operasionele Navorsing, Rekenaarwetenskap of Wiskundige

Statistiek volg. Indien jy belang stel om byvoorbeeld ’n finansiële risikobestuurder

of portefeuljebestuurder te word, of om kwantitatiewe oplossings vir byvoorbeeld

bestuursprobleme te vind, raai ons jou aan om hierdie program te volg.

Die fokusarea wat jy kies, sal jou uiteindelike beroep bepaal. Lees hieronder oor die

fokusareas wat in hierdie program aangebied word en die beroepsrigtings waarheen dit

kan lei.

FINANSIËLE RISIKOBESTUUR

Verpligte vak vanaf eerste jaar: Wiskunde

Persone met opleiding in finansiële risikobestuur, wiskundige statistiek en finansiële

wiskunde word in diens geneem deur groot finansiële instellings as finansiële en

kwantitatiewe analiste soos finansiële risikobestuurders, portefeuljebestuurders en

finansiële-instrumenthandelaars.

OPERASIONELE NAVORSING

Verpligte vak vanaf eerste jaar: Wiskunde

Operasionele navorsing beantwoord vrae soos: Hoe moet ek as fabrieksbestuurder

voorraadvlakke in my pakstoor bestuur sodat ek aan onsekere aanvraag kan voldoen

sonder om te veel geld aan die opberging van voorraad te bestee? Waar moet ek as

stadsbeplanner oorweeg om nuwe fasiliteite (soos skole, poskantore en biblioteke) in ’n

dorp te plaas sodat dit vir die meeste mense binne bereikbare afstand is? Hoe kan ek as

vloerbestuurder ’n doeltreffende produksieskedule vir ’n fabriek opstel? Hoe kan ek as

finansiële beleggingsbestuurder ’n beleggingsportefeulje opstel wat verwagte opbrengs

maksimeer, maar risiko op aanvaarbare vlakke hou?

Die slagspreuk van operasionele navorsing is “The Science of Better”. ʼn Operasionele

navorser maak voorstelle vir die verbetering van praktiese situasies soos hierbo gebaseer

op deeglike wiskundige, statistiese en rekenaarmatige analises van regte-wêreld probleme.

Ons afgestudeerde studente werk by banke en versekeringsmaatskappye (soos ABSA of

Sanlam), by aanlegte in die vervaardigingsindustrie (soos fabrieke, saagmeule of depots),

by kettingwinkels (soos Pep Stores, Checkers of Woolworths), by staatsdepartemente of

semi-staatsorganisasies (soos die Departement van Waterwese en Bosbou, of die Transnet

filiale), by navorsingsinstansies (soos die WNNR), of as private konsultante.

19
20

REKENAARWETENSKAP

Verpligte vak vanaf eerste jaar: Wiskunde en rekenaarwetenskap

Hierdie fokusarea lei jou op as ’n gegradueerde met ’n breë kennis van rekenaarwetenskap

en die besigheidswêreld. Dit stel jou in staat om suksesvol ’n beroep in enige

omgewing as programmeerder te aanvaar. Die toepassing van informasietegnologie in

die besigheidswêreld sal in die toekoms al meer belangrik word ten einde maatskappye

effektief en produktief te kan bestuur.

WISKUNDIGE STATISTIEK

Verpligte vak vanaf eerste jaar: Wiskunde

As gevolg van die inligtingsontploffing word besluite al hoe meer op grond van groot

hoeveelhede data geneem. Persone met opleiding in wiskundig-statistiese teorie en

prosedures en die gepaardgaande rekenaarvaardighede is daarom in groot aanvraag in die

nasionale en internasionale korporatiewe sake-, navorsing- en owerheidsektore. Hulle

word onder andere aangestel as statistici, data-ontginners, databestuurders en statistiese

analiste in bemarkings-, inligtings- en bestuursafdelings van hierdie sektore.

BComm (Bestuurswetenskappe) (Verlengde Graadprogram)

Afrikaans en Engelse klasse apart tot in finale jaar.

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Wiskunde 4

• Afrikaans Huistaal 4 of Eerste Addisionele Taal 5 OF Engels Huistaal 4 of Eerste Addisionele Taal 5

Studente wat aan al die vereistes van hierdie vierjarige BComm-program voldoen, kan

gekeur en op grond van ’n individuele onderhoud toegelaat word. Die program is ontwerp

om die oorgang van skool na universiteit te vergemaklik en sodoende die student se kanse

op sukses te verhoog. Die eerste jaar beoog om studente se onderbou te verbeter deur

die aanbied van ekstra modules, soos byvoorbeeld Wiskunde. Studente is verplig om die

hulpmodules te slaag voordat hulle na die tweede studiejaar kan vorder. Na hierdie jaar

kan hulle dan die werklas van die daaropvolgende jare makliker hanteer. Sommige van die

eerstejaarmodules word oor twee jaar versprei. Inname is beperk tot 100 studente. Vir meer

inligting hieroor, skakel gerus dr Loots by 021 808 3404, per faks by 021 808 2409 of per

e-pos by aloots@sun.ac.za (of me Daniels by 021 808 4837 en ndaniels@sun.ac.za).

Let wel: Net soos by die driejarige BComm (Bestuurswetenskappe) is hierdie program se

vakke ook beperk. Die vakke wat in hierdie program geneem kan word se klasse word in

Engels en in Afrikaans apart aangebied. Studente kan nie van hierdie program na ander

programme oorskakel nie.

Die fokusarea wat jy kies, sal jou uiteindelike beroep bepaal. Lees onder BComm

(Bestuurswetenskappe) oor die hoofvakke en fokusareas wat ook in hierdie program

aangebied word en die beroepsrigtings waarheen dit kan lei.

GRAADPROGRAMME VIR PROFESSIONELE REGISTRASIE

Oorweeg een van ons beroepsgerigte programme as jy ’n aktuaris, ’n bedryfsielkundige of ’n

rekenmeester wil word. Indien jy ’n professionele rekenmeester wil word, kan jy kies tussen die

programme BRek, BComm (Bestuursrekeningkunde) en BComm (Finansiële Rekeningkunde).

Onderworpe aan sekere beperkings, is dit moontlik om tydens jou studie tussen hierdie

programme oor te skakel, of selfs na een van die breë graadprogramme indien jy besef dat

rekeningkunde jou nie geval nie.

BRek

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 70% (sonder Lewensoriëntering)

• Wiskunde 6 OF

Wiskunde 5 én Rekeningkunde 6

• Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4*

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5*

* Indien jy nie aan albei hierdie taalvereistes voldoen nie, kyk dan “Taal van onderrig” hierbo.

Die BRek-graad word hoog aangeslaan en word geag as van die mees gesogte

voorgraadse opleiding as jy eendag ’n professionele rekenmeester wil word. As ’n

geoktrooieerde rekenmeester kan jy maatskappye se finansiële state ouditeer, ’n werk

wat statutêre beskerming geniet, en is jy ook vir heelwat ander werk in aanvraag,

byvoorbeeld as finansiële bestuurder, bestuursrekenmeester of belastingkundige.

‘Statutêre beskerming’ beteken daar is ’n wet wat bepaal dat sekere maatskappye se boeke

geouditeer moet word en dat net spesifieke professies dit mag doen.

Opleiding van geoktrooieerde rekenmeesters

Jy kan die internasionaal erkende, professionele, rekeningkundige kwalifikasie van

Geoktrooieerde Rekenmeester (GR) behaal deur die eksamens van die Suid-Afrikaanse

Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en/of die Independent Regulatory

Board for Auditors (IRBA), met hoofkantoor in Johannesburg, te slaag en deur

verder te voldoen aan hul gestelde vereistes vir praktiese ervaring. Die leerplan van

die SAIGR is daarop gerig om kandidate voor te berei in Finansiële Rekeningkunde,

Ouditkunde, Belasting, Bestuursrekeningkunde en aanverwante dissiplines, sodat hulle as

geoktrooieerde rekenmeesters in die privaat en openbare sektore kan funksioneer.

Ons BRek-graad geniet die erkenning van die SAIGR. Dit beteken dat as jy by hierdie

Universiteit die graad BRek en daarna die graad HonsBRek verwerf, kan jy inskryf vir die

eerste deel van die professionele eksamen van die SAIGR. Om jou hierop voor te berei, omvat

die leerplanne van die BRek- en die HonsBRek-graadprogramme die leerplan van die SAIGR.

BComm (Aktuariële Wetenskap)

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 70% (sonder Lewensoriëntering)

• Wiskunde 7
• Afrikaans Huistaal 5 OF Engels Huistaal 5*

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5*

* Indien jy nie aan hierdie taalvereiste voldoen nie, kyk “Taal van onderrig” hierbo.

Hierdie program is die eerste stap in die opleiding van aktuarisse. Aktuarisse kan beskryf

word as onafhanklike vakkundiges wat finansiële risiko’s en onvoorsiene gebeurlikhede

kan ontleed en in ’n model weergee. Hulle kan die risiko’s opweeg en die resultate in

finansiële terme verduidelik. Hierdie werk het direk te doen met die bestuur van bates en

laste (soos beleggings en lenings), en die gepaardgaande risiko’s.

Opleiding van aktuarisse

Om as Aktuaris te kwalifiseer (“Fellow of the Actuarial Society of South Africa”) moet jy al

vyftien eksamens van die beroepsliggaam slaag en ook gepaste werksondervinding opdoen.

Die verwerwing van die grade BComm en HonsBComm in Aktuariële Wetenskap aan

hierdie Universiteit, mag lei tot vrystelling van verskeie eksterne eksamens van die genoemde

beroepsliggaam. Om vrystelling vir ’n gegewe vak te verkry, moet jy ’n bevredigende punt in

die ooreenstemmende universiteitsvak behaal. Hierdie programme berei jou ook deeglik voor

vir van die ander eksterne eksamens waarvoor vrystelling nie beskikbaar is nie.

Die leerplan vir hierdie programme lê nie net klem op die aktuariële, statistiese en

wiskundige vaardighede wat vir die aktuariële eksamens voorgeskryf is nie, maar ook op

die vermoë om finansiële en ekonomiese data te interpreteer en te benut. Dit sal jou in

staat stel om ’n sleutelrol te speel in die bestuur van enige onderneming of organisasie.

BComm (Bestuursrekeningkunde)

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Wiskunde 5

• Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4*

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5*

* Indien jy nie aan albei hierdie taalvereistes voldoen nie, kyk “Taal van onderrig” hierbo.

Dié program help jou om eendag te kwalifiseer as ’n geoktrooieerde

bestuursrekenmeester. Met hierdie kwalifikasie kan jy as ’n bestuursrekenmeester of as ’n

finansiële bestuurder werk. As bestuursrekenmeester sal jy byvoorbeeld betrokke wees by

kostestudies oor die ontwikkeling van nuwe produkte en deelneem aan besluite oor nuwe

investeringsmoontlikhede.

Opleiding van geoktrooieerde bestuursrekenmeesters

Die internasionaal erkende professionele rekeningkundige kwalifikasie van

Geoktrooieerde Bestuursrekenmeester word behaal deur die eksamens van die

Geoktrooieerde Instituut van Bestuursrekenmeesters (CIMA), met die hoofkantoor in

Londen, te slaag en voorts te voldoen aan hul gestelde norme vir praktiese ervaring. Die

leerplan van CIMA lê nie net klem op die verwerwing van die finansiële vaardighede wat

verwag sou word by ’n rekenmeester nie, maar ook op die vermoë om finansiële inligting

te interpreteer en te gebruik ten einde ’n sleutelrol te speel in die bestuur van enige

onderneming of organisasie.

Die graadprogram BComm (Bestuursrekeningkunde) soos deur hierdie Universiteit

aangebied, geniet erkenning van CIMA. Die gevolg is dat as jy hierdie kwalifikasie by die

Universiteit Stellenbosch verwerf, jy tans vrygestel word van minstens sewe van CIMA se

vyftien eksamens.

As jy verder ook ’n HonsBComm (Bestuursrekeningkunde) sou verwerf, sal jy tans van

minstens nege van CIMA se vyftien eksamens vrygestel word (na CIMA se goeddunke).

BComm (Finansiële Rekeningkunde) (ACCA)

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Wiskunde 5

• Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4*

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5*

* Indien jy nie aan albei hierdie taalvereistes voldoen nie, kyk “Taal van onderrig” hierbo.

Hierdie program is spesifiek gerig op die beroep van die geoktrooieerde gesertifiseerde

rekenmeester. Met hierdie ACCA-kwalifikasie sal jy hoofsaaklik betrokke wees by die

finansiële bestuur van ’n organisasie waar jou kennis van finansiële rekeningkunde,

ouditkunde, bestuursrekeningkunde en belasting nuttig sal wees.

Opleiding van gesertifiseerde rekenmeesters

Die internasionaal erkende professionele rekeningkundige kwalifikasie van

Geoktrooieerde Gesertifiseerde Rekenmeester word behaal deur die eksamens van die

Geoktrooieerde Assosiasie van Gesertifiseerde Rekenmeesters (ACCA), met hoofkantoor

in Londen, te slaag en ook te voldoen aan hul gestelde norme vir praktiese ervaring. Die

leerplan van die ACCA is gerig op die voorbereiding van finansiële state, ouditering en

die verskaffing van belasting- en besigheidsadvies in die privaat en openbare sektor.

Die graad BComm (Finansiële Rekeningkunde), soos deur hierdie Universiteit

aangebied, geniet erkenning van die ACCA. Die gevolg is dat as jy die graad BComm

(Finansiële Rekeningkunde) aan hierdie Universiteit behaal, jy tans vrygestel word van

agt van die ACCA se veertien vakke (na ACCA se goeddunke). Lees meer oor ACCA by

www.accaglobal.com.

BComm (Psig)

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Wiskunde 5

• Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4*

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5*

* Indien jy nie aan albei hierdie taalvereistes voldoen nie, kyk “Taal van onderrig” hierbo.

Hierdie program lei jou op vir ’n loopbaan in die bestuur van menslike hulpbronne

in organisasies. Deur die BComm (Psig) op te volg met ’n HonsBComm (Psig) en ’n

ses maande internskap, en dan ’n professionele raadseksamen suksesvol af te lê, kan

21
22

jy statutêr registreer by die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) as

Psigometris (in onafhanklike praktyk). Na voltooiing van die MComm (Psig)-program,

’n 12 maande internskap en die aflegging van die professionele raadseksamen vir

bedryfsielkundiges kan jy statutêr registreer by die HPCSA as Bedryfsielkundige.

Opleiding van psigometriste

Vanaf 1 Januarie 2006 geld ’n nuwe opleidingsmodel waarvolgens ’n mens kwalifiseer

vir registrasie as Psigometris. Hiervoor moet jy eers vier jaar studeer in sielkunde deur

die BComm (Psig) en die HonsBComm (Psig) suksesvol te voltooi. Daarna moet jy ’n

internskap van ses maande doen, wat bestaan uit praktiese werk onder die supervisie van

’n geregistreerde sielkundige by ’n onderneming. Hierdie praktiese opleiding doen jy

in psigometriese assessering. Na afloop van die praktiese werk, lê jy die professionele

raadseksamen, opgestel deur die “Psychometrics Committee of the Professional Board for

Psychology”, af. Jy moet dit met ’n gemiddelde prestasie van ten minste 70% slaag.

GRAADPROGRAMME MET ’N REGSFOKUS

K e u r i n g

Hierdie twee programme is ook onderworpe aan keuring, maar die keuringsproses word deur die

Fakulteit Regsgeleerdheid hanteer. Kyk “Algemene toelatingsinligting” op bls. 52 hieroor.

BRekLLB

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde (sonder Lewensoriëntering) van minstens 70%

• Wiskunde 6 OF

Wiskunde 5 en Rekeningkunde 6

• Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5

Dié program lei jou in die eerste plek op om as geoktrooieerde rekenmeester te kwalifiseer

(kyk “Opleiding van geoktrooieerde rekenmeesters” by “BRek” hierbo). In die tweede plek

word jy toegerus met geskikte kennis en insig wat in die regswetenskappe vereis word met

die oog op ’n moontlike loopbaan in die regte (kyk ook onder die Fakulteit Regsgeleerdheid

bladsy 53). ’n Voordeel van die program is dat die BRek- en die LLB-kwalifikasies in vyf

jaar behaal kan word, wat minstens een jaar minder is as soortgelyke programme – en dit

sonder om standaarde te verlaag.

BComm (Regsgeleerdheid)

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde (sonder Lewensoriëntering) van minstens 60%

• Wiskunde 5

• Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5

Dié program is beroepsgerig. Dit word na voltooiing aangevul deur die toepaslike deel

van die LLB-program en, waar toepaslik, die aflê van professionele toelatingseksamens.

In hierdie program bestudeer jy beide regsvakke en vakke vanuit die Fakulteit

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Na afloop van die program kan jy of verder in die

regsrigting of in jou hoofvak (van die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) studeer.

Hiermee kry ’n mens ’n gesogte breër onderbou en dieper begrip van hoe regsreëls

by die samelewing in die algemeen inpas. Jy kry ook vaardighede van ’n ekonomiese

en bestuursaard en ’n breër algemene kennis as wat jy met die gewone vierjarige

LLB-program sou kry. Kyk ook by BComm (Regsgeleerdheid) onder die Fakulteit

Regsgeleerdheid.

Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel.: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

Webwerf vir BComm-programme: www.sun.ac.za/economy/

Webwerf vir programme met ’n regsfokus: law.sun.ac.za
F A K U L T E I T

GESONDHEIDSWETENSKAPPE

23
24

programgids

B in Arbeidsterapie

BSc in Dieetkunde

BSc in Fisioterapie*

B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie

MB,ChB*

* Hierdie programme word ook as verlengde graadprogramme

(VGP’s) aangebied. Kyk “Aansoek en keuring”

hieronder en op bladsy 7.

Gegradueerdes in die Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch is nasionaal en internasionaal bekend vir hulle etiese gesindheid, kultuur van omgee en

hoëkwaliteitgesondheidsorg aan hulle kliënte, pasiënte en gemeenskappe.

Gegradueerdes in die Gesondheidswetenskappe aan die

Universiteit Stellenbosch is nasionaal en internasionaal

bekend vir hulle etiese gesindheid, kultuur van omgee en

hoëkwaliteitgesondheidsorg aan hulle kliënte, pasiënte en

gemeenskappe.

Studente op die Tygerbergkampus, waar die Fakulteit

Gesondheidswetenskappe gehuisves word, geniet ’n

omvattende studentgesentreerde ondersteuningstelsel

wat onder andere bestaan uit die Eerstejaarsakademie,

tutor- en mentorondersteuning deur senior studente, en die

akademiese fokus in koshuise (die ResEd-inisiatief). ’n

Ervare span akademici en ondersteuningspersoneel hou

hul oog en hand op die akademiese vordering en algemene

welstand van al ons studente. Buiten uitstekende onderrig

in goed toegeruste fasiliteite, kry studente waardevolle

praktiese ervaring deurdat hulle reeds vroeg in hul studies

ondervinding met pasiënte en gemeenskappe opdoen.

Die Fakulteit se strewe dat die samestelling van die

studente ’n weerspieëling van die demografiese profiel

van die land sal wees, maak van hierdie kampus ’n ware

multikulturele tuiste. Die kampus bied ’n taalvriendelike

omgewing wat verskillende taalgroepe akkommodeer. (Kyk

“Onderrigtaal” verder aan.)

Toegang tot voorgraadse programme in die

Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch

is onderworpe aan ʼn gestruktureerde keuringsproses.

Studentegetalle in die Gesondheidswetenskappe

word beperk deur regulasies van die Raad vir

Gesondheidsberoepe; die gesondheidsdienste en die

universiteit se beskikbare infrastruktuur en begroting;

asook die hoë eise van die programme, wat gewoonlik net

suksesvol deurloop word deur kandidate wat bogemiddeld

op skool presteer het.

Onderrigtaal

Al die klasse van hierdie Fakulteit se programme word

volgens die T-spesifikasie (kyk ook bladsy 2) tweetalig in

Afrikaans én in Engels aangebied (dubbelmediumonderrig).

Dit beteken dat elke taal min of meer 50% van die tyd gebruik

word. Taalondersteunende onderrig is beskikbaar.

A a n s o e k e n k e u r i n g

• Aansoeke sluit 31 Mei elke jaar

• By aansoek sal inligting oor die Nasionale Normtoetse

(National Benchmark Tests) aan jou gestuur word

• Kandidate word gekeur op grond van akademiese

skoolprestasie (45% van die keuringspunt),

prestasie in die Nasionale Normtoetse (30% van die

keuringspunt) asook nie-akademiese prestasies op

hoërskool (graad 10-12) behaal vir onder andere

leierskap, sport, kultuurbedrywighede, gemeenskapsdiens

en veeltaligheid (25% van die keuringspunt)

• Kandidate met akademiese agterstande en wat potensiaal

toon kan gekeur word vir toelating tot die verlengde

graadprogramme (VGP’s) van MB,ChB en BSc in

Fisioterapie. Die VGP’s bied toepaslike, ondersteunende

modules oor ’n periode van twee jaar; dus word een jaar

toegevoeg tot die duurte van die program

B in Arbeidsterapie

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk

bladsy 4)

• ’n NNS-gemiddelde van minstens 50%

• Wiskunde 3

• Lewenswetenskappe 4

• Afrikaans en Fisiese Wetenskappe word sterk aanbeveel

- Omtrent 50 kandidate word gekeur in die jaar wat studie

voorafgaan. Kyk “Aansoek en keuring” hierbo.

- Vir onderrigtaal, kyk hierbo

Arbeidsterapie is ’n dinamiese en opwindende beroep. Hierdie

program rus jou toe met kennis en vaardighede om kliënte

van alle ouderdomsgroepe met ontwikkelingsagterstande,

verskillende siektetoestande en funksionele beperkings te

assesseer. Aktiwiteite word as intervensiemedium gebruik.

Die intervensieprogramme word ontwerp vir aanwending in

tuisomgewings en gemeenskappe om optimale deelname van

die persoon of persone aan die aktiwiteite van die daaglikse

lewe te verkry. Hierdie intervensieprogramme rehabiliteer

en voorkom funksionele probleme, en bevorder die algehele

gesondheidstoestand van persone.

As arbeidsterapeut sal jy jou kliënte holisties benader

en, met inagneming van die fisiese, sielkundige, sosiale

en emosionele aspekte, insette op alle areas van hul

daaglikse funksionering – wat selfversorging, werk en

vryetydsbesteding insluit – lewer. Wat kinders betref

is hulle ‘werk’ om te speel en daarom bestaan hulle

intervensieprogramme uit spel- en skoolverwante aktiwiteite.

Indirekte arbeidsterapiedienste sluit onder andere in

raad wat jy aan onderwysers, werkgewers, gesinslede en

versorgers kan gee waardeur hulle kan bydra om persone se

deelname aan die aktiwiteite van die lewe te verbeter, en die

bestuur van aktiwiteitsprogramme wat vir groepe persone in

fasiliteite en die gemeenskap aangebied word om gesonde

lewenstyle te bevorder.

Opleiding van arbeidsterapeute

Die program duur vier jaar. Die eerste jaar van die

program word hoofsaaklik op Stellenbosch gevolg, en

die verdere jare by die Tygerbergkampus. Die program

behels ’n studie van Arbeidsterapie (teorie en praktyk),

Sielkunde, Sosiologie, Spesiale Fisika, Bedryfsielkunde,

Biologie, Anatomie, Fisiologie, Patologie vir Aanvullende

Gesondheidsberoepe, Epidemiologie en Statistiek.

Na afloop van hierdie program volg ʼn gemeenskapsdiensjaar,

waarna jy sal kan registreer as Arbeidsterapeut by

die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Daar is beroepsmoontlikhede vir arbeidsterapeute in
hospitale, eie privaat praktyke, gemeenskapsklinieke,

industrieë, hoofstroomskole en skole vir leerders met

spesiale behoeftes, rehabilitasiesentra en spesiale

eenhede (bv. die spinaaleenheid), aftree-oorde en

versekeringsmaatskappye.

BSc in Dieetkunde

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk

bladsy 4)

• ’n NNS-gemiddelde van minstens 50%

• Wiskunde 4

• Fisiese Wetenskappe 4

• Lewenswetenskappe 4

• Afrikaans as skoolvak word sterk aanbeveel

- Omtrent 40 kandidate word gekeur in die jaar wat studie

voorafgaan. Kyk “Aansoek en keuring” op bladsy 24.

- Vir onderrigtaal, kyk bladsy 24.

Hierdie program lei dieetkundiges op wat oor die

wetenskaplike kennis, vaardighede en gesindhede

beskik om selfstandig te kan funksioneer op die gebied

van terapeutiese voeding, gemeenskapsvoeding en

voedseldiensbestuur.

Opleiding van dieetkundiges

Die program duur vier jaar en word vanaf die eerste

studiejaar op die Tygerbergkampus aangebied.

Eerste jaar: Chemie vir Gesondheidswetenskappe,

Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang, Voeding,

Voedsel, Geneeskundige Mikrobiologie, Fisiologiese

Biochemie, Voedingstatusbepaling en Gesondheid in Konteks.

Tweede jaar: Fisiologie, Anatomie, Voedselproduksie

en -sisteme, Toegepaste Voedselwetenskap,

Terapeutiese Voeding, Voeding in die Lewensiklus,

Gesondheidsopvoeding, Etiek en Menseregte en

Praktykopleiding.

Derde jaar: Terapeutiese Voeding, Gemeenskapsvoeding,

Bestuursbeginsels, Sielkunde vir Gesondheidswetenskappe,

Navorsingsmetodiek, Biostatistiek en Epidemiologie, Etiek

en Menseregte, en Praktykopleiding.

Vierde jaar: Navorsingsmetodiek, Voedseldiensbestuur,

Terapeutiese Voeding, Gemeenskapsvoeding, 34 weke van

internskap (praktykopleiding) en ’n navorsingsprojek.

Na afloop van hierdie vierjarige program volg ʼn

gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as

dieetkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van

Suid-Afrika.

Afgestudeerdes het verskeie beroepskeuses in

terapeutiese dieetkunde, gemeenskapsvoeding en die

voedsel en farmaseutiese industrie. Hulle kan ook

werk as navorsers, as dosente in die akademie, of as

voedingskonsultante in privaat praktyke.

BSc in Fisioterapie

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk

bladsy 4)

• ’n NNS-gemiddelde van minstens 60%

• Wiskunde 4

• Fisiese Wetenskappe 4

• Lewenswetenskappe 4

• Afrikaans as skoolvak word sterk aanbeveel

- Omtrent 55 kandidate word gekeur in die jaar wat studie

voorafgaan. Kyk “Aansoek en keuring” op bladsy 24.

- Vir onderrigtaal, kyk bladsy 24.

Hierdie program lei professionele fisioterapeute op om

oor die nodige kennis, vaardighede en gesindhede te

beskik om probleme met gewrigte, spiere en senuwee te

behandel deur fisiese tegnieke te gebruik om genesing

te bevorder. Benewens tegnologies gevorderde metodes

soos elektroterapie en hidroterapie word manuele tegnieke

(bv. massering, mobilisasie en manipulasie), oefenterapie,

bewegingsontleding en bewegingsheropleiding tot volle

funksionele herstel, ook as behandelingsmodaliteite gebruik.

Omvattende gesondheidsorg aan die gemeenskap

lê klem op voorkoming, genesing en rehabilitasie.

Fisioterapeute werk sowel selfstandig as in spanverband

in die gesondheidsektor. Hul help pasiënte van alle

ouderdomme om disfunksies te oorkom en van siektes of

beserings te herstel; hulle help selfs gesonde mense om hul

prestasievermoë te verbeter.

Opleiding van fisioterapeute

Die program duur vier jaar en dek die volgende vakke:

Lewensvorme en Funksies van Kliniese Belang;

Chemie vir Gesondheidswetenskappe; Persoonlike en

Professionele Ontwikkeling; Gesondheid in Konteks;

Sielkunde; Anatomie; Fisiologie; Patologie; Anatomiese

Patologie; Fisioterapiewetenskap; Toegepaste Fisioterapie;

Kliniese Fisioterapie; Navorsingsmetodiek en

Fisioterapiepraktykvoering.

Na afloop van die program volg ʼn gemeenskapsdiensjaar,

waarna jy sal kan registreer as Fisioterapeut by die Raad vir

Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Enkele van ’n wye reeks beroepskeuses wat oorweeg

kan word is fisioterapie in hospitale, privaat praktyke,

gemeenskapsklinieke, die industrie, skole vir

gestremdes, rehabilitasiesentrums, spesiale eenhede (bv.

spinaaleenheid) en sportklubs.

B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 50%

• Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

• Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

• ’n Derde taal word sterk aanbeveel

• Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe word

aanbeveel

- Omtrent 30 kandidate word gekeur in die jaar wat studie

voorafgaan. Kyk “Aansoek en keuring” op bladsy 24.

- Vir onderrigtaal, kyk bladsy 24.

Hierdie program lei spraak-taalterapeute op met die

toepaslike kennis en vaardighede om persone met

kommunikasieafwykings te kan hanteer. Die student

word toegerus om die volgende professionele funksies

te vervul: die voorkoming, identifisering, evaluering,

diagnosering en behandeling van kommunikasieafwykings;

kliënt- en gesinsgesentreerde berading en die begeleiding,

onderrig en opleiding van ander kundiges of relevante

lekepersone; konsultasie en navorsing op die gebied van

kommunikasieafwykings en die bestuur van programme

voorsien deur spraak-taalterapeute aan kliënte met

kommunikasieafwykings in gesondheids-, opvoedkundige

en privaat kontekste. Ten einde die bogenoemde funksies

optimaal in die veeltalige Suid-Afrikaanse konteks te

kan verrig, word van studente verwag om vaardigheid te

ontwikkel in ten minste twee tale, asook Gebaretaal.

25
26

Opleiding van spraak-taalterapeute

Die program duur vier jaar en dek die volle omvang

van spraak-, taal-, stem-, gehoor- vlotheid-, voedings-

en slukafwykings wat voorkom in die veld van

kommunikasiepatologie. Die gehoorterapie-inhoud

sluit aspekte van oudiologiese praktyk in, soos basiese

suiwertoon- en spraakoudiometrie, immittansieoudiometrie

en rehabilitasie.

By gehoorgebreke val die klem op die hantering

en rehabilitasie van kinders en adolessente met

kommunikasieafwykings wat veroorsaak word deur

gehoorverlies. Studente ontvang opleiding in basiese

Gebaretaal ter ondersteuning van rehabilitasie.

Die eerste en tweede jaar van die program word op die

Stellenboschkampus aangebied, maar studente bestee ten minste

een dag per week op die Tygerbergkampus. Hiervoor word

busvervoer deur die Afdeling Spraak-Taal en Gehoorterapie

gereël. Die derde en vierde jaar van die program word op die

Tygerbergkampus aangebied. Studente voltooi hul kliniese

opleiding by goedgekeurde instansies in die Wes Kaap.

Hoofvakke: Spraakheelkunde, Kliniese Spraakheelkunde,

Sielkunde en Algemene Taalwetenskap.

Ander modules: Anatomie, Neuro-anatomie en Kliniese

Neurologie waarvan die inhoud aangepas word volgens

die behoeftes van die beroep. Xhosa of Afrikaanse

Taalverwerwing (soos bepaal deur taalvaardigheidstoetse)

is ’n verpligte eerstejaarsvak wat die struktuur en sisteem

van die taal aan die studente bekendstel. Kliniese modules

bied geleenthede vir studente om toepaslike kliniese

vaardighede in spesifieke kontekste te verwerf onder die

toesig van gekwalifiseerde terapeute. Kliniese opleiding

vind plaas in hospitale, skole, gespesialiseerde skole,

gemeenskapsgesondheidsdienssentrums en klinieke. Daar

word ’n hoë premie op kommunikasie- en interpersoonlike

vaardighede geplaas. In die tweede en derde jaar word

studente se Xhosa-taalvaardighede daarom verder

ontwikkel sodat hulle met kliënte en versorgers in kliniese

omgewings kan kommunikeer.

Na afloop van hierdie program volg ʼn gemeenskapsdiensjaar,

waarna jy sal kan registreer as Spraak- Taalterapeut by die Raad

vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Daar is werksgeleenthede vir spraak-taalterapeute in

die openbare-, privaat- en nie-regeringsektore asook in

die akademie. Graduandi kan registreer by die Raad vir

Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika en werk bekom in

hospitale, klinieke, skole of gespesialiseerde skole.

MB,ChB

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk

bladsy 4)

• ’n NNS-gemiddelde van minstens 70%

• Wiskunde 4

• Fisiese Wetenskappe 4

• Lewenswetenskappe 4

• Afrikaans en Engels as skoolvakke word sterk aanbeveel

- Omtrent 220 kandidate word gekeur in die jaar wat studie

voorafgaan. Kyk “Aansoek en keuring” op bladsy 24.

- Vir onderrigtaal, kyk bladsy 24.

Die doel van hierdie program is om pas afgestudeerde

Stellenbosch-dokters te lewer wat oor die kennis, vaardighede

en gesindhede beskik om gedurende die twee internskapjare

die beskikbare geleenthede optimaal te benut en om na afloop

daarvan selfstandig in die primêre gesondheidsektor te kan

funksioneer, en wat die vermoë en insig verwerf het om

persoonlik en professioneel verder te kan ontwikkel.

Opleiding van mediese dokters

Die program strek oor ses jaar en bestaan uit drie fases.

fase een: Die grootste gedeelte van die eerste jaar

word bestee aan ’n onderbou deur natuurwetenskappe

soos Biologie en Chemie in die konteks van die

gesondheidswetenskappe; die basiese aspekte van

gesondheid en persoonlike en professionele ontwikkeling

te bestudeer. Die beginsels wat die versteuring van

liggaamsfunksies tydens siekte en die behandeling daarvan

onderlê, word ook gedek.

fase twee (kliniese geneeskunde): In hierdie fase, wat vanaf

die tweede jaar tot die einde van die eerste semester van die

vyfde jaar strek, word die teoretiese en praktiese aspekte

van die normale struktuur en funksie van die verskillende

orgaansisteme en siektes daarvan op ’n geïntegreerde manier

bestudeer. Reeds vanaf die tweede semester van die tweede

jaar al kry studente eerstehandse ervaring in die behandeling

van pasiënte in die kliniese rotasiemodules.

fase drie (kliniese konsolidasie): In die laaste drie

semesters (ook bekend as die studentinternskap) vind geen

verdere formele teoretiese opleiding plaas nie, maar vind

alle opleiding in die kliniese omgewing plaas.

Na afloop van hierdie ses jaar volg twee jaar internskap

en dan die gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan

registreer as Onafhanklike Praktisyn by die Raad vir

Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

’n Groot verskeidenheid beroepskeuses kan uitgeoefen

word, byvoorbeeld in privaat praktyke, hospitale

of ander mediese instansies, in verskeie staats- of

semistaatsinstellings, in navorsing, in akademiese

geneeskunde of in die privaat sektor soos by

versekeringsmaatskappye of die farmaseutiese bedryf.

Nagraadse studie vir ’n navorsingsloopbaan of spesialisasie

in enige kliniese rigting is verdere aantreklike opsies.

Navrae

Aansoeke om toelating:

Kliëntedienssentrum

Tel.: 021 808 9111

E-pos: info@sun.ac.za

Webwerf: www.maties.com

fakulteitsbeampte (Stellenboschkampus):

Me Stienie Spies

Tel.: 021 808 4842

E-pos: jjs@sun.ac.za

Keuringsbeampte (Dieetkunde, Arbeids-, fisio- en

Spraak-Taal- en Gehoorterapie):

Me Cindi de Doncker

Tel.: 021 938 9533

E-pos: cnm@sun.ac.za

Keuringsbeampte (MB,ChB-program):

Me Erina van Wyk

Tel.: 021 938 9203

E-pos: phvw@sun.ac.za

nasionale normtoetse:

Tel.: 021 650 3523

Webwerf: www.nbt.ac.za
F A K U L T E I T 27

Ingenieurswese
28

programgids

BIng (Bedryfs)

BIng (Chemies)

BIng (Elektries en Elektronies)

BIng (Meganies)

BIng (Megatronies)

BIng (Siviel)

Ingenieurswese bied uitstekende loopbane vir mans en vroue. Professionele ingenieurs is in die eerste plek gemoeid met die vooruitgang van tegnologie deur innovasie, kreatiwiteit en

verandering. Hul werk vereis oorspronklike denke en ’n goeie oordeelsvermoë, en fokus op mense en tegnologie.

Die vierjarige Baccalaureus in die Ingenieursweseprogramme

(BIng) rus jou toe met ’n breë kennisbasis. Al

die studente neem dieselfde vakke in die eerste jaar en begin

dan in hul tweede jaar spesialiseer in die rigting waarin hulle

verder wil studeer. In die eerste twee jaar word ’n fondament

van wiskunde en die natuur- en ingenieurswetenskappe gelê,

en in die derde en vierde jaar leer jy hoe om jou kennis toe te

pas om tegniese en besigheidsgeleenthede te ontgin. Met die

breë kennisbasis van die BIng kan gegradueerdes ’n groot

verskeidenheid betrekkings volstaan in die ingenieursbedryf

én daarbuite. Hulle is dikwels entrepreneurs en stig en

bestuur hul eie maatskappye.

Die BIng-programme is deur die Suid-Afrikaanse Raad

vir Ingenieurswese (ECSA) geakkrediteer vir registrasie

van ons gegradueerdes as Professionele Ingenieurs na

verwerwing van toepaslike ondervinding in die praktyk.

Ingevolge die Washington Accord word programme

wat deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese

geakkrediteer word in verskeie lande in die wêreld erken,

soos byvoorbeeld Australië, Kanada, Nieu-Seeland, die

Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika.

Op nagraadse vlak bied die Fakulteit ’n groot verskeidenheid

programme aan tot op die vlak van Doktor in die

Ingenieurswese.

Eerste- en tweedejaarsmodules word in Afrikaans én in

Engels aangebied. Vanaf die derde jaar word die meeste

modules in Afrikaans of Engels aangebied. Alle toets- en

eksamenvraestelle en werksopdragte word in Afrikaans

én in Engels opgestel en studente mag enige vraestel of

opdrag in Afrikaans òf in Engels beantwoord.

M i n i m u m t o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk

bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Wiskunde 6

• Fisiese Wetenskappe 5

• Engels Huistaal 3 OF

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF

• Engels Eerste Addisionele Taal 4 saam met Afrikaans

Huistaal 3, of Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5

• Afgesien van bostaande vereistes word aansoekers ook

volgens keuringskriteria gekeur.

• Aansoeke sluit 30 Junie; laataansoeke sluit 30 September.

Keuringskriteria

Ons pas ’n keuringsformule toe waarvolgens die resultate van

ses matriekvakke (uitgesluit Lewensoriëntering) gebruik word,

met Wiskunde en Fisiese Wetenskappe wat dubbel tel. Om ’n

redelike kans vir keuring te hê behoort jou Wiskundepunt en

gemiddelde punt bokant 70% te wees.

Die uitslae van die Nasionale Normtoetse wat jy geskryf het,

sal saam met jou skoolresultate en ander tersaaklike inligting

oorweeg word. Persoonlike onderhoude mag deel van die

keuringsproses uitmaak.

Verlengde Graadprogram vir Ingenieurswese

‘n Verlengde Graadprogram vir Ingenieurswese is ingestel om

studente met ontoereikende skoolagtergrond te help om die

BIng-program te bemeester. Hierdie Verlengde Graadprogram

bied ’n alternatiewe toegang tot die programme in die Fakulteit

Ingenieurswese. ‘n Beperkte aantal studente word gekeur vir

hierdie Verlengde Graadprogram en voorkeur word verleen aan

studente uit voorheenbenadeelde gemeenskappe. Die Verlengde

Graadprogram beteken een ekstra jaar van studie, wat die

hoofstroomgraadprogramme voorafgaan. Studente wat hierdie

ekstra jaar suksesvol voltooi en aan die addisionele voorwaardes

voldoen, word tot die hoofstroomgraadprogramme van die

Fakulteit Ingenieurswese toegelaat.

Nagraadse programme

- Nagraadse Diploma in Ingenieurswese

- MIng

- MScIng

- PhD

- DIng

BIng (Bedryfs)

Bedryfsingenieurswese is gerig op mense en tegnologiese

stelsels met die doel om ondernemings doeltreffend en

dus meer mededingend te maak. In ’n kleiner wordende

wêreld waar handel geen grense ken nie, is internasionale

mededingendheid dié uitdaging van die 21ste eeu.

Gegradueerdes is verantwoordelik vir die optimale

ontwerp, implementering, bedryf, verbetering en bestuur van

tegnologiese stelsels. Hierdie stelsels bestaan gewoonlik uit

mense, toerusting, inligting, kapitaal, prosesse en prosedures,

en bedryfsingenieurs verbeter die gehalte, produktiwiteit en

koste-doeltreffendheid van hierdie elemente deur optimering.

Die bedryfsingenieur word hiervoor toegerus deur

onder meer Wiskunde, Operasionele Navorsing,

Ingenieursekonomie, Vervaardigingsprosesse en -stelsels,

Ergonomie en Produksiebestuur te bestudeer. Naas hierdie

meer tegnologiese inhoud is bedryfsingenieurs ook betrokke

by die mens binne die transformasieproses: dit is immers die

persoon wat uiteindelik gestalte moet gee aan die uitvoering

van aktiwiteite en beheer het oor die planne wat opgestel is.

Projekbestuur tesame met Kennisbestuur is ook belangrik,

want die mens en die kennis wat hy/sy het, word beskou as

die belangrikste hulpbron in enige onderneming en dit moet

met sorg bestuur word.

Met bedryfsingenieurs se sterk besigheidsfokus en

tegnologiese basis is hulle ewe tuis in die vervaardiging-,

dienste- en finansiële sektor, en die aanwending van

bedryfsingenieurs in hierdie sektore neem jaarliks toe.

BIng (Chemies)

Die Departement Prosesingenieurswese bied die graad

Chemiese Ingenieurswese aan met keusevakke in
mineraalprosessering. Chemiese en mineraalprosesseringsingenieurs

is gemoeid met die vervaardiging van

verbruikbare materiale en die ekstraksie van minerale op ’n

industriële skaal. Hulle ontwikkel die prosesse en ontwerp,

vervaardig en bedryf die aanlegte waarmee grondstowwe na

produkte met ’n hoër ekonomiese waarde verwerk word deur

fisiese, termiese of chemiese veranderings. Die ontwikkeling

van prosesse waar biotegnologie ’n rol speel (soos bio-energie),

die outomatiese prosesmonitering en beheer van chemiese

prosesseringsaanlegte, asook omgewingsingenieurswese

(omgewingsvriendelike prosesse en afvloeisel behandeling, bv.

waterbehandeling) word al hoe belangriker.

Hierdie program rus studente toe met ’n breë kennis

van Wiskunde, Fisika en Chemie, asook Termodinamika,

Oordragsverskynsels, Skeidingsprosesse, Reaktorontwerp,

Biotegnologie, Prosesbeheer, Ingenieursbestuur, Kosteberaming

en Ontwerp. Keusevakke in Mineraalprosessering fokus

spesifiek op die ontginning en ekstraksie van minerale soos

goud, diamante, steenkool, platinum en yster.

Chemiese ingenieurs werk in ’n reeks van bedrywe wat

petrochemiese aanlegte, metallurgiese aanlegte, aanlegte vir

die vervaardiging van kunsmis en sement, die voedselbedryf,

biotegnologie en navorsingsinstansies insluit. In Suid-Afrika

werk baie chemiese ingenieurs vir groot maatskappye soos

Sasol, Anglo, BHP Billiton, SABMiller en Eskom, maar daar is

ook heelwat geleenthede in nuwe hoëtegnologie-maatskappye,

terwyl daar ook al hoe meer klein maatskappye is wat chemiese

ingenieurs in diens neem.

BIng (Elektries en Elektronies)

Elektriese en elektroniese ingenieurs is verantwoordelik

vir die opwekking, transmissie en omsetting van elektriese

krag; die inwin, verwerking en verspreiding van inligting

deur elektroniese stelsels; die ontwerp van rekenaars en

groot programmeringstelsels; en die beheer van elektriese en

meganiese stelsels.

Hierdie program lê ’n breë basis vir ’n groot verskeidenheid

werksgeleenthede. In die derde en vierde jaar word voortgebou

op wiskunde en die ingenieurswetenskappe van die eerste twee

jaar met ingenieurstoepassings op die gebiede van elektriese

energie, elektronika, elektromagnetiese stelsels, rekenaarstelsels,

beheerstelsels, telekommunikasiestelsels, informatika, robotika

en seinverwerking.

Elektriese en elektroniese ingenieurs is gemoeid met

die aanwending van elektriese energie (ook hernieubare

energiebronne) in bedrywe soos dié wat elektrisiteit voorsien,

fabrieke en chemiese aanlegte, myne, munisipaliteite, spoorweë

en hawens. Hulle werk ook waar elektroniese inligtingstelsels,

soos rekenaars, mikroverwerkers en rekenaarnetwerke, telefone,

selfoonnetwerke, televisie, satellietstelsels, radar en outomatiese

vlugstelsels vir vliegtuie gebruik word.

BIng (Meganies)

Meganiese ingenieurs is verantwoordelik vir die daarstelling

van verskeie meganiese stelsels, vanaf vliegtuie en skepe

tot mikromasjiene wat op rekenaarskyfies geëts word.

Daarbenewens vervul meganiese ingenieurs ook ’n

sleutelrol in die opwekking van energie deur steenkool- en

kernkragsentrales of die oes van hernieubare energie uit

sonskyn en wind. In die proses bestudeer, ontwikkel en

ontwerp hulle masjinerie, aanlegte en produkte van ’n wyd

uiteenlopende aard. Meganiese ingenieurswese sluit ook die

vervaardiging, onderhoud en herstel van meganiese stelsels

en aanlegte in. Soos alle ingenieurs is meganiese ingenieurs

dikwels betrokke by die optimering van stelsels en prosesse

en die bestuur van projekte wat miljoene rand beloop.

In die derde en vierde jaar bou hierdie program voort

op die basis van wiskunde en die ingenieurswetenskappe

van die eerste twee jaar met vakke soos Sterkteleer,

Beheerstelsels, Vibrasie en Geraas, Masjienontwerp,

Warmteoordrag en Energiestelsels. Studente kry ook ’n

breë interdissiplinêre basis met vakke soos Elektriese

Aandrywing, Elektronika, Megatronika, Projekbestuur en

omgewingsingenieurswese.

In Suid-Afrika werk meganiese ingenieurs in van die

grootste ondernemings, soos De Beers, Anglo, Sasol en

Eskom, tot in klein konsultasievennootskappe. Hulle tree

dikwels op as program- en projekbestuurders vir groot

kapitaalprojekte soos byvoorbeeld die ontwerp en oprigting

van kragstasies en petrochemiese aanlegte. Baie meganiese

ingenieurs is ook goeie entrepreneurs wat hul eie besighede

tot stand bring.

BIng (Megatronies)

Megatroniese ingenieurs ontwikkel en vervaardig masjiene

en stelsels wat moderne beheerstelsels benut om groter

aanpasbaarheid, beter werkverrigting, en/of laer koste

te verkry. Megatroniese stelsels streef na die optimale

kombinasie van meganiese, elektriese en elektroniese

substelsels deur byvoorbeeld masjienonderdele, sensors

en aktueerders te integreer en dan met rekenaarstelsels

te beheer. Tipiese megatroniese stelsels wat ontwerp en

ontwikkel word, span so wyd soos enjinbeheermodules,

ABS-remstelsels, geoutomatiseerde monteerlyne, kunsharte,

mediese toestelle en verbruikersprodukte soos wasmasjiene.

Hierdie program is saamgestel uit modules van die

BIng (Meganies)- en BIng (Elektries en Elektronies)programme.

In die derde en vierde jaar bestudeer jy vakke

soos Elektronika, Elektriese Aandrywing, Beheerstelsels,

Rekenaarstelsels, Masjienontwerp en Megatronika. Verder

word velde soos Projekbestuur, Vibrasie en Geraas,

Warmteoordrag en omgewingsingenieurswese gedek om ’n

breë interdissiplinêre basis te lê.

Suid-Afrika het ’n volgehoue vraag na megatroniese

ingenieurs. Sommige megatroniese ingenieurs werk vir

groot multinasionale korporasies, maar die diverse opleiding

van megatroniese ingenieurs maak hul gesog by kleiner

ingenieursondernemings en lê ook ’n uitstekende basis vir

entrepreneurs.

BIng (Siviel)

Siviele ingenieurs is betrokke by die ontwerp, konstruksie

en instandhouding van infrastruktuur soos watervoorsiening,

lughawens, paaie, brûe, hawens, myne, tonnels, damme en

die strukture vir residensiële, kommersiële en industriële

toepassings.

Nadat ’n goeie fondament in wiskunde, chemie en die

ingenieurswetenskappe in die eerste twee jaar gelê is, bou die

program in die derde en vierde jaar daarop voort met vakke soos

Water-, Struktuur-, Vervoer- en Geotegniese Ingenieurswese.

Vakke soos omgewingsingenieurswese en Ingenieursbestuur

gee jou ’n wye verwysingsraamwerk. Die vak Informatika

ontwikkel die rekenaar as ’n kragtige hulpmiddel vir die

oplossing van probleme in siviele ingenieurswese.

Daar is vele beroepsmoontlikhede vir siviele ingenieurs

in die openbare en privaat sektore, van plaaslike owerhede

tot staatsdepartemente en van raadgewende firmas tot

konstruksiemaatskappye. Verskeie Suid-Afrikaanse sivieleingenieurswese-maatskappye

is internasionaal aktief, en

sommige is deel van reuse globale maatskappye.

Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel.: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

Webwerf: www.eng.sun.ac.za

29
30

KRYGSKUNDE

F A K U L T E I T
programgids

BMil in Menslike Hulpbron- en Organisasieontwikkeling

BMil in Organisasie- en Hulpbronbestuur

BMil in Tegnologie

BMil in Tegnologie en Verdedigingsbestuur

BMil in Veiligheid- en Afrikastudie

Die Fakulteit Krygskunde op Saldanha bied baccalaureus- en nagraadse programme toegespits op nasionale sekerheid en verdedigingsaangeleenthede aan vir gekeurde offisiere van die

Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en ander weermagte. Die onderrigprogramme is saamgestel om die spesifieke belange van die SANW te dien en so relevant moontlik

tot die behoeftes van weermagoffisiere te wees. Spesialisering in verskeie vakdissiplines, na gelang van die student se voorkeur, is wel moontlik, maar met inagneming van sy/haar

weermagsdeel se behoeftes.

Die minimum tydsduur vir die baccalaureusprogramme is drie jaar.

A l g e m e n e t o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Aanbeveling van die Militêre Akademie Keurraad wat die toelatingsvereistes soos bepaal deur

die SANW in ag neem

• Skryf die Nasionale Normtoetse (sien bladsy 4)

• Kyk ook die toelatingsvereistes by die betrokke programme

BMil in Menslike en Organisasie-ontwikkeling

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Kyk algemene toelatingsvereistes

Die program fokus op die kennis, vaardighede en bevoegdhede wat jy nodig het om

effektief in die menslike hulpbron- en organisasie-ontwikkeling-omgewing te funksioneer.

Hoofvakke:

Bedryfsielkunde (Mil)

Openbare en Ontwikkelingsbestuur (Mil)

Ander vakke:

English Studies (Mil), Handelsreg, Militêre Bestuur, Rekenaarinligtingstelsels (Mil),

Strafreg en ander regsvakke, Militêre Etiek, Militêre Leierskap

Nagraadse programme

- Honneursprogram in Bedryfsielkunde (Mil)

BMil in Organisasie- en Hulpbronbestuur

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Wiskunde 3 of Wiskundige Geletterdheid 5

• Kyk ook algemene toelatingsvereistes

Die primêre fokus van hierdie program is om aan die militêre offisier die kennis,

denkwyses en vaardighede te verskaf om die hulpbronne en organisatoriese omgewing

van die SANW effektief te bestuur.

Hoofvakke:

Ekonomie (Mil)

Finansiële en Bestuursrekeningkunde

Militêre Bestuur

Openbare en Ontwikkelingsbestuur (Mil)

Ander vakke:

Bedryfsielkunde (Mil), Bestuursinligtingstelsels (Mil), English Studies (Mil), Kontraktereg

(Mil), Rekenaarinligtingstelsels (Mil), Statistiek (Mil), Straf- en Militêre Reg

Nagraadse programme

- Honneurs- en magisterprogramme in Organisasie- en Hulpbronbestuur

- Honneursprogram in Openbare en Ontwikkelingsbestuur (Mil)

BMil in Tegnologie

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Wiskunde 4

• Fisiese Wetenskappe 4

• Kyk ook algemene toelatingsvereistes

Die primêre fokus van hierdie program is die ontwikkeling van die militêre offisier se

tegnologiese kennis en vaardighede soos toepaslik vir die militêre omgewing.

Hoofvakke:

Fisika (Mil)

Lugvaartkunde (Mil) en Militêre Tegnologie (verpligtend vir alle SA lugbemanning)

Militêre Geografie (verpligtend vir alle SA Leër algemenediensoffisiere)

Rekenaarinligtingstelsels (Mil)

Seevaartkunde (verpligtend vir alle SA Vloot gevegsoffisiere)

Wiskunde (Mil)

Ander vakke:

English Studies (Mil), Militêre Bestuur, Statistiek (Mil)

Nagraadse programme

- Honneurs- en magisterprogramme in Tegnologie

- Honneurs- en magisterprogramme in Militêre Geografie

31
32

- Honneurs- en magisterprogramme in

Rekenaarinligtingstelsels

BMil in Tegnologie en Verdedigingsbestuur

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Wiskunde 4

• Fisiese Wetenskappe 4

• Kyk ook algemene toelatingsvereistes

Die primêre fokus van hierdie program is om die

integrasie van tegnologie, verdediging en bestuur

te bevorder en om aan ’n suksesvolle kandidaat die

geleentheid te bied om effektief te funksioneer op sy/haar

vlak in ’n tegnologie- en verdedigingsbestuursomgewing

en om sy/haar bevelvoerder / bestuurder in die SANW te

ondersteun in soortgelyke aangeleenthede.

Hoofvakke:

Militêre Bestuur

Militêre Geografie (verpligtend vir alle SA Leër

algemenediensoffisiere)

Lugvaartkunde (Mil) (verpligtend vir vlieëniers /

navigators)

Rekenaarinligtingstelsels (Mil)

Seevaartkunde (verpligtend vir alle SA Vloot

gevegsoffisiere)

Militêre Geskiedenis of Militêre Strategie

Ander vakke:

Bedryfsielkunde (Mil), Ekonomie (Mil) of Veiligheidsreg

(Mil), English Studies (Mil), Fisika (Mil), Militêre

Tegnologie, Statistiek (Mil)

Wiskunde (Mil)

Nagraadse programme

- Honneurs- en magisterprogramme in Tegnologie

- Honneurs- en magisterprogramme in Militêre Geografie

- Honneurs- en magisterprogramme in Krygsgeskiedenis

- Honneurs- en magisterprogramme in Militêre Strategie

- Honneurs- en magisterprogramme in

Rekenaarinligtingstelsels

BMil in Veiligheid- en Afrikastudie

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Kyk algemene toelatingsvereistes

Die primêre fokus van hierdie program is die omgewing

waarin die militêre offisier funksioneer – histories,

polities, strategies en sosio-ekonomies.

Hoofvakke:

Krygsgeskiedenis

Militêre Strategie

Politieke Wetenskap (Mil)

Ander vakke:

Bedryfsielkunde (Mil), English Studies (Mil),

Ekonomie (Mil), Militêre Bestuur, Militêre Geografie,

Rekenaarinligtingstelsels (Mil), Veiligheidsreg (Mil)

Nagraadse programme

- Honneurs- en magisterprogramme in Militêre Strategie

- Honneurs- en magisterprogramme in Krygsgeskiedenis

- Honneurs- en magisterprogramme in Veiligheid- en

Afrikastudie

- MPhil in Veiligheidsbestuur

Navrae

Die Dekaan, Saldanha:

Tel.: 022 702 3003

Die Fakulteitsadministreerder, Saldanha:

Tel.: 022 702 3085

Kliëntedienssentrum, Stellenbosch:

Tel.: 021 808 9111

E-pos: info@sun.ac.za

Webwerf: www.sun.ac.za/mil/
F A K U L T E I T 33

Lettere en Sosiale Wetenskappe
34

programgids

aLGemeNe proGramme

BA in Geesteswetenskappe*

BA in Sosiale Dinamika*

BA in Taal en Kultuur*

GespesiaLiseerDe proGramme

BA in Drama- en Teaterstudie

BA in Internasionale Studie*

B in Maatskaplike Werk*

BA in Menslike Hulpbronbestuur*

B in Musiek (BMus)

BA in Musiek (Bane: Algemeen en Musiektegnologie)

Diploma in Praktiese Musiek

Hoër Sertifikaat in Musiek

BA in ontwikkeling en omgewing*

BA in Politieke, Filosofiese en Ekonomiese Studie (PPE)

BA in Regsgeleerdheid

Programme met Sielkunde

BA in Sosio-Informatika*

BA in Sportwetenskap

BA in Visuele Kunste

BA in Waarde- en Beleidstudie

* Hierdie programme word ook as verlengde

graadprogramme (VGP’s) aangebied. Kyk “Verlengde

graadprogramme” onder.

Hierdie Fakulteit se programme bied vir jou studierigtings te kus en te keur. En dié programme val nie sommer uit die lug uit nie. Hulle is gebou op ’n 138 jaar lange tradisie wat

baie spesifieke waardes soos respek vir kennis en denke, verfyning van smaak, veeltaligheid, intellektuele gebalanseerdheid, verdraagsaamheid en grondigheid ontwikkel. Hulle

is gerat vir Suid-Afrika se behoeftes in die 21ste eeu en hou tred met die jongste internasionale denke oor die ekonomiese en sosiale toepaslikheid van ’n opleiding in die lettere,

kunste en sosiale wetenskappe. Hierdie programme sal jou toerus om jou plek in die veeleisende arbeidsmark vol te staan deur jou ’n grondige vakkennis te gee, maar dit sal jou ook

algemene vaardighede aanleer soos denkvaardighede, kommunikasievaardighede, rekenaargeletterdheid en die vermoë om probleme te herken en op te los. Al ons programme is

keuringsprogramme. Waar ’n program sy eie keuringsvereistes het, word dit by die program self genoem.

Verlengde graadprogramme (VGP’s)

Studente word vir die VGP’s gekeur volgens die oordeel van die Fakulteit. Kyk bladsy 7

vir nadere inligting oor VGP’s.

ALGEMENE PROGRAMME

BA in Geesteswetenskappe

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

Indien jy Sosio-Informatika as universiteitsvak wil neem, dan ook:

• Wiskunde 4 of Wiskundige Geletterdheid 6

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT

Die BA in Geesteswetenskappe is ’n driejarige program wat jou leer om akademies

veelsydig en buigsaam te wees en om in ’n groot verskeidenheid beroepe aktuele

probleme in Suid-Afrika op te los of te hanteer.

Programinhoud

Die vakke waaruit jy kan kies, is ingedeel in twee groepe (bane) tematies verwante

vakke. Die program word so opgebou dat jy uiteindelik op gevorderde vlak twee vakke

neem wat uit enige van die twee bane kom, tesame met (1) nog ’n 24-kredietmodule

of twee 12-kredietmodules van ’n derdejaarvak, of (2) ’n metadissipline wat saamhang

met daardie twee vakke. ’n Metadissipline van ’n vakgebied analiseer en evalueer die

vakgebied se metodes.

Die eerste baan handel oor die mens se denke, taal, kultuur en kuns (met vakke soos

Afrikaans en Nederlands, Afrikaanse Taalverwerwing, Algemene Taalwetenskap, Antieke

Kulture, Chinees, Duits, English Studies, Applied English Language Studies, Filosofie,

Frans, Sielkunde, Sportwetenskap, Teaterwetenskap, Xhosa, Basiese Xhosa).

Die tweede baan het te doen met die mens en die samelewing (met vakke soos Geografie

en Omgewingstudie, Sportwetenskap, Sosio-Informatika, Filosofie, Geskiedenis, Visuele

Studies, Musiekkultuur, Politieke Wetenskap, Sielkunde en Sosiologie).

Die metadissiplines waaruit jy kan kies is Dimensies van Historiese Verstaan en

Wetenskaplike Taalondersoek as Speurwerk.

BA in Sosiale Dinamika

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

Indien jy Sosio-Informatika as universiteitsvak wil neem, dan ook:

• Wiskunde 4 of Wiskundige Geletterdheid 6

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT

Indien jy Ekonomie as universiteitsvak wil neem, dan ook:

• Wiskunde 5

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT

Hierdie program lei jou op vir werk in die sosiale sektors van die arbeidsmark. Jy sal leer

hoe die sosio-ekonomiese, maatskaplike en politieke aspekte van die veranderende wêreld

ontleed, geïnterpreteer, begryp, verduidelik en beïnvloed kan word. Met hierdie kennis

word jou mededingendheid as potensiële toetreder tot die arbeidsmark verhoog omdat jy

leer om jouself in die veranderende omgewing te handhaaf, die ingewikkelde prosesse

van die dinamiese sosiale wêreld te begryp en die volhoubaarheid daarvan te verhoog.
Programinhoud

Die sosiale wetenskappe waaruit jy jou twee hoofvakke kies is Ekonomie, Geografie

en Omgewingstudie, Geskiedenis, Politieke Wetenskap, Sielkunde, Sosiologie en

Sosiale Antropologie. Die ander drie eerstejaars- en twee tweedejaarsvakke kies jy

uit ’n verskeidenheid tale in, asook Antieke Kulture, Sosio-Informatika, Openbare en

Ontwikkelingsbestuur, en Filosofie.

Hierdie vakke bied jou ’n volle spektrum van die veelvoudige dimensies van sosiale

dinamika. Hierdie dimensies sluit onder andere temas in soos samelewingstrukture, idees

oor sosiale verandering, prosesse van verandering, die identiteit en diversiteit van mense,

openbare beleid, kommunikasie en inligting.

BA in Taal en Kultuur

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

Hierdie driejarige program behels onderrig in ’n verskeidenheid moderne en antieke tale

en in die kultuurkontekste waarin hulle aangetref word. Dit rus jou toe met kennis en

vaardighede vir loopbane in die taal- en kultuurprofessies, die media, die diplomatieke

diens, die onderwys, die uitgewersberoep, die toerisme en die vertalingsbedryf.

Programinhoud

Taalvakke wat jy kan volg, is Afrikaans en Nederlands, Afrikaanse Taalverwerwing,

Afrikatale, Algemene Taalwetenskap, Basiese Xhosa, Bybelse Hebreeus, Chinees, Duits,

Engels, Frans, Grieks, Latyn, Applied English Studies en Xhosa. Benewens tale sluit

die program ook kultuurverwante vakke soos Antieke Kulture, Filosofie, Geskiedenis,

Visuele Studies, Sielkunde en Teaterwetenskap in. ’n Mens kan óf twee tale, óf ’n taal

en ’n kultuurvak as hoofvakke neem. Alle vakke, met uitsondering van Afrikaanse

Taalverwerwing en Basiese Xhosa, kan as hoofvakke gevolg word as dit nie met ander

vakke in jou rooster bots nie.

GESPESIALISEERDE PROGRAMME

BA in Drama- en Teaterstudie

K e u r i n g

• Aansoeke sluit 15 Augustus 2012

• ’n Beperkte aantal kandidate word gekeur

• Keuringsvereistes en opdrag soggens beskikbaar by 021 808 2508

• Kandidate moet einde September 2012 beskikbaar wees vir oudisies en/of onderhoude

• Alle oudisies en onderhoude word by die Dramadepartement in Stellenbosch afgelê

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 4

Hierdie driejarige program lei skeppende, uitvoerende en tegniese personeel op vir die

Suid-Afrikaanse teater- en mediabedryf, asook verwante terreine.

Die program leer jou vaardighede soos teksanalise, spraak, beweging, toneelspel,

stel- en kostuumontwerp en -konstruksie, beligting, klank en verhoogbestuur, en die

beginsels van teaternavorsing, basiese bemarking en besigheidsvaardighede. Die program

konsentreer hoofsaaklik op die verhoogdrama, maar behandel ook aspekte van film, radio,

televisie en nie-hoofstroomaktiwiteite soos kabaret, fisieke teater, gemeenskapteater en

poppeteater.

Beroepsmoontlikhede met hierdie kwalifikasie is die teater- en mediabedryf en verwante

terreine bv. die skakel- en bemarkingswese, onderwys, joernalistiek en kultuursake.

Programinhoud

Daar is twee spesialiseringsterreine.

Spel- en spelverwante opleiding

Toneelspel, beweging, stemwerk en spraak, toneelskryf, musikale teater en kabaret,

poppespel, fisieke teater, interaktiewe teater en/of elektroniese media.

Tegniese en bestuursopleiding

Verhoog- en produksiebestuur, stel, rekwisiete, kostuum, beligting, klank, ontwerp,

bemarking en elektroniese media.

Die hoofvakke is Teaterwetenskap, Teatervaardighede en Teaterkuns.

Inligtingsvaardighede is verpligtend. In jou eerste jaar kies jy twee byvakke uit

Afrikaanse Taalverwerwing, Afrikaans en Nederlands, Antieke Kulture, Duits, English

Studies, Frans, Visuele Studies, Praktiese Musiekstudie, Xhosa (basies of gevorderd),

Geskiedenis of Sielkunde. In die tweede jaar kan jy met een van die tale, Geskiedenis of

Sielkunde voortgaan of jy kan Teaterpraktyk neem.

BA in Internasionale Studie

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Engels Huistaal 4 of Engels Eerste Addisionele Taal 5

Die program se doel is om jou binne drie jaar ’n breë insig te gee tot die kompleksiteit

van politieke, kulturele en ekonomiese interaksie oor nasionale grense, om jou sensitief te

maak vir die rol wat identiteitsvraagstukke in die wêreld speel en om jou voor te berei om

’n ingeligte en kritiese wêreldburger te word.

Hierdie opleiding skep vir jou verskeie moontlike werkgeleenthede soos die

diplomatieke diens; die internasionale kantore van die Departemente van Arbeid, Handel

en Nywerheid, en Verdediging; die Internasionale Afdeling van die Parlement; die

35
36

Nasionale Intelligensieagentskap; die toerismebedryf; internasionale telekommunikasie;

internasionale joernalistiek; internasionale navorsingsinstansies; openbare skakelwerk;

regionale en landwye instansies wat handel en investering bevorder (bv. WESGRO);

die hoofkantore en streekkantore van internasionale organisasies soos die VN, die

Wêreldhandelsorganisasie, Amnesty International, die World Economic Forum;

internasionale hulporganisasies soos Save the Children en OXFAM; multinasionale

ondernemings; en die uitvoer- en invoerbedryf.

Eerste jaar: English Studies; Frans of Duits of Chinees; Geskiedenis; Politieke

Wetenskap; Besluitneming en Waardestudie en Inligtingsvaardighede.

Tweede jaar: Besluitneming en Waardestudie; Ekonomie; Frans of Duits of Chinees;

Geskiedenis; Sosiologie en Politieke Wetenskap.

Derde jaar: Besluitneming en Waardestudie, Geskiedenis, Politieke Wetenskap,

Sosiologie en twee metamodules of Duits/Frans of Sosiale Antropologie.

B in Maatskaplike Werk

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

Hierdie vierjarige program rus jou toe met die nodige kennis, vaardighede en begrip

om probleme wat in die wisselwerking tussen mense en hulle omgewing ontstaan, met

’n positiewe houding te benader en om die betrokkenes te bemagtig om hulle probleme

selfstandig te hanteer. Die kwalifikasie lei tot ’n verskeidenheid beroepsmoontlikhede in

staatsdepartemente op nasionale, provinsiale en plaaslike owerheidsvlakke, asook vrywillige

welsynsorganisasies en nieregeringsorganisasies wat maatskaplike werkers in diens neem.

Eerste jaar: Inligtingsvaardighede, Maatskaplikewerkteorie en Praktykonderrig, Sielkunde

en Sosiologie. Hierby kies jy een van die volgende vakke: Afrikaans en Nederlands, Basiese

Xhosa, English Studies, Xhosa, Filosofie of Openbare en Ontwikkelingsbestuur.

Tweede en derde jaar: Maatskaplikewerkteorie en Praktykonderrig, Sielkunde en Sosiologie.

Vierde jaar: Maatskaplikewerkteorie en Praktykonderrig.

BA in Menslike Hulpbronbestuur

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

• Wiskunde 5

Hierdie driejarige program berei jou voor op ’n loopbaan in die bestuur van menslike

hulpbronne in organisasies, iets waaraan daar tans ’n besondere behoefte in Suid-Afrika

is. Jy sal leer om mense se gedrag, veral in beroepsverband, te verstaan; om mense se

werks- en lewensomstandighede te verbeter; om die Suid-Afrikaanse werkomgewing te

verstaan en loopbaangeleenthede te identifiseer; om maatskaplike probleme te identifiseer;

om duidelik en sinvol met mense te kommunikeer; om menslike hulpbronbeplanning,

werwing en keuring professioneel te doen en om arbeidsverhoudingsprobleme te hanteer.

(Hierdie program lei nie tot registrasie as bedryfsielkundige nie – daarvoor moet jy

Bedryfsielkunde én Sielkunde as hoofvakke aanbied, of die BComm (Psig) studeer.)

Programinhoud

Die program se inhoud word hersien en was nog nie afgehandel toe die prospektus gedruk

moes word nie. Vir die hersiene inhoud, kyk die Departement Bedryfsielkunde se webwerf:

academic.sun.ac.za/industrial_psychology/2005/index_a.htm

B in Musiek (BMus)

K e u r i n g

• Aansoeke sluit 30 Augustus

• Keuring op grond van ’n oudisie en teoretiese toets by die Departement Musiek in die jaar

voor studie, waartydens kandidate bewys van die ondergenoemde standaarde in klassieke

musiek moet lewer

• Inligting beskikbaar by mroux@sun.ac.za

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

• In die hoofinstrument (of sang) minstens ’n praktiese standaard in klassieke musiek

gelykstaande aan die Graad VII-eksamen en teoretiese kennis gelykstaande aan enige

van die musiekeksamineringsliggame se Graad V-eksamen

Indien jy Wiskunde as universiteitsvak wil neem, dan ook:

• Wiskunde 5

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT

Hierdie vierjarige program bied jou akademiese en uitvoerende musiekopleiding.

Praktiese onderrig word aangebied in klavier en alle moderne orkesinstrumente, asook

sang, orrel, blokfluit, klavesimbel, kitaar en koordirigering. Daar is ruim geleentheid

vir groepmusiek-beoefening, bv. die US Simfonieorkes, die Collegium Musicum, die

Stellenbosch Simfoniese Blasers, Konsubrass, kore en talle kleiner ensemblegroepe.

Buiten die Algemene BMus-opsie, bied die program ook verskillende spesialisasiemoontlikhede.

In die eerste twee jaar neem almal dieselfde basisvakke (behalwe vir die

praktiese hoofvak wat jy kies), maar vanaf jou derde jaar kan jy deur keusemodules een van

vyf spesialisasie-opsies volg (elk met ’n spesifieke fokus op ’n wesenlike aspek van musiek):

uitvoerende kuns, musiekwetenskap, musiekopvoeding, musiektegnologie en komposisie.

As jy meer akademiese ondersteuning nodig het, neem jy na gelang van jou

geïdentifiseerde behoeftes, onder andere bykomende modules soos Musiekvaardighede en

Praktiese Musiekstudie: Voorbereidend, of jy kan selfs die Departement Musiek se Hoër

Sertifikaat as ʼn volledige voorbereidende jaar vir ’n her-oudisie doen.

Die onderskeie rigtings berei jou voor op ’n verskeidenheid beroepe soos

musiekopvoedkundige (dosent of onderwyser), uitvoerende kunstenaar (solis, orkesspeler,
sanger, koordirigent of begeleier), musiekregisseur, musiekwetenskaplike, komponis,

musiektegnoloog, musiekjoernalis of musiekverwerker.

BA in Musiek (Bane: Algemeen en Musiektegnologie)

K e u r i n g

• Aansoeke sluit 30 Augustus

• Keuring op grond van ’n oudisie en teoretiese toets by die Departement Musiek in die jaar voor

studie, waartydens kandidate bewys van die ondergenoemde standaarde in klassieke musiek

moet lewer

• Inligting beskikbaar by mroux@sun.ac.za

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

• In die hoofinstrument (of sang) minstens ’n praktiese standaard in klassieke musiek

gelykstaande aan die Graad VII-eksamen en teoretiese kennis gelykstaande aan enige

van die musiekeksamineringsliggame se Graad V-eksamen

Indien jy Wiskunde as universiteitsvak wil neem, dan ook:

• Wiskunde 6

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT

Vir die baan Musiektegnologie, ook:

• Wiskunde 4

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT

Hierdie driejarige program bied jou ’n keuse tussen twee bane: (1) ’n algemene baan

wat akademiese en uitvoerende musiekopleiding dek en (2) ’n musiektegnologiebaan

wat jou leer om rekenaars en elektroniese apparaat in te span om musiek te verwerk of te

komponeer, en om interaktiewe multimediastelsels te ontwerp.

Algemene baan

Akademiese en uitvoerende musiekopleiding behels praktiese onderrig in klavier en alle

moderne orkesinstrumente, asook sang, orrel, blokfluit, klavesimbel, kitaar en koordirigering.

Daar is ruim geleentheid vir groepmusiek-beoefening, byvoorbeeld in die US Simfonieorkes,

die Collegium Musicum, die Stellenbosch Simfoniese Blasers, Konsubrass, kore en talle

kleiner ensemblegroepe. Benewens musiekvakke kies ’n mens twee ander vakke waarvan een

’n hoofvak tot die derde jaar is, uit Afrikaans en Nederlands, Duits, English Studies, Applied

English Language Studies, Frans, Sielkunde, Wiskunde en Xhosa.

Met hierdie kwalifikasie kan jy ’n privaat musiekonderwyser, uitvoerende kunstenaar, begeleier

of koordirigent word. Verdere studie kan jou toegang gee tot musiekverwante beroepe soos

musiekjoernalis (BPhil in Joernalistiek), musiekterapeut (Sielkunde) of hoërskoolonderwyser

(Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) – kyk onder die Fakulteit Opvoedkunde op bladsy 50).

Nagraadse studie in jou gekose hoofvak ontsluit ook ander beroepsmoontlikhede.

Musiektegnologiebaan

Is jy lief vir musiek? Sal jy daarvan hou om rekenaars en elektroniese apparaat in te span om

musiek te verwerk of te komponeer? Hierdie baan wat ons in samewerking met die Fakulteit

Ingenieurswese aanbied, leer jou die teoretiese en praktiese vaardighede om met programmatuur

soos ProTools (kyk by www.digidesign.com) en Csound (kyk by www.csounds.com) te

eksperimenteer in ’n breë spektrum musiekstyle – van populêr tot avant-garde. Jy leer ook

om interaktiewe multimediastelsels te ontwerp en te ontwikkel vir musiekopvoering, teater,

opvoedkundige vermaak, museumuitstallings of kunsuitstallings (kyk by www.eyesweb.org). Ons

klankateljees en lokale is goed toegerus. Kyk gerus ons webwerf by academic.sun.ac.za/musteg/

onder “Facilities” en “Studios”.

Die BA in Musiek rus jou toe met die teoretiese basis en praktiese vaardighede vir spesialisering

op nagraadse vlak. Jy word ook voorberei vir loopbane waarin ’n kombinasie van musikale én

tegniese vaardighede hoog aangeslaan word. Moontlike loopbane is dié van uitvoerende musikus,

komponis en verwerker, musiektegnoloog, klanktegnikus en entrepreneur in omgewings waar

multimediastelsels interaktief gebruik word. Jy kan ook onderwys gee in vakke soos Wiskunde,

Musiek of Xhosa, afhangende van jou newe-instrument en jou keusemodules, nadat jy die vereiste

professionele kwalifikasie NOS (Nagraadse Onderwyssertifikaat) verwerf het. (Lees meer oor die

NOS onder die Fakulteit Opvoedkunde op bladsy 50.)

Diploma in Praktiese Musiek

K e u r i n g

• Aansoeke sluit 30 Augustus

• Keuring op grond van ʼn oudisie en teoretiese toets by die Departement Musiek in die jaar voor

studie, waartydens kandidate bewys van die ondergenoemde standaarde in klassieke musiek

moet lewer

• Inligting beskikbaar by mroux@sun.ac.za

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf nie die Nasionale Normtoetse nie

• ’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

• In die NSS minstens ’n 3 in elk van 4 skoolvakke uit die lys van universiteitstoelatingsvakke

(kyk bladsy 3)

• In die hoofinstrument (of sang) minstens ’n praktiese standaard in klassieke musiek

gelykstaande aan die Graad VII-eksamen en teoretiese kennis gelykstaande aan enige

van die musiekeksamineringsliggame se Graad III/IV-eksamen

Hierdie driejarige program bied jou gespesialiseerde uitvoerende musiekopleiding met ’n

akademiese onderbou wat jou toerus om jou hoofinstrument te onderrig. Praktiese onderrig

word aangebied in klavier en alle moderne orkesinstrumente, asook in sang, orrel, blokfluit,

klavesimbel, kitaar en koordirigering. Daar is ruim geleentheid vir groepmusiek-beoefening,

bv. die US Simfonieorkes, die Collegium Musicum, die Stellenbosch Simfoniese Blasers,

Konsubrass, kore en talle kleiner ensemblegroepe.

Hoër Sertifikaat in Musiek

K e u r i n g

• Aansoeke sluit 30 Augustus

• Keuring op grond van ’n oudisie en teoretiese toets by die Departement Musiek in die jaar voor

studie, waartydens kandidate bewys van die ondergenoemde standaarde in klassieke musiek

moet lewer

37
38

• Inligting beskikbaar by mroux@sun.ac.za

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf nie die Nasionale Normtoetse nie

• ’n Nasionale Senior Sertifikaat

• In die hoofinstrument (of sang) minstens ’n praktiese standaard in klassieke musiek

gelykstaande aan die Graad V/VI-eksamen en teoretiese kennis gelykstaande aan

enige van die musiekeksamineringsliggame se Graad III/IV-eksamen

Hierdie eenjarige program rus jou toe om ’n bydrae te maak tot musiekprojekte in die

gemeenskap. Dit is ook goeie voorbereiding vir die Diploma in Praktiese Musiek of vir een

van ons musiekgraadprogramme, mits jy aan die toelatingsvereistes voldoen.

BA in Ontwikkeling en Omgewing

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

Indien jy Ekonomie as universiteitsvak neem, dan ook:

• Wiskunde 5

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT

Indien jy Sosio-Informatika as universiteitsvak neem, dan ook:

• Wiskunde 4 of Wiskundige Geletterdheid 6

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT

Die driejarige program leer jou hoe gemeenskappe werk, die prosesse van ontwikkeling

en die natuurlike omgewing. Dit lei jou tot begrip van die wisselwerking tussen

gemeenskappe, sosio-ekonomiese ontwikkelingsprosesse en die natuurlike omgewing, en

die gevolge daarvan.

Die program kweek basiese en bestuursvaardighede vir ondernemers en ook

vir beroepe soos bestuurders, beplanners en administrateurs in die openbare en

privaat sektors en in nasionale en plaaslike owerhede. Loopbane is moontlik in

beroepsvelde soos gemeenskapsontwikkeling, bevolkingsontwikkeling, stads- en

streekbeplanning, toerismebeplanning en -bestuur, hulpbronbeplanning en -bestuur, en

omgewingsbeplanning en -bestuur.

Programinhoud

Dit is ’n ware interfakultêre program wat jou toegang bied tot drie nagraadse rigtings. Jy

volg van jou eerste tot derde jaar drie verpligte hoofvakke: Geografie en Omgewingstudie,

en Sosiologie uit die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe en Openbare en

Ontwikkelingsbestuur uit die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Ekonomie

is slegs op een van die eerste twee jaarvlakke ’n verpligte vak en in jou tweede jaar kan

jy die spesiale Ekonomie-module vir sosiaal-wetenskaplikes, waarvoor Wiskunde nie

’n voorvereiste is nie, neem. In jou eerste en tweede jaar moet jy een verdere vak kies

uit Geskiedenis, Filosofie, Sosio-Informatika of taalvaardigheidskursusse (Afrikaans en

Nederlands, of English Studies, of Xhosa).

BA in Politieke, Filosofiese en Ekonomiese Studie (PPE)

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

• Wiskunde 5

Die kombinasie van politieke, filosofiese en ekonomiese studie (PPE) is ’n gesogte

studieprogram aan die wêreld se voorste universiteite (Oxford en Cambridge het dit

beroemd gemaak) en word vanaf 1999 vir die eerste keer in Suid-Afrika deur die

Universiteit Stellenbosch aangebied.

Hierdie driejarige program ontwikkel jou vaardighede in kritiese en kreatiewe denke

en rus jou toe met kennis van die filosofie en van politieke en ekonomiese stelsels. Jy

leer ook meer oor interpretasie, sosiale navorsing, ekonomiese verskynsels en tendense,

politieke en ekonomiese beleidsanalise en hoe om omstrede moreel-etiese kwessies te

beoordeel.

Die program fokus op die Suid-Afrikaanse werklikheid en is veral gemik op mense wat

wil werk as bestuurders, joernaliste, sakelui, diplomate, staatsamptenare of akademici.

Verder bied die PPE-kwalifikasie veral in die privaat sektor ’n groot verskeidenheid

werkgeleenthede.

Die program neem die vorm aan van ’n verrykte BA-graad waarin jy al drie jaar

Filosofie, Politieke Wetenskap en Ekonomie, asook bykomende vakke in jou eerste en

tweede jaar volg.

Eerste jaar: Filosofie, Ekonomie, Politieke Wetenskap en Inligtingsvaardighede. Kies

twee uit Afrikaans, Engels, Afrikatale, Xhosa, Duits, Frans, Ondernemingsbestuur,

Openbare en Ontwikkelingsbestuur, Sosiologie of Geskiedenis.

Tweede jaar: Filosofie, Ekonomie, Politieke Wetenskap en een van die twee vakke wat jy

in die eerste jaar gekies het.

Derde jaar: Filosofie, Ekonomie en Politieke Wetenskap.

BA in Regsgeleerdheid

K e u r i n g

• Aansoeke sluit 30 Junie

• Skryf die Nasionale Normtoetse voor Junie

• ’n Beperkte aantal kandidate word gekeur

• Kyk ook “Algemene toelatingsinligting” onder die Fakulteit Regsgeleerdheid op bladsy 52

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Huistaal 5

• Eerste Addisionele Taal 3

Indien jy Ekonomie as vak wil neem, dan ook:

• Wiskunde 5

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT
Die BA (Regsgeleerdheid)-graad alleen stel jou nie in staat om as prokureur of advokaat

te praktiseer nie – dáárvoor moet jy ook die LLB-graad verwerf. Die driejarige BA

(Regsgeleerdheid) bied egter ’n tweeledige voordeel. Dit verryk jou insig in menslike

gedrag en sosiale kwessies en dit bied ook ’n uitstekende basis vir ’n meer gevorderde

studie in die regte. Juis daarom ontvang jy met ’n BA (Regsgeleerdheid) vrystelling van die

eerste twee jaar van die vierjarige LLB-program. Indien jy ’n regspraktisyn wil word, kan jy

dán by die LLB-program se laaste twee jaar inskakel en aan die einde van jou vyfde jaar as

student ’n LLB as tweede baccalaureusgraad verwerf.

Die BA (Regsgeleerdheid) is so saamgestel dat jy in al drie studiejare regsmodules neem.

Eerste jaar: Inheemse Reg, Inleiding tot die Reg, Privaatreg en Skryfvaardighede. Buiten

hierdie verpligte regsmodules kies jy ’n aantal nie-regsmodules – minstens een daarvan ’n

taal en twee uit, onder andere, Ekonomie, Filosofie, Politieke Wetenskap, Sielkunde of nog

’n taal. Jy neem ook Inligtingsvaardighede.

Tweede jaar: Privaatreg, Romeinse Reg en Strafreg. Jy sit twee van jou nie-regsmodules

voort.

Derde jaar: Staatsreg, Uitleg van Wette, Strafprosesreg, Siviele Prosesreg en een en ’n

halwe nie-regsmodules.

Programme met Sielkunde

Min onderwerpe in die lewe is meer fassinerend as die mens self. Sielkunde is dié studie

van menslike gedrag. Om as sielkundige by die Beroepsraad vir Sielkunde te kan registreer,

moet jy ’n voorgraadse kwalifikasie met Sielkunde as hoofvak hê en dit opvolg met ’n

Honneurs- en Magisterprogram in die Sielkunde.

Die volgende programme bied Sielkunde as hoofvak aan:

BA in Geesteswetenskappe

B in Maatskaplike Werk

BA in Musiek (Algemeen)

BA in Sosiale Dinamika

BA in Sportwetenskap

BSc in Menslike Lewenswetenskappe (kyk Fakulteit Natuurwetenskappe)

BA in Sosio-Informatika

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

• Wiskunde 5

Inligtingstelsels het ’n onbetwisbare deel van ons wêreld geword en speel ’n noodsaaklike

rol in moderne organisasies. In hierdie vinnig veranderende wêreld het ons ’n behoefde

om die ontploffing van informasie te verstaan en te bemeester in die turbulente wêreld

waarin ons onsself bevind.

Hierdie program fokus nie net op ’n grondige verstaan van tegnologie nie, maar voeg ook ’n

dieper verstaan van sosiale en organisatoriese dinamika en kennisstelsels daarby.

Die program BA in Sosio-Informatika is uniek in die Suid-Afrikaanse konteks

aangesien dit harde, tegniese vakke kombineer met vakke uit die sosiale wetenskappe.

Hierdie gebalanseerde benadering inkorporeer elemente wat strek van modellering,

databasisontwerp en programmering tot sosiale teorie, menslike kognisie, politiek en

leierskap.

Deur informatika in sy geheel te beskou, bemagtig hierdie program studente om die regte-wêreld-

implikasies van die vakmateriaal te verstaan, eerder as ’n blote akademiese studie.

Hierdie program is nie ontwikkel om jou vir net een spesifieke rol op te lei nie (die

realiteit is dat jy waarskynlik talle in jou leeftyd sal vul!). Inteendeel, dit stel jou bloot aan

die wêreld van werk in die Kennisekonomie.

Programinhoud

Verpligte vakke is Sosio-Informatika en sekere modules uit Besluitneming- en

Waardestudie. Keusevakke kom uit ’n verskeidenheid rigtings in die fakulteite Lettere en

Sosiale Wetenskappe, en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Hierdie sluit in Ekonomie,

tale, Filosofie, Politieke Wetenskap, Sielkunde, Statistiek, Geo-omgewingswetenskap en

Openbare- en Ontwikkelingsbestuur. Raadpleeg gerus die brosjure op ons webblad www.

informatics.sun.ac.za vir besonderhede.

BA in Sportwetenskap

K e u r i n g

• Aansoeke sluit 30 Junie

• 80 studente word gekeur

• Voorlopige keuring op grond van jou graad 11-eindeksamen se gemiddelde as jy nog nie

matriek geskryf het nie

• Vul die Departement Sportwetenskap se keuringsvraelys en mediesegeskiedenis-vorm in

(beskikbaar by www.maties.com of by tel. 021 808 4818) en lewer saam met jou aansoek om

toelating in

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

• Wiskunde 3 of Wiskundige Geletterdheid 6 (slegs tot 2013-inname)

• Fisiese Wetenskappe 3 of Lewenswetenskappe 4

• Bywoning van en deelname aan sportpraktika is verpligtend

Hierdie program bestudeer die ‘mens in beweging’ vanuit ’n fisiologiese,

biomeganiese, sielkundige, filosofiese, sosiologiese en ekonomiese perspektief. Die

sportwetenskapgedeelte van die program het ’n teoretiese en praktiese komponent.

Die praktiese komponent gee ’n mens ’n wye bewegingservaring en ontwikkel jou

afrigtingsvaardighede. Dit sluit byvoorbeeld swem, atletiek, hokkie, netbal, rugby, krieket,

sokker, tennis, gimnastiek, dans en fiksheid- en rekreasie-aktiwiteite in. Die teoretiese

komponent bestaan uit modules soos Biomeganika, Motoriese Leer, Sportbeserings,

Sportfisiologie, Sportsielkunde, Piekprestasiesport en Aangepaste Bewegingsaktiwiteite.

Die program bied vanaf die eerste jaar vier opsies: (1) Sportwetenskap met Geo-

39
40

omgewingswetenskap, (2) Sportwetenskap met Sielkunde, (3) Sportwetenskap met English

Studies en (4) Sportwetenskap met Afrikaans en Nederlands.

As ’n mens hierdie graad verwerf het, kan jy jouself verder kwalifiseer as

onderwyser (opsies 1, 3 en 4) of jy kan werk as sportafrigter, kondisioneringsafrigter,

fiksheidsinstrukteur, sportorganiseerder, sportnavorser of in verwante beroepe wat

byvoorbeeld te doen het met programme in aangepaste bewegingsaktiwiteite. Jy kan ook

gekeur word vir nagraadse studie in Biokinetika, Sportwetenskap of Kinderkinetika.

BA in Visuele Kunste

K e u r i n g

• Aansoeke sluit 30 September

• Keuring op grond van ’n voorgeskrewe portefeulje (bel 021 808 2508 soggens vir inligting)

• Lewer jou portefeulje in teen 30 September

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Huistaal 4

• Eerste Addisionele Taal 3

Hierdie vierjarige program bied ’n dinamiese en progressiewe, professionele opleiding met ’n keuse

uit vier strome: skone kunste, visuele kommunikasie-ontwerp, juweliersware- en metaalontwerp

of kunsonderwys. ’n Groot verskeidenheid keuses binne die breë raamwerk van die visuele kunste

vorm deel van die programaanbod, soos byvoorbeeld teken, grafiese ontwerp, illustrasie, boekkuns,

skilder, beeldhou, fotografie, drukkuns, nuwe media (digitale beeldvorming en multimedia),

juwelierswareontwerp en metaaltegniek.

Vanaf jou eerste jaar spesialiseer jy in die stroom waarvoor jy gekeur is. ’n Verskeidenheid

addisionele voorgraadse vakke vorm deel van die program. ’n Opwindende vierjarige

visuelestudiekursus met ’n sterk fokus op kontemporêre visuele kultuur is ook ingesluit.

Die program berei jou voor vir beroepe soos professionele kunstenaar, grafiese ontwerper,

illustreerder, juweliersware-ontwerper, kunskritikus, kunsakademikus of kunsopvoeder. Ander

verwante beroepe is verhoogontwerper, boekontwerper, museumbeampte, kunshandelaar,

kunsbestuurder op verskillende terreine (bv. kunsgalerye, publieke en korporatiewe versamelings,

en streek- en nasionale kunsrade), kunsentrepreneur, gemmoloog en tegniese kunsproduksiewerker.

Die program rus jou ook toe met vaardighede wat betrekking het op filmproduksie, kunsdireksie,

fotografie, multimedia, die massaproduksie van juweliersware en kliëntrekeningbestuur in die

advertensiewese.

BA in Waarde- en Beleidstudie

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60%

• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 5

• Wiskunde 5 of 6 (afhangende van jou modulekeuse)

Hierdie denkleierskapprogram is nie ’n bloot teoretiese en filosofiese program nie. Dit is

ontwerp vir selfgemotiveerde mense wat leiding wil neem deur helder, toekomsgerigte

denke en wat wil leer om sulke denke toe te pas binne die werklikheid van hedendaagse

organisasies. Denke op sigself lewer nie waarde nie. Denke moet oorgaan in aksies en

daarom lei hierdie program studente om die vaardighede te ontwikkel om gevorderde

analises, konstruktiewe beplanning en strategiese ontwerp te kan toepas.

Die program het ’n unieke tweedimensionele aanslag. Eerstens stel dit studente

bekend aan die vaardighede wat hulle nodig het vir organisatoriese besluitneming soos

visualisering, scenario-bou, besluitneminganalise en kennisbestuur. Tweedens pas dit ’n

‘waardes’-perspektief toe op organisering, ekonomisering, besluitskepping en denke binne

organisasies en in die samelewing.

Baie leiers in die bedryfswese en samelewing begin met spesialisasie in ’n spesifieke area,

maar vind dan, namate hulle in bestuurs- en leierskapposisies vorder, dat hulle die menslike

en sosiale insigte wat filosofie en die sosiale wetenskappe bied, kortkom. Aan die ander kant

vind studente wat begin in die sosiale wetenskappe en wat in bestuursfunksies wil werk

dikwels dat hulle ’n moeisame pad moet loop om deur die bedryf aanvaar te word en word

dikwels gesien as mense wat nie soveel presisie in hul denke en praktiese vermoëns het nie.

Studente in die Waarde- en Beleidstudieprogram het egter die voordeel dat hul hoofvakke

uit filosofie of een van drie ander vakke uit die sosiale wetenskappe mag neem en een van

vyf ekonomiese en bestuurswetenskapvakke. Waarde- en beleidstudie bied dus ʼn breë en

soliede wegspringpunt vir loopbane in bestuur, met die mikpunt as leierskap in organisasies.

Meer inligting by: www.informatics.sun.ac.za/bws

Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel.: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

Webwerf: www.sun.ac.za/lettere
F A K U L T E I T 41

Natuurwetenskappe
42

program gids

proGramme iN BioLoGiese

WeTeNsKappe

BSc in Biodiversiteit en Ekologie*

BSc in Menslike Lewenswetenskappe*

BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie*

BSc in Sportwetenskap*

proGramme iN fisiese WeTeNsKappe

BSc in Chemie*

BSc in Fisika*

BSc in Aardwetenskap*

BSc in Geoinformatika*

proGramme iN WisKUNDiGe

WeTeNsKappe

BSc in Wiskundige Wetenskappe*

* Hierdie programme word ook as verlengde

graadprogramme (VGP’s) aangebied. Kyk bladsy 7.

Die Fakulteit het besonder hoë vakkundigheid ontwikkel deur, onder andere, ’n sterk groei in sy navorsingsaktiwiteite. Daar word nou probeer om navorsing en onderrig nader aan

mekaar te bring en om studente op die hoogte te hou van die jongste ontwikkelings in hulle gekose rigtings.

Die onderrigprogramme vir die BSc-graad word verdeel in biologiese, fisiese en wiskundige

wetenskappe. In hierdie breë rigtings bestaan daar verdere verdelings in programme met

meer spesifieke fokus en vir sommige van die programme kan ’n mens tussen vakke kies

om die programinhoud saam te stel. Hierdie variasies staan bekend as strome binne ’n

program of as fokusse. Voorbeelde hiervan is die stroom tekstiel-en polimeerwetenskap of

die stroom chemiese biologie wat deel van die graadprogram BSc in Chemie vorm.

Die eerste jaar van ’n BSc-program word gewy aan die bou van ’n basiese platform

van kundigheid en vaardigheid in een van die breë rigtings. Vir studente wat agterstande

op skool ondervind het, bestaan die moontlikheid om ’n ekstra jaar aan die begin van ’n

program te doen waarin voorbereidende modules aangebied word. Nadat die basis so gelê

is, begin die student in die tweede jaar met sy of haar program.

Benewens vakspesifieke kundigheid wat studente bekom, word daar in die opleiding ook

gelet op algemene uitkomste. Hier word in die besonder verwys na rekenaarvaardigheid en

wetenskapkommunikasievaardigheid wat deur alle studente verkry word.

Waar enigsins moontlik, word studente aangemoedig om hulle BSc-studie op te volg met

’n honneursgraad, wat hulle in staat stel om erkenning as professionele wetenskaplikes te

bekom en ook hulle beroepsgeleenthede verbeter.

Studente wat na voltooiing van hul BSc-graad as hoërskoolonderwysers wil kwalifiseer,

kan die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde volg. ’n Mens

moet jou graadprogram se vakke egter so kies dat jy twee vakke op skool kan aanbied. Kyk

“Nagraadse Onderwyssertifikaat” op bladsy 48.

Vir alle studente het die Fakulteit ’n tweeledige doel, naamlik om hulle in staat te stel om

’n goeie wetenskapsbasis in hulle gekose rigting te bemeester en om van hulle nuttige en

gesogte werknemers te maak. Uiteindelik moet die leiers en werkskeppers van môre uit die

studente van vandag kom.

algemene Toelatingsinligting

Vir studente wat vanaf 2013 by die Universiteit kom studeer, geld ’n nuwe toelatingsbeleid. Hier volg

’n samevatting daarvan. Lees meer daaroor op die Fakulteit se webwerf by www.sun.ac.za/science.

• Die sluitingsdatum vir alle aansoeke is 30 Junie van die jaar wat studie voorafgaan.

• Al ons studieprogramme is onderworpe aan keuring op grond van vasgestelde minimum

vereistes en die hoeveelheid studente wat per program geakkommodeer kan word.

Keuring

• Om as voornemende student in ons Fakulteit oorweeg te word, moet jy ’n keuringspunt (KP)

van minstens 65% behaal en ook aan die program van jou keuse se vereistes vir Wiskunde en

Fisiese Wetenskappe voldoen.

• Ons gebruik jou finale graad 11-punte om oor voorwaardelike keuring te besluit. (Voorwaardelike

keuring beteken dat jy gekeur word op die voorwaarde dat jou finale NSS-uitslae steeds

aan die bogenoemde vereistes voldoen. Eers dan kan ons jou finaal tot die Universiteit toelaat.)

As jy egter aansoek doen nadat jy reeds matriek geslaag het, word jou NSS-uitslae

gebruik om jou KP te bereken.

• Jou KP word soos volg bereken:

- Jou beste taalpunt, jou verdubbelde Wiskunde-punt, asook jou prestasie in vier

ander vakke (Lewensoriëntering uitgesluit) word saamgetel en deur 7 gedeel.

KP = (beste taalpunt + (Wiskunde x 2) + vak 1 + vak 2 + vak 3 + vak 4) / 7

- Indien Fisiese Wetenskappe een van jou program se vereistes is, moet dit een van

die vakke in die formule wees.

• Bloot omdat jy voldoen aan die minimum toelatingsvereistes van ’n program, beteken nie dat

jy gewaarborg is om voorwaardelik gekeur te word nie. Dit hang steeds af van hoeveel

aansoeke per program ontvang word en van hoeveel plekke beskikbaar is. Sorg dus dat jy hard

werk, veral as jy vir gewilde programme aansoek doen.

• Indien jy net-net nie aan die minimum vereistes voldoen nie, kan jy oorweeg word vir een van

die BSc Verlengde Graadprogramme. Kontak me Wilma Wagener by ww@sun.ac.za of

021 808 3063 vir meer inligting hieroor.

PROGRAMME IN BIOLOGIESE WETENSKAPPE

Die Fakulteit Natuurwetenskappe bied vier programme in biologiese wetenskappe aan.

Die leerplanne van die programme strek oor drie jaar, en jy kry ’n BSc-graad as jy hulle

suksesvol afhandel.

In die eerste jaar van al die programme neem alle studente modules in Chemie, Fisika,

Wiskunde, Biologie, Rekenaarvaardigheid en Wetenskapkommunikasievaardigheid. In

die Menslike Lewenswetenskappe-program se Biologie met Sielkunde-stroom neem

jy ook Sielkunde, terwyl jy in die Biologie-stroom Anatomie as ’n keusemodule het.

In die Sportwetenskapprogram neem jy Kinesiologie by wat modules in Anatomie en

Sportprakties insluit.
In jou tweede en derde jaar spesialiseer jy verder in jou gekose program, wat ook kan

lei tot nagraadse studie in byvoorbeeld Biochemie, Plantkunde, Dierkunde, Genetika,

Mikrobiologie, Fisiologiese Wetenskappe, Sportwetenskap of Biokinetika.

Hierdie programme reflekteer moderne tendense in die biologie en laat jou toe om binne

perke jou eie kurrikulum volgens jou belangstellings en behoeftes saam te stel.

Toelatingsvereistes

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

• Fisiese Wetenskappe 4

Indien jy Wiskunde en fisika as universiteitsvakke neem, dan ook:

• Wiskunde 6

Indien jy Wiskunde (Bio) en fisika (Bio) as universiteitsvakke neem, dan ook:

• Wiskunde 5

Vir BSc in Sportwetenskap:

• Vul ons keuringsvraelys en mediesegeskiedenis-vorm in en lewer hulle saam met die

Universiteit se amptelike aansoekvorm in (ons vorms is beskikbaar by www.maties.com of by

021 808 4723 of by moira@sun.ac.za)

BSc in Biodiversiteit en Ekologie

Hierdie program verskaf ’n breë opleiding oor die diversiteit, oorsprong en funksie

van organismes in verhouding tot hul omgewing. Dit bied ’n konseptuele oorsig oor

ekologie, evolusie, dier- en plantvorme en funksies, biologiese veranderinge op ’n globale

skaal (klimaatsverandering, indringerspesies, besoedeling en antropogeniese faktore)

en herstelmeganismes (toepassings). Die program verskaf ook toepaslike generiese

en wetenskaplike vaardighede, onder meer in gesproke en geskrewe kommunikasie,

numeriese en statistiese tegnieke, navorsingsmetodologie, probleemoplossing, die

evaluasie en sintetisering van wetenskaplike inligting, asook rekenaarvaardighede.

Met hierdie opleiding kan studente ’n groot verskeidenheid van loopbane oorweeg,

onder meer as bioloog, of ekoloog in die privaat, publieke of akademiese wêreld. Die

program lei ook tot nagraadse studie in plantkunde, dierkunde of genetika.

BSc in Menslike Lewenswetenskappe

Hierdie program vorm die basis van jou opleiding in ’n rigting met fisiologie as fokus en

waarin die klem op liggaamsfunksionering op verskillende vlakke val. Die program bied

twee strome waaruit jy een kies.

Biologie

Fisiologie in kombinasie met Biochemie en Genetika, waar jy leer van fisiologiese

sisteme en organe tot op molekulêre vlak, vorm die breë vakkundige basis van

hierdie stroom. Jy ontwikkel eksperimentele en algemene vaardighede wat lei tot

loopbaanmoontlikhede in eksperimentele en toegepaste fisiologiese dienste binne

die privaat, publieke en akademiese sektor. Hierdie stroom lei tot nagraadse studie in

Fisiologiese Wetenskappe, Biochemie, Genetika, Mikrobiologie en Anatomie.

Biologie met Sielkunde

In hierdie stroom, wat gebaseer is op Fisiologie in kombinasie met Sielkunde, bestudeer

jy die interaksie tussen die mens se psigiese en fisiologiese prosesse. Jy leer ook

vaardighede aan in laboratorium- en eksperimentele tegnieke, toetsing van fisiologiese

parameters en evaluering van sielkundige funksionering. Hierdie opleiding bied

loopbaanmoontlikhede in die privaat, akademiese en gemeenskapsektor. Nagraadse studie

in Fisiologiese Wetenskappe, Sielkunde, Genetika en Biochemie kan hierop volg.

BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie

Hierdie BSc-program vorm die basis vir ’n loopbaan as molekulêre selbioloog en

biotegnoloog in die privaat, openbare of akademiese sektor.

Mikrobioloë, biochemici, genetici en biotegnoloë is soos speurders wat ontrafel presies

hoe mikroskopiese klein selle, soos menslike selle of giste, bakterieë, fungi en virusse

werk. Hulle gebruik dan hierdie kennis om siektevrye gewasse, nuwe medisynes of toetse

vir siektes te ontwikkel, of te bepaal watter ensieme of bakterieë nuttig in die industrie of

die mynbousektor gebruik kan word.

Die program gee jou ’n breë, vakkundige agtergrond om die werking van enige lewende

organisme op molekulêre vlak te verstaan. Saam met hierdie teoretiese opleiding doen jy

baie laboratoriumwerk, wat jou eksperimentele en algemene vaardighede ontwikkel.

Jy kan die kernvakke Biochemie, Biologie, Genetika en Mikrobiologie aanvul met

vakke wat jou insig gee in hoe selle en organismes werk. Deur byvoorbeeld verder

Biotegnologie en Plantkunde as toegepaste keusemodules te neem, word jy toegerus om

as plantbiotegnoloog te werk.

Jy kan nagraads verder studeer in enige van die bogenoemde kern- of aanvullende

vakke.

BSc in Sportwetenskap

Die fokus van hierdie program is ‘die mens in beweging’. Dit word bestudeer vanuit

’n fisiologiese, biomeganiese, sielkundige, motoriese, filosofiese, sosiologiese en

ekonomiese perspektief.

Die program rus jou toe met die kennis en vaardighede om op bewegingsverwante

terreine te kan werk soos liggaamlike opvoeding in die onderwys, sportafrigting,

sporttegnologie, sportbestuur, sportfisiologie, die fiksheidindustrie, biokinetika en

sportnavorsing, en om persone met gestremdhede te help.

Die inhoud van die sportwetenskapgedeelte van die program sluit onder andere

modules uit die volgende vakgebiede in: toegepaste anatomie, biomeganika, motoriese

leer, sportsielkunde, sportetiek, sportbeserings, programontwikkeling, aangepaste

bewegingsprogramme, en die fiksheidsbedryf. Hierbenewens volg jy ook, onder andere,

Biochemie, Biologie en Fisiologie.

Die program duur drie jaar en jy kan kies tussen twee strome. Die eerste jaar is dieselfde

vir albei strome, maar vanaf die tweede jaar verskil die vakke van die twee strome. Elke

stroom lei tot verskillende nagraadse programme:

Opsie 1 lei tot die nagraadse program HonsBSc in Fisiologiese Wetenskappe.

Opsie 2 lei tot die nagraadse programme HonsBSc in Biokinetika, Sportwetenskap of

Fisiologiese Wetenskappe.

43
44

PROGRAMME IN FISIESE WETENSKAPPE

Hierdie breë rigting sluit programme in Chemie, Fisika en Aardwetenskap in. Sou jy jou

verder as hoërskoolonderwyser wou bekwaam, kan jy afhangende van jou vakkeuse na

voltooiing van jou BSc-graad ’n Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit

Opvoedkunde volg (kyk bladsy 50).

toelatingsvereistes

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk

bladsy 4)

• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

• Fisiese Wetenskappe 4

• Wiskunde 6

BSc en HonsBSc in Chemie

Die BSc-program bied jou drie strome om van te kies, naamlik chemie en

polimeerwetenskap, chemiese biologie of tekstiel- en polimeerwetenskap. Die drie strome

se eerste studiejaar stem grootliks ooreen, maar Biologie is ’n verpligte module vir

chemiese biologie. Die BSc neem drie jaar om te voltooi en die HonsBSc nog een jaar.

Chemie en polimeerwetenskap

Die doel van hierdie stroom is om chemici en analitiese chemici op te lei vir enige sektor

van die nywerheid wat van chemie gebruik maak en ook om persone ’n breë chemiegebaseerde

tegniese agtergrond te gee vir ’n groot verskeidenheid van beroepe waarby

chemie betrokke is. Dit is verder gerig op die verwerwing van ’n diepgaande kennis van

polimere as die basis vir ’n verskeidenheid materiale en van gevorderde sintetiese en

analitiese tegnieke vir polimere.

Eerste jaar: Verpligte modules is Fisika, Wiskunde, Chemie,

Wetenskapkommunikasievaardigheid en Rekenaarvaardigheid. Hierby kies ’n

mens uit (1) Biologie, (2) Geo-omgewingswetenskap, (3) Toegepaste Wiskunde,

Waarskynlikheidsleer en Statistiek, of (4) Rekenaarwetenskap.

Tweede en derde jaar: Chemie en twee modules wat volg op modules wat in die eerste

jaar geneem is. Met die uitsondering van die keusemodules word hierdie twee jaar byna

uitsluitlik aan opleiding in Chemie en Polimeerwetenskap gewy.

Klem word gelê op die aanwending van chemie in die verwerking van grondstowwe in

die mynbou, in die aanwending daarvan in mineraalveredeling, metaalekstraksie, in die

petrochemiese, bou-, verf-, polimeer-, brisantstof-, landbou-, tekstiel- en farmaseutiese

nywerheid, asook in die nywerheid vir die vervaardiging van papier en huishoudelike en

kosmetiese middels. Daar word veral aandag gegee aan die monitering van besoedeling

en metodes om besoedeling te verhoed en te bestry.

Analitiese chemici word aangestel vir proseskontrole in ’n chemiese aanleg, die

ontwikkeling van nuwe analitiese metodes, die ontwikkeling van produksieprosesse, die

beplanning van ’n nuwe aanleg, die bedryf van ’n chemiese aanleg, die onderwys, die

bemarking van onder andere chemikalieë, wetenskaplike instrumente en komponente

vir ’n chemiese aanleg. Hulle word ook aangestel as omgewingswetenskaplikes. Hierdie

stroom bied ook vir jou die basis vir verdere studie in die patent- en omgewingsreg.

Hierdie stroom kan opgevolg word met HonsBSc in Chemie wat bestaan uit gevorderde

modules in byvoorbeeld analitiese tegnieke, organiese, fisiese en anorganiese chemie en

’n navorsingsprojek. Dit kan ook lei tot ’n HonsBSc in Polimeerwetenskap waarin klem

gelê word op gevorderde aspekte van polimeerchemie en -analise, materiaaleienskappe

en toepassings in die Suid-Afrikaanse industrie. Persone met enige van hierdie twee

kwalifikasies kan onder andere ook navorsing doen by nywerheids- en navorsingsinstansies.

Chemiese biologie

Die doel van hierdie stroom is om wetenskaplikes voor te berei vir ’n loopbaan in

sektore van die chemiese nywerheid wat hoofsaaklik te doen het met die meer organiese

en biochemiese aspekte van chemie. Die stroom sal jou ook voorberei vir nagraadse

opleiding en ’n navorsingsloopbaan in Organiese Chemie en/of in Biochemie.

Eerste jaar: Chemie, Biologie, Fisika, Wiskunde, Rekenaarvaardigheid en

Wetenskapkommunikasievaardigheid.

Tweede en derde jaar: Chemie en Biochemie. Die enigste modules wat nog

bykom, is Rekenaarvaardigheidmodules in die tweede en derde jaar en ’n keuse

van twee semestermodules uit Genetika of Mikrobiologie in die tweede jaar, en een

semestermodule uit Mikrobiologie in die derde jaar.

In Suid-Afrika is daar ’n tekort aan goed opgeleide chemici met opleiding in Organiese

Chemie en Biochemie. Talle groot en klein maatskappye se voortbestaan hang af van

chemici wat prosesse en die kwaliteit van grondstowwe en vervaardigde produkte moet

beheer. Staatslaboratoriums soos die forensiese laboratoriums in Kaapstad en Pretoria,

Sasol en vervaardigers van plaagdoders asook farmaseutiese en kosmetiese produkte, bied

beroepsmoontlikhede vir chemici met opleiding in Organiese Chemie en Biochemie.

Die BSc kan opgevolg word met HonsBSc in Chemie en/of Biochemie.

Tekstiel- en polimeerwetenskap

Die tekstielbedryf in Suid-Afrika ontwikkel vandag vinnig en bied opwindende loopbane

vir jong wetenskaplikes. Hierdie beroepsgerigte stroom fokus op funksionele tekstiele.

In die eerste plek kry jy ’n deeglike, wetenskaplike kennis van tekstiele deur

die bestudering van onderwerpe soos veselwetenskap, polimeermodifikasies,

tekstielstofgedragseienskappe en die vervaardiging, kleur, bedrukking en afwerking

van tekstielstowwe. ’n Deeglike studie van natuurwetenskapvakke soos Chemie

en Polimeerwetenskap bied ’n uitstekende onderbou hiervoor en ondersteun jou

tekstielkennis in die evaluering en ontwikkeling van tekstielprodukte.

In die tweede plek leer jy bestuurs- en besigheidsvaardighede aan wat gesog is in die

tekstiel- en tekstielverwante industrieë. Boonop ontwikkel jy jou kreatiewe, analitiese en

probleemoplossingsvaardighede.

Eerste jaar: Verpligte modules is Fisika, Wiskunde, Chemie, Wetenskapkommunikasievaardigheid

en Rekenaarvaardigheid. Hierby kies ’n mens uit (1) Biologie, (2) Geoomgewingswetenskap,

(3) Toegepaste Wiskunde, Waarskynlikheidsleer en Statistiek, of

(4) Rekenaarwetenskap.

Tweede en derde jaar: Tekstielwetenskap, Chemie, Toegepaste Chemie en

Rekenaarvaardigheid en ’n keuse van bykomende modules uit die natuurwetenskappe, of

uit bestuurswetenskappe soos Ekonomie, Ondernemingsbestuur en Finansiële Bestuur.

Met hierdie kwalifikasie kan jy in die tekstielbedryf of polimeerwetenskapindustrie

werk as ’n produkontwikkelaar, tegniese verkoopsbestuurder, produksiebestuurder,
kwaliteitsbestuurder of aankoper, of jy kan jouself verder bekwaam deur een van ons

nagraadse programme te volg.

BSc en HonsBSc in Fisika

Hierdie program lewer afgeronde fisiese natuurwetenskaplikes met die nodige tegniese

en algemene vaardighede om fisikaverwante probleme in die industrie of op navorsings-

en ontwikkelingsvlak aan te pak, te fokus op die onderwys en tersiêre onderrig van

wetenskap en tegnologie of verdere nagraadse studie en intensiewe navorsing voort te sit.

Leerplan vir BSc

Kernfisikastroom, die stralings- en gesondheidsfisikastroom, en die laserfisika (fisiese

rigting)-stroom: In die eerste drie jaar neem jy ’n kombinasie van voorgeskrewe modules

uit Fisika, Wiskunde, Wetenskapkommunikasievaardigheid en Rekenaarvaardigheid.

Daarby kies jy modules uit Chemie, Rekenaarwetenskap, Waarskynlikheidsleer en

Statistiek, en Toegepaste Wiskunde.

Laserfisika (biologiese rigting)-stroom: In die eerste twee jaar neem jy ’n

kombinasie van voorgeskrewe modules uit Biochemie, Biologie, Chemie, Fisika,

Rekenaarvaardigheid, Wetenskapkommunikasievaardigheid en Wiskunde. In die

derde jaar neem jy Fisika, Fisiologie en Dierefisiologie, Toegepaste Wiskunde en

Rekenaarvaardigheid, en kies jy tussen Biochemie en Chemie.

Teoretiesefisikastroom: In die eerste drie jaar neem jy ’n kombinasie van

voorgeskrewe modules uit Fisika, Rekenaarfisika, Wiskunde, Toegepaste Wiskunde,

Wetenskapkommunikasievaardigheid en Rekenaarvaardigheid.

Die eerste drie jaar van die program fokus op die vier fundamentele bene van Fisika,

naamlik klassieke meganika, kwantummeganika, statistiese fisika, en termodinamika en

elektromagnetisme, en het ten doel om jou ’n stewige basis in Fisika te gee.

Die vierde jaar (die HonsBSc-jaar) bied spesialisopleiding vir ’n loopbaan in kernfisika,

laserfisika, stralings- en gesondheidsfisika, of teoretiese fisika.

Kernfisika

Die HonsBSc-jaar in hierdie stroom rus jou toe met algemene en meer gespesialiseerde

vaardighede vir verdere nagraadse studies of ’n beroep in omgewings waar kernfisiese

tegnieke gebruik word om ’n wye spektrum van probleme te ondersoek. Sulke omgewings

is byvoorbeeld die navorsings- en ontwikkelingsterrein van die nywerheid waarby

instansies soos Sasol, Iscor, die SABS en die WNNR betrokke is, energiebronontsluiting

en -benutting en enige vakgebied waar kernfisiese beginsels gebruik word. Basiese en

toegepaste navorsing in kernfisika, soos wat by die versnellersentrum iThemba LABS

uitgevoer word, bied ook ’n interessante werkgeleentheid.

Laserfisika

Weens die vinnige uitbreiding van die gebruik van lasers is daar wêreldwyd ’n aanvraag

na opgeleide fisici met spesialiskennis oor optika, lasers en lasertoepassings. Die doel van

hierdie stroom is om studente voor te berei vir nagraadse studie en beroepe waarin lasers

en optika in die navorsing en industrie toegepas word.

Lasers word innoverend oor ’n breë front gebruik. Alle telekommunikasie is afhanklik

van lasers en optiese veseltegnologie, en deesdae is geen internettoegang moontlik sonder

lasers nie! Mikro-elektronika, bv. in selfone, word met lasers vervaardig. In mediese

sorg word lasers gebruik om visie te korrigeer, oogtoestande wat tot blindheid kan lei te

genees, velsiektes te behandel en chirurgie binne die liggaam te doen met ’n endoskoop.

Nuwe materiale en medisyne word ontwikkel deurdat laserlig gebruik word om molekules

te verander. In die beskerming van ons omgewing maak lasers dit moontlik om skadelike

stowwe vinnig en selfs op ’n afstand op te spoor. Hoëdrywinglasers mag in die toekoms

die weg baan na fusie as ’n bykans onuitputbare bron van skoon energie. Die aanwending

van lasers in die verdedigingsindustrie dra by tot ons veiligheid.

Stralings- en gesondheidsfisika

As ’n stralingsfisikus kan jy as hospitaalfisikus of stralingsbeheerbeampte werk by

instansies waar stralingsgevare gemonitor word, byvoorbeeld by die Departement van

Gesondheid, kernkragsentrales en uraanmyne.

Vir hierdie stroom volg jy voorgeskrewe spesialismodules by Tygerberg en iThemba

LABS wat Stralingsbeskerming, Fisika in Radioterapie en Fisika in Kerngeneeskunde

insluit. Dit word ondersteun met Beeldverwerking uit Toegepaste Wiskunde. ’n HonsBSc

in Fisika met hierdie stroom gee ook toegang tot verdere nagraadse studie in fisika.

Teoretiese fisika

Hierdie stroom berei jou intensief voor vir die navorsingsterrein van komplekse

sisteme en vir die toepassing van die kwantumveldeteorie, byvoorbeeld in die fisika

van biologiese stelsels, gekondenseerdemateriefisika en verskeie vertakkings van

die materiaalwetenskappe. Nagraadse studie sal jou voorberei vir ’n loopbaan as ’n

professionele, teoretiese fisikus.

Aangesien hierdie stroom komponente van Statistiese Fisika insluit, staan dit in noue

verband met ’n aantal ander vakgebiede en het dit verskeie raakvlakke met die breë veld

van informasietegnologie. Van die tegnieke wat bestudeer word, word reeds toegepas in

die biologiese en ekonomiese wetenskappe, en in geologie. Aangesien die kurrikulum

fisies-wiskundig van aard en rekenaarintensief is, kan jy met vertroue uitsien na

beroepsmoontlikhede in die privaat sektor waar daar ’n steeds groeiende vraag is na die

probleemoplossingsvaardighede waaraan hierdie stroom baie aandag gee.

BSc en HonsBSc in Aardwetenskap

Spesifieke toelatingsvereistes

Soos bo op bladsy 44, MAAR indien jy Wiskunde (Bio) en Fisika (Bio) as universiteitsvakke

neem, dan:

• Wiskunde 5

Suid-Afrika, met sy rykdom aan minerale en besonderse oeroue rotsformasies, is enige

geoloog se droom. Ons praktiese en teoretiese onderrig in onder andere mineralogie,

petrologie en geo-omgewingswetenskap maak ons studente hoogs in aanvraag in

die werkplek. Hierdie program bied die nodige opleiding om as professionele aardwetenskaplike

te kan praktiseer. Dit lei ook na nagraadse studie in die veld.

Eerste jaar: Geo-omgewingswetenskap, Aardwetenskap-veldvaardighede,

45
46

Rekenaarvaardigheid, Chemie en Wetenskapkommunikasievaardigheid, met Fisika of

Fisika (Bio), Wiskunde of Wiskunde (Bio), en Biologie as keusevakke.

Tweede jaar: Geologie, Aardwetenskap-veldvaardighede, Omgewingsgeochemie en

Rekenaarvaardigheid is verpligtend. Keusevakke is Biologie, Chemie, Geografie en

omgewingstudie, en Wiskunde.

Derde jaar: ’n Verskeidenheid keusemodules word saam met Geologie en

Rekenaarvaardigheid as verpligte vakke geneem.

Honneursjaar: Jy kan fokus op Algemene Geologie, Petroleumgeologie of

omgewingsgeochemie.

Hierdie verskillende tipes breë vakkundige rigtings wat die basis vir opleiding bied,

kan studente lei tot uitdagende loopbane, op nasionale en internasionale vlak, in

mynbou, eksplorasie, toegepaste mineralogie, en omgewingswetenskappe. Moontlike

werkgewers sluit in die Raad vir Geowetenskappe, Mintek, die WNNR, die omvangryke

Suid-Afrikaanse mynbou- en eksplorasiebedryf en ’n verskeidenheid plaaslike en

internasionale geologiese en omgewingswetenskapkonsultante.

BSc in Geoinformatika

Toegepaste wetenskaplike beroepe soos omgewingskonsultante, die mynbousektor en

ingenieursfirmas gebruik toenemend geografiese inligtingstegnologie om ruimtelike

inligting digitaal vas te lê, te manipuleer, te ontleed, te modelleer en kartografies voor te

stel. Die hoofdoel van hierdie program is om jou die nodige kennis van en insig in die

wetenskaplike grondslae van geoinformatika te gee in terme van ruimtelike inligting,

rekenaarvaardighede, geografiese inligtingstegnologie en karteringsvaardighede sodat jy

kan help om geografiese inligtingstelsels (GIS), aardwaarneming (afstandwaarneming) en

globaleposisioneringstelsels (GPS) effektief in die onderskeie professionele rigtings en

vakgebiede te ontwikkel en toe te pas.

Hierdie driejarige program is gerig op die teoretiese, metodologiese en praktiese aspekte

van geoinformatika. Dit voldoen ook aan die vereistes vir professionele registrasie as ’n

Geografiese Inligtingswetenskapstegnoloog (GIW).

Eerste jaar: Modules uit Geo-omgewingswetenskap, Biologie, Rekenaarwetenskap,

Wiskunde, Rekenaarvaardigheid en Wetenskapkommunikasievaardigheid is voorgeskryf.

Tweede jaar: Voorgeskrewe modules uit Geografie en Omgewingstudie,

Rekenaarwetenskap, Sosio-Informatika, Rekenaarvaardigheid, Fisika (Bio) en twee van

Plant- en Dierkunde, Geologie, Plantkunde, Dierkunde of Omgewingsgeochemie word

geneem.

Derde jaar: Geografie en Omgewingstudie, Rekenaarwetenskap en Rekenaarvaardigheid.

As GIS-spesialis en inligtingkundige kan jy ’n loopbaan op die volgende terreine

of by die volgende instansies volg: omgewingskonsultgroepe, beplannings- en

ingenieursfirmas, programmatuurontwikkeling- en rekenaarkonsultgroepe, alle vlakke van

die regering gemoeid met hulpbron- en infrastruktuurbestuur, agentskappe betrokke by

natuurlikehulpbronontwikkeling en by menslike-ontwikkelingsprogramme, eksplorasie

van minerale en mynwese, bemarking, nutsmaatskappye en diensverskaffers. Ten slotte

sal jy by tersiêre opleidingsinstansies as dosent en/of navorser kan werk.

PROGRAMME IN WISKUNDIGE WETENSKAPPE

Die breë area wiskundige wetenskappe bestaan uit wiskunde, toegepaste wiskunde,

wiskundige statistiek, finansiële wiskunde, rekenaarwetenskap, operasionele navorsing en

biowiskunde. Enige van hierdie dissiplines kan as fokus gekies word vir die BSc-program

in Wiskundige Wetenskappe.

Al die BSc-programme lei na drie jaar tot ’n graad. ’n Vierde studiejaar in die fokus van

jou keuse kan lei tot ’n HonsBSc-graad. Sou jy jou verder as hoërskoolonderwyser wou

bekwaam, kan jy met die regte vakkeuse na voltooiing van jou BSc-graad ’n Nagraadse

Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde volg. Kyk “Nagraadse

Onderwyssertifikaat” op bladsy 50.

toelatingsvereistes

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk

bladsy 4)

• Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

• Wiskunde 6

• 4 in enige ander skoolvak uit die lys van

universiteitstoelatingsvakke (kyk bladsy 3)

Indien jy graag Chemie of fisika as universiteitsvak wil neem, dan ook:

• Fisiese Wetenskappe 4

BSc en HonsBSc in Wiskundige Wetenskappe

Studente wat die BSc in Wiskundige Wetenskappe volg, neem almal Wiskunde,

Rekenaarvaardigheid en Wetenskapkommunikasievaardigheid in hul eerste jaar. Die fokus

wat jy kies, bepaal jou ander vakke. Dit is egter moontlik om een van die vakke in al die

fokusse te vervang met ’n ander, nie-wiskundige een van jou eie keuse. (Byvoorbeeld

jy kan Ekonomie kies as jy op finansiële wiskunde wil fokus.) Raadpleeg gerus ’n

programadviseur wat jou kan help om jou kurrikulum te beplan (kyk “Navrae” hieronder

of skakel die Departement Wiskundige Wetenskappe by tel. 021 808 3282). Hieronder

volg ’n oorsig van die verskillende fokusse.

Fokus: Wiskunde

’n Graad met hierdie fokus rus jou toe met ’n grondige kennis van die aard, omvang

en toepassingsmoontlikhede van wiskunde. Jy sal nagraadse studie in wiskunde kan

voortsit, of ’n loopbaan kan volg waarin wiskundige kundigheid en insig noodsaaklik

is. Dit sluit beroepe in die besigheids- en industriële sektor in. Daarby kan jy ook ’n

hoërskoolonderwyser word, mits jy die nodige professionele opleiding voltooi het (kyk

“Nagraadse Onderwyssertifikaat” op bladsy 50).

Fokus: Toegepaste wiskunde

Hierdie fokus lei jou op as ’n gegradueerde wat oor genoegsame kennis van wiskundige

metodes en rekenaartegnieke beskik om verskeie kwantitatiewe en kwalitatiewe probleme

uit die wetenskap en tegnologie op te los. Met hierdie teoretiese en tegniese agtergrond

in verskeie toepassings, soos die modellering van dinamiese prosesse, beeldverwerking,

rekenaarsekuriteit, numeriese metodes en vloeimodellering, sal jy die arbeidsmark in die

nywerheid, bankwese en rekenaarbedryf met sukses kan betree.
Fokus: Wiskundige statistiek

Die doel van hierdie fokus is om jou op te lei as ’n kundige wat in staat is nie net om die

inligting wat in data opgesluit lê, uit te haal, te ontleed en te interpreteer nie, maar ook

om hierdie hele proses te beplan. Hierbenewens word jy ook voorberei om ’n loopbaan

te kan volg waarin ’n sterk wiskundig-statistiese agtergrond vereis word, soos in die

bank- en versekeringswese. Ten slotte sal jy met hierdie kwalifikasie ook ’n loopbaan as

hoërskoolonderwyser kan volg na die nodige professionele opleiding. (Kyk “Nagraadse

Onderwyssertifikaat” op bladsy 50.)

Fokus: Rekenaarwetenskap

Hierdie fokus lei jou op as ’n gegradueerde met ’n breë kennis van rekenaarwetenskap

wat jou in staat stel om suksesvol verder daarin te studeer, om ’n beroep in die nywerheid

as programmeerder te aanvaar of om ’n professionele onderwyskwalifikasie te verwerf om

rekenaarwetenskap op hoërskool te kan aanbied. (Kyk “Nagraadse Onderwyssertifikaat”

onder die Fakulteit Opvoedkunde.) ’n Rekenaarwetenskapgraad is ’n internasionale

kwalifikasie waarmee jy met gemak vir enige maatskappy ter wêreld sal kan werk of

navorsing doen. Daar is ’n groot verskeidenheid maatskappye wat rekenaarkundigheid

benodig, van tegniese maatskappye soos diensverskaffers tot finansiële instansies soos

banke. Persone met ’n belangstelling in die besigheidswêreld kan ook as entrepreneur ’n

eie besigheid begin wat rekenaaroplossings verskaf, of kan as onafhanklike konsultant of

kontrakteur werk.

Fokus: Biowiskunde

Hierdie program voorsien in die groeiende behoefte van velde soos molekulêre biologie,

sisteembiologie, bioinformatika en ekologie aan navorsers met ’n sterk wiskundige

agtergrond wat presiese modelle vir eksperimentele data kan ontwikkel en analiseer.

Danksy vakke soos Wiskunde, Biowiskunde: Wiskundige Toepassings in Biologie

en Medisyne, Toegepaste Wiskunde, Wiskundige Statistiek, Fisika, Biologie, Chemie,

Biochemie en Genetika sal jy ontwikkel in ’n wetenskaplike met ’n skerp wiskundige

brein wat ook ’n goeie begrip het van navorsingsprobleme en konsepte in die mediese en

biologiese wetenskappe van vooruitskattings oor die invloed van MIV/vigs, malaria en

tuberkulose tot die effek van klimaatsverandering op Suid-Afrika.

As biowiskundige sal jy kan werk vir farmaseutiese maatskappye, die regering,

gesondheidsorganisasies, in die landbou- en omgewingsektor of as navorser.

Fokus: Finansiële wiskunde

Die doel van hierdie fokus is om ’n goeie begrip van die aard, omvang en

toepassingsmoontlikhede van wiskunde in die finansiële sektor te ontwikkel.

Jy kan, met die goedkeuring van die Departement Wiskundige Wetenskappe, enkele

modules by ander departemente volg om jou vir ’n loopbaan in die finansiële sektor voor

te berei.

Fokus: Operasionele navorsing

Operasionele Navorsing (ON) is ’n multidissiplinêre, wetenskaplike benadering tot

besluitneming. Die oogmerk is om die beste oplossings vir komplekse probleme te vind

deur die gebruik van skaars hulpbronne ten beste toe te wys.

Deur ON in die tweede en derde jaar van jou BSc-program in Wiskundige Wetenskappe

te neem, sal jy kans kry om in jou beroep die kundigheid te integreer wat jy opdoen

deur Rekenaarwetenskap, Toegepaste Wiskunde, Wiskunde en Wiskundige Statistiek te

studeer. Die doelwitgeörienteerde benadering van hierdie fokus met sy sinergistiese styl

lewer graduandi wat gesog is in die arbeidsmark.

Navrae

Tel.: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

Webwerf: www.sun.ac.za/science

47
48

OPVOEDKUNDE

F A K U L T E I T
programgids

oNDerWyseropLeiDiNG Vir Die

GroNDsLaG- ToT seNior fase

BEd (Algemene Onderwys en Opleiding)

oNDerWyseropLeiDiNG Vir Die seNior eN VerDere oNDerWys- eN opLeiDiNGsfase

Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS)

Ander nagraadse en sertifikaatprogramme

In die Fakulteit streef ons daarna om deur navorsing, onderrig en gemeenskapsdiens onderwysers en opleiers te lewer wat by uitstek kan voorsien in die uiteenlopende

onderwysbehoeftes van die breë gemeenskap. Só maak ons ’n deurslaggewende bydrae tot die ontwikkeling van die Suider-Afrikaanse gemeenskap se menspotensiaal.

Wanneer ons akademiese programme beplan, neem ons veral die Suid-Afrikaanse

onderwysprioriteite in ag. Deur kurrikula vir onderwyseropleiding te ontwikkel wat met die

huidige onderwysbehoeftes rekening hou, verseker ons dat ons afgestudeerde studente met

vertroue tot die onderwyspraktyk kan toetree.

In ons programme maak ons voorsiening vir brongebaseerde leer (resource-based learning)

en vir ’n verskeidenheid aanbiedingsmetodes (bv. residensieel; internetgebaseerde leer;

interaktiewe telematiese uitsendings en inbelsessies). En omdat hulle versprei is oor die

voorgraadse én nagraadse vlakke bied hulle lewenslange leergeleenthede.

Alhoewel BEd (Algemene Onderwys) die enigste voorgraadse program is wat ons aanbied,

kan jy wel voorgraadse programme in ander fakulteite opvolg met nagraadse studie in

Opvoedkunde (kyk by “Nagraadse Onderwyssertifikaat” hieronder).

As jy egter nie aan die toelatingsvereistes van universiteitsprogramme voldoen nie – en dus

normaalweg nie by ’n universiteit sou kon studeer nie – maar jy het ’n erkende, driejarige

onderwyskwalifikasie, kan jy tans vir ’n Gevorderde Onderwyssertifikaat (GOS) inskryf. Hier

het jy selfs ’n keuse. Jy kan ’n program volg wat jou leierskapvaardighede as skoolhoof verbeter.

Of jy kan ’n program volg wat jou vaardighede in jou eie vakrigting verbeter met die oog daarop

om onderrig in die Senior en/of Verdere Onderwys en Opleidingsfase (VOO-fase) te gee.

’n Vierjarige onderwyskwalifikasie gee jou nog in 2013 toelating tot die nagraadse program

HonsBEd. Daar is ’n verskeidenheid studieterreine in die Opvoedkunde waaruit jy dan kan kies.

ONDERWYSEROPLEIDING VIR GRONDSLAG- (GRAAD R

INGESLUIT) TOT SENIOR FASE

BEd (Algemene Onderwys en Opleiding)

K e u r i n g

• Aansoeke sluit 30 Junie

• Plek vir 230 studente. Van hierdie plekke word 70 gereserveer vir studente wat voorheen

benadeel is en 20 vir diskresionêre gevalle

• 150 plekke word toegeken volgens die beste gemiddelde prestasies in die graad

11-eindeksamen, of die graad 12-eindeksamen indien dit al afgelê is. Kandidate met ’n

gemiddelde van 70% en hoër se aansoeke word vroeër verwerk

• Vir meer inligting, kyk die webwerf onder “Navrae” hieronder of raadpleeg die Fakulteit se

Jaarboek, Deel 6

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n Gemiddelde van minstens 55% vir die NSS of IEB (uitgesluit Lewensoriëntering)

• Wiskunde 3 OF Wiskundige Geletterdheid 5

En Leerders wat in Afrikaans skoolgegaan het:

• Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 5

• Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 OF Xhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

of Leerders wat in Engels skoolgegaan het:

• Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 5

• Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 OF Xhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

Vir die toelatingsvereistes volgens die ou matrikulasiesertifikaat (tot 2007), skakel ons

Kliëntedienssentrum by 021 808 9111.

Hierdie voltydse vierjarige program lei tot ’n BEd (Algemene Onderwys)-graad vir onderwysers in

die Algemene Onderwys- en Opleidingsfase. Jy kan in een van twee rigtings spesialiseer:

(1) die Grondslagfase (grade R tot 3) óf

(2) die Intermediêre Fase (grade 4 tot 6) en die Senior Fase (grade 7 tot 9).

Die hoofdoel van die program is om onderwysers op te lei wat in staat is om leerders vir die

eiesoortige eise van ons tyd voor te berei. Maar jy ontwikkel ook vaardighede wat verskeie ander

beroepsmoontlikhede vir jou kan ontsluit, soos kommunikasiekundige, gemeenskapsontwikkelaar,

skakelbeampte en beroepe wat op kliëntediens, bemarking en verkope gerig is.

Die program het ’n vaste struktuur en bestaan uit akademiese en professionele vakke wat in die

eerste studiejaar dieselfde is vir albei spesialiseringsrigtings. In die eerste studiejaar neem jy vakke

by sowel die Fakulteit Opvoedkunde as die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Hierdie

vakke is almal verpligtend: Kurrikulumstudie, twee van die taalmodules Afrikaans en Nederlands,

English Studies en Xhosa; Wiskunde (Ond); Natuurwetenskappe (Ond); Sosiale Wetenskappe

(Ond); Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Ond); Onderrig en Leer (Teorie en Praktyk);

Ontwikkeling en Leer; en Inligtingsvaardighede.

Onderrig en Leer maak vanaf die eerste jaar ’n belangrike deel van die program uit. Vanaf die

tweede jaar spesialiseer jy in die Grondslagfase of die Intermediêre en Senior Fases. In die derde en

die vierde studiejaar kan jy ’n verdere keuse maak uit sekere vakke vir die Intermediêre en Senior

Fase. Die vakke vir die Grondslagfase is vas en dek die teorie en praktyk van al die leerprogramme

van grade R tot 3.

Aangesien die program tot ’n graad lei, gee dit jou toegang tot die Fakulteit se nagraadse

graadprogramme tot op doktorale vlak.

49
50

ONDERWYSEROPLEIDING VIR DIE SENIOR EN VERDERE

ONDERWYS- EN OPLEIDINGFASE

Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS)

Jy kan jou ook as hoërskoolonderwyser bekwaam deur eers ’n graad uit ’n ander fakulteit

te verwerf. Twee van die vakke (een tot op minstens tweedejaarsvlak en een tot op

derdejaarsvlak) van so ’n voorgraadse program moet só gekies word dat jy minstens

twee toepaslike skoolvakke kan onderrig. (Vir die verskillende kurrikulumstudievakke se

vereistes, kyk die Fakulteit se jaarboek onder “NOS”.) Daarna skryf jy in vir die eenjarige

Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS). Hierdie program is gefokus op die opleiding van

opvoeders vir veral die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO).

Voorgraadse programme wat toegang tot NOS gee

FAKULTEIT AGRIWETENSKAPPE

BScAgric met skoolvakke

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

BComm met skoolvakke

Ander B-grade met skoolvakke

FAKULTEIT LETTERE EN SOSIALE WETENSKAPPE

BA met skoolvakke

BA met Sportwetenskap as ’n hoofvak

BA in Visuele Kunste (Educ) (Kunsonderwysstroom) (die NOS-leerplan is reeds by

hierdie program ingewerk)

FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE

BSc met skoolvakke

BSc met Sportwetenskap as ’n hoofvak

Ander nagraadse en sertifikaatprogramme

- Gevorderde Onderwyssertifikaat (GOS)

- GOS: Natuurwetenskappe (Sekondêr), Fisiese Wetenskappe

- GOS: Wiskundige Geletterdheid

- GOS: Wiskundige Wetenskappe

- GOS: Inligtingstegnologie

- GOS: Lewenswetenskappe

- GOS: Onderwysbestuur en Leierskapontwikkeling (Skoolhoofskap)

- GOS: Rekenaartoepassingstegnologie

- GOS: Kuns en Kultuur

- NGDip (HO): Nagraadse Diploma in Hoëronderwys in Onderrig en Leer

- HonsBEd (rigtings: Opvoedkundige Ondersteuning, Kurrikulumstudie,

Onderwysbestuur, Opvoedingsbeleidstudie, Opvoedkundige Sielkunde of

Taalopvoeding)

- HonsB in Sportwetenskap (rigtings Sportwetenskap of Biokinetika)

- MEd (navorsingsprogram of kursuswerk) (rigtings: Kurrikulumstudie,

Opvoedingsbeleidstudie of Opvoedkundige Ondersteuning)

- MEdPsig (Opvoedkundige Sielkunde)

- MPhil (twee rigtings: Hoër Onderwys of Onderwys en Opleiding vir Lewenslange Leer)

- M in Sportwetenskap

- PhD

- PhD (Psig) (Opvoedkundige Sielkunde)

- DEd

Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel.: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

Webwerf: academic.sun.ac.za/education/
F A K U L T E I T 51

Regsgeleerdheid
52

programgids

BA (Regsgeleerdheid)

BComm (Regsgeleerdheid)

LLB (Vierjarig)

BRekLLB

LLB (as tweede, driejarige B-graad)

Die Fakulteit Regsgeleerdheid het ’n lang en trotse tradisie van voortreflike regsopleiding. Sedert sy ontstaan in 1921 het die Fakulteit van Suid-Afrika se voorste regsgeleerdes gelewer.

Onder sy oudstudente tel hy ook sakelui en politici naas regters, advokate en prokureurs.

As kenners op hul vakgebied, bly die dosente in voeling met strominge in die Suid-

Afrikaanse samelewing en met die ontwikkeling in ons regstelsel en in dié van ander

lande. Só sorg hulle dat die regsonderrig op Stellenbosch aktueel, markverwant en

loopbaangerig is.

Hieronder gee ons eers algemene toelatingsinligting en, daarná, meer inligting oor die

programme waaruit eerstejaarstudente kan kies.

Algemene toelatingsinligting

• Aansoeke sluit 30 Junie

• ’n Beperkte aantal kandidate word gekeur

• Kandidate word gekeur op grond van hul akademiese punt. Die akademiese punt word

saamgestel uit ’n mens se skoolgemiddelde (gewig van 80%) en jou Nasionalenormtoetsgemiddelde

(gewig van 20%)

• Skryf die Nasionale Normtoetse voor die einde van Junie (kyk bladsy 4)

• Alle aansoekers wat voldoen aan ons programme se minimumvereistes, soos hieronder

uiteengesit, kom in aanmerking vir keuring

BA (Regsgeleerdheid)

Toelatingsvereistes

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Huistaal 5

• Eerste Addisionele Taal 3

Indien jy Ekonomie as universiteitsvak wil neem, dan ook:

• Wiskunde 5

• Skryf ook die Nasionale Normtoets MAT

Die BA (Regsgeleerdheid)-graad alleen stel jou nie in staat om as prokureur of advokaat

te praktiseer nie – daarvoor moet jy ook die LLB-graad verwerf. Die driejarige BA

(Regsgeleerdheid) bied egter ’n tweeledige voordeel. Dit verryk jou insig in menslike

gedrag en sosiale kwessies en dit bied ook ’n uitstekende basis vir ’n meer gevorderde

studie in die regte. Juis daarom ontvang jy met ’n BA (Regsgeleerdheid) vrystelling van

die eerste twee jaar van die vierjarige LLB-program. Indien jy ’n regspraktisyn wil word,

kan jy dán by die LLB-program se laaste twee jaar inskakel en aan die einde van jou

vyfde jaar as student ’n LLB as tweede baccalaureusgraad verwerf.

Die BA (Regsgeleerdheid) is so saamgestel dat jy in al drie studiejare regsmodules neem.

Eerste jaar: Inheemse Reg, Inleiding tot die Reg, Privaatreg en Skryfvaardighede. Buiten

hierdie verpligte regsmodules kies jy ’n aantal nie-regsmodules – minstens een daarvan

’n taal en twee uit, onder andere, Ekonomie, Filosofie, Politieke Wetenskap, Sielkunde of

nog ’n taal. Jy neem ook Inligtingsvaardighede.

Tweede jaar: Privaatreg, Romeinse Reg en Strafreg. Jy sit twee van jou nie-regsmodules

voort.

Derde jaar: Staatsreg, Uitleg van Wette, Strafprosesreg, Siviele Prosesreg en een en ’n

halwe nie-regsmodules.

BComm (Regsgeleerdheid)

Toelatingsvereistes

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5

• Wiskunde 5

Die BComm (Regsgeleerdheid)-graad alleen stel jou nie in staat om as prokureur of

advokaat te praktiseer nie – jy moet ook eers die LLB-graad verwerf. Die driejarige

BComm (Regsgeleerdheid) verskaf egter ’n deeglike agtergrond in die ekonomiese

wetenskappe wat jou voorberei vir ’n loopbaan in die sakewêreld of in kommersiële reg

en lê ook ’n deeglike basis vir ’n meer gevorderde regstudie. Trouens, beskik ’n mens

reeds oor die BComm (Regsgeleerdheid), is jy geregtig op vrystelling van die eerste twee

jaar van die vierjarige LLB-program. Indien jy ’n regspraktisyn wil word, kan jy dán

by die LLB-program se laaste twee jaar inskakel en aan die einde van jou vyfde jaar as

student ’n LLB as tweede baccalaureusgraad verwerf.

Die BComm (Regsgeleerdheid) is so saamgestel dat jy in elk van die drie studiejare

regsmodules volg en nieregsmodules.

Eerste jaar: Die regsmodules Inleiding tot die Reg, Privaatreg en Skryfvaardighede,

en die nieregsmodules Ondernemingsbestuur, Ekonomie, Finansiële Rekeningkunde,

Bedryfsielkunde, Beleggingsbestuur, Renterekening, Inligtingstelsels en ’n taal van jou

keuse.

Tweede jaar: Privaatreg, Romeinse Reg, Strafreg en ook Ekonomie en Finansiële

Rekeningkunde.
Derde jaar: Staatsreg, Uitleg van Wette, Siviele Prosesreg en Strafprosesreg. Jy kies een

uit Ekonomie, Finansiële Rekeningkunde en Belasting.

LLB (Vierjarig)

Toelatingsvereistes

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

• Afrikaans of Engels Huistaal 5

Indien jy Ekonomie as universiteitsvak neem, dan ook:

• Wiskunde 5

• Skryf ook die Nasionale Normtoets MAT

Hierdie program is daarop gemik om, oor vier jaar, aan studente ’n deeglike insig te gee in

al die vertakkings van die regswetenskap wat vir ’n loopbaan in die regte noodsaaklik is.

Voordat die regsberoep hulle formeel tot sy geledere sal toelaat, moet LLB-gegradueerdes

egter ook die vereiste praktiese opleiding ondergaan en die toepaslike toelatingseksamen

suksesvol aflê.

Eerste en tweede jaar: ’n Mens neem vier verpligte regsmodules en twee nieregsmodules

waarvan ten minste een ’n taal moet wees. In jou eerste jaar neem jy ook

verpligte jaarmodules in Skryfvaardighede en Inligtingsvaardighede. In die tweede jaar sit

jy net een nie-regsmodule voort.

Derde en vierde jaar: Die fokus is uitsluitlik op regstudie. In die tweede semester van

die vierde jaar word jy toegelaat om vier regsmodules te kies, waarvan een ’n skripsie

kan wees. Jou keuse is onder meer uit die volgende modules: Gevorderde Arbeidsreg,

Arbitrasie en Bemiddeling, Mededingingsreg, Versekeringsreg, Gevorderde Familiereg,

Internasionale Privaatreg, Immateriële Goederereg, Rekeningkunde vir Regstudente,

Vervoerreg en Internetreg. Hierdie keuse laat jou toe om in beperkte mate te spesialiseer.

BRekLLB

Toelatingsvereistes

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL en MAT (kyk bladsy 4)

• ’n NSS-gemiddelde van minstens 70% (sonder Lewensoriëntering)

• Afrikaans Huistaal 4 OF Engels Huistaal 4

• Engels Eerste Addisionele Taal 5 OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5

• Wiskunde 6 OF

Wiskunde 5 en Rekeningkunde 6

Sedert 2001 bied die BRekLLB aan studente die kans om binne vyf jaar ’n unieke graad

te verwerf wat uit ’n LLB-graad én ’n BRek-graad bestaan. Studente wat hierdie program

volg, word aan sowel die noodsaaklike vertakkings van die regswetenskap as aan die

grondslae van finansiële rekeningkunde, bestuursrekeningkunde, belasting en ouditkunde

bekendgestel. Na verdere beroepsgerigte opleiding kan hierdie studente dus kwalifiseer as

geoktrooieerde rekenmeesters of as regspraktisyns.

LLB (as tweede, driejarige B-graad)

Toelatingsvereiste

• Enige baccalaureusgraad van ’n Suid-Afrikaanse universiteit met ’n gemiddelde van minstens

60% in die finale jaar

Hierdie driejarige program is in 1999 ingestel vir nagraadse studente wat hul eerste

baccalaureusgraad op ’n ander gebied as die regte behaal het, met ’n gemiddelde van

60% in hul finale jaar van die betrokke baccalaureusgraad. Die program stel studente

bekend aan al die vertakkings van die regswetenskap wat vir ’n loopbaan as regspraktisyn

noodsaaklik is.

Nagraadse programme

- Nagraadse Diploma in Belastingreg

- LLM (kursuswerk) in Internasionale Besigheidsreg

- LLM (kursuswerk) Algemeen

- LLM (tesis)

- LLD

Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel.: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

Webwerf: law.sun.ac.za

53
54

Teologie

F A K U L T E I T
programgids

BTh* in Jeugwerk, Pastoraat of

Gemeenskapsontwikkeling

BDiv* in Christelike Teologie, Kerklike Bediening

en Leierskap)

MDiv

Nagraadse Diploma in Christelike Teologie

* Hierdie programme word ook as verlengde

graadprogramme (VGP’s) aangebied. Kyk bladsy 7.

Die Fakulteit Teologie het gegroei uit die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) se Kweekskool, gestig in 1859. Vandag is dit ’n fakulteit van die Universiteit Stellenbosch, en nie meer

aan een spesifieke kerkverband gekoppel nie, hoewel predikante vir die NGK, die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA) en die Uniting Presbyterian Church in

Southern Africa (UPCSA) volgens ooreenkoms hier opgelei word. Christelike gereformeerde teologie word dus aan ʼn wye spektrum studente uit verskeie denominasies en lande gebied.

Onderrig is tweetalig in Afrikaans én in Engels (T-spesifikasie of dubbelmedium) volgens die

behoeftes van die studente. Die opleiding en onderrig word, soos die navorsing, wetenskaplik

benader. Dit word aangevul deur ’n praktiese, gemeenskapsgerigte klem op maatskaplike

vraagstukke soos MIV/vigs, armoede, geweld, menswaardigheid, ekologie en geregtigheid.

Die Fakulteit is die kleinste een aan die Universiteit – wat meebring dat ons gasvry, energiek

en kreatief is, maar nog steeds kan verseker dat ons wetenskaplike teologie met integriteit

beoefen.

BTh (Baccalaureus in die Teologie)

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• Die minimum vereistes vir universiteitstudie geld (kyk bladsy 3)

Die BTh-graad is ’n nuwe drie-jarige program in drie dissiplines (Jeugwerk, Pastoraat en

Gemeenskapsontwikkeling). Studente word opgelei as jeugwerkers, dienswerkers, beraders en

ander gemeenskapswerkers. Die inhoud van die program sluit in Bybelse Studies, Kontekstuele

Hermeneutiek, Dogmatiek, Etiek en Kerkgeskiedenis, Homiletiek, Jeugwerk, Missiologie,

Gemeenskapsontwikkeling en Pastoraat, asook spesiale vakke in die dissipline van jou keuse.

BDiv (Baccalaureus Divinitatis)

T o e l at i n g s v e r e i s t e s

• Skryf die Nasionale Normtoetse AQL (kyk bladsy 4)

• Die minimum vereistes vir universiteitstudie geld (kyk bladsy 3)

Die vierjarige BDiv-graad is gemik op opleiding vir die kerklike bediening, spesifiek predikante.

Die programinhoud sluit in Bybelse Studies, Kontekstuele Hermeneutiek, Dogmatiek, Etiek en

Kerkgeskiedenis, Homiletiek, Jeugwerk, Missiologie, Gemeenskapsontwikkeling en Pastoraat.

Sommige kerke vereis studie van die twee ‘grondtale’, Hebreeus en Grieks.

Studente wat predikante in die NGK of VGK wil word, gaan voort om die MDiv of die

Nagraadse Diploma in Christelike Teologie te verwerf. Lees meer oor hierdie kwalifikasies verder

aan.

Ons nagraadse programme

Die Nagraadse Diploma in Teologie is ’n brugprogram vir studente uit ander dissiplines en vir

studente met onvoldoende teologiese kwalifikasies vir die nagraadse programme. Ander Nagraadse

Diplomas in Teologie kan geneem word in kapelaanstudies, en godsdiens en kultuur. Die MDivprogram

en die Nagraadse Diploma in Christelike Teologie fokus op voorbereiding vir die kerklike

bediening. Meesters- en doktorale grade kan in alle dissiplines geneem word.

MDiv en Nagraadse Diploma in Christelike Teologie

Hierdie programme fokus op die prakties-teologiese opleiding van bedienaars, leraars, predikante,

Christelike leiers, dienswerkers, pastorale hulpverleners en pastorale terapeute vir die gemeentelike

bediening. Watter program jy volg word bepaal deur kerklike vereistes en die punt wat jy

voorgraads behaal het. Die programme bied professionele opleiding en ontwikkel bediening- en

kommunikasievaardighede. Die inhoud fokus op die volgende temas: bybelse studies, kerk-wees,

erediens en prediking, christelike leierskap en spiritualiteit, die kerk in die samelewing en pastorale

hulpverlening.

Intreepunt vir MDiv: ’n Vierjarige BDiv of gelykstaande kwalifikasie met ’n gemiddelde van

minstens 60%

Intreepunt vir nagraadse Diploma in Christelike Teologie: ’n Vierjarige BDiv of ander

kwalifikasie gelykstaande daaraan

Uittreepunt: MDiv-graad of Nagraadse Diploma in Christelike Teologie

Tydsduur: Een jaar

Navrae

Tel.: 021 808 3255

Faks: 021 808 3251

E-pos: mariekeb@sun.ac.za

Webwerf: academic.sun.ac.za/theology/

Kliëntedienssentrum

Tel.: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

55
Biblioteek se leersentrum

57
58

DIENSTE

SENTRUM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (SVS)

Daar is so ’n groot verskeidenheid studieprogramme om van te kies by die Universiteit

Stellenbosch dat dit ’n mens behoorlik kan oorweldig wanneer jy belangrike besluite oor

jou loopbaan en jou toekoms moet neem. Die adviseurs, sielkundiges en ander dienste by

die SVS is juis daar om jou in hierdie uitdagende tyd te help om ’n ingeligte besluit te maak

– veral wat jou studieloopbaan as ’n Matie betref. Ons deure by Victoriastraat 45 is oop vir

voornemende studente en hul ouers. Kom klop gerus aan indien jy raad nodig het.

DIENSTE AANGEBIED

Ons SVS-adviseurs word graag deur skoolhoofde en onderwysers uitgenooi vir ’n

inligtingsessie met belangstellende leerders by skole, waar hulle eerstehandse inligting

kan oordra. Die adviseurs aanvaar ook graag uitnodigings na loopbaanuitstallings en

oueraande. Skoolgroepe, asook voornemende studente en hul ouers, kan per afspraak

reël vir ’n kampusbesoek en gespreksessie met een van ons adviseurs, om ’n tikkie van

student-wees te ervaar en die Universiteit se fasiliteite te besigtig.

By die SVS bied ons ook loopbaanvoorligting aan (geregistreerde professionele

sielkundiges lewer die diens). Hierdie diens speel ’n belangrike ondersteuningsrol om

leerders te help om ’n ingeligte loopbaankeuse te kan maak.

Die diens wat op die Stellenbosch-kampus en by skole aangebied kan word (mits daar

voldoende belangstelling is), bestaan uit:

• Vakkeusevoorligting vir graad 9-leerders (sluit psigometriese assessering en

individuele terugvoersessie in)

• Loopbaanvoorligting vir graad 11- en 12-leerders (sluit psigometriese assessering en ’n

individuele terugvoersessie in)

Die gewilde Opedag word vanjaar deur die SVS op Vrydag, 3 Augustus 2012,

aangebied. Dit is die ideale geleentheid om ’n voorsmakie van die kampus- en

studentelewe te kry. Kom praat met kundige personeel oor sake soos studieprogramme,

die finansiële ondersteuning wat die Universiteit bied en verblyfopsies.

Vir meer inligting oor verdere geleenthede wat die SVS aanbied, besoek gerus ons

webtuiste by www.maties.com.

Navrae

Tel.: 021 808 2923 / 4709

Faks: 021 886 4365

E-pos: maties@sun.ac.za

Webwerf: www.maties.com

SENTRUM VIR STUDENTESAKE

Die Sentrum vir Studentesake streef daarna om die ervaring by die Universiteit Stellenbosch

’n ryk en bevredigende een vir al ons studente te help maak. Dit doen die Sentrum deur

die samewerking van verskeie onderafdelings en eenhede. Terselfdertyd werk die Sentrum

doelbewus saam met die akademiese personeel en met ander ontwikkelings- en steundienste

vir studente. In alle gevalle is die breë oogmerke dieselfde: om te help verseker dat die

leer-en-leef-ervaring van ons studente op die beste moontlike manier ontvou en dat die

individuele groei van ons studente holisties is. Die ontwikkeling en ondersteuning van

studente word daarom op ’n verskeidenheid van terreine aangepak. Die uiteinde is dat ons

help om landsburgers van Suid-Afrika te lewer wat gebalanseerde en afgeronde individue is,

en goed toegerus is om plaaslik en globaal diensbaar te wees.

Navrae

Die Studentedekaan

Privaat Sak X1, Matieland 7602

Tel.: 021 808 2222

Faks: 021 808 4806

E-pos: studentedekaan@sun.ac.za/

Webwerf: www.sun.ac.za/studentesake

SENTRUM VIR STUDENTEVOORLIGTING EN

-ONTWIKKELING (SSVO)

Hierdie Sentrum ondersteun studente met hulle persoonlike ontwikkeling en welwees. Dit

word gedoen deur die medewerking van spesialiste uit verskeie terreine van die Sielkunde

en verwante dissiplines, byvoorbeeld sielkundiges, opgeleide studentementors, ’n psigiater

en ’n dieetkundige. Die Sentrum se diens is dinamies, individu-gerig en beskikbaar vir

ingeskrewe studente en, ten opsigte van beroepsvoorligting, ook aan voornemende studente.

STRENG VERTROULIKHEID

Al ons sielkundige en ander fasiliteerders is formeel geregistreer as professionele praktisyns.

Ons kliënte het dus die waarborg van professionele vertroulikheid.

WERKSWINKELS

Deur ons gereelde werkswinkels, wat tred hou met die jongste navorsingsbevindings en

plaaslike behoefte-analises, kan studente spesifieke lewensvaardighede ontwikkel, soos

studievaardighede of stresbeheer. Die werkswinkels is deel van ons deurlopende program
vir ‘Akademiese Leiding en Fasilitering vir Aanpassing’

(akroniem: ALFA-program).

AKADEMIESE VOORLIGTING EN

LOOPBAANONTWIKKELING

Eerstejaarstudente kan vroeg in die jaar by die SSVO

advies kry oor die keuse van hul graadprogram of

modules. Maar ons is ook daar om verdere akademiese

voorligting of steun te gee aan studente wat in die loop

van ’n studiejaar vind dat hulle steeds onseker is oor hul

keuse.

By die Loopbanekantoor kan studente leiding ontvang

oor, byvoorbeeld, hoe om ’n loopbaan te kies en te

ontwikkel, hoe om werk te soek, hoe om ’n curriculum

vitae op te stel, hoe om indiensnemingsonderhoude te

hanteer. Hierdie werkswinkels is deel van die oMEGAprogam

(akroniem vir ‘Ontwikkelingsmeganismes vir

Effektiewe Graadafronding’).

INDIVIDUEEL EN PROFESSIONEEL

Verhoudingsprobleme, gesinsprobleme, depressie, angs en

vrese, middelmisbruik? Die Sentrum is daar om studente

te help met uitdagings soos dié – deur professionele en

vertroulike bystand of terapie aan die individu. Ons bied

ook ’n 24-uur-krisisdiens.

SPESIALE LEERBEHOEFTES (GESTREMDHEDE)

Om al bogenoemde dienste optimaal aan al ons studente

te kan voorsien, het die SSVo ’n kantoor vir studente met

spesiale leerbehoeftes (gestremdhede).

KOSTE

Die sessies vir ingeskrewe studente is gewoonlik gratis. By

ontwikkelingsprogramme vir groepe vra ons wel geringe

geldelike bydraes (om die onkoste te help dek). Vrystelling

hiervan sal oorweeg word by skriftelike voorlegging van

goeie redes. Vir beroepsvoorligting aan voornemende

studente word ’n mededingende professionele tarief gevra.

LIGGING

Aanmeldingskantoor op Stellenbosch-kampus:

Victoriastraat 37

Aanmeldingskantoor op Tygerbergkampus:

Studentesentrum, 2de vloer

AFSPRAKE

Stellenbosch-kampus: Ma. tot Vr., 08:00 tot 16:30.

Tel. 021 808 4707

Tygerbergkampus: Ma. tot Vr., 09:00 tot 14:00 en Vrydae

08:00 tot 13:00. Tel. 021 938 9590

24-Uur-Krisisdiens: Selfoon 082 557 0880

Webwerf: www.sun.ac.za/counselling

BIBLIOTEEK- EN INLIGTINGSDIENS

Inligting is onontbeerlik vir studie en navorsing en dit is

die strewe van die Biblioteek- en Inligtingsdiens om ’n

voortreflike en dinamiese diens aan studente te bied.

Die Diens bestaan uit die sentrale biblioteek (die JS Gericke

Biblioteek), vyf tak- en satellietbiblioteke en ’n aantal

departementele versamelings. Hierdie groep biblioteke, wat

oor die drie kampusse Stellenbosch, Bellvillepark en Tygerberg

versprei is, lewer ’n akademiese ondersteuningsdiens aan alle

studente en personeel van die Universiteit.

Dienste en fasiliteite wat vir studente beskikbaar is, is die

uitreiking en reservering van materiaal, interbiblioteeklenings,

’n inligtingsdiens, fotokopieerfasiliteite en die verhuring van

studiehokkies en seminaarkamers. ’n Afsonderlike leersentrum

in die JS Gericke Biblioteek bied vir studente ’n aanloklike en

innoverende ruimte vir studie (kyk bladsy 57), navorsing en

om saam te werk. Die fasiliteit, wat ’n elektroniese klaskamer

en tientalle rekenaars insluit, is gereserveer vir geregistreerde

studente en gedurende alle biblioteekure beskikbaar.

Algemene biblioteekoriëntering vir eerstejaarstudente

en opleiding in biblioteekgebruik word deur

fakulteitsbibliotekarisse in die JS Gericke Biblioteek

en personeel van die tak- en satellietbiblioteke verskaf.

Hierdie personeel lewer ook ’n inligtingsdiens aan studente

en personeel.

Die biblioteek beskik oor ’n groot versameling van

ongeveer een miljoen items wat onder meer boeke,

tydskrifte, gedrukte musiek en oudiovisuele items

insluit. Verder gee ons webwerf toegang tot ’n groot

verskeidenheid elektroniese bronne.

Volledige inligting omtrent die biblioteek se dienste en

fasiliteite is beskikbaar op ons webwerf.

Navrae

Tel.: 021 808 4385

Webwerf: www.sun.ac.za/library

KAMPUSGESONDHEIDSDIENS (KGD)

’n Omvattende mediese diens vir die kampusgemeenskap

word te Claassenstraat 7 in Stellenbosch, tussen Metanoia

en Heemstede, gehuisves. Die diens voorsien in die

gesondheidsbehoeftes van personeel en studente en

bestaan uit ’n primêregesondheidsorgdiens (susters) en ’n

mediese diens (dokters). Dienste word in vier fokusareas

gelewer: akute geneeskunde, oefeningsgeneeskunde,

beroepsgeneeskunde, en voorkomende geneeskunde

en gesondheidsbevordering. Absolute professionele

vertroulikheid word voortdurend gehandhaaf. ’n

Soortgelyke diens word op die Tygerberg-kampus vir

studente aangebied.

KGD SE WERKSAAMHEDE BEHELS:

• Konsultasies met ’n keuse tussen susters of dokters

• Periodieke en voorsorgondersoeke soos verlang deur

studente of instansies, bv. beurshouers

59
60

• Gesondheidsvoorligting en sifting

• Gratis MIV/vigs-berading en -toetsing

• Immunisasie

• Reisgeneeskundediens

• Noodbehandeling van alle skerpvoorwerpbeserings

• Hantering en verwysing van emosionele probleme

Diensure is weeksdae tydens kantoorure (08:00 tot 17:00).

Koste word gehef teen die minimum ingekontrakteerde

tarief. Vir alle na-ure behoeftes word studente aanbeveel

om Medi Clinic (Stellenbosch) of die Stellenboschhospitaal

te besoek.

Navrae

Stellenbosch: 021 808 3496

Tygerberg: 021 938 9590

SPORTGENEESKUNDEDIENS (SUSPI)

’n Sportgeneeskundediens, wat sportgeneeshere,

fisioterapeute en sportwetenskaplikes insluit, word deur die

Stellenbosch Universiteit Sportprestasie-instituut (SUSPI)

op Coetzenburg aangebied. Die kantoor is geleë langs die

Universiteit se gimnasium.

SUSPI SE WERKSAAMHEDE BEHELS:

• Konsultasies vir alle sportbeserings deur

sportgeneeskundiges

• Rehabilitasie van sportbeserings

• Netwerk na toepaslike spesialiste in sportgeneeskunde

• Sportspesifieke toetsing en oefenprogramme

• Konkussiediens (deel van multinasionale program),

insluitend neuropsigologiese evaluasies (CogSport)

Diensure is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00. Fooie

word gehef teen die minimum ingekontrakteerde, etiese

tariewe.

Navrae

Sportgeneeskunde / Fisioterapie: 021 808 3393

Webwerf: www.suspi.co.za

TAALSENTRUM

Die Taalsentrum verskaf taalondersteuning en -dienste

volgens die Universiteit se Taalbeleid en -plan. Dit bestaan

uit vyf eenhede: die eenhede vir Afrikaans en Engels, vir

isiXhosa en vir Dokumentontwerp, die Skryflaboratorium

en die Taaldiens. Hierdie eenhede is daar om jou te help,

veral op die ondergenoemde gebiede.

AKADEMIESE GELETTERDHEID

Dit is veral vir eerstejaarstudente moeilik om gewoond

te raak aan die hoeveelheid en ingewikkeldheid van

voorgeskrewe materiaal en die akademiese skryfstyl van ’n

universiteit. Deur ons taalondersteuningskursusse as deel

van jou eerstejaarsprogram te volg, kan jy sonder sukkel

akademies geletterd word wat tot studiesukses sal bydra.

TAALVERWERWING VIR TWEEDE- OF

VREEMDETAALSPREKERS VAN AFRIKAANS,

ENGELS EN XHOSA

Deur taalverwerwingskursusse help ons jou om enige van

bogenoemde tale aan te leer, van beginners- tot gevorderde

vlak. Die beginnersvlakke fokus hoofsaaklik op luister

en praat, terwyl die meer gevorderde vlakke op lees en

skryf konsentreer, hoewel al vier die taalvaardighede

geïntegreerd aangeleer word.

PROFESSIONELE KOMMUNIKASIE

In enige beroep is goeie kommunikasievaardighede ’n moet.

Ons kursusse in professionele kommunikasie fokus op die

ontwerp van uiteenlopende dokumenttipes vir verskillende

beroepsomgewings (o.a. verslae, bemarkingsmateriaal,

webdokumente, korrespondensie en beleidstukke).

ONTWIKKELING VAN SKRyFVAARDIGHEDE

Benewens die akademiese geletterdheidskursusse wat

op skryfvaardigheidsontwikkeling fokus, het ons ook

die Skryflaboratorium wat ekstra hulp met jou skryftake

in ’n vriendelike en informele omgewing bied. In ons

gratis individuele skryfkonsultasies gee ons aandag aan

jou besondere skryfprobleme. Groepkonsultasies en

werkswinkels oor wetenskaplike skryfvaardighede word

ook aangebied.

TAALDIENSTE

Teen mededingende tariewe voorsien ons in al jou redigeer-,

vertaal- en tolkbehoeftes in ’n verskeidenheid tale.

Navrae

Me Nawaal Jansen, tel. 021 808 2905

Webwerf: www.sun.ac.za/taalsentrum

US RISIKO- EN

BESKERMINGSDIENSTE (USBD)

USBD is ’n universiteitsafdeling wat interne

sekuriteits- en veiligheidsdienste op die Stellenbosch-,

Tygerberg- en Bellvillepark-kampus lewer. USBD

lewer ook ’n ondersteuningsdiens met brand- en

noodontruimingoefeninge aan alle universiteitsomgewings

en koshuise.

Ons dienssentrums word 24 uur per dag beman en is die

aanmeldingspunte vir insidente soos diefstal, betreding en

aanranding. Hulle dien ook as algemene inligtingsentrums.

’n Netwerk van sekuriteitspatrollies patrolleer die

kampusse deurentyd te voet en per voertuig om misdaad te

voorkom. USBD werk nou saam met die SAPD en ander

plaaslike misdaadbestrydingsagentskappe.

Naas die gewone patrolliedienste, word die Groen Roete

van 21:00 tot 06:00 aktief deur sekuriteitspersoneel te voet

en per fiets gepatrolleer. Die gebruik van die Groen Roete
word aanbeveel vir studente wat ná sononder te voet op die

hoofkampus beweeg.

’N PAAR VAN DIE TALLE DIENSTE WAT USBD

LEWER:

− Dit is veilig om by een van die dienssentrums te wag vir

ʼn geleentheid.

− Studente of personeel wat gestrand is as gevolg van

ʼn pap battery of ander motorprobleme kan by die

dienssentrum aanklop vir hulp.

− Studente of personeel, wat noodgedwonge laataand op

kampus moet stap, is welkom om die dienssentrum te

versoek vir ’n eskortdiens.

− USBD merk fietse gratis en hou rekord van die

merktekens. Dié merktekens help ons om die eienaars

van gesteelde fietse op te spoor en dit help ook om

fietsdiewe af te skrik.

– Die pendeldiens vir studente kan gebruik word vir

na-ure vervoer vanaf die studiesentrum. Die voertuig

vertrek saans van 21:00 tot 03:00 op die uur vanaf die

studiesentrum na woonbuurte in Stellenbosch. Dié diens

is gratis, maar studentekaarte moet getoon word.

PARKERING

Studente mag privaat motorvoertuie op die kampus parkeer,

mits dit by USBD geregistreer is en op die toegewysde

parkeerareas parkeer word. ’n Registrasiefooi word gehef,

wat dan gebruik word vir die inrigting en instandhouding

van parkeerareas.

WAAR IS USBD?

Stellenbosch: Merrimanlaan 62 (hoek van Merrimanlaan en

De Beerstraat).

Tygerberg: Grondvloer, Kliniese Gebou

Bellvillepark: Sekuriteitskantoor Parkeerarea

Telefoonnommers

Dienssentrum Stellenbosch: 021 808 2330

Dienssentrum Tygerberg en Bellvillepark: 021 938 9507

Hoof: USBD: 021 808 2333 (084 460 7898)

Bestuurder Tygerberg en Bellvillepark: 021 938 9508 (082

379 6844)

Ondersoekbeampte: 021 808 4963 (084 510 8812)

61
62

kampuskaart

oNDERSTEUNINGSDIENSTE

1 Administrasie, Blok A

2 Administrasie, Blok B

3 Administrasie, Blok C

4 JS Gericke-biblioteek

5 Neelsie Studentesentrum

6 US Risiko- en Beskermingsdienste

7 Sentrum vir Voornemende Studente

8 Sentrum vir Studentevoorligting en

–ontwikkeling: Ontvangs

9 ontwikkelingskantoor

10 Loopbanekantoor

11 Akademiese Voorligting en Loopbaanontwikkeling

12 Terapie en Persoonlikheidsontwikkeling

13 Akademiese Steun

14 Sentrum vir onderrig en Leer

15 Kampusgesondheidsdiens

16 Maties Sport

17 DF Malan-gedenksentrum

18 ou Konservatorium

18 Buro vir Ekonomiese ondersoek

19 US Kunsgalery

20 Eben Dönges-sentrum

(Sasol Kunsmuseum)

21 Telematiese Dienste

22 Taalsentrum (Crozierstraat-huise)

23 WAT, Banghoekweg 115

24 Matie Gemeenskapsdiens, Luckhoff Skool

25 US Voertuigvloot

26 Regshulpkliniek

27 IT Studentehulpsentrum

28 TAS-IT

29 Informasietegnologie

30 Fasiliteitsbestuur

31 Aankope en Voorsieningsdienste

SPORTGERIEWE

33 Danie Craven Stadion

34 Coetzenburg Atletiekstadion

35 Coetzenburg Tennisbane

36 PSo Klubhuis

37 Hokkieklubhuis en -velde

38 Swembad

39 US Gimnasium

40 Koshuistennisbane

41 Ou Mutual Sportsentrum

42 Tennisbane

43 Heidehof Rugbyvelde

AKADEMIESE GEBOUE

44 Voedselwetenskap

45 Po Sauer

46 Siviele Ingenieurswese

47 Elektriese / Elektroniese Ingenieurswese

48 Prosesingenieurswese

49 Meganiese en Bedryfsingenieurswese

50 Ingenieurswese, Algemeen

51 JC Smuts – Biologiese Wetenskappe

52 De Beers – Chemie

53 Mike de Vries

54 Chemie – eerstejaars

55 Anorganiese Chemie

56 CGW Schumann

57 Van der Sterr

58 Rekeningkunde en Statistiek

59 JS Marais

60 Polimeerwetenskap

61 Visuele Kunste

62 JH Neethling

63 AI Perold

64 Merensky

65 Bedryfsielkunde

66 Kweekhuis

67 Natuurwetenskappe

68 Kamer van Mynwese

69 RW Wilcocks

70 Ou Hoofgebou

71 HB Thom-teater

72 CL Marais-biblioteek

73 Joernalistiek

74 GG Cillié

75 Lettere en Sosiale Wetenskappe

76 Lombardi

77 Konservatorium (Universiteitskoor)

78 Teologiese Kweekskool

79 Paul van der Bijl-laboratoria

80 Welgevallen Proefplaas

81 Agronomie

82 Sportwetenskap

VROUEKOSHUISE

83 Huis Neethling

84 Monica

85 Harmonie

86 Heemstede

87 Huis ten Bosch

88 Lydia

89 Minerva

90 Nerina

91 Erica

92 Serruria

93 Nemesia

94 Tinie Louw-eetsaal

95 Sonop (Huis van Niekerk)

96 Irene

MANSKOSHUISE

97 Eendrag

98 Helshoogte

99 Simonsberg

100 Huis Visser

101 Huis Marais

102 Dagbreek

103 Majuba

104 Wilgenhof

105 Helderberg

GEMENGDE KOSHUISE

106 Metanoia

107 Academia

108 Concordia

109 Goldfields

110 Huis McDonald

UNIVERSITEITSHUISE EN

WOONSTELLE

111 Lobelia

112 Crozierhof

113 Huis de Villiers

114 Waldenhof

Fakulteite (in hoofletters) en

departemente

Afrikaans en Nederlands 75

Afrikatale 75

AGRIWETENSKAPPE 44, 45, 51,

53,59, 62,63, 76, 79, 80, 81

Agronomie 81

Algemene Taalwetenskap 75

Antieke Studie 75

Bedryfsielkunde 65

Bewaringsekologie en Entomologie 59

Biochemie 51

Bos- en Houtkunde 45

Chemie en Polimeerwetenskap 52, 53,

54, 55, 60

Drama 71

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENS-

KAPPE 56, 58, 65

Engels 75

Filosofie 75

Fisika 64

Fisiologiese Wetenskappe 53

Genetika 51

Geologie, Geografie en Omgewingstudie

68

Geskiedenis 69

Grondkunde 76

Hortologie 76

INGENIEURSWESE 46, 47, 48, 49, 50

Inligtingwetenskap 75

Instituut vir Wynbiotegnologie 62

Joernalistiek 73

Landbou-ekonomie 59

LETTERE EN SOSIALE WETENS-

KAPPE 61, 61, 67, 69, 71, 73, 75

Maatskaplike Werk 75

Mikrobiologie 51

Moderne Vreemde Tale 75

Musiek 77

NATUURWETENSKAPPE 49, 50, 51,

52, 53, 54, 55, 57, 60, 64, 67, 68

Ondernemingsbestuur 56

Openbare en Ontwikkelingsbestuur 57

OPVOEDKUNDE 74, 82

Plant- en Dierkunde 67

Plantpatologie 76

Politieke Wetenskap 75

REGSGELEERDHEID 70

Rekenaarwetenskap (Wisk. Wet.) 49

Rekeningkunde 57

Sielkunde 69

Sosiologie en Sosiale Antropologie 75

Sportwetenskap 82

Statistiek en Aktuariële Wetenskap 58

TEOLOGIE 78

Toegepaste Wiskunde 50

Veekundige Wetenskappe 53

Visuele Kunste 61

Voedselwetenskap 44

Wingerd- en Wynkunde 62

Wiskundige Wetenskappe 57

Parkering