25.02.2022 Views

AA Reisiger Herfs 2022

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Aretha Strydom

Flaminke

Beesteindie dorp

ter wille van die Britse soldate wat in

die omgewing was tydens die Anglo-

Boereoorlog. Die hout- en sinkstruktuur

het ’n groot biljarttafel gehad endie

sandsteenblokke waarop die tafel gerus

het, is vandag nog sigbaar indie Billiard

Room.

Die hotel het ongelukkig in 1936 in ’n

brand indie slag gebly, maar is in 2012

volgens die ou spesifikasies gerestoureer.

Die Gin Shop spog met die leuse “gin and

spirits since 1886”, en dit isinderdaad

waar. Die transportryers het daai jare

jenewer as’ntipe medisyne gedrink.

Ek gaan sit bydie kroeg enbestel ’n

bessie-en-salie-jenewer. Dit isdie eienaar,

Marian Bezuidenhout, seeie produk,

bekend as Highveld Gin. Van die ander

geure wat beskikbaar is, isspeseryagtige

lemoen en granaat met kruisement.

Ons gesels oor hoe die dorpie verander

het sedert my eerste kuier in2019. “Daar

het intussen plekke oopgemaak enweer

toegemaak. Met die drankverbod verlede

jaar het ons swaargerky,” erken Marian.

Maar een ding wat onveranderd bly, is die

dorp sespookstories.

“Daar isblykbaar ’nsoldaat wat laatnag

in die strate rondloop,” grinnik sy en

beduie in die rigting van die meer en die

Jailbird-gastehuis.

By die Jailbird kan jy in die dorp seou

tronk slaap. Jyhet ’n keuse van twee selle

met swaar deure enpiepklein vensters.

Die eerste sel is in 1880 gebou ennommer

twee is in die jare veertigs deur Italiaanse

krygsgevangenes bygelas.

“Jy kan die verskil sien! Hierdie was die

eerste een –dit is nie sonetjies gebou nie.

Met die tweede sel sien jy ’n klipmesselaar

se werk,” verduidelik die eienaar,

Marietjie Blignaut, met haar skaaphond,

Lilly, kort op haar hakke.

Op die oupolisiekantoor seplek staan

vandag ’n gemeenskaplike kombuis en

badkamer vir die twee selkamers, met

die titel “Charge Office” teen die deur.

Die Jailbird bied herbergstylverblyf en is

ideaal vir ’n hele gesin.

“Ek verkies dit as vreemdelinge nie die

geriewe met mekaar hoef te deel nie,” sê

Marietjie en stap verby haar groentetuin

langs die tronk. Duskant hulle heining lê

die vleiland en Chrissie se grote meer.

AL OM DIEWATER

Die dorpie met haar ou sandsteenstrukture

het sjarme, maar die grootste

trekpleister lê net buite die dorp.

Chrissiesmeer is9km lank en 3km

breed, en tot 6meter diep.

Esbie Bezuidenhout, die eienaar van

John Jack Inn en die Billiard Room, sê sy

het een jaar vir lentedag reg rondom die

meer gestap met ’ngroep vriende. Al was

die watervlak tóé nie hoog nie, het dit

hulle ongeveer ses uur geneem.

45

HERFS 2022 | AA Reisiger

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!