KAMP IS LEKKER Maart 2019 TYDSKRIF

kamptydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

KGALAGADI

is koning

Woorde en Foto’s: CHARMAINE PYPERS

E

k het so baie kampstories, want ek en my man

toer baie. Ons gunsteling plek om te besoek

is die Kgalagadi, en die kampplek waar ons

die graagste oorbly, is Polentswa aan die

Botswana-kant van die park. Dis geïsoleerd

met geen elektrisiteit of water, so hier moet jy beslis self

sorg vir alles wat jy nodig het.

Hier is slegs drie staanplekke, en is ver uitmekaar geleë.

Die betowering van Polentswa is dat jy ín die natuur

leef, en jy deel jou kampplek met die diere rondom jou.

Dis amper `n waarborg dat leeus jou snags sal kom

besoek in die kamp. Vir my is daar geen beter destinasie

om na weg te vlug uit die druk en gejaag van die

elkedaagse lewe nie.

More magazines by this user
Similar magazines