12 Nuus Krit 10 April 2017 DEBUUTDRAMA: MONSIEUR IBRAHIM EN DIE BLOMME VAN DIE KORAN ‘Sy spel is ragfyn en sag’ Herman Lategan As 20-jarige student in die middel tagtigerjare onthou hierdie resensent die losieshuis waarin hy in Kloofstraat in Kaapstad gewoon het. Dit het ’n uitsig op ’n gebou gehad wat die befaamde Jazzartdansteater gehuisves het. As jy ’n akteur is wat jou beroep ernstig opneem, het jy gesorg dat jy by hierdie plek aanklop, omdat jou lyf nie sommer net nog ’n lyf is nie, dis ’n instrument wat van kardinale belang is. Dit moet soepel kan beweeg op die verhoog en glad kan oorskakel as jy van karakter verander. ’n Jong akteur wat ek amper daagliks hier sien ingaan het, was ene Dawid Minnaar, iemand wat nog relatief onbekend was. Sy destydse toewyding was vir my bewonderenswaardig, want as ek maar deur die venster geloer het, het ek hom sien inloop by hierdie gebou. Vandag, oor die dertig jaar later, sien ek steeds die vrugte van daardie amper Boeddhistiese dissipline. In die eenmanvertoning Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran speel Minnaar amper tien verskillende karakters. Hy beweeg uiters subtiel van die een na die ander, amper soos ’n djin in die verhale uit Die Arabiese Nagte. Skrywers en diegene met ’n besonderse storie om te vertel, onder andere Ilse Krige, Stefani Serfontein en Kenneth Alexander, kry vandag kans om onder die vaandel van die eenman-uitgewer Kreativ SA hul publikasies by die KKNK bekend te stel en te koop aan te bied. Myra Lochner, wat haar breinkind as ’n nis-uitgewersinisiatief met ’n verskil beskryf, beklemtoon dat Kreativ SA nie ’n besigheid is nie, maar wel ’n persoonlike verwesenliking van ’n droom. Die uitgewery kom van 1997 af aan as Taalkreativ: Afrikaans wat met gemeenskapsprojekte en jeugskryfwerk sowel as slypskole Afrikaans bevorder het. “Nadat ek produkte van die slypskole begin publiseer het, het individue ook vir hulp met publikasie gevra. “In 2001 is Kreativ SA gestig, omdat ek ook internasionale boeke begin uitgee het,” verduidelik hierdie gesoute uitgewer. “Ons wil aspirantskrywers en ook gevestigde skrywers die geleentheid gee om ’n inkomste te genereer uit hul skryfwerk. “ ’n Tweede doelstelling is om mense te help om deur die skryf- Dawid Minnaar in sy rol as die Joodse Moses bid hier in ’n moskee as deel van sy wedervaringe saam met Monsieur Ibrahim. Minnaar verweef tien karakters soomloos in hierdie eenmanvertoning met die klem op twee randeiers uit twee konfronterende gemeenskappe. Foto: JACO MARAIS Kortliks: Hierdie is die hartsverhaal van ’n seun genaamd Moses (of Momo) en ’n eensame ou Moslem-winkeleienaar, Monsieur Ibrahim. Die kind, wat Joods is, woon in ’n liefdelose huis, en saam skep hierdie twee randeiers ’n plekkie in die son vir mekaar. Dit is gebaseer op die boek Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran wat in 2003 verskyn het en is deur Éric-Emmanuel Schmitt geskryf. Opedag vandag vir Kreativ SA se skrywers Myra Lochner van Kreativ SA, ’n nisuitgewer van George, saam met Poem Mooney van die Khoisangemeenskap. Foto: VERSKAF proses hul wonde en swaarkry te verwerk. Daarby word skryfen kunsprodukte gegenereer in Kreativ SA-slypskole wat internet toe gaan.” Sy meen die tipiese persoon wat by Kreativ SA aanklop om hulp, is diegene wat ’n storie het om te vertel, die passie het om dit oor te dra en die een of ander bevryding daardeur beleef. Voorbeelde van Kreativ SA se “babas” oor hierdie soort selfbevryding wat onlangs die lig gesien het, is onder meer publikasies oor die lewe ná beroerte, die bevryding van dwelmverslaafdheid, die verlies van ’n geliefde deur selfdood en om met bipolêre gemoedsversteuring te moet saamleef. “Dit benewens ligter digbundels en selfs tong-in-die-kies politieke kommentaar.” Vanjaar het die Khoisan-gemeenskap van Oudtshoorn en omgewing goedgunstiglik die hele dag vandag afgestaan aan verskeie skrywers onder die Kreativ SA-vaandel. Poem Mooney, stamhoof, self ’n digter wat sy gemeenskap se tekenende Karoo-Afrikaans al in boekvorm verwerk het, stel die Klippieskerk in Voortekkerweg 59 van vanoggend 10:00 af beskikbaar. Boekbekendstellings waar skrywers self kan voorlees en kan boeke teken oor ’n glasie vonkelwyn is op die dag se program. Vir die res van die fees is die Kreativ SA-skrywers se boeke steeds daar beskikbaar. Dit is uit Frans na Afrikaans vertaal deur Naòmi Morgan. Van die mense wat Minnaar puik vertolk, is die kind, sy pa, ma, ouma, kokette, ’n onderwyser (en nog) en seepglad wissel hy van register, maniërismes, stemtoon Die bekende TV- en verhoogkunstenaar June van Merch en sanger-liedjieskrywer Hilandi du Toit se Woordtrofee-benoemde produksie Gedig, my snaar word vanjaar hier op Oudtshoorn by die jaarlikse KKNK aangebied. Twee vertonings is geskeduleer vir 14 en 15 April 2017 om 17:00 by die Laerskool Wesbank. Die teks en musiek van Gedig, my snaar is deur Du Toit geskryf. Van Merch vertolk van die bekendste Afrikaanse gedigte asook oorspronklike digkuns uit Du Toit se pen. Du Toit vul die woordkuns aan met gevoelvolle kitaarimprovisasie en sing van haar oorspronklike gedigte wat liedjies geword het. Sy maak gebruik van drie verskillende kitare om elke gedig se afsonderlike karakter te ontsluit. “Hulle maak ’n goeie span en die gedigte en berymings is met sorg gekies. Ernstige kwessies word aangespreek – soos gay wees en liefde oor die kleurgrens – maar dit is nooit konfronterend nie. “Om die waarheid te sê word dit so goed oorgedra dat dit jou werklik laat luister en laat dink,” sê joernalis Ilza Roggeband wat die vertoning by die US Woordfees gesien het. Gedig, my snaar is genomineer vir ‘n Woordtrofee in die kategorie beste musiekgedrewe produksie. June van Merch is bekend vir en gevoelswêreld. Om dit te ervaar, is om ’n meester met jare se harde werk agter die blad voor jou te sien skitter. Sy spel is ragfyn en sag, niks is oordadig nie. Die dekor is ook van belang. Daar is onder meer papierblomme rondom hom, en soms vat hy een en hang dit op. Die regisseur en ontwerper, Philip Rademeyer, vertel: “Die blomme wat hy hang is nie elke keer noodwendig ’n ‘spesiale’ oomblik nie – maar ’n vormende een, hoe klein ook al. En as hy hulle dan aan die einde op die stoel sit, verteenwoordig dit die idee dat wie hy nou is, as volwasse man, die resultaat is van al hierdie gebeure. So, dis die idee dat ons lewenservaringe kumulatief is. “Die blomme wat omgedraai word en onderstebo hang, verwys dan ook na die wit rokke wat agter hang – wat die rokke is wat die Soefi-derwisje mans dra tydens hul dansgebede. “Nog ’n klein detail: Die hangende blomme is in die vorm van ’n halfmaan en dis ’n verwysing na die Turkse halfmaan, daar van waar Ibrahim vandaan kom.” ) Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran. Debuutdrama. Gimsaal. Vandag om 09:00; Di. om 16:00; Woe. om 12:30; Do. om 09:00 en Vry. om 12:30. June en Hilandi raak gehore se hartsnare June van Merch haar rol Patsy in die SABC 2-program Fishy Fêshuns. Sy was verlede jaar ook te sien in Die Boekklub. Sanger-liedjieskrywer, Du Toit is reeds bekend vir haar passievolle vertonings en sprankelende interaksie met gehore. Haar oorspronklike musiek, intieme stories en briljante kitaarspel verseker elke gehoor van ’n tydlose belewenis. Du Toit se respek en liefde vir ‘haar’ taal, waarborg luisteraars ‘n hartroerende belewenis van oorspronklike digkuns, toegevou in ryk melodie. ) Gedig, my snaar. Laerskool Wesbank. 14 en 15 April om 17:00. R110 per persoon.
Krit 10 April 2017 Nuus 13 Deon Meyer en Chanette Paul in gesprek oor misdaadromans by die ATKVBoekeoase. Foto: NARDUS ENGELBRECHT Soos gewoonlik het die reën weer vanjaar die KKNK besoek, met nat gevolge vir besoekers en teatereienaars. By die Johnny Bisschoffsaal moes werkers met besems en moppe die water uitvee. Foto: NARDUS ENGELBRECHT Angels on Horseback: Skop, Skiet and Blonder is van die op en wakker musiekproduksies wat mense na die Wilde Weste laat verlang. Foto: NARDUS ENGELBRECHT Karen Zoid in volle glorie in haar optrede saam met die Gereformeerde Blues Band waartydens daar teruggereis is na die begindae van die Alternatiewe Afrikaanse Musiekbeweging en die Voëlvrytoer. Foto: JACO MARAIS Anna Davel en Refentse Morake het konsertgangers op die Huisgenootverhoog in die Rivierbuurt vermaak. Foto: JACO MARAIS Geborg deur die Algemene Afvaardiging van die Vlaamse Regering