KAMP IS LEKKER Maart 2019 TYDSKRIF

kamptydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp by

Donkieskraal

& The Dunes

Henry Jonker

“Moeilik om te dink

ons is al in die 2de

maand van 2019 en dit

is +/- 3 maande wat ons

familie laas gekamp

het.”

#SiesMan.

D

ie jaar gaan een spesifieke

avontuur alles wat ons ook

al aanpak oorheers. ʼn

Bucket list item wat ek

met alle mag wil af tick – duine ry

van Luderitz tot Walvisbaai in

Namibia. Ons is 4 gesinne wat vir 3

weke gaan toer, so die opwinding vir

die trippie lê al vlak.

Ter voorbereiding word daar

besluit om die voertuie se tone in die

sand te druk by The Dunes naby

Lambertsbaai. Dit is tyd om die

Karoo se stof te verruil vir die

Sandveld se sand.

Groot Jacques reël die nodige en kort

voor lank trek ons een vir een

Vrydaglaatmiddag by Donkieskraal

in.

Donkieskraal is gelee op die

plaas Sandberg. Geskiedenis vertel

die storie dat donkies & perde tydens

die Boere Oorlog (1899 – 1902) hier

weggesteek was tussen die rotse

sodat die Britte hul nie kon

konfiskeer nie.

Ons span vir die naweek was soos

volg:

• Groenewald’s (Jacques, Carlize

& Rialé)

• Laas’e (Paul, Marina, Munnik &

Streicher)

• Hugo’s (Lourens, Mariette,

Josua & Loumari)

• Laubscher’s (Frans & Lunay)

• Jonker’s (ek, Marli, Jean &

Lian)

Vrydae-aande is maar altyd so ʼn

oop-skop-deur kuiertjie. Die week se

chaos & uitdagings is iets van die

verlede en die opwinding om weer in

die veld te wees moet net geblus

word met ʼn koue of 4. Roosterkoeke

& Cowboy kos (mince & bone) was

op die menu vir die aand en mens

kan nooit daarmee verkeerd gaan nie.

Donkieskraal

Saterdagoggend en die tyd vir praat

is verby. Dit is nou duine toe en waar

reputasies getoets gaan word. By The

Dunes aangekom word al die

voertuie se bande eers afgeblaas na

0.8 bar voor ons onder begeleiding

die duine in geneem word.

REGS BO: The Dunes

REGS: Donkieskraal

More magazines by this user
Similar magazines