You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
KWARTAAL 3

NUUSBRIEF 08/18
INHOUDSOPGAWE

01 BOODSKAP UIT DIE KANTOOR pg 04

02 HOËRSKOOL GEBEURE pg 06

03 HOËRSKOOL SPORT pg 08

04 HOËRSKOOL KULTUUR pg 10

05 HOËRSKOOL AKADEMIE pg 12

06 HOËRSKOOL BELANGRIKE DATUMS pg 14

07 LAERSKOOL TONEEL pg 16

08 LAERSKOOL SPORT pg 18

09 LAERSKOOL KULTUUR pg 20

10 LAERSKOOL AKADEMIE pg 22

11 LAERSKOOL BELANGRIKE DATUMS pg 24

12 CURRO CASTLE pg 26

13 BELANGRIKE DATUMS pg 28

14 CURRO CASTLE GALLERY pg 29

15 KONTAKBESONDERHEDE pg 31
BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

Skok, ongeloof, hartseer...sommige van die emosies wat ek met die aanhoor

van me. Veronica Riggs se afsterwe verlede Donderdag, ervaar het. Ek

betuig graag ons skool se diepe meegevoel met Veronica se familie. Sy sal

altyd ’n spesiale plek in ons harte hê. Ek sal altyd met tere herinnering terugdink

aan die saggeaarde, goedhartige Veronica, wat net die beste vir ons kleintjies by

die Castle wou hê. Rus in vrede, Veronica.

Gedurende die afgelope paar weke het ons soveel hoogtepunte op soveel terreine

van ons skoollewe ervaar. Dit sluit die volgende in: uitstekende sokkeruitslae,

twee hoërskoolrugbyspanne wen hul liga en neem deel aan die uitspeelrondes,

ons laerskool tennisspanne vaar uitstekend en wen van ons buur-laerskole vir die

eerste maal, ons o.16- hokkiedogters speel in die Noordvaal-finaal (nog ’n eerste),

’n onderwyser (mnr. Glen Attwil) verwerf provinsiale kleure in landloop en ons junior

en senior krieketspanne begin hul seisoen op ’n hoë noot. Dit alles getuig van harde

werk deur ons onderwysers en leerders. Dankie, aan elkeen van julle. Ons sien uit

na die juniorkoor, hoërskooldrama en hoërskoolkoor se optredes aanstaande week

in die Staatsteater tydens die Tshwane Youth Arts Festival. Ek wens hul graag alles

van die beste toe! Hierdie is ’n wonderlike geleentheid – CARPE DIEM!

Dankie, aan elke familie vir die volgehoue ondersteuning van ons kaskardag

en die gepaardgaande fondsinsameling. Ons waardeer alle pogings van ons

ouers en leerders om fondse vir ons skool te in. Die hoërskool is in die finale

voorbereidingsfase van die eerste pantomime en ons sien almal uit na die optredes

deur ons talentvolle hoërskoolleerders vroeg in September.

September is ons “anti-bullying” veldtogmaand en ons gaan al ons energie in die

stryd werp met hierdie veldtog in ons skole. Ons loods reeds hierdie veldtog teen

die einde van Augustus met plakkate en bewusmaking hiervan in ons skole.

Ons sal binne die volgende paar weke briewe en kennisgewings uitstuur rakende

belangrike vergaderings oor belangrike sake wat ek met u as ouers wil belê. Woon

asseblief hierdie vergaderings by en neem deel aan die gesprek oor ons skool en

die toekoms van ons skool.

Ferdi Niemand

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 4
“Good friends are hard to find,

harder to leave, and impossible

to forget”

- Anoniem

01

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 5
HOËRSKOOL GEBEURE

Met die derde kwartaal sterk op

dreef, is ons besig om hard

aan ons mikpunte te werk. U

mag uself die vraag afvra: “Hoe het ons

die mikpunte bepaal?”

Die eerste dag van die kwartaal het die

personeel in graadverband, die hele

skool se vakke per vak, bestudeer. Die

proses het tot 21:00 geduur. Ons het

gekyk na leerders wat met een of twee

vakke sukkel en die betrokke ouers is

na die oueraand uitgenooi. Die leerders

wat probleme met meer as twee vakke

ondervind, is na ʼn paneelbespreking in

die daaropvolgende weke genooi. Die

besprekings is deur al die vakpersoneel

bygewoon, buiten die personeel wat

weens sportwedstryde ongelukkig nie

die vergadering kon bywoon nie. Die

paneelbespreking moet geensins gesien

word as ondervraging om die skuldige uit

te wys of om vingers te wys nie. Dit moet

eerder gesien word as ʼn manier om ʼn

oplossing te vind en nuwe mikpunte daar

te stel. Al die inligting ingewin tydens die

oueraand en die paneelbesprekings, is

gebruik om ʼn spesifieke ingrypingsplan

deur elke personeellid saam te stel. Dit

word onmiddellik in werking gestel.

Die kern van ons besigheid, bly steeds

akademie. Daarom doen ons ʼn beroep

op u om ons te ondersteun. Die aantal

leerders wat deur die loop van die

skooldag deur ouers uitgeteken word, is

ʼn groot bekommernis. Neem asseblief

kennis dat indien ʼn leerder voor 09:00

soggens uitgeteken word, die leerder

as afwesig gesien word. Die intensie is

noemenswaardig, maar om slegs een en

ʼn halwe periode by te woon, kan nie as

aanwesig gesien word nie. Die wêreld

daar buite is nie so vergewensgesind nie.

Kwartaal 3 se punte bestaan uit toetse

en opdragte en kan daarom gesien

word as ‘n kwartaal waarin maklik punte

behaal kan word. Ons vind egter dat

leerders, weens swak tydsbeplanning,

hulself in ʼn hoek vaskeer en dan van

die verskoning gebruik maak dat twee

opdragte in een week ingehandig

moet word. Ons het spesifiek vir die

doel assesseringprogramme reeds in

die vorige kwartaal uitgestuur. Groot

opdragte is reeds vroegtydig aan

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 6
leerders gekommunikeer en kleiner

opdragte word ʼn week voor die tyd aan

leerders gegee. Ek wil nie veralgemeen

nie, maar sommige leerders dink dat

om afwesig te wees die dag wanneer

‘n opdrag ingehandig moet word, die

oplossing is. Die 10% wat afgetrek word

per dag, vir elke dag wat die opdrag

laat is, kan daarom gesien word as ‘n

verspilde geleentheid.

Ons is geseën met ons vertoning tydens

die Oppie Tong Af Redenaarsfees. Ek

kan duidelik die positiewe invloed van die

redenaarskompetisies, asook die ATKV

en die Toastmasters, op ons leerders

sien in die wyse wat ons voornemende

prefekte hulle voorleggings gedoen het.

Om ‘n suksesvolle spreker te wees, baan

die pad na sukses. Dis met groot afwagting

wat ons uitsien na die openingsaand

van ons pantomime – die plakkate is

reeds op. Verder neem ons koor en ons

dramagroep, met Breyten en Blake,

deel aan die Tshwane Jeugkunstefees.

Ons het ook ʼn baie suksesvolle dwelm

bewusmaking week agter die blad met

verskeie gas sprekers wat ons leerlinge

gewys het op die gevare.

Verlede Saterdag het ons o/16-

hokkiedogters ons ongelooflik trots

gemaak as die eerste span in Curro

Roodeplaat-geskiedenis wat deurgedring

het tot die finaal van die Noordvaalkompetisie.

Alhoewel Curro met die

louere weggestap het, het ons dogters

as naaswenners uit die stryd getree. Ons

dogters het 0-1 teen Curro Heuwelkruin

verloor. Daar moet egter genoem word

dat ons verlede jaar 9-0 teen hulle verloor

het. BAIE GELUK MEISIES. Beide ons

o/15- sowel as ons 0/17-rugbyseuns het

ongelukkig verloor in die ronde van 16.

Marselle Cronje is verkies tot die Noord-

Gauteng Aksiekrieket se o/23-span. Ons

wens hom alle sterkte toe. Landloop,

krieket, gholf en sokker is nou aan die

orde van die dag en na ‘n suksesvolle

sokkerkamp, word daar groot dinge van

ons seuns verwag.

Ons wens al die graad 12-leerders

en ouers alle sterkte toe met die

voorbereiding vir die rekordeksamen.

Mag God u en u familie ryklik seën.

Hou aan vra HOEKOM?

02

Pieter van Wyk

Hoof: Hoërskool

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 7
HOËRSKOOL SPORT

03

AUGUSTUS 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 8
DOGTERSHOKKIE

Ons hokkieseisoen vir die dogters het amptelik tot ‘n einde gekom nadat ons o/16

span betrokke was in die Noordvaal uitspele. Ons kan met trots sê dat 2018 ‘n

geskiedkundige jaar was vir ons dogters.

Die dogters het hul harte uitgespeel in die seisoen en gevolglik die eerste span

geword wat in die finaal van die Noordvaal kompetisie gespeel het. Op pad na die

finaal het ons dogters in die kwartfinaal met 4-1 geseevier en daarna in die semifinaal

met 8-0 gewen. Ons het teen Curro Heuwelkruin te staan gekom in die finaal

wat plaasgevind het by Vanderbijl Park. Ongelukkig het ons dogters 1 – 0 verloor,

maar het dwarsdeur die wedstryd uitstekende veggees getoon.

Ons is ongelooflik trots op elke liewe speler sowel as die afrigters wat 2018 ‘n

uitstekende seisoen gemaak het.

SOKKER

Sokker het ook volstoom afgeskop by die hoërskool met ons eerste wedstryd vir

die kwartaal wat plaasgevind het teen Crawford College. Ons o.15 span het 0 – 0

gelykop gespeel en die 1ste span het ongelukkig 3 – 1 verloor.

Die o/15 en 1ste span het egter die bordjies verhang in hul volgende wedstryd teen

Curro Academy Pretoria wat by Curro Roodeplaat plaasgevind het. Ons o/15 span

het 1-1 gelykop gespeel en die 1ste span seuns het hul wedstryd gemaklik met 3

– 1 gewen.

GHOLF

Ons het in ons eerste ligawedstryd te staan gekom teen Die Wilgers met ons eerste

span. Ons kon nie vir ‘n beter begin gevrae het nie nadat ons seuns die wedstryd

gemaklik beklink het.

Ons volgende wedstryd was teen Pretoria Boys High by Waterkloof gholfbaan. Ons

het net-net uitgemis op ‘n tweede oorwinning, maar op die einde van die dag het

Pretoria Boys High as wenners uit die stryd getree.

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 9
OPPIE TONG AF REDENAARS:

Op 24, 26 en 27 Augustus het 55 van

ons leerders aan die Oppie Tong Af

Redenaarsfees te Curro Hazeldean

deelgeneem. Leerders het in

groepsverband en individueel aan

onderskeie kategorieë soos voorbereide

spanredenaars, onvoorbereide

spanredenaars, motiveringstoesprake,

vermaaklikheidstoesprake en

onvoorbereide individuele toesprake

deelgeneem.

TSHWANE JEUGKUNSTEFEES:

Op 23 Augustus en 25 Augustus neem

die koor en die dramagroep aan die

Tshwane Jeugkunstefees in die Pretoria

Staatsteater deel. Dit is voorwaar ‘n

voorreg om vir die fees gekies te word

aangesien elke skool eers ‘n oudisie

moet aflê.

Ondersteun gerus die leerders op die

bogenoemde datums.

Dit is die grootste getal leerders nog

deur Curro Roodeplaat ingeskryf en

ons is ongelooflik trots op die brawe

leerders wat die skool se naam met

trots verteenwoordig het.

Baie geluk aan ieder en elke leerder!

JUNIOR STADSRAAD VAN PRETORIA

ALGEMENE KENNIS VASVRAE:

Die jaarlikse JSR se algemene kennis

Vasvrae het op 7 Augustus te Hatfield

Christian Church plaasgevind. Curro

Roodeplaat het 8 spanne, bestaande

uit 4 leerders elk, ingeskryf.

HOËRSKOOL

KULTUUR

04

Baie geluk aan Robbie Visagie, Berno

van der Westhuizen, Abel Kurien en

Richardt Aust wat elkeen ‘n selfoon

gewen het!

PANTOMIME:

Hou die spasie en ons sosiale media

dop vir verdere inligting.

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 10
AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 11
HOËRSKOOL

AKADEMIE

05

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 12
Baie geluk aan ons studente met hul uitstekende uitslae!

Akademiese Top 5: Graad 10 - 12

“If you steal from one book, you are condemned as a plagiarist. If you steal

from ten books you are considered a scholar and if you steal from thirty

books, a distinguished scholar.”

- Amos Oz, A tale of Love and Darkness

Ek wil graag ons onderskeie skoliere gelukwens met hul uitstekende akademiese

prestasie hierdie afgelope kwartaal. Gedurende die eerste week van kwartaal 3 het

ons, ons Akademiese Top 5 aangekondig vir elke graad. Hulle het hard gewerk om

hierdie gesogte prestasie te ontvang. Sterkte aan elkeen van hulle vir die kwartaal

wat voorlê.

Dit gee my groot genoeë om aan te kondig dat ons top wiskunde- en

wetenskapstudente in graad 10 en 11 uitgenooi is na die ‘Aerospace Defence

Career Expo’ in September. Dit sal die 9de uitgawe van die AAD wees en vind

plaas by Waterkloof Lugmagbasis.

Hou aan met die goeie uitslae.

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 13
HOËRSKOOL BELANGRIKE DATUMS

AUGUSTUS 2018

04

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 14
AUGUSTUS

WOENS 15/08 Landloop (Sutherland): 14:00 - 17:00

DOND 16/08 Krieketwedstryd o/15 teen Lyttelton Mannor (Weg)

VRY 17/08 Aankondiging van 2019 Leerlingraad (Saal)

MAAN 20/08 Krieketwedstryd 1ste teen Erasmus (Weg)

DOND 23/08 Krieketwedstryd o/15 teen Soshanguve (Tuis)

SAT 25/08 Sokker toernooi te Curro Thatchfield (seuns en dogters)

AUGUSTUS 2018

06

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 15
LAERSKOOL TONEEL

Ons staan amper

aan die einde

van Augustus –

ongelooflik hoe vinnig

die tyd verby snel. As

skool het ons reeds talle

hoogtepunte in hierdie

afgelope maand bereik…

Ons is baie trots op ons

leerders wat besonders

presteer in kultuur en op

sportgebied. Dit sluit in

landloop, tennis, hokkie

en mini-hokkie, krieket,

ruitersport, eisteddfods en

die opkomende Tshwane

Youth Arts Festival. Lees

gerus meer hieroor in die

onderskeie artikels.

Die akademie is volstoom

aan die gang met

klasprojekte en sommige

termyntoetse wat alreeds

afgehandel is. Neem

asseblief kennis dat graad

R tot graad 7- leerders

alle klasse moet bywoon

tot aan die einde van hul

onderskeie skooldag. Ons

versoek vriendelik dat

doktersafsprake sover

moontlik vir die middag

geskeduleer word.

Ek herinner u daaraan

dat die “drop-off zone”

slegs voorsiening maak

vir voertuie om te stop,

leerders af te laai en dan

weer te vertrek. Geen

parkering word dus daar

toegelaat nie. Neem

asseblief die reëls in ag

om die vloei van verkeer

vir almal te vergemaklik.

Borgvorms vir die jaarlikse

kaskarderby is reeds aan

u kind uitgedeel. Baie

dankie vir die fondse

wat alreeds inbetaal is.

Die kompetisie tussen

die klasse loop hoog en

leerders sien uit na die

weeklikse aankondiging

van die voorlopers!

Trots Curro Roodeplaat.

Alta Theunissen

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 16
“Give more than you expect to

receive, love others unconditionally,

look for ways to add value to others,

and bring joy to the relationships you

hold dear ”

– John Maxwell

07

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 17
LAERSKOOL SPORT

KRIEKET

Ons liga het af geskop vroeg in die kwartaal teen Eduplex.

Vir ons tweede wedstryd het ons drie spanne gehad wat gespeel het teen Southdowns

College, naamlik die o.9, o.11 en o.13 spanne. Ongelukkig het ons al drie die wedstryde

verloor.

Ons volgende ligawedstryde was teen Curro Thatchfield. Die o.13 span het ‘n baie

goeie wedstryd gehad waarin hule ‘n oorwinning van 157 lopies behaal het.

Ons is opgewonde om te sien hoe ons seuns die res van die seisoen gaan vaar en

wens hul alle sterkte toe.

HOKKIE

Die hokkieseisoen het uiteindelik afgeskop en die leerders het volstoom begin met

oefening. Wedstryde het in 2018 verskuif na skole se velde en ons leerders kry

gevolglik die geleentheid om hul wedstryde op die hoërskool se ASTRO bane te speel.

Ons eerste wedstryd was teen Laerskool Riveria waar ons o.11 en o.13 dogters

gespeel het. Die seuns se eerste wedstryd van die seisoen was teen Christian Brothers’

College wat plaasgevind het op die ASTRO. Ongelukkig het ons o.11 en o.13 spanne

hul onderskeie wedstryde verloor.

SOKKER

Sokker het ookvolstoom afgeskop by die laerskool met ons eerste wedstryd vir die

kwartaal wat plaasgevind het by Deutsche Schule Pretoria. Ons o.11 het ongelukkig

2 – 0 verloor en die o.13 span het 2 – 1 verloor.

Die o.13 span het egter die bordjies verhang in hul volgende wedstryd teen Max Stibbe

wat by Curro Roodeplaat plaasgevind het. Ons seuns het die wedstryd gemaklik met

11 – 0 gewen.

TENNIS

Ons tennisliga het op ‘n hoë noot afgeskop. Die onder 13 seuns het hul eerste wedstryd

teen Laerskool Stephanus Roos gespeel en 29-26 gewen. ‘n Eerste vir Roodeplaat.

Hulle het ook baie goed gespeel teen Totiusdal en 39-17 gewen. Baie geluk seuns!

Ons is vreeslik trots op julle. Hou aan met die harde werk.

RUITERSPORT

Baie geluk aan Haylee Duarte en Kingsdale wat deelgeneem het aan die Gauteng

finaal. Sy behaal ‘n derde, vyfde, twaalfde en twee dertiende plekke. Sy verwerf

Gauteng kleure en sal dan ook aan die nasionale kompetisie deelneem wat gedurende

die September skoolvakansie plaasvind. Baie sterkte, Haylee!

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 18
08

AUGUSTUS 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 19
AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 20
LAERSKOOL KULTUUR

Hierdie kwartaal is ‘n opwindende

kwartaal vir kultuur. Daar is verskeie

kultuuraktiwiteite wat plaasvind. Hou

asseblief die volgende datums in

gedagte:

1. 20 – 23 Augustus: Interne kultuurweek

2. 28 Augustus: Kultuur gala-aand

3. 3 – 7 September: Boekweek

4. 3 September: Mad Hatter’s

teepartytjie

5. 8 September: Moeder-en-dogtertee

(Kaartjies te koop by ontvangs)

Ons moedig alle leerders aan om aan

die verskeie aktiwiteite deel te neem.

Dankie vir u deurlopende ondersteuning

van kultuur by Curro Roodeplaat.

DIRK VAN DER WESTHUIZEN KUIER

BY CURRO ROODEPLAAT

Dirk van der Westhuizen, die bekende

sanger, het een van ons klasse verras

met ‘n blitsbesoek nadat hy verneem

het hulle is van sy grootste aanhangers.

Hy het vir hul elkeen ‘n CD gebring

en hulle het op hul beurt vir hom

gewys dat hulle elke beweging van die

danspassies van sy nuutste treffer “Die

tennis tune” ken. Hierdie was verseker

‘n dag wat hul altyd sal onthou!

HULLE KAN BESLIS DANS

Larissa Botha en Mieke Greyling was

gekies om Saterdag 28 Julie saam met

Arno Jordaan te dans by “Afrikaans

gaan klein” wat by Weiveld in Pretoria

gehou was. Beide dans al vir 6 jaar

lank en dit was ‘n ongelooflike geleentheid

wat hul te beurt geval het. Daar

was twee vertonings en albei was

uitverkoop, so meer as 2000 mense het

die vertoning gaan kyk.

Arno Jordaan was die gasheer en open

elke jaar die vertoning. Daar was slegs

5 dansers gekies om saam met hom

die opening te doen – beslis ‘n groot

oomblik vir ons eie Larissa en Mieke!

09

AUGUSTUS 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 21
LAERSKOOL AKADEMIE

Baie geluk aan on Top 5 Akademiese presteerders vir kwartaal 2!

GRAAD 4

1. Anke Nel

2. Nika Rakesh

3. Jorja Jacob

4. Kristen Barry

5. Julia Boshoff

GRAAD 5

1. Anton Biehler

2. Mark Fourie

3. Leaveill Ceylon

4. Dane Mouton

5. Nadia Grobbelaar

GRAAD 6

1. Ria Sookraj

2. Haylee Duarte

3. Amogelang Tshoagong

4. Inacio Marques

5. Teagan Dean

GRAAD 7

1. Myralene Fourie

2. Anton Biehler

3. Cara Theron

4. Dirk Van Der Hoff

5. Kristen Van Drimmelen

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 22
10

AUGUSTUS 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 23
BELANGRIKE DATUMS

AUGUSTUS

18 Augustus Landloopkampioenskappe

Hokkie: Laerskool Skuilkrans (Hoërskool Garsfontein)

Mini-hokkie: Eduplex

20 Augustus Tennis: Laerskool Pierneef (tuis)

21 Augustus TYAF: Junior koor

22 Augustus Sokker: Curro Academy Pretoria

Hokkie: o.11& o.13 meisies (Christian Brothers College)

23 Augustus Hokkie: o.11 & o.13 seuns (Laerskool Theresapark)

25 Augustus Eduplex

27 Augustus Tennis: Laerskool Villeria (tuis)

28 Augustus o.13 Krieket: Laerskool Die Krans (tuis)

Hokkie: o.11 & o.13 seuns (Laerskool Pretoria–Oos)

Kultuur: Gala-aand (18:00)

29 Augustus Sokker: Curro Mamelodi

o.9 Krieket: Laerskool Die Krans (tuis)

30 Augustus o.11 Krieket: Laerskool Die Krans (tuis)

Hokkie: o.11 & o.13 meisies (Laerskool Rayton)

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 24
SEPTEMBER

3 September Boekweek begin

4 September o.13 Krieket: Laerskool Bergsig (Laerskool Bergsig)

5 September Toetsreeks begin (5-14 Sept)

o.9 Krieket: Laerskool Bergsig (tuis)

6 September o.11 Krieket: Laerskool Bergsig (tuis)

8 September Moeder-en-dogter lentetee

Hokkie: o.11 & o.13 seuns (Hatfield Christian School)

Mini-hokkie: Laerskool Hennopspark (slegs seuns)

11 September o.13 Krieket: Maragon Olympus (tuis)

12 September o.9 Krieket: Maragon Olympus (Maragon)

13 September Hokkie: o.13 seuns (Laerskool Rooihuiskraal)

o.11 & o.13 meisies (Laerskool Meyerspark)

o.11 Krieket: Maragon Olympus (Maragon)

15 September Mini-hokkie: Curro Roodeplaat

20 September Kaskar

21 September Skool sluit (10:00)

11

AUGUSTUS 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 25
“A bedroom without

a teddy is like a face

without a smile”

- Gil Davies

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 26
CURRO CASTLE

Ons het ons Eksodus-besoek afgelaai. Ouers kan na die rugbyveld toe

baie geniet. Die herinnering van beweeg en stoele, piekniekkomberse en

hoeveel plae daar was en hoe eetgoedjies in klasverband uitpak.

die Israelite gered en deur die see gelei

is, het net weer bevestig hoe groot God is. Die optog van die atlete begin stiptelik om

Dankie, vir ’n heerlike fietsie-dag. Dit was 08:45. Die opening sal dan deur twee van

’n reuse sukses. Ons spog ook graag dat ons groep 5 leerlinge behartig word. Mnr.

ons kleutertjies bus kan bestuur, sonder Ferdi sal almal verwelkom en dan sal die

om eers die petrol te trap.

eerste skoot klap vir die 20m Uiltjieklas

item. Ons vra mooi dat net die klas wat

Ons atletiekdag is om die draai en ons hardloop se ouers by die wenpaal sal

hoop almal het al verlof ingesit om die dag wag. Ons het ook twee waterglybane vir

saam met ons te kom geniet. Elke kleuter die oggend. Na afloop van alle items kan

hardloop net vir hulle mamma of pappa, ons kleuters gly, asook die hindernisbaan

ouma of oupa, dus hoop ons om julle almal ontdek en bemeester. Ons sal om 10:30

daar te sien. Ons klasverteenwoordigers met ons verrigtinge klaar wees waarna

sal met hulle klasse reël vir Gazebo’s julle julle kleuters saam huis toe mag

vir beskerming teen ons lente-son. Julle neem.

kan piekniekmandjies pak waaraan al

ons atlete saam julle kan smul na al die

rekords gespat het.

Vriendelike groete,

Castle personeel

12

Die program lyk soos volg:

Kleuters word gewone tyd by hulle klasse

AUGUSTUS 2018 MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 27
BELANGRIKE DATUMS

17 Augustus: Polisie-besoek

Snoepie

24 Augustus: Bak-en-brou

31 Augustus: Snoepie

7 September: Atletiekdag

14 September: Poppekas

Bak-en-brou

21 September: Skool sluit @ 10:00

09 Oktober: Skool begin

AUGUSTUS 2018

13

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 28
CURRO CASTLE GALLERY

AUGUSTUS 2018

14

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 29
AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 30
KONTAKBESONDERHEDE

Algemene Ontvangs:

087 287 2586

adminr@curro.co.za

Castle Ontvangs:

087 287 2586

adminr@curro.co.za

Laerskool Ontvangs:

087 287 2586

Charmaine.r1@curro.co.za

Hoërskool Ontvangs:

087 086 4544

Joelene.p01@curro.co.za

Sport:

Jacques van der Merwe

jacques.v1@curro.co.za

Bemarking:

087 287 2586

Rose.m6@curro.co.za

15

AUGUSTUS 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 31