Suidooster Junie 12 2019

suidooster
  • No tags were found...

Junie 2019

-Uitgawe 5

skoolkoerant

kultuur/aktueel/sport

suidooster

Oranjerivier

2019

Nuwe eiers in

die Arendnes

akademiese reuse!

Reünie

Selfoonskermtyd

Alles Vir Die Nes


Redaktrise:

Michelle Olivier

Subredakteur:

Ronaldo Phillips

Bladuitleghoof:

Jean le Roux

Bladuitleg:

Melissa Pio, Ruan Louw

Hoof van bemarking:

Josh Malan

Suidooster-redaksiespan

2019

Bemarkers:

Mia Williams, Ansunet Bause,

Sontaga, Amelia Todkill

Joernaliste:

Derik Nortje, Luke Booysen,

Marli Botha, Mckenzie Knipe,

Shannon Phillip, Mia Williams, Mienke Burger, Nika van Vuuren, Pétra v. d

Bergh,Zoé van der Merwe, Reece O Neale, Ansunet Bause, André Engelbrecht,

Tyreese Kriger

Spotprenttekenaar:

Gizela Rencken

INDEKS

bl.2 :Mislukking gaan jy bly lê of opstaan en verder baklei?

bl.3 :Chris en Carla: akademiese reuse

bl.4 :Beurtkrag … hier om te bly?

bl.5 :Die gesig agter die Arend

bl.6 :Nagskuiling maak jou oë oop

bl.7 :Nuwe eiers vir die Arendnes

bl.8-9 :Arend word All Black

bl.10 :Hulle kies water bó land!

bl.11 :Farewell Ms Shaw

bl.12 :UCT Wiskunde Olimpiade

bl.13-14 :Bring Die Hoop Weer Terug

bl.15 :Groen

bl.16 :Jou Storie

bl.17 :Paartjie van die Kwartaal

bl.18 :Agyiende Roeselare-Uitrek

bl.19 :Arendfees avonture

bl.20 :Kan ek jou Superman, Batman, Iron Man…

bl.21 :Reünie : vreugde of verleentheid ?

bl.22 :Skermtyd: Hoeveel is té veel?

bl.23 :Riglyne Vir ‘n Suksesvolle Eksamen

bl.24 :Engels Huistaal leerders besoek Artscape

bl.25 :Spoed en Stamina

bl.26 :Haal jou hoed… of nie

bl.27 :Blase, bloed en Netbalballe

bl.28-29 :Die Arend “SURF” hoog!

Hoof van fotograwe:

Tara Brinkworth

Fotograwe:

Megan Myburgh, Esterlie Maré, Zoë Roux, Eric Scott en Egmund Strydom,

Francois-Mari Lessing, Mickaylla Viljoen

1


Mislukking … gaan jy bly lê of

opstaan en verder baklei?

- Michelle Olivier

Ek dink almal het al dae beleef dat jy voel jy wil net

in ‘n hoekie gaan sit en huil en nooit weer ophou nie.

Dit voel asof alles verkeerd loop en jy net mooi niks

kan reg doen nie. Dan help dit ook nie om jou met jou

vriende te vergelyk nie, want partykeer lyk dit asof hulle

alles soveel makliker as jy regkry. Dit lyk ook asof hulle

met baie min moeite sukses behaal waar jy keer op

keer misluk. Soms is jy jou grootste vyand, want net

jy kan bepaal of jy suksesvol gaan wees, of misluk.

Die grootste geskenk wat jy aan jouself kan gee, is

om jou foute in perspektief te kry, op te staan, en

weer te probeer. Jy kan dalk net die volgende keer

suksesvol wees. Daar is nie verniet ‘n Engelse

spreekwoord wat sê: “Practice makes perfect!” nie.

Onthou net, alles gebeur met ‘n doel in die lewe.

Baie keer sal ‘n deur in jou gesig toeklap, en as jy

mooi kyk, sal ‘n venster oopgaan, waardeur jy kan

beweeg. Wanneer jy later terugkyk op jou lewe, sal jy

besef soos Prediker 3 vers 1 dit so mooi stel:

Michelle, redakteur van Suidooster

“Daar is ‘n regte tyd vir alles, elke ding in hierdie

wêreld gebeur op die regte tyd.”

Onthou nou volgende keer as jy ‘n dag beleef wanneer dit voel asof die hele wêreld sy rug op

jou gedraai het, baklei terug. As jy plat bly lê as die lewe jou ‘n klap gegee het, sal jy nie die

venster sien wat oopgegaan het nie, en ook nie die geleenthede wat oor jou pad kom nie.

Opgee is doodeenvoudig nie ‘n opsie nie.

2


Chris en Carla: akademiese reuse

Megan Myburgh

Hoërskool Strand se leerders vaar besonder goed op akademiese gebied. Daar

word in elke graad toppresteerders aangekondig. Ek het ‘n paar vrae gerig aan Chris

Langeveldt (gr. 12) en Carla Punt (gr. 8).

1. Hoe lank voor ‘n toets/eksamen begin jy leer?

Chris: Dit hang maar af watter vak dit is. Vir my meer uitdagende vakke sal die

ideaal so drie volle dae wees om te leer. Dit is egter nie altyd moontlik om so baie tyd

te kry nie.

Carla: Ek begin ‘n dag voor die tyd te leer, maar wanneer ek huiswerk doen, gaan

ek deur my werk om op hoogte te bly.

2. Wat is jou gunsteling vak?

Chris: Wiskunde

Carla: Wiskunde

3. Wat is jou gemiddeld vir die eerste

kwartaal?

Chris: 95.5%

Carla: 91.1%

4. Wat is jou planne vir die toekoms?

Chris: Ek gaan volgende jaar studeer. Ek is

Chris

sover voorwaardelik aanvaar by die Universiteit

van Stellenbosch om Aktuariële Wetenskap te studeer.

5. In watter laerskool was jy en hoe het jy op laerskool gevaar?

Chris: Laerskool Hendrik Louw en ek was op die Top 10-presteerderlys.

Carla: Lochnerhof. My punte het altyd redelik goed

gelyk. Ek was nog elke kwartaal van graad 4 af in

die top 20 en in graad 7 het ek van top 20 na top 5

in die graad geskuif.

6. Het jy enige raad vir ander kinders/studente wat

ook hul punte wil verbeter?

Chris: As jy meer oplet en moeite doen in die klas,

sal jy minder by die huis hoef te leer. Moenie bang

wees om vrae te vra nie. Dit help ook om

voorbeelde en ou vraestelle voor jy toetse skryf, uit

te werk.”

Carla: As jy goed wil doen in jou akademie, moet

jy fokus in die klas, huiswerk doen, leer en

selfvertroue hê.

Carla

3


McKenzie Knipe

Beurtkrag … hier om te bly?

Slegs ‘n jaar gelede het die Wes-Kaap voorberei om sonder lopende water oor die weg te kom. En

nou in 2019 word Suid-Afrika gekonfronteer met beurtkrag van twee en ‘n half ure, drie keer per dag,

waar daar geen elektrisiteitstoevoer in bepaalde areas is nie. Die onlangse beurtkrag het reeds in

Desember 2018 begin en elke nou en dan steek dit weer kop uit vir ‘n week of twee. Is beurtkrag

hier om te bly? Ons kyk na Eskom se geskiedenis om hierdie vraag te beantwoord.

Die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie, of Eskom soos ons dit ken, is in 1923 gestig en is die

grootste produsent van elektrisiteit in Afrika en was ook een van die sewe grootste produsente in die

wêreld.

Tussen 1960 en 1990 het Eskom ‘n aantal steenkoolgedrewe aanlegte opgerig wat sy kapasiteit van

4 000 megawatt na 40 000 megawatt verhoog het. Gedurende daardie tyd, in 1974, is die Koeberg

kernkragsentrale naby Atlantis opgerig om Kaapstad van elektrisiteit te voorsien en die regering se

kernkragprogram te versterk. Reeds in 1981 het ‘n finansiële skandaal Eskom getref toe sy assistant

hoofrekenmeester R8 miljoen van Eskom se geld verduister het.

Na die verkiesing in 1994 het Eskom begin fokus op die voorsiening van laekoste elektrisiteit om

ekonomiese groei te bewerkstellig en ook aan agtergeblewe huishoudings elektrisiteit te voorsien.

Die regering onder die administrasie van president Mbeki wou Eskom privatiseer en gevolglik is alle

leningsaansoeke van Eskom om nuwe kragsentrales te bou, afgekeur. Dit het tot gevolg gehad dat

Suid-Afrika in 2007 vir die eerste keer kennis gemaak het met beurtkrag. In Januarie 2008 is

beurtkrag amptelik bekendgestel. Beurtkrag word gebruik om die verbruik te beperk wanneer

voorsiening onder druk is weens verskeie redes. Dit het die regering gedwing om Eskom se

kapasiteit uit te brei deur meer kragsentrales te bou, insluitend die moontlikheid van ‘n

kernkragsentrale wat meer as 1 000 gigawatts krag teen 2050 sou kon voorsien.

Hierdie planne is egter gestaak nadat Eskom in 2017 deur ‘n korrupsieskandaal getrek is onder die

administrasie van president Zuma. Voorts het die Nasionale Energiereguleerder (NERSA) nie

Eskom se aansoeke vir nagenoeg 20% tarief-verhogings goedgekeur nie. Eskom het aangevoer dat

hulle nie genoeg fondse het om hul uitbreidingsplan te finansier nie.

In 2019 het die regering aangekondig dat Eskom in drie dele verdeel sal word. Kort daarna het die

ergste beurtkrag tot op hede begin. Eskom het die redes vir die beurtkrag aangevoer as die tekort

aan water-, diesel- en steenkoolhulpbronne, asook die feit dat die nuwe kragsentrales soos Medupi

en Kusile nog nie werk nie. Voorts het korrupsie en staatskaping vir Eskom tegnies insolvent gelaat.

Die geskiedenis van Eskom is vol voorbeelde van swak beplanning, ondoeltreffende benutting van

hulpbronne, korrupsie en vele meer. Waar Eskom eens een van die wêreld se beste produsente van

elektrisiteit was, is slegs ‘n geraamte daarvan oor.

Is beurtkrag hier om te bly? Niemand kan ‘n definitiewe antwoord hierop gee nie, maar ek sal

aanbeveel dat julle gaslampe en -plate, kerse, flitsligte en enige ander toestelle wat nie van

elektrisiteit afhanklik is, aanskaf en nie te diep in die kas wegpak nie.

4


Megan Myburgh

Die gesig agter die Arend

Adriaan Lambrechts, die Arend!

Hy het homself aangespoor om die Arend te wees omdat hy daarvan hou om mense te laat

lag.

Die eerste keer was vir hom baie vreemd, want hy het glad

nie geweet wat om te doen of hoe om op te tree nie. Die

tweede keer het dit wel baie beter gegaan.

Adriaan geniet dit vreeslik baie om die Arend

te wees, want hy hou daarvan om mense

opgewonde te maak. Daar is geen beter

manier om dit te kan doen as om die Arend te wees nie.

Hy geniet dit verskriklik om foto’s saam met die jonger

kinders te neem en om al die verbygangers te salueer.

Hy geniet dit die meeste as die mense begin juig en skree.

Hy sê die enigste nadeel om die Arend te wees, is die

verskriklike hitte van die Arend-pak.

Gaan jy die volgende Arend wees?

5


Nagskuiling maak jou oë oop

Mienke Burger

Arende, ons is so geneig om vir onsself te leef. Al het ons die beste voornemens en kry ons van tyd tot

tyd ‘n gewetensaanval wat ons laat besluit om meer liefdesdade te doen en meer “daar” te wees vir ons

medemens, sukkel ons om tyd te kry vir ons goeie voornemens te kry in ons daaglikse geswoeg en

gesweet om tyd te kry vir ons goeie voornemens.

Dis waar Ti-Amo inkom. Op ‘n

maandelikse basis, sonder te veel

opoffering, kry jy die kans om ‘n

verskil te maak.

Met Ti-Amo se maandelikse besoek

aan die nagskuiling, blyk die

volgende waar te wees:

· Daar is mense daar buite wat

so min vra. Al wat hulle wil hê, is ‘n

bietjie aandag en erkenning.

· Hierdie mense is tasbaar

dankbaar vir ‘n bietjie van jou tyd en

aandag.

· ‘n Koppie koffie, ‘n paar malvalekkers en ‘n muffin is luukses wat hulle nie kan bekostig nie.

· ‘n Drukkie en ‘n paar ure se kaart speel, beteken meer as wat enige mens ooit sou kon dink.

· Die ou, uitgediende cliché van “dis beter om te gee as om te ontvang”, word vir jou ‘n werklikheid.

· Daar is niks wat jou uit jou

selfbejammering kan ruk soos om ‘n

bietjie tyd en aandag af te gee aan

mense wat dit so broodnodig het en wat

dit so waardeer nie.

· Die meeste mense in die

nagskuiling het daar beland as gevolg

van omstandighede buite hul beheer.

Hulle is slagoffers van hulle

omstandighede.

Ek wil jou aanmoedig – as jy in ‘n gat van

depressie verval het, of selfs net voel dat

jou lewe nie veel betekenis het nie,

kom saam. Kom ervaar die vreugde wat

dit verskaf om een aand in ‘n maand af te

staan om vir ‘n paar uur ‘n verskil in die lewens

van mense te maak.

6


Nuwe eiers vir die Arendnes

McKenzie Knipe

Ewe skielik loop die Arendnes oor van nuwe eiers. So baie eiers dat die Arend-ma nie

almal kan uitbroei nie. Slegs ‘n uitgesoekte hoeveelheid van die

eiers kan agterbly om uitgebroei te word, om sterk Arend-kuikens

te word en as trotse Arende te vlieg.

Dit is die situasie wat Hoërskool Strand in die gesig staar vir die

2020 gr.8-inname. Die skool is oorweldig deur die aantal

aansoeke van voornemende graad 8’s wat vir 2020 ontvang

is en sal nie elke aansoek kan goedkeur nie. Maar dit was te

wagte na die groot toevloei van voornemende Arende by die opedag op 20 Februarie

2019.

Alhoewel daar heelwat hoërskole en senior sekondêre skole in die Helderberg area is, is

daar net ‘n paar van hierdie skole, soos Hoërskool Strand, wat voorkeur by die meeste

ouers en leerders geniet. Daarby is daar tientalle publieke laerskole in die Helderberg

area waarvan die leerders in ‘n beperkte aantal publieke hoërskole opgeneem moet

word. Veral drie laerskole in die Strand en Gordonsbaai dien as primêre voedingsarea

vir Hoërskool Strand, naamlik Laerskool Hendrik Louw, Laerskool Lochnerhof en

Laerskool Gordonsbaai. Die goeie reputasie van Hoërskool Strand lok egter ook graad

7 leerders van laerskole in Somerset-Wes.

Jy hoef slegs na die webtuiste van Hoërskool Strand te kyk om te besef hoekom hierdie

hoërskool so gewild is. Die waardes van respek, integriteit, hardwerkendheid,

verantwoordbaarheid en diensbaarheid lê na aan enige persoon se hart en die magdom

aktiwiteite op sport-, kulturele-, geestelike en akademiese gebied gee elke ouer die

gemoedsrus dat hul kind as ‘n gebalanseerde jong volwassene aan die einde van graad

12 by die skool sal uitstap. En moenie die vriendelike glimlag en die wyse woorde van

aanmoediging van die skoolhoof, mnr. Malan, vergeet nie.

As gevolg hiervan moes mnr. Malan met ‘n siftingsproses begin om die blinkste eiers te

kies. Graad 7’s en hul ouers is vir ‘n onderhoud genooi om die siftingsproses te

vergemaklik. Een van die mammas het na die onderhoud erken dat sy banger as haar

seun was, aangesien sy op skool nooit in die hoof se kantoor was nie en nie geweet het

wat om te verwag nie. Maar voeg sy by: “Die onderhoud het baie goed gegaan”, en

haar seun is een van die gelukkige Arendeiers wat uitgebroei gaan word om volgende

jaar in ‘n sterk Arendkuiken te ontwikkel.

7


Zoé van der Merwe

Arend word All Black

Verlede jaar het Marco Pretorius ‘n baie groot rol gespeel

as hoof van die bladuitlegspan van die Suidooster. Die

redaksie het besluit om te hoor hoe dit met hom in sy nuwe

tuiste Pukekohe, Nieu-Seeland, gaan. Hy is beslis baie

gelukkig met hul gesin se nuwe tuiste.

In watter opsig is die omgewing anders as in Suid-Afrika?

Dit reën verskriklik baie hier. Dit sal maklik vir twee weke

aaneen reën en die uitsig is fantasties! Daar is ‘n hele strand

wat net uit fyn swart sand bestaan. Die Sky Tower is asemrowend mooi en as jy daaronder

staan, lyk dit asof dit op jou gaan val.

Wat maak Nieu-Seeland se kultuur uniek?

Hier is baie Islanders. Hulle kom van kleiner eilande rondom Nieu-Seeland, naamlik

Samoans, Maori’s enTongan. Elke vier jaar is hier ‘n groot fees, die Pollyfest, wat meer as

een beteken. Die verskillende kulture kry elk ‘n verhoog waarop hulle opvoerings doen en

dan beoordeel ‘n paneel van beoordelaars die beste opvoering.

Wat was die grootste aanpassing in jou nuwe skool?

Ons gebruik die sisteem BYOD – Bring Your Own Device – waar jy jou eie skootrekenaar of

tablet gebruik om skoolwerk te doen. Wanneer jy by die skool aansluit, vorm hulle vir jou ‘n

profiel met ‘n studentenommer waarop hulle jou inligting hou. Die skool vorm ‘n wagwoord

vir jou wat jy dan gebruik om mee in te teken op die skool se internet. Jy kan nie op

webwerwe soos Youtube gaan nie, maar jy kan baie skoolverwante aktiwiteite doen. Dit

was nogal ‘n aanpassing vir my, aangesien ons gewoonlik met boeke gewerk het, maar ek

geniet hierdie stelsel vreeslik.

Watter vakke neem jy nou en hoe is die vakkeuses anders as by Hoërskool Strand?

Ek is nou jaar 11. Daar is jaar een tot 13 en die skooldag strek

vanaf 08:45 tot 15:20. My drie verpligte vakke is Maths, Science en

English en dan kan jy enige ander drie kies waarvan ek Computer

Applications, Photo Design en Digital Technology gekies het.

Computer Applications is soos RTT, maar in plaas daarvan om

eksamens daaroor te skryf, moet jy die werk in die vorm van take

kan toepas wat die onderwysers vir jou opstel. Photo Design is

fotografie en hulle leer ons hoe om met Adobe Photoshop te werk.

Ons doen ons take daarop.

8


Watter ooreenkomste is daar tussen die twee lande?

Hier is baie Suid-Afrikaners en ek maak nie ‘n grap nie. Ek werk by ‘n

Suid-Afrikaanse winkel – hoe ironies – en 90% van ons klante is

Suid-Afrikaners en dis regtig heerlik.

Wat is jou ervaring om na ‘n nuwe, onbekende land toe te trek?

Dis verskriklik opwindend! As jy eers op die vliegtuig klim, is jy baie bly,

maar die laaste sewe ure is net ‘n pyn omdat jy nie meer gemaklik kan sit

nie en jy net op die grond wil kom. Dit is wel ‘n aanpassing om gewoond te

raak aan al die plekke en ons het aanvanklik baie

Dit is baie vreemd omdat daar geen mense is wat kwaad raak op die paaie nie. Almal bly kalm

en wag vir mekaar asook die feit dat dit baie skoner hier is.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

Heel eerste: ‘n Spar-pastei. Hulle dink dat hulle pasteie

kan maak, maar hulle doen dit eintlik heeltemal

verkeerd omdat Suid-Afrika se pasteie heerlik is.

Ek mis Wimpy ook asook melkskommels. Die

Nieu-Seelanders kan dit ook nie maak nie, so ons

sal hulle moet leer!

Wat is beter in Nieu-Seeland as in Suid-Afrika?

Beslis die publieke vervoer. Die busse, treine en skepe hier werk verskriklik goed en dis veilig,

skoon en netjies. Dit is iets wat Suid-Afrika ongelukkig nog nie kan regkry nie.

Watter raad het jy vir iemand wat na ‘n nuwe, vreemde land verhuis?

Baie mense dink dis beter om als te verkoop en in ‘n

nuwe land oor te begin, maar ek sê: PAK ALLES!

Hier is als verskriklik duur. ‘n Blikkie Coke kos selfs $4.

Dink net wat sitkamerstelle en televisiestelle moet kos…

Marco het bygevoeg dat dit ‘n wonderlike land is om in te

woon asook om net te kuier, aangesien daar soveel goed

is om te doen. Jy kan selfs in die vroeë oggendure in die

stad rondloop omdat dit so veilig is daar. Daar is ook nie

sulke hoë heinings en hekke soos in Suid-Afrika nie. Hy sê

dis so ‘n mooi en veilige land en hy nooi almal uit om vir hom

in Nieu-Seeland te kom besoek.

9


Hulle kies water bó land!

Zoé van der Merwe

Ag en vyftig matrikulante met hoë verwagtinge, vergesel deur vier onderwysers van

Hoërskool Strand, het op 17 April per bus gery op pad na ‘n ervaring wat hulle beslis sal

onthou: die Oranjerivier-roei!

Hierdie leerders is vir vier dae op ‘n avontuur deur vier gidse van Amanzi Trails gelei. Op

‘n boot was daar twee leerders, vier 20 liter emmers en ‘n yshouer waarin hulle bagasie en

kos vir hierdie vier dae moes pas. Om alles in hierdie items te pas, was verseker nie ‘n

maklike taak nie!

Die roeiers het ‘n totaal van 63 km geroei in

plaas van die gewone 90 km omdat die

watervlak een meter laer was as normaalweg.

Dit het daartoe gelei dat die leerders baie

meer moes roei om elke aand by hulle

kampeerplek uit te kom.

Die dag het bestaan uit baie water in hulle

bote as gevolg van water wat op mekaar

gespat word asook die stroomversnellings

wat beslis ‘n paar roeiers onkant gevang het. Dus het die bote skeppers ontvang om

hierdie water uit te skep, maar dit is eintlik meer gebruik om mekaar met water nat te spat.

Elke aand het die leerders by ‘n kampeerplek gestop waar hulle hulle slaapplek vir die

aand moes gereed kry. Hulle het elke aand smaaklike vleis en wors ontvang asook

kookwater sodat hulle hulself met ‘n warmdrankie kon warm hou. Dit was ook baie

gesellig snags by die vuur toe die gidse hulle stories van vorige toere vertel het.

Natuurlik kan ons nie vergeet van al die verskillende besienswaardighede wat daar langs

hierdie rivier is nie. Die leerders het by Witch’s Hat, God’s Thumprint, ‘n diamantmyn

asook baie bekende stroomversnellings soos Deadman’s Rapid en die gevreesde Sambok

Rapid bekend daarvoor om roeiers ‘n harde slag te gee as hulle dit nie reg bestuur nie,

gestop. Hier het beslis ‘n paar leerders meer tyd in die water spandeer as wat die visse

het. ‘n Groot pretpunt was die Nappy Ride Rapid waar leerders hulle reddingsbaadjies

van onder af om hulle bene moes aantrek en so ‘n stroomversnelling moes aanpak.

Die leerders wat beslis die meeste omgeval en water opgeneem het, was Luc Coetzee en

Ruan van den Berg. Hulle het net kalm gebly en gelag elk van die vier keer wat hulle

omgeval het. Hulle het aan die einde van die toer ‘n totaal van 11 gate in hulle boot gehad

wat ook ‘n gevolg is van die rivier wat so vlak

is omdat jy makliker die boot teen ‘n rots kan

kap. Sodoende het hulle baie water deur die

toer opgeneem.

10

Elke leerder het beslis hierdie paar dae in die

natuurskoon verskriklik geniet en deur ‘n

week van moeilike omstandighede,

opgewondenheid, water en harde werk

het dit duidelik na vore gekom dat dié

matrikulante baie uithouvermoë en respek

vir die natuur het.


Michelle Olivier

Farewell Ms Shaw

Ms Arianne Shaw, an inspiring teacher who has touched a lot of pupils’ hearts, has decided to spread her wings and

take on a new journey in her life.

1. Just a few questions for background.

· Where did ma’am grow up? I grew up all over the place. We

moved around a lot when I was child, so I’ve lived in three different

countries and since grade 1, I attended thirteen different schools. I was

born in Harare, Zimbabwe, and finished school in White River,

South Africa – where I was in boarding school because I lived in

Mozambique.

· Which school did you attend? Altogether I’ve attended schools

in: Chinhoyi and Harare in Zimbabwe; Johannesburg, Cape Town

and White River in South Africa.

· Where did you study? I studied at Stellenbosch University.

· When did ma’am move to Cape Town? I moved to Cape Town (for the second time) right after matric when I

started university.

· How long has ma’am been teaching at Strand High? I’ve been at Strand High for three years now – since

2016.

· Which subjects has ma’am taught here? While I’ve been here, I’ve taught English First Additional Language and

English Home Language. I’m actually also a qualified History and Life Orientation teacher so my students often get a

mixture of all those subjects through my lessons.

· With which extramural activities was ma’am involved? I was involved with netball when I started here but over

the years I’ve been involved in:

a. Shakespeare Schools Festival

b. First Aid

c. Backstage management for things like the Mr and Miss HS Strand

d. Cheerleading and the Spirit Committee

e. And Interschools

2. What is the next step in ma’am’s journey? Well, the first thing I’m going to do is study some more. And then I think

I’m going to turn off all my alarms for a while! But honestly, I’m going to carry on teaching – first online and eventually

overseas. I really do want to continue my studies though.

3. Are there any lessons ma’am learnt at Strand High? I think teaching here has been a huge part of my development

as a person and as a teacher. I’d say the biggest lesson I’ve learnt is to trust in myself a lot more. I’ve really grown as a

person and become a lot more confident and I think that the students and staff here have taught me that. I’m actually

very shy so it’s a nice thing to be able to say.

4. Is there anything specific that ma’am will miss from Strand High? I’m going to miss my students so much. I’m also

definitely going to miss the first aid and drama!

5. Any specific traditions that ma’am would like to implement in your new school? Well, when I start teaching in a

school again, I think I’d like to have past pupils and matrics leave their letters on the wall. I really appreciate the visual

pun of “leaving your mark" and the idea of legacy that it creates. I also love that the matrics donate their school shoes

on the date of their last exam! I believe we should do everything we can to help others and this tradition is amazing.

6. Any special message before you leave? I think that the Eagles should always aim for the moon – even if you miss,

you’ll end up amongst the stars. Strand High School is such a special place and our students don’t always realise how

amazing they are. I hope that anyone reading this will recognize the wonder that exists all around them. Attitude of

gratitude! I also want to thank my students for every experience, every hug and every random conversation. You are so

special to me!

The whole of Strand High wishes Ms Shaw a wonderful future ahead.

11


UCT Wiskunde Olimpiade

Nika van Vuuren

Wanneer 6500 leerders van 160 verskillende skole uit die Wes-Kaap saamkom om probleme

op te los, gee dit jou sommer weer hoop vir die

toekoms.

Vyf en sewentig van Hoërskool Strand se leerders is

die kans gegun om aan die eerste rondte van die UCT

Wiskunde Olimpiade deel te neem wat op 25 April

plaasgevind het. Uit elke graad is daar 5 individue en

5 groepe van twee gekies om deel te neem. Hierdie

besluite is gegrond op die leerders se prestasie in

Wiskunde en die leerder moes ook meer as 50% vir

die SAMO-kompetisie (ook bekend as Harmony)

behaal het.

Die leerders is per bus Kaap toe en het met vele

ompaaie betyds daar aangekom. Na wat soos ‘n

ewigheid van trappe klim gevoel het, het hulle met

lam bene by die registrasielokaal aangekom. Op

daardie stadium is jy gelos om jou lokaal op te spoor en dit het sommer weer soos die eerste

dag van jou hoërskoolloopbaan gevoel.

Op pad terug was almal moeg en daar is nie meer soos vroeër geklets nie. Almal was maar

te bly om weer huis toe te gaan, want hulle koppe was suf gedink na die uitdagende vraestel.

Die graad 8-leerders moes egter ‘n bietjie langer wag, want hulle bussie wou nie oopsluit nie.

Drie Hoërskool Strand-leerders nl. Jolene le Roux, Mieke van der Merwe en Dylan Swarts,

het uitgeblink en is na die volgende rondte van die UCT-kompetisie genooi. Baie geluk en

sterkte aan die drie Arende.

Ons hoop om volgende jaar meer leerders te sien wat Hoërskool Strand se naam gaan hoog

hou by die olimpiade.

12


BRING DIE HOOP WEER

TERUG

- Mienke Burger

My taal…Afrikaans, jy’s lieflik in klank,hoe meer ek van jou

leer, hoe meer wil ek weet,

so laat my toe om jou te ontleed.

So skryf Cornien op die skrywersplatform INK.

Met al die leuens in die omloop oor Afrikaans, wil ek die

hoop weer terugbring. Daar is soveel gevegte oor hierdie

unieke taal wat aan die suidpunt van Afrika gepraat word.

Ek deel graag met julle die volgende leuens wat oor die voortbestaan van Afrikaans rond gegooi

word. Leuen nommer 1: Baie min mense in Suid-Afrika praat Afrikaans. Daarom is dit beter om na

Engels oor te skakel. Waarheid: Die 2011-sensus het die volgende bewys: Afrikaans, met 6,8

miljoen sprekers, is die derde grootste taal in Suid-Afrika ná Zoeloe en Xhosa. Engels word deur

slegs 9,6% van Suid-Afrika se bevolking as moedertaal gebruik.

Reuse leuen nommer 2: Afrikaans is nie tegnies genoeg ontwikkel as ’n akademiese taal nie.

Absolute Waarheid: Net vyf tale het in die twintigste eeu ontwikkel tot die hoogste vlak, nl:

Hebreeus, Katalaans, Indonesies, Hindi en Afrikaans. Meer as 450 vakwoordeboeke en

terminologielyste in Afrikaans is ontwikkel vir byvoorbeeld die mediese, rekenaar-, ruimte-, en baie

ander velde. Vyf Suid-Afrikaanse universiteite bied nog klasse in Afrikaans aan. Afrikaans word as

vak by Nederlandse, Poolse, Russiese, Amerikaanse, Belgiese en vele ander universiteite

aangebied. Die internasionale erkenning van Afrikaans blyk uit die feit dat byvoorbeeld Microsoft,

Google en Nokia, Afrikaans as een van hulle keuse tale aanbied.

Leuen nommer 3: Engels is ’n internasionale taal – daarom is dit nie slim om in Afrikaans te wil

studeer.Waarheid: Internasionale navorsing het bewys dat onderrig in jou moedertaal altyd die

beste is. Die Chinese studeer in Mandaryns; die Duitsers in Duits en die Franse in Frans. Die

Duitse ekonomie is die sterkste in Europa en hoewel min Chinese Engels praat of verstaan, is

hulle wetenskaplik ver voor baie ander lande en het reeds verskillende ruimtetuie die ruimte in

gestuur. Naas Engels is Afrikaans die enigste Suid-Afrikaanse taal wat ook internasionaal verstaan

word. In die res van die wêreld is daar 24 miljoen mense wat Afrikaans verstaan, in byvoorbeeld

lande soos Nederland en België. Dit is nie die geval vir die ander Suid-Afrikaanse tale nie.

13

Leuen nommer 4: ’n Taal kan nie tot niet gaan nie

Waarheid: Die wêreld verloor 10 tale per jaar. Tans is daar 1 500 tale wat met minder as 1 000

mense wat dit praat, op die grens van uitsterf is. Van die 22 Germaanse tale het 10 reeds

verdwyn. Tale kan dus tot niet gaan. En ook… solank ’n taal nog gepraat word, kan dit nie tot niet

gaan nie. Waarheid: As ’n taal nie meer in die hof, in die parlement, in die skool, aan die

universiteite en in die ekonomie gepraat word nie, verloor dit status en is daar min aansporing vir

ouers om hul kinders daarin groot te maak. Binne drie geslagte kan so ’n taal tot niet wees. ’n Taal

begin dus tot niet gaan as hy sy amptelike of hoëtaal funksies verloor.


Waarom wil ek die hoop terugbring vir Afrikaans?

Die bekende Afrikaanse skrywer Chris Barnard het gesê:

“As Engels die oorhand in Suid-Afrika kry, is dit meer as net Afrikaans wat in die slag gaan bly.

Tien inheemse tale gaan verdwyn. Die enigste uitheemse taal, Engels, gaan bly en al elf dele van

die koek kry, miskien ’n hoflike windjie breek en verder stap Afrika in.”

Dan is Afrikaans nog boonop humoristies

ook. In watter taal kan 'n mens so lekker

lag ?

Mienke Burger

14


GROEN

-Ronaldo Phillips

Om GROEN te leef, is die beste. Jy voel beter oor jouself en jou omgewing. Dus is daar ‘n

organisasie in die skool, Groen, wat vir Hoërskool Strand as “omgee vir die omgewing”

verteenwoordig. Om Hoërskool Strand se nes skoon te hou, doen Groen iets goed vir die

omgewing. Op 17 April 2019 het ‘n groepie leerders die strand gaan skoonmaak. Groen het hulself

uitgedaag om net ‘n sekere aantal swartsakke vol te maak. Volgens Groen was die strand nogal ‘n

bietjie vuil en daardie paar hande het ‘n verskil gemaak. Spongebob Squarepants soek ‘n skoon

huis, dus is Groen daar om dit skoon te hou. Groen sê:” Al tel jy net een papiertjie of plastiekbottel

op, maak jy alreeds ‘n groot verskil.

Saam doen Hoërskool Strand ALLES VIR DIE NES.”

Die Groen-span geniet die seelug.

15


JOU STORIE

- Mia Williams

Rigard Nel

“Die oorloë oor die hele aarde laat Hy ophou, pyle en boë verbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend,

oorlogswaens verbrand Hy met vuur. Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die basis, hoog Bo die aarde.”

Psalm 46:10-11.

God wil ons stories gebruik om ander met Sy liefde, genade en waarheid te bereik, maar ons as mense

beperk wat Hy in en deur ons probeer doen.Ons begin glo dat ons stories nie goed genoeg is nie; dat hulle

meer indrukwekkend moet wees. God wil egter ons stories gebruik soos hulle is en dis presies wat Rigard

Nel gedoen het. Rigard het sy getuienis met die hele skool gedeel en te danke aan hom het so baie leerders

‘n plek gevind om hul eie stories ook te deel. Rigard het baie gebid, want hy het nie geweet of hy sy

getuienis met die skool moet deel nie. Toe word daar vir hom gevra om sy storie te deel. Sy vrees het hoog

geloop, maar sy vertroue in God was nog hoër. Hy het geweet God was by hom en daarom het hy geweet

wat presies gesê moet word.

Nadat hy gepraat het, het hy ook so baie leerders gemotiveer. Mense het selfs na hom toe gegaan en raad

gevra. Hy het gesê: “Ek voel so goed om te dink dat ek mense kan help, maar as daar een ding is wat ek

geleer het, is om ander te help bo myself en dis hoekom ek dit doen.” Rigard het al met baie emosionele

probleme geworstel en uit sy ondervinding het hy besef dat om met iemand te gesels baie help, veral as

hy/sy dieselfde ouderdom is. Daar is ongelooflik baie leerders wat met emosionele probleme worstel en om

deur hierdie emosionele stadium te gaan, is aaklig, maar dit is noodsaaklik om met iemand daaroor te

gesels, daarom kan leerders selfs met Rigard gaan gesels. Leerders kan hom kontak deur ‘n boodskap te

stuur of hulle kan aangesig tot aangesig met hom gaan gesels, want hy wil graag help waar hy kan.

Hy is wel ‘n nuwe leerder in die skool, maar vir hom het dit nie eers so gevoel nie, want sy vriende het vir

hom met ope arms ontvang en dit het vir hom so baie beteken. Hulle het vir so baie gehelp dat hy nie eers

kan beskryf hoe dankbaar hy vir hulle is nie.

Rigard wil graag na skool ‘n game/graphic designer word. Hy wil ook graag ‘n verskil maak deur ‘n

jeugpastoor te word, sodat hy met mense kan praat oor sy getuienis en waar hy vir mense meer kan vertel

van geloof en van God. Vir hom is sy skoolwerk baie belangrik, want eksamens bepaal jou toekoms, maar

wanneer hy nie werk nie, is sy gunsteling tydverdryf om op die strand te sit en na die sonsak te kyk.

Rigard is ‘n rolmodel vir so baie leerders. Sy storie is soos ‘n boodskap aan die wêreld, daarom maak hy

seker dat dit inspirerend is. Daar is soveel krag in om net te sê: “Dit is my storie. Dit is waar ek vandag is en

dit is waar God my gister gehad het. En dit is wat Hy vir my gedoen het.” Ek dink dit is 'n pragtige geskenk

wat ons mekaar kan gee, net om te sê: ”Hier is my onvolmaakte, glorie-gevulde, godgegewe verhaal.” Ons

moet almal praat en ons moet almal hoor.

16


- Mia Williams

Paartjie van die Kwartaal

Die paartjie van die kwartaal is Sunè du Plooy en Dean Barnard. Hierdie

paartjie is al vir meer as twee jaar saam. Hulle het mekaar in gr. 8 by die

skool ontmoet toe hulle in dieselfde klas ingedeel is. Sunè en Dean se

verhouding het al ‘n paar struikelblokke getref, maar as gevolg daarvan

het hul verhouding net nog sterker geword. Hulle het al baie vas gesit,

maar dit het hulle juis nader aan mekaar gebring. Hulle raad aan ander

is dat jy as enkeling nooit bang moet wees om te sê wat jy voel nie,

want geen situasie gaan opgelos word as julle nie saamwerk nie.

Hierdie paartjie dien as inspirasie vir ander. Hul verhouding het vir hulle

geleer dat ‘n mens nooit teen mekaar moet werk nie. Werk altyd as ‘n

span om die probleem op te los. In ‘n verhouding moet jy ook gemaklik

wees met jou geliefde.. Sunè en Dean se verhouding is gebou op ‘n

fondasie van vertroue. Hulle kan oor enigiets praat, want hulle sal altyd

mekaar ondersteun. Hulle het baie respek vir mekaar, daarom aanvaar

hulle mekaar met hul foute en al.

Sunè du Plooy en Dean Barnard

17

Elkeen van hulle het baie goeie eienskappe wat bydra tot hul

gesonde verhouding. Sunè sal nooit voorgee nie en sy sal altyd die

positiewe in die dag probeer sien. Dean maak ook altyd seker dat hy

Sunè op sy hande dra en hulle sal altyd seker maak dat hulle nie

kwaad gaan slaap nie. Hul verhouding se steunpilare bestaan uit

vriendskap. Hierdie vriendskap wat hulle deel, dra by tot die snaakse

oomblikke wat gemaak word. Dean sal haar baie bederf en hy sal

baie kere net vir haar kyk en dan sal hy dadelik weet wat sy dink.

Hulle deel ‘n baie sterk konneksie wat niemand anders sal verstaan

nie. Hierdie konneksie is gegrond op die lelike gesigte wat hulle vir

mekaar trek. Daar is ‘n paar vreemde feite oor mekaar wat deel is

van die skepping van hul verhouding, soos Sunè wat weier om

sonder sokkies te gaan slaap. Dean se liefde vir piesangs kan nie

verdra word deur Sunè nie, maar Sunè se liefde vir asyn en agurkies

laat Dean se hare rys. Hulle altwee is besig om die reuse

matriekjaar as struikelblok te oorwin en al is daar baie stresvolle

oomblikke, voel hulle baie opgewonde oor hul matriekjaar. Hulle

altwee sien uit na al die herinneringe wat gemaak word. En in ‘n

oomblik saam met mekaar het hulle geluk gevind en hulle het ware

liefde in hul harte gevoel. Om lief te hê, is so belangrik vir jou

verstand en liggaam soos suurstof. Dit is nie onderhandelbaar nie.

Hoe meer jy verbind is, hoe gesonder word beide fisies en

emosioneel.

Sunè en Dean saam by

Voetedag 2018.


A G T I E N D E R O E S E L A R E -

- Michelle Olivier U I T R E I K

Dit is reeds die agtiende jaar wat Hoërskool Strand deel is van hierdie kulturele uitreik met Burgerschool

in Roeselare, België. Dit bied vir 12 graad 10-leerders die geleentheid om hulle horisonne te verbreed en

om vriendskappe oor kontinente te bou. Die twee leerkragte wat hul sal vergesel, is mev. Lynette Wolff

en me. Juliana Kotzé. Die groep vertrek 14 September en keer weer terug na Suid-Afrika op 5 Okt 2019.

Die groep gaan hul toer afskop met vier nagte in Londen. Vandaar vertrek die groep na België waar die

Belge hul met ‘n ongelooflike program inwag. Die groep gaan Antwerpen, Brussels, Brugge, Ghent,

Ieper en nog baie ander besienswaardighede in België besoek. Hulle is ook gelukkig om Parys,

Frankryk, te besoek waar hul die stad en vir Euro-Disney gaan beleef. Die groep gaan ook die skool

besoek en ‘n stukkie van Suid-Afrika met hul deel. Wat die program so uniek maak, is dat die leerders in

die Belge se huise tuisgaan en daar leef, eet en ervaar, wat die Belge as alledaags beskou. Die Arende

sien uit na ‘n opwindende reis saam.

Boonste ry van links na regs: Ansunet Bause, Tristan Nel, Simeon Momberg, CJ Smit, Marli Botha,

Danée Pfaff

Onderste ry van links na regs: Lynette Wolff ( onderwyseres), Melissa Breedt, Ian Ter Haar, Jalize Herbst, Kelly Botha, Amore

Rossouw, Mienke Kleinhans, Juliana Kotzé (onderwyseres).

18


Arendfees avonture

Ansunet Bause

Vanjaar se Arendfees het splinternuwe aktiwiteite ingesluit. Vanjaar se

fondsinsameling het behels dat elke leerder ‘n vorm, wat hulle moes

voltooi, ontvang het. Die Arendfees waar die leerders meer beloon is vir

hul moeite, het op 14 Maart plaasgevind, maar dit was nie soos die

vorige jare se feeste nie. Dit het tema-optogte tot kaskarresies en

sakspring ingesluit.

Die volgende klasse het eerste

plekke in hulle katogorieë behaal en

het ‘n gewone klere-dag sowel as

pizzas gewen:

Graad 9B: Hulle het die prys gewen

vir die beste tema en optog met hulle

tema van “Physcho Dorks”.

Graad 8A: Hulle het die prys gewen vir die klas wat die meeste geld

ingesamel het.

Graad 12A: Hulle het die prys gewen vir

die klas wat die meeste punte op die

pretdag behaal het.

Die volgende leerders het ook pryse gewen:

Liam Dijk (9D) het ‘n kontantprys van R1500 gewen vir die leerder wat

die meeste geld ingesamel het

Tyron Barnard (8F), Sonica Morries (9D) en Kristin Meyer (12A) het

elkeen R300 ontvang vir die meeste geld ingesamel.

19

McKenzie Knipe (10A) het die gelukkige trekking van R2000 gewen.


Kan ek jou Superman, Batman, Iron

Man…

Petra van den Bergh

Hy is die een wat oor ons Arend-nessie waak. Hy is die een wat die wêreld vir ons sal

aanvat. Hy is die een wat ‘n koeël vir jou en my sal vat…

Thembimkosi Mgculo, Hoërskool Strand se wag, is ons Arende se held.

Thembi het ‘n droom. Dit was nooit om terug skool toe te keer nadat hy klaar was met sy

skoolloopbaan nie, “NEE!”, en hy is ook nie goed in Wiskunde nie, maar een ding is

verseker… hy dink nie twee keer oor sy Wiskunde om vir jou lewe op te staan nie. Thembi se

droom is om mense te sien lewe in vryheid, veiligheid en in vreedsaamheid en hy sal sy lewe

daarvoor gee.

Thembi se dienstye begin al vroeg soggens

vanaf 05.45 tot 06.00. Dit is vir Thembi soos

water op ‘n eend se rug om uit die bed te klim,

want hy het ‘n passie vir dit wat hy doen en dit

maak hy duidelik met sy stralende gesig

wanneer hy elke Arend soggens groet en

dan weer in die middag.

Wat om te doen wanneer gevaar dreig?

Thembi is ‘n opgeleide wag wat die nodige

protokol verstaan. Thembi is tot verskeie dinge

in staat. Chuck Norris is nie eens ‘n gelyke vir

Thembi nie.

Weens verskeie implikasies wat daarmee

saamgaan om ‘n geweer by die skool te hê,

mag Thembi nie een op hom dra nie, maar hy

besit ‘n magtige wapen wat Hoërskool

Strand- leerders nie het nie,nl. ‘n selfoon!

Hy ken sy nommers en sy nommersleutelbord,

want hierdie man tik vinniger as ‘n tienermeisie wat verslaaf is aan haar selfoon en nog

vinniger sal hy amper elke sekuriteitsmaatskappy op jou spoor hê. Jy gaan dan kort-kort oor

jou skouer moet loer. Hierdie besem vee beslis skoon en raak vinnig ontslae van enige

bedreigings. Dit allenig is wat hy met ‘n selfoon kan doen, hoeveel te meer nie met sy

gespierde arms en bene nie…

Met die woorde van Thembi: “Alles vir die nes! EK doen alles vir die nes!”

20


Reünie : vreugde of verleentheid ?

Michelle Olivier

Wanneer ‘n mens die einde van jou skoolloopbaan bereik, besef jy dat ‘n reünie

moontlik binnekort jou voorland gaan wees. As daar na ouer mense geluister word

wat al ‘n reünie bygewoon het, is dit duidelik dat daar net twee moontlike uitkomste

kan wees aan so ‘n byeenkoms: óf jy gaan versot wees daarop, óf jy gaan dit haat.

Die graad sewes van 2014 van Laerskool Hendrik Louw het op 6 April hulle eerste

kennismaking met ‘n reünie gehad. Van die ouers van die betrokke jaargroep, het

baie moeite gedoen en al die graad sewes van daardie jaargroep, asook alle

onderwysers wat hulle pad gekruis het gedurende hulle skoolloopbaan in Hendrik

Louw, na die feestelike geleentheid uitgenooi.

Daar is regtig baie moeite gedoen en dit was ongelooflik om te sien hoe baie mense

opgedaag het vir die funksie. Almal was baie netjies aangetrek en dit was baie

interessant om skoolmaats te sien wat jy vyf jaar gelede gesien het. Dit is

ongelooflik om te sien hoe baie iemand in vyf jaar kan verander. Dit was ook heerlik

om al die onderwysers te sien, veral dié wat ‘n groot spoor in jou hart gelos het.

Die graad sewe jaargroep van 2014 van Hendrik Louw, is regtig ‘n baie bevoorregte

groep, dat daar mense is wat so baie omgee, dat hulle soveel moeite gedoen het,

om almal, vir ‘n heerlike kuier, bymekaar te kry. Gemeet aan hierdie eerste ervaring

van ‘n reünie, sien ‘n mens nogal daarna uit om die volgende een by te woon.

21


Nika van Vuuren

Skermtyd: Hoeveel is té veel?

‘n Selfoongebruiker spandeer meer tyd deur na ‘n selfoonskerm te staar as om oogkontak

te maak. Dit is ons wêreld. Ons sien dit nie eers meer raak nie, want digitale

tegnologie het ‘n globale norm in elke ouderdomsgroep geword.

Die gemiddelde persoon kyk tot 110 keer per dag op hul

selfone en spandeer meer as vyf jaar van hul lewe op sosiale

media waar ‘n verslaafde persoon tot 900 keer per dag op hul

selfone sal kyk. Volgens navorsers is 40% van die bevolking

verslaaf aan hul selfone. Daar is 3 simptome van digitale

verslawing. Die eerste een is aggressie - wanneer tegnologie

weggeneem word lei dit tot emosionele ineenstortings. Dan is

daar depressie en laastens emosionele gevoelloosheid – wanneer

daar nie erkenning gegee word aan hul verslawing nie.

Die menslike brein word deur digitale tegnologie gestimuleer deur wat ons sien en hoor.

Brad Huddleston het die boek, Digital Cocaine, geskryf oor die effek van digitale

tegnologie op die menslike brein. Daar is bewys dat die effek van digitale tegnologie op

jou brein dieselfde is as die effek van dwelms op jou brein.

Kreatiwiteit word gedemp omdat kinders te vroeg aan tegnologie blootgestel word. Daar

is gesê dat tegnologie uit kamers gehou moet word sodat kinders nege ure slaap kry wat

hulle nodig het en nie net vier tot ses ure nie. Daar moet ook geen tegnologiese

afleidings wees wanneer daar huiswerk gedoen word nie.

‘n Studie is gedoen om te kyk watter ouderdom is die meeste verslaaf aan rekenaarspeletjies.

Die meeste mense se antwoorde sal 8- ,10- ,11- en 14- jariges wees, maar die

eintlike ouderdom wat verslaaf is, is 35 en kan die oorsaak van gebroke huwelike wees.

Mense word gevra om nie hul speletjies te verkoop nie, want jy wil nie die oorsaak van

iemand anders se verslawing wees nie.

Ek stem saam dat te veel skermtyd skadelik kan wees, want dit kan baie negatiewe

gevolge hê veral vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar, maar ek is ten gunste van

tegnologie in ons moderne samelewing. Ek sluit af met die woorde van Brad Huddleston:

”Moenie ‘n slaaf van tegnologie wees nie.”

22


RIGLYNE VIR ‘N SUKSESVOLLE

EKSAMEN

Ronaldo Phillips

Dit is daardie tyd van die jaar wat die leerders van Hoërskool

Strand moedeloos maak. EKSAMEN - elke kind se nagmerrie. Hier

volg ‘n paar wenke om daardie nagmerrie te oorkom.

Kry jou houding reg vir die eksamen. Wees altyd gretig om te

studeer. Stel vir jou doelwitte op, sodat jy kan weet waarna om te

strewe. Stel ook ‘n rooster op van hoe jy jou tyd gaan bestee en

wanneer jy gaan leer. Maak opsommings, lees elke dag deur jou

skoolwerk en maak seker dat jy dit verstaan. Indien jy nie verstaan

nie, maak ‘n nota en vra die volgende dag vir jou onderwyser/es.

Tydens die eksamen, as jy jou vraestel kry, maak seker dat jy jou

instruksies deeglik deurlees. Nadat jy elke antwoord ingevul het,

kyk of jou metodes reg is en of die sin of paragraaf wat jy geskryf

het, sinvol is. Lees die vrae duidelik sodat jy dit verstaan. Indien jy

nie die vraag verstaan nie, gaan aan met die volgende een en

maak ‘n merkie op jou vraestel by die vraag wat jy nie verstaan het

nie. Kyk aan die einde of jy al die antwoorde ingevul het, en gaan

terug na díé wat jy nie verstaan het nie. Eet altyd voor jy skryf. Kry

ook genoeg slaap in, sodat jy op jou beste kan funksioneer.

Pas hierdie wenke toe, en as jou ingesteldheid vir die eksamen

100% is, slaag jy al klaar halfpad van jou eksamen.

23


Engels Huistaal leerders besoek

Artscape

McKenzie Knipe

Op 11 April 2019 het 'n groep Engels Huistaal leerders en onderwysers die Kunste Kaap,

of sommer Artscape soos ons almal dit ken, besoek. Hierdie uitstappie na die Artscape

teater was om die musiekblyspelopvoering, Chicago, te gaan kyk.

Die musiekblyspel Chicago is gebaseer op

'n musiekblyspel van 1926 met dieselfde

naam wat gebaseer is op werklike

kriminele en misdade van daardie tyd.

Die storie is 'n satire oor korrupsie in die

administrasie van die kriminele regstelsel

en die konsep van die “beroemde

misdadiger”. Dit het gevolg nadat die stad

Chicago 'n aantal hoëprofiel kriminele sake

gehad het waar vrouens hulle mans of minnaars vermoor het. Die inwoners van Chicago

het behep geraak met die moorde wat deur vrouens gepleeg is.

Die musiekblyspel speel in die middel van die 1920’s in Chicago af waar 'n vrou, Velma,

beide haar man en sy minnares, haar suster, vermoor. Sy word later in hegtenis

geneem. Intussen vermoor ‘n danseres, Roxie, haar minaar en oortuig haar man om

skuld daarvoor te erken deur hom te vertel dat dit ‘n inbreker was. Die waarheid kom

later uit en sy word in hegtenis geneem. Die twee moordenaars beland in dieselfde blok

in die plaaslike tronk. Dit is waar die wedywering tussen Velma en Roxie vir die kollig

begin. Hierdie wedywering is dan ook die storielyn van intrige, verraad, rugsteek en vele

meer, want Roxie is besig om Velma se kollig te steel.

Die produksie en akteurs was uitstekend, die kostuums en beligting was asemrowend en

dit is moeilik om te glo hoeveel toneelwisselings daar is en hoeveel akteurs op die

verhoog kan inpas sonder om oor mekaar te val. Dan is daar ook die danse wat met

soveel energie uitgevoer word. Alles in perfekte balans. En almal in die gehoor het

natuurlik saamgesing toe “All that jazz” opgevoer word.

Soos jy uitstap uit die teater besef jy

net weereens dat musiek en drama

jou menswees soveel verryk en dat

die bywoon van produksies in teaters

soos die Artscape, Fuguard en Baxter

'n deel van 'n mens se kulturele

aktiwiteite behoort te wees tot die dag

wat jy dit nie meer kan doen nie. Dit is

'n belewenis wat met jou bly vir lank

nadat jy uit die teater gestap het en

al jou sintuie stimuleer.

24


Marli Botha

Spoed en Stamina

Tydens die Maart-vakansie het vyf Arend-atlete aan die jaarlikse Suid-Afrikaanse Skole

Atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem en met drie medaljes

huis toe gekom. Die byeenkoms is Woensdagaand, 20 Maart,

geopen en al nege provinsies en hulle atlete is voorgestel.

Dit was ‘n spesiale aand waar die volgende Arende nl. Dewald de

Koker, Christopher Smit, Kristin Meyer, Marli Botha en Caitlin Isaacs

saamgestaan en die volkslied met trots gesing het om die byeenkoms

af te skop.

Vir vier dae lank was daar van 08:00 tot laat in die aand kort, middel en lang afstande

gehardloop, rekords verbeter en medaljes verower. Deur die week het die atlete besonders

goed gevaar. Kristin Meyer het met die 10 000m Stap, dogters o.19, ‘n bronsmedalje verower

met ‘n asemrowende tyd van 57:46. Marli Botha, hamergooi dogters o.17, het met ‘n yslike

50.23m die bronsmedalje onder die hamergooi legendes ingepalm. Dewald de Koker het in

die 4x400m aflos vir seuns o.19 gehelp om ‘n silwermedalje vir die Wes-Kaap in te oes.

Net die week daarna het ses begeesterde

Arend-atlete nl. Kristin Meyer, Marli Botha, Anel

Swart, Caitlin Isaacs, Dewald de Koker en Adriaan

Kennedy vanaf 28 tot 30 Maart aan die strawwe

ASA Jeug en Junior Nasionale Kampioenskap in

die Paarl deelgeneem. Anel Swart het aan die

Hamergooi dogters o.18 finaal deelgeneem en 13de

geëindig. Caitlin Isaacs het in die finaal van die 100m dogters o.18 deelgeneem en agste

geëindig. Dewald de Koker en Adriaan Kennedy was lede van die 4x400m o.20 Bolandaflosspan

wat ‘n bronsmedalje ingepalm het. Dit is uitsonderlike prestasies en aan die einde

van die jaar moet die Arende hul met ‘n swaar hart groet. Hou asb. die res van die Arendatlete

met arendsoë dop.

25


Haal jou hoed… of nie

Petra van den Bergh

“Chris Jurgens!” ‘n naam wat op elke

straathoek weergalm of genoem word.

Of dit nou sy ma is wat met hom raas oor die

vensters, of mense wat praat oor hierdie klein

krieketheldjie se besonderse snelboulery en

sy prestasie om in die onder 15A-krieketspan

opgeneem te word, hierdie naam is op elkeen se lippe.

“Chris Jurgens!” … Chris is tans ‘n Arend in graad nege. Hy is ‘n snelbouler,

soos vroeër genoem, wat onlangs in die Boland 0.15A-krieketspan

opgeneem is. Hy maak homself ook bekend as derde man of mid fielder

wanneer die spel veldwerk vereis. Chris sê dit is hoe ‘n mens goed raak,

deur aanhoudend en orals te oefen en jou alles te gee in dit wat jy doen.

Chris is gereeld aan die oefen met groot drome wat vir hom wag. Hy stap

gereeld skool toe en terug huis toe. Chris geniet dan elke oomblik. Hy geniet

die oefening!

Chris vat nie al die erkenning vir sy

prestasies nie. Hy bring ook hulde aan mnr.

Christiaan Theron, Hoërskool Strand se

krieketorganiseerder.

Chris het onder sy leiding

baie verbeter en ontwikkel. Die klein

krieketheldjie meen dat dit is hoekom hy

homself so gate uit geniet wanneer hy speel.

Hy groei as mens en ontmoet nuwe spelers. Sy liefde vir dié sportsoort het

reeds in sy graad drie jaar begin waar hy al klaar sy vermoëns en talente

begin ten toon stel het. Gedurende sy laerskooljare het hy die Mammas laat

juig. Hulle het wel nooit hulle hoede afgehaal nie, want wanneer Chris

geboul het, kon enige iets gebeur en hulle het al die beskerming nodig

gehad.Die Arend-familie sien uit na wat Chris nog alles gaan aanpak en

wens hom alle sterkte toe.

26

Bly nederig in die lewe, maar wees ‘n vurige opponent, wanneer die lewe dit

vereis.


Marli Botha

Blase, bloed en Netbalballe

In die laaste week van die Maart-vakansie het die o.17 en o.19 A-netbalspanne die al te groot

Paarl Gimnasium netbaltoer aangedurf. Van die 27ste tot die 30ste Maart het Paarl Gimnasium

hulle eerste jaarlikse netbalfees aangebied. Die o.17A en o.19A-netbalspanne het Hoërskool

Strand daar verteenwoordig en hulle goed van hulle taak gekwyt. Daar was meer as 20 skole

teenwoordig, 65 spanne en 650 spelers, vanaf o.12 reg deur tot o.19 eerste netbalspanne.

Elke dag het albei die spanne van Hoërskool Strand ten minste twee wedstryde gespeel. In

totaal het die o.17 meisies ag wedstryde gespeel en die o.19 meisies nege wedstryde.

Op Woensdag 27 Maart het die o.17’s teen Montana en

Hoërskool Garsfontein gespeel. Die eerstespan het teen

Garsfontein en Frikkie Meyer gespeel. Daardie aand het die

dames na die McDondalds gehardloop om hulle honger te stil

na ‘n warm dag se netbal. Donderdag was ‘n lang dag met

baie wedstryde. Die o.17’s het drie wedstryde gespeel en die

o.19’s het vier wedstryde gespeel. Die meisies was behoorlik

uitgeput, maar niemand kon die duidelike opwinding oor die

verrassing wat op die toergroep wag, miskyk nie. Daardie aand is al 650 netbalspelers bederf

met ‘n optrede van niemand anders nie as die hartebreker, Brendan Peyper, nie.

Op die tweede laaste dag het die o.17’s teen Bridgton, Montana en Bloemhof gespeel. Die

o.19’s het teen Vredendal en Bloemhof gespeel. Die dag is beëindig met ’n besoek aan die

plaaslike Spur waar die dames behoorlik energie ingepak het vir hulle laaste dag wat voorlê.

Die laaste dag is afgesluit met een wedstryd per span. Die o.17’s het een laaste keer vir Paarl

Gim aangedurf en die o.19’s het teen Nico Malan afgesluit.

In totaal is daar by die o.19’s 428 doele deur die toernooi

aangeteken, waarvan 167 daarvan aan die Hoërskool

Strand-dames toegeken is. Die o.17’s het ‘n totaal van

244 doele deur die toernooi aangeteken en 65 daarvan het

aan die Arend-dames behoort. Die o.19’s het een wedstryd

gewen, een gelykop gespeel, een verloor teen Bloemhof

met een doel en een verloor teen Nico Malan met 2 doele.

Die o.17’s het teen Bloemhof B verloor met vier doele en

verloor teen Montana A ook met vier doele. Gebaseer op die gehalte van al die skole se spel

kan daar met trots gesê word dat die dames hulle aller beste uitgehaal en gewys het deur

hierdie week en beslis met trots in hulle harte mag huiswaarts keer.

Dit was ‘n onvergeetlike toer wat altwee spanne en die afrigters nader aan mekaar gebring het.

Daar is baie gelag, gehuil en gebloei. Dit was ‘n baie goeie voorbereiding vir die seisoen en die

dames sien uit om baie van hierdie spanne vir ‘n tweede keer later vanjaar te ontmoet.

27


Die Arend “SURF” hoog!

Derik Nortje

“The best surfer out there is the one having the most fun”

Martin McCarthy, ons eie “surferbro” is ‘n gr. 10-leerder van Hoërskool Strand en hy is

onlangs opgeneem in die Boland Branderplankryspan. Martin het nie net HS Strand

verteenwoordig nie, maar hy het ook ons skool se naam hoog gehou en almal met sy

uitsonderlike prestasie verbaas.

Na drie onstuimige rondtes van proewe, waarvan

Martin twee gewen het, is hy in die 2019 Boland-span

opgeneem. Hulle het na Port Elizabeth getoer en

vanaf 20 - 24 Maart aan die Grommet-games

branderplankrykompetisie deelgeneem. Daar was 4

rondtes waaraan hy moes deelneem. Elke rondte het

uit twee “heats” bestaan. Martin het tweede in die

eerste “heat” van rondte een gekom en toe later derde in rondte 3 gekom.

Hierdie uitmuntende prestasies het vir Martin ‘n plek in die semi-finaal verseker. Hy is

derde in die semi-finaal geplaas. Dit was egter nie die einde van Martin se golfkruin nie.

Hy is ook aangewys as die kaptein van die aflosspan en die span het tweede in hulle

afdeling geëindig.

Is Martin dalk die volgende Duke Kahanamoku? Ons sal die branders fyn dophou!

‘N ONDERHOUD MET MARTIN McCARTHY – Uit die oog van ‘n surfer:

Waar het jou passie vir branderplankry begin? :

Ek was nog altyd baie lief vir die see, maar toe ek ‘n

artikel in die Zig Zag lees oor Adin Masencamp se

suksesverhaal, het dit my gemotiveer om soos hy, ‘n

sukses van my branderplankry te maak. Alhoewel dit

‘n prestasie was om die semi-finaal van die SA

grommet-games te haal, is my fokus nou op die SA

Junior kompetisie gerig.

Hoe lank het jy branderplank gery voor jy aan kompetisies begin deelneem

het? : Ongeveer 4 jaar.

Wie is jou mentor? : Mikhail Thompson

Hoe het dit gevoel om in die Boland-span te kom? : Dit was nogal uitstekend. Dit was

wonderlik om te sien hoe harde werk en toegewydheid in die resultate wys.

28


Deur hoeveel rondtes proewe moes jy gaan? : Drie, waarvan ek twee gewen het.

Hoeveel rondtes was in die kompetisie en hoe het jy gevaar? : Daar was 4 rondtes nl.

1,2, 3 en repo’s en dan die semi-finaal en finaal. Ek was tweede in my eerste heat van

rondte 1 en toe in rondte 3 het ek derde gekom. Dit het my deurgesit tot in die semi-finaal

waar ek weer derde gekom het, maar slegs die top 2 van elke semi-finaal het na die

finaal deurgedring.

Hoeveel keer per week ry jy branderplank? : Ter voorbereiding vir die kompetisie het

ek tussen 8 en 9 keer per week branderplank gery nl. elke weeksdag en dan twee keer

elke dag oor die naweek. Met die eksamen om die draai sukkel ek om selfs net een keer

per week te surf.

Is jy bly Hoërskool Strand bied branderplankry aan as ‘n sportsoort? : Dit is 'n groot

voorreg om vir die skool te kan deelneem. Hoërskool Strand help om die horison te

verbreed deur ons by tag-team byeenkomste en klubkompetisies betrokke te kry.

Is dit ‘n duur sportsoort? : Om aan die begin al die toerusting aan te skaf, kan duur

wees, maar as jy jou navorsing goed doen, sal dit jou sak pas.

Hoop jy om branderplankry by Hoërskool Strand se interskole te sien? : Absoluut!

Dit sal leerders motiveer om dit ook te probeer. Ek glo ook dat ons die oorhand in die

water sal hê.

Sal jy die sportsoort vir ander aanbeveel? : Yes! Yes! Yes! Dis ‘n unieke sportsoort

wat jou onbeskryflik laat voel, al kry jy dit nie die eerste keer reg nie.

Sal jy iemand wil oplei om branderplank te ry soos jou mentor vir jou gedoen het?

Absoluut! As jy ’n liefde vir ‘n sport het en jy kan jou kennis met iemand deel – hoekom

nie!

You cannot stop the waves ….. But you can learn how to surf.

29


hierdie tydskrif is saamgestel deur die lede

van die suidooster, hoerskool strand se

skoolkoerant.

More magazines by this user
Similar magazines