25.02.2022 Views

AA Reisiger Herfs 2022

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Mapungubwe

18

absoluut die Geskiedenistoer doen. Ek

weet nie almal hou van geskiedenis nie,

maar dit is’nUnesco-geakkrediteerde

erfenisterrein, en jy het kilometers

gery om hier te kom. Dit iswerklik ’n

onvergeetlike ervaring -endie gids

hou ’ngroot skietding byderhand.

Die toer neem jou reguit nadie

beperkte area van die park waar jyvir

die eerste keer die Heuwel van die

Jakkals sal sien. Ons gids, Johannes

Masalesa, is hier gebore en getoë en

begelei al15jaar erfenistoere. Hy het

die legendes van Mapungubwe bysy

ouers engrootouers gehoor.

Johannes vertel dat sy oupa die

informant was wat die ligging van

Mapungubwe in 1933 aan Ernst van

Graan ensyseuns bekend gemaak

het. Hy het geweet die voorvaders

sou kwaad wees omdat hydie ligging

verklap het. Syoupa het dit nie gewaag

om direk nadie koppie te kyk nie. Hy

het nadie paadjie gewys met syrug na

die heuwel gedraai. Die voorouers was

egter omgekrap enhyhet kort daarna

sy sig verloor, sêJohannes.

Ek kry ’naardige gevoel terwyl ek

die 147 trappies naboklim. Duisend

•JYKAN VUURMAAK­

HOUT by dierestaurant

koop,maardaarisgeen

winkelsindie park nie –

bringalles saam watjy

wileet en braai.

•BESPREEKTOERE by

die ontvangstoonbank.

Ons beveeldit aan.

•DAARISGEEN

SELFOON­ONTVANGS

in die park nie,maarjy

kan'nflouerige sein by

die ingangnadie park,

die museum en die

restaurant kry.

•DIE NAASTE DORP IS

MUSINA –sowat 'n uur

vandaaraf.

•DAARISGEEN

VULSTASIESOF

KITSBANKE in diepark

nie.

• Vandie mense

metwie ek gesels

hetoor Mapungubwe,

het100%gesêdit is

hul GUNSTELING

PARK IN SUID­

AFRIKA.

jaar gelede was dit die tuiste van ’n

vooruitstrewende Afrika-koninkryk

wat goud enivoor aan Egipte, Indië

en China verkoop het. Jykan die

geskiedenis in die lug voel.

Ernst seseun Jerry was ’netnologiestudent

aan die Universiteit van

Pretoria en het besef die terrein het

akademiese waarde. Hyhet syprofessor

by die universiteit gekontak, wat uitgrawingsregte

met die grondeienaar

beding het, en die universiteit het

eienaarskap geneem van die oorblyfsels

wat opdie terrein gevind is. Die uitgrawers

het bo-opdie heuwel grafte

met glaskrale engoue juweliersware

binne gevind, asook die bekende goue

renoster wat nou in die museum bydie

Universiteit van Pretoria tesien is.

Die uitsigte van bo op die heuwel is

manjifiek. Johannes gaan voort met

sy toer: Dis lede van die koningshuis

wat opdie koppie begrawe is. Op

die hoogtepunt van hul bewind het

ongeveer 5000 mense rondom die

heuwel self gewoon. Jy kan steeds sien

waar hulle gewoon het, want sekere

dele van die grond isnog gryserig van

die as van die vure wat duisend jaar

gelede hier gebrand het.

Dit isnie duidelik

GOED

OM TE

WEET

hoekom die mense

van Mapungubwe

weggetrek het nie,

maar die waarskynlike

rede is droogte. Dit voel ironies: Die

klimaatkrisis en migrasies oorheers

vandag nog die nuus. Ekkan nie help

om te dink hoe meer dinge verander,

hoe meer bly dit dieselfde nie.

'n Olifant-ontmoeting

Ná die toer gaan ons terug nadie

Toyota Land Cruiser, salig onbewus

daarvan dat ons avontuur nog nie

verby is nie. Ons bevind ons skielik in

die pad van ’ntrop olifante wat rivier

toe gaan –enhulle pad is tussen ons

en die Cruiser. Ons skarrel tot op ’n

paar rotse daar naby en bly sostil as

moontlik terwyl die trop tydsaam verby

ons slenter. Met harte wat vinnig klop

en gebalde vuiste, keer ons uiteindelik

terug nadie Cruiser. Is dit net ek of is

dit warm? Ek het ’ndrankie nodig!

Ons slaap daardie nag in die

Vhembe-boskamp. Dit isdie enigste

wilderniskamp inMapungubwe, en

daar is geen drade omdie diere uit te

hou nie. ’nPaar tree agter die braaiarea

loop trappies na ’n swembad

tussen die rotse. Ons koel daar af in

die laatmiddag. Ons kyk uit oor die

veld onder ons waar elande, rooibokke

en sebras wei. Iewers hoor ons hoe

olifante takke breek. Ons drink ons

G&T's uit blikbekers terwyldie rooi

son indie verte sak oor Botswana.

Ek beplan reeds myvolgende

besoek!

Ekstra foto's:Getty /Gallo Images

AAReisiger | HERFS 2022

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!