15.04.2020 Views

NOODGIDS VIR JOU FINANSIES TYDENS COVID-19

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Noodgids vir jou finansies

tydens COVID-19

04/2020


04/2020

Beste Leser

Ek deel graag ‘n paar wenke aan u in hierdie moeilike tye.

Let dat die gids geensins advies is of gemik is om advies

te wees ingevolge die FAIS wet of enige ander wet nie, dit

is bloot vir informasie. Ek sal jou aanmoedig om my, of

jou gemagtigde finansiële adviseur te kontak indien jy

hulp of meer inligting benodig. Ek hoop dat die leesstof

jou gerus kan stel in die moeilike tyd.


04/2020

Persoonlike Finansies

Die benadering en bestuur van jou finansies gaan in die volgende paar maande deurslaggewend

wees. Indien die verkeerde besluite geneem word, kan dit jou diep in die skuld laat beland wat jou

jare gaan neem om terug te betaal.

1. Begroting: Meer as ooit tevore is dit nou

die tyd om te begroot! Afhangende van hoe

ernstig COVID- 19 jou inkomste beïnvloed en

nog gaan raak, kan jy begin om luukshede en

onnodige uitgawes te sny. Baie mense het nie

‘n idee hoe hulle geld spandeer word nie.

Werk deur vorige maande se bankstate en kyk

waaraan spandeer jy geld en besluit waar geld

meer effektief gebruik kan word. Ons lewe in

‘n era van onmiddellike bevrediging;

finansiële dissipline is egter die hoeksteen van

suksesvolle finansiële bestuur.

2. Noodfonds: `n Goeie praktyk wenk is om ongeveer 6 maande se salaris in ‘n noodfonds te

hou. Juis gemik op ‘n tyd soos diè, het jy dan gemoedsrus van geld om jou ‘n paar maande te dra.

Jou noodfonds moet verkieslik likied en vinnig bekombaar wees, bv. ‘n spaarrekening of

kollektiewe belegging (‘unit trust’) omdat jy dit dalk vining nodig het wanneer jy ‘n band verloor

of noodvoorraad moet aankoop. In ‘n kollektiewe belegging is die geld vinnig beskikbaar, maar

nie te maklik om oorhaastige besluite te finansier nie. ‘n Vaste deposito kan dalk net te vas wees.

(Noodwenk: Die brandstofgeld ens. wat jy in ‘lockdown’ spaar, kan jy hier belê indien jy dit later

weer nodig kry.)

3. Skuldbestuur: Nou is ‘n goeie tyd om jou skuld na te gaan en seker te maak wat die rentekoers

is op bv. kredietkaart, huisverband, motorlening en klererekening. Daarmee saam stel vas wat jou

kredietlimiet is op elke rekening. Indien jy moet skuld maak, sorg dat dit verkieslik teen ‘n laer

rentekoers is. (Noodwenk: Jy kan dalk van jou skuld konsolideer teen ‘n laer rentekoers. Let op -

baie banke gee nou ‘n beperkte periode waar persone sekere van hulle terugbetalings kan vries

a.g.v. COVID- 19.)

4. Mediese Fonds: Hierdie is waarskynlik die eerste behoefte waraan jy dink, as daar ‘n

lewensgevaarlike virus in die omtrek is. Die goeie nuus is dat die ‘Council of Medical Schemes’

alle mediese fondse verplig om sekere minimum voordele te verskaf vir persone wat positief toets

vir COVID-19 - hetsy jy op die goedkoopste of duurste plan van ‘n fonds is. Dit gee gemoedsrus

om te weet dat jou mediese fonds uitgawes dek wat baie duur kan wees. Nie net tydens die

pandemie nie, maar ook vir enige mediese noodgevalle.


04/2020

Versekeringspolisse

Indien jy lewenspolisse het, is die volgende afdeling iets om jou geheue te verfris. Indien jy nie het

nie, is dié ‘n goeie wegspring plek om te sien wat jy benodig.

1. Begrafnispolis: So wie dink jy gaan vir jou of een van jou nabye familie se begrafnis betaal?

Begrafnisdekking betaal gewoonlik baie vinnig uit. Dit is noodsaaklik om deur addisionele

begrafnisdekking kontantvloei vir die gesin te skep, totdat ander lewenspolisse uitbetaal indien daar

nie genoeg ander likiede fondse beskikbaar is nie. (Noodwenk: Sekere instansies en

versekeringsprodukte het ‘n periode en moontlike kondisies wat nie gedek word nie.)

2. Persoonlike Lewensversekering: Hier moet jy hoofsaaklik voorsiening maak vir uitstaande

skuld, voorsiening vir jou afhanklikes wat oorbly en vir boedelkostes/ boedellikiditeit. Skuld sluit

die uitstaande bedrag op jou huisverband, motor, kredietkaartskuld en rekeninge in. Voorsiening

vir afhanklikes – gaan maak die som – hoeveel het jou gesin nodig per maand om hulle uitgawes te

dek en vir hoe lank? Skool, studies, kos en ander uitgawes styg elke jaar. Maak voorsiening vir

eksekuteursfooie, boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting. Meeste van die groot versekeraars sal

uitbetaal indien jy tot sterwe sou kom weens COVID-19. Maak egter seker indien jy by ‘n

onbekende instansie verseker is. (Noodwenk: Die manier hoe jy jou lewenspolis/se struktureer kan

die lewe baie makliker maak vir jou afhanklikes, eksekuteur en skuldeisers.)

3. Kritiekesiektedekking: `n Ander belangrike komponent van jou beplanning. Die voordeel

maak voorsiening vir die uitgawes weens kritieke siektes bv. hartaanval, kanker en beroertes. Let

wel – dié gaan jou nie noodwendig uitbetaal as jy COVID-19 opdoen nie, maar wel vir ander

ernstige gesondheidskomplikasies wat mag voortspruit uit die virus. (Noodwenk: Die statistieke

toon dat mense hiér die waarskynlikste is om te eis. By die diagnose van ‘n kritiekesiekte het jy

reeds ‘n eis.)

4. Inkomstebeskermer: Die versekering van jou verdienvermoë in tye van siekte, tydelike

inkorting of ongeskiktheid. Hierdie is sekerlik die versekering wat jy wens jy het of bitter dankbaar

is jy het in die tyd van COVID-19. Die rede is omdat jy jou inkomste kan eis indien jy weens

gesondheidsredes nie kan werk vir ‘n tydperk nie. Indien jy COVID-19 opgedoen het en jou

wagperiode wat jy gekies het verby is, dan voorsien die versekering jou van inkomste. (Noodwenk:

In geval van permanente ongeskiktheid betaal die voordele tot by aftree-ouderdom en styg jaarliks

met inflasie. NB – Min werkgewers sal jou langer finansieel kan ondersteun as die verpligte

siekteverlof periode.)

5. Ongeskiktheidsversekering: Hierdie versekering word soms oorgesien omdat mense dink

dis nie belangrik nie. Die versekering betaal `n lompsom bedrag uit indien jy ongeskik raak en

permanent geaffekteer is. Niemand weet wat is die langtermyngevolge van COVID-19 nie en of

daar moontlike langtermyngevolge is nie. Dit is gewoonlik wys om ten minste die waarde van jou

skuld en/of kapitaaluitgawes wat jy nog sal wil aangaan te dek. Uit ‘n tegniese oogpunt, kry ‘n

persoon beter en swakker tipes ongeskiktheidsversekering wat wissel van fisiese ongeskiktheid wat

betaal vir dit wat kort, tot omvattende ongeskiktheid wat beide eie beroepsongeskiktheid en

funksionele inkorting dek. (Noodwenk: Veral jonger persone moet nie die aspek onderskat nie.

Indien jy bv. in ‘n ongeluk verlam word, is jy die res van jou lewe hiervan afhanklik.)


04/2020

6. Besigheidsversekering: In die Covid-19 tyd is besigheidsversekering bitter nodig vir

besigheidseienaars en vennote om die kontinuïteit van hulle besigheid te verseker.

Besigheidsversekering sluit in:

• Skulddekking waarvoor jy borg geteken het vir die besigheid.

• Sleutelpersoonversekering - elke besigheid het persone wat steunpilare is wat tot groot

verliese kan ly as iets met hulle gebeur.

• Beskerming van leningsrekeninge - min besighede het fondse beskikbaar om

leningsrekening by die dood van die houer terug te betaal.

• Koop-en-verkoop-dekking – Hierdie gee vir vennote fondse om die besigheid by die

oorlede vennoot uit te koop en verseker dat die gesin van die persoon wat dood of

ongeskik raak, finansieel vergoed word vir sy/haar aandeel in die besigheid.

Dink jouself die skok in as jou gade en kinders na jou afsterwe ingelig word dat hul niks erf nie en

die gesinshuis verkoop moet word a.g.v. ‘n besigheidslening waarvoor borg geteken is en dit die

persoonlike boedel beïnvloed. (Noodwenk: Die een stel jy nie uit nie, want dit kan te laat wees.

Besigheidsdekking kan lewensversekering, ongeskiktheid en kritieke siekte voordele insluit.)

7. Korttermynversekering (versekering van eiendom en besittings): Alhoewel jy rustig in die

tyd by die huis is en nie rond ry nie, beteken dit nie dat ongelukke nie kan gebeur nie. Iemand kan

die stoof aan vergeet of moeder natuur besluit om hael te stuur! (Noodwenk: Gaan in die tyd jou

korttermynversekering se skedule na en maak seker alles is reg. Dalk het jy vergeet om laasjaar se

kersgeskenk te verseker?)

Dit is te duur, hoe nou gemaak?

Meeste groot lewensversekeraars het `n premie reddingsplan vir COVID-19. Ek raai

jou nie sommer aan om blindelings vir dit aansoek te doen en hier te sny met onkoste

nie. Baie van die reddingsplanne verlaag of vries sekere voordele in ‘n tyd wat die

wêreld oortrek is met ‘n pandemie.

NB – Dit is altyd beter om voordele te verlaag en of aan te pas as om dit net te

kanselleer.


04/2020

Beleggings

Beleggings is sekerlik waar almal die effek van COVID-19 voel. Aangesien die gebied daagliks

verander en dit byna onmoontlik is om elke nuusbrokkie en kommentaar te volg, raak ek hier net

die bestuur van jou beleggings in die krisistyd aan.

1. Beleggings: Hetsy kollektiewe belegginngs of aandele is almal se beleggings geaffekteer.

Tensy jy ‘n beleggingsguru is wat wag met kontant op ‘n tyd soos diè om jou meestersplan in

werking te stel, is dit dalk nie wys om nou haastige en emosionele besluite te neem nie. Ons is nou

in ‘n tydperk van volatiliteit en dit is wys om eers vas te byt tot die pandemie verby is en die stof

gaan lê. Na elke vorige wêreldkrisis het die markte weer herstel, maar as jou begroting in die knyp

is kan jy hier jou bydraes stop. Raadpleeg eerstens jou finasiële adviseur voor jy van jou beleggings

onttrek. Indien jy moet onttrek, neem eers die

fondse met die laagste risiko en minste

markblootstelling. Hierdie is ‘n uistekende

beleggingsgeleentheid aangesien daar baie

goeie maatskappye teen baie goedkoop pryse

beskikbaar is. ‘n Persoon weet egter nie

wanneer dinge gaan draai nie. As gevolg van

die volatiliteit stel ons voor dat geld oor ‘n

periode in jou belegging infaseer word.

2. Uittree-Annuïteit (RA): Standpunte in bogenoemde (nr.1) gemaak geld ook hier. Hier kan

jy bitter min doen ten opsigte van jou annuïteit, aangesien fondse eers op aftree-ouderdom

beskikbaar is. Jonger beleggers met ‘n lang beleggingstermyn kan hierdie volatiliteit deurstaan.

Ouer beleggers nader aan aftrede moet onthou dat jou lewensverwagting nogsteeds redelik lank kan

wees. Jou aandele blootstelling kan behou word met aftrede deur fondse na ‘n lewende annuïteit te

skuif wat jou in staat gaan kan stel om in die mark te bly en om jou verliese te herwin. Hier soos

met ander beleggings kan jy jou bydrae stop indien jou kontantvloei in die knyp is. Baie produkte

het premievakansies beskikbaar. Let wel - daar kan penalisasies op van die ouer

versekeringsprodukte wees indien jy net eenvoudig jou premie verminder of stop. Vra eers ‘n

wysigingskwotasie.

3. Belastingvrye spaarplan (‘Tax free savings’): Hier moet jy versigtig wees om oorhaastig

geld te onttrek! Weens die wet op dié beleggings, verminder geld wat onttrek word jou lewenslange

limiet van R500 000 en kan dit nie teruggesit word nie. Alhoewel ‘n belastingvrye spaarplan likied

is, is dit nie ‘n noodfonds nie.

(Noodwenk: Maak baie goed seker van die reëls voor jy in die produk belê. NB – Indien jy meer

as een so ‘n produk het, maak seker dat jy nie meer as die toegelate jaarlikse bydrae maak nie

aangesien jy teen 40% belas gaan word op dit wat jy meer insit.)

Indien iets jou laat wonder het, kontak ons gerus. Veilig wees!!!


Geskryf deur:

04/2020

Thomas de Jager

BIuris, LLB, PG Dip Financial Planning

Adviseur (Onder Supervisie)

en

Frans Odendaal Jnr

B.Com, PG Dip Financial Planning, Advanced PG Dip Financial Planning

Frans Odendaal Makelaars BK is n gemagtigde finansiële dienste verskaffer.

FSP 9407

Kopiereg voorbehou.

* * *

Kontak ons gerus om u portefeulje te hersien:

Frans Odendaal Sr.

Finansiële Adviseur

082 893 7984

Frans Odendaal Jr.

CERTIFIED FINANCIAL PLANNER®

082 929 6299

frans@fransodendaal.co.za

Thomas De Jager

Finansiële Adviseur

073 250 7487

thomas@fransodendaal.co.za

KANTOOR – 017 647 3126

www.fransodendaal.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!