29.04.2019 Views

KAMP IS LEKKER Mei 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KLIPPE

BEEMERS

DROOGTEHULP

FRASERBURG

INHOUD

MEI 2019

LekkeRLeeS

DROOGTEHULP aan Fraserburg

ELANDSKLOOF FORELPLAAS

KampKIEKIES: As KLIPPE kon praat

Nuwe BEEMERS

LEWENDE SEEP

HET JY AL “STRONT” AANGEJAAG – as jy kamp? – DEEL 2

Die (GROOT) SEEKAMP

KampKIEKIES: As KLIPPE kon praat…

Voorbladfoto:

HENRY JONKER vertel vir ons van sy

ervaring om droogtehulp te gaan help

verleen aan die Fraserburg boere.

ADVERTEER

tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

L

EES SAAM

P

RAAT SAAM

K

AMP SAAM

WWW.CGEAR.CO.ZA

Email: sales@cgear.co.za

Cell: 084 581 5787

SANDFREE

MULTIMAT

Designed as a deployable

helimat for the military

Supplied with heavy

duty carry bag

Stainless steel triangle

peg every metre

SAND FALLS THROUGH & CAN’T COME BACK UP AGAIN

Sandlite

Tote Bags

Multimat

Lewende seep is veilig vir die natuur!

Bakterieë is oral. As jy hou van kamp, is jy waarskynlik nie te grillerig om daaraan te dink nie.

Bakterieë is eintlik mos eensellige fabrieke. Hulle gebruik die boustowwe wat hulle in hulle

omgewing vind, om allerhande nuttige samestellings te vervaardig. Ons gebruik reeds

bakterieë om goed soos antibiotika, vitamines, proteïene, inentings en ensieme vir ons te

vervaardig.

Afval word ook baie doeltreffend deur bakterieë afgebreek. Wanneer ’n besoedelde area deur

mikrobes herstel word, word dit bioremediëring genoem. Miskien het jy al gelees van groot

olie-ongelukke soos die Exxon Valdez wat 380 miljoen liter olie in die see gestort het. Omdat

ru-olie ín die natuur voorkom en soms in die see inlek deur die seebodem, is daar reeds

bakterieë in die see wat die koolwaterstowwe in ru-olie kan verteer. Wat opruimwerkers moes

doen, was om hierdie bakterieë se getalle groter te maak deur nog daarvan in die see te spuit.

Dit word biologiese aanvulling genoem.

Hier in Suid-Afrika is daar al meer as ’n dekade gelede besef dat bakterieë wat behoort tot die

bacillus genus, baie nuttig aangewend kan word. Bacillus bakterieë is staafvormige, aerobiese

bakterieë wat spore vorm. Die spore is bestand teen hitte, koue, bestraling en uitdroging asook

ontsmettingsmiddels. Dit beteken hulle is nuttig as aktiewe agente in skoonmaakmiddels.

Beide die beginsels van bioremediëring en biologiese aanvulling word ingespan. Kom ons

dink aan jou kamptafel. Die goeie bacillusbakterieë is klaar teenwoordig op jou kamptafel. Jy

kan dit nie help nie en dit beteken nie jy is vuil nie. Hulle is daar omdat bakterieë oral is en

omdat daar vir hulle kos is. In plaas daarvan om daarteen te stry en jou tafelblad steriel te

probeer kry (onmoontlik want die lug is ook vol bakterieë, onnodig want dis nie skadelik vir

jou nie!), kan jy die beginsel van biologiese aanvulling toepas. Gebruik ’n skoonmaakmiddel

wat die populasie aanvul!

Só werk dit: ’n Hele paar miljoen bacillusspore is in die skoonmaakmiddel wat jy op die

tafelblad spuit. Binne minute kan die spoor begin ontkiem. As die toestande gunstig is, leef

die bakterieë en begin vermeerder. Die eerste ding wat die bakterieë doen, is om reuke te

bestry. Omdat hulle dadelik begin vermeerder, kompeteer hulle vir spasie en woel en wemel

letterlik die skadelike bakterieë uit die pad. Die bakterieë begin ook dadelik ensieme produseer

wat die afval wat op die tafelblad is, afbreek sodat hulle dit kan eet.

Die voordele van hierdie manier van skoonmaak is maklik om raak te sien. Dit boots die natuur

na; dit span die lewe wat daar reeds is, in om vir ons te werk. Dit maak ook dat minder

chemikalieë nodig is. ’n Bietjie surfaktant om die water natter te maak is amper al wat nodig

is – die bakterieë doen die res. Dis ’n intelligente manier van skoonmaak – die bakterieë

ontleed die omgewing en produseer die regte hoeveelheid van die regte ensieme om alles te

verteer.

As jy belangstel in ’n reeks skoonmaakmiddels wat inheemse bacillusspore bevat wat in top

laboratoriums in Pretoria gekweek word, besoek gerus www.mrsmartins.co.za. Kom ons span

lewe in!

Lize van der Merwe

DROOGTEHULP

aan

fraserburg

se hele storie

Woorde & Foto’s: HENRY JONKER

Nog voor ek my

kalender (my vrou)

kon raadpleeg het ek

laat weet as die

geleentheid nog daar

is sal ek graag wil

saamry.

Middel Maart kry ek ʼn boodskap op een van

my vele WhatsApp groepe van ʼn goeie vriend

Lourens Hugo (boer in die Franschhoek

omgewing) dat hul, Franschhoek

Landbouvereniging betrokke geraak het by ʼn

droogtehulp projek na Fraserburg en dat daar ‘n

sitplek oop is in die vragmotor wat hy gaan

bestuur en of iemand wil saam ry.

Vrydagoggend, 5 April so net na 4:45am vertrek

die konvooi (bestaande uit vragmotors & bakkies)

van die Huguenot Monument in Franschhoek.

Terwyl ons stadig oor die Franschhoek pas, op

pad na Villiersdorp, beweeg kan ek nie ophou

dink hoe hartroerend oom Krige Siebrits se gebed

was met die vertrek van hierdie tog.

Soos ons Villiersdorp nader begin die tweerigting

radio’s lewe kry. Daar is ʼn opwinding in die lug

en mens kry die gevoel dat hierdie ʼn groot

gebeurtenis is vir ieder & elk wat deel is hiervan.

Villiersdorp se liggies is maar vaal en die dorp

slaap nog toe ons by die res van die konvooi

(boere van die Villiersdorp & Caledon omgewing)

aansluit. Hier en daar steek ʼn nuuskierige persoon

sy kop by die deur uit – wonder seker wat is

hierdie geraas en dreuning so vroeg die oggend.

Net buite die dorp kom die konvooi tot stilstand

sodat almal die vragte voer + banddruk kan

nagaan. Party manne maak gebruik van die

geleentheid om die kospakkie wat vroulief in

gepak het te bestudeer en ander staan met ʼn fles

koffie in die hand en aanskou hoe die son sy

oggendstrale oor die Overberg omgewing gooi.

Paar minute later en ons is weer aan die beweeg.

By Worcester word die konvooi net nog langer

soos nog vragmotors by ons aansluit.

Ongelooflike gevoel as jy oor die radio hoor hoe

die manne by die konvooi aansluit en almal hulle

groet en welkom heet.

Ek kan nie ophou dink hoe

hartroerend oom Krige Siebrits

se gebed was met die vertrek van

hierdie tog.

5km buite Touwsrivier kom die hele

konvooi tot stilstand langs die N1 by een van die

vele piekniek plekkies. Die konvooi, wat seker

nou maklik al verdubbel het toe ons die oggend uit

Franschhoek vertrek het is iets om te beleef.

Soos ek deur die twee rye vragmotors & bakkies

beweeg besef ek net weer hoe onselfsugtig hierdie

boere & besigheidsmanne is deur alles net so te

los op hulle plase & besighede om ʼn gemeentskap

wat al +/- 5 jaar se droogte beleef te gaan help.

`n Onselfsugtige

helpende hand aan

boere in groot

nood…

Rye vragmotors

vol kos vir

droogtegetysterde

plaasdiere.

Ek is ʼn mens wat hou van avonture

& om nuwe plekkies & goed te ontdek, maar

hierdie is ʼn belewenis so uniek & nuut vir my dat

ek meer moes uitvind. Die manne stuur my in die

rigting van oom Danie de Waal.

Oom Danie is die voorsitter van die SA Jag en

Wildbewaring Vereniging (Overberg tak) en

hierdie is hul 14de aflewering na Fraserburg (74

boere) en Sutherland (142 boere). +/- 3,800 ton

voer (wat deur boere in die Overberg & omgewing

geskenk is) en baie kos vir die ouetehuise is al

afgelewer.

Toe die nuus breek dat nog so ʼn aflewering gaan

plaasvind het Franschhoek Landbouvereniging hul

hand opgesteek dat hul sal help (in samewerking

met boere van Villiersdorp & Caledon en ʼn klomp

vrywilligers) met die vervoer van die voer.

So net na 11am draai ons links by Leeu Gamka op

die R353 en met die dat die konvooi so bietjie

uitmekaar getrek is soos ʼn konsertina word daar ʼn

laaste keer gestop, so paar km verder naby ʼn paar

doringbome, sodat die konvooi weer agter mekaar

kan wees.

Almal word nader geroep en die laaste reëlings

word bespreek en gefinaliseer. Na ʼn groep foto is

die konvooi vir die laaste keer aan die beweeg.

80km verder en Fraserburg se kerk toring kom in

sig. Ek het intussen by oom Willie in sy bakkie

gespring en ons is die laaste voertuig van die

konvooi. Ek en die oom praat tog te lekker, maar

soos ons die dorp in ry en ons sien ʼn groep

kinders met ʼn welkom / dankie plakkaat raak ons

albei onmiddellik stil. Nie een kan ʼn woord uit kry

nie en dit voel of my emosies my wil oorval.

Skielik verlang ek na my seuns tuis en wens dat

hulle deel hiervan kon wees.

Die konvooi kom vir ʼn laaste keer tot

stilstand. Blad word geskud en elk kry ʼn koue bier

van ons gasvrou Michelle Fourie. Die aflaai is ʼn

proses en ʼn half en onmiddellik word die eerste

paar vragmotors aangepak. Elmar le Roux (wat in

beheer is van Fraserburg se droogtehulp projek)

maak seker dinge bly aan die beweeg en dat die

voer by die regte punte afgelaai word.

Ek en die oom praat tog te lekker, maar soos ons die dorp in ry

en ons sien ʼn groep kinders met ʼn welkom / dankie plakkaat

raak ons albei onmiddellik stil. Nie een kan ʼn woord uit kry nie

en dit voel of my emosies my wil oorval.

Terwyl die aflaai van die voer aan die gang

is ry ʼn paar van ons saam met Mariette Hugo &

Michelle om die kos & ander NB goedjies by die

ouetehuis te gaan aflaai. Van hier sal dit dan

tussen die ouetehuis & koshuis versprei word

waar nodig.

Laat middag en ons beweeg na die gastehuis wat

Michelle vir ons gereël het. Om saam met hierdie

vrag manne ʼn huis te deel is wragtigwaar ʼn

avontuur op sy eie en dit benodig sy eie artikel.

Die dag het einde se kant gestaan, maar nie ons

kuier op Fraserburg nie. ʼn Ete / kuier saam met

die boere en mense van die omgewing het nog

voorgelê so hoe kan mens dit nou nie geniet niet.

Hierdie is skaap wêreld so natuurlik word daar

gespit, skaapstertjies, wors … man dit is mos

koningskos.

Ter opsomming – voer wat vervoer was na

Fraserburg:

• 168 bigpacks

• 412 ronde kafbale

• 80 klein kafbale

• 70 ton pit kos

Daar is so baie mense om voor dankie te sê, dus

wil ek niemand uitsonder nie, maar ek wil wel

DANKIE se vir: SA Jag en Wildbewaring

Vereniging (Overberg tak), Franschhoek

Landbouvereniging en dan natuurlik Fraserburg &

sy mense veral Michelle & Riaan Fourie.

Ons dink & bid vir julle Fraserburg. Amen!

Terwyl ek so deur die mense beweeg en sien hoe

almal mekaar se geselskap geniet dink ek terug

aan iets wat Lourens vir my in die vragmotor gesê

het en dit is dat op ʼn mate is boere broers van

mekaar. So as die een swaar kry dan help die

ander waar hy kan.

Terselfdetyd dink ek hoe ironies is dit nie dat jag

en alles wat gepaard gaan daarmee soms in ʼn

swak lig gesien word deur van die publiek en hier

is hierdie einste organisasie aan die stuur om vee

boere in die Karoo te help tydens droogte.

So mooi soos die Karoo kan wees, so wreed kan

hy ook wees. As hy gee is dit die mooiste mooi

wat jy al gesien het, maar as hy neem dan sny dit

diep. Om met boere te gesels en te hoor hoe min

hul reënval oor die laaste 5 jaar was, is

hartsroerend. Wat ek weet van boer of die nodige

hoeveelheid reën wat nodig is om te kan boer in

die Karoo is gevaarlik en op ʼn mate voel mens so

magteloos. Wat my wel opval is dat nie een voel

dat die einde aan sig is, of met hangende skouers

stap nie. Almal het moed, hoop en glo dat dinge

sal draai.

Terug by die gastehuis na ʼn ongelooflike lekker

kuier saam met Fraserburg se mense gaan stap ek

ʼn draai in die stil strate. Die wêreld is stil en al

wat jy hoor is ʼn hond wat in die verte blaf. Ek kyk

op en besef net weer hoe ongelooflik mooi die

sterre in die Karoo is.

Het jy al

‘STRONT’ drooggemaak

as jy kamp?

Maar ek bedoel sommer soos in GÓÉD, aangejaag…

DEEL

Ons kampfotograaf – Pierre – vertel verder van

sy wedervaringe hoe hy dit al reggekry het om `n

perfekte (Spitzkoppe) kamp goed op te voeter...

2

Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

E

k beplan `n jaar lank aan my groot

Namibië-trip! Alles word bespreek

en betaal voor die tyd, en ek “spych”

myself op! Ek kry jitters van

opgewondenheid, want ek gaan vir amper `n

week Etosha-toe, en dan toer ek ry-ry weer

terug af Suide-toe. Via Spitzkoppe… Allesen-alles:

drie weke in Namibië! Hemels…!

Die tyd kom aan, en ek is gepak. `n Vriendin

van my ry saam, want sy wil by

gemeenskaplike vriende van ons gaan kuier

op Outjo. Die plan was om tot by Amanzi

Trails – net oor die Oranjerivier en aan

Namibië se kant, te ry, dan daar oor te slaap,

en vroeg die volgende oggend dou voor dag

weer te vertrek en deur te stoot tot op Outjo.

Dis `n vêr en reguit pad…

Ek sukkel om die nag te slaap, want `n

allermuntige griep pak my beet – onverwags

en totaal ongeleë! Ek is nie gelukkig met

myself nie en toe die wekkertjie sag lui teen

04h30, het ek nog geen slaap ingekry nie.

Die griep kom sit oordentlik in my lyf, en ons

moet klaarmaak om pad te vat Noorde-toe. `n

Warm stort en koffie laat my tydelik beter

voel. Ek deel die pad in vier dele in. Amper so

300km elk. Amanzi tot Keetmans, Keetmans

tot Mariental, Mariental tot Windhoek, en dan

die laaste deel tot op Outjo – sê maar

maklikheidshalwe omtrent 1200 km! Dis vrek

vêr met `n loopneus en `n bors wat wil bars…

maak ek myself klaar om Etosha toe te gaan,

en die griep bedaar. Ek voel reg vir die “bos”!

Dié wat Etosha al beleef het, sal verstaan: dis

`n plek wat onverklaarbaar diép, diép binne

jou kom sit! (en jy kry hom nooít-ooít weer uit

nie). Ek sien alles wat my hart begeer: twee

keer luiperds, wit- en swartrenosters, olifante

in oorvloed, jagluiperds – jy noem dit, en ek

sien alles – behalwe leeus! Aaaitog! Die

leeus fnuik my elke keer, en ek is bitter

teleurgesteld, maar nie moedeloos nie, want

dis soos `n wildtuin werk! Soms is jy gelukkig,

en ander kere nie. “Live-with-it”!

Ek is bevoorreg om sonsondergange te

beleef met goud en geel soos net Afrika kan

gee… Ek neem siloeëtte af van diere wat

Hannes Lochner en Heinrich van den Berg in

trane sal laat uitbars! En ek is gelukkig met `n

lekkerte wat hier baie diep in my binnegoed

kom sit!

Wimpy brêkkie op Keetmans, volmaak, dan

Mariental… AAAhtiesjoe… Kalkrand … Hoeshoes-aaahtiesjoe…

Rehoboth… proesproes…

Windhoek se rante en draaie …

Griep tel op en ek voel goor… aaahtiesjoe,

maar ek hou my ‘pose’… Okahandja – die

son trek water… Otjiwarongo (yay!) en dan

uiteindelik: Outjo! Phewwww! Lang dag!

My eerste twee dae in Outjo was maar sleg,

want ek slaap meeste van die tyd, en die

gasvrou staan in met koffie en beskuit en alle

moontlike medisyne om te troos. Ek kry

darem `n koue Windhoek’ie of twee in my lyf

saam met die gasheer en `n braaivleisvuurtie,

en ten spyte van die goor griep, is dit lekker

om saam met ou vriende op te vang van

aangesig-tot-aangesig, en nie met Whatsapp

nie! Ons kuier lekker! `n Dag of drie later

Vorige bladsy: Silhoeëtte om van te droom… Die diere

kom na-middae watergate toe om te kom suip. As jy op

die regte tyd op die regte plek sit, is jy verseker om olifante

te kry wat water kom drink. Selfs die haartjies op `n slurp

wys duidelik as jy mooi fokus. Die witryertjie aan die

agterkant lyk onderstebo, want dis net sy weerkaatsing in

die water wat nog sigbaar was in die laaste goue lig…

Bo: `n Rooi sonsopkoms met `n boom voor `n wit bal vuur!

Groot bome in Etosha is skaars, en ek moes jaag (wettig

teen 60km/h) om betyds by dié een uit te kom om die son

reg te vang!

Links: Ma en dogter kom soek lafenis na `n lang dag in

die droë Etosha-veld! Hulle silhoeëtte word verewig

vasgevang!

Onder: `n Jagluiperd kom staan reg voor my in die pad in

die vroeë oggend-son! My hart bons in my borskas…

My tyd kom tot `n einde in Ethosa, en ek voel

of my vakansie reeds `n sukses was met

alles wat ek hier beleef het (sonder leeus)!

Alles sover die moeite werd! Ek het nog `n

rapsie minder as twee weke oor in Namibië,

waarvan 4 aande by Spitzkoppe is, en ek het

`n onkeerbare opgewondenheid in my! Die

rede is omdat ek uitsien daarna om by dié

wêreldbekende rotsformasies te kan gaan

sterre afneem! Dis donkermaan, en dis perfek

vir sterre-fotografie – dink ek. Ek sal die

formasies ook afneem, net so vir `n bonus,

dink ek… Maar my fisier is op die sterre by

die boogrots en tussen die formasies! Kan nie

wag nie, en ek hoop so in my stillegheid dis

nie bewolk as ek daar aankom nie! Net voor

Khorixas draai ek af Suide-toe, na Uis se kant

toe, en die grondpad is tops. Ek is egter nie

swaar met my trapvoet nie, want ek vergaap

my aan die altyd-veranderende omgewing

soos ek ry. Namibië is beslis soos geen land

in die wêreld nie! Dis óral mooi waar ek kyk,

en ek het vrede in my lyf!

Spitzkoppe slaan my asem weg, en ek het

hoendervleis van jitters – van voor-af. Alles

wat ek op Google voor-af bykyk het, staan in

sy volle glorie voor my! Ek weet letterlik nie

waar om te kyk, en waar nié.

Ek is lekker vroeg daar, en ek kry `n perfekte

kamp staanplek, voor die na-middag se

verkeer inkom om te kom nesskrop.

Spitzkoppe is `n heelike (en baie populêre)

oorstaanplek vir kampreisigers wat Namibië

verken. Ek stap rond en neem my eerste paar

kiekies. Sonsondergang by die boogrots is

mooi, en ek bank solank my eerste foto’s. Dit

raak donker, maar helaas, die wolke gaan my

pla! Dis té bewolk vir lekker sterre, maar dit

sorg vir mooi sonsondergangsfoto’s met kleur

en tekstuur in die lug. Toemaar, sê ek vir

myself, dit kan tog nie ál vier aande so

bewolk bly nie, en die geluk tref my die

volgende dag toe die wolkies geepad. Ek is

vroeg op voor die son, en ek kry `n klompie

mooi sonsopkoms skote in. Later verdwyn de

laaste een van die wolkies, en die lug is

helder en skoon! Vanaand! – dink ek, en ek

vryf my wyehoeklens solank blink. Sigma 10-

20mm ultra-wyehoek; perfek vir sterre. `n

Nuwe, skoon geheuekaart in die kamera, en

ek is reg vir aksie - `n hoogtepunt van my

Namibë vakansie: Sterre by Spitzkoppe! Dit

kan maar donker word…

Teen agt-uur is dit pikdonker, en daar is nie

`n beduidenis van `n wolkie nie. (ek het deur

die dag reeds my plek en hoek gaan bekyk

waar en hoe ek my eerste foto’s gaan neem,

en my fokuspunte uitgwerk op my lens, en ek

was seker waar die Melkweg gaan oorkom.

Ek was deeglik voorberei, en het presies

geweet waar, wat en hoe my eerste foto gaan

werk!) Verskoon die Engels, maar nou weet

ek nie hoe om dit lekker (of beter) in

Afrikaans te sê nie. Met my eerste

saamgestelde foto het ek beplan om so twee

ure se totale oop sluiter ‘exposure’ te neem,

met seker so 60 foto’s van vier minute elk se

‘exposures’. Vergewe as dit so bietjie tegnies

en ingewikkeld klink, maar dis meer effektief

om `n klomp foto’s te neem, en hulle dan met

sagteware op mekaar te ‘stapel’ om mooi

sterresirkels te maak, erder as een lang

‘exposure’.

By die boogrots se parkeerplekkie, klim ek

uit, en haal my driepoot uit. Ek haal my

kamera uit my kamera-rugsak, en haal die

lens af wat gemonteer was. Ek haal die

blinkgevryfde wyehoeklens uit, en monteer dit

versigtig op die kamera, en ek is

opgewonde… Ek sit nognie die ander lens

terug in die kamerasak nie, want ek wou eers

gou my kamera op die driepoot monteer. Ek

kyk nie wat ek doen nie, en van

oorhaastigheid maak ek nie seker dat die

kamera inge-‘klik’ was op die driepoot nie. Ek

laat val die kamera! Ek hoor die klapgeluid…

My hart sink! My blinkgevryfde ultrawyehoeklens

- spesiaal vir sterre - is in twee

gebreek! In twee stukke… en my hart ook! Ek

raak naar, en spontaan vloek en skel ek

myself in die aller gruwelikste taal denkbaar!

(… Labuschagne, jou ****, flippen ****, kan jy

nie ***** dink (én ****** KYK) wat de ***** jy

****** doen nie!) - spesiaal GESENSOR vir

die sensitiewes - …

Toe die naar uiteindelik sak, en die ergste

gevloek bedaar het, loop haal ek die

‘ductape’ uit my goeters-krat, en ek plak die

twee stukke weer mooi netjies inmekaar

(wetende dit nie gaan werk nie, maar met die

wêreld se hoop), en ek sit die lens terug op

my kamera – en dié keer versígtig terug op

my driepoot – so al asof ek gedink het ek

gaan nou lekker sterre afneem…) en met die

hoop dat als weer reg is. Jammer, pêl! Ek sit

my kamera aan, en al wat ek sien is:

“ERROR – LENS NOT RECOGNIZED” … En

ek weet… “Aaaaag ******, Labuschagne,

vloek ek weer hardop! (Toemaar, ek is nie `n

vuilbek nie. Ek vloek net as ek stront

droogmaak!)

My vier aande by Spitzkoppe gaan verby, en

ek moes tevrede wees met rotsformasies in

die dag, sonder `n enkelte ster se kiekie! Ek

neem Spitzkoppe toe maar uit alle hoeke af,

en vir die troos kry ek `n paar mooies. Ek het

`n volgende afspraak met Spitzkoppe, dink

ek, want ek moet my sterre gaan afneem by

die rotsboog – ongedane sake en

onafgehandelde afsprake. Dis net `n kwessie

van tyd…

Die res van my Namibië-toer verloop glad,

maar ek sukkel met sterre afneem. My

gemoed is nie lus vir sterre nie en ek kry elke

keer so effense naarigheidjie as ek dink aan

daai klapgeluid toe die lens “snap’. Ek fokus

maar op landskappe, maar die Liewe Heer is

my weer genadig, en kry my weer jammer,

toe Hy my beloon met heerlike landskappe,

en mooi kiekies.

Terug by die huis betaal die versekering my

nuwe lens uit, en ek skaf vir my dieselfde,

splinternuwe Sigma 10-20mm ultrawyehoeklens

aan, net om wéér stront droog

te maak (DEEL 3) met dieselfde (nuwe)

lens… Asof ek nie my les geleer het nie!

Elandskloof Forel Plaas

Woorde: Pieter van der Linde / Foto’s: Van Staden Fotografie & http://www.elandskloof.co.za

E

k is bevriend met die familie sedert 1990 en ek het verskeie kere daar gaan jag en oorgebly in die chalets.

Die rus en vrede wat ek daar ervaar is vir my goed en ek waardeer dit om soms net weg te kom van die

normale gejaag van die lewe. Ontvangs en bespreking is vriendelik en dit is n pragtige familieplaas wat al

vir geslagte in die familie se besit is.

Ek is nie n geesdriftige forelhengelaar nie, maar ek geniet dit om te sien hoe die ander gaste hulleself geniet met die

forelle...

Laatmiddag steek meeste hulle vure aan en ruik jy braaivleis in die kloof en elke ou doen wat hy wil.

Dis heerlik om oor die hoofdam by die kampterrein te sit en mediteer oor die lewe...n groot voorreg om jou kop in

neutraal te sit vir n wyle. As jy skerp kyk, sien jy heelwat wild en die takbokke is my gunsteling .... maar jy moet

wakker wees en mooi kyk, ander mis jy hulle.

Wens ek was nou daar... Ek mis die reuk van varsgebakte brood in Dimpels se kombuis!

Wees voorbereid

Kamp is Lekker

Gaan orals

RSI SMARTKITCHEN ROOF MOUNTED TABLE RSI SMARTRACK

011 974 0370 SALES @ SMARTCANOPY.CO.ZA

as die

KLIPPE

kon praat

Vandat ek my verstand gekry het, en so vroeg as wat ek

maar kan onthou, het ek `n liefde vir klippe en rotsformasies

gehad. Ek kan `n mooi klip nie uitlos nie, wat nog te meer as

daar iets interessant gebeur… soos in hierdie foto!

Die (Namibiese) Richtersveld is vir my `n bekende stukkie aarde. Ek kom gereeld

hier, en ek is verlief op die plek. As ek hier deurry lig ek my trapvoet en ek kruiekruie

– amper luierspoed op díe paaie – met my oë oop! Die gevolg is dat ek heel

dikwels gelukkig is om iets besonders raak te sien wat ek nie normaalweg sal

sien as ek vinnig ry, of onoplettend deurjaag dat jy net stof en klippe sien spat,

nie. Hierdie klipspringer-ooitjie op haar uitkykklip is `n bevestiging dat jy dikwels

iets sal sien as jy geduldig en oplettend is, en nie jaag op hierdie paaie nie.

Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

`n Teken van lewe: Groen blaartjies tussen wit gebleikte takkies,

en swart, songebrande skurwe rotse in net `n paar millimeter grondjies.

Tussen die klippe: Soms verstom ek my vir die krag – en lewenswil – van `n boom!

Maanlandskap! Mooi…

Eeue se vloed- en stormwater skeur `n pad oop deur die rotsbodem om

uiteindelik `n canyon te vorm. Soos die skeur tydsaam dieper raak, word die

verkillende rotslae blootgelê, en ek staan net in doodse stilte myself en

verwonder aan die natuur… Vertel my julle storie, staan ek en dink…

`n “Woudreus” in `n rotstuin – een van my gunsteling

kokerbome en plekke in die hele Namibiese Richtersveld.

Waar? Dis my geheim…!

Hoekom rond?

Tussen al die ander hoekige rotse en klippe, lê hierdie ronde, gladgevormde granietbal. Ek

wonder hoekom net hy, en hoe kom dit daar? As die klip maar net met my kon praat…?

`n Skildenaar se doek:

Sanmense van (na bewering en volgens

kundiges) omtrent 800 – 1000 jaar gelede se

rotskuns. Dit word ‘Petrogliewe’ genoem:

tekeninge wat geduldig en met moeite op die

rotse uitgekap word met `n harder stukkie rots.

Hier kan ons `n renoster en `n kameelperd sien

– soos weergegee deur die kunstenaar. Soms

kry mens ander vorme en patrone soos die

spiraalsirkels hier langsaan. Ek wens die klippe

kon vir my hulle storie vertel van die kunstenaar

wat sy kuns hier verewig het…

Laaste rusplek…

Die geraamte van `n kokerboom wat eens trots en vier sy

plek vol gestaan het. Nou net wit en stukkende reste.

`n Mensgemaakte muurtjie?

Nee, nooit nie. Perfek gepak deur `n Groter Skepperhand!

Nou wie sou die hopies klippe so stapel? Ek wens hulle kon my sê…

Nuwe lewe!

Groen, vars en nuut… na goeie reën in `n dorre droë landskap, tussen die warm klippe.

Na die reën: Klam grond, en afgekoelde klippe in `n andersins bar, genadelose warm landskap!

Verduidelik jy maar vir jouself hierdie formasies,

want vir my het dit geswyg…

As die klippe maar net kon praat…!

Gear to make tracks in a

ISUZU D-MAX

MY12 05/12 on

It doesn’t matter how you make tracks, Tough Dog has the right gear to suit your Isuzu D-Max. Up front, Tough Dog

offer offer both the award winning Foam Cell Strut, as well as the 9 stage Adjustable version. Either option is coupled

with springs to suit your accessories. Tough Dog also offer complete assembly front struts for fast and easy fitment

of the front suspension assembly.

In the rear, we’ve got every possible application covered. You’ve got the choice of three shock options as well as

three separate leaf packs, depending on your application. Some earlier model D-Max variants require a handbrake

bracket relocation kit, available as a Tough Dog Part. Check with your dealer for your specific vehicle.

Replacement

Strut Tops

Handbrake Relocation Bracket Kit

(Required for up to MY15.5 vehicles)

SHOCK ABSORBERS

FC404200 2 40mm Foam Cell Strut

BM404200 2 40mm 9 Stage Adjustable Strut

COIL SPRINGS

TDC270 2 Petrol/Diesel/Up to Alloy Bar

TDC974 2 Petrol/Diesel/Bar

TDC974H 2 Petrol/Diesel/Bar/Winch

COMPLETE STRUT ASSEMBLY

HOL-001 2 Complete unit with adjustable strut suit alloy bar.

HOL-002 2 Complete unit with adjustable strut suit bar.

HOL-005 2 Complete unit with adjustable strut suit bar & winch.

HOL-003 2 Complete unit with adjustable strut suit alloy bar.

HOL-004 2 Complete unit with foam cell strut suit bar.

HOL-006 2 Complete unit with foam cell strut suit bar & winch.

REPLACEMENT STRUT TOP

TOY-1081 2 Strut Top

41mm Foam Cell &

40mm 9 Stage Adjustable Struts

(Available as complete assembled units)

X5K Coil Springs

(Multiple rates available)

Want more info?

www.toughdog.com.au

MY12 05/12 on

Rear Shocks Available:

35mm Nitro Gas

41mm Foam Cell

40mm 9 Stage Adjustable

SHOCK ABSORBERS

BD1382T 2 35mm Nitrogen Gas Shock

FC41382 2 41mm Foam Cell Shock

BM401382 2 40mm 9 Stage Adjustable

LEAF SPRINGS

FS214C 2 0-300kg Load

FS214L 2 CONSTANT 300Kg Load

FS214LL 2 CONSTANT 500Kg Load

COMPONENTS

TDUK-071 1 Urethane Shackle Bushing Kit

TDUB-016 2 U-Bolt Kit

TDGS-391 1 Greasable Shackle Kit

TDGP-668 1 Greasable Pin Kit

TDSK-021 1 Handbrake Relocation Bracket Kit

0-300kg

Urethane Bushing Kits

Greaseable Pin Kits

Greaseable Shackle Kits

Leaf Spring packs

Available in three separate designs

to suit your application & needs

Constant 300kg

Constant 500kg

Want more info?

www.toughdog.com.au

MY12 05/12 on

Distributed By:

2019 BMW

R 1250 GS

en

Adventure

is hier

We broke the mould.

Battery to battery charging technology has been around for some time now. There are a number of

products available that compare favourably, some good some not so good. Our goal from the outset

was to design something better than the garden variety ouerings so we created, what we believe to

be, the most innovative in-vehicle battery charging system to ever hit the market.

Introducing the interVOLT DCC Pro:

The best in-class performance for a charger of this size

The DCC Pro is a true 25 Amp charger, that is, 25 Amps

at 50°C all day, every day. In addition the DCC Pro will

continue charging at reduced output right up to 85°C!

Remote monitoring from the comfort of the driving seat

The DCC Pro is kitted with a market first, in-cabin display

for remote monitoring of the auxiliary charging status

from both main and solar power charging sources.

Solar ready – no need for a separate regulator or relay

The DCC Pro is a complete MPPT solar charge controller

capable of handling 250 Watts of power with up to 30%

greater eflciency than a standard PWM regulator.

Under bonnet charging device is dust and water proof

The DCC Pro is sealed to IP67 standard and is designed

to be mounted in the engine bay or on the chassis itself.

The DCC Pro can handle temporary submersion!

Capable of monitoring two chargers on a single display

The DCC Pro Remote Display can accept and monitor two

Individual Charging Devices at once! No need to purchase

a second display when two auxiliary batteries are used.

DCC Pro

In-Vehicle DC-DC

Battery Charger

Part Numbers

DCC1225ACK-RP

DCC1225ACD*

DCC0001ARD*

DCC3000CTR*

DCC6000CTR

DCC9000CTR

DCC Pro automotive charging kit includes * items

Automotive Charging Device 12 Volts DC 25 Amps

Automotive Remote Display complete with bracket

Data cable 3 metres charging device to remote display

Data cable 6 metres charging device to remote display

Data cable 9 metres charging device to remote display

Specifications

Input Voltage

Solar Power

Continuous Rating 25 Amps @ 50°C

Current Draw

Boost Voltage

Float Voltage

Electrical

Protection

Environmental

Protection

Operating Temperature

Main: 9 – 17 VDC

Solar: 27 VOC max. (open circuit – no load)

250 Watts nominal (300 Watts peak)

Charging Device: Including LED indicator

Die

Swartvleistorie

Woorde & Foto’s: DIE VOORTREKKERS

Swartvlei Seekamp word in 2019

vir die 27ste keer aangebied deur

die Voortrekkers Transvaal. Die

kamp word reeds sedert 1993

aangebied in Sedgefield, by die

Swartvlei kampterrein vir

laerskool Voortrekkers van

Gauteng, Noord-Wes,

Mpumalanga,

Limpopo, Vrystaat

en Wes Kaap

provinsies.

Verskeie Voortrekkers van veral

die binneland kry hier die

geleentheid om meer te leer oor die

see en alles rondom die see en strand.

Kentekens soos, Seepret vir Graad 1

kinders, Seekennis vir graad 4’s, staptogte

en riviermondings vir graad 6’e asook

strandbewustheid vir graad 7 leerders word aangebied

tydens die kamp.

Die eerste Swartvlei Seekamp het gedurende die Julie

skoolvakansie van 1993 plaasgevind met ‘n totaal van 114

kampers. In 1995 het ons Gebiedskamp status gekry en die

getal kampers het gestyg tot 350. Ons grootste getal

kampers, 900, was met die 10de verjaarsdag , en die getalle

het daarna gestabiliseer op 550.

Dit is en sal altyd vir almal wat daar kamp ‘n ongelooflike

ervaring wees want ons beleef tydens elke kamp die

nabyheid van ons Hemelse Vader en Sy Skepping. Dit is

ook vir die bestuur ‘n voorreg om deel te kan wees in die

vorming en ontwikkeling van ons jeug.

Waar is die Swartvlei Seekamp?

Ons kamp elke jaar langs die Swartvlei-meer by Sedgefield

tussen Knysna en George aan die Weskus. Die Swartvlei is

een van verskeie vleie in Suid-Afrika waarvan almal onder

bedreiging staan van moderne en informele ontwikkeling.

Kortliks, vleilande is die watersuiwerings stelsels van die

natuur en groot getalle watervoëls broei slegs in vleilande.

Die kamp is slegs ‘n hanetree van die strand af, maar

beskerm van die meeste wind. Die strand self is

ongerepte natuurskoon en ‘n beskermde

broeiplek vir bedreigde strandvoëls. Die

strand strek tot by Gericke's punt waar die

kinders in die laagwaterpoele die

seelewe kan bewonder.

Hoe op aarde kry ons

dit reg?

Dit is uit die aard van die saak nie

die maklikste ding om te doen nie,

maar met jare en jare se ondervinding

kan die bestuur van Swartvlei Seekamp

dit al baie goed doen. Beplanning begin al

vroeg in Januarie en daarna is daar geen rus

vir die kampraad nie. Gereeld word daar vergader

en selfs na die kamp kom die offisiere weer bymekaar

om die kamp te bespreek. Vervoer word al lank voor die tyd

bespreek sodat die beste pryse vasgestel kan word om die

totale koste van die kamp so laag as moontlik te hou.

'n Week of meer voor die kamp vertrek die "voorspan" en

die vragmotor van Pretoria af Sedgefield toe om die kamp te

begin opslaan sodat alles reg is teen die tyd wat die

bemanning (penkoppe en drawwertjies) opdaag. Die

Logistiek span is lank voor die kamp begin reeds op die

kampterrein om alles in orde te kry vir die Swartvleiers en

hou gedurende die kamp alles instant. Die kamp word

opgeslaan in die vorm van 'n tentdorp met strate en selfs

www.swartvlei.co.za of besoek gerus Die Voortrekkers se webwerf by www.voortrekkers.co.za

straatname en elke divisie kry 'n divisietent. Die Voorkasteel

(groot "marquee" tent) word deur 'n professionele besigheid

opgeslaan waarin die aand programme gehou word. Vir die

administrasie en finansies word daar 'n Skeepskantoor

ingerig om alle belange op datum te hou. 'n

Kombuis word ingerig met stowe en

yskaste en tydens 'n inspeksie die

Departement van Openbare

Gesondheid en Veiligheid het die

beamptes die Skeepskombuis ten

volle goedgekeur. Die Siekeboeg

met gekwalifiseerde personeel

staan reg vir enige kwaal of

besering en terloops die beamptes

van die regering was hier ook

hoogs beïndruk. Die bestaande

galjoene (badkamers) op die

kampterrein is op standaard en

word 2 tot 3 maal per dag skoon

gemaak. Laastens maar seker die

belangrikste vir die bemanning is die

Kantien (snoepwinkel). Sakgeld wat die

ouers saam stuur word deur die divisies

opgeneem en word uitgedeel per dag soos die

bemanning dit nodig het. Gereeld word voorraad

geneem en die nodige aangekoop sodat almal iets lekker kan

kry oppad strand toe of wanneer hulle moeg gespeel van die

strand af terug keer.

Die offisiere van die dag of baie beter bekend as die

"Varkies" handhaaf die orde en dissipline op die kamp. Die

Varkies is ook die gees van die kamp met hulle humor en

pienk varkie pakkies. Die bemanning raak gou lief vir die

Varkies en later is daar 'n streep kleintjies ooral

agter hulle aan. Die Varkies reël ook die

aand program en kom elke jaar met

oorspronklike idees om die bemanning

te amuseer.

Dit is slegs deur die toewyding van

al die offisiere wat dit moontlik is

om die Transvaalse Voortrekkers

(ander gebiede is ook welkom)

op die lekkerste vakansie,

gebiedskamp te neem van hul

penkop en drawwertjie loopbaan.

OUR NEW

DRIVING LIGHT

WITH DIY

INSTALLATION

KIT.

Lightforce is excited to announce its revolutionary Australian designed,

engineered and manufactured Striker ® LED Driving Lights.

Their stylish rectangular form factor delivers a cool look on any 4X4, SUV or utility,

and they pack a punch with great all-round performance of 1 lux at 750 metres.

Striker ® LEDs will be available in May 2018 as a pair with a complete DIY Installation Kit,

the first kit of its kind.

Each Striker ® LED twin pack will include a DIY Installation Kit with a

complete wiring harness, plug-and-play adaptors for your headlight’s high

beam, a dashboard switch and all the consumables you need. For the first

time on a driving harness, all wires are individually labelled.

The Striker ® LED includes all the iconic features common to other

Lightforce LED Driving Lights including a solid IP69k rating and

reduced radio interference technology.

1 LUX @ 750m

PHOTOMETRIC BEAM DATA

A pair of Striker LEDs with Spot Filter.

Beam Distance 1 LUX at 754m.

0

55yd

0 200m / 219yd 500m / 547yd 754m / 825yd

50m

Photometric data is for one pair of lights. National Association

of Testing Authorities Accredited, Australia 2018. Photometric

testing performed by Photometric Solutions International Pty Ltd.

Accessories include a range of modular filters for various driving conditions,

mounting brackets and security bolts. Also available in a single pack.

Kontak: 072 125 9343

Riehette Opperman

is die WENNER van die

wegbreek naweek vir

2 persone by

WESKUS QUARY

Lambertsbaai

S p e e l s a a m

Our Seatcovers are made using a synthetic fabric which is incredibly tough,

100% waterproof and extremely comfortable to sit on. A range of colours is

available to suit most modern design trends.

www.takla.co.za

Your ultimate portable

outdoor cooling system

take it everywhere you go

www.portamistsa.co.za

info@portamistsa.co.za

Top 10

Travel & Holiday

Guides

LIKBEKER KOFFIE

kom uit die hartjie van Montagu, wat met

'n innoverende lug-rooster metode en top

gehalte Arabica bone ‘n suiwer geurige

Bkoffie produseer met ‘n heerlike aroma.

KOOP

Adverteer.

jou besigheid hier.

Stuur n epos aan: rikus@lekkerkampplekke.co.za

Rikus Truter

Kamp Paklys

C u s t o m e r s

P a g e V i e w s

4 6 5 1 2 V i e w s

2 0 7 2 0 0

1 8 , 2 0 0

3 , 1 8 4 , 3 8 5 o o r

f o l l o w e r s

L i k e s

( 6 4 7 7 1 )

1 2 m d e t y d p e r k

a a n l y n

D o w n l o a d s

W e b b l a d

t y d s k r i f

g e b r u i k e r s

A p r i l 2 0 1 9

5 1 2 , 6 5 3

9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a

Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou

kampverwante besigheid te adverteer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!