29.04.2019 Views

KAMP IS LEKKER Mei 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Lewende seep is veilig vir die natuur!

Bakterieë is oral. As jy hou van kamp, is jy waarskynlik nie te grillerig om daaraan te dink nie.

Bakterieë is eintlik mos eensellige fabrieke. Hulle gebruik die boustowwe wat hulle in hulle

omgewing vind, om allerhande nuttige samestellings te vervaardig. Ons gebruik reeds

bakterieë om goed soos antibiotika, vitamines, proteïene, inentings en ensieme vir ons te

vervaardig.

Afval word ook baie doeltreffend deur bakterieë afgebreek. Wanneer ’n besoedelde area deur

mikrobes herstel word, word dit bioremediëring genoem. Miskien het jy al gelees van groot

olie-ongelukke soos die Exxon Valdez wat 380 miljoen liter olie in die see gestort het. Omdat

ru-olie ín die natuur voorkom en soms in die see inlek deur die seebodem, is daar reeds

bakterieë in die see wat die koolwaterstowwe in ru-olie kan verteer. Wat opruimwerkers moes

doen, was om hierdie bakterieë se getalle groter te maak deur nog daarvan in die see te spuit.

Dit word biologiese aanvulling genoem.

Hier in Suid-Afrika is daar al meer as ’n dekade gelede besef dat bakterieë wat behoort tot die

bacillus genus, baie nuttig aangewend kan word. Bacillus bakterieë is staafvormige, aerobiese

bakterieë wat spore vorm. Die spore is bestand teen hitte, koue, bestraling en uitdroging asook

ontsmettingsmiddels. Dit beteken hulle is nuttig as aktiewe agente in skoonmaakmiddels.

Beide die beginsels van bioremediëring en biologiese aanvulling word ingespan. Kom ons

dink aan jou kamptafel. Die goeie bacillusbakterieë is klaar teenwoordig op jou kamptafel. Jy

kan dit nie help nie en dit beteken nie jy is vuil nie. Hulle is daar omdat bakterieë oral is en

omdat daar vir hulle kos is. In plaas daarvan om daarteen te stry en jou tafelblad steriel te

probeer kry (onmoontlik want die lug is ook vol bakterieë, onnodig want dis nie skadelik vir

jou nie!), kan jy die beginsel van biologiese aanvulling toepas. Gebruik ’n skoonmaakmiddel

wat die populasie aanvul!

Só werk dit: ’n Hele paar miljoen bacillusspore is in die skoonmaakmiddel wat jy op die

tafelblad spuit. Binne minute kan die spoor begin ontkiem. As die toestande gunstig is, leef

die bakterieë en begin vermeerder. Die eerste ding wat die bakterieë doen, is om reuke te

bestry. Omdat hulle dadelik begin vermeerder, kompeteer hulle vir spasie en woel en wemel

letterlik die skadelike bakterieë uit die pad. Die bakterieë begin ook dadelik ensieme produseer

wat die afval wat op die tafelblad is, afbreek sodat hulle dit kan eet.

Die voordele van hierdie manier van skoonmaak is maklik om raak te sien. Dit boots die natuur

na; dit span die lewe wat daar reeds is, in om vir ons te werk. Dit maak ook dat minder

chemikalieë nodig is. ’n Bietjie surfaktant om die water natter te maak is amper al wat nodig

is – die bakterieë doen die res. Dis ’n intelligente manier van skoonmaak – die bakterieë

ontleed die omgewing en produseer die regte hoeveelheid van die regte ensieme om alles te

verteer.

As jy belangstel in ’n reeks skoonmaakmiddels wat inheemse bacillusspore bevat wat in top

laboratoriums in Pretoria gekweek word, besoek gerus www.mrsmartins.co.za. Kom ons span

lewe in!

Lize van der Merwe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!