KAMP IS LEKKER Maart 2019 TYDSKRIF

kamptydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Na Jeffreys baai was Areena Resort was volgende op

die lys. Vier nagte daar gekamp. Die klank van

voeltjies in die oggende, die reuk van lekker koffie uit

n enamel beker, tuis gemaakte beskuit, potjie pasta,

hasies, bokkies, twee ure safari rit op n "quad bike" het

hierdie vier nagte onvergeetlik gemaak. Beslis n plek

wat ons weer en weer sal gaan besoek. Die terrain is

baie mooi versorg, ablusie was “on point” en almal

groet en gesels.

Op die quad bike safari het ons gestop om n

kameelperd kos te gee. Haar naam is Abbi en sy het

my verloofde n oopbeksoek gegee wat my laat sleg lyk

het. Hy het hom vrek geskik. Ek het gele soos ek gelag

het.

Volgende stop was by A.T.K.V Natalia in Durban.

Lekker daar gekamp vir nog vier nagte. Goeie geriewe,

pragtige strand en lekker mense. Die ape daar is

flippen slim. Hulle ken van krate oopmaak en al

jou kos steel. Saans het ons vuurtjie aangesteek en net

die vakansie “vibe” geniet. Soos die noodlot dit wou

he, speel die Stormers teen die Sharkes…

Na vier nagte, het ons weer opgepak en verder gery na

Koffiebaai. Donker daaraan gekom en sommer by die

"Coffee shack" gebly. Wat n ongelooflik sonsopkoms.

Die plek het in n oogwink my hart gesteel. Die mense

daar kry vreeslik swaar, maar is vriendelik, baie

behulpsaam en werk baie hard om aan die lewe te bly.

Ons was ook ingelig dat hulle n kultuur probeer skep,

waar die mense en kinders nie net geld, lekkersoed ens

kan kry nie. Hulle moet iets doen vir dit. Een man het

vir ons gaan rooi aas uithaal sodat ons kan visvang, die

vrouens maak die lekkerste kos vir goedkoop en die

kinders maak armbandjies en sing graag vir n paar

rand. Dit was ongelooflik. Die rustigheid maak mens

se siel kalm. Ek was baie hartseer toe ons moes ry. n

Koppie koffie met sonopkoms op die rotse was n

instelling daar.

Die pad soontoe was maar vol gate en die beeste oral

in die pad, was iets wat my vreeslik bang gehad het,

maar ek het dit netso vining begin mis, toe ons tuis

was.

Ons is in ons volle uniform n kroegie binne so 5minute

voor die afskop. Met eenslag draai almal in die kroegie

om en kyk ons aan. Ons het die oomblik gebruik om

almal mooi te groet. Gelukkig was die mense

vriendelik, ongelukkig het ons verloor.

Na vier nagte in Durban, het ons die pad gevat na

Melmoth, waar my verloofte as jong seun gewoon het,

en is ons verder na Harrismith.

In harrismith het ons weer in n backpackers gebly. Dit

was heerlik.

Van Harrismith is ons “Golden Gate” om deur Clarens

na Bloemfontein toe vir een nag, toe Beaufort wes toe

vir n nag en dag twintag van ons vakansie is ons huis

toe.

Hierdie was “Amazing”. Ek kan nie dink dat mense

duisende rande betaal om oorsee te gaan, as hulle nog

nie deur Suid Afrika getoer het nie. Ons praat nou nog

oor die wonderlike ervaring en binnekort trou ons

tweetjies.

More magazines by this user
Similar magazines