Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Nuusblad van
KLK Landbou Bpk
Vol 32 • Desember 2019
KLK
Gesprek
Beplan betyds vir droogtes
“MY PLEIDOOI IS dat veeprodusente proaktief sal wees en
vroegtydig vir droogtetye sal beplan. Die dilemma is egter dat baie
min produsente betyds hul beplanning doen.”
Aan die woord is dr Louis du Pisani, outeur van die boek Slim
droogtebestuur vir veeboere, wat onlangs verskyn het en by KLKtakke
te koop is.
Dr Du Pisani werk reeds sedert 1981 nou met produsente in die
Kalahari saam en het in die vroeë jare negentig die Droogteadviesburo
vir die Karoostreek op die been gebring.
Sy uitgangspunt met die boek is om veeprodusente te motiveer om
anders te dink en vir toekomstige droogtes te beplan, sodat dit met
die kleinste moontlike impak oorbrug kan word.
Die Noord-Kaap, wat tans die ergste droogte in 50 jaar beleef, is
in Augustus vanjaar tot rampgebied verklaar. Wat is sy raad aan
produsente in hierdie nypende situasie?
Defensiewe bestuur is nou nodig, meen hy. Verklein eerstens die
kudde sodat beskikbare voer so lank moontlik kan hou, volg
’n voorafbeplande voerstrategie en gaan ook dadelik oor na
defensiewe finansiële bestuur.
Die herstelfase na ’n tyd van droogte is dikwels die ergste, verduidelik
dr Du Pisani. Alles keer nie onmiddellik terug na normaal wanneer
die eerste reëns val nie. Dit is dan ’n fase van herstel – vir die vee, die
veld en die finansies. Eers wanneer die herstelfase afgehandel is, kan
weer vir die volgende droogtesiklus beplan word.
“Dié wat hierdie advies volg, sal bly boer en selfs hul boerderye
uitbrei, maar dié wat dit ignoreer en slegs op die beste uitkoms
hoop, sal waarskynlik die bedryf na die volgende groot droogte
verlaat,” is sy harde, maar ware woorde.
Hoe beplan ’n mens vir droogte? Droogtes kom in siklusse, sê
dr Du Pisani. In tye van gemiddelde en bogemiddelde reënval moet
buffers in plek gesit word. “Om tydens ’n droogtesiklus buffers te
probeer implementeer, is soos om jou motor te verseker na dit reeds
in ’n ongeluk was.”
Wanneer buffers in plek is, sal die veeprodusent vroegtydig sy kudde
verklein, sorg dat sy veld in ’n uitstekende toestand is en sy voer beheer.
Tydens hierdie beplanningsfase behoort veeprodusente sekere waar-
sku wings me ga nismes in plek te hê. Hou byvoorbeeld El Niño-voor-
spellings dop, kry die Departement van Landbou
se gereelde klimaatsverslae in die hande en
verwerk self reënvalsyfers op die plaas. Hoe
meer meganismes daar is, hoe beter sal die
beplanning wees.
Dr Du Pisani meld die Oliviers van die
Hotazel-omgewing in sy boek. Dié pa-
en-seunspan bereken jaarliks hul lopende
gemiddelde reënval vir drie jaar en dit
vergemaklik droogtebeplanning.
Dr Louis du Pisani (outeur) meen droogtes sal
beter hanteer kan word as voortydige
beplanning gedoen word.
Die voorblad van die boek, Slim droogtebestuur vir veeboere e
deur
dr Louis du Pisani, uitgegee deur Kejafa Knowledge ld Works. Dit is by KLK-handelstakke
op Upington, Kuruman en Calvinia teen R195 (BTW ingesluit) te koop.
Twee gelukkige lesers kan elk ’n eksemplaar wen deur die woord
“Boek” na 47911 te SMS. Fooie beloop R1,50 per SMS. Die
sluitingsdatum is 31 Desember 2019.
WEN!
bl3
bl4
KLK se belegging
in onderwysgehalte
Skuts doen hul deel ten
bate van Droogtehulpfonds
bl5
2 Aan die woord... KLK Gesprek
Uit die
Raadsaal
Stephen van Huyssteen
Besturende Direkteur: KLK
Marksake
Jan Schutte
Bestuurder: KLK Vleis
’n Uitdagende 2019
Markoorsig: Oktober 2019
KLK SE SESMAANDERESULTATE is op
27 September 2019 bekend gemaak. Die verdienste
van R24,4 miljoen vir die ses maande geëindig
31 Augustus 2019, is marginaal (1,2%) laer in
ver gelyking met die ooreenstemmende periode
van die vorige jaar.
Hierdie ietwat laer groepsresultate word hoofsaaklik
toegeskryf aan Carpe Diem Raisins, die
Veilingsafdeling en die Motorafdeling, wat onderskeidelik
’n laer volume rosyneverkope, laer
veilingsgetalle en laer voertuigmarges gehad het.
Die Landbou Handelsafdeling, SA Dorper (huide
en velle) en die Brandstofafdeling het goeie
resultate behaal.
Die Direksie verwag dat handel- en landboutoestande
gedurende die tweede sesmaandeperiode
sal verswak en dat die voljaarwins gevolglik laer
as die vorige jaar kan wees.
Tydens ’n strategiese gesprek wat einde September
2019 plaasgevind het, het die Direksie die
strategiese rigting en fokus vir KLK se besigheidsportefeulje
herbevestig. Daar is besluit dat
uitbreidingsgeleenthede steeds die hoofdoelwit
sal bly asook om die sinergieë en geleenthede
tussen Senwes (as ankeraandeelhouer) en KLK
se tradisionele landboubesigheid te ondersoek.
DIE RAMPDROOGTE WAT die
Noord-Kaap reeds vir ’n lang tyd teister,
se impak word nou as katastrofies
ervaar deur die hele provinsie. Daar
is produsen te wat in ’n oorlewingstryd
gewikkel is en wat werklik moeilik van
die finansiële knou sal herstel. Aanteelkuddes
is verminder tot op vlakke
wat die herstelproses nadat goeie reën
ontvang is, uitdagend gaan maak. Die
herstelvermoë van die weiding word
ook deur baie produsente bevraagteken.
Daar is egter van die ouer mense wat
noem dat dit wel al so droog was en
dat die provinsie en sy produsente
daarna herstel het toe die reën
gekom het. Dít moet die hoop verskaf
vir elkeen wat nou in hierdie droogte
vasgevang is.
Beesvleis het nasionaal verhandel teen
R46,13/kg vir Klas A en R37,36/kg
vir Klas C soos gerapporteer in die
FNB Agri-Weekly van 31 Oktober 2019.
Pryse het dus hoofsaaklik sy waarts
beweeg. Die vooruitsig oruits bly dat die
slagpryse rond om dieselfde vlakke
sal verhandel, grotendeels omdat
die verbruiker se finansiële posisie
swak is en steeds verder verswak.
Die nasionale speenkalfprys is tans
R29,65/kg lewendige gewig en die
vooruitskatting is dat dit effe mag
versterk, maar grotendeels sywaarts
sal verhandel.
Die gemiddelde nasionale produsenteprys
vir Klas A2/A3-lamsvleis het
verder verswak na R69,23/kg, terwyl
die gemiddelde prys vir C-graadskaapvleis
op R48,28/kg vasgestel is.
Die gemiddelde prys vir voerlammers
het verder verlangsaam na R32,89/kg
lewendige gewig vir Merino-lammers.
Die vooruitsig is dat die pryse vir
voerlammers sywaarts behoort te
beweeg in die volgende maande, maar
’n styging in slagpryse word verwag
soos wat die beskikbare slaggetalle
al minder raak.
Bronne:
FNB Agri-Weekly: Livestock and Fibre Markets:
31 Oktober 2019
Die voortslepende droogte het ’n wesenlike
impak op produsente en hul kontantvloei en die
vermindering van kuddegetalle sal beslis oor die
volgende jare ’n groot dempende effek op slaggetalle
uitoefen.
Verder is die verbruiker se koopkrag onder druk
en is ekonomiese toestande en die herstelvermoë
van die Suid-Afrikaanse ekonomie nie faktore wat
binnekort ’n ommeswaai sal teweegbring nie.
Bogenoemde uitdagings verg goeie beplanning
en risikobestuur. Veral abattoirs, vleishandelaars
en vleisprodusente sal binne hierdie
omstandighede belangrike langtermynbesluite
moet neem om volhoubaar in die vleisketting
te kompeteer.
KLK is baie bewus van die impak van bogenoemde
scenario’s op verskeie van sy besigheidseenhede
en sal fokus op koste- en risikobestuur, maar ook
voortdurend soek na moontlike geleenthede binne
hierdie moeilike landbou- en ekonomiese handelstoestande.
Die volgende gesegde deur ’n onbekende persoon,
is relevant vir wat voorlê: “Every test in our life
makes us bitter or better, every problem comes to
break us or make us. The choice is ours whether
we become victim or victor.”
Mag 2020 ’n jaar van uitkomste en geleenthede
wees en mag u vrede en liefde in hierdie Kerstyd
ervaar.
Pitkos vir
die siel...
Loof die Here
“Juig tot eer van die Here, almal
op aarde, wees vrolik, juig en
sing!” (Psalm 98:4)
God is en bly ’n goeie God – ten
spyte van droogte, moeilike ekonomiese
omstandighede, werkloosheid
en geweld. Die hele Bybel is vol
daarvan dat Hy groter as al
ons probleme is.
Vele Bybelskrywers herinner ons aan
die vreugde diep binne-in wat ons
deur krisisse kan dra. Jy het ’n fontein
van hemelse vreugde wat jy in
jou hart ronddra. Ons moet bly wees
oor God. Hand aan hand daarmee
Floris Lategan
loop ’n gesonde stuk dankbaarheid.
En daarmee saam ’n vashou aan die
God wat by magte is om sy beloftes
waar te maak, te midde van jou
huidige omstandighede.
Om Hom te loof, is nie iets wat net
partykeer gebeur nie – en net as dit
voorspoedig gaan nie. Nee, dit is ’n
daaglikse gebeurtenis – ’n lewenstyl.
Lof aan God kom uit jou hart. As dit
nie daarvandaan kom nie, is dit nie
eg nie.
Iemand wat God se grootheid en
liefde ken, is iemand wat Hom opreg
kan loof. Mag jy so iemand wees.
KLK help met onderwysgehalte
Desember 2019
Maatskappynuus
3
DIT IS VIR KLK besonder belangrik om betrokke by die ontwikkeling
van leerkragte en leerders in hulle streek te wees.
Só sê Cobus Booysen, Bestuurder: Menslike Hulpbronne by KLK,
na afloop van die suksesvolle Fisiese Wetenskap-opleidingseminaar
wat in September met KLK se ondersteuning by Hoërskool Upington
aangebied is.
Die seminaar is aangebied deur Andries Olivier, uit wie se pen verskeie
wetenskaphandboeke en -leerplanne al verskyn het. 42 wetenskaponderwysers
uit die ZF Mgcawu- en Namakwa-onderwysdistrikte en ses
onderwysers uit Namibië het die weeklange seminaar bygewoon.
Cobus verduidelik dat KLK betrokke is by hierdie projek asook by
die jaarlikse wiskundeprojek, om so by te dra tot die verhoging
van die standaard van onderwys en opleiding. “Ons is nie slegs
’n verantwoordelike werkgewer in woorde nie, maar leef dit in
ons bydrae tot hierdie projekte uit.”
Hy sê verder KLK se belegging in onderwysers is van uiterste belang
indien die standaard van onderwys verhoog wil word, omdat hulle instrumenteel
in die ontwikkeling van leerders is. Leerders in plattelandse
skole het nie altyd toegang tot gehalte-onderwys nie. Juis daarom is
dit noodsaaklik dat onderwysers en leerders geleenthede vir verdere
ontwikkeling ontvang. KLK maak hierdie geleenthede moontlik.
Mnr Stephen van Huyssteen (Besturende Direkteur van KLK, regs) by mnre James Mapanka
en Gordon March.
Vivien terug in sy heimat
“DIS LEKKER OM terug te wees; ek
voel tuis…”
So sê Vivien Viviers, nuutaangestelde Hoofbestuurder:
Bedryf, wat na 30 jaar terug in
sy geboorte-streek is. Hierdie seun van die
Noord-Kaap is op Kakamas gebore en het
op Upington grootgeword.
Hy het ’n diploma in Bemarking, die grade
B.Tech (Bemarking) en MBA verwerf en het
voorheen by verskeie groot landboumaatskappye
gewerk. Tydens die onderhoud was
Vivien nog besig om sy voete te vind, maar
het gesê dat hy maklik by die KLK-kultuur
inskakel. Sy droom is om nader aan die
produsent te beweeg en daartoe by te dra
om die maatskappy nog meer
kerngesond te maak.
Vivien beskryf homself as ’n
huishen, wat daarvan hou
om kos te maak. Hy en
sy rekenmeestervrou,
Romaria, is die trotse
tse
ouers van drie
kinders: Hanré
(twaalf), Estian (elf)
en Mariané (vyf).
Nuwe PA vir direkteur
JORINE VIVIERS IS onlangs as
die persoonlike assistent van KLK se
Besturende Direkteur, mnr Stephen van
Huyssteen, aangestel.
Sy is op Upington gebore en getoë. Na
skool het Jorine vir twee jaar skoonheidskunde
by die Isa Carstens-akademie op
Stellenbosch gestudeer. Daarna het sy
uitgebreide ervaring in die skoonheid-, gasvryheid-
en bemarkingswêreld opgedoen.
Hoewel vars in die nuwe pos, beoog sy
reeds om stelsels te implementeer om haar
werk te vergemaklik.
Jorine en haar man, Jaco (’n IT-tegnikus), het
twee seuns – Joah (twee jaar) en Jobert (vier
maande). Sy vertel met ’n glimlag dat sy vir
die onderhoud
by KLK gekom het
slegs een dag
voordat haar
jongste gebore is.
Met twee kleingoed is Jorine
se vrye tyd beperk, maar wan-
neer sy kans kry, geniet sy
fotografie, kuns, naald-
werk
en om grime ring
vir
spesiale geleenthede
te doen.
Jou vennoot in landbou
Die groep wetenskaponderwysers uit die Noord-Kaap en Namibië wat die opleidingseminaar
by Hoërskool Upington bygewoon het.
Jovan ken wapens
DIE KLK-HANDELSTAK op
Upington het hulle diens aan klante verder
uitgebrei met ’n voltydse wapensmid in
hul vuurwapenafdeling. Jovan de Klerk
van JDK Precision werk op die perseel
aan enige wapen. Skakel Jovan gerus by
082 064 5344 vir meer inligting.
4 Maatskappynuus KLK Gesprek
Reënvalvooruitsigte vir die somer
’N MENS KAN dikwels nie verstaan waarom daar maande
(selfs jare) verbygaan sonder reën en dan, as dit eers begin, die reën
so maklik kom nie. Die antwoord is opgesluit in die opstelling van
weersisteme wat dikwels siklies van aard is, maar ook in verskynsels
soos El Niño en La Niña asook ander faktore. Daar vind tydelike
verskuiwings plaas in die posisie van weerstelsels en die effek van
klimaatsverandering versterk hierdie verskuiwings.
Die westelike dele van die land is die meeste onderhewig aan droër toestande,
omrede daar tradisioneel ’n hoogdrukband vanaf die Atlantiese
Oseaan inbeweeg, wat ongunstige toestande vir reën oor hierdie gebiede
skep met baie droë lug in sirkulasie. Vog vanuit die trope beweeg
dan suidooswaarts of ooswaarts oor Namibië, Botswana en uiteindelik
oor suidelike Afrika en veroorsaak dat die oostelike dele van die land
heelwat meer – en ook meer gereeld – reën kry as die westelike dele.
La Niña-toestande (wanneer die see-oppervlaktemperature in die
sentrale Stille Oseaan koeler is as normaal) veroorsaak gewoonlik
dat die posisie van die dominante hoogdrukstelsel oor die westelike
dele van die land swakker is en ook verder weswaarts oor die
Atlantiese Oseaan geleë is. Dit laat tropiese vog verder weswaarts
afbeweeg,met gevolglike goeie reën oor die westelike dele. La Niñatoestande
kom so een uit elke vier tot vyf jaar voor en sterk La Niñatoestande
omtrent een keer elke dekade of selfs minder. Indien
El Niño-toestande heers (oppervlakwater is warmer in die sentrale
Stille Oseaan), is die hoogdrukstelsels sterker en veroorsaak dit
swakker toestande vir reën oor veral die westelike dele van die land.
Johan van den Berg
Santam Landbou
Tans is die toestande in die sogenaamde Niño-gebiede neutraal,
wat impliseer dat die kanse vir reën weswaarts verbeter, maar
nog nie besonder gunstig is nie. Daar kan egter steeds redelik
goeie stelsels weswaarts ontwikkel tydens neutrale toestande in
die Niño-gebiede, maar gewoonlik eers in die tweede deel van
die seisoen vanaf Februarie. Soms speel die Indiese Oseaan ook
’n groot rol in droogtes. Dit gebeur veral wanneer daar ’n sterk
El Niño is asook warmer water van die Indiese Oseaan nader aan
die kuslyn van Oos-Afrika.
Wat die huidige seisoen betref, bly die meeste voorspellingsindekse
neutraal of negatief tot ten minste die einde van Desember, maar
dit behoort te verbeter in die nuwe jaar. Die huidige voorspelling
dui redelik gemiddelde reënval aan oor die oostelike dele van die
land vir die res van 2019, maar steeds ondergemiddelde reënval
oor die meer westelike dele, wat veral die westelike dele van die
Noord-Kaap en Namibië insluit.
Vanaf ongeveer Februarie kan die reën weswaarts begin uitbrei. Of
die reën voldoende gaan wees om die droogte te breek, is onseker.
Die huidige droogte se intensiteit het opgebou oor baie jare en dit
gaan oorvloedige reën en heelwat opvolgreën benodig om die effek
daarvan op te hef. Alhoewel dit lyk asof toestande gaan verbeter, is
dit waarskynlik ’n lang pad na volledige herstel.
Skietdag dra by tot droogtefonds
TYDENS KLK SE onlangse Mini Expo
en Ghong-skietdag is ’n stewige bedrag geld
ten bate van Agri Noord-Kaap se Droog tehulpfonds
ingesamel.
Volgens Pieter van der Westhuizen, streekskoördineerder:
Sentraalstreek, is R49 000
tydens die geleentheid ingesamel, terwyl
’n verdere R65 000 van borge en dona -
teurs ontvang is. KLK het boonop ’n verdere
R36 000 bygedra wat die totaal tot op
R150 000 te staan bring.
143 Skuts van so ver as
Springbok en Kuruman
het aan die skietkompetisie
deelgeneem.
Jovan de Klerk het die eerste plek in die
opeafdeling losgeskiet met 780 punte. Kort
op sy hakke was Werner Visser en Juan van
der Merwe, wat onderskeidelik tweede en
derde was. Juan Steenkamp het die juniorafdeling
gewen en Johan van Zyl was die
wenner van die Mystery-ghong.
In die afdeling vir vroueskuts het die eerste
drie plekke aan Sarina Osmers, Ina Maritz
en Lilani Jordaan gegaan.
KLK bedank graag die volgende donateurs
en borge wat mildelik bygedra het
tot hierdie goeie saak: Afrivet, Agriwire,
Ascendis, Auto Engineering, Bayer, BB Spares,
Cape Gate, Coopers, Du Toit van den
Heever, Duineveld Ondersteunersklub,
Gordonia Motors, Grains for Africa, Hi-Q,
Hudson Transport, Jan Burger, KLK Petroleum,
LCTT, Louis Nel, MSD, Oranjerivier
Tenkers, Oranjerivier Veevoere, Roux Verspreiders/Defy,
Stone Art, Thys van Rooyen
(Thys Auto), Upington Toyota, Upigrow,
Veekos, Virbac, Winterstorm Investments,
Agri Solar en Fit-It.
Skuts van so ver as Kuruman en Springbok het die Mini
Expo en Ghong-skietdag bygewoon wat KLK saam met
die Kgalagadi-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en
Wildbewaringsvereniging aangebied het.
Desember 2019
Arctic AT35 – ’n bielie van ’n bakkie
Tegnies
5
YWERIGE VELDRYERS KAN uitsien na Isuzu se nuwe,
eksklusiewe vlagskipmodel – die Arctic AT35.
Dié bielie van ’n bakkie is nou eksklusief bestelbaar by Isuzuhandelaars,
met ’n geprojekteerde 50 eenhede wat per jaar in Port
Elizabeth gebou sal word. “Die Arctic AT35 is ontwerp vir mense
wat moeilike werk in moeilike omgewings moet doen,” sê Dominic
Rimmer, Isuzu Motors Suid-Afrika (IMSA) se uitvoerende hoof:
tegniese dienste.
IMSA is die eerste en tans wêreldwyd die enigste Isuzu Motorsfasiliteit
wat die internasionale goedkeuringstempel ontvang het om
die Arctic Truck-produksiemodel te bou.
Gebaseer op die D-MAX 3.0-dubbelkajuit-4x4 LX-outomaties,
neem die Arctic AT35 die Isuzu D-MAX se legendariese taaiheid en
veldryvermoë nog verder met die insluiting van Fox Performancesuspensie
en -skokbrekers wat die voertuig onoortreflike veldpadvermoë
bied.
Die Arctic Trucks-pakket sluit onder meer ’n hoër voertuighoogte,
’n indrukwekkende grondvryhoogte en beter waaddiepte in. Die
wielboë is aangepas om die 17”-AT-allooiwiele en 35”-bande te
akkommodeer.
Die Arctic AT35 bied goeie werksverrigting op die oop pad en
in die veld en het die vermoë om tegniese én sagte terrein met
minimale impak te hanteer. Sy brandstofverbruik is 8,6 l/100 km,
met ’n CO²-uitset van 227 g/km.
Nie net die binneruim stem met die standaard-D-MAX ooreen
nie, maar ook die bekende drieliter-verkoelde turbodieselenjin en die
outomatiese sesspoedratkas. Die ratverhouding is dieselfde, met
slegs die kilometerteller wat gekalibreer moet word om vir die groter
bande te vergoed.
Die 3.0-dubbelkajuit-4x4 met ’n sesspoed- outomatiese ratkas is
beskikbaar teen R785 000 (BTW ingesluit). Belangstellendes kan gerus
met Hennie Marais en sy bekwame span by Gordonia Motors oor die
Arctic AT35 gesels.
Pasgemaakte finansiële oplossings vir Afrika
UNIGRO SE DOELWIT is om voedselsekerheid te bevorder
deur die voorsiening van pasgemaakte finan sië le oplossings deur
vennootskappe te sluit met produsen te en ander landbouverwante
kliënte, primêr in Afrika.
Hoekom van UNIGRO Finansieringsdienste
gebruik maak?
• Finansiële struktuur bied kompeterende rentekoerse en sekuriteite.
• Verbandfinansiering vir die aanskaffing van grond met tien tot
20 jaar-termyne.
• Wentelkrediet kan as ’n oortrokke fasiliteit aangewend word.
• Huuraankoopooreenkomste wat vroeër as die normale termyn
afgehandel word, word nie beboet nie.
• Geen onbenuttingsgelde word gehef nie.
• Mededingende omdraaitye met kredietaansoeke.
• Internetbankdienste, naamlik eAccounts is beskikbaar.
UNIGRO Versekering:
• Beste advies, ondersteun deur jarelange ondervinding, gebaseer
op die kliënt se spesifieke risikobehoeftes.
• Bied versekering vir oeste op onder meer rosyne, wyn- en tafeldruiwe,
sitrus, pekanneute, uie- en wortelsaad en katoen, sowel
as gespesialiseerde bateversekering en persoonlike versekering.
• Bied mededingende premies vanaf ’n verskeidenheid A-klasversekeraars.
Jou vennoot in landbou
• Beskik oor ’n uitstekende
admini strasiespan.
• Onderskrywing word deur
onsself hanteer.
• Verskaf doeltreffende eiseverwerking
(48 uur kommunikasie-omdraaityd).
• Ons beskou onsself nie as verkoopsmanne nie; ons prioriteit is om
waarde tot u bedryf, besigheid en of privaat hoedanigheid toe te voeg.
Diversifisering en nisprodukte
UNIGRO diversifiseer deur langtermyngewasse, soos pekan neute, tafelwyndruiwe,
rosyntjies en sitrusvrugte by sy portefeulje te voeg. Vestigingslenings
van tot en met tien jaar, sowel as veepro dusent finansiering,
word aangebied. Verder bied UNIGRO steeds gewasversekering teen
hael, sowel as multi-risikodekking vir kontantgewasse.
UNIGRO bied met trots die beste advies volgens die kliënt se
behoef tes. Ons toewyding maak ons kliënte ons prioriteit.
Kontakbesonderhede:
UNIGRO Versekering
UNIGRO Finansieringsdienste
Dawid van Zyl, Adviseur
Stef Buys, Verhoudingsbestuurder
Sel: +27 72 446 5816 Sel: +27 83 257 6031
Kantoor: 054 337 6200 Kantoor: 054 337 6200
Dawid.vanzyl@unigro.co.za Stef.buys@unigro.co.za
6 Aktueel
KLK Gesprek
Hoe om toksiese mense te hanteer
Cobus Booysen
Bestuurder: Menslike Hulpbronne
TOKSIESE MENSE DAAG logika
uit. Sommige is totaal onbewus van die
negatiewe invloed wat hulle op die mense
rondom hulle het en ander lyk weer of hulle
intense genot daaruit put om ander mense
se knoppies voortdurend te druk. Hoe dit
ookal sy, hulle skep onnodige kompleksiteit,
onmin en stres.
Studies oor jare heen bevestig dat stres ’n
permanente negatiewe invloed op die brein
het. Slegs ’n paar dae se blootstelling aan
stres veroorsaak dat die neurons in die hippokampus
nie effektief funksioneer nie. Weke
van aaneenlopende stres kan onherstelbare
skade aanrig aan die klein kontakpunte tussen
breinselle verantwoordelik vir kommunikasie
en maande se deurlopende stres kan neurons
permanent vernietig. Stres is ’n geweldige
bedreiging vir suksesvolle funksionering.
Navorsing deur die Departement van Biologiese
en Kliniese Sielkunde aan die Friedrich
Schiller Universiteit in Duitsland het bevind
dat blootstelling aan stimuli wat sterk negatiewe
emosies ontlok – soos wanneer jy met
toksiese mense te doen het – ’n massiewe
stresreaksie in jou brein veroorsaak.
Die beste benadering in die hantering van
toksiese mense is om te beheer wat jy kan
en te elimineer waaroor jy geen beheer het
nie. Hier volg ’n paar wenke:
Stel grense vas. Negatiewe mense
word vasgevang in hulle probleme en faal
daarin om te fokus op oplossings. Hulle
kla voortdurend omdat hulle wil hê mense
moet hulle jammer kry, sodat hulle beter oor
hulself kan voel. Mense voel meestal verplig
om na ander se klagtes te luister, omdat
hulle bang is om as ongeskik of ongevoelig
ervaar te word. Die kuns is egter om ’n
simpatieke oor te hê, sonder om ingetrek te
word in ’n negatiewe emosionele spiraal.
Die vinnigste en maklikste manier is om
die klaer te vra hoe hy/sy die probleem
gaan oplos. Hulle gaan óf ophou kla óf die
gesprek in ’n ander rigting stuur.
Bly bewus van jou eie emosies. Dit
verg bewustheid om ’n emosionele afstand
te handhaaf. Jy kan nie iemand stop om jou
emosionele knoppies te druk, indien jy nie
bewus is daarvan dat die persoon dit doen
nie. Somtyds sal jy in ’n situasie wees waar jy
’n besluit moet neem om tyd te wen en dan
moet jy dit doen sonder om bang te wees vir
die gevolge. Gun jouself tyd om te besluit wat
die beste oplossing sal wees.
Oorleef die geveg. Slim mense weet hoe
belangrik dit is om ’n argument te oorleef,
veral een waarby toksiese mense betrokke
is. Lees jou eie emosies, sodat jy reg daarop
kan reageer. Weet wanneer dit tyd is vir veg
en wanneer om weg te stap.
Fokus deurlopend op oplossings en
nie op probleme nie. Jou fokus bepaal
jou emosionele toestand. Wanneer jou
aandag gefokus is op jou probleme, skep jy
verlengde negatiewe emosies en stres. Wanneer
jy fokus op aksies om jouself te verbeter,
dan skep jy ’n gevoel van persoonlike effektiwiteit
wat positiewe emosies tot gevolg het
en stres verminder. Moenie aan ander mense
mag oor jou gee nie – bly jy in beheer.
Moenie vergeet nie. Emosioneel intelligente
mense vergewe maklik, maar dit
beteken nie dat hulle vergeet nie. Vergeef
beteken jy moet laat gaan en aanbeweeg.
Dit beteken nie dat jy iemand wat verkeerd
was ’n tweede kans gaan gee nie. Slim
mense laat hulle nie maklik onderkry deur
ander mense se foute nie en maak seker
dat hulle nie enige skuldgevoelens saamdra
nie. Sodoende beskerm hulle hulself teen
toekomstige seerkry.
Vermy negatiewe denke. Somtyds
absorbeer jy ander mense se negatiwiteit.
Daar is niks verkeerd daarmee om sleg te
voel oor hoe iemand jou behandel het nie,
maar negatiewe denke (hoe jy dink oor jou
gevoelens) kan die negatiwiteit versterk.
Negatiewe denke is meestal onrealisties,
onnodig en selfvernietigend. Vermy dit
sover moontlik.
Gebruik jou ondersteuningstelsel.
Die effektiewe hantering van toksiese mense
vereis dat jy bewus moet wees van die swak
plekke in jou benadering tot hulle. Gebruik
jou ondersteuningstelsel – ’n vertroueling
binne of buite werksverband – om perspektief
te kry vir die hantering van ’n uitdagende
persoon. Identifiseer objektiewe en onafhanklike
individue in jou lewe en wend
doelbewuste pogings aan om hulle insig
en ondersteuning te kry. Ander mense sien
dikwels ’n oplossing, bloot omdat hulle
emosioneel onbetrokke is by die situasie.
Samevatting
Jy sal altyd getoets word deur mense en
moeilike situasies. Gelukkig is die brein
so saamgestel dat jy nuwe gedrag kan
aanleer. Implementeer hierdie wenke in
jou kontak met toksiese mense en leer jou
brein om stres meer effektief te hanteer.
Aandelenuus
GEEN AANDELE HET gedurende Augustus 2019
en September 2019 verhandel nie.
40 937 aandele het in Oktober 2019 verhandel waarvan
6 060 aandele deur KLK Landbou teruggekoop is. Aandele
het verhandel op vlakke van tussen R18,50 en R19,00, met
3 kopers en 19 verkopers.
Prys per aandeel (sent)
1 900
1 800
1 700
1 600
1 500
1 400
1 300
1 200
1 100
1 000
900
800
700
600
500
1 893
40 937
Augustus 2019 September 2019 Oktober 2019
Maand
64 000
32 000
16 000
8 000
4 000
2 000
1 000
500
Volume verhandel (’000)
Desember 2019
Aktueel
7
Dis al weer vliegtyd…
VLIEË IS NIE net ’n irritasie nie – hulle dra kieme vanaf
plekke waaraan jy nie wil dink nie en versprei dit na kos en
werksoppervlaktes. Jy probeer om die huis skoon te hou, die
asblik dikwels leeg te maak en rommelsakke styf toe te knoop,
maar soms kruip daar steeds maaiers uit waar jy net gister
skoongemaak het. Vir jou gesin se gesondheid, oorweeg die
volgende oplossings.
Vliegbeheer is gebaseer op vier metodes: ruimtespuite,
residuele sproei (oppervlakbespuiting), lokaas en lokvalle.
WEN!
SMS die handelsmerk van die Ultramatic Eco
Combo pack, wat bestaan uit ’n blikkie Coopers
Ultramatic Fly Killer en ’n Ultramatic Eco-toediener,
na 49711 en staan ’n kans om die Combo pack
ter waarde van R425 te wen!
Sluitingsdatum: 31 Desember 2019.
Baie geluk aan Michael van Niekerk van Kenhardt en
Brenda Dandy van Groblershoop, die gelukkige wenners van
Yara lekaanvullings wat in die vorige uitgawe te wen was.
Reëls
Werknemers van die KLK-groep mag nie aan die kompetisie deelneem
nie • Slegs een inskrywing per persoon • Die wenner sal telefonies in
kennis gestel word en in die volgende KLK Gesprek bekendgemaak word
• Die prys sal na die naaste KLK-handels tak gestuur word en kan daar
afgehaal word • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
Vir die mees doeltreffende beheer kan al vier metodes saam
toegepas word.
Ruimtespuite word dikwels as die mees effektiewe metode van
vliegbeheer beskou. Vlieë word aan die produk blootgestel terwyl
hulle in vlug is, dus word die produk vinniger geabsorbeer. Dit skep
ook ’n afweringseffek om nuwe vlieë uit die behandelde area te hou.
Coopers Ultramatic Fly Killer is met natuurlike bestanddele
geformuleer (wat dit veilig maak vir gebruik in kombuise, ensovoorts)
en word met die Coopers Eco-toediener toegedien om eweredige
verspreiding te verseker. Een kannetjie kan ’n maand lank tot 180 m 3
behandel met behulp van die toediener.
Oppervlakbespuiting: ’n Langer periode van beheer wat basiese
toerusting (soos ’n sproeibottel en handskoene) vereis, kan hoogs
effektiewe resultate lewer. Die produk word gemeng met water en liggies
op die areas waar vlieë rus of slaap, gespuit. Dit sluit plekke soos
vensters, dakwaaiers en asblikke in. Coopers Ultrakill Benatbare
Poeier kom in ’n gerieflike 5 g- wateroplosbare sakkie, wat in ’n
spuitbottel met 1 liter water aangemaak word. Die oplosbare sakkie
verhoed menslike kontak met die insekdoder. D-Fend of Multicare
Home word ook aanbeveel.
Lokaas: Hierdie metode behels óf ’n bron van voedsel óf ’n hormoonlokmiddel
wat die vlieg na die insekdoder lok. Coopers Ultrakill
Vlieglokaas maak gebruik van beide metodes in een produk.
Lokvalle: Alhoewel dit soms beskou word as morsig, het lokvalle
steeds ’n plek. Dis ’n opstel-en-vergeet-metode en lewer goeie resultate.
Flyzone Disposables is maklik om op te stel en kan eenvoudig na
gebruik weggegooi word. As jy vertroud is met die produk, kan jy spaar
deur die herbruikbare eenhede te koop.
Moenie toelaat dat vlieë jou somer bederf nie. Kry die beste beheer
en die beste resultate by KLK.
is ’n nuusblad wat vier keer
per jaar namens KLK deur
saamgestel en uitgegee word.
NAMENS KLK LANDBOU BPK
Jorine Viviers *
054 337 6202 • jorine@klk.co.za
* Vir navrae oor die verspreiding van
, of adreswysigings,
kontak vir Jorine Viviers.
Jou vennoot in landbou
REDAKSIE
Jadine van Heerden
018 468 2716
Johan Smit
018 468 2716
BLADUITLEG EN DRUK
Infoworks
(uitlegkunstenaar: Joritha Hechter)
018 468 2716
your ideas can fly
8 Omgewingsake
Drawwertjies sweef lig oor die veld
IS DIT NIE wonderlik as jou naam die idee van voortdurende
beweging gee nie? Die drawwertjies is so ’n voëlfamilie. As jy in die
dorre weste ’n klein, kiewietagtige voëltjie sien weghardloop wat lyk
asof dit sonder bene oor die grond sweef, kan jy maar weet dit is ’n
drawwertjie. Die voëltjie se dun beentjies beweeg so vinnig dat hulle
byna onsigbaar is.
Strandlopers of waadvoëls – langbeen, grondlewend – is ’n groot
familie wat wêreldwyd voorkom. Daar is nagenoeg 250 soorte
waarvan 80 in suidelike Afrika gevind kan word. Baie soorte bly by
water en gebruik hulle lang bene om in vlak water te “waad” om
so hulle kos te vind. Daar is egter ook strandlopers wat glad nie by
water hou nie. Die drawwertjies is een so ’n groep.
Drawwertjies herinner aan kleinerige kiewiete. Hulle is egter nie
kiewiete nie en daar is verskille, veral ook in gedrag. Kiewiete is
dikwels luidrugtig en aggressief, veral wanneer hulle vlieg. Hulle
pas maklik by mense aan en is algemeen op gholfbane en in ander
oop ruimtes in stede en op dorpe, soos sportvelde en groot parke.
Drawwertjies daarenteen is skugter en onopsigtelik. Hulle word
selde gehoor en vermy mense en dus ook dorpe en stede.
Dié voëltjies ontleen hulle volksnaam aan hul vinnige, amper swewende
beweging oor die grond, veral wanneer hulle van gevaar weghardloop.
Hulle is klein, grondlewende voëls wat net drie tone na vore het en nie
soos feitlik alle ander voëls, ook ’n vierde toon wat na agter wys nie.
Hulle pootjies word slegs gebruik om op die grond te hardloop en sal
niks kan vasgryp nie.
Die artikel is geskryf deur Francois van der Merwe,
’n natuurliefhebber van Calvinia. Vir meer inligting,
stuur ’n e-pos na
– hulle hoofvoedingsbron. Hulle is veral lief vir termiete, wat natuurlik
ook hou van areas met ’n kort grasbedekking.
Drawwertjies broei op die grond en wend geen poging aan om
’n nes of selfs ’n holte om hulle eiers in te lê, te vorm nie. Die
dubbelbanddrawwertjie lê ’n enkele eier op ’n slag. Daar is goeie
langtermynoorlewingsredes hiervoor. So kan hulle vinniger begin
broei kort na ’n reënbui, wanneer daar beter omstandighede
verwag word. ’n Meereierbroeisel sou langer neem om in die wyfie
te vorm. Aangesien die eier amper ’n maand neem om uit te broei,
moet daar gou gespring word na die reën om betyds die voordele
daarvan, byvoorbeeld verhoogde insektelewe, te benut. Wanneer ’n
enkeleier verlore gaan as gevolg van grondlewende roofdiere, sal
die verlies in terme van ouerinsette kleiner as vir byvoorbeeld twee
of drie eiers wees. ’n Nuwe broeipoging in plek van die verlore eier
kan ook vinniger geloods word. Dit mag ook die rede wees waarom
daar geen tyd verspil word met die bou van enige nes nie en die eier
sommer op die kaal grond gelê word.
Hierdie is interessante en ongewone voëls – wanneer jy weer in die
veld is, wees op die uitkyk na dié kleinerige, kiewietagtige voëltjies
wat vinnig en sonder enige lawaai van jou wegbeweeg.
Daar kom twee soorte drawwertjies in die droë, westelike dele van
Suid-Afrika voor. Die bloukopdrawwertjie is egter skaars en swerf wyd
op soek na gunstige omstandighede. Dié soort is ’n gesogte vonds
vir voëlkykers, omdat dit behalwe vir ’n klein stukkie van suidelike
Angola, net in suidelike Afrika aangetref word en dus feitlik endemies
tot die gebied is. Ons verstaan nog nie wat die bewegings van hierdie
voëltjie bepaal nie en hulle kan soms vir ’n lang tydperk heeltemal
verdwyn uit areas waar hulle voorheen opgemerk is. Daar is selfs
vrese dat hulle getalle besig is om af te neem.
Soos die naam aandui, het die bloukopdrawwertjie ’n grysblou kop
of eintlik agterkuif, wat dien as visuele uitkenning of kontaksein vir
maats wanneer die voëltjie vinnig wegbeweeg van gevaar – amper
soos die regop stertjies van stokstertmeerkatte of vlakvarke.
Die dubbelbanddrawwertjie is meer algemeen en is trouens die enigste
drawwertjie waarvan die voorkoms met ’n mate van sekerheid voorspel
kan word. Alhoewel hulle ook rondswerf, lyk dit of hulle langer of selfs
semipermanent in ’n geskikte habitat mag bly. Dít is oor die algemeen
droog en kaal – hulle kan selfs ’n voorkeur hê vir uitgetrapte dele
waar die plantegroei feitlik ontbreek of baie kort is. So ’n tipe habitat
laat hulle toe om vyande van ver af te sien en vinnig en betyds weg te
hardloop – hulle gewone ontsnappingsmetode eerder as om te vlieg.
Sulke kaal grond is egter ook minder produktief wat betref insektelewe
Die dubbelbanddrawwertjie se kenmerkende bande om die nek kan duidelik opgemerk word.
’n Gesogte vonds vir voëlkykers – die bloukopdrawwertjie op kamera vasgevang.