KAMP IS LEKKER Maart 2019 TYDSKRIF

kamptydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

WILDEKUS

hier kom ons!

Woorde & Foto’s: Danielle Mac Farlane

“Ek en my beste vriend, is gek oor

kamp. Alles van kamp, behalwe die

oppak en huis toe ry.”

O

ns is so mal oor kamp dat ons vir

n jaar gespaar het om April 2018,

die huis se deure te sluit en

sonder enige planne die pad te vat

Wildekus toe. Ons het glad

vooruit bespreekings gemaak nie

en het ook nie veel van n plan

gehad nie. Ons het net gery, mooi

plekke gesien en gekamp waar ons plek gekry het. Al

wat ons definetief geweet het, is dat ons in Koffiebaai

wou gaan draai.

Ons het die huis in Brackenfell die 7de April verlaat en

net gery. Ons het kuier, kuier gery tot in Mosselbaai

waar ons later besluit het om by Glentana

Karavaanpark te gaan kamp vir twee nagte. Dit was so

mooi daar, die mense so vriendelik en die oggend van

die 8ste April het ons langs die see gaan stap waar daar

n GROOT vraag gevra was met n baie duidelike

antwoord JA. "Needless to say", sal Glentana altyd vir

ons spesiaal wees.

Van daar het ons die tent opgepak en verder gery na

Plettenbergbaai waar ons by die "Forever Resort" gaan

kamp het vir een nag. Vir die rede het ons besluit om

net ons klein tentjie op te slaan en die nodigste uit die

bakkie te haal. Ketel, rooster ens. Reg op die rivier

waar ons gestaan het, het ons die lekkerste hoender en

garlic brood gebraai. Tydens die afhaal van die

hoender vanaf die rooster, was daar n geweldige

wolkbreuk en het ons twee "vars verloofdes" ons

hoender en garlic broodjie in die kampplek se

"laundry" tussen die tuimbeldroeers en wasmasjiene

gaan eet. Dit was awesome. Ons het so lekker gelag en

geeet. Later n lekker koppie koffie gedrink en Timtams

geeet, wat ons by n vorige kamp by vriende geleer eet

het.

“Jeffreysbaai was ons volgende

stop in `n "Backpacker" wat heel

aangenaam was.”

More magazines by this user
Similar magazines