KAMP IS LEKKER Maart 2019 TYDSKRIF

kamptydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

BO: Tydens die nag toe ek die foto geneem het, het die wind baie gewaai, en ek het my bedenkinge gehad of dit enigsins sou

werk. Die boompie se blare in die voorgrond lyk of dit effe uit fokus is, maar dis as gevolg van die beweging wat deur die wind

veroorsaak is. Dit was totaal donkermaan, en dus lyk dit of die lug in die agtergrond effens geel-bruin is. Dis as gevolg van die

stikdonker nag, met net die sterrelig wat wys. Die voorgrond met die boompie het ek verlig met my kopflits.

ONDER: Om net die sterre bo die horison af te neem, is gewoonlik maar effens “vervelig”. Probeer altyd om iets in die voorgrond

ook in te sluit in die foto. Hier staan `n eensame kokerboompie uit om die horison meer interessant te maak.