17.12.2021 Views

KLK Gesprek

Vol 40 - Desember 2021

Vol 40 - Desember 2021

SHOW MORE
SHOW LESS
  • No tags were found...

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4 Omgewingsake KLK Gesprek

La Niña weer op pad

DIE LANGTERMYN- GEMID-

DELDE reënval vir die Noord-Kaap is

die laagste van al die provinsies in Suid-

Afrika met ’n jaarlikse gemiddelde reënval

van ongeveer 230 mm.

Dit varieer tussen so 420 mm in die ooste

tot minder as 100 mm in die Richtersveld

en omliggende gedeeltes. Ongelukkig

beteken ’n lae reënval ook baie groot wisselvalligheid

van reënval.

Een van die belangrikste faktore wat die

wisselvalligheid van reënval oor Suidelike

Afrika (veral die westelike dele van

Suid-Afrika) veroorsaak, is die sogenaamde

ENSO-verskynsel, met die twee

komponente van El Niño en La Niña. In

omtrent 50% van seisoene (1 Julie tot

30 Junie) kom nie een van die twee voor

nie en is die see-oppervlaktemperature in

die sentrale Stille Oseaan baie naby aan

die langtermyn- gemiddelde temperatuur

(ENSO-neutrale seisoene). Dit is omtrent

net in sterk La Niña-seisoene (koeler water

in die sentrale Stille Oseaan) dat die verre

westelike dele van die land bogemiddelde

reënval kry. Tydens El Niño-seisoene en in

die meeste ENSO-neutrale seisoene kom

swakker reënvaltoestande voor. Die oorwig

van seisoene is dus redelik droog, maar in

ongeveer 25% tot 30% van seisoene (sterk

La Niña-verskynsels) kom ver bogemiddelde

reënval voor, veral in die periode

vanaf Desember tot Maart. Gedurende

die sterk La Niña van 1973/1974 het die

Noord-Kaap ongeveer 506 mm (220%)

gekry en in 1975/1976 ongeveer 477 mm

(207%) – meer as dubbel die langtermyngemiddeld.

In 2020/2021 het die matige

La Niña-verskynsel reeds vroeg in Februarie

begin verswak met gevolglike swak reënvaltoestande

in die suidwestelike dele.

Daar was vanaf Julie vanjaar aanduidings

van die ontwikkeling van ’n swakkerige

La Niña-verskynsel. Vanaf begin Oktober

het die voorspelde intensiteit egter versterk

en word ’n matige La Niña verwag, soortgelyk

of effens sterker as in 2020/2021.

Johan van den Berg

Onafhanklike landbouweerkundige

Dit lyk egter asof die draaipunt nie weer

in begin Desember bereik gaan word nie,

maar eers rondom Januarie, wat positief is

vir reënval.

Die reënvalvooruitskouing vir die somer van

2021/2022 gee ’n goeie kans vir gemiddelde

tot bogemiddelde reënval oor ten

minste die sentrale tot oostelike dele van

die Noord-Kaap. Dit bly steeds onseker oor

die westelike en suidwestelike dele, maar

die vooruitsig dat die draaipunt van La Niña

eers in Januarie bereik gaan word, maak

die kanse groter vir reënval in dié dele.

Dit is egter nie goeie nuus vir die druiween

rosyntjieprodusente nie, aangesien reën

alreeds in November en Desember kan

begin voorkom. Vir veeprodusente lyk die

vooruitsigte egter redelik goed, behalwe

in die suidwestelike dele waar daar nog

heelwat onsekerheid is.

Alles hier vir

woef, kiets en maters

HET JY ’N hond, hamster, kat, konyn of kanarie? Dan is die nuwe KLK Pet

World in Kathu ’n plek wat jy moet besoek.

Pet World het op 1 Junie in Rietbokstraat geopen en is ’n ware

paradys vir troeteldiereienaars. Benewens kos vir honde (Optimizer

en Montego), katte, konyne, visse asook wilde en kouvoëls, is daar ’n

uitgebreide reeks medisyne vir troeteldiere en perde. Die tak hou verder

troeteldierversorgingsprodukte, hokke, leibande, kosbakke en veel meer aan.

Enigiets wat nie in voorraad is nie, sal die bekwame span graag bestel. “Ons

sal daarna soek tot ons dit vir die klant in die hande kry,” sê Gerhard Smit,

bestuurder van Build it en Pet World.

Klante wat Pet World reeds besoek het, is besonder beïndruk, vertel Gerhard.

Die winkel is weeksdae van 7:30 tot 17:00 en Saterdae van 8:00 tot 13:00 oop

om inwoners van Kathu en omliggende dorpe met raad en daad by te staan.

E-afval nou wêreldwyd

’n groot probleem!

DIE 14DE OKTOBER was Internasionale E-afval

dag – en blootstelling vir hierdie probleem is baie

nodig. E-afval is die af valprobleem wat wêreldwyd die

vinnigste groei: Volgens die Verenigde Nasies sal elke

persoon op die planeet teen einde 2021 gemiddeld

7,6 kg e-afval produseer, wat beteken dat 57,4 miljoen

ton wêreldwyd gegenereer sal word.

KLK het ’n oplossing vir jou e-afvalverwydering in die

Noord-Kaap, gegewe die talle skadelike gevolge wat

verband hou met die onbehoorlike behandeling en

verwydering van e-afval.

E-afval se potensieel giftige of skadelike komponente,

wat dit ’n uiters gevaarlike afval maak, beïnvloed die

gesondheid van mense, luggehalte, die omgewing,

watergehalte sowel as gronddrakrag en -potensiaal.

Die KLK-inisiatief is al ’n paar jaar besig om e-afval

op die regte manier te verwyder, maar ons moet almal

ons deel doen om ’n volhoubare toekoms te skep.

KLK bied unieke groen asblikke by alle handelstakke

sowel as vulstasies en ’n groot houer vir die wegdoen

van e-afval by die Upington-handelstak.

Doen vandag jou deel! Kontak gerus vir Roan of Pierre

vir meer inligting by 054 337 6200.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!