NUUS_MEI 2017
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Maandelikse oorsig van gebeure by

Kwartaal 2

Omsendbrief 5/2017

5

HOËRSKOOL GEBEURE

14

DIE LAERSKOOL TONEEL

20 CASTLE AVONTURE
QUICK LINKS

5

HOËRSKOOL GEBEURE

BAIE GELUK!

Boipelo Moloisane (graad 8) is met haar

insluiting in die Gauteng o/14-hokkiespan,

ook die eerste leerder van ons hoërskool wat

in ‘n spansport, provinsiale kleure verwerf

het.t

ONS IS BAIE TROTS OP JOU!

WORD

RAAKGESIEN

14

DIE LAERSKOOL TONEEL

20

CASTLE AVONTURE

OM TE ADVERTEER

bel

Chantelle

012 8089938/9

KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

2
BOODSKAP UIT

Die Kantoor

“Laughter is the sun that

drives winter from the human

face.”

- Victor Hugo*

Ons het oor die afgelope

paar weke soveel keer die

voorreg ervaar waar ons

leerders ons laat glimlag het.

Ek is opreg dankbaar vir elke

leerder, ouer en onderwyser

wat die Curro Roodeplaatreis

so onvergeetlik

maak. Gedurende Meimaand

het ons verskeie

bemarkingsaksies geloods,

soos die Kolonnadeuitstalling

asook die opedag

by die skool, om so verhoogde

sigbaarheid van ons skool

te bewerkstellig. Ek bedank

ook graag elke ouer wat

deelgeneem het aan die “Jou

Stem”-opname. Ek gee graag

terugvoer hieroor gedurende

Junie 2017.

Met die eksamens om die

draai, bedank ek graag

elke leerder en onderwyser

wat betrokke was by ons

wintersporte. Ek is dankbaar

vir die toewyding en moeite

om ons sport na die volgende

vlak te neem. Sommige van

ons spanne gaan betrokke

wees in uitspeelwedstryde en

ons wens hul graag alles van die

beste toe. Boipelo Moloisane

(graad 8) is met haar insluiting in

die Gauteng o/14-hokkiespan,

ook die eerste leerder van ons

hoërskool wat in ‘n spansport,

provinsiale kleure verwerf het –

ek wens haar én haar afrigter,

me. Stroebel, baie geluk.

Ruben Koekemoer het verlede

week in sy 50ste wedstryd vir

die eerste rugbyspan uitgedraf.

Dis ‘n ongelooflike prestasie

as mens in ag neem dat hy

reeds vanaf graad 9 vir die

eerstespan gespeel het. Ons

leerders wat aan die Pretoria

Eisteddfod deelneem, doen

besonders goed! Ek was

bevoorreg om sertifikate tydens

die onderskeie saalopeninge

te oorhandig en kon so getuie

wees van ons wonderlike

prestasies.

Die Umalusi Raad stel en

kontroleer standaarde vir

algemene en verdere onderwys

en opleiding in Suid-Afrika.

Dit word in ooreenstemming

met die Nasionale

Kwalifikasieraamwerk, Wet

Nr. 67 van 2008, sowel as

die Algemene en Verdere

Onderwys en Opleidings

Kwaliteitsbeheer, Wet Nr.

58 van 2001, gedoen. Alle

skole in Suid-Afrika moet by

Umalusi geakkrediteer word

ten einde as eksamensentrum

vir die gr. 12-eindeksamen

geregistreer te mag word. Met

die opening van ons hoërskool

het ons voorlopige akkreditasie

van Umalusi ontvang en is

ons deur ‘n lang en intense

administratiewe proses, sowel

as besoeke deur Umalusi

waarvan die laaste een in

Maart 2017 was. Ek is baie

dankbaar om aan te kondig dat

ons met ingang 1 Junie 2017,

permanente akkreditasie van

Umalusi ontvang het. Ek is baie

trots hierop en wens ook al ons

gr. 12–onderwysers geluk met

hul aanstellings as nasieners

van die IEB Nasionale Senior

Sertifikaat Novembereksamen.

Me. Alet Bissett is aangestel

as IEB-nasiener van die

MATCH gestandaardiseerde

toetse en me. Maria May is

aangestel as nasiener van die

Lewensoriëntering afdeling

B-eksamen. Ons hooffokus is

en sal altyd die akademiese

vordering van ons leerders

wees en die onderwysers hierbo

gemeld, dra by tot ons visie

van ‘n skool van akademiese

uitnemendheid.

Ek wens graag al ons leerders

baie sterkte toe met die

komende eksamen.

Vriendelike groete

Ferdi Niemand

* Franse skrywer en digter

OMSENDBRIEF 5/2017

info@salessquad.co.za

3
KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

4
HOËRSKOOL

GEBEURE

As onderwyser en opvoeder

is daar niks meer vervullend

as om in die lewe van

jongmense te belê nie. Ek het

verlede week ‘n aanhaling van

Steven R. Covey, met my graad

10-klas gedeel: die sleutel in nie

om tyd te spandeer nie, maar in

dit te belê. Alhoewel dit tot baie

interessante klasbesprekings

gelei het, het dit ook tot die gevolg

gehad dat ek ons rol as skool

en ‘n gemeenskap in oënskou

neem het. Ek het ook besin oor

wat ons doen om ons leerders

voor te berei vir die lewe na Curro

Roodeplaat. Ek eggo die woorde

van ons uitvoerende hoof, mnr.

Niemand: “As ons na die nuus

kyk en na die wêreld om ons,

het ons rede om bekommerd en

negatief te wees. Ons moet egter

besef dat ons geen beheer het oor

sekere dinge nie. Dus moet ons

fokus op dit wat ons kán beheer

en op dit wat voor ons is.” Ons

kla so dikwels oor hoe besig ons

is en hoe vinnig tyd vlieg... so laat

ons dan eerder in tyd met ons

kinders belê as wat ons slegs tyd

spandeer met hulle – kwaliteittyd

Izak Nagel

Waarnemende

Operasionele

Hoof

KULTUUR

Baie geluk aan Mia Biehler wat

aan die Pretoria Eisteddfod

deelgeneem het. Sy het twee A++simbole

verwerk in onderskeidelik

Afrikaans gedramatiseerde prosa

(Graad 8) en Engels Drama vir

nie-Engels taalsprekendes (Graad

8 & 9). Ons is ongelooflik trots op

haar.

OMSENDBRIEF 5/2017

info@salessquad.co.za

5
AKADEMIE

Ons begin met ons Junieeksamen

oor minder as

‘n week. Die leerders het

hulle eksamenroosters aan

die begin van die kwartaal

ontvang en ons vra u, as

ouer, om asseblief daarvan

kennis te neem. Ek moedig

u as ouers ook aan om u

kind aan te moedig om vir

hulself doelwitte te stel met

die oog op die komende

eksamen. Vergewis

u van hulle doelwitte

en bemoedig hulle om

dié doelwitte te bereik.

Ek wil dit ook graag onder u aandag

bring, dat hoewel ons sekere vakke

voor die aanvang van die formele

eksamen skryf, die eksamen eers

amptelik op Vrydag, 9 Junie begin.

Leerders kan by die huis

studeer op die dae wat

hulle nie skryf nie. Hulle

kan ook direk na afloop van

hul eksamen huis toe gaan.

Die eerste sessie begin

om 08:00 en leerders

moet reeds om 07:40

by die betrokke lokale

aanmeld. Daar

word busse gereël

vir die leerders wat

van busvervoer

gebruikmaak.

Die busse sal

om 11:30 van die

skool vertrek. ‘n

Verpligte

studieklas sal ook

beskikbaar wees vir

die leerders wat vir

die bus wag of vir die

leerders wat graag

by die skool wil studeer.

Die normale bustye word

behou vir leerders wat

die tweede sessie skryf.

Neem asseblief kennis

van die brief rakende

die eksamenregulasies

wat op 25 Mei na u

kind se elektroniese

toestel gestuur sal word.

Laastens herinner ons, ons graad

12-ouers aan die verpligte winterskool

gedurende die vakansie. Die rooster

vir die winterskool is ook na leerders

se elektroniese toestelle gestuur.

Dit is ook op die skool se webtuiste

beskikbaar.

Alles van die beste en

sterkte met die eksamen.

QUICK LINKS

GR 12

WINTERSKOOL ROOSTER

HOËRSKOOL

EKSAMENROOSTER

DEEL JOU FOTO’S MET

ONS!

KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

6
PRESTASIE: MEISIESHOKKIE 2017

Ons is trots om aan te kondig dat Boipelo

Moloisane in graad 8 gekies is vir die Noord-

Gauteng onder 14 B-span.

Sy is die eerste leerder van enige sportkode

in die hoërskool om vir enige Noord-

Gautengspan in die geskiedenis van die

hoërskool gekies te word.

Die Noord-Gautengspan sal vanaf 1-5

Julie 2017 in Noordheuwel teen die ander

provinsies meeding en ons wens Boipelo

alles van die beste toe.

Ons weet dat sy ons trots sal maak.

UITSLAE:

SEUNSHOKKIE

MEI 2017

F.H. Odendaal

o/16: 1-1 Gelykop

o/18: 4-1 Wen

Menlopark

o/16: 0-2 Verloor

o/18: 8-0 Wen

Eduplex

o/16: 4-1 Wen

o/18: 2-0 Wen

CBC Mount Edmund

o/16: 0-3 Verloor

o/18: 1-1 Gelykop

FIETSRY

Spur Skoolbergfietsliga

– Die “Tour de Vaal”

was gekanselleer a.g.v.

slegte weer. Die volgende

wedren vind op 12

Augustus 2017 plaas.

NETBAL

2017 was weereens ‘n

suksesvolle netbalseisoen

vir Curro Roodeplaat. Ons

het nie net drie spanne

gehad nie, maar het ook

in alle ouderdomsgroepe

in ons liga uitstekend

presteer. Ons is baie

trots om aan te kondig

dat ons onder 14-span

die D1-liga gewen het en

op 10 Junie by Girls High

School speel. Tydens

die Curro Streektoernooi

het ons 1ste span weer

as oorwinnaars van die

toernooi uitgetree.

OMSENDBRIEF 5/2017

info@salessquad.co.za

7
info@salessquad.co.za

+27 83 280 0351

www.sales-squad.com

KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

8
HOËRSKOOL

Belangrike

Datums

1 Junie Tennis: Junior seuns vs Eldoraigne (Weg)

2 Junie Netbal Uitspeelwedstryde (TBC)

Rugby vs Maragon (Tuis)

Tennis: Senior seuns vs Zwartkop (Weg)

6 Junie Kultuur: Koswerkswinkel (Skool)

Tennis: Junior dogters vs Garsfontein (Weg)

7 Junie Gr 12 LO GTA Deel B

Hokkie-uitspele (TBC)

9 Junie Tennis:Senior seuns vs Willowridge (Weg)

Rugby uitspele (TBC)

12 Jun – 28 Jun Hoërskooleksamen

15 Junie Tennis: Jnr seuns vs Woodhill

17 Junie Ruitersport Core League Qualifier

18 Junie Ruitersport Core League Qualifier

23 Junie Kultuur: Koswerkswinkel (Skool)

29-30 Junie Curro Nasionale 7’s

29 Junie – 5 Julie Winter school/Winterskool

30 Junie Skool sluit

25 Julie Skool heropen

OMSENDBRIEF 5/2017

info@salessquad.co.za

9
HOËRSKOOL

KAALVOETDAG

NOODHULPKURSUS

& IGO-KURSUS

GALLERY

KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

10
GALLERY

1ste SPAN

NETBAL

TENNIS

OMSENDBRIEF 5/2017

info@salessquad.co.za

11
Designed by Sales Squad

KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

12
Designed by Sales Squad

OMSENDBRIEF 5/2017

info@salessquad.co.za

13
DIE

LAERSKOOL

T O N E E L

Operasionele Hoof - Alta Theunissen

“In life, if you want more, you must become

more”

– John C Maxwell

Hier by ons skool vind ons waarlik

“goud” - nie net in medaljes en bekers

nie, maar in die mense wat omgee

en uitreik na ander, mense wat ‘n verskil

maak. Wat ‘n voorreg is dit nie om deel

van Curro Roodeplaat te wees nie!

Ek sien die goue-oomblikke in elke leerder

wat glimlaggend ‘n kombersie skenk vir

die “cover me” projek; leerders wat armom-die-skouer

hul maatjie vergesel tot by

Charmaine of Chantelle wat ook liefdevol

‘n pleister op die eina sal plak; onderwysers

wat ure langs die sportvelde spandeer of

saans by die redenaars; werkers wat met

‘n glimlag die geboue en terrein netjies

hou; ouers wat hul tyd opoffer met verkope,

aankoop van komberse en ondersteuning

langs die sportvelde…

En tussen dit alles deur het ons graad 4-7

leerders deelgeneem aan die eerste rondte

van die AMESA Wiskunde Olimpiade.

Geluk aan die 15 leerders wat deurdring

na die volgende rondte!

The following learners of

Curro Roodeplaat

participated in the new

series of SA’s got Talent:

Kristen Barry

Jeanna Bissett

Megan Dauth

Bianca Fourie

Jacques Mouton

Kathleen van Rooyen

Op 18 Mei het al die graad 6 en 7-leerders

deelgeneem aan die Wêreldkennis

Olimpiade. Alle kostes is deur die

skool betaal. Ons hou u op hoogte van die

uitslae sodra ons dit ontvang!

BAIE GELUK

aan ons 0.11 seuns-tennisspan wat as

wenners van hul liga uit die stryd getree

het. Ons is voorwaar baie trots op julle!

KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

14
Curro Castle hou op 10 Junie

hul jaarlikse “MasterChef”-

kompetisie. Alle graad R tot

3- leerders, vergesel deur ‘n

volwassene, word uitgenooi om in

die pret te kom deel. Kontak gerus

die Castle vir verdere inligting.

Dankie aan al die ouers wat gereageer

het op Elevate Education se

studievaardighedeprogram. Dit vind

plaas op 30 en 31 Mei vir graad 4-7 leerders

wat ingeskryf het.

VERLORE ??

Daar is heelwat verlore kosblikke en klerasie.

Voortaan sal ons elke laaste Vrydag van die

maand alle verlore goedere op die vierkant

uitstal.

OOns is trots om aan te kondig

dat Me. Alet Bissett deur

die IEB aangewys is

as ‘n nasiener vir graad 7

“MATCH”-vraestelle.Agt van

ons leerders het ingeskryf vir

die toetse en ons glo dat die inskrywingstal

jaarliks sal groei!

EKSAMEN

Neem asseblief kennis dat die eksamen

op 14 Junie afskop. Die eksamenrooster is

beskikbaar op ons webblad.

Baie dankie aan elke leerder, ouer en

personeellid wat hierdie kwartaal so baie

van hulself gegee het, op welke manier

ookal, tot voordeel van Curro Roodeplaat.

Saam maak ons ‘n verskil!

LAERSKOOL EKSAMENROOSTER

RUGBY

Ons wens graag ons rugbyseuns geluk met hul vertonings sover. Hulle het hul beste in

elke wedstryd gegee! Al die resultate het wel nie in ons guns getel nie maar hierdie seuns

het aanhou speel tot die eindfluitjie geblaas het.

Ons wens die seuns voorspoed toe met die volgende oorblywende ligawedstryde:

Sagewood Primary - 1 Junie 2017

Laerskool Akasia - 8 Junie 2017

Die resultate vir die seisoen is as volg:

Opponente o.9 o.11 o.13

Laerskool Derdepoort n/a Wen 41-7 Wen 24-5

Woodhill College Verloor 5-12 Verloor 0-19 Verloor 0-58

Laerskool Voortrekker Eeufees Wen 33-0 Verloor 19-21 Verloor 7-24

Laerskool Wonderboom–Suid Verloor 0-24 Verloor 5-7 Verloor 0-46

OMSENDBRIEF 5/2017

info@salessquad.co.za

15
GALLERY

KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

16
OMSENDBRIEF 5/2017

info@salessquad.co.za

17
KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

18
TOP

5

GRADE

4

GRADE

5

GRADE

6

GRADE

7

TOP

5

Belangrike Datums

1 Junie Rugby vs Sagewood (Sagewood)

3 Junie Bulletjierugby Loftusdag 08:00

Netbal uitspeelwedstryde (Du Preez Van Wyk)

6 Junie Rugby vs Akasia (Akasia) 14:00

9 Junie Netbal Tshwane Kampioenskappe

10 Junie Bulletjierugby (Woodhill College) 08:00

14 Junie Eksamen begin (sien eksamenrooster op webwerf)

16 Junie Jeugdag

24 Junie Familie Pret Dag (Roodies Run and Ride)

30 Junie Skool sluit (Slegs Gronslagfase ontvang rapporte)

25 Julie Skool heropen

DEEL JOU FOTO’S MET ONS!

OMSENDBRIEF 5/2017

info@salessquad.co.za

19
CASTLE

AVONTURE

Elna & Castle-personeel

Ons vertrou julle

is só bederf met

Moedersdag.

Watter voorreg

om ‘n Mamma

te wees.

“Being a full time

mother is one of the

highest salaried jobs...

since the payment is

pure love.”

- Mildred B. Vermon

Ons het hierdie

afgelope week

die saalopeninge van

beide ons laerskool

en hoërskool bygewoon

en ons kon nie vir beter

bemarkers gevra het

vir ons MasterChefkompetisie

nie! Die

Hoërskool het geoehhh

en ge-aaaahhh

en die Laerskool het

geesdriftig hande

geklap saam met

ons. Baie dankie aan

Mikyala, Sihle en Mila.

Kan ons asseblief vra vir

enige kontantbydraes/

donasies vir ons

MaterChef-kompetisie:

1. Donasies vir die

aankope van

benodigdhede vir

spens, groente &

speserye.

2. Drie geskenke vir ons

beoordelaars.

3. 1ste, 2de en 3de plek

pryse vir wenners,

asook ‘n prys vir beste

werkstasie & span.

KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

20
Ons uitstappie na Spar is

uitbundig begroet en die busrit

‘n hoogtepunt. Dit bly ’n groot seën

om met kleutertjies te werk, omdat

mens elke dag iets nuut kan ontdek

en beleef. Dankie,

aan meneer Ferdi

wat ons inkopiekleuters

gaan

afsien het by die bus. Baie dankie ook aan ons bekwame

busbestuurder, Hannes, wat hom uitstekend van sy taak

gekwyt het.

BELANGRIKE INLIGTING

Kaartjies vir die kompetisie sal verkoop word 25 Mei – 2

Junie teen R300 per span (alle bestanddele word aan spanne

gegee om te prut en kook). ‘n Inligtingsbrief met die proses, reëls en

gaarmaakwenke sal by die kaartjie aangeheg word.

NB

Raai ons MasterChef-beer se naam @ R10 en jy kan wen! (Dit sal uitgestal

word in ingangsportaal vir Meimaand). Dink net hoe snoesig gaan

daardie grootte beer in die winter saamslaap.

BELANGRIKE DATUMS

25 - 2 Junie Kaartjies te koop vir MasterChef

10 Junie MasterChef

16 Junie Jeugdag

23 Junie Besoek aan Little Hearts

30 Junie Skole sluit om 10:00

25 Julie Skool heropen

OMSENDBRIEF 5/2017

info@salessquad.co.za

21
KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

22
KONTAKBESONDERHEDE

ALGEMENE ONTVANGS

012 808 9938/9

adminr@curro.co.za

castle ONTVANGS

Veronica Riggs

veronica.r@curro.co.za

LAERSKOOL ONTVANGS

Charmaine Riggs

charmaine.r1@curro.co.za

HOËRSKOOL ONTVANGS

Joelene Prinsloo

joelene.p01@curro.co.za

OMSENDBRIEF 5/2017

info@salessquad.co.za

23
KONTAKBESONDERHEDE

Finansies

Charmaine Miny

charmaine.m@curro.co.za

BEMARKING

Chantelle van Niekerk

bemarkingr@curro.co.za

sport

Jacques van der Merwe

jacques.v1@curro.co.za

KWARTAAL 2 Designed by sales-squad.co.za

24