KAMP IS LEKKER Maart 2019 TYDSKRIF

kamptydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Ons groot pret begin uiteindelik

toe met die afdraai van die

Gamkaskloof-afdraai, want hier

word ons begroet met `n padteken

wat waarsku: “Dangerous Road,

use at own risk”! Hier moet jy nie

haastig raak nie, want al is die pad

tot by die kloof net 37km lank,

neem dit jou die beter deel van 3

ure om dit te ry. Skerp draaitjies

en kronkels in die pad dwing jou

ook om stadig te ry, en die meeste

van die tyd is dit maar `n

enkelbaan. Ten spyte van die

draaie en swaaie in die pad, is die

omgewing pragtig en mens kry

die gevoel van ongereptheid. Met

49 grade dien die plek sy naam

gestand as “Die Hel”, en ons sou

nie graag hier `n pap wiel wou

optel nie.

Plant- en dierelewe is daar genoeg

van, en as jy gelukkig is sien jy

klipspringers en grys ribbokke.

Die meer skugter rooikat en

luiperd sal jy nie sommer sien nie,

maar hulle kom hier voor. Hier is

ook ystervarke en bobbejane en

talle kleiner soogdiertjies.

Ons het gestop by een van die

kristalhelder waterstroompies om

ons waterbottels vol te maak waar

ons mede reisigeers raakgeloop

het wat in die koel water lefenis

gesoek het. Na die 15 km in die

kloof self af oppad na ons

kampplek, het ons die nag by

Boplaas geslaap. Hierdie

weggesteekte kampplek is `n oase

en ten spyte van die vel hitte en

somer was daar steeds groen gras

en ons het die hele kampterrein

net vir onsself gehad.

Omdat ek mal daaroor is om kos

te maak oor `n oop vuur, het ek die

braai vir die aand op my hande

geneem... Karoo-tjoppies en

lamsribbetjie was op die spyskaart

vir aand-ete. Na ete was dit rustig,

en ons kon die tyd gebruik om die

sterre te lê en bekyk!

Die volgende oggend was dit tyd

vir oppak, en ons moes met

dieselfde pad weer uit die kloof as

waarmee ons ingekom het. Iets

wat my bygebly het van die

ervaring was nie noodwendig net

die bestemming van ons reis nie,

BO: `n Pragtige uitsig wag bo-op die Swartbergpas vir die besoekers!

Regs bo: Ons gaan nou braai!

Regs: Verskeie staproetes vir die avontuurlustiges om te doen…

maar die hele roete. Ons kan

hierdie roete aanbeveel, en onthou

om tyd te spandeer by Boplaas

oppad terug. Dis alles die moeite

werd! Ons sal dit nie sommer gou

vergeet nie!

More magazines by this user
Similar magazines