KAMP IS LEKKER Maart 2019 TYDSKRIF

kamptydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

STERRE & STREPE HOOIKRAAL TENTEKAMP KAROO DROOG HELtoe virNuwejaar WILDEKUS KGALAGADI POLENTSWA


INHOUD MAART 2019 LekkeRLeeS HOOIKRAAL - `n Boskamp buite Heidelberg in die Overberg KGALAGADI TOE DIE WILDEKUS ROEP KampKIEKIES : STERRESIRKELS KAMPKAR-KONSEP DONKIESKRAAL & THE DUNES HEL-TOE EN TERUG DIE KAROO IS NIE DROOG NIE Voorbladfoto: HOOIKRAAL - `n Kampnaweek in die Overberg net buite Heidelberg. Luukse tente of sommer net jou eie toerusting… PIERRE WYS DIE MAAND VIR ONS `N PAAR STERRESIRKELS MET KampKIEKIES. ADVERTEER tydskrif@lekkerkampplekke.co.za L EES SAAM P RAAT SAAM K AMP SAAM


KRY DIE NUWE 2019/2020 CAMP&CARAVAN GIDS VANDAG 630 Lekker Kampplekke net in SA Beskibaar by


J Woorde: PIERRE LABUSCHAGNE & Foto’s: JACO UYS “Soms het `n mens net nodig om `n breek te maak, en om te ontsnap uit die sinnelose, elkedag se ‘Rat Race’, en gejaag na nêrens! Dis wanneer klein juweeltjies soos die Hooikraal Tentekamp so reg in jou kraal gaan pas!” y pak eenvoudig jou klere en proviant – watookal jou voorkeur van kampkos sou wees – en tog natuurlik: jou kampkoffie, en jy vat die pad! Niks tente nie, niks matrasse en en kampgoeters nie! Net jou kos en klere, want die res is reeds daar! Perfek vir `n vinnige – dog betekenisvolle boskamp, want luukse tente en warmwater wag om jou en jou gesin te bederf in `n omgewing wat bedoel is vir wegbreek! Dis Hooikraal, en dis reg langs die N2 `n paar kilometer voor Heidelberg in die Weskaap – skaars 3 ure weg uit die stadsgedruis en -gejaag. Die grootste verassing is dat as jy nie weet van díe besonderse geheimpie nie, sal jy nooit dink daar bestaan so lekker kampplek nie!


`n Juweel weggesteek in `n klofie sommer reg langs Heidelberg in die Kaap H ooikraal boskamp is weggesteek in `n klofie op `n plaas waar daar aktief geboer en gewerk word, en is `n eko-vriendelike “off-grid” kampplek tussen pragtige Akasia Karoo doringbome in die hart van die Overberg. Van die plaasbedrywighede weet jy egter niks nie, want jy kuier in `n stukkie ongereptheid tussen die doringbome. Kampbure sal jou ook nie pla nie, want die tente is so gebou dat jy nie in mekaar se spasie kom nie, en jy weet skaars van ander besoekers - baie privaat en op jou eie. Die lekker van Hooikraal, is dat jy natuurlik jou eie kampplekkie ook kan opslaan as jy sou verkies om self jou tent en geriewe te bring waaraan jy gewoond is, en as jou beursie nie heeltemal die luuksheid van die reeds opgeslaande tente wil toelaat nie. Bonop het jy gladnie `n 4X4 nodig nie! So bietjie meer detail oor die tipe akkommodasie: • Eie kampering: 12 Staanplekke onder die doringbome met geen elektrisiteit. • Pragtige ablussiegeriewe met warmwater en spoeltoilette word gedeel. (Die storte is `n heerlike ervaring, want dis iets anders…) • 2 Ten volle toegeruste safari-tente elk met sy eie warmwater “bad”. Elke tent is ook toegerus met sonpanele vir ligte en om byvoorbeeld kleiner toebehore soos selfone te kan herlaai: • Duiker -tent: 4 pax (1 Dubbelbed plus 1 “bunk-bed”): • Bosbok -tent: 4 pax (1 Dubbelbed plus 1 “bunk-bed”): • 1 Kleiner tent: Steenbok -Safaritent (slegs 2 persone): • Ongelukkig geen troeteldiere


Naaste dorp: • 8.5 km vanaf Heidelberg, Weskaap (274 km vanaf Kaapstad) GPS Koördinate: S 34°06’33.61 E 20°52’48.55


Dinge om te doen: Bergfiets: As bergfiets jou ding is, is dit die regte plek vir `n lekker kardio-opwennertjie! Alle paaie op die plaas is toeganklik met jou bergfiets. Gebruik dit enige tyg vir `n trapsessie! Nog meer, is dat Grootvadersbosch 10km hiervandaan `n lekker klomp enkelbaanpaadjies het, spesiaal vir bergfietsryers! Stap: Heerlike plaaspaaie wat jou deur die Overberg vista’s sal lei, met genoeg klofies en wegsteekplekke waar jy stil-stil die plaaslike wildlewe kan verras en bekyk. Sit jou dagsak op jou rug met genoeg om te drink en te eet, en gaan verken die plaas. Visvang: `n Hele paar plaasdamme kan jou besig hou met bass en tilapia. Vir die meer avontuurlustiges is daar nóg opsies: Heidelberg bied verskeie plekke waar jy per afspraak kan gaan hengel, of om op `n halfdag ekskursie te gaan deur met `n binneband af te dryf na een van die plaaslike damme. Moet ook nie van die Breederivier vergeet wat maar 40km hiervandaag `n moontlikheid van die alombekende 100-ponder kabeljoue inhou nie! Iets te ete? Vir die hongeres – of diegene wat nie lus is vir kosmaak nie, is daar minder as `n kilometer van die kampplek-af Die Skeerhok Plaasstal en Slaghuis. Jy sal nie spyt wees om `n ontbyt of middagete hier te gaan beproef nie! Koop sommer hier `n vleisie vir die vuurtjie later vanaand! Die kinders kan selfs die mak plaasdiere hier kom voer met iets lekker. Besoek gerus hulle webwerf vir meer inligting, tariewe en besprekings: https://www.hooikraalcamp.co.za `n Lekker warm (buite) bad na `n dag se stap of fietsry… Salig vir `n moeë lyf!


KGALAGADI is koning Woorde en Foto’s: CHARMAINE PYPERS E k het so baie kampstories, want ek en my man toer baie. Ons gunsteling plek om te besoek is die Kgalagadi, en die kampplek waar ons die graagste oorbly, is Polentswa aan die Botswana-kant van die park. Dis geïsoleerd met geen elektrisiteit of water, so hier moet jy beslis self sorg vir alles wat jy nodig het. Hier is slegs drie staanplekke, en is ver uitmekaar geleë. Die betowering van Polentswa is dat jy ín die natuur leef, en jy deel jou kampplek met die diere rondom jou. Dis amper `n waarborg dat leeus jou snags sal kom besoek in die kamp. Vir my is daar geen beter destinasie om na weg te vlug uit die druk en gejaag van die elkedaagse lewe nie.


083 7764629


WILDEKUS hier kom ons! Woorde & Foto’s: Danielle Mac Farlane “Ek en my beste vriend, is gek oor kamp. Alles van kamp, behalwe die oppak en huis toe ry.” O ns is so mal oor kamp dat ons vir n jaar gespaar het om April 2018, die huis se deure te sluit en sonder enige planne die pad te vat Wildekus toe. Ons het glad vooruit bespreekings gemaak nie en het ook nie veel van n plan gehad nie. Ons het net gery, mooi plekke gesien en gekamp waar ons plek gekry het. Al wat ons definetief geweet het, is dat ons in Koffiebaai wou gaan draai. Ons het die huis in Brackenfell die 7de April verlaat en net gery. Ons het kuier, kuier gery tot in Mosselbaai waar ons later besluit het om by Glentana Karavaanpark te gaan kamp vir twee nagte. Dit was so mooi daar, die mense so vriendelik en die oggend van die 8ste April het ons langs die see gaan stap waar daar n GROOT vraag gevra was met n baie duidelike antwoord JA. "Needless to say", sal Glentana altyd vir ons spesiaal wees. Van daar het ons die tent opgepak en verder gery na Plettenbergbaai waar ons by die "Forever Resort" gaan kamp het vir een nag. Vir die rede het ons besluit om net ons klein tentjie op te slaan en die nodigste uit die bakkie te haal. Ketel, rooster ens. Reg op die rivier waar ons gestaan het, het ons die lekkerste hoender en garlic brood gebraai. Tydens die afhaal van die hoender vanaf die rooster, was daar n geweldige wolkbreuk en het ons twee "vars verloofdes" ons hoender en garlic broodjie in die kampplek se "laundry" tussen die tuimbeldroeers en wasmasjiene gaan eet. Dit was awesome. Ons het so lekker gelag en geeet. Later n lekker koppie koffie gedrink en Timtams geeet, wat ons by n vorige kamp by vriende geleer eet het. “Jeffreysbaai was ons volgende stop in `n "Backpacker" wat heel aangenaam was.”


Na Jeffreys baai was Areena Resort was volgende op die lys. Vier nagte daar gekamp. Die klank van voeltjies in die oggende, die reuk van lekker koffie uit n enamel beker, tuis gemaakte beskuit, potjie pasta, hasies, bokkies, twee ure safari rit op n "quad bike" het hierdie vier nagte onvergeetlik gemaak. Beslis n plek wat ons weer en weer sal gaan besoek. Die terrain is baie mooi versorg, ablusie was “on point” en almal groet en gesels. Op die quad bike safari het ons gestop om n kameelperd kos te gee. Haar naam is Abbi en sy het my verloofde n oopbeksoek gegee wat my laat sleg lyk het. Hy het hom vrek geskik. Ek het gele soos ek gelag het. Volgende stop was by A.T.K.V Natalia in Durban. Lekker daar gekamp vir nog vier nagte. Goeie geriewe, pragtige strand en lekker mense. Die ape daar is flippen slim. Hulle ken van krate oopmaak en al jou kos steel. Saans het ons vuurtjie aangesteek en net die vakansie “vibe” geniet. Soos die noodlot dit wou he, speel die Stormers teen die Sharkes… Na vier nagte, het ons weer opgepak en verder gery na Koffiebaai. Donker daaraan gekom en sommer by die "Coffee shack" gebly. Wat n ongelooflik sonsopkoms. Die plek het in n oogwink my hart gesteel. Die mense daar kry vreeslik swaar, maar is vriendelik, baie behulpsaam en werk baie hard om aan die lewe te bly. Ons was ook ingelig dat hulle n kultuur probeer skep, waar die mense en kinders nie net geld, lekkersoed ens kan kry nie. Hulle moet iets doen vir dit. Een man het vir ons gaan rooi aas uithaal sodat ons kan visvang, die vrouens maak die lekkerste kos vir goedkoop en die kinders maak armbandjies en sing graag vir n paar rand. Dit was ongelooflik. Die rustigheid maak mens se siel kalm. Ek was baie hartseer toe ons moes ry. n Koppie koffie met sonopkoms op die rotse was n instelling daar. Die pad soontoe was maar vol gate en die beeste oral in die pad, was iets wat my vreeslik bang gehad het, maar ek het dit netso vining begin mis, toe ons tuis was. Ons is in ons volle uniform n kroegie binne so 5minute voor die afskop. Met eenslag draai almal in die kroegie om en kyk ons aan. Ons het die oomblik gebruik om almal mooi te groet. Gelukkig was die mense vriendelik, ongelukkig het ons verloor. Na vier nagte in Durban, het ons die pad gevat na Melmoth, waar my verloofte as jong seun gewoon het, en is ons verder na Harrismith. In harrismith het ons weer in n backpackers gebly. Dit was heerlik. Van Harrismith is ons “Golden Gate” om deur Clarens na Bloemfontein toe vir een nag, toe Beaufort wes toe vir n nag en dag twintag van ons vakansie is ons huis toe. Hierdie was “Amazing”. Ek kan nie dink dat mense duisende rande betaal om oorsee te gaan, as hulle nog nie deur Suid Afrika getoer het nie. Ons praat nou nog oor die wonderlike ervaring en binnekort trou ons tweetjies.


Wees voorbereid Kamp is Lekker Gaan orals RSI SMARTKITCHEN ROOF MOUNTED TABLE RSI SMARTRACK 011 974 0370 SALES @ SMARTCANOPY.CO.ZA


DIE STERRE TREK SIRKELS & STREPE


“Deel van lekker kamp is om sterre te lê en kyk… Sterre wat verskiet en satelliete wat in hulle bane hardloop, maak `n wêreld van verbeelding oop waar ons almal so nou-en-dan wil gaan kuier…” Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE


BO: Die volmaan is besig om op te kom oor die Namibiese Richtersveld. Die eerste strale loer net-net oor die bergrand, en ek moes die kamera se sluiter toemaak, aangesien dit nou heeltemal te lig begin word, en ek in die proses die foto sou oorbelig. ONDER: Nou is dit heeltemal volmaan en ek mik met die kamera reg Suid, om die volsirkel te kan kry met net meer as 60 minute se oop sluiter. Die foto is saamgestel deur 30 foto’s van net `n rapsie meer as 120 sekondes elk. Sagteware stapel die foto’s op mekaar sodat die sterrebane `n sirkelpatroon maak.


BO: `n Soortgelyke foto vanuit `n ander hoek met `n ander boompie in die voorgrond. Hierdie tipe fotografie is moielik, en mens het baie geduld nodig om goeie resultate te kry. Dis so bietjie meer gevorderde tegnieke wat hier ter prake kom, maar as dit werk, is dit bitter beveredigiend! Jy benodig ook ekstra toerusting, soos `n goeie driepoot, en `n spesiale tydmeter om jou kamera se sluiter te beheer. `n Wyehoek-lens is `n moet vir hierdie tipe foto’s… Hoe wyer, hoe beter. ONDER: As voertuie in die aand met hulle ligte aan, voor die kamera verbyry wanneer die sluiter oop is, en jy besig is om die sensor te belig, word die ligstrepe saam gergistreer op die foto. Let hier onder regs op na die helder ligstreep wat duidelik wys. Die weerkaatsing van die lig teen die krans is ook duidelik sigbaar…


BO: Tydens die nag toe ek die foto geneem het, het die wind baie gewaai, en ek het my bedenkinge gehad of dit enigsins sou werk. Die boompie se blare in die voorgrond lyk of dit effe uit fokus is, maar dis as gevolg van die beweging wat deur die wind veroorsaak is. Dit was totaal donkermaan, en dus lyk dit of die lug in die agtergrond effens geel-bruin is. Dis as gevolg van die stikdonker nag, met net die sterrelig wat wys. Die voorgrond met die boompie het ek verlig met my kopflits. ONDER: Om net die sterre bo die horison af te neem, is gewoonlik maar effens “vervelig”. Probeer altyd om iets in die voorgrond ook in te sluit in die foto. Hier staan `n eensame kokerboompie uit om die horison meer interessant te maak.


BO: Sterre weerkaats pragtig in stilstaande water. Hier in die Tankwa Karoo het ek op `n fontein afgekom wat `n interessante voorgrond gebied het met `n mooi weerkaatsing… ONDER: Behalwe vir die mooi weerkaatsing voor in die water, het daar ook `n vliegtuig oorgevlieg, en die skerp ligte van die vliegtuig het `n streep oor die foto getrek soos dit gevlieg het. Sterrefotografie is besonders, en mens weet nooit wat alles in so lang beligting opgeneem word op jou kamera se sensor nie.


Woorde & Foto’s: Johan du Toit “In die Januarie 2019 tydskrif het u gelees van iemand wat met 'n toer-kar toer. Ek was betrokke by daardie projek om die wêreld van bekostigbare toere voor te stel.” Nadat ek jare motorfietstoere gedoen het, het die gogga weer gebyt vir 'n toer-kar toer. In 2001 het ek reeds met 'n Opel Kadet-motortjie so 'n toer gedoen... ook net soos ek groot geword het! Daarna weer met 'n bakkie met kappie en so aan. Die konsep van toer en slaap in 'n kar is hier by ons byna ondenkbaar! Vir mense wat in die VSA woon is dit byna iets alledaags! By 'n bekende winkelgroep in die VSA byvoorbeeld, mag mense in hulle kampeervoertuie en motors slaap! DOELGEMAAKTE KAMP- EN TOERVOERTUIG. In wese is my Fiat Uno, 'n doelgemaakte kampvoertuig net soos enige en meeste 4x4 bakkies en ander kampvoertuie. Wanneer ek dan by enige kamp aanmeld, noem ek dat ek met 'n doel-gemaakte toer kar toer, maar as die kamp dit nie aanvaar nie, slaan ek my tent op wat altyd 'n my toer-kar saam ry! Ek sê altyd vir mense... ek is die gas by die kamp plek en respekteer die gevoel van my gasheer of gasvrou! SITUASIE UIT NOOD EN ARMOEDE! Die grootste kopseer aan die konsep van die toer-kar, is dat mense vanselfsprekend aanvaar dat die iemand wat in 'n kar slaap, reeds in dié penarie beland het! Hier by ons, is daar baie kampplekke wat nie toelaat dat mense in hulle motors slaap nie! Met rede! “STIL KAMPERING” (Dit is nou my mooi Afrikaanse woord vir ”stealth camping”.) In Suid Afrika laat baie vulstasies dit toe dat moë reisigers wel in hulle motors slaap! Dit is eintlik lekker en veilig as die voertuig soos my Uno daarvoor ingerig is. Ek sorg dat die sekuriteitswag of pompjoggies vir my dop-hou en ek betaal ook natuurlik graag `n toepaslike fooi vir die vriendskap! Op díe manier kon ek al bietjie geld spaar om my toer so bietjie uit te rek!


DIE VOOR- EN NADELE VAN DIE TOER-KAR: Voordele: Vir die enkel persoon wat met 'n klein motortjie reis, werk dit ongelooflik! My Uno'tjie gee so bykans 20 kilometer met 1 liter brandstof en dus toer ek lag-lag verby die pompe! Vermy die gebruik van handdoeke wat ooral rondhang! Ek kry die “papie” as ek dit sien! Kamp op so 'n manier dat mense sien jy eerbiedig die plek, die mense, asook jou eie privaatheid! Die enkelbed is 1.8 meter lank en 600 wyd en vergelyk met die enkelbed van 'n klein woonwa! Daar is genoeg dak-ruimte en vloerspasie! Die kassies bied oor genoeg pakplek! Ek het ietsie koud om aan te bied, kan kos maak, skottelgoed was, het potte en panne en kan ook in die oggend koffie maak! Ek kan ook met my Uno'tjie 'n veldkamp (”Off the grid “) doen as dit nie twee of drie dae oorskry nie. My Uno'tjie het ook 'n 12-Volt na 220-Volt omskakelaar wat ek kan gebruik terwyl ek ry om die ou nodige elektroniese ware te herlaai waaraan ons nou-se-dae so gekleef is! Nadele: Vir twee mense gaan die motortjie bietjie knyp. Gaan dan liewer vir iets groter soos 'n stasiewa wat beter sal werk! Genoegsame tent kampgoed moet altyd saamry! POPULÊRE TOER-KAR! Mense kom gesels graag oor wat hulle sien! Veral kampplekeienaars en bestuurders! Dis 'n nuwe konsep by ons, en ons wat toer-karre gebruik moet dit heeltyd ingedagte hou! Ongelukkig is alle toer-karre nie netjies nie! Ek het al gesien dat dit lyk soos 'n kamp-ontploffing met kamp-goed wat die hele wêreld vol rondlê! KAMP PRAATJIES! Dis nou daai lekker gesels met mede kampeerders... maar aai, hoekom moet mens altyd na negatiewe goed luister! Nee, dis nie lekker nie! As ek iewers al iets negatief ervaar het, bly ek daaroor stil! Praat oor die lekker plekke! LEKKER KAMPPLEKKE EN KAMP IS LEKKER! Uno Groete... Johan... Sien jou by die kampvuur! ALGEMENE WENKE: Donker venster ruite is noodsaaklik vir privaatheid! Hou jou kamp netjies sodat die toer-kar nie aanstootlik lyk vir mede kampeerders nie! 'n Tentafdakkie, of Gazebo soos ek gebruik, lyk altyd netjies! Belangderik! Hou die toer-kar skoon en netjies en “toe” dat mense nie nie sien jy slaap in 'n kar nie!


M A R C H A N D A P R I L 2 0 2 0 URBAN ESCAPADES The latest news from Oddball Imaging Studio 220 Volt 12 Volt KONTAK info@portamistsa.co.za Luan Dreyer – 079 504 2455


Kamp by Donkieskraal & The Dunes Henry Jonker “Moeilik om te dink ons is al in die 2de maand van 2019 en dit is +/- 3 maande wat ons familie laas gekamp het.” #SiesMan. D ie jaar gaan een spesifieke avontuur alles wat ons ook al aanpak oorheers. ʼn Bucket list item wat ek met alle mag wil af tick – duine ry van Luderitz tot Walvisbaai in Namibia. Ons is 4 gesinne wat vir 3 weke gaan toer, so die opwinding vir die trippie lê al vlak. Ter voorbereiding word daar besluit om die voertuie se tone in die sand te druk by The Dunes naby Lambertsbaai. Dit is tyd om die Karoo se stof te verruil vir die Sandveld se sand. Groot Jacques reël die nodige en kort voor lank trek ons een vir een Vrydaglaatmiddag by Donkieskraal in. Donkieskraal is gelee op die plaas Sandberg. Geskiedenis vertel die storie dat donkies & perde tydens die Boere Oorlog (1899 – 1902) hier weggesteek was tussen die rotse sodat die Britte hul nie kon konfiskeer nie. Ons span vir die naweek was soos volg: • Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé) • Laas’e (Paul, Marina, Munnik & Streicher) • Hugo’s (Lourens, Mariette, Josua & Loumari) • Laubscher’s (Frans & Lunay) • Jonker’s (ek, Marli, Jean & Lian) Vrydae-aande is maar altyd so ʼn oop-skop-deur kuiertjie. Die week se chaos & uitdagings is iets van die verlede en die opwinding om weer in die veld te wees moet net geblus word met ʼn koue of 4. Roosterkoeke & Cowboy kos (mince & bone) was op die menu vir die aand en mens kan nooit daarmee verkeerd gaan nie. Donkieskraal Saterdagoggend en die tyd vir praat is verby. Dit is nou duine toe en waar reputasies getoets gaan word. By The Dunes aangekom word al die voertuie se bande eers afgeblaas na 0.8 bar voor ons onder begeleiding die duine in geneem word. REGS BO: The Dunes REGS: Donkieskraal


Dit was die laaste en enigste keer toe die twee knape stil was, want Jean & Lian se opwinding is iets om te beleef. Ek kry skaars tyd om op die radio te praat met die res van die konvooi, want die knape herhaal elke draai/bult waardeer ons gaan met opwinding & passie. Dit is wragtig soos ʼn reply opsie in my voertuig. Al waaraan ek kan dink is: “moet net nie jou naam gat maak vandag nie Henry!”. “Aai, en as jy regtig sukkel met punt #2 en jou vrou die stokke by jou vat en die duin die eerste probeerslag uit ry dan weet jy, jy sal NOOIT OOIT in jou leeftyd die einde daarvan hoor nie. Maak nie saak of jy klein Koala beertjies uit ʼn brandende bos red nie, jou reputasie is die van: “as jy weer sukkel liefie vra my en ek sal die kinders wys hoe om die duin uit te ry”. Mic dropped! Laat middag en die vure word weer aangesteek. Elke duin word in diepte bespreek terwyl ʼn skaaprib sy plek langs die vuur kry. Kinders baljaar in die swembad en later is die hele spannetjie ook sommer in die swembad. Manne is daai blou Gin? Saterdae word daar altyd lank en aanhoudend gebraai. Eers word daar begin met ʼn varkrib en toe opgevolg met ʼn skaaprib, hoender sosaties, rushers & steak. Sandveld het sy eie bekoring, maar mens as hy warm raak dan raak hy menslik warm. The Dunes is definitief ʼn moet as jy jou sand/duine ry vernuf wil opskerp. Die duine is nou nie die van Namibia nie, maar dit is nogsteeds ʼn avontuur op sy eie. Ek dink elke man (ek definitief) het ʼn paar goed van sy voertuig geleer en almal dink al klaar aan Namibië se duine oor 4 maande. Die konvooi kom tot stilstand en ʼn oorsig & reëls van die oggend word verduidelik. Die wêreld is sommer al vroeg warm, maar dit pla nie die kinders wat orals rond hardloop nie. Van hier af was die “blue print” van die oggend eenvoudig: 1. Ons volg ons gids deur die duine tot by ʼn spesifieke plek. 2. Duine word aangepak met alles wat jy het oor en oor tot jy bo kom. Vir ander (ek) kom jy bo dan moet jy mooi vra dat iemand jou van die duin af trek. 3. Lesse word geleer en dit is NB, want dit is hoekom ons hier is. 4. Sodra almal bo, of oor die duin is herhaal ons weer #1 tot #3. Terug by Donkieskraal en dit is ʼn “sprint” vir die swembad, om van die Sandveld hitte te ontsnap. Dankie vir ʼn puik naweek almal. LINKS: “Ready-to-Roll: Die Jonker-gesin ONDER: `n Sprint vir die swembad!


Powered by TCPDF (www.tcpdf.org)


`n STIL NUWEJAAR in die HEL Woorde & Foto’s: MINOUW COETZEE


“2018 Was vir ons `n bitter besige jaar by Rolbos, en terwyl ons ons gewone nege-totvyf dagtaak ook aan die gang gehou het, het ons meer tyd en aandag aan ons stokperdjie ook begin spandeer: Rolbos ZA.” Met dit in gedagte het ons besluit om ons Nuwejaars-vieringe stil en rustig te hou – ver weg van die besige gejaag van die stadslewe. Ons finale keuse het op Die Hel (Gamkaskloof Natuurreservaat) geval nadat ons `n paar opsies oorweeg het. Dis geïsoleerd en stil genoeg, en ons was reg om in ons 4x4 te spring oppad soontoe. (Ons beveel maar `n 4x4 aan vir die ervaring). Ons het Hermanus om 04h30 die oggend van die 31ste Desember verlaat. Die rit sou ons omtrent 8- ure neem. Oppad soontoe is ons deur die Tradouwspas met `n vinnige stop op Barrydale –op die bekende R62-roete. “Diesel and Cream” se melkskommel is hier aan te beveel, maar ons is ongelukkig te vroeg hier deur om self een te kon geniet. Volgende op die beurt was Ladismith en Calitzdorp. Ons maak `n vinnige stop by die ongelooflike Kruisrivier Gallery en bekyk die werke van die bekende fotograaf, Roger Young, en sy metgesel Phyllis Midlane se kostuums wat sy ontwerp. Maak gerus hierdie `n stop as julle volgende keer hier sou deurry… Uiteindelik kom ons aan die voet van die Swartbergpas aan, met `n vige stop by “Kobus se Gat”. Hulle was ongelukkig reeds toe, maar dit het na `n lekker plekkie gelyk om `n middag-ete te geniet. Ons kon darem `n koeldrank koop, en die pas aandurf. BO: Kobus se Gat was ongelukkig toe vir middag-ete, maar ons kon `n koeldrankie koop oppad Hel toe. Links: Barrydale is altyd gasvry! Die Swartbergpas is asemrowend en die uitsig en vista’s is iets om te beleef. Die pas is meer as 2000m hoog, en dit maak dit dan een van die hoogste passe in die Wes-Kaap. Die pas maak deel uit van die groter Swartberg Natuurreservaat, wat ook in 2004 as `n Wêreld Erfenisgebied verklaar is. Dit beslaan meer as 121 000 hektaar tussen die Kleinen Groot Karoo. Dit word begrens deur die Gamkapoort Natuurreservaat in die Noorde en die Towerkop Natuurreservaan in die Westekant. Behalwe vir die pas is daar ook talle staproetes wat mens kan aandurf. Dit kan ons `n volgende keer doen, besluit ons net daar.


Ons groot pret begin uiteindelik toe met die afdraai van die Gamkaskloof-afdraai, want hier word ons begroet met `n padteken wat waarsku: “Dangerous Road, use at own risk”! Hier moet jy nie haastig raak nie, want al is die pad tot by die kloof net 37km lank, neem dit jou die beter deel van 3 ure om dit te ry. Skerp draaitjies en kronkels in die pad dwing jou ook om stadig te ry, en die meeste van die tyd is dit maar `n enkelbaan. Ten spyte van die draaie en swaaie in die pad, is die omgewing pragtig en mens kry die gevoel van ongereptheid. Met 49 grade dien die plek sy naam gestand as “Die Hel”, en ons sou nie graag hier `n pap wiel wou optel nie. Plant- en dierelewe is daar genoeg van, en as jy gelukkig is sien jy klipspringers en grys ribbokke. Die meer skugter rooikat en luiperd sal jy nie sommer sien nie, maar hulle kom hier voor. Hier is ook ystervarke en bobbejane en talle kleiner soogdiertjies. Ons het gestop by een van die kristalhelder waterstroompies om ons waterbottels vol te maak waar ons mede reisigeers raakgeloop het wat in die koel water lefenis gesoek het. Na die 15 km in die kloof self af oppad na ons kampplek, het ons die nag by Boplaas geslaap. Hierdie weggesteekte kampplek is `n oase en ten spyte van die vel hitte en somer was daar steeds groen gras en ons het die hele kampterrein net vir onsself gehad. Omdat ek mal daaroor is om kos te maak oor `n oop vuur, het ek die braai vir die aand op my hande geneem... Karoo-tjoppies en lamsribbetjie was op die spyskaart vir aand-ete. Na ete was dit rustig, en ons kon die tyd gebruik om die sterre te lê en bekyk! Die volgende oggend was dit tyd vir oppak, en ons moes met dieselfde pad weer uit die kloof as waarmee ons ingekom het. Iets wat my bygebly het van die ervaring was nie noodwendig net die bestemming van ons reis nie, BO: `n Pragtige uitsig wag bo-op die Swartbergpas vir die besoekers! Regs bo: Ons gaan nou braai! Regs: Verskeie staproetes vir die avontuurlustiges om te doen… maar die hele roete. Ons kan hierdie roete aanbeveel, en onthou om tyd te spandeer by Boplaas oppad terug. Dis alles die moeite werd! Ons sal dit nie sommer gou vergeet nie!


Die Karoo is nie droog nie! Woorde & Foto’s: Martin Scott Ons het al die voorreg gehad om ‘n paar toere mee te maak en in die proses op die karoo verlief geraak. “Elke keer as ons in die Karoo gekamp of gekuier het, het dit gereën, soveel so dat die kinders glad nie oortuig is dat die Karoo eintlik so droog en dor is nie.” Hiermee ons ervaringe: Maart 2012: Een van ons eerste toere met die nuwe kampwa wat ons toe net gekoop het was Karoo, Tankwa Karoo en Cederberge toe, met die hoofdoel dat ons sal sterre kyk in Sutherland. Ons eerste stop, die Karoo Nasionale Park. Ons boek laatmiddag in en dis nie lank nie toe kom daar baie donker wolke vir ons oor die berg loer. Martin sien gou dat hier ‘n ding kom en dit is verseker ‘n nat ding! Die volgende oomblik begin dit kliphard te donderweer en dit slaan hier reg agter ons teen ‘n berg met ‘n verskriklike slag (dit is seker nou maar die ordentlike woord). Al ons donderweer vrese van die verlede en toekoms is daardie dag genees, want ons as kapenaars het nog nooit sulke harde donderweer beleef nie. Inteendeel ons ken nie regtig donderweer nie! Ons is baie bewus van die water wat na ons tent aangespoel kom, want ons is so half aan die laer kant van die kampterrein. Daar word emmers neergesit, gate gegrawe rondom die tent om net water te probeer keer. Ons het ook eintlik ‘n potjie op die vuur en hy word maar gaar gemaak onder ‘n sambreel. Met die donderweer wat verby is kon ons darem in ‘n erg koue karoo op ‘n nagrit die volgende aand onder warm komberse die mooiste blitse in die verte sien soos wat die onweer verby die park beweeg. Die kinders glo


daaraan om in enige park waar jy kan, moet jy ‘n nagrit doen! Die blitse in die verte is iets wat ons altyd in ons harte sal koester op die oop vlaktes van die karoo. “Onweerswolke is besig om saam te pak voor `n storm in die Tankwa Karoo” Desember 2012: Op dieselfde toer in Maart raak ons toe ook verlief op die Tankwa Karoo en dieselfde jaar se Desember besluit ons om terug te keer en ons vriende te gaan wys hoe mooi dit is op die plaas, “Die Mond”. (‘n Oase in die middel van nêrens.) Die groot trek gebeur en ons kuier lekker by die Padstal en oral kan ‘n mens plasse water sien op die grondpad. Dit is duidelik dat dit gereën het en vir die Scott kindertjies is dit glad nie snaaks nie, “want die woord “Karoo” is mos in, Tankwa Karoo, en dit is mos ‘n nat plek”. Die weer is egter lekker maar op ‘n stadium sien ons weereens baie donker wolke en die volgende oomblik is daar een meneer van ‘n stofstorm, net soos wat die karoo hom kan aanwaai. Die manne is slaggereed en slaan storm penne in. Gelukkig was dit nooit regtig koud terwyl die storm gewoed het nie. Van die kinders is so bang dat hulle sommer wegkruip onder hulle stretchers. Op ‘n stadium moes ek en my vriendin badkamer toe en die storm was toe al redelik oor, net van tyd tot tyd ‘n reënbui wat nog val. Juis met die dat ons in die badkamer is toe stort daar weereens een hengse bui reën neer. Ons kyk vir mekaar en besluit ons moet maar ‘n lyn sny kampplek toe, want ons het geen idee hoe lank die bui gaan aanhou nie. Met ‘n gelag uit ons maag hardloop ons tente toe en is ons net bly dat ons nêrens neerslaan nie, want ons sal onsself nou nie atlete noem nie. Weereens die volgende dag kom die son op oor die water en jy kan nie glo dat dit so gereën het die vorige dag nie! Heel naweek word daar maar dopgehou hoe die watervlak al hoër styg by Die Mond soos die water uit die berge inloop. Junie 2013: Ons besoek die Kruger Wildtuin en ry kuier-kuier van daar terug kaap toe. Ons kamp by Mokala Nasionale Park naby Kimberley (nog ‘n fantasiese plek waaroor ons sal deel in ‘n volgende storie) en van daar bederf ons onsself om in ‘n huisie te slaap op die plaas Osfontein naby Loxton. Na ‘n fantastiese wildtuin toer kry ons toe sowaar reën oppad karoo toe. Ja nee, vir die kinders niks snaaks nie, want ons is mos in die “nat” karoo! Met die aankoms op die plaas reën dit so hard die hele dag dat ons glad nie kan rondloop op hierdie fantastiese karoo gasteplaas nie. Dit is uiters koud en ons slaap heerlik op elektriese komberse en dit reën heelnag op die dak van die oulikste huisie. Volgende dag kon die kinders darem klein tydjie afstaan voor ons die pad moes vat kaap toe om deur die plasse op Osfontein te loop. BO: Stilte voor die storm by die Mond… ONDER: En toe reën dit in die Karoo!


Maart 2016: Laaste dag op ons Addo en Camdeboo toer sien ons al die vorige aand hier mag dalk probleme kom die volgende oggend. Ag uur, en ons is net betyds opgepak om die pad te vat, toe begin dit te reën. Ons ry uit ‘n sopnat Graaff-Reinet tot in die Suid-Kaap, maar reën het dit gereën in die karoo, op ‘n stadium so erg dat jy nie voor jou in die pad kan sien nie. Ons sien ook die Beervlei dam vir die eerstekeer en ‘n wat ‘n belewenis is dit nie om hierdie keerwal met die droëloop te sien nie. Hierdie was eintlik die enigste keer wat ons die karoo verlaat het met ‘n reënbui wat uitsak. Junie 2017: Op een van ons beplande Noord- Kaap toere is ons eerste stop weer by die Karoo Nasionale Park, want ons mis die karoo! Ons kamp 2 aande daar en kom in lieflike maar koue weer by die park aan. Ons slaan lekker kamp op en besluit om tog maar ‘n entjie te gaan uitry want ons hoor iets van moontlike reën die volgende dag. “Dis eintlik niks snaaks vir Skotvry nie, so half asof ons dit verwag het.” Vir die kinders op die stadium toe al heel aanvaarbaar. Na ‘n heerlike kamp vuur en kuier aand staan ons die volgende dag op in bitter erge koue en die volgende oomblik begin dit te reën, maar snaaks lyk dit meer soos sneeu vlokkies. Ons is baie opgewonde want dit lyk soos sneeu reën, iets wat ons nog nooit beleef het nie. So asof die reën in “slow motion” gegaan het. Toe ons kyk, is die berg net agter ons vol sneeu en daar heers ‘n ongelooflike opgewondenheid, want weereens is dit mos nou nat in die karoo. Ons kry later wel weer geleentheid om uit te ry, want eintlik soek ons nog die karoo leeus, wat deesdae so rondloop. Dit is net te wonderlik om die nat plasse te sien en al wat ‘n berg het ‘n pragtige lagie sneeu op. Ons kan nie anders om ‘n klomp foto’s te neem nie en die wit karoo koppe bring n nuwe bekoring. So ja, ons het nog net gekamp in die “Nat Karoo”, “Donderweer Karoo” en “Sneeu Karoo” en ons wens is dat ons weer goeie reën vir die karoo en sy mense kan bring op ‘n volgende besoek. Spottende is dit nou al onder ons asof Skotvry altyd reën bring vir die karoo. As die lewe maar net so eenvoudig was, maar ons bid en dink aan almal wat swaar en gebuk gaan onder die droogte. Skotvry groete! LINKS: Karoo Nasionale Park ONDER MIDDEL: Tankwa Karoo ONDER REGS: Osfontein: Loxton


LIKBEKER KOFFIE kom uit die hartjie van Montagu, wat met 'n innoverende lug-rooster metode en top gehalte Arabica bone ‘n suiwer geurige Bkoffie produseer met ‘n heerlike aroma. KOOP


Adverteer. jou besigheid hier. Stuur n epos aan: rikus@lekkerkampplekke.co.za Rikus Truter Kamp Paklys C u s t o m e r s P a g e V i e w s 5 5 9 2 4 V i e w s 2 0 5 0 0 0 1 7 , 4 0 0 3 , 1 8 4 , 3 8 5 o o r f o l l o w e r s L i k e s ( 6 3 1 3 6 ) 1 2 m d e t y d p e r k a a n l y n D o w n l o a d s W e b b l a d t y d s k r i f g e b r u i k e r s J A n 2 0 1 9 5 1 2 , 6 5 3 9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou kampverwante besigheid te adverteer.

More magazines by this user
Similar magazines