19.10.2018 Views

NUUS_T4-Okt 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

Soos wat ek in die oggend skool toe ry, is dit met verwondering oor

die skoonheid van die sonsopkoms, die bloeisels aan die bome en

God se skepping. Dit is ook dan wat ek met groot waardering en

dankbaarheid opnuut besef hoe bevoorreg ons is dat ons omring word deur

die bosveld hier by Roodeplaat. Dit is my gebed dat u elkeen ’n wonderlike

vierde kwartaal sal hê gevul met pragtige “bloeisels” op pad na die einde van

hierdie jaar toe.

’n Woord van dank aan ons laerskoolpersoneel, leerders en ouers wat ons

kaskardag so ’n reuse sukses gemaak het. Ek het die dag terdeë geniet.

Die vele glimlaggende gesiggies en vreugde onder ons ouers, leerders

en opvoeders, was die hoogtepunt vir my. Die fondse met hierdie projek

gegenereer, sal aangewend word vir ‘n pawiljoendak. Die tennis/netbalbane

is gedurende die vakansie oorgedoen en ek hoop dit dien as aansporing en

motivering vir al ons netbal- en tennisspelers in die maande wat kom. Ons het

ook aan die einde van kwartaal twee, Erfenisdag op ‘n unieke wyse gevier en

ons sal in ons beplanning verseker dat ons 2019- feesvieringe nog groter is.

Ek vestig graag u aandag op die volgende belangrike vergadering:

25 Oktober 2018: Sosiale media-inligtingsessie deur Emma Sadleir –

kundige op sosiale mediareg (moenie hierdie belangrike sessie misloop nie)

31 Oktober 2018: Die Curro Roodeplaat-gholfdag moes ongelukkig tot

Februarie 2019 uitgestel word.

OKTOBER 2018

MET TROTS AANGEBIED DEUR SALES-SQUAD.COM 6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!