14.07.2019 Views

KAMP IS LEKKER Julie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

D

ie Lekker Kampplekke

kamp-paklys maak ook

die beplanning van die naweek

soveel lekkerder. Ek laat

gewoonlik ons kinders by my

sit en dan gaan ons saam deur

die lysie van items waarop ons

kan klik. Die kinders is mal

daaroor en dit maak hulle ook

dan deel van die

beplanningsproses van ‘n

heerlike kampnaweek.

A

s ons ‘n naweek gaan

kamp, dan neem ek

gewoonlik ‘n dag se verlof

sodat ons vroegoggend in die

pad kan val, want om langs die

pad te stop vir ‘n lekker koffie,

broodjie en gevulde eiers is

mos deel van die pret! By die

meeste kampplekke kan jy mos

vanaf 14h00 inboek, so ons

sorg dat ons rondom daardie

tyd op ‘n Vrydag by ons

kampplek arriveer. Dit is

belangrik om by jou kampplek

aan te kom terwyl dit nog lig is,

want dan kan jy baie beter

beplan hoe om jou kampie op

te slaan. Dis byvoorbeeld baie

belangrik dat jou braaiarea nie

te naby aan jou tent se opening

moet wees nie, jy kan bepaal

hoe die son julle kampplek raak

om sodoende te besluit aan

watter kant jy van die boom

jou tent moet opslaan.

M

et klein kinders is dit vir

my belangrik om ons

tentpenne en toue behoorlik te

merk sodat ek nie enige klein

“ongevalle” hoef te dokter nie.

E

k vat sommer batteryaangedrewe

feëtjieliggies en draai dit om

ons tentpenne – dit gee ‘n

lekker feestelike atmosfeer

aan ons kamp en vir die toue

het ek swembad-cones in

korter stukke gesny wat ek oor

die toue sit – dit werk vir ons.

D

an, natuurlik gaan kamp

vir ons oor lekker eet!

Ander gesinne raak

opgewonde as hulle gaan

kamp en almal wil weet: “Wat

gaan ons alles doen?”…al

waaraan ek dink is: “Wat gaan

ons alles lekker eet!” Dis

hoekom ek altyd gou vir my

kinders ook iets te ete gee

voordat ons kamp opslaan,

want daar is niks so moeilik om

kamp op te slaan met ‘n kind

wat aan jou broekspant klou en

hartverskeurend huil dat hy

nog nooit vandag kos gehad

het nie… Hulle vergeet mos

gou!

S

o ja, ons pak allerhande

lekker snitte vleis in en

eksperimenteer graag met

verskillende bykosse as ons

gaan kamp. Dis ook mos deel

van die lekkerte om vooraf uit

te werk wat ons kampspyskaart

gaan wees. Lekker

skaapstertjies, hoender met

spekvleis

gerol,

botterskorsiesop vir die kouer

kampaande en lekker gebakte

potbrood met lekker sout

botter… So kan ek maar

aangaan.

E

k wil net vir Lekker

Kampplekke bedank vir die

moeite wat hulle doen om

kamp vir Suid-Afrikaners lekker

en prakties te maak. Julle

webblad is puik en die kamppaklys

is uitstekend.

Bou so voort!

Lekker Kamp, want

KAMP IS LEKKER!!

Woorde: Cathleen Wade

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!