Nuusblad van
KLK Landbou Bpk
Vol 37 • Maart 2021
KLK
Gesprek
Slenkdalkoors – die realiteit van milde reën
MENSE IN DORRE dele van Suid-Afrika kon die afgelope
paar weke nie hulle opgewondenheid beteuel nie na mildelike reën
in groot dele van die land uitgesak het. Dié wydverspreide, tydelike
oppervlaktewater hou egter ’n gevaar in.
Wanneer groot volumes staande water voorkom, is die moontlikheid
groot dat Slenkdalkoors kan uitbreek. Hierdie dodelike virus
word deur die Aedes- en Culex-muskietspesies na mense en diere
oorgedra en hoe meer water daar is, hoe meer muskieteiers sal
uitbroei, wat die kanse vir ’n uitbreking dramaties verhoog.
Daar is ook ’n neiging dat Slenkdalkoors ná ’n droogte van vyf tot
tien jaar voorkom. Groot dele van die Noord-Kaap en Vrystaat is
dus ideale potensiële episentrums. Nog ’n faktor is dat muskiete
wat draers van die virus is, maklik van gebiede buite Suid-Afrika
tydens gunstige klimaatstoestande suidwaarts kan versprei.
Slenkdalkoors kom hoofsaaklik in Afrika en die Arabiese Skiereiland
voor en einde verlede jaar het die siekte ná groot reëns in
verskeie lande in Noord-Afrika uitgebreek.
In November is Kenia getref. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie
(WGO) het 21 mense Slenkdalkoors opgedoen en nege van
hulle is dood. Al die slagoffers was veeboere tussen 13 en 70 jaar
oud. Tussen 13 September en 1 Oktober is 25 mense in Mauritanië
dood. In Oktober is 1 962 gevalle
in Soedan aangemeld, waarvan
79 mense gesterf het.
Berig: Maroela Media
Wanneer mense aan besmette diere of vleis vat of die ongepasteuriseerde
melk van besmette diere drink, kan hulle die siekte
opdoen. Veeartse, boere, veewagters, plaaswerkers asook slagpale
en slaghuiswerkers is veral kwesbaar.
Slenkdalkoors het ’n sterftekoers van 0,5% tot 5% en as dit met
dié van COVID-19, wat tans 2% is, vergelyk word, word die impak
daarvan besef. Simptome sluit spierpyn, kouekoors, vomering,
bloederige urine, donker stoelgang, ligsensitiwiteit, swak sig, rugpyn,
gewrigspyn, hoofpyn en koors in. Blindheid, neurologiese komplikasies
en lewerskade kan permanente gevolge wees. Honde en katte
kan ook die virus opdoen as hulle die vleis van besmette diere eet.
Die beroep op produsente uit die geledere van landbou-orga nisasies
is duidelik en ondubbelsinnig: Ent jou diere nou in.
Die Nasionale Dieregesondheidsforum (NAHF), Nasionale Wolkwekersvereniging
(NWKV), Melkprodusente-organisasie (MPO),
Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) en die Departement van
Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (DALRRD)
het almal in hul onlangse kommunikasie met boere ’n beroep op
die sektor gedoen om vee dringend in te ent.
Wolprodusente sal boonop ernstige ekonomiese skade ly as
Slenkdalkoors sou uitbreek, want enige uitbreking sal veroorsaak
dat woluitvoere na China van die distriksmunisipaliteit waar die
uitbreking voorgekom het, vir 92 dae verbied word. Dit geld ook
vir wol wat reeds geskeer en ten tye van die uitbreking op die plaas
gestoor was.
Produsente moenie wag vir die eerste geval voordat hulle begin
inent nie. Sodra die siekte kop uitsteek, kan kontak met die diere
en inentings wat inderhaas gedoen word, dit vinniger laat ver sprei.
Mense wat
met aangetaste en dooie diere werk, kan hulself beskerm
deur handskoene en gesigsmaskers te dra.
Vir mense is daar nog nie ’n entstof teen Slenkdalkoors beskikbaar
nie, maar daar is positiewe verwikkelinge. Die Wageningen-univer-
siteit in Nederland werk tans saam met Ceva-dieregesondheid en
BunyaVax om ’n doeltreffender entstof vir dragtige diere te ontwik-
kel. Dieselfde tegnologie word ingespan om ’n entstof vir mense te
ontwikkel. Die eerste kliniese toetse word later vanjaar gedoen.
bl3
bl8
Wees aanlyn bedrog
’n tree voor
Aasvoëls wydswerwend
en kwesbaar
bl5
2 Aan die woord... KLK Gesprek
Lesse van 2020
Uit die
Raadsaal
Stephen van Huyssteen
Besturende Direkteur: KLK
Markoorsig: Januarie 2021
Phillip Naude
Bestuurder: KLK Vleis
Marksake
DIE FINANSIËLE JAAR eindigend Februarie 2021,
was aanvanklik onseker, later uitdagend, maar tog baie
opwindend en uiters kosbaar indien ons nadink oor
wat KLK in 2020/2021 geleer het.
Nog nooit voorheen was likiditeit in die landbou sektor
só onder druk en finansieringsbronne vir die Land
Bank, landboubesighede en produsente só beperk
nie. Die Land Bank se swak beheeromgewing en powere
verslagdoening asook sy onvermoë om kontant
te genereer en verpligtinge na te kom om sodoende
volhoubaar voort te bestaan, is bevestig met die
Ouditeur-generaal se versoek vir groter oorsig oor
die bank se sake en die weerhouding van ’n mening.
Landbou het ’n funksionele Land Bank baie nodig.
Kontantvloei vir ’n besigheid is soos bloed vir die liggaam
– dit moet sirkuleer/vloei vir voortbestaan.
KLK kon gedurende 2020/2021 – en nog steeds as
gevolg van die droogte – baie lae slaggetalle vir die
abattoirs werf. Brandstofvolumes is 10% tot 15% laer
en die motorhandel beleef ’n moeilike jaar wat verkoopte
eenhede betref. SA Dorper (Huide en Velle) kon
gedurende April tot Junie 2020 nie verwerkte produkte
uitvoer nie en is ook nadelig geraak deur die laer
getal dorpervelle wat die laer slagtings in die abattoirs
weerspieël. Die KLK Bestuur het egter kalm gebly en
gefokus op die nou, die oomblik, die dag asook nuwe
geleenthede. ’n Oorevaluasie van die redes en uitda -
gings is nie gedoen nie, maar daar is wel op deursig ti -
ge en tydige wyse realistiese doelwitte en uitkomste
gestel. Die impak van die pandemie is nie gebruik om
regstellings aan struktuur of besigheidseenhede te maak
nie en die omstandighede is ook nie gebruik om KLK se
struktuur, koste of bemanning te herposisioneer nie.
Die maatskappy het aan die begin van die pandemie
’n sterk en gesonde balansstaat en kontantposisie
gehad met uitstekende korporatiewe bestuur, beheer
en ’n kontrole-omgewing wat verskerp is om doelbewus
hierdie posisie te beskerm en verder te versterk.
KLK het risiko’s bestuur en kostestrukture wat reeds op
’n uiters mededingende vlak was, is verder aangepas.
Geen salarisverhogings is toegestaan nie en die personeel
het hul totale samewerking en ondersteuning
gegee. Die minimum afleggings is gedoen en deursigtige,
eerlike en gereelde kommunikasie het vertroue
en rustigheid geskep sodat KLK-personeel kon fokus
op hul dagtake.
Billike optrede en empatie vir omstandighede van
produsente, kliënte en personeel het die neem van
moeilike besluite soveel sinvoller en makliker gemaak.
KLK se besigheidsmodel en -samestelling is robuus en
het as buffer gedien teen die skokke van die pandemie
en die droogte.
Die lesse wat 2020/2021 KLK geleer het, is waardevol
vir die toekoms en gee baie vertroue in die maatskappy
se vermoë om gedurende uiters uitdagende omstandighede,
uitstekend te presteer ten opsigte van die
drie pilare van volhoubaarheid, naamlik ekonomiese,
sosiale en omgewingspraktyke.
Die jaar was goed vir KLK en die lesse waardevol.
NA DIE FEESSEISOEN het die
pryse van lam weekliks ’n daling
getoon. Pryse van C-graad-skaap het
egter konstant gebly. Stoorlammers
het ’n daling getoon in die middelste
deel van Januarie.
Die aanbod in ons produksiegebied
is egter op die laagste vlakke ooit en
pryse het teen die einde van Januarie
’n oplewing getoon. Beespryse vir
die periode het baie konstant gebly;
so ook die prys van speenkalwers,
met ’n styging in die laaste gedeelte
van Januarie. Die vooruitsig is dat die
aanbod van lammers sal verhoog teen
Maart. Die goeie reën in ’n groot gedeelte
van ons produksiegebied is wyd
ver wel kom. Die pryse van aanteeldiere
het die hoogte ingeskiet as gevolg
van gunstige land boutoestande en die
vooruitsig van nog goeie reënval in
Februarie, Maart en April.
Beesvleismarktendense
Beesvleis het nasionaal verhandel
teen R50,59/kg vir klas A en
Pitkos vir
die siel...
God het jou lief
“God het die wêreld so liefgehad
dat Hy sy enigste Seun gegee het,
sodat die wat in Hom glo nie verlore
sal gaan nie, maar die ewige
lewe sal hê.” (Johannes 3:16)
TOE DIE DUITSE teoloog, Karl Barth,
80 jaar oud geword het, het ’n groep
joernaliste hom in ’n onderhoud gevra
of hy al die boeke wat hy geskryf het,
in een sin kan opsom. Hy het geantwoord:
“Dit is maklik. Dit klink so:
‘Jesus min my, salig lot! Dit weet ek uit
die Woord van God.’”
Miskien voel jy ook in hierdie
vreemde tyd waarin ons leef dat
God vir jou ver en vreemd is.
R45,11/kg vir klas C soos ge rapporteer
deur die RPO/Absa-prys rapporteringstelsel.
Die gemiddelde
nasionale speenkalfprys vir Januarie
was R38,35/kg lewendige gewig en het
verstewig tot R39,06/kg lewendi ge
gewig soos op 28 Januarie 2021.
Skaapvleismarktendense
Skaapvleis het nasionaal verhandel
teen R81,99/kg vir klas A2/A3-lamsvleis
en die gemiddelde prys op
C2/C3-skaapvleis was R65,28/kg.
Die gemiddelde prys van stoorlammers
was R39,21/kg lewendige
massa. As gevolg van die lae
aan bod behoort pryse vir Februarie
op dieselfde vlak ke te bly. Indien
die aanbod baie verhoog, sal dit ’n
afwaartse effek op lam- en skaappryse
hê. Ekonomiese druk as gevolg
van COVID-19 is die bepalende
faktor in die prysbewe gings van veral
lam- en skaapvleis, wat die duurste
rooivleiskommo diteit is.
Floris Lategan
Dat jy bid en nie antwoorde op
jou gebede kry nie. Dat jy selfs jou
vertroue in God verloor het.
Hoor die volgende baie mooi. As jy ’n
kind van God is, is daar een ding wat
niemand ooit van jou kan wegneem
nie: die feit dat God jou oneindig
liefhet. So lief dat Hy gewillig was
om sy enigste Seun in jou plek te laat
sterf om dit te waarborg.
Al is tye vir jou moeilik, al voel jy
radeloos en hopeloos, kan jy nog
steeds vashou aan hierdie lewenslyn:
God het jou lief. En omdat Hy jou so
liefhet, wil Hy sy vreugde en vrede in
jou lewe gee.
Verstaan aanlyn bedrog
en kuberveiligheid
MEER AS OOIT tevore vereis moderne e-posbeveiliging
innoverende vernuwing en ’n verskuiwing van ingesteldheid. Internet-
of aanlyn bedrog neem verskeie vorms aan waar misdadigers
vinnig van taktiek verander om opsporing te verhoed en hul
identiteit te vermom. Aanlyn rowers maak staat op telebemarking,
e-posse of stel hulself persoonlik aan niksvermoedende verbruikers
voor.
Die ewolusie van internetbemarking en die gemak van inligtingverkryging
skep toenemend lokvalgeleenthede waar niksvermoedende
gebruikers geteiken word met “te goed om waar te
wees”-skemas.
Roan Pretorius, IT-bestuurder by KLK, sê dit is belangrik dat al die
maatskappy se internetgebruikers ingelig word om maklik te kan
agterkom wanneer hulle aan bedrogskemas blootgestel word.
Statistiek van die afgelope 24 maande toon ’n astronomiese
toename in aanlyn bedrog, veral met die styging in eksterne konneksies
na ondernemings wat deur die COVID-pandemie op die
integrale inligtingstegnologielandskap afgedwing is (sien grafiek).
KLK-personeel kan moontlik blootgestel word aan aanlyn bedrog
en kubermisdaad in die volgende gevalle:
• Versuim om aan beleid en prosedures te voldoen.
• Wanneer voldoende interne kontroles nie geskep is nie.
• Indien dinamiese risiko’s, bedreigings en kwesbaarhede nie
gereeld geïdentifiseer word nie.
Hoe kan KLK en sy gebruikers altyd ’n tree voor die aanlyn rowers
bly om werknemers en klante veilig te hou?
• Hierdie saak moet ’n gereelde onderwerp van bespreking by
personeel wees. Werknemers kan mekaar bewus maak van
risiko’s en mekaar help om meer bedag op moontlike gevalle te
wees, en sodoende sal bestuur ondersteun word deur ’n ver e-
nigde en kundige span om nuwe en opkomende bedreigings te
identifiseer. Deur beleid, prosedures en ander beheermaat reëls
na te kom, kan besigheidsmodelle beter belyn word.
• Sake-eenhede en inligtingstegnologie gebruik nakomingsmetodologieë
om beleid te formuleer en op te stel, maar die sukses
daarvan is afhanklik van samewerking met kundige personeel.
KLK kan ondersteun word om risiko’s te verminder deur deursigtigheid,
aanspreeklikheid en etiese gedrag in ons ondernemingskultuur
te inkorporeer.
Kubermisdaad
Bedrog met finansiële state
Omkopery en korrupsie
Klantebedrog
0 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50
%
Maart 2021
KLK HET OP 4 Januarie vanjaar sy nuut aangestelde
IT-bestuurder welkom geheet. eet.
Roan Pretorius is ’n boorling van Lichtenburg
in Noordwes en het voorheen by
’n landboumaatskappy in dié
dorp gewerk.
Hy beoog om ’n meer korporatiewe
bestuurstyl te implementeer, er, re l e-
vant te wees en ook by te bly met
tegnologiese ontwikkelings om
KLK op die bes moontlike manier
te bedien.
“Die skuif na Upington was ’n
aanpassing, maar ons geniet ons
nuwe omgewing terdeë.” Een van
Roan se beweegredes om die pos
te aanvaar, was juis om hul driejarige
dogter, Lunette, in ’n plattelandse
atmosfeer te kan grootmaak.
Roan is reeds die afgelope e ses jaar met
Hananja getroud en in sy vrye tyd doen
hy houtwerk en jag graag.
Maatskappynuus
Groot planne vir KLK Credit
ONDER DIE SAMBREEL van Agri Credit Solutions,
geniet kliënte in die KLK-bedieningsgebied nou ’n groter reeks
unieke en aanpasbare finansieringsprodukte as deel van die
KLK Credit-aanbieding.
Vonnie Haarhoff (bestuurder: Agri Finansiering in die KLK-bedieningsgebied)
is sedert 1 Desember verlede jaar op sy pos in die
KLK-hoofkantoor in Upington.
Hy is ’n gebore Klerksdorper wat aan Hoërskool Lichtenburg
gematrikuleer en daarna BSc Diereproduksie aan die Universiteit
van die Vrystaat studeer het.
Deur die jare het Vonnie by verskeie verwante bedrywe gewerk
– die laaste ses jaar aan die insetkant by Hinterland en ook by
Senwes Credit.
Vonnie is besonder opgewonde en optimisties oor die nuwe
uitdaging. “Met dié dat die droogte in die oostelike
deel van die provinsie gebreek is, begin pro dusente
weer hul kuddes opbou en daar kan ons
help.” Hy beoog ook om na die oestyd sy voelers
na die rosynebedryf uit te steek.
Hy en sy vrou, Hermie, is die trotse ouers van
twee seuns – vanjaar onderskeidelik in graad
4 en graad 6 aan Laerskool Oranje-Noord.
Hermie het ook voorheen by Senwes
gewerk, maar is tans tuisteskepper.
Vonnie is lief vir tuinmaak en as daar
tyd is, speel hy graag ’n potjie gholf.
Nuwe IT-bestuurder
nou aan boord
3
SA 2020 SA 2019 Wêreldwyd
Aanlyn bedrog in Suid-Afrika die afgelope 24 maande.
Jou Vennoot Betroubaar Innoverend
4 Maatskappynuus KLK Gesprek
Is die reënseisoen verby?
VANAF DESEMBER 2020, maar
ver al gedurende Januarie 2021, het baie
goeie en selfs swaar neerslae oor groot
gedeeltes van die land, insluitende die
Noord-Kaap, voorgekom. Daar is egter nog
gedeeltes in Suid-Afrika – veral in die Noorden
Oos-Kaap – waar baie min reën geval het.
Met die matige tot sterk La Niña-verskynsel
wat tans heers, was die verwagting dat veral
die westelike binneland meer reën behoort te
kry as wat die geval tot op hede was, alhoewel
daar kol-kol goeie neerslae voorgekom
het. Opvolgreën in gebiede wat wel reën
gekry het, het in baie gevalle ontbreek, wat
veroorsaak het dat veldherstel nog nie werklik
kon plaasvind na die langdurige droogte nie.
La Niña-verskynsels word gewoonlik
geassosieer met bogemiddelde reënval
vanaf Desember tot April oor die somerreënvalgebied.
As daar na die laaste
klompie La Niña-seisoene gekyk word, het
byna al hierdie seisoene vanaf Januarie
tot April in ten minste twee maande bogemiddelde
reënval gekry. Alhoewel die
meeste reën in Januarie en Februarie
voorgekom het, was daar ook jare waar
Januarie en Februarie minder reën gekry
het en dit in Maart eers goed gereën het. ’n
Voorbeeld is in 1975 toe Upington meer as
145 mm in Maart gekry het en 100 mm
in Askham gemeet is. Ook in Maart 2011 is
111 mm in Askham gemeet. In Pofadder het
daar in Maart 1976 meer as 80 mm voorgekom
en in laat Februarie en Maart 2000
meer as 100 mm.
As in ag geneem word dat die verwagte
begin van die reënseisoen ook later was
as wat aanvanklik voorspel is en dat dit
eers teen die einde van Desember oor die
westelike dele begin reën het, lyk dit baie
waarskynlik dat nog reën in Maart en selfs
April gaan voorkom. Temperature sal dan
ook laer wees. Dit sal die effektiwiteit van
die reënval verbeter, wat voordelig vir die
groei en herstel van weiding is.
Daar moet ook oor ’n langer periode na
reënval gekyk word. In suidelike Afrika,
maar veral in die westelike dele van die
land, is daar lang periodes van droogte en
ook periodes van agtereenvolgende jare
met goeie reënval. Hierdie “siklusse” word
dikwels geassosieer met die voorkoms van
La Niña-episodes, soos die geval in 1974
tot 1976. Alhoewel die huidige La Niñaverskynsel
besig is om te verswak en teen
Meimaand in ’n neutrale fase gaan wees,
wys voorspellings dat daar moontlik ’n nuwe
La Niña-ontwikkeling gaan wees vanaf die
Johan van den Berg
Onafhanklike landbouweerkundige
lente van 2021 tot die herfs van 2022.
Daarmee saam lyk dit ook asof die Indiese
Oseaan redelik gunstig gaan bly vir reën in
die komende seisoen. As daar geografies
na die reënvalpatroon in die afgelope drie
of vier jaar gekyk word, is dit duidelik dat
die band van somerreënval vanaf oos na
wes begin migreer het om die droogte op
te hef, nadat die hele land omtrent droog
was in 2016. Tans is dit net die westelike
en suidwestelike dele van die Noord-Kaap
asook gedeeltes van die Oos-Kaap waar
die droogte nog heers. Reën behoort in
die volgende jaar of twee nog wes- en
suidwaarts uit te brei voor die volgende
droë siklus.
Opsommend
Alhoewel daar nog nie aan die verwagtinge
van reënval in al die dele van die land en
veral in die Noord-Kaap voldoen is volgens
La Niña-voorspellings nie, bly daar nog twee
maande van die reënseisoen oor. La Niña se
effek kan dus nog deurwerk en reën in Maart
en selfs later tot gevolg hê. Verder lyk dit ook
positief vir die volgende somerseisoen met ’n
moontlik volgende La Niña.
KLK-aandele
VANAF 1 TOT 30 November 2020 het ’n totaal van
50 000 KLK-aandele verhandel teen R19,00 per aandeel,
met 1 koper en 11 verkopers.
Geen aandele het gedurende Desember 2020 verhandel nie.
2 786 aandele het gedurende Januarie 2021 verhandel teen
R18,50 per aandeel, met 1 koper en 11 verkopers.
Prys per aandeel (sent)
1 900
1 800
1 700
1 600
1 500
1 400
1 300
1 200
1 100
1 000
900
800
700
600
500
1 900
50 000
1 850
2 786
November 2020 Desember 2020 Januarie 2021
Maand
Volume verhandel (’000) Prys per aandeel (sent)
64 000
32 000
16 000
8 000
4 000
2 000
1 000
500
Volume verhandel (’000)
Maart 2021
Maatskappynuus
5
Kleuterskoolprojek bied hoop
Kerk én
ondernemings
saam in rioolkrisis
SAKEONDERNEMINGS IN
Van Zylsrus sit met die hande in die hare as
gevolg van die rioolnetwerk wat oorloop
weens wanbestuur in die Joe Morolongmunisipaliteit.
Die dorp het geen riooluitvalwerke of ’n suigvoertuig
beskikbaar nie en ’n kontrakteur
van Kuruman vra ’n aardige bedrag om na
Van Zylsrus te ry.
KLK LANDBOU IS betrokke by verskeie
sosialeverantwoordelikheidsprojekte
in sy bedieningsgebied. Die nuutste projek
is twee kleuterskole in Khoisan Valley in
Upington, genaamd Little Wonders en
Sunny Birds. Daar is onderskeidelik 36 en
23 kinders tussen die ouderdom van nege
maande en vyf jaar wat dié skooltjies bywoon.
Christel Strauss is die dryfveer agter die
vestiging van die twee skooltjies – en van
nog 22 ander in die groter Upington se
dorpsgebied en omgewing, waar ’n totaal
van 980 kinders versorg en ontwikkel
word. Sy was vir 24 jaar ’n onderwyseres
by die Fanie Malan-laerskool in Upington
voordat sy betrokke geraak het by kleuterskole
in die breër gemeenskap. Sy het
die bekende Leer en Leef-kursus in Ceres
bygewoon en haar kennis in die gemeenskappe
van meestal informele woongebiede
begin terugploeg.
Die kleuterskole word deur skenkings
van plaaslike besighede asook individue
gefinansier. Opleiding word aan vrouens
uit die gemeenskap verskaf om volgens ’n
gestruktureerde program na die kinders
om te sien. Christel se missie is om die
vrouens as onderwysers en versorgers op
te lei ten einde hulle toe te rus met die
nod i ge vaardighede, kennis en hulpbronne
om kinders ’n voorsprong en goeie
grondslag in die vroeë kinderjare te gee.
Die personeel by al die sentra het ’n
ongelooflike passie en deernis vir die
kindertjies en daar word met groot liefde
na hulle omgesien. Die meeste van die
vrouens het egter geen opleiding rakende
vroeëkinderontwikkkeling nie en het ook
geen leerprogram waarvolgens hulle werk
nie. Die sentra was eintlik net ’n dagsorg
waar die kinders opgepas is, maar funksioneer
nou as skooltjies met ’n volledige
leerprogram wat elke dag gevolg word.
Van die skooltjies bestaan slegs uit ’n
sinkgeboutjie met sementvloere sonder
matte en daar is ook geen tafels en
stoeltjies om by te werk nie.
Tans word ontbyt en middagete by vier
van die sentra voorsien, maar hul fondse
is uiters beperk. Sommige maande kan
die ouers nie eens die fooi, wat wissel van
R150 tot R250, betaal nie. Dit het weer
tot gevolg dat die assistente nie vergoed
kan word nie. Een ‘juffrou’ kan nie die
kinders, wat wissel van babas tot kleuters,
alleen sinvol onderrig nie.
Die volhoubaarheid van die projek is
vir Christel van kardinale belang. Elke
sentrum het ’n inventaris wat gereeld gekontroleer
word en tydens haar besoeke
aan die skool word die skool geëvalueer
volgens Leer en Leef se kriteria.
Verskeie leer- en hulpmiddels word uit afval
produkte gemaak om koste te bespaar.
Baie mense en ook restaurante help met die
versameling van leë plastiekhouers, proppe
en bottels. As een van hul projekte gaan
die plaaslike vereniging vir gestremdes,
APD Upington, haar help met die maak
van leerapparaat uit die afvalprodukte.
Borgskappe in dié verband vir die aan koop
van verf, gom, ensovoorts om die apparaat
te kan maak, word verwelkom.
Sy het ook die ondersteuning van JAM
(Joint Aid Management) wat voedsel skenk
vir die voeding van die kinders. Baie van
hulle kry nie die vereiste voeding tuis vir die
gesonde groei van hul liggaampies nie.
Christel is onlangs deur haar dogter vir
’n kompetisie deur MenaCal7 ingeskryf.
Die “Woman to the bone”-kompetisie vier
prominente vroue wat teruggee aan die
samelewing en hul gemeenskap. Uit meer
as 300 inskrywings het die Leer en Leefprojek
onder die eerste drie geëindig!
Nelson Mandela het gesê: "There can be
no keener revelation of a society's soul
than the way in which it treats its children."
Ons wens Christel alle voorspoed toe en
is dankbaar dat ons by KLK in die posisie
is om hierdie uiters belangrike werk finansieel
te kan ondersteun.
Jou Vennoot Betroubaar Innoverend
NG Kerk Van Zylsrus het die leiding ge neem
om ’n suigwa en pomp aan te skaf om die
kerk en pastorie se riool te suig. Ander
ondernemings in die dorp, waaronder KLK,
het hulle by dié inisiatief aangesluit.
KLK het finansieel bygedra om ’n pomp te
koop wat op die wa gemonteer sal word om
’n langtermynoplossing vir hierdie netelige
probleem te bied. Dit sal sakeondernemings
in die dorp help om onafhanklik van munisipale
dienste te wees.
es.
Die pomp word eersdaags
op die suigwa gemonteer
om verligting in die
riool krisis in Van Zylsrus
te bied.
KLK Nuusbrokkie
KLK se webblad is ’n ryk bron van inligting
– in Afrikaans en Engels – waarop onder
meer die volgende te kry is:
• Inligting oor veeveilings
• Vleispryse – weekliks
• Aandeleverhandelings
• Finansiële resultate
• Vakatures
• Produkte en dienste
Benewens die KLK-webblad – www.klk.co.za
– is inligting ook beskikbaar op:
• Facebook onder KLK Landbou Beperk
• Instagram onder klklandbou
• Twitter onder Tweets by @KLK Landbou
6 Aktueel
KLK Gesprek
KYK UIT VIR DIÉ KOMMUNIKASIEFOUTE
Cobus Booysen
Bestuurder: Menslike Hulpbronne
DIT MAAK NIE saak hoe oulik en
talentvol jy is of hoeveel kennis en ondervinding
jy het nie, kommunikasiefoute kan
mense se siening van jou verander. Swak
kommunikasievaardighede kan jou verhinder
om jou volle potensiaal te bereik. Hier
volg nege algemene kommunikasiefoute
wat mense maak:
Jou emosies bepaal wat jy sê
Wanneer jy op jou emosies reageer, sê jy
soms impulsiewe goed wat nie getrou aan
jou waardes en oortuigings is nie. Jy kan nie
jou emosies in totaliteit onderdruk nie, maar
met ’n bietjie oefening en doelgerigte bewustheid
kan jy jouself stadiger laat reageer.
Die basis van emosionele intelligensie is jou
vermoë om jou emosies te erken, te verstaan
en te bestuur, eerder as om dit teen te werk.
Onsekere taalgebruik
Klein veranderings in hoe jy iets sê, kan
jou help om effektief te kommunikeer.
Tussenwerpsels soos “ja, ja”, “hmm” of “ek
hoor jou” kan vertolk word as onsekerheid
aan jou kant.
Jy praat te veel
Wanneer dit kom by die verwerking van
inligting, het mense deesdae toegang tot baie
meer daarvan as wat hulle wil hê of benodig.
Jy kan mense se aandag net behou indien jy
elke woord laat tel. Mense verloor baie gou
belangstelling indien jy te veel te sê het.
Jy praat te min
Ons luister deurlopend na ons eie gedagtes.
Onthou egter ander mense het nie toegang
daartoe nie. Daar kom maklik ’n gaping
tussen wat jou bedoeling is en dit wat jy sê.
Somtyds sê jy weer te min omdat jy nie die
moed het om dit te sê nie of omdat jy nie ’n
verhouding verder wil laat seerkry nie.
Jy dink jy het dit alreeds gesê
’n Studie wat by die Stanford-universiteit in
die VSA gedoen is, het bevind mense oorskat
maklik hoe goed ander hulle verstaan. Volledige
kommunikasie wat effektief oorgedra
word, is noodsaaklik. Die manier waarop
mense reageer deur hulle lyftaal, vrae en
opmerkings, gee ’n goeie aandui ding van
hoe duidelik jou boodskap ontvang is – en
of dit enigsins oorgedra is.
Geen konneksie op ’n
persoonlike vlak nie
Goeie kommunikasie is altyd ’n tweerigtingaksie.
Om vanaf ’n papier voor te lees, sny
gewoonlik jou gehoor totaal af. Dit wat jy
te sê het, moet saak maak, anders gaan
mense nie na jou luister nie.
Probeer te hard om te oortuig
Mense is van nature reaktief en slaan maklik
toe indien jy hulle in die spervuur sit met
kritiese opmerkings en opinies. Jy is baie
beter af indien jy sleutelgedagtes, interessante
stories en voorbeelde met mense deel,
in plaas daarvan om jou gehoor te los om
self die prentjie te voltooi.
Die verkeerde stemtoon
Wanneer jy vrae antwoord of praat tydens ’n
onderhoud, is dit belangrik om te wys hoe
passievol jy is oor die tipe werk wat jy gaan
doen. Wanneer jy ’n lesing aanbied, is dit
belangrik dat jou gehoor jou entoesiasme
vir die onderwerp beleef. Jou stemtoon in
normale kommunikasie bepaal die sukses
van wat jy wil bereik.
’n Swak einde
Mense gee aandag aan hoe jy ’n gesprek
eindig. Hulle onthou jou finale woorde
meestal baie beter as ander gedeeltes.
Probeer om iets te sê wat onthou kan word.
Of dit nou ’n persoonlike een-op-een is of
’n dramatiese laaste storie – laat dit tel.
Vanaf insig tot aksie
Weet jy watse kommunikasiefoute jy maak?
Gebruik hierdie lys om jouself te evalueer
wanneer jy in gesprek is met iemand of
wanneer jy ’n e-pos skryf. Sien elke fout as
’n uitdaging en nie as ’n mislukking nie en
poog om die foute wat jy wel maak, oor tyd
uit te skakel.
Nuwe energie-enjin staan uit
DIE SPLINTERNUWE RENAULT TRIBER bied ’n perfekte balans tussen prestasie
en brandstofverbruik. Toegerus met moderne tegnologie, soos die dubbele VVT-stelsel,
tesame met goeie brand stofdoeltreffendheid en lae instandhoudingskoste, is die nuwe
energie-enjin ideaal vir Suid-Afrika.
Deeglik ontwerp
om gemak te bied, beskik dit oor afgekoelde pakplek
in die middelkonsole en die beste passasierskajuitruimte in sy klas. Dis
beskikbaar in
’n sub-4 m-motor en bied ongeëwenaarde ruimte in alle
rye met skuif-en-platslaan-sitplekke in die tweede ry. Dit bied ook
beste-in-sy-klas-bagasieruimte van 625 liter (in Life Mode) en tot
31 liter se opbergruimte binne.
Visualiseer die splinternuwe Renault Triber en speel rond met
die vyf tot sewe sitplekmodusse. Nou beskikbaar by Gordonia
Motors
in Upington.
Maart 2021
Aktueel
7
Beste produkte vir ’n lekkende dak
DIE MILDE REËNS na ’n lang, droë tydperk in die Noord-Kaap
het menige huiseienaar met ’n dilemma gelaat – ’n lekkende dak.
Dié probleem kan maklik reggestel word met die groot
verskeidenheid seëlprodukte beskikbaar by KLK-handelstakke.
WEN!
Een gelukkige KLK Gesprek-leser het die geleentheid om
’n Duram/Dulux-geskenkbewys van R500 te wen
deur die volgende vraag korrek te beantwoord: Noem ’n
besondere kenmerk van Dulux Rainshield? Stuur jou
antwoord per SMS na 49711, per e-pos na Jorine Viviers
by jorine@klk.co.za of per WhatsApp na 054 337 6200.
Sluitingsdatum: 30 April 2021.
Duram se produkte speel vinnig in vyf stappe klaar met ’n
lekkende sinkdak.
1. Maak die oppervlak waar die probleem is, met ’n lap
en water of hoëdrukspuit skoon.
2. Verf ’n laag Duram Flexikote of Rainkote oor die probleem area
en die dele daar rondom.
3. Sit die Duram Duramesh-lap op die geverfde oppervlak.
Lees die aanwysings deeglik en laat droog word.
4. Verf dan nog ’n laag Duram Flexikote of Rainkote oor
die Duramesh.
5. Laat behoorlik droog word en herhaal hierdie stap nog
twee maal vir ’n lekvrye sinkdak.
Dulux bied ook vele opsies vir die selfdoen-entoesias.
Die voorbereiding van die dak is besonder belangrik.
Alle vorige produkte, mos, alge of roes moet eers behoorlik met
’n hoëdrukspuit verwyder word voor die probleem getakel kan word.
Reëls
Werknemers van die KLK-groep mag
nie aan die kompetisie deelneem nie.
• Slegs een inskrywing per persoon.
• Die wenner sal telefonies in kennis
gestel word en in die volgende KLK
Gesprek bekendgemaak word. • Die
prys sal na die naaste KLK-handels tak
gestuur word en kan daar afgehaal
word. • Die prys kan nie vir kontant
omgeruil word nie.
Die gelukkige wenner in die
Orbit-wedstryd d is Jerrica Jolene
Linden van Upington (links).
Hier ontvang sy haar prys
van Jorine Viviers (KLK).
Pre-Paint Expanding Foam van Dulux kan gebruik word om gapings
te vul. Daarna word die gepaste onderlaag, afhangend van die
daktipe, aangewend.
Daar is twee keuses: Dulux Waterproofing, wat ’n lap-en-papoplossing
is of Dulux Rainshield, wat vesels bevat om die gebruik
van lap uit te skakel en wat ook na aanwending mooier vertoon.
Albei dié produkte weerstaan weersomstandighede goed en hoef nie
oorgeverf te word nie.
Vir meer inligting, skakel vir Thiaan Smit by 082 942 0012 (Duram)
of Anell van Wyk by 082 767 0934 (Dulux).
is ’n nuusblad wat vier keer
per jaar namens KLK deur
saamgestel en uitgegee word.
NAMENS KLK LANDBOU BPK
Jorine Viviers *
054 337 6202 • jorine@klk.co.za
* Vir navrae oor die verspreiding van
, of adreswysigings,
kontak vir Jorine Viviers.
REDAKSIE
Jadine van Heerden
018 468 2716
Johan Smit
018 468 2716
Jou Vennoot Betroubaar Innoverend
BLADUITLEG EN DRUK
Infoworks
(uitlegkunstenaar: Joritha Hechter)
018 468 2716
your ideas can fly
8 Omgewingsake
Kwesbare aasvoëls swerf wyd
AASVRETENDE DIERE WORD dikwels nie hoog deur die
mens geag nie. Die gedagte om te lewe van verrottende karkasse is
grillerig. Min mense beskou ook hiënas en aasvoëls as “mooi”. Kan
dit wees dat wat jy doen ook kan bepaal hoe jou voorkoms beoordeel
word? Vir aasvoëls het hierdie “dubbele” negatief ongelukkige gevolge.
Die artikel is geskryf deur Francois van der Merwe,
’n natuurliefhebber van Calvinia. Vir meer inligting,
stuur ’n e-pos na
aasvoëlveilige sones (AVS) waar veelvuldige grondeienaars hulle
verbind om oor ’n wye gebied alle aktiwiteite wat aasvoëls bedreig,
in te perk. Die eerste AVS is juis in 2019 in die Noord-Kaap by die
Tswalu-natuurreservaat gevestig. Die skep van aasvoëlrestaurante waar
voeding verskaf word, is ook gewild.
Daar kom ses aasvretende aasvoëls in Suid-Afrika voor. Twee is
kranslewend, insluitende die majestueuse lammergeier van die
Drakens- en Malutiberge. Daar is maar net 200 tot 250 van hulle
oor nadat getalle met 80% of meer afgeneem het. Gelukkig kom
hulle darem ook elders in die wêreld voor, maar die prentjie lyk
oral donker.
Swart- en witrugaasvoëls noord van Loeriesfontein waar hulle aan ’n donkiekarkas gevreet het.
(foto geneem met lokval-kamera op die plaas Erfdeel).
Aasvoëls is vandag die mees bedreigde voëlfamilie in die wêreld.
Van die 15 aasvretende spesies wat in Europa, Afrika en Asië
voorkom, word agt as kritiek bedreig beskou en ses as bedreig
of naby bedreig. In bewaringsterminologie beteken kritiek bedreig
net een stap bo uitsterwing. Vir baie soorte is ’n bevolkingsafname
van 90% en meer oor die afgelope paar dekades aangemeld.
Van soorte wat voorheen honderde duisende getel het, is daar
nou slegs enkele duisende of selfs net honderde oor.
Die redes is veelvuldig. Vergiftiging by karkasse wat met gif
bestrooi is om ander roofdiere te dood, is een groot rede. Terwyl die
gifstrooier miskien ’n enkele roofdier of hoogstens ’n familiegroep
in die visier gehad het, word tientalle en soms selfs honderde
aasvoëls gedood wanneer hulle in groot getalle op die karkas
toesak. Wildstropers dood aasvoëls glo doelbewus só om te verhoed
dat die voëls se teenwoordigheid in die lug wetstoepassers
lei na waar ’n olifant of renoster gestroop is. In Suid-Afrika is die
gebruik van gif om enige dier of voël te dood natuurlik onwettig.
Verder word aasvoëls vergiftig wanneer hulle stukkies lood van
jagammunisie insluk. Duisende is ook dood weens die inname van
anti-inflammatoriese veeartsenykundige middels soos diklofenak k
wat by beeste gebruik word. Wanneer aasvoëls karkasse vreet et
van beeste wat voorheen hiermee ingespuit is, ontwikkel die voëls
ernstige nierversaking en vrek. Die middel is wyd in Suidoos-Asië
gebruik en het aasvoëlbevolkings feitlik totaal uitgewis voordat die
gebruik gestop is. Soortgelyke middels word steeds elders gebruik
waar aasvoëls voorkom en hou ’n hoë risiko in.
Aasvoëls word doodgeskok op hoëspanningskragdade wanneer
hulle daarop gaan sit om te rus en ook as hulle teen kragdrade vas
vlieg. Hulle verdrink soms in sementplaasdamme wanneer hulle
probeer bad of water drink en sukkel om genoeg kos te kry. In dele
van Suid-Afrika word aasvoëls boonop gedood om liggaamsdele le te
oes vir gebruik in geloofsgebaseerde genesingstegnieke.
Die Kaapse kransaasvoël broei in kolonies op kranse in die Potberg
by Bredasdorp, in van die Oos-Kaapse berge en rivierklowe en
dan verder noord – insluitend in die Magaliesberge in Gauteng in
’n unieke, amper stedelike, kolonie. Die Kaapse kransaasvoël is
endemies en sy klein totale wêreldbevolking van sowat 9 000 is dus
’n bron van groot kommer.
Die vier bosveldaasvoëls wat in bome broei, vaar nie beter nie. Die
swart-, witrug-, witkop- en monnikaasvoëls word almal ernstig bedreig
en ’n vyfde spesie, die Egiptiese aasvoël, het reeds in Suid-Afrika
uitgesterf. Die eerste drie soorte broei in klein getalle in die Noord-Kaap,
veral in die Kgalagadi. Daar is ook ’n unieke witrugaasvoël-broeibevol -
king by Kimberley. Aasvoëls swerf wyd op soek na kos en dit maak
hulle juis kwesbaar omdat dit so moeilik is om hulle gerieflik in beskerm
de gebiede te bewaar. Tans is daar ’n groot groep niebroeiende
aasvoëls ver suid van hulle gewone blyplek in die omge wing van
Brandvlei. Meer hieroor in ’n volgende bydrae.
Witrugaasvoëls geniet die son
in ’n droë boom.
Die skaars maar baie mooi
witkopaasvoël wat ook in die
Kalahari voorkom.
Het ons aasvoëls nodig? Vir natuurliefhebbers en die wat die langrikheid van maksimum biodiversiteit verstaan en nastreef, is die
antwoord ongetwyfeld ja. Saam met ander aasvretende diere speel
aasvoëls ’n noodsaaklike rol om die natuur “skoon” en siektevry
be-
te hou. Dieselfde geld vir areas waar daar met vee geboer word,
soos baie dele van Afrika en in suid-Europa. Aasvoëls verdien om
bewaar te word. Maar hoe kan dit gedoen word en kan hulle nog
gered word? ’n Bespreking hiervan is genoeg materiaal vir nog ’n
artikel en moet dalk wag. ’n Onlangse verwikkeling is die skep van