KAMP IS LEKKER Maart 2019 TYDSKRIF

kamptydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

daaraan om in enige park waar jy

kan, moet jy ‘n nagrit doen! Die

blitse in die verte is iets wat ons

altyd in ons harte sal koester op

die oop vlaktes van die karoo.

“Onweerswolke

is besig om

saam te pak

voor `n storm

in die

Tankwa Karoo”

Desember 2012:

Op dieselfde toer in Maart raak

ons toe ook verlief op die Tankwa

Karoo en dieselfde jaar se

Desember besluit ons om terug te

keer en ons vriende te gaan wys

hoe mooi dit is op die plaas, “Die

Mond”. (‘n Oase in die middel van

nêrens.) Die groot trek gebeur en

ons kuier lekker by die Padstal en

oral kan ‘n mens plasse water

sien op die grondpad. Dit is

duidelik dat dit gereën het en vir

die Scott kindertjies is dit glad nie

snaaks nie, “want die woord

“Karoo” is mos in, Tankwa Karoo,

en dit is mos ‘n nat plek”. Die

weer is egter lekker maar op ‘n

stadium sien ons weereens baie

donker wolke en die volgende

oomblik is daar een meneer van

‘n stofstorm, net soos wat die

karoo hom kan aanwaai. Die

manne is slaggereed en slaan

storm penne in. Gelukkig was dit

nooit regtig koud terwyl die storm

gewoed het nie. Van die kinders

is so bang dat hulle sommer

wegkruip onder hulle stretchers.

Op ‘n stadium moes ek en my

vriendin badkamer toe en die

storm was toe al redelik oor, net

van tyd tot tyd ‘n reënbui wat nog

val. Juis met die dat ons in die

badkamer is toe stort daar

weereens een hengse bui reën

neer. Ons kyk vir mekaar en

besluit ons moet maar ‘n lyn sny

kampplek toe, want ons het geen

idee hoe lank die bui gaan

aanhou nie. Met ‘n gelag uit ons

maag hardloop ons tente toe en

is ons net bly dat ons nêrens

neerslaan nie, want ons sal

onsself nou nie atlete noem nie.

Weereens die volgende dag kom

die son op oor die water en jy kan

nie glo dat dit so gereën het die

vorige dag nie! Heel naweek

word daar maar dopgehou hoe

die watervlak al hoër styg by Die

Mond soos die water uit die berge

inloop.

Junie 2013:

Ons besoek die Kruger Wildtuin

en ry kuier-kuier van daar terug

kaap toe. Ons kamp by Mokala

Nasionale Park naby Kimberley

(nog ‘n fantasiese plek waaroor

ons sal deel in ‘n volgende storie)

en van daar bederf ons onsself

om in ‘n huisie te slaap op die

plaas Osfontein naby Loxton. Na

‘n fantastiese wildtuin toer kry ons

toe sowaar reën oppad karoo toe.

Ja nee, vir die kinders niks

snaaks nie, want ons is mos in

die “nat” karoo! Met die aankoms

op die plaas reën dit so hard die

hele dag dat ons glad nie kan

rondloop op hierdie fantastiese

karoo gasteplaas nie. Dit is uiters

koud en ons slaap heerlik op

elektriese komberse en dit reën

heelnag op die dak van die

oulikste huisie. Volgende dag kon

die kinders darem klein tydjie

afstaan voor ons die pad moes

vat kaap toe om deur die plasse

op Osfontein te loop.

BO: Stilte voor die storm by die

Mond…

ONDER: En toe reën dit in die Karoo!

More magazines by this user
Similar magazines