17.07.2026 Views

Die Handelinge van die Apostels_

Hewig is die stryd tussen die magte van goed en kwaad ... “Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu.” Tot aan die einde van die tyd sal daar konflik tussen die kerk van God en diegene wat onder die invloed van bose engele is heers. Die vroeë Christene is dikwels geroep om die magte van die duisternis van aangesig tot aangesig te ontmoet. Deur drogredenasies en vervolging het die vyand gepoog om hulle van die ware geloof te keer. In hierdie teenswoordige tyd, wanneer die einde van alle aardse dinge spoedig nader kom, wend die Satan wanhopige pogings aan om die wêreld te verstrik. Hy belê baie planne om mense se aandag van die waarhede wat noodsaaklik vir redding is af te trek. In elke stad is sy agente besig om diegene wat teen die wet van God gekant is, in groepe te verenig. Die aartsverleier is aan die werk om elemente van verwarring en opstand in te voer en die mensdom word deur ‘n ywer wat nie met kennis gepaard gaan nie, aangevuur. Goddeloosheid bereik ‘n hoogtepunt wat nooit voorheen geken is nie...

Hewig is die stryd tussen die magte van goed en kwaad ... “Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu.” Tot aan die einde van die tyd sal daar konflik tussen die kerk van God en diegene wat onder die invloed van bose engele is heers. Die vroeë Christene is dikwels geroep om die magte van die duisternis van aangesig tot aangesig te ontmoet. Deur drogredenasies en vervolging het die vyand gepoog om hulle van die ware geloof te keer. In hierdie teenswoordige tyd, wanneer die einde van alle aardse dinge spoedig nader kom, wend die Satan wanhopige pogings aan om die wêreld te verstrik. Hy belê baie planne om mense se aandag van die waarhede wat noodsaaklik vir redding is af te trek. In elke stad is sy agente besig om diegene wat teen die wet van God gekant is, in groepe te verenig. Die aartsverleier is aan die werk om elemente van verwarring en opstand in te voer en die mensdom word deur ‘n ywer wat nie met kennis gepaard gaan nie, aangevuur. Goddeloosheid bereik ‘n hoogtepunt wat nooit voorheen geken is nie...

SHOW MORE
SHOW LESS
  • No tags were found...

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.


New Covenant Publications International Ltd. Afrikaans

Kopiereg © 2020. Internasionale Publikasies van die Nuwe Verbond

Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag in enige vorm of elektronies

of meganies gereproduseer of versend word nie, insluitend fotokopie, opname of enige

inligtingstoor en herwinningsstelsel, sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word op enige

manier, meganies of elektronies, insluitende plaat- en bandopnames en fotokopiëring,

sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer nie, behalwe redelike aanhalings vir

navorsingsen resensiedoeleindes.

ISBN: 359-2-85933-609-1

ISBN: 359-2-85933-609-1

Katalogisering in Publikasiedata

Geredigeer en Ontwerp deur: Nuwe Verbond Internasionale Groep

Gedruk in die Verenigde Koninkryk.

Eerste druk 26 Mei 2020

Gepubliseer deur : Internasionale Publikasies van die Nuwe Verbond

New Covenant Publications International Ltd.,

Besoek die webwerf: www.new-covenant.co.uk


Hewig is die stryd tussen die magte van goed en kwaad in belangrike sentra waarheen

die boodskappers van die waarheid opgeroep word om te werk. Paulus sê: “Ons

worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen

die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu.” Tot aan die einde van die tyd sal

daar konflik tussen die kerk van God en diegene wat onder die invloed van bose engele

is heers. Die vroeë Christene is dikwels geroep om die magte van die duisternis van

aangesig tot aangesig te ontmoet. Deur drogredenasies en vervolging het die vyand

gepoog om hulle van die ware geloof te keer. In hierdie teenswoordige tyd, wanneer die

einde van alle aardse dinge spoedig nader kom, wend die Satan wanhopige pogings aan

om die wêreld te verstrik. Hy belê baie planne om mense se aandag van die waarhede

wat noodsaaklik vir redding is af te trek. In elke stad is sy agente besig om diegene wat

teen die wet van God gekant is, in groepe te verenig. Die aartsverleier is aan die werk

om elemente van verwarring en opstand in te voer en die mensdom word deur ‘n ywer

wat nie met kennis gepaard gaan nie, aangevuur. Goddeloosheid bereik ‘n hoogtepunt

wat nooit voorheen geken is nie...

Hoofstuk 21—In die Streke Daarbuite

Die Handelinge Van Die Apostels

Ellen G. White


Hierdie bladsy is opsetlik leeg gelaat.


New Covenant Publications

International Ltd.

Gereformeerde Boeke, Getransformeerde Gedagtes

New Covenant Publications International Ltd.,

Kemp House, 160 City Road, London, EC1V 2NX

Email: newcovenantpublicationsintl@gmail.com


Erkennings

Hierdie boek is opgedra aan die Here God.


Voorwoord

New Covenant Publications International verbind die leser weer met die goddelike

plan wat die hemel en die aarde bind en die ewigheid van die liefdeswet versterk.

Die logo, die Ark van die Verbond, verteenwoordig die intimiteit tussen Christus

Jesus en sy mense en die sentraalheid van God se wet. Soos geskrywe is: "Dit sal

die verbond wees wat Ek met die huis van Israel sal sluit, sê die Here. Ek sal my

wet in hulle binneste plaas en dit in hulle harte skrywe, en hulle sal my volk wees,

en ek sal wees hulle God. ”(Jeremia 31: 31-33; Hebreërs 8: 8-10). Die nuwe

verbond getuig inderdaad van 'n verlossing, gebore deur onvermoeide twis en met

bloed verseël.

Baie het al talle eeue verdwaalde ellende en onbegryplike onderdrukking verduur,

bereken om die waarheid te vernietig. Veral in die Donker Eeue is hierdie lig baie

verstrengel en verduister deur menslike tradisies en populêre onkunde, omdat die

inwoners van die wêreld die wysheid verag het en die verbond oortree het. Die

probleem van kompromie met toenemende euwels het so 'n plaag van

ongebreidelde ontaarding en diaboliese onmenslikheid uitgelok, dat baie lewens

onregverdig opgeoffer is en geweier het om die vryheid van gewete prys te gee.

Nietemin is 'n verlore kennis herleef, spesifiek in die tyd van die Hervorming.

Die Hervormingstydperk van die 16de eeu het 'n oomblik van waarheid,

fundamentele verandering en gevolglike onstuimigheid ontlok, soos weerspieël in

die Teen-Hervorming. Deur hierdie volume ontdek 'n mens egter die

onmiskenbare betekenis van hierdie enkele rewolusie vanuit die perspektiewe van

die Hervormers en ander moedige pioniers. Uit hul verhale kan 'n mens die

woedende gevegte, die redes onderliggend aan sulke fenomenale weerstand en

bonatuurlike ingrype verstaan.

Ons leuse: “Gereformeerde boeke, getransformeerde gedagtes,” beklemtoon die

onderskeie genre van letterkunde, gekomponeer in 'n kritieke era en die impak

daarvan. Dit weerspieël ook die dringendheid van persoonlike hervorming,

wedergeboorte en transformasie. Terwyl die Gutenberg-drukpers, tesame met die

agentskap vir vertaling, die beginsels van die gereformeerde geloof versprei het,

ongeveer 500 jaar gelede, sou die gedigitaliseerde pers en aanlynmedia in elke

laaste tyd die lig van die waarheid kommunikeer.


Die Handelinge van die Apostels

1


Die Handelinge van die Apostels

2


Die Handelinge van die Apostels

Inhoudsopgawe

Hoofstuk 1—God se Doel met Sy Kerk .............................................................................. 6

Hoofstuk 2—Die Opleiding van die Twaalf ..................................................................... 10

Hoofstuk 3—Die Groot Opdrag ........................................................................................ 14

Hoofstuk 4—Pinkster ........................................................................................................ 19

Hoofstuk 5—Die Gawe van die Gees ............................................................................... 26

Hoofstuk 6—By die Tempelpoort ..................................................................................... 32

Hoofstuk 7—’n Waarskuwing Teen Huigelary ................................................................. 40

Hoofstuk 8—Voor die Sanhedrin ...................................................................................... 44

Hoofstuk 9—Die Sewe Diakens ........................................................................................ 49

Hoofstuk 10—Die Eerste Christen Martelaar ................................................................... 55

Hoofstuk 11—Die Evangelie in Samaria .......................................................................... 58

Hoofstuk 12—Van Vervolger tot Dissipel ........................................................................ 63

Hoofstuk 13—Dae van Voorbereiding .............................................................................. 69

Hoofstuk 14—’n Soeker na Waarheid .............................................................................. 74

Hoofstuk 15—Uit die Gevangenis Verlos ......................................................................... 81

Hoofstuk 16—Die Evangelieboodskap in Antiochië ........................................................ 88

Hoofstuk 17—Verkondigers van die Evangelie ................................................................ 94

Hoofstuk 18—Prediking van die Evangelie Onder die Heidene ..................................... 100

Hoofstuk 19—Jood en Heiden ........................................................................................ 106

Hoofstuk 20—Roem in die Kruis .................................................................................... 114

Hoofstuk 21—In die Streke Daarbuite ............................................................................ 120

Hoofstuk 22—Thessalonika ............................................................................................ 126

Hoofstuk 23—Berea en Athene ....................................................................................... 132

Hoofstuk 24—Korinthe ................................................................................................... 139

Hoofstuk 25—Die Briewe aan die Thessalonicense ....................................................... 146

Hoofstuk 26—Apollos in Korinthe ................................................................................. 154

Hoofstuk 27—Éfese ........................................................................................................ 161

Hoofstuk 28—Dae van Moeite en Beproewing .............................................................. 167

Hoofstuk 28—Dae van Moeite en Beproewing* ............................................................ 171

3


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 29—’n Boodskap van Vermaning en Smeking* ............................................. 175

Hoofstuk 30—Geroep om ‘n Hoër Maatstaf te Bereik* ................................................. 181

Hoofstuk 31—Die Boodskap ter Harte Geneem* ........................................................... 189

Hoofstuk 32—’n Vrygewige Gemeente .......................................................................... 196

Hoofstuk 33—Werk Onder Moeilike Omstandighede .................................................... 202

Hoofstuk 34—’n Gewyde Bediening .............................................................................. 209

Hoofstuk 35—Verlossing vir die Jode* .......................................................................... 216

Hoofstuk 36—Afvalligheid in Galasië* .......................................................................... 222

Hoofstuk 37—Paulus se Laaste Reis na Jerusalem* ....................................................... 226

Hoofstuk 38—Paulus ‘n Gevangene* ............................................................................. 232

Hoofstuk 39—Die Verhoor in Cesárea* ......................................................................... 243

Hoofstuk 40—Paulus Beroep Hom op die Keiser* ......................................................... 248

Hoofstuk 41—“Jy Beweeg My Byna” * ......................................................................... 251

Hoofstuk 42—Reis en Skipbreuk* .................................................................................. 255

Hoofstuk 43—In Rome* ................................................................................................. 260

Hoofstuk 44—Die Keiserlike Huishouding .................................................................... 268

Hoofstuk 45—Uit Rome Geskryf* .................................................................................. 273

Hoofstuk 46—Vryheid .................................................................................................... 282

Hoofstuk 47—Die Finale Gevangeneming ..................................................................... 284

Hoofstuk 48—Paulus Voor Nero .................................................................................... 286

Hoofstuk 49—Paulus se Laaste Brief* ............................................................................ 290

Hoofstuk 50—Ter Dood Veroordeel ............................................................................... 296

Hoofstuk 51—’n Getroue Onderherder* ......................................................................... 299

Hoofstuk 52—Standvastig tot die Einde* ....................................................................... 308

Hoofstuk 53—Johannes, die Geliefde ............................................................................. 314

Hoofstuk 54—’n Getroue Getuie* .................................................................................. 318

Hoofstuk 55—Herskep deur Genade ............................................................................... 324

Hoofstuk 56—Patmos...................................................................................................... 330

Hoofstuk 57—Die Openbaring ........................................................................................ 336

Hoofstuk 58—Die Seëvierende Kerk .............................................................................. 345

4


Die Handelinge van die Apostels

5


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 1—God se Doel met Sy Kerk

Die kerk is die aangestelde werktuig van God vir die verlossing van die mensdom. Dit

is op diens ingestel en sy sending is om die evangelie aan die wêreld oor te dra. Van die

begin af was dit God se plan dat Sy volheid en Sy genoegsaamheid deur die kerk aan die

wêreld weerspieël moet word. Die lede van die kerk, diegene wat Hy uit die duisternis tot

Sy wonderbare lig geroep het, moet Sy heerlikheid verkondig. Die kerk is die bewaarplek

van die rykdom van die genade van Christus; en deur die kerk sal die laaste en volle bewyse

van die liefde van God uiteindelik aan selfs “...die owerhede en magte in die hemele...”

(Efesiërs 3:10) geopenbaar word.

Veelvuldig en wonderlik is die beloftes aangaande die kerk wat in die Skrifte

opgeteken staan. “My huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke.” (Jesaja

56:7). “Ek sal hulle en die plekke rondom my heuwel tot ‘n seën maak en die stortreën laat

val op sy tyd; stortreëns van seën sal dit wees.” “En Ek sal vir hulle plante van naam

verwek, sodat hulle nie meer deur hongersnood in die land weggeruk sal word nie en die

smaad van die nasies nie meer sal dra nie. Maar hulle sal weet dat Ek, die Here hulle God,

met hulle is en dat hulle, die huis van Israel, my volk is, spreek die Here HERE. En julle is

my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE.”

(Esegiël 34:26, 29-31).

“Julle is my getuies, spreek die Here en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan

weet en My kan glo en insien dat dit Ek is-voor My is geen God geformeer nie en na My

sal daar geeneen wees nie. Ek, Ek is die Here en daar is geen Heiland buiten My nie. Ek

het verkondig en verlos en dit laat hoor en daar was geen ander god onder julle nie; en julle

is my getuies, spreek die Here en Ek is God ... Ek, die Here, het U geroep in geregtigheid

en Ek vat U hand en behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, as ‘n lig van die nasies,

om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene

wat in die duisternis sit.” (Jesaja 43:10-12;42:6).

“In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor en in die dag van heil het Ek U gehelp;

en Ek behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om

verwoeste erfenisse te laat beërwe; om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat

in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei en op al die kaal heuwels sal

hulle weiveld wees. Hulle sal geen honger en geen dors hê nie; en die woestyngloed en die

son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na

die fonteine van water. En Ek sal al my berge tot ‘n weg maak en my grootpaaie sal opgevul

wees... ”

Jubel, o hemele en juig, aarde; en, berge, breek uit in gejubel! Want die Here het Sy

volk getroos en ontferm Hom oor Sy ellendiges. Maar Sion sê: Die Here het my verlaat en

die Here het my vergeet! Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die

6


Die Handelinge van die Apostels

seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ek jou nie vergeet nie!

Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.” (Jesaja 49:8-

16).

Die kerk is God se vesting, Sy vrystad, wat Hy in ‘n opstandige wêreld behou. Elke

verraad van die gemeente is troubreuk teenoor Hom wat die mensdom met die bloed van

Sy eniggebore Seun gekoop het. Van die begin af was getroue siele die kerk op aarde. In

elke eeu het die Here Sy wagters gehad wat getroue getuienis aan hulle geslag gelewer het.

Hierdie wagters het hulle boodskap van waarskuwing gegee; en wanneer hulle geroep was

om hul wapenrusting neer te lê, het ander die werk opgeneem. God het hierdie getuies in

‘’n verbondsverhouding met Homself verbind en het sodoende die gemeente op aarde met

die gemeente in die hemel verenig. Hy het Sy engele uitgestuur om Sy gemeente te dien en

die poorte van die hel was nie in staat om die oorhand oor Sy volk te kry nie.

Gedurende eeue van vervolging, stryd en duisternis het God Sy kerk bygestaan. Geen

wolk het dit oorval waarop Hy nie voorbereid was nie; geen enkele opponerende mag het

opgestaan om Sy werk te belemmer, wat Hy nie voorsien het nie. Alles het gebeur soos Hy

voorspel het. Hy het Sy gemeente nie in die steek gelaat nie, maar het in profetiese

verklarings beskryf wat sou gebeur; en wat Sy Heilige Gees Sy profete beweeg het om te

voorspel, is bewaarheid. Al Sy voornemens sal uitgevoer word. Sy wet is met Sy troon

verbind en geen bose mag kan dit tot niet maak nie. Die waarheid word deur God ingegee

en beskerm; en dit sal oor alle teëstand seëvier.

Tydens eeue van geestelike duisternis was die kerk van God soos ‘n stad wat op ‘n

heuwel gebou is. Eeu na eeu, van geslag tot geslag, is die suiwere leer van die hemel binne

sy grense ontvou. Swak en gebrekkig soos dit mag wees, is dit nogtans die een voorwerp

waaraan God, in ‘n besondere sin, Sy hoogste aandag skenk. Dit is die skouburg van Sy

genade waarin dit Hom behaag om Sy mag om harte te verander, te openbaar.

“Waarmee...” vra Christus, “...moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met

watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?” (Markus 4:30). Hy kon die koninkryke van

die wêreld nie as ‘n vergelyking gebruik nie. In die samelewing kon Hy niks vind waarmee

Hy dit kon vergelyk nie. Aardse koninkryke heers deur die oorheersing van fisieke krag;

maar uit die koninkryk van Christus word elke vleeslike wapen, elke dwangmiddel, verban.

Hierdie koninkryk bestaan om die mensdom op te hef en te veredel. Die kerk van God is

die hof van die heilige lewe, gevul met ‘n verskeidenheid van gawes en met die Heilige

Gees bedeel. Die lede moet hulle geluk vind in die geluk van diegene wat hulle tot hulp

kan wees en gelukkig maak.

Wonderlik is die werk wat die Here van voorneme is om deur Sy kerk te verrig sodat

Sy Naam verheerlik kan word. Hierdie werk word in Esegiël se visioen van die genesende

rivier uitgebeeld: “Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die

7


Die Handelinge van die Apostels

Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond

kan word. En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal

lewe ... En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan

die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte

dra; want die waters waar hulle aan staan-uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte

sal wees om te eet en hulle blare om te genees.” (Esegiël 47:8-12).

God het van die begin af deur Sy volk gewerk om die aarde tot seën te wees. God het

Josef ‘n fontein van die lewe vir die eertydse Egiptiese nasie gemaak. Deur Josef se

onkreukbaarheid is daardie hele volk gespaar. Deur Daniël het God die lewens van al die

wyse manne van Babel gered. En hierdie bevrydings is aanskouingslesse; hulle is ‘n

uitbeelding van die geestelike seëninge wat aan die wêreld, deur ‘n verbinding met die God

wat Josef en Daniël aanbid het, gebied word. Elkeen in wie se hart Christus woon, elkeen

wat Sy liefde aan die wêreld uitdra, werk saam met God tot seën van die mensdom. Namate

hy genade van die Heiland ontvang om aan andere uit te deel, vloei daar uit sy hele wese

‘n stroom van geestelike lewe.

God het Israel uitgekies om Sy karakter aan die mensdom te openbaar. Hy het verlang

dat hulle in die wêreld bronne van heil moes wees. Aan hulle is die hemelse uitsprake

toevertrou-die openbaring van die wil van God. In die eerste dae van Israel het die nasies

hulle kennis van God weens korrupte praktyke verloor. Hulle het Hom eenmaal geken,

maar hulle het “...Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas

geword in hul oorlegginge en hulle onverstandige hart is verduister.” (Romeine 1:21).

Nogtans het God hulle in Sy genade nie tot niet gemaak nie. Hy het Hom ten doel gestel

om hulle deur Sy uitverkore volk die geleentheid te bied om Hom opnuut te leer ken. Deur

die lesse van die offerdiens moes Christus voor al die volke verhoog word; en almal wat

na Hom sou opsien, sou leef. Christus was die grondslag van die Joodse godsdiens. Die

hele stelsel van tipes en simbole was ‘n saamgestelde profesie van die evangelie, ‘n

voorlegging waarin die beloftes van die verlossing vervat is.

Maar die volk van Israel het hulle verhewe voorregte as verteenwoordigers van God

uit die oog verloor. Hulle het God vergeet en versuim om hulle heilige opdrag te vervul.

Die seëninge wat hulle ontvang het, het geen seën aan die wêreld gebring nie. Hulle het al

hulle voorregte tot hul eie selfverheerliking aangewend. Hulle het hulle van die wêreld

afgesluit om die versoekings te ontkom. Die beperkinge wat God op die omgang met

afgodedienaars gelê het om te voorkom dat hulle aan heidense gebruike deelneem, het hulle

aangewend om ‘n skeidsmuur tussen hulle en alle ander nasies op te rig. Hulle het God van

die diens wat Hy van hulle verlang het beroof en hulle het hulle medemens van

godsdienstige leiding en ‘n heilige voorbeeld beroof.

Aangaande Israel het God verklaar: “Nogtans het Ek jou geplant as ‘n edele

wingerdstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van ‘n

8


Die Handelinge van die Apostels

vreemde wingerdstok!” (Jeremia 2:21). “Israel was ‘n weelderig uitbottende wynstok wat

sy vrug voortgebring het; hoe meer vrug hy gedra het, des te meer altare het hy gebou; hoe

beter dit met sy land gesteld was, des te beter het hy die klippilare gemaak.” (Hosea 10:1).

“Nou dan, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, oordeel tog tussen My en My

wingerd. Wat is daar meer te doen aan My wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie?

Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra en dit het wilde druiwe voortgebring?”

“Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek sal sy

doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit

vertrap word. En Ek sal dit ‘n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie,

maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.

Want die wingerd van die Here van die leërskare is die huis van Israel en die manne van

Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was

bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!” (Jesaja 5:3-7). “Julle

versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind

julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar

met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.” (Esegiël 34:4).

Die Joodse leiers het hulself te wys geag om onderrig te ontvang, te regverdig om

verlossing te benodig, te hooggeëerd om behoefte aan die eer wat van Christus kom te hê.

Die Verlosser het van hulle weggedraai om die voorregte wat hulle misbruik en die werk

wat hulle geminag het, aan ander toe te vertrou. Die heerlikheid van God moet geopenbaar

en Sy woord bevestig word. Die koninkryk van Christus moet in die wêreld opgerig word.

Die verlossing van God moet in die stede van die woestyn verkondig word; en die

dissipels is geroep om die werk te doen wat die Joodse leiers nagelaat het om te doen.

9


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 2—Die Opleiding van die Twaalf

Vir die voortsetting van Sy werk het Christus nie die geleerdheid of welsprekendheid

van die Joodse Sanhedrin of die mag van Rome gekies nie. Die Meesterwerker het die

eiegeregtige Joodse leraars oor die hoof gesien en nederige, ongeletterde manne gekies om

die waarhede wat die wêreld sou roer te verkondig. Hy het besluit om hierdie manne as die

leiers van Sy gemeente op te lei en te leer. Op hulle beurt moes hulle ander oplei en met

die evangelieboodskap uitstuur. Sodat hulle in hul werk sou slaag, sou die krag van die

Heilige Gees aan hulle gegee word. Die evangelie sou nie deur menslike krag of menslike

wysheid verkondig word nie, maar deur die krag van God.

Drie en ‘n halwe jaar lank het die dissipels onderrig van die grootste Leermeester wat

die wêreld nog ooit geken het ontvang. Deur persoonlike kontak en omgang het Christus

hulle vir Sy diens opgelei. Dag na dag het hulle met Hom gewandel en gesels, Sy

bemoedigende woorde tot die vermoeides en swaarbelastes gehoor en die openbaring van

Sy krag ten behoewe van die siekes en geteisterdes aanskou. Soms het Hy hulle geleer

terwyl Hy langs die berghelling tussen hulle gesit het; soms het Hy die verborgenhede van

die koninkryk van God aan hulle geopenbaar terwyl hulle op die strand of langs die

grootpad geloop het. Oral waar harte oop was om die Goddelike boodskap te ontvang, het

Hy die waarhede van die pad van verlossing ontvou. Hy het die dissipels nie beveel om die

een of ander te doen nie, maar net gesê: “Volg My.” Op Sy reise deur die platteland en

stede, het Hy hulle saam met Hom geneem sodat hulle kon sien hoe Hy die volk leer. Hulle

het van plek tot plek saam met Hom gereis. Hulle het saam met Hom in Sy skamele etes

gedeel en soos Hy, was hulle soms honger en dikwels moeg. In die besige strate, langs die

meer, in die eensame woestyn, was hulle by Hom. Hulle het Hom in alle fasette van die

lewe aanskou.

Dit was met die ordening van die Twaalf dat die eerste stap in die stigting van die

kerk, wat na Christus se Hemelvaart Sy werk op aarde moes voortsit, geneem is.

Aangaande hierdie ordening lui die verslag: “En Hy het op die berg geklim en na Hom

geroep die wat Hy wou hê en hulle het na Hom gekom. En Hy het twaalf aangestel, sodat

hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek.” (Markus 3:13,14).

Aanskou die ontroerende toneel. Aanskou die Majesteit van die hemel omring deur

die twaalf wat Hy uitgekies het. Hy staan op die punt om hulle vir hulle werk af te sonder.

Deur hierdie swak werktuie, deur Sy Woord en die Gees, is Hy van plan om die verlossing

binne die bereik van almal te bring.

Met blydskap en vreugdebetoon het die Vader en die ngele die toneel aanskou. Die

Vader het geweet dat die lig van die hemel uit hierdie manne sou uitstraal, dat die woorde

wat hulle as getuies vir Sy Seun sou spreek, van geslag tot geslag tot aan die einde van die

tyd sou weerklink.

10


Die Handelinge van die Apostels

Die dissipels sou as getuies van Christus uitgaan om aan die wêreld te vertel wat hulle

van Hom gesien en gehoor het. Naas die amp van Christus self was hulle amp die

belangrikste waartoe mense nog ooit geroep is. Hulle moes medewerkers van God wees tot

redding van die mensdom. Soos die twaalf aartsvaders in die Ou Testament

verteenwoordigers van Israel was, so is die twaalf apostels verteenwoordigers van die

evangeliekerk.

Tydens Sy aardse bediening het Christus die skeidsmuur tussen Jood en Heiden begin

afbreek en die verlossing aan die ganse mensdom gepreek. Hoewel Hy ‘n Jood was, het

Hy openlik met die Samaritane omgegaan en sodoende die Farisese gewoontes van die

Jode met betrekking tot hierdie veragte volk verontagsaam. Hy het in hulle huise geslaap,

aan hulle tafels geëet en in hulle strate gepreek.

Die Verlosser het daarna verlang om aan Sy dissipels die waarheid aangaande die

afbreek van die “...middelmuur van skeiding...” tussen Israel en die ander nasies te ontvoudie

waarheid dat “...die Heidene mede- erfgename is...” saam met die Jode “...en

mededeelgenote aan Sy belofte in Christus deur die evangelie...” (Efesiërs 2:14;3:6).

Hierdie waarheid is gedeeltelik geopenbaar toe Hy die geloof van die hoofman oor honderd

in Kapernaum beloon het en ook toe Hy die evangelie aan die inwoners van Sigar

verkondig het. Dit is nog duideliker tydens Sy besoek aan Fenicië geopenbaar toe Hy die

dogter van ‘n Kanaänitiese vrou genees het. Hierdie gebeure het die dissipels help verstaan

dat daar onder diegene wat deur baie as onwaardig beskou is om verlos te word, tog siele

was wat na die lig van die waarheid gehunker het.

So het Christus getrag om aan Sy dissipels die waarheid, dat daar in die koninkryk

van God geen landsgrense, geen klasse, geen adel bestaan nie, te leer; dat hulle na alle

nasies moes gaan en die boodskap van die liefde van die Heiland na hulle moes neem. Maar

hulle het eers later ten volle begryp dat God “...al die nasies van die mensdom ... uit een

bloed...” gemaak het “...om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en

die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom

miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie.” (Handelinge

17:26,27).

In hierdie eerste dissipels was merkbare diversiteit verteenwoordig. Hulle moes die

leraars van die wêreld word en het wyd uiteenlopende karaktereienskappe verteenwoordig.

Om die werk waartoe hulle geroep is met welslae voort te sit, moes hierdie manne, wie se

natuurlike aanleg en lewensgewoontes so wyd verskil het, ‘n eenheid van gevoel, denke en

optrede bereik. Christus se doel was om hierdie eenheid te bevestig. Vir hierdie doel het

Hy

gestreef om hulle in eenheid met Homself een te bring. Die las van Sy arbeid vir hulle,

word in Sy gebed tot Sy Vader uitgedruk: “Dat almal een mag wees net soos U, Vader, in

11


Die Handelinge van die Apostels

My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees ... dat die wêreld kan weet dat U My

gestuur het en hulle liefgehad het, net soos U My liefgehad het.” (Johannes 17:21,23). Sy

voortdurende gebed vir hulle was dat hulle deur die waarheid geheilig mag word; en Hy

het met volle sekerheid gebid in die wete dat die bevel van die Almagtige uitgegaan het

nog voordat die wêreld gemaak is. Hy het geweet dat die evangelie van die koninkryk tot

‘n getuienis aan alle nasies verkondig sou word; Hy het geweet dat die waarheid, deur die

almag van die Heilige Gees versterk, in die stryd teen die bose sou seëvier en dat die

bloedbevlekte banier eendag triomfantlik oor Sy volgelinge sou wapper.

Namate Christus se aardse bediening ten einde geloop en Hy besef het dat Hy Sy

dissipels binnekort sou verlaat en dat hulle die werk sonder Sy persoonlike toesig sou moes

voortsit, het Hy gepoog om hulle te bemoedig en vir die toekoms voor te berei. Hy het

hulle nie met valse hoop mislei nie. Hy het vir hulle soos ‘n oop boek gelees wat sou kom.

Hy het geweet dat Hy binnekort van hulle geskei sou word en hulle soos skape tussen

wolwe sou agterlaat. Hy het geweet dat hulle vervolging sou verduur, dat hulle uit die

sinagoges verban en in die gevangenis gewerp sou word. Hy het geweet dat sommige van

hulle sou sterf omdat hulle van Hom as die Messias sou getuig. En Hy het iets hiervan aan

hulle te kenne gegee. Aangaande hulle toekoms het Hy duidelik en onomwonde gepraat

sodat hulle Sy woorde in hul toekomstige beproewinge sou onthou en gesterk sou word om

in Hom as die Verlosser te glo.

Hy het ook woorde van hoop en bemoediging tot hulle 22 gespreek. Hy het aan hulle

gesê: “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my

Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om

vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle

na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En waar Ek heengaan, weet julle en

die weg ken julle.” (Johannes 14:1-4). Om julle ontwil het Ek in die wêreld ingekom; vir

julle het Ek gewerk. Wanneer Ek weggaan, sal Ek nog altyd met alle ywer vir julle werk.

Ek het na die aarde gekom om My aan julle te openbaar sodat julle kan glo. Ek gaan na My

Vader en julle Vader om namens julle met Hom saam te werk.

“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo-die werke wat Ek doen, sal hy

ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.” (Johannes

14:12). Christus het nie hiermee te kenne gegee dat die dissipels kragtiger pogings as

Hyself sou aanwend nie, maar dat hulle werk van groter omvang sou wees. Hy het nie net

na die verrigting van wonderwerke verwys nie, maar na alles wat deur die werking van die

Heilige Gees sou plaasvind. Hy het gesê: “As die Trooster gekom het wat Ek vir julle van

die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My

getuig. En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.” (Johannes 15:26,27).

Hierdie woorde is op ‘n wonderbaarlike wyse vervul. Na die uitstorting van die

Heilige Gees was die dissipels so vol liefde vir Hom en vir diegene vir wie Hy gesterf het,

12


Die Handelinge van die Apostels

dat harte ontroer is deur die woorde wat hulle gespreek en die gebede wat hulle gebid het.

Hulle het in die krag van die Gees gespreek; en onder die invloed van daardie krag het

duisende hulle bekeer.

As verteenwoordigers van Christus sou die apostels ‘n beslissende indruk op die

wêreld maak. Die feit dat hulle nederige manne was, sou hulle invloed nie verswak nie,

meer dit eerder versterk; want hulle toehoorders se gedagtes sou van hulle na die Heiland

gerig word, wat, hoewel onsigbaar, nog steeds met hulle saamgewerk het. Die wonderlike

lering van die apostels, hulle woorde van bemoediging en vertroue, sou almal oortuig dat

hulle nie in hulle eie krag gewerk het nie, maar in die krag van Christus. Hulle sou hulle

verootmoedig en verklaar dat Hy, wat deur die Jode gekruisig is, die Vors van die lewe,

die Seun van die lewende God was en dat hulle in Sy Naam die werke doen wat Hy gedoen

het.

In Sy afskeidsgesprek met Sy dissipels die nag voor die kruisiging het die Heiland nie

na die lyding verwys wat Hy reeds verduur het en nog sou moes verduur nie. Van die

vernedering wat op Hom gewag het, het Hy geen melding gemaak nie, maar getrag om

dinge aan hulle tuis te bring wat hulle geloof sou versterk sodat hulle vooruit sou sien na

die vreugde wat op die oorwinnaar wag. Hy het Hom verheug in die wete dat Hy vir Sy

volgelinge meer sou en kon doen as wat Hy beloof het; dat daar van Hom liefde en medelye

sou uitvloei wat die tempel van die siel sou reinig en die mens se karakter in

ooreenstemming met Syne sou bring; dat Sy waarheid, met die krag van die Gees bewapen,

as oorwinnaar sou uitgaan om te oorwin.

Hy het gesê: “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal

julle verdrukking hê: maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.” (Johannes 16:33).

Christus het nie gefaal of moedeloos geword nie; en die dissipels moes dieselfde

standvastige geloof aan die dag lê. Hulle moes werk soos Hy gewerk het en op Hom vir

krag vertrou. Hoewel hulle weg deur skynbare onmoontlikhede versper sou word, moes

hulle nogtans deur Sy genade voortbeweeg, aan niks wanhoop nie en op alles hoop.

Christus het die werk wat aan Hom opgedra was, voltooi. Hy het diegene wat Sy werk

onder die mense sou voortsit byeengebring. En Hy het gesê: “Ek is in hulle verheerlik. En

Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige

Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons

... Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal

glo-dat almal een mag wees ... Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees;

en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefgehad het net soos U My

liefgehad het.” (Johannes 17:10,11,20-23).

13


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 3—Die Groot Opdrag

Na die dood van Christus is die dissipels byna deur moedeloosheid oorkom. Hulle

Meester was verwerp, veroordeel en gekruisig. Die priesters en owerstes het honend

uitgeroep: “Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van

Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom en ons sal in Hom glo.” (Mattheus 27:42). Die

son van hulle hoop het vir die dissipels ondergegaan en in hulle harte het dit nag geword.

Dikwels het hulle die woorde herhaal: “Ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou

verlos.” (Lukas 24:21). Eensaam en beswaard van hart het hulle Sy laaste woorde onthou:

“As hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur!” (Lukas 23:31).

Jesus het verskeie kere probeer om die toekoms vir Sy dissipels oop te stel, maar hulle

wou nie dink aan wat Hy gesê het nie. As gevolg hiervan was Sy dood vir hulle ‘n

verassing; en toe hulle agterna die verlede in oënskou neem en die gevolg van hulle

ongeloof aanskou, was hulle diep bedroef. Toe Christus gekruisig is, het hulle nie geglo

dat Hy sou opstaan nie. Hy het duidelik te kenne gegee dat Hy op die derde dag sou opstaan,

maar hulle was verward aangaande Sy bedoeling. Hierdie gebrek aan begrip het hulle ten

tye van Sy dood aan totale hopeloosheid oorgelaat. Hulle was bitter teleurgesteld. Hulle

geloof kon nie verder deurdring as die skaduwee wat die Satan oor hulle gesigseinder

gewerp het nie. Alles het vir hulle vaag en geheimsinnig voorgekom. Hoeveel smart sou

hulle gespaar gewees het as hulle die Heiland se woorde geglo het!

Deur moedeloosheid, droefheid en wanhoop verpletter, het die dissipels in die

bovertrek saamgekom en die deure gesluit uit vrees dat dieselfde lot wat hulle geliefde

Leraar getref het, hulle sou tref. Dit was in hierdie vertrek waar die Heiland ná Sy

opstanding aan hulle verskyn het.

Christus het veertig dae op die aarde vertoef en die dissipels voorberei vir die werk

wat hulle moes doen; ook het Hy aan hulle dinge verduidelik wat hulle vroeër nie sou

verstaan nie. Hy het van die profesieë aangaande Sy koms gepraat, van Sy verwerping deur

die Jode en van Sy dood. Hy het hulle daarop gewys dat elke besonderheid van hierdie

profesieë vervul was. Hy het aan hulle gesê dat hulle die vervulling van die profesieë as ‘n

versekering van die krag wat hulle in hul toekomstige werk sou ondersteun, moes beskou.

Ons lees: “Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle: So is

dit geskrywe en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan en

bekering en vergewing van sondes in Sy Naam verkondig word aan al die nasies, van

Jerusalem af.” En toe voeg Hy daarby: “En julle is getuies van hierdie dinge.” (Lukas

24:45- 48).

Gedurende die dae wat Christus met Sy dissipels deurgebring het, het hulle ‘n nuwe

ervaring opgedoen. Soos hulle hul geliefde Meester die skrifte hoor verduidelik het in die

lig van alles wat gebeur het, is hulle geloof in Hom ten volle bevestig. Toe kon hulle sê:

14


Die Handelinge van die Apostels

“Ek weet in wie ek geglo het.” (2 Timotheus 1:12). Hulle het die aard en omvang van hulle

werk besef en dat hulle die waarhede wat aan hulle toevertrou is aan die wêreld moes

verkondig. Die gebeurtenisse van Christus se lewe, Sy dood en opstanding, die profesieë

wat daarna verwys het, die verborgenhede van die verlossingsplan, die mag van Jesus om

sondes te vergewe-van al hierdie dinge was hulle getuies en hulle moes dit aan die wêreld

bekend maak. Hulle moes die evangelie van vrede en verlossing deur bekering en die krag

van die Heiland verkondig.

Voordat Hy na die hemel opgevaar het, het Christus aan Sy dissipels hulle opdrag

gegee. Hy het aan hulle gesê dat hulle die eksekuteurs van Sy testament, waarin Hy aan die

wêreld al die skatte van die ewige lewe bemaak het moes wees. Hy het aan hulle gesê: Julle

was getuies van My lewe van opoffering ten behoewe van die wêreld. Julle het My arbeid

vir Israel gesien. En alhoewel My volk geweier het om na My toe te kom sodat hulle lewe

kan hê, alhoewel die priesters met My gemaak het soos hulle wou, alhoewel hulle My

verwerp het, sal hulle nog ‘n geleentheid kry om die Seun van God aan te neem. Julle het

gesien dat Ek bereid is om almal wat met belydenis van sonde na My toe kom, te ontvang.

Hom wat na My toe kom, sal Ek geensins uitwerp nie. Aan julle, My dissipels, vertrou Ek

hierdie genadeboodskap toe. Dit moet aan beide Jood en Heiden gegee word-eers aan Israel

en dan aan alle nasies en tale en volke. Almal wat glo, moet in een kerk bymekaargebring

word.

Die evangelie-opdrag is die groot sending-handves van Christus se koninkryk. Die

dissipels moes met toewyding werk om siele te wen, deur aan almal die uitnodiging van

genade te bring. Hulle moes nie wag dat mense na hulle toe kom nie; hulle moes met hul

boodskap na die mense gaan.

Die dissipels moes hulle werk in die Naam van Christus verrig. Elke woord en elke

daad moes die aandag daarop vestig dat Sy Naam daardie lewegewende krag het waardeur

sondaars gered kan word. Hulle geloof moes in Hom, wat die bron van genade en krag is,

gesentreer wees. In Sy Naam moes hulle hul gebede aan die Vader bied en hulle sal verhoor

word. Hulle moes in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees doop. Christus

se Naam moes hulle wagwoord, hulle onderskeidingsteken, hulle eenheidsband, die gesag

vir hulle optrede en die bron van hulle welslae wees. In Sy koninkryk mag niks erken word

wat nie Sy Naam en Sy opskrif dra nie.

Toe Christus aan die dissipels gesê het: Gaan in My Naam uit om almal wat glo in die

kerk byeen te bring, het Hy hulle duidelik laat verstaan dat dit noodsaaklik is om eenvoud

te handhaaf. Hoe minder uiterlike vertoon, hoe groter sou hulle invloed ten goede wees.

Die dissipels moes met dieselfde eenvoud as Christus spreek. Hulle moes die lesse wat Hy

hulle geleer het by hulle hoorders inprent.

15


Die Handelinge van die Apostels

Christus het nie vir Sy dissipels gesê dat hulle werk maklik sou wees nie. Hy het hulle

op die bose magte wat teen hulle saamspan gewys. Hulle sou moes stry teen “...die

owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen

die bose geeste in die lug.” (Efesiërs 6:12). Maar hulle sou nie alleen in die stryd gelaat

word nie. Hy het hulle die versekering gegee dat Hy met hulle sou wees en dat as hulle in

geloof sou uitgaan, hulle onder die skild van die Almagtige sou beweeg. Hy het hulle

beveel om dapper en sterk te wees, want Een wat magtiger is as engele sou onder hulle

geledere wees-die Aanvoerder van die hemelse leërmag. Hy het alles voorsien wat hulle

nodig gehad het vir die voortsetting van hulle werk en het self die verantwoordelikheid vir

die welslae daarvan op Hom geneem. Solank hulle Sy woord gehoorsaam en met Hom

saamgewerk het, kon hulle nie faal nie. Hy het hulle beveel: Gaan na al die nasies. Gaan

na die verste uithoeke van die bewoonbare wêreld en wees verseker dat My

teenwoordigheid daar met julle sal wees. Werk in geloof en vertroue; want Ek sal julle

nooit verlaat nie. Ek sal altyd met julle wees en julle help om julle plig uit te voer; Ek sal

julle lei, vertroos, heilig en ondersteun en julle met welslae die woorde laat spreek wat die

aandag van andere op die hemel sal rig.

Christus se offer ten behoewe van die mensdom was volkome en volledig. Aan die

voorwaardes van die versoening is voldoen. Die werk waarvoor Hy na die aarde gekom

het, was gedoen. Hy het die koninkryk herower. Hy het dit van die Satan ontworstel en het

sodoende die erfgenaam van alle dinge geword. Hy was op weg na die troon van God om

deur die hemelse skare vereer te word. Met onbegrensde gesag beklee, het Hy aan Sy

dissipels die opdrag gegee: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle

in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te

onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding

van die wêreld.” (Mattheus 28:19,20).

Kort voordat Christus Sy dissipels verlaat het, het Hy weer eens die aard van Sy

koninkryk duidelik gestel. Hy het hulle aan dinge herinner wat Hy hulle voorheen reeds

daaraangaande vertel het. Hy het verklaar dat dit nie Sy bedoeling was om op hierdie aarde

‘n tydelike koninkryk op te rig nie. Hy is nie aangestel om as aardse koning op Dawid se

troon te regeer nie. Toe die dissipels vra: “Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir

Israel weer oprig?” het Hy geantwoord: “Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede

te weet wat die Vader deur Sy eie mag bepaal het nie.” (Handelinge 1:6,7). Dit was nie vir

hulle nodig om verder in die toekoms in te kyk as die openbaringe wat Hy reeds vir hulle

moontlik gemaak het om te sien nie. Hulle werk was om die evangelieboodskap te

verkondig.

Christus se sigbare teenwoordigheid sou spoedig van Sy dissipels onttrek word, maar

hulle sou opnuut met krag toegerus word. Die Heilige Gees sou in Sy volheid aan hulle

geskenk word om hulle vir hulle werk te seël. “Kyk...” het die Heiland gesê, “...Ek stuur

16


Die Handelinge van die Apostels

die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle

toegerus is met krag uit die hoogte.” (Lukas 24:49). “Want Johannes het wel met water

gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank na hierdie dae nie ...

Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees

in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.”

(Handelinge 1:5,8).

Die Verlosser het geweet dat geen argument, hoe logies ook al, hardvogtige harte sou

smelt of deur die kors van wêreldsheid en selfsug sou breek nie. Hy het geweet dat Sy

dissipels die hemelse gawe moes ontvang; dat die evangelie slegs doeltreffend kon wees

indien dit deur harte wat verwarm is en lippe wat welsprekend gemaak is deur ‘n lewende

kennis van Hom wat die weg, die waarheid en die lewe is, verkondig word. Die werk wat

aan die dissipels toevertrou is, sou groot doeltreffendheid vereis; want die gety van sonde

het diep en sterk teen hulle gevloei. ‘n Waaksame en vasberade leier was in bevel van die

magte van die duisternis en die volgelinge van Christus kon alleen deur die hulp wat God

hulle deur Sy Gees sou skenk vir die reg stry.

Christus het aan Sy dissipels gesê dat hulle hul werk in Jerusalem moes begin. Daardie

stad was die toneel van Sy ontsagwekkende offer vir die mensdom. Daar het Hy, geklee in

die kleed van die mensdom, met mense gewandel en gepraat en min van hulle het besef

hoe naby die hemel aan die aarde gekom het. Daar is Hy veroordeel en gekruisig. Daar was

baie mense in Jerusalem wat heimlik geglo het dat Jesus van Nasaret die Messias was en

daar was ook baie wat deur die priesters en owerstes mislei was. Die evangelie moes aan

hulle verkondig word. Hulle moes tot inkeer gebring word. Die wonderlike waarheid dat

vergifnis van sondes alleenlik deur Christus verkry kon word, moes duidelik gemaak word.

En dit was terwyl Jerusalem in beroering was van al die aangrypende gebeurtenisse van

die voorafgaande paar weke, dat die prediking van die dissipels die diepste indruk sou

maak.

Tydens Sy bediening het Christus Sy dissipels gedurig die feit aan hulle voorgehou

dat hulle een met Hom in Sy werk om die wêreld uit die slawerny van die sonde te red,

moes wees. Toe Hy die twaalf en daarna die sewentig uitgestuur het om die koninkryk van

God te verkondig, het Hy hulle geleer dat dit hulle plig was om met ander te deel wat Hy

aan hulle bekend gemaak het. In al Sy werk het Hy hulle opgelei vir persoonlike werk wat,

namate hulle getalle toegeneem het uitgebrei moes word en uiteindelik die uiteinde van die

aarde moes bereik. Die laaste les wat Hy hulle geleer het, was dat die blye

verlossingsboodskap vir die wêreld aan hulle toevertrou was.

Toe die tyd aangebreek het vir Christus om na Sy Vader op te vaar, het Hy Sy dissipels

tot by Betanië uitgelei. Daar het Hy stilgestaan en hulle het Hom omring. Met Sy hande in

seën uitgestrek, asof Hy hulle van Sy beskermende sorg wou verseker, het Hy stadig tussen

17


Die Handelinge van die Apostels

hulle uit opgevaar. “En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel

opgeneem.” (Lukas 24:51).

Terwyl die dissipels boontoe gestaar het om die laaste glimp van hulle opvarende Here

te kry, is Hy met groot vreugde deur die hemelse engele ontvang. Terwyl daardie engele

Hom na die hemelse howe vergesel het, het hulle triomfantlik gesing: “o Koninkryke van

die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Van Hom wat ry in die

hoogste hemele. ... Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die

wolke.” (Psalm 68:33-35).

Die dissipels het nog steeds stip na die hemel opgekyk, toe “...staan daar twee manne

in wit klere by hulle, wat sê: Galilese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel?

Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die

hemel sien wegvaar het.” (Handelinge 1:10,11).

Die belofte van Christus se wederkoms moes altyd lewendig in die gedagtes van Sy

dissipels bly. Dieselfde Jesus wat hulle na die hemel sien opvaar het, sou weer kom om

diegene wat hulle hier op aarde aan Sy diens gewy het, na Hom toe te neem. Dieselfde stem

wat aan hulle gesê het: “Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die

wêreld... ” sou hulle in die hemelse koninkryk in Sy teenwoordigheid verwelkom.

Soos die hoëpriester in tipe, sy hoëpriesterlike kleed uitgetrek en in die wit linnekleed

van ‘n gewone priester sy diens verrig het; so het Christus Sy koninklike kleed neergelê,

Hom met menslikheid beklee en ‘n offer gebring. Hy was self priester sowel as slagoffer.

Soos die hoëpriester ná sy diens in die allerheiligste plek met sy hoëpriesterlike kleed

geklee voor die wagtende gemeente verskyn het; so sal Christus die tweede keer, in die

witste wit kleed geklee kom, “...soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie.” (Markus

9:3). Hy sal in Sy eie heerlikheid en in die heerlikheid van Sy Vader kom en die ganse

engeleskare sal Hom vergesel.

Dit sal die vervulling wees van Christus se belofte aan Sy dissipels: “As Ek gegaan ...

het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem” (Johannes 14:3). Hy sal diegene wat Hom

liefgehad het en vir Hom gewag het, met heerlikheid en eer en onsterflikheid bekroon. Die

regverdige dode sal uit hulle grafte opstaan en die wat leef, sal saam met hulle opgeneem

word, die Here tegemoet in die lug. Hulle sal hoor hoe die stem van Jesus, soeter as enige

musiek wat die oor van ‘n mens nog ooit gehoor het, aan hulle sê: Julle stryd is voleindig.

“Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die

grondlegging van die wêreld af.” (Mattheus 25:34).

Tereg kon die dissipels hulle in die hoop van die wederkoms van hulle Here verbly.

18


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 4—Pinkster

Soos die dissipels van die Olyfberg na Jerusalem teruggekeer het, het die volk verwag

om uitdrukkings van verdriet, verwarring en verslaentheid op hulle gesigte te sien; maar

het hulle net vreugde en oorwinning bespeur. Die dissipels het nie meer oor hulle verydelde

verwagtinge getreur nie. Hulle het die opgestane Heiland gesien en Sy afskeid-beloftes het

nog steeds in hulle ore weerklink.

Gehoorsaam aan Christus se bevel het hulle in Jerusalem op die belofte van die Vader

gewag, naamlik die uitstorting van die Heilige Gees. Hulle het nie in ledigheid gewag nie.

Die verslag sê: “...hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank.” (Lukas

24:53). Hulle het ook saamgekom om hulle smeekbedes in die Naam van Jesus voor die

Vader te bring. Hulle het geweet hulle het ‘n Verteenwoordiger in die hemel, ‘n Voorspraak

voor die troon van God. Met eerbiedige ontsag het hulle hul neergebuig om te bid en die

versekering herhaal: “Alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot

nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap

volkome kan wees.” (Johannes 16:23,24). Hoër, steeds hoër het hulle die hand van geloof

uitgestrek, met die uiters belangrike argument: “Christus is dit wat gesterf het, ja, meer

nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.”

(Romeine 8:34).

Terwyl die dissipels op die vervulling van die belofte 36 gewag het, het hulle hul harte

met opregte berou verootmoedig en hulle ongeloof bely. Toe hulle die woorde wat Jesus

voor Sy dood gespreek het, in herinnering roep, het hulle die betekenis daarvan beter

verstaan. Waarhede waarvan hulle reeds vergeet het, is weer in gedagte gebring en hulle

het dit aan mekaar herhaal. Hulle het hulself verwyt omdat hulle die Heiland misverstaan

het. Die een toneel na die ander van Sy wonderlike lewe het soos ‘n optog voor hulle

geestesoog verbygegaan. Terwyl hulle oor Sy rein, heilige lewe gepeins het, het hulle

gevoel dat geen inspanning te swaar en geen opoffering te groot sou wees nie, as hulle net

in hul lewens van die lieflikheid van Christus se karakter kon getuig. Ag, as hulle die

afgelope drie jaar net kon herleef, so het hulle gedink, hoe anders sou hulle optree! As hulle

die Here net weer kon sien, hoe anders sou hulle daarna streef om aan Hom te toon hoe lief

hulle Hom het en hoe opreg bedroef hulle was omdat hulle Hom ooit deur woord of deur

ongelowige daad leed aangedoen het! Maar die gedagte dat Hy hulle dit vergewe het, het

hulle getroos. En hulle het hul voorgeneem om, vir sover dit vir hulle moontlik was, vir

hulle ongeloof te vergoed deur Hom met dapperheid voor die wêreld te bely.

Die dissipels het met intense erns gebid vir ‘n bevoegdheid om mense in hul daaglikse

omgang te ontmoet en woorde te spreek wat sondaars na Christus sou lei. Hulle het alle

geskille en elke verlange na voorrang uit die weg geruim en in Christelike gemeenskap

nader aan mekaar gekom. Hulle het al nader aan God gekom en sodoende besef hoe

bevoorreg hulle was om toegelaat te word om so intiem met Christus om te gaan. Hulle

19


Die Handelinge van die Apostels

harte was bedroef toe hulle dink aan die hoeveelheid kere wat hulle Hom bedroef het deur

hul traagheid en gebrek aan begrip vir die lesse wat Hy vir hulle beswil aan hulle probeer

leer het.

Hierdie dae van voorbereiding was dae van diepliggende ondersoek van die hart. Die

dissipels het hul geestelike nood besef en die Here aangeroep vir die heilige salwing wat

hulle geskik vir die werk vir die redding van siele sou maak. Hulle het nie net vir hulleself

‘n seën afgesmeek nie. Die las om siele te red het swaar op hulle gerus. Hulle het besef dat

die evangelie aan die wêreld verkondig moes word en hulle het die krag wat Christus beloof

het opgeëis.

Gedurende die patriargale tydperk is die invloed van die Heilige Gees dikwels op ‘n

besondere wyse geopenbaar, maar nooit in Sy volheid nie. In gehoorsaamheid aan hulle

Heiland, het die dissipels nou om hierdie gawe gebid en in die hemel het Christus Sy

voorbidding daaraan toegevoeg. Hy het die gawe van die Gees geëis sodat Hy dit op Sy

volk kon uitstort.

“En toe die dag van die Pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig

bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind en

dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.”

Die Gees het op die wagtende, biddende dissipels neergedaal met ‘n volheid wat elke

hart bereik het. Die Oneindige het Hom met krag aan Sy kerk geopenbaar. Dit was asof Sy

invloed eeue lank teruggehou was en dat dit die Hemel nou behaag het om die rykdomme

van die genade van die Gees op die kerk uit te stort. En onder die invloed van die Gees is

woorde van berou en belydenis vermeng met lofsange oor sondes wat vergewe is. Daar is

woorde van danksegging en profesie gehoor. Die ganse hemel het hom diep neergebuig

om die wysheid van weergalose, onbegryplike liefde te aanskou en te vereer. In

verwondering het die dissipels uitgeroep: “Hierin is die liefde.” Hulle het die gawe wat aan

hulle geskenk is aangegryp. En wat het gevolg? Die swaard van die Gees wat opnuut met

krag geslyp en met die weerligte van die hemel geflits het, het ‘n weg deur die ongeloof

gekloof. Duisende is op een dag bekeer.

Christus het aan Sy dissipels gesê: “Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as

Ek nie weggaan nie, sal die T rooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek

Hom na julle stuur ... Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle

in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor,

sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.” (Johannes 16:7,13).

Christus se Hemelvaart was die teken dat Sy volgelinge die beloofde seën sou

ontvang. Hulle moes daarvoor wag voordat hulle met hul werk kon begin. Toe Christus die

hemelpoorte binnegaan, is Hy te midde van die aanbiddende engele tot die troon verhef.

Nadat hierdie plegtigheid afgehandel was, het die Heilige Gees in ryke strome op die

20


Die Handelinge van die Apostels

dissipels neergedaal en is Christus waarlik verheerlik met die heerlikheid wat Hy van alle

ewigheid af by die Vader gehad het. Die uitstorting tydens die Pinksterfees was die Hemel

se boodskap dat die inhuldiging van die Verlosser voleindig was. Ooreenkomstig Sy

belofte het Hy die Heilige Gees van die hemel af na Sy volgelinge gestuur as teken dat Hy

as priester en koning alle gesag in die hemel en op die aarde ontvang het en die Gesalfde

oor Sy volk was.

“Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van

hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander

tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.” Die Heilige Gees het in die

gedaante van vurige tonge op die aanwesiges gerus. Dit was ‘n teken van die gawe wat aan

die dissipels gegee is wat hulle in staat gestel het om vlot in tale waarmee hulle nooit

voorheen vertroud was nie, te praat. Die verskyning van vuur het die vurige ywer waarmee

die apostels hulle taak sou verrig en die krag wat met hulle werk gepaard sou gaan

aangedui.

“Daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder

die hemel is.” Gedurende die verspreiding is die Jode na byna elke bewoonde deel van die

wêreld verstrooi en in hulle ballingskap het hulle verskeie tale aangeleer. Baie van hulle

was met hierdie geleentheid in Jerusalem om die godsdienstige feestelikhede wat destyds

aan die gang was, by te woon. Alle bekende tale is deur die aanwesiges verteenwoordig.

Hierdie verskeidenheid van tale sou die verkondiging van die evangelie verhinder het;

daarom het God, deur ‘n wonderwerk, in hierdie tekortkoming van die apostels voorsien.

Die Heilige Gees het vir hulle gedoen wat hulle nie in hulle hele lewe self sou kon regkry

nie. Nou kon hulle die waarhede van die evangelie wyd en syd verkondig en die tale van

diegene vir wie hulle gewerk het, akkuraat praat. Hierdie wonderbare gawe was ‘n sterk

bewys aan die wêreld dat hulle opdrag die seël van die Hemel gedra het. Voortaan was die

dissipels se taal suiwer, eenvoudig en noukeurig, ongeag of hulle in hul eie taal of in ‘n

vreemde taal gespreek het.

“En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want

elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; en hulle was almal verbaas en verwonderd

en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle,

elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?”

Die priesters en owerstes was hewig ontsteld oor hierdie wonderbare verskynsel, maar

hulle het nie durf uiting aan hul woede gee nie, uit vrees dat hulle hulself aan die

gewelddadigheid van die gepeupel kon blootstel. Hulle het die Nasarener doodgemaak,

maar hier het Sy diensknegte, ongeletterde manne van Galilea, in al die tale van die tyd,

die verhaal van Sy lewe en werk vertel. Die priesters het hulle voorgeneem om ‘n natuurlike

uitleg te vind vir die wonderwerkende krag van die dissipels en het verklaar dat hulle dronk

was omdat hulle te veel van die nuwe wyn wat vir die fees berei was, gedrink het. Sommige

21


Die Handelinge van die Apostels

van die onkundigste mense teenwoordig het hierdie voorstel as die waarheid aanvaar, maar

die intelligente mense het geweet dat dit vals was; en diegene wat die verskillende tale

verstaan het, het getuig van die akkuraatheid waarop die dissipels hierdie tale gebruik het.

In antwoord op die beskuldiging van die priesters het Petrus hulle daarop gewys dat

wat hulle daar aanskou het, ‘n regstreekse vervulling was van die profesie van Joël, waarin

hy voorspel het dat hierdie krag op mense sou kom om hulle vir ‘n spesiale werk toe te rus.

Hy het gesê: “Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet en luister

na my woorde. Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die

derde uur in die more. Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: En in die laaste

dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees en julle seuns en julle dogters

sal profeteer en julle jongelinge sal gesigte sien en julle ou mense sal drome droom. En

ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in die dae van my Gees uitstort en hulle sal

profeteer.”

Petrus het duidelik en met krag van die dood en opstanding van Christus getuig:

“Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasarener, ‘n man deur God vir julle

aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos

julle ook self weet-Hom ... het julle deur die hande van goddelose manne geneem en

gekruisig en omgebring; Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind

het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.”

Petrus het hom nie op die leringe van Christus beroep om sy stelling te bewys nie,

want hy het geweet die vooroordeel van sy toehoorders was so groot dat sy woorde oor

daardie onderwerp geen uitwerking sou hê nie. In plaas daarvan het hy oor Dawid gepraat,

een wat deur die Jode as ‘n aartsvader van die volk beskou is. “Dawid sê van Hom:... ” het

hy gesê, “...Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat

Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog

rus in hoop. Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om

verderwing te sien nie... ”

“Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het

en ook begrawe is en sy graf is by ons tot vandag toe.” “Hy ... [het] gespreek van die

opstanding van Christus, dat Sy siel nie in die doderyk verlaat is en Sy vlees ook nie

verderwing gesien het nie. Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.”

Die toneel was die ene belangstelling. Aanskou hoe die mense uit alle rigtings kom

om te luister hoe die dissipels van die waarheid getuig soos dit in Jesus is. Hulle dring die

tempel oorvol na binne. Priesters en owerstes is daar met die donker frons van

boosaardigheid steeds op hulle aangesigte, hulle harte gevul met blywende haat jeens

Christus, hulle hande onrein met die bloed wat gestort is toe hulle die Verlosser van die

wêreld gekruisig het. Hulle het verwag dat die apostels onder die streng hand van

22


Die Handelinge van die Apostels

onderdrukking en moord oorbluf sou wees, maar hulle vind hulle bo alle vrees verhef en

vol van die Gees, besig om die Godheid van Jesus van Nasaret met krag te verkondig. Hulle

hoor hoe hulle met vrymoedigheid verklaar dat die Een wat hulle so kort gelede verneder,

bespot, met wrede hande geslaan en gekruisig het, die Lewensvors is en nou tot die

regterhand van God verhoog is.

Sommige van diegene wat die apostels aangehoor het, het ‘n daadwerklike aandeel

aan die veroordeling en kruisiging van Christus gehad. Hulle stemme het saam met dié van

die gepeupel Sy kruisiging geëis. Toe Jesus en Barábbas in die hofsaal voor hulle gestaan

en Pilatus gevra het: “Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat?” het hulle geskreeu: “Nie

vir Hom nie, maar Barábbas!” (Mattheus 27:17; Johannes 18:40). Toe Pilatus Christus aan

hulle uitgelewer en gesê het: “Neem julle Hom en kruisig Hom, want Ek vind geen skuld

in Hom nie ... ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man...”, het hulle

uitgeroep: “Laat Sy bloed op ons en op ons kinders kom!” (Johannes 19:6; Mattheus

27:24,25).

Nou hoor hulle die dissipels verklaar dat dit die Seun van God is wat gekruisig is.

Priesters en owerstes het gesidder. Oortuiging en angs het die volk beetgepak. Hulle is

“...diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen,

broeders?” Onder diegene wat na die dissipels geluister het, was vrome Jode wat opreg

geglo het. Die krag wat met die spreker se woorde gepaard gegaan het, het hulle oortuig

dat Jesus inderdaad die Messias was.

“En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam

van Jesus Christus tot vergewing van sondes en julle sal die gawe van die Heilige Gees

ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat

die Here onse God na Hom sal roep.”

Petrus het by die mense wat oortuig was, die feit tuis gebring dat hulle Christus

verwerp het omdat hulle deur priesters en owerstes mislei is; en dat indien hulle voortgaan

om na hierdie manne op te sien vir raad en te wag totdat hulle Christus erken voordat hulle

dit self waag, hulle Hom nooit sou aanneem nie. Ofskoon hierdie invloedryke manne

voorgegee het om godvrugtig te wees, het hulle eintlik aardse rykdom en heerlikheid

begeer. Hulle was nie gewillig om na Christus te kom om lig te ontvang nie.

Onder die invloed van hemelse lig, het die skrifgedeeltes wat Christus aan die dissipels

verduidelik het, met die glans van volkome waarheid uitgestaan. Die sluier wat verhoed

het dat hulle die einddoel van die dinge wat afgeskaf was gesien het, was nou verwyder en

die doelwit van Christus se sending en die aard van Sy koninkryk was vir hulle volkome

duidelik. Hulle kon met krag van die Heiland praat; en namate hulle aan hulle toehoorders

die verlossingsplan ontvou het, is baie van hulle in hul harte skuldig bevind en oortuig. Die

23


Die Handelinge van die Apostels

tradisies en bygelowe wat deur die priesters in hulle ingeprent was, is nou uit hulle gees

weggevee en hulle het die leringe van die Heiland aangeneem.

“Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag

omtrent drieduisend siele toegebring.”

Die Joodse leiers het gedink dat Christus se werk met Sy dood sou eindig, maar in

plaas daarvan het hulle die wonderlike tonele van die Pinksterdag aanskou. Hulle het

gehoor hoe die dissipels, wat met ‘n tot nog toe ongekende krag en energie bedeel was,

Christus verkondig het en gesien dat hulle woorde met tekens en wonderwerke bevestig

word. In Jerusalem, die vesting van die Jodedom, het duisende hulle geloof in Jesus van

Nasaret as die Messias openlik bely.

Die dissipels was verbaas en verruk oor die groot oes van siele. Hulle het nie hierdie

wonderbaarlike insameling beskou as die gevolge van hul eie pogings nie, maar het besef

dat hulle ander mense se arbeidsveld betree het. Sedert die sondeval van Adam het Christus

voortdurend aan uitverkore diensknegte die saad van Sy woord toevertrou om dit in

menseharte te saai. Gedurende Sy lewe op aarde het Hy die saad van waarheid gesaai en

met Sy bloed benat. Die bekerings wat op die Pinksterdag plaasgevind het, was die gevolg

van daardie saaiwerk; dit was die oes van Christus se werk en het die krag van Sy lering

geopenbaar.

Alhoewel die apostels se redenasies duidelik en oortuigend was, sou dit op sigself nie

die vooroordeel wat soveel getuienis weerstaan het, verwyder het nie. Maar die Heilige

Gees het die argumente met Goddelike krag aan die harte van die toehoorders tuisgebring.

Die apostels se woorde was soos skerp pyle van die Almagtige en het mense oortuig van

hul ontsettende skuld in die verwerping en kruisiging van die Here van heerlikheid.

Onder die opleiding van Christus, het die dissipels hul behoefte aan die Gees ervaar.

Onder die Gees se onderrig, is hulle finaal bekwaam gemaak en het voortgegaan om hul

lewenstaak te verrig. Hulle was nie langer onkundig en onontwikkeld nie. Hulle was nie

meer ‘n groep onafhanklike eenhede of onenige, botsende elemente nie. Hulle het nie

langer wêreldse grootheid nagestreef nie. Hulle was “...eendragtig ... een van hart en siel.”

(Handelinge 2:46;4:32). Christus het hulle gedagtes gevul; die bevordering van Sy

koninkryk was hulle doel. In gesindheid en karakter het hulle soos hul Meester geword en

mense “...het hulle as metgeselle van Jesus herken.” (Handelinge 4:13).

Pinkster het hemelse verligting vir hulle gebring. Die 46 waarhede wat hulle nie kon

verstaan terwyl Christus met hulle was nie, het nou ontvou. Met geloof en vertroue wat

hulle voorheen nie geken het nie, het hulle die leer van die heilige Woord aanvaar. Dat

Christus die Seun van God was, was vir hulle nie meer ‘n saak van geloof nie. Hulle het

geweet dat Hy, ofskoon Hy met menslikheid beklee was, inderdaad die Messias was en

24


Die Handelinge van die Apostels

hulle het die wêreld met soveel vrymoedigheid van hulle ervaring vertel, dat dit oortuig het

dat God met hulle was.

Hulle kon die Naam van Jesus met sekerheid uitspreek; was Hy dan nie hulle Vriend

en ouer Broer nie? In noue gemeenskap met Christus gebring, het hulle saam met Hom in

hemelse plekke verkeer. Met wat se vurige taal het hulle hul idees beklee terwyl hulle van

Hom getuig het! Hul harte het oorgeloop van welwillendheid wat so vol, so diep, so

verreikend was, dat dit hulle gedring het om na die uiteindes van die aarde te gaan om van

die krag van Christus te getuig. Hulle was vervul met ‘n intense verlange om die werk wat

Hy begin het, voort te sit. Hulle was bewus van hul groot skuld teenoor die hemel en die

verantwoordelikheid van hulle werk. Deur die gawe van die Heilige Gees gesterk, het hulle

vol ywer uitgegaan om die oorwinning van die kruis te verkondig. Die Gees het hulle besiel

en deur hulle gespreek. Die vrede van Christus het uit hul gesigte gestraal. Hulle het hulle

lewens vir diens aan Hom gewy en hulle hele wese het van hulle oorgawe getuig.

25


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 5—Die Gawe van die Gees

Toe Christus die Heilige Gees aan Sy dissipels beloof het, was Hy na aan die einde

van Sy aardse bediening. Hy het in die skaduwee van die kruis gestaan, ten volle bewus

van die groot skuldlas wat op Hom as Sondedraer sou rus. Voordat Hy Hom as offer

oorgegee het, het Hy Sy dissipels onderrig aangaande die noodsaaklikste en mees

volmaakte gawe wat Hy aan Sy volgelinge sou skenk-die gawe wat die grenslose

hulpbronne van die genade binne hulle bereik sou bring. Hy het gesê: “Ek sal die Vader

bid en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van

die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken

nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.” (Johannes 14:16,17).

Die Verlosser het vooruitgewys na die tyd wanneer die Heilige Gees sou kom om, as Sy

verteenwoordiger, ‘n magtige werk te doen. Die boosheid wat deur die eeue toegeneem

het, sou deur die krag van die Heilige Gees weerstaan word.

Wat was die gevolg van die uitstorting van die Heilige Gees op die Pinksterfees? Die

blye tyding van ‘n opgestane Verlosser is na die uiteinde van die bewoonde wêreld geneem.

Namate die dissipels die boodskap van reddende genade verkondig het, het menseharte

hulle aan die krag van hierdie boodskap oorgegee. Die kerk het aanskou hoe bekeerlinge

uit alle oorde instroom. Afvalliges het hulle opnuut bekeer. Sondaars het saam met

gelowiges na die kosbare pêrel gesoek. Sommige, wat die bitterste teëstanders van die

evangelie was, het die kampvegters daarvan geword. Die profesie is vervul: “Die

struikelende onder hulle sal in die dag wees soos Dawid en die huis van Dawid soos ... die

Engel van die Here.” (Sagaria 12:8). Elke Christen het in sy broer ‘n openbaring van

Goddelike liefde en welwillendheid gesien. Een gemeenskaplike belang het geheers; een

onderwerp van navolging het al die ander verswelg. Die strewe van die gelowiges was om

die gelykenis van Christus se karakter te openbaar en om te werk vir die uitbreiding van

Sy koninkryk.

“En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here

Jesus en groot genade was oor hulle almal.” (Handelinge 4:33). Onder hulle arbeid is

uitverkore manne tot die kerk toegevoeg wat, nadat hulle die woord van waarheid ontvang

het, hulle lewe aan die werk om aan ander die hoop te gee wat hul eie harte met vrede en

vreugde gevul het, toe te wy. Hulle kon nie deur dreigemente teruggehou of geïntimideer

word nie. Die Here het deur hulle gepraat en soos hulle van plek tot plek beweeg het, is die

evangelie aan die armes verkondig en wonderwerke van Goddelike genade is verrig.

So kragtig kan God deur manne werk, wat hulle aan die beheer van Sy Gees oorgee.

Die belofte van die Gees is tot geen bepaalde eeu of ras beperk nie. Christus het

verklaar dat die Goddelike invloed van Sy Gees tot aan die einde met Sy volgelinge sou

wees. Van die dag van Pinkster af tot nou toe is die Trooster na almal gestuur wat hulle ten

26


Die Handelinge van die Apostels

volle aan die diens van die Here oorgegee het. Die Heilige Gees het tot almal wat Christus

as hulle persoonlike Saligmaker aangeneem het, as Raadgewer, Heiligmaker, Leidsman en

Getuie gekom. Hoe nader gelowiges aan God gewandel het, hoe duideliker en kragtiger het

hulle van hulle Verlosser se liefde en reddende genade getuig. Die manne en vroue wat

deur die lang eeue van vervolging en beproewing ‘n groot mate van die teenwoordigheid

van die Gees in hulle lewens ervaar het, het as tekens en wonders in die wêreld gestaan.

Hulle het voor engele en mense die transformerende krag van verlossende liefde

geopenbaar.

Diegene wat tydens Pinkster met krag van Bo toegerus was, was nie daardeur van

verdere versoeking en vervolging vrygestel nie. Soos hulle vir die waarheid en geregtigheid

getuig het, is hulle voortdurend deur die vyand van alle waarheid aangeval, wat gestreef

het om hulle van hul Christelike ervaring te beroof. Hulle is gedwing om met al hul

Godgegewe mag te stry om die gestalte as manne en vroue in Christus te bereik. Hulle het

daagliks vir ‘n vars voorraad van genade gebid, sodat hulle hoër en steeds hoër na

volmaaktheid kon styg. Onder die werking van die Heilige Gees het selfs die swakste, deur

die beoefening van geloof in God, geleer om die magte wat aan hom toevertrou is te

verbeter en om geheilig, verfynd en veredel te word. Soos hulle in nederigheid hulself aan

die vormende invloed van die Heilige Gees onderwerp het, het hulle die volheid van die

Godheid ontvang en is hulle in die beeltenis van die Goddelikheid gevorm.

Die verloop van tyd het geen verandering in Christus se afskeidsbelofte om die Heilige

Gees as Sy Verteenwoordiger te stuur, gebring nie. Dit is nie as gevolg van enige beperking

van God se kant af dat die rykdom van Sy genade nie na die aarde deurvloei na mense nie.

As die vervulling van die belofte nie gesien word soos dit kan wees nie, is dit omdat die

belofte nie waardeer word soos dit gewaardeer behoort te word nie. As hulle bereid was,

sou almal met die Gees vervul word. Waar min aandag aan die behoefte aan die Heilige

Gees geskenk word, word geestelike droogte, geestelike duisternis, geestelike agteruitgang

en dood gewaar. Waar minderwaardige sake ook al die aandag trek, ontbreek die goddelike

krag, alhoewel dit in oneindige volheid, wat nodig is vir die groei en welvaart van die kerk

en wat ander seëninge tot gevolg sal hê, aangebied word.

Aangesien dit dan die wyse is waarop ons krag moet ontvang, waarom honger en dors

ons nie na die gawe van die Gees nie? Waarom praat ons nie daaroor, bid ons nie daarvoor

en preek ons nie daaroor nie? Die Here is meer gewillig om die Heilige Gees aan diegene

wat Hom dien te gee, as wat ouers is om goeie gawes aan hulle kinders te gee. Elke werker

behoort tot God te bid dat hy daagliks met die Heilige Gees gedoop mag word. Groepe

Christen- werkers behoort saam te kom om vir spesiale hulp en hemelse wysheid te vra

sodat hulle kan weet hoe om met wysheid planne te beraam en dit uit te voer. Hulle behoort

veral te bid dat God Sy gekose gesante in die sendingveld met ‘n ryke mate van Sy Gees

moet doop. Die aanwesigheid van die Gees van God by die werkers sal aan die

27


Die Handelinge van die Apostels

verkondiging van die waarheid ‘n krag verleen wat al die eer en heerlikheid van die wêreld

nie kan gee nie.

Die Heilige Gees bly by die toegewyde werker van God waar hy hom ook al mag

bevind. Die woorde wat tot die dissipels gerig is, word ook tot ons gespreek. Die Trooster

is tot ons beskikking, asook vir hulle. Die Gees voorsien die krag wat strydende,

worstelende siele in elke noodgeval, te midde van die haat van die wêreld en ondanks die

besef van hulle eie tekortkominge en foute, onderskraag. In verdriet en verdrukking,

wanneer die vooruitsig donker en die toekoms verwarrend voorkom en ons hulpeloos en

alleen voel, is dit juis die tye wanneer, in antwoord op die gebed van geloof, die Heilige

Gees die hart vertroos.

Dit is nie afdoende bewys dat iemand ‘n Christen is omdat hy geestelike saligheid

onder buitengewone omstandighede manifesteer nie. Heiligheid is nie saligheid nie; dit is

algehele oorgawe aan die wil van God; dit is om van elke woord wat deur die mond van

God uitgaan, te lewe; dit is om die wil van die hemelse Vader te doen; dit is om God in

beproewings, in duisternis, sowel as in die lig te vertrou; dit is om deur geloof en nie deur

sig te wandel nie; dit is om jou met onvoorwaardelike vertroue op God te verlaat en in Sy

liefde te bly.

Dit is nie noodsaaklik vir ons om presies te kan beskryf wat die Heilige Gees is nie.

Christus vertel ons die Gees is die Trooster, “...die Gees van die waarheid wat van die

Vader uitgaan...” Daar word onomwonde van die Heilige Gees gesê dat Hy in Sy werk om

mense na die volle waarheid te lei, “...nie uit Homself spreek nie...” (Johannes

15:26;16:13).

Die aard van die Heilige Gees is ‘n verborgenheid. Mense kan dit nie verklaar nie,

want God het dit nie aan hulle geopenbaar nie. Mense met onwerklike idees mag

skrifgedeeltes saamflans en daar ‘n menslike uitleg aan gee, maar die gemeente sal nie

versterk word deur hierdie idees te aanvaar nie. Aangaande sulke verborgenhede wat te

diep vir die menslike verstand is, is swye goud werd.

Die amp van die Heilige Gees word met die woorde van Christus duidelik

gespesifiseer. “En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en

van oordeel.” (Johannes 16:8). Dit is die Heilige Gees wat van sonde oortuig. Indien die

sondaar aan die besielende invloed van die Gees gehoor gee, sal hy tot berou gelei word en

insien dat dit belangrik is om die Goddelike vereistes te gehoorsaam.

Aan die boetvaardige sondaar wat na geregtigheid honger en dors, openbaar die

Heilige Gees die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem. Hy sal dit neem

“...uit wat aan My behoort en aan julle verkondig,” sê Christus. “Hy sal julle alles leer en

sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (Johannes 16:14;14:26).

28


Die Handelinge van die Apostels

Die Gees is as ‘n herskeppende Werktuig gegee om die heil wat deur die dood van

ons Verlosser teweeggebring is, doeltreffend te maak. Die Gees streef voortdurend om die

aandag van die mensdom op die groot offer wat aan die kruis van Golgota gedoen is te

vestig, om die liefde van God voor die wêreld te ontvou en om aan die oortuigde siel die

kosbaarhede van die Skrifte oop te stel.

Nadat die Heilige Gees van sonde oortuig en die maatstaf van geregtigheid aan die

verstand geopenbaar het, onttrek Hy die liefde vir aardse dinge en vervul Hy die siel met

‘n verlange na heiligheid. Die Heiland het gesê: Hy sal “...julle in die hele waarheid lei...”

(Johannes 16:13). Indien mense gewillig is om hervorm te word, sal heiligmaking van die

hele wese teweeggebring word. Die Gees sal die dinge van God neem en dit op die siel

afdruk. Deur Sy krag sal die weg van die lewe so duidelik gemaak word, dat dit vir niemand

nodig sal wees om daarvan af te dwaal nie.

Van die begin af werk God met Sy Heilige Gees deur menslike werktuie om Sy doel

ten bate van die sondige mensdom te volbring. Dit is in die lewens van die aartsvaders

geopenbaar. Aan die kerk in die woestyn het God in die tyd van Moses Sy “...goeie Gees

... gegee om hulle te onderrig...” (Nehemia 9:20). En in die dae van die apostels het Hy

deur middel van die Heilige Gees op ‘n magtige wyse vir Sy kerk gewerk. Dieselfde mag

wat die aartsvaders ondersteun het, wat Kaleb en Josua van geloof en moed voorsien het

en wat die werk van die apostoliese kerk doeltreffend gemaak het, het God se getroue,

gelowige kinders in elke daaropvolgende eeu bygestaan. Dit was deur die krag van die

Heilige Gees wat die Waldense-Christene gedurende die donker Middeleeue gehelp is om

die weg vir die Hervorming voor te berei. Dieselfde mag het die pogings van die edele

manne en vroue wat die weg vir die totstandkoming van hedendaagse sendingvelde gebaan

het en die vertaling van die Bybel in die tale en dialekte van alle nasies en volke, met sukses

bekroon.

En God gebruik steeds Sy kerk om Sy doelwit op die aarde bekend te maak. Die

boodskappers van die kruis gaan vandag steeds van stad tot stad en van land tot land om

die weg vir die wederkoms van Christus voor te berei. Die vaandel van God se wet word

hoog gehou. Die Gees van die Almagtige beweeg menseharte en dié wat Sy invloed

gehoorsaam, word getuies vir God en Sy waarheid. Op baie plekke kan toegewyde manne

en vroue, wat die lig van die weg van verlossing wat Christus vir hulle duidelik gemaak

het aan andere oordra, gesien word. En namate hulle voortgaan om hul lig te laat skyn, soos

diegene wat op die dag van die Pinkster gedoop is, ontvang hulle meer en meer van die

krag van die Gees. Sodoende word die aarde met die heerlikheid van God verlig.

Aan die ander kant is daar sommige wat nie van hulle huidige geleenthede gebruik

maak nie, maar ledig sit en wag dat ‘n spesiale tyd van geestelike verkwikking hulle

begaafdheid om andere in te lig grootliks moet vermeerder. Hulle verwaarloos die pligte

en voorregte van die oomblik en laat hulle lig dof brand, terwyl hulle na die tyd uitsien

29


Die Handelinge van die Apostels

wanneer hulle sonder enige persoonlike inspanning spesiale seëninge sal ontvang waardeur

hulle verander en vir diens toegerus sal word.

Dit is waar dat aan die einde van tyd, wanneer God se werk op aarde afgesluit word,

die ernstige pogings wat toegewyde werkers onder die leiding van die Heilige Gees

aanwend, vergesel sal word van besondere tekens van Goddelike guns. Deur die beeld van

die vroeë en die laat reëns wat tydens die saai- en oestyd in Oosterse lande geval het, het

die Hebreeuse profete voorspel dat die genade van die Gees in buitengewone mate op God

se kerk uitgestort sal word. Die uitstorting van die Gees in die dae van die apostels was die

begin van die vroeë reëns, met glorieryke resultate. Die teenwoordigheid van die Gees sal

tot aan die einde van tyd met die ware kerk wees.

Maar na aan die einde van die oes op aarde, word ‘n spesiale uitstorting van geestelike

genade beloof om die gemeente vir die koms van die Seun van die mens voor te berei.

Hierdie uitstorting van die Gees word met die val van die laat reëns vergelyk; en dit is vir

hierdie bykomende krag dat Christene “...in die tyd van die laat reëns...” tot die Here van

die oes moet bid. In antwoord maak die Here “...die weerligte en Hy sal aan hulle ‘n

stortreën gee.” Hy “...laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns.”

(Sagaria 10:1; Joël 2:23).

Maar tensy die lede van God se kerk vandag ‘n lewende verbinding met die Bron van

alle geestelike groei het, sal hulle nie gereed vir die oestyd wees nie. Tensy hulle hul lampe

laat snuit en brand, sal hulle nie in die tyd van spesiale behoefte die bykomende genade

ontvang nie.

Slegs diegene wat voortdurend opnuut ‘n toevoer van genade ontvang, sal oor krag

beskik na gelang van hulle daaglikse behoefte en hulle vermoë om daardie krag te gebruik.

In plaas daarvan dat hulle na ‘n toekomstige tyd uitsien wanneer hulle deur ‘n spesiale

bedeling van geestelike krag ‘n wonderwerk sal ontvang om hulle vir die werk om siele te

red toe te rus, gee hulle hulself daagliks aan God oor, sodat Hy geskikte werktuie van hulle

vir Sy gebruik kan maak. Hulle maak daagliks gebruik van die geleenthede vir diens wat

binne hulle bereik is. Hulle getuig daagliks vir die Meester, waar hulle hul ook al mag

bevind, hetsy in die beskeie werkkring van die huisgesin of in die openbare veld van

bruikbaarheid.

Vir die toegewyde werker is dit ‘n heerlike troos om te weet dat selfs Christus

gedurende Sy lewe op aarde Sy Vader daagliks om ‘n vars aanvulling van die nodige

genade gebid het; en na hierdie gemeenskap met God het Hy uitgegaan om ander te versterk

en te seën. Aanskou die Seun van God wat in gebed tot Sy Vader neerbuig! Hoewel Hy die

Seun van God is, versterk Hy Sy geloof deur gebed; en deur gemeenskap met die hemel

versamel Hy vir Homself die krag om sonde te weerstaan en om in die behoeftes van mense

te voorsien. As Oudste Broer van ons geslag, is Hy bekend met die behoeftes van diegene

30


Die Handelinge van die Apostels

wat swak is en in ‘n sondige, verleidelike wêreld leef, maar nogtans begeer om Hom te

dien. Hy weet dat die boodskappers wat Hy gerade ag om uit te stuur, swak, dwalende

mense is; maar aan almal wat hulle geheel en al aan Sy diens wy, beloof Hy Goddelike

bystand. Sy eie voorbeeld is ‘n versekering dat ernstige, volhardende gebed tot God, in

geloof-geloof wat tot algehele afhanklikheid van God en onvoorwaardelike toewyding aan

Sy werk lei-in die stryd teen die sonde sal help om die bystand van die Heilige Gees na die

mensdom te bring.

Elke werker wat Christus se voorbeeld volg, sal gereed wees om die krag wat God aan

Sy kerk beloof het om die oes van die aarde ryp te maak, te ontvang en te gebruik. Elke

oggend wanneer die boodskappers van die evangelie voor die Here kniel en hulle beloftes

van toewyding aan Hom hernieu, sal Hy die teenwoordigheid van Sy Gees met Sy

opwekkende, heiligmakende krag aan hulle skenk. Wanneer hulle uitgaan om die pligte

van die dag te verrig, het hulle die versekering dat die ongesiene werking van die Heilige

Gees hulle in staat stel om “...medewerkers van God...” te wees.

31


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 6—By die Tempelpoort

Die dissipels van Christus was ten volle bewus van hulle eie tekortkominge en daarom

het hulle deur ootmoed en gebed hulle swakheid met Sy krag, hulle onkunde met Sy

wysheid, hulle onwaardigheid met Sy geregtigheid en hulle armoede met Sy onuitputlike

rykdom verbind. Aldus versterk en toegerus, het hulle nie geaarsel om in die diens van

hulle Meester deur te druk nie.

Kort na die uitstorting van die Heilige Gees en onmiddellik na ‘n tydperk van ernstige

gebed, het Petrus en Johannes, onderweg na die tempel om te aanbid, by die poort, wat die

Skone genoem word, ‘n kreupele van sowat veertig jaar aangetref, wie se lewe van sy

geboorte af vol pyn en siekte was. Hierdie ongelukkige man het lank begeer om Jesus te

ontmoet sodat hy genees kon word; maar hy was so te sê hulpeloos en ver verwyderd van

die plekke waar die groot Geneesheer gewoonlik gewerk het. Sy gesmeek het sy vriende

uiteindelik oorgehaal om hom na die tempelpoort te neem, maar toe hy daar aankom, moes

hy ontdek dat die Een op wie hy sy hoop gevestig het, wreed om die lewe gebring was.

Sy teleurstelling het die medelye van diegene wat bewus was van hoe lank hy gretiglik

uitgesien het om deur Jesus genees te word, opgewek en hulle het hom elke dag na die

tempel gedra sodat verbygangers oorreed mag word om ‘n ietsie aan hom te gee om sy

nood te verlig. Toe Petrus en Johannes verbystap, het hy hulle om ‘n aalmoes gevra. Die

dissipels het hom medelydend aangekyk en Petrus het gesê: “Kyk na ons. En hy het sy oë

op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang. Maar Petrus sê: Silwer

en goud het ek nie.” Toe Petrus sy eie armoede so ronduit bekend maak, was die kreupele

duidelik teleurgesteld; maar hoop het weer opgeflikker toe die apostel vervolg: “Maar wat

ek het dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasarener, staan op en loop!”

“Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op en onmiddellik het sy voete en

enkels sterk geword. En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in

die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys. En die hele volk het gesien

hoe hy daar loop en God prys. En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone

Poort van die tempel gesit het om te bedel en hulle is vervul met verwondering en verbasing

oor wat met hom gebeur het.”

“En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele

volk uitermate verbaas na hulle gehardloop in die pilaargang wat Salomo s’n genoem

word.” Hulle was verbaas dat die dissipels dieselfde soort wonderwerke as Jesus kon

verrig. En tog, hier was ‘n man wat veertig jaar lank ‘n hulpelose kreupele was, wat hom

nou verheug het in die volle gebruik van sy ledemate, sonder pyn en gelukkig in sy geloof

in Jesus.

Toe die dissipels die verbasing van die volk gewaar, vra Petrus: “Waarom is julle

hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug

32


Die Handelinge van die Apostels

bewerk het dat hy loop?” Hy het hulle verseker dat die genesing deur die Naam en

verdienste van Jesus van Nasaret, wat God uit die dode opgewek het, verrig is. Die apostel

het verklaar: “Deur die geloof in Sy Naam het Sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken,

sterk gemaak en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee

in die teenwoordigheid van julle almal.”

Die apostels het prontuit gesê dat die Jode ‘n groot sonde begaan het deur die

Lewensvors te verwerp en dood te maak; maar hulle het gesorg dat hulle hul toehoorders

nie tot wanhoop dryf nie. Petrus het gesê: “Julle het die Heilige en Regverdige verloën en

gevra dat ‘n moordenaar aan julle geskenk sou word en die Leidsman tot die lewe het julle

gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is ... En nou, broeders,

ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes; maar God het op

die manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al Sy profete, dat die

Christus sou ly.” Hy het verklaar dat die Heilige Gees hulle tot berou en bekering maan en

hy het hulle verseker dat daar geen ander hoop op verlossing was as deur die genade van

Hom wat deur hulle gekruisig is nie. Alleen deur geloof in Hom kon hulle sondes vergewe

word.

“Kom dan tot inkeer en bekeer julle...” het hy uitgeroep, “...sodat julle sondes uitgewis

kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.”

“Julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit

het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën

word. God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle

te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.”

So het die dissipels die opstanding van Christus verkondig. Talle van die toehoorders

het juis op hierdie getuienis gewag en toe hulle dit hoor, het hulle geglo. Dit het hulle aan

die woorde wat Christus gespreek het herinner en hulle het hulle by die geledere van

diegene wat die evangelie aangeneem het geskaar. Die saad wat die Heiland gesaai het, het

ontkiem en vrugte voortgebring.

Terwyl die dissipels met die volk gepraat het, “...het die priesters en die hoofman van

die tempel en die Sadduseërs op hulle afgekom, baie ontevrede dat hulle die volk leer en

in Jesus die opstanding uit die dode verkondig.”

Na die opstanding het die priesters wyd en syd die leuen versprei dat die dissipels Sy

liggaam gesteel het terwyl die Romeinse wag geslaap het. Dit is nie verbasend dat hulle

ontevrede was toe hulle Petrus en Johannes die opstanding hoor verkondig van Hom wat

deur hulle vermoor is nie. Veral die Sadduseërs was ontstoke. Hulle het gevoel dat hulle

geliefkoosde leerstelling bedreig word en dat hulle geloofwaardigheid op die spel geplaas

word.

33


Die Handelinge van die Apostels

Die aantal bekeerlinge tot die nuwe geloof het vinnig toegeneem en Fariseërs en

Sadduseërs was dit eens dat indien hierdie nuwe leraars toegelaat sou word om ongehinderd

voort te gaan, hulle eie invloed in groter gevaar verkeer het as toe Jesus nog op aarde was.

Gevolglik het die hoofman van die tempel, bygestaan deur ‘n aantal Sadduseërs, Petrus en

Johannes in hegtenis geneem en hulle in die gevangenis gesit, aangesien dit te laat in die

dag was om hulle te verhoor.

Die vyande van die dissipels kon nie anders as om oortuig te word dat Jesus uit die

dode opgestaan het nie. Die bewys was te oortuigend om dit te betwyfel. Nogtans het hulle

hul harte verhard en geweier om berou oor die vreeslike daad wat hulle met die teregstelling

van Jesus gepleeg het te toon. Die Joodse leiers het oorvloedige bewyse gehad dat die

apostels onder Goddelike ingewing spreek en handel, maar hulle het die boodskap van

waarheid hardnekkig weerstaan. Christus het nie op die wyse gekom wat hulle verwag het

nie en hoewel hulle soms oortuig was dat Hy die Seun van God was, het hulle die oortuiging

nogtans onderdruk en Hom gekruisig. In Sy barmhartigheid het God hulle nog meer

bewyse gegee en nou het hulle weer die geleentheid gehad om hulle tot Hom te bekeer. Hy

het die dissipels gestuur om hulle te vertel dat hulle die Lewensvors doodgemaak het en

met hierdie vreeslike beskuldiging het Hy hulle weer tot bekering gemaan. Maar die Joodse

leraars het hulle in hul eie geregtigheid veilig gevoel en geweier om te erken dat die manne

wat hulle daarvan beskuldig het dat hulle Christus gekruisig het onder leiding van die

Heilige Gees gepraat het.

Nadat hulle hulself aan ‘n beleid van verset teen Christus verbind het, het elke daad

van weerstand vir die priesters ‘n bykomende aansporing geword om op dieselfde weg vol

te hou. Hulle het hulle al meer in hulle hardnekkigheid verhard. Dit was nie omdat hulle

nie kon toegee nie; hulle kon, maar hulle wou nie. Dit was nie net omdat hulle skuldig was

en die dood verdien het nie en nie net omdat hulle die Seun van God om die lewe gebring

het, dat hulle van die verlossing uitgesluit was nie; dit was omdat hulle hulself met

teenstand teen God bewapen het. Hulle het die lig voortdurend verwerp en die oortuigings

van die Gees onderdruk. Die invloed wat die kinders van ongehoorsaamheid beheer, het in

hulle gewerk en hulle daartoe gebring om die manne, deur wie God gewerk het, te

mishandel. Die boosaardigheid van hulle opstand is verskerp deur elke opeenvolgende

daad van weerstand teen God en die boodskap wat Hy aan Sy diensknegte gegee het om te

verkondig. In hul weiering om hulle te bekeer, het die Joodse leiers elke dag hul opstand

opnuut opgeneem en hulself voorberei om te maai wat hulle gesaai het.

Die toorn van God word nie teenoor onboetvaardige sondaars gerig bloot weens die

sondes wat hulle begaan het nie, maar omdat hulle, wanneer hulle tot bekering gemaan

word, verkies om hulle weerstand voort te sit en ondanks die lig wat aan hulle gegee is, die

sondes van die verlede te herhaal. Indien die Joodse leiers hulle aan die oortuigende krag

van die Heilige Gees onderwerp het, sou hulle vergifnis ontvang het; maar hulle was

34


Die Handelinge van die Apostels

vasberade om nie toe te gee nie. Deur voortdurende weerstand plaas die sondaar homself

waar die Heilige Gees hom nie kan beïnvloed nie.

Op die dag na die genesing van die kreupele het Annas en Kajafas en ander

hoogwaardigheidsbekleërs van die tempel vir die verhoor byeengekom en die gevangenes

is voor hulle gebring. In daardie selfde saal en voor sommige van daardie selfde mense het

Petrus sy Here op skandelike wyse verloën. Dit het hom helder voor die gees gekom toe

hy self verskyn om verhoor te word. Nou het hy die geleentheid gehad om vir sy

lafhartigheid te vergoed.

Die aanwesiges wat Petrus se aandeel in die verhoor van sy Meester onthou het, het

hulle gerusgestel dat hy nou deur die bedreiging van gevangenskap en die dood afgeskrik

sou word. Maar die Petrus wat Christus in die uur van Sy grootste nood verloën het, was

voortvarend en selfgenoegsaam; hy was baie anders as die Petrus wat nou voor die

Sanhedrin gebring is om verhoor te word. Sedert sy val het hy hom bekeer. Hy was nie

meer trots en selfvoldaan nie, maar beskeie en sonder selfvertroue. Hy was vol van die

Heilige Gees en hy was vasberade om met behulp van daardie krag die klad van sy

afvalligheid te verwyder, deur die Naam wat hy voorheen verloën het, te eer.

Tot dusver het die priesters enige melding van die kruisiging en opstanding van Jesus

vermy. Maar, om hulle doel te bereik, was hulle gedwing om die beskuldigde te vra hoe

die genesing van die kreupel man bewerkstellig was. Hulle het gevra: “Deur watter mag en

deur watter naam het julle dit gedoen?”

Met heilige vrymoedigheid en in die krag van die Gees het Petrus vreesloos

geantwoord: “Laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur

die Naam van Jesus Christus, die Nasarener, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die

dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan. Hy is die steen wat

deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het. En die saligheid is in niemand

anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee

is, waardeur ons gered moet word nie.”

Hierdie moedige verdediging het die Joodse leiers uit die veld geslaan. Hulle het

gedink dat die dissipels vreesbevange en verward sou wees wanneer hulle voor die

Sanhedrin gedaag word. Maar in plaas daarvan het hierdie getuies, soos Christus, met ‘n

oortuigende krag gespreek en hulle teenstanders die swye opgelê. Daar was geen teken van

vrees in Petrus se stem toe hy aangaande Christus sê: “Hy is die steen wat deur julle, die

bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het” nie.

Hier het Petrus ‘n beeld gebruik waarmee die priesters goed bekend was. Die profete

het van die verworpe steen gepraat; en Christus het self eenkeer aan die priesters en oudstes

gesê: “Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit

het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? Daarom

35


Die Handelinge van die Apostels

sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word

wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar

elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.” (Mattheus 21:42-44).

Toe die priesters na die apostels se onbevreesde woorde luister, het hulle “...hulle as

metgeselle van Jesus herken.”

Van die dissipels staan daar geskryf, na die verheerliking van Christus, dat hulle aan

die einde van daardie wonderlike toneel niemand “...behalwe Jesus alleen...” gesien het

nie. (Mattheus 17:8). “Jesus alleen”-hierdie woorde bevat die geheim van die lewe en krag

wat kenmerkend van die vroeë kerk was. Toe die dissipels Christus se woorde die eerste

keer gehoor het, het hulle hul behoefte aan Hom ervaar. Hulle het Hom gesoek, Hom

gevind en Hom gevolg. Hulle was in die tempel, aan tafel, teen die berghelling en op die

veld saam met Hom. Hulle was soos leerlinge by hulle onderwyser en het daagliks van

Hom lesse van ewige waarhede ontvang.

Na die Verlosser se Hemelvaart was hulle nog altyd bewus van die Goddelike

teenwoordigheid wat vol liefde en lig nog steeds by hulle was. Dit was ‘n persoonlike

teenwoordigheid. Jesus, die Verlosser, wat met hulle gewandel en gepraat en gebid het,

wat hulle harte bemoedig en vertroos het, is met die boodskap van vrede op Sy lippe uit

hulle midde in die hemel opgeneem. Toe die wa van engele Hom opneem, het hulle nog

steeds Sy woorde gehoor: “Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die

wêreld.” (Mattheus 28:20). Hy het in menslike gedaante na die hemel opgevaar. Hulle het

geweet dat Hy voor die troon van God, steeds hulle Vriend en Verlosser was; dat Sy

toegeneentheid onveranderd was; dat Hy Homself vir ewig met die lydende mensdom

vereenselwig. Hulle het geweet dat Hy aan God die deugde van Sy bloed sal aanbied en

dat Hy Sy deurboorde hande en voete aan Hom sal toon ter herinnering aan die prys wat

Hy vir Sy verlostes betaal het; en hierdie gedagte het hulle versterk om ter wille van Hom,

smaad te verduur. Hulle verbintenis met Hom was op daardie tydstip sterker as toe Hy nog

persoonlik by hulle was. Die lig en liefde en krag van ‘n inwonende Christus het deur hulle

uitgestraal sodat mense dit gesien en hulle daaroor verwonder het.

Christus het Sy seël op die woorde wat Petrus in Sy verdediging gespreek het, geplaas.

Naas aan die dissipel, was die man wat so wonderbaarlik genees is, ‘n oortuigende getuie.

Die voorkoms van daardie man, wat ‘n paar uur tevore nog ‘n hulpelose kreupele was,

maar nou sterk en gesond was, het saam met Petrus se woorde getuig. Priesters en owerstes

was sprakeloos. Hulle was nie in staat om Petrus se verklaring te weerlê nie, maar was

nogtans vasberade om ‘n einde aan die lering van die dissipels te maak.

Christus se vernaamste wonderwerk-die opwekking van Lasarus-het die seël op die

priesters se vasbeslotenheid geplaas, om die wêreld van Jesus en Sy wonderwerke, wat

vinnig besig was om hulle invloed op die volk te vernietig, te bevry. Hulle het Hom

36


Die Handelinge van die Apostels

gekruisig; maar hier was ‘n oortuigende bewys dat hulle nie ‘n einde aan die verrigting van

wonderwerke in Sy Naam of die verkondiging van die waarheid wat Hy verkondig het,

gemaak het nie. Die genesing van die kreupele en die prediking van die apostels het

Jerusalem reeds in beroering gehad.

Ten einde hulle verleentheid te verberg, het die priesters en owerstes beveel dat die

apostels weggeneem moes word, sodat hulle kon beraadslaag. Almal het saamgestem dat

dit nutteloos sou wees om te ontken dat die man genees was. Hulle sou graag die

wonderwerk met leuens wou toesmeer; maar dit was onmoontlik omdat dit in die volle

daglig in die teenwoordigheid van ‘n groot mensemassa verrig is en duisende het reeds

daarvan geweet. Hulle het gevoel dat daar aan die werk van die dissipels ‘n einde gemaak

moes word, anders sou talle volgelinge van Jesus toegevoeg word. Hulle eie skande sou

daarop volg, want hulle sou skuldig aan die moord op die Seun van God bevind word.

Maar nieteenstaande hul begeerte om die dissipels te vernietig, kon die priesters dit

nie waag om meer te doen as om hulle met die strengste straf te dreig indien hulle sou

voortgaan om in die Naam van Jesus te spreek of te werk nie. Hulle het hulle weer voor

die Sanhedrin gedaag en belet om in die Naam van Jesus te spreek of te leer. Maar Petrus

en Johannes het geantwoord: “Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as

God, moet julle self beslis; want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons

gesien en gehoor het nie.”

Die priesters sou graag hierdie manne vir hulle onwankelbare trou aan hul roeping

wou straf, maar hulle het die volk gevrees, “...want almal het God verheerlik oor wat gebeur

het.” Dus, met herhaalde dreigemente en bevele, is die apostels vrygelaat.

Terwyl Petrus en Johannes gevangenes was, het die ander dissipels, ten volle bewus

van die venynigheid van die Jode, onophoudelik vir hulle broeders gebid, want hulle het

gevrees dat die wreedheid waarmee Jesus behandel is, herhaal sou word. Nadat die apostels

vrygelaat is, het hulle die ander opgesoek en aan hulle verslag oor die uitslag van die

verhoor gelewer. Daar was groot vreugde onder die gelowiges. “En toe hulle dit hoor, het

hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die

aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het, wat deur die mond van U kneg Dawid

gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink? Die konings

van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy

Gesalfde. Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met Heidene en die volke

van Israel vergader teen U heilige Kind Jesus wat U gesalf het, om alles te doen wat U

hand en U raad vooruit bepaal het om plaas te vind.”

“En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan U diensknegte om met alle

vrymoedigheid U woord te spreek, deurdat U U hand uitstrek tot genesing en tekens en

wonders deur die Naam van U heilige Kind Jesus plaasvind.”

37


Die Handelinge van die Apostels

Die dissipels het gebid dat hulle met meer krag aan hulle vir hul bediening geskenk

word, want hulle het besef dat hulle dieselfde hardnekkige teëstand sou ervaar soos wat

Christus, terwyl Hy op aarde was, geken het. Terwyl hulle gesamentlike gebede in geloof

nog na die hemel opgestyg het, het die antwoord gekom. Die plek waar hulle byeen was,

is geskud en hulle is opnuut met die Heilige Gees vervul. Met harte vol moed het hulle

weer uitgegaan om die woord van God in Jerusalem te verkondig. “Met groot krag het die

apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus... ” en God het hulle pogings

op wonderbaarlike wyse geseën.

Die beginsel waarop die dissipels so onbevrees gestaan het toe hulle in antwoord op

die bevel om nie meer in die Naam van Jesus te preek nie, verklaar het: “Of dit reg is voor

God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis...” is dieselfde as die

wat die aanhangers van die evangelie in die dae van die Hervorming so hard gestry het om

te handhaaf. Toe die Duitse vorste in 1529 op die Ryksdag van Spiers byeengekom het, is

daar aan die keiser ‘n dekreet voorgelê om godsdiensvryheid aan bande te lê en die verdere

verspreiding van die hervormde leerstellings te verbied. Dit het geskyn asof die hoop van

die wêreld op die punt was om geblus te word. Sou die vorste die dekreet aanvaar? Sou die

lig van die evangelie van die groot skare wat nog in duisternis verkeer het weerhou word?

Geweldige beslissings vir die wêreld was op die spel. Diegene wat die hervormde geloof

aangeneem het, het saam vergader en hulle eenparige besluit was: “Laat ons die dekreet

verwerp. In gewetensake het die meerderheid geen gesag nie.”-Merle d’ Aubigné, History

of the Reformation, deel 13, hoofstuk 5.

Ons moet hierdie beginsel in ons tyd ferm handhaaf. Die banier van waarheid en

godsdiensvryheid wat sedertdien deur die eeue deur die stigters van die evangeliekerk en

deur die getuies van God hooggehou is, is in hierdie laaste stryd in ons hande toevertrou.

Die verantwoordelikheid vir hierdie groot gawe berus by diegene wat God met ‘n kennis

van Sy Woord geseën het. Ons moet hierdie Woord as die opperste gesag aanvaar. Ons

moet die menslike regering as ‘n ordinansie van Goddelike aanstelling erken en leer dat dit

ons heilige plig is om dit binne die wettige sfeer te gehoorsaam. Maar wanneer die eise

daarvan teenstrydig met die eise van God is, moet ons God eerstens bo mense gehoorsaam.

Die Woord van God moet as verhewe bo alle menslike wetgewing beskou word. ‘n “So sê

die Here...” mag nie tersyde gestel word vir ‘n “So sê die kerk...” of ‘n “So sê die staat...”

nie. Die kroon van Christus moet bo die krone van aardse heersers verhef word.

Daar word nie van ons verwag om die owerhede te trotseer nie. Ons woorde, ongeag

of dit gespreek of geskrewe is, moet versigtig oorweeg word, sodat ons nie onsself op

rekord plaas dat ons woorde uiter wat ons as antagonisties teenoor wet en orde laat

voorkom nie. Ons moet niks sê of doen wat ons weg onnodig sal versper nie. Ons moet in

die Naam van Christus voortgaan om die waarhede wat aan ons toevertrou is, te verkondig.

As ons deur mense verbied word om hierdie werk te doen, kan ons soos die apostels sê:

38


Die Handelinge van die Apostels

“Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;

want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

39


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 7—’n Waarskuwing Teen Huigelary

Soos die dissipels die waarhede van die evangelie in Jerusalem verkondig het, was

God ‘n getuie van hulle woord en ‘n groot menigte het geglo. Talle van daardie eerste

gelowiges is weens die ywerige dweepsug van die Jode onmiddellik van familie en vriende

geskei en dit was noodsaaklik om hulle van voedsel en herberg te voorsien.

Die verslag lui: “Want niemand onder hulle was behoeftig nie...” en dit vertel hoe daar

in die behoefte voorsien is. Die gelowiges wat geld en besittings gehad het, het dit met

blymoedigheid opgeoffer om in die nood te voorsien. Hulle het hul huise en lande verkoop

en die geld voor die apostels se voete neergelê “...en aan elkeen is uitgedeel volgens wat

hy nodig gehad het.”

Hierdie vrygewigheid van die gelowiges was die gevolg van die uitstorting van die

Heilige Gees. Die bekeerlinge tot die evangelie was “...een van hart en siel.” Een

gemeenskaplike belang het hulle beheer, naamlik die welslae van die sending wat aan hulle

opgedra is en inhaligheid het geen plek in hulle lewens gehad nie. Hulle liefde vir hul

broeders en vir die saak wat hulle voorgehou het, was groter as hulle liefde vir geld en

besittings. Hulle werke het daarvan getuig dat hulle die siele van mense van groter waarde

as aardse rykdom geag het.

So sal dit altyd wees wanneer die Gees van God beheer oor die lewe neem. Diegene

wie se harte vol van die liefde van Christus is, sal die voorbeeld van Hom wat om ons

onthalwe arm geword het, sodat ons deur Sy armoede ryk kon word, volg. Geld, tyd,

invloed-al die gawes wat hulle uit die hand van God ontvang het, sal hulle slegs as

waardevol beskou as middele om die evangeliewerk te bevorder. So was dit in die eerste

gemeente en wanneer daar in die hedendaagse kerk gesien word dat, deur die mag van die

Gees, die lidmate hulle weggedraai het van hulle liefde vir wêreldse dinge en gewillig is

om opofferings te maak sodat hulle medemense die evangelie kan hoor, sal die waarhede

wat verkondig word ‘n geweldige invloed op die hoorders uitoefen.

In skerp teenstelling met die voorbeeld van vrygewigheid van die gelowiges, was die

gedrag van Ananias en Saffira, wie se ervaring, soos deur die pen van Ingewing geskryf,

‘n donker vlek op die geskiedenis van die vroeë kerk gelaat het. Saam met ander, het hierdie

beweerde dissipels die voorreg gehad om die prediking van die evangelie deur die apostels

te hoor. Hulle was saam met ander gelowiges toe die plek waar hulle saam was, geskud is

en almal met die Heilige Gees vervul is nadat die apostels gebid het. (Handelinge 4:31). Al

die aanwesiges het onder sterk oortuiging verkeer en onder die regstreekse invloed van die

Gees van God het Ananias en Saffira beloof om die opbrengs van die verkoop van ‘n

bepaalde stuk grond aan die Here te gee.

Agterna het Ananias en Saffira die Gees bedroef deur aan gevoelens van hebsug toe

te gee. Hulle het begin spyt kry oor die belofte wat hulle gemaak het en het spoedig die

40


Die Handelinge van die Apostels

weldadige invloed van die seën wat hulle harte warm gemaak het met die begeerte om

groot dinge ten behoewe van die saak van Christus te doen, verloor. Hulle het gevoel dat

hulle oorhaastig opgetree het en dat hulle hul besluit in heroorweging moes neem. Hulle

het die saak bespreek en besluit om nie die belofte na te kom nie. Hulle het egter gesien

dat diegene wat van hulle besittings afstand gedoen het om in die behoeftes van hul meer

behoeftige broeders te voorsien, hoë aansien onder die gelowiges geniet het; en te skaam

dat hul broeders moet weet dat hulle God die besittings wat hulle plegtig aan Hom beloof

het misgun, het hulle opsetlik besluit om hulle eiendom te verkoop en voor te gee dat hulle

die opbrengs in die algemene fonds stort, maar in werklikheid ‘n groot deel daarvan vir

hulleself terug te hou. Op hierdie wyse sou hulle uit die algemene voorrade leef en

terselfdertyd ook die hoë agting van hulle broeders geniet.

Maar God haat huigelary en valsheid. Ananias en Saffira het in hulle optrede teenoor

God bedrog gepleeg; hulle het vir die Heilige Gees gelieg en hulle sonde is met spoedige

en verskriklike oordeel gestraf. Toe Ananias met sy offergawe kom, sê Petrus aan hom:

“Ananias, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die

prys van die grond agter te hou? As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En

toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart

voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.”

“En toe Ananias hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en ‘n groot vrees

het gekom oor almal wat dit gehoor het.”

“As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie?” het Petrus gevra. Geen

onregmatige invloed is op Ananias uitgeoefen wat hom gedwing het om sy besittings vir

die gemeenskaplike welsyn van almal op te offer nie. Hy het uit eie keuse opgetree. Maar

deurdat hy die dissipels probeer bedrieg het, het hy vir die Almagtige gelieg.

“Na verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval

het. En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het?

En sy sê: Ja, vir soveel. En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees

van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur

en hulle sal jou uitdra. Toe val sy onmiddellik aan sy voete neer en het gesterwe. En die

jongmanne het ingekom en haar dood gevind en haar uitgedra en by haar man begrawe. En

‘n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het.”

Oneindige Wysheid het gesien dat hierdie duidelike openbaring van die toorn van God

noodsaaklik was om die jong gemeente teen verdorwenheid te beskerm. Hulle getalle het

vinnig toegeneem. Dit sou die gemeente in gevaar gestel het indien daar as gevolg van die

vinnige aanwas, manne en vroue ingebring sou word wat, terwyl hulle voorgee om God te

dien, mammon steeds aanbid. Hierdie oordeel het getuig dat mense God nie kan bedrieg

nie, dat Hy die verborge sonde in die hart bespeur en dat Hy Hom nie laat uittart nie. Dit

41


Die Handelinge van die Apostels

was bedoel om vir die kerk ‘n waarskuwing te wees en om hulle te lei om skyn en huigelary

te vermy en op hul hoede te wees om God nie te beroof nie.

Hierdie voorbeeld van God se afkeur van hebsug, bedrog en huigelary was nie slegs

vir daardie eerste gemeente as ‘n gevaarteken bedoel nie, maar vir alle toekomstige

geslagte. Ananias en Saffira het aanvanklik hebsug gekoester. Die begeerte om ‘n deel van

wat hulle aan God beloof het vir hulself te behou, het tot bedrog en huigelary aanleiding

gegee.

God het die verkondiging van die evangelie van die arbeid en gifte van Sy volk

afhanklik gemaak. Vrywillige offergawes en die tiendes maak deel uit van die inkomste

vir die Here se werk. God eis ‘n sekere deel, naamlik ‘n tiende, van die middele wat Hy

aan die mensdom toevertrou het. Hy laat dit aan almal oor om te besluit of hulle meer as

dit wil gee. Maar wanneer die hart deur die invloed van die Heilige Gees beweeg word en

‘n sekere bedrag belowe word, het die persoon wat die belofte gemaak het, geen verdere

reg op die gewyde deel nie. Beloftes van hierdie aard aan mense, sou as bindend beskou

word; is dit wat aan God belowe is, nie meer bindend nie? Is beloftes wat in die hof van

die gewete verhoor word, dan minder bindend as skriftelike ooreenkomste met mense?

Wanneer Goddelike lig buitengewoon helder en sterk in die hart skyn, laat vaar

aangebore selfsug sy greep en is daar ‘n geneentheid om vir die saak van God te gee. Maar

niemand moet dink dat hy toegelaat sal word om sy beloftes na te kom sonder dat die Satan

beswaar maak nie. Dit behaag hom nie om te sien dat die Verlosser se koninkryk op aarde

opgebou word nie. Hy stel voor dat die belofte wat gemaak is te groot is, dat dit die gewers

se pogings om besittings te versamel, of om die begeertes van hulle gesinne te bevredig, in

die wiele kan ry.

Dit is God wat mense met eiendom seën en Hy doen dit sodat hulle in staat kan wees

om vir die bevordering van Sy saak te gee. Hy stuur die sonskyn en die reën. Hy laat die

plante groei. Hy gee gesondheid en die vermoë om geld te verdien. Al ons seëninge kom

uit Sy milde hand. Op Sy beurt wil Hy hê dat manne en vroue hulle dankbaarheid moet

bewys deur, by wyse van tiendes en offergawes, ‘n gedeelte aan Hom terug te geedankoffers,

vrywillige offergawes, soenoffers. As middele volgens hierdie Goddelike plan

na die skatkis sou instroom-’n tiende van die inkomste en milde offergawes-sal daar

oorvloediglike voorsiening wees vir die bevordering van die werk van die Here.

Maar menseharte raak as gevolg van selfsug verhard en hulle kom soos Ananias en

Saffira in die versoeking om ‘n gedeelte van die bedrag terug te hou terwyl hulle voorgee

dat hulle God se vereistes nakom. Baie mense gee ruim geld uit om hul eie begeertes te

bevredig. Manne en vroue raadpleeg hul begeertes en bevredig hulle smaak, terwyl hulle,

byna onwillig, ‘n bekrompe offergawe aan God bring. Hulle vergeet dat God eendag streng

42


Die Handelinge van die Apostels

rekenskap sal eis van hoe Sy middele gebruik is en dat Hy net so onwillig is om die karige

offergawe aan te neem as wat Hy was om Ananias en Saffira se offergawe aan te neem.

Uit die streng straf wat Hy aan daardie meinediges uitgedeel het, wil God ook hê dat

ons moet leer hoe ‘n groot haat en afsku Hy vir alle huigelary en bedrog het. Deur voor te

gee dat hulle alles gegee het, het Ananias en Saffira vir die Heilige Gees gelieg en gevolglik

het hulle hierdie lewe en ook die toekomstige lewe verloor. Dieselfde God wat hulle gestraf

het, veroordeel tans alle bedrog. Valse lippe is vir Hom ‘n gruwel. Hy verklaar dat niks in

die Heilige Stad sal ingaan “...wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie.”

(Openbaring 21:27). Laat ons nie die waarheid met ‘n ligte hand of ‘n onvaste greep hanteer

nie. Laat dit deel van die lewe word. Om van die waarheid ‘n speelbal te maak en dit te

verdraai om by ons eie selfsugtige planne te pas, beteken om in geloof skipbreuk te ly.

“Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord.” (Efesiërs 6:14). Hy wat

onwaarhede kwytraak, verkwansel sy siel op ‘n goedkoop mark. Dit mag blyk asof

onwaarhede hom in noodgevalle mag help; dit mag voorkom asof hy daarmee sy sake beter

bevorder as wat hy met eerlikheid kan doen; maar hy bereik uiteindelik die punt waar hy

niemand kan vertrou nie. Omdat hy self ‘n bedrieër is, het hy geen vertroue in ‘n ander se

woord nie.

In die geval van Ananias en Saffira is die sonde van bedrog teenoor God spoedig

gestraf. Dieselfde sonde is dikwels in die latere geskiedenis van die kerk herhaal en dit

word deur baie mense in ons tyd gepleeg. Maar, hoewel dit miskien nie deur sigbare tekens

van God se afkeur gestraf word nie, is dit tans niks minder afskuwelik in Sy oë as in die

dae van die apostels nie. Die waarskuwing is gegee: God het duidelik Sy afsku in hierdie

sonde gemanifesteer en almal wat hulle aan huigelary en hebsug skuldig maak, kan

verseker wees dat hulle hul eie siele vernietig.

43


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 8—Voor die Sanhedrin

Dit was die kruis, die instrument van smaad en marteling, wat hoop en redding na die

wêreld gebring het. Die dissipels was eenvoudige manne, sonder rykdom en met geen

wapen behalwe die Woord van God nie; nogtans het hulle in die krag van Christus

uitgegaan om die wonderlike verhaal van die krip en die kruis te vertel en om alle teëstand

te oorwin. Sonder aardse eer of erkenning, was hulle geloofshelde. Oor hulle lippe het

woorde van Goddelike welsprekendheid wat die wêreld geskud het gekom.

In Jerusalem, waar die vooroordeel die sterkste geheers het en waar die grootste

wanbegrippe oor Hom, wat as ‘n misdadiger gekruisig is geheers het, het die dissipels die

woorde van lewe steeds met vrymoedigheid gespreek. Hulle het aan die Jode die werk en

sending van Christus, Sy kruisiging, opstanding en Hemelvaart verkondig. Met verbasing

het priesters en owerstes die duidelike, vrymoedige getuienis van die apostels aangehoor.

Die krag van die verrese Heiland het inderdaad oor die dissipels gekom en hulle werk is

vergesel van wonderwerke wat die aantal gelowiges daagliks laat toeneem het. Langs die

strate waar die dissipels sou verbygaan, het mense hulle siekes “...op bedde en draagbare

gelê ... met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee, op iemand van

hulle sou val.” Ook diegene wat deur onrein geeste gepla is, is daarheen gebring. Die skare

het rondom hulle saamgedrom en diegene wat genees is, het God geloof en die Naam van

die Verlosser verheerlik.

Die priesters en owerstes het gesien dat Christus bo 78 hulle verheerlik word. Toe die

Sadduseërs, wat nie in ‘n opstanding geglo het nie, die apostels hoor verkondig dat Christus

uit die dood opgestaan het, was hulle woedend, want hulle het besef dat indien die apostels

toegelaat word om ‘n opgestane Christus te verkondig en in Sy Naam wonderwerke te

verrig, almal die leer dat daar geen opstanding is nie sou verwerp en dat die sekte van die

Sadduseërs binnekort tot niet sou gaan. Die Fariseërs was kwaad toe hulle besef dat die

dissipels se leer geneig het om die Joodse seremonies te ondermyn en die offerstelsel

nutteloos te maak.

Tot dusver was alle pogings om hierdie nuwe leer te onderdruk nutteloos; maar nou

het sowel Fariseërs as Sadduseërs hulle voorgeneem om die werk van die dissipels te

beëindig, want dit het bewys dat hulle aan die dood van Jesus skuldig was. Verontwaardig

het die priesters Petrus en Johannes met geweld gevange geneem en in die gemeenskaplike

gevangenis gesit.

Die Joodse leiers het grootliks nagelaat om God se doel vir Sy uitverkore volk te

vervul. Diegene aan wie die Here Sy waarheid toevertrou het, was ontrou aan hulle pand

en God het ander gekies om Sy werk te doen. In hulle blindheid het hierdie leiers nou vrye

teuels aan hulle sogenaamde regmatige verontwaardiging teen diegene wat hulle

geliefkoosde leerstellings verontagsaam het, gegee. Hulle wou nie eers aan die

44


Die Handelinge van die Apostels

moontlikheid toegee dat hulle die Woord moontlik nie reg verstaan het of dat hulle die

Skrifte verkeerd vertolk of toegepas het nie. Hulle het opgetree soos mense wat van hulle

sinne beroof was. Watter reg, het hulle gevra, het hierdie leraars, sommige van hulle blote

vissermanne, om idees wat teenstrydig is met die leer wat ons die volk geleer het, aan te

bied? In hulle vasberadenheid om die verkondiging van daardie leer te onderdruk, het hulle

diegene wat dit aangebied het, in die gevangenis gesit.

Die dissipels was nie deur hierdie behandeling geïntimideer of afgeskrik nie. Die

Heilige Gees het hulle aan die woorde wat Christus gespreek het herinner: “‘n Dienskneg

is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle

my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar. Maar al hierdie dinge sal hulle aan

julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie ...

Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ‘n uur dat elkeen wat julle om die lewe

bring, sal dink dat hy ‘n diens aan God bewys het ... Maar hierdie dinge het Ek vir julle

gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het.” (Johannes

15:20,21;16:2,4).

Die God van die hemel, die magtige Heerser van die heelal, het die gevangeneming

van die dissipels in Sy eie hande geneem, want mense het teen Sy werk gestry. In die nag

het die engel van die Here die tronkdeure geopen en aan die dissipels gesê: “Gaan heen,

staan en vertel in die tempel aan die volk al die woorde van hierdie lewe.” Hierdie bevel

was presies die teenoorgestelde van die Joodse leiers se bevel; maar die apostels het nie

gesê: Ons kan dit nie doen voordat ons die owerhede geraadpleeg en by hulle verlof gekry

het nie. Nee, God het gesê: “Gaan...” en hulle het gehoorsaam. “Hulle het ... vroeg in die

more in die tempel gegaan en begin leer.”

Toe Petrus en Johannes hulle opwagting onder die gelowiges maak en oorvertel hoe

die engel hulle direk deur die groep soldate wat die gevangenis bewaak het gelei het en

hulle beveel het om met die werk wat onderbreek was voort te gaan, was die broeders

verbaas en vol vreugde.

In die tussentyd het die hoëpriester en die wat saam met hom was, “...gekom en die

Raad en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaargeroep.” Die priesters en

owerstes het ooreengekom om die dissipels aan opstand skuldig te bevind en om hulle

daarvan te beskuldig dat hulle Ananias en Saffira vermoor het en dat hulle saamgesweer

het om die priesters van hulle gesag te beroof. Hulle het gehoop om die gepeupel tot so ‘n

mate op te werk, dat hulle sake in hul eie hande sou neem en die dissipels sou behandel

soos hulle Jesus behandel het. Hulle was bewus daarvan dat baie van diegene wat nie Jesus

se leer aanvaar het nie, moeg was vir die willekeurige heerskappy van die Joodse owerhede

en graag ‘n verandering wou hê. Die priesters het gevrees dat indien hierdie ontevredenes

die waarhede wat die apostels verkondig het sou aanneem en Jesus as die Messias sou

erken, die woede van die ganse volk teen die godsdienstige leiers sou draai en dat hulle dan

45


Die Handelinge van die Apostels

verantwoording vir die moord op Christus sou moes doen. Hulle het besluit om streng

stappe te neem om dit te verhoed.

Groot was hulle verbasing toe hulle die gevangenes laat haal, net om te verneem dat

die deur van die gevangenis stewig gegrendel was en dat die wagte daarby gestaan het,

maar dat die gevangenes nêrens te vinde was nie.

Spoedig het die verstommende berig gekom: “Kyk, die manne wat julle in die

gevangenis gesit het, staan in die tempel en leer die volk. Daarop gaan die hoofman met

die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie, uit vrees vir die volk dat hulle gestenig

sou word.”

Hoewel die apostels deur ‘n wonderwerk uit die gevangenis verlos is, is hulle nie die

geregtelike verhoor en straf gespaar nie. Toe Christus by hulle was, het Hy gesê: “Maar

wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke.” (Markus

13:9). Deur ‘n engel te stuur om hulle te verlos, het God hulle ‘n teken van Sy liefde en die

versekering van Sy teenwoordigheid gegee. Nou was dit hulle deel om te ly namens die

Een wie se evangelie hulle verkondig het.

Daar is in die geskiedenis van die profete en apostels talle indrukwekkende voorbeelde

van trou aan God. Christus se getuies het gevangenskap, marteling en die dood self verduur

eerder as om God se gebooie te oortree. Die verhaal van Petrus en Johannes is net so

heldhaftig soos enige ander in die evangeliebedeling. Toe hulle die tweede keer voor die

manne staan wat daarop uit was om hulle om die lewe te bring, kon daar in hulle woorde

of houding geen vrees of aarseling opgemerk word nie. En toe die hoëpriester sê: “Het ons

julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met

julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring,” het Petrus

geantwoord: “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.” Dit was ‘n

engel uit die hemel wat hulle uit die gevangenis verlos en hulle beveel het om in die tempel

te leer. Deur sy opdrag te gehoorsaam, het hulle die Goddelike bevel uitgevoer en hulle

moes ten alle koste voortgaan om dit te doen.

Toe kom die Gees van Ingewing oor die dissipels; die beskuldigdes het die aanklaers

geword en die lede van die raad van die moord op Christus beskuldig. Petrus het verklaar:

“Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n

kruishout te hang. Hom het God as Leidsman en Verlosser deur Sy regterhand verhoog om

aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. En ons is Sy getuies van hierdie dinge

en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.”

Toe die Jode die woorde hoor, was hulle so woedend dat hulle besluit het om die wet,

sonder verdere verhoor en sonder verlof van die Romeinse owerheid, in hul eie hande te

neem en die gevangenes om die lewe te bring. Hulle, wat reeds aan die bloed van Christus

skuldig was, was nou gretig om hulle hande ook met die bloed van Sy dissipels te bevlek.

46


Die Handelinge van die Apostels

Daar was egter een man in die raad wat die stem van God in die dissipels se woorde

gehoor het. Dit was Gamaliël, ‘n Fariseër van onbesproke karakter en boonop ‘n

hooggeleerde man in ‘n hoë pos. Sy helder intellek het besef dat die gewelddadigheid wat

die priesters beplan het tot verskriklike gevolge sou lei. Voordat hy die aanwesiges

toegespreek het, het hy versoek dat die gevangenes eers verwyder moes word. Hy was

bekend met die persone met wie hy te doen gehad het; hy het geweet dat die moordenaars

van Christus vir niks sou stuit om hulle plan uit te voer nie.

Toe spreek hy hulle baie vasberade en baie kalm aan: “Israeliete, pas op wat julle gaan

doen met hierdie manne; want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy

iets besonders was. By hom het ‘n aantal mense-omtrent vierhonderd-aangesluit. Hy is

gedood en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword. En

na hom het Judas, die Galileër, opgestaan, in die dae van die inskrywing en ‘n aansienlike

getal mense afvallig gemaak agter hom aan. Hy het ook omgekom en almal wat na hom

geluister het, is verstrooi. En nou sê ek vir julle, bly af van hierdie manne en laat hulle

staan; want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word; maar

as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie-dat dit nie miskien bevind word dat julle

selfs teen God stry nie.”

Die priesters het die redelikheid van hierdie sienswyse ingesien en was verplig om

met Gamaliël saam te stem. Maar hulle vooroordeel en haat kon skaars in bedwang gehou

word. Nadat hulle die dissipels gegesel en hulle weer beveel het om teen gevaar van hulle

lewens nie meer in die Naam van Jesus te preek nie, het hulle hulle baie teësinnig vrygelaat.

“Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir Sy Naam

oneer te ly. En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer

nie en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.”

Kort voordat Hy gekruisig is, het Christus aan Sy dissipels ‘n nalatenskap van vrede

bemaak. Hy het gesê: “Vrede laat Ek vir julle na, My vrede gee Ek aan julle; nie soos die

wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.”

(Johannes 14:27). Hierdie vrede is nie die vrede wat deur gelykvormigheid met die wêreld

kom nie. Christus het nooit vrede verkry deur ‘n kompromie met die bose aan te gaan nie.

Die vrede wat Christus aan Sy dissipels nagelaat het, was inwendig eerder as uitwendig en

dit sou ewig, deur stryd en twis by sy getuies bly.

Van Homself het Christus gesê: “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die

aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.” (Mattheus

10:34). Hy, die Vredevors, was juis die oorsaak van verdeeldheid. Hy wat gekom het om

die blye boodskap te verkondig en om in menseharte hoop en vreugde te skep, het ‘n stryd

wat diep brand en geweldige hartstogte laat opvlam, ontketen. En Hy waarsku Sy

volgelinge: “In die wêreld sal julle verdrukking hê.” Hulle sal “...die hande aan julle slaan

en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en

47


Die Handelinge van die Apostels

goewerneurs bring ter wille van my Naam ... Julle sal oorgelewer word ook deur ouers en

broers en bloedverwante en vriende en hulle sal van julle doodmaak.” (Johannes 16:33;

Lukas 21:12,16.)

Hierdie profesie is op ‘n duidelike wyse vervul. Elke vernedering, oneer en wreedheid

wat die Satan in die harte van mense kon aanhits om te bedink, is die volgelinge van Jesus

aangedoen. En dit sal weer op ‘n baie duidelike wyse vervul word; want die vleeslike hart

is steeds ‘n vyand van die wet van God en sal hom nooit daaraan onderwerp nie. Die wêreld

is tans geensins in groter harmonie met die beginsels van Christus as in die dae van die

apostels nie. Dieselfde haat wat tot die uitroep: “Kruisig, kruisig Hom!” aanleiding gegee

het, dieselfde haat wat tot die vervolging van die dissipels gelei het, werk steeds in die

kinders van ongehoorsaamheid. Dieselfde gees wat manne en vroue gedurende die duistere

Middeleeue tot gevangenskap, tot verbanning en selfs tot die dood veroordeel het, wat die

verfynde marteling van die Inkwisisie bedink het, wat die massamoord van die St

Bartholomeusnag beplan en uitgevoer en die brande van Smithfield aangesteek het, is

steeds aan die werk met die kwaadwillige energie van onbekeerde harte. Die geskiedenis

van die waarheid was nog altyd ‘n verhaal van die stryd tussen goed en kwaad. Die

verkondiging van die evangelie is steeds in hierdie wêreld, ondanks teëstand, gevaar,

verlies en lyding, voortgesit.

Waarin het die krag van diegene wat in die verlede om Christus se ontwil vervolging

gely het gelê? Dit was in eenheid met God, eenheid met die Heilige Gees en eenheid met

Christus. Smaad en vervolging het talle mense van hul aardse vriende geskei, maar nooit

van die liefde van Christus nie. Nooit het die Verlosser die stormgeteisterde siel meer lief

as wanneer hy namens die waarheid smaad moet verduur nie. Christus het gesê: “Ek sal

hom liefhê en My aan hom openbaar.” (Johannes 14:21). Wanneer die gelowige ten

behoewe van die waarheid voor aardse regters in die beskuldigdebank staan, is Christus

aan sy sy. Wanneer hy deur gevangenismure omsluit word, openbaar Christus Homself aan

hom en bemoedig Hy hom met Sy liefde. Wanneer hy om Christus se onthalwe om die

lewe gebring word, sê die Heiland aan hom: Hulle kan die liggaam doodmaak, maar hulle

kan die siel geen leed aandoen nie. “Hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin ... Wees

nie bevrees nie, want Ek is met jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my

reddende regterhand.” (Johannes 16:33; Jesaja 41:10).

“Die wat op die Here vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot

in ewigheid. Rondom Jerusalem is berge; so is die Here rondom Sy volk van nou af tot in

ewigheid ... Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld en hulle bloed sal kosbaar

wees in Sy oë.” (Psalm 125:1,2;72:14).

“Die Here van die leërskare sal hulle beskut ... die Here hulle God sal hulle in die dag

verlos as die kudde wat Sy volk is; want hulle is kroongesteentes wat hulle skitterend verhef

oor Sy land.” (Sagaria 9:15,16).

48


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 9—Die Sewe Diakens

“En in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar ‘n murmurering ontstaan van

die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse

versorging oor die hoof gesien is.”

Die eerste kerk het uit allerlei klasse van mense van verskeie nasionaliteite bestaan.

Tydens die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag “...het daar ... in Jerusalem Jode

gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.” (Handelinge 2:5).

Onder die aanhangers van die Hebreeuse geloof wat in Jerusalem vergader was, was

sommige wat as Griekssprekende Jode bekend was. Tussen hulle en die Jode van Palestina

het daar lank reeds wantroue en vyandskap bestaan.

Die harte van diegene wat onder die bearbeiding van die apostels tot inkeer gekom

het, is deur middel van Christelike liefde versag en verenig. Ondanks hulle voormalige

vooroordeel was almal eensgesind teenoor mekaar. Die Satan het geweet dat hy, vir solank

daardie eensgesindheid bestaan, magteloos sou wees om die vooruitgang van die evangelie

te stuit; en hy het gepoog om voordeel uit hul vroeëre denkwyses te put in die hoop dat hy

daardeur in staat sou wees om elemente van onenigheid in die kerk in te bring.

So het dit gebeur dat, namate die getal dissipels toegeneem het, die vyand daarin

geslaag het om agterdog onder sommiges, wat voorheen daaraan gewoond was om hul

geloofsgenote met agterdog te bejeën en om hulle geestelike leiers te kritiseer, te wek en

so “...het daar ‘n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs.”

Die oorsaak van die klagte was ‘n beweerde verwaarlosing van die Griekssprekende

weduwees in die daaglikse verspreiding van hulp. Enige ongelykheid sou teenstrydig met

die gees van die evangelie gewees het, maar tog het die Satan daarin geslaag om agterdog

te wek. Daar moes onmiddellik opgetree word om enige geleentheid vir ontevredenheid uit

die weg te ruim sodat die vyand nie in sy poging om verdeeldheid onder die gelowiges te

saai, sou slaag nie.

Die dissipels van Jesus het ‘n krisis in hulle ervaring bereik. Onder die wyse leiding

van die apostels wat eensgesind in die krag van die Heilige Gees gearbei het, het die werk

wat aan die boodskappers van die evangelie toevertrou was, spoedig uitgebrei. Die kerk

het voortdurend gegroei en die aanwas in die getal lidmate het ‘n toenemende groter las op

die leiers gelê. Geen enkele persoon, of selfs groep van persone kon volhou om hierdie

laste alleen te dra sonder om die toekomstige voorspoed van die kerk in gevaar te stel nie.

Dit was nodig vir ‘n verdere verspreiding van die verantwoordelikhede wat in die vroeë

dae van die kerk so getrou deur ‘n paar manne gedra is. Die apostels moes nou ‘n belangrike

stap neem om die orde van die evangeliewerk te vervolmaak deur die laste wat tot dusver

deur hulleself gedra is, op ander te lê.

49


Die Handelinge van die Apostels

Die apostels het ‘n vergadering van die gelowiges byeengeroep en is deur die Heilige

Gees gelei om ‘n plan vir ‘n beter organisering van al die werkkragte van die kerk uiteen

te sit. Die tyd het aangebreek, het die apostels verklaar, dat die geestelike leiers wat toesig

oor die kerk moes hou, van die taak om na die armes om te sien en ander soortgelyke laste

onthef moes word, sodat hulle vry kon wees om die evangelie ongehinderd te verkondig.

Hulle het gesê: “Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol

van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; maar ons

sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.” Hierdie raad is gevolg en deur

gebed en die oplegging van hande is sewe manne gekies en plegtig afgesonder vir hulle

pligte as diakens.

Die aanstelling van die sewe om oor spesifieke lyne van werk toesig te hou, het ‘n

groot seën vir die kerk blyk te wees. Hierdie ampsdraers het met omsigtigheid aandag aan

persoonlike behoeftes geskenk en ook die algemene geldsake van die gemeente behartig

en deur hulle versigtige bestuur en godvrugtige voorbeeld, was hulle van besondere hulp

vir hul mede-ampsdraers om die verskillende belange van die kerk in ‘n geheel saam te

bind.

Dat hierdie stap in ooreenstemming met die plan van God was, het geblyk uit die

onmiddellike gevolge ten goede wat waargeneem is. “Die woord van God het toegeneem

en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder en ‘n groot menigte van

priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.” Hierdie insameling van siele was tot ‘n

groot mate toe te skryf aan die groter vryheid wat aan die apostels gegee is en aan die ywer

wat die sewe diakens aan die dag gelê het. Die feit dat hierdie broeders georden was om

veral na die behoeftes van die armes om te sien, het hulle nie verhoed om in die geloof te

onderrig nie. Inteendeel, hulle was ten volle bekwaam om ander in die waarheid te onderrig

en het die werk met groot ywer en welslae onderneem.

Aan die vroeë kerk is ‘n steeds groeiende taak toevertrou, naamlik om sentrums van

lig en seën te vestig, oral waar opregte siele gewillig was om hulle aan die diens van

Christus te wy. Die verkondiging van die evangelie moes van wêreldwye omvang wees en

die boodskappers van die kruis kon nie verwag om hulle belangrike sending te vervul tensy

hulle met die bande van Christelike eenheid verenig sou bly en so aan die wêreld toon dat

hulle een met God in Christus was nie. Het hulle Goddelike Leier dan nie tot die Vader

gebid: “Bewaar in U Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos

Ons... ” nie? En het Hy nie van Sy dissipels gesê: “Die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle

nie van die wêreld is nie”? Het Hy die Vader nie gesmeek dat hulle “...volkome een...”

moes wees “...sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het...” nie? (Johannes

17:11,14,23,21). Hulle geestelike lewe en krag was afhanklik van ‘n noue verbinding met

die Een van wie hulle die opdrag ontvang het om die evangelie te verkondig.

50


Die Handelinge van die Apostels

Slegs in verbondenheid met Christus kon die dissipels op die begeleidende krag van

die Heilige Gees en die medewerking van die hemelse engele hoop. Met behulp van hierdie

Goddelike hulpmiddels sou hulle aan die wêreld ‘n verenigde front kon toon en die

oorwinning in die stryd wat hulle noodgedwonge voortdurend teen die magte van die

duisternis moes voer, behaal. Solank hulle sou voortgaan om saam te werk, sou hemelse

boodskappers voor hulle uitgaan om die weg voor te berei; harte sou ontvanklik vir die

waarheid wees en talle sou vir Christus gewin word. Solank hulle eensgesind sou bly, sou

die kerk uitgaan ” mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met

vaandels” (Hooglied 6:10). Niks kon die vooruitgang daarvan weerstaan nie. Die kerk sou

van oorwinning tot oorwinning vooruitgaan en sy Goddelike roeping, naamlik die

verkondiging van die evangelie aan die wêreld, glorieryk vervul.

Die organisasie van die gemeente in Jerusalem moes as voorbeeld vir die organisasie

van gemeentes in elke ander plek dien waar die boodskappers van die waarheid bekeerlinge

tot die evangelie sou maak. Diegene aan wie die algemene toesig van die gemeente opgedra

is, moes nie oor die erfdeel van die Here heers nie, maar hulle moes, soos verstandige

herders “...oor die kudde van God...” toesig hou “...as voorbeelde vir die kudde.” (1 Petrus

5:2,3); en die diakens moes manne “...van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en

wysheid...” wees. Hierdie manne moes verenig aan die kant van die reg stelling neem en

dit met vasberadenheid en beslistheid handhaaf. So sou hulle ‘n saambindende invloed op

die kudde hê.

Later in die geskiedenis van die vroeë kerk, toe ‘n groot aantal gelowiges in verskeie

dele van die wêreld in gemeentes verenig was, is die organisasie van die kerk verder

vervolmaak, sodat die orde en eensgesinde samewerking gehandhaaf kon word. Elke lid is

gemaan om sy deel goed te doen. Elkeen moes die talente wat aan hom toevertrou was, met

wysheid gebruik. Sommige is deur die Heilige Gees met besondere gawes bedeel-“...in die

eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna

genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale... ” (1 Korinthiërs

12:28). Maar al hierdie klasse werkers moes eensgesind saamwerk.

“Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is

verskeidenheid van bedieninge en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van

werkinge en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Maar aan elkeen word die

openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur

die Gees ‘n woord van wysheid gegee en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë

dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees en aan ‘n ander genadegawes

van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander

profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n

ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen

afsonderlik uitdeel soos Hy wil. Want net soos die liggaam een is en baie lede het en al die

51


Die Handelinge van die Apostels

lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.” (1 Korinthiërs

12:4¬12).

Dit is ernstige verantwoordelikhede wat op diegene rus wat geroep is om as leiers in

die kerk van God op aarde op te tree. In die dae van die teokrasie, toe Moses probeer het

om alleen die laste te dra wat so swaar was dat hy daaronder sou beswyk het, het Jetro hom

aangeraai om ’n wyse verdeling van die verantwoordelikhede te beplan. Jetro se raad was:

“Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jy die sake

voor God en onderrig hulle in die insettinge en die wette en maak hulle die weg bekend

waarop hulle moet gaan en die werk wat hulle moet doen.” Verder het Jetro aan die hand

gedoen dat hy “...owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en

owerstes oor tien...” moes aanstel. Hulle moes “...bekwame manne...” wees “...wat God

vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat.” Hulle moes “...voortdurend oor die

volk die regspraak uitoefen...” sodat Moses vrygestel kon word van die vermoeiende

verantwoordelikheid om voortdurend aandag aan geringer sake te skenk, wat deur

toegewyde helpers met wysheid besleg kon word.

Die tyd en krag van diegene wat in die voorsienigheid van God in verantwoordelike

posisies van leierskap in die kerk geplaas is, behoort aan belangriker sake wat besondere

wysheid en ruimhartigheid vereis, bestee te word. God het nie bedoel dat daar op sodanige

persone ‘n beroep gedoen moes word om minderwaardige sake te besleg, wat deur ander

wat goed gekwalifiseer daarvoor is, hanteer kan word nie. Jetro het aan Moses voorgestel:

“Al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self

regspreek. Maak dit so ligter vir jou en laat hulle saam met jou dra. As jy dit doen en God

jou dit beveel, kan jy uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.”

Ooreenkomstig hierdie plan het Moses “...bekwame manne uit die hele Israel gekies

en hulle as hoofde oor die volk aangestel-owerstes oor duisend, owerstes oor honderd,

owerstes oor vyftig en owerstes oor tien. En hulle het voortdurend oor die volk regspraak

uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self

reggespreek.” (Exodus 18:19-26).

Toe Moses later sewentig van die oudstes kies om saam met hom die

verantwoordelikheid van die leierskap te dra, het hy daarvoor gesorg dat die manne wat hy

as helpers gekies het, waardige manne met gesonde oordeel en ondervinding was. Toe hy

daardie oudstes tydens hulle ampsaanvaarding toegespreek het, het hy die hoedanighede

beskryf wat ‘n man moet besit om ‘n wyse bestuurder in die gemeente te wees. Moses het

gesê: “Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen ‘n man en sy broer en die

vreemdeling wat by hom is. Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein

sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die gereg is die saak van

God.” (Deuteronomium 1:16,17).

52


Die Handelinge van die Apostels

Teen die einde van sy bewind het koning Dawid ‘n plegtige opdrag aan diegene wat

die las van die werk van God in sy tyd gedra het gegee. Hy het “...al die owerstes van Israel,

die stamowerstes en die owerstes van die afdelings wat in die koning se diens was en die

owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd en die owerstes oor al die besittings en

vee van die koning en van sy seuns, saam met die hofdienaars en die helde en elke dapper

man in Jerusalem bymekaar laat kom.” Toe het die bejaarde koning hulle plegtig beveel

“...voor die oë van die hele Israel, die vergadering van die Here en voor die ore van onse

God: Onderhou en soek al die gebooie van die Here julle God.” (1 Kronieke 28:1,8).

Aan Salomo wat geroep was om ‘n pos van verantwoordelike leierskap in Israel te

vul, het Dawid ‘n spesiale opdrag gegee: “En jy, my seun Salomo, ken die God van jou

vader en dien Hom met ‘n volkome hart en met ‘n gewillige siel, want die Here deursoek

al die harte en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom

deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot. Kyk nou, die Here

het jou verkies ... wees sterk.” (1 Kronieke 28:9,10).

Dieselfde beginsels van vroomheid en geregtigheid wat die leiers onder God se volk

in die dae van Moses en van Dawid moes volg, moes ook deur diegene wat oor die pasgestigte

kerk van God in die evangeliebedeling moes toesig hou, gevolg word. In die werk

om die sake van al die kerke in orde te bring en geskikte manne in te seën om as ampsdraers

te dien, het die apostels hulle by die hoë maatstaf van leierskap gehou wat in die Geskrifte

van die Ou Testament uiteengesit is. Hulle het volgehou dat elkeen wat die

verantwoordelikheid van leierskap in die gemeente aanvaar, “...as ‘n rentmeester van God

onberispelik...” moet wees, “...nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen

vuilgewinsoeker nie; maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een

wat homself beheers; een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is,

sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers

te weerlê.” (Titus 1:7-9).

Die orde wat in die vroeë Christelike kerk gehandhaaf is, het dit vir hulle moontlik

gemaak om soos ‘n goed gedissiplineerde leër, wat met die wapenrusting van God beklee

is, soos een man voort te beweeg. Hoewel die groep gelowiges oor ‘n groot gebied verstrooi

was, was hulle almal lede van een liggaam; almal het eendragtig en in harmonie met mekaar

beweeg. Wanneer daar in ‘n plaaslike gemeente tweedrag ontstaan het, soos later wel in

Antiochië en elders gebeur het en die gelowiges nie in staat was om eenstemmigheid onder

mekaar te bereik nie, is sulke sake nie toegelaat om verdeeldheid in die gemeente te

veroorsaak nie. Dit is na ‘n algemene raadsitting van al die gelowiges verwys, wat uit

aangestelde afgevaardigdes uit die verskeie gemeentes, met die apostels en ouderlinge as

verantwoordelike leiers, bestaan het. Op hierdie wyse is die pogings van die Satan om die

kerk op geïsoleerde plekke aan te val, deur die gesamentlike optrede van almal die hoof

gebied en die planne van die vyand om te ontwrig en te vernietig, is gedwarsboom.

53


Die Handelinge van die Apostels

“God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die

heiliges.” (1 Korinthiërs 14:33). Hy vereis dat orde en stelsel vandag, nie minder as in die

dae van die ou tyd nie, in die hantering van kerklike sake gehandhaaf moet word. Hy

verlang dat Sy werk met deeglikheid en presisie voortgesit moet word sodat Hy die seël

van Sy goedkeuring daarop kan druk. Christen moet met Christen verenig wees, gemeente

met gemeente, die menslike medewerker in samewerking met Goddelikheid, die menslike

werktuig onderdanig aan die Heilige Gees en almal verenig om aan die wêreld die blye

boodskap van die genade van God te bring.

54


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 10—Die Eerste Christen Martelaar

Stefanus, die leier van die sewe diakens, was ‘n man van diepe vroomheid en groot

geloof. Alhoewel hy ‘n gebore Jood was, het hy die Griekse taal gepraat en was vertroud

met die gewoontes en maniere van die Grieke. Hy het dus die geleentheid gehad om die

evangelie in die sinagoges van die Griekssprekende Jode te verkondig. Hy was baie aktief

in die saak van Christus en het sy geloof met vrymoedigheid verkondig. Geleerde rabbi’s

en wetgeleerdes het in openbare besprekings met hom betrokke geraak en verwag om ‘n

maklike oorwinning te behaal, “...maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy

gespreek het, nie weerstaan nie.” Hy het nie net deur die krag van die Heilige Gees gespreek

nie, maar dit was duidelik dat hy ‘n student van die profesieë was en geleerd in alle sake

van die wet. Met bekwaamheid het hy die waarhede wat hy voorgestaan het verdedig en sy

teëstanders volkome verslaan. Aan hom is die belofte vervul: “Neem julle dan in jul harte

voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie. Want Ek sal aan julle woorde en

wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.” (Lukas

21:14,15).

Soos die priesters en owerstes die krag wat met Stefanus se prediking gepaard gegaan

het opgemerk het, is hulle met bittere haat vervul. In plaas van toe te gee aan die getuienis

wat hy aangebied het, was hulle vasbeslote om sy stem stil te maak deur hom te dood. By

verskeie geleenthede het hulle die Romeinse owerheid omgekoop om sonder kommentaar

gevalle oor die hoof te sien waar die Jode die wet in eie hande geneem en gevangenes

volgens hul eie volksgebruike verhoor, gevonnis en tereggestel het. Die vyande van

Stefanus het nie daaraan getwyfel dat hulle weer dieselfde weg kon volg, sonder om hulself

in gevaar te stel nie. Hulle was vasbeslote om die gevolge te waag en het derhalwe beslag

op hom gelê en hom voor die Sanhedrin gebring om verhoor te word.

Geleerde Jode uit die omliggende lande is ingeroep om die gevangene se argumente

te weerlê. Saulus van Tarsus was ook teenwoordig en het ‘n leidende rol in die geding teen

Stefanus gespeel. Hy het die gewig van welsprekendheid en die logika van die rabbi’s op

die saak toegepas om die volk te oortuig dat Stefanus misleidende en gevaarlike

leerstellings verkondig; maar in Stefanus het hy iemand ontmoet wat die bedoeling van

God ten volle begryp in die verspreiding van die evangelie aan ander nasies.

Omdat die priesters en owerstes nie opgewasse was teen die duidelike, kalme wysheid

van Stefanus nie, het hulle besluit om van hom ‘n voorbeeld te maak. En terwyl hulle

sodoende hul wraaksug en haat sou bevredig, sou hulle ander, uit vrees, verhoed om hierdie

geloof te aanvaar. Getuies is gehuur om valse getuienis, dat hulle hom lasterlike woorde

teen die wet en teen die tempel hoor spreek het, te lewer. “Ons het hom hoor sê...” het die

getuies beweer, “...hierdie Jesus, die Nasarener, sal hierdie plek afbreek en die sedes wat

Moses aan ons oorgelewer het, verander.”

55


Die Handelinge van die Apostels

Soos Stefanus van aangesig tot aangesig voor sy regters gestaan het om op die aanklag

van godslastering te antwoord, het daar ‘n heilige glans op sy aangesig gerus. “En terwyl

almal wat in die Raad sit, hul oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van

‘n engel was.” Baie wat daardie lig gesien het, het gebewe en hulle gesigte bedek, maar die

hardnekkige ongeloof en vooroordeel van die owerstes het nie gewankel nie.

Toe Stefanus aangaande die waarheid van die beskuldigings teen hom ondervra is, het

hy met ‘n helder, deurdringende stem, wat deur die regsaal weerklink het, met sy

verdediging begin. Met woorde wat die vergadering in verrukking gehad het, het hy die

geskiedenis van die uitverkore volk van God herhaal. Hy het ‘n grondige kennis van die

Joodse bedeling en die geestelike vertolking daarvan, soos dit nou in Christus geopenbaar

is, aan die dag gelê. Hy het die woorde van Moses wat van die Messias voorspel het

aangehaal: “Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek uit julle broers net soos ek

is; na Hom moet julle luister.” Hy het sy eie lojaliteit aan God en aan die Joodse geloof

duidelik gestel, terwyl hy daarop gewys dat die wet waarop die Jode vir hulle verlossing

vertrou het, Israel nie van afgodery kon red nie. Hy het Jesus Christus met die ganse Joodse

geskiedenis verbind. Hy het na die oprigting van die tempel deur Salomo verwys en na die

woorde van beide Salomo en Jesaja: “Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met

hande gemaak is nie, soos die profeet sê: Die hemel is My troon en die aarde die voetbank

van My voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek

van My rus? Het My hand nie al hierdie dinge gemaak nie?”

Toe Stefanus hierdie punt bereik, was daar ‘n beroering onder die volk. Toe hy

Christus met die profesieë verbind en op hierdie wyse oor die tempel praat, het die priester,

wat voorgegee het dat hy met afgryse vervul was, sy kleed geskeur. Hierdie daad was ‘n

teken vir Stefanus dat sy stem spoedig vir ewig gestil sou word. Hy het die weerstand teen

sy woorde gewaar en geweet dat hy sy laaste getuienis lewer. Hoewel hy in die middel van

sy preek was, het hy dit plotseling afgesluit.

Skielik het hy die verloop van die geskiedenis wat hy gevolg het onderbreek en hom

tot sy verwoede regters met die uitroep gewend: “Julle hardnekkiges en onbesnedenes van

hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.

Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat

vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en

moordenaars geword het; julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het en

tog nie onderhou het nie!”

Hierop was die priesters en owerstes buite hulself van woede. Hulle het meer soos

roofdiere as mense opgetree en het met ‘n gekners van tande op Stefanus afgestorm. Die

gevangene het sy lot op die gesigte om hom gelees, maar hy het nie gewankel nie. Vir hom

het die vrees vir die dood gewyk. Die verwoede priesters en opgewonde gepeupel het vir

hom geen verskrikking ingehou nie. Die toneel voor hom het uit sy sig verdwyn. Vir Hom

56


Die Handelinge van die Apostels

het die hemelpoorte oopgegaan en terwyl hy daar inkyk, sien hy die heerlikheid van die

howe van God en Christus, asof Hy pas van Sy troon opgestaan het om Sy dienskneg te

onderskraag. Triomfantlik het Stefanus uitgeroep: “Kyk, ek sien die hemele geopend en

die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.”

Sy beskrywing van die heerlike toneel waarop sy oë gerus het, was meer as wat sy

vervolgers kon verduur. Hulle het hul ore toegestop sodat hulle nie sy woorde kon hoor nie

en met harde uitroepe eendragtig op hom afgestorm en “...hom buitekant die stad uitgewerp

... En hulle het Stefanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang

my gees! En hy het op sy knieë neergeval en met ‘n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle

hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.”

Geen wettige vonnis is oor Stefanus uitgespreek nie, maar die Romeinse owerheid is

met groot somme geld omgekoop om nie die saak te ondersoek nie.

Die marteldood van Stefanus het ‘n diep indruk op almal wat dit aanskou het gemaak.

Die herinnering aan die seël van God op sy gesig, sy woorde wat die siele van sy

toehoorders aangeraak het, het in die geheue van die toeskouers gebly en getuig van die

waarheid van wat hy verkondig het. Sy dood was ‘n ernstige beproewing vir die kerk, maar

dit het die bekering van Saulus tot gevolg gehad, wat die geloof en standvastigheid van die

martelaar en die heerlikheid wat op sy aangesig gerus het, nie uit sy geheue kon verban nie.

Met die verhoor en dood van Stefanus was dit asof Saulus met ‘n waansinnige ywer

vervul was. Hy het hom agterna vererg oor sy eie heimlike oortuiging dat Stefanus deur

God vereer is op dieselfde tyd wat hy deur mense onteer is. Saulus het voortgegaan om die

kerk van God te vervolg. Hy het jag op die lede jag gemaak, hulle in hul huise gegryp en

aan die priesters en owerstes vir gevangenskap en die dood oorgelewer. Die vurige ywer

waarmee hy sy werk van vervolging voortgesit het, het verskrikking onder die Christene

in Jerusalem veroorsaak. Die Romeinse owerhede het geen besondere poging aangewend

om die wrede werk te keer nie en het die Jode heimlik gehelp, met die doel om hulle te paai

en hulle guns te wen.

Na die dood van Stefanus is Saulus, uit erkentlikheid vir die rol wat hy tydens daardie

geleentheid gespeel het, tot lid van die Sanhedrin gekies. ‘n Tyd lank was hy ‘n magtige

werktuig in die hande van Satan in die voortsetting van sy opstand teen die Seun van God.

Maar binnekort sou hierdie meedoënlose vervolger sy kragte inspan tot uitbreiding van die

kerk wat hy tans besig was om af te breek. Een wat magtiger is as die Satan het Saulus

uitgekies om die gemartelde Stefanus se plek in te neem en Sy Naam te verkondig en

daarvoor te ly en om die boodskap van verlossing deur Sy bloed wyd en syd te versprei.

57


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 11—Die Evangelie in Samaria

Na die dood van Stefanus het daar teen die gelowiges in Jerusalem so ‘n meedoënlose

vervolging ontstaan dat almal “...oor die streke van Judea en Samaria...” verstrooi is.

“Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en

in die gevangenis oorgelewer.” Later het hy aangaande sy ywer vir hierdie wrede werk

gesê: “Ek het gemeen dat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasarener

moes doen. Dit het ek ook in Jerusalem gedoen; en ek het baie van die heiliges in

gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriesters volmag verkry het En in al die

sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster; en ek het uitermate teen

hulle gewoed en hulle vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.” Dat Stefanus nie al een

is wat gesterf het nie, blyk uit Saulus se eie woorde: “So dikwels as hulle omgebring is, het

ek my toestemming gegee.” (Handelinge 26:9-11).

In hierdie gevaarlike tyd het Nikodemus onbevrees na vore getree en sy geloof in die

gekruisigde Heiland bely. Nikodemus was ‘n lid van die Sanhedrin en is saam met ander

deur die leer van Jesus beweeg. Toe hy die wonderwerke van Jesus sien, het hy tot die

oortuiging gekom dat Hy die Een is wat deur God gestuur is. Hy was te trots om openlik

te erken dat hy hom tot die Galilese Leraar aangetrokke gevoel het, maar het ‘n geheime

onderhoud met Hom gevoer. Tydens daardie onderhoud het Jesus die verlossingsplan en

Sy sending aan die wêreld aan Nikodemus verduidelik, maar hy het steeds geaarsel. Hy het

die waarheid in sy hart verberg en drie jaar lank was daar skynbaar geen vrugte nie. Maar

alhoewel Nikodemus Christus nie in die openbaar erken het nie, het hy herhaaldelik in die

Sanhedrin daarin geslaag om die planne van die priesters om Hom te dood, te verydel.

Nadat Christus uiteindelik aan die kruis verhoog was, het Nikodemus die woorde onthou

wat tydens daardie nagtelike onderhoud op die Olyfberg tot hom gespreek is: “Soos Moses

die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word...”

(Johannes 3:14); en het hy in Jesus die Verlosser van die wêreld gesien.

Saam met Josef van Arimathea het Nikodemus die koste van Jesus se begrafnis gedra.

Die dissipels was bevrees om hulle openlik as volgelinge van Christus te vertoon, maar

Nikodemus en Josef het hulle onverskrokke te hulp gekom. Die hulp van hierdie ryk en

geëerde manne was in daardie donker uur baie nodig. Hulle kon vir hulle gestorwe Meester

doen wat vir die arm dissipels onmoontlik was om te doen; en hulle rykdom en invloed het

hulle in ‘n groot mate teen die boosheid van die priesters en owerstes beskerm.

En nou, toe die Jode gepoog het om die jong kerk tot niet te maak, het Nikodemus

opgetree om hulle te verdedig. Hy het nou nie meer versigtig en onseker opgetree nie, maar

die geloof van die dissipels aangemoedig en sy rykdom gebruik om die kerk in Jerusalem

te ondersteun en om die evangeliewerk te bevorder. Diegene wat hom vroeër eerbiedig het,

het hom nou verag en vervolg en hy het arm aan aardse besittings geword; nogtans het hy

nie in die verdediging van sy geloof geweifel nie.

58


Die Handelinge van die Apostels

Die vervolging wat oor die gemeente in Jerusalem gekom het, het groot stukrag aan

die evangeliewerk verleen. Die bediening van die woord in daardie plek is met sukses

bekroon en die gevaar het bestaan dat die dissipels te lank daar sou talm sonder om ag te

gee op die Verlosser se opdrag om na die hele wêreld te gaan. Hulle het vergeet dat die

krag om boosheid te weerstaan verkry word deur tot die aanval oor te gaan en begin dink

dat dit hul belangrikste werk was om die gemeente in Jerusalem teen die aanslae van die

vyand te beskerm. In plaas daarvan om die nuwe bekeerlinge op te lei om die evangelie na

diegene wat dit nog nie gehoor het nie uit te dra, het hulle gevaar geloop om ‘n koers te

volg wat almal tevrede sou laat wees met wat reeds bereik is. Om Sy verteenwoordigers

verder te versprei waar hulle vir ander kon werk, het God toegelaat dat hulle vervolg word.

Toe hulle uit Jerusalem verdryf is, het die gelowiges “...die land deurgegaan en die woord

van die evangelie verkondig.”

Onder diegene aan wie die Heiland die opdrag gegee het: “Gaan dan heen, maak

dissipels van al die nasies... ” (Mattheus 28:19), was baie uit nederige lewenskringe-manne

en vroue wat hulle Here liefgekry het en vasberade was om Sy voorbeeld van onselfsugtige

diens na te volg. Aan hierdie nederiges sowel as die dissipels, het die Verlosser gedurende

Sy bediening op aarde ‘n kosbare pand toevertrou. Hulle moes die blye boodskap van

verlossing deur Christus na die wêreld neem.

Toe hulle deur vervolging verstrooi is, het hulle vol ywer vir die sendingwerk

uitgegaan. Hulle het die verantwoordelikheid van hulle sending besef. Hulle het geweet dat

hulle die lewensbrood vir ‘n hongerige wêreld in hulle hande gehou het; en hulle is deur

die liefde van Christus gedring om daardie brood vir almal wat behoeftig is te breek. Die

Here het deur hulle gewerk. Oral waar hulle gegaan het, is siekes genees en is die evangelie

aan die armes verkondig.

Filippus, een van die sewe diakens, was onder diegene wat uit Jerusalem gedryf is. Hy

“...het afgekom in ‘n stad van Samaria en Christus aan hulle verkondig. En die skare het

eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat

hy doen. Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan ... en

baie wat lam en kreupel was, het gesond geword. En daar was groot blydskap in daardie

stad.”

Christus se boodskap aan die Samaritaanse vrou met wie Hy by die put gepraat het,

het vrugte gelewer. Nadat sy Sy woorde aangehoor het, het die vrou na die manne van die

stad gegaan en gesê: “Kom kyk ‘n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy

nie miskien die Christus nie?” Hulle het saam met haar gegaan, Jesus aangehoor en in Hom

geglo. In hulle gretigheid om meer te hoor, het hulle Hom gesoebat om langer te bly. Twee

dae lank het Hy by hulle gebly “...en baie meer het op grond van sy woord geglo.”

(Johannes 4:29,41).

59


Die Handelinge van die Apostels

En toe die dissipels uit Jerusalem verdryf is, het sommige van hulle ‘n veilige oord in

Samaria gevind. Die Samaritane het hierdie boodskappers van die evangelie verwelkom en

die Joodse bekeerlinge het ‘n kosbare oes onder diegene wat voorheen hulle bitterste

vyande was, ingesamel.

Filippus se werk in Samaria is met besondere sukses bekroon en daardeur

aangemoedig, het hy hulp uit Jerusalem ontbied. Die apostels het Christus se woorde nou

beter verstaan: “Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en

Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.” (Handelinge 1:8).

Terwyl Filippus nog in Samaria was, het ‘n hemelse boodskapper hom beveel: “Staan

op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. ... Toe het hy

opgestaan en gegaan.” Hy het nie oproep bevraagteken of geaarsel om te gehoorsaam nie;

want hy het die les van instemming met die wil van God geleer.

“En daar was ‘n man van Ethiopië, ‘n hofdienaar, ‘n staatsamptenaar van Kandacé,

die koningin van die Ethiopiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om

te aanbid. En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees.”

Hierdie Ethiopiër was ‘n man van aansien en verreikende invloed. God het gesien dat hy,

wanneer hy hom sou bekeer, die lig wat hy ontvang het aan ander sou gee en dat hy ‘n sterk

invloed ten gunste van die evangelie sou uitoefen. Engele van die Here het hierdie soeker

na lig begelei en hy is nader aan die Heiland getrek. Deur die bediening van die Heilige

Gees het die Here hom in aanraking gebring met iemand wat hom na die lig kon lei.

Filippus is aangesê om na die Ethiopiër te gaan en die profesie wat hy gelees het aan

hom te verduidelik. “Gaan daarheen...” het die Gees gesê “...en bly by daardie wa.” Toe hy

nader kom, vra Filippus die Ethiopiër: “Verstaan u wel wat u lees? En hy antwoord: Hoe

kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom

te kom sit.” Die skrifgedeelte wat hy gelees het, was Jesaja se profesie aangaande Christus:

“Soos ‘n skaap is Hy gelei om geslag te word en soos ‘n lam wat stom is voor die een wat

hom skeer, so maak Hy Sy mond nie oop nie. In Sy vernedering is Sy oordeel weggeneem

en wie sal Sy geslag beskrywe? Want Sy lewe word van die aarde weggeneem.”

“Van wie sê die profeet dit...” het die hofdienaar gevra, “...van homself of van iemand

anders?” Toe maak Filippus die groot waarheid aangaande die verlossing vir hom oop. Hy

het by daardie selfde skrifgedeelte begin en “...Jesus aan hom verkondig.”

Die man se hart was geroer met belangstelling namate die Skrifte aan hom verduidelik

is; en toe die dissipel klaar gepraat het, was hy gereed om die lig wat hy ontvang het, aan

te neem. Hy het nie sy hoë pos in die wêreld as verskoning gebruik om die evangelie te

verwerp nie. “Terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê

vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? Toe sê Filippus: As u glo

met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun

60


Die Handelinge van die Apostels

van God is. En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water

afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.”

“En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik

weggevoer en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap

gereis. Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie

verkondig in al die stede, totdat hy in Cesárea gekom het.”

Hierdie Ethiopiër was verteenwoordigend van ‘n groot klas mense wat deur

sendelinge soos Filippus onderrig moes word-manne wat die stem van God sal hoor en sal

gaan waar Hy hulle stuur. Daar is baie wat die Skrifte lees wat nie die ware betekenis

daarvan verstaan nie. Regdeur die wêreld kyk mense verlangend op na die hemel. Gebede,

trane en navrae gaan op van siele wat na lig, genade en die Heilige Gees verlang. Baie staan

op die drumpel van die koninkryk en wag om ingeneem te word.

’n Engel het Filippus na die een gelei wat na lig gesoek het en gereed was om die

evangelie te ontvang en vandag sal engele die voetstappe van diegene wat die Heilige Gees

sal toelaat om hulle tonge te heilig en hulle harte te reinig en te veredel, rig. Die engel wat

na Filippus gestuur is, kon die werk vir die Ethiopiër self gedoen het, maar dit is nie die

wyse waarop God te werk gaan nie. Sy plan is dat mense vir hul medemens moet werk.

Gelowiges in elke eeu het ‘n aandeel gehad in die pand wat aan die eerste dissipels

toevertrou is. Aan elkeen wat die evangelie ontvang het, is heilige waarhede om aan die

wêreld te verkondig toevertrou. God se getroue volk was altyd ywerige sendelinge wat

hulle rykdom aan die eer van Sy Naam gewy en hulle talente met wysheid in Sy diens

gebruik het.

Die onselfsugtige werk van die Christene van die verlede behoort vir ons ‘n objekles

en inspirasie te wees. Die lede van God se kerk moet goeie werke ywerig nastreef, wat

hulle van wêreldse eersug skei en in die voetspore van Hom wat rondgegaan het om goed

te doen, volg. Met harte vol medelyde en barmhartigheid moet hulle vir hulpbehoewendes

werk en ‘n kennis van die liefde van die Heiland aan sondaars bring. Werk van hierdie aard

vereis moeisame inspanning, maar dit bring ‘n ryke beloning. Diegene wat met opregtheid

van doel daaraan deelneem, sal siele wat vir die Heiland gewen word aanskou, want die

invloed wat met die uitvoer van die Goddelike opdrag gepaard gaan, is onweerstaanbaar.

Die verantwoordelikheid om uit te gaan en hierdie opdrag uit te voer, rus nie net op

die geordende predikant nie. Elkeen wat Christus ontvang het, word geroep om vir die

redding van sy medemens te werk. “Die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor,

sê: Kom!” (Openbaring 22:17). Die opdrag om hierdie uitnodiging te rig, sluit die hele kerk

in. Elkeen wat die uitnodiging gehoor het, moet die boodskap van berg en van dal laat

weerklink en sê: “Kom!”

61


Die Handelinge van die Apostels

Dit is ‘n dodelike dwaling om te dink dat die werk om siele te red slegs van die

predikante afhang. Die nederige, toegewyde gelowige, op wie die Here van die wingerd ‘n

las vir siele gelê het, moet deur die mense op wie die Here groter verantwoordelikhede gelê

het, aangemoedig word. Die leiers in die gemeente van God moet besef dat die Verlosser

se opdrag aan almal wat in Sy Naam glo gegee is. God sal talle, wat nie deur handoplegging

aan die bediening toegewy is nie, Sy wingerd instuur.

Honderde, ja, duisende wat die verlossingsboodskap gehoor het, is steeds ledig op die

markplein terwyl hulle in een of ander vertakking van diens betrokke kan wees. Aan hulle

sê Christus: “Wat staan julle hier die hele dag ledig?” en dan voeg Hy by: “Gaan julle ook

in die wingerd.” (Mattheus 20:6,7). Waarom is daar nie veel meer wat op hierdie oproep

ag gee nie? Is dit omdat hulle dink hulle word vrygespreek omdat hulle nie in die preekstoel

staan nie? Laat hulle besef dat daar buite die preekstoel ‘n groot werk vir duisende

toegewyde lede is om te doen.

God het reeds lank gewag dat die gees van diens van die hele kerk besit moet neem

sodat elkeen volgens sy vermoë vir Hom kan werk. Wanneer die lede van God se kerk

hulle aangewese werk in die behoeftige velde, tuis en in die buiteland, ter vervulling van

die evangelie- opdrag verrig, sal die hele wêreld spoedig gewaarsku wees en dan sal die

Here Jesus met krag en groot heerlikheid na die aarde terugkeer. “Hierdie evangelie van

die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en

dan sal die einde kom.” (Mattheus 24:14).

62


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 12—Van Vervolger tot Dissipel

Een van die vernaamste Joodse leiers wat terdeë opgewerk was oor die sukses wat met

die verkondiging van die evangelie gepaardgegaan het, was Saulus van Tarsus. Saulus, ‘n

Romeinse burger van geboorte, was nietemin ‘n Jood van afkoms en hy is deur die

vooraanstaande rabbi’s in Jerusalem opgelei. Saulus was “...uit die stam van Benjamin, ‘n

Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër; wat ywer betref, ‘n vervolger van

die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik.” (Filippense 3:5,6). Hy

is deur die rabbi’s as ‘n belowende jongman beskou en daar was hoë verwagtinge

aangaande hom as ‘n bekwame en ywerige voorstander van die antieke geloof gekoester.

Sy verhoging tot lid van die Sanhedrin het ‘n magsposisie aan hom verleen.

Saulus het ‘n belangrike rol in die verhoor en veroordeling van Stefanus gespeel en

die treffende blyke van God se teenwoordigheid met die martelaar het daartoe gelei dat

Saulus oor die regverdigheid van sy optrede teenoor die volgelinge van Jesus getwyfel het.

Sy gedagtes was diep verontrus. In sy verwarring het hy ‘n beroep op diegene in wie se

wysheid en oordeel hy volle vertroue gehad het, gedoen. Die argumente van die priesters

en die owerstes het hom uiteindelik oortuig dat Stefanus ‘n godslasteraar was, dat die

Christus wat deur die gemartelde dissipel verkondig is, ‘n bedrieër was en dat diegene wat

in die heilige amp dien reg moet wees.

Saulus het egter nie sonder ‘n ernstige stryd tot hierdie gevolgtrekking gekom nie.

Maar uiteindelik het sy opvoeding en vooroordele, sy respek vir sy voormalige

leermeesters en sy trots op gewildheid hom daartoe genoop om teen die stem van sy gewete

en die genade van God te rebelleer. En nadat hy ten volle besluit het dat die priesters en

skrifgeleerdes reg moet wees, het Saulus verbitterd in sy teenstand teen die leerstellings

wat deur die dissipels van Jesus verkondig is geraak. Sy bedrywighede wat veroorsaak het

dat heilige manne en vroue voor die geregshowe gedaag is, waar sommige bloot weens

hulle geloof in Jesus tot gevangenisstraf en selfs tot die dood gevonnis is, het vir die pas

georganiseerde kerk hartseer en somberheid veroorsaak en veroorsaak dat baie mense na

veiligheid gevlug het.

Diegene wat weens die vervolging uit Jerusalem verdryf is, “...het die land deurgegaan

en die woord van die evangelie verkondig.” (Handelinge 8:4). Onder die stede waarheen

hulle gevlug het, was Damaskus, waar die nuwe geloof talle bekeerlinge gewerf het.

Die priesters en owerstes het gehoop dat die kettery deur waaksame optrede en streng

vervolging onderdruk sou word. Hulle het besluit dat hulle nou in ander plekke ook die

streng maatreëls wat hulle in Jerusalem teen die nuwe leer toegepas het, moes toepas.

Saulus het sy dienste aangebied vir die besondere werk wat hulle in Damaskus wou verrig.

Hy het “...nog dreiging en moord geblaas ... teen die dissipels van die Here...” en “...het na

die hoëpriester gegaan en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as

63


Die Handelinge van die Apostels

hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na

Jerusalem kon bring.” Aldus, “...met volmag en opdrag van die owerpriesters...”

(Handelinge 26:12) gewapen, het Saulus van Tarsus in die krag en ywer van sy manlikheid

en met valse ywer aangevuur, op daardie gedenkwaardige reis vertrek wat, as gevolg van

die vreemde dinge wat daarop sou gebeur, sy hele lewensloop sou verander.

Op die laaste dag van die reis, “...in die middel van die dag...” terwyl die uitgeputte

reisigers Damaskus genader het, het hulle ‘n volle uitsig oor die uitgestrekte vrugbare

lande, pragtige tuine en vrugbare boorde wat deur koel strome uit die omliggende berge

benat is, gehad. Na die lang reis oor verlate woestenye, was hierdie tonele inderdaad

verkwikkend. Terwyl Saulus en sy metgeselle die vrugbare vlaktes en die mooi stad benede

met bewondering aanskou het, het hy skielik, soos hy later vertel het, “...’n lig uit die hemel

gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het...”

(Handelinge 26:13), te glorieryk vir menslike oë om te verduur. Verblind en verward het

Saulus op die grond neergeval.

Terwyl die lig nog om hulle geskyn het, het Saulus ‘n stem hoor “...spreek ... in die

Hebreeuse taal...” (Handelinge 26:14) en “...vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy

My? En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is

hard vir jou om teen die prikkels te skop.”

Vol vrees en byna verblind as gevolg van die felheid van die lig, het Saulus se

metgeselle ‘n stem gehoor, maar geen mens gesien nie. Maar Saulus het die woorde wat

tot hom gespreek is, verstaan en die Een wat gespreek het, naamlik die Seun van God, is

duidelik aan hom geopenbaar. In die heerlike Wese wat voor hom gestaan het, het hy die

Gekruisigde gesien. Die beeld van die Heiland se aangesig is vir ewig op die getrefde Jood

se siel afgedruk. Die woorde wat gespreek is, het sy hart met geweldige krag getref. ‘n

Ligstroom het tot in die donkerste kamers van sy verstand gevloei en die onkunde en

dwaling van sy vorige lewe, asook sy huidige behoefte aan verligting van die Heilige Gees,

geopenbaar.

Saulus het nou besef dat hy met sy vervolging van die volgelinge van Jesus in

werklikheid die werk van die Satan gedoen het. Hy het ingesien dat sy oortuigings van wat

reg was en van sy eie plig, grootliks op sy implisiete vertroue in die priesters en owerstes

gegrond was. Hy het hulle geglo toe hulle hom aan hom gesê het dat die verhaal van die

opstanding ‘n listige versinsel van die dissipels was. Noudat Jesus self aan hom geopenbaar

was, was Saulus oortuig van die waarheid van die eise wat deur die dissipels gemaak is.

In daardie uur van hemelse verligting het Saulus se gedagtes merkwaardig vinnig

gereageer. Die profetiese verslae van die Heilige Skrif is vir sy verstand oopgestel. Hy het

ingesien dat die verwerping van Jesus deur die Jode, Sy kruisiging, opstanding en

Hemelvaart deur die profete voorspel was en bewys het dat Hy die beloofde Messias was.

64


Die Handelinge van die Apostels

Stefanus se preek tydens sy martelaarskap het met geweld in Saulus gedagtes opgekom en

hy het besef dat die martelaar inderdaad “...die heerlikheid van God...” gesien het toe hy

uitgeroep het: “Ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand

van God staan.” (Handelinge 7:55,56). Die priesters het gesê dat daardie woorde

godslasterlik was, maar nou het Saulus besef dat dit waar was.

Wat ‘n openbaring was dit vir die vervolger! Saulus het nou verseker geweet dat die

beloofde Messias in die gedaante van Jesus van Nasaret na die aarde gekom het en dat hy

deur diegene wat Hy kom red het, verwerp en gekruisig is. Hy het ook geweet dat die

Heiland seëvierend uit die graf opgestaan en na die hemel opgevaar het. In daardie oomblik

van Goddelike openbaring het hy ook met vrees onthou dat Stefanus, wat van die

gekruisigde en opgestane Heiland getuig het, met sy toestemming geoffer was en dat later,

deur sy toedoen, talle waardige volgelinge van Jesus deur wrede vervolging omgekom het.

Die Verlosser het deur Stefanus tot Saulus, wie se duidelike redenasie nie weerspreek

kon word nie, gespreek. Die geleerde Jood het gesien dat die aangesig van die martelaar

die lig van Christus se heerlikheid reflekteer en “...dat sy gesig soos die gesig van ‘n engel

was.” (Handelinge 6:15). Hy het Stefanus se lankmoedigheid teenoor sy vyande en sy

vergifnis vir hulle gesien. Hy het ook die standvastigheid en blymoedige lydsaamheid

gesien van talle wat deur sy toedoen gemartel en geteister is. Hy het gesien dat sommige

selfs hulle lewens met blymoedigheid ten behoewe van hul geloof prysgegee het.

Al hierdie dinge het luid tot Saulus gespreek en soms die byna oorweldigende

oortuiging op sy gemoed afgedwing dat Jesus die beloofde Messias was. Op sulke tye het

hy die hele nag lank teen hierdie oortuiging geworstel en die saak altyd afgemaak deur sy

geloof dat Jesus nie die Messias was nie en dat Sy volgelinge misleide dwepers was, te

herbevestig.

Nou het Jesus met Sy eie stem tot Saulus gespreek en gesê: “Saul, Saul, waarom

vervolg jy My?” En op die vraag: “Wie is U, Here? was die antwoord: “Ek is Jesus wat jy

vervolg.” Hier vereenselwig Christus Hom met Sy volk. Deurdat hy die volgelinge van

Jesus vervolg het, het Saulus regstreeks teen die Here van die hemel toegeslaan. Deur hulle

valslik te beskuldig en teen hulle te getuig, het hy die Verlosser van die wêreld valslik

beskuldig en teen Hom getuig.

Saulus het geensins daaraan getwyfel dat die Een wat tot hom gespreek het, Jesus van

Nasaret, die lank verwagte Messias, die Trooster en Verlosser van Israel was nie. “En

terwyl hy bewe en verbaas was...” verneem hy: “Here, wat wil U hê moet ek doen? En die

Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad en dit sal jou gesê word wat jy moet

doen.”

Toe die heerlikheid onttrek is en Saulus van die grond af opstaan, het hy homself totaal

van alle lig ontneem bevind. Die glans van Christus se heerlikheid was te skerp vir sy

65


Die Handelinge van die Apostels

sterflike oë; en nadat dit onttrek was, het nagdonkerte oor sy sig neergedaal. Hy het geglo

dat God hom met blindheid vir sy wrede vervolging van die volgelinge van Jesus gestraf

het. Hy het in die vreesaanjaende duisternis rondgetas en bevrees en verbaas het sy

metgeselle “...hom aan die hand gelei en in Damaskus gebring.”

Saulus het Damaskus vroeër die oggend op daardie veelbewoë dag met diepe

tevredenheid oor die vertroue wat die owerpriesters in hom gestel het genader. Groot

verantwoordelikhede was aan hom toevertrou. Hy het die opdrag ontvang om die belange

van die Joodse geloof te bevorder, deur die verspreiding van die nuwe geloof in Damaskus,

indien moontlik, te keer. Hy het hom voorgeneem om sy sending met sukses te bekroon en

het met vurige verlange uitgesien na die dinge wat hy verwag het om daar te beleef.

Maar hoe anders as sy verwagting was sy intog in die stad! Met blindheid geslaan,

hulpeloos, deur berou gemartel en nie wetend watter verdere oordeel daar vir hom in die

vooruitsig wag nie, het hy die huis van die dissipel Judas opgesoek waar hy in eensaamheid

genoeg geleentheid gehad het om na te dink en te bid.

Drie dae lank het Saulus “...niks gesien nie en niks geëet of gedrink nie.” Daardie dae

van sielefoltering was vir hom soos jare. Keer op keer het hy met sieleangs onthou watter

aandeel hy aan die marteling van Stefanus gehad het. Met afsku het hy gedink hoe hy hom

daaraan skuldig gemaak het, deur hom aan die boosheid en vooroordeel van die priesters

en owerstes te onderwerp, selfs nadat Stefanus se aangesig met die glans van die hemel

verlig was. Bedroef en met ‘n gebroke gees het hy hom herinner hoe dikwels hy sy oë en

ore teen die duidelikste bewyse gesluit het en sy meedoënlose vervolging van die gelowiges

van Jesus van Nasaret voortgesit het.

Hierdie dae van nadere selfondersoek en verootmoediging van hart was in eensame

afsondering deurgebring. Die gelowiges, wat oor die doel van Saulus se koms na Damaskus

gewaarsku was, het gevrees dat hy toneel speel om hulle makliker te mislei en het hulle op

’n afstand gehou en geweier om medelye aan hom te betoon. Hy het geen begeerte gehad

om ‘n beroep op die onbekeerde Jode te doen, met wie se samewerking hy van plan was

om die gelowiges te vervolg nie, want hy het goed geweet hulle nie eers na sy verhaal sou

luister nie.

So is hy dan skynbaar van alle meegevoel afgesny. Sy enigste hoop op hulp was in ‘n

genadige God en hy het homself met ‘n gebroke hart op Hom beroep.

Gedurende die lang ure terwyl Saulus alleen met God opgesluit was, het hy homself

aan talle skrifgedeeltes herinner wat na die eerste koms van Christus verwys. Sorgvuldig

het hy die profesieë nagegaan en sy geheue deur die oortuiging waartoe hy pas gekom het,

verskerp. Terwyl hy oor die betekenis van daardie profesieë nagedink het, was hy verstom

oor sy vorige blindheid van begrip en oor die blindheid van die Jode oor die algemeen, wat

daartoe aanleiding gegee het dat hulle Jesus as die beloofde Messias verwerp het. In sy

66


Die Handelinge van die Apostels

verligte visie was alles nou duidelik. Hy het geweet dat sy voormalige vooroordeel en

ongeloof sy geestelike insig benewel het en hom verhoed het om in Jesus van Nasaret, die

Messias van die profesieë te sien.

Toe Saulus hom volkome aan die oortuigende mag van die Heilige Gees oorgee, het

hy die foute van sy lewe raakgesien en die verreikende eise van die wet van God herken.

Hy, wat voorheen ‘n trotse Fariseër was wat geglo het dat hy deur sy goeie werke

geregverdig was, het nou met die nederigheid en eenvoud van ‘n klein kindjie voor God

gekniel, sy eie onwaardigheid bely en om die deugde van die gekruisigde en opgestane

Heiland gepleit. Saulus het daarna verlang om in volle harmonie met die Vader en die Seun

te kom en met Hulle gemeenskap te hou; en in sy sterk verlange na vergifnis en aanvaarding

het hy vurige gebede tot die genadetroon gerig.

Die gebede van die boetvaardige Fariseër was nie tevergeefs nie. Sy innerlike

oorwegings en die gevoelens van sy hart is deur Goddelike genade verander; en sy edeler

hoedanighede is in ooreenstemming met die ewige planne van God gebring. Christus en

Sy geregtigheid het vir Saulus meer as die hele wêreld geword.

Die bekering van Saulus is ‘n treffende bewys van die wonderwerkende krag van die

Heilige Gees om mense van sonde te oortuig. Hy het werklik geglo dat Jesus van Nasaret

die wet van God verontagsaam en Sy dissipels geleer het dat dit geen invloed gehad het

nie. Maar na sy bekering het Saulus in Jesus die Een, wat na die aarde gekom het met die

juiste doel om Sy Vader se wet te handhaaf, herken. Hy was oortuig dat Jesus die oorsprong

van die hele Joodse offerstelsel was. Hy het ingesien dat tipe en antitipe mekaar by die

kruisiging ontmoet het, dat Jesus die Ou-Testamentiese profesieë aangaande die Verlosser

van Israel vervul het.

In die verhaal van Saulus se bekering word belangrike beginsels aan ons voorgehou

en ons behoort dit in gedagte te hou. Saulus is regstreeks in die teenwoordigheid van

Christus ingebring. Christus het hom vir ‘n uiters belangrike werk bestem, hy was ‘n

“...uitverkore werktuig...” vir Hom; nogtans het die Here hom nie onmiddellik aangaande

die werk wat aan hom opgedra is ingelig nie. Hy het hom in sy loop gestuit en van sonde

oortuig; maar toe Saulus gevra het: “Here, wat wil U hê moet ek doen?” het die Here die

vraende Jood met Sy kerk in verbinding gebring om daar kennis van God se wil aangaande

hom te verkry.

Die wonderlike lig wat die duisternis in Saulus se siel verlig het, was die werk van die

Here; maar daar was ook ‘n werk wat die dissipels vir hom moes doen. Christus het die

werk van openbaring en oortuiging verrig; nou was die boetvaardige in ‘n toestand om van

diegene wat God aangestel het om Sy waarheid te verkondig te leer.

Terwyl Saulus in die eensaamheid van Judas se huis voortgegaan het met gebed en

smeking, het die Here aan “...’n dissipel in Damaskus met die naam van Ananias...”

67


Die Handelinge van die Apostels

verskyn en aan hom gesê dat Saulus van Tarsus besig was om te bid en dat hy hulp nodig

het. Die hemelse boodskapper het gesê: “Staan op en gaan na die straat wat genoem word

Reguitstraat en vra in die huis van Judas na ‘n man met die naam van Saulus van Tarsus,

want kyk, hy bid; en hy het in ‘n gesig ‘n man met die naam van Ananias sien inkom en

hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.”

Ananias kon die woorde van die engel skaars glo, want die berig van Saulus se bittere

vervolging van die heiliges in Jerusalem het wyd en syd versprei. Hy het gewaag om teë te

praat: “Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy U

heiliges in Jerusalem aangedoen het; en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal

te boei wat U Naam aanroep.” Maar die bevel was beslis: “Gaan, want hy is vir My ‘n

uitverkore werktuig om my Naam te dra voor die nasies en konings en die kinders van

Israel.”

Gehoorsaam aan die bevel van die engel het Ananias die man opgesoek wat onlangs

nog dreigemente en moord teen almal wat in die Naam van Jesus geglo het uitgespreek het.

Hy het sy hande op die boetvaardige lyer se hoof gelê en gesê: “Saul, broeder, die Here het

my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat

jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.”

“En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval en hy kon onmiddellik weer

sien; en hy het opgestaan en is gedoop.”

So het Jesus die gesag van Sy georganiseerde kerk op aarde goedgekeur en Saulus met

Sy aangestelde verteenwoordigers op aarde in verbinding gebring. Christus het nou ‘n kerk

as Sy verteenwoordiger op aarde gehad en daaraan was die werk om die boetvaardige

sondaar op die lewensweg te rig toevertrou.

Baie mense is van mening dat hulle alleenlik aan Christus, onafhanklik van Sy erkende

volgelinge op aarde, vir hulle lig en ervaring verantwoordelik is. Jesus is die Vriend van

sondaars en Hy is oor hulle ellende begaan. Hy het alle mag in die hemel en op die aarde;

maar Hy erken die middele wat Hy tot verligting en verlossing van die mensdom georden

het. Hy verwys sondaars na die kerk wat Hy as ‘n kanaal van lig vir die wêreld gemaak

het.

Toe daar aan Saulus, te midde van sy blinde dwaling en vooroordeel, ‘n gesig van die

Christus wat hy vervolg het geopenbaar is, is hy regstreeks in verbinding met die kerk, wat

die lig van die wêreld was, gebring. In hierdie geval het Ananias Christus en Sy dienaars

op aarde wat aangestel is om namens Hom op te tree, verteenwoordig. Namens Christus

het Ananias Saulus se oë aangeraak, sodat hulle weer kon sien. Namens Christus het hy sy

hande op hom gelê en toe hy in die Naam van Christus gebid het, het Saulus die Heilige

Gees ontvang. Alles word in die Naam en op gesag van Christus gedoen. Christus is die

Bron; die kerk is die kanaal van kommunikasie.

68


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 13—Dae van Voorbereiding

Nadat hy gedoop is, het Paulus sy vas gestaak en hy “...was ‘n paar dae saam met die

dissipels in Damaskus.

En hy het dadelik begin om Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van

God is.” Hy het openlik verklaar dat Jesus van Nasaret die lank-verwagte Messias was wat

“...vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte ... begrawe is en ... die derde dag opgewek

is...” waarna Hy deur die twaalf en deur ander gesien is. “En laaste van almal...” het Paulus

bygevoeg, “...het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.” (1 Korinthiërs

15:3,4,8). Sy argumente uit die profesieë was so oortuigend en sy pogings het so duidelik

met die krag van God gepaard gegaan dat die Jode in verwarring gebring is en nie by magte

was om hom te antwoord nie.

Die tyding van Paulus se bekering het as ‘n groot verassing vir die Jode gekom. Hy,

wat na Damaskus “...met volmag en opdrag van die owerpriesters... ” (Handelinge 26:12)

gereis het om die gelowiges gevange te neem en te vervolg, het nou die evangelie van ‘n

gekruisigde en opgestane Verlosser verkondig en het die hande van diegene wat reeds

dissipels was versterk en voortdurend nuwe gelowiges vir die geloof wat hy voorheen so

bitterlik teëgestaan het gewerf.

Paulus was voorheen bekend as ‘n ywerige voorstander van die Joodse geloof en ‘n

onvermoeide vervolger van die volgelinge van Jesus. Hy was moedig, onafhanklik en

volhardend en sy talente en opleiding sou hom in staat gestel het om in feitlik enige

hoedanigheid te dien. Hy kon besonder duidelik redeneer en sy skroeiende sarkasme sou

‘n teëstander in ‘n ongunstige lig stel. En nou moes die Jode toekyk hoedat hierdie besonder

belowende jongman hom met diegene wie hy voorheen vervolg het, verenig en vreesloos

in die naam van Jesus preek.

’n Generaal wat in die slag sneuwel, is vir sy leër verlore, maar sy dood besorg geen

addisionele krag aan die vyand nie. Maar wanneer ‘n vooraanstaande man hom by die

teëparty aansluit, is nie net sy dienste verlore nie, maar diegene by wie hy hom aansluit kry

‘n besliste voordeel. Die Here kon Saulus van Tarsus maklik onderweg na Damaskus

gedood het en baie krag sou van die vervolgingsmagte onttrek gewees het. Maar in Sy

voorsienigheid het God nie net Saulus se lewe gespaar nie, maar Hy het hom tot inkeer

gebring sodat daardie kampvegter van die vyand nou aan die kant van Christus geveg het.

Paulus was ‘n welsprekende redenaar en ‘n kwaai beoordelaar. Met sy streng

doelgerigtheid en onwrikbare moed het hy juis die hoedanighede wat die vroeë kerk nodig

gehad het besit.

Paulus se verkondiging van Christus in Damaskus het almal verstom en hulle het gesê:

“Is hy nie die man wat in Jerusalem uitgeroei het die wat hierdie Naam aanroep en hier

gekom het met die doel om hulle geboeid na die owerpriesters te bring nie?” Paulus het

69


Die Handelinge van die Apostels

verklaar dat sy verandering van geloof nie deur ‘n impuls of fanatisme veroorsaak is nie,

maar deur oorweldigende bewyse teweeggebring is. In sy aanbieding van die evangelie het

hy hom daarop toegelê om die profesieë aangaande Christus se eerste koms duidelik te stel.

Hy het oortuigend bewys dat daardie profesieë letterlik in Jesus van Nasaret vervul was.

Die grondslag van sy geloof was die vaste profetiese woord.

Namate Paulus voortgegaan het om sy verbaasde toehoorders te maan om “...hulle tot

God [te] bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas... ” (Handelinge 26:20), het hy

“...al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te

bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.” Maar talle het hulle harte verhard en geweier om op

sy boodskap te reageer; en hulle verbasing het spoedig na intense haat, soos wat hulle

teenoor Jesus betoon het, oorgeslaan.

Die teëstand het so fel geword dat Paulus nie toegelaat was om sy werk in Damaskus

voort te sit nie. ‘n Boodskapper van die hemel het hom beveel om tydelik weg te gaan en

hy is “...na Arabië...” (Galasiërs 1:17), waar hy ‘n veilige skuilplek gevind het.

Daar, in die eensaamheid van die woestyn, het Paulus volop tyd vir rustige studie en

oordenking gehad. Hy het kalm oor sy verlede nagedink en seker van sy bekering gemaak.

Hy het God met sy hele hart gesoek en nie gerus voordat hy met sekerheid geweet het dat

sy berou aanvaar en sy sonde vergewe was nie. Hy het na die versekering dat Jesus in sy

komende bediening met hom sou wees, verlang. Hy het sy siel van die vooroordele en

oorleweringe wat sy lewe tot op hede gevorm het ontledig en van die Bron van waarheid

onderrig ontvang. Jesus het met hom gemeenskap gehou en hom in die geloof bevestig en

‘n ryk mate van wysheid en genade aan hom geskenk.

Wanneer die denke van die mens in gemeenskap met die denke van God gebring word,

die verganklike met die Onverganklike, is die uitwerking op liggaam, gees en siel

onberekenbaar. In sulke gemeenskap vind mens die hoogste opvoeding. Dit is God se eie

metode van ontwikkeling. Sy boodskap aan die mensdom is: “Sluit tog vriendskap met

Hom.” (Job 22:21).

Die plegtige opdrag wat aan Paulus tydens sy onderhoud met Ananias gegee is, het al

swaarder op sy gemoed gerus. Toe Paulus op die bevel: “Saul, broeder, word siende!” vir

die eerste keer die aangesig van daardie vrome man aanskou het, het Ananias onder

ingewing van die Heilige Gees aan hom gesê: “Die God van ons vaders het jou voorbeskik

om sy wil te ken en die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor; want jy sal vir

Hom by al die mense ‘n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het. En nou, waarom

versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here

aanroep.” (Handelinge 22:13-16).

Hierdie woorde was in ooreenstemming met Jesus se eie woorde toe Hy Saulus op die

weg na Damaskus voorgekeer en gesê het: “Hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te

70


Die Handelinge van die Apostels

bestem tot ‘n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek

nog aan jou sal verskyn, terwyl Ek jou verlos uit die volk en die Heidene na wie Ek jou

nou stuur, om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van

die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en

‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.” (Handelinge 26:16-18).

Terwyl hy hierdie dinge in sy hart oorweeg het, het Paulus die betekenis van sy

roeping om “...deur die wil van God ... ‘n geroepe apostel van Jesus Christus...” te wees,

(1 Korinthiërs 1:1) duideliker verstaan. Sy oproep was “...nie vanweë mense of deur ‘n

mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader.” (Galasiërs 1:1). Die grootheid van

die werk wat op hom gewag het, het hom tot ‘n grondige ondersoek van die heilige Skrifte

gelei, sodat hy die evangelie kon verkondig, “...nie met wysheid van woorde nie, sodat die

kruis van Christus nie verydel mag word nie ... maar in die betoning van gees en krag...”

sodat die geloof van almal wat sou hoor, “...nie in wysheid van mense sou bestaan nie,

maar in die krag van God.” (1 Korinthiërs 1:17;2:4,5).

Namate hy die Skrifte ondersoek het, het Paulus ontdek dat daar deur die eeue heen

“...nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles...” geroep is nie,

“...maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat

swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedele is

by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet

te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.” (1 Korinthiërs 1:26-29). En, deur die

wysheid van die wêreld in die lig van die kruis te aanskou, het Paulus hom voorgeneem

“...om niks anders ... te weet nie as Jesus Christus en Hom as gekruisigde.” (1 Korinthiërs

2:2).

Regdeur sy latere bediening, het Paulus die Bron van sy wysheid en krag nooit uit die

oog verloor nie. Luister hoe hy jare daarna steeds verklaar: “Vir my is die lewe Christus.”

(Filippense 1:21). En dan weer: “Ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die

kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het ... om Christus

as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie,

maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die

geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy

lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word.” (Filippense 3:8¬10).

Paulus het uit Arabië “...weer teruggekom na Damaskus...” (Galasiërs 1:17) en

“...vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek.” Omdat die Jode nie in staat was om die

wysheid van sy redevoering te weerspreek nie, het hulle “...beraadslaag om hom om te

bring.” Die poorte van die stad is dag en nag sorgvuldig bewaak om dit onmoontlik vir

hom te maak om te ontvlug. As gevolg van hierdie krisis het die dissipels ernstig tot God

gebid en eindelik het hulle “...hom geneem en in die nag deur die muur neergelaat deur

hom in ‘n mandjie te laat afsak.” (Handelinge 9:25).

71


Die Handelinge van die Apostels

Nadat hy uit Damaskus gevlug het, het Paulus na Jerusalem gegaan. Daar het reeds

drie jaar sedert sy bekering verloop. Die vernaamste rede waarom hy hierdie besoek afgelê

het was, soos hy self gesê het, “...om met Petrus kennis te maak.” (Galasiërs 1:18). Toe hy

in die stad aankom waar hy voorheen goed bekend as “...Saulus die vervolger...” was,

“...het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, omdat

hulle nie geglo het dat hy ‘n dissipel was nie.” Dit was vir hulle moeilik om te glo dat ‘n

Fariseër wat so bevooroordeeld was en iemand wat soveel gedoen het om die kerk te

vernietig, ‘n opregte volgeling van Jesus kon word. “Maar Barnabas het hom geneem en

na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met

hom gespreek het en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek

het.”

Toe hulle dit hoor, het die dissipels hom as een van hulle aangeneem. Hulle het

spoedig oorvloedige bewyse van die egtheid van sy Christelike ervaring gehad. Die

toekomstige apostel vir die Heidene was nou in die stad waar talle van sy voormalige

medewerkers gewoon het en hy het verlang om die profesieë aangaande die Messias wat

deur die koms van die Verlosser vervul is, aan hierdie Joodse leiers te verduidelik. Paulus

was seker dat hierdie leraars in Israel met wie hy voorheen so goed bekend was, net so

opreg en eerlik was soos hy. Maar hy het hom met die gees van sy Joodse broeders

misreken en in die hoop vir hul spoedige bekering was hy gedoem tot bittere teleurstelling.

Alhoewel hy “...vrymoediglik gespreek...” het “...in die Naam van die Here Jesus en ook

met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis...” het, het diegene wat aan die hoof

van die Joodse kerk gestaan het, geweier om te glo, maar “...probeer om hom dood te

maak.” Sy hart was vol droefheid. Hy sou sy lewe gewilliglik opgeoffer het indien dit sou

help om aan sommige ‘n kennis van die waarheid te bring. Met skaamte het hy aan sy

aktiewe rol wat hy in die martelaarskap van Stefanus gespeel het gedink en in sy

angstigheid om die skandvlek van iemand wat so valslik beskuldig is uit te wis, het hy

gepoog om die waarheid waarvoor Stefanus sy lewe gegee het te regverdig.

Paulus het met ‘n groot las op sy hart vir diegene wat geweier het om te glo in die

tempel gebid toe hy, soos hy self later getuig het, in ‘n beswyming geraak het. ‘n Hemelse

boodskapper het aan hom verskyn en gesê: “Maak gou en gaan haastig uit Jerusalem uit,

want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanneem nie.” (Handelinge 22:18).

Paulus was geneig om in Jerusalem te bly waar hy die opposisie kon trotseer. Dit het

vir hom lafhartige voorgekom om te vlug as hy, deur in die stad aan te bly, sommige van

die hardnekkige Jode van die waarheid van die evangelieboodskap kon oortuig, selfs al sou

dit hom sy lewe kos om daar te bly. Daarom het hy geantwoord: “Here, hulle weet self dat

ek besig was om die wat in U glo, in die gevangenis te werp en in die sinagoges te slaan;

en toe die bloed van Stefanus, U getuie, vergiet is, het ek ook self daarby gestaan en sy

vermoording goedgekeur en die klere opgepas van die wat hom doodgemaak het.” Maar

72


Die Handelinge van die Apostels

dit het nie by die plan van God ingepas dat Sy dienskneg sy lewe onnodig moes waag nie

en die hemelse boodskapper het geantwoord: “Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na

die Heidene.” (Handelinge 22:19-21).

Toe die broeders van hierdie gesig verneem, het hulle Paulus se geheime ontsnapping

uit Jerusalem verhaas, want hulle het ‘n sluipmoord op hom gevrees. Hulle het “...hom na

Cesárea afgebring en hom na Tarsus weggestuur.” Die vertrek van Paulus het die

gewelddadige teëstand van die Jode tydelik beëindig en die kerk het ‘n ruk lank vrede

gehad en in daardie tyd is baie tot die getal gelowiges toegevoeg.

73


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 14—’n Soeker na Waarheid

In die loop van sy bediening het die apostel Petrus die gelowiges te Lidda besoek.

Daar het hy Eneas, wat agt jaar lank weens verlamming bedlêend was, genees. Die apostel

het gesê: “Eneas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op ... Hy het

dadelik opgestaan. En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die

Here bekeer.”

In Joppe, naby Lidda, het ‘n vrou met die naam van Dorkas, wie se goeie dade haar

grootliks bemind gemaak het, gewoon. Sy was ‘n waardige dissipel van Jesus en haar lewe

was gevul met van dade van welwillendheid. Sy het geweet wie gemaklike klere benodig

het en wie ‘n behoefte aan medelye gehad het en sy het die armes en die bedroefdes

vrywilliglik bedien. Haar bekwame vingers was meer aktief as haar tong.

“En in dié dae het sy siek geword en gesterwe.” Die gelowiges te Joppe het hulle groot

verlies besef en toe hulle hoor dat Petrus in Lidda was, het hulle boodskappers na hom

gestuur “...wat hom moes smeek dat hy sonder uitstel na hulle moet oorkom. En Petrus het

opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar kom, bring hulle hom in die bovertrek;

en al die weduwees kom by hom staan en ween en wys hom die onder- en boklere wat

Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was.” Met die oog op die lewe van diens wat

Dorkas gelei het, was dit geen wonder dat hulle gerou het en dat warm trane op die lewelose

liggaam geval het nie.

Die apostel se hart is met medelye gevul toe hy hulle droefheid aanskou. Toe het hy

beveel dat die wenende vriende uit die vertrek gestuur moes word en neergekniel vuriglik

tot God gebid om Dorkas se lewe en gesondheid te herstel. Hy het hom daarna tot die

liggaam gewend en gesê: “Tabita, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus

sien, het sy regop gesit.” Dorkas was van groot diens vir die kerk en God het dit goed geag

om haar uit die land van die vyand terug te bring sodat haar vernuf en werkkrag steeds tot

seën vir ander kon wees en ook dat die saak van Christus deur hierdie openbaring van Sy

mag versterk mag word.

Dit was terwyl Petrus nog in Joppe was, dat God hom geroep het om die evangelie na

Cornelius in Cesárea te neem.

Cornelius was ‘n Romeinse hoofman oor honderd. Hy was ‘n ryk edelman en het ‘n

geëerde vertrouensposisie beklee. Van geboorte, opleiding en opvoeding was hy ‘n heiden,

maar deur sy omgang met die Jode het hy ‘n kennis van God opgedoen en Hom met

opregtheid van hart aanbid. Hy het die opregtheid van sy geloof in liefdadigheid teenoor

die armes bewys. Hy was wyd en syd bekend vir sy liefdadigheid en sy regverdige

lewenswyse het vir hom onder die Jode sowel as die Heidene ‘n goeie naam besorg. Sy

invloed was ‘n seën vir almal met wie hy in aanraking gekom het. Die ingegewe verhaal

74


Die Handelinge van die Apostels

sê: “Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee

en was altyddeur in die gebed tot God.”

Omdat hy in God as die Skepper van hemel en aarde geglo het, het Cornelius Hom

vereer, Sy gesag erken en in alle lewensaangeleenthede om Sy raad gevra. In sy huislike

lewe en in sy amptelike pligte was hy getrou aan Jehova. Hy het die altaar van God in sy

huis opgerig, want hy wou dit nie waag om sy planne uit te voer, of sy verantwoordelikhede

sonder die hulp van God op te neem nie.

Alhoewel Cornelius die profesieë geglo en na die koms van die Messias uitgesien het,

het hy geen kennis van die evangelie, soos in die lewe en dood van Christus gehad nie. Hy

was nie ‘n lid van die Joodse kerk nie en die rabbi’s sou hom as ‘n heiden en onrein beskou

het. Maar dieselfde Heilige Wag wat van Abraham gesê het: “Ek het hom verkies...” het

Cornelius ook verkies en het ‘n boodskap regstreeks uit die hemel aan hom gestuur.

Die engel het aan Cornelius verskyn terwyl hy besig was om te bid. Toe die hoofman

hoor dat hy op sy naam geroep word, was hy bevrees, maar hy het geweet dat die

boodskapper van God afkomstig is en geantwoord: “Wat is dit, my heer?” Die engel het

geantwoord: “Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom. Stuur dan

nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word. Hy is tuis by ‘n

sekere Simon, ‘n leerlooier, wie se huis by die see is.”

Die duidelikheid van hierdie aanwysings, wat selfs die naam en die beroep van die

man by wie Petrus gebly het genoem het, het aangedui dat die Hemel met die geskiedenis

en sake van mense van alle stande bekend is. God is bekend met die ervaring en werk van

die nederige arbeider, sowel as met dié van die koning op sy troon.

“Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal.” So het God bewys van Sy

agting vir die evangeliebediening en vir Sy georganiseerde kerk gelewer. Die engel is nie

beveel om aan Cornelius die verhaal van die kruis te vertel nie. ‘n Man wat net soos die

hoofman homself, aan menslike swakhede onderhewig was, moes hom van die gekruisigde

en verrese Heiland vertel.

God kies nie ongevalle engele as Sy verteenwoordigers onder die mense nie, maar

mense met soortgelyke passies soos diegene wat hulle wil red. Christus het as mens gekom

sodat Hy die mensdom kon bereik. ‘n Goddelik-menslike Verlosser was nodig om aan die

wêreld verlossing te bring. En aan manne en vroue is die heilige pand toevertrou om “...die

onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig.” (Efesiërs 3:8).

In Sy wysheid bring die Here diegene wat na waarheid soek in aanraking met

medemense wat die waarheid ken. Dit is die plan van die Hemel dat diegene wat die lig

ontvang het, dit met diegene moet deel wat in duisternis verkeer. Die mens wat sy krag uit

75


Die Handelinge van die Apostels

die groot Bron van wysheid put, is die werktuig deur wie die evangelie sy veranderende

invloed op verstand en hart uitoefen.

Cornelius het die hemelse boodskap met blydskap gehoorsaam. Nadat die engel weg

was, het die hoofman “...twee van sy huisbediendes en ‘n vroom soldaat van die wat altyd

by hom was [geroep] en vertel hulle alles en stuur hulle na Joppe.”

Na sy onderhoud met Cornelius het die engel na Petrus in Joppe gegaan. Op daardie

tydstip was Petrus in gebed op die dak van die huis waar hy tuis was en ons lees: “Hy het

baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n

verrukking van sinne oor hom gekom.” Petrus het nie net na liggaamlike voedsel gehonger

nie. Toe hy van die dak af na die stad Joppe en die omliggende omgewing kyk, het hy

gehonger na die redding van sy landgenote. Hy het ‘n sterk verlange gehad om aan hulle

uit die Skrifte, die profesieë wat betrekking het op die lyding en dood van Christus, te wys.

In die gesig het Petrus “...die hemel geopend [gesien] en ‘n voorwerp soos ‘n groot

laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.

Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die

voëls van die hemel. Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet! En Petrus

sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. En weer het die

stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag

nie. En dit het drie maal gebeur en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.”

Hierdie gesig het vir Petrus as ‘n bestraffing sowel as onderrig gedien. Dit het die plan

van God, dat die Heidene sowel as die Jode, die seëninge van die verlossing deur die dood

van Christus sou erf, openbaar. Tot dusver het geeneen van die dissipels die evangelie aan

die Heidene verkondig nie. Die skeidsmuur wat deur die dood van Christus afgebreek is

het volgens hulle mening steeds bestaan en hulle het slegs onder die Jode gewerk, omdat

hulle die Heidene as uitgesluit van die seëninge van die evangelie beskou het. Die Here

wou nou aan Petrus die wêreldwye omvang van die Goddelike plan leer.

Talle van die Heidene het met belangstelling na die prediking van Petrus en die ander

apostels geluister en talle van die Griekssprekende Jode het in Christus geglo, maar die

bekering van Cornelius sou die eerste van belang vir die Heidene wees.

Die tyd het aangebreek vir ‘n totaal ander fase van werk wat deur die kerk van Christus

betree moes word. Die deur wat talle van die Joodse bekeerlinge teen die Heidene gesluit

het, sou nou wyd oopgestel word. En die Heidene wat die evangelie aangeneem het, moes

op gelyke voet met die Joodse dissipels behandel word, sonder om hulle aan die ritueel van

besnyding te onderwerp.

Hoe versigtig het die Here gewerk om die vooroordeel teen die Heidene wat so diep

in Petrus se gemoed, weens sy Joodse opleiding ingewortel was, te oorwin! Deur die gesig

76


Die Handelinge van die Apostels

van die laken en die inhoud daarvan, het Hy getrag om die vooroordeel uit die dissipel se

gemoed te verwyder en hom die belangrike les, dat daar in die hemel geen aansien van die

persoon is nie, te leer; dat Jood en Heiden in die oë van God gelyk is; dat die Heidene deur

Christus die seëninge en voorregte van die evangelie deelagtig mag wees.

Terwyl Petrus oor die betekenis van die visioen nagedink het, het die manne wat

Cornelius gestuur het in Joppe aangekom en by die hek van sy losieshuis gestaan.

Toe sê die Gees aan hom: “Daar is drie manne wat jou soek. Staan dan op, klim af en

gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.”

Dit was ‘n moeilike opdrag vir Petrus en hy het die plig wat aan hom opgedra is,

teensinnig onderneem; maar hy het nie durf weier nie. Hy “...het afgeklim na die manne

wat deur Cornelius na hom gestuur was en gesê: Kyk, dit is ek wat julle soek. Wat is die

rede waarom julle hier is?” Hulle het hom van hulle seldsame opdrag vertel en gesê:

“Cornelius, ‘n hoofman oor honderd, ‘n regverdige en godvresende man, wat ‘n goeie naam

het by die hele Joodse nasie, het ‘n goddelike openbaring ontvang deur ‘n heilige engel,

om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal sê.”

Gehoorsaam aan die bevele wat hy so pas van God ontvang het, het die apostel beloof

om saam met hulle te gaan. Die volgende oggend het hy, vergesel van ses van sy broeders,

na Cesárea vertrek. Hulle moes getuies wees van alles wat hy sou doen of sê terwyl hy die

Heidene besoek het, want Petrus het geweet dat hy verantwoording sou moes doen vir

hierdie regstreekse oortreding van die Joodse leringe.

Toe Petrus die Heiden se huis binnegaan, het Cornelius hom nie soos ‘n gewone

besoeker gegroet nie, maar soos een wat deur die Hemel vereer en deur God gestuur is. Dit

was ‘n oosterse gewoonte om voor ‘n prins of ‘n ander hoogwaardigheidsbekleër te buig

en ook vir kinders om voor hulle ouers te buig; maar Cornelius was so oorweldig met

eerbied vir die een wat deur God gestuur is om hom te leer, dat hy voor die apostel se voete

neergeval en aan hom hulde bewys het. Petrus was erg ontsteld en het die hoofman opgerig

en gesê: “Staan op, ek is self ook maar ‘n mens.”

Terwyl Cornelius se boodskappers weg was, het die hoofman “...alreeds sy familie en

besondere vriende bymekaargeroep...” sodat sowel hulle as hy, die verkondiging van die

evangelie kon aanhoor. Toe Petrus daar aankom, was daar ‘n groot groep wat gretig gewag

het om na sy woorde te luister.

Petrus het die vergadering eers oor die Joodse gebruik toegespreek en gesê dat dit as

teen die wet beskou was vir ‘n Jood om met Heidene om te gaan en dat dit die persoon

seremonieel kon besoedel. Hy het gesê: “Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse

man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my

77


Die Handelinge van die Apostels

getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie. Daarom het ek, toe ek gehaal

is, gekom sonder om teë te spreek. Ek vra dan om watter rede julle my laat haal het.”

Daarop het Cornelius van sy ervaring vertel en van die woorde van die engel en ten

slotte gesê: “Ek het toe op die daad na u gestuur en u het goed gedoen om te kom. Ons is

dan nou almal voor die aangesig van God aanwesig om alles te hoor wat deur God aan u

opgedra is.”

Petrus het gesê: “Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar

dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.”

Toe het die apostel aan daardie groep aandagtige luisteraars Christus gepreek-Sy

wonderwerke, Sy verraad en kruisiging, Sy opstanding en Hemelvaart en Sy werk in die

hemel as die Verteenwoordiger en Voorspraak van die mensdom. Terwyl Petrus die

aanwesiges op Jesus as die sondaar se enigste hoop gewys het, het hy self ‘n beter begrip

van die betekenis van die gesig wat hy gesien het gekry en sy hart het gebrand met die gees

van die waarheid wat hy aangebied het.

Die toespraak was skielik deur die neerdaling van die Heilige Gees onderbreek. “Toe

Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat

die woord gehoor het. En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus

gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die Heidene uitgestort

is. Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak.”

“Toe het Petrus begin spreek: Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat

net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? En hy het beveel dat hulle

gedoop moet word in die Naam van die Here.”

So is die evangelie aan diegene wat vreemdelinge en buitelanders was verkondig en

het hulle medeburgers van die heiliges en lede van die huishouding van God geword. Die

bekering van Cornelius en sy huisgesin was slegs die eerstelinge van die oes wat ingesamel

sou word. Vanuit hierdie huis is ‘n wydverspreide werk van genade in daardie stad verrig.

God soek vandag na siele onder die vernaamste sowel as die geringes. Daar is baie

soos Cornelius, mense wie die Here begeer om met Sy werk in die wêreld te verbind. Hulle

is God se volk goedgesind, maar die bande wat hulle aan die wêreld bind, hou hulle stewig

vas. Dit vereis sedelike moed vir hulle om hul standpunt ten gunste van Christus in te neem.

Daar moet in die besonder vir siele wat as gevolg van hulle verantwoordelikhede en

omgang in groot gevaar verkeer, gewerk word.

God roep na ernstige, nederige werkers wat die evangelie na die hoër klasse sal neem.

Daar moet wonderwerke van ware bekering geskied-wonderwerke wat nie tans onderskei

word nie. Die vername mense van die wêreld is nie buite die bereik van ‘n wonderwerkende

God nie. Indien diegene wat medewerkers van God is van hulle geleenthede gebruik maak,

78


Die Handelinge van die Apostels

as hulle hul plig moedig en getrou verrig, sal God mense wat verantwoordelike poste vul,

mense van intellek en invloed, tot inkeer bring. Deur die invloed van die Heilige Gees sal

baie die Goddelike beginsels aanvaar. Wanneer hulle tot die waarheid bekeer is, sal hulle

werktuie in die hand van God word om die lig te versprei. Hulle sal ‘n besondere las vir

siele onder hierdie verwaarloosde klas hê. Tyd en geld sal aan die werk van God bestee

word en daar sal nuwe doeltreffendheid en krag by die kerk gevoeg word.

Omdat Cornelius in gehoorsaamheid aan al die onderrig wat hy ontvang het geleef

het, het God sake so gereël dat hy meer waarheid ontvang het. ‘n Boodskapper uit die

hemelse howe is na die Romeinse hoofman en na Petrus gestuur, sodat Cornelius in

aanraking kon kom met een wat hom na groter lig kon lei.

Daar is in ons wêreld baie mense wat nader aan die koninkryk van God is as wat ons

dink. In hierdie donker, sondige wêreld het die Here talle kosbare juwele na wie Hy Sy

boodskappers sal lei. Oral is daar diegene wat hulle standpunt vir Christus sal inneem. Baie

van hulle sal die wysheid van God bo elke aardse gewin stel en hulle sal getroue ligdraers

word. Deur die liefde van Christus gedring, sal hulle andere dring om na Hom te kom.

Toe die broeders in Judea hoor dat Petrus na die huis van ‘n Heiden gegaan en die

vergadering daar toegespreek het, was hulle verbaas en geaffronteer. Hulle was bevrees dat

sy optrede, wat vir hulle voorbarig voorgekom het, sy eie lering sou teëwerk. Toe hulle

Petrus weer sien, het hulle hom streng bestraf en gesê: “By onbesnede manne het jy in die

huis gegaan en saam met hulle geëet.”

Petrus het die hele saak aan hulle voorgelê. Hy het sy ervarings met betrekking tot die

gesig aan hulle oorvertel en aangevoer dat hy vermaan is om nie langer die seremoniële

onderskeid tussen besnedenes en onbesnedes waar te neem of om die Heidene as onrein te

beskou nie. Hy het hulle vertel van die bevel wat hy ontvang het om na die Heidene te

gaan, die boodskappers wat hom besoek het, sy reis na Cesárea en van sy ontmoeting met

Cornelius. Hy het aan hulle die inhoud van sy onderhoud met Cornelius meegedeel en hoe

laasgenoemde vertel het van die gesig waarin hy beveel was om Petrus te laat roep.

Hy het gesê: “Toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op

ons in die begin. En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het

met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word. As God dan aan hulle

dieselfde gawe gegee het, soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was

ek dan, dat ek God kon verhinder?”

Toe die broeders hierdie verhaal hoor, het hulle geswyg. Onder die oortuiging dat

Petrus se handelwyse ‘n regstreekse vervulling van God se plan was en dat hulle

vooroordele en eksklusiwiteit heeltemal teenstrydig met die gees van die evangelie was,

het hulle God verheerlik en gesê: “So het God dan ook aan die Heidene die bekering tot

die lewe geskenk.”

79


Die Handelinge van die Apostels

Aldus is vooroordeel sonder omstredenheid afgebreek, die eksklusiwiteit wat deur die

gebruik van eeue vasgestel is laat vaar en die weg om die evangelie aan die Heidene te

verkondig, geopen.

80


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 15—Uit die Gevangenis Verlos

“En omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die

gemeente om hulle kwaad aan te doen.” Herodes Agrippa, onderdaan van Claudius, die

Romeinse keiser, was destyds goewerneur in Judea. Herodes het ook die pos van viervors

van Galilea beklee. Hy was na bewering ‘n proseliet van die Joodse geloof en oënskynlik

baie ywerig in die uitvoering van die seremonies van die Joodse wet. Begerig om die guns

van die Jode te bekom, in die hoop om sy poste en eer te beveilig, het hy voortgegaan om

hul begeertes te bevredig deur die kerk van Christus te vervolg, die huise en besittings van

die gelowiges te verwoes en die leiers van die kerk in die gevangenis te werp. Hy het

Jakobus, Johannes se broer, in die gevangenis gewerp en ‘n laksman gestuur om hom met

die swaard op dieselfde wyse as wat ‘n ander Herodes die profeet Johannes laat onthoof

het te dood. Toe hy sien dat die Jode in hulle skik was met sy pogings, het hy Petrus ook

gevange geneem.

Dit was tydens die Paasfees dat hierdie wreedhede is gepleeg is. Terwyl die Jode hulle

verlossing uit Egipte gevier en groot ywer vir die wet van God geveins het, het hulle

terselfdertyd elke beginsel van daardie wet oortree deur die gelowiges in Christus te

vervolg en te vermoor.

Die dood van Jakobus het groot droefheid en ontsteltenis onder die gelowiges

veroorsaak. Toe Petrus ook gevange geneem is, het die hele kerk gebid en gevas.

Herodes se daad om Jakobus te dood is deur die Jode aangeprys, hoewel sommige

gekla het oor die private wyse waarop dit uitgevoer is, omdat hulle van mening was dat ‘n

openbare teregstelling die gelowiges en diegene wat met hulle gesimpatiseer het, meer

deeglik sou geïntimideer het. Daarom het Herodes Petrus in die gevangenis bewaar met die

doel om die Jode nog meer tevrede te stel deur ‘n openbare skouspel van sy teregstelling

te maak. Maar daar is voorgestel dat dit nie veilig sou wees om die ervare apostel voor al

die mense wat in Jerusalem byeen was, vir sy teregstelling uit te bring nie. Daar is gevrees

dat die medelye van die skare opgewek sou word wanneer hulle hom aanskou terwyl hy

uitgelei word om tereggestel te word.

Die priesters en oudstes het ook gevrees dat Petrus dalk een van daardie kragtige

beroepe op die volk kon doen wat hulle so dikwels reeds aangespoor het om die lewe en

karakter van Jesus te ondersoek, beroepe wat hulle onmagtig was om met hul argumente

te weerlê. Petrus se ywer om die saak van Christus te bevorder het daartoe aanleiding gegee

dat talle standpunt vir die evangelie ingeneem het en die owerstes het gevrees dat indien

hy die geleentheid sou kry om sy geloof in die teenwoordigheid van die skares wat vir

aanbidding in die stad was, te verdedig, hulle sy vrylating uit die hande van die koning sou

vereis.

81


Die Handelinge van die Apostels

Terwyl die teregstelling van Petrus onder verskeie voorwendsels tot ná die Paasfees

vertraag is, het die gemeentelede tyd gekry vir diepliggende hartsondersoek en ernstige

gebed. Hulle het sonder ophou vir Petrus gebid, want hulle het gevoel dat hy onmisbaar vir

die saak was. Hulle het besef dat hulle ‘n plek bereik het waar die kerk van Christus sonder

die besondere hulp van God, vernietig sou word.

Intussen het aanbidders uit elke nasie, die tempel wat vir die aanbidding van God gewy

was, besoek. Met al sy glinsterende goud en edelgesteentes was dit ‘n toonbeeld van prag

en grootsheid. Maar Jehova was nie langer in daardie lieflike paleis te vinde nie. Israel as

volk het hulself van God geskei. Toe Christus teen die einde van Sy aardse bediening vir

die laaste keer na die binnekant van die tempel gekyk het, het Hy gesê: “Kyk, julle huis

word vir julle woes gelaat!” (Mattheus 23:38). Tot dusver het Hy die tempel Sy Vader se

huis genoem; maar toe die Seun van God daardie mure verlaat het, is die teenwoordigheid

van God vir ewig uit die tempel, wat tot Sy heerlikheid opgerig is, onttrek.

Uiteindelik is die dag van Petrus se teregstelling vasgestel, maar die gebede van die

gelowiges het steeds na die hemel opgestyg en terwyl al hulle kragte en meegevoel

ingespan is in vurige oproepe om hulp, het engele van God oor die gevange apostel gewaak.

Herodes het onthou dat die apostels reeds voorheen uit die gevangenis ontsnap het en

hierdie keer het hy dubbele voorsorgmaatreëls getref. Om elke moontlikheid vir bevryding

uit te sluit, is Petrus aan die sorg van sestien soldate toevertrou, wat hom dag en nag in

verskillende skofte bewaak het. Binne-in sy sel is hy tussen twee soldate geplaas en met

twee kettings geboei. Elke ketting is ook aan die gewrig van ‘n soldaat geheg. Hy kon hom

nie sonder hulle medewete beweeg nie. Met die deure van die gevangenis stewig gegrendel

en ‘n sterk wag voor elk is elke moontlikheid van redding of ontsnapping deur menslike

toedoen uitgeskakel. Maar die mens se uiterste is God se geleentheid.

Petrus is in ‘n sel wat uit ‘n rots gekap is opgesluit en die deure is sterk gegrendel en

gesluit; en die soldate wat dit bewaak het, is persoonlik verantwoordelik vir die veilige

bewaring van die gevangene gehou. Maar die grendels en die dwarsbalke en die Romeinse

wag wat alle moontlikheid van menslike hulp doeltreffend gekortwiek het, sou die algehele

oorwinning van God in die verlossing van Petrus net soveel vollediger maak. Herodes het

sy hand teen die Almagtige opgehef en hy sou geheel en al verslaan word. God was gereed

om, deur die vertoning van Sy mag, die kosbare lewe wat die Jode saamgesweer het om te

vernietig, te red.

Dit was die laaste nag voor die beplande teregstelling. ‘n Magtige engel is uit die

hemel gestuur om Petrus te red. Die sterk deur wat die heilige van God ingesluit het, het

sonder die toedoen van mensehande oopgegaan. Die engel van die Allerhoogste het

deurgegaan en die hekke geluidloos agter hom gesluit. Hy het in die sel ingegaan en daar

het Petrus in die rustige slaap van volle vertroue gelê.

82


Die Handelinge van die Apostels

Die lig wat die engel omring het, het die sel gevul, maar dit het die apostel nie wakker

gemaak nie. Eers toe hy die aanraking van die engel se hand voel en ‘n stem hoor sê: “Staan

gou op!” het hy wakker genoeg geword om te sien dat sy sel deur hemelse lig verlig word

en dat ‘n engel met groot heerlikheid langs hom staan. Werktuiglik het hy die bevele wat

aan hom gegee is gehoorsaam en toe hy opstaan en sy hand lig, was hy net dofweg daarvan

bewus dat die kettings van sy gewrigte afgeval het.

Weer het die stem van die hemelse boodskapper tot hom gekom: “Omgord jou en trek

jou skoene aan..” en Petrus het weer werktuiglik gehoorsaam met sy oë stip op sy besoeker

gevestig, nog altyd onder die indruk dat hy droom of ‘n gesig sien. Weer het die engel

beveel: “Gooi jou bokleed om en volg my!” Hy het na die deur beweeg, gevolg deur die

gewoonlik spraaksame Petrus wat nou stom van verbasing was. Hulle het bo-oor die wag

getree en by die deur wat so sterk gegrendel was gekom, maar dit het vanself oopgeswaai

en onmiddellik weer toegegaan nadat hulle deur is, terwyl die wagte aan die binnekant en

dié aan die buitekant roerloos op hulle pos was.

Hulle het die tweede deur bereik wat ook van binne en van buite bewaak was. Soos

die eerste het dit sonder ‘n gekraak van skarniere of kletterende grendels oopgegaan. Hulle

het deurgestap en dit het weer net so geluidloos toegegaan. Op dieselfde wyse het hulle

deur die derde poort gegaan en hulle in die oop straat bevind. Geen woord is gespreek nie;

daar was geen geluid van voetstappe nie. Omhul deur ‘n verblindende ligglans het die engel

vooruit gesweef en die verwarde Petrus, wat nog geglo het dat hy droom, het sy verlosser

gevolg. So het hulle een straat verder gegaan en toe, met sy taak afgehandel, het die engel

skielik verdwyn.

Die hemelse lig het verdwyn en Petrus het gevoel asof hy in digte duisternis verkeer,

maar namate sy oë aan die donker gewoond geraak het, het dit geleidelik afgeneem en hy

het hom alleen in die stil straat bevind, met die koel naglug wat teen sy voorhoof waai. Hy

het besef dat hy vry in ‘n bekende deel van die stad was; hy het die plek herken as een waar

hy dikwels gekom het en waarlangs hy verwag het om die volgende dag vir die laaste keer

te gaan.

Hy het probeer om die gebeure van die afgelope paar oomblikke in herinnering te

roep. Hy het onthou dat hy tussen twee soldate aan die slaap geraak het met sy sandale en

bokleed verwyder. Hy het sy persoon begin ondersoek en gevind dat hy ten volle gekleed

en omgord was. Sy gewrigte, nog geswel en seer van die wrede boeie, was vry van die

kettings. Hy het besef dat sy vryheid geen sinsbedrog, droom, of visioen was nie, maar ‘n

salige werklikheid. Die volgende dag sou hy uitgelei gewees het om te sterf, maar, ‘n engel

het hom uit die gevangenis en van die dood gered. “Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou

weet ek waarlik dat die Here Sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes

en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.”

83


Die Handelinge van die Apostels

Die apostel het dadelik sy weg na die huis, waar sy broeders op daardie oomblik in

ernstige gebed vir hom verkeer het, gevind. “En toe Petrus aan die deur van die poort klop,

het ‘n diensmeisie met die naam van Rhodé gegaan om te hoor wie daar was. En sy het die

stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne

gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan. Maar hulle sê vir haar: Jy is van jou

verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop sê hulle: Dit is sy engel.”

“En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was

verbaas. Maar hy het vir hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe

die Here hom uit die gevangenis uitgelei het.” En Petrus het “...uitgegaan en na ‘n ander

plek vertrek.” Vreugde en lof het die harte van die gelowiges gevul omdat God hulle gebede

verhoor en Petrus uit die hande van Herodes verlos het.

Die volgende oggend het ‘n groot skare mense byeengekom om die teregstelling van

die apostel te aanskou. Herodes het soldate gestuur om Petrus met ‘n groot vertoon van

wapens en wagte uit te bring, nie slegs net om seker te maak dat hy nie ontsnap nie, maar

om ook alle ondersteuners te intimideer en die mag van die koning te vertoon.

Toe die wagte voor die deur ontdek dat Petrus ontsnap het, was hulle vreesbevange.

Dit was duidelik aan hulle gestel dat hulle lewens in die plek van die lewe van hulle

gevangene geëis sou word en om hierdie rede was hulle besonder waaksaam. Toe die

soldate kom om Petrus te haal, was die wagte steeds by die deur van die gevangenis, die

grendels en dwarsbalke was nog op hulle plek, die boeie was vas aan die twee soldate se

gewrigte; maar die gevangene was weg.

Toe die verslag van Petrus se ontsnapping na Herodes gebring is, was hy woedend.

Hy het die wagte by die gevangenis van onbetroubaarheid beskuldig en beveel dat hulle

gedood moes word. Herodes het geweet dat geen menslike mag Petrus verlos het nie, maar

hy was vasberade om nie te erken dat ‘n Goddelike mag sy plan verydel het nie en hy het

homself in blatante verset teen God gestel.

Kort na Petrus se verlossing uit die gevangenis, het Herodes na Cesárea gegaan.

Terwyl hy daar was, het hy ’n groot fees gereël om die bewondering en toejuiging van die

mense af te dwing. Hierdie fees is deur plesierliefhebbers uit alle oorde bygewoon en daar

is baie gesmul en wyn gedrink. Met groot praal en seremonie het Herodes voor die volk

verskyn en hulle hoogdrawend toegespreek. Geklee met ‘n kleed van silwer en goud wat

die strale van die son in sy glinsterende voue opgevang en die oë van die toeskouers

verblind het, was hy ‘n skitterende figuur. Die majesteit van sy voorkoms en die krag van

sy goedgekose woorde het die vergadering met groot mag geroer. Hulle sinne was reeds

deur die feesmaal en die wyn wat hulle gedrink het benewel en Herodes se versierings hulle

verblind en sy houding en redenaarsvermoë het hulle betower; met wilde geesdrif het hulle

hom gevlei en verklaar dat geen sterfling so ‘n voorkoms kon vertoon of so welsprekend

84


Die Handelinge van die Apostels

kon wees nie. Hulle het verder verklaar dat hoewel hulle hom altyd as heerser eerbiedig

het, hulle hom voortaan as ‘n god sou aanbid.

Sommige van die stemme wat daardie lae sondaar nou verheerlik het, het slegs enkele

jare tevore die waansinnige uitroep geopper: “Weg met Jesus! Kruisig, kruisig Hom!” Die

Jode het geweier om Jesus aan te neem, wie se klere grof en dikwels reisbevlek, ‘n hart van

Goddelike liefde bedek het. Onder die nederige uiterlike kon hulle oë nie die Here van die

lewe en van heerlikheid onderskei nie, alhoewel Christus se mag aan hulle geopenbaar is

in werke wat geen sterflike mens kon verrig nie. Maar hulle was bereid om die hovaardige

koning as god te aanbid, waaronder die skitterende klere van silwer en goud ‘n korrupte en

wrede hart verberg het.

Herodes het goed geweet dat hy niks van die lof en eerbetoon verdien het nie, maar

tog het hy die verafgoding van die volk aanvaar asof dit hom toegekom het. Sy hart het

geswel in triomf en ‘n gloed van bevredigende trots was op sy aangesig toe hy hulle hoor

uitroep: ” ‘n Stem van ‘n god en nie van ‘n mens nie!”

Maar skielik het daar ‘n verskriklike verandering oor hom gekom. Sy gesig het bleek

soos die dood geword en is deur pyn verwring. Groot sweetdruppels het uit sy porieë te

voorskyn gekom. ‘n Oomblik lank het hy gestaan asof deur pyn en vrees versteen; en toe

wend hy sy vaalbleek gesig tot sy met afgryse gevulde vriende en roep met ‘n hol,

wanhopige stem uit: Hy wat julle as ‘n god verhef het, word met die dood getref.

Onder die mees pynigende foltering is hy van die toneel van swelgery en vertoon

weggedra. ‘n Oomblik tevore was hy die trotse ontvanger van die lof en aanbidding van

die groot menigte; nou het hy besef dat hy in die hande van ‘n Heerser, wat magtiger is as

hy self, was. Berou het hom aangegryp; hy het sy meedoënlose vervolging van die

volgelinge van Christus onthou; hy het sy wrede bevel om die onskuldige Jakobus om die

lewe te bring en sy plan om Petrus tereg te stel onthou; hy het onthou hoe hy in sy ergernis

en teleurgestelde woede onredelike wraak op die wagte van die gevangenis geneem het.

Hy het gevoel dat God nou met hom, die meedoënlose vervolger, afreken. Daar was vir

hom geen verligting van liggaamlike pyn of sielsangs nie en hy het niks verwag nie.

Herodes was bekend met die wet van God wat lui: “Jy mag geen ander gode voor my

aangesig hê nie” (Exodus 20:3); en hy het geweet dat hy die maat van sy ongeregtigheid

vol gemaak het toe hy die aanbidding van die volk aanvaar het en dat hy hom die regmatige

grimmigheid van Jehova op die hals gehaal het.

Dieselfde engel wat uit die koninklike howe gekom het om Petrus te red, was vir

Herodes die boodskapper van toorn en oordeel. Die engel het Petrus aangeraak om hom uit

sy slaap te wek; maar dit was met ‘n ander slag wat hy die goddelose koning geslaan het,

sy trots vernietig het en die straf van die Almagtige oor hom gebring het. Herodes het met

swaar geestelike en liggaamlike foltering onder die vergeldende oordeel van God gesterf.

85


Die Handelinge van die Apostels

Hierdie bewys van Goddelike geregtigheid het ‘n groot invloed op die volk gehad.

Die tyding dat die apostel van Christus deur ‘n wonderwerk uit die gevangenis en van die

dood gered is terwyl sy vervolger deur die vloek van God neergevel is, is na alle lande

geneem en was die middel om baie mense tot geloof in Christus te lei.

Die ervaring van Filippus wat deur ‘n engel van die hemel beveel is om na ‘n plek te

gaan waar hy ‘n soeker na die waarheid ontmoet het, van Cornelius wat deur ‘n engel met

‘n boodskap van God besoek is, van Petrus, in die gevangenis en tot die dood veroordeel,

wat deur ‘n engel na veiligheid gelei is, alles dui op die noue konneksie tussen hemel en

aarde.

Vir die werker van God behoort die verhaal van hierdie besoeke deur engele krag en

moed te bring. Net so gewis as in die dae van die apostels is daar in ons dag hemelse

boodskappers wat die lengte en breedte van die aarde deurkruis om bedroefdes te troos, om

die onboetvaardige te beskerm en die harte van mense vir Christus te wen. Ons kan hulle

nie persoonlik sien nie; nietemin is hulle by ons om te lei, te rig en te beskerm.

Die hemel word naby aan die aarde deur daardie geheimsinnige leer gebring, die basis

waarvan ferm op die aarde geplant is, terwyl die boonste sport die troon van die Oneindige

bereik. Engele beweeg voortdurend op en af op hierdie skitterende leer om die gebede van

behoeftiges en noodlydendes na die Vader omhoog te neem en om seëninge en hoop, moed

en hulp aan die mensekinders te bring. Hierdie engele van die lig skep ‘n hemelse atmosfeer

rondom die siel en verhef ons opwaarts na die onsienlike en die ewige. Ons kan hulle

gedaante nie met ons natuurlike oë gewaar nie; slegs deur geestelike insig kan ons hemelse

dinge onderskei. Slegs die geestelike oor kan die harmonie van hemelse stemme hoor.

“Die engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees en red hulle uit.”

(Psalm 34:8). God gee aan Sy engele die opdrag om Sy uitverkorenes teen rampe te bewaar

en om hulle te beskerm teen “...die pes wat in die donker wandel...” en “...die siekte wat op

die middag verwoes. (Psalm 91:6). Keer op keer het engele met mense soos ‘n mens met

sy vriend gepraat en hulle na ‘n veilige plekke gelei. Keer op keer het die bemoedigende

woorde van engele die kwynende gees van die getroue gelowiges versterk en deur hulle

gedagtes bo die aardse dinge te op te hef, hulle genoodsaak om deur geloof die wit klere,

die krone en die palmtakke van oorwinning, wat die oorwinnaars sal ontvang wanneer hulle

rondom die groot wit troon staan, te aanskou.

Dit is die werk van die engele om na aan die beproefde, lydende en versoekte

gelowiges te kom. Hulle werk onvermoeid ten behoewe van diegene vir wie Christus

gesterf het. Wanneer sondaars gelei word om hulle aan die Verlosser oor te gee, neem

engele die tyding na die hemel en dan is daar groot blydskap onder die hemelse skare. Daar

sal blydskap “...wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-ennegentig

regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.” (Lukas 15:7). ‘n Verslag van elke

86


Die Handelinge van die Apostels

suksesvolle poging van ons kant om die duisternis te verdryf en die kennis van Christus

wyd te versprei, word na die hemel geneem. Wanneer die daad voor die Vader oorvertel

word, word die hemelse leërskare met opgewonde vreugde vervul.

Die owerhede en magte van die hemel hou die stryd wat onder skynbaar

ontmoedigende omstandighede deur die diensknegte van God gevoer moet word dop.

Nuwe verowerings word behaal, nuwe eerbewyse word gewen, terwyl die Christene onder

die vaandel van hul Verlosser saamtrek om die goeie stryd van geloof te stry. Al die

hemelse engele staan in diens van die nederige, gelowige volk van God; en terwyl die Here

se leërmag van werkers hier benede hulle lofliedere sing, sluit die hemelkoor by hulle aan

om lof aan God en Sy Seun te bring.

Ons moet die sending van die engele beter as tans verstaan. Dit sal goed wees om te

onthou dat elke ware kind van God die samewerking van hemelse wesens het. Onsigbare

leërs van lig en krag staan by die sagmoediges en nederiges wat die beloftes van God glo

en daarop aanspraak maak. Gerubs, serafs en engele, met uitmuntende krag, staan aan God

se regterhand, “...almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat

die saligheid sal beërwe.” (Hebreërs 1:14).

87


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 16—Die Evangelieboodskap in Antiochië

Nadat die dissipels deur vervolging uit Jerusalem verdryf is, het die

evangelieboodskap spoedig deur die gebiede wat buite die perke van Palestina gelê het

versprei en baie groepe gelowiges is in belangrike sentrums gevestig. Sommige van die

dissipels het “...tot by Fenisië en Ciprus en Antiochië...” gereis en die woord verkondig.

Hulle werk is gewoonlik tot die Hebreeuse en Griekse Jode beperk, waarvan groot kolonies

in hierdie tyd in byna al die wêreldstede te vinde was.

Van die plekke waar die evangelie met blydskap ontvang is, was Antiochië, destyds

die metropool in Sirië. Die uitgebreide handel wat vanuit hierdie digbevolkte sentrum

plaasgevind het, het talle mense van verskillende nasionaliteite na die stad gebring. Boonop

was Antiochië gunstig bekend as ‘n oord vir liefhebbers van gemak en plesier vanweë sy

gesonde ligging, sy pragtige omgewing en die rykdom, kultuur en verfyndheid wat daar te

vinde was. In die dae van die apostels het dit ‘n stad van weelde en ondeug geword.

Die evangelie is in die openbaar in Antiochië verkondig deur sekere dissipels van

Ciprus en Sirene “wat ... die Here Jesus verkondig het ... Die hand van die Here was met

hulle...” en hulle ernstige arbeid het vrugte voortgebring. “‘n Groot getal het gelowig

geword en hulle tot die Here bekeer.”

“Die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het

Barnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochië.” Met sy aankoms in sy nuwe

arbeidsveld, het Barnabas die werk wat reeds deur Goddelike genade verrig is gesien en hy

was bly “...en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly.”

Die arbeid van Barnabas in Antiochië is ryklik geseën en daar is baie is by die aantal

gelowiges gevoeg. Namate die werk ontwikkel het, het Barnabas behoefte gehad aan

geskikte hulp om in die openinge wat deur die voorsienigheid van God geskep is, te vul en

hy is na Tarsus om na Paulus te soek, wat na sy vertrek uit Jerusalem vir ‘n geruime tyd in

“...die streke van Sirië en Sicilië ... die geloof wat hy vroeër besig was om uit te roei...” te

verkondig. (Galasiërs 1:21,23). Barnabas het daarin geslaag om Paulus te vind en hom te

oorreed om as ‘n metgesel in die bediening, saam met hom terug te keer.

In die digbevolkte stad van Antiochië het Paulus ‘n uitstekende arbeidsveld gevind.

Sy geleerdheid, wysheid en ywer het ‘n kragtige invloed op die inwoners en besoekers van

daardie stad van kultuur uitgeoefen; en hy was net die regte hulp wat Barnabas nodig gehad

het. Die twee dissipels het vir ‘n jaar getrou in die bediening saamgewerk en baie tot die

reddende kennis van Jesus van Nasaret, die Verlosser van die wêreld, gebring.

Dit was in Antiochië dat die dissipels vir die eerste keer Christene genoem is. Die

naam is aan hulle gegee omdat Christus die hooftema van hul prediking, hul onderrig en

hul gesprekke was. Hulle het voortdurend van die gebeurtenisse wat gedurende die dae van

88


Die Handelinge van die Apostels

Sy aardse bediening plaasgevind het, toe Sy dissipels nog met Sy persoonlike

teenwoordigheid geseën was, vertel. Hulle het onvermoeid oor Sy leringe en Sy

wonderwerke van genesing uitgewei. Met bewende lippe en trane in hulle oë het hulle van

Sy lyding in die tuin gepraat, die verraad teen Hom, Sy verhoor en teregstelling, die

verdraagsaamheid en nederigheid waarmee Hy die wrede marteling wat deur Sy vyande

aan Hom toegedien is verduur het en die Goddelike medelye waarmee Hy vir diegene wat

Hom vervolg het gebid het. Sy opstanding en Hemelvaart en Sy werk in die hemel as

Middelaar vir die gevalle mensdom, was onderwerpe waaroor hulle graag uitgewei het. Die

Heidene kon hulle wel Christene noem, omdat hulle Christus verkondig het en hul gebede

deur Hom tot God gerig het.

Dit is God wat die naam Christen aan hulle gegee het. Dit is ‘n koninklike naam wat

aan almal wat hulle by Christus aansluit gegee word. Dit is aangaande hierdie naam dat

Jakobus later geskryf het: “Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle voor die

regbanke sleep nie? Is dit nie hulle wat die edele Naam belaster wat oor julle aangeroep is

nie?” (Jakobus 2:6,7). En Petrus het verklaar: “Wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy

hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig ... As julle beledig word oor die

Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op

julle rus.” (1 Petrus 4:16,14).

Die gelowiges in Antiochië het besef dat God bereid was om in hul lewens te werk

“...om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” (Filippense 2:13). Omdat hulle tussen

mense gewoon het wat skynbaar min vir die dinge van ewige waarde omgegee het, het

hulle gepoog om die aandag van die opregtes van hart te trek en om positief van Hom, wie

hulle liefgehad en gedien het, te getuig. In hul nederige bediening, het hulle geleer om op

die krag van die Heilige Gees te vertrou om die woord van die lewe effektief te maak. En

so het hulle op die verskillende terreine van die lewe, daagliks van hulle geloof in Christus

getuig.

Die voorbeeld van die volgelinge van Christus in Antiochië behoort vir elke gelowige

wat vandag in die groot stede van die wêreld woon, ‘n inspirasie te wees. Alhoewel God

dit so beskik het dat gekose, toegewyde, talentvolle werkers in die belangrike sentrums van

die bevolking gestasioneer moet word om in openbare pogings uit te lei, is dit ook Sy doel

dat die gemeentelede wat in hierdie stede woon hulle Godgegewe talente sal gebruik om

vir siele te werk. Daar wag ryke seën op diegene wat hulle ten volle aan die roeping van

God oorgee. Wanneer sulke werkers probeer om siele vir Jesus te wen, sal hulle vind dat

baie mense wat nooit andersins bereik sou kon word nie, bereid is om op intelligente

persoonlike pogings te reageer.

Die saak van God op aarde vandag, het behoefte aan lewende verteenwoordigers van

Bybelse waarhede. Die geordende predikante alleen, is nie opgewasse vir die taak om die

groot stede te waarsku nie. God doen ‘n beroep op nie slegs predikante nie, maar ook op

89


Die Handelinge van die Apostels

geneeshere, verpleërs, kolporteurs, Bybelwerkers en ander gewyde leke met verskillende

talente wat ‘n kennis van die Woord van God het en die krag van Sy genade ervaar het, om

oorweging aan die behoeftes van die stede wat nog nie gewaarsku is nie, te skenk. Die tyd

snel vinnig verby en daar is baie om te doen. Elke hulpmiddel moet in werking gestel word

sodat die huidige geleenthede met wysheid bevorder kan word.

Paulus se werk in Antiochië in samewerking met Barnabas, het hom in sy oortuiging

dat die Here hom geroep het om ‘n besondere werk vir die Heidense wêreld te doen gesterk.

Ten tye van Paulus se bekering, het die Here verklaar dat Hy ‘n bedienaar vir die Heidene

sou word “...om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en

van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes

en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.” (Handelinge 26:18). Die engel wat aan

Ananias verskyn het, het van Paulus gesê: “Hy is vir My ‘n uitverkore werktuig om my

Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.” (Handelinge 9:15). En later

in sy Christelike ervaring, terwyl Paulus in die tempel in Jerusalem gebid het, is hy deur ‘n

engel uit die hemel besoek wat hom beveel het: “Gaan heen, want ek sal jou ver wegstuur

na die Heidene.” (Handelinge 22:21).

So het die Here aan Paulus sy opdrag gegee om die breë sendingveld van die Heidense

wêreld te betree. Om hom vir hierdie uitgebreide en moeilike werk voor te berei, het God

hom in noue verbintenis met Homself gebring en voor sy verrukte oë, ‘n uitsig op die

skoonheid en heerlikheid van die hemel geopen. Aan hom is die bediening opgedra om die

“...verborgenheid...” bekend te maak “...wat eeue lank verswyg is.” (Romeine 16:25)-

“...die verborgenheid van Sy wil...” (Efesiërs 1:9) “...wat in ander tye aan die mensekinders

nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur

die Gees, naamlik dat die Heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en

mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie waarvan...” sê Paulus, “...ek

‘n dienaar geword het ... Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee

om onder die Heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te

verkondig, en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid

wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus, sodat

nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid

van God bekend gemaak kan word, volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in

Christus Jesus, onse Here.” (Efesiërs 3:5¬11).

God het die werk van Paulus en Barnabas oorvloediglik geseën gedurende die jaar wat

hulle by die gelowiges in Antiochië gebly het. Maar geeneen van hulle was nog formeel

tot die evangeliebediening georden nie. Hulle het nou ‘n stadium in hul Christelike ervaring

bereik waar God op die punt gestaan het om aan hulle die uitvoering van ‘n moeilike

sendingonderneming op te dra en hulle sou in die aanvaarding daarvan, elke voordeel wat

hulle deur middel van die kerk kon ontvang, benodig.

90


Die Handelinge van die Apostels

“Daar was in die plaaslike gemeente in Antiochië sekere profete en leraars, naamlik

Barnabas en Simeon wat Niger genoem word, en Lucius, die Cireneër en Manaen, ... en

Saulus. En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê:

Sonder nou Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.”

Voordat hulle as sendelinge na die Heidense wêreld gestuur is, is hierdie apostels plegtig

deur vas en gebed en hande-oplegging aan God gewy.

So het die kerk hulle gemagtig, om nie net die waarheid te leer nie, maar om ook die

ritueel van die doop uit te voer en gemeentes te stig, aangesien hulle met volle kerklike

bevoegdheid toegerus was. Die Christelike kerk het op daardie stadium ‘n belangrike

tydperk betree. Die verkondiging van die evangelie onder die Heidene moes nou met krag

voortgesit word; en as gevolg hiervan, sou die kerk met ‘n groot insameling van siele

versterk word. Die apostels wat aangestel was om in hierdie werk uit te lei, sou aan

agterdog, vooroordeel en jaloesie blootgestel word. Hulle leringe dat die “...middelmuur

van skeiding...” (Efesiërs 2:14), wat vir so lank die Jode van die Heidense wêreld geskei

het, afgebreek was, sou hulle natuurlik aan die beskuldiging van kettery onderwerp en hulle

gesag as dienaars van die evangelie sou deur talle ywerige, gelowige Jode bevraagteken

word. God het die probleme waarmee Sy diensknegte te kampe sou kry voorsien en, sodat

hulle werk bo alle verdenking sou staan, het Hy die gemeente deur ‘n openbaring opdrag

gegee om hulle in die openbaar vir die werk van die bediening te onderskei. Hulle ordening

was ‘n openbare erkenning van hul Goddelike aanstelling om die blye boodskap van die

evangelie na die Heidene te neem.

Beide Paulus en Barnabas het reeds hul opdrag van God self ontvang en die seremonie

van handeoplegging het geen nuwe genade of werklike bekwaamheid bygevoeg nie. Dit

was ‘n erkende vorm van aanbeveling vir ‘n aangewese amp en ‘n erkenning van die gesag

van daardie amp. Daardeur is die seël van die kerk op die werk van God afgedruk.

Vir die Jood was hierdie gebruik belangrik. Wanneer ‘n Joodse vader sy kinders

geseën het, het hy sy hande eerbiedig op hulle hoof gelê. Wanneer ‘n dier as offer gewy is,

is die hand van die persoon wat met priesterlike gesag beklee is, op die hoof van die

slagoffer gelê. En toe die bedienaars van die kerk in Antiochië hulle hande op Paulus en

Barnabas gelê het, het hulle God gevra om die gekose apostels te seën in hul toewyding

aan die spesifieke werk waartoe hulle aangestel is.

Later van tyd is die ordeningsritueel deur die oplegging van hande grootliks misbruik;

daar is ‘n ongeregverdigde belangrikheid aan die daad geheg asof mag dadelik op diegene

wat sodanig georden is neergedaal het, wat hulle onmiddellik vir enige en alle ministeriële

arbeid bekwaam het. Maar met die afsondering van hierdie twee apostels is daar geen

verslag dat hulle met enige deug deur die blote oplegging van hande bedeel is nie. Daar is

slegs die eenvoudige verslag van hulle ordening en die invloed wat dit op hul toekomstige

werk gehad het.

91


Die Handelinge van die Apostels

Die omstandighede verbonde aan die afsondering van Paulus en Barnabas deur die

Heilige Gees vir ‘n spesifieke lyn van diens, toon duidelik dat die Here deur aangewese

werktuie in Sy georganiseerde kerk werk. Jare tevore, toe die Goddelike plan met

betrekking tot Paulus vir die eerste keer deur die Verlosser self aan hom geopenbaar is, is

hy onmiddellik daarna met lede van die nuut-georganiseerde kerk in Damaskus in

aanraking gebring. Verder is die kerk daar nie lank in die duisternis oor die persoonlike

ervaring van die bekeerde Fariseër gelaat nie. En nou, wanneer die Goddelike opdrag wat

destyds gegee is meer volledig uitgevoer moes word, het die Heilige Gees weer aangaande

Paulus as ‘n uitverkore werktuig om die evangelie na die Heidene te neem getuig en aan

die gemeente die werk opgedra om hom as sy medewerker te orden. Terwyl die lede van

die kerk in Antiochië “...besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê:

Sonder nou Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.”

God het Sy kerk op aarde ‘n kanaal van lig gemaak en daardeur kommunikeer Hy Sy

voornemens en Sy wil. Hy gee nie aan een van Sy diensknegte ‘n ervaring wat onafhanklik

van en in stryd is met die ervaring van die kerk self nie. Hy gee ook nie aan een mens ‘n

kennis van Sy wil vir die hele kerk terwyl die kerk-die liggaam van Christus-in die

duisternis gelaat word nie. In Sy voorsienigheid bring Hy Sy diensknegte in noue

verbintenis met Sy kerk sodat hulle minder vertroue in hulself kan hê en meer vertroue in

ander wat Hy uitlei om Sy werk te bevorder.

Daar is altyd mense in die kerk wat voortdurend geneig is tot individuele

onafhanklikheid. Dit lyk asof hulle nie in staat is om te besef dat onafhanklikheid van die

gees daartoe kan lei dat die menslike agent te veel vertroue in homself stel en sy eie oordeel

vertrou, eerder as om die raad van sy broeders te respekteer en hoë agting vir hul raad te

hê nie, veral diegene wat God in die ampte van leierskap vir Sy volk aangestel het. God

het Sy kerk met spesiale gesag en mag beklee en niemand is geregverdig om dit minag en

te verag nie, want wie dit doen, verag die stem van God.

Diegene wat geneig is om hul individuele oordeel as deurslaggewend te beskou,

verkeer in ernstige gevaar. Dit is die Satan se weloorwoë poging om sulke mense van

diegene wat kanale van lig is, deur wie God gewerk het om Sy werk op aarde op te bou en

uit te brei, te skei. Om diegene wat deur God aangestel is om die verantwoordelikheid van

leierskap ten opsigte van die bevordering van die waarheid te aanvaar, te verwaarloos of te

verag, is om die middele wat Hy vir die hulp, aanmoediging en krag vir Sy volk bepaal het,

te verwerp. Vir enige werker in die saak van die Here wat hierdie mense verontagsaam en

dink dat sy lig deur geen ander kanaal as regstreeks van God af kom nie, stel homself in ‘n

posisie waar hy deur die vyand mislei en omvergewerp kan word. Die Here het in Sy

wysheid gereël dat deur die intieme verhouding wat alle gelowiges moet handhaaf,

Christen met Christen en gemeente met gemeente verenig sal wees. Sodoende sal die

menslike werktuig in staat gestel word om met die Goddelike saam te werk. Elke werktuig

92


Die Handelinge van die Apostels

sal aan die Heilige Gees onderworpe wees en al die gelowiges sal in ‘n georganiseerde en

goed gerigte poging verenig wees, om die blye boodskap van die genade van God aan die

wêreld te verkondig.

Paulus het die geleentheid van sy formele ordening as die begin van ‘n nuwe en

belangrike tydvak in sy lewenstaak beskou. Hy het dit as die beginpunt van sy apostelskap

in die Christelike kerk beskou.

Terwyl die lig van die evangelie in Antiochië helder geskyn het, het die apostels wat

in Jerusalem agtergebly het, ‘n belangrike werk voortgesit. Daar het jaarliks ten tye van die

feeste, groot getalle Jode uit alle lande na Jerusalem gekom om in die tempel te aanbid.

Sommige van hierdie pelgrims was manne met innige vroomheid en ernstige studente van

die profesieë. Hulle het na die koms van die beloofde Messias, die hoop van Israel,

uitgesien en daarna verlang. Terwyl Jerusalem gevul was met hierdie vreemdelinge, het

die apostels Christus met onwrikbare moed verkondig, hoewel hulle geweet het dat hulle

sodoende hul lewens voortdurend in gevaar stel. Die Gees van God het Sy seël op hulle

werk geplaas; baie bekeerlinge is tot die geloof bekeer en nadat hulle na hul huise in

verskillende dele van die wêreld teruggekeer het, het hulle die saad van waarheid deur al

die nasies en onder alle klasse van die samelewing gesaai.

Prominent onder die apostels wat in hierdie wek gedeel het, was Petrus, Jakobus en

Johannes, wat vol vertroue was dat God hulle aangestel het om Christus onder hul

landgenote tuis te verkondig. Hulle het getrou en met wysheid gewerk en van die dinge

wat hulle gesien en gehoor het getuig. Hulle het hulle beroep op “...’n profetiese woord wat

baie vas is...” (2 Petrus 1:19) in hulle poging om “...die hele huis van Israel...” te oortuig

“...dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat...” die Jode “...gekruisig

het.” (Handelinge 2:36).

93


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 17—Verkondigers van die Evangelie

“Deur die Heilige Gees uitgestuur... ” het Paulus en Barnabas ná hulle ordening deur

die broeders in Antiochië, “...afgegaan na Seleucië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.”

So het die apostels hul eerste sendingreis begin.

Ciprus was een van die plekke waarheen die gelowiges uit Jerusalem, as gevolg van

die vervolging na die dood van Stefanus, gevlug het. Van Ciprus af het sekere manne na

Antiochië gereis en “...die evangelie van die Here Jesus verkondig...” (Handelinge 11:20).

Barnabas self was “...van geboorte uit Ciprus...” (Handelinge 4:36); en nou het hy en

Paulus, vergesel van Johannes Markus, ‘n bloedverwant van Barnabas, hierdie eiland

besoek.

Markus se moeder was ‘n bekeerling tot die Christelike geloof en haar huis in

Jerusalem was ‘n toevlugsoord vir die dissipels. Daar was hulle altyd van ‘n vriendelike

ontvangs en ‘n tyd van rus verseker. Dit was tydens een van hierdie besoeke van die

apostels aan sy moeder se huis, dat Markus aan Paulus en Barnabas voorgestel het dat hy

hulle op hulle sendingreis moes vergesel. Hy het die guns van God in sy hart ervaar en

daarna verlang om homself geheel en al aan die werk van die bediening van die evangelie

toe te wy.

Toe hulle in Salamis aankom, het die apostels “...die woord van God in die sinagoges

van die Jode verkondig ... En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en ‘n towenaar

gevind, ‘n valse profeet, ‘n Jood met die naam van Bar-Jesus. Hy was by die goewerneur

Sergius Paulus, ‘n verstandige man. Die het Barnabas en Saulus laat roep en het versoek

om die woord van God te hoor. Maar Elimas die towenaar-want so word sy naam vertaalhet

hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.”

Die Satan laat die koninkryk van God nie toe om sonder stryd op aarde opgebou te

word nie. Die magte van die bose is voortdurend in ‘n stryd teen die werktuie wat aangestel

is om die evangelie te versprei gewikkel en hierdie magte van die duisternis is veral aktief

wanneer die waarheid aan mense van aansien en eerlike integriteit verkondig word. So was

dit toe ook toe Sergius Paulus, die goewerneur van Ciprus, na die evangelieboodskap

geluister het. Die adjunk het na die apostels gestuur om hom aangaande die boodskap wat

hulle kom verkondig het te onderrig en nou het die magte van die bose, wat deur die

towenaar Elimas gewerk het, met hul verderflike invloede, gepoog om hom van die geloof

te weerhou en so die doel van God te verydel.

So werk die gevalle vyand altyd om invloedryke manne in sy geledere te behou wat,

indien hulle tot bekering kom, effektiewe diens in die saak van God kan lewer. Maar die

getroue evangelie-werker hoef nie ‘n nederlaag aan die hand van die vyand te vrees nie;

want dit is sy voorreg om met krag van bo bedeel te word om elke sataniese invloed te

weerstaan.

94


Die Handelinge van die Apostels

Alhoewel Paulus heftig deur die Satan aangeval is, het hy die moed gehad om die een

te bestraf deur wie die vyand gewerk het. “...vervul met die Heilige Gees het hy die oë op

hom gehou en gesê: Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van

alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie? En nou,

kyk, die hand van die Here is op jou en jy sal blind wees en die son ‘n tyd lank nie sien nie.

En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval en hy het rondgegaan en

gesoek na mense wat hom by die hand kon lei. Toe die goewerneur dan sien wat daar

gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo.”

Die towenaar het sy oë vir die bewyse van waarheid van die evangelie gesluit en in

geregverdigde toorn het die Here sy natuurlike oë vir die daglig gesluit. Hierdie blindheid

was nie permanent nie, maar slegs tydelik, sodat hy gewaarsku kon word om berou te hê

en die God wat hy so erg gegrief het te versoek om hom te vergewe. Die verwarring wat

daardeur oor hom gekom het, het sy subtiele listigheid teen die leer van Christus nutteloos

gemaak. Die feit dat hy gedwing was om in blindheid rond te tas, het aan almal bewys dat

die wonderwerke wat die apostels verrig het en wat Elimas as oëverblindery bestempel het,

deur die krag van God bewerk is. Die adjunk, oortuig van die waarheid van die leer wat

die dissipels verkondig het, het die evangelie aangeneem.

Elimas was nie ‘n geleerde man nie, maar tog was hy besonder geskik om die werk

van Satan te doen. Diegene wat die waarheid van God verkondig, sal die sluwe vyand in

baie verskillende gedaantes aantref. Soms sal dit in die persoon van ‘n geleerde voorkom,

maar meer dikwels in dit ongeletterde mense, wat deur Satan opgelei is om suksesvolle

instrumente in die misleiding van siele te wees. Dit is die plig van die dienaar van Christus

om in die vrees van God en in die krag van Sy mag, getrou op sy pos te staan. So kan hy

die leërskare van Satan verwar en in die Naam van die Here seëvier.

Paulus en sy geselskap het hulle reis na Perge in Pamfilië voortgesit. Die pad was

moeilik; hulle het teëspoed en ontberinge teëgekom en is van alle kante deur gevare

omring. In die dorpe en stede waardeur hulle gereis het en langs die eensame hoofweë, is

hulle deur sigbare en onsigbare gevare omring. Maar Paulus en Barnabas het geleer om op

die verlossingskrag van God te vertrou. Hulle harte was met ‘n brandende liefde vir

sterwende siele gevul. As getroue herders op soek na verlore skape, het hulle geen gedagte

aan hul eie gemak en gerief geskenk nie. Sonder inagneming van hulself, het hulle nie

gewankel wanneer hulle moeg, honger en koud was nie. Hulle het slegs een oogmerk

gehad-die redding van diegene wat ver van die kraal weggedwaal het.

Dit was hier waar Markus, oorweldig deur vrees en moedeloosheid, ‘n tyd lank in sy

doel om hom heelhartig aan die werk van die Here te wy, gewankel het. Hy was nie aan

ontberings gewoond nie en is deur die gevare en ongeriewe van die pad ontmoedig. Onder

gunstige omstandighede het hy met welslae gewerk, maar nou, te midde van die teëstand

en gevare wat die baanbrekerswerk so dikwels omring, het hy nie daarin geslaag om die

95


Die Handelinge van die Apostels

swaarkry van ‘n goeie soldaat van die kruis te verduur nie. Hy moes nog leer om gevaar en

vervolging en teëspoed met ‘n dapper hart tegemoet te gaan. Soos die apostels verder

gegaan en met al groter probleme gekonfronteer is, was Markus geïntimideer en het hy

moed verloor. Hy het geweier om verder te gaan en na Jerusalem teruggekeer.

Hierdie verlating het veroorsaak dat Paulus Markus vir ‘n tyd lank ongunstig, selfs

streng veroordeel het. Barnabas, daarenteen, was geneig om hom weens sy gebrek aan

ervaring te verontskuldig. Hy was bekommerd dat Markus nie die bediening moes laat vaar

nie, want hy het vermoëns in hom opgemerk wat hom as ‘n nuttige werker vir Christus kon

bekwaam. Sy besorgdheid oor Markus is in later jare ryklik beloon, want die jongman het

hom onvoorwaardelik aan die Here oorgegee en die evangelie op moeilike terreine

verkondig. Met die seën van God en die wyse opleiding van Barnabas, het hy in ‘n

waardevolle werker ontwikkel.

Paulus is agterna met Markus versoen en het hom as ‘n medewerker ontvang. Hy het

hom ook by die Kolossense aanbeveel as ‘n medewerker “...vir die koninkryk van God...”

en “...’n troos vir my.” (Kolossense 4:11). Nie lank voor sy eie dood nie, het hy weer van

Markus melding gemaak dat hy vir hom “...baie tot diens...” kon wees. (2 Timotheus 4:11).

Na die vertrek van Markus, het Paulus en Barnabas Antiochië in Pisidië besoek en op

die Sabbatdag in die Joodse sinagoge gaan sit. “Na die lesing van die wet en die profete

het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle ‘n woord van

opwekking vir die volk het, spreek dan!” Na hierdie uitnodiging om te spreek, “...staan

Paulus op, wink met die hand en sê: Israeliete en julle wat God vrees, luister!” Daarna het

‘n wonderlike toespraak gevolg. Hy het die geskiedenis van die wyse waarop die Here die

Jode, sedert die tyd van hulle verlossing uit Egiptiese slawerny, weergegee en hoe ‘n

Verlosser uit die nageslag van Dawid beloof is en met vrymoedigheid verklaar dat: “Uit

die nageslag van hierdie man het God vir Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser

verwek, nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van

Israel verkondig het. En toe Johannes aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy

gesê: Wie dink julle is ek? Ek is dit nie; maar kyk, Hy kom ná my, wie se skoen ek nie

waardig is om van sy voete los te maak nie.” So het hy kragtig Jesus as die Verlosser van

die mensdom, die Messias van die profesieë, verkondig.

Nadat hy hierdie verklaring gedoen het, het Paulus gesê: “Broeders, kinders van die

geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van

verlossing gestuur. Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken

nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke Sabbat

gelees word.”

Paulus het nie geaarsel om die eenvoudige waarheid aangaande die verwerping van

die Verlosser deur die Joodse leiers te verkondig nie. “Al het hulle niks gevind wat die

96


Die Handelinge van die Apostels

dood verdien nie...” het die apostel verklaar, “...tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy

omgebring moes word. En toe hulle alles volbring het wat oor Hom geskrywe is, het hulle

Hom van die kruishout afgehaal en in ‘n graf neergelê. Maar God het Hom uit die dode

opgewek. En gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het

van Galilea na Jerusalem, en hulle is sy getuies by die volk.”

“Ons bring julle die goeie tyding,” het die apostel vervolg, “...van die belofte wat aan

die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek,

soos daar ook in die tweede Psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.

En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer

nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar

is. Daarom sê Hy ook op ‘n ander plek: U sal U Heilige nie oorgee om verderwing te sien

nie. Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het

en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien, maar Hy wat deur God opgewek is,

het geen verderwing gesien nie.”

En, nadat hy duidelik oor die vervulling van die bekende profesieë aangaande die

Messias gepraat het, het Paulus bekering en die vergifnis van sonde deur die verdienste van

Jesus, hul Verlosser, aan hulle verkondig. Hy het gesê: “Laat dit aan julle bekend wees,

broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat

glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie

geregverdig kon word nie.”

Die Gees van God het die woorde wat gespreek is vergesel en harte is aangeraak. Die

apostel se beroep op die profesieë van die Ou Testament en sy verklaring dat hulle in die

bediening van Jesus van Nasaret vervul is, het baie siele wat na die koms van die beloofde

Messias verlang het, oortuig. En die spreker se bemoedigende woorde dat die “...goeie

tyding...” van verlossing vir beide Heiden en Jood was, het hoop en blydskap vir diegene

wat nie as kinders van Abraham volgens die vlees gereken was nie, gebring.

“En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die Heidene versoek dat daardie woorde

op die volgende Sabbat tot hulle gespreek sou word.” Nadat die gemeente uiteindelik

uiteengegaan het, “...het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote...” wat die blye

tyding wat hulle daardie dag gehoor het aangeneem het, “...Paulus en Barnabas gevolg. Dié

het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly.”

Die belangstelling wat Paulus se rede in Pisidiese Antiochië verwek het, het “...byna

die hele stad...” op die volgende Sabbatdag byeengebring “...om die woord van God te

hoor. Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike

woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is.”

“Maar Paulus en Barnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die

woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en

97


Die Handelinge van die Apostels

julleself die ewige lewe nie waardig ag nie-kyk, ons wend ons tot die Heidene. Want so het

die Here aan ons bevel gegee: Ek het u ‘n lig van die nasies gemaak, sodat u tot redding

sal wees tot aan die einde van die aarde.”

“Toe die Heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys;

en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.” Hulle was

uitermate verheug dat Christus hulle as die kinders van God erken het en het met dankbare

harte geluister na die woord wat verkondig is. Diegene wat geglo het, het die

evangelieboodskap met ywer aan ander verkondig, en “...die woord van die Here...” is op

hierdie wyse “...deur die hele land verbrei.”

Eeue vantevore het die pen van die Inspirasie hierdie insameling van die Heidene

beskryf; maar hierdie profetiese uitsprake is vaag begryp. Hosea het gesê: “Nogtans sal die

getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel

kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie-sal aan hulle

gesê word: Julle is kinders van die lewende God.” En weer: “Ek sal haar vir My saai in die

land en My oor Lo-Rugáma ontferm, en aan Lo- Ammi sê: Jy is my volk; en hy sal sê: My

God. “(Hosea 1:10;2:22).

Die Verlosser het self gedurende Sy aardse bediening die verspreiding van die

evangelie onder die Heidene voorspel. In die gelykenis van die wingerd het Hy aan die

onboetvaardige Jode gesê: “Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n

volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.” (Mattheus 21:43). En na Sy opstanding

het Hy Sy dissipels beveel om “...die hele wêreld in...” te gaan en dissipels van al die nasies

te maak. Hulle moes niemand ongewaarsku laat bly nie, maar moes “...die evangelie aan

die ganse mensdom... ” verkondig. (Mattheus 28:19; Markus 16:15).

Paulus en Barnabas het hulle na die Heidene in Pisidiese Antiochië gewend en hulle

het nie opgehou om elders, oral waar daar ‘n gunstige geleentheid was om verhoor te word,

vir die Jode te werk nie. Later, in Thessalonika, Korinthe, Éfese en in ander belangrike

sentra, het Paulus en sy medewerkers die evangelie aan beide Jode en Heidene verkondig.

Maar hulle vernaamste kragte was voortaan toegespits op die opbou van die koninkryk van

God in die heidense gebiede onder die volke wat min kennis van die ware God en van Sy

Seun gehad het.

Die harte van Paulus en sy medewerkers het uitgegaan na diegene wat “...sonder

Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van

die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.” Deur die

onvermoeide bediening van die apostels onder die Heidene het die wat “...vreemdelinge en

bywoners...” was, wat “...vroeër ver was...” uitgevind dat hulle “...naby gekom...” het

“...deur die bloed van Christus...” en dat hulle deur geloof in Sy soenoffer nou

“...medeburgers van die heiliges en huisgenote van God...” kon word (Efesiërs 2:12,13,19).

98


Die Handelinge van die Apostels

Paulus het in geloof voortgegaan en hom onophoudelik beywer vir die opbou van God

se koninkryk onder diegene wat deur die leraars in Israel verwaarloos is. Hy het Christus

voortdurend verhef as die as die “...Koning van die konings en Here van die here...” (1

Timotheus 6:15) en die gelowiges gemaan om in Hom “...gewortel en opgebou... ” en in

die geloof bevestig te wees. (Kolossense 2:7).

Vir diegene wat glo, is Christus ‘n vaste fondasie. Op hierdie lewende Steen kan beide

Jode en Heidene bou. Dis breed genoeg vir almal en sterk genoeg om die las van die hele

wêreld te dra. Dit is ‘n feit wat duidelik deur Paulus self erken word. Die apostel het, in die

laaste dae van sy bediening, ‘n groep gelowiges uit die Heidene, wat standvastig in hul

liefde vir die waarheid van die evangelie gebly het, geskryf: “So is julle ... gebou op die

fondament van die apostels en profete, terwyl Christus Jesus self die hoeksteen is.”

(Efesiërs 2:19,20).

Namate die evangelieboodskap in Pisidië versprei het, het die ongelowige Jode in

Antiochië in hulle blinde vooroordeel “...die godsdienstige en aansienlike vroue en die

vernaamste mense van die stad opgehits teen Paulus en Barnabas en ‘n vervolging in die

lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf.”

Die apostels is nie deur hierdie optrede ontmoedig nie; hulle het die woorde van hulle

Meester onthou: “Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik

allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon

groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.”

(Mattheus 5:11,12).

Die evangelieboodskap het opgang gemaak en die apostels het alle rede gehad om

bemoedig te wees. Hulle arbeid onder die Pisidiërs in Antiochië was ryklik geseën en die

gelowiges wat hulle agtergelaat het om die werk ‘n tyd lank alleen voort te sit, “...is vervul

met blydskap en met die Heilige Gees.”

99


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 18—Prediking van die Evangelie Onder die

Heidene

Van Antiochië in Pisidië is Paulus en Barnabas na Ikonium. Soos in Antiochië het

hulle ook hier in die sinagoges van hulle eie mense begin werk. Hulle het opvallende sukses

behaal sodat “...’n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.” Maar in

Ikonium soos op ander plekke waar die apostels gewerk het, het “...die ongehoorsame Jode

... die gemoedere van die Heidene teen die broeders opgehits en verbitter.”

Die apostels het egter nie van hulle sending afgesien nie, want baie het die evangelie

van Christus aangeneem. Ondanks teëstand, afguns en vooroordeel het hulle met hul werk

voortgegaan en “...vrymoediglik gespreek in die Here...” en God het “...aan die woord van

Sy genade getuienis gegee ... deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande

plaasvind.” Hierdie bewyse van Goddelike goedkeuring het ‘n kragtige invloed op diegene

wie se gemoedere oop was vir oortuiging gehad en die bekeerlinge tot die evangelie het

toegeneem.

Die toenemende gewildheid van die boodskap wat die apostels verkondig het, het die

ongelowige Jode met afguns en haat vervul en hulle het hulle voorgeneem om die werk

van Paulus en Barnabas onmiddellik te beëindig. Deur middel van valse en oordrewe

berigte het hulle die owerhede laat vrees dat die hele stad tot opstand opgestook sou word.

Hulle het verklaar dat groot getalle mense hulle by die apostels aangesluit het en het

gesuggereer dat dit met geheime en gevaarlike motiewe was.

As gevolg van hierdie beskuldigings is die apostels herhaaldelik voor die owerhede

gebring; maar hulle verdediging was so duidelik en sinvol en hul verklaring van wat hulle

geleer het so kalm en omvattend dat ‘n sterk invloed in hulle guns uitgeoefen is. Alhoewel

die regters as gevolg van die valse verklarings wat hulle gehoor het, teen hulle

bevooroordeel was, kon hulle dit nie waag om hulle te veroordeel nie. Hulle kon slegs

erken dat die leer van Paulus en Barnabas geneig was om van mense deugsame,

wetsgehoorsame burgers te maak en dat die sedes en orde van die stad sou verbeter indien

die waarhede wat deur die apostels geleer word, aanvaar word.

As gevolg van die teëstand wat die dissipels ervaar het, het die boodskap van die

waarheid groter bekendheid verwerf; die Jode het besef dat hulle pogings om die werk van

die nuwe leraars te stuit, slegs daartoe gelei het dat groter getalle tot die nuwe geloof

toegevoeg is. “Die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en

ander met die apostels saamgegaan.”

Die leiers onder die Jode was so woedend oor hierdie wending van sake, dat hulle

besluit het om hul doel deur geweld te bereik. Hulle het die ergste emosies van die

onkundige, luidrugtige skare opgewek en daarin geslaag om ‘n oproer aan te hits wat hulle

aan die leer van die dissipels toegeskryf het. Hulle het gehoop om deur hierdie valse

100


Die Handelinge van die Apostels

beskuldiging die hulp van die owerhede vir die uitvoer van hulle plan te verkry. Hulle was

vasbeslote dat die apostels geen geleentheid moes kry om hulself te verdedig nie en dat die

gepeupel moes ingryp deur Paulus en Barnabas te stenig en so ‘n einde aan hulle werk te

maak.

Vriende van die apostels, hoewel ongelowiges, het hulle teen die kwaadwillige planne

van die Jode gewaarsku en by hulle aangedring om hulself nie onnodig aan die woede van

die gepeupel bloot te stel nie, maar vir hul lewens te vlug. Gevolglik het Paulus en Barnabas

Ikonium heimlik verlaat en dit aan die gelowiges oorgelaat om die werk vir ‘n tyd lank

alleen voort te sit. Maar hulle het geensins finaal afskeid geneem nie; hulle was van

voorneme om, nadat die opgewondenheid afgeneem het terug te keer, sodat hulle die werk

wat hulle begin het, kon voltooi.

In elke eeu en in elke land is God se boodskappers opgeroep om bittere teëstand van

diegene wat doelbewus gekies het om die lig van die hemel te verwerp, te verduur. Dikwels

het die vyande van die evangelie deur wanvoorstelling en valsheid skynbaar geseëvier en

die deure waardeur die boodskappers van God toegang tot die volk kan verkry gesluit.

Maar hierdie deure kan nie vir altyd gesluit bly nie en dikwels wanneer die dienaars van

God na ‘n tyd teruggekeer het om hulle werk te hervat, het die Here kragtig ten behoewe

vir hulle gewerk en hulle in staat gestel om gedenktekens tot eer van Sy naam te op te rig.

Deur vervolging uit Ikonium verdryf, het die apostels na Listre en Derbe in Likaónië

gegaan. Hierdie dorpe is grotendeels deur ‘n heidense, bygelowige volk bewoon, maar

onder hulle was sommige wat oop was om die evangelieboodskap te hoor en dit aan te

neem. Die apostels het besluit om op hierdie plekke en in die omliggende streke te werk,

in die hoop om die Joodse vooroordeel en vervolging vry te spring.

In Listre was daar geen Joodse sinagoge nie, hoewel daar ‘n paar Jode in die stad

gewoon het. Baie van die inwoners van Listre het in die tempel wat aan Jupiter gewy was,

aanbid. Toe Paulus en Barnabas in die stad verskyn en die inwoners om hulle vergader om

die eenvoudige waarhede van die evangelie aan hulle te verduidelik, het baie probeer om

hierdie leerstellings met hul eie bygelowige aanbidding van Jupiter te verbind.

Die apostels het probeer om aan hierdie afgodedienaars ‘n kennis van God die Skepper

en van Sy Seun, die Verlosser van die mensdom, oor te dra. Hulle het eers die aandag op

die wonderbare werke van God gevestig-die son, die maan, die sterre, die pragtige orde

van die herhalende seisoene, die magtige sneeubedekte berge, die hoë bome en ander

verskillende wonders van die natuur wat van ‘n vaardigheid buite die menslike begrip

spreek. Deur hierdie werke van die Almagtige het die apostels die Heidene se gedagtes tot

nadenke oor die groot Heerser van die heelal gelei.

Nadat hierdie fundamentele waarhede aangaande die Skepper duidelik geword het,

het die apostels die mense van Listre van die Seun van God, wat van die hemel na ons

101


Die Handelinge van die Apostels

wêreld gekom het vertel, omdat Hy die mensekinders liefgehad het. Hulle het oor Sy lewe

en bediening, Sy verwerping deur diegene wat Hy kom red het, Sy verhoor en kruisiging

gepraat, van Sy opstanding en Hemelvaart om daar as Voorspraak vir die mensdom in te

tree. So het Paulus en Barnabas, in die Gees en krag van God, die evangelie in Listre

verkondig.

Op ‘n tydstip, terwyl Paulus die mense van die werk van Christus as Geneser van die

siekes en ellendiges vertel het, het hy onder sy toehoorders ‘n kreupele gesien wie se oë op

hom gevestig was en wat sy woorde gehoor en geglo het. Paulus se hart het na die

ongelukkige man uitgegaan en hy kon sien dat “...hy geloof het om gesond te word.” In die

teenwoordigheid van die afgodiese byeenkoms, het Paulus die kreupele beveel om regop

op sy voete te staan. Voorheen kon die kreupele slegs ‘n sittende posisie inneem, maar nou

het hy onmiddellik Paulus se opdrag gehoorsaam en vir die eerste keer in sy lewe op sy

voete gestaan. Saam met hierdie poging van geloof, het daar krag gekom en hy wat kreupel

was, “...het opgespring en begin rondloop.”

“Toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in Likaónies:

Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe.” Hierdie stelling was in

ooreenstemming met een van hulle tradisies dat die gode soms die aarde besoek het. Hulle

het Barnabas, vanweë sy eerbiedwaardige voorkoms, sy waardige houding en die

sagmoedigheid en welwillendheid wat in sy voorkoms tot uiting gekom het, Jupiter, die

vader van die gode, genoem. Hulle het geglo Paulus was Mercurius, “...omdat hy die

woordvoerder...” ernstig, aktief en welsprekend was, met woorde van waarskuwing en

vermaning.

Gretig om hulle dankbaarheid te bewys, het die inwoners van Listre, die priester van

Jupiter oorreed om die apostels te vereer en hy het “...stiere en kranse na die poorte gebring

en wou saam met die skare offer.” Paulus en Barnabas wat na afsondering en rus gaan soek

het, was onbewus van hierdie voorbereidings. Hulle aandag was egter spoedig deur die

klank van musiek en die geesdriftige uitroepe van ‘n groot skare wat by die huis waar hulle

tuis was saamgekom het, getrek.

Toe die apostels die oorsaak van hierdie besoek en die gepaardgaande

opgewondenheid daarvan vasgestel het, “...het hulle hul klere geskeur en onder die skare

ingespring...” in die hoop om verdere verrigtinge te voorkom. Met ‘n luide, deurdringende

stem wat bo die uitroepe van die mense opgestyg het, het Paulus hulle aandag geëis; en toe

die rumoer plotseling ophou, sê hy: “Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net

sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige

dinge moet bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat

daarin is, gemaak het. Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie

weë sou wandel, al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die

hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.”

102


Die Handelinge van die Apostels

Ondanks die uitdruklike ontkenning van die apostels dat hulle gode was en

nieteenstaande Paulus se pogings om die mense se aandag op die ware God, as die enigste

voorwerp wat aanbiddenswaardig is te vestig, was dit bykans onmoontlik om die heidene

van hulle voorneme om ‘n offer te bring te laat afsien. Hulle was so vas van oortuiging dat

hierdie manne inderdaad gode was en hulle entoesiasme was so groot, dat hulle onwillig

was om hul dwaling te erken. Die verslag vertel dat hulle “...met moeite die skare

verhinder...” het.

Die inwoners van Listre het aangevoer dat hulle die wonderbaarlike mag van die

apostels met hulle eie oë aanskou het. Hulle het gesien hoe ‘n kreupel man wat nooit

voorheen kon loop nie, homself nou in blakende gesondheid en krag verheug. Eers na baie

oortuiging van Paulus en ‘n deeglike uiteensetting van sy en Barnabas se sending as

verteenwoordigers van die God van die hemel en van Sy Seun, die groot Geneesheer, is

die mense oorreed om hulle plan te laat vaar.

Die werk van Paulus en Barnabas in Listre is plotseling gestuit deur die

kwaadwilligheid van sekere “...Jode van Antiochië en Ikonium..” wat, toe hulle te wete

kom van die welslae van die apostels se werk in Likaónië, besluit het om hulle daar te gaan

vervolg. Toe hulle in Listre aankom, het hierdie Jode daarin geslaag om die mense met

dieselfde bitterheid van gees te inspireer as wat in hul eie gemoed geheers het. Deur woorde

van wanvoorstelling en laster het hulle daarin geslaag om diegene wat Paulus en Barnabas

onlangs as goddelike wesens beskou het, te oortuig dat die apostels in werklikheid erger as

moordenaars was en dat hulle die dood verdien het.

Die teleurstelling wat die inwoners van Listre ondergaan het omdat hulle die voorreg

om aan die apostels te offer geweier is, het hulle genoop om teen Paulus en Barnabas met

byna dieselfde geesdrif wat hulle aan die dag gelê het toe hulle hul as gode begroet het te

draai. Aangespoor deur die Jode, het hulle beplan om die apostels met geweld aan te val.

Die Jode het hulle beveel om nie aan Paulus die geleentheid te gee om te praat nie en

beweer dat, indien hy die geleentheid sou kry, hy die mense sou betower.

Die moorddadige planne van die vyande van die evangelie is spoedig uitgevoer. Die

inwoners van Listre het aan die invloed van die kwaad toegegee en is deur sataniese woede

oormeester. Hulle het Paulus gegryp en hom genadeloos gestenig. Die apostel het gedink

dat sy einde aangebreek het. Die martelaarskap van Stefanus en sy eie wrede rol daarin, het

dadelik helder voor sy gees opgekom. Bedek met kneusplekke en swak van die pyn, het hy

op die grond neergeval en die wrede gepeupel het “...hom buitekant die stad gesleep, met

die gedagte dat hy dood was.”

In hierdie donker uur van beproewing het die groepie gelowiges in Listre, wat deur

die bediening van Paulus en Barnabas tot geloof in Jesus bekeer is, lojaal en getrou gebly.

Die onredelike teëstand en wrede vervolging deur hulle vyande, het slegs gedien om die

103


Die Handelinge van die Apostels

geloof van hierdie toegewyde broeders te bevestig; en nou, te midde van gevaar en

bespotting, het hulle hul lojaliteit getoon deur met hartseer rondom sy liggaam te skaar in

die waan dat hy dood was.

Wat was hul verbasing groot toe die apostel skielik, te midde van hulle geweeklaag,

sy kop oplig en met lof tot God op sy lippe, opstaan. Die gelowiges het hierdie onverwagte

herstel van God se dienaar, as ‘n wonder van Goddelike mag beskou en hulle het dit as die

Hemel se goedkeuring op hul geloofsverandering beskou. Hulle het hulle met

onuitspreeklike blydskap verheug en God met hernieude geloof geprys.

Onder diegene wat in Listre tot bekering gekom het en ooggetuies van die lyding van

Paulus was, was iemand wat agterna ‘n prominente werker vir Christus sou word en wat

die beproewings en die vreugde van pioniersdiens in moeilike velde sou deel. Dit was ‘n

jongman met die naam van Timotheus. Toe Paulus uit die stad gesleep is, was hierdie

jeugdige dissipel onder die getal wat by sy skynbaar lewelose liggaam gestaan het en hom

gekneus en bebloed met lof op sy lippe sien opstaan het omdat hy die voorreg gehad het

om ter wille van Christus te ly.

Die dag na die steniging van Paulus, het die apostels na Derbe vertrek waar hulle werk

geseën en baie siele gelei is om Christus as hulle verlosser aan te neem. Maar “...nadat

hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en ‘n aantal dissipels gemaak het...” was nie

Paulus of Barnabas tevrede om elders te gaan werk sonder om die geloof van die

bekeerlinge, wat hulle genoodsaak was om ‘n tyd lank alleen op plekke waar hulle kort

tevore gewerk het te laat, te bevestig nie. En so, sonder om vir die gevaar terug te deins,

“...het hulle teruggegaan na Listre en Ikonium en Antiochië en die siele van die dissipels

versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly.” Baie het die blye boodskap van die

evangelie aanvaar en hulle so aan verwyt en teëstand blootgestel. Die apostels het gepoog

om hulle in die geloof te versterk sodat die werk wat gedoen is blywend kon wees.

As ‘n belangrike faktor in die geestelike groei van die nuwe bekeerlinge, was die

apostels versigtig om hulle met die beskerming van die evangeliebedeling te omring.

Gevolglik het hulle kerke op alle plekke waar daar gelowiges was, in Likaónië en Pisidië,

georganiseer. Ampsdraers is in elke kerk aangestel en gepaste orde en stelsels vir die

voortsetting van die bestuur van alle sake wat op die geestelike welsyn van die gelowiges

betrekking gehad het, is ingestel.

Dit was in ooreenstemming met die plan van die evangelie om alle gelowiges in

Christus in een liggaam te verenig en Paulus was versigtig om gedurende sy bediening,

hierdie plan noukeurig te volg. Almal wat, op enige plek, as gevolg van sy arbeid, Christus

as hul persoonlike Saligmaker aangeneem het, is op die regte tyd in ‘n gemeente

georganiseer. Selfs waar gelowiges gering in getal was, is dit gedoen. Op hierdie wyse is

104


Die Handelinge van die Apostels

die Christene geleer om mekaar te help en die belofte in gedagte te hou: “Waar twee of drie

in my Naam vergader, daar sal Ek in hul midde wees.” (Mattheus 18:20).

En Paulus het nie van die gemeentes wat op hierdie wyse tot stand gebring is, vergeet

nie. Die versorging van hierdie gemeentes het ‘n toenemende las op sy gemoed geword.

Hoe klein die gemeente ook al was, was dit nietemin die voorwerp van sy konstante sorg.

Met teerheid het hy oor die kleiner gemeentes gewaak en besef dat hulle spesiale sorg nodig

gehad het om die lidmate deeglik in die waarheid te vestig en hulle geleer om ernstige,

onselfsugtige pogings aan te wend vir diegene rondom hulle.

Paulus en Barnabas het, in al hulle sendingwerk gepoog om Christus se voorbeeld van

gewillige opoffering en getroue, ernstige arbeid vir siele na te volg. Wawyd wakker, ywerig

en onvermoeid het hulle nie hul persoonlike geneigdheid of gerief in ag geneem nie, maar

met biddende besorgdheid en onophoudelike aktiwiteite, die saad van waarheid gesaai. En

met die saai van die saad, was die apostels versigtig om aan almal wat standpunt vir die

evangelie ingeneem het, praktiese onderrig van onskatbare waarde, te gee. Hierdie gees

van erns en godvrugtige vrees het ‘n blywende indruk op die nuwe dissipels, aangaande

die belangrikheid van die evangelieboodskap, gemaak.

Wanneer belowende en bekwame manne tot bekering gekom het, soos in die geval

van Timotheus, het Paulus en Barnabas ernstig gepoog om aan hulle die noodsaaklikheid

om in die wingerd te werk, te toon. En wanneer die apostels na ‘n ander plek vertrek het,

het die geloof van hierdie manne nie gewankel nie maar eerder toegeneem. Hulle is getrou

in die weg van die Here onderrig en is geleer hoe om onselfsugtig, ernstig en volhardend

vir die redding van hul medemense te werk. Hierdie noukeurige opleiding van die nuwe

bekeerlinge was ‘n belangrike faktor in die merkwaardige sukses waarmee Paulus en

Barnabas se verkondiging van die evangelie in heidense lande bekroon is.

Die eerste sendingreis het vinnig ten einde geloop. Die apostels het die nuut

georganiseerde gemeentes aan die Here opgedra en na Pamfilië gegaan, “...en nadat hulle

die woord in Perge verkondig het, het hulle afgegaan na Attálië. En daarvandaan het hulle

weggevaar na Antiochië.”

105


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 19—Jood en Heiden

Toe hulle Antiochië in Sirië, waarheen hulle op hul sending gestuur is bereik, het

Paulus en Barnabas ‘n vroeë geleentheid benut om die gelowiges byeen te roep en aan hulle

“...al die dinge wat God met hulle gedoen het, toe Hy ‘n deur van geloof vir die Heidene

geopen het...” herhaal. (Handelinge 14:27). Die kerk in Antiochië was ‘n groot en steeds

groeiende gemeente. Dit was die middelpunt van sending-bedrywighede en was een van

die belangrikste groepe Christen-gelowiges. Die lede het uit verskeie bevolkingsgroepe

bestaan en het Jode, sowel as Heidene ingesluit.

Terwyl die apostels saam met die predikers en leke in Antiochië gewerk het in ‘n

ernstige poging om baie siele vir Christus te wen, het sekere Joodse gelowiges uit Judea

“...uit die party van die Fariseërs...” daarin geslaag om ‘n vraag te opper wat spoedig tot

wydverspreide konflik in die gemeente aanleiding gegee en ontsteltenis onder die gelowige

Heidene geskep het. Met groot beslistheid het hierdie Judaïserende leraars beweer dat, ten

einde gered te word, ‘n mens besny moet word en die hele seremoniële wet moet onderhou.

Paulus en Barnabas het hierdie valse leerstelling onmiddellik teëgestaan en geweier

om hierdie onderwerp by die Heidene aan te roer. Daarteenoor het talle van die gelowige

Jode in Antiochië die stelling van die broeders wat pas uit Judea gekom het, gesteun.

Die Joodse bekeerlinge was oor die algemeen nie gewillig om so vinnig as wat die

voorsienigheid van God die weg geopen het te beweeg nie. Uit die resultate van die apostels

se werk onder die Heidene was dit duidelik dat die bekeerlinge onder laasgenoemde, die

aantal Joodse bekeerlinge in getalle oortref het. Die Jode het gevrees dat indien die

beperkinge en seremonies van die wet nie verpligtend as voorwaarde van godsdienstige

gemeenskap vir die Heidene gemaak sou word nie, die nasionale eienskappe van die Jode,

wat hulle tot dusver van alle ander mense onderskei het, uiteindelik onder diegene wat die

evangelieboodskap ontvang het, sou verdwyn.

Die Jode was nog altyd trots op hul Goddelik- aangestelde dienste en baie van diegene

wat tot die geloof van Christus bekeer is, het nog steeds gevoel dat aangesien God die

Hebreeuse wyse van aanbidding eenmaal duidelik uiteengesit het, dit onwaarskynlik was

dat Hy ooit ‘n verandering van enige van die voorskrifte daarvan sou goedkeur. Hulle het

daarop aangedring dat die Joodse wette en seremonies in die rituele van die Christelike

geloof ingelyf moes word. Hulle was traag om in te sien dat al die offers slegs na die dood

van die Seun van God vooruit gewys het, waar die tipe die antitipe ontmoet het en waarná

die rituele en seremonies van die Mosaïese bedeling nie meer bindend was nie.

Voor sy bekering het Paulus homself as “...onberispelik... ” beskou “...wat die

geregtigheid in die wet betref.” (Filippense 3:6). Maar sedert hy van hart verander het, het

hy ‘n duidelike begrip van die sending van die Heiland as Verlosser van die ganse

mensdom, Heidene, sowel as Jode gekry en het hy die verskil tussen ‘n lewende geloof en

106


Die Handelinge van die Apostels

dooie formalisme leer ken. In die lig van die evangelie het die gebruike en seremonies wat

aan Israel toevertrou was, ‘n nuwe en dieper betekenis gekry. Dit wat hulle voorafgeskadu

het, het werklikheid geword en diegene wat onder die bediening van die evangelie geleef

het, is van die nakoming daarvan vrygestel. Paulus het egter God se onveranderlike wet

van die tien gebooie steeds in die gees en letter gehoorsaam.

In die kerk in Antiochië het die vraagstuk van die besnydenis tot baie bespreking en

geskille gelei. Uiteindelik het die lidmate van kerk, uit vrees dat voortgesette bespreking

tot verdeeldheid onder hulle sou lei, besluit om Paulus en Barnabas, saam met ‘n paar

verantwoordelike manne van die gemeente, na Jerusalem te stuur om die saak aan die

apostels en ouderlinge voor te lê. Daar sou hulle afgevaardigdes uit verskillende

gemeentes, asook diegene wat na Jerusalem sou kom om die naderende feeste by te woon,

ontmoet. Intussen moes alle teenstrydighede gestaak word totdat finale uitsluitsel deur die

algemene raadsitting gegee word. Hierdie besluit moes dan ook algemeen deur die

verskillende gemeentes regdeur die land aanvaar word.

Onderweg na Jerusalem het die apostels die gelowiges in die stede waardeur hulle

gereis het besoek en hulle bemoedig deur hulle van hulle ervarings in die werk van God en

die bekering van die Heidene te vertel.

In Jerusalem het die afgevaardigdes uit Antiochië die broeders van verskillende

gemeentes wat vir die algemene vergadering byeengekom het, aangetref en hulle het ook

aan hulle van die sukses wat hulle bediening onder die Heidene vergesel het, vertel. Daarna

het hulle ‘n duidelike uiteensetting gegee van die verwarring wat ontstaan het omdat sekere

bekeerde Fariseërs na Antiochië gegaan en gesê het dat die Heidense bekeerlinge besny

moes word en die wet van Moses moes onderhou om salig te word.

Hierdie vraag is heftig in die vergadering bespreek. Daar was verskeie ander

vraagstukke wat ‘n noue verband met die besnydenis gehad het, wat noukeurig ondersoek

moes word. Een daarvan was die probleem met betrekking tot die gebruik van vleis wat

aan afgode geoffer was. Baie van die Heidense bekeerlinge het tussen onkundige en

bygelowige mense gewoon wat gereeld offers aan hul afgode gebring het. Die priesters van

hierdie heidense geloof het uitgebreide handel met die offers wat na hulle gebring is bedryf

en die Jode het gevrees dat die Heidense bekeerlinge die Christelike geloof in oneer sou

bring deur dit wat aan afgode geoffer was te koop en sodoende in ‘n sekere sin afgodiese

gebruike sou goedkeur.

Dan ook, was die Heidene gewoond daaraan om die vleis van diere wat gewurg is te

eet, terwyl die Jode ‘n Goddelike opdrag ontvang het, dat wanneer diere vir voedsel geslag

word, daar besonder versigtig te werk gegaan moes word om te verseker dat die bloed uit

die liggaam vloei; anders sou die vleis nie as heilsaam beskou word nie. God het hierdie

bevel aan die Jode gegee met die doel om hulle gesondheid te bewaar. Die Jode het dit as

107


Die Handelinge van die Apostels

sonde beskou om bloed te eet. Hulle het aangevoer dat die lewe van die dier in die bloed

was en dat bloedvergieting die gevolg van die sonde was.

Onder die Heidene daarenteen, was dit ‘n gebruik om die bloed van die offerdier op

te vang en dit in die bereiding van hul voedsel te gebruik. Die Jode kon nie glo dat hulle

die gewoontes wat hulle onder die spesifieke leiding van God aanvaar het, behoort te

verander nie. Daarom, soos sake op daardie stadium gestaan het, indien Jood en Heiden

sou poog om aan dieselfde tafel aan te sit, eersgenoemde geskok en verontwaardig deur

laasgenoemde sou wees.

Die Heidene en veral die Grieke, was uiters losbandig en die gevaar het bestaan dat

sommige, wat onbekeerd van hart was, die geloof sou bely sonder om van hul bose

gewoontes afstand te doen. Die Joodse Christene kon nie die onsedelikheid wat nie in die

oë van die heidene as ongeoorloof beskou is nie, verdra nie. Daarom het die Jode dit as

uiters noodsaaklik beskou dat die besnydenis en die onderhouding van die seremoniële wet

op die Heidense bekeerlinge afgedwing moes word om hulle opregtheid en toewyding te

bewys. Hulle het geglo dat dit sou verhoed dat mense wat die geloof aanneem sonder dat

hulle van harte bekeerd is by die kerk gevoeg word en later, deur hulle onsedelikheid en

oormatigheid, ‘n verleentheid vir die kerk sou wees.

Die verskillende punte wat by die skikking van die hoof vraagstuk onder bespreking

betrokke was, het geblyk onoorkomelike probleme vir die vergadering te bied. Maar in

werklikheid het die Heilige Gees hierdie saak, die besluit waarvan die voorspoed en die

welvaart van die Christelike kerk, indien nie die werklike voortbestaan daarvan afgehang

het, reeds besleg.

“En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle

gesê: “Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur

my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.” Hy het geredeneer dat

die Heilige Gees reeds uitsluitsel oor die saak onder geskil gegee het, deur met gelyke krag

op die onbesnede Heidene en die besnyde Jode neer te daal. Hy het weer van die gesig

waarin God ‘n laken vol allerhande viervoetige diere aan hom voorgelê en hom beveel het

om te slag en te eet herhaal. Toe hy weier en bevestig het dat hy nog nooit iets onreins

geëet het nie, was die antwoord: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.”

(Handelinge 10:15).

Petrus het die duidelike vertolking van hierdie woorde, wat byna onmiddellik aan hom

gegee is met die bevel om na die hoofman oor honderd te gaan en hom in die geloof van

Christus te onderrig, voorgelê. Hierdie boodskap het getoon dat God nie ‘n aannemer van

persoon is nie, maar dat Hy almal wat Hom vrees, erken en aanvaar. Petrus het van sy

verbasing vertel toe die Heilige Gees, terwyl hy nog woorde van waarheid met die

vergadering in Cornelius se huis gepraat het, van al sy toehoorders, Heidene sowel as Jode,

108


Die Handelinge van die Apostels

besit geneem het. Dieselfde lig en heerlikheid wat op die besnyde Jode weerkaats is, het

ook op die gesigte van die onbesnede Heidene geskyn. Dit was ‘n waarskuwing van God

dat Petrus nie die een as minderwaardig teenoor die ander moes beskou nie, want die bloed

van Christus kon van alle onreinheid reinig.

Petrus het eenkeer tevore reeds met sy broers aangaande die bekering van Cornelius

en sy vriende en sy gemeenskap met hulle geredeneer. Toe hy tydens daardie geleentheid

vertel het hoe die Heilige Gees oor die Heidene vaardig geword het, het hy verklaar: “As

God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus

geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?” (Handelinge 11:17). Nou het hy

met dieselfde geesdrif gesê: “God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan

hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. En Hy het geen onderskeid tussen ons en

hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof. Nou dan, waarom

versoek julle God deur op die nek van die dissipels ‘n juk te lê wat ons vaders en ook ons

nie in staat was om te dra nie?” Hierdie juk was nie die wet van die tien gebooie, soos

sommige teëstanders wat die bindende eise van die wet teëstaan, beweer nie; Petrus het

hier na die seremoniële wet, wat deur die kruisiging van Christus nietig gemaak is, verwys.

Petrus se toespraak het die vergadering op ‘n punt gebring waar hulle geduldig na

Paulus en Barnabas kon luister, wat van hul ervarings in die werk vir die Heidene aan hulle

vertel het. “Die hele menigte het geswyg en na Barnabas en Paulus geluister, terwyl hulle

van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.”

Jakobus het ook sy getuienis met beslistheid gelewer en verklaar dat dit God se doel

was om dieselfde voorregte en seëninge as wat aan die Jode gebied is, aan die Heidene te

skenk.

Die Heilige Gees het dit goed geag om nie die seremoniële wette op die Heidense

bekeerlinge af te dwing nie en die gesindheid van die apostels aangaande hierdie saak was

ook die gesindheid van die Gees van God. Jakobus was voorsitter van die raad en sy finale

beslissing was: “Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer,

nie moet bemoeilik nie.”

Dit het die bespreking beëindig. In hierdie geval het ons ‘n weerlegging van die

leerstelling van die Rooms- Katolieke Kerk, dat Petrus die hoof van die kerk was. Diegene

wat as pouse beweer het dat hulle sy opvolgers was, het geen Skriftuurlike grondslag vir

hulle aansprake nie. Niks in die lewe van Petrus staaf die bewering dat hy as plaasvervanger

van die Allerhoogste bo sy broers verhef is nie. Indien diegene wat verklaar is dat hulle

opvolgers van Petrus is sy voorbeeld gevolg het, sou hulle tevrede gewees het om gelyke

voet met hulle broers te wees.

In hierdie geval blyk dit dat Jakobus gekies was om die besluit van die raad aan te

kondig. Dit was sy beslissing dat die seremoniële wet en veral die verordening van die

109


Die Handelinge van die Apostels

besnydenis, nie op die Heidene afgedwing of selfs aan hulle aanbeveel moes word nie.

Jakobus het dit aan sy broers aan die verstand probeer bring, dat die Heidene, deur na God

te draai, ‘n groot verandering in hulle lewens gemaak het en dat daar versigtigheid aan die

dag gelê moes word om hulle nie met verwarrende en twyfelagtige vrae van minder belang

te belas nie, sodat hulle nie in die navolging van Christus ontmoedig sou word nie.

Die Heidense bekeerlinge moes egter van gewoontes wat in stryd met die beginsels

van die Christendom was afsien. Daarom het die apostels en die ouderlinge ooreengekom

om per brief ‘n opdrag aan die Heidene te gee, dat hulle hulself van vleis wat aan afgode

geoffer is, van hoerery, van diere wat verwurg is en van bloed moes onthou. Hulle moes

aangespoor word om die gebooie te onderhou en om ‘n heilige lewe te lei. Hulle moes ook

verseker word dat die manne wat die besnydenis as bindend verklaar het, nie deur die

apostels daartoe gemagtig was nie.

Paulus en Barnabas is by hulle aanbeveel as manne wat hul lewens vir die Here

gewaag het. Judas en Silas is saam met hierdie apostels gestuur om mondelings die besluit

van die raad aan die Heidene oor te dra: “Die Heilige Gees en ons het besluit om verder

geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: dat julle jul onthou van

afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan

onthou, sal julle goed doen.” Die vier dienaars van God is met die brief na Antiochië

gestuur en die boodskap wat ‘n einde aan alle twis sou maak; want dit was die stem van

die hoogste gesag op aarde.

Die raad wat oor hierdie saak besluit het, was saamgestel uit apostels en leraars wat

prominent was in die stigting van die Joodse en die Heidense Christelike gemeentes, met

gekose afgevaardigdes van verskillende plekke. Ouderlinge van Jerusalem en

afgevaardigdes uit Antiochië was teenwoordig en die invloedrykste gemeentes is

verteenwoordig. Die raad het ooreenkomstig die voorskrifte van verligte oordeel en met

die waardigheid van ‘n kerk wat deur die Goddelike wil gestig is, opgetree. As gevolg van

hul samespreking, het almal ingesien dat God self die strydvraag beantwoord het deur die

Heilige Gees aan die Heidene te skenk; en hulle het besef dat dit hulle plig was om die

leiding van die Gees te volg.

Daar is nie ‘n beroep op die ganse liggaam van Christene gedoen om oor die saak te

stem nie. Die “...apostels en ouderlinge...”, manne van invloed en oordeel, het die besluit

opgestel en uitgevaardig, wat oor die algemeen deur die Christelike gemeentes aanvaar is.

Nie almal was egter met die besluit tevrede nie; daar was ‘n faksie van ambisieuse

selfvoldane broeders wat nie daarmee saamgestem het nie. Hierdie manne het hulle

aangematig om die werk op eie verantwoordelikheid aan te neem. Hulle het baie

gemurmureer en fout gevind, nuwe planne voorgestel en probeer om die werk van die

manne wat deur God aangestel is om die evangelie te verkondig, af te breek. Die kerk het

110


Die Handelinge van die Apostels

vanaf die heel begin met sulke struikelblokke te kampe gehad en so sal dit tot aan die einde

van tyd wees.

Jerusalem was die hoofstad van die Jode en dit was daar wat die grootste eksklusiwiteit

en bekrompenheid gevind is. Die Joodse Christene wat binne sig van die tempel gewoon

het, het van nature hul gedagtes laat terugkeer na die besondere voorregte van die Jode as

‘n nasie. Toe hulle die Christelike kerk sien afwyk van die seremonies en oorleweringe van

Judaïsme en besef dat die besondere heiligheid waarmee die Joodse gebruike bedeel was

in die lig van die nuwe geloof binnekort uit die oog verloor sou word, het baie van hulle

toornig teenoor Paulus geraak omdat hy, tot ‘n groot mate, verantwoordelik vir hierdie

verandering was. Selfs die dissipels was nie almal bereid om die besluit van die raad

gewilliglik te aanvaar nie. Sommige was ywerig vir die seremoniële wet en hulle het Paulus

met onguns bejeën omdat hulle gedink het dat sy beginsels ten opsigte van die verpligtinge

van die Joodse wet laks was.

Die wye en verreikende besluite van die algemene raad het vertroue in die geledere

van die Heidense gelowiges ingeboesem en die saak van God het floreer. In Antiochië, is

die kerk deur Judas en Silas, die spesiale boodskappers wat saam met die apostels na

Jerusalem teruggekeer het, begunstig. Judas en Silas, “...wat self ook profete was, het die

broeders met baie woorde bemoedig en versterk.” Hierdie godvrugtige manne het ‘n tyd

lank in Antiochië vertoef. “Paulus en Barnabas het in Antiochië gebly en, saam met nog

baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.”

Toe Petrus Antiochië op ‘n later stadium besoek het, het, het hy die vertroue van baie

as gevolg van sy verstandige optrede teenoor die Heidense bekeerlinge, gewen. Hy het ‘n

tyd lank ooreenkomstig die lig wat uit die hemel gegee is, opgetree. Hy het tot dusver sy

natuurlike vooroordeel tot so ‘n mate oorwin, dat hy saam met die Heidense bekeerlinge

aan tafel gesit het. Maar, toe sekere Jode wat ywerig vir die seremoniële wet was, uit

Jerusalem aangekom het, het Petrus sy houding teenoor die bekeerlinge uit die heidendom

onoordeelkundig verander, “En saam met hom het die ander Jode geveins, sodat selfs

Barnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.” Hierdie openbaring van swakheid deur

diegene wat as leiers eerbiedig en geliefd was, het ‘n pynlike indruk op die gemoedere van

die Heidene gelaat. Die kerk is met verdeeldheid bedreig. Maar Paulus, wat die

ondermynende invloed van die kwaad wat deur Petrus se dubbel standaarde veroorsaak is,

ingesien het, het hom openlik bestraf omdat hy sy ware gevoelens verberg het. In die

teenwoordigheid van die gemeente het Paulus Petrus gevra: “As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n

heiden lewe en nie soos ‘n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?”

(Galasiërs 2:13,14).

Petrus het sy fout ingesien en dadelik aan die werk gespring om na die beste van sy

vermoë die kwaad wat hy aangerig het, te herstel. God, wat die einde van die begin af ken,

het Petrus toegelaat om hierdie swakheid van karakter te openbaar, sodat die beproefde

111


Die Handelinge van die Apostels

apostel kon insien dat daar niks in homself was om oor te roem nie. Selfs die beste mense

sal, indien hulle aan hulself oorgelaat word, oordeelsfoute begaan. God het ook geweet dat

sommige mettertyd so mislei sou word, dat hulle aan Petrus en sy sogenaamde opvolgers

verhewe regte, wat aan God alleen behoort, sou toeëien. En hierdie verslag van die apostel

se swakheid, sou as ‘n bewys van sy feilbaarheid en die feit dat hy geensins bo die vlak

van die ander apostels was nie, dien.

Die geskiedenis van hierdie afwyking van die regte beginsels, staan as ‘n ernstige

waarskuwing aan mense in vertrouensposisie in die saak van God, dat hulle nie in integriteit

moet faal nie, maar ferm daarby moet bly. Hoe groter die verantwoordelikheid wat aan die

menslike werktuig opgelê word en hoe groter sy geleenthede om voor te skryf en te beheer,

hoe groter skade sal hy aanrig indien hy nie die weg van die Here noukeurig volg en

ooreenkomstig die besluite van die algemene liggaam van gelowiges in die algemene

raadsitting, optree nie.

Na al Petrus se mislukkings, na sy val en herstel, sy lang bediening, sy intieme

verhouding met Christus, sy kennis van die Verlosser se reguit praktyk van korrekte

beginsels; na al die onderrig wat hy ontvang het, al die gawes en kennis en invloed wat hy

deur die verkondiging en onderrig in die woord verkry het, is dit nie vreemd dat hy, uit

vrees vir mense of weens eersug, die beginsels van die evangelie sou veins en ontwyk nie?

Is dit nie vreemd dat hy sou wankel in die nakoming om te doen wat reg is nie? Mag God

aan elke mens ‘n besef van sy hulpeloosheid en sy onvermoë om self sy skip reguit en

veilig in die hawe te bring, gee.

In sy bediening was Paulus dikwels verplig om alleen te staan. Hy is spesiaal deur

God geleer en het dit nie durf waag om toegewings wat beginsel behels het, te maak nie.

Die las was soms swaar, maar Paulus het vasgestaan vir wat reg was. Hy het besef dat die

kerk nooit onder die beheer van menslike mag gebring moes word nie. Die tradisies en

grondbeginsels van mense mag nie die plek van geopenbaarde waarheid inneem nie. Die

bevordering van die evangelieboodskap mag nie deur die vooroordele en voorkeure van

mense belemmer word nie, ongeag hul posisie in die kerk.

Paulus het homself en al sy kragte aan die diens van God gewy. Hy het die waarhede

van die evangelie regstreeks uit die hemel ontvang en regdeur sy bediening het hy ‘n

lewensbelangrike verbintenis met die hemelse agentskappe gehandhaaf. God het hom

geleer aangaande die binding van onnodige laste op Heidense Christene; toe die

Judaïserende gelowiges dus die vraag aangaande die besnydenis in die gemeente in

Antiochië aanhangig gemaak het, het Paulus die mening van die Gees van God aangaande

hierdie leer geken en ‘n ferme en onversetlike posisie ingeneem, wat die gemeentes van

die Joodse rituele en seremonies bevry het.

112


Die Handelinge van die Apostels

Ondanks die feit dat Paulus persoonlik deur God geleer is, het hy geen oordrewe

opvattings aangaande individuele verantwoordelikheid gehad nie. Terwyl hy na God vir

regstreekse leiding gesoek het, was hy altyd bereid om die gesag van die kerk, wat in die

liggaam van gelowiges in ‘n kerkgenootskap verenig was, te erken. Hy het sy behoefte aan

raad, wanneer belangrike aangeleenthede hulle voorgedoen het besef en dan was hy bly

om dit aan die gemeente voor te lê en saam met sy broeders te vra dat God die wysheid

moes skenk om die regte besluite te neem. Selfs “...die geeste van die profete...” het hy

gesê, “...is aan die profete onderworpe; want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van

vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.” (1 Korinthiërs 14:32,33). Saam met

Petrus het hy geleer dat almal wat in die hoedanigheid van die kerk verenig is, “...in

onderdanigheid aan mekaar”... moet wees. (1 Petrus 5:5).

113


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 20—Roem in die Kruis

Nadat Paulus ‘n tyd lank in Antiochië in die bediening deurgebring het, het hy aan sy

medewerker voorgestel dat hulle weer op ‘n sendingreis moes vertrek. Hy het aan Barnabas

gesê: “Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van

die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.”

Beide Paulus en Barnabas het ‘n tere besorgdheid vir diegene wat onlangs die

evangelieboodskap onder hulle bediening aanvaar het en hulle het verlang om hulle weer

te sien. Paulus het hierdie sorgsaamheid nooit verloor nie. Selfs in verafgeleë sendingvelde,

ver van die omgewing van sy vorige arbeid, het hy steeds die las op sy hart gehad om

hierdie bekeerlinge aan te moedig om getrou te bly en “...die heiligmaking in die vrees van

God...” te volbring (2 Korinthiërs 7:1). Hy het voortdurend getrag om hulle te help om

selfstandige, groeiende Christene te word, sterk in die geloof, vurig in ywer en heelhartig

in hul toewyding aan God en die werk om Sy koninkryk te bevorder.

Barnabas was gereed om saam met Paulus te gaan, maar wou vir Markus, wat weer

besluit het om hom aan die bediening te wy, saamneem. Hierteen het Paulus beswaar

gemaak. Hy het “...dit nie reg geag...” om iemand “...saam te neem...” wat hulle op hul

eerste sendingreis in ‘n tyd van nood in die steek gelaat het nie. Hy was nie geneig om die

swakheid van Markus, wat hulle vir die veiligheid en gerief van sy huis verlaat het, te

verontskuldig nie. Hy het aangedring dat iemand met so min uithouvermoë ongeskik is vir

werk wat geduld, selfverloëning, moed, toewyding, geloof en bereidwilligheid verg om,

indien nodig, selfs sy lewe op te offer. So hewig was die getwis dat Paulus en Barnabas

uiteen is. Laasgenoemde het sy oortuiging gevolg en Markus saam met hom geneem.

“Barnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil. Maar Paulus het Silas gekies

en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was.”

Paulus en Silas het deur Sirië en Cilicië gereis, waar hulle die gemeentes versterk en

uiteindelik Derbe en Listre in die provinsie Likaónië bereik het. Dit was in Listre dat Paulus

gestenig was, maar tog tref ons hom weer op die toneel van sy vorige gevaar. Hy was gretig

om te sien hoe diegene, wat deur sy vorige arbeid die evangelie aangeneem het, die

beproewinge deurstaan het. Hy was nie teleurgestel nie, want hy het gevind dat die

gelowiges in Listre, ondanks felle teëstand, getrou gebly het.

Paulus het hier weer kennis met Timotheus, wat sy lyding aan die einde van sy eerste

besoek aan Listre aanskou het, gemaak en op wie se gemoed die indruk wat toe gemaak is,

met verloop van tyd verdiep het, totdat hy oortuig was dat dit sy plig was om hom ten volle

aan die werk van die bediening toe te wy. Sy hart was met die hart van Paulus verbind en

hy wou graag in die apostel se werk deel, deur te help soos die geleentheid hom voordoen.

Silas, Paulus se metgesel, was ‘n beproefde werker en het die gawe van die gees van

profesie gehad; maar die werk wat verrig moes word, was so groot dat dit nodig geword

114


Die Handelinge van die Apostels

het om meer arbeiders vir aktiewe diens op te lei. In Timotheus het Paulus iemand bespeur

wat die heiligheid van die werk van ‘n predikant begryp het; wat nie deur die vooruitsig

van lyding en vervolging afgeskrik sou word nie en wat bereid was om te leer. Die apostel

het dit egter nie gewaag om die verantwoordelikheid op hom te neem om die onbeproefde

jeugdige, Timotheus, vir die evangeliebediening op te lei sonder om homself eers tevrede

te stel aangaande sy karakter en sy vorige lewenswyse nie.

Timotheus se vader was ‘n Griek en sy moeder ‘n Jodin. Hy het die Skrif van kleins

af geken. Die vroomheid wat hy in sy ouerhuis ervaar het, was gesond en wys. Sy moeder

en grootmoeder se geloof in die heilige orakels was vir hom ‘n voortdurende herinnering

aan die seën wat mens ontvang deur God se wil te doen. Die Woord van God was die reël

waarvolgens hierdie twee godvrugtige vroue Timotheus gelei het. Die geestelike krag van

die lesse wat hy van hulle ontvang het, het hom suiwer van spraak gehou en hy is nie deur

die bose invloede waarmee hy omring was besoedel nie. So het sy huislike instrukteurs met

God saamgewerk om hom voor te berei om laste te dra.

Paulus het opgemerk dat Timotheus getrou, standvastig en opreg was en het hom as

medewerker en reisgenoot gekies. Diegene wat Timotheus in sy jeugjare onderrig het, is

beloon toe hulle sien dat die seun wat hulle versorg het, in noue gemeenskap met die groot

apostel verkeer. Timotheus was nog ‘n blote jeugdige toe hy deur God as leraar gekies is,

maar sy beginsels was reeds tot so ‘n mate deur sy vroeëre onderrig vasgestel, dat hy geskik

was om sy plek as Paulus se helper in te neem. En hoewel hy jonk was, het hy sy

verantwoordelikhede met Christelike beskeidenheid aanvaar.

As voorsorgmaatreël, het Paulus Timotheus wyslik aangeraai om besny te word-nie

omdat God dit vereis het nie, maar om enige beswaar teen die bediening van Timotheus uit

die Jode se gedagtes te verban. In sy werk sou Paulus in baie lande van stad tot stad reis en

hy het dikwels die geleentheid gehad om Christus in die Joodse sinagoges, sowel as in

ander gemeentes te verkondig. Indien dit bekend sou raak dat een van sy medewerkers

onbesnede was, kon sy werk weens die vooroordeel en dweepsug van die Jode ernstig

belemmer word. Die apostel het oral vasberade teëstand en ernstige vervolging teëgekom.

Hy wou graag aan sy Joodse broers asook aan die Heidene ‘n kennis van die evangelie

bring en daarom het hy, in sover dit in ooreenstemming met die geloof was, gepoog om

elke voorwendsel vir opposisie uit die weg te ruim. Maar alhoewel hy in hierdie opsig aan

die Joodse vooroordeel toegegee het, het hy geglo en geleer dat die besnydenis of die

onbesnedenheid onbelangrik was en dat die evangelie van Christus alles was.

Paulus het Timotheus soos sy “...ware kind in die geloof...” (1 Timotheus 1:2)

liefgehad. Die groot apostel het die jong dissipel dikwels uitgelok en oor die geskiedenis

van die Skrif uitgevra en terwyl hulle van plek tot plek gereis het, het hy hom noukeurig

onderrig om suksesvolle werk te verrig. In al hulle omgang met Timotheus, het beide

115


Die Handelinge van die Apostels

Paulus en Silas gepoog om die indrukke wat reeds op hom gemaak is aangaande die

ernstige, heilige aard van die werk van ‘n prediker van die evangelie, te verdiep.

In sy werk het Timotheus voortdurend Paulus se raad en instruksies ingewin. Hy het

nie impulsief opgetree nie, maar het elke stap kalm en bedaard oorweeg en gevra: Is dit die

weg van die Here? Die Heilige Gees het iemand in hom gevind wat as ‘n tempel vir die

inwoning van die Goddelike Teenwoordigheid gevorm kon word.

Namate die lesse van die Bybel in die daaglikse lewe ingebring word, het dit ‘n diep

en blywende invloed op die karakter. Hierdie lesse het Timotheus geleer en uitgeoefen. Hy

het geen besondere, briljante talente besit nie, maar sy werk was waardevol omdat hy sy

Godgegewe vermoëns in die diens van die Meester gebruik het. Sy kennis van

eksperimentele vroomheid het hom van ander gelowiges onderskei en sy invloed verryk.

Diegene wat vir siele arbei, moet ‘n dieper, vollediger en duideliker kennis van God

verkry as wat deur alledaagse inspanning verkry kan word. Hulle moet al hul kragte in die

werk van die Meester inspan. Hulle is by ‘n hoë en heilige roeping betrokke en indien hulle

siele as loon op hulle arbeid verkry, moet hulle aan God vashou en daagliks genade en krag

van die Bron van alle seëninge ontvang. “Want die reddende genade van God het aan alle

mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën,

ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige

hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser,

Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en

vir Homself ‘n volk as Sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.” (Titus 2:11-14).

Voordat hulle na ‘n nuwe gebied beweeg het, het Paulus en sy metgeselle die kerke

wat in Pisidië en die omliggende streke opgerig is besoek “En op hulle reis deur die stede

het hulle die verordeninge wat deur die apostels en die ouderlinge in Jerusalem vasgestel

was, aan hulle oorgegee om te onderhou. En die gemeentes is versterk in die geloof en het

elke dag vermeerder in getal.”

Die apostel Paulus het ‘n diepe verantwoordelikheid vir diegene wat deur sy werk

bekeer is gevoel. Bo alles het hy verlang dat hulle getrou moes wees, “...my tot ‘n roem

teen die dag van Christus...” het hy gesê, “...dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het

nie.” (Filippense 2:16). Hy het vir die gevolge van sy bediening gesidder. Hy was van

mening dat selfs sy eie saligheid in gevaar sou wees indien hy nie sy plig sou nakom nie

en die kerk nie met hom sou saamwerk om siele te red nie. Hy het geweet dat prediking

alleen nie voldoende sou wees om die gelowiges op te voed om die woord van die lewe

voor te hou nie. Hy het geweet dat hulle reël op reël, gebod op gebod, hier ‘n bietjie en

daar ‘n bietjie, geleer moes word om in die werk van Christus vordering te maak.

Dit is ‘n algemene beginsel dat wanneer ‘n mens weier om sy Godgegewe vermoëns

te gebruik, hierdie vermoëns ontaard en vergaan. Waarheid wat nie uitgeleef word nie, wat

116


Die Handelinge van die Apostels

nie oorgedra word nie, verloor sy lewegewende krag, sy genesende deug. Vandaar die vrees

van die apostel dat hy moontlik nie daarin sou slaag om elke mens volmaak in Christus aan

te bied nie. Paulus se hoop op die hemel het verdof elke keer wanneer hy daaraan gedink

het dat enige versuim van sy kant af, daartoe sou lei dat die kerk ‘n menslike eerder as ‘n

Goddelike voorkoms sou aanneem. Sy kennis, sy welsprekendheid, sy wonderwerke, sy

gesig van die ewige tonele toe hy na die derde hemel opgeneem is-alles sou nutteloos wees

indien diegene vir wie hy gewerk het, weens ontrouheid in sy werk nie die genade van God

sou verkry nie. Daarom het hy mondelings en deur middel van briewe gepleit dat diegene

wat Christus aangeneem het, moes volhard op die weg wat hulle in staat sou stel om

“...onberispelik en opreg ... kinders van God...” te wees, “...sonder gebrek te midde van ‘n

krom en verdraaide geslag ... soos ligte in die wêreld, deurdat...” hulle “...die woord van

die lewe vashou.” (Filippense 2:15,16).

Elke opregte predikant sal ‘n ernstige verantwoordelikheid vir die geestelike

vooruitgang van die gelowiges wat aan hom toevertrou is ervaar, ‘n verlangende begeerte

dat hulle medewerkers met God moet wees. Hy sal besef dat die welstand van die gemeente

in ‘n groot mate afhanklik van die getroue Uitvoering van sy Godgegewe werk is. Opreg

en onvermoeid sal hy streef om die gelowiges met ‘n begeerte te besiel om siele vir Christus

te wen, gedagtig aan die feit dat elke toevoeging tot die gemeente nog ‘n middel vir die

uitvoering van die verlossingsplan behoort te wees.

Nadat hulle die gemeentes in Pisidië en die omliggende streek besoek het, het Paulus

en Silas, vergesel van Timotheus verder gegaan na “...Frigië en Galasië...” waar hulle met

groot krag die blye boodskap van verlossing verkondig het. Die Galasiërs was aan die

aanbidding van afgode oorgegee; maar namate die apostels vir hulle gepreek het, het hulle

hul in die boodskap wat bevryding uit die slawerny van die sonde beloof het verbly. Paulus

en sy medewerkers het die leer van regverdigmaking deur die geloof in die soenoffer van

Christus verkondig. Hulle het Christus, as die Een wat die hulpelose toestand van die

gevalle mensdom gesien het en gekom het om manne en vroue te verlos deur self

gehoorsaam aan die wet van God te leef en die straf vir ongehoorsaamheid te dra,

verkondig. En in die lig van die kruis het baie wat nog nooit van die ware God geweet het

nie, die grootheid van die Vader se liefde begin begryp.

Só is die Galasiërs die grondige waarhede aangaande “...God die Vader...” en “...onse

Here Jesus Christus, wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die

teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader...” geleer. “Uit die

prediking van die geloof...” het hulle die Gees van God ontvang en “...deur die geloof in

Christus Jesus ... kinders van God...” geword. (Galasiërs 1:3,4;3:2,26).

Paulus se lewenswyse gedurende sy omgang met die Galasiërs was sodanig dat hy

later aan hulle kon sê: “Ek bid julle, word soos ek. ” (Galasiërs 4:12). Sy lippe was met ‘n

lewende kool van die altaar aangeraak en hy was in staat gestel om bo sy liggaamlike

117


Die Handelinge van die Apostels

swakhede uit te styg en Jesus as die sondaar se enigste hoop voor te hou. Diegene wat hom

gehoor het, het geweet dat hy met Jesus was. Hy is met krag van omhoog bedeel en was in

staat om geestelike dinge met geestelike dinge te vergelyk en die vestings van Satan af te

breek. Harte is gebreek deur Sy voorstelling van die liefde van God soos in die offer van

sy eniggebore Seun geopenbaar en baie is daardeur gelei om te vra: Wat moet ek doen om

gered te word?

Hierdie metode van die verkondiging van die evangelie, was kenmerkend van die

apostel se arbeid gedurende sy hele bediening onder die Heidene. Hy het die kruis van

Golgota voortdurend aan hulle voorgehou. In die later jare van sy bediening het hy

verklaar: “Ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle

diensknegte om Jesus wil. Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn-dit

is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die

heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.” (2 Korinthiërs 4:5,6).

Die gewyde boodskappers wat in die vroeë dae van die Christendom die blye

boodskap van verlossing na ‘n verganklike wêreld gedra het, het geen gedagte aan

selfverheffing toegelaat om hul aanbieding van Christus en Hom gekruisig, te benadeel nie.

Hulle het nie gesag of voorrang begeer nie. Geborge in die Verlosser, het hulle die groot

plan van verlossing en die lewe van Christus, die Outeur en Voleinder van hierdie plan,

verhef. Christus, gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde, was die las van hulle leer.

Indien diegene wat die woord van God vandag verkondig, die kruis van Christus hoër

en nog hoër sou verhef, sou hul bediening baie meer suksesvol wees. Indien sondaars gelei

kan word om ernstig na die kruis op te sien, indien hulle ‘n volle begrip van die gekruisigde

Heiland kan verkry, sal hulle die diepte van God se ontferming en die sondigheid van die

sonde besef.

Christus se dood is ‘n bewys van God se groot liefde vir die mens. Dis die pand van

ons verlossing. Om die kruis van die Christen weg te neem, sou wees soos om die son uit

die lug te verwyder. Die kruis bring ons naby God en versoen ons met Hom. Met die

toegewende ontferming van ‘n vader se liefde, het Jehova die lyding wat Sy Seun moes

verduur aanskou, om die mensdom van die ewige dood te red, en dan neem Hy ons in die

Geliefde aan.

Sonder die kruis sou die mens nie met die Vader verenig kon word nie. Al ons hoop

hang daarvan af. Die lig van die Verlosser se liefde skyn daaruit en wanneer die sondaar

aan die voet van die kruis opkyk na die Een wat gesterf het om hom te red, kan hy hom in

die volheid van blydskap verheug, want sy sondes is vergewe. In geloof by die kruis

neergekniel, het hy die hoogste plek wat vir ‘n mens bereikbaar is, bereik.

Deur die kruis leer ons dat die hemelse Vader ons met ‘n oneindige liefde liefhet. Kan

ons dan wonder dat Paulus uitgeroep het: “Mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van

118


Die Handelinge van die Apostels

onse Here Jesus Christus.” (Galasiërs 6:14). Dit is ook ons voorreg om op die kruis te roem,

ons voorreg om onsself geheel en al aan Hom, wat Homself vir ons oorgegee het, oor te

gee. Dan kan ons, met die lig wat vanaf Golgota stroom en oor ons gelaat skyn, uitgaan om

hierdie lig aan diegene in duisternis te openbaar.

119


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 21—In die Streke Daarbuite

Die tyd het aangebreek dat die evangelie buite die grense van Klein-Asië verkondig

moes word. Die weg vir Paulus en sy medewerkers om na Europa oor te steek is voorberei.

By Troas, aan die oewer van die Middellandse See, het Paulus “...’n gesig in die nag gesiendaar

staan ‘n Macedoniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedonië en help ons!”

Die oproep was gebiedend en het geen uitstel toegelaat nie. Lukas, wat Paulus, Silas

en Timotheus op die reis na Europa vergesel het, het gesê: “En toe hy die gesig gesien het,

het ons dadelik probeer om na Macedonië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here

ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig. Ons het dan afgevaar van Troas

en reguit koers gehou na Samothráce, en die volgende dag na Neápolis, en daarvandaan na

Filippi, wat die eerste stad is van daardie deel van Macedonië, ‘n kolonie.”

Lukas het vervolg: “Op die Sabbatdag het ons uitgegaan buitekant die stad langs ‘n

rivier waar die gebruiklike bidplek was en ons het gaan sit en met die vroue gespreek wat

daar bymekaargekom het. En ‘n vrou met die naam van Lidia, ‘n purperverkoopster van

die stad Thiatire, ‘n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag

te gee op wat deur Paulus gesê is.” Lidia het die waarheid met blydskap ontvang. Sy en

haar huisgesin is bekeer en gedoop en sy het by die apostels aangedring om in haar huis

tuis te gaan.

Terwyl die boodskappers van die kruis besig was om onderrig te gee, het ‘n sekere

vrou wat ‘n gees van waarsêery gehad het, hulle gevolg en uitgeroep: “Hierdie manne is

dienaars van God, die Allerhoogste en hulle verkondig aan ons die weg van verlossing. En

dit het sy baie dae lank gedoen.”

Hierdie vrou was ‘n spesiale agent van die Satan en het met haar waarsêery baie geld

vir haar meesters verdien. Haar invloed het gehelp om die afgodediens te versterk. Satan

het geweet dat sy koninkryk binnegedring word en hy het van hierdie optrede gebruik

gemaak om die werk van God teë te gaan, in die hoop om sy drogredenasies met die

waarhede wat deur die verkondigers van die evangelieboodskap geleer word, te vermeng.

Die woorde van aanbeveling wat die vrou gespreek het, het skade aan die saak van

waarheid veroorsaak, want dit het die mense se aandag van die leringe van die apostels

afgetrek en die evangelie verdag gemaak. As gevolg daarvan het baie mense wat dit gehoor

het, geglo dat die manne wat met die Gees en krag van God gespreek het, deur dieselfde

gees as hierdie gesant van Satan besiel is.

Die apostels het hierdie teëstand ‘n geruime tyd verduur; toe het Paulus die bose gees,

onder ingewing van die Heilige Gees, beveel om die vrou te verlaat. Haar onmiddellike

stilswye het getuig dat die apostels die diensknegte van God was, dat die demoon dit erken

het en hulle bevel gehoorsaam het.

120


Die Handelinge van die Apostels

Die vrou is van die bose gees bevry en nadat sy tot haar volle verstand gekom het, het

sy gekies om ‘n volgeling van Christus geword. Dit het haar meesters bekommerd oor hul

ambag gemaak. Hulle het besef dat alle hoop om geld uit haar waarsêery en voorspellings

te ontvang beëindig is en dat hul bron van inkomste binnekort geheel en al afgesny sou

word indien die apostels toegelaat word om die werk van die evangelie voort te sit.

Baie ander mense in die stad was ook betrokke in die verkryging van geld uit sataniese

dwalings en uit vrees vir die invloed van ‘n Mag wat hul werk so effektief kon beëindig, is

‘n geweldige bohaai teen die dienaars van God ontketen. Hulle het die apostels voor die

landdroste van die stad gebring met die beskuldiging: “Hierdie manne bring ons stad in

opskudding, omdat hulle Jode is en hulle verkondig sedes wat vir ons nie geoorloof is om

aan te neem of na te volg nie, omdat ons Romeine is.”

Opgewerk deur ‘n waansinnige opgewondenheid, het die menigte teen die dissipels

opgetrek. ‘n Gees van oproerigheid het geheers en is deur die landdroste goedgekeur, deur

die apostels se boklere van hulle af te skeur en te beveel dat hulle gegesel moes word. “En

toe hulle hul baie slae gegee het, het hulle hul in die gevangenis gewerp en die

tronkbewaarder bevel gegee om hulle sorgvuldig te bewaak. Hy het toe, omdat hy so ‘n

bevel ontvang het, hulle in die binneste gevangenis gewerp en hulle voete in die blok

vasgemaak.”

Die apostels het hewige foltering gely weens die pynlike toestand waarin hulle gelaat

is, maar hulle het nie gemurmureer nie. In plaas daarvan, het hulle mekaar in die donkerte

en verlatenheid van die kerker met gebede bemoedig en lofliedere tot eer van God gesing

omdat hulle waardig bevind was om ter wille van Hom smaad te ly. Hulle harte is deur ‘n

diep en innige liefde vir die saak van hulle Verlosser verbly. Paulus het aan die vervolging

wat deur sy toedoen op die dissipels van Christus gebring is gedink en hy het hom verbly

omdat sy oë geopen is om die krag van die heerlike waarhede wat hy voorheen verag het,

te sien en te ervaar.

Met verbasing het die ander gevangenes die geluid van gebed en sang uit die binneste

kerker van die gevangenis gehoor. Hulle was daaraan gewoond dat die stilte van die nag

deur gille en gekreun, lastering en gevloek onderbreek word; maar nooit vantevore het

hulle woorde van gebed en lofbetuiging uit daardie somber sel hoor opstyg nie. Wagte en

gevangenes was verstom en het hulself afgevra wie hierdie manne kon wees wat, ondanks

die koue, die honger en die marteling, hulle nog kon verheug.

Intussen het die landdroste na hul huise teruggekeer en hulself geluk gewens dat hulle

met vinnige en beslissende optrede daarin geslaag het om die oproer te onderdruk. Maar

onderweg het hulle meer te hore gekom aangaande die karakter en werk van die manne wat

hulle tot geseling en gevangenisstraf gevonnis het. Hulle het die vrou wat van die sataniese

mag bevry was gesien en is deur die verandering in haar voorkoms en houding getref. In

121


Die Handelinge van die Apostels

die verlede het sy baie probleme in die stad veroorsaak; nou was sy stil en vredeliewend.

Toe hulle besef dat hulle in alle waarskynlikheid twee onskuldige manne die streng straf

van die Romeinse wet opgelê het, was hulle verontwaardig met hulself en het besluit dat

hulle in die oggend sou beveel dat die apostels heimlik vrygelaat en buite die stad, buite

die gevaar van die gewelddadigheid van die gepeupel, begelei moes word.

Maar hoewel mense wreed en wraakgierig was, of kriminele nalatigheid ten opsigte

van die ernstige verantwoordelikhede wat op hulle gerus het, aan die dag gelê het, het God

nie vergeet om Sy knegte genadig te wees nie. Die ganse hemel het belanggestel in die

manne wat ter wille van Christus gely het en engele is gestuur om hulle in die gevangenis

te besoek. Waar hulle getrap het, het die aarde gebewe. Die stewig gegrendelde

gevangenisdeure het oopgeswaai; die kettings en boeie het van die gevangenes se hande en

voete afgeval; en ‘n helder lig het die gevangenis deurvloei.

Die tronkbewaarder het met verbasing die gebede en lofliedere van die gevange

apostels aangehoor. Toe hulle ingebring was, het hy hul opgehewe, bloeiende wonde gesien

en hy het self beveel dat hulle voete in die blok vasgemaak moes word. Hy het verwag om

smartlike kreune en verwensinge te hoor, maar in plaas daarvan het hy vreugdevolle

lofliedere gehoor. Met hierdie klanke in sy ore het die tronkbewaarder aan die slaap geraak,

waaruit hy deur die aardbewing en die geskud van die gevangenismure wakker geword het.

Hy het en met ontsetting opgeskrik en gesien dat die gevangenisdeure oop staan en ‘n

vrees dat die gevangenes ontsnap het, het hom oorval. Hy het onthou met watter nadruklike

opdrag Paulus en Silas die vorige nag aan sy sorg toevertrou was en hy was seker dat hy

die doodstraf vir sy skynbare ontrouheid sou ontvang. Met ‘n bitterheid van gees het hy

gevoel dat dit beter sou wees om die hand aan sy eie lewe te slaan as om hom aan ‘n

skandelike teregstelling te onderwerp. Hy het sy swaard uitgetrek om homself om die lewe

te bring, toe hy Paulus se woorde van bemoediging hoor: “Moenie jouself kwaad aandoen

nie, want ons is almal hier. ” Elke man was op sy plek, ingeperk deur die krag van God wat

deur een medegevangene uitgeoefen is.

Die felheid waarmee die tronkbewaarder die apostels behandel het, het nie hul weersin

gewek nie. Paulus en Silas het die gees van Christus gehad, nie ‘n gees van wraak nie.

Hulle harte, gevul met die liefde van die Verlosser, het geen ruimte vir kwaadwilligheid

teenoor hulle vervolgers gelaat nie.

Die tronkbewaarder het sy swaard neergegooi, geroep vir lig en hom na die binneste

kerker gehaas. Hy wou sien watter soort manne dit was wat die wreedheid waarmee hulle

behandel was, met vriendelikheid vergeld. Toe hy die plek waar die dissipels was bereik,

het hy hom voor hulle neergewerp en om vergifnis gevra. Daarna het hy hulle na die

buitehof gebring en verneem: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?”

122


Die Handelinge van die Apostels

Die tronkbewaarder het gebewe toe hy die toorn van God wat in die aardbewing

gemanifesteer was aanskou het; toe hy gedink het dat die gevangenes ontsnap het, was hy

gereed om deur sy eie hand te sterf; maar nou het al hierdie dinge van minder belang geblyk

in vergelyking met die nuwe, vreemde vrees wat sy gemoed geprikkel het en hy het begeer

om die rustigheid en blymoedigheid wat die apostels onder lyding en mishandeling aan die

dag gelê het, te besit. Hy het die lig van die hemel op hulle gelaat gewaar; en hy het geweet

dat God op ‘n wonderbaarlike wyse ingegryp het om hul lewens te red en die woorde van

die gees-besette vrou het hom met besondere krag getref: “Hierdie manne is dienaars van

God, die Allerhoogste en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.”

In diepe ootmoed het hy die apostels gevra om hom die weg van die lewe te wys.

Hulle het geantwoord: “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou

huisgesin. En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy

huis was.” Daarna het die tronkbewaarder die apostels se wonde gewas en hulle bedien

waarna hy en sy hele huisgesin deur hulle gedoop is. ‘n Heiligmakende invloed het onder

die gevangenes versprei en almal se gemoedere was oop om na die waarhede wat die

apostels verkondig het te luister. Hulle was oortuig dat die God wat hierdie manne gedien

het, hulle op wonderbaarlike wyse uit hul gevangenskap verlos het.

Die burgers van Filippi was baie verskrik oor die aardbewing en toe die beamptes van

die gevangenis die landdroste vertel wat in die nag plaasgevind het, was hulle verskrik en

het hulle die geregsdienaars gestuur om die apostels vry te laat. Maar Paulus het verklaar:

“Hulle het ons in die openbaar onveroordeeld geslaan, ons wat Romeinse burgers is en ons

in die gevangenis gewerp en wil hulle ons nou in die geheim uitwerp? Volstrek nie! Laat

hulle self kom en ons uitlei.”

Die apostels was Romeinse burgers en dit was onwettig om ‘n Romein te gésel,

behalwe vir die mees skreiendste misdade, of om hom sonder ‘n regverdige verhoor van

sy vryheid te ontneem. Paulus en Silas was in die openbaar gevange geneem en hulle het

nou geweier om privaat vrygelaat te word sonder ‘n behoorlike verduideliking van die

owerhede.

Toe hierdie woord die owerhede bereik, was hulle bevrees dat die apostels hulle by

die keiser sou aankla en het dadelik na die gevangenis gegaan, Paulus en Silas om

verskoning gevra vir die onreg en wreedheid wat hulle aangedoen is en hulle persoonlik

uit die gevangenis gelei en hulle gesmeek om die stad te verlaat. Die landdroste het die

apostels se invloed op die mense gevrees en hulle het ook die Mag wat ten gunste van die

onskuldige manne ingegryp het, gevrees.

Ooreenkomstig die opdrag wat deur Christus gegee is, het die apostels nie hulle

teenwoordigheid op mense wat dit nie verlang het, afgedwing nie. “Nadat hulle die

123


Die Handelinge van die Apostels

gevangenis verlaat het, het hulle na die huis van Lidia gegaan; en hulle het die broeders

gesien, hulle bemoedig en weggegaan.”

Die apostels het nie hulle werk in Filippi as tevergeefs beskou nie. Hulle het baie

teëstand en vervolging teëgekom; maar die ingryping van die Voorsienigheid ten behoewe

van hulle en die bekering van die tronkbewaarder en sy huisgesin, was meer as genoeg

vergoeding vir die skande en lyding wat hulle verduur het. Die nuus aangaande hul

onregverdige gevangenisstraf en die wonderbaarlike verlossing het in die hele streek

bekend geword en dit het die werk van die apostels onder die aandag van ‘n groot aantal

mense wat anders nie bereik sou word nie, gebring.

Paulus se arbeid in Filippi het tot die stigting van ‘n gemeente gelei waarvan die

ledetal geleidelik toegeneem het. Sy ywer en toewyding en veral sy bereidwilligheid om

ter wille van Christus te ly, het ‘n diep en blywende invloed op die bekeerlinge uitgeoefen.

Hulle het die kosbare waarhede waarvoor die apostels soveel opgeoffer het waardeer en

hulself met heelhartige toewyding aan die saak van hul Verlosser oorgegee.

Dat hierdie kerk nie vervolging vrygespring het nie, blyk uit ‘n uitdrukking in Paulus

se brief aan hulle. Hy sê: “Omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is

om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly, terwyl julle dieselfde stryd het as

wat julle in my gesien het.” Tog was hulle só standvastig in die geloof dat hy verklaar het:

“Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink-en ek bid altyd in al my gebede vir julle

almal met blydskap-oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou

toe.” (Filippense 1:29,30,3-5).

Hewig is die stryd tussen die magte van goed en kwaad in belangrike sentra waarheen

die boodskappers van die waarheid opgeroep word om te werk. Paulus sê: “Ons

worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen

die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu.” (Efesiërs 6:12). Tot aan die einde

van die tyd sal daar konflik tussen die kerk van God en diegene wat onder die invloed van

bose engele is heers.

Die vroeë Christene is dikwels geroep om die magte van die duisternis van aangesig

tot aangesig te ontmoet. Deur drogredenasies en vervolging het die vyand gepoog om hulle

van die ware geloof te keer. In hierdie teenswoordige tyd, wanneer die einde van alle aardse

dinge spoedig nader kom, wend die Satan wanhopige pogings aan om die wêreld te

verstrik. Hy belê baie planne om mense se aandag van die waarhede wat noodsaaklik vir

redding is af te trek. In elke stad is sy agente besig om diegene wat teen die wet van God

gekant is, in groepe te verenig. Die aartsverleier is aan die werk om elemente van

verwarring en opstand in te voer en die mensdom word deur ‘n ywer wat nie met kennis

gepaard gaan nie, aangevuur.

124


Die Handelinge van die Apostels

Goddeloosheid bereik ‘n hoogtepunt wat nooit voorheen geken is nie en tog roep baie

bedienaars van die evangelie uit: “Vrede en veiligheid.” Maar die getroue boodskappers

van God moet standvastig met hulle werk voortgaan. Geklee met die wapenrusting van die

hemel, moet hulle vreesloos en oorwinnend voortgaan en nooit die stryd gewonne gee

voordat elke siel binne hulle bereik die boodskap van die waarheid vir hierdie tyd ontvang

het nie.

125


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 22—Thessalonika

Nadat hulle Filippi verlaat het, het Paulus en Silas na Thessalonika vertrek. Hier is die

voorreg hulle vergun om groot gehore in die Joodse sinagoge toe te spreek. Hulle voorkoms

het van die skandelike behandeling wat hulle onlangs ontvang het getuig en het ‘n

verduideliking van wat plaasgevind het genoodsaak. Dit het hulle gedoen sonder om hulself

te verhef, maar die Een wat die verlossing bewerk het, verhef.

In sy prediking aan die Thessalonicense het Paulus hom op die Ou-Testamentiese

profesieë aangaande die Messias beroep. In Sy bediening het Christus Sy dissipels se denke

vir hierdie profesieë geopen. “Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle

uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.” (Lukas 24:27). In sy

prediking van Christus, het Petrus sy getuienis uit die Ou Testament gelewer. Stefanus het

dieselfde roete gevolg. En Paulus het hom ook in sy bediening, op die skrifgedeeltes wat

die geboorte, lyding, dood, opstanding en Hemelvaart van Christus beskryf het, beroep.

Deur die ingegewe getuienis van Moses en die profete het hy duidelik die identiteit van

Jesus van Nasaret as die Messias bewys en getoon dat dit vanaf die dae van Adam die stem

van Christus was wat deur patriarge en profete gepraat het.

Duidelike en bepaalde profesieë is aangaande die verskyning van die Beloofde Een

gegee. Aan Adam is die versekering van die koms van die Verlosser gegee. Die vonnis wat

oor die Satan uitgespreek is: “Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou

saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt...”

(Genesis3:15) was vir ons stamouers ‘n belofte van die verlossing wat deur Christus

bewerkstellig sou word.

Aan Abraham is die belofte gegee dat daar uit sy geslag die Redder van die wêreld

sou kom: “In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word.” “Hy sê nie: En aan

die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.” (Genesis

22:18; Galasiërs 3:16).

Teen die einde van sy werk as leier en leraar van Israel, het Moses duidelik van die

komende Messias geprofeteer: “‘n Profeet, uit jou midde uit jou broers, soos ek is... ” het

hy aan die vergadering van Israel verklaar, “...sal die Here jou God vir jou verwek; na Hom

moet julle luister.” En Moses het die Israeliete verseker dat God dit self op die berg Horeb

aan hom geopenbaar het deur te sê: ” ‘n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van

hulle broers, soos jy is en Ek sal My woorde in sy mond lê en Hy sal aan hulle sê alles wat

Ek Hom beveel.” (Deuteronomium 18:15,18).

Die Messias sou uit die koninklike geslag wees, want in die profesie wat deur Jakob

geuiter is, het die Here gesê: “Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf

tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.” (Genesis

49:10).

126


Die Handelinge van die Apostels

Jesaja het geprofeteer: “Daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isaï en ‘n loot

uit sy wortels sal vrugte dra ... Neig julle oor en kom na My toe, luister en julle siel sal

lewe; Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.

Kyk, Ek het hom tot ‘n getuie van die volke gemaak, tot ‘n vors en gebieder van die nasies.

Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na

jou hardloop, ter wille van die Here jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou

verheerlik het.” (Jesaja 11:1;55:3-5).

Jeremia het ook van die komende Verlosser getuig as ‘n Vors van die huis van Dawid:

“Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek en

as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In

sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is die naam waarmee Hy genoem

sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID ... En dan weer: Want so sê die Here: Daar

sal vir Dawid nie ‘n man ontbreek wat sit op die troon van die huis van Israel nie; en daar

sal vir die Levitiese priesters nooit voor My aangesig ‘n man ontbreek wat altyddeur

brandoffers bring en spysoffers aan die brand steek en slagoffers berei nie.” (Jeremia

23:5,6;33:17,18).

Selfs die geboorteplek van die Messias is voorspel: “En jy, Betlehem Efrata, klein om

te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in

Israel sal wees; en Sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.” (Miga 5:1).

Die werk wat die Verlosser op aarde sou verrig, was volledig uiteengesit: “Op Hom

sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en

sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here. En Hy het ‘n welgevalle aan

die vrees van die Here.” Die Een wat só gesalf was, is gestuur “...om ‘n blye boodskap te

bring aan die ootmoediges ... om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes

‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n

jaar van die welbehae van die Here en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die

treurendes te troos; om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad

vir as, vreugdeolie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle

genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die Here, tot Sy

verheerliking.” (Jesaja 11:2,3;61:1-3).

“Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, My Uitverkorene in wie My siel ‘n welbehae

het. Ek het My Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring. Hy sal nie skreeu

of uitroep of Sy stem op die straat laat hoor nie. Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en

die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring. Hy sal nie dof

brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie; en die eilande wag op

Sy leer. ” (Jesaja 42:1-4).

127


Die Handelinge van die Apostels

Met oortuigende krag het Paulus uit die Ou Testamentiese Geskrifte geredeneer “...dat

die Christus moes ly en uit die dode opstaan.” Het Miga nie geprofeteer: “Met ‘n stok slaan

hulle die regeerder van Israel op die kakebeen...” nie? (Miga 4:14). En het die Beloofde

Een dan nie deur Jesaja aangaande Homself geprofeteer: “Ek het My rug gegee vir die wat

slaan en My wange vir die wat die hare uitpluk; My aangesig het Ek nie verberg vir

smaadhede en bespuwing nie”? (Jesaja 50:6). Deur die psalmdigter het Christus die

behandeling wat Hy van die mensdom sou ontvang voorspel: “Ek is ... ‘n smaad van die

mense en verag deur die volk. Almal wat My sien, spot met My; hulle steek die lip uit,

hulle skud die hoof en sê: Laat dit aan die Here oor! Laat Hy Hom red, laat Hy Hom bevry:

Hy het mos behae in Hom! ... Al My beendere kan Ek tel; hulle kyk, hulle sien met

welgevalle op My neer! Hulle verdeel My klere onder mekaar en werp die lot oor My

gewaad ... Vreemd het ek vir My broers geword en ‘n onbekende vir die seuns van My

moeder. Want die ywer vir U huis het My verteer en die smaadheid van die wat U smaad,

het op My geval ... Die smaad breek my hart en ek is verswak; ja, ek het gewag op

medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.” (Psalm 22:7-

9,18,19;60:9,10,21).

Hoe onmiskenbaar duidelik was Jesaja se profesieë aangaande die lyding en dood van

Christus! “Wie het geglo wat aan ons verkondig is?” vra die profeet “...en aan wie is die

arm van die Here geopenbaar? Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos

‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou

aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. Hy was verag en deur die

mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens

sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.”

“Nogtans het Hy ons krankhede op Hom geneem en ons smarte-die het Hy gedra;

maar ons het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy

is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;

die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons

genesing gekom.”

“Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here

het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. Hy is mishandel, hoewel Hy

onderworpe was en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek

gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders-ja, Hy het Sy mond nie

oopgemaak nie. Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder Sy tydgenotewie

het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die

oortreding van my volk was die plaag op Hom.” (Jesaja 53:1-8).

Selfs die wyse waarop Hy sou sterf is voorafgeskadu. Soos die koperslang in die

woestyn verhoog is, so moes die komende Verlosser verhoog word, “...sodat elkeen wat in

Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3:16).

128


Die Handelinge van die Apostels

“En as iemand vir Hom sê: Watter wonde is daardie tussen jou hande? Dan sal Hy

antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende.” (Sagaria 13:6).

“En hulle het Hom Sy graf by die goddelose gegee; en by die ryke was Hy in Sy dood,

omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in Sy mond gewees het nie. Maar dit

het die Here behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak. (Jesaja 53:9,10).

Maar Hy wat deur die hande van goddelose mense gedood sou word, sou weer as

oorwinnaar oor sonde en die graf opstaan. Onder ingewing van die Almagtige het die

geliefde sanger van Israel van die heerlikhede van die opstandingsdag getuig. “Ook sal my

vlees...” het hy met blydskap uitgeroep, “...in veiligheid woon; want U sal my siel aan die

doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.” (Psalm

16:9,10).

Paulus het aangedui hoe nou God die offerdiens met die profesieë aangaande die Een

wat “...soos ‘n lam ... na die slagplek gelei...” sou word, verbind het. Die Messias sou Sy

lewe as “...’n skuldoffer...” aanbied. Die profeet Jesaja het deur die eeue na die

versoeningswerk van die Heiland gekyk en getuig dat die Lam van God “...Sy siel uitgestort

het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie

gedra en vir die oortreders gebid het.” (Jesaja 53:7,10,12).

Die Verlosser van die profesie sou nie as ‘n tydelike koning kom om die Joodse volk

van hul aardse verdrukkers te verlos nie, maar as ‘n mens onder die mensdom, om ‘n lewe

van armoede en vernedering te lei en uiteindelik verag, verwerp en gedood te word. Die

Heiland wat in die Ou-Testamentiese skrifte voorspel is, sou Homself as offer vir die

gevalle mensdom aanbied en sodoende aan elke vereiste van die verbreekte wet voldoen.

In Hom sou die tipes van die offerstelsel hulle antitipe ontmoet en Sy dood aan die kruis

sou aan die hele Joodse bedeling betekenis verleen.

Paulus het aan die Jode in Thessalonika van sy vroeëre ywer vir die seremoniële wet

en van sy wonderlike ervaring by die poorte van Damaskus vertel. Voor sy bekering was

hy vol vertroue in ‘n oorgeërfde vroomheid, ‘n valse hoop. Sy geloof was nie in Christus

geanker nie; hy het eerder op vorms en seremonies vertrou. Sy ywer vir die wet was

losgemaak van Christus en was van geen nut nie. Terwyl hy daarop geroem het dat hy in

die uitvoering van die dade van die wet onberispelik was, het hy die Een geweier wat die

wet van waarde gemaak het.

Maar met van sy bekering, is alles verander. Die Jesus van Nasaret wat hy in die

persoon van Sy heiliges vervolg het, het as die beloofde Messias aan hom verskyn. Die

vervolger het Hom as die Seun van God gesien, die Een wat ter vervulling van die profesieë

na die aarde gekom het en wat in Sy lewe aan elke voorskrif van die heilige Skrifte voldoen

het.

129


Die Handelinge van die Apostels

Terwyl Paulus die evangelie met heilige vrymoedigheid in die sinagoge te

Thessalonika verkondig het, is ‘n vloed van lig op die ware betekenis van die rituele en

seremonies in verband met die diens van die tabernakel gewerp. Hy het die gedagtes van

sy toehoorders by die aardse diens en die bediening van Christus in die hemelse heiligdom

verder gevoer na die tyd wanneer Christus, nadat Hy Sy middelaarswerk voltooi het, met

krag en groot heerlikheid sou terugkeer om Sy koninkryk op die aarde te vestig. Paulus het

in die wederkoms van Christus geglo; hy het die waarhede so kragtig aangaande hierdie

gebeurtenis aangebied, dat daar op baie mense wat dit gehoor het ‘n indruk gelaat is wat

nooit uitgewis sou word nie.

Vir drie opeenvolgende Sabbatte het Paulus vir die Thessalonicense gepreek en uit die

Skrif met hulle oor die lewe, dood, opstanding, ampswerk en toekomstige heerlikheid van

Christus geredeneer, “...die Lam wat geslag is ... van die grondlegging van die wêreld af...

” (Openbaring 13:8). Hy het Christus verhef, Wie se bediening die sleutel is wat die Ou-

Testamentiese Geskrifte ontsluit en toegang tot hul ryk skatte verleen.

Soos die waarhede van die evangelie aldus met groot krag in Thessalonika verkondig

is, was die aandag van die groot gehore geboei. “Sommige van hulle is oortuig en het hulle

by Paulus en Silas aangesluit, ook ‘n groot menigte van die godsdienstige Grieke en ‘n

groot aantal van die aansienlikste vroue.”

Soos in die plekke wat hulle voorheen besoek het, het die apostels onverbiddelike

teenkanting ervaar. “Die ongelowige Jode was afgunstig.” Hierdie Jode was op daardie

stadium in onguns by die Romeinse owerheid omdat hulle kort tevore ‘n opstand in Rome

opgewek het. Hulle is met agterdog bejeën en hulle vryheid was tot ‘n mate beperk. Nou

het hulle ‘n geleentheid gesien om die omstandighede uit te buit om weer in guns te kom

en terselfdertyd die apostels en die bekeerlinge tot die Christendom te smaad.

Dít het hulle bewerkstellig deur met “...slegte manne en leeglopers...” te verenig en so

het hulle daarin geslaag om “...die stad in opskudding...” te bring. In die hoop om die

apostels te vind, het hulle “...die huis van Jason aangeval...” maar hulle kon nie vir Paulus

of Silas vind nie. “Maar toe hulle hul nie kry nie...” het die gepeupel in hulle dolle

teleurstelling, “...Jason en ‘n paar broeders na die stadsowerhede gesleep en geskreeu: Die

mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier ook gekom en Jason het hulle

ontvang. En hulle almal handel teen die bevele van die keiser en sê dat daar ‘n ander koning

is, naamlik Jesus.”

Aangesien Paulus en Silas nêrens te vinde was nie, het die owerhede die beskuldigde

gelowiges in hegtenis geneem om die vrede te bewaar. Uit vrees vir verdere geweld, het

“...die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Berea weggestuur.”

Diegene wat vandag ongewilde waarhede verkondig, hoef nie ontmoedig te word

indien hulle soms nie gunstiger as Paulus en sy medewerkers ontvang word nie, selfs nie

130


Die Handelinge van die Apostels

deur diegene wat beweer dat hulle Christene is nie. Die boodskappers van die kruis moet

hulself met waaksaamheid en gebed bewapen en met geloof en moed vorentoe beweeg om

altyd in die Naam van Jesus te werk. Hulle moet Christus as die Middelaar van die mens

in die hemelse heiligdom verhoog, die Een in Wie al die offers van die Ou Testament

gesentreer is en deur Wie se soenoffer die oortreders van God se wet, vrede en vergifnis

kan vind.

131


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 23—Berea en Athene

In Berea het Paulus Jode gevind wat gewillig was om die waarhede wat hy geleer het,

te ondersoek. Lukas se verslag aangaande hulle verklaar dat: “Hierdie mense was

edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang

en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook

gelowig geword en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne.”

Die denke van die mense in Berea was nie deur vooroordeel vereng nie. Hulle was

bereid om die waarheid van die leer wat deur die apostels verkondig is, te ondersoek. Hulle

het nie die Bybel uit nuuskierigheid ondersoek nie, maar om te leer wat aangaande die

beloofde Messias geskryf is. Hulle het die geïnspireerde verslae daagliks ondersoek en

terwyl hulle Skrif met Skrif vergelyk het, was daar hemelse engele wat hulle verstand verlig

en hulle harte beïndruk het.

Waar die waarhede van die evangelie ook al verkondig word, word diegene wat opreg

begeer om te doen wat reg is, gelei tot ‘n ywerige ondersoek van die Skrif. As diegene aan

wie beproewende waarhede in die slottonele van hierdie wêreld se geskiedenis verkondig

word, die voorbeeld van die Bereane volg, deur die Skrifte daagliks te ondersoek en die

boodskap wat aan hulle verkondig word met die Woord van God vergelyk, sou daar tans

‘n groot aantal mense wees wat getrou aan die voorskrifte van God se wet is, waar daar

nou relatief min is. Maar wanneer ongewilde Bybelwaarhede voorgehou word, weier baie

om hierdie ondersoek te doen. Howel hulle nie in staat is om die duidelike leerstellings van

die Skrif te weerlê nie, openbaar hulle steeds die grootste onwilligheid om die bewyse wat

aangebied word te ondersoek. Sommige meen dat, al is hierdie leerstellings inderdaad

waar, dit nie veel saak maak of hulle hierdie nuwe lig aanneem of verwerp nie en hulle hou

vas aan die aangename verdigsels wat die vyand gebruik om siele te mislei. So word hulle

verstand deur dwaling verblind en word hulle van die hemel geskei.

Almal sal volgens die lig wat aan hulle gegee is geoordeel word. Die Here stuur Sy

gesante uit met ‘n boodskap van verlossing en diegene wat dit hoor, sal verantwoordelik

gehou word vir die wyse waarop hulle die woorde van Sy diensknegte hanteer. Diegene

wat opreg na waarheid soek, sal die leerstellings wat aan hulle voorgehou word, noukeurig

in die lig van God se Woord ondersoek.

Die ongelowige Jode van Thessalonika, wat met jaloesie en haat teenoor die apostels

gevul was en nie tevrede was om hulle slegs uit hul eie stad te verdryf nie, het hulle na

Berea gevolg en daar die hartstogte van die laer klas teen hulle opgesweep. Uit vrees dat

hulle Paulus geweld sou aandoen indien hy daar sou bly, het die broeders hom, vergesel

van sommige van die Bereane wat die geloof onlangs aangeneem het, na Athene gestuur.

So is die leraars van die waarheid van stad tot stad agtervolg. Die vyande van Christus

kon die vooruitgang van die evangelie nie verhoed nie, maar hulle het daarin geslaag om

132


Die Handelinge van die Apostels

die werk van die apostels uiters te bemoeilik. Maar, te midde van teëstand en konflik, het

Paulus onverpoos voortgegaan, vasbeslote om die voorneme van God, soos in die gesig in

Jerusalem aan hom geopenbaar is, uit te voer: “Ek sal jou ver wegstuur na die heidene.”

(Handelinge 22:21).

Paulus se haastige vertrek uit Berea, het hom van die geleentheid wat hy oorweeg het

om die broers in Thessalonika te besoek, ontneem.

Toe hy in Athene aankom, het Paulus die broers van Berea teruggestuur met ‘n

boodskap aan Silas en Timotheus om dadelik by hom aan te sluit. Timotheus het voor

Paulus se vertrek in Berea aangekom en hy en Silas het daar aangebly om die werk wat so

goed begin is, voort te sit en die nuwe bekeerlinge in die beginsels van die geloof te

onderrig.

Die stad Athene was die hoofstad van die heidendom. Daar het Paulus nie soos in

Listre met onkundige, liggelowige mense te doen gekry nie, maar met mense wat beroemd

vir hulle intelligensie en kultuur was. Oral het standbeelde van hul gode en die

vergoddelikte helde van hul geskiedenis en digkuns die oog gevang, terwyl manjifieke

argitektuur en skilderye die nasionale glorie en die gewilde aanbidding van heidense gode

verteenwoordig het. Die volk se sinne is deur die skoonheid en die prag van kuns betower.

Aan alle kante het heiligdomme en tempels van onberekenbare waarde, se massiewe vorms

uitgetroon. Oorwinnings en dade van gevierde manne is deur die beeldhouwerk, tempels

en gedenkplate herdenk. Al hierdie dinge het Athene in ‘n groot kunsmuseum omskep.

Toe Paulus die skoonheid en grootsheid rondom hom aanskou en die stad sien wat

geheel en al aan afgodediens oorgegee was, is sy gees met jaloesie vir God, wat aan alle

kante onteer is, opgewek; en sy hart het in ontferming na die inwoners van Athene

uitgegaan wat, ondanks hulle intellektuele kultuur, onkundig aangaande die ware God was.

Die apostel is nie deur dit wat hy in hierdie sentrum van geleerdheid gesien het mislei

nie. Sy geestelike aard was so gevoelig vir die aantrekkingskrag van hemelse dinge, dat die

vreugde en heerlikheid van die rykdom wat nooit sal vergaan nie, al die prag en praal

waarmee hy omring was, in sy oë waardeloos gemaak het. Toe hy die prag van Athene

aanskou, het hy ook besef watter verleidelike mag dit oor die liefhebbers van kuns en

wetenskap het en sy gedagtes was diep onder die indruk van die belangrikheid van die werk

voor hom.

In hierdie groot stad, waar God nie aanbid is nie, is Paulus deur ‘n gevoel van

eensaamheid onderdruk en hy het na die medelye en hulp van sy medewerkers verlang.

Wat menslike vriendskap betref, het hy gevoel dat hy heeltemal alleen was. In sy sendbrief

aan die Thessalonicense spreek hy sy gevoelens uit in die woorde: “...in Athene alleen...”

(1 Thessalonicense 3:1). Struikelblokke wat skynbaar onoorkomelik was, het voor hom

133


Die Handelinge van die Apostels

gelê, wat vir hom amper hopeloos voorgekom het om die harte van die mense te probeer

bereik.

Terwyl hy vir Silas en Timotheus gewag het, was Paulus nie ledig nie. Hy het “...in

die sinagoge met die Jode gespreek en met die godsdienstige mense en elke dag op die

mark met die wat hom teëkom.” Maar sy belangrikste werk in Athene, was om die

boodskap van verlossing aan diegene te bring wat geen intelligente begrip van God en van

Sy voornemens ten behoewe van die gevalle ras gehad het nie. Die apostel sou binnekort

met die heidendom in sy mees subtiele, aanloklikste vorm kennis maak.

Dit het nie lank geduur vir die geleerde manne van Athene om van die

teenwoordigheid in hulle stad van ‘n sonderlinge leraar, wat nuwe en vreemde leerstellings

aan die mense verkondig, te verneem nie. Sommige van hierdie manne het Paulus opgesoek

en in gesprek met hom getree. Spoedig het ‘n skare luisteraars om hulle saamgedrom.

Sommige was gereed om die apostel as iemand wat sosiaal, sowel as intellektueel ver

benede hulle was te bespot en hulle het smalend onder mekaar gesê: “Wat sou hierdie

praatjiesmaker tog wil sê?” Ander weer, “...omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en

die opstanding verkondig het...” het gesê: “Dit lyk of hy ‘n verkondiger is van vreemde

gode.”

Onder diegene wat Paulus op die markplein teëgekom het, was “...sommige van die

Epikureïese en Stoïsynse wysgere...” maar hulle, sowel as al die ander wat met hom in

aanraking gekom het, het gou besef dat hy oor ‘n groter kennis as hul eie beskik het. Sy

intellektuele mag het die agting van die geleerdes afgedwing; terwyl sy ernstige, logiese

redenasies en die krag van sy welsprekendheid, die aandag van almal in die gehoor geboei

het. Sy toehoorders het erken dat hy geen beginner was nie, maar wel in staat was om alle

klasse van die gemeenskap met oortuigende argumente ter stawing van die leerstellings

wat hy verkondig het, tevrede te stel. So het die apostel onverskrokke gestaan en sy

teenstanders op hulle eie terrein ontmoet deur logika met logika, filosofie met filosofie en

welsprekendheid met welsprekendheid te vergelyk.

Sy heidense teenstanders het sy aandag op die lot van Sokrates gevestig wat, omdat

hy ‘n voorstander van ‘n vreemde god was, ter dood veroordeel is en hulle het Paulus

aangeraai om sy lewe nie op dieselfde wyse in gevaar te stel nie. Maar die apostel se

toespraak het die mense se aandag geboei en sy ongekunstelde wysheid het hulle agting en

bewondering afgedwing. Hy is nie deur die wetenskap of die ironie van die filosowe die

swye opgelê nie en nadat hulle hulself tevrede gestel het dat hy vasberade was om sy opdrag

onder hulle te uit te voer en teen alle gevare in sy verhaal te vertel, het hulle besluit om

hom regverdig aan te hoor.

Hulle het hom gevolglik op die ‘Marsheuwel’ (Areópagus) gebring. Dit was een van

die heiligste plekke in die hele Athene, waarvan die herinneringe en assosiasies daaraan

134


Die Handelinge van die Apostels

verbonde van so aard was, dat dit met bygelowige eerbied bejeën is, wat in die gemoed van

sommige op vrees neergekom het. Op hierdie plek is sake wat met godsdienstige sake

verband hou, noukeurig deur manne wat as finale beoordelaars oor alle belangriker en

morele burgerlike vrae opgetree het, noukeurig oorweeg.

Hier, weg van die lawaai en druk deurpaaie en die rumoer van losbandige bespreking,

kon die apostel ongehinderd aangehoor word. Rondom hom het digters, kunstenaars, en

filosowe versamel-die geleerdes en wysgere van Athene-wat hom soos volg aangespreek

het: “Kan ons verneem wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word? Want u bring

sekere vreemde dinge in ons ore. Ons wil dan weet wat dit tog kan wees.”

In daardie uur van plegtige verantwoordelikheid, was die apostel kalm en

selfbeheersd. Sy hart was met ‘n belangrike boodskap belas en die woorde wat oor sy lippe

gekom het, het sy toehoorders oortuig dat hy geen ydele brabbelaar was nie. Hy het gesê:

“Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. Want terwyl ek rondgegaan

en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n

onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.”

Met al hulle intelligensie en algemene kennis, was hulle onkundig aangaande die God wat

die heelal geskape het. Tog was daar sommige wat na groter lig verlang het. Hulle het na

die Oneindige uitgereik.

Met sy hand in die rigting van die tempel vol afgode uitgestrek, het Paulus die las van

sy siel uitgestort en die dwalinge van die Atheners se godsdiens ontbloot. Die wysste onder

sy toehoorders was verstom terwyl hulle na sy redenasie geluister het. Hy het homself as

vertroud met hul kunswerk, hul literatuur en hul godsdiens getoon. Hy het na hulle

standbeelde en afgode gewys en verklaar dat God nie met mensgemaakte voorwerpe

vergelyk kan word nie. Hierdie gesnede beelde kon nie in die geringste mate die heerlikheid

van Jehova voorstel nie. Hy het hulle daaraan herinner dat hierdie beelde geen lewe in hulle

gehad het nie, maar deur menslike krag beheer word en net kon beweeg wanneer dit deur

die hande van mense beweeg word; en daarom was diegene wat hulle aanbid het in alle

opsigte hoër as die voorwerpe wat hulle aanbid het.

Paulus het die gedagtes van sy afgodiese toehoorders buite die perke van hul valse

godsdiens gevestig op ‘n ware begrip van die Godheid wat hulle die “Onbekende God”

genoem het. Hierdie Wese wat hy nou aan hulle verklaar het, was onafhanklik van die mens

en het niks uit mensehande nodig gehad om tot Sy krag en heerlikheid by te dra nie.

Die mense is met bewondering vir Paulus se ernstige en logiese vertelling van die

hoedanighede van die ware God meegevoer-van Sy skeppingsmag en die bestaan van Sy

oorheersende voorsienigheid. Met ernstige, vurige oortuiging het die apostel verklaar: “Die

God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van die hemel en aarde

is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Ook word Hy nie deur mensehande gedien

135


Die Handelinge van die Apostels

asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.” Die

hemel was nie groot genoeg om God te bevat nie, hoeveel minder die tempels wat deur

mensehande gemaak is!

In daardie era van stand, toe die regte van mense dikwels misken is, het Paulus die

groot waarheid van menslike broederskap uiteengesit en verklaar dat God “...uit een bloed

al die nasies van die mensdom gemaak [het] om oor die hele aarde te woon.” In die oë van

God is almal gelykwaardig en elke mens is die hoogste trou aan die Skepper verskuldig.

Toe wys die apostel daarop hoedat, deur al die handelinge van God met die mens, Sy doel

van genade en barmhartigheid soos ‘n goue draad loop. Hy het “...vooraf bepaalde tye en

die grense van hulle woonplek vasgestel ... sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom

miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie.”

Terwyl Paulus na die edele voorbeelde van manlikheid rondom hom gewys het, het

hy met woorde aan een van hulle eie digters ontleen, die oneindige God as ‘n Vader, wie

se kinders hulle was, voorgestel. “In Hom lewe ons, beweeg ons en is ons...” het hy

verklaar, “...soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag. As

ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of

steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.”

“God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral

dat hulle hul moet bekeer.” In die eeue van duisternis wat die koms van Christus

voorafgegaan het, het die Goddelike Heerser ligtelik oor die afgodsdiens van die heidene

gegaan; maar nou, deur Sy Seun, het Hy die lig van die waarheid aan die mensdom gestuur;

en van almal het Hy berou tot saligheid verwag, nie net van die armes en nederiges nie,

maar ook van die trotse filosoof en die vorste van die aarde. “Omdat Hy ‘n dag bepaal het

waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het en Hy

het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.” Toe Paulus van

die opstanding van die dode praat, “...het sommige begin spot en ander het gesê: Ons sal u

weer hieromtrent hoor.”

So is die werk van die apostel in Athene, die middelpunt van die heidense geleerdheid,

afgesluit, want die Atheners wat steeds aan hulle afgodery vasgehou het, het van die lig

van die ware godsdiens weggedraai. Wanneer ‘n volk volkome tevrede met sy eie

prestasies is, kan nie veel meer van hulle verwag word nie. Alhoewel hulle met hul

geleerdheid en verfyndheid gespog het, het die Atheners al hoe meer korrup en meer

tevrede met die vae geheimsinnighede van hul afgodery geword.

Onder diegene wat na die woorde van Paulus geluister het, was sommige wat deur die

waarhede wat Paulus verkondig het oortuig is, maar hulle wou hulle nie verootmoedig om

God te erken en die plan van verlossing te aanvaar nie. Geen welsprekende woorde, geen

kragtige argument, kan die sondaar bekeer nie. Slegs die krag van God kan die waarheid

136


Die Handelinge van die Apostels

op die hart toepas. Hy wat hierdie mag voortdurend verwerp, kan nie bereik word nie. Die

Grieke het wysheid gesoek, maar die boodskap van die kruis was vir hulle dwaasheid,

omdat hulle hul eie wysheid van meer waarde as die wysheid wat van Bo kom geag het.

Die rede waarom die evangelieboodskap relatief min sukses onder die Atheners behaal

het, kan in hul intellektuele hoogmoed en menslike wysheid gevind word. Die wêreldwyse

mense wat as arme, verlore sondaars na Christus kom, sal wys tot redding word; maar

diegene wat as vooraanstaande mense kom en op hul eie wysheid roem, sal nie die lig en

kennis wat Hy alleen kan gee ontvang nie.

Op hierdie wyse het Paulus die heidendom van sy tyd tegemoetgekom. Sy arbeid in

Athene was nie heeltemal tevergeefs nie. Dionisius, een van die vooraanstaande burgers

en sommige ander, het die evangelieboodskap aanvaar en hulle volkome met die gelowiges

verenig.

Inspirasie het ons hierdie blik op die lewens van die Atheners gegee wat, ten spyte

van al hulle kennis, verfyndheid en kuns in die sonde versink was, sodat gesien kan word

hoe God afgodery en die sondes van trotse, selfvoldane mense deur Sy dienaar bestraf het.

Die woorde van die apostel en die beskrywing van sy houding en omgewing, soos deur die

pen van Inspirasie beskryf, sou aan alle komende geslagte oorgedra word, met getuienis

van sy ongeskonde vertroue, moed in eensaamheid, teëspoed en die oorwinning wat hy vir

die Christendom in die hart van die heidendom behaal het.

Paulus se woorde bevat ‘n skat van kennis vir die kerk. Hy was in ‘n posisie waar hy

maklik iets sou kon sê wat sy trotse luisteraars sou irriteer en homself in die moeilikheid

sou bring. Indien sy toespraak ‘n regstreekse aanval op hulle gode en die groot manne van

die stad was, sou hy gevaar geloop het om dieselfde lot as Sokrates te konfronteer. Maar

met takt wat uit Goddelike liefde gebore is, het hy hulle gedagtes versigtig van hul heidense

gode weggelei, deur die ware God, wat vir hulle onbekend was, aan hulle te openbaar.

Die waarhede van die Skrifte moet vandag ook voor die belangrike mense van die

wêreld gebring word, sodat hulle tussen gehoorsaamheid aan God se wet en trou aan die

vors van die bose kan kies. God stel die ewige waarheid voor hulle-waarheid wat hulle wys

tot redding sal maak, maar Hy dwing hulle nie om dit te aanvaar nie. Indien hulle daarvan

wegdraai, laat Hy hulle aan hulself oor om met die vrug van hul eie werke gevul te word.

“Die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat

gered word, is dit die krag van God; want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die

wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak ... Wat dwaas

is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld,

het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag

is, het God uitverkies en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak.” (1 Korinthiërs

1:18,19,27,28). Baie van die grootste geleerdes en staatsmanne, die wêreld se bekendste

137


Die Handelinge van die Apostels

mense, sal die lig in hierdie laaste dae verwerp omdat die wêreld in sy wysheid, God nie

ken nie. Tog moet die dienaars van God van elke geleentheid gebruik maak om die

waarheid aan hierdie mense oor te dra. Sommige sal hul onkunde aangaande die dinge van

God erken en sal hul plek as nederige leerlinge aan die voete van Jesus, die Meester-

Onderwyser, inneem.

Met elke poging om die hoër stande te bereik, het die werker vir God, sterk geloof

nodig. Omstandighede mag somber voorkom, maar in die donkerste uur is daar lig van Bo.

Die krag van diegene wat God liefhet, sal dag vir dag vernuwe word. Die begrip van die

Oneindige word tot hulle beskikking gestel, sodat hulle in die uitvoering van Sy doelwitte

nie hoef te dwaal nie. Laat hierdie werkers die aanvang van hul vertroue ferm tot aan die

einde volhou en onthou dat die lig van God se waarheid te midde van die duisternis wat

ons wêreld omhul, moet skyn. Daar mag geen moedeloosheid in verband met die diens van

God wees nie. Die geloof van die toegewyde werker moet elke beproewing waaraan hy

blootgestel word, deurstaan. God is in staat en bereid om Sy diensknegte met al die nodige

krag toe te rus en aan hulle die wysheid wat hulle onder verskillende omstandighede

benodig, te gee. Hy sal meer as die hoogste verwagtinge van diegene wat op Hom vertrou,

vervul.

138


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 24—Korinthe

Gedurende die eerste eeu van die Christelike era was Korinthe een van die voorste

stede, nie net van Griekeland nie, maar ook van die hele wêreld. Grieke, Jode en Romeine

het saam met reisigers uit alle lande in sy strate, met gretige voornemens vir besigheid en

plesier gewemel. Dit was ‘n groot handelsentrum binne maklike bereik van alle dele van

die Romeinse Ryk en dit was, ‘n belangrike plek om gedenktekens vir God en Sy waarheid

te vestig.

Onder die Jode wat hulle in Korinthe gevestig het, was Aquila en Priscilla, wat later

onderskei is as ernstige werkers vir Christus. Nadat hy met die karakter van hierdie persone

bekend geraak het, het Paulus “...by hulle gebly.”

Heel aan die begin van sy werk in hierdie besige deurpad vir reisigers, het Paulus aan

alle kante ernstige hindernisse vir die vordering van sy werk gewaar. Die stad was byna

heeltemal aan afgodediens oorgegee. Venus was die gunsteling godin en talle

demoraliserende rituele en seremonies het met die aanbidding van Venus gepaardgegaan.

Die Korinthiërs het selfs onder die heidene berug geraak as gevolg van hul growwe

onsedelikheid. Dit het geblyk asof hulle min aandag geskenk het of omgegee het vir dinge

buite die plesier en pret van die oomblik.

Met die prediking van die evangelie in Korinthe, het die apostel ‘n ander weg gevolg

as wat sy arbeid in Athene gekenmerk het. Terwyl hy op laasgenoemde plek was, het hy

gepoog om sy benadering by die aard van sy gehoor aan te pas; hy het logika met logika,

wetenskap met wetenskap, filosofie met filosofie vergelyk. Toe hy oor die tyd wat hy op

hierdie wyse bestee het nadink, het hy besef dat sy onderrig in Athene min vrugte

opgelewer het en hy het besluit om anders in Korinthe te werk te gaan in sy pogings om

die aandag van die sorgelose en onverskilliges se aandag te trek. Hy het besluit om

uitgebreide argumente en besprekings te vermy en om onder die Korinthiërs “...niks anders

... te weet nie as Jesus Christus en Hom as gekruisigde.” Hy sou vir hulle preek, “...nie in

oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag.” (1

Korinthiërs 2:2,4).

Jesus, wie Paulus van voorneme was om voor die Grieke in Korinthe as Christus aan

te bied, was ‘n Jood van nederige herkoms, wat grootgeword het in ‘n stad wat

spreekwoordelik vir sy boosheid was. Hy is deur Sy eie volk verwerp en is uiteindelik as

‘n misdadiger gekruisig. Die Grieke het geglo dat dit nodig was dat die mensdom opgehef

moes word, maar het die studie van filosofie en die wetenskap as die enigste wyse beskou

waarop ware verheffing en eer bereik kon word. Kon Paulus hulle laat glo dat geloof in die

mag van hierdie onbekende Jood elke mag van die wese sal opbou en veredel?

In die gedagtes van menigtes wat tans lewe, word die kruis van Golgota deur heilige

herinneringe omring. Heilige verbintenisse word aan die tonele van die kruisiging geheg.

139


Die Handelinge van die Apostels

Maar in Paulus se tyd is die kruis met gevoelens van afsku en afgryse bejeën. Om iemand

wat aan die kruis gesterf het as die Verlosser van die wêreld voor te hou, sou natuurlik spot

en teëstand uitlok.

Paulus het goed geweet hoe sy boodskap deur sowel Jood as Griek in Korinthe

ontvang sou word. “Ons verkondig Christus wat gekruisig is... ” het hy erken, “...’n

struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke.” (1 Korinthiërs 1:23). Onder sy

Joodse toehoorders was daar baie wat hulle oor die boodskap wat hy op die punt was om

te verkondig, sou vererg. Volgens die Grieke sou sy woorde onsinnige dwaasheid wees.

Hy sou as ‘n swakkeling beskou word om te probeer wys dat die kruis enige verband met

die verheffing van die menseras of die redding van die mense kon hê.

Maar vir Paulus was die kruis die enigste voorwerp van uiterste belang. Sedert hy in

sy loopbaan as vervolger van die volgelinge van die gekruisigde Nasarener gestuit is, het

hy nooit opgehou om in die kruis te roem nie. Hy het destyds ‘n openbaring van die

oneindige liefde van God ontvang, soos in die dood van Christus geopenbaar; en ‘n

wonderlike hervorming het in sy lewe plaasgevind, wat al sy planne en voornemens in

harmonie met die hemel gebring het. Van daardie uur af was hy ‘n nuwe mens in Christus.

Uit eie ondervinding het hy geweet dat wanneer ‘n sondaar eenmaal die liefde van die

Vader, soos gesien in die soenoffer van Sy Seun, aanskou het en aan die Goddelike invloed

toegegee het, daar ‘n hartsverandering plaasvind en dat Christus voortaan alles en in alles

is.

Ten tye van sy bekering is Paulus met ‘n groot verlange besiel om sy medemens te

help om Jesus van Nasaret as die Seun van die lewende God te sien, wat magtig is om te

transformeer en te red. Voortaan is sy lewe geheel en al gewy aan ‘n poging om die liefde

en krag van die Gekruisigde Een uit te beeld. Sy groot hart van medelye het alle klasse

omsluit. Hy het verklaar: “Teenoor Grieke sowel as nie-Grieke, teenoor wyse sowel as

onverstandige mense is ek ‘n skuldenaar.” (Romeine 1:14). Liefde vir die Here van

heerlikheid wat hy so meedoënloos in die persoon van Sy heiliges vervolg het, was die

dryfkrag vir sy optrede. Indien die ywer vir sy plig ooit verflou het, was een blik op die

kruis en die verstommende liefde wat daar geopenbaar is, genoeg om die lendene van sy

verstand te omgord en hom op die weg van selfverloëning vorentoe te laat beur.

Aanskou die apostel wat in die sinagoge in Korinthe preek, uit die geskrifte van Moses

en al die profete redeneer en sy toehoorders tot by die koms van die beloofde Messias bring.

Luister na sy verduideliking van die werk van die Verlosser as groot hoëpriester van die

mensdom-die Een wat deur die offer van Sy eie lewe, eens en vir altyd versoening vir die

sonde van almal sou doen en dan Sy bediening in die hemelse heiligdom sou opneem.

Paulus het sy toehoorders laat verstaan dat die Messias na wie se koms hulle verlang het,

reeds gekom het; dat Sy dood die teëbeeld van al die soenoffers was en dat Sy bediening

140


Die Handelinge van die Apostels

in die hemelse heiligdom die groot werklikheid was wat sy skaduwee teruggewerp het en

die bediening van die Joodse priesterskap duidelik gemaak het.

Paulus het aan die Jode “...betuig dat Jesus die Christus is.” Uit die Ou-Testamentiese

Skrifte het hy volgens die profesieë en die algemene verwagting van die Jode bewys dat

die Messias uit die geslag van Abraham en Dawid sou wees; daarna het hy die afkoms van

Jesus vanaf die aartsvader Abraham, deur die koninklike psalmdigter nagespoor. Hy het

die getuienis van die profete aangaande die karakter en werk van die beloofde Messias en

Sy ontvangs en behandeling op aarde voorgelees; toe het hy daarop gewys dat al hierdie

voorspellings in die lewe, bediening en dood van Jesus van Nasaret vervul is.

Paulus het getoon dat Christus gekom het om eerstens verlossing aan die volk, wat na

die koms van die Messias uitgesien het as die voleinding en heerlikheid van hulle nasionale

bestaan, te bied. Maar daardie volk het Hom, wat aan hulle lewe sou geskenk het, verwerp

en het ‘n ander leier gekies wie se bewind in die dood sou eindig. Hy het gepoog om die

feit aan sy toehoorders tuis te bring, dat alleenlik berou die Joodse volk van die dreigende

ondergang kon red. Hy het hul onkunde aangaande die betekenis van die Skrifte waarop

hulle veral geroem het dat hulle dit ten volle verstaan, aan hulle geopenbaar. Hy het hulle

wêreldgesindheid, hul strewe na posisie, titels en vertoon en hulle buitensporige selfsug

bestraf.

In die krag van die Gees het Paulus van sy eie wonderlike bekering en ook van sy

vertroue in die Ou- Testamentiese Skrifte wat so volledig in Jesus van Nasaret vervul is,

getuig. Sy woorde is met plegtige erns geuiter en sy toehoorders kon nie anders as om te

besef dat hy die gekruisigde en opgestane Verlosser met sy hele hart liefgehad het nie.

Hulle het gesien dat sy gedagtes geheel en al op Christus gesentreer was en dat sy hele lewe

aan sy Here gebonde was. Sy woorde was so indrukwekkend dat slegs diegene wat met die

bitterste haat teenoor die Christelike geloof gevul was, onaangeraak kon bly.

Maar die Jode van Korinthe het hulle oë vir die bewyse wat die apostel so duidelik

aan hulle voorgehou het gesluit en geweier om aan sy oproep gehoor te gee. Dieselfde gees

wat hulle gelei het om Christus te verwerp, het hulle met toorn en woede teen Sy dienskneg

vervul; en as God hom nie op ‘n besondere wyse beskerm het sodat hy die

evangelieboodskap aan die Heidene kon oordra nie, sou hulle ‘n einde aan sy lewe gemaak

het.

“Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy

sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal

ek na die heidene gaan. En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van iemand

met die naam van Justus, wat ‘n godvresende man was, wie se huis naasaan die sinagoge

gestaan het.”

141


Die Handelinge van die Apostels

Silas en Timotheus het “...van Macedonië afgekom...” om Paulus te help en saam het

hulle vir die Heidene gewerk. Paulus en sy metgeselle het aan die heidene sowel as aan die

Jode, Christus as die Verlosser van die gevalle ras verkondig. Die boodskappers van die

kruis het ingewikkelde, vergesogte redenasies vermy en oor die eienskappe van die

Skepper van die heelal, uitgewei. Met hulle harte brandend met liefde vir God en Sy Seun,

het hulle op die heidene ‘n beroep gedoen om die oneindige offer wat ten behoewe van die

mens gebring is, te aanskou. Hulle het geweet dat indien diegene wat in die duisternis van

heidenisme rondgetas het, die lig wat van die kruis van Golgota stroom kon aanskou, hulle

na die Verlosser getrek sou word. Die Heiland het verklaar: “Ek, as Ek van die aarde

verhoog word, sal almal na My toe trek.” (Johannes 12:32).

Die evangeliewerkers in Korinthe het die verskriklike gevare wat die siele van diegene

vir wie hulle gewerk het bedreig het, besef en dit was met ‘n besef van die

verantwoordelikheid wat op hulle gerus het om die waarheid, soos in Jesus vervat, te

verkondig. Hulle boodskap was helder, duidelik en beslis-’n geur van lewe tot lewe, of van

dood tot dood. En nie net in hul woorde nie, maar ook in hul daaglikse lewe, is die evangelie

geopenbaar. Engele het met hulle saamgewerk en die genade en krag van God is in die

bekering van talle getoon. “Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin

in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword

en is gedoop.”

Die haat waarmee die Jode die apostels bejeën het, het nou meer intens geword. Die

bekering en doop van Crispus, het die effek gehad om hierdie hardnekkige teëstanders te

vertoorn eerder as te oortuig. Hulle kon geen argumente aanvoer om Paulus se prediking

te weerlê nie en by gebrek aan sulke weerlegging het hulle hul tot bedrog en kwaadwillige

aanvalle gewend. Hulle het die evangelie en die Naam van Jesus gelaster. In hul blinde

woede was geen woorde te bitter en geen listigheid te laag vir hulle om aan te wend nie.

Hulle kon nie ontken dat Christus wonderwerke verrig het nie; maar hulle het verklaar dat

Hy dit in die mag van die Satan verrig het; en hulle het blatant beweer dat die

wonderbaarlike werke wat Paulus verrig het, deur dieselfde mag verrig is.

Alhoewel Paulus ‘n mate van sukses in Korinthe behaal het, het die goddeloosheid

wat hy in daardie korrupte stad aanskou en gehoor het, hom byna ontmoedig. Die

verdorwenheid wat hy onder die Heidene opgemerk het en die minagting en beledigings

wat hy van die Jode moes verduur, het groot sieleangs by hom veroorsaak. Hy het die

wysheid om ‘n kerk uit die materiaal wat hy daar gevind het te probeer opbou, betwyfel.

Terwyl hy van plan was om die stad vir ‘n meer belowende veld te verlaat en ernstig

gestreef het om te verstaan wat sy plig is, het die Here in ‘n gesig aan hom verskyn en gesê:

“Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie; want Ek is met jou en niemand

sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie

stad.” Paulus het verstaan dat dit ‘n opdrag van die Here was om in Korinthe te bly en ‘n

142


Die Handelinge van die Apostels

waarborg dat die Here die saad wat gesaai is, sou vermeerder. Versterk en bemoedig het

hy met ywer en deursettingsvermoë met sy werk voortgegaan.

Die apostel se pogings was nie tot openbare toesprake beperk nie; daar was baie wat

nie op hierdie wyse bereik kon word nie. Hy het heelwat tyd aan huis-tot-huis-arbeid bestee

en sodoende van die intieme gemeenskap met die huiskring gebruik gemaak. Hy het siekes

en bedroefdes besoek, geteisterdes vertroos en verdruktes opgehef. En in alles wat hy gesê

en gedoen het, het hy die Naam van Jesus groot gemaak. So het hy “...in swakheid en in

vrees en in veel bewing...” gewerk (1 Korinthiërs 2:3). Hy was bevrees dat sy lering

moontlik die menslike eerder as die Goddelike stempel sou openbaar.

Agterna het Paulus verklaar: “Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar

‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie. Maar

ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God

van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, wat niemand van die heersers van

hierdie wêreld geken het nie-want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die

heerlikheid nie gekruisig het nie-maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor

nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat

Hom liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek

alle dinge, ook die dieptes van God. Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is,

behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie,

behalwe die Gees van God.”

“Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God

is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Daarvan spreek ons ook, nie

met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer,

sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.” (1 Korinthiërs 2:6-13).

Paulus het besef dat sy genoegsaamheid nie in homself was nie, maar in die

teenwoordigheid van die Heilige Gees, wie se genadige invloed sy hart gevul en elke

gedagte aan Christus onderwerp het. Hy het van homself gesê hy dra “...die doding van die

Here Jesus [gedurig] in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam

openbaar kan word.” (2 Korinthiërs 4:10). In die leer van die apostel was Christus die

sentrale Figuur. Hy het verklaar: “Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. ”

(Galasiërs 2:20). Die eie ek was verborge; Christus is geopenbaar en verhoog.

Paulus was ‘n welsprekende spreker. Voor sy bekering het hy dikwels probeer om sy

toehoorders met ‘n vlaag van welsprekendheid te beïndruk. Maar nou het hy dit alles ter

syde gestel. In plaas daarvan om hom in poëtiese beskrywings en oordrewe voorstellings,

wat die sintuie behaag en die verbeelding voed, maar nie die daaglikse ervaring raak nie,

te verlustig, het Paulus gepoog om in eenvoudige taal die waarhede wat van uiterste belang

is, in die harte tuis te bring. Oordrewe aanbiedings kan ‘n gevoel van ekstase veroorsaak,

143


Die Handelinge van die Apostels

maar waarhede wat op hierdie wyse aangebied word, verskaf nie veel voedsel om die

gelowige vir die lewenstryd te versterk nie. Die onmiddellike behoeftes, die huidige

beproewinge van worstelende siele-al hierdie dinge moet met gesonde, praktiese onderrig

in die grondbeginsels van die Christendom voorsien word.

Paulus se pogings in Korinthe was nie vrugteloos nie. Baie het van die aanbidding van

afgode afgesien om die lewende God te dien en ‘n groot gemeente is onder die vaandel van

Christus ingeskryf. Sommige is onder die mees losbandigste van die Heidene uitgered en

het toonbeelde van die genade van God en die effektiwiteit van die bloed van Christus om

van sonde te reinig geword.

Die toenemende sukses wat Paulus met die verkondiging van Christus behaal het, het

die ongelowige Jode tot meer vasberade teëstand opgewek. Hulle het “...eenparig teen

Paulus opgestaan en hom voor die regterstoel...” van Gallio, wat destyds die goewerneur

van Achaje was, gebring. Hulle het verwag dat die owerhede hulle, soos met vorige

geleenthede, aan hulle kant sou skaar; en met luide, kwaai stemme het hulle hul klagtes

teen die apostel voorgelê en gesê: “Hierdie man haal die mense oor om God op onwettige

wyse te vereer.”

Die Joodse godsdiens was onder die beskerming van die Romeinse owerheid en

Paulus se beskuldigers het gedink dat indien hulle hom op ‘n klag van oortreding van die

wette van hul godsdiens skuldig kon bevind, hy waarskynlik aan hulle oorhandig sou word

vir verhoor en vonnisoplegging. Hulle het gehoop om op hierdie wyse sy dood te

bewerkstellig. Maar Gallio was ‘n man van integriteit en hy het geweier om die slagoffer

van jaloerse, arglistige Jode te word. Omdat hy ‘n hekel aan hulle skynheiligheid en

selfregverdiging gehad het, het hy geen ag op die aanklag geslaan nie. Toe Paulus gereed

was om homself te verdedig, het Gallio gesê dis onnodig. Toe wend hy hom tot die

kwaadwillige beskuldigers en sê: “As daar nou enige oortreding of kwaadwillige skelmstuk

was, dan sou ek rede hê om julle te verdra, o Jode; maar as dit ‘n geskil is oor ‘n woord en

oor name en oor ‘n wet wat vir julle geld, moet julle toesien, want daaroor wil ek geen

regter wees nie. En hy het hulle van die regterstoel verdryf.”

Beide Jode en Grieke het gretig op Gallio se besluit gewag; en sy onmiddellike

afwysing van die saak, as ‘n saak wat geen invloed op die openbare belange gehad het nie,

was die teken vir die Jode om verslae en woedend te onttrek. Die besliste optrede van die

prokonsul het die oë van die luidrugtige skare wat die Jode ondersteun het, geopen. Vir die

eerste keer gedurende Paulus se arbeid in Europa was die gepeupel aan sy kant; voor die

prokonsul se oë en sonder enige inmenging van sy kant, het hulle die mees prominente

beskuldigers van die apostel gewelddadig aangerand. “Al die Grieke het Sosthenes, die

hoof van die sinagoge, gegryp en hom voor die regterstoel geslaan; en Gallio het hom aan

niks van hierdie dinge gesteur nie.” So het die Christendom ‘n kennelike oorwinning

behaal.

144


Die Handelinge van die Apostels

Daarna het Paulus “...nog verskeie dae...” daar gebly. Indien die apostel destyds

gedwing was om Korinthe te verlaat, sou die bekeerlinge tot die geloof in Jesus in ‘n

gevaarlike posisie verkeer het. Die Jode sou gepoog het om die voordeel wat hulle behaal

het op te volg, met selfs die uitwissing van die Christendom in daardie omgewing.

145


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 25—Die Briewe aan die Thessalonicense

Die koms van Silas en Timotheus uit Macedonië tydens Paulus se verblyf in Korinthe,

het die apostel grootliks bemoedig. Hulle het aan hom ‘n “...goeie tyding...” van “...geloof

en liefde...” van diegene wat die waarheid tydens die eerste besoek van die

evangelieboodskappers aan Thessalonika, aangeneem het gebring. Paulus se hart het met

deernis na hierdie gelowiges uitgegaan wat, te midde van beproewing en teëspoed, aan God

getrou gebly het. Hy het verlang om hulle persoonlik te besoek, maar omdat dit nie op

daardie stadium moontlik was nie, het hy aan hulle geskryf.

In hierdie brief aan die gemeente in Thessalonika, spreek die apostel sy dank aan God

uit vir die vreugdevolle tyding van hulle toename in die geloof. “Daarom, broeders...” het

hy geskryf, “...is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle deur jul geloof. Want

nou leef ons, as julle vasstaan in die Here. Want watter dank kan ons God vergelde oor

julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God, terwyl

ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof

ontbreek?”

“Ons dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede en

onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die

lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader.”

Baie van die gelowiges in Thessalonika het hulle “...van die afgode bekeer ... om die

lewende en waaragtige God te dien.” Hulle het “...die woord in baie verdrukking

ontvang...” en hulle harte was vol van “...die blydskap van die Heilige Gees.” Die apostel

het verklaar dat hulle in hulle troue navolging van die Here, “...voorbeelde geword het vir

al die gelowiges in Macedonië en Achaje.” Hierdie woorde van lof was nie sonder

verdienste nie, “...want van julle uit...” het hy geskryf, “...het die woord van die Here

weerklink nie alleen in Macedonië en Achaje nie, maar ook op elke plek het julle geloof in

God uitgegaan.”

Die gelowiges in Thessalonika was ware sendelinge. Hulle harte het met ywer vir hul

Verlosser, wat hulle van “...die toekomstige toorn...” verlos het, gebrand. Deur die genade

van Christus het daar ‘n wonderbare transformasie in hulle lewens plaasgevind en die

woord van die Here, soos deur hulle gespreek, het met krag gepaard gegaan. Harte is deur

die waarhede wat deur hulle verkondig is verower en siele is tot die getal gelowiges

toegevoeg.

In hierdie eerste sendbrief het Paulus na die wyse waarop hy onder die

Thessalonicense gewerk het verwys. Hy het verklaar dat hy nie probeer het om bekeerlinge

deur middel van misleiding of bedrog te wen nie. “Soos ons deur God waardig geag is dat

die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie,

maar God wat ons harte beproef. Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal

146


Die Handelinge van die Apostels

opgehou of met bedekte hebsug nie. God is getuie. Ook het ons nie eer van mense, of van

julle of van ander, gesoek nie, al kon ons as apostels van Christus met gesag optree. Maar

ons was vriendelik onder julle soos ‘n pleegmoeder haar kinders koester. Terwyl ons so na

julle verlang het, was dit vir ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God

mee te deel nie, maar ook ons eie lewe, omdat julle vir ons dierbaar geword het.”

“Julle is getuies en God...” het die apostel vervolg, “...hoe heilig en regverdig en

onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo, hoe ons, soos julle weet, net soos ‘n

vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het en betuig het dat julle

waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep.”

“Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang

het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as woord van mense nie, maar,

soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo ... Want wie anders

as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here

Jesus Christus by Sy wederkoms? Want julle is ons eer en blydskap.”

In sy eerste sendbrief aan die gelowiges in Thessalonika het Paulus gepoog om hulle

aangaande die ware toestand van die dode te onderrig. Hy het van die afgestorwenes as

slapendes gepraat-’n toestand van bewusteloosheid. “Broeders, ek wil nie hê dat julle

onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die

ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal

God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring ... Want die Here self sal

van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van

die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons

wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die

lug; en so sal ons altyd by die Here wees.”

Die Thessalonicense het die gedagte dat Christus sou kom om die getroues wat in die

lewe was te verander en hulle na Homself te neem gretiglik aanvaar. Hulle het versigtig

oor die lewens van hulle vriende gewaak, sodat hulle nie sou sterf en die seën waarna hulle

uitgesien het om met die koms van die Here te ontvang, verloor nie. Maar die een na die

ander is hul geliefdes van hulle weggeneem en die Thessalonicense het met smart vir die

laaste keer die aangesigte van hulle ontslapenes aanskou en het skaars durf hoop om hulle

in ‘n toekomstige lewe weer te ontmoet.

Toe hulle Paulus se brief oopmaak en dit lees, het die woorde wat die ware toestand

van die dode openbaar, vreugde en vertroosting vir die kerk gebring. Paulus het getoon dat

diegene wat nog in die lewe is wanneer Christus kom, hulle Here nie voor diegene wat in

Jesus ontslaap het, sou ontmoet nie. Die stem van die aartsengel en die basuin van God sal

die slapendes bereik en diegene wat in Christus gesterf het, sal eers opstaan, voordat die

lewendes met onsterflikheid aangeraak word. “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam

147


Die Handelinge van die Apostels

met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by

die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.”

Die hoop en vreugde wat hierdie versekering aan die jong kerk in Thessalonika

gebring het, kan skaars deur ons begryp word. Hulle het die brief wat hulle vader in die

evangelie aan hulle gestuur het geglo en gekoester en hulle harte het in liefde na hom

uitgegaan. Hy het hulle vantevore van hierdie dinge vertel; maar op daardie stadium het

hulle gestreef om leerstellings wat vir hulle nuut en vreemd voorgekom het, te begryp en

dit is nie verbasend dat die stukrag van sommige punte nie ‘n duidelike indruk op hulle

gemoed gemaak het nie. Maar hulle was op soek na die waarheid en Paulus se brief het aan

hulle nuwe hoop en krag gegee en ‘n sterker vertroue in en ‘n dieper geneentheid vir die

Een wat deur Sy dood, lewe en onsterflikheid aan die lig gebring het.

Hulle het hulle nou in die wete dat hulle gelowige vriende uit die graf opgewek sou

word om vir ewig in die koninkryk van God te leef, verheug. Die duisternis wat die rusplek

van die dode omhul het, is verdryf. ‘n Nuwe glansrykheid het die Christelike geloof

bekroon en hulle het ‘n nuwe heerlikheid in die lewe, dood en opstanding van Christus

gesien.

“Dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring...” het Paulus

geskryf. Baie vertolk hierdie gedeelte as dat die slapendes saam met Christus uit die hemel

gebring sal word; maar Paulus het bedoel dat, net soos Christus uit die dood opgewek is,

God die slapende heiliges uit hul grafte sal roep en saam met Hom na die hemel sal neem.

Kosbare vertroosting! Heerlike hoop! Nie net vir die kerk in Thessalonika nie, maar vir

alle Christene waar hulle hul ook al mag bevind.

Terwyl Paulus in Thessalonika gewerk het, het hy die tekens van die tye so volledig

behandel en gewys watter gebeure voor die openbaring van die Seun van die mens in die

wolke van die hemel sou plaasvind, dat hy dit nie nodig geag het om breedvoerig oor

hierdie onderwerp uit te wei nie. Hy het egter met nadruk na sy vorige leerstellings verwys.

“Maar oor die tye en geleenthede...” het hy gesê, “...het julle nie nodig dat aan julle geskryf

word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in

die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid-dan oorval ‘n skielike verderf hulle.”

Daar is deesdae baie in die wêreld wat hulle oë vir die bewyse wat Christus gegee het

om mense aangaande Sy koms te waarsku, sluit. Hulle probeer om al hulle angs te stil

terwyl die tekens van die einde terselfdertyd vinnig in vervulling gaan en die wêreld

voortsnel na die tyd wanneer die Seun van die mens in die wolke van die hemel geopenbaar

sal word. Paulus leer dat dit sonde is om onverskillig teenoor die tekens wat die wederkoms

van Christus voorafgaan te wees. Diegene wat hulle aan hierdie soort nalatigheid skuldig

maak, noem hy kinders van die nag en van die duisternis. Hy bemoedig diegene wat nugter

en waaksaam is met hierdie woorde: “Maar julle broeders, is nie in duisternis, dat die dag

148


Die Handelinge van die Apostels

julle soos ‘n dief sou oorval nie. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag;

ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar

laat ons waak en nugter wees.”

Die leer van die apostel op hierdie punt, is veral belangrik vir die kerk in ons tyd. Vir

diegene wat so na aan die groot eindgebeure leef, behoort die woorde van Paulus

veelseggend te wees: “Laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van

geloof en liefde aan en as helm die hoop op die saligheid. Want God het ons nie bestem tot

toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf

het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.”

Die waaksame Christen is ‘n werksame Christen wat ywerig streef om alles in sy

vermoë tot bevordering van die evangelie te doen. Namate sy liefde vir sy Verlosser

toeneem, neem ook sy liefde vir sy medemense toe. Hy het ernstige beproewinge, net soos

sy Meester gehad het, maar hy laat nie toe dat swaarkry sy gemoed versuur of sy

gemoedsrus vernietig nie. Hy weet dat beproewing, indien dit goed verdra word, hom sal

verfyn en suiwer en hom in nouer gemeenskap met Christus sal bring. Diegene wat in die

lyding van Christus deel, sal ook aan Sy vertroosting deel hê en uiteindelik deel in Sy

heerlikheid.

Paulus het sy brief aan die Thessalonicense voortgesit: “Ons vra julle, broeders, erken

die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan; en bewys

hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.”

Die gelowiges in Thessalonika het groot las gehad van mense wat met fanatiese idees

en leerstellings onder hulle ingekom het. Sommige was “...onordelik...” en het nie gewerk

nie, maar was “...bemoeisiek.” Die kerk was behoorlik georganiseer en amptenare is

aangestel om as predikante en diakens op te tree. Maar daar was sommige wat eiesinnig en

voortvarend was en geweier het om ondergeskik aan diegene wat gesagsposisies in die kerk

beklee het, te wees. Hulle het nie net op die reg van eie oordeel aanspraak gemaak nie,

maar om ook om hul eie sienswyse in die openbaar aan die kerk op te dring. In die lig

hiervan het Paulus die aandag van die Thessalonicense gevestig op die respek en eerbied

wat diegene toekom wat gekies is om gesagsposisies in die kerk te beklee.

In sy angstigheid dat die gelowiges in Thessalonika in die vrees van God moet wandel,

het die apostel by hulle gepleit om praktiese godsvrug in die daaglikse lewe te openbaar.

“Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus...” het hy geskryf, “...dat

julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger

mag wees. Want julle weet watter bevele ons julle deur die Here Jesus gegee het. Want dit

is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery ... Want

God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.”

149


Die Handelinge van die Apostels

Die apostel was van mening dat hy in ‘n groot mate verantwoordelik vir die geestelike

welsyn van diegene wat deur sy arbeid bekeer is, was. Sy begeerte vir hulle was dat hulle

sou toeneem in die kennis van die enigste ware God en Jesus Christus wat Hy gestuur het.

Hy het dikwels in sy bediening met klein groepies saamgekom, manne en vroue wat Jesus

liefgehad het en hy het saam met hulle gekniel en gebid dat God hulle moes leer hoe om

‘n lewende band met Hom te behou. Dikwels het hy hulle geraadpleeg oor die beste

metodes om die lig van die evangeliewaarheid met ander te deel. En dikwels wanneer hy

van diegene vir wie hy so gewerk het geskei was, het hy by God gepleit om hulle van

kwaad te weerhou en hulle te help om ernstige, aktiewe sendelinge te wees.

Een van die sterkste bewyse van ware bekering is liefde tot God en die mens. Diegene

wat Jesus as hulle Verlosser aanneem, het ‘n innige, opregte liefde vir ander met dieselfde

kosbare geloof. So was dit met die gelowiges in Thessalonika gesteld. “Oor die

broederliefde”... het die apostel geskryf, “...het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie,

want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê; en julle doen dit ook aan al die

broeders in die hele Macedonië; maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees

en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie

hande te werk, soos ons julle beveel het, sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat

buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.”

“Mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos

ons ook teenoor julle is, sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in

heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al

sy heiliges.”

“Ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges,

ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal. Sorg dat niemand ‘n ander kwaad

vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd na wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor

almal. Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil

van God in Christus Jesus oor julle.”

Die apostel het die Thessalonicense gewaarsku om nie die gawe van profesie te minag

nie en met die woorde: “Blus die Gees nie uit nie. Verag die profesieë nie. Beproef alle

dinge; behou die goeie... ” het hy hulle vermaan om noukeurig tussen die ware en die valse

te onderskei. Hy het hulle versoek: “Onthou julle van elke vorm van kwaad;...” en hy sluit

sy brief af met die bede dat God hulle geheel en al mag heilig sodat hulle “...gees en siel

en liggaam ... onberispelik bewaar...” mag word “...by die wederkoms van onse Here Jesus

Christus! Hy wat julle roep, is getrou.” En dan voeg hy by: “Hy sal dit ook doen.”

Die opdrag wat Paulus in sy eerste sendbrief aan die Thessalonicense aangaande die

wederkoms van Christus gegee het, was in perfekte harmonie met sy vorige lering. Nogtans

het sommige van die broeders in Thessalonika sy woorde misverstaan. Hulle het verstaan

150


Die Handelinge van die Apostels

dat hy die hoop uitgespreek het dat hy self sou leef om die wederkoms van die Verlosser

te sien. Hierdie oortuiging het slegs gedien om hul entoesiasme en opgewondenheid te

verhoog. Diegene wat voorheen hulle verantwoordelikhede en pligte versuim het, het nou

meer volhard om hul verkeerde sienswyses af te dwing.

In sy tweede brief het Paulus gepoog om die wanbegrip aangaande sy lering reg te stel

en om sy ware posisie aan hulle voor te lê. Hy het weer sy vertroue in hulle integriteit

uitgespreek en sy dankbaarheid betuig dat hul geloof sterk was en hul liefde vir mekaar en

vir die saak van hulle Meester oorvloedig was. Hy het aan hulle gesê dat hy hulle aan ander

gemeentes voorgehou het as ‘n voorbeeld van geduldige, volhardende geloof wat

vervolging en verdrukking moedig weerstaan en hy het hulle gedagtes vooruit gevoer na

die wederkoms van Christus wanneer die volk van God van al hulle sorge en ellende sal

rus.

Hy het geskryf dat hulle self “...in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul

volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur ... en

aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here

Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op

die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie

gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van

die Here en van die heerlikheid van sy sterkte ... Daarom bid ons ook altyd vir julle dat

onse God julle die roeping waardig mag ag en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is en

alle werk van die geloof met krag volkome mag maak, sodat die Naam van onse Here Jesus

Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse

God en die Here Jesus Christus.”

Maar voor die wederkoms van Christus, sou belangrike ontwikkelinge in die

godsdienstige wêreld, soos in die profesieë voorspel, plaasvind. Die apostel het verklaar:

“Ons vra julle ... om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie-deur gees of

deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees-asof die dag van Christus al daar

is. Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die

mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef

bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van

God as God sal sit en voorgee dat hy God is.”

Paulus se woorde moes nie verkeerd vertolk word nie. Daar moes nie geleer word dat

hy, deur spesiale openbaring, die Thessalonicense gewaarsku het aangaande die

onmiddellike koms van Christus nie. So ‘n bewering sou verwarring van geloof veroorsaak,

want teleurstelling gee dikwels aanleiding tot ongeloof. Die apostel het die broeders

derhalwe gewaarsku om nie so ‘n boodskap as komende van hom te ontvang nie en hy die

feit beklemtoon dat die pouslike mag wat so duidelik deur die profeet Daniël beskryf word,

nog moes opstaan om teen God se volk oorlog te voer. Totdat hierdie mag sy dodelike en

151


Die Handelinge van die Apostels

godslasterlike werk verrig het, sou dit tevergeefs vir die kerk wees om uit te kyk vir die

koms van hul Here. “Onthou julle nie...” het Paulus verneem, “...dat ek dit altyd vir julle

gesê het toe ek nog by julle was nie?”

Die beproewings wat oor die ware kerk sou kom was skrikwekkend. Selfs in die tyd

toe die apostel geskryf het, was die “...verborgenheid van die ongeregtigheid...” al aan die

werk. Die ontwikkelinge van die toekoms sou plaasvind “...volgens die werking van die

Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande

verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan.”

Besonder plegtig is die uitspraak van die apostel aangaande diegene wat sou weier om

“...die liefde tot die waarheid...” aan te neem. “Daarom...” het hy verklaar, “...sal God hulle

die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat

die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.” Mense kan

nie die waarskuwings wat God in Sy genade aan hulle stuur, ongestraf verwerp nie. Aan

diegene wat volhard om van Sy waarskuwings weg te draai, onttrek God Sy Gees en Hy

laat hulle aan die misleiding wat hulle liefhet oor.

So het Paulus die verderflike werk van daardie bose mag wat gedurende lang eeue van

duisternis en vervolging voor die wederkoms van Christus sou voortduur, uiteengesit. Die

gelowiges in Thessalonicense het op onmiddellike bevryding gehoop; nou is hulle vermaan

om die werk voor hulle moedig en in die vrees van God op te neem. Die apostel het hulle

vermaan om nie hul pligte te versuim of hulself aan ledige afwagting oor te gee nie. Na

hulle gloeiende verwagtinge van onmiddellike bevryding, het die daaglikse lewe en die

opposisie wat hulle sou teëkom dubbel somber voorgekom. Daarom het hy hulle

aangespoor om standvastig in die geloof te wees.

“Staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is of deur ‘n woord of deur

‘n brief van ons. En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons

liefgehad het en ‘n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het, julle harte vertroos en

julle versterk in alle goeie woorde en werke! ... Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en

bewaar van die Bose. En ons vertrou aangaande julle in die Here dat julle doen en ook sal

doen wat ons julle beveel. Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die

lydsaamheid van Christus!”

Die werk van die gelowiges is deur God aan hulle gegee. Deur hul getroue nakoming

van die waarheid, moes hulle die lig wat hulle ontvang het ook met ander deel. Die apostel

het hulle beveel om nie moeg te word om goed te doen nie en hy het hulle op sy eie

voorbeeld van ywer in tydelike aangeleenthede gewys, terwyl hy nog met onvermoeide

ywer in die saak van Christus gewerk het. Hy het diegene wat hulle aan traagheid en

doellose opwinding oorgegee het bestraf en hulle beveel “...om rustig te werk en hulle eie

brood te eet.” Hy het ook aan die kerk die opdrag gegee om elkeen wat volhard om die

152


Die Handelinge van die Apostels

instruksies van die dienaars van God te verontagsaam, van hul gemeenskap af te skei. Tog

het hy hulle vermaan: “Beskou hom nie as ‘n vyand nie, maar vermaan hom as ‘n broeder.”

Paulus het hierdie brief ook met ‘n gebed afgesluit, dat die vrede van God en die

genade van die Here Jesus Christus, te midde van die moeite en beproewing van die lewe,

hulle mag vertroos en ondersteun.

153


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 26—Apollos in Korinthe

Nadat Paulus Korinthe verlaat het, was Éfese sy volgende arbeidsveld. Hy was

onderweg na Jerusalem om die naderende fees by te woon en dus was sy verblyf in Éfese

noodgedwonge van korte duur. Hy het die Jode in die sinagoge toegespreek en die indruk

op hulle was so gunstig dat hulle hom gesmeek het om sy arbeid onder hulle voort te sit.

Sy beplande besoek aan Jerusalem het verhinder dat hy langer by hulle kon bly, maar hy

het belowe om na hulle terug te keer, “...as God wil.” Aquila en Priscilla het hom daarheen

vergesel en hy het hulle daar agtergelaat om die werk wat hy begin het voort te sit.

Dit was gedurende hierdie tyd dat “...’n sekere Jood met die naam van Apollos, wat

in Alexandrië gebore is, ‘n welsprekende man...” in Éfese aangekom het. Hy het die

prediking van Johannes die Doper gehoor en die doop van bekering ontvang en was ‘n

lewende getuie dat die werk van daardie profeet nie tevergeefs was nie. Die Skrifverslag

van Apollos is dat: “Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees,

het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van

die doop van Johannes geweet het.”

Terwyl Apollos in Éfese was, het hy “...vrymoediglik in die sinagoge begin spreek.”

Onder sy toehoorders was Aquila en Priscilla wat, toe hulle besef het dat hy nog nie die

volle lig van die evangelie ontvang het nie, “...hom by hulle geneem en hom noukeuriger

die weg van God uitgelê.” Deur middel van hulle onderrig, het hy ‘n duideliker begrip van

die Skrifte verkry en een van die bekwaamste voorstanders van die Christelike geloof

geword.

Apollos was begerig om verder na Achaje te gaan en die broeders in Éfese het “...aan

die dissipels geskrywe om hom te ontvang...” as ‘n leraar wat in volle harmonie met die

kerk van Christus was. Hy het na Korinthe gegaan waar hy in die openbaar en van huis tot

huis “...die Jode kragtig ... deur die Skrifte bewys [het] dat Jesus die Christus is.” Paulus

het die saad van waarheid geplant; Apollos het dit nou natgemaak. Die welslae wat Apollos

met sy verkondiging van die evangelie behaal het, het aanleiding gegee dat sommige

gelowiges die werk van Apollos bo dié van Paulus verhef het. Hierdie vergelyking van die

mens met die mens, het ‘n gees van partydigheid in die kerk ingebring en dit het gedreig

om die vooruitgang van die evangelie te belemmer.

Gedurende die anderhalf jaar wat Paulus in Korinthe deurgebring het, het hy die

evangelie doelbewus eenvoudig aangebied. Hy het nie “...met voortreflikheid van woorde

of van wysheid...” na die Korinthiërs gegaan nie, maar met vrees en bewing en “...in die

betoning van gees en krag...” het hy “...die getuienis van God...” verkondig, sodat hulle

“...geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.” (1

Korinthiërs 2:1,4,5).

154


Die Handelinge van die Apostels

Paulus het noodwendig sy manier van onderrig by die toestand van die kerk aangepas.

Later het hy aan hulle verduidelik: “Ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met

geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. Ek het

julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie,

en julle is nou nog nie daartoe in staat nie.” (1 Korinthiërs 3:1,2). Baie van die gelowiges

in Korinthe was stadig van begrip aangaande die lesse wat hy hulle wou leer. Hulle

vordering in geestelike kennis was nie in verhouding met hulle voorregte en geleenthede

nie. Terwyl hulle in hul Christelike ervaring al ver gevorderd moes gewees het en die dieper

waarhede van die Woord moes begryp en uitgeleef het, het hulle steeds gestaan waar die

dissipels gestaan het toe Christus aan hulle gesê het: “Nog baie dinge het Ek om aan julle

te sê, maar julle kan dit nie nou dra nie.” (Johannes 16:12). Afguns, wantroue en

beskuldigings het die harte van baie van die gelowiges in Korinthe teen die volle werking

van die Heilige Gees gesluit, wat “...alle dinge, ook die dieptes van God...” ondersoek. (1

Korinthiërs 2:10). Hoe wys hulle ook al in wêreldse kennis was, was hulle nog maar

suiglinge in die kennis van Christus.

Dit was Paulus se werk om die bekeerlinge in Korinthe in die eerste beginsels, die

alfabet, van die Christelike geloof te onderrig. Hy was verplig om hulle as mense wat

onkundig was aangaande die werking van die krag van God op die mensehart te onderrig.

Destyds was hulle nie in staat om die verborgenhede van verlossing te begryp nie, want

“...die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir

hom dwaasheid en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” (vers

14). Paulus het gepoog om die saad wat ander moes bevogtig, te saai. Diegene wat hom

opgevolg het, moes die werk vanaf die punt waar hy opgehou het voortsit en op die regte

tyd geestelike lig en kennis gee namate die kerk in staat was om dit te verdra.

Toe die apostel sy werk in Korinthe opgeneem het, het hy besef dat hy die groot

waarhede wat hy wou leer baie versigtig moes bekendstel. Hy het geweet dat daar onder

sy toehoorders, trotse aanhangers van menslike teorieë en voorstanders van valse stelsels

van aanbidding sou wees, wat met blinde oë rondgetas het in die hoop dat hulle in die boek

van die natuur teorieë sou vind wat die werklikheid van die geestelike en onsterflike lewe,

soos in die Skrifte geopenbaar, sou weerspreek. Hy het ook geweet dat kritici sou poog om

die Christelike vertolking van die geopenbaarde woord te betwis en dat skeptici die

evangelie van Christus met spot en veragting sou bejeën.

In sy poging om siele na die voet van die kruis te lei, het Paulus dit nie gewaag om

diegene wat losbandig was, regstreeks te bestraf of om aan te toon hoe gruwelik hulle sonde

in die oë van ‘n heilige God was nie. Hy het eerder die ware doel van die lewe aan hulle

voorgehou en probeer om die lesse van die Goddelike Leermeester op hul gemoed af te

druk, wat hulle, indien dit aanvaar word, uit wêreldgesindheid en sonde tot reinheid en

geregtigheid sou ophef. Hy het veral oor praktiese godsvrug en die heiligheid wat diegene

155


Die Handelinge van die Apostels

moet bereik wat waardig vir ‘n plek in die koninkryk van God geag sal word, uitgewei. Hy

het verlang om te sien dat die lig van die evangelie van Christus die duisternis van hulle

gemoed sal deurdring, sodat hulle kan sien hoe aanstootlik hulle onsedelike gebruike in die

oë van God is. Daarom was die las van sy onderrig onder hulle Christus en Hom as

gekruisigde. Hy het getrag om hulle daarop te wys dat hul ernstigste studie en grootste

vreugde, die heerlike waarheid van verlossing deur berou teenoor God en geloof in die

Here Jesus Christus moes wees.

Die filosoof wyk van die lig van die verlossing af omdat dit sy trotse teorieë beskaam;

die wêreldling weier om dit te aanvaar, omdat dit hom van sy aardse afgode sal skei. Paulus

het besef dat mense die karakter van Christus moes verstaan voordat hulle Hom kon liefhê,

of die kruis met die oog van geloof kon aanskou. Hier moet die studie, wat die wetenskap

en die lied van die verlostes tot in alle ewigheid sal wees, begin. In die lig van die kruis

alleen kan die ware waarde van die menslike siel bereken word.

Die louterende invloed van die genade van God verander die natuurlike ingesteldheid

van die mens. Die hemel sal nie vir die vleesgesindes begeerlik wees nie; hulle natuurlike,

ongeheiligde harte sou geensins aangetrokke tot daardie rein, heilige plek wees nie en

indien dit vir hulle moontlik was om in te gaan, sou hulle niks gemoedelik daar vind nie.

Die geneigdhede wat die natuurlike hart beheer, moet deur die genade van Christus

onderwerp word voordat die gevalle mens geskik is om die hemel binne te gaan en die

gemeenskap van rein, heilige engele te geniet. Wanneer die mens aan sonde sterf en tot ‘n

nuwe lewe in Christus opgewek word, word sy hart met Goddelike liefde vervul; sy begrip

word geheilig; hy drink uit die onuitputlike bron van vreugde en kennis en die lig van ‘n

ewige dag skyn op sy weg, want die Lig van die lewe is voortdurend by hom.

Paulus het getrag om die gemoed van sy broeders in Korinthe diep te beïndruk met

die feit dat hy en die predikers wat saam met hom gewerk het, slegs mense was wat deur

God beveel is om die waarheid te verkondig, dat hulle almal met dieselfde werk besig was

en dat hulle ewe veel van God afhanklik was vir die sukses van hulle arbeid. Die bespreking

wat in die kerk ontstaan het oor die relatiewe verdienste van verskillende predikers, was

nie in die orde van God nie, maar was die gevolg van die koestering van die eienskappe

van die natuurlike hart. “As die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos-is

julle nie vleeslik nie? Wie is Paulus dan en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle

gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. Ek het geplant, Apollos

het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks

nie, maar God wat laat groei. ” (1 Korinthiërs 3:4-7).

Dit was Paulus wat die eerste keer die evangelie in Korinthe verkondig en die kerk

daar gestig het. Dit was die werk wat die Here aan hom opgedra het. Later, onder die leiding

van God, is ander werkers ingebring om hulle plek te vul. Die saad wat gesaai is, moes

benat word en Apollos moes dit doen. Hy het Paulus in hierdie werk opgevolg om verdere

156


Die Handelinge van die Apostels

onderrig te gee en om die saad wat reeds gesaai is, te help ontwikkel. Hy het die harte van

die mense gewen, maar dit was God wat die saad laat groei het. Dit is nie menslike krag

nie, maar Goddelike krag wat die transformasie van karakter bewerkstellig. Diegene wat

plant en natmaak, veroorsaak nie dat die saad groei nie; hulle werk onder God as Sy

aangewese werktuie en werk saam met Hom in Sy werk. Die eer en heerlikheid wat met

sukses gepaardgaan, behoort aan die Meesterwerker.

Die diensknegte van God besit nie almal dieselfde gawes nie, maar hulle is almal Sy

werksmense. Elkeen moet by die Groot Leermeester leer en dan moet hy met ander

kommunikeer wat hy geleer het. God het aan elkeen van Sy boodskappers ‘n persoonlike

taak toevertrou. Daar is ‘n verskeidenheid van gawes, maar al die werkers moet in

harmonie, onder die beheer van die heiligmakende invloed van die krag van God

saamwerk. Namate hulle die evangelie van die verlossing verkondig, sal baie deur die krag

van God oortuig word en tot inkeer kom. Die menslike instrument word met Christus in

God verberg en Christus kom as uitnemender as tienduisend te voorskyn en die Een, geheel

en al lieflik.

“Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy

eie arbeid ontvang. Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van

God is julle.” (1 Korinthiërs 3:8,9). In hierdie skrifgedeelte vergelyk die apostel die kerk

met ‘n bewerkte akker waarin die landbouers werk om die wingerdstokke wat die Here

geplant het, te versorg; en ook met ‘n gebou wat ‘n heilige tempel vir God moet word. God

is die Meesterwerker en Hy het aan elke mens sy werk aangewys. Almal moet onder Sy

toesig werk en Hom toelaat om vir en deur Sy werkers te werk. Hy gee aan hulle takt en

vaardigheid en indien hulle gehoor aan Sy opdragte gee, bekroon Hy hulle pogings met

sukses.

Die dienaars van God moet saamwerk en op ‘n vriendelike, hoflike wyse verenig word

en mekaar “...voorgaan in eerbetoning.” (Romeine 12:10). Daar moet geen onvriendelike

kritiek wees nie en geen afkraking van iemand anders se werk nie; en daar moet geen

afsonderlike partye wees nie. Elke mens aan wie die Here ‘n boodskap toevertrou het, het

sy spesifieke taak. Elkeen het ‘n eie persoonlikheid wat hy nie in iemand anders moet laat

wegsink nie. Tog moet elkeen in harmonie met sy broers saamwerk. In hul diens moet God

se werkers in wese een wees. Niemand mag homself as maatstaf opstel, oneerbiedig van

sy medewerkers praat of hulle as minderwaardig behandel nie. Onder God moet elkeen sy

aangewese werk doen, gerespekteer, geliefd en aangemoedig deur die ander werkers. Saam

moet hulle die werk voltooi.

Hierdie beginsels word breedvoerig in Paulus se eerste brief aan die kerk in Korinthe

bespreek. Die apostel verwys na die “...dienaars van Christus... ” as “...bedienaars van die

verborgenhede van God... ” en aangaande hulle werk, verklaar hy: “En verder word van

die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word. Maar vir my beteken dit baie min

157


Die Handelinge van die Apostels

of ek deur julle of deur ‘n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie

eens nie, want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie;

maar Hy wat my beoordeel, is die Here. Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel,

voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en

die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang. ”

(1 Korinthiërs 4:1-5).

Dit word aan geen mens gegee om tussen die verskillende dienaars van God te oordeel

nie. Die Here alleen is die beoordelaar van die mens se werk en Hy sal aan elkeen sy

regverdige beloning gee.

Die apostel het voortgegaan en het direk na die vergelykings wat tussen sy arbeid en

dié van Apollos getref is, verwys: “Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos

toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie,

sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie. Want

wie trek jou voor? En wat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het,

waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?” (Verse 6,7).

Paulus het die gevare en ontberinge wat hy en sy medewerkers geduldig in hulle diens

vir Christus verduur het, duidelik aan die kerk voorgehou: “Tot op hierdie uur ly ons honger

en dors, is ons naak en word geslaan en swerwe ons rond en swoeg ons deur met ons eie

hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; word ons

belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van

almal tot nou toe. Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar ek vermaan

julle as my geliefde kinders. Want al sou julle tienduisend tugmeesters in Christus hê, dan

het julle tog nie baie vaders nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur die

evangelie.” (Verse 11-15).

Hy wat evangeliewerkers as Sy ambassadeurs uitstuur, word onteer wanneer daar

onder die toehoorders so ‘n sterk gehegtheid aan ‘n geliefkoosde prediker openbaar word,

dat daar ‘n onwilligheid is om die arbeid van ‘n ander leraar te aanvaar. Die Here stuur nie

altyd die hulp aan Sy volk volgens hulle keuse nie, maar soos wat hulle benodig; want

mense is kortsigtig en kan nie altyd onderskei wat tot hul eie beswil is nie. Dit gebeur selde

dat een predikant al die nodige bevoegdhede besit wat noodsaaklik is om al die vereistes

van die Christelike geloof in ‘n gemeente te vervolmaak; daarom stuur God dikwels ander

predikers aan hulle, wat elkeen oor sekere bevoegdhede beskik waarin die ander gebrekkig

was.

Die gemeente behoort hierdie diensknegte van Christus met dank te aanvaar net soos

hulle die Meester self sou aanvaar. Hulle moet streef om al die voordele moontlik uit die

onderrig wat elke predikant hulle uit die Woord van God gee, te put. Die waarhede wat die

158


Die Handelinge van die Apostels

diensknegte van God bring, moet met sagmoedigheid en nederigheid waardeer word, maar

geen leraar mag verafgod word nie.

Deur die genade van Christus word die dienaars van God tot boodskappers van lig en

seën gemaak. Soos hulle deur ernstige, volhardende gebed met die Heilige Gees bedeel

word en uitgaan met ‘n las om siele te red en hulle harte vol ywer is om die triomf van die

kruis te versprei, sal hulle die vrug van hulle arbeid sien. Indien hulle vasberade weier om

menslike wysheid aan die dag te lê en hulself te verhef, sal hulle ‘n werk verrig wat die

aanslae van die Satan sal weerstaan. Baie siele sal uit die duisternis na die lig keer en talle

gemeentes sal gestig word. Mense sal nie tot die menslike instrumente bekeer word nie,

maar tot Christus. Die self sal op die agtergrond gehou word; net Jesus, die Man van

Golgota, sal te voorskyn kom.

Diegene wat tans vir Christus werk, kan dieselfde kenmerkende voortreflikhede

openbaar as diegene wat die evangelie in die dae van die apostels verkondig het. God is

net so bereid om tans krag aan Sy dienaars te skenk, soos wat Hy was om aan Paulus en

Apollos, Silas en Timotheus, Petrus, Jakobus en Johannes te skenk.

In die dae van die apostels, was daar sommige misleide siele wat beweer het dat hulle

in Christus glo, maar tog geweier het om respek aan Sy ambassadeurs te betoon. Hulle het

verklaar dat hulle geen menslike leermeester gevolg het nie, maar dat hulle regstreeks deur

Christus onderrig is, sonder die hulp van die bedienaars van die evangelie. Hulle was

onafhanklik van gees en onwillig om hulle aan die stem van die kerk te onderwerp. Sulke

mense het in ernstige gevaar verkeer om mislei te word.

God het, as Sy aangestelde helpers, manne met verskillende talente in die gemeente

geplaas, sodat deur die gesamentlike wysheid van baie, die wil van die Gees uitgevoer kon

word. Manne wat in ooreenstemming met hulle eie sterk karaktertrekke optree en weier

om in dieselfde juk met ander, wat lang ondervinding in die werk van God gehad het saam

te trek, sal deur selfvertroue verblind word en nie in staat wees om tussen waarheid en

valsheid te onderskei nie. Dis nie veilig vir sulke mense om as leiers van die gemeente

gekies te word nie; want hulle sal hul eie oordeel en planne volg, sonder om die oordeel

van hulle broers in ag te neem. Dit is baie maklik vir die vyand om deur diegene te werk

wat, hoewel hulle self met elke stap raad nodig het, die bewaring van siele in hulle eie krag

onderneem, sonder dat hulle die nederigheid van Christus geleer het.

Indrukke alleen is nie ‘n veilige gids vir diens nie. Die vyand oorreed mense dikwels

om te glo dat dit God is wat hulle lei, terwyl hulle in werklikheid slegs menslike impulse

volg. Maar as ons versigtig waak en ons broers raadpleeg, sal ons ‘n begrip van die wil van

die Here kry; want die belofte is: “Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges

sy weg leer.” (Psalm 25:9).

159


Die Handelinge van die Apostels

In die vroeë Christelike kerk, was daar sommige wat geweier het om Paulus of Apollos

te erken, maar volgehou het dat Petrus hulle leier was. Hulle het daarop aangedring dat

Petrus die intiemste met Christus was terwyl Hy op die aarde was, terwyl Paulus ‘n

vervolger van die gelowiges was. Hulle sienings en gevoelens was met vooroordeel

verbind. Hulle het nie die ruimhartigheid, die vrygewigheid en die teerheid wat openbaar

dat Christus in hul hart woon betoon nie.

Daar was ‘n gevaar dat hierdie gees van partydigheid, ‘n groot onheil vir die

Christelike kerk kon meebring en Paulus het opdrag van die Here ontvang om woorde van

ernstige vermaning en beswaar daarteen te spreek. Van diegene wat gesê het: “Ek is van

Paulus en ek van Apollos en ek van Cefas en ek van Christus...” het die apostel verneem:

“Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van

Paulus gedoop?” Hy het gepleit: “Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort

aan julle; of dit Paulus is of Apollos of Cefas of die wêreld of lewe of dood of

teenswoordige of toekomstige dinge-alles behoort aan julle; maar julle behoort aan

Christus, en Christus aan God.” (1 Korinthiërs 1:12,13;3:21-23).

Paulus en Apollos was in perfekte harmonie. Laasgenoemde was teleurgesteld en

bedroef oor die onenigheid in die kerk in Korinthe; hy het geen voordeel uit die voorkeur

wat aan hom bewys is getrek nie, dit nie aangemoedig nie, maar die toneel van geskil vinnig

verlaat. Toe Paulus hom daarna aangespoor het om Korinthe weer te besoek, het hy geweier

en eers lank daarna, nadat die kerk daar in ‘n beter geestelike toestand verkeer het, weer

daar gewerk.

160


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 27—Éfese

Terwyl Apollos in Korinthe gepreek het, het Paulus sy belofte om na Éfese terug te

keer, nagekom. Hy het ‘n kort besoek aan Jerusalem gebring en ‘n tydjie in Antiochië, waar

hy vroeër gewerk het, vertoef. Vandaar het hy na Klein-Asië gereis en “...die land Galasië

en Frigië deurgereis...” (Handelinge 18:23), waar hy die gemeentes wat hy self tot stand

gebring het, besoek en die geloof van die gelowiges versterk het.

In die tyd van die apostels was die westelike gedeelte van Klein-Asië bekend as die

Romeinse provinsie van Asië. Éfese, die hoofstad, was ‘n groot handelsentrum. Die hawe

was vol skepe en die strate het gewemel van mense uit alle lande. Soos Korinthe, was dit

‘n belowende veld vir sendingwerk.

Die Jode wat nou na alle beskaafde lande verstrooi was, het oor die algemeen die koms

van die Messias verwag. Terwyl Johannes die Doper gepreek het, het baie tydens die

jaarlikse feeste in Jerusalem, na die oewers van die Jordaan gegaan om na hom te luister.

Daar het hulle die aankondiging van Jesus as die Beloofde Een gehoor en het die tyding na

alle dele van die wêreld geneem. So het die Voorsienigheid die weg vir die arbeid van die

apostels berei.

Met sy aankoms in Éfese, het Paulus twaalf broers gevind wat, net soos Apollos,

dissipels van Johannes die Doper was en soos hy, ‘n mate van kennis van die sending van

Christus opgedoen het. Hulle het nie die vermoë van Apollos gehad nie, maar het met

dieselfde opregtheid en geloof getrag om die kennis wat hulle ontvang het, na die buiteland

te versprei.

Hierdie broers het niks van die sending van die Heilige Gees geweet nie. Op die vraag

van Paulus of hulle die Heilige Gees ontvang het, het hulle geantwoord: “Ons het nie eens

gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie.” Toe vra Paulus: “Met watter doop is julle dan

gedoop?” en hulle het geantwoord: “Met die doop van Johannes.”

Toe het die apostel die groot waarhede wat die grondslag van die Christen se hoop is,

aan hulle voorgehou. Hy het hulle van Christus se lewe op aarde en van Sy wrede en

skandelike dood vertel. Hy het hulle vertel hoe die Here van die lewe die bande van die

graf gebreek en seëvierend oor die dood opgestaan het. Hy het die opdrag van die Verlosser

aan Sy dissipels herhaal: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan

heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun

en die Heilige Gees.” (Mattheus 28:18,19). Hy het hulle ook van Christus se belofte om

die Trooster te stuur vertel, deur wie se krag magtige tekens en wonders sou geskied en hy

het beskryf hoe heerlik hierdie belofte op die Pinksterdag vervul is.

Met diep belangstelling en dankbare, vreugdevolle verwondering, het die broeders na

Paulus se woorde geluister. Deur geloof het hulle die wonderlike waarheid van die

161


Die Handelinge van die Apostels

soenoffer van Christus aangegryp en Hom as hul Verlosser aangeneem. Hulle is toe in die

Naam van Jesus gedoop en terwyl Paulus hulle “...die hande opgelê” het, het hulle ook die

doop van die Heilige Gees, waardeur hulle in staat gestel is om die tale van ander nasies te

praat en te profeteer, ontvang. So is hulle toegerus om as sendelinge in Éfese en omgewing

te werk en ook om uit te gaan om die evangelie in Klein-Asië te verkondig.

Dit was deur ‘n nederige, leerbare gees te koester dat hierdie manne ‘n ervaring

opgedoen wat hulle in staat gestel het om as werkers na die oesland uit te gaan. Hulle

voorbeeld bied aan Christene ‘n waardevolle les. Daar is baie wat in die godsdienstige lewe

min vordering maak, omdat hulle te selfvoldaan is om die posies van ‘n leerling in te neem.

Hulle is tevrede met ‘n oppervlakkige kennis van God se Woord. Hulle wil nie hul geloof

of optrede verander nie en wend dus geen poging aan om groter lig te verkry nie.

Indien die volgelinge van Christus maar net ernstige soekers na wysheid sou wees,

sou hulle na kosbare velde van waarheid gelei word, wat tot nog toe vir hulle totaal

onbekend is. Wie homself ten volle aan God oorgee, sal deur die Goddelike hand gelei

word. Hy mag miskien nederig en skynbaar onbegaafd wees; tog, as hy met ‘n liefdevolle,

vertrouende hart elke aanwysing van God se wil gehoorsaam, sal sy kragte gesuiwer,

veredel en bekragtig en sy begaafdhede vermeerder word. Namate hy die lesse van

Goddelike wysheid waardeer, sal daar aan hom ‘n heilige opdrag toevertrou word; Hy sal

in staat wees om sy lewe tot eer van God en tot seën van die wêreld te maak. “Die opening

van U woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.” (Psalm 119:130).

Daar is deesdae baie wat net so onkundig is aangaande die werking van die Heilige

Gees op die hart, soos wat die gelowiges in Éfese was; tog word geen waarheid meer

duidelik in die Woord van God geleer nie. Profete en apostels het nadruk op hierdie

onderwerp gelê. Christus vestig self ons aandag op die plantegroei as voorbeeld van die

wyse waarop Sy Gees werk om die geestelike lewe te onderhou. Die sap van die

wingerdstok wat van die wortel af opstyg, word na die takke versprei wat groei onderhou

en bloeisels en vrugte voortbring. So is die lewegewende krag van die Heilige Gees, wat

vanaf die Verlosser uitgaan, die siel deurdring, die motiewe en geneenthede vernuwe en

selfs die gedagtes in gehoorsaamheid aan die wil van God onderwerp, wat die ontvanger

in staat stel om die kosbare vrug van heilige dade te dra.

Die Outeur van hierdie geestelike lewe is onsigbaar en dit is buite die vermoë van die

menslike filosofie om te verduidelik presies hoe daardie lewe oorgedra en onderhou word.

Nogtans werk die Heilige Gees altyd in ooreenstemming met die geskrewe woord. Soos in

die natuurlike, so ook in die geestelike wêreld. Die natuurlike lewe word oomblik vir

oomblik deur Goddelike krag bewaar; nogtans word dit nie deur ‘n regstreekse

wonderwerk onderhou nie, maar deur die gebruik van seëninge wat binne ons bereik

geplaas word. So word die geestelike lewe deur die middele wat die Voorsienigheid

voorsien het onderhou. As die volgeling van Christus “...tot ‘n volwasse man, tot die mate

162


Die Handelinge van die Apostels

van die volle grootte van Christus...” (Efesiërs 4:13) wil groei, moet hy die brood van die

lewe eet en die water van verlossing drink. Hy moet waak en bid en werk en in alle opsigte

let op die opdragte van God in Sy Woord.

Daar is vir ons nog ‘n verdere les in die ervaring van hierdie Joodse bekeerlinge. Toe

hulle deur Johannes gedoop is, het hulle die sending van Jesus as die Een wat die sonde

sou dra, nog nie ten volle begryp nie. Hulle het in ernstige dwalinge geglo. Maar met

duideliker lig, het hulle Jesus met blydskap as hulle Verlosser aangeneem en met hierdie

stap vorentoe, het daar ook ‘n verandering in hul verpligtinge gekom. Omdat hulle ‘n

suiwerder geloof ontvang het, was daar ‘n ooreenstemmende verandering in hulle lewe. As

teken van hierdie verandering en ter erkenning van hulle geloof in Christus, is hulle in die

Naam van Jesus herdoop.

Soos sy gewoonte was, het Paulus sy werk in Éfese begin deur in die sinagoge van die

Jode te preek. Hy het drie maande lank daar “...met hulle geredeneer en hulle probeer

oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.” Aanvanklik was hy gunstig

ontvang, maar soos op ander plekke, is hy spoedig met geweld teëgestaan. “Sommige...”

het hulle “...verhard...” en was “...ongehoorsaam” en het aangehou om van die Weg kwaad

te spreek voor die menigte.” Toe hulle in hul verwerping van die evangelie volhard, het die

apostel opgehou om in die sinagoge te preek.

Die Gees van God het in sy arbeid vir sy landgenote met en deur Paulus gewerk. Daar

is voldoende bewyse gelewer om almal, wat eerlik begeer het om die waarheid te weet, te

oortuig. Maar baie het toegelaat dat hulle deur vooroordeel en ongeloof beheer word en

geweier om aan die mees afdoende bewyse toe te gee. Uit vrees dat die geloof van die

gelowiges deur voortgesette omgang met hierdie teenstanders van die waarheid in gevaar

sou verkeer, het Paulus hom van hulle geskei en die dissipels as ‘n spesifieke groep

byeengebring en sy openbare onderrig in die skool van Tirannus, ‘n leermeester van

onderskeiding, voortgesit.

Paulus het gesien dat “...’n groot en kragtige deur...” voor hom oopgaan, alhoewel

daar nog “...baie teëstanders...” was. (1 Korinthiërs 16:9). Éfese was nie net die mees

luisterryke stad in Asië nie, maar ook die mees verdorwe. Bygeloof en sensuele plesier het

oor die stad se wemelende bevolking geheers. Misdadigers van elke graad het in die skadu

van die tempels skuiling gevind en die laagste ondeugde het gefloreer.

Éfese was ‘n gewilde sentrum vir die aanbidding van Diana. Die roem van die

manjifieke tempel van “...Diana van die Efesiërs”... het deur die hele Asië en die wêreld

heen gestrek. Die weergalose prag daarvan het dit nie net die trots van die stad nie, maar

ook van die land gemaak. Die afgod in die tempel het volgens oorlewering, uit die lug

daarin geval. Daarop was simboliese tekens waaraan groot mag toegeskryf is. Die Efesiërs

het boeke geskryf om die betekenis en gebruik van daardie simbole te verduidelik.

163


Die Handelinge van die Apostels

Onder diegene wat hierdie duur boeke noukeurig bestudeer het, was die talle

towenaars wat ‘n kragtige invloed op die gemoedere van die bygelowige aanbidders van

die beeld in die tempel uitgeoefen het.

Die apostel Paulus het, in sy arbeid in Éfese, spesiale tekens van Goddelike guns

ontvang. Die krag van God het sy pogings vergesel en baie mense is van hul fisiese siektes

genees. “God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen, sodat selfs

wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle

gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.” Hierdie manifestasies van bonatuurlike

krag was kragtiger as enigiets wat ooit voorheen in Éfese gesien is en dit was van so aard

dat dit nie deur die vernuf van ‘n goëlaar of die toorkuns van ‘n towenaar nageboots kon

word nie. Omdat hierdie wonderwerke in die Naam van Jesus van Nasaret plaasgevind het,

het die mense die geleentheid gehad om te sien dat die God van die hemel veel magtiger

was as die towenaars wat aanbidders van die godin Diana was. So het die Here Sy

dienskneg verhoog, selfs voor die afgodedienaars, onmeetbaar bo die magtigste en

gewildste towenaars.

Maar die Een aan wie al die geeste van die bose onderworpe is en wat aan Sy dienaars

gesag oor hulle gee, was gereed om nog groter skande en nederlaag oor diegene wat Sy

heilige Naam verag en ontheilig het te bring. Towery is deur die Mosaïese wet, op straf

van die dood belet, maar van tyd tot tyd is dit in die geheim deur die afvallige Jode bedryf.

Ten tye van Paulus se besoek aan Éfese, was daar in die stad “...sommige van die

rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders...” wat, terwyl hulle die wonderwerke wat hy

verrig het aanskou het, dit op hulle geneem het “...om die Naam van die Here Jesus te noem

oor die wat bose geeste gehad het ... Sekere sewe seuns van Skeva, ‘n Joodse

owerpriester...” ‘n man wat deur ‘n demoon beset is gevind en hom aangespreek: “Ons

besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!” Maar, “...die bose gees het geantwoord

en gesê: Jesus ken ek en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle? Toe spring die man

in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en

gewond uit daardie huis gevlug het.”

Aldus is onmiskenbare bewys gelewer van die heiligheid van die Naam van Christus

en die gevaar wat diegene, wat sonder geloof in die Goddelikheid van die Verlosser se

sending, hulle daarop sou beroep . “Vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die

Here Jesus is groot gemaak.”

Feite wat voorheen verswyg was, is nou aan die lig gebring. In die aanvaarding van

die Christendom, het sommige van die gelowiges nie ten volle afstand van hul bygelowe

gedoen nie. Hulle het tot ‘n sekere mate steeds voortgegaan met die beoefening van

toorkuns. “Baie van die wat gelowig geword het...” was nou van hulle dwaling oortuig en

“...het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak.” Die goeie werk het selfs na

sommige van die towenaars uitgebrei “...en verskeie van die wat met towery omgegaan

164


Die Handelinge van die Apostels

het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde

daarvan bereken en gevind dat dit vyftigduisend silwerstukke was. So het die woord van

die Here met krag gegroei en sterk geword.”

Deur hulle boeke oor die toorkuns te verbrand, het die bekeerlinge in Éfese getoon dat

hierdie dinge waarin hulle voorheen behae gevind het, hulle nou verafsku het. Dit was veral

met en deur hulle toorkuns dat hulle God aanstoot gegee en hulle siele in gevaar gestel het;

en dit was teen towery dat hulle nou hul verontwaardiging getoon het. So het hulle bewys

van ware bekering gelewer.

Hierdie verhandelinge oor waarsêery bevat reëls en formules vir gemeenskap met bose

geeste. Dit was die voorskrifte vir die aanbidding van Satan-aanwysings om sy hulp in te

win en inligting van hom te verkry. As hulle hierdie boeke behou het, sou die dissipels

hulle aan versoekings blootgestel het; deur dit te verkoop sou hulle versoeking in die pad

van ander geplaas het. Hulle het die koninkryk van duisternis verloën en het nie geskroom

om die mag daarvan te vernietig nie. So het die waarheid oor die vooroordeel van mense

en hulle liefde vir geld geseëvier.

Deur hierdie manifestasie van die mag van Christus, is ‘n magtige oorwinning vir die

Christelike geloof in die einste vesting van bygeloof behaal. Die invloed van wat

plaasgevind het, was meer verreikend as wat selfs Paulus besef het. Die nuus is wyd en syd

uit Éfese versprei en stukrag is aan die saak van Christus gegee. Lank nadat die apostel self

sy loopbaan beëindig het, het hierdie tonele steeds in die geheue van mense voortgeleef en

was dit ‘n middel om bekeerlinge vir die evangelie te wen.

Daar word gunstiglik aanvaar dat heidense bygelowe voor die beskawing van die

twintigste eeu gewyk het. Maar die Woord van God en die streng getuienis van die feite

verklaar dat towery in hierdie eeue steeds beoefen word net soos in die dae van die antieke

towenaars. Die antieke stelsel van towery is in werklikheid dieselfde as wat tans as

moderne spiritisme bekendstaan. Satan vind toegang tot die gemoedere van duisende deur

homself onder die dekmantel van afgestorwe vriende aan te bied. Die Skrif verklaar: “Die

dooies weet glad niks nie.” (Prediker 9:5). Hulle gedagtes, hulle liefde, hulle haat, het alles

vergaan. Die dooies hou nie gemeenskap met die lewendes nie. Maar getrou aan sy vroeë

lis, maak die Satan van hierdie misleiding gebruik om beheer oor die verstand te verkry.

Deur spiritisme kommunikeer baie siekes, bedroefdes en nuuskieriges met bose

geeste. Almal wat dit waag, bevind hulle op gevaarlike terrein. Die Woord van waarheid

verklaar hoe God hulle beskou. In die ou tyd het Hy ‘n streng oordeel oor ‘n koning wat

by ‘n heidense orakel gaan raad soek het uitgespreek: “Gaan julle, omdat daar glad geen

God in Israel is nie, om Baal-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom dan, so sê

die Here: van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik

sterwe. ” (2 Konings 1:3,4).

165


Die Handelinge van die Apostels

Die towenaars van die heidense tyd het hulle eweknie in die spiritistiese mediums,

heldersiendes en die waarsêers van vandag. Die mistieke stemme wat by Endor en in Éfese

gespreek het, mislei steeds die mensekinders deur hulle leuenagtige woorde. Sou die sluier

voor ons oë gelig word, sou ons die bose engele sien wat al hulle lis inspan om te mislei en

te vernietig. Oral waar ‘n invloed uitgeoefen word om mense van God te laat vergeet, daar

oefen Satan sy towerkrag uit. Wanneer mense aan sy invloed toegee, word die verstand

benewel en die siel besoedel voordat hulle dit besef. Die volk van God behoort ag te slaan

op die vermaning van die apostel aan die gemeente in Éfese: “Hou nie gemeenskap met

die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.” (Efesiërs 5:11).

166


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 28—Dae van Moeite en Beproewing

Vir meer as drie jaar was Éfese die middelpunt van Paulus se arbeid. Hier is ‘n

bloeiende gemeente opgerig en uit hierdie stad het die evangelie deur die hele provinsie

Asië onder Jode sowel as Heidene versprei.

Die apostel het reeds vir ‘n geruime tyd ‘n ander sendingreis oorweeg. Hy het hom

“...voorgeneem om deur Macedonië en Achaje te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesê:

Nadat ek daar gewees het, moet ek Rome ook sien.” Ooreenkomstig hierdie plan “...stuur

hy twee van sy helpers, Timotheus en Erastus, na Macedonië...” maar omdat hy gevoel het

die saak in Éfese het steeds sy teenwoordigheid vereis, het hy besluit om tot na Pinkster

daar te bly. Daar het egter spoedig iets plaasgevind wat sy vertrek verhaas het.

Een keer per jaar is spesiale seremonies in Éfese ter ere van die godin Diana gehou.

Dit het ‘n groot aantal mense uit alle dele van die provinsie gelok. Gedurende hierdie tyd

is feeste met die grootste prag en praal gevier.

Hierdie gala-seisoen was ‘n moeilike tyd vir diegene wat pas tot die geloof gekom het.

Die groep gelowiges wat in die skool van Tirannus byeengekom het, was ‘n wanklank in

die feestelike koor en hulle is openlik bespot, verwyt en beledig. Paulus se arbeid het die

heidense aanbidding ‘n sprekende knou toegedien en gevolglik was daar ‘n merkbare

afname in die bywoning van die nasionale fees en in die geesdrif van die aanbidders. Die

invloed van sy leringe het veel verder gestrek as net tot die werklike bekeerlinge tot die

geloof. Baie wat nie die nuwe leer openlik aanvaar het nie, het tot so mate verlig geraak,

dat hulle alle vertroue in hul heidense gode verloor het.

Daar was ook ‘n ander oorsaak vir ontevredenheid. ‘n Uitgebreide en winsgewende

besigheid het in Éfese ontstaan deur die vervaardiging en verkoop van miniatuur tempels

en beelde, geskoei op die patroon van die tempel en beeld van Diana. Diegene wat in

hierdie bedryf betrokke was, het gevind dat hulle winste afneem en almal het saamgestem

dat dit aan die onwelkome verandering as gevolg van Paulus se arbeid toe te skryf was.

Demetrius, ‘n vervaardiger van silwertempeltjies, het al die werkers van sy ambag

byeengeroep en gesê: “Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is, en julle

sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus ‘n

aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met

hande gemaak word nie. Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting

kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word en dat

haar majesteit wat die hele Asië, ja, die hele wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.” Hierdie

woorde het die ontvlambare hartstogte van die volk opgewek. Hulle was “...met woede

vervul en het geskreeu en gesê: Groot is die Diana van die Efesiërs!”

167


Die Handelinge van die Apostels

’n Verslag van hierdie toespraak is vinnig versprei. “Daarop raak die hele stad

heeltemal in verwarring.” Daar is na Paulus gesoek, maar die apostel was nêrens te vind

nie. Sy broeders wat ‘n aanduiding van die gevaar gekry het, het hom weg van die plek

gehaas. Engele van God is gestuur om die apostel te bewaak; sy tyd om ‘n marteldood te

sterf, het nog nie aangebreek nie.

Toe hulle die voorwerp van hulle toorn nie kon opspoor nie, het die gepeupel “...Gajus

en Aristárchus ... wat reisgenote van Paulus was...” gegryp en na die skouburg gesleep.

Paulus se skuilplek was nie ver daarvandaan nie en hy het gou van die gevaar van sy

geliefde broeders verneem. Hy het van sy eie veiligheid vergeet en wou dadelik na die

skouburg gaan om die oproeriges toe te spreek. Maar “...die dissipels [het] hom dit nie

toegelaat nie.” Gajus en Aristárchus was nie die prooi na wie die gepeupel gesoek het nie;

geen ernstige onheil is vir hulle gevrees nie. Maar indien die apostel se bleek, besorgde

gelaat daar gesien word, sou dit dadelik die ergste hartstogte van die gepeupel wek en daar

sou nie die geringste menslike moontlikheid bestaan het om sy lewe te red nie.

Paulus was nog steeds gretig om die waarheid voor die skare te verdedig, maar hy is

uiteindelik eindelik deur ‘n boodskap van waarskuwing van die skouburg af teruggehou.

“Sommige van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom

gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie.”

Die oproer in die skouburg het steeds toegeneem. “Hulle het dan aangehou skreeu,

sommige dit en ander dat; want die vergadering was in die war en die meeste het nie geweet

waarvoor hulle bymekaargekom het nie.” Die feit dat Paulus en sommige van sy metgeselle

van Hebreeuse afkoms was, het die Jode angstig gemaak om dit duidelik te laat blyk dat

hulle nie ondersteuners van hom en sy werk was nie. Hulle het dus een van hul eie geledere

gebring om die saak voor die mense te stel. Die spreker wat hulle gekies het, was

Alexander, ‘n kopersmid, van wie Paulus agterna gesê het dat hy hom baie kwaad

aangedoen het. (Sien 2 Timotheus 4:14). Alexander was ‘n bekwame man en hy het al sy

kragte ingespan om die woede van die gepeupel uitsluitlik op Paulus en sy medewerkers

toe te spits. Maar toe die skare sien dat Alexander ‘n Jood was, het hulle hom eenkant toe

gestoot terwyl almal “...omtrent twee uur lank skreeu: Groot is Diana van die Efesiërs!”

Uiteindelik het hulle van blote uitputting opgehou en daar was ‘n verposing van stilte.

Toe het die stadsklerk die skare se aandag getrek en uit hoofde van sy amp daarin geslaag

om hulle toe te spreek. Hy het die mense op hul eie terrein ontmoet en daarop gewys dat

daar geen rede vir die huidige oproer was nie. Hy het ‘n beroep op hul rede gedoen en gesê:

“Efesiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efesiërs die

tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het

nie? Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks

onbedags te doen nie. Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie

168


Die Handelinge van die Apostels

en ook nie julle godin laster nie. As Demetrius en sy ambagsmanne dan ‘n saak teen iemand

het, die hofsittings word gehou en daar is regters: laat hulle mekaar aanklaag. Maar as julle

nog iets anders verlang, dit sal in die wettige vergadering beslis word. Want ons loop

gevaar om oor die oproer van vandag aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is

waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie. En met hierdie woorde het hy

die vergadering ontbind.”

In sy toespraak het Demetrius gesê dat hulle vak in veragting kon kom. Hierdie

woorde het die werklike oorsaak van die oproer in Éfese openbaar en ook die oorsaak van

baie van die vervolging wat die apostels in hulle werk agtervolg het. Demetrius en sy medeambagsmanne

het besef dat die onderrig en verspreiding van die evangelie, hulle besigheid

met die vervaardiging van beelde in gevaar gestel het. Die inkomste van hul heidense

priesters en vakmanne was op die spel en om hierdie rede het hulle die bitterste teëstand

teen Paulus opgesweep.

Die beslissing van die stadsklerk en van ander wat eerbare poste in die stad beklee het,

het Paulus as onskuldig aan enige onwettige daad voor die mense verklaar. Dit was nog ‘n

oorwinning vir die Christelike geloof oor dwaling en bygeloof. God het ‘n belangrike regter

aangestel om Sy apostel te regverdig en die oproerige gepeupel te beteuel. Paulus se hart

was met dankbaarheid jeens God gevul omdat sy lewe gespaar was en die Christelike

geloof nie deur die oproer in Éfese in oneer gebring is nie.

“Nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en

het vertrek om na Macedonië te reis.” Op hierdie reis is hy deur twee getroue broers uit

Éfese vergesel, naamlik Tichikus en Trofimus.

Paulus se arbeid in Éfese was afgehandel. Sy bediening was ‘n tydperk van

onophoudelike arbeid, baie beproewings en diepe sieleangs. Hy het die mense in die

openbaar en van huis tot huis geleer en hulle met baie trane onderrig en gewaarsku. Die

Jode het hom voortdurend teëgestaan en geen geleentheid laat verbygaan om die algemene

gevoel teen hom op te sweep nie.

En terwyl hy aldus teen die opposisie geveg het, die evangelie met onvermoeide ywer

voortgesit en die belange van ‘n kerk wat nog jonk in die geloof was bewaar het, het Paulus

‘n swaar sielelas vir al die gemeentes op die hart gedra.

Berigte van afvalligheid in sommige van die gemeentes wat hy gestig het, het hom

diep bedroef. Hy het gevrees dat sy pogings ter wille van hulle miskien tevergeefs mag

gewees het. Hy het baie slapelose nag in gebed en ernstige oorpeinsing deurgebring toe hy

verneem het watter metodes aangewend is om sy werk te belemmer. Soos die geleentheid

hom voorgedoen het en namate hulle toestand dit vereis het, het hy aan die gemeentes

geskryf en hulle bestraf, van raad bedien, vermaan en bemoedig. In hierdie briewe wei die

apostel nie uit oor sy eie beproewinge nie, maar daar was tog af en toe ‘n blik op sy arbeid

169


Die Handelinge van die Apostels

en lyding vir die saak van Christus. Géseling en gevangenskap, koue en honger en dors, in

gevare oor land en see, in die stad en in die woestyn, van sy eie landgenote, van die heidene

en van valse broeders-dit het hy alles ter wille van die evangelie verduur. Hy is “uitgeskel

... belaster ... die afskraapsel van almal...” gemaak, “...verdruk ... vervolg...” in alles

“...verdruk ... elke uur in gevaar ... oorgelewer in die dood om Jesus wil.”

Te midde van die voortdurende stroom van teëstand, die getier van vyande en

versaking deur vriende, het die onverskrokke apostel byna moed verloor, maar hy het na

Golgota teruggekyk en dan weer met nuwe ywer voortgebeur om die kennis van die

Gekruisigde te versprei. Hy het slegs op die bloedbevlekte weg getrap wat Christus voor

hom getrap het. Hy het geen ontslag uit die stryd verlang voordat hy sy wapenrusting aan

die voete van sy Verlosser sou neerlê nie.

170


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 28—Dae van Moeite en Beproewing*

Vir meer as drie jaar was Éfese die middelpunt van Paulus se arbeid. Hier is ‘n

bloeiende gemeente opgerig en uit hierdie stad het die evangelie deur die hele provinsie

Asië onder Jode sowel as Heidene versprei.DHDA 249.1

Die apostel het reeds vir ‘n geruime tyd ‘n ander sendingreis oorweeg. Hy het hom

“...voorgeneem om deur Macedonië en Achaje te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesê:

Nadat ek daar gewees het, moet ek Rome ook sien.” Ooreenkomstig hierdie plan “...stuur

hy twee van sy helpers, Timotheus en Erastus, na Macedonië...” maar omdat hy gevoel het

die saak in Éfese het steeds sy teenwoordigheid vereis, het hy besluit om tot na Pinkster

daar te bly. Daar het egter spoedig iets plaasgevind wat sy vertrek verhaas het.DHDA 249.2

Een keer per jaar is spesiale seremonies in Éfese ter ere van die godin Diana gehou.

Dit het ‘n groot aantal mense uit alle dele van die provinsie gelok. Gedurende hierdie tyd

is feeste met die grootste prag en praal gevier.DHDA 249.3

Hierdie gala-seisoen was ‘n moeilike tyd vir diegene wat pas tot die geloof gekom het.

Die groep gelowiges wat in die skool van Tirannus byeengekom het, was ‘n wanklank in

die feestelike koor en hulle is openlik bespot, verwyt en beledig. Paulus se arbeid het die

heidense aanbidding ‘n sprekende knou toegedien en gevolglik was daar ‘n merkbare

afname in die bywoning van die nasionale fees en in die geesdrif van die aanbidders. Die

invloed van sy leringe het veel verder gestrek as net tot die werklike bekeerlinge tot die

geloof. Baie wat nie die nuwe leer openlik aanvaar het nie, het tot so mate verlig geraak,

dat hulle alle vertroue in hul heidense gode verloor het.DHDA 249.4

Daar was ook ‘n ander oorsaak vir ontevredenheid. ‘n Uitgebreide en winsgewende

besigheid het in Éfese ontstaan deur die vervaardiging en verkoop van miniatuur tempels

en beelde, geskoei op die patroon van die tempel en beeld van Diana. Diegene wat in

hierdie bedryf betrokke was, het gevind dat hulle winste afneem en almal het saamgestem

dat dit aan die onwelkome verandering as gevolg van Paulus se arbeid toe te skryf

was.DHDA 250.1

Demetrius, ‘n vervaardiger van silwertempeltjies, het al die werkers van sy ambag

byeengeroep en gesê: “Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is, en julle

sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus ‘n

aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met

hande gemaak word nie. Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting

kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word en dat

haar majesteit wat die hele Asië, ja, die hele wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.” Hierdie

woorde het die ontvlambare hartstogte van die volk opgewek. Hulle was “...met woede

vervul en het geskreeu en gesê: Groot is die Diana van die Efesiërs!”DHDA 250.2

171


Die Handelinge van die Apostels

’n Verslag van hierdie toespraak is vinnig versprei. “Daarop raak die hele stad

heeltemal in verwarring.” Daar is na Paulus gesoek, maar die apostel was nêrens te vind

nie. Sy broeders wat ‘n aanduiding van die gevaar gekry het, het hom weg van die plek

gehaas. Engele van God is gestuur om die apostel te bewaak; sy tyd om ‘n marteldood te

sterf, het nog nie aangebreek nie.DHDA 250.3

Toe hulle die voorwerp van hulle toorn nie kon opspoor nie, het die gepeupel “...Gajus

en Aristárchus ... wat reisgenote van Paulus was...” gegryp en na die skouburg

gesleep.DHDA 250.4

Paulus se skuilplek was nie ver daarvandaan nie en hy het gou van die gevaar van sy

geliefde broeders verneem. Hy het van sy eie veiligheid vergeet en wou dadelik na die

skouburg gaan om die oproeriges toe te spreek. Maar “...die dissipels [het] hom dit nie

toegelaat nie.” Gajus en Aristárchus was nie die prooi na wie die gepeupel gesoek het nie;

geen ernstige onheil is vir hulle gevrees nie. Maar indien die apostel se bleek, besorgde

gelaat daar gesien word, sou dit dadelik die ergste hartstogte van die gepeupel wek en daar

sou nie die geringste menslike moontlikheid bestaan het om sy lewe te red nie.DHDA 251.1

Paulus was nog steeds gretig om die waarheid voor die skare te verdedig, maar hy is

uiteindelik eindelik deur ‘n boodskap van waarskuwing van die skouburg af teruggehou.

“Sommige van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom

gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie.”DHDA 251.2

Die oproer in die skouburg het steeds toegeneem. “Hulle het dan aangehou skreeu,

sommige dit en ander dat; want die vergadering was in die war en die meeste het nie geweet

waarvoor hulle bymekaargekom het nie.” Die feit dat Paulus en sommige van sy metgeselle

van Hebreeuse afkoms was, het die Jode angstig gemaak om dit duidelik te laat blyk dat

hulle nie ondersteuners van hom en sy werk was nie. Hulle het dus een van hul eie geledere

gebring om die saak voor die mense te stel. Die spreker wat hulle gekies het, was

Alexander, ‘n kopersmid, van wie Paulus agterna gesê het dat hy hom baie kwaad

aangedoen het. (Sien 2 Timotheus 4:14). Alexander was ‘n bekwame man en hy het al sy

kragte ingespan om die woede van die gepeupel uitsluitlik op Paulus en sy medewerkers

toe te spits. Maar toe die skare sien dat Alexander ‘n Jood was, het hulle hom eenkant toe

gestoot terwyl almal “...omtrent twee uur lank skreeu: Groot is Diana van die

Efesiërs!”DHDA 251.3

Uiteindelik het hulle van blote uitputting opgehou en daar was ‘n verposing van stilte.

Toe het die stadsklerk die skare se aandag getrek en uit hoofde van sy amp daarin geslaag

om hulle toe te spreek. Hy het die mense op hul eie terrein ontmoet en daarop gewys dat

daar geen rede vir die huidige oproer was nie. Hy het ‘n beroep op hul rede gedoen en gesê:

“Efesiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efesiërs die

tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het

172


Die Handelinge van die Apostels

nie? Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks

onbedags te doen nie. Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie

en ook nie julle godin laster nie. As Demetrius en sy ambagsmanne dan ‘n saak teen iemand

het, die hofsittings word gehou en daar is regters: laat hulle mekaar aanklaag. Maar as julle

nog iets anders verlang, dit sal in die wettige vergadering beslis word. Want ons loop

gevaar om oor die oproer van vandag aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is

waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie. En met hierdie woorde het hy

die vergadering ontbind.”DHDA 251.4

In sy toespraak het Demetrius gesê dat hulle vak in veragting kon kom. Hierdie

woorde het die werklike oorsaak van die oproer in Éfese openbaar en ook die oorsaak van

baie van die vervolging wat die apostels in hulle werk agtervolg het. Demetrius en sy medeambagsmanne

het besef dat die onderrig en verspreiding van die evangelie, hulle besigheid

met die vervaardiging van beelde in gevaar gestel het. Die inkomste van hul heidense

priesters en vakmanne was op die spel en om hierdie rede het hulle die bitterste teëstand

teen Paulus opgesweep.DHDA 252.1

Die beslissing van die stadsklerk en van ander wat eerbare poste in die stad beklee het,

het Paulus as onskuldig aan enige onwettige daad voor die mense verklaar. Dit was nog ‘n

oorwinning vir die Christelike geloof oor dwaling en bygeloof. God het ‘n belangrike regter

aangestel om Sy apostel te regverdig en die oproerige gepeupel te beteuel. Paulus se hart

was met dankbaarheid jeens God gevul omdat sy lewe gespaar was en die Christelike

geloof nie deur die oproer in Éfese in oneer gebring is nie.DHDA 252.2

“Nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en

het vertrek om na Macedonië te reis.” Op hierdie reis is hy deur twee getroue broers uit

Éfese vergesel, naamlik Tichikus en Trofimus.DHDA 253.1

Paulus se arbeid in Éfese was afgehandel. Sy bediening was ‘n tydperk van

onophoudelike arbeid, baie beproewings en diepe sieleangs. Hy het die mense in die

openbaar en van huis tot huis geleer en hulle met baie trane onderrig en gewaarsku. Die

Jode het hom voortdurend teëgestaan en geen geleentheid laat verbygaan om die algemene

gevoel teen hom op te sweep nie.DHDA 253.2

En terwyl hy aldus teen die opposisie geveg het, die evangelie met onvermoeide ywer

voortgesit en die belange van ‘n kerk wat nog jonk in die geloof was bewaar het, het Paulus

‘n swaar sielelas vir al die gemeentes op die hart gedra.DHDA 253.3

Berigte van afvalligheid in sommige van die gemeentes wat hy gestig het, het hom

diep bedroef. Hy het gevrees dat sy pogings ter wille van hulle miskien tevergeefs mag

gewees het. Hy het baie slapelose nag in gebed en ernstige oorpeinsing deurgebring toe hy

verneem het watter metodes aangewend is om sy werk te belemmer. Soos die geleentheid

hom voorgedoen het en namate hulle toestand dit vereis het, het hy aan die gemeentes

173


Die Handelinge van die Apostels

geskryf en hulle bestraf, van raad bedien, vermaan en bemoedig. In hierdie briewe wei die

apostel nie uit oor sy eie beproewinge nie, maar daar was tog af en toe ‘n blik op sy arbeid

en lyding vir die saak van Christus. Géseling en gevangenskap, koue en honger en dors, in

gevare oor land en see, in die stad en in die woestyn, van sy eie landgenote, van die heidene

en van valse broeders-dit het hy alles ter wille van die evangelie verduur. Hy is “uitgeskel

... belaster ... die afskraapsel van almal...” gemaak, “...verdruk ... vervolg...” in alles

“...verdruk ... elke uur in gevaar ... oorgelewer in die dood om Jesus wil.”DHDA 253.4

Te midde van die voortdurende stroom van teëstand, die getier van vyande en

versaking deur vriende, het die onverskrokke apostel byna moed verloor, maar hy het na

Golgota teruggekyk en dan weer met nuwe ywer voortgebeur om die kennis van die

Gekruisigde te versprei. Hy het slegs op die bloedbevlekte weg getrap wat Christus voor

hom getrap het. Hy het geen ontslag uit die stryd verlang voordat hy sy wapenrusting aan

die voete van sy Verlosser sou neerlê nie.DHDA 254.1

174


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 29—’n Boodskap van Vermaning en Smeking*

Die eerste sendbrief aan die Korinthiërs is deur die apostel Paulus tydens die laaste

deel van sy verblyf in Éfese geskryf. Hy het vir geen ander ‘n dieper belangstelling gehad

of meer moeite gedoen as vir die gelowiges in Korinthe nie. Hy het ‘n anderhalfjaar lank

onder hulle gewerk en het die gekruisigde en opgestane Verlosser as die enigste weg van

verlossing aan hulle voorgehou en hulle aangespoor om onvoorwaardelik op die

herskeppende krag van Sy genade te vertrou. Voordat hy diegene wat die Christelike

belydenis afgelê het in die gemeenskap van die gelowiges opgeneem het, het Paulus gesorg

dat hy hulle veral oor die voorregte en pligte van die Christengelowige ingelig het en hy

het ernstig gepoog om hulle te help om getrou aan hul doopbeloftes te wees.DHDA 255.1

Paulus het ‘n fyn aanvoeling vir die konflik wat elke siel teen die magte van die bose

wat voortdurend streef om te mislei en te verstrik moet voer gehad en hy het onvermoeid

gewerk om diegene wat jonk in die geloof was, te versterk en te vestig. Hy het hulle

gesmeek om ‘n volle oorgawe aan God te maak; want hy het geweet dat indien die siel nie

daarin slaag om ten volle oor te gee nie, hy nie sy sonde versaak het nie, dat die begeertes

en hartstogte nog steeds stry om die oorhand te kry en versoekings die gewete

verwar.DHDA 255.2

Die oorgawe moet volkome wees. Elke swak, twyfelende, worstelende siel wat hom

ten volle aan die Here oorgee, word regstreeks in verbinding met die magte wat hom in

staat stel om te oorwin gebring. Die Hemel is na aan hom en in alle tye van beproewing en

nood het hy die ondersteuning en hulp van die engele van barmhartigheid.DHDA 255.3

Die lede van die gemeente in Korinthe was deur afgodery en sensualiteit in sy mees

aantreklikste vorm omring. Terwyl die apostel by hulle was, het daardie invloede min

aantrekkingskrag vir hulle ingehou. Paulus se vaste geloof, sy vurige gebede en ernstige

woorde van onderrig en bowenal sy godvrugtige lewe, het hulle gehelp om die self ter wille

van Christus te verloën eerder as om die genot van die sonde te geniet.DHDA 256.1

Na die vertrek van Paulus, het daar egter ongunstige toestande ontstaan; onkruid wat

deur die vyand gesaai is, het tussen die koring verskyn en eerlank het dit slegte vrugte begin

voortbring. Dit was ‘n tyd van ernstige beproewing vir die kerk in Korinthe. Die apostel

was nie meer by hulle om hulle ywer aan te spoor en hulle te help om in harmonie met die

wil van God te leef nie en geleidelik het baie van hulle agtelosig en onverskillig begin raak

en toegelaat dat hulle natuurlike smaak en neigings hulle beheer. Hy, wat hulle so dikwels

tot hoë ideale van reinheid en opregtheid aangespoor het, was nie meer by hulle nie en

menige wat tydens hulle bekering alle slegte gewoontes afgelê het, het na die aftakelende

sondes van die heidendom teruggekeer.DHDA 256.2

Paulus het kortliks aan die gemeente geskryf en hulle vermaan “...om nie met...”

lidmate “...om te gaan...” wat in sonde volhard nie; maar baie van die gelowiges het die

175


Die Handelinge van die Apostels

betekenis van die apostel se woorde verdraai, oor sy woorde geredekawel en hulself

verontskuldig om sy onderrig te verontagsaam.DHDA 256.3

Die kerk het ‘n brief aan Paulus gestuur om advies oor verskillende aangeleenthede te

verkry, maar niks aangaande die gruwelike sondes wat onder hulle bestaan het is genoem

nie. Die apostel was egter ernstig onder die invloed van die Heilige Gees gebring, dat die

ware toestand van die kerk vir hom verberg was en dat hierdie brief ‘n poging was om

uitsprake van hom te verkry wat die skrywers kon aanwend om hul eie doel te dien.DHDA

256.4

Omstreeks hierdie tyd het daar lede van die huisgesin van Chloë, ‘n gesiene

Christengesin in Korinthe, na Éfese gekom. Paulus het hulle oor die toedrag van sake

uitgevra en hulle het vir hom gesê dat die kerk ernstig verdeeld was. Die onenigheid wat

tydens die besoek van Apollos geheers het, het sterk toegeneem. Valse leraars het die lede

gelei om Paulus se onderrig te verag. Die leerstellings en verordeninge van die evangelie

is verdraai. Hoogmoed, afgodery en sinsgenot het geleidelik onder diegene wat voorheen

ywerig in die Christelike lewe was, toegeneem.DHDA 257.1

Toe hierdie prentjie vir hom geskilder is, het Paulus besef dat sy grootste vrese

verwesenlik is. Maar dit het hom nie oorreed dat sy werk ‘n mislukking was nie. “Met

benoudheid van hart...” en “...onder baie trane...” het hy God om raad gevra. Hy sou

Korinthe graag dadelik wou besoek indien dit die verstandige weg sou wees om te volg.

Maar hy het geweet dat die gelowiges in die huidige omstandighede nie by sy arbeid sou

baat nie en daarom het hy Titus gestuur om die weg vir ‘n latere besoek van hom voor te

berei. Toe het die apostel alle persoonlike gevoelens oor die optrede van diegene wat sulke

vreemde perversiteit aan die dag gelê het ter syde gestel, sy siel op God gevestig gehou en

een van sy verrykendste, leersaamste en kragtigste briewe aan die gemeente in Korinthe

geskryf.DHDA 257.2

Met merkwaardige duidelikheid het hy die verskillende vrae wat deur die kerk

geopper is beantwoord en algemene beginsels neergelê wat, indien dit gehoorsaam sou

word, dit na ‘n hoër geestelike vlak sou lei. Hulle het in gevaar verkeer en hy kon die

gedagte nie verduur dat hy op hierdie kritieke stadium nie daarin sou slaag om hul harte te

bereik nie. Hy het hulle getrou oor die gevaar waarin hulle verkeer gewaarsku. Hy het hulle

weer na Christus gewys en gepoog om die vuur van hul vroeëre toewyding opnuut te laat

ontvlam.DHDA 257.3

Die apostel se groot liefde vir die gelowiges in Korinthe word in sy deernisvolle groet

aan die gemeente geopenbaar. Hy het na hulle godsdienstige ervaring toe hulle van

afgodediens na die aanbidding en diens van die ware God gedraai het verwys. Hy het hulle

aan die gawes van die Heilige Gees wat hulle ontvang het herinner en aangedui dat dit hulle

voorreg was om voortdurend vooruitgang in die Christelike lewe te maak, totdat hulle die

176


Die Handelinge van die Apostels

reinheid en heiligheid van Christus sou bereik. Hy het geskryf: “Julle [is] in alle opsigte in

Hom ryk gemaak ... in elke woord en alle kennis; soos die getuienis aangaande Christus

bevestig is onder julle, sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle

wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus, wat julle ook sal bevestig tot die

einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.”DHDA 258.1

Paulus het duidelik oor die onenigheid wat in die gemeente in Korinthe ontstaan het

gepraat en het die lidmate gemaan om die stryd te staak. Hy het geskryf: “Ek vermaan julle,

broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees en dat

daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in

dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.”DHDA 258.2

Die apostel het die vrymoedigheid geneem om te meld hoe en deur wie hy ingelig is

aangaande die verdeeldheid in die gemeente. “Dit is aan my deur die huisgenote van Chloë

bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is.”DHDA 258.3

Paulus was ‘n geïnspireerde apostel. Die waarhede wat hy aan andere geleer het, het

hy “...op grond van ‘n openbaring...” ontvang, tog het die Here nie te alle tye aan hom die

toestand van Sy volk geopenbaar nie. In hierdie geval het diegene wat in die welvaart van

die gemeente in Korinthe belanggestel en die onheil gesien insluip het, die saak aan die

apostel voorgelê en op grond van die Goddelike openbaringe wat hy vroeër ontvang het,

was hy voorbereid om die aard van hierdie ontwikkelings te beoordeel. Ondanks die feit

dat die Here nie aan hom ‘n nuwe openbaring vir daardie besondere geleentheid gegee het

nie, het diegene wat waarlik na lig gesoek het, sy boodskap as die mening van Christus

aanvaar. Die Here het aan hom die probleme en gevare wat in die gemeentes sou ontstaan

gewys en, namate hierdie onheil ontstaan het, het die apostel die betekenis daarvan besef.

Hy is vir die beskerming van die kerk aangestel. Hy moes oor siele waak as iemand wat

rekenskap aan God moet gee en was dit dus nie vanselfsprekend en reg dat hy sou ag slaan

op die verslae aangaande wetteloosheid en verdeeldheid onder hulle nie? Verseker! En die

vermaning wat hy aan hulle gestuur het, was net so seker onder die ingewing van die Gees

van God geskryf soos elkeen van sy ander sendbriewe.DHDA 258.4

Die apostel het geen melding van die valse leraars wat daarop uit was om die vrugte

van sy arbeid te vernietig gemaak nie. As gevolg van die duisternis en die verdeeldheid in

die kerk, het hy wyslik besluit om hulle nie verder met verwysing hierna te irriteer nie, uit

vrees dat hy sommige heeltemal van die waarheid sou wegkeer. Hy het die aandag op sy

eie werk onder hulle gevestig as dié van ‘n “...bekwame boumeester...” wat die fondasie

gelê het waarop ander gebou het. Maar hy het homself nie daardeur verhef nie, want hy het

verklaar: “Want ons is medewerkers van God.” Hy het op geen wysheid van sy eie

aanspraak gemaak nie, maar erken dat Goddelike krag alleen hom in staat gestel het om

die waarheid op ‘n wyse aan te bied wat vir God aanneemlik was. Met Christus verenig,

die grootste Leermeester van almal, was Paulus in staat gestel om lesse van Goddelike

177


Die Handelinge van die Apostels

wysheid, wat in die behoeftes van alle klasse voorsien het en te alle tye, orals en onder alle

omstandighede van toepassing sou wees, oor te dra.DHDA 259.1

Onder die meer ernstige euwels wat onder die gelowiges in Korinthe ontstaan het, was

die terugkeer na baie van die aftakelende gebruike van die heidendom. Een voormalige

bekeerling het tot so mate afvallig geword dat sy losbandigheid selfs ‘n skending van die

lae, sedelike maatstawe van die Heidense wêreld was. Die apostel het by die gemeente

gepleit om tog “...dié slegte mens...” onder hulle uit te verwyder. “Weet julle nie...” het hy

hulle vermaan, “...dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou

suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees-soos julle inderdaad ongesuurd is.”DHDA

260.1

Nog ‘n ernstige euwel wat in die kerk ontstaan het, was dat die broeders mekaar voor

die hof gedaag het. Oorvloedige voorsiening is vir die oplossing van probleme onder

gelowiges getref. Christus het self duidelike opdragte oor hoe sulke aangeleenthede

beoordeel moes word gegee. “As jou broeder teen jou sondig...” het die Verlosser gesê,

“...gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder

gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond

van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. En as hy na julle nie luister nie, sê dit

aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos

die heiden en die tollenaar. Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal

in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel

ontbonde wees. ” (Mattheus 18:15-18.)DHDA 260.2

Aan die Korintiese gelowiges wat hierdie duidelike raad uit die oog verloor het, het

Paulus in geen onsekere terme van vermaning en teregwysing geskryf: “Durf iemand van

julle...” het hy gevra, “...wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges

en nie voor die heiliges nie? Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En

as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?

Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge? As julle

dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die

minste geag word. Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle,

wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie? Maar gaan die een broeder met die ander

na die regbank en dit voor ongelowiges? Dan is dit al werklik ‘n gebrek onder julle, dat

julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? ... Maar julle doen

onreg en pleeg roof, en dit aan broeders. Of weet julle nie dat die onregverdiges die

koninkryk van God nie sal beërwe nie?”DHDA 260.3

Satan poog voortdurend om wantroue, vervreemding en haat onder God se volk te

saai. Ons sal dikwels in die versoeking kom om te dink dat daar op ons regte inbreuk

gemaak word, selfs wanneer daar geen werklike rede vir sulke gevoelens is nie. Diegene

wie se liefde vir hulself sterker as hul liefde vir Christus en Sy saak is, sal voorkeur aan hul

178


Die Handelinge van die Apostels

eie belange skenk en hulle toevlug tot feitlik enige hulpmiddel neem om dit te bewaak en

te onderhou. Selfs baie wat pligsgetroue Christene blyk te wees, word deur trots en

eiewaarde verhinder om persoonlik na diegene wat hulle van onreg verdink te gaan, sodat

hulle in die gees van Christus met mekaar kan praat en saam vir mekaar kan bid. Wanneer

hulle dink dat hulle deur een van hulle broeders te na gekom is, sal sommige selfs na die

gereg gaan in plaas daarvan om die Heiland se reëls te volg.DHDA 261.1

Christene behoort hulle nie op burgerlike regbanke te beroep om geskille wat tussen

kerklidmate mag ontstaan te besleg nie. Sulke geskille behoort ooreenkomstig Christus se

opdragte onder mekaar, of deur die gemeente, besleg te word, Al het daar ook onreg

plaasgevind, sal die volgeling van die sagmoedige en nederige Jesus eerder toelaat dat hy

bedrieg word as om die sondes van sy broeders in die gemeente voor die wêreld te

ontbloot.DHDA 261.2

Regsgedinge tussen broers is ‘n smaad vir die saak van waarheid. Christene wat met

mekaar na die gereg gaan, stel die kerk aan die bespotting van sy vyande bloot en laat die

magte van die duisternis seëvier. Hulle kruisig Christus opnuut en stel Hom in die skande.

Deur die gesag van die kerk te ignoreer, toon hulle minagting vir God wat aan die kerk

haar gesag gegee het.DHDA 262.1

In hierdie brief aan die Korinthiërs het Paulus gepoog om die mag van Christus aan

hulle om hulle van die bose te weerhou te toon. Hy het geweet dat indien hulle aan die

voorwaardes sou voldoen, hulle sterk in die krag van die Almagtige sou wees. As ‘n manier

om hulle te help om van die slawerny van die sonde weg te breek en om die heiligheid in

die vrees van die Here te vervolmaak, het Paulus by hulle aangedring op die aansprake van

Hom, aan wie hulle tydens hul bekering, hul lewe gewy het. Die apostel het verklaar: “Julle

behoort aan Christus ... Weet julle nie ... dat julle nie aan julleself behoort nie? Want julle

is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God

behoort.”DHDA 262.2

Terwyl Paulus oor hoë intellektuele gawes beskik het, het sy lewe die krag van ‘n

seldsamer wysheid geopenbaar, wat aan hom vlugheid van begrip en ‘n deernisvolle hart

gegee het en hom in noue kontak met ander gebring het en wat hom in staat gestel het om

hulle beter geaardheid na vore te bring en hulle te besiel om na ‘n hoër lewe te streef. Sy

hart was met ‘n ernstige liefde vir die gelowiges in Korinthe gevul. Hy het verlang om te

sien dat hulle ‘n innerlike vroomheid openbaar wat hulle teen versoeking sou versterk. Hy

het geweet dat die sinagoge van Satan elke keer die Christelike weg sou teëwerk en dat

hulle elke dag in konflik sou verkeer. Hulle sou teen die listige benadering van die vyand

moes waak, om hul ou gewoontes en natuurlike neigings terug te dwing en altyd waaksaam

in gebed te wees. Paulus het geweet dat ‘n hoër Christelike ervaring slegs deur baie gebede

en voortdurende waaksaamheid bereik kon word en hy het gepoog om dit in hulle gedagtes

te vestig. Maar hy het ook geweet dat hulle in die gekruisigde Christus genoeg krag ontvang

179


Die Handelinge van die Apostels

het om die siel te bekeer en Goddelik aangepas is om hulle in staat te stel om alle

versoekings te weerstaan. Met geloof in God as hulle wapenrusting en met Sy Woord as

wapen teen oorlogvoering, sou hulle van innerlike krag voorsien word wat hulle in staat

sou stel om die aanvalle van die vyand af te weer.DHDA 262.3

Die gelowiges in Korinthe het ‘n dieper ervaring in die dinge van God nodig gehad.

Hulle het nie ten volle geweet wat dit beteken om Sy heerlikheid te aanskou en om ‘n

verandering van karakter te ondergaan nie. Hulle het maar slegs die eerste strale van die

vroeë daeraad van daardie heerlikheid gesien. Paulus se begeerte vir hulle was dat hulle

met al die volheid van God vervul sou word, om Hom, wie se opgang so seker soos die

daeraad is, te leer ken, totdat hulle die volle middaguur van ‘n volmaakte evangeliegeloof

bereik.DHDA 263.1

180


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 30—Geroep om ‘n Hoër Maatstaf te Bereik*

In die hoop om die gemoedere van die gelowiges met die belangrikheid van ferm

selfbeheersing, streng matigheid en onverpoosde ywer in diens van Christus te beïndruk,

het Paulus in sy brief aan hulle ‘n treffende vergelyking tussen die Christelike

oorlogvoering en die gevierde wedlope wat met vasgestelde tussenposes naby Korinthe

gehou is getref. Van al die spele wat onder die Grieke en Romeine ingestel was, was die

wedlope die oudste en mees gewaardeerde. Dit is deur konings, adellikes en staatsmanne

bygewoon. Jong manne van rang en rykdom het daaraan deelgeneem en is deur geen moeite

of dissipline gestuit in hulle poging om die prys te verwerf nie.DHDA 264.1

Die wedstryde is aan streng voorskrifte, sonder enige appel onderwerp. Diegene wat

begeer het om hulle name as mededingers vir die prys in te skryf, moes eers streng

voorbereidende opleiding ondergaan. Nadelige toegewing aan eetlus of enige ander

bevrediging wat geestelike of fisiese krag sou belemmer, was streng verbode. Vir enige

hoop op sukses in hierdie krag- en spoedmeting, moes die spiere sterk en soepel wees en

die senuwees goed onder beheer. Elke beweging moes seker, elke stap vinnig en doelgerig

wees; die fisiese krag moes die hoogste vlak bereik.DHDA 264.2

Soos die deelnemers aan die wedloop voor die wagtende menigte verskyn het, is hulle

name aangekondig en die reëls van die wedloop duidelik uiteengesit. Dan het almal gelyk

weggespring en die onafgebroke aandag van die toeskouers het hulle geïnspireer met ‘n

vasberadenheid om te wen. Die beoordelaars het naby die eindpunt gesit, sodat hulle die

wedloop van begin tot einde kon dophou en die prys aan die ware oorwinnaar kon

oorhandig. Indien ‘n man eerste by die wenpaal aangekom het deur homself op ‘n

ongeoorloofde wyse te bevoordeel, is die prys nie aan hom toegeken nie.DHDA 264.3

In hierdie wedstryde is groot risiko’s geneem. Sommige het nooit van die felle

liggaamlike inspanning herstel nie. Dit het dikwels gebeur dat mans met ‘n bloeiende mond

en neus op die baan neergeslaan het en soms sou ‘n mededinger selfs dood neergesak net

voor hy die prys kon behaal. Maar die moontlikheid van ‘n lewenslange besering of dood

was nie as ‘n te groot waagstuk beskou ter wille van die eer wat aan die suksesvolle

deelnemer toegeken is nie.DHDA 265.1

Wanneer die wenner die wenpaal bereik het, is die lug met die applous van die groot

menigte toeskouers deurdrenk en het die weerklank daarvan uit die omliggende heuwels

en berge opgeklink. In volle aanskoue van al die toeskouers, het die beoordelaar die

embleme van oorwinning aan hom oorhandig-’n lourierkrans en ‘n palmtak wat hy in sy

regterhand moes dra. Sy lof is deur die hele land besing; sy ouers het in die eer gedeel en

selfs die stad waar hy gewoon het, is in hoë aansien gehou omdat dit so ‘n voortreflike

atleet opgelewer het.DHDA 265.2

181


Die Handelinge van die Apostels

Deur na hierdie wedlope as ‘n beeld van die Christelike oorlogvoering te verwys, het

Paulus die klem op die voorbereiding wat nodig was vir die sukses van die deelnemers aan

die wedloop, gelê-die voorafgaande dissipline, die streng dieet en die noodsaaklikheid van

matigheid. Hy het verklaar: “Elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles.”

Die deelnemers aan die wedloop het hulself van elke genieting wat sou neig om die fisiese

krag te verswak weerhou en deur streng en deurlopende dissipline, hulle spiere opgelei vir

krag en uithouvermoë, sodat wanneer die dag van die wedloop sou aanbreek, hulle hul

kragte tot die uiterste toe kon inspan. Hoeveel belangriker is dit dus dat die Christen, wie

se ewige belange op die spel is, sy begeertes en passie aan die rede en die wil van God

onderwerp! Hy moet nooit toelaat dat sy aandag deur vermaak, luukshede, of gemaksug

afgelei word nie. Al sy gewoontes en passies moet onder die strengste dissipline gebring

word. Die rede, deur die leerstelling van God se Woord en deur Sy Gees verlig, moet beheer

oor die leisels behou.DHDA 265.3

En nadat dit gedoen is, moet die Christen hom tot die uiterste inspan om die

oorwinning te behaal. In die Korintiese spele het die deelnemers die laaste paar treë met

pynlike inspanning afgelê om hulle spoed vol te hou. So sal die Christen ook, wanneer hy

die eindpaal nader, met meer ywer en vasberadenheid voortspoed as aan die begin van sy

wedloop.DHDA 266.1

Paulus stel die kontras tussen die verganklike verwelklike lourierkrans wat die

oorwinnaar in die wedloop ontvang het en die kroon van onverganklike heerlikheid wat

aan die oorwinnaar in die Christelike wedloop gegee sal word. Hy verklaar dat hulle dit

doen “...om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike.” Om ‘n

verganklike prys te wen, het die Griekse naellopers hulle geen moeite of dissipline gespaar

nie. Ons streef na ‘n prys wat oneindig meer waardevol is, naamlik die kroon van die ewige

lewe. Hoeveel versigtiger behoort ons strewe te wees, hoeveel bereidwilliger behoort ons

opoffering en selfverloëning te wees!DHDA 266.2

In die sendbrief aan die Hebreërs, word daar gewys op die opregtheid van hart wat die

Christen se wedloop om die ewige lewe behoort te kenmerk: “Laat ons ook elke las aflê en

die sonde wat ons so maklik omring en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof.” (Hebreërs 12:1,2).

Afguns, kwaadwilligheid, boosaardige agterdog en hebsug-dit is die laste wat die Christen

moet aflê indien hy die wedloop om die ewige lewe met welslae wil hardloop. Elke

gewoonte of gebruik wat tot sonde lei en oneer aan Christus bring, moet mee weggedoen

word, ongeag die opoffering. Die seën van die hemel kan op geen mens rus wat die ewige

beginsels van geregtigheid oortree nie. Een gekoesterde sonde is genoeg om ontaarding

van die karakter te bewerkstellig en ander te mislei.DHDA 266.3

Die Heiland het gesê: “As jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om

vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike

182


Die Handelinge van die Apostels

vuur, waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie. En as jou voet jou laat

struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te

hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur.” (Markus 9:43-45.) As die voet

of die hand afgekap moet word om die liggaam van die dood te verlos, of selfs die oog

uitgepluk moet word, hoeveel te meer behoort die Christen dan nie te streef om die sonde

wat die dood van die siel bring, af te lê nie!DHDA 267.1

Die deelnemers aan die antieke spele was nie seker van die oorwinning, selfs nadat

hulle hulself aan selfverloëning en streng dissipline onderwerp het nie. Paulus vra: “Weet

julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys

ontvang nie?” Hoe hard en ernstig die deelnemers ook al streef, die prys kan slegs aan een

toegeken word. Net een hand kon die gesogte lourierkrans vasgryp. Sommige kon moontlik

die uiterste poging inspan om die prys te wen, maar wanneer hulle die hand uitgesteek het

om dit te ontvang, het ‘n ander die gesogte skat ‘n oomblik voor hulle weggeraap.DHDA

267.2

Dit is nie die geval in die Christelike oorlogvoering nie. Niemand wat aan die

voorwaardes voldoen, sal aan die einde van die wedloop teleurgesteld wees nie. Niemand

wat ernstig is en volhard, sal nie sukses behaal nie. Die wedloop is nie vir die vinniges en

die stryd nie vir die sterkes nie. Die swakste heilige sowel as die sterkste kan die kroon van

onverganklike heerlikheid dra. Almal wat hulle lewens deur die krag van Goddelike genade

in ooreenstemming met die wil van Christus bring, kan wen. Die toepassing in die

lewensomstandighede wat in die beginsels wat in God se woord neergelê word, word te

dikwels as onbelangrik beskou; te gering om die aandag te verg. Maar met die oog op wat

op die spel is, is niks wat sal help of verhinder gering nie. Elke daad werp sy gewig in die

skaal wat die oorwinning of nederlaag in die lewe beslis. En die beloning wat aan diegene

wat oorwin gegee word, sal in verhouding met die inspanning en erns waarmee hulle gestry

het wees.DHDA 267.3

Die apostel het homself met ‘n man wat in ‘n wedloop hardloop en elke senuwee

inspan om die prys te win vergelyk. “Ek hardloop dan...” sê hy, “...soos een wat nie onseker

is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. Maar ek kasty my liggaam

en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik

sou wees nie.” Paulus het homself aan ernstige opleiding onderwerp om nie onseker of

lukraak in die Christelike wedloop te hardloop nie. Die woorde: “Ek kasty my liggaam...”

beteken letterlik om die begeertes, drifte en drange streng in toom te hou.DHDA 268.1

Paulus het gevrees dat hy, nadat hy vir ander gepreek het, moontlik self verwerplik

sou word. Hy het besef dat indien hy nie in sy lewe die beginsels uitvoer wat hy geglo en

verkondig het nie, sy arbeid ten behoewe van ander hom niks sal baat nie. Sy gesprekke,

sy invloed, sy weiering om aan selfbevrediging toe te gee, moes toon dat sy godsdiens nie

bloot ‘n belydenis was nie, maar ‘n daaglikse, lewende verbintenis met God. Een doelwit

183


Die Handelinge van die Apostels

het hy altyd voor oë gehou en ernstig nagestreef, naamlik om “...die geregtigheid wat uit

God is deur die geloof...” (Filippense 3:9) te bereik.DHDA 268.2

Paulus het geweet dat sy stryd teen die bose nie in sy leeftyd sou eindig nie. Hy was

altyd bewus van die noodsaaklikheid om homself streng te bewaak sodat aardse begeertes

nie sy geestelike ywer sou oorkom nie. Met al sy krag het hy voortgegaan om teen sy

natuurlike neigings te stry. Hy het gedurig die ideaal wat bereik moes word voor oë gehou

en deur gewillige gehoorsaamheid aan die wet van God gestreef om hierdie ideaal te bereik.

Sy woorde, sy gebruike, sy passies, alles was onder die beheer van die Gees van God

gebring.DHDA 268.3

Dit was hierdie heelhartige doel, om die wedloop vir die ewige lewe te wen, wat

Paulus graag in die lewens van die gelowiges in Korinthe geopenbaar wou sien. Hy het

geweet dat hulle, om Christus se ideaal vir hulle te bereik, ‘n lewenstryd voor hulle gehad

het waarvan daar geen verlossing was nie. Hy het by hulle gepleit om geregtigheid na te

strewe, dag vir dag op soek na vroomheid en sedelike uitnemendheid. Hy het by hulle

gepleit dat hulle elke las moes aflê en die doel van volmaaktheid in Christus moes

najaag.DHDA 269.1

Paulus het die Korinthiërs op die ervaringe van die eertydse Israel gewys, op die

seëninge waarmee hulle gehoorsaamheid beloon is en die oordele wat op hulle oortredings

gevolg het. Hy het hulle herinner aan die wonderlike wyse waarop die Hebreërs bedags

onder die beskerming van die wolkkolom en snags onder die beskerming van die

vuurkolom uit Egipte gelei is. So is hulle veilig deur die Rooi See gelei terwyl die

Egiptenare wat probeer het om dit op dieselfde wyse oor te steek almal verdrink het. Deur

hierdie dade het God Israel as Sy kerk erken. Hulle het “...almal dieselfde geestelike spys

geëet ... en almal dieselfde geestelike drank gedrink ... want hulle het gedrink uit ‘n

geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.” Die Hebreërs het tydens al hul

reise Christus as Leier gehad. Die rots wat geslaan was, het Christus getipeer, wat vir die

oortredinge van die mense verwond sou word, sodat die stroom van verlossing na almal

kon vloei.DHDA 269.2

Ondanks die guns wat God aan die Hebreërs betoon het, het die oordele van God, as

gevolg van hulle verlange na die weelde wat hulle in Egipte agtergelaat het en as gevolg

van hulle sonde en opstand, oor hulle gekom. Die apostel het die gelowiges in Korinthe

vermaan om gehoor aan die lesse in die ervarings van Israel te gee. Hy het verklaar:

“Hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos

hulle begerig was nie.” Hy het getoon hoe liefde vir gemak en plesier die weg vir sondes,

wat die besliste wraak van God ontketen het, voorberei het. Dit was toe die kinders van

Israel gaan sit het om te eet en te drink en opgestaan het om te speel, dat hulle van die vrees

van God wat hulle ervaar het terwyl hulle na die afkondiging van die wet geluister het,

vergeet het; en toe hulle ‘n goue kalf gemaak het om God voor te stel en dit aanbid het. En

184


Die Handelinge van die Apostels

dit was nadat hulle ‘n wellustige fees ten opsigte van die aanbidding van Baal-Peor geniet

het, dat baie van die Hebreërs weens losbandigheid omgekom het. Die toorn van God was

ontketen en op Sy bevel is “...drie-en-twintigduisend”... op een dag deur die plaag

gedood.DHDA 270.1

Die apostel het die Korinthiërs gemaan: “Wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy

nie val nie.” Indien hulle sou grootpraat en selfvoldaan raak en nalaat om te waak en te bid,

sou hulle in ernstige sonde verval en die toorn van God vir hulle op die hals haal. Tog wou

Paulus nie hê dat hulle aan vertwyfeling of mismoedigheid moes toegee nie. Hy het hulle

die versekering gegee: “God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek

word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan

verdra.”DHDA 270.2

Paulus het sy broers aangespoor om hulself af te vra watter invloed hulle woorde en

dade op ander sou hê en om niks te doen, hoe onskuldig ook al, wat afgodery mag goedkeur

of die gewete van diegene wat dalk swak in die geloof is, sou aanstoot gee nie. “Of julle

dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God. Wees geen oorsaak

van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie.”DHDA 270.3

Die apostel se woorde van waarskuwing aan die gemeente in Korinthe is op alle tye

van toepassing en is veral vir ons tyd aangepas. Met afgodery bedoel hy nie net die

aanbidding van afgode nie, maar ook selfbevrediging, gemaksug, bevrediging van

begeertes en hartstogte. ‘n Blote belydenis van geloof in Christus, ‘n spoggerige kennis

van die waarheid, maak nie van ‘n mens ‘n Christen nie. ‘n Godsdiens wat slegs probeer

om die oog, die oor en die smaak te bevredig, of wat selfbevrediging goedkeur, is nie die

godsdiens van Christus nie.DHDA 271.1

Deur die kerk met die menslike liggaam te vergelyk, illustreer die apostel gepas die

noue en harmonieuse verhouding wat tussen al die lede van die kerk van Christus behoort

te bestaan. Hy het geskryf: “Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam,

of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. As die voet sou sê: Omdat ek nie die

hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie-behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam niebehoort

hy daarom nie aan die liggaam nie? As die hele liggaam oog was, waar sou die

gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? Maar nou het God

elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. As almal een lid was, waar

sou die liggaam wees? Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. En die oog

kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle

nie nodig nie. ... Maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid

oorvloediger eer gegee, sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar

dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. En as een lid ly, ly al die lede saam en as een

185


Die Handelinge van die Apostels

lid geëer word, is al die lede saam bly. Maar julle is die liggaam van Christus en lede

afsonderlik.”DHDA 271.2

En dan, in woorde wat vanaf daardie dag tot op hede vir mans en vroue ‘n bron van

inspirasie en bemoediging was, het Paulus die belangrikheid van die liefde uiteengesit wat

deur die volgeling van Christus gekoester moet word: “Al sou ek die tale van mense en

engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende

simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al

die kennis en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit en ek het nie die liefde

nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel en al sou ek my liggaam

oorgee om verbrand te word en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat

nie.”DHDA 272.1

Dit maak nie saak hoe hoog die belydenis is nie, hy wie se hart nie met liefde vir God

en sy medemense gevul is nie, is nie ‘n ware dissipel van Christus nie. Al besit hy groot

geloof en al het hy die vermoë om wonderwerke te verrig, is sy geloof sonder liefde steeds

waardeloos. Hy lê miskien groot vrygewigheid aan die dag, maar indien hy uit ‘n ander

beweegrede as opregte liefde al sy goed skenk om die armes te voed, sou die daad hom nie

tot guns by God aanbeveel nie. In sy ywer kan hy selfs ‘n marteldood sterf, maar as dit nie

deur liefde aangedryf word nie, sal hy deur God as ‘n misleide entoesias of ‘n ambisieuse

huigelaar beskou word.DHDA 272.2

“Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat

nie groot nie, is nie opgeblase nie.” Die suiwerste vreugde spruit uit die diepste

vernedering. Die sterkste en edelste karakters is op die grondslag van geduld, liefde en

onderdanigheid aan die wil van God gebou.DHDA 272.3

Die liefde “...handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie

verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie.” Christelike liefde Christus plaas die gunstigste

uitleg op die motiewe en dade van ander. Dit openbaar nie hulle foute onnodiglik nie; dit

luister nie graag na ongunstige verslae nie, maar probeer eerder om die goeie eienskappe

van ander in die gedagte op te roep. “En nou bly geloof, hoop, liefde-hierdie drie; maar die

grootste hiervan is die liefde.”DHDA 272.4

Omdat die sedelike peil onder die gelowiges in Korinthe verlaag is, was daar diegene

wat van die fundamentele kenmerke van hulle geloof afstand gedoen het. Sommige het

sover gegaan om die leer van die opstanding te ontken. Paulus het hierdie dwaalleer met ‘n

baie duidelike getuienis aangaande die onmiskenbare bewyse van die opstanding van

Christus weerlê. Hy het verklaar dat Christus, na Sy dood, “...op die derde dag opgewek is

volgens die Skrifte; en dat Hy aan Cefas verskyn het; daarna aan die twaalf. Daarna het Hy

verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar

186


Die Handelinge van die Apostels

sommige al ontslaap het. Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;

en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.”DHDA 273.1

Met oortuigende krag het die apostel die groot waarheid aangaande die opstanding

uiteengesit. “As daar geen opstanding van die dode is nie...” het hy geredeneer, “...dan is

Christus ook nie opgewek nie. En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking

vergeefs en vergeefs ook julle geloof; en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat

ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten

minste as die dode nie opgewek word nie. Want as die dode nie opgewek word nie, dan is

Christus ook nie opgewek nie; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof

nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in Christus ontslaap het,

verlore. As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle

mense. Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die

wat ontslaap het.”DHDA 273.2

Die apostel het die gedagtes van die gelowiges in Korinthe vooruit geneem na die

triomf van die opstandingsmore wanneer die slapende heiliges opgewek sal word en

voortaan vir ewig by hulle Here sal lewe. “Kyk...” verklaar die apostel, “...ek deel julle ‘n

verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die

dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike

moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid

beklee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is, en hierdie

sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die

dood is verslind in die oorwinning. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou

oorwinning? ... God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus

Christus.”DHDA 274.1

Heerlik is die oorwinning wat op die gelowiges wag. Die apostel, wat die

moontlikhede voor die Korintiese gelowiges gerealiseer het, het gepoog om hulle uit die

selfsug en sinlike te verhef en die lewe met die hoop op onsterflikheid te verheerlik. Hy

het gepleit: “Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd

oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie

tevergeefs is nie.”DHDA 274.2

So het die apostel op die mees vasberade en indrukwekkendste wyse probeer om die

valse en gevaarlike begrippe en praktyke wat in die gemeente in Korinthe geheers het, reg

te stel. Hy het duidelik, maar tog met liefde vir hulle siele, gepraat. In sy waarskuwings en

teregwysings het lig van die troon van God op hulle geskyn om die verborge sondes wat

hulle lewens besoedel het, te openbaar. Hoe sou dit ontvang word?DHDA 274.3

187


Die Handelinge van die Apostels

Nadat die brief versend is, het Paulus gevrees dat dit wat hy geskryf het, diegene wat

hy wou bevoordeel miskien te diep sou verwond. Hy het ernstig gevrees vir ‘n verdere

vervreemding en het soms verlang om sy woorde te herroep. Diegene wat, soos die apostel,

‘n verantwoordelikheid vir geliefde gemeentes of instellings het, sal sy depressie en

selfverwyt die beste verstaan. Die diensknegte van God wat die las vir Sy werk in hierdie

tyd dra, het ‘n besef van dieselfde ervaring in hulle arbeid, konflik en angstige besorgdheid,

wat die lot van die groot apostel was. Belas deur die verdeeldheid in die kerk en met

ondankbaarheid en verraad beloon deur sommige na wie hy vir medelye en bystand

opgesien het en met die besef van die gevaar van die gemeentes wat ongeregtigheid koester,

was hy gedring om ‘n noukeurige en deursigtige getuienis in teregwysing van sonde te

lewer, terwyl hy terselfdertyd gebuk gegaan het onder die vrees dat hy miskien te kras

opgetree het. Met angstige besorgdheid het hy gewag op ‘n tyding oor die ontvangs van sy

boodskap.DHDA 274.4

188


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 31—Die Boodskap ter Harte Geneem*

Vanaf Éfese het Paulus op ‘n verdere sendingreis vertrek met die hoop om weer die

tonele van sy voormalige werk in Europa te besoek. Terwyl hy ‘n wyle in Troas vertoef

het “...om die evangelie van Christus te verkondig...” het hy sommige gevind wat gereed

was om na sy boodskap te luister. Hy het agterna na sy werk op hierdie plek verwys as dat

“...’n deur vir my in die Here geopen was.” Maar so suksesvol soos sy pogings in T roas

was, kon hy nie lank daar vertoef nie “Die sorg vir al die gemeentes...” en veral die

gemeente te Korinthe, het swaar op sy hart gerus. Hy het gehoop om Titus in Troas te

ontmoet en van hom te leer hoe die woorde van raad en teregwysing wat aan die broeders

in Korinthe gestuur is, ontvang is, maar hierin is hy teleurgestel. Oor hierdie ervaring het

hy geskryf dat “...ek geen rus vir my gees gehad [het] nie, omdat ek my broeder Titus nie

aangetref het nie.” Hy het dus uit Troas vertrek en na Macedonië oorgevaar waar hy

Timotheus in Filippi ontmoet het.DHDA 276.1

Gedurende hierdie tyd van angstigheid oor die gemeente in Korinthe, het Paulus vir

die beste gehoop; tog het daar soms gevoelens van diepe hartseer oor sy siel gespoel uit

vrees dat sy raad en vermanings moontlik verkeerd opgeneem is. Later het hy geskryf: “In

Macedonië ... het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons is op allerhande maniere verdruk;

van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikkinge. Maar Hy wat die nederiges troos,

naamlik God, het ons getroos deur die koms van Titus.”DHDA 276.2

Hierdie getroue boodskapper het die goeie nuus gebring dat ‘n wonderbaarlike

verandering onder die gelowiges in Korinthe plaasgevind het. Baie het die opdragte in

Paulus se brief aanvaar en berou oor hul sondes gehad. Hulle lewens was nie meer ‘n smaad

vir die Christendom nie, maar het ‘n kragtige invloed ten gunste van praktiese godsvrug

uitgeoefen.DHDA 276.3

Vol vreugde het die apostel nog ‘n brief aan die gelowiges in Korinthe gestuur waarin

hy die blydskap van sy hart uitgespreek het oor die goeie werk wat in hulle gedoen is. “Al

het ek julle ook deur die brief bedroef gemaak, is ek nie jammer nie, al was ek ook jammer.

” Terwyl hy deur vrees geteister was dat sy woorde geminag sou word, was hy soms spyt

dat hy so beslis en ernstig geskryf het. Maar hy het vervolg: “Nou is ek bly, nie omdat julle

bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens

die wil van God, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie. Want die droefheid volgens

die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding.” Die berou wat deur die invloed

van Goddelike genade op die hart voortgebring word, sal lei tot belydenis en versaking van

sonde. Dit was die vrugte wat die apostel verklaar het, wat in die lewens van die gelowiges

in Korinthe gesien is. “Wat ‘n groot ywer het dit in julle gewerk, ja, verantwoording,

verontwaardiging, vrees, verlange, ywer, bestraffing.”DHDA 277.1

189


Die Handelinge van die Apostels

Paulus het ‘n geruime tyd ‘n sielelas vir die gemeentes gehad-’n las wat so swaar was,

dat hy dit skaars kon verduur. Valse leraars het gepoog om sy invloed onder die gelowiges

te ondermyn en om hulle eie leerstellings in plaas van die waarheid van die evangelie af te

dwing. Die verwarring en ontmoediging waarmee Paulus omring was, blyk uit die woorde:

“...dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe

gewanhoop het.”DHDA 277.2

Maar nou was een oorsaak vir besorgdheid verwyder. Met die tyding van die

aanvaarding van sy brief aan die Korinthiërs, het Paulus met vreugdevolle woorde gesê:

“Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge

en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in

allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God

getroos word. Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook

oorvloedig deur Christus. Maar of ons verdruk word, dit is julle tot troos en redding; en dit

laat sy werking blyk deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan; en of

ons getroos word, dit is julle tot troos en redding. En ons hoop vir julle is vas, omdat ons

weet dat net soos julle deelgenote is aan die lyding , so ook aan die troos.”DHDA 277.3

Toe Paulus sy vreugde oor hul herlewing en groei in genade uitgespreek het, het hy

die lof aan God vir hierdie transformasie van hart en lewe toegeskryf. “Maar God sy

dank...” het hy uitgeroep, “...wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van

sy kennis deur ons versprei. Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God

onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan.” Dit was die gebruik in daardie

dae vir ‘n generaal wat oorwinnend uit ‘n oorlog teruggekeer het, om ‘n gevolg van

krygsgevangenes saam met hom te bring. By sulke geleenthede is wierookdraers aangestel

en wanneer die leër seëvierend tuisgekom het, was die geurige reuke vir die gevangenes

wat bestem was om te sterf, ‘n reuk van die dood wat aangedui het dat die tyd vir hulle

teregstelling naby was; maar vir die gevangenes wat guns van hul oorwinnaars ontvang het

en wie se lewens gespaar sou word, was dit ‘n geur van die lewe, omdat dit vir hulle ‘n

teken was dat hulle vryheid naby was.DHDA 278.1

Paulus was nou vol geloof en hoop. Hy het gevoel dat die Satan nie oor die werk van

God in Korinthe sou seëvier nie en met woorde van lof het hy die dankbaarheid van sy hart

betuig. Hy en sy medewerkers sou hulle oorwinning oor die vyande van Christus en die

waarheid vier deur met nuwe ywer voort te gaan om die kennis van die Heiland uit te brei.

Soos die wierook, moes die geur van die evangelie deur die hele wêreld versprei word. Vir

diegene wat Christus sou aanneem, sou die boodskap ‘n geur van lewe tot die lewe wees;

maar vir diegene wat in hulle ongeloof volhard het, sou dit ‘n reuk van die dood tot die

dood wees.DHDA 278.2

Met ‘n besef van die oorweldigende omvang van die werk, het Paulus uitgeroep: “Wie

is tot hierdie dinge bekwaam?” Wie is in staat om Christus op so ‘n wyse te verkondig dat

190


Die Handelinge van die Apostels

Sy vyande geen regverdige rede sal hê om die boodskapper of die boodskap wat hy

verkondig, te verag nie? Paulus het begeer om die gelowiges te beïndruk met die ernstige

verantwoordelikheid van die bediening van die evangelie. Slegs getrouheid in die prediking

van die woord, gepaard met ‘n rein, konsekwente lewe, kan die pogings van predikante vir

God aanvaarbaar en vir siele heilsaam maak. Predikante van ons tyd, belas met die besef

van die omvang van die werk, kan heel moontlik saam met die apostel uitroep: “Wie is tot

hierdie dinge bekwaam?”DHDA 279.1

Daar was diegene wat Paulus weens die skrywe van sy eerste brief van selfverheffing

beskuldig het. Die apostel het nou hierna verwys deur lede van die kerk te vra of hulle sy

beweegredes as sulks beoordeel het. Hy het verneem: “Begin ons weer om onsself aan te

beveel? Of het ons miskien, soos sommige, aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van

julle?” Gelowiges wat na ‘n nuwe plek verhuis het, het dikwels aanbevelingsbriewe van

die kerk waarmee hulle vroeër verenig was, met hulle saamgeneem; maar die voorste

werkers, die stigters van hierdie gemeentes, het geen aanbeveling van hierdie aard benodig

nie. Die gelowiges in Korinthe, wat uit die aanbidding van afgode tot die geloof van die

evangelie gelei is self, was die enigste aanbeveling wat Paulus nodig gehad het. Hulle

aanvaarding van die waarheid en die hervorming wat in hulle lewens plaasgevind het, het

sprekende getuienis van die getrouheid van sy arbeid en sy gesag om raad te gee, te bestraf

en as leraar van Christus te vermaan, gelewer.DHDA 279.2

Paulus het die broeders in Korinthe as sy getuigskrif beskou. “Julle...” het hy gesê,

“...is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense; omdat julle duidelik

‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees

van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.”DHDA

280.1

Die bekering van sondaars en hulle heiligmaking deur die waarheid, is die sterkste

bewys wat ‘n predikant kan hê dat God hom tot die bediening geroep het. Die getuienis

van sy apostelskap is op die harte van die bekeerlinge geskryf en word deur hul hernieude

lewes getuig. Christus word innerlik gevorm, die hoop van heerlikheid. ‘n Predikant word

grootliks deur hierdie seëls op sy bediening versterk.DHDA 280.2

Die predikante van Christus behoort vandag dieselfde getuienis, as wat deur die

gemeente in Korinthe as gevolg van Paulus se arbeid voortgebring is, te lewer. Maar

hoewel daar in hierdie tyd baie predikers is, is daar ‘n groot gebrek aan bekwame, heilige

predikante-manne wat vervul is met die liefde wat in die hart van Christus gewoon het.

Hoogmoed, selfvertroue, liefde vir die wêreld, foutvinderigheid, bitterheid, afguns, is die

vrugte van baie mense wat die geloof van Christus bely. Hul lewe, in skerp kontras met die

lewe van die Verlosser, lewer dikwels hartseer getuienis van die aard van die werk van die

bediening waaronder hulle tot bekering gekom het.DHDA 280.3

191


Die Handelinge van die Apostels

’n Mens kan geen groter eer ontvang as om deur God aanvaar te word as ‘n bekwame

bedienaar van die evangelie nie. Maar diegene wat die Here met krag en sukses in Sy werk

seën, roem nie. Hulle erken hulle algehele afhanklikheid van Hom en besef dat hulle uit

hul eie oor geen krag beskik nie. Soos Paulus sê hulle: “Nie dat ons uit onsself bekwaam

is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, wat ons ook

bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament... ”DHDA 280.4

’n Ware prediker doen die werk van die Meester. Hy is bewus van die belangrikheid

van sy werk en besef dat hy dieselfde verhouding met die kerk en die wêreld moet onderhou

soos wat Christus onderhou het. Hy werk onvermoeid om sondaars na ‘n edeler, hoër lewe

te lei, sodat hulle die beloning van ‘n oorwinnaar kan ontvang. Sy lippe is deur ‘n lewende

kool van die altaar aangeraak en Hy verhef Jesus as die enigste hoop vir die sondaar.

Diegene wat hom hoor, weet dat hy met vurige, effektiewe gebed nader aan God gekom

het. Die Heilige Gees het op hom gerus, sy siel het die lewensbelangrike, hemelse vuur

gevoel en hy is in staat om geestelike dinge met geestelike dinge te vergelyk. Mag om die

vestings van die Satan af te breek word aan hom gegee. Harte word deur sy aanbieding van

die liefde van God gebreek en baie word gelei om te verneem: “Wat moet ek doen om

gered te word?”DHDA 281.1

“Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons

ontvang het, gee ons nie moed op nie. Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik

is, afstand gedoen en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar

deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God

aan. Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik

die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die

verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op

hulle nie sou skyn nie. Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here,

en onsself as julle diensknegte om Jesus wil. Want God wat gesê het dat daar uit duisternis

lig moet skyn-dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis

van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.”DHDA 281.2

So het die apostel die genade en barmhartigheid van God vergroot, soos getoon in die

heilige vertroue wat aan hom as dienaar van Christus gewy is. Deur die oorvloedige

barmhartigheid van God is hy en sy broers in moeilikhede, verdrukking en gevare

onderhou. Hulle het nie hul geloof en lering geskoei om by die begeertes van hul

toehoorders aan te pas nie en ook geen waarheid wat noodsaaklik vir verlossing is verswyg

om hulle leer meer aantreklik te maak nie. Hulle het die waarheid met eenvoud en

helderheid aangebied en gebid vir die oortuiging en bekering van siele. En hulle het gepoog

om hulle gedrag in ooreenstemming met hulle lering te bring, sodat die waarheid wat

aangebied word, tot die gewete van elke mens aanbeveel sou word.DHDA 282.1

192


Die Handelinge van die Apostels

Die apostel het voortgegaan: “Ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die

voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.” God kon Sy waarheid

deur sondelose engele verkondig het, maar dit was nie Sy plan nie. Hy kies mense wat

swak is, as werktuie in die uitwerking van Sy planne. Die kosbare skat word in erdekruike

geplaas. Sy seëninge moet deur mense aan die wêreld gebring word. Deur hulle moet Sy

heerlikheid in die duisternis van sonde skyn. In liefdevolle bediening moet hulle sondaars

en behoeftiges ontmoet en na die kruis lei. En in al hulle werksaamhede moet hulle die

heerlikheid, die eer en die lof aan Hom, wat bo alles en almal is, toeskryf.DHDA 282.2

Met verwysing na sy eie ervaring, het Paulus getoon dat hy nie deur selfsugtige

motiewe die diens van Christus gekies het nie, want sy weg is deur beproewing en

versoeking geteister. Hy het geskryf: “In alles word ons verdruk, maar ons is nie

terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; vervolg, maar nie verlate nie;

neergewerp, maar nie vernietig nie. Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die

liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.”DHDA

282.3

Paulus het sy broers daaraan herinner dat hy en sy medewerkers in Christus,

voortdurend as boodskappers van Christus in gevaar verkeer het. Die ontberinge wat hulle

moes verduur, het hulle krag uitgeput. “Want altyd word ons wat lewe...” het hy geskryf,

“...oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees

openbaar kan word. So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle.” Omdat hierdie

bedienaars van Christus liggaamlik gely het, het hulle aan Sy dood gelykvormig geword.

Maar dit wat die dood in hulle bewerkstellig het, het geestelike lewe en gesondheid vir die

Korinthiërs gebring, wat deur geloof in die waarheid die ewige lewe deelagtig geword het.

In die lig hiervan moes die volgelinge van Jesus versigtig wees om nie die laste en

beproewinge van die arbeiders te verhoog deur nalatigheid en vervreemding nie. “En omdat

ons dieselfde Gees van die geloof het...” het Paulus voortgegaan, “...soos geskrywe is: Ek

het geglo, daarom het ek gespreek-glo ons ook, daarom spreek ons ook.” Ten volle oortuig

van die werklikheid van die waarheid wat aan hom toevertrou is, kon niks Paulus oorreed

om die Woord van God op ‘n bedrieglike wyse te hanteer of die oortuigings van sy siel te

verberg nie. Hy sou nie rykdom, eer of plesier bekom deur aan die menings van die wêreld

te voldoen nie. Alhoewel hy voortdurend, as gevolg van die geloof wat hy aan die

Korinthiërs verkondig het, in gevaar van martelaarskap verkeer het, was hy nie

geïntimideer nie, want hy het geweet dat Hy wat gesterf en weer opgestaan het, hom uit

die graf sou opwek en hom aan die Vader sou voorstel.DHDA 283.1

Hy het gesê: “Dit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het

deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God.”

Die apostels het die evangelie nie verkondig om hulself te verhef nie. Dit was met die hoop

om siele te red dat hulle hul lewens aan hierdie werk gewy het. En dit was hierdie hoop

193


Die Handelinge van die Apostels

wat hulle daarvan weerhou het om hul pogings nie weens dreigende gevare of werklike

lyding te staak nie.DHDA 283.2

“Daarom...” het Paulus verklaar, “...gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons

uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.” Paulus was

bewus van die mag van die vyand; maar alhoewel sy fisiese krag afgeneem het, het hy tog

die evangelie van Christus getrou en onwrikbaar verkondig. Geklee in die volle

wapenrusting van God, het hierdie held van die kruis die stryd voortgesit. Sy opgewekte

stem het verklaar dat hy ‘n oorwinnaar in die stryd was. Met sy blik op die beloning van

die gelowiges gerig, het hy seëvierend uitgeroep: “Ons ligte verdrukking wat vir ‘n

oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons

nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik,

maar die onsigbare ewig.”DHDA 284.1

Baie ernstig en hartroerend was die beroep van die apostel dat sy Korintiese broeders

opnuut die ongeëwenaarde liefde van hul Verlosser moet aanskou. Hy het geskryf: “Julle

ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van

julle arm geword het, sodat julle deur Sy armoede ryk kan word. ” Julle ken die hoogte

waarvandaan Hy neergebuig en die diepte van vernedering waartoe Hy neergedaal het.

Nadat Hy eenmaal die weg van selfverloëning en opoffering betree het, het Hy nie afgewyk

totdat Hy Sy lewe gegee het nie. Daar was vir Hom geen rus tussen die troon en die kruis

nie.DHDA 284.2

Paulus het punt vir punt breedvoerig bespreek, sodat diegene wat sy sendbrief sou lees

die wonderbare vernedering van die Verlosser om hulle ontwil ten volle kon begryp. Die

apostel het Christus voorgestel soos Hy was toe Hy aan God gelyk was en saam met Hom

die aanbidding van die engele ontvang het en Sy weg gevolg het totdat Hy die laagste

dieptes van vernedering bereik het. Paulus was daarvan oortuig dat indien hulle daartoe

gelei kon word om die verstommende offer wat die Majesteit van die hemel gebring het te

begryp, alle selfsug uit hulle lewens verban sou wees. Hy het daarop gewys hoe die Seun

van God Sy heerlikheid neergelê het, Homself vrywilliglik aan die toestande van die

menslike natuur onderwerp het en Homself as dienskneg verneder het en gehoorsaam

geword het tot die dood, “...ja, die dood van die kruis..” (Filippense 2:8), sodat Hy die

gevalle mensdom van ondergang tot die hoop en vreugde van die hemel kon ophef.DHDA

284.3

Wanneer ons die Goddelike karakter in die lig van die kruis bestudeer, sien ons

barmhartigheid, teerheid en vergifnis, vermeng met regverdigheid. Ons sien in die middel

van die troon, Een wat in Sy hande en voete en in Sy sy die merke van die lyding wat Hy

verduur het om die mensdom met God te versoen. Ons sien ‘n Ewige Vader wat in

ontoeganklike lig woon, maar wat ons nogtans, deur die verdienste van Sy Seun, vir

Homself aanneem. Die wolk van wraak wat ons slegs met ellende en wanhoop bedreig het,

194


Die Handelinge van die Apostels

openbaar in die lig wat vanaf die kruis weerspieël word, die handskrif van God: Leef,

sondaar, leef! Julle gelowige, boetvaardige siele, leef! Ek het die losprys betaal.DHDA

285.1

In die bepeinsing van Christus, vertoef ons op die oewer van ‘n onmeetlike liefde. Ons

probeer om van hierdie liefde te vertel, maar dit ontbreek ons aan woorde. Ons oorweeg

Sy lewe op aarde, Sy opoffering vir ons, Sy werk in die hemel as ons Voorspraak en aan

die wonings wat Hy gaan berei het vir diegene wat Hom liefhet en ons kan net uitroep: O,

die hoogte en die diepte van die liefde van Christus! “Hierin is die liefde: nie dat ons God

liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening

vir ons sondes ... Kyk wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van

God genoem kan word!” (1 Johannes 4:10;3:1).DHDA 285.2

In elke ware dissipel brand hierdie liefde soos ‘n heilige vuur op die altaar van die

hart. Dit was op die aarde dat die liefde van God vir die mens deur Christus geopenbaar is.

Dit is op aarde dat Sy kinders hierdie liefde deur hul onbesproke lewens moet weerspieël.

Sodoende sal sondaars na die kruis gelei word om die Lam van God te aanskou.DHDA

286.1

195


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 32—’n Vrygewige Gemeente

In sy eerste sendbrief aan die kerk in Korinte het Paulus die gelowiges opdrag gegee

met betrekking tot die algemene beginsels onderliggend aan die ondersteuning van God se

werk op aarde. In sy skrywe aangaande sy apostoliese arbeid namens hulle, vra hy:DHDA

287.1

“Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrug

nie? Of wie pas ‘n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie? Sê ek dit miskien

menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie? Want in die wet van Moses is geskrywe: ‘n Os

wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom

bekommer? Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit

geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy

hoop, deelagtig te word.”DHDA 287.2

Die apostel het verder verneem: “As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit ‘n

groot saak as ons julle stoflike goed maai? As ander deel het aan die reg op julle diens, het

ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons

verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie. Weet julle

nie dat die wat met heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar

besig is, met die altaar deel nie? So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig,

bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe. ” (1 Korinthiërs 9:7-14).DHDA 287.3

Die apostel het hier na die plan van die Here vir die onderhoud van die priesters wat

in die tempel dien, verwys. Diegene wat vir hierdie heilige amp afgesonder is, is deur hul

broers wie hulle met geestelike seëninge bedien het, onderhou. “Nou het hulle wat uit die

seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om, volgens die wet, van die volk

tiendes te neem.” (Hebreërs 7:5). Die stam van Levi is deur die Here gekies vir die heilige

ampte met betrekking tot die tempel en die priesterskap. Aangaande die priesters is gesê:

“Die Here jou God het hom ... uitverkies, dat hy altyd kan staan om te dien in die Naam

van die Here.” (Deuteronomium 18:5). Een tiende van al die aanwas is deur die Here as Sy

eie geëis en indien iemand die tiende weerhou het, is dit deur Hom as roof beskou.DHDA

287.4

Paulus het na hierdie plan vir die onderhouding van die bediening verwys toe hy gesê

het: “So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die

evangelie moet lewe.” En later het die apostel in sy brief aan Timotheus gesê: “Die arbeider

is sy loon werd.” (1 Timotheus 5:18).DHDA 288.1

Die betaling van tiendes was maar net ‘n deel van God se plan vir die onderhouding

van Sy diens. Talle geskenke en offergawes is duidelik deur God gespesifiseer. Onder die

Joodse stelsel is die volk geleer om ‘n vrygewige gees in die onderhoud van die saak van

God te koester, sowel as om in die behoeftes van behoeftiges te voorsien. Vir spesiale

196


Die Handelinge van die Apostels

geleenthede was daar vrywillige offergawes. Met oestyd en parstyd is die eerstelinge van

die veld-koring, wyn en olie-as ‘n offer aan die Here gewy. Die oorblyfsels en die hoeke

van die lande was vir die behoeftiges gereserveer. Die eerste vrugte van die wol wanneer

die skape geskeer is, van die graan wanneer die koring gedors is, is vir God afgesonder.

Dit het ook vir die eerstelinge van alle diere gegeld en ‘n losprys vir die eersgebore seun

moes betaal word. Die eerste vrugte moes voor die aangesig van die Here in die heiligdom

aangebied word en vir die gebruik van die priesters gewy word.DHDA 288.2

Deur hierdie stelsel van welwillendheid wou die Here Israel leer dat Hy eerste in alles

moet wees. So is hulle daaraan herinner dat God die Eienaar van hulle lande, hulle kleinvee

en hul beeste was; dat Hy die sonskyn en die reën gestuur het wat die oes laat ontwikkel

en ryp gemaak het. Alles wat hulle besit het, was Syne; hulle was slegs die rentmeesters

van Sy goedere.DHDA 288.3

Dit is nie God se doel dat Christene, wie se voorregte die Joodse nasie ver oortref nie,

minder vrygewig moet wees as hulle nie. Die Heiland het verklaar: “Elkeen aan wie veel

gegee is, van hom sal veel gevorder word.” (Lukas 12:48). Die vrygewigheid wat van die

Hebreërs vereis was, was grootliks om hul eie nasie te bevoordeel; vandag strek die werk

van God oor die hele aarde. Christus het die skatte van die evangelie gedelegeer en op hulle

het Hy die verantwoordelikheid gelê om die blye boodskap van verlossing aan die hele

wêreld te verkondig. Ons verpligtinge is beslis baie groter as dié van antieke Israel.DHDA

289.1

Namate die werk van God uitbrei, sal die oproepe om hulp al hoe meer toeneem. Om

aan hierdie versoeke te voldoen, moet Christene ag slaan op die bevel: “Bring die hele

tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees.” (Maleagi 3:10). As belydende

Christene hul tiendes en offergawes getrou aan God bring, sal Sy skatkis vol wees. Dan sal

dit nie nodig wees om kermisse, loterye, of plesierige partytjies te reël om fondse vir die

ondersteuning van die evangelie in te samel nie.DHDA 289.2

Mense word in die versoeking gebring om hulle middele vir selfbevrediging, vir die

bevrediging van eetlus, vir persoonlike versiering of vir die versiering van hul huise te

gebruik. Talle gemeentelede aarsel nie om vrylik en selfs uitspattig geld hieraan te bestee

nie. Maar wanneer hulle versoek word om tot die skatkis van die Here by te dra vir die

voortsetting van Sy werk op aarde, het hulle bedenkinge. Moontlik sal hulle, omdat hulle

voel dat hulle nie anders kan nie, ‘n bedrag wat veel kleiner is as wat hulle vir onnodige

selfbevrediging uitgee, bydra. Hulle openbaar geen ware liefde vir die diens van Christus

nie en geen opregte belangstelling in die redding van siele nie. Dit is geen wonder dat die

Christelike lewe van sulke mense net ‘n verdwergde, sieklike bestaan is nie!DHDA 289.3

Hy, wie se hart met die liefde van Christus gloei, sal dit nie net as ‘n plig beskou nie,

maar ook as ‘n plesier om te help met die bevordering van die hoogste, heiligste werk wat

197


Die Handelinge van die Apostels

aan mense toevertrou is, naamlik om die rykdom van goedheid, genade en waarheid aan

die wêreld te verkondig.DHDA 290.1

Dit is die gees van hebsug wat mense daartoe lei om hulself tevrede te stel met wat

regmatiglik aan God behoort en hierdie gees is vir Hom vandag net so afskuwelik soos toe

Hy Sy volk streng deur Sy profeet bestraf en gesê het: “Mag ‘n mens God beroof? Want

julle beroof My en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. Met

die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!” (Maleagi

3:8,9).DHDA 290.2

Die gees van vrygewigheid is die gees van die hemel. Hierdie gees vind sy hoogste

manifestasie in die offer van Christus aan die kruis. Om ons ontwil het die Vader Sy

eniggebore Seun gegee; en Christus, nadat Hy alles wat Hy gehad het prysgegee het,

Homself gegee sodat die mensdom gered kon word. Die kruis van Golgota behoort vir elke

volgeling van die Verlosser ‘n oproep tot weldadigheid te wees. Die beginsel wat daar

uitgebeeld word, is om te gee en te gee. “Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so

te wandel soos Hy gewandel het.” (1 Johannes 2:6).DHDA 290.3

Aan die ander kant, is die gees van selfsug die gees van Satan. Die beginsel wat in die

lewe van wêreldlinge uitgebeeld word, is om te vat, vat, vat. Hulle hoop om op hierdie

wyse geluk en gemak te verseker, maar die vrug van die saad wat hulle saai, is ellende en

die dood.DHDA 290.4

Eers wanneer God ophou om Sy kinders te seën, sal hulle vrygestel word van die

bande om aan Hom die gedeelte wat Hy eis te gee. Hulle behoort nie slegs aan die Here

daardie deel te gee wat aan Hom behoort nie, maar behoort ook ‘n ruim bydrae as dankoffer

na Sy skatkis te bring. Met vreugdevolle harte moet hulle die eerste vrugte van hulle

oorvloed aan die Skepper wy, naamlik hul beste en heiligste diens. So sal hulle ryke

seëninge ontvang. God self sal hulle siel soos ‘n besproeide tuin maak waar water nooit

ontbreek nie. En wanneer die laaste groot oes ingesamel word, sal die gerwe wat hulle in

staat was om na die Meester te bring, die loon wees van hul onbaatsugtige gebruik van die

talente wat aan hulle verleen is.DHDA 290.5

God se uitverkore boodskappers, wat met aggressiewe arbeid besig is, behoort nooit

gedwing te word om op hul eie onkoste tot die stryd toe te tree sonder die deernisvolle en

opregte steun van hul broers nie. Dit is die gemeentelede se deel om vrygewig teenoor

diegene, wat hul sekulêre diens verlaat het om hulself aan die bediening oor te gee, te wees.

Wanneer die predikers van God aangemoedig word, word Sy saak grootliks bevorder. Maar

wanneer hul regmatige steun weens die selfsug van mense weerhou word, word hulle hande

verswak en dikwels word hul bruikbaarheid ernstig belemmer.DHDA 291.1

Die misnoeë van God word ontketen teen diegene wat beweer dat hulle Sy volgelinge

is, maar toelaat dat toegewyde werkers gebrek ly aan lewensbehoeftes terwyl hulle besig

198


Die Handelinge van die Apostels

is met aktiewe bediening. Hierdie selfsugtiges sal verantwoording moet doen, nie net vir

die misbruik van hul Here se geld nie, maar ook vir die neerslagtigheid en hartseer wat

hulle optrede aan Sy getroue dienaars veroorsaak het. Diegene wat tot die werk van die

bediening geroep is en gehoorsaam aan die roepstem van hulle plig alles prysgegee het om

die diens van God te aanvaar, behoort weens hulle selfopofferende werk genoegsaam

beloon te word om hulself en hul gesinne te onderhou.DHDA 291.2

In die verskillende afdelings van sekulêre arbeid, kan getroue werkers, geestelik en

liggaamlik, ‘n goeie loon verdien. Is die verspreiding van die waarheid en die leiding van

siele na Christus nie belangriker as enige gewone sake nie? En is diegene wat hierdie werk

getrou verrig, nie met reg op ruim vergoeding geregtig nie? Volgens ons skatting van die

relatiewe waarde van arbeid vir morele en liggaamlike beswil, bewys ons ons waardering

vir die hemelse in vergelyking met die aardse.DHDA 291.3

Sodat daar fondse in die skatkis vir die onderhouding van die bediening kan wees en

om aan die oproepe om hulp in sendingondernemings te voldoen, is dit nodig dat die volk

met blymoedigheid vrylik moet bydra. ‘n Plegtige verantwoordelikheid rus op die

predikante om die behoeftes van die saak van God aan die gemeentes voor te hou en om

hulle te leer om vrygewig te wees. Wanneer dit afgeskeep word en die gemeentes nalaat

om in die nood van ander te voorsien, is dit nie slegs die werk van God wat daaronder ly

nie, maar word die seën wat die gelowiges toekom, van hulle weerhou.DHDA 292.1

Selfs die heel armstes behoort hulle offergawes aan God te bring. Hulle moet in die

genade van Christus deel, deur self te verloën om andere te help wie se behoeftes

dringender as hul eie is. Die geskenk van die behoeftige, die vrug van selfverloëning, styg

soos welriekende wierook voor God op. En elke daad van selfopoffering versterk die gees

van welwillendheid in die hart van die gewer en bring hom in noue kontak met die Een wat

ryk was, maar om ons ontwil arm geword het sodat ons deur Sy armoede ryk kan

word.DHDA 292.2

Die daad van die weduwee wat die twee muntstukkies, wat alles wa wat sy gehad het,

in die skatkis gegooi het, is op rekord geplaas ter aanmoediging van diegene wat, terwyl

hulle met armoede worstel, steeds verlang om die saak van God te ondersteun. Christus het

die dissipels se aandag op hierdie vrou gevestig wat “...haar hele lewensonderhoud...”

(Markus 12:44) gegee het. Hy het haar gawe van meer waarde geag as die groot offergawes

van diegene wie se aalmoese geen selfopoffering vereis het nie. Uit hulle oorvloed het hulle

‘n klein gedeelte geskenk. Om haar offergawe te gee, het die weduwee haar selfs van die

lewensbenodigdhede ontneem en op God vertrou om in haar behoeftes vir die volgende

dag te voorsien. Van haar het die Heiland gesê: “Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm

weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.” (vers 43). So het Hy

geleer dat die waarde van die offergawe nie volgens die bedrag geskat word nie, maar

199


Die Handelinge van die Apostels

volgens die verhouding wat gegee word en die dryfveer wat die gewer beweeg.DHDA

292.3

In sy bediening van die gemeentes het die apostel Paulus onvermoeid getrag om die

harte van die nuwe bekeerlinge te besiel met ‘n begeerte om groot dinge vir die saak van

God te doen. Hy het hulle dikwels aangespoor om vrygewig te wees. Aangaande sy vroeëre

arbeid onder hulle het hy aan die ouderlinge van Éfese gesê: “Ek het julle in alles getoon

dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet

onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.” (Handelinge 20:35).

Aan die Korinthiërs het hy geskryf: “Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en

wie volop saai, sal ook volop maai. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie

met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.” (2 Korinthiërs

9:6,7).DHDA 293.1

Byna al die gelowiges in Macedonië was arm aan wêreldse goedere, maar hulle harte

het oorgeloop van liefde vir God en Sy waarheid en hulle het met blymoedigheid gegee om

die evangelie te ondersteun. Toe algemene insamelings ter ondersteuning van die Joodse

gelowiges in die Heidense gemeentes ingevorder is, is die vrygewigheid van die

Macedoniese gemeentes as voorbeeld aan die ander gemeentes voorgehou. In sy brief aan

die gelowiges in Korinthe vestig die apostel hulle aandag op “...die genade van God wat

aan die gemeentes van Macedonië geskenk is, dat onder baie beproewing deur verdrukking

hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke

milddadigheid. Want hulle was na vermoë ... ja, bo vermoë gewillig, en het ons met groot

aandrang gesmeek dat ons hulle gawe en hulle deel in die diensbetoning aan die heiliges

moet ontvang.” (2 Korinthiërs 8:1-4).DHDA 293.2

Die bereidwilligheid van die Macedoniese gelowiges om op te offer, was die gevolg

van heelhartige toewyding. Deur die Gees van God beweeg, het hulle “...hulself eers aan

die Here gegee...” (2 Korinthiërs 8:5) en daarna was hulle bereid om hulle middele vrylik

by te dra vir die onderhoud van die evangelie. Dit was nie nodig om hulle aan te moedig

om te gee nie; hulle het hulle eerder in die voorreg om hulself van selfs die nodige te ontsê

sodat hulle in die behoeftes van andere kon voorsien, verbly. Toe die apostel hulle wou

keer, het hulle hom oorreed om hulle offergawe te aanvaar. In hulle eenvoud en opregtheid

en liefde vir die broeders, het hulle hulself verloën en was sodoende oorvloedig in die vrug

van hul welwillendheid.DHDA 294.1

Toe Paulus Titus na Korinthe gestuur het om die gelowiges daar te versterk, het hy

hom beveel om die gemeente in die genade van vrygewigheid op te bou en in ‘n persoonlike

brief aan die gelowiges het hy self ook ‘n beroep op hulle gedoen: “Soos julle in alles

oorvloedig is...” het hy gepleit, “...in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle

liefde vir ons-sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is ... Maar voltooi nou die

daad ook, sodat, net soos die bereidheid om te wil daar was, so ook die voltooiing kan wees

200


Die Handelinge van die Apostels

uit wat julle besit. Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat

iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie ... En God het mag om alle genade oorvloedig

oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees

tot elke goeie werk ... Sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat

danksegging aan God deur ons bewerk.” (2 Korinthiërs 8:7,11,12;9:8-11).DHDA 294.2

Onselfsugtige vrygewigheid het aan die vroeë kerk groot vreugde besorg, want die

gelowiges het geweet dat hul pogings gehelp het om die boodskap van die evangelie na

diegene in duisternis te stuur. Hulle welwillendheid het getuig dat hulle die genade van

God nie tevergeefs ontvang het nie. Wat anders as die heiligmaking van die Gees kan sulke

vrygewigheid voortbring? In die oë van gelowiges sowel as ongelowiges, was dit ‘n

wonderwerk van genade.DHDA 294.3

Geestelike voorspoed hang ten nouste saam Christelike vrygewigheid. Die volgelinge

van Christus moet hulle verheug in die voorreg om die weldadigheid van hulle Verlosser

in hul eie lewens te openbaar. As hulle aan die Here gee, het hulle die versekering dat hulle

skatte voor hulle na die hemel uitgaan. Wil mense hulle besittings beveilig? Laat hulle dit

in die hande wat die littekens van die kruisiging dra plaas. Wil hulle hul middele geniet?

Laat hulle dit gebruik om die armes en ellendiges te seën. Wil hulle hul besittings

vermeerder? Laat hulle ag gee op die opdrag van God: “Vereer die Here uit jou goed en uit

die eerstelinge van al jou inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou

parskuipe oorloop van mos.” (Spreuke 3:9,10). As hulle probeer om hulle besittings vir

selfsugtige doeleindes te behou, sal hulle dit vir ewig verloor. Maar as hulle hul skatte aan

God gee, dra dit van daardie oomblik af Sy inskripsie. Dit is met Sy onveranderlikheid

verseël.DHDA 295.1

God verklaar: “Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai.” (Jesaja 32:20). Om die

gawes van God voortdurend aan die saak van God, oral waar mense se behoeftes ons hulp

nodig het te bestee, neig nie na armoede nie. “Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry

en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.” (Spreuke 11:24). Die saaier

vermenigvuldig sy saad deur dit weg te gooi. So gaan dit met diegene wat die gawes van

God getrou uitdeel. Deur uit te gee, vermenigvuldig hulle hul seëninge. God het beloof:

“Gee en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is,

sal hulle in jul skoot gee.” (Lukas 6:38).DHDA 295.2

201


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 33—Werk Onder Moeilike Omstandighede

Hoewel Paulus versigtig was om die duidelike leer van die Skrifte met betrekking tot

die regmatige ondersteuning van die werk van God noukeurig aan sy bekeerlinge

voorgehou het en hoewel hy, as prediker van die evangelie, die “...reg om die handearbeid

na te laat... ” (1 Korinthiërs 9:6) om in sy lewensonderhoud te voorsien, vir homself

voorbehou het, het hy homself tog op verskillende stadiums gedurende sy bediening in die

groot sentrums van die beskawing, deur middel van sy eie handearbeid onderhou.DHDA

296.1

Onder die Jode was handearbeid nie as vreemd of vernederend beskou nie. Die

Hebreërs het deur Moses opdrag ontvang om hul kinders op te lei tot vlytige gewoontes en

dit was as ‘n sonde beskou om die jeug onkundig in fisiese arbeid te groot te maak. Al

moes ‘n kind vir ‘n heilige amp opgelei word, was kennis van die praktiese lewe as

noodsaaklik beskou. Elke jeugdige, ongeag of sy ouers ryk of arm was, is in die een of

ander ambag opgelei. Ouers wat nagelaat het om opleiding van hierdie aard aan hulle

kinders te gee, is beskou as dat hulle van die opdragte van die Here afwyk. Ooreenkomstig

hierdie gewoonte het Paulus reeds vroeg die ambag van tentmaker geleer.DHDA 296.2

Voordat hy ‘n dissipel van Christus geword het, het Paulus ‘n hoë posisie beklee en

hy was nie van handearbeid afhanklik vir sy onderhoud nie. Maar later, nadat hy al sy

middele vir die bevordering van die saak van Christus aangewend het, het hy soms op sy

beroep teruggeval om ‘n bestaan te maak. Dit het veral in plekke gegeld waar sy motiewe

moontlik misverstaan kon word.DHDA 296.3

Dit is in Thessalonika dat ons vir die eerste keer lees van Paulus se selfonderhoudende

handearbeid terwyl hy die Woord verkondig het. Toe hy aan die kerk van die gelowiges

daar geskryf het, het hy hulle daaraan herinner dat hy “...met gesag...” kon opgetree het en

bygevoeg: “Julle onthou tog, broeders, ons arbeid en inspanning; want terwyl ons nag en

dag gewerk het om niemand van julle te beswaar nie, het ons die evangelie van God aan

julle verkondig.” (1 Thessalonicense 2:6,9). En weer, in sy tweede sendbrief aan hulle het

hy verklaar dat hy en sy medewerker, terwyl hulle by hulle was, “...nie brood by iemand

kosteloos geëet...” het nie. Hy het geskryf dat hulle dag en nag gewerk het “...om nie

iemand van julle tot las te wees nie. Nie dat ons nie die reg het nie, maar om onsself vir

julle as ‘n voorbeeld te stel, dat julle ons kan navolg.” (2 Thessalonicense 3:8,9).DHDA

296.4

In Thessalonika het Paulus diegene teëgekom wat geweier het om met hul hande te

werk. Dit was van hierdie klas wat hy agterna geskryf het: “Ons hoor dat sommige onder

julle onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is. Sulke mense beveel en

vermaan ons deur onse Here Jesus Christus, om rustig te werk en hulle eie brood te eet.”

Terwyl hy in Thessalonika gewerk het, het Paulus hom daarop toegelê om vir sulke persone

202


Die Handelinge van die Apostels

die regte voorbeeld te stel. “Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel:

as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.” (Verse 11,12,10).DHDA 297.1

In elke eeu het Satan gepoog om die pogings van God se dienaars te belemmer, deur

‘n gees van fanatisme in die kerk in te bring. So was dit ook in Paulus se dag en so was dit

eeue later tydens die Hervorming. Wycliffe, Luther en baie ander wat die wêreld met hulle

invloed en geloof geseën het, het met die liste waardeur die vyand gestreef het om

oorywerige, ongebalanseerde en onheilige gedagtes tot fanatisme te lei, te doen gekry.

Misleide siele het verkondig dat die bereiking van ware heiligheid, die denke bo alle aardse

gedagtes voer en dit het daartoe gelei dat mense hulle heeltemal van werk weerhou het.

Ander, wat uiterste standpunte oor sekere tekste van die Skrif ingeneem het, het verkondig

dat dit ‘n sonde is om te werk-dat Christene hulle nie met hul eie en hul gesinne se tydelike

welsyn moet bemoei nie, maar hul lewens geheel en al aan geestelike dinge moet wy. Die

leer en voorbeeld van die apostel Paulus is ‘n teregwysing van sulke uiterste

sienings.DHDA 297.2

Paulus was nie heeltemal van die werk van sy hande afhanklik vir sy onderhoud terwyl

hy in Thessalonika was nie. Later, met verwysing na sy ervarings in daardie stad, het hy

aan die Filippense, in erkenning vir die geskenke wat hy van hulle ontvang het toe hy daar

was, geskryf en gesê: “Want ook in Thessalonika het julle vir my behoefte meer as een

maal iets gestuur.” (Filippense 4:16).DHDA 298.1

Ondanks die feit dat hy hierdie hulp ontvang het, was hy versigtig om aan die

Thessalonicense ‘n voorbeeld van ywer voor te hou, sodat niemand hom tereg van hebsug

kon beskuldig nie en ook sodat diegene wat fanatiese sienswyses aangaande handearbeid

gehuldig het, ‘n praktiese teregwysing kon ontvang.DHDA 298.2

Toe Paulus Korinthe vir die eerste keer besoek het, het hy hom onder ‘n volk bevind

wat agterdogtig oor die motiewe van vreemdelinge was. Die Grieke aan die seekus was

ywerige handelaars. Hulle het hulself vir so lank in geslepe sakepraktyke opgelei, dat hulle

geglo het dat wins godvrugtig is en dat dit prysenswaardig was om geld te verdien, hetsy

of dit deur billike of oneerlike maniere was. Paulus was bekend met hulle

karaktereienskappe en hy sou aan hulle geen geleentheid bied om te sê dat hy die evangelie

verkondig het om homself te verryk nie. Hy kon met reg onderhoud van sy Korintiese

toehoorders geëis het; maar hy was gewillig om hierdie reg te verbeur sodat sy

bruikbaarheid en sukses as prediker nie geskaad sou word deur die onregverdige agterdog

dat hy die evangelie vir wins verkondig het nie. Hy sou poog om alle geleenthede vir

wanvoorstelling uit die weg te ruim, sodat die krag van sy boodskap nie verlore sou gaan

nie.DHDA 298.3

Kort na sy aankoms in Korinthe het Paulus “...’n Jood gevind met die naam van

Aquila, afkomstig uit Pontus, wat onlangs met sy vrou Priscilla van Italië gekom het.”

203


Die Handelinge van die Apostels

Hulle was “...van dieselfde ambag...” as hy. Omdat hulle uit Rome deur ‘n dekreet van

Claudius wat alle Jode beveel het om Rome te verlaat verban is, het Aquila en Priscilla na

Korinthe gekom, waar hulle ‘n onderneming as vervaardigers van tente begin het. Paulus

het navraag oor hulle gedoen en toe hy leer dat hulle God vrees en probeer het om die

besoedelende invloede waarmee hulle omring was te vermy, “...het hy by hulle gebly en

gewerk. ... En hy het elke Sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke

oortuig.” (Handelinge 18:2-4).DHDA 299.1

Later het Silas en Timotheus in Korinthe by Paulus aangesluit. Hierdie broeders het

geld van die gemeentes in Macedonië vir die ondersteuning van die werk

saamgebring.DHDA 299.2

In sy tweede sendbrief aan die gelowiges in Korinthe, wat geskryf is nadat hy ‘n sterk

gemeente daar opgerig het, het Paulus aangaande sy lewenswyse onder hulle geskryf. “Het

ek sonde gedoen...” het hy gevra, “...deur my te verneder sodat julle verhoog kan word,

omdat ek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het? Ander gemeentes het

ek beroof deur vergoeding te neem om julle te bedien; en toe ek by julle teenwoordig was

en gebrek gehad het, het ek niemand lastig geval nie. Want in my gebrek het die broeders

voorsien wat van Macedonië gekom het. En ek het my in alles in ag geneem om julle nie

te beswaar nie en ek sal my in ag neem. So seker as die waarheid van Christus in my is, sal

hierdie roem in die streke van Achaje my nie ontneem word nie.” (2 Korinthiërs 11:7-

10).DHDA 299.3

Paulus vertel waarom hy hierdie weg in Korinthe gevolg het. Dit was sodat hy vir

diegene “...wat ‘n aanleiding wil hê...” geen rede tot verwyt sou gee nie. (2 Korinthiërs

11:12). Terwyl hy as tentmaker gewerk het, het hy ook getrou in die verkondiging van die

evangelie gewerk. Aangaande sy arbeid verklaar hy self: “Die kentekens tog van ‘n apostel

is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.

Want wat is daar waarin julle oortref word deur die ander gemeentes, behalwe dat ek

persoonlik julle nie lastig geval het nie? Vergeef my hierdie onreg. Kyk, vir die derde keer

is ek gereed om na julle te kom; en ek sal julle nie lastig val nie, want ek soek nie julle

goed nie, maar julle self ... En ek sal baie graag uitgee, ja myself weggee vir julle siele.” (2

Korinthiërs 12:12-15).DHDA 299.4

Gedurende die lang tydperk van sy bediening in Éfese, waar hy drie jaar lank aktiewe

evangelisasiewerk deur die hele streek voortgesit het, het Paulus weer sy ambag beoefen.

Soos in Korinthe, is die apostel ook in Éfese deur die teenwoordigheid van Aquila en

Priscilla bemoedig, wat hom met sy terugkeer na Asië aan die einde van sy tweede

sendingreis, vergesel het.DHDA 300.1

Daar was sommige wat daarteen gekant was dat Paulus handearbeid verrig en verklaar

dat dit nie met die werk van ‘n evangeliedienaar strook nie. Waarom moes Paulus, ‘n

204


Die Handelinge van die Apostels

prediker van die hoogste rang, handearbeid met die prediking van die woord verenig? Was

die arbeider nie sy loon werd nie? Waarom moes hy tyd, wat in alle waarskynlikheid beter

bestee kon word, aan die maak van tente bestee?DHDA 300.2

Maar Paulus het die tyd wat daaraan bestee is, nie as verlore beskou nie. Terwyl hy

saam met Aquila gewerk het, het hy kontak met die Groot Onderwyser gehou en geen

geleentheid laat verbygaan om vir die Heiland te getuig en diegene wat hulp nodig gehad

het te help nie. Sy gedagtes was voortdurend besig om na geestelike kennis te reik. Hy het

sy medewerkers oor geestelike dinge onderrig en hy het ook ‘n voorbeeld van vlytigheid

en deeglikheid gestel. Hy was ‘n vinnige, bekwame werker, ywerig in besigheid en “...vurig

van gees...” en het die Here gedien. (Romeine 12:11). Terwyl hy sy ambag beoefen het,

het die apostel toegang tot ‘n klas mens wat hy anders nie sou kon bereik het nie, gehad.

Hy het aan sy medewerkers getoon dat vaardigheid in die alledaagse kunste ‘n gawe van

God is, wat die gawe sowel as die wysheid om dit reg te gebruik, geskenk het. Hy het hulle

geleer dat God selfs in alledaagse take vereer moet word. Sy grofgewerkte hande het geen

afbreuk aan die mag van sy oproepe as Christen-prediker gedoen nie.DHDA 300.3

Soms het Paulus dag en nag gewerk, nie net vir sy eie lewensbehoud nie, maar ook

om sy medewerkers te help. Hy het sy verdienste met Lukas gedeel en ook vir Timotheus

gehelp. Hy het soms selfs honger gely om die nood van ander te verlig. Sy lewe was

onselfsugtig. Teen die einde van sy bediening, tydens sy afskeidsrede aan die ouderlinge

van Éfese, in Milete, kon hy sy vereelte hande voor hulle oplig en sê: “Niemand se silwer

of goud of klere het ek begeer nie; maar julle weet self dat hierdie hande voorsien het in

die behoeftes van my en die wat by my was. Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te

arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê

het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.” (Handelinge 20:33-35).DHDA 301.1

As predikante voel dat hulle in die saak van Christus swaarkry en ontbering ervaar,

laat hulle in hul verbeelding besoek bring aan die plek waar Paulus gewerk het. Laat hulle

in gedagte hou dat, terwyl hierdie uitverkore man van God met die seil gewerk het, hy vir

die brood wat hy na regte met sy arbeid as apostel verdien het, gewerk het.DHDA 301.2

Werk is ‘n seën, nie ‘n vloek nie. ‘n Gees van traagheid vernietig godsaligheid en

bedroef die Gees van God. Stilstaande water is aanstootlik, maar ‘n suiwer, vloeiende

stroom versprei gesondheid en vreugde regdeur die land. Paulus het geweet dat diegene

wat fisiese arbeid verwaarloos vinnig verswak. Hy wou die jong predikers leer dat deur

handearbeid, wat die spiere en senings oefen, hulle sterk sou word om die moeite en

ontberings wat hulle op die evangelie-gebied te wagte kons wees, te verduur. En hy het

besef dat sy eie onderrig geen lewenskrag sou hê indien hy nie alle dele van sy liggaam

behoorlik oefen nie.DHDA 301.3

205


Die Handelinge van die Apostels

Die luiaard verbeur die waardevolle ervaring wat deur die getroue uitvoering van die

algemene pligte van die lewe opgedoen word. Nie net ‘n paar nie, maar duisende mense

bestaan net om die voordele wat God in Sy genade aan hulle skenk, op te gebruik. Hulle

vergeet om dankoffers aan die Here te bring vir die rykdom wat Hy aan hulle toevertrou

het. Hulle vergeet dat deur met wysheid te handel met die talente wat aan hulle verleen is,

hulle voorsieners, sowel as verbruikers moet wees. As hulle die werk wat die Here van

hulle as Sy helpende hand verlang om te doen sou verrig, sou hulle nie hul

verantwoordelikhede vermy nie.DHDA 302.1

Die bruikbaarheid van jong manne wat voel dat hulle deur God geroep word om te

preek, hang van die wyse waarop hulle hul werk aanpak af. Diegene wat deur God vir die

werk van die bediening gekies word, sal bewys van hul hoë roeping lewer en op elke

moontlike manier streef om tot bekwame werkers te ontwikkel. Hulle sal poog om

ondervinding op te doen wat hulle in staat sal stel om te beplan, te organiseer en uit te voer.

Hulle sal die heiligheid van hul roeping waardeer en deur selfdissipline meer en meer soos

hul Meester word en Sy goedheid, liefde en waarheid openbaar. En namate hulle erns met

die verbetering van die talente wat aan hulle toevertrou is maak, moet die kerk hulle

oordeelkundig bystaan.DHDA 302.2

Nie almal wat voel dat hulle geroepe is om te preek, moet aangemoedig word om

hulself saam met hul gesinne onmiddellik op die kerk te verlaat vir deurlopende finansiële

ondersteuning nie. Die gevaar bestaan dat sommige met beperkte ervaring deur vleitaal

bederf kan word en deur onverstandige aanmoediging, volle ondersteuning verwag sonder

enige ernstige pogings van hulle kant af. Die middele wat aan die uitbreiding van die werk

van God gewy is, behoort nie deur manne wat slegs wil preek gebruik te word nie, sodat

hulle ondersteuning kan ontvang en sodoende ‘n selfsugtige ambisie vir ‘n maklike lewe

bevredig nie.DHDA 302.3

Jong manne wat begeer om hul gawes in die werk van die bediening te gebruik, sal ‘n

nuttige les in die voorbeeld van Paulus in Thessalonika, Korinthe, Éfese en ander plekke

vind. Alhoewel hy ‘n welsprekende spreker was en deur God gekies is om ‘n besondere

werk te doen, het hy hom nooit bo arbeid verhewe gevoel nie en het hy nooit moeg geword

om op te offer vir die saak wat hy liefgehad het nie. Aan die Korinthiërs het hy geskryf:

“Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond

en swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons

vervolg, ons verdra dit.” (1 Korinthiërs 4:11,12).DHDA 303.1

Paulus, een van die grootste menslike leraars, het die nederigste, sowel as die hoogste

pligte met blydskap verrig. Wanneer, in diens van sy Meester, omstandighede geblyk het

dit van hom te verg, het hy gewillig sy ambag beoefen. Nietemin het hy homself altyd

gereed gehou om sy sekulêre werk opsy te sit om die teëstand van die vyande van die

evangelie die hoof te bied, of om gebruik van ‘n besondere geleentheid te maak om siele

206


Die Handelinge van die Apostels

vir Jesus te wen. Sy ywer en vlytigheid is ‘n bestraffing vir traagheid en gemaksug.DHDA

303.2

Paulus het ‘n voorbeeld gestel teen die mening wat destyds ‘n invloed in die kerk

verkry het, dat slegs diegene wat geheel en al van die noodsaaklikheid om te werk vrygestel

is, die evangelie met welslae kan verkondig. Hy het op ‘n praktiese wyse geïllustreer wat

deur toegewyde leke op baie plekke verrig kan word, waar die mense nie vertroud met die

waarhede van die evangelie was nie. Sy optrede het baie nederige arbeiders met die

begeerte besiel om te doen wat hulle kon om die saak van God te bevorder, terwyl hulle

hulself terselfdertyd met daaglikse arbeid onderhou het. Aquila en Priscilla was nie geroep

om al hul tyd aan die diens van die bediening van die evangelie te bestee nie, maar hierdie

nederige arbeiders is deur God gebruik om die weg van waarheid meer volledig aan

Apollos te toon. Die Here gebruik verskillende instrumente om Sy doel te bereik en hoewel

sommige met besondere talente gekies word om hul kragte aan onderrig en verkondiging

van die evangelie te wy, is baie ander, wat nooit deur die oplegging van mensehande

georden is nie, geroep om ‘n belangrike rol in die redding van siele te speel.DHDA 303.3

Daar is ‘n groot veld oop vir die selfonderhoudende evangeliewerker. Baie kan

waardevolle ervarings in die bediening opdoen terwyl hulle deeltyds een of ander vorm

van handearbeid verrig en op hierdie wyse, kan kragtige werkers vir belangrike diens in

behoeftige velde ontwikkel word.DHDA 304.1

Die selfopofferende dienskneg van God wat onvermoeid in woord en leer arbei, dra

‘n swaar las op sy hart. Hy meet nie sy werk aan ure nie. Sy loon beïnvloed hom nie in sy

arbeid nie en hy word ook nie van sy plig afgesit as gevolg van ongunstige toestande nie.

Hy het sy opdrag uit die hemel ontvang en hy kyk na die hemel vir sy vergoeding wanneer

die werk wat aan hom toevertrou is, gedoen word.DHDA 304.2

Dit is God se voorneme dat sulke werkers van onnodige bekommernis bevry sal word,

sodat hulle die volle geleentheid kan hê om die opdrag van Paulus aan Timotheus te

gehoorsaam: “Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin.” (1 Timotheus 4:15). Hoewel hulle

moet sorg dat hulle genoeg oefening kry om liggaam en verstand lewenskragtig te hou, is

dit nogtans nie God se plan dat hulle gedwing moet word om ‘n groot deel van hul tyd aan

sekulêre werk te bestee nie.DHDA 304.3

Alhoewel hierdie getroue werkers bereid is om vir die evangelie op te offer en

opgeoffer te word, is hulle nie teen versoeking gevrywaar nie. Wanneer hulle deur

bekommernis, as gevolg van versuim van die gemeente om voldoende finansiële bystand

aan hulle te verleen gekniehalter word, word sommige hewig deur die verleier aangeval.

Wanneer hulle sien dat hulle arbeid so min gewaardeer word, raak hulle depressief. Dit is

waar dat hulle na die tyd van die oordeel uitsien om hulle regmatige beloning te ontvang

en dat dit hulle opbeur, maar intussen moet hulle gesinne voedsel en klere hê. As hulle kon

207


Die Handelinge van die Apostels

voel dat hulle van hul Goddelike opdrag bevry is, sou hulle gewilliglik met hul hande werk.

Maar hulle besef dat hulle tyd aan God behoort, ongeag die kortsigtigheid van diegene wat

hulle van voldoende middele moes voorsien het. Hulle styg bo die versoeking uit om sake

te doen wat hulle buite die bereik van armoede kan plaas en hulle volhard in die

bevordering van die saak wat vir hulle kosbaarder is as die lewe self. Om dit te kan doen,

kan hulle egter gedwing word om die voorbeeld van die apostel Paulus te volg en tydelik

handearbeid te verrig terwyl hulle met hulle evangeliewerk voortgaan. Hulle doen dit nie

om hul eie belange te bevorder nie, maar die belange van God se saak op aarde.DHDA

304.4

Daar is soms tye wanneer dit vir die dienaar van God onmoontlik lyk om die werk wat

nodig is uit te voer, as gevolg van ‘n gebrek aan middele om ‘n sterk, standvastige werk te

verrig. Sommige vrees dat met die middele op hande, hulle nie alles kan doen wat hulle

verplig voel om te doen nie. Maar as hulle in geloof voortgaan, sal die verlossing van God

geopenbaar word en voorspoed sal hulle werk vergesel. Hy wat Sy volgelinge beveel het

om na alle dele van die wêreld te gaan, sal elke arbeider onderhou wat in gehoorsaamheid

aan Sy opdrag, Sy boodskap wil verkondig.DHDA 305.1

In die opbou van Sy werk maak die Here nie altyd alles aan Sy dienaars duidelik nie.

Soms beproef Hy die vertroue van Sy volk deur omstandighede te bewerkstellig wat hulle

dwing om in geloof voort te gaan. Hy bring hulle dikwels in moeilike en beproewende

plekke en gebied hulle om, wanneer hulle voete die water van die Jordaan blyk te raak,

voort te gaan. Dit is op sulke tye, wanneer die gebede van Sy dienaars in ernstige geloof

tot Hom opstyg, dat God die weg voor hulle oopstel en hulle by ‘n groot plek

uitbring.DHDA 305.2

Wanneer die boodskappers van God hulle verantwoordelikhede teenoor die

behoeftige dele van die Here se wingerd besef en in die gees van die Meesterwerker

onvermoeid vir die bekering van siele werk, sal die engele van God die weg voor hulle

berei en die middele wat nodig is om met die werk voort te gaan, sal voorsien word.

Diegene wat verlig word, sal mildelik bydra om die werk wat in hulle belang verrig word,

te ondersteun. Hulle sal op elke oproep om hulp vryelik reageer en die Gees van God sal

hulle harte beweeg om die saak van die Here, nie net op die tuisvelde nie, maar in die

buitelandse gebiede te ondersteun. Sodoende sal daar vir die arbeidskragte op ander plekke

versterking kom en die werk van die Here sal op Sy eie voorgeskrewe wyse

voortgaan.DHDA 306.1

208


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 34—’n Gewyde Bediening

In Sy lewe en lesse het Christus ‘n volmaakte voorbeeld van die onselfsugtige

bediening wat sy oorsprong in God het, gegee. God leef nie vir Homself nie. Deur die

wêreld te skep en alle dinge te onderhou, dien Hy voortdurend andere. “Hy laat sy son

opgaan oor slegtes en goeies en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.” (Mattheus

5:45). Die Vader het hierdie ideaal vir die bediening aan Sy Seun opgedra. Jesus is gegee

om aan die hoof van die mensdom te staan om deur Sy voorbeeld te leer wat dit beteken

om te dien. Sy hele lewe het onder die wet van diens gestaan. Hy het almal gedien en was

diensbaar vir almal.DHDA 307.1

Jesus het telkens weer hierdie beginsel by Sy dissipels probeer inskerp. Toe Jakobus

en Johannes hulle versoek om voorrang te geniet gerig het, het Hy gesê: “Elkeen wat onder

julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word,

moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te

word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.” (Mattheus 20:26-

28).DHDA 307.2

Sedert Sy Hemelvaart het Christus Sy werk op aarde deur gekose gesante, deur wie

Hy tot die mensekinders spreek en in hulle behoeftes voorsien, voortgesit. Die Groot Hoof

van die kerk hou toesig oor Sy werk, deur die bemiddeling van mense wat deur God

georden is om as Sy verteenwoordigers op te tree.DHDA 307.3

Die posisie van diegene wat deur God geroep is om in woord en leerstelling vir die

opbou van Sy kerk te werk, behels groot verantwoordelikheid. Hulle moet, In die plek van

Christus, manne en vroue versoek om hulle met God te versoen en hulle kan hul sending

slegs vervul as hulle wysheid en krag van Bo ontvang.DHDA 307.4

Christus se bedienaars is die geestelike voogde van die mense wat aan hulle sorg

toevertrou is. Hulle werk word met dié van wagte vergelyk. In antieke tye is wagte dikwels

op die mure van stede geplaas waar hulle vanaf gunstige uitkykpunte die belangrike punte

wat bewaak moes word, kon sien en ‘n waarskuwing kon gee wanneer ‘n vyand nader. Die

veiligheid van almal binne die stad was van hulle getrouheid afhanklik. Op vasgestelde tye

moes hulle na mekaar roep om seker te maak dat almal wakker was en dat geeneen van

hulle enige skade aangedoen is nie. Die uitroep van bemoediging of van waarskuwing is

van die een na die ander oorgedra en elkeen het die uitroep herhaal totdat dit rondom die

stad weerklink het.DHDA 308.1

Aan elke prediker sê die Here: “En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis

van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit My mond hoor, moet jy hulle van My kant

waarsku. As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe en jy spreek nie

om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy

ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose

209


Die Handelinge van die Apostels

waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer ... jy het jou siel gered.” (Esegiël

33:7-9).DHDA 308.2

Die woorde van die profeet verklaar die ernstige verantwoordelikhede van diegene

wat as voogde van die kerk van God, as rentmeesters van die verborgenhede van God,

aangestel is. Hulle moet as wagters op die muur van Sion staan om die alarm te sein

wanneer die vyand kom. Siele loop die gevaar om in versoeking te kom en hulle sal vergaan

tensy God se predikante getrou aan hul vertroue is. Indien hulle geestelike sintuie om een

of ander rede so afgestomp raak dat hulle nie in staat is om die gevaar te sien nie en die

mense as gevolg van hulle versuim om hulle te waarsku sterf, sal God die bloed van die

verlorenes van hulle hand eis.DHDA 308.3

Dit is die voorreg van die wagte op die mure van Sion om so naby aan God te bly en

so gevoelig vir die indrukke van die Sy Gees te wees, dat Hy deur hulle kan werk om

manne en vroue aangaande hulle gevaar te waarsku en hulle na ‘n plek van veiligheid heen

te wys. Hulle moet hulle getrou waarsku oor die sekere gevolge van oortreding en hulle

moet die belange van die kerk beskerm. Hulle mag hul waaksaamheid nie vir een oomblik

verslap nie. Hulle werk is ‘n werk wat die inspanning van alle vermoëns van die hele wese

vereis. Hulle stem moet soos die klank van ‘n trompet en in geen onsekere noot of

wanklank verhef word. Hulle moet nie vir ‘n loon werk nie, maar omdat hulle nie anders

kan nie, omdat hulle besef dat daar ‘n wee op hulle is indien hulle nalaat om die evangelie

te verkondig. Uitverkies deur God, verseël met die bloed van toewyding, moet hulle manne

en vroue van die naderende vernietiging red.DHDA 309.1

Die prediker wat ‘n medewerker van Christus is, sal ‘n diepe besef van die heiligheid

van sy werk hê en van die moeite en opoffering wat vereis word om dit met welslae te

verrig. Hy streef nie na sy eie gemak of gerief nie. Hy vergeet van homself. In sy soeke na

verlore skape, besef hy nie dat hy self moeg, koud en honger is nie. Hy het net een doel

voor oë-die redding van die wat verlore is.DHDA 309.2

Wie onder die bloedbevlekte vaandel van Immanuel dien, sal alles moet doen wat

heldhaftige inspanning en geduldige uithouvermoë vereis. Maar die soldaat van die kruis

staan onverskrokke aan die voorpunt van die stryd. Wanneer die vyand die aanval op hom

toespits, wend hy hom na die vesting om hulp en wanneer hy die beloftes van die Woord

aan die Here voorhou, word hy vir die pligte van die uur versterk. Hy besef sy behoefte

aan krag van omhoog. Die oorwinnings wat hy behaal, lei nie tot selfverheffing nie, maar

laat hom al hoe swaarder op die Almagtige steun. Wanneer hy op hierdie krag vertrou,

word hy in staat gestel om die boodskap van redding met soveel mag aan te bied, dat dit in

andere gemoedere vibreer.DHDA 309.3

Hy wat die Woord leer, moet self in ‘n bewuste, uurlikse gemeenskap met God leef

deur gebed en ‘n studie van Sy woord, want dit is die bron van krag. Gemeenskap met God

210


Die Handelinge van die Apostels

sal aan die pogings van die prediker ‘n mag verleen wat groter as die invloed van sy

prediking is. Hy moet hom nie van hierdie mag laat ontneem nie. Met ‘n onweerlegbare

erns, moet hy by God pleit om hom krag te gee en te versterk vir die plig en die beproewing

en om sy lippe met ‘n lewende kool van die altaar aan te raak. Die houvas van Christus se

gesante met die ewige werklikhede is dikwels te gering. As mense met God wil wandel,

sal Hy hulle in die rotskloof verberg. In hierdie geborgenheid, kan hulle God sien soos

Moses Hom gesien het. Deur die krag en die lig wat Hy voorsien, kan hulle meer begryp

en vermag as wat hulle beperkte oordeel moontlik geag het.DHDA 310.1

Die slinksheid van die Satan word met die meeste welslae teen diegene gebruik wat

depressief is. Wanneer die prediker deur moedeloosheid oorweldig word, moet hy sy

behoeftes aan God bekend maak. Dit was toe die hemele bokant Paulus soos koper

voorgekom het dat hy die meeste vertroue in God gehad het. Meer as die meeste mense het

hy die betekenis van beproewing geken; maar luister na sy triomfantlike uitroep wanneer

hy, deur versoeking omring, sy skrede na die hemel rig: “Ons ligte verdrukking wat vir ‘n

oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons

nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare.” (2 Korinthiërs 4:17,18). Paulus se

oë was altyd vas op die onsigbare, ewige dinge gevestig. Omdat hy besef het dat hy teen

bonatuurlike magte stry, het hy sy vertroue in God geplaas en hierin het sy krag gelê. Dit

is deur Hom wat onsigbaar is te sien, dat krag en lewenskragtigheid van siel verkry word

en die mag van die aarde oor die verstand en karakter verbreek word.DHDA 310.2

’n Predikant behoort vrylik met die mense onder wie hy arbei te meng en deur hulle

te leer ken, kan hy weet hoe om sy leer by hul behoeftes aan te pas. Wanneer ‘n leraar ‘n

preek gelewer het, het sy werk maar pas begin. Daar is persoonlike werk vir hom om te

verrig. Hy moet die mense in hulle huise besoek en in alle erns en nederigheid met hulle

praat en saam bid. Daar is gesinne wat nooit deur die waarhede van God se Woord bereik

sal word nie, tensy die rentmeesters van Sy genade na hul huise gaan en hulle op die hoër

weg wys. Maar die harte van diegene wat hierdie werk doen, moet in harmonie met die

hart van Christus klop.DHDA 311.1

Daar is baie in die opdrag vervat: “Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing

hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.” (Lukas 14:23). Laat predikante die

waarheid aan gesinne leer, nader aan diegene vir wie hulle werk en namate hulle op hierdie

wyse met God saamwerk, sal Hy hulle met geestelike krag beklee. Christus sal hulle in hul

werk lei en die woorde aan hulle gee, wat diep in die harte van die luisteraars sal indring.

Dit is die voorreg van elke prediker om soos Paulus te kan sê: “Ek het nie nagelaat om aan

julle die hele raad van God te verkondig nie ... niks agtergehou van wat nuttig is nie, om

dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar [nie] en [het] in julle huise ...

aangedring ... op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.”

(Handelinge 20:27,20,21).DHDA 311.2

211


Die Handelinge van die Apostels

Die Verlosser het van huis tot huis gegaan, die siekes genees, die wat getreur het

vertroos, die wat verdruk was opgerig en tot die troosteloses vrede gespreek het. Hy het

die kindertjies in Sy arms geneem en hulle geseën en woorde van hoop en bemoediging tot

die vermoeide moeders uitgespreek. Hy het elke vorm van menslike verdriet en ellende

met oneindige deernis en teerheid ontmoet. Hy het nie vir Homself nie, maar vir ander

gewerk. Hy was die Dienaar van almal. Dit was Sy spys en drank om aan almal met wie

Hy in aanraking gekom het, hoop en krag te bring. En terwyl manne en vroue na die

waarhede wat oor Sy lippe gegaan het geluister het, waarhede wat so anders was as die

tradisies en dogmas wat deur die rabbi’s geleer is, het daar hoop in hul harte ontstaan. In

Sy leer was daar ‘n erns wat Sy woorde met oortuigende krag tuisgebring het.DHDA 311.3

God se dienaars moet die werkswyse van Christus leer sodat hulle daardie dinge uit

die voorraadstoor van Sy Woord kan bring wat aan die geestelike behoeftes van diegene

vir wie hulle werk, sal voldoen. Slegs op hierdie wyse kan hulle hul trou vervul. Dieselfde

Gees wat in Christus gewoon het toe Hy die opdrag wat Hy voortdurend ontvang het en

deurgegee het, moet die bron van hul kennis en die geheim van hulle krag wees om die

Heiland se werk in die wêreld voort te sit.DHDA 312.1

Sommige wat in die bediening werksaam was, het geen welslae behaal nie omdat hulle

nie hulle onverdeelde aandag aan die werk van die Here gewy het nie. Predikers behoort

geen ander belange te hê behalwe die groot werk om siele na die Verlosser te lei nie. Die

vissers wat deur Christus geroep is, het hulle nette dadelik verlaat en Hom gevolg.

Predikers kan nie aanvaarbare werk vir die Here doen en terselfdertyd die las van groot

persoonlike sakeondernemings dra nie. Sulke verdeelde belange verdof hul geestelike

persepsie. Die verstand en die hart is met aardse dinge besig en die diens van Christus neem

die tweede plek in. Hulle poog om hul werk vir God volgens hul omstandighede te vorm,

in plaas van om die omstandighede te vorm om aan die eise van God te voldoen.DHDA

312.2

Al die energie van die predikant is nodig vir sy hoë roeping. Sy beste kragte behoort

aan God. Hy moenie spekuleer of enige ander besigheid doen wat hom van sy groot take

weglei nie. “Niemand wat ‘n krygsman is...” het Paulus verklaar, “...wikkel hom in die

werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die

diens gewerf het.” (2 Timotheus 2:4). So het die apostel die predikant se behoefte aan

onvoorwaardelike toewyding aan die Meester se diens beklemtoon. Die predikant wat

volkome aan God toegewy is, weier om hom met sake te bemoei wat sal verhinder dat hy

homself ten volle aan sy heilige roeping wy. Hy streef nie na aardse eer of rykdom nie; sy

enigste doelwit is om ander van die Verlosser wat Homself gegee het om die rykdom van

die ewige lewe aan mense te bring, te vertel. Sy grootste begeerte is nie om skatte op die

aarde op te gaar nie, maar om die realiteite van die ewigheid onder die aandag van die

onverskilliges en ontroues te bring. Hy kan moontlik genooi word om by ondernemings

212


Die Handelinge van die Apostels

betrokke te raak wat groot wêreldse wins beloof, maar op sulke versoekings antwoord hy:

“Wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?” (Markus

8:36).DHDA 312.3

Die Satan het hierdie versoeking aan Christus voorgehou, wetende dat indien Hy dit

sou aanvaar, die wêreld nooit losgekoop sou word nie. En onder verskillende

voorwendsels, bied hy vandag dieselfde versoekings aan God se dienaars, wetende dat

diegene wat daardeur verlei word, ontrou aan hul trou sal wees.DHDA 313.1

Dit is nie die wil van God dat sy dienaars na rykdom moet strewe nie. Hieroor het

Paulus aan Timotheus geskryf: “Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en

omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte

deurboor. Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg en jaag na die geregtigheid,

godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.” Deur sy voorbeeld sowel as sy

voorskrif, moet die gesant van Christus die welgesteldes in hierdie wêreld beveel “...om

nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom

nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet; dat hulle goed

moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam en vir hulle ‘n skat weglê,

‘n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf. ” (1

Timotheus 6:10,11,17-29.)DHDA 313.2

Die ervarings van die apostel Paulus en sy opdrag oor die heiligheid van die prediker

se werk, is ‘n bron van hulp en inspirasie vir almal wat by die evangeliebediening betrokke

is. Paulus se hart het gebrand van liefde vir sondaars en hy het al sy kragte in die werk om

siele te red ingespan. Nooit het ‘n meer selfverloënende en volhardende arbeider gelewe

nie. Die seëninge wat hy ontvang het hy as soveel voordele op prys gestel om tot seën van

andere aan te wend. Hy het nooit ‘n geleentheid laat verbygaan om oor die Verlosser te

praat of diegene wat in die moeilikheid was te help nie. Hy het van plek tot plek gegaan en

die evangelie van Christus verkondig en kerke gestig. Oral waar hy ‘n gehoor kon vind,

het hy gepoog om die bose te bestry en die voete van manne en vroue op die weg van

geregtigheid te draai.DHDA 314.1

Paulus het nie van die gemeentes wat hy gestig het vergeet nie. Nadat hy ‘n sendingreis

voltooi het, het hy en Barnabas op hulle spoor teruggekeer, die gemeentes wat hulle gestig

het besoek en daaruit manne gekies wat hulle kon oplei om die evangelie te

verkondig.DHDA 314.2

Hierdie kenmerk van Paulus se werk bevat ‘n belangrike les vir hedendaagse

predikante. Die apostel het dit ‘n deel van sy werk gemaak om jongmanne vir die amp van

die bediening op te lei. Hy het hulle saam op sy sendingreise geneem en sodoende het hulle

ervaring opgedoen wat hulle later in staat gestel het om verantwoordelike poste te vul.

213


Die Handelinge van die Apostels

Nadat hulle van hom geskei is, het hy steeds kontak met hulle behou en sy briewe aan

Timotheus en Titus is ‘n bewys van hoe diep sy begeerte vir hulle sukses was.DHDA 314.3

Ervare werkers verrig vandag ‘n edele werk wanneer hulle, in plaas van te probeer om

al die laste self te dra, jonger werkers oplei en laste op hulle skouers plaas.DHDA 314.4

Paulus het nooit van die verantwoordelikheid wat op hom as dienaar van Christus

gerus het vergeet nie en dat God hom tot verantwoording sou roep as siele as gevolg van

ontrouheid aan sy kant verlore sou gaan. “Waarvan ek ‘n bedienaar geword het...” het hy

aangaande die evangelie gesê, “...volgens die bediening van God wat aan my gegee is in

julle belang, om die woord van God te vervul, naamlik die verborgenheid wat van die eeue

en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, aan wie God wou

bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die

heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid. Hom verkondig ons,

terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens

volmaak in Christus Jesus voor te stel; waarvoor ek arbei en stry volgens Sy werking wat

in my werk met krag.” (Kolossense 1:25-29).DHDA 315.1

Hierdie woorde hou ‘n hoë verwagting van die werker van Christus in, maar tog kan

almal wat hulself daagliks in die skool van Christus onder die beheer van die Groot

Onderwyser plaas, dit bereik. Die krag waaroor God beskik, is sonder perke en die prediker

wat hom in sy groot behoefte met die Here omsluit, kan verseker wees dat hy dit sal ontvang

wat vir sy hoorders ‘n geur van lewe tot lewe sal wees.DHDA 315.2

Paulus se geskrifte toon dat die evangeliedienaar ‘n toonbeeld moet wees van die

waarhede wat hy leer. “Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening

nie beklad mag word nie.” Hy het van sy eie werk vir ons ‘n voorbeeld in sy sendbrief aan

die gelowiges in Korinthe, gelaat: “In alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met

baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede; in slae, in gevangenskappe, in

oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly; in reinheid, in kennis, in

lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde; in die woord

van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter- en

linkerhand; deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig; as

onbekendes en tog goed bekend; as sterwendes en kyk, ons lewe; as getugtig en tog nie

gedood nie; as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak;

as mense wat niks het nie en tog alles besit.” (2 Korinthiërs 6:3, 4-10).DHDA 315.3

Aan Titus het hy geskryf: “Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees. Betoon

jou in alles ‘n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid,

opregtheid. Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders

beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.” (Titus 2:6-8).DHDA 316.1

214


Die Handelinge van die Apostels

Daar is niks meer kosbaar in die oë van God as sy bedienaars, wat na die verwoeste

plekke van die aarde uitgaan om die saad van die waarheid te saai en na die oes uitsien nie.

Niemand anders as Christus kan die besorgdheid van Sy diensknegte meet terwyl hulle na

die verlorenes soek nie. Hy gee Sy Gees aan hulle en deur hulle pogings word siele daartoe

gelei om hulle van sonde af te wend na geregtigheid.DHDA 316.2

God doen ‘n beroep op manne wat bereid is om hul plase, hul besighede en indien

nodig, hulle gesinne te verlaat om sendelinge vir Hom te word. En die oproep sal

beantwoord word. In die verlede was daar manne wat, aangespoor deur die liefde van

Christus en die behoeftes van die verlorenes, die gerief van hul huise en die gemeenskap

van hulle vriende, selfs dié van vrou en kinders, verlaat het om na vreemde lande te gaan

en onder afgodedienaars en barbare die boodskap van genade te verkondig. Baie het in die

proses hul lewens verloor, maar ander is opgewek om die werk voort te sit. So het die saak

van Christus stap vir stap gevorder en die saad wat in droefheid gesaai is, het ‘n oorvloedige

oes opgelewer. Die kennis van God is wyd versprei en die vaandel van die kruis is in

heidense lande geplant.DHDA 316.3

Vir die bekering van een sondaar, moet die predikant sy middele tot die uiterste inspan.

Die siel wat God geskape en Christus verlos het, is van groot waarde as gevolg van die

moontlikhede wat voor hom is, die geestelike voordele wat dit verleen, die vermoëns wat

dit kan besit as dit deur die woord van God lewendig word en die onsterflikheid wat dit

kan verkry deur die hoop wat in die evangelie aangebied word. En as Christus die negeen-negentig

in die kraal agtergelaat het sodat Hy die een verlore skaap kan soek en red, kan

ons dan geregverdig word as ons minder doen? Is versuim om te werk soos Christus gewerk

het, om op te offer soos Hy opgeoffer het, nie ‘n verraad van heilige vertroue, ‘n belediging

vir God nie?DHDA 317.1

Die hart van die ware prediker is gevul met ‘n intense verlange om siele te red. Tyd

en krag word aangewend en moeisame inspanning word nie vermy nie; want ander moet

die waarhede wat sulke blydskap en vrede en vreugde in sy eie siel gebring het hoor. Die

Gees van Christus rus op hom. Hy waak oor siele soos een wat rekenskap moet gee. Met

sy oë op die kruis van Golgota gevestig, terwyl hy na die verhewe Verlosser opkyk, op Sy

genade vertrou en glo dat Hy tot die einde by hom sal wees as sy skild, sy krag, sy

doeltreffendheid, werk hy vir God. Met uitnodigings en smekinge, gemeng met die

versekering van God se liefde, streef hy om siele vir Jesus te wen en in die hemel word hy

onder diegene getel wat “...geroepe en uitverkore en getrou...” (Openbaring 17:14)

is.DHDA 317.2

215


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 35—Verlossing vir die Jode*

Na baie onvermydelike vertragings het Paulus Korinthe uiteindelik bereik, die toneel

van soveel angsvolle arbeid in die verlede en vir ‘n tyd lank die voorwerp van diep kommer.

Hy het gevind dat baie van die vroeëre gelowiges hom steeds met toegeneentheid, as die

een wat die lig van die evangelie vir die eerste keer na hulle gebring het, beskou het. Toe

hy hierdie dissipels groet en die bewyse van hulle getrouheid en ywer sien, het hy hom

verheug dat sy werk in Korinthe nie tevergeefs was nie.DHDA 318.1

Die gelowiges in Korinthe, wat eens so geneig was om hul hoë roeping in Christus uit

die oog te verloor, het die krag van ‘n Christelike karakter ontwikkel. Hulle woorde en

dade het die herskeppende krag van die genade van God geopenbaar en hulle was nou ‘n

sterk mag ten goede, te midde van heidenisme en bygeloof. Die afgematte en bekommerde

gees van die apostel het rus in die gemeenskap van sy geliefde metgeselle en getroue

bekeerlinge gevind.DHDA 318.2

Gedurende sy verblyf in Korinthe het Paulus tyd gevind om na nuwe en groter

diensvelde uit te sien. Sy voorgenome reis na Rome het veral sy gedagtes in beslag geneem.

Om die Christelike geloof stewig in die middelpunt van die bekende wêreld gevestig te

sien, was een van sy hoogste verwagtinge en mees gekoesterde planne. Daar was reeds ‘n

gemeente in Rome gevestig en die apostel het begeer om die samewerking van die

gelowiges daar, in die werk wat in Italië en ander lande verrig moes word, te verseker. Om

die weg vir sy werk onder hierdie broeders, van wie sommige nog vreemdelinge vir hom

was, voor te berei, het hy ‘n brief aan hulle gestuur waarin hy hulle van sy plan om Rome

te besoek verwittig het en die hoop uitgespreek om die vaandel van die kruis ook in Spanje

te plant.DHDA 318.3

In sy sendbrief aan die Romeine het Paulus die groot beginsels van die evangelie

uiteengesit. Hy het sy standpunt oor die vrae wat die Joodse en Heidense gemeentes in

beroering gehad het uitgespreek en het hulle daarop gewys dat die hoop en beloftes wat

voorheen veral aan die Jode behoort het, nou ook aan die Heidene aangebied is.DHDA

319.1

Met groot helderheid en krag het die apostel die leer van regverdiging deur die geloof

in Christus uiteengesit. Hy het gehoop dat ander gemeentes ook baat sou vind by die

instruksies wat hy aan die Christene in Rome gestuur het; maar hoe dofweg kon hy die

ingrypende invloed van sy woorde voorsien! Deur al die eeue heen het die groot waarheid

van regverdigmaking deur die geloof ‘n magtige baken vir boetvaardige sondaars geword

om hulle op die lewensweg te lei. Dit was hierdie lig wat die duisternis wat Luther se

gemoed omvou het, verdryf het en aan hom die krag van die bloed van Christus om van

sonde te reinig, getoon het. Dieselfde lig het duisende sondebelaste siele na die ware Bron

216


Die Handelinge van die Apostels

van vergifnis en vrede gelei. Elke Christen behoort God te dank vir die sendbrief aan die

gemeente te Rome.DHDA 319.2

In hierdie sendbrief het Paulus vrylik sy las vir die Jode uitgespreek. Sedert sy

bekering het hy verlang om sy Joodse broeders te help om ‘n duidelike begrip van die

evangelieboodskap te kry. Hy het verklaar: “Die verlange van my hart en die gebed wat ek

tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.”DHDA 319.3

Dit was geen gewone begeerte wat die apostel ervaar het nie. Hy het voortdurend ‘n

beroep op God gedoen om ten behoewe van die Israeliete wat nie daarin geslaag het om

Jesus van Nasaret as die beloofde Messias te erken nie, te werk. “Ek spreek die waarheid

in Christus...” het hy die Romeine verseker, “..ek lieg nie-my gewete getuig saam met my

in die Heilige Gees-dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my

hart. Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees,

‘n vervloeking te wees, weg van Christus af. Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot

kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en

die beloftes; aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees-Hy wat oor

alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid!”DHDA 319.4

Die Jode was God se uitverkore volk deur wie Hy van plan was om die ganse

mensdom te seën. Onder hulle het God baie profete opgewek. Hulle het die koms van ‘n

Verlosser voorspel wat verwerp en gedood sou word deur hulle wat die eerstes moes wees

om Hom as die Beloofde te erken.DHDA 320.1

Die profeet Jesaja, wat deur die eeue heen vooruitgekyk het en getuie was van die

verwerping van profeet na profeet en uiteindelik van die Seun van God self, was geïnspireer

om oor die aanneming van die Verlosser deur diegene wat nog nooit tevore onder die

kinders van Israel getel is nie, te skryf. Met verwysing na hierdie profesie verklaar Paulus:

“Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het

verskyn aan die wat na My nie gevra het nie. Maar van Israel sê Hy: Die hele dag het Ek

my hande uitgebrei na ‘n ongehoorsame en teësprekende volk.”DHDA 320.2

Al het Israel Sy Seun verwerp, het God hulle nie verwerp nie. Luister hoe Paulus sy

betoog voortsit: “Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek

is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. God het sy

volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die

gedeelte oor Elia sê nie?-hoe hy by God optree teen Israel en sê: Here, hulle het U profete

gedood en U altare het hulle afgebreek en ek het alleen oorgebly en hulle soek my lewe!

Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself seweduisend manne laat oorbly

wat die knie voor Baal nie gebuig het nie. Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd

‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.”DHDA 320.3

217


Die Handelinge van die Apostels

Israel het gestruikel en geval, maar dit het dit nie vir hulle onmoontlik gemaak om

weer op te staan nie. In antwoord op die vraag: “Het hulle miskien gestruikel om te val?”

antwoord die apostel: “Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene

gekom om hulle jaloers te maak. En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle

tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie! Want

aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my

bediening-as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!

Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders

wees as lewe uit die dode?”DHDA 321.1

Dit was God se doel dat Sy genade onder die Heidene sowel as onder die Israeliete

geopenbaar moes word. Dit is duidelik in die Ou-Testamentiese profesieë uiteengesit. Die

apostel gebruik sommige van hierdie profesieë in sy betoog. Hy vra: “Het die pottebakker

nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer

te maak nie? En as God, al wil Hy Sy toorn bewys en Sy mag bekend maak, tog met groot

lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, juis

om bekend te maak die rykdom van Sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid

wat Hy voorberei het tot heerlikheid, ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode

nie, maar ook uit die heidene? Soos Hy ook in Hosea sê: Ek sal die wat nie My volk is nie,

My volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; en in die plek waar aan hulle gesê

is: Julle is nie My volk nie!-daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.”

(Sien Hosea 1:10).DHDA 321.2

Ondanks die mislukking van Israel as nasie, het daar nogtans ‘n goeie oorblyfsel van

diegene wat gered sou word, onder hulle oorgebly. Ten tye van die koms van die Heiland

was daar getroue manne en vroue wat die boodskap van Johannes die Doper met blydskap

ontvang en sodoende gelei is om die profesie aangaande die Messias opnuut te bestudeer.

Toe die vroeë Christelike kerk gestig is, het dit uit hierdie getroue Jode wat Jesus van

Nasaret erken het as die Een na wie se koms hulle so verlangend uitgesien het, bestaan. Dit

is na hierdie oorblyfsel wat Paulus verwys wanneer hy skryf: “As die eerstelinge heilig is,

dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.”DHDA 321.3

Paulus vergelyk die oorblyfsel in Israel met ‘n edele olyfboom waarvan sommige van

die takke afgebreek is. Hy vergelyk die Heidene met takke van ‘n wilde olyfboom wat op

die oorspronklike stam ingeënt is. “As sommige van die takke afgebreek is en jy wat ‘n

wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die

vettigheid van die olyfboom, moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem-dit is nie

jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou. Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek sodat

ek ingeënt kon word. Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die

geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees. Want as God die natuurlike takke nie

gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie. Let dan op die goedertierenheid en

218


Die Handelinge van die Apostels

die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor

jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.”DHDA 322.1

Deur ongeloof en die verwerping van die doel van die Hemel vir hom, het Israel, as

volk, hul verbintenis met God verloor. Maar die takke wat van die oorspronklike stam

afgebreek was, kon God weer met die ware stam van Israel-die oorblyfsel wat getrou aan

die God van hulle vaders gebly het-herenig. Aangaande die takke wat afgebreek is, verklaar

die apostel: “Ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is

magtig om hulle weer in te ent.” Hy skryf aan die Heidene: “As jy afgekap is van die

olyfboom wat van nature wild was en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan

word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt

word. Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat

julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die

volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe

is:DHDA 322.2

“Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; en dit is

van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. Wat die evangelie betref,

is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille

van die vaders. Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik. Want soos

julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur

hulle ongehoorsaamheid, so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die

barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang. Want God het hulle

almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.”DHDA

323.1

“O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is Sy

oordele en onnaspeurlik Sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was

Sy raadsman gewees? Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?

Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in

ewigheid.”DHDA 323.2

So wys Paulus dat God ruim in staat is om die hart van Jode, sowel as Heidene te

verander en om aan elke gelowige in Christus die seëninge wat aan Israel beloof is toe te

ken. Hy herhaal die verklaring van Jesaja aangaande God se volk: “Al is die getal van die

kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word; want Hy

volbring ‘n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here ‘n saak wat verkort is, op

die aarde sal doen. En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons

nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk

gewees het.”DHDA 323.3

219


Die Handelinge van die Apostels

In die tyd toe Jerusalem verwoes en die tempel in puin gelê is, is baie duisende van

die Jode verkoop om as slawe in heidense lande te dien. Soos wrakke op ‘n verlate strand

is hulle onder die nasies verstrooi. Die Jode het agtienhonderd jaar lank van land tot land

oor die hele wêreld uitgewyk en op geen plek is aan hulle die voorreg gegun om hul

eertydse aansien as ‘n nasie te herwin nie. Van eeu tot eeu, belaster, gehaat en vervolg was

hulle erfenis een van lyding.DHDA 324.1

Ondanks die verskriklike oordeel wat tydens hul verwerping van Jesus van Nasaret

oor hulle uitgespreek is, het daar van eeu tot eeu baie edele, godvresende Joodse manne en

vroue geleef wat in stilte gely het. God het hulle harte in hul verdrukking vertroos en hulle

vreeslike situasie met deernis aanskou. Hy het die gefolterde gebede van diegene wat Hom

met hul hele hart gesmeek het vir ‘n ware begrip van Sy woord, gehoor. Sommige het

geleer om die nederige Nasarener wat hulle voorvaders verwerp en gekruisig het, as die

ware Messias te sien. Namate hulle die betekenis van die bekende profesieë wat so lank

deur tradisie en wanvertolking verduister was begryp het, is hulle harte met dankbaarheid

jeens God vir die onuitspreeklike gawe wat Hy aan elke mens gee wat kies om Christus as

persoonlike Verlosser aan te neem, gevul.DHDA 324.2

Dit was na hierdie klas wat Jesaja in sy profesie verwys dat: “Die oorblyfsel sal gered

word.” Van Paulus se tyd af tot vandag toe, roep God deur Sy Heilige Gees die Jood sowel

as die Heiden. Paulus het verklaar: “Daar is geen aanneming van die persoon by God nie.”

Die apostel het homself as skuldenaar teenoor “...Grieke sowel as nie- Grieke...” beskou;

maar hy het nooit die besliste voordele wat die Jode bo ander gehad het uit die oog verloor

nie, “...ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is ... Die

evangelie...” het hy verklaar, “...is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste

vir die Jood en ook vir die Griek. Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar

uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” Dit

was van hierdie evangelie van Christus, van eweveel krag vir Jood en Heiden, dat Paulus

in sy sendbrief aan die Romeine verklaar het dat hy hom nie skaam nie.DHDA 324.3

Wanneer hierdie evangelie in sy volheid aan die Jode voorgehou word, sal baie van

hulle Christus as die Messias aanvaar. Onder Christen predikante is daar slegs ‘n paar wat

geroepe voel om vir die Joodse volk te werk; maar die boodskap van genade en hoop in

Christus moet aan diegene wat so dikwels oor die hoof gesien is, sowel as aan al die ander,

verkondig word.DHDA 325.1

Aan die einde van die verkondiging van die evangelie, wanneer ‘n spesiale werk vir

klasse van mense wat tot nog toe verwaarloos is verrig moet word, verwag God dat Sy

boodskappers hulle veral vir die Joodse volk, wat hulle in alle dele van die wêreld sal

aantref, sal beywer. Soos die Ou-Testamentiese geskrifte met die van die Nuwe Testament

saamgevoeg word, ter verduideliking van die ewige planne van Jehova, sal dit vir baie van

die Jode soos die aanbreek van ‘n nuwe skepping wees, die heropstanding van die siel.

220


Die Handelinge van die Apostels

Wanneer hulle die Christus van die evangeliebedeling op die bladsye van die Ou-

Testamentiese Skrifte uitgebeeld sien en besef hoe duidelik die Nuwe Testament die Ou

Testament verklaar, sal hulle sluimerende vermoëns opgewek word en sal hulle Christus

as die Verlosser van die wêreld erken. Baie sal Christus deur die geloof as hulle Verlosser

aanvaar. Vir hulle sal die woorde vervul word: “Almal wat Hom aangeneem het, aan hulle

het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.” (Johannes

1:12).DHDA 325.2

Onder die Jode is daar sommige wat, net soos Saulus van Tarsus, magtig in die Skrifte

is en hulle sal die onveranderlikheid van die wet van God met wonderbare krag verkondig.

Die God van Israel sal dit in ons tyd laat geskied. Sy arm is nie te kort om te red nie. Soos

Sy dienaars in geloof vir diegene werk wat lank afgeskeep en geminag is, sal Sy verlossing

geopenbaar word.DHDA 326.1

“Daarom, so sê die Here tot die huis van Jakob, Hy wat Abraham verlos het: Jakob

sal nou nie meer beskaamd staan nie en nou sal sy aangesig nie meer bleek word nie; want

as hy, as sy kinders die werk van My hande in sy midde sien, sal hulle My Naam heilig; ja,

hulle sal die Heilige van Jakob heilig en vir die God van Israel met ontsag vervul wees; en

hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry en die murmureerders sal lering aanneem.”

(Jesaja 29:22-24).DHDA 326.2

221


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 36—Afvalligheid in Galasië*

Terwyl hy in Korinthe vertoef het, het Paulus rede tot ernstige bedenkinge gehad

aangaande sommige van die gemeentes wat hy reeds gestig het. As gevolg van die invloed

van valse leraars wat onder die gelowiges in Jerusalem opgestaan het, het verdeeldheid,

dwaalleringe en sensualisme spoedig veld gewen onder die gelowiges in Galasië. Hierdie

valse leraars het Joodse tradisies met die waarhede van die evangelie vermeng. Hulle het

die besluite van die algemene raad in Jerusalem verontagsaam en by die Heidense

bekeerlinge aangedring om die voorskrifte van die seremoniële wet na te kom.DHDA

327.1

Die toestand was kritiek. Die euwels wat ingebring is, het gedreig om spoedig die

gemeentes in Galasië te vernietig.DHDA 327.2

Paulus se hart was deurboor en sy siel was deur hierdie openlike afvalligheid van

diegene aan wie hy die beginsels van die evangelie so getrou geleer het, ontroer. Hy het

dadelik aan die misleide gelowiges geskryf en die vals teorieë wat hulle aangeneem het aan

die kaak gestel en diegene wat van die geloof afgedwaal het, streng bestraf. Nadat hy die

Galasiërs gegroet het met die woorde: “Genade vir julle en vrede van God die Vader en

onse Here Jesus Christus...” het hy hierdie woorde van skerp teregwysing tot hulle

gerig:DHDA 327.3

“Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade

van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe

dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil

verdraai. Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd

met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!” Paulus se leringe was

in ooreenstemming met die Skrif en die Heilige Gees het van sy arbeid getuig; daarom het

hy sy broeders gewaarsku om nie na iets te luister wat in stryd is met die waarhede wat hy

hulle geleer het nie.DHDA 327.4

Die apostel het die gelowiges in Galasië vermaan om hul eerste ervaring in die

Christelike lewe deeglik te oorweeg. “O, onverstandige Galasiërs...” het hy uitgeroep,

“...wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë

Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? Dit alleen wil ek van julle weet: het

julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? Is julle

so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? Het

julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was! Hy wat julle dan die Gees verleen en

kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die

geloof?”DHDA 328.1

So het Paulus die gelowiges in Galasië voor die regterstoel van hulle eie gewete

gedaag en getrag om hulle in hul weg te stuit. Die apostel het op die reddende krag van

222


Die Handelinge van die Apostels

God vertrou en geweier om die leer van die afvallige leraars te erken. Hy het gepoog om

die bekeerlinge te lei om in te sien dat hulle grootliks mislei was, maar dat hulle, deur na

hulle vorige geloof in die evangelie terug te keer, die doel van Satan kon verydel. Hy het

ferm aan die kant van waarheid en geregtigheid gestaan; en sy onwankelbare geloof en

vertroue in die boodskap wat hy verkondig het, het baie wie se geloof gewankel het, gehelp

om na hul trou aan die Verlosser terug te keer.DHDA 328.2

Hoe anders was Paulus se wyse van skrywe aan die gemeente in Korinthe, as die

metode wat hy teenoor die Galasiërs gevolg het! Eersgenoemdes het hy met omsigtigheid

en teerheid bestraf, maar laasgenoemde met woorde van onbeskroomde teregwysing. Die

Korinthiërs is deur versoeking oorkom. Mislei deur die vernuftige drogredenasies van

leraars wat dwalinge onder die dekmantel van waarheid voorgehou het, het hulle onseker

en verward geraak. Om hulle te leer om valsheid van waarheid te onderskei, het

versigtigheid en geduld geverg. Strengheid of onoordeelkundige haas van Paulus se kant

af, sou sy invloed oor baie van diegene wat hy verlang het om te help, vernietig het.DHDA

328.3

In die gemeentes van Galasië het openlike, ontmaskerde dwalinge die

evangelieboodskap vervang. Christus, die ware Fondasie van die geloof, is feitlik ten

gunste van die uitgediende seremonies van Judaïsme versaak. Die apostel het besef dat om

die gelowiges in Galasië van die gevaarlike invloede wat hulle bedreig het te red, die mees

vasbeslote maatreëls getref en die skerpste waarskuwings gegee moes word.DHDA 329.1

’n Belangrike les vir elke dienaar van Christus om te leer, is om sy arbeid by die

toestand van diegene wat hy wil bevoordeel aan te pas. Deernis, geduld, vasberadenheid

en fermheid is net so nodig; maar dit moet met groot omsigtigheid toegepas word. Om

onder uiteenlopende omstandighede en toestande, met wysheid teenoor mense met

verskillende vlakke van denkwyses op te tree, vereis groot wysheid en insig wat deur die

Gees van God verlig en geheilig word.DHDA 329.2

In sy brief aan die gelowiges in Galasië het Paulus kortliks die belangrikste voorvalle

ten opsigte van sy bekering en vroeë Christelike ervaring bespreek. Hierdeur wou hy

aantoon dat hy deur ‘n spesiale manifestasie van Goddelike krag gelei is om die groot

waarhede van die evangelie in te sien en te begryp. Dit was deur ‘n opdrag van God self

dat Paulus gelei was om die Galasiërs op so ‘n plegtige en positiewe wyse te waarsku en

te vermaan. Hy het nie met aarseling of twyfel geskryf nie, maar met die versekering van

‘n vaste oortuiging en absolute kennis. Hy het die verskil tussen menslike onderrig en die

direkte onderrig van Christus duidelik omskryf.DHDA 329.3

Die apostel het by die Galasiërs aangedring om die valse leiers deur wie hulle mislei

is, te verwerp en terug te keer na die geloof wat met onmiskenbare bewyse van Goddelike

goedkeuring gepaard gegaan het. Die manne wat gepoog het om hulle van hul geloof in die

223


Die Handelinge van die Apostels

evangelie weg te draai, was huigelaars, onheilig van hart en verdorwe in hul lewenswyse.

Hulle godsdiens het uit ‘n reeks seremonies bestaan, die uitvoering waarvan hulle verwag

het om die guns van God te wen. Hulle het geen begeerte na ‘n evangelie gehad wat

gehoorsaamheid aan die woord geverg het: “As iemand nie weer gebore word nie. kan hy

die koninkryk van God nie sien nie...” (Johannes 3:3). Hulle het gemeen dat ‘n geloof wat

op so ‘n leerstelling gegrond is, ‘n te groot opoffering vereis en hulle het aan hul dwalinge

vasgehou en hulself en andere mislei.DHDA 330.1

Om die heiligheid van hart en lewe met eksterne vorms van godsdiens te vervang, is

steeds net so aanneemlik vir die ongeheiligde natuur soos dit in die dae van hierdie Joodse

leraars was. Vandag, soos destyds, is daar valse geestelike leiers wie se leerstellings deur

baie mense gretig aangehoor word. Die Satan lê hom doelbewus daarop toe om mense se

gedagtes weg van die hoop op verlossing deur geloof in Christus en gehoorsaamheid aan

die wet van God te lei. In elke eeu pas die aartsvyand sy versoekings by die vooroordele

of neigings aan van diegene wat hy trag om te mislei. In die apostoliese tye het hy die Jode

gelei om die seremoniële wet te verhef en Christus te verwerp; tans moedig hy baie

belydende Christene aan, onder die voorwendsel dat hulle Christus daardeur vereer, om

minagting op die morele wet te werp en te leer dat die voorskrifte daarvan ongestraf oortree

kan word. Dit is die plig van elke dienaar van God om hierdie verdraaiers van die geloof

vasberade te weerstaan en onverskrokke, deur die woord van die waarheid, hul foute bloot

te lê.DHDA 330.2

In sy poging om die vertroue van sy broers in Galasië te herwin, het Paulus sy

bevoegdheid as ‘n apostel van Christus op ‘n bekwame wyse bevestig. Hy het verklaar dat

hy “...’n apostel nie vanweë mense of deur ‘n mens...” was nie, “...maar deur Jesus Christus

en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het.” Hy het sy opdrag nie van mense

ontvang nie, maar van die hoogste Gesag in die hemel. En sy posisie is deur ‘n algemene

raadsvergadering in Jerusalem erken, die besluite waaraan Paulus in al sy arbeid onder die

heidene voldoen het.DHDA 331.1

Dit was nie om homself te verhef nie, maar om die genade van God te verhoog dat

Paulus aan diegene wat sy apostelskap ontken het, bewys gelewer het dat hy “...niks

agterstaan by dié uitnemende apostels nie.” (2 Korinthiërs 11:5). Diegene wat sy roeping

en sy werk probeer verkleineer het, het teen Christus, wie se genade en krag deur Paulus

geopenbaar is, geveg. Die apostel is deur die teenstand van sy vyande gedwing om ‘n

besliste standpunt in te neem om sy posisie en gesag te handhaaf.DHDA 331.2

Paulus het by diegene wat voorheen die krag van God in hulle lewens geken het,

gesmeek om na hul eerste liefde vir die evangeliewaarheid terug te keer. Met

onweerlegbare argumente het hy aan hulle die voorreg voorgehou om vry manne en vroue

in Christus te word, deur wie se versoenende genade, almal wat hulle ten volle oorgee, met

die kleed van Sy geregtigheid beklee word. Hy het die standpunt ingeneem dat elke siel

224


Die Handelinge van die Apostels

wat gered wou word ‘n egte, persoonlike ervaring in die dinge van God moes hê.DHDA

331.3

Die apostel se ernstige pleidooie was nie vrugteloos nie. Die Heilige Gees het met

groot krag gewerk en baie wie se voete op vreemde weë gedwaal het, het na hulle vorige

geloof in die evangelie teruggekeer. Hulle was voortaan standvastig in die vryheid

waarmee Christus hulle vrygemaak het. Die vrugte van die Gees is in hulle lewens

geopenbaar: “...liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid,

getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing... ” Die Naam van God is verheerlik en baie is

tot die aantal gelowiges in daardie streek bygevoeg.DHDA 331.4

225


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 37—Paulus se Laaste Reis na Jerusalem*

Paulus het grootliks begeer om Jerusalem voor die Paasfees te bereik aangesien hy die

geleentheid sou kry om mense wat uit alle dele van die wêreld sou kom om die fees by te

woon, te ontmoet. Hy het altyd die hoop gekoester dat hy op die een of ander wyse

instrumenteel sou wees om die vooroordeel van sy ongelowige landgenote te verwyder,

sodat hulle gelei kon word om die kosbare lig van die evangelie te aanvaar. Hy het ook

begeer om kennis te maak met die gemeente in Jerusalem, sodat hy aan hulle die geskenke

wat die Heidense gemeentes aan hulle behoeftige broeders in Judea gestuur het, kon

oorhandig. En met hierdie besoek het hy gehoop om ‘n hegter band tussen die Joodse en

Heidense bekeerlinge tot die geloof te smee.DHDA 333.1

Nadat hy sy werk in Korinthe voltooi het, het hy besluit om direk na een van die

hawens aan die kus van Palestina te vaar. Al die reëlings is getref en hy was op die punt

om aan boord te gaan, toe hy van die sameswering deur die Jode verneem om hom om die

lewe te bring. In die verlede is al hierdie teëstanders van die geloof se pogings om die werk

van die apostel te beëindig, verydel.DHDA 333.2

Die sukses wat die prediking van die evangelie bygewoon het, het die woede van die

Jode opnuut laat opvlam. Uit alle oorde het berigte van die verspreiding van die nuwe

leerstelling gekom, waardeur die Jode van die rituele van die seremoniële wet vrygestel is

en Heidene gelyke voorregte met die Jode, as kinders van Abraham, gedeel het. Paulus het

in sy prediking in Korinthe dieselfde argumente geopper as wat hy met soveel nadruk in

sy sendbriewe aangebied het. Sy duidelike verklaring dat daar “...nie Griek en Jood,

besnedene en onbesnedene...” (Kolossense 3:11) is nie, is deur sy vyande as uitdagende

laster beskou en hulle het besluit dat sy stem stilgemaak moes word.DHDA 333.3

Nadat Paulus die waarskuwing aangaande die sameswering ontvang het, het hy besluit

om met ‘n ompad deur Macedonië te reis. Hy moes sy plan om Jerusalem betyds vir die

Paasfees te bereik laat vaar, maar hy het gehoop om met Pinkster daar te wees.DHDA

334.1

Paulus en Lukas was vergesel van “...Sopater van Berea ... en ... van die

Thessalonicense, Aristárchus en Secundus en Gajus van Derbe en Timotheus en uit Asië

Tichikus en Trofimus.” Paulus het ‘n groot som geld van die Heidense gemeentes by hom

gehad, wat hy van plan was om in die hande van die broeders wat in beheer van die werk

in Judea was, te oorhandig; en om hierdie rede het hy reëlings getref dat hierdie

verteenwoordigende broeders uit die verskillende gemeentes wat bygedra het, hom na

Jerusalem sou vergesel.DHDA 334.2

Paulus het in Filippi vertoef om die Paasfees te vier. Net Lukas het by hom gebly,

terwyl die ander lede van die groep verder na T roas gereis het om daar vir hom te wag.

Die Filippense was die mees liefdevolste en opregste van hart van al die apostel se

226


Die Handelinge van die Apostels

bekeerlinge en gedurende die agt dae van die fees het hy vreedsame en gelukkige

gemeenskap met hulle geniet.DHDA 334.3

Toe het Paulus en Lukas Filippi verlaat en hulle reisgenote in Troas vyf dae later

bereik, waar hulle sewe dae lank by die gelowiges in daardie plek gebly het.DHDA 334.4

Op die laaste aand van sy verblyf het die broeders saamgekom “...om brood te breek.”

Die feit dat hul geliefde leraar op die punt was om te vertrek, het ‘n groter groep as

gewoonlik byeengebring. Hulle het in ‘n “bovertrek” op die derde verdieping saamgekom.

Daar het die apostel, in die ywer van sy liefde en besorgdheid vir hulle, tot middernag

gepreek.DHDA 334.5

In een van die oop vensters het ‘n jeugdige, met die naam van Eutichus, gesit. Hy het

op hierdie gevaarlike plek aan die slaap geraak en deur die venster op die plaveisel na

benede geval. Alles was meteens in rep en roer. Die jeugdige is dood opgetel en baie van

hulle het om hom gestaan en gerou en getreur. Maar Paulus het sy weg deur die verskrikte

groep gebeur, hom omhels en ‘n ernstige gebed tot God gerig om die oorledene tot die lewe

te herstel. Sy gebed is verhoor. Bo die geluid van die geweeklaag en geween is die stem

van die apostel gehoor wat sê: “Moenie so te kere gaan nie, want sy lewe is in hom.” Met

blydskap het die gelowiges weer in die bovertrek vergader. Hulle het “...brood gebreek en

geëet; en...” daarna het “...hy nog ‘n geruime tyd gespreek ... tot dagbreek toe.”DHDA

335.1

Die skip waarop Paulus en sy geselskap hulle reis sou voortsit, was op die punt om te

vertrek en die broeders het aan boord gehaas. Die apostel self het egter verkies om die

kortpad oorland van Troas na Assus te neem en sy reisgenote weer in laasgenoemde te

ontmoet. Dit het aan hom ‘n kort geleentheid vir oordenking en gebed verleen. Die

probleme en gevare verbonde aan sy komende besoek aan Jerusalem, die houding van die

gemeente daar teenoor hom en sy werk, sowel as die toestand van die gemeentes en die

belange van die evangeliewerk op ander terreine, was onderwerpe aan ernstige, besorgde

oordenking en hy het van hierdie spesiale geleentheid gebruik gemaak om God vir krag en

leiding te smeek.DHDA 335.2

Soos die reisigers suidwaarts van Assus af gevaar het, is hulle by die stad Éfese verby,

wat vir so lank die toneel van die apostel se arbeid was. Paulus het grootliks begeer om die

gemeente daar te besoek, want hy het belangrike opdragte en raad gehad om met hulle te

deel. Maar na oorweging het hy besluit om sonder onderbreking verder te reis, want hy

wou, “...as dit vir hom moontlik was, op die pinksterdag in Jerusalem ... wees.” Toe hulle

egter by Milete aankom, wat ongeveer agt-en-veertig kilometer van Éfese was, het hy

verneem dat hy moontlik in kontak met die gemeente sou kon kom voordat die skip vertrek.

Hy het dus dadelik ‘n boodskap aan die ouderlinge gestuur en hulle versoek om haastig na

Milete te kom sodat hy hulle kon sien voordat hy sy reis voortsit.DHDA 335.3

227


Die Handelinge van die Apostels

Hulle het in antwoord op sy berig gekom en hy het aangrypende woorde van

vermaning en afskeid tot hulle gespreek. “Julle weet...” het hy gesê, ...“hoe ek, van die

eerste dag af dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het en die Here

gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het deur

die komplotte van die Jode; hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan

julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise, terwyl ek kragtig

by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in

onse Here Jesus Christus.”DHDA 336.1

Paulus het die wet van God altyd verhef. Hy het daarop gewys dat daar in die wet geen

gesag was om die mens van die straf vir ongehoorsaamheid te red nie. Oortreders moet

berou hê oor hulle sondes en hulle voor God verootmoedig, wie se geregtelike toorn hulle,

deur Sy wet te verbreek, oor hulself gebring het en hulle moes ook geloof in die bloed van

Christus uitoefen as die enigste middel tot vergifnis. Die Seun van God het as hul Soenoffer

gesterf en het na die hemel opgevaar om as hulle voorspraak voor die Vader te staan. Deur

berou en geloof kan hulle van die veroordeling van die sonde vrygespreek word en deur

die genade van Christus voortaan in staat gestel word om die wet van God te

gehoorsaam.DHDA 336.2

“En kyk...” het hy vervolg, “...ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en

watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie, behalwe dat die Heilige Gees in elke stad

kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag. Maar ek bekommer my glad nie

en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan

volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir

die evangelie van die genade van God. En nou weet ek dat julle almal onder wie ek

rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien

nie.”DHDA 336.3

Paulus was nie van plan om hierdie getuienis te lewer nie, maar terwyl hy gepraat het,

het die Gees van Inspirasie oor hom vaardig geword en sy vrese bevestig dat dit sy laaste

ontmoeting met die broeders van Éfese sou wees.DHDA 337.1

“Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.

Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.” Geen vrees

dat hy sou aanstoot gee, geen begeerte na vriendskap of byval, kon Paulus beweeg om die

woorde wat God aan hom vir hulle onderrig, waarskuwing en teregwysing gegee het, te

weerhou nie. Van Sy dienaars vereis God vandag dat hulle vreesloos die woord sal

verkondig en die voorskrifte daarvan sal uitoefen. Die predikant van Christus moet nie

slegs die aangename waarhede aan die volk voorhou, terwyl hy ander waarhede wat kan

kwes weerhou nie. Hy moet met diepgaande besorgdheid die ontwikkeling van karakter

dophou. As hy sien dat enigeen van sy kudde sonde koester moet hy, as ‘n getroue herder,

uit die Woord van God aan hulle die opdrag gee wat in hulle geval van toepassing is. As

228


Die Handelinge van die Apostels

hy hulle toelaat om in hulle selfvertroue ongewaarsku voort te gaan, sal hy verantwoordelik

vir hulle siele gehou word. Die predikant wat sy hoë opdrag vervul, moet sy mense getroue

opdragte aangaande elke punt van die Christelike geloof gee en aan hulle toon wat hulle

moet wees en doen om in die dag van God volmaak te staan. Slegs hy wat ‘n getroue leraar

van die waarheid is, sal aan die einde van sy werk soos Paulus kan sê, dat hy “...rein is van

die bloed van almal.”DHDA 337.2

Die apostel het die broeders vermaan: “Gee dan ag op julleself en op die hele kudde

waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van

God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.” Indien bedienaars van die evangelie

in gedagte sou hou dat hulle met mense te doen het wat deur die bloed van Christus gekoop

is, sou hulle ‘n dieper insig van die belangrikheid van hulle werk hê. Hulle moet op hulself

en op hulle kudde let. Hulle moet deur hul eie voorbeeld hul opdragte uitbeeld en toepas.

As leraars van die weg van die lewe, moet hulle geen geleentheid vir die waarheid om

belaster te word bied nie. As verteenwoordigers van Christus moet hulle die eer van Sy

Naam handhaaf. Deur hulle toewyding, hulle rein lewe en hul godvrugtige gesprek, moet

hulle bewys dat hulle hul hoë roeping waardig is.DHDA 338.1

Die gevare wat die kerk in Éfese sou teëkom, is aan die apostel geopenbaar. Hy het

gesê: “Want ek weet dit, dat na my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde

nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die

dissipels weg te trek agter hulle aan.” Paulus het vir die gemeente gevrees toe hy in die

toekoms kyk en sien wat se aanvalle hulle van interne sowel as eksterne vyande sou moes

verduur. Met plegtige erns het hy die broeders gemaan om hulle heilige pand sorgvuldig te

bewaak. As voorbeeld het hy hulle op sy eie onvermoeide arbeid onder hulle gewys:

“Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om

elkeen met trane te vermaan nie.DHDA 338.2

“En nou, broeders...” het hy vervolg, “...dra ek julle op aan God en aan die woord van

sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle ‘n erfdeel te gee onder al die

geheiligdes. Niemand se silwer of goud of klere het ek begeer nie.” Sommige van die

gelowiges in Éfese was welaf, maar Paulus het nooit na persoonlike voordeel van hulle

gesoek nie. Dit was nie deel van sy boodskap om die aandag op sy eie behoeftes te vestig

nie. “Julle weet self...” het hy gesê, “...dat hierdie hande voorsien het in die behoeftes van

my en die wat by my was.” Te midde van sy moeisame arbeid en uitgebreide reise vir die

saak van Christus, was hy daartoe in staat om nie net in sy eie behoeftes te voorsien nie,

maar om ook iets eenkant te sit vir die onderhoud van sy medewerkers en vir die verligting

van die verdienstelike armes. Dit kon hy alleen deur onverpoosde ywer en streng

spaarsaamheid vermag. Hy kon met reg na sy eie voorbeeld verwys en sê: “Ek het julle in

alles getoon dat ons deur so te arbei, die swakkes moet help en die woorde van die Here

229


Die Handelinge van die Apostels

Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.”DHDA

338.3

“En na hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid. En daar het

‘n groot geween ontstaan van almal en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,

veral bedroef oor die woord wat hy gesê het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie.

En hulle het hom na die skip begelei.”DHDA 339.1

Van Milete het die reisigers weggeseil “...en reguit koers gehou en by Kos aangekom

en die volgende dag by Rhodus en daarvandaan na Patara...” aan die suidwestelike kus van

Klein-Asië, waar hulle ‘n skip gevind het, “...wat na Fenicië sou oorseil...” en hulle het

“...daarop gegaan en afgevaar.” By Tirus, waar die skip se lading afgelaai is, het hulle ‘n

paar dissipels gevind by wie hulle toegelaat was om sewe dae lank te vertoef. Deur die

Heilige Gees is hierdie dissipels aangaande die gevare wat Paulus in Jerusalem ingewag

het gewaarsku en hulle het by hom aangedring “...om nie op te gaan na Jerusalem nie.”

Maar die apostel het nie toegelaat dat vrees vir beproewing en gevangenskap hom van sy

voorneme laat afsien nie.DHDA 339.2

Aan die einde van die week wat Paulus in Tirus deurgebring het, het al die broeders

met hulle vrouens en kinders saam met hom na die skip gegaan en voordat hy aan boord

gegaan het, het hulle op die strand gekniel en gebid, hy vir hulle en hulle vir hom.DHDA

339.3

Die reisigers het hulle reis voortgesit en by Cesárea aangekom en hulle “...intrek

geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was en by

hom gebly.” Daar het Paulus ‘n paar gelukkige dae in vrede deurgebring-die laaste

volmaakte vryheid wat hy in ‘n lang tyd sou geniet.DHDA 340.1

Terwyl Paulus in Cesárea vertoef het, “...het ‘n sekere profeet met die naam van

Agabus van Judea afgekom. En toe hy by ons kom...” sê Lukas, “...neem hy die gordel van

Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dit spreek die Heilige Gees: So sal die Jode

die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene

oorlewer.”DHDA 340.2

“En toe ons dit hoor,” het Lukas voortgegaan, “...het ons saam met die broeders van

die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.” Maar Paulus het geweier om

van sy plig af te sien. Indien nodig sou hy Christus tot in die gevangenis en selfs tot die

dood toe volg. Hy het uitgeroep: “Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak?

Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe

vir die Naam van die Here Jesus.” Toe hulle besef dat hulle smart vir hom veroorsaak

sonder om hom van sy plan te laat afsien, het die broeders opgehou om hom te smeek, en

net gesê: “Laat die wil van die Here geskied!”DHDA 340.3

230


Die Handelinge van die Apostels

Die tyd het spoedig aangebreek dat die kort verblyf in Cesárea tot ‘n einde moes kom

en saam met sommige van die broeders, het Paulus en sy geselskap na Jerusalem vertrek

terwyl die voorgevoel van komende onheil hulle harte met ‘n donker skaduwee oordek

het.DHDA 340.4

Nooit tevore het die apostel Jerusalem met so ‘n beswaarde gemoed genader nie. Hy

het geweet dat hy min vriende en baie vyande daar sou aantref. Hy het die stad wat die

Seun van God verwerp het en waaroor die bedreiginge van Goddelike toorn gehang het

genader. Omdat hy onthou het hoe bitter sy eie vooroordeel teen die volgelinge van

Christus was, het hy die innigste meegevoel vir sy misleide landgenote gehad. En tog, hoe

weinig was sy hoop dat hy in staat sou wees om hulle te help! Dieselfde blinde woede wat

eens in sy eie hart gebrand het, het nou met onuitspreeklike krag die harte van die hele volk

teen hom laat opvlam.DHDA 340.5

En hy kon nie eers op die meegevoel en ondersteuning van sy eie broeders in die

geloof staatmaak nie. Die onbekeerde Jode wat so noukeurig op sy spoor gevolg het, het

nie op hulle laat wag om die mees ongunstigste verslae oor hom en sy werk, persoonlik in

Jerusalem en per brief te versprei nie; en sommige, selfs van die apostels en ouderlinge,

het hierdie gerugte vir waarheid aangeneem sonder om te probeer om dit te weerspreek en

het geen begeerte gemanifesteer om met hom ooreen te stem nie.DHDA 341.1

Tog, te midde van ontmoediging, was die apostel nie wanhopig nie. Hy het vertrou

dat die Stem wat tot sy eie hart gespreek het, nog tot die harte van sy volksgenote sou

spreek en dat die Meester wat deur sy mededissipels gedien is en vir Wie hulle lief was,

tog hulle harte met hom in die werk van die evangelie sou verenig.DHDA 341.2

231


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 38—Paulus ‘n Gevangene*

“Toe ons in Jerusalem aankom, het die broeders ons met blydskap ontvang. En op die

volgende dag het Paulus saam met ons na Jakobus se huis gegaan en al die ouderlinge was

daar teenwoordig.”DHDA 342.1

By hierdie geleentheid het Paulus en sy metgeselle die bydraes van die Heidense

gemeentes vir die ondersteuning van die armes onder die Joodse broeders formeel aan die

leiers van die werk in Jerusalem oorhandig. Die insameling van hierdie bydraes het van die

apostel en sy medewerkers baie tyd, angs en moeisame arbeid geverg. Die bedrag, wat die

verwagtinge van die ouderlinge in Jerusalem ver oortref het, het baie opofferings en selfs

groot ontberings van die Heidense gelowiges verteenwoordig.DHDA 342.2

Hierdie vrywillige offergawes het die lojaliteit van die Heidense bekeerlinge teenoor

die georganiseerde werk van God regoor die wêreld getoon en moes deur almal met

dankbare erkenning ontvang gewees het, maar dit was vir Paulus en sy metgeselle duidelik

dat selfs onder diegene voor wie hulle nou gestaan het, daar sommige was wat nie die gees

van broederliefde wat aanleiding tot hierdie geskenke gegee het, kon waardeer nie.DHDA

342.3

In die vroeëre jare van die evangeliewerk onder die Heidene, was daar van die

leidende broeders in Jerusalem wat steeds aan die vorige vooroordele en denkpatrone

gekleef het en nie heelhartig met Paulus en sy medewerkers saamgewerk het nie. In hulle

angstigheid om ‘n paar sinlose vorms en seremonies te bewaar, het hulle die seën wat op

hulle en die saak wat hulle liefgehad het sou rus, deur ‘n poging om alle dele van die werk

van die Here te verenig, uit die oog verloor. Alhoewel dit hulle begeerte was om die belange

van die Christelike kerk te beskerm, het hulle nie daarin geslaag om tred met die

toenemende voorsienighede van God te hou nie en in hul menslike wysheid gepoog om die

werkers met baie onnodige beperkings te belas. So het daar ‘n groep mans ontstaan wat nie

persoonlik met die veranderende omstandighede en die besondere behoeftes van die

werkers in verafgeleë gebiede bekend was nie, maar wat daarop aangedring het dat hulle

die gesag gehad het om aan die broeders in daardie velde sekere bepaalde arbeidsmetodes

voor te skryf. Hulle het gevoel dat die verkondiging van die evangelie in ooreenstemming

met hulle opvattings voortgesit moes word.DHDA 342.4

Verskeie jare het verloop sedert die broeders in Jerusalem, tesame met

verteenwoordigers van ander leidende gemeentes, deeglik besin het oor die verwarrende

vrae wat ontstaan het aangaande metodes wat deur diegene wat vir die Heidene gewerk het

gevolg is. As gevolg van hierdie raadsitting het die broeders gesamentlik ooreengekom om

sekere bepaalde aanbevelings aan die gemeentes voor te lê aangaande sekere bepaalde

rituele en gebruike, insluitende die besnydenis. Dit was op hierdie algemene raad dat die

broeders ook eenparig ooreengekom het om die broeders, Barnabas en Paulus, by die

232


Die Handelinge van die Apostels

gemeentes aan te beveel as arbeiders wat die volle vertroue van elke gelowige waardig

was.DHDA 343.1

Onder die aanwesiges by hierdie vergadering was sommige wat die arbeidsmetodes

van die apostels op wie die grootste las om die evangelie aan die Heidense wêreld te

verkondig gerus het, ernstig gekritiseer het. Maar tydens die raadsitting het hulle ‘n breër

insig aangaande die planne van God gekry en hulle het met hul broeders verenig om wyse

besluite, wat die eenwording van die hele liggaam van gelowiges moontlik gemaak het, te

neem.DHDA 343.2

Toe dit later duidelik blyk dat die bekeerlinge onder die Heidene vinnig toeneem, was

daar enkele van die leidende broeders in Jerusalem wat opnuut hulle vroeëre vooroordele

teen die metodes van Paulus en sy medewerkers begin koester het. Hierdie vooroordele het

met verloop van jare toegeneem totdat sommige van die leiers besluit het dat die

verkondiging van die evangelie voortaan volgens hulle eie idees moes geskied. Indien

Paulus sy metodes by sekere beleide wat hulle voorgestaan het sou aanpas, sou hulle sy

werk erken en onderhou; anders kon hulle sy werk nie meer gunstig bejeën of hul steun

daaraan verleen nie.DHDA 344.1

Hierdie manne het die feit dat God die Leermeester van Sy volk is, uit die oog verloor;

dat elke werker in Sy saak individuele ervaring moet opdoen om die Goddelike Leier te

volg en nie na die mense vir direkte leiding moet soek nie; dat Sy werkers nie volgens die

idees van die mens gevorm moet word nie, maar volgens die Goddelike.DHDA 344.2

In sy bediening het die apostel Paulus die mense geleer, “...nie in oorredende woorde

van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag.” Die waarhede wat hy

verkondig het, is deur die Heilige Gees aan hom geopenbaar, “...want die Gees ondersoek

alle dinge, ook die dieptes van God. Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is,

behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie,

behalwe die Gees van God ... Daarvan...” verklaar Paulus, “...spreek ons ook, nie met

woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer, sodat

ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.” (1 Korinthiërs 2:4,10-13).DHDA 344.3

Regdeur sy bediening het Paulus na God vir regstreekse leiding opgesien.

Terselfdertyd het hy baie noukeurig gewerk om in ooreenstemming met die besluite van

die algemene raad in Jerusalem te werk en gevolglik is die gemeentes “...versterk in die

geloof en het elke dag vermeerder in getal.” (Handelinge 16:5). En nou, ondanks die gebrek

aan medelye van sommige, het hy vertroosting in die wete gevind dat hy sy plig gedoen

het deur in sy bekeerlinge ‘n gees van getrouheid, vrygewigheid en broederliefde aan te

moedig, soos by hierdie geleentheid in die oorvloedige bydraes wat hy in staat was om aan

die Joodse ouderlinge te oorhandig, geopenbaar.DHDA 344.4

233


Die Handelinge van die Apostels

Nadat hy die geskenke oorhandig het, het Paulus “...van stuk tot stuk vertel wat God

onder die heidene deur sy diens gedoen het.” Hierdie opsomming van die feite het, die

oortuiging dat die seën van die hemel sy arbeid vergesel het tot die harte van almal, selfs

diegene wat getwyfel het, gebring. “Toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik.” Hulle

was van mening dat die arbeidsmetodes wat die apostel gevolg het die seël van die Hemel

gedra het. Die oorvloedige bydraes wat voor hulle gelê is het verdere gewig aan Paulus se

getuienis aangaande die getrouheid van die gemeentes wat hy onder die Heidene gestig het

verleen. Die manne wat, hoewel hulle die werk in Jerusalem behartig het, daarop

aangedring het dat willekeurige beheermaatreëls toegepas moes word, het Paulus se

bediening in ‘n nuwe lig gesien en was daarvan oortuig dat hulle eie weg verkeerd was, dat

hulle deur die Joodse gebruike en tradisies in slawerny verkeer het en dat die werk van die

evangelie grootliks belemmer was omdat hulle nie ingesien het dat die muur van verdeling

tussen Jood en Heiden deur die dood van Christus afgebreek was nie.DHDA 345.1

Hierdie was ‘n gulde geleentheid vir al die leidende broeders om eerlik te bely dat

God deur Paulus gewerk het en dat hulle soms fouteer het deur toe te laat dat die verslae

van sy vyande hulle jaloesie en vooroordeel opwek. Maar in plaas daarvan om te verenig

in ‘n poging om reg teenoor hom wat veronreg is te laat geskied, het hulle hom van raad

bedien wat aangedui het dat hulle steeds gevoel het dat Paulus grootliks verantwoordelik

vir die bestaande vooroordeel gehou moes word. Hulle het nie edelmoedig tot sy

verdediging toegetree om aan die ontevredenes aan te dui waar hulle verkeerd was nie,

maar het probeer om ‘n kompromie aan te gaan, deur hom aan te raai om ‘n weg te volg

wat, volgens hulle mening, alle misverstand uit die weg sou ruim.DHDA 345.2

In antwoord op sy getuienis het hulle geantwoord: “U sien, broeder, hoeveel duisende

Jode daar is wat gelowig geword het en almal is yweraars vir die wet. En hulle is aangaande

u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te sê

dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die sedes moet wandel nie. Wat

staan ons dan te doen? Dit is dringend nodig dat die menigte bymekaarkom, want hulle sal

hoor dat u gekom het. Doen dan wat ons vir u sê. Ons het vier manne wat ‘n gelofte gedoen

het; neem hulle en heilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hulle hul

hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat

u self ook wandel as een wat die wet onderhou. Wat egter die gelowiges uit die heidene

betref, het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van die aard moet onderhou nie, maar

hulle net moet onthou van afgodsoffers en bloed en van wat verwurg is, en van

hoerery.”DHDA 346.1

Die broeders het gehoop dat Paulus, deur die weg te volg wat hulle voorgestel het, die

valse gerugte aangaande hom met beslistheid sou weerlê. Hulle het hom verseker dat die

vorige raadsbesluit aangaande die Heidense bekeerlinge en die seremoniële wet nog geldig

was. Maar die advies wat hulle hom nou gegee het, het nie met daardie besluit gestrook

234


Die Handelinge van die Apostels

nie. Die Gees van God het hierdie raad nie voorgesê nie; dit was die vrug van lafhartigheid.

Die leiers van die gemeente in Jerusalem het geweet dat Christene die haat van die Jode

oor hulle sou bring en hulle aan vervolging sou blootstel indien hulle nie die seremoniële

wet nagekom het nie. Die Sanhedrin het hul uiterste bes gedoen om die vordering van die

evangelie te belemmer. Manne is deur hierdie liggaam gekies om die apostels, veral Paulus,

op te volg en hulle werk op elke moontlike manier teë te gaan. Indien gelowiges in Christus

deur die Sanhedrin as oortreders van die wet veroordeel sou word, sou hulle spoedig en

swaar as afvalliges van die Joodse geloof gestraf word.DHDA 346.2

Baie van die Jode wat die evangelie aangeneem het, het steeds die seremoniële wet

gekoester en was maar te gewillig om onverstandige toegewings te maak in die hoop om

sodoende die vertroue van hulle landgenote te verkry, hul vooroordeel te verwyder en hulle

tot geloof in Christus as die Verlosser van die wêreld te wen. Paulus het besef dat solank

baie van die leidende lidmate van die gemeente in Jerusalem voortgaan om vooroordele

teen hom te koester, hulle voortdurend sou streef om sy invloed teë te werk. Hy was van

mening dat indien hy hulle deur ‘n redelike toegewing tot die waarheid sou kon wen, hy ‘n

groot struikelblok vir die sukses van die evangelie op ander plekke sou verwyder. Maar hy

was nie deur God gemagtig om tot so mate toe te gee soos wat hulle gevra het nie.DHDA

347.1

As ons dink aan Paulus se groot begeerte om in harmonie met sy broers te wees, sy

deernis teenoor die swakkes in die geloof, sy eerbied vir die apostels wat met Christus

omgegaan het en vir Jakobus, die broer van die Here en sy voorneme om, sover hy kon,

alles vir almal te word sonder om beginsel prys te gee-as ons aan dit alles dink, is dit minder

verbasend dat hy hom laat oorhaal het om van die besliste koers wat hy tot nog toe gevolg

het, af te wyk. Maar in plaas daarvan dat dit die verlangde doel bereik het, het sy pogings

om versoening teweeg te bring sy voorspelde lyding verhaas en het daartoe gelei dat hy

van sy broeders geskei is, die kerk van een van sy sterkste pilare ontneem is en die harte

van Christene in elke land bedroef is.DHDA 347.2

Die volgende dag het Paulus die raad van die ouderlinge begin deurvoer. Hy het die

vier mans wat die Nasireër-eed afgelê het, (sien Numeri 6) waarvan die termyn amper

verstreke was, in die tempel ingebring “...om bekend te maak dat die dae van die heiliging

sou voortduur totdat die offer vir elkeen van hulle gebring moes word.” Sekere duur

reinigingsoffers moes nog gebring word.DHDA 347.3

Diegene wat Paulus aangeraai het om hierdie stap te neem, het nie die groot gevaar

waaraan Paulus hom sodoende sou blootstel, ten volle besef nie. Gedurende hierdie tyd van

die jaar, was Jerusalem gevul met aanbidders uit ander lande. Omdat, ter vervulling van

die opdrag wat God aan hom gegee het, Paulus die evangelie aan die Heidene verkondig

het, het hy baie van die grootste stede ter wêreld besoek en hy was bekend aan duisende

wat uit vreemde dele na Jerusalem gekom het om die fees by te woon. Onder hulle was

235


Die Handelinge van die Apostels

mense wie se harte met bittere haat vir Paulus gevul was en vir hom om tydens ‘n openbare

geleentheid in die tempel in te gaan, het hy sy lewe op die spel geplaas. Hy het etlike dae

lank heen en weer tussen die aanbidders beweeg, blykbaar onopgemerk; maar voor die

einde van die vasgestelde tyd, terwyl hy met ‘n priester oor die offers wat gebring moes

word gepraat het, is hy deur sommige Jode uit Asië herken.DHDA 348.1

Met sataniese woede het hulle op hom afgestorm en uitgeroep: “Israeliete, help! Dit

is die man wat oral aan almal dinge leer teen die volk en die wet en hierdie plek.” En soos

die volk gehoor aan die geroep om hulp gegee het, is daar nog ‘n beskuldiging bygevoeg:

“Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig.”DHDA

348.2

Volgens die Joodse wet was dit ‘n misdaad wat met die dood strafbaar was vir ‘n

onbesnede persoon om die binneste howe van die heiligdom te betree. Paulus is in die

geselskap van Trofimus, ‘n Efesiër gesien en daar is vermoed dat hy hom in die tempel

ingebring het. Hy het dit nie gedoen nie en omdat hy self ‘n Jood was, was sy daad om die

tempel binne te gaan, geen oortreding van die wet nie. Maar hoewel die beskuldiging

heeltemal vals was, het dit die algemene vooroordeel opgewek. Soos die uitroepe

opgeneem en oral deur die tempelhowe gedra is, het die skare wat bymekaar was in wilde

oproerigheid ontaard. Die nuus het spoedig deur die hele Jerusalem versprei, en “...toe kom

die hele stad in beweging, en daar was ‘n oploop van die volk.”DHDA 348.3

Dat ‘n afvallige uit Israel dit sou waag om die tempel te ontheilig tydens die samekoms

van duisende mense uit alle dele van die wêreld om te aanbid, het die hewigste hartstogte

van die gepeupel ontketen. “Hulle het Paulus gegryp en hom buitekant die tempel gesleep;

en dadelik is die deur gesluit.”DHDA 349.1

“En onderwyl hulle probeer om hom dood te maak, het ‘n berig die owerste oor

duisend van die leërafdeling bereik dat die hele Jerusalem in oproer was.” Claudius Lisias

was goed bekend met die onstuimige elemente waarmee hy te doen gehad het en hy het

“...meteens soldate en hoofmanne oor honderd geneem en afgehardloop na hulle; en toe

hulle die owerste oor duisend en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan.”

Onkundig oor die oorsaak van die oproer, maar ten aanskoue van die woede van die skare

teen Paulus, het die Romeinse kaptein tot die gevolgtrekking te kom dat hy ‘n sekere

Egiptiese rebel van wie hy gehoor het, wat tot dusver gevangenskap ontsnap het, moes

wees. Hy het hom dus gevange geneem en bevel gegee “...dat hy met twee kettings geboei

moet word; en hy het gevra wie hy was en wat hy gedoen het.” Onmiddellik is daar baie

stemme wat luide en kwaai beskuldigings teen hom gehef het. “En onder die skare het

sommige dit en sommige iets anders geskreeu. En omdat hy weens die rumoer geen

sekerheid kon verkry nie, het hy bevel gegee dat hy na die kamp gebring moes word. En

toe hy op die trappe kom, moes hy deur die soldate gedra word weens die geweld van die

skare. Want die menigte van die volk het gevolg en geskreeu: Weg met hom!”DHDA 349.2

236


Die Handelinge van die Apostels

Te midde van die oproer was die apostel kalm en selfbeheersd. Sy gedagtes was op

God gerig en hy het geweet dat engele van die hemel rondom hom was. Hy was onwillig

om die tempel te verlaat sonder om ‘n poging aan te wend om die waarheid aan sy

volksgenote voor te hou. Terwyl hy na die kamp gelei word, het hy vir die kaptein gesê:

“Is dit my geoorloof om iets vir u te sê?” Lisias het geantwoord: “Ken jy Grieks? Is jy dan

nie die Egiptenaar wat ‘n tyd gelede oproer gemaak het en vierduisend rowers na die

woestyn uitgelei het nie?” In antwoord daarop het Paulus gesê: “Ek is ‘n Joodse man van

Tarsus, ‘n burger van geen onvermaarde stad in Cilicië nie; ek versoek u, laat my toe om

die volk toe te spreek.”DHDA 350.1

Die versoek is toegestaan en Paulus het op die trappe gaan staan en met die hand vir

die volk gewink. Die gebaar het hul aandag getrek en sy houding het respek afgedwing.

“En nadat daar ‘n groot stilte gekom het, het hy hulle in die Hebreeuse taal toegespreek en

gesê: Broeders en vaders, luister nou na my verdediging teenoor julle!” Met die klank van

die bekende Hebreeuse woorde, “...was hulle nog stiller...” en in die algehele stilte het hy

voortgegaan:DHDA 350.2

“Ek is ‘n Jood, gebore in Tarsus in Cilicië, maar opgevoed in hierdie stad aan die voete

van Gamaliël, streng ooreenkomstig die voorvaderlike wet, ‘n yweraar vir God soos julle

almal vandag is.” Niemand kon die uitsprake van die apostel weerlê nie, want die feite

waarna hy verwys het, was bekend aan baie wat nog in Jerusalem gewoon het. Hy het toe

gepraat van sy vroeëre ywer om die dissipels van Christus te vervolg tot die dood toe; en

hy het sy toehoorders van die omstandighede van sy bekering vertel en hoe sy eie trotse

hart gelei is om voor die gekruisigde Nasarener te buig. Indien hy probeer het om met sy

teëstanders te redeneer, sou hulle hardkoppig geweier het om na sy woorde te luister; maar

die vertelling van sy ervaring het met ‘n oortuigende krag gepaard gegaan, wat voorlopig

geblyk het hulle harte te versag en in bedwang te bring.DHDA 350.3

Hy het toe gepoog om aan te toon dat sy werk onder die Heidene nie uit sy eie keuse

onderneem is nie. Hy het begeer om vir sy eie volk te werk, maar juis in daardie tempel het

die stem van God in ‘n heilige gesig met hom gepraat en sy koers “...ver[weg] ... na die

heidene...” gerig.DHDA 351.1

Tot dusver het die volk aandagtig geluister, maar toe Paulus die punt in sy relaas bereik

waar hy as gesant van Christus vir die Heidene aangestel is, het hulle woede opnuut

losgebars. Gewoond daaraan om hulself as die enigste mense wat deur God bevoordeel

word beskou het, was hulle nie bereid om die veragte Heidene toe te laat om in die

voorregte wat tot dusver uitsluitlik as hul eie beskou is, te deel nie. Hulle het hul stemme

bo die stem van die spreker verhef en geskreeu: “Weg van die aarde met so ‘n mens, want

hy behoort nie te lewe nie!”DHDA 351.2

237


Die Handelinge van die Apostels

“Terwyl hulle so skreeu en hulle klere afgooi en stof in die lug werp, het die owerste

oor duisend bevel gegee dat hy in die kamp gebring moes word en gesê dat hulle hom met

gesel slae moes ondersoek, sodat hy kon weet om watter rede hulle so teen hom

uitroep.”DHDA 351.3

“En onderwyl hulle hom met die rieme uitrek, sê Paulus vir die hoofman oor honderd

wat daar staan: Is dit u geoorloof om ‘n Romeinse burger en dit onveroordeeld, te gesel?

Toe die hoofman oor honderd dit hoor, gaan hy dit aan die owerste oor duisend vertel en

sê: Pas op wat u gaan doen, want hierdie man is ‘n Romein. En die owerste oor duisend het

gekom en hom gevra: Sê vir my of jy ‘n Romein is? En hy antwoord: Ja. Toe sê die owerste

oor duisend: Ek het hierdie burgerreg vir ‘n groot som verkry! En Paulus sê vir hom: Maar

ek het dit deur geboorte. Daarop het die wat hom sou ondersoek, hom dadelik laat staan;

en die owerste oor duisend het ook gevrees, omdat hy nou wis dat hy ‘n Romein was en hy

hom geboei het.”DHDA 351.4

“En die volgende dag wou hy met sekerheid weet waarvan hy deur die Jode beskuldig

was; en hy het hom van sy boeie losgemaak en bevel gegee dat die owerpriesters en hulle

hele Raad moes vergader; en hy het Paulus afgebring en voor hulle laat staan.”DHDA

352.1

Die apostel moes nou deur dieselfde hof verhoor word waarvan hy self voor sy

bekering ‘n lid was. Terwyl hy voor die Joodse owerstes gestaan het, was sy houding kalm

en sy gesig het die vrede van Christus geopenbaar. “En Paulus het die oë op die Raad gehou

en gesê: Broeders, ek het met ‘n volkome goeie gewete voor God gewandel tot op hierdie

dag.” Toe hulle hierdie woorde hoor, is hulle haat opnuut ontketen. “Maar die hoëpriester

Ananias het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan.” Op

hierdie onmenslike opdrag het Paulus uitgeroep: “God sal u slaan, gewitte muur! U sit tog

om my volgens die wet te oordeel en beveel u in stryd met die wet dat ek geslaan moet

word? ... En die wat daarby staan, sê: Skel jy die hoëpriester van God uit?” Met sy gewone

hoflikheid het Paulus geantwoord: “Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester is nie,

want daar staan geskrywe: Van ‘n owerste van jou volk mag jy nie kwaad spreek

nie.”DHDA 352.2

“En omdat Paulus geweet het dat die een deel uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs

bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders, ek is ‘n Fariseër, die seun van ‘n Fariseër.

Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.”DHDA 352.3

“En toe hy dit sê, het daar twis ontstaan tussen die Fariseërs en die Sadduseërs, en die

menigte het verdeeld geraak. Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, ook

geen engel of gees nie; maar die Fariseërs bely albei.” Die twee partye het onderling begin

twis en sodoende is die krag van hul teenkanting teen Paulus verbreek. “Die skrifgeleerdes

van die party van die Fariseërs het opgestaan en heftig gestry en gesê: Ons vind geen kwaad

238


Die Handelinge van die Apostels

in hierdie man nie; en as ‘n gees met hom gespreek het, of ‘n engel, laat ons nie teen God

stry nie.”DHDA 352.4

In die verwarring wat daarop gevolg het, het die Sadduseërs gretig daarna gestreef om

die apostel in hulle mag te kry sodat hulle hom kon doodmaak; en die Fariseërs was gretig

om hom te beskerm. Die owerste oor duisend het gevrees “...dat Paulus deur hulle verskeur

sou word...” en hy het “...die soldate bevel gegee om te gaan en hom met geweld weg te

neem onder hulle uit en in die kamp te bring.”DHDA 353.1

Later, terwyl hy oor die moeilike ervarings van die dag nagedink het, het Paulus begin

vrees dat sy optrede dalk nie vir God aanvaarbaar was nie. Kon dit wees dat hy tog ‘n fout

gemaak het om Jerusalem te besoek? Het sy groot begeerte om met sy broers te verenig tot

hierdie rampspoedige gevolge gelei?DHDA 353.2

Die posisie wat die Jode as ‘n belydende volk van God voor ‘n ongelowige wêreld

beklee het, het intense sieleangs vir die apostel veroorsaak. Hoe sou hierdie heidense

offisiere na hulle kyk? Hulle beweer dat hulle aanbidders van Jehova is en die heilige amp

aanvaar, maar hulle gee hulself oor aan onbeheerste, blinde, onredelike woede en probeer

om selfs hul broeders wat dit gewaag het om met hulle in godsdienstige geloof te verskil,

te vernietig en om hul mees plegtige beraadslagende vergadering in ‘n toneel van twis en

verwarring te verander. Paulus het gevoel dat die Naam van sy God in die oë van die

Heidene onteer is.DHDA 353.3

En nou was hy in die gevangenis en hy het geweet dat sy vyande in hulle desperate

kwaadwilligheid, van enige metode gebruik sou maak om hom dood te maak. Kon dit wees

dat sy werk vir die gemeentes beëindig is en dat roofsugtige wolwe nou sou intree? Die

saak van Christus het baie na aan Paulus se hart gelê en hy het met diepe angs aan die

gevare vir die verspreide gemeentes gedink, wat blootgestel was aan die vervolging van

sulke manne soos wat hy in die Sanhedrin-raad teëgekom het. In nood en moedeloosheid

het hy geween en gebid.DHDA 353.4

In hierdie donker uur was die Here nie onbewus van Sy dienaar nie. Hy het hom teen

die moorddadige skare in die tempelhowe beskerm; Hy was by hom in die raadsitting van

die Sanhedrin; Hy was saam met hom in die vesting; en Hy het Homself aan Sy getroue

getuie, in antwoord op die ernstige gebede van die apostel om leiding, geopenbaar. “En die

volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy

aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jy in Rome ook getuig.”DHDA

354.1

Paulus het lank daarna uitgesien om Rome te besoek; hy het grootliks begeer om daar

vir Christus te getuig; maar hy het gevoel dat sy voorneme deur die vyandigheid van die

Jode gefrustreer is. Selfs nou het hy nie gedink dat hy as gevangene daarheen sou gaan

nie.DHDA 354.2

239


Die Handelinge van die Apostels

Terwyl die Here Sy dienaar bemoedig het, het Paulus se vyande hulle vir sy

vernietiging beywer. “En toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan

en hulleself vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus

doodgemaak het nie. En daar was meer as veertig wat hierdie sameswering gemaak het.”

Hierdie was die soort vas wat die Here, deur Jesaja, veroordeel het-’n vas “...om te twis en

te kyf ... en om te slaan met misdadige vuis.” (Jesaja 58:4).DHDA 354.3

Die samesweerders “...het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons

het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie.

Laat dan nou, saam met die Raad, aan die owerste oor duisend weet om hom more af te

bring na u toe, asof u oor sy saak noukeuriger ondersoek wil doen. En ons is gereed om

hom uit die weg te ruim voordat hy by u kom.”DHDA 354.4

In plaas daarvan om hierdie wrede plan te bestraf, het die priesters en die owerstes

gretig daartoe ingestem. Paulus het die waarheid gespreek toe hy Ananias met ‘n gewitte

graf vergelyk het.DHDA 354.5

Maar God het tussenbeide getree om die lewe van Sy dienaar red. Die seun van Paulus

se suster, toe hy hoor dat die sluipmoordenaars ‘n “hinderlaag” stel, “...het gekom en in die

kamp gegaan en dit aan Paulus vertel. En Paulus het een van die hoofmanne oor honderd

na hom geroep en gesê: Bring hierdie jongman by die owerste oor duisend, want hy het

iets om aan hom te vertel. Daarop neem hy hom saam en bring hom by die owerste oor

duisend en sê: Die gevangene, Paulus, het my na hom geroep en versoek om hierdie

jongman na u te bring, omdat hy iets het om aan u te sê.”DHDA 355.1

Claudius Lisias het die jongeling vriendelik ontvang, hom eenkant geneem en gevra:

“Wat het jy om aan my te vertel?” Die jongman het geantwoord: “Die Jode het

ooreengekom om u te versoek om Paulus more af te bring na die Raad asof hulle iets

noukeurigers omtrent hom wil verneem. Laat u dan nie deur hulle oorhaal nie, want meer

as veertig man van hulle lê hom voor wat hulleself vervloek het om nie te eet of te drink

totdat hulle hom omgebring het nie. En nou is hulle gereed en wag op u

toestemming.”DHDA 355.2

“En die owerste oor duisend het die jongman laat gaan en hom bevel gegee: Vertel

aan niemand dat jy dit aan my bekend gemaak het nie.”DHDA 355.3

Lisias het dadelik besluit om Paulus uit sy jurisdiksie na dié van Felix, die prokurator,

oor te plaas. As volk, was die Jode in ‘n toestand van prikkelbaarheid en irritasie en daar

het gereeld oproerigheid ontstaan. Die voortdurende aanwesigheid van die apostel in

Jerusalem kon lei tot gevolge wat gevaarlik vir die stad en selfs vir die kommandant sou

wees. Daarom het hy “...twee van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Hou

tweehonderd soldate gereed om na Cesárea te gaan en sewentig ruiters en tweehonderd lig

240


Die Handelinge van die Apostels

gewapende manne, teen die derde uur van die nag. En sorg vir pakdiere, dat hulle Paulus

daarop kan sit en veilig na Felix, die goewerneur, oorbring.”DHDA 355.4

Geen tyd moes verspil word om Paulus weg te stuur nie. “En die soldate het Paulus

geneem soos hulle beveel is en hom in die nag na Antipatris gebring.” Daarvandaan het die

ruiters met die gevangene verder na Cesárea gegaan, terwyl die vierhonderd soldate na

Jerusalem teruggekeer het.DHDA 356.1

Die offisier in bevel van die afdeling het die gevangene aan Felix oorhandig en ook

‘n brief aan hom voorgelê wat die owerste oor duisend aan hom toevertrou is:DHDA 356.2

“Claudius Lisias aan die hoogedele goewerneur Felix: Groete! Toe hierdie man wat

deur die Jode gevang is, op die punt gestaan het om deur hulle omgebring te word, het ek

met die soldate bygekom en hom gered, omdat ek verneem het dat hy ‘n Romein is. Maar

omdat ek te wete wou kom wat die oorsaak was waarom hulle hom beskuldig, het ek hom

na hulle Raad afgebring en uitgevind dat hy beskuldig word oor twisvrae van hulle wet,

maar dat hy nie aangeklaag word van iets wat die dood of boeie verdien nie. En omdat aan

my meegedeel is dat daar deur die Jode ‘n komplot teen die man sou gesmee word, het ek

hom meteens na u gestuur en ook sy beskuldigers gelas om wat hulle teen hom het, voor u

te sê. Vaarwel!”DHDA 356.3

Nadat hy die brief gelees het, het Felix verneem uit watter provinsie die gevangene

kom en toe hy verneem dat hy uit Cilicië was, het hy gesê: “Ek sal jou in verhoor neem

wanneer jou beskuldigers ook aangekom het. Toe gee hy bevel dat hy in die paleis van

Herodes bewaak moes word.”DHDA 356.4

Paulus se geval was nie die eerste waarby ‘n dienaar van God asiel by die heidene teen

die kwaadwilligheid van die belydende volk van Jehova gevind het nie. In hulle woede

teen Paulus het die Jode ‘n verdere misdaad by die swartlys wat die geskiedenis van daardie

volk gekenmerk het, gevoeg. Hulle het steeds hul harte teen die waarheid verhard en hul

ondergang meer seker gemaak.DHDA 356.5

Min mense besef die volle betekenis van die woorde wat Christus gespreek het toe Hy

in die sinagoge in Nasaret Homself as die Gesalfde aangekondig het. Hy het verklaar dat

dit Sy sending was om die treurendes en die sondaars te vertroos, te seën en te red; en toe

Hy sien dat hoogmoed en ongeloof in die harte van Sy toehoorders geheers het, het Hy

hulle daaraan herinner dat God Hom in die verlede van Sy uitverkore volk onttrek het as

gevolg van hul ongeloof en opstandigheid en Homself aan diegene in heidense lande wat

nie die lig van die hemel verwerp het nie, geopenbaar het. Die weduwee van Sarfat en

Naaman die Síriër, het volgens al die lig geleef wat hulle ontvang het; en daarom is hulle

meer regverdig as God se uitverkore volk wat van Hom afvallig geword en beginsel vir

gerief en wêreldse eer opgeoffer het, geag.DHDA 357.1

241


Die Handelinge van die Apostels

Christus het aan die Jode in Nasaret ‘n skrikwekkende waarheid vertel toe Hy verklaar

het dat daar onder die afvallige Israel vir die getroue boodskapper van God geen veiligheid

bestaan het nie. Hulle sou sy waarde nie ken en sy arbeid nie waardeer nie. Terwyl die

Joodse leiers beweer het dat hulle groot ywer vir die eer van God en die welsyn van Israel

het, was hulle vyande van albei. Deur voorskrif en voorbeeld het hulle die volk al verder

van gehoorsaamheid aan God weggelei-hulle gelei na waar Hy hulle nie op die dag van

benoudheid hulself sou kon verdedig nie.DHDA 357.2

Die Verlosser se woorde van bestraffing aan die manne van Nasaret was in die geval

van Paulus nie net op die ongelowige Jode van toepassing nie, maar ook op sy eie broeders

in die geloof. As die leiers van die kerk hulle gevoel van bitterheid teenoor die apostel

heeltemal laat vaar het en hom as een wat spesiaal deur God geroep was om die evangelie

aan die Heidene te verkondig aanvaar het, sou die Here hom vir hulle gespaar het. God het

dit nie georden dat Paulus se werk so spoedig moes eindig nie, maar Hy het geen

wonderwerk verrig om die reeks gebeurtenisse wat tot die optrede van die leiers in die

gemeente in Jerusalem aanleiding gegee het, teë te werk nie.DHDA 357.3

Dieselfde gees lei steeds tot dieselfde gevolge. ‘n Versuim om die bepalings van

Goddelike genade te waardeer en te verbeter, het die kerk van talle seëninge ontneem. Hoe

dikwels sou die Here die werk van een of ander getroue predikant verleng het as daar

waardering vir sy werksaamhede was! Maar as die kerk die vyand van siele toelaat om die

gedagtes te verdraai sodat hulle die woorde en dade van die dienskneg van Christus

wanvoorstel en vertolk; as hulle hulself toelaat om in sy weg te staan en sy bruikbaarheid

te belemmer, verwyder die Here soms die seën wat Hy gegee het.DHDA 358.1

Die Satan werk voortdurend deur sy agente om diegene wat God uitverkies het om ‘n

groot en goeie werk te verrig, te ontmoedig en te vernietig. Hulle is miskien bereid om selfs

hul lewens vir die bevordering van die saak van Christus op te offer, maar die groot bedrieër

sal steeds twyfel by hul broeders saai wat, indien hulle dit koester, vertroue in die

onkreukbaarheid van hulle karakters ondermyn en sodoende hul bruikbaarheid belemmer.

Te dikwels slaag hy daarin om, deur hul eie broers, vir hulle sulke groot hartseer te

veroorsaak, dat God genadiglik tussenbeide tree om aan Sy vervolgde dienaars rus te gee.

Nadat die hande op die lewelose bors gevou is en wanneer die stem van waarskuwing en

bemoediging stil is, kan die gehardes miskien opgewek word om die seëninge wat hulle

van hulself weggewerp het, te sien en te waardeer. Deur hulle dood mag moontlik bereik

word wat hulle nie in die lewe kon bereik nie.DHDA 358.2

242


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 39—Die Verhoor in Cesárea*

Vyf dae na Paulus se aankoms in Cesárea, het sy beskuldigers, vergesel van Tertullus,

‘n redenaar wat hulle vir regsverteenwoordiging gehuur het, van Jerusalem af aangekom.

Die saak is spoedig verhoor. Paulus is voor die vergadering gebring en Tertullus het hom

begin beskuldig. Van mening dat vleiery ‘n groter invloed op die Romeinse regter sou

uitoefen as die eenvoudige verklarings van waarheid en geregtigheid, het die sluwe

redenaar sy toespraak begin deur Felix te prys: “Dat ‘n groot vrede deur u, hoogedele Felix,

ons te beurt val en dat daar hervorminge deur u voorsorg in elke opsig en oral vir hierdie

nasie tot stand kom, neem ons met alle dankbaarheid aan.”DHDA 359.1

Tertullus het hom tot openlike valsheid verlaag; want Felix se karakter was laag en

veragtelik. Daar was van hom gesê dat hy “...by die bedryf van allerlei wellus en wreedheid

die gesag van ‘n koning met die denkwyse van ‘n slaaf uitgeoefen het.” (Tacitus, History,

hoofstuk 5, paragraaf 9). Diegene wat Tertullus gehoor het, het geweet dat sy vleiende

woorde onwaar was, maar hulle begeerte om Paulus se veroordeling te verseker, was

sterker as hul liefde vir die waarheid.DHDA 359.2

In sy toespraak het Tertullus Paulus van misdade aangekla wat, indien dit bewys kon

word, sou lei tot sy skuldigbevinding aan hoogverraad teen die regering. “Ons het gevind

dat hierdie man ‘n pes is...” het hy verklaar “...en ‘n verwekker van oproer onder al die

Jode in die wêreld en ‘n voorman van die sekte van die Nasareners, wat selfs probeer het

om die tempel te ontheilig.” Tertullus het toe gesê dat Lisias, die kommandant van die

garnisoen in Jerusalem, Paulus met geweld van die Jode weggeneem het toe hulle op die

punt was om hom volgens hulle kerklike wet te oordeel en hulle so gedwing het om die

saak voor Felix te bring. Hierdie verklarings is gemaak met die doel om die goewerneur

oor te haal om Paulus aan die Joodse hof uit te lewer. Al die aanklagte is hewiglik deur die

aanwesige Jode ondersteun, wat geen poging aangewend het om hul haat teen die

gevangene te verberg nie.DHDA 359.3

Felix het genoeg insig gehad om die ingesteldheid en karakter van Paulus se

beskuldigers te bespeur. Hy het geweet met watter motief hulle hom gevlei het en hy het

ook gesien dat hulle nie hul aanklagte teen Paulus kon staaf nie. Hy het hom tot die

beskuldigde gewend en vir hom gewink om vir homself te antwoord. Paulus het geen

woorde aan komplimente verspil nie, maar het eenvoudig gesê dat hy hom met

vrymoedigheid voor Felix kon verdedig omdat laasgenoemde vir lank prokurator was en

dus ‘n goeie begrip van die wette en gebruike van die Jode gehad het. Met verwysing tot

die aanklagte teen hom, het hy duidelik getoon dat nie een daarvan waar was nie. Hy het

verklaar dat hy geen onrus in enige deel van Jerusalem veroorsaak het nie en ook nie die

heiligdom ontheilig het nie. Hy het gesê: “Hulle het my nie in die tempel gevind, besig om

met iemand te praat of ‘n opstand van die volk te verwek nie en ook nie in die sinagoges

243


Die Handelinge van die Apostels

of in die stad nie. En hulle kan ook die dinge waarvan hulle my nou beskuldig, nie bewys

nie.”DHDA 360.1

Terwyl hy bely het dat hy “...volgens die Weg wat hulle sekte noem...” die God van

sy vaders gedien het, het hy volgehou dat hy altyd alles geglo het “...wat in die wet en in

die profete geskrywe is...” en dat hy in ooreenstemming met die duidelike leer van die Skrif

in die opstanding van die dode geglo het. En hy het verder verklaar dat dit die oorheersende

doel van sy lewe was “...om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê.”DHDA

360.2

Op ‘n openhartige en reguit wyse het hy die doel van sy besoek aan Jerusalem en die

omstandighede van sy inhegtenisneming en verhoor uiteengesit: “Na baie jare het ek

gekom om aan my volk aalmoese te bring en offers. En terwyl ek hiermee besig was, het

sekere Jode uit Asië my in die tempel gevind nadat ek geheilig was, nie met ‘n skare of

met ‘n opskudding nie. Hulle behoort hier voor u te wees om beskuldiging in te bring as

hulle iets teen my het. Of laat hierdie manne self sê of hulle enige onreg in my gevind het

toe ek voor die Raad gestaan het, behalwe oor hierdie een woord wat ek uitgeroep het

terwyl ek onder hulle gestaan het, naamlik: Oor die opstanding van die dode staan ek

vandag by u voor die gereg!”DHDA 360.3

Die apostel het met erns en duidelike opregtheid gepraat en sy woorde is met gewig

van oortuiging vergesel. Claudius Lisias het in sy brief aan Felix ‘n soortgelyke getuienis

gelewer met betrekking tot Paulus se gedrag. Boonop het Felix ‘n beter begrip van die

Joodse geloof gehad as wat baie van hulle vermoed het. Paulus se duidelike verklaring van

die feite in die saak, het Felix in staat gestel om die motiewe van die Jode in ‘n poging om

die apostel skuldig aan oproer en verraad te bevind, duideliker te verstaan. Die goewerneur

sou hulle nie bevredig deur ‘n Romeinse burger onregverdig te veroordeel nie en sou hom

ook nie aan hulle uitlewer om doodgemaak te word nie. Tog het Felix geen hoër

beweegrede as eiebelang geken nie en hy is deur ‘n begeerte na lof en bevordering beheer.

Die vrees om die Jode aanstoot te gee, het hom egter weerhou om aan ‘n man, wat hy

geweet het onskuldig was, volkome reg te laat geskied. Daarom het hy besluit om die

verhoor uit te stel totdat Lisias teenwoordig sou wees en gesê: “Wanneer Lisias, die owerste

oor duisend, afkom, sal ek julle saak ten volle ondersoek.”DHDA 361.1

Die apostel het as gevangene aangebly, maar Felix het aan die hoofman oor honderd

aan wie se sorg hy toevertrou is, bevel gegee “...dat hy verligting moes hê en dat hy

niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien of te besoek nie.”DHDA

361.2

Dit was nie lank daarna nie dat Felix en sy vrou, Drusilla, Paulus laat roep het om in

‘n privaat onderhoud van hom te verneem “...oor die geloof in Christus...” Hulle was

bereid, selfs gretig, om na hierdie nuwe waarhede te luister-waarhede wat hulle dalk nooit

244


Die Handelinge van die Apostels

weer sou hoor nie en wat, indien dit verwerp word, op die dag van God ‘n summier

getuienis teen hulle sou wees.DHDA 362.1

Paulus het dit as ‘n Godgegewe geleentheid beskou, en getrou daarop voortgebou. Hy

het geweet dat hy in die teenwoordigheid van iemand staan wat die gesag het om hom ter

dood te veroordeel of vry te stel; tog het hy Felix en Drusilla nie met lof of vleitaal

toegespreek nie. Hy het geweet dat sy woorde vir hulle ‘n geur van lewe of van die dood

sou wees en van alle selfsugtige oorwegings vergeet en probeer om hulle bewus van hulle

gevaar te maak.DHDA 362.2

Die apostel het besef dat die evangelie aanspraak maak op elkeen wat na sy woorde

luister; dat hulle eendag of tussen die rein en heiliges rondom die groot wit troon sou staan,

of saam met diegene aan wie Christus sal sê: “Gaan weg van My, julle wat die

ongeregtigheid werk!” (Mattheus 7:23). Hy het geweet dat hy elkeen van sy toehoorders

voor die geregshof van die hemel moet ontmoet en daar rekenskap moet gee, nie net vir

alles wat hy gesê en gedoen het nie, maar ook vir die beweegredes en die gees van sy

woorde en dade.DHDA 362.3

Felix se optrede was voorheen so gewelddadig en wreed, dat min mense voorheen dit

sou waag om selfs net te laat deurskemer dat sy karakter en gedrag nie foutloos was nie.

Maar Paulus het geen vrees vir mense gehad nie. Hy het sy geloof in Christus en die redes

daarvoor duidelik verklaar en dit het daartoe gelei dat hy veral gepraat het oor die deugde

wat noodsaaklik vir die Christelike karakter is, maar waaraan die hoogmoedige paar voor

hom so opvallend arm was.DHDA 362.4

Hy het die karakter van God aan Felix en Drusilla voorgehou-Sy geregtigheid,

regverdigheid en billikheid en die aard van Sy wet. Hy het duidelik daarop gewys dat dit

‘n mens se plig is om ‘n lewe van nugterheid en matigheid te lei, om die hartstogte onder

die beheer van die rede te hou, in ooreenstemming met God se wet en die liggaamlike en

geestelike kragte in ‘n gesonde toestand te bewaar. Hy het verklaar dat daar beslis ‘n

oordeelsdag sou kom wanneer almal beloon sou word volgens die dade wat in die liggaam

gedoen is en wanneer dit duidelik sou blyk dat rykdom, posisie, of titels, magteloos is om

die guns van God vir ‘n mens te wen, of hom van die gevolge van die sonde te red. Hy het

daarop gewys dat die lewe tans, die mens se tyd is om vir die toekomstige lewe voor te

berei. Indien hy sy huidige voorregte en geleenthede sou verwaarloos, sal hy ewige verlies

ly; geen nuwe proeftydperk sal aan hom gegee word nie.DHDA 363.1

Paulus het veral by die ingrypende aansprake van God se wet stilgestaan. Hy het

getoon hoe dit tot in die diepste verborgenheid van die mens se sedelike karakter strek en

‘n vloed van lig op dit wat vir die oë en kennis van mense verborge was, werp. Wat die

hande mag doen, of die tong mag uitspreek-wat die uiterlike lewe openbaar-is ‘n

onvolmaakte openbaring van die mens se sedelike karakter. Die wet ondersoek sy gedagtes,

245


Die Handelinge van die Apostels

beweegredes en sy doelwitte. Die donker hartstogte wat vir die oë van mense verborge is,

die jaloesie, haat, wellus en eersug, die bose dade wat in die donker hoekies van die siel

bedink word, maar tog nooit uitgevoer word weens gebrek aan geleentheid nie, al hierdie

dinge word deur die wet van God veroordeel.DHDA 363.2

Paulus het gepoog om die gedagtes van sy toehoorders na die een groot Offer vir die

sonde te lei. Hy het na die offers gewys wat die skaduwees van die komende dinge was en

Christus as die teenbeeld van al die seremonies voorgehou-die voorwerp waarna as die

enigste Bron van die lewe en hoop vir die gevalle mens vooruitgewys het. Heilige manne

van ouds is deur geloof in die bloed van Christus gered. Soos hulle die sterwensnood van

die slagoffers aanskou het, het hulle oor die kloof van eeue na die Lam van God gekyk wat

die sonde van die wêreld sou wegneem.DHDA 363.3

God maak met reg aanspraak op die liefde en gehoorsaamheid van al Sy skepsels. In

Sy wet het Hy aan hulle ‘n volmaakte standaard van wat reg is gegee. Maar baie vergeet

van hul Skepper en verkies om hul eie weg in teenstelling met Sy wil te volg. Hulle vergeld

die liefde wat so hoog soos die hemel en so breed soos die heelal is, met vyandskap. God

kan nie die vereistes van Sy wet verlaag om aan die standaard van die goddelose mense te

voldoen nie; en die mens, in sy eie mag, kan ook nie aan die eise van die wet voldoen nie.

Slegs deur geloof in Christus kan die sondaar van sy skuld kwytgeskeld word en in staat

gestel word om die wet van sy Skepper te gehoorsaam.DHDA 364.1

So het Paulus, die gevangene, die aansprake van die Goddelike wet op Jood en heiden

aangespoor en Jesus, die veragte Nasarener, as die Seun van God, die Verlosser van die

wêreld, voorgehou.DHDA 364.2

Die Joodse prinses was deeglik bewus van die heilige karakter van die wet wat sy so

skaamteloos oortree het, maar haar vooroordeel teenoor die Man van Golgota het haar hart

teen die Woord van die Lewe verhard. Maar Felix het nog nooit vantevore na die waarheid

geluister nie en toe die Gees van God sy siel oortuig het, het hy diep ontsteld geraak. Sy

gewete, wat nou aangewakker was, het sy stem laat hoor en Felix het gevoel dat Paulus se

woorde waar is. Sy gedagtes het oor sy skuldige verlede teruggegaan. Met ontstellende

duidelikheid het die geheime van sy vroeëre lewe van losbandigheid en bloedvergieting en

die duistere verslag van sy later jare voor hom opgedoem. Hy het homself as losbandig,

wreed en hebsugtig gesien. Die waarheid was nooit tevore tot so mate in sy hart tuisgebring

nie. Nooit tevore was sy siel so skrikbevange nie. Die gedagte dat al die geheime van sy

loopbaan van misdaad oop voor die oog van God was en dat hy volgens sy dade geoordeel

sou word, het hom laat sidder van vrees.DHDA 364.3

Maar in plaas daarvan om toe te laat dat oortuigings hom tot inkeer bring, het hy

hierdie onwelkome refleksies probeer verdryf. Die onderhoud met Paulus is kortgeknip.

246


Die Handelinge van die Apostels

Hy het gesê: “Gaan vir hierdie keer heen en as ek ‘n geleentheid vind, sal ek jou laat

roep.”DHDA 365.1

Hoe wyd is die kontras tussen die optrede van Felix en die tronkbewaarder van Filippi!

Die diensknegte van die Here was in boeie na die tronkbewaarder gebring, net soos Paulus

ook na Felix. Die getuienis wat hulle gelewer het dat hulle deur die krag van God onderhou

is, hulle blydskap onder lyding en smaad, hul vreesloosheid toe die aarde onder die skok

van die aardbewing geskud het en hulle gees van Christelike vergifnis, het die

tronkbewaarder se hart oortuig en met bewing het hy sy sondes bely en vergifnis ontvang.

Felix het gebewe maar hy het nie berou gehad nie. Die tronkbewaarder het die Gees van

God met blydskap in sy hart en in sy huis verwelkom; Felix het die Goddelike Boodskapper

beveel om weg te gaan. Een het gekies om die kind van God en ‘n erfgenaam van die hemel

te word; die ander het sy lot by die bewerkers van ongeregtigheid ingewerp.DHDA 365.2

Twee jaar lank is daar nie verder teen Paulus opgetree nie, maar hy het steeds ‘n

gevangene gebly. Felix het hom verskeie kere besoek en aandagtig na sy woorde geluister.

Maar die ware motief vir hierdie oënskynlike vriendelikheid, was geldsug en hy het te

kenne gegee dat Paulus deur die betaling van ‘n groot bedrag geld sy vrylating sou kon

verseker. Die apostel was egter te edel van karakter om homself deur omkoop te bevry. Hy

het hom nie aan enige misdaad skuldig gemaak nie en hy wou nie ‘n onreg pleeg om sy

vryheid te verkry nie. Verder was hy self te arm om so ‘n losprys te betaal, indien hy geneig

was om dit te doen en hy sou nie vir homself ‘n beroep op die meegevoel en vrygewigheid

van sy bekeerlinge doen nie. Hy het ook gevoel dat hy in die hande van God was en hy sou

nie met die Goddelike voornemens wat van toepassing op homself was inmeng nie.DHDA

365.3

Weens die ernstige onreg wat teen die Jode gepleeg is, is Felix is uiteindelik na Rome

ontbied. Voordat hy, in antwoord op hierdie opdrag, Cesárea verlaat het, wou hy “...aan

die Jode ‘n guns ... bewys...” deur toe te laat dat Paulus in die gevangenis bly. Maar Felix

was nie suksesvol in sy poging om die vertroue van die Jode te herwin nie. Hy is in skande

van sy amp onthef en Porcius Festus is aangestel om hom op te volg, met sy hoofkwartier

in Cesárea.DHDA 366.1

‘Ligstraal uit die hemel was toegelaat om op Felix te skyn toe Paulus met hom oor

geregtigheid, selfbeheersing en die toekomstige oordeel geredeneer het. Dit was sy hemelse

geleentheid om sy sondes te besef en te versaak. Maar hy het aan die boodskapper van God

gesê: “Gaan vir hierdie keer heen en as ek ‘n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.” Hy het

sy laaste aanbod van genade versmaai. Hy sou nooit weer ‘n oproep van God ontvang

nie.DHDA 366.2

247


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 40—Paulus Beroep Hom op die Keiser*

“Festus het dan in die provinsie gekom en na drie dae van Cesárea opgegaan na

Jerusalem. En die hoëpriester en die vernaamstes van die Jode het Paulus by hom

aangeklaag en by hom aangedring en gevra, as ‘n guns teen Paulus, dat hy hom na

Jerusalem moes laat haal.” Met hierdie versoek was hulle van plan om Paulus langs die

pad na Jerusalem voor te lê en hom te vermoor. Maar Festus het ‘n hoë begrip van die

verantwoordelikheid van sy posisie gehad en hy het hoflik geweier om Paulus te laat haal.

Hy het geantwoord “...dat dit nie by die Romeine gewoonte is om enige mens ... aan die

dood prys te gee voordat die beskuldigde die beskuldigers voor hom gehad het en

geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldiging gekry het nie.” Hy het gesê

“...dat hy self spoedig... ” na Cesárea “...sou reis. Laat dan die onder julle ... wat bevoeg is,

saamgaan en as daar iets verkeerds in hierdie man is, hom beskuldig.”DHDA 367.1

Dit was nie wat die Jode begeer het nie. Hulle het nie hul vorige nederlaag in Cesárea

vergeet nie. In teenstelling met die kalm houding en kragtige argumente van die apostel,

sou hulle eie kwaadaardige gees en ongegronde beskuldigings in ‘n uiters ongunstige lig

beskou word. Hulle het weereens aangedring dat Paulus vir ‘n verhoor na Jerusalem

gebring moes word, maar Festus het vasgestaan by sy besluit dat Paulus ‘n regverdige

verhoor in Cesárea toegestaan word. In Sy voorsienigheid het God hierdie besluit van

Festus bestier om die lewe van die apostel te verleng.DHDA 367.2

Met hulle planne verydel, het die Joodse leiers hulle dadelik beywer om teen Paulus

in die hof van die goewerneur te getuig. Na sy terugkeer na Cesárea, nadat hy ‘n paar dae

in Jerusalem vertoef het, het Festus “...die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel

gegee dat Paulus voorgebring moes word ... Die Jode wat van Jerusalem afgekom het...”

het “...rondom hom gestaan en baie en swaar beskuldiginge teen Paulus ingebring wat hulle

nie kon bewys nie.” Omdat hulle hierdie keer sonder ‘n regsverteenwoordiging was, het

die Jode hul beskuldigings self voorgelê. Namate die verhoor gevorder het, het die

beskuldigde met kalmte en openhartigheid die valsheid van hul verklarings

blootgestel.DHDA 367.3

Festus het afgelei dat die geskilpunt, geheel en al met die Joodse leerstellings verband

gehou het en dat, korrek verstaan, was daar niks in die aanklagtes teen Paulus, al sou dit

bewys kon word, wat die doodsvonnis of selfs gevangenisstraf regverdig het nie. Tog het

hy duidelik besef wat se storm van woede daar sou losbars indien Paulus nie veroordeel of

in hulle hande oorgelewer sou word nie. En “...omdat Festus aan die Jode ‘n guns wou

bewys...” het hy hom tot Paulus gewend en gevra of hy gewillig sou wees om onder sy

beskerming na Jerusalem te gaan om deur die Sanhedrin verhoor te word.DHDA 368.1

Die apostel het geweet dat hy geen geregtigheid van die mense wat weens hulle

misdade die toorn van God oor hulle gebring het, kon verwag nie. Hy het geweet dat hy,

248


Die Handelinge van die Apostels

net soos die profeet Elia, veiliger onder die heidene sou wees as by diegene wat die lig van

die hemel verwerp en hulle harte teen die evangelie verhard het. Moeg van die getwis kon

sy aktiewe gees die herhaaldelike vertragings en spanning van sy verhoor en

gevangenisstraf nie langer verduur nie. Daarom het hy besluit om, as Romeinse burger,

van sy voorregte gebruik te maak en hom op die keiser te beroep.DHDA 368.2

In antwoord op die vraag van die goewerneur, het Paulus gesê: “Ek staan voor die

regterstoel van die keiser waar ek geoordeel moet word. Aan die Jode het ek geen onreg

gedoen nie, soos u ook baie goed weet. Want as ek oortree het of iets gedoen het wat die

dood verdien, weier ek nie om te sterwe nie. Maar as daar niks is in die dinge waarvan

hulle my beskuldig nie, dan kan niemand my aan hulle by wyse van guns oorlewer nie. Ek

beroep my op die keiser!”DHDA 368.3

Festus het niks van die sameswerings van die Jode om Paulus te vermoor geweet nie

en hy was verbaas oor die beroep op die keiser. Die apostel se woorde het egter ‘n einde

aan die geregtelike prosedure gemaak. “Toe antwoord Festus, nadat hy met die Raad

gespreek het: Op die keiser het jy jou beroep-na die keiser sal jy gaan!”DHDA 369.1

So het dit gebeur dat ‘n dienskneg van God weereens vanweë die haat wat uit

dweepsug en eiegeregtigheid gebore is, gedwing was om hom tot die heidene vir

beskerming te wend. Dit was hierdie selfde haat wat die profeet Elia gedwing het om vir

hulp na die weduwee van Sarfat te vlug en wat die verkondigers van die evangelie genoop

het om van die Jode af weg te draai en hulle boodskap aan die Heidene te verkondig. En

hierdie haat sal die volk van God wat in hierdie eeu leef, ook teëkom. Onder baie van die

belydende volgelinge van Christus heers dieselfde trots, formalisme en selfsug, dieselfde

gees van onderdrukking, wat so ‘n groot plek in die harte van die Jode opgeneem het. In

die toekoms sal mense wat beweer dat hulle verteenwoordigers van Christus is, dieselfde

rigting volg as wat die priesters en die owerstes teenoor Christus en die apostels gevolg

het. In die groot krisis wat hulle binnekort sal ervaar, sal die getroue dienaars van God met

dieselfde hardheid van hart, dieselfde wrede vasberadenheid en dieselfde onversetlike haat

kennis maak.DHDA 369.2

Almal wat God in daardie bose dae onbevrees volgens die voorskrifte van hulle

gewete dien, sal moed, standvastigheid en kennis van God en Sy Woord nodig hê; want

diegene wat aan God getrou is, sal vervolg word, hulle beweegredes sal bestraf word, hulle

beste pogings verkeerd geïnterpreteer en hulle name as boos uitgedryf word. Die Satan sal

met al sy bedrieglike krag werk om die hart te beïnvloed en die verstand te benewel, om

boosheid goed te laat voorkom en die goeie boos. Hoe sterker en suiwerder die geloof van

God se volk en hoe vaster hulle voorneme om Hom te gehoorsaam, des te feller sal die

Satan daarna streef om die woede van diegene wat voorgee om regverdig te wees maar

nogtans die wet van God vertrap, teen hulle op te sweep. Dit sal die sterkste vertroue en

249


Die Handelinge van die Apostels

die heldhaftigste doelwit verg om aan die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer

was vas te hou.DHDA 369.3

God verlang dat Sy volk hulle moet voorberei vir die krisis wat binnekort gaan

plaasvind. Voorbereid, of onvoorbereid, moet hulle almal dit konfronteer; en diegene wat

hul lewens in ooreenstemming met die Goddelike maatstaf gebring het, sal in die dag van

beproewing vasstaan. Wanneer sekulêre heersers met godsdienstige predikante saamspan

om sake van die gewete voor te skryf, sal daar gesien word wie God waarlik vrees en dien.

Wanneer die duisternis op sy diepste is, sal die lig van die Goddelike karakter die helderste

skyn. Wanneer elke ander vertroue misluk, sal daar gesien word wie ‘n blywende vertroue

in Jehova het. En terwyl die vyande van die waarheid aan alle kante is en die Here se

dienaars ten kwade dophou, sal God ten goede oor hulle waak. Hy sal vir hulle soos die

skaduwee van ‘n groot rots in ‘n vermoeide land wees.DHDA 370.1

250


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 41—“Jy Beweeg My Byna” *

Paulus het hom op die keiser beroep en Festus kon nie anders as om hom na Rome te

stuur nie. Maar daar het heelwat tyd verloop voordat ‘n geskikte skip gevind kon word; en

omdat nog ander gevangenes saam met Paulus gestuur moes word, het die verhoor van

hulle sake ook vertraging veroorsaak. Dit het aan Paulus die geleentheid gebied om die

redes vir sy geloof aan die vername manne in Cesárea en ook aan koning Agrippa II, die

laaste Herodes, bekend te maak.DHDA 371.1

“En na verloop van enkele dae het koning Agrippa en Bernice in Cesárea aangekom

om Festus te begroet. En toe hulle daar verskeie dae deurgebring het, het Festus die saak

van Paulus aan die koning voorgelê en gesê: Hier is ‘n man deur Felix as gevangene

agtergelaat, teen wie die owerpriesters en die ouderlinge van die Jode, toe ek in Jerusalem

was, ‘n klag ingedien en vonnis teen hom gevra het.” Hy het die omstandighede wat gelei

het tot die beroep van die gevangene op die keiser, uiteengesit en gesê dat die Jode geen

beskuldiging soos wat hy gedink het, teen Paulus gebring het nie, maar “...sekere twisvrae

oor hulle eie godsdiens ... en oor ‘n sekere Jesus wat dood is, van wie Paulus verklaar het

dat Hy lewe.”DHDA 371.2

Soos wat Festus sy verhaal vertel het, is Agrippa se belangstelling gewek en het hy

gesê: “Ek sou self ook graag die man wil hoor.” In ooreenstemming met sy begeerte, is ‘n

vergadering vir die volgende dag gereël. “Op die volgende dag het Agrippa en Bernice toe

met prag en praal gekom en die gehoorsaal binnegetree saam met die owerstes oor duisend

en die aansienlikste manne van die stad; en op bevel van Festus is Paulus

voorgebring.”DHDA 371.3

Ter ere van sy besoekers het Festus gepoog om die geleentheid in ‘n indrukwekkende

vertoning te omskep. Die duursame klere van die prokurator en sy gaste, die swaarde van

die soldate en die blink wapenrusting van hul bevelvoerders het glans aan die toneel

verleen.DHDA 372.1

En toe het Paulus, steeds geboei, voor die vergaderde geselskap gestaan. Wat ‘n

kontras is hier aangebied! Agrippa en Bernice het mag en aansien besit en daarom is hulle

deur die wêreld begunstig. Maar dit het hulle aan die karaktertrekke wat deur God geag

word ontbreek. Hulle was oortreders van Sy wet, korrup van hart en lewenswyse. Hulle

gedrag is deur die hemel verafsku.DHDA 372.2

Daar was niks aan die bejaarde gevangene, vasgeketting aan sy soldaatwag, wat die

wêreld daartoe sou bring om aan hom hulde te bring nie. Maar in hierdie man, blykbaar

sonder vriende of rykdom of posisie en ‘n gevangene as gevolg van sy geloof in die Seun

van God, het die ganse hemel belanggestel. Engele het hom bedien. As die heerlikheid van

een van daardie skitterende boodskappers deurgebreek het, sou die koninklike prag en praal

251


Die Handelinge van die Apostels

verflou het; koning en hofdienaars sou teen die aarde neergevel gewees het, net soos met

die Romeinse wagte by die graf van Christus.DHDA 372.3

Festus self het Paulus aan die vergadering voorgestel met die woorde: “Koning

Agrippa en manne wat almal hier saam met ons is, u sien hierdie man oor wie die hele

menigte van die Jode my aangespreek het in Jerusalem en ook hier en uitgeroep het dat hy

nie langer behoort te lewe nie. Maar omdat ek gevind het dat hy niks gedoen het wat die

dood verdien nie en hy self ook hom op die keiser beroep het, het ek besluit om hom te

stuur. Maar ek kan niks sekers oor hom aan my heer skrywe nie; daarom het ek hom voor

u gebring en veral voor u, koning Agrippa, sodat ek na die ondersoek iets kan skrywe.

Want dit lyk vir my onredelik om ‘n gevangene te stuur en nie die beskuldiging teen hom

aan te dui nie.”DHDA 372.4

Toe het koning Agrippa aan Paulus die geleentheid geskenk om vir homself te praat.

Die apostel het hom nie deur die skitterende vertoon of die hoë rang van sy gehoor van

stryk laat bring nie, want hy het geweet van hoe min waarde wêreldse rykdom en status is.

Aardse prag en gesag kon vir geen oomblik sy moed breek of hom van sy selfbeheersing

beroof nie.DHDA 373.1

Hy het verklaar: “Ek ag my gelukkig, koning Agrippa, dat ek my voor u vandag gaan

verdedig in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word, veral omdat u

bekend is met al die sedes en vraagstukke onder die Jode. Daarom versoek ek u om my

geduldig aan te hoor.”DHDA 373.2

Paulus het die verhaal van sy bekering van hardnekkige ongeloof tot geloof in Jesus

van Nasaret as die Verlosser van die wêreld vertel. Hy het die hemelse visioen wat hom

aanvanklik met onuitspreeklike angs gevul het, maar agterna ‘n bron van groot vertroosting

geblyk te wees het, beskryf-’n openbaring van Goddelike heerlikheid te midde waarvan

Hy, wie hy verag en gehaat en wie se volgelinge hy probeer uitroei het, op ‘n troon gesit

het. Van daardie uur af was Paulus, deur herskeppende genade, verander in ‘n nuwe mens,

‘n opregte, vurige gelowige in Jesus.DHDA 373.3

Met helderheid en kragtig het Paulus voor Agrippa die vernaamste gebeure aangaande

die lewe van Christus op aarde uiteengesit. Hy het getuig dat die Messias van die profesieë

reeds in die persoon van Jesus van Nasaret verskyn het. Hy het getoon hoe die Ou

Testamentiese Geskrifte verklaar het dat die Messias as ‘n mens onder die mense sou

verskyn en hoe elke besonderheid wat deur Moses en die profete beskryf is in die lewe van

Jesus vervul is. Met die doel om ‘n verlore wêreld te verlos, het die Seun van God die kruis

verduur, die skande verag en as oorwinnaar oor die dood en die graf na die hemel

opgevaar.DHDA 373.4

Waarom, het Paulus geredeneer, blyk dit ongelooflik te wees dat Christus uit die dood

opgestaan het? Dit het eens vir hom so voorgekom, maar hoe kon nie glo wat hy self gesien

252


Die Handelinge van die Apostels

en gehoor het nie? By die poort van Damaskus het hy die gekruisigde en opgestane Christus

waarlik aanskou, Hy wat deur die strate van Jerusalem geloop het, op Golgota gesterf het,

die bande van die dood verbreek en na die hemel opgevaar het. Net so gewis soos Cefas,

Jakobus, Johannes, of enigeen van die ander dissipels, het hy Hom gesien en met Hom

gepraat. Die Stem het hom beveel om die evangelie van ‘n opgestane Verlosser te

verkondig en hoe kon hy ongehoorsaam wees? In Damaskus, in Jerusalem, deur die hele

Judea en in die verre streke, het hy van Jesus, die Gekruisigde getuig en aan alle klasse

getoon dat hulle hulle tot God moet bekeer “...deur werke te doen wat by die bekering

pas.”DHDA 374.1

“Om hierdie rede...” het hy verklaar “...het die Jode my in die tempel gevang en my

probeer ombring. Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig

aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou

gebeur nie: dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode en

‘n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.”DHDA 374.2

Die hele geselskap het met vasgevange aandag na Paulus se verhaal van sy wonderlike

ervarings geluister. Die apostel het oor sy geliefkoosde onderwerp uitgewei. Niemand wat

hom aangehoor het, kon aan sy opregtheid twyfel nie. Maar op die hoogtepunt van sy

oortuigende welsprekendheid, is hy deur ‘n uitroep van Festus in die rede geval: “Jy is

kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid.”DHDA 374.3

Die apostel het geantwoord: “Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek

spreek woorde van waarheid en gesonde verstand. Want die koning, met wie ek ook

vrymoediglik spreek, weet van hierdie dinge; want ek glo nie dat aan hom iets van hierdie

dinge onbekend is nie, want dit het nie in ‘n hoek gebeur nie.” Toe wend hy hom tot

Agrippa en spreek hom regstreeks aan: “Glo u die profete, koning Agrippa? Ek weet dat u

glo.”DHDA 374.4

Diep geraak het Agrippa vir ‘n oomblik van sy omgewing en die waardigheid van sy

posisie vergeet. Slegs bewus van die waarhede wat hy gehoor het, terwyl hy net die

nederige gevangene voor hom sien staan as God se gesant, het hy onwillekeurig

geantwoord: “Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word.”DHDA 375.1

Met alle erns het die apostel geantwoord: “Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as

heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek

is...” en toe hy sy geboeide hande oplig, voeg hy by: “...buiten hierdie boeie.”DHDA 375.2

Festus, Agrippa en Bernice moes na regte die boeie waarmee die apostel gebind was

gedra het. Almal was skuldig aan ernstige misdade. Hierdie oortreders het op daardie dag

die aanbod van verlossing in die Naam van Christus gehoor. Ten minste een van hulle is

byna beweeg om die genade en vergifnis te aanvaar. Maar Agrippa het die genade wat

253


Die Handelinge van die Apostels

aangebied was van die hand gewys en geweier om die kruis van ‘n gekruisigde Verlosser

te aanvaar.DHDA 375.3

Die koning se nuuskierigheid was bevredig en terwyl hy van sy stoel af opstaan, het

hy aangedui dat die onderhoud verby was. Soos die geselskap uiteengegaan het, het hulle

onder mekaar gepraat en gesê: “Hierdie man doen niks wat die dood of die boeie verdien

nie.”DHDA 375.4

Hoewel Agrippa ‘n Jood was, het hy nie in die dweepsugtige ywer en blinde

vooroordeel van die Fariseërs gedeel nie. “Hierdie man...” het hy aan Festus gesê, “...kon

losgelaat gewees het as hy hom nie op die keiser beroep het nie.” Maar die saak is na ‘n

hoër hof verwys en dit was nou buite die jurisdiksie van Festus of Agrippa.DHDA 375.5

254


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 42—Reis en Skipbreuk*

Uiteindelik was Paulus op pad na Rome. Lukas skryf: “Toe daar besluit is dat ons

moes wegvaar na Italië, het hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan ‘n

hoofman oor honderd van die keiserlike leërafdeling, met die naam van Julius. En nadat

ons in ‘n skip van Adramittium gegaan het, met die doel om by die aanlegplekke in Asië

aan te gaan, het ons afgevaar en Aristárchus van Macedonië, ‘n man van Thessalonika, was

saam met ons.”DHDA 377.1

In die eerste eeu van die Christelike era, was daar besondere swaarkry en gevaar aan

‘n seereis verbonde. Seevaarders het hulle koers hoofsaaklik deur die ligging van die son

en die sterre gerig; en wanneer dit nie verskyn het nie en daar aanduidings van ‘n storm

was, was die eienaars van die vaartuie bevrees om die oop see aan te durf. Gedurende ‘n

gedeelte van die jaar was veilige skeepvaart byna onmoontlik.DHDA 377.2

Daar was nou van die apostel vereis om moeilike ervarings te verduur wat hy in

kettings geboei, gedurende die lang en vervelige reis na Italië sou ondervind. Een van die

omstandighede het die ontbering van sy lot grootliks verlig-hy is die geselskap van Lukas

en Aristárchus toegelaat. In sy sendbrief aan die Kolossense het hy na laasgenoemde as sy

“...medegevangene...” verwys, (Kolossense 4:10), maar dit was uit eie keuse dat

Aristarchus Paulus se gevangenskap met hom gedeel het, sodat hy hom in sy ontbering kon

bedien.DHDA 377.3

Die reis het voorspoedig begin. Die volgende dag het hulle in die hawe van Sidon

geanker. Hier het Julius, die hoofman oor honderd, “...Paulus mensliewend behandel...” en

toe hy meegedeel is dat daar Christene op die plek was, het hy “...hom toegelaat om vriende

te besoek en versorging te ontvang.” Die apostel, wat in swak gesondheid verkeer het, het

hierdie verlof grootliks waardeer.DHDA 377.4

Toe hulle uit Sidon vertrek, het die skip dwarswinde teëgekom; en omdat hulle van

koers af gedryf is, was hulle vordering baie stadig. In Mira in die provinsie Licië, het die

hoofman oor honderd ‘n groot skip van Alexandrië wat na Italië sou vaar gevind en hy het

dadelik sy gevangenes oorgeplaas. Maar die wind was steeds teenstrydig en die vordering

van die skip was bemoeilik. Lukas skryf: “Verskeie dae het ons langsaam gevaar en met

moeite teenoor Cnidus gekom; en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta

langs gevaar, teenoor Salmone. En toe ons met moeite dit verbygeseil het, kom ons by ‘n

plek wat genoem word Mooi Hawens.”DHDA 378.1

By Mooi Hawens was hulle genoodsaak om ‘n geruime tyd op meer gunstige winde

te wag. Die winter het vinnig genader en “...die skeepvaart [het] al gevaarlik geword...” en

diegene in beheer van die skip moes alle hoop laat vaar om hul bestemming te bereik

voordat die seisoen vir seevaart vir die jaar gesluit sou word. Die enigste vraag wat nou

255


Die Handelinge van die Apostels

beslis moes word, was of hulle in Mooi Hawens moes bly of moes probeer om ‘n meer

gunstige plek te bereik om te oorwinter.DHDA 378.2

Hierdie vraag is ernstig oorweeg en uiteindelik het die hoofman oor honderd dit na

Paulus verwys, wat die agting van die matrose, sowel as die soldate gewen het. Sonder om

te aarsel het die apostel hulle aangeraai om te bly waar hulle was.DHDA 378.3

Hy het gesê: “Ek sien dat die reis met ramp en groot skade verbonde sal wees, nie

alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook vir ons lewe.” Maar “...die stuurman en die

eienaar van die skip... ” en die meerderheid van die passasiers en bemanningslede was nie

bereid om hierdie raad te aanvaar nie. Omdat die hawe waar hulle geanker was “...nie

geskik was om daar te oorwinter nie, het die meerderheid aangeraai om ook daarvandaan

af te vaar en indien moontlik Fenix te bereik om te oorwinter, ‘n hawe in Kreta wat oop lê

na die suidweste en na die noordweste.”DHDA 378.4

Die hoofman oor honderd het besluit om die oordeel van die meerderheid te volg. “En

toe die suidewind saggies waai...” het hulle ...”die ankers gelig...” en van Mooi Hawens

weggeseil in die hoop dat hulle binnekort die gewenste hawe sou bereik. “Maar nie lank

daarna nie het ‘n stormwind ... daarvandaan neergeslaan.” Die skip is meegesleur en kon

nie teen die wind seil nie.DHDA 379.1

Aangedryf deur die storm, het die vaartuig die klein eilandjie Clauda genader en in

die beskutting van die eiland, het die matrose hulle op die ergste voorberei. Die

reddingsboot, die enigste wyse van ontsnapping indien die skip sou vergaan, was op

sleeptou en kon enige oomblik in stukke opgebreek word. Hulle eerste taak was om die

reddingsboot aan boord te hys. Daarna is alle moontlike voorsorgmaatreëls getref om die

skip te versterk en voor te berei om die storm te weerstaan. Die skamele beskerming wat

die klein eilandjie gebied het, het hulle nie lank gebaat nie en hulle was binnekort weer aan

die volle geweld van die storm blootgestel.DHDA 379.2

Die storm het heelnag gewoed en ondanks die voorsorgsmaatreëls wat getref is, het

die vaartuig gelek. Die volgende dag het hulle “...die vrag uitgegooi.” Die nag het weer

aangebreek, maar die wind het nie bedaar nie. Die stormgeteisterde skip met sy verpletterde

mas en geskeurde seile, is heen en weer deur die woede van die storm geslinger. Elke

oomblik het dit gelyk asof die krakende houtwerk sou breek wanneer die skip onder die

skok van die storm rol en sidder. Die lekkasie het vinnig toegeneem en passasiers en

bemanning het onophoudelik aan die pompe gewerk. Daar was geen oomblik se rus vir

enigeen aan boord nie. “Op die derde dag...” skryf Lukas, “...het ons met ons eie hande die

skeepsgereedskap uitgegooi. En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn

het nie en ‘n hewige storm ons gedruk het, is eindelik alle hoop om gered te word ons

ontneem.”DHDA 379.3

256


Die Handelinge van die Apostels

Veertien dae lank het hulle onder ‘n sonlose en sterrelose hemel gedryf. Die apostel,

hoewel hy liggaamlik gely het, het vir die donkerste uur woorde van hoop gehad en ‘n

helpende hand in elke noodsituasie. Deur die geloof het hy die arm van Oneindige Krag

vasgegryp en sy hart was op God gerig. Hy het geen vrees vir homself gekoester nie; hy

het geweet dat God hom sou bewaar om in Rome vir die waarheid van Christus te getuig.

Maar sy hart was gevul met jammerte vir die arme siele rondom hom, wat sondig en

verdorwe en onvoorbereid was om te sterf. Terwyl hy ernstig by God gepleit het om hulle

lewens te spaar, is daar aan hom geopenbaar dat sy gebed toegestaan is.DHDA 380.1

Toe die storm effens bedaar, het Paulus het van die geleentheid gebruik gemaak, op

die dek gaan staan, sy stem verhef en gesê: “Manne, julle moes na my geluister en nie van

Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het. Maar nou vermaan ek

julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees

nie, maar alleen van die skip. Want daar het in hierdie nag by my gestaan ‘n engel van God

aan wie ek behoort, wat ek ook dien. En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet

voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar.

Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is. Maar

ons moet op ‘n sekere eiland strand.”DHDA 380.2

Met hierdie woorde het die hoop opgevlam. Passasiers en bemanning is uit hulle

moedeloosheid opgewek. Daar was baie wat gedoen moes word en elke poging binne hul

vermoë moes aangewend word om vernietiging te voorkom.DHDA 380.3

Dit was in die veertiende nag wat hulle op die swart golwe rondgeslinger is, dat die

matrose ongeveer middernag die geluid van brekende branders gehoor het en “...vermoed

dat hulle naby land kom. Daarop gooi hulle die dieplood uit en kry twintig vaam; en nadat

hulle ‘n bietjie verder gegaan het, gooi hulle die dieplood uit en kry vyftien vaam. En omdat

hulle bang was...” skryf Lukas, “...dat hulle miskien op rotsagtige plekke kon strand, het

hulle van die agterskip vier ankers uitgegooi en gewens dat dit dag word.”DHDA 381.1

Teen dagbreek was die buitelyne van die stormagtige kus dofweg sigbaar, maar geen

bekende bakens kon gesien word nie. Die vooruitsigte was so somber, dat die heidense

matrose, wat alle moed verloor het, op die punt was “...om uit die skip te vlug” en deur

voor te gee dat hulle besig was om voor te berei om die “...ankers van die voorskip af...”

uit te gooi, het hulle reeds die reddingsboot laat sak, toe Paulus hulle lafhartige voornemens

gewaar en aan die hoofman oor honderd en die krygsmanne sê: “As hierdie manne nie in

die skip bly nie, kan julle nie gered word nie. ” Onmiddellik het “...die soldate die toue van

die sleepbootjie afgekap en hom laat afval...” in die see.DHDA 381.2

Die mees kritieke uur het nog voor hulle gelê. Die apostel het weer bemoedigende

woorde geuiter en almal, matrose en passasiers gesmeek om voedsel in te neem en gesê:

“Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik.

257


Die Handelinge van die Apostels

Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud; want van

niemand onder julle sal ‘n haar van sy hoof val nie.”DHDA 381.3

“Toe hy dit gesê het, neem hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal,

breek dit en begin eet.” Toe het die uitgeputte en ontmoedigde geselskap van tweehonderdvyf-en-sewentig

siele, wat sonder Paulus wanhopig sou raak, saam met die apostel geëet.

“En nadat hulle met voedsel versadig was, het hulle die skip ligter gemaak deur die koring

in die see te gooi.”DHDA 381.4

Daglig het nou ten volle aangebreek, maar hulle kon niks sien wat ‘n aanduiding kon

gee van waar hulle was nie. “Maar hulle het ‘n inham met ‘n strand bemerk, waarop hulle

van plan was om die skip te laat loop as hulle kon. En hulle het die ankers afgekap en in

die see laat lê en tegelykertyd die roertoue losgemaak. En hulle het die voorseil teen die

wind opgetrek en op die stand aangestuur. En hulle het op ‘n plek verval met die see aan

weerskante en die skip laat strand; en die voorskip het vasgeraak en onbeweeglik bly sit,

maar die agterskip is deur die geweld van die branders uitmekaar geslaan.”DHDA 382.1

Paulus en die ander gevangenes is nou deur ‘n lot, veel erger as skipbreuk bedreig.

Die soldate het besef dat terwyl hulle gestrewe het om die land te bereik, dit vir hulle

onmoontlik sou wees om hulle gevangenes te beheer. Elkeen sou sy hande vol hê in ‘n

poging om homself te red. Maar as een van die gevangenes vermis sou word, sal die lewens

van diegene wat daarvoor verantwoordelik was, verbeur word. Daarom wou die soldate al

die gevangenes doodmaak. Die Romeinse wet het hierdie wrede beleid goedgekeur en die

plan sou dadelik uitgevoer gewees het, was dit nie vir hom teenoor wie almal ‘n verpligting

gehad het nie. Julius, die hoofman oor honderd, het geweet dat almal aan boord hulle

lewens aan Paulus te danke gehad het en omdat hy boonop oortuig was dat die Here met

hom was, was hy bang om hom leed aan te doen. Daarom het hy “...bevel gegee dat die

wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom en die ander, sommige

op planke en sommige op stukke van die skip. En so het almal behoue aan land gekom.”

Toe die naamrol uitgeroep is, is niemand vermis nie.DHDA 382.2

Die skipbreukelinge is vriendelik deur die barbaarse bewoners van Melite ontvang.

Lukas skryf: “Hulle het ‘n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die

reën wat gedreig het en weens die koue.” Paulus was tussen diegene wat aktief besig was

om na die gemak van die ander om te sien. Nadat hy “...’n klomp droë hout

bymekaargemaak...” het, het hy dit ...“op die vuur gesit ... ‘n Adder het weens die hitte

uitgekom en aan sy hand vasgebyt.” Die omstanders was met afgryse gevul; en toe hulle

aan sy ketting gewaar dat hy ‘n gevangene was, het hulle vir mekaar gesê: “Hierdie man is

beslis ‘n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie al is hy uit die see gered.”

Maar Paulus het die gedierte in die vuur afgeskud en niks oorgekom nie. Die mense het

geweet hoe giftig die adder was en het gewag dat hy enige oomblik in verskriklik pyn sou

258


Die Handelinge van die Apostels

neerval. “Maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie,

het hulle van gedagte verander en gesê dat hy ‘n god was.”DHDA 382.3

Gedurende die drie maande wat die skeepsgeselskap op Melite gebly het, is aan Paulus

en sy medewerkers baie geleenthede gebied om die evangelie te verkondig. Die Here het

op ‘n merkwaardige manier deur hulle gewerk. Ter wille van Paulus is al die

skipbreukelinge met groot vriendelikheid behandel; in al hulle behoeftes is voorsien en toe

hulle Melite verlaat het, is hulle vrylik voorsien van alles wat hulle vir die reis nodig gehad

het. Die belangrikste voorvalle van hul verblyf is soos volg deur Lukas beskryf:DHDA

383.1

“Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Publius was, in die omgewing van

daardie plek ‘n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik

geherberg. En die vader van Publius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het

ingegaan na hom toe en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.

En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees.

En hulle het ons ook baie eerbewyse betoon en toe ons sou afvaar, ons van die nodige

voorsien.”DHDA 383.2

259


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 43—In Rome*

Met die aanvang van die oopseisoen vir skeepvaart, het die hoofman oor honderd en

sy gevangenes hulle reis na Rome hervat. ‘n Skip van Alexandria, die “Castor en Pollux”,

het onderweg na die weste op Melite oorwinter en die reisigers het aan boord van hierdie

skip gegaan. Alhoewel die reis in ‘n mate deur dwarswinde vertraag is, het die skip veilig

in die pragtige hawe van Puteoli, aan die kus van Italië, anker gegooi.DHDA 384.1

Daar was ‘n paar Christene in hierdie plek en hulle het die apostel gesmeek om sewe

dae by hulle oor te bly, ‘n voorreg wat die hoofman oor honderd hom gunstiglik toegestaan

het. Sedert die ontvangs van Paulus se sendbrief aan die Romeine, het die Christene in

Italië gretig na ‘n besoek van die apostel uitgesien. Hulle het nie verwag om hom as

gevangene te sien kom nie, maar sy lyding het hom vir hulle net meer dierbaar gemaak.

Omdat die afstand van Puteoli na Rome slegs tweehonderd-vyf- en-twintig kilometer was

en die hawestad voortdurend in verbinding met die hoofstad was, is die Christene in Rome

van Paulus se aankoms verwittig en sommige van hulle het uitgegaan om hom te ontmoet

en te verwelkom.DHDA 384.2

Op die agtste dag nadat hulle geland het, het die hoofman oor honderd en sy

gevangenes na Rome vertrek. Julius het met graagte aan die apostel elke guns verleen wat

in sy mag was om te verleen; maar hy kon nie sy toestand as gevangene verander of hom

van die ketting waarmee hy aan sy soldaatwag geboei was bevry nie. Dit was met ‘n swaar

hart wat Paulus sy langverwagte besoek na die hoofstad van die wêreld onderneem het.

Hoe verskillend was die omstandighede nie van wat hy verwag het nie! Hoe kon hy, geboei

en gestigmatiseer, die evangelie verkondig? Sy hoop om baie siele in Rome vir die

waarheid te wen, het geblyk tot teleurstelling gedoem te wees.DHDA 384.3

Uiteindelik het die reisigers die Appius-mark, vyf-en- twintig kilometer van Rome af,

bereik. Terwyl hulle vir hulle ‘n weg deur die skare op die groot deurloop gebaan het, was

die gryse ou man, met ‘n groep skynbaar geharde misdadigers in kettings, deur menigeen

met veragting aangekyk en was hy die voorwerp van menige onbeskofte, spottende grappe

gemaak.DHDA 385.1

Skielik is ‘n uitroep van vreugde gehoor en ‘n man uit die verbygaande skare het die

gevangene om die nek geval en hom omhels met trane van blydskap, soos ‘n seun ‘n lank

afwesige vader sou verwelkom. Weer en weer is die toneel herhaal wanneer baie oë, deur

liefdevolle verwagting verskerp, in die vasgekettingde gevangene die een herken wat in

Korinthe, Filippi en Éfese die woorde van lewe tot hulle gespreek het.DHDA 385.2

Toe die warmhartige dissipels gretiglik om hul vader in die evangelie saamdrom, het

die hele geselskap tot stilstand gekom. Die soldate was ongeduldig oor die vertraging, maar

hulle het nie die hart gehad om hierdie gelukkige herontmoeting te onderbreek nie; want

ook hulle het geleer om hul gevangene te respekteer en te waardeer. In daardie afgematte,

260


Die Handelinge van die Apostels

smart-geteisterde gesig, het die dissipels die beeld van Christus weerspieël gesien. Hulle

het Paulus verseker dat hulle hom nie vergeet het of opgehou het om hom lief te hê nie; dat

hulle die vreugdevolle hoop wat hulle besiel en met God versoen het, aan hom te danke

het. In die ywer van hulle liefde sou hulle hom graag die hele pad na die stad op hulle

skouers wou dra as hulle die voorreg gehad het.DHDA 385.3

Min mense besef die belangrikheid van die woorde van Lukas dat Paulus, toe hy sy

broeders sien, “...God gedank en moed gevat...” het. Te midde van die wenende,

medelydende groep gelowiges, wat hulle nie vir sy boeie geskaam het nie, het die apostel

God hardop geloof. Die wolk van droefheid wat sy gees omvou het, het verdwyn. Sy

Christelike lewe was ‘n opeenvolging van beproewings, lyding en teleurstellings, maar in

daardie uur het hy gevoel dat hy ruim vergoed is. Met ‘n vaster tred en vreugde in sy hart

het hy sy reis voortgesit. Hy sou nie oor die verlede kla nie en ook nie vir die toekoms

vrees nie. Hy het geweet dat boeie en foltering op hom wag; maar hy het ook geweet dat

hy die voorreg gehad het om siele uit ‘n slawerny wat oneindig erger was te verlos en hy

het hom oor sy lyding ter wille van Christus verheug.DHDA 385.4

In Rome het die hoofman, Julius, sy gevangenes aan die kaptein van die keiserwag

oorgelewer. Die goeie verslag wat hy van Paulus gegee het, tesame met die brief van

Festus, het tot gevolg gehad dat die apostel deur die hoofkaptein begunstig is en in plaas

van in die gevangenis geplaas te word, was hy toegelaat om in sy eie huurhuis te woon.

Alhoewel hy steeds aan ‘n soldaat vasgeketting was, was hy vry om sy vriende te ontvang

en hom te beywer vir die bevordering van Christus se saak.DHDA 386.1

Baie van die Jode wat ‘n paar jaar tevore uit Rome verban was, was toegelaat om terug

te keer, sodat daar nou ‘n groot aantal van hulle was. Paulus het besluit om eerstens, veral

teenoor hierdie Jode, die feite aangaande homself en sy werk voor te lê, voordat sy vyande

die kans sou kry om hulle teen hom te verbitter. Drie dae na sy aankoms in Rome, het hy

al die leidende manne byeengeroep en op ‘n eenvoudige en direkte wyse aan hulle

verduidelik waarom hy as gevangene na Rome gekom het.DHDA 386.2

Hy het gesê: “Broeders, alhoewel ek niks gedoen het teen die volk of die voorvaderlike

sedes nie, is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine. Hulle

het my ondersoek en wou my loslaat, omdat daar in my niks was wat die dood verdien het

nie. Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om my op die keiser te beroep, nie

asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie. Om hierdie rede dan het ek versoek om

u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting

geboei is.”DHDA 386.3

Hy het niks van die mishandeling wat hy onder die Jode gely het gesê nie, of van hul

herhaaldelike planne om hom te vermoor nie. Sy woorde is deur omsigtigheid en

261


Die Handelinge van die Apostels

vriendelikheid gekenmerk. Hy wou nie persoonlike aandag of medelye wen nie, maar wou

die waarheid verdedig en die eer van die evangelie handhaaf.DHDA 387.1

In antwoord hierop het sy toehoorders gesê dat hulle geen aanklagte teen hom in

openbare of privaat briewe ontvang het nie en dat geeneen van die Jode wat na Rome

gekom het, hom van enige misdaad beskuldig het nie. Hulle het ook ‘n sterk begeerte

uitgespreek om self die redes vir sy geloof in Christus te verneem. “Wat hierdie sekte

betref...” het hulle gesê, “...is dit ons bekend dat oral daarteen gespreek word.”DHDA

387.2

Aangesien hulle dit self begeer het, het Paulus hulle genooi om ‘n dag te bepaal

wanneer hy die waarhede van die evangelie aan hulle kon voorlê. Op die bepaalde dag het

baie van hulle saamgekom “...en in ‘n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van

God uitgelê; en van die more vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die

profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.” Hy het van sy eie ervaring vertel en

argumente uit die Ou-Testamentiese Skrifte met eenvoud, opregtheid en krag

aangebied.DHDA 387.3

Die apostel het daarop gewys dat godsdiens nie uit rituele en seremonies,

belydenisskrifte en teorieë bestaan nie. Indien dit so was, sou die natuurlike mens deur dit

te ondersoek, dit kon verstaan soos wat hy wêreldse dinge verstaan. Paulus het geleer dat

die godsdiens ‘n praktiese, reddende krag is, ‘n beginsel wat geheel en al van God kom, ‘n

persoonlike ervaring van die vernuwende krag van God op die siel.DHDA 387.4

Hy het daarop gewys hoe Moses vooruit gewys het na Christus as die Profeet na wie

hulle moes luister; hoedat al die profete aangaande Hom geprofeteer het as God se groot

geneesmiddel vir sonde, die onskuldige Een wat die sondes van die skuldiges moes dra.

Hy het nie hulle onderhouding van vormgodsdiens en seremonies afgekeur nie, maar het

hulle daarop gewys dat hoewel hulle die rituele-dienste baie noukeurig nagekom het, hulle

Hom verwerp het wat die teëbeeld van die hele stelsel was.DHDA 388.1

Paulus het verklaar dat hy Christus voor sy bekering nie deur persoonlike kennis geken

het nie, maar bloot deur die begrip wat hy, in gemeen met ander, aangaande die aard en

werk van die toekomstige Messias gekoester het. Hy het Jesus van Nasaret as ‘n indringer

verwerp omdat hy nie aan hierdie begrip voldoen het nie. Maar nou was Paulus se siening

van Christus en Sy sending baie meer geestelik en verhewe van aard, want hy het tot

bekering gekom. Die apostel het hulle verseker dat hy Christus nie na die vlees aan hulle

voorgehou het nie. Herodes het Christus in die dae van Sy menswees gesien; Annas het

Hom gesien; Pilatus en die priesters en owerstes het Hom gesien; die Romeinse soldate het

Hom gesien. Maar hulle het Hom nie met die oog van geloof gesien nie; hulle het Hom nie

as die verheerlikte Verlosser gesien nie. Om Christus deur die geloof te verstaan, om ‘n

geestelike kennis van Hom te hê, was meer begeerlik as ‘n persoonlike kennis van Hom

262


Die Handelinge van die Apostels

soos Hy op die aarde was. Die gemeenskap met Christus wat Paulus nou geniet het, was

intiemer, meer blywend as blote aardse en menslike gemeenskap.DHDA 388.2

Terwyl Paulus gepraat het van wat hy geweet het en getuig het van wat hy gesien het

aangaande Jesus van Nasaret as die hoop van Israel, was diegene wat eerlik na die waarheid

gesoek het, oortuig. Sy woorde het minstens op sommige gemoedere ‘n indruk gemaak wat

nooit uitgewis sou word nie. Maar ander het hardnekkig geweier om die duidelike getuienis

van die Skrif te aanvaar, selfs wanneer dit deur iemand wat spesiale lig van die Heilige

Gees ontvang het, dit aan hulle voorgehou het. Hulle kon sy argumente nie weerlê nie,

maar het geweier om sy gevolgtrekkings te aanvaar.DHDA 388.3

Baie maande het verstryk na Paulus se aankoms in Rome, voordat die Jode uit

Jerusalem persoonlik daar opgedaag het om hulle beskuldigings teen die gevangene voor

te lê. Hulle was herhaaldelik in hul planne gefnuik; en noudat Paulus voor die hoogste hof

van die Romeinse Ryk verhoor sou word, wou hulle nie ‘n verdere nederlaag waag nie.

Lisias, Felix, Festus en Agrippa het almal hul geloof in sy onskuld verklaar. Sy vyande kon

alleenlik op sukses hoop deur die keiser deur intriges in hulle guns te beïnvloed. Vertraging

sou hulle saak bevorder, aangesien dit hulle tyd sou gee om hulle planne te vervolmaak en

uit te voer en daarom het hulle ‘n hele ruk gewag voordat hulle hul aanklagte persoonlik

teen die apostel geloods het.DHDA 389.1

Deur die voorsienigheid van God het hierdie vertraging tot die bevordering van die

evangelie gelei. Deur die goedgesindheid van diegene wat Paulus moes bewaak, was hy

toegelaat om in ‘n ruim huis te woon waar hy vrylik saam met sy vriende kon vergader en

die waarheid aan diegene kon verkondig wat daagliks gekom het om dit te hoor. So het hy

twee jaar lank met sy arbeid voortgegaan, “...terwyl hy die koninkryk van God gepreek en

onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder

enige verhindering.”DHDA 389.2

Gedurende hierdie tyd het hy nie van die gemeentes wat hy in baie lande gestig het,

vergeet nie. Die apostel het die gevare wat die bekeerlinge tot die nuwe geloof bedreig het

besef en so ver moontlik probeer om in hul behoeftes te voorsien, deur vermanings en

praktiese instruksies. En uit Rome het hy toegewyde werkers uitgestuur om nie net vir

hierdie gemeentes te werk nie, maar ook in gebiede wat hy self nie besoek het nie. Hierdie

werkers, as wyse herders, het die werk wat Paulus so goed begin het, versterk; en die

apostel, wat deur voortdurende kommunikasie met hulle op hoogte gehou was van die

toestand en gevare van die gemeentes, is in staat gestel om wyse toesig oor almal uit te

oefen.DHDA 389.3

So het Paulus, terwyl hy blykbaar van aktiewe arbeid weerhou is, ‘n wyer en meer

blywende invloed uitgeoefen, as toe hy vry was om, soos vroeër jare, tussen die gemeentes

rond te reis. As gevangene van die Here het hy stewiger aan die geneentheid van sy broers

263


Die Handelinge van die Apostels

vasgehou; en sy woorde, wat deur een wat ter wille van Christus ‘n gevangene was geskryf

is, het groter aandag en respek afgedwing as toe hy persoonlik by hulle was. Nie voordat

Paulus van hulle weggeneem is, het die gelowiges besef hoe swaar die laste was wat hy

namens hulle gedra het nie. Tot dusver het hulle hulself grootliks van verantwoordelikhede

en laste verskoon omdat dit hulle ontbreek het aan sy wysheid, takt en ontembare energie;

maar nou, in hul onervarenheid om die lesse wat hulle vermy het om te leer, het hulle sy

vermanings, raad en instruksies meer waardeer as wat hulle ooit sy persoonlike werk

waardeer het. En toe hulle van sy moed en geloof tydens sy lang gevangenskap verneem

het, was hulle tot groter getrouheid en ywer vir die saak van Christus aangespoor.DHDA

390.1

Tussen Paulus se assistente in Rome was baie van sy voormalige metgeselle en

medewerkers. Lukas, “...die geliefde geneesheer...”, wat hom op sy reis na Jerusalem,

gedurende sy twee jaar van gevangenskap in Cesárea en op sy gevaarlike reis na Rome

bygestaan het, was nog steeds by hom. Timotheus het ook na sy gerief omgesien. Tichikus,

“...die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here...” het die apostel

edelmoedig bygestaan. Demas en Markus was ook by hom. Aristarchus en Epafras was sy

“medegevangenes”. (Kolossense 4:7-14).DHDA 390.2

Sedert die vroeëre jare van sy geloofsbelydenis, het Markus se Christelike ervaring

verdiep. Soos hy ‘n dieper studie van die lewe en dood van Christus gemaak het, het hy

duideliker insigte aangaande die Heiland se sending, arbeid en stryd verkry. Markus het in

die letsels in Christus se hande en voete die tekens van Sy diens vir die mensdom gelees

en die lengte waartoe selfverloëning lei om verlorenes en sterwendes te red en hy was

bereid om die Meester op die pad van selfopoffering te volg. Waar hy nou in Paulus se lot

as gevangene gedeel het, het hy beter as ooit tevore verstaan dat dit oneindige wins is om

Christus te wen, oneindige verlies is om die wêreld te wen en die siel, vir wie se verlossing

die bloed van Christus gestort is, te verloor. Ondanks ernstige beproewing en teëspoed het

Markus standvastig voortgegaan, ‘n wyse en geliefde helper van die apostel.DHDA 391.1

Demas, wat vir ‘n tyd lank standvastig gebly het, het daarna die saak van Christus

versaak. Met verwysing hierna het Paulus geskryf: “Demas het my verlaat, omdat hy die

teenwoordige wêreld liefgekry het.” (2 Timotheus 4:10). Demas het elke hoë en edele

oorweging vir wêreldse gewin verruil. Hoe kortsigtig was hierdie verruiling! Omdat hy

slegs wêreldse rykdom en eer besit het, was Demas inderdaad arm, hoeveel hy ook al met

trots sy eie kon noem; terwyl Markus, wat gekies het om ter wille van Christus te ly, die

ewige rykdom besit, omdat hy in die hemel ‘n erfgenaam van God en ‘n mede- erfgenaam

met Sy Seun is.DHDA 391.2

Onder diegene wat hulle harte, as gevolg van die arbeid van Paulus in Rome aan God

gegee het, was Onesimus, ‘n heidense slaaf wat sy meester, Filemon, ‘n Christengelowige

in Kolosse, ‘n onreg aangedoen het en na Rome gevlug het. Uit die goedheid van sy hart

264


Die Handelinge van die Apostels

het Paulus probeer om die armoede en ellende van die ellendige vlugteling te verlig en

daarna gepoog om die lig van die waarheid in sy verdonkerde gees te laat deurdring.

Onesimus het na die woorde van lewe geluister, sy sonde bely en hom tot die geloof van

Christus bekeer.DHDA 391.3

Onesimus het hom by Paulus, deur sy vroomheid en opregtheid en nie minder deur sy

besorgdheid vir die apostel se gerief en sy ywer om die werk van die evangelie te bevorder

nie, geliefd gemaak. Paulus het karaktertrekke in hom gesien wat hom ‘n nuttige helper in

die sendingwerk sou maak en hy het hom aangeraai om onverwyld na Filemon terug te

keer, hom om vergifnis te smeek en vir die toekoms te beplan. Die apostel het belowe om

homself vir die bedrag waarvan Filemon beroof was verantwoordelik te hou. Die apostel

was gereed om Tichikus met briewe na die verskeie gemeentes in Klein-Asië te stuur en

hy het Onesimus saam met hom gestuur. Dit was ‘n ernstige toets vir hierdie slaaf om

homself aan die meester wat hy benadeel het uit te lewer; maar hy was opreg bekeerd en

het nie van sy plig teruggedeins nie.DHDA 392.1

Paulus het Onesimus die draer van ‘n brief aan Filemon gemaak, waarin die apostel

met sy gewone takt en vriendelikheid die saak van die berouvolle slaaf bepleit het en die

begeerte uitgespreek het om sy dienste in die toekoms te behou. Die brief het met ‘n hartlike

groet aan Filemon as vriend en medewerker begin:DHDA 392.2

“Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! Ek dank

my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink, omdat ek van jou liefde en geloof

hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het, dat die gemeenskap

van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van

Christus Jesus.” Die apostel het Filemon daaraan herinner dat elke goeie bedoeling en

karaktereienskap waaroor hy beskik, aan die genade van Christus te danke was; dit alleen

het hom anders as die verdorwe en sondige mense gemaak. Dieselfde genade kon die

afgetakelde misdadiger ‘n kind van God maak en ‘n nuttige arbeider vir die

evangelie.DHDA 392.3

Paulus kon Filemon op sy plig as Christen gewys het, maar hy het verkies om eerder

smeektaal te gebruik: “Ek, Paulus, as ‘n ou man en nou ook ‘n gevangene vir Jesus

Christus, pleit by jou vir my kind Onesimus, wat ek verwek het in my boeie, wat vroeër vir

jou nutteloos was, maar nou baie nuttig vir jou en vir my.”DHDA 393.1

In die lig van die bekering van Onesimus, het die apostel Filemon versoek om die

berouvolle slaaf as sy eie kind te ontvang en aan hom soveel liefde te bewys, dat hy sou

kies om by sy voormalige heer te bly, “...nie meer as ‘n slaaf nie, maar meer as ‘n slaaf, as

‘n geliefde broeder.” Hy het die begeerte uitgespreek om Onesimus te behou as iemand

wat hom in sy gevangenskap kan dien, soos wat Filemon self sou gedoen het, alhoewel hy

nie sy dienste verlang tensy Filemon sy slaaf uit eie beweging sou vrylaat nie.DHDA 393.2

265


Die Handelinge van die Apostels

Die apostel het goed geweet hoe streng meesters teenoor hul slawe was en hy het ook

geweet dat Filemon baie ontstoke oor die gedrag van sy slaaf was. Hy het probeer om op

so ‘n wyse aan hom te skryf dat dit sy diepste en teerste gevoelens as ‘n Christen sou

ontketen. Die bekering van Onesimus het hom ‘n broer in die geloof gemaak en enige straf

wat hierdie nuwe bekeerling opgelê sou word, sou deur Paulus as straf op homself beskou

word.DHDA 393.3

Paulus het vrywilliglik aangebied om die skuld van Onesimus op hom te neem, sodat

die skuldige die skande van sy straf gespaar sou bly en weer die voorregte wat hy verbeur

het, kon geniet. “As jy my dan vir ‘n metgesel hou...” het hy aan Filemon geskryf, “...neem

hom aan net soos vir my. En as hy jou benadeel het of iets skuld, sit dit op my rekeningek,

Paulus, het dit met my eie hand geskrywe: ek sal betaal.”DHDA 393.4

Wat ‘n gepaste illustrasie van die liefde van Christus vir die berouvolle sondaar! Die

slaaf wat sy heer bedrieg het, het niks gehad om daarvoor te vergoed nie. Die sondaar wat

God van jare se diens beroof het, het geen manier om die skuld te uit te wis nie. Jesus tree

tussen die sondaar en God in en sê: Ek sal die skuld betaal. Laat die sondaar gespaar bly;

Ek sal in sy plek ly.DHDA 394.1

Nadat Paulus aangebied het om die skuld van Onesimus te aanvaar, het hy Filemon

daaraan herinner dat hy self baie aan die apostel verskuldig was. Hy was sy eie self aan

hom verskuldig, aangesien God Paulus as instrument in sy bekering gebruik het. Toe, in ‘n

tere, ernstige oproep, het hy Filemon gesmeek om, aangesien hy die heiliges met sy

vrygewigheid verkwik het, ook die gees van die apostel te verkwik deur aan hom hierdie

rede tot vreugde te skenk. “In vertroue op jou gehoorsaamheid... ” het hy bygevoeg, “...het

ek aan jou geskrywe, omdat ek weet dat jy nog meer sal doen as wat ek sê.”DHDA 394.2

Paulus se brief aan Filemon toon die invloed van die evangelie op die verhouding

tussen meester en dienskneg. Slawehandel was ‘n gevestigde instelling in die hele

Romeinse Ryk en beide meesters en slawe was lede van die meeste gemeentes vir wie

Paulus gewerk het. In die stede, waar slawe dikwels baie meer as vry mense was, was uiters

streng wette genoodsaak om hulle onderdanig te hou. ‘n Ryk Romein het dikwels honderde

slawe van elke rang, van elke nasie en met verskeie begaafdhede besit. Met volle beheer

oor die siele en liggame van daardie hulpelose mense, kon hy enige lyding wat hy wou aan

hulle toedien. Indien een van hulle as vergelding of uit selfverdediging, dit sou waag om

sy hand teen sy eienaar te lig, kon die hele gesin van die oortreder op ‘n onmenslike wyse

opgeoffer word. Die geringste fout, ongeluk of agtelosigheid was dikwels genadeloos

gestraf.DHDA 394.3

Sommige meesters, wat meer menslik as ander was, was meer toegeeflik teenoor hul

slawe; maar die oorgrote meerderheid van die rykes en adellikes, wat hulle onbeteueld aan

hulle wellus, hartstogte en eetlus oorgegee het, het van hulle slawe die ellendige slagoffers

266


Die Handelinge van die Apostels

van gierigheid en dwingelandy gemaak. Die neiging van die hele stelsel was hopeloos

aftakelend.DHDA 395.1

Dit was nie die werk van die apostel om na willekeur die gevestigde orde van die

samelewing omver te werp nie. Om dit te probeer doen, sou die sukses van die evangelie

verhinder. Maar hy het beginsels geopper wat die diepste wese van slawerny aangeraak het

en wat, indien dit toegepas sou word, die hele stelsel sekerlik sou ondermyn. Hy het gesê:

“Waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” (2 Korinthiërs 3:17). Toe hy tot bekering

gekom het, het die slaaf ‘n lid van die liggaam van Christus geword en as sodanig moes hy

as ‘n broer bemin en behandel word, as mede-erfgenaam van sy heer in die seëninge van

God en die voorregte van die evangelie. Aan die ander kant moes diensknegte hul pligte

uitvoer, “...nie met oë diens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus

wat die wil van God van harte doen.” (Efesiërs 6:6).DHDA 395.2

Die Christendom smee ‘n sterk band van eenheid tussen meester en slaaf, koning en

onderdaan, die evangeliedienaar en die verlaagde sondaar wat in Christus reiniging van sy

sonde gevind het. Hulle is in dieselfde bloed gewas, deur dieselfde Gees lewend gemaak;

en in Christus Jesus is hulle een.DHDA 395.3

267


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 44—Die Keiserlike Huishouding

Die evangelie het altyd sy grootste welslae onder die nederige klasse behaal. “Julle is

nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie.” (1 Korinthiërs 1:26).

Daar kon nie verwag word dat Paulus, ‘n arm gevangene sonder vriende, die aandag sou

kon trek van die welgestelde en getitelde klasse van die Romeinse burgers nie. Die ondeug

het aan hulle al sy glinsterende aanloklikhede gebied en hulle gewilliglik gevange gehou.

Maar onder die uitgemergelde, armoedige slagoffers van onderdrukking, selfs onder die

arme slawe, het baie van hulle graag na die woorde van Paulus geluister en in die geloof

van Christus hoop en vrede gevind wat hulle in hul ontberinge bemoedig het.DHDA 396.1

Alhoewel die werk van die apostel met die nederiges en laer klasse begin het, het die

invloed daarvan uitgebrei totdat dit die paleis van die keiser bereik het.DHDA 396.2

Rome was in hierdie tyd die hoofstad van die wêreld. Die hoogmoedige keisers het

aan byna elke nasie op aarde wette voorgeskryf. Koning en hofdienaar was of onkundig

aangaande die nederige Nasarener of het Hom met haat en veragting bejeën. Tog het die

evangelie in minder as twee jaar sy weg vanaf die gevangene se nederige woning, tot in

die keiserlike sale gebaan. Paulus was soos ‘n boosdoener geboei, maar “...die woord van

God is nie gebonde nie.” (2 Timotheus 2:9).DHDA 396.3

Vroeër jare het die apostel die geloof van Christus met oortuigende krag in die

openbaar verkondig en deur tekens en wonderwerke het hy onmiskenbaar getuienis van die

Goddelike aard daarvan gelewer. Met edele fermheid het hy voor die wyses van Griekeland

opgestaan en deur sy kennis en welsprekendheid, die argumente van die trotse filosofie die

swye opgelê. Onverskrokke het hy voor konings en goewerneurs gestaan en oor

geregtigheid, matigheid en die oordeel wat kom geredeneer, totdat die hoogmoedige

heersers gebewe het asof hulle reeds die verskrikking van die dag van God aanskou.DHDA

396.4

Die apostel is nou nie meer sulke geleenthede gegun nie, aangesien hy tot sy woning

beperk was en slegs in staat was om die waarheid aan diegene wat hom daar besoek het te

verkondig. Hy het nie, soos Moses en Aaron, ‘n Goddelike opdrag gehad om voor die

losbandige koning te verskyn en hom in die naam van die groot EK IS, oor sy wreedheid

en onderdrukking tereg te wys nie. Tog was dit juis in hierdie tyd, toe die hoof-prediker

blykbaar van openbare arbeid afgesny was, dat ‘n groot oorwinning vir die evangelie

behaal is; want lidmate is uit die huishouding van die keiser by die kerk gevoeg.DHDA

397.1

Nêrens kon daar ‘n atmosfeer bestaan het wat meer ongunstig vir die Christelike

geloof was as in die Romeinse hof nie. Dit was asof Nero die laaste spoor van die Goddelike

en selfs van menslikheid uit sy siel uitgewis het en die afdruk van die Satan gedra het. Sy

dienaars en hofdienaars was oor die algemeen van dieselfde karakter as hy self-

268


Die Handelinge van die Apostels

gewelddadig, ontaard en korrup. Oënskynlik sou dit vir die Christendom onmoontlik wees

om in die paleis van Nero vastrapplek te vind.DHDA 397.2

Tog, in hierdie geval, soos in soveel ander, is die waarheid van Paulus se bewerings

bewys, dat die wapens van oorlogvoering “...deur God ... kragtig [is] om vestings neer te

werp.” (2 Korinthiërs 10:4). Selfs in Nero se huishouding is trofeë vir die kruis gewen.

Onder die veragtelike dienaars van ‘n meer veragtelike koning, is bekeerlinge gewen wat

seuns van God geword het. Hulle was nie Christene in die geheim nie, maar openlik. Hulle

het hulle nie vir hul geloof geskaam nie.DHDA 397.3

En op hoedanige wyse is daar ingang en ‘n vaste grondslag vir die Christendom

verkry, waar selfs die toegang daarvan onmoontlik gelyk het? In sy sendbrief aan die

Filippense het Paulus geskryf dat die sukses om bekeerlinge tot die geloof uit Nero se

huishouding te wen, aan sy gevangenskap toegeskryf kan word. Bevrees dat daar gemeen

mag word dat sy swaarkry die vordering van die evangelie mag belemmer, het hy hulle

verseker: “Ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op

bevordering van die evangelie uitgeloop het.” (Filippense 1:12).DHDA 397.4

Toe die Christelike gemeentes vir die eerste keer verneem het dat Paulus Rome sou

besoek, het hulle uitgesien na ‘n kennelike oorwinning vir die evangelie in daardie stad.

Paulus het die waarheid na baie lande geneem; hy het dit in groot stede verkondig. Sou

hierdie voorvegter van die geloof nie daarin kon slaag om selfs in die metropool van die

wêreld siele vir Christus te wen nie? Maar hulle hoop was verpletter deur die tyding dat

Paulus as gevangene na Rome gegaan het. Hulle het vol vertroue gehoop dat wanneer die

evangelie eers in hierdie sentrum gevestig was, dit spoedig na alle nasies sou uitbrei en ‘n

heersende mag op aarde sou word. Hoe groot was hulle teleurstelling! Menslike

verwagtinge is verydel, maar nie die plan van God nie.DHDA 398.1

Nie deur Paulus se preke nie, maar deur sy boeie, is die aandag van die paleis op die

Christelike geloof gevestig. Dit was as ‘n gevangene dat hy die boeie van soveel siele, wat

hulle in die slawerny van sonde gehou het, verbreek het. Dit was ook nie al nie. Hy het

verklaar dat: “Die meeste van die broeders wat in die Here deur my boeie vertroue gekry

het, dit des te meer waag om die woord onbevrees te spreek.” (Filippense 1:14).DHDA

398.2

Paulus se geduld en opgewektheid tydens sy lang en onregverdige gevangenskap, sy

moed en geloof, was ‘n voortdurende preek. Sy gees, so anders as die gees van die wêreld,

het getuig dat ‘n mag hoër as enige aardse mag by hom was. En deur sy voorbeeld is

Christene tot groter inspanning aangespoor as voorstanders van die saak uit die openbare

arbeid waarvan Paulus teruggetrek is. Op hierdie wyse was die gebondenheid van die

apostel invloedryk, omdat, toe sy krag en bruikbaarheid geblyk het aan bande gelê te wees

269


Die Handelinge van die Apostels

en hy in alle waarskynlikheid die minste kon uitrig, hy gerwe vir Christus in velde waarvan

hy geblyk het heeltemal uitgesluit te wees, versamel het.DHDA 398.3

Voor die einde van daardie twee jaar van gevangeskap, kon Paulus sê dat sy “...boeie

openbaar geword het in Christus onder die hele keiserlike lyfwag en by al die ander.” En

onder diegene wat aan die Filippense groete gestuur het, maak hy veral melding van “...die

wat aan die keiserlike huis behoort.” (Vers 13;4:22).DHDA 399.1

Geduld, sowel as moed, het sy oorwinnings. Deur sagmoedigheid wat beproef word,

nie minder as deur vrymoedigheid in ondernemingsgees, kan siele vir Christus gewen

word. Die Christen wat geduld en opgewektheid onder verlies en lyding openbaar, wat

selfs die dood met die vrede en kalmte van ‘n onwankelbare geloof tegemoetgaan, kan

meer vir die evangelie bereik as wat hy deur ‘n lang lewe van getroue arbeid sou kon

bewerkstellig. Dikwels wanneer ‘n dienaar van God uit aktiewe diens onttrek word, is die

onverklaarbare voorsienigheid wat deur ons kortsigtige visie betreur sal word, deur God

ontwerp om ‘n werk te verrig wat andersins nooit gedoen sou word nie.DHDA 399.2

Laat die volgeling van Christus nie dink dat wanneer hy nie langer in staat is om

openlike en aktiewe diens vir God en Sy waarheid te verrig nie, dat hy geen diens het om

te lewer en geen loon het om te verseker nie. Christus se ware getuies word nooit ter syde

gestel nie. In gesondheid en in siekte, in lewe en in dood, gebruik God hulle steeds. Toe

die diensknegte van Christus deur die kwaadwilligheid van Satan vervolg was en in hul

aktiewe diens verhinder is, toe hulle in die gevangenis gewerp of na die skavot of die

brandstapel gesleep was, was dit juis toe dat die waarheid ‘n groter oorwinning behaal het.

Soos hierdie getroues hul getuienis met hul bloed verseël het, was siele wat tot dusver in

twyfel en onsekerheid verkeer het, oortuig van die geloof in Christus en het hulle moedig

vir Hom gestaan. Uit die as van die martelare het ‘n oorvloedige oes vir God

ontstaan.DHDA 399.3

Die ywer en getrouheid van Paulus en sy medewerkers, nie minder as die geloof en

gehoorsaamheid van hierdie bekeerlinge tot die Christendom onder omstandighede wat so

somber is nie, is ‘n bestraffing vir die gebrek aan geloof van die dienaar van Christus. Die

apostel en sy medewerkers kon geredeneer het dat dit tevergeefs sou wees om die

diensknegte van Nero tot bekering en geloof in Christus te roep, onderworpe soos hulle

was, aan hewige versoekings, omring deur formidabele hindernisse en blootgestel aan

bittere teëstand. Selfs al sou hulle van die waarheid oortuig word, hoe kon hulle dit

gehoorsaam? Maar Paulus het nie so geredeneer nie; in geloof het hy die evangelie aan

hierdie siele voorgehou en onder diegene wat gehoor het, was daar sommige wat ten alle

koste besluit het om te gehoorsaam. Ondanks struikelblokke en gevare, sou hulle die lig

aanvaar en op God vertrou om hulle te help om hul lig oor ander te laat skyn.DHDA 400.1

270


Die Handelinge van die Apostels

Nie alleen was daar bekeerlinge vir die waarheid uit die keiser se huishouding gewen

nie, maar na hulle bekering het hulle in daardie huishouding aangebly. Hulle was van

mening dat hulle nie die voorreg gehad het om hulle pos te verlaat, bloot omdat hulle

omgewing nie meer gemoedelik was nie. Hulle het die waarheid daar gevind en daar het

hulle gebly en deur hulle veranderde lewe en karakter het hulle van die transformerende

krag van die nuwe geloof getuig.DHDA 400.2

Is daar iemand wat in die versoeking verkeer om hul omstandighede as verskoning te

gebruik om nie vir Christus te getuig nie? Laat hulle die omstandighede van die dissipels

in die huis van die keiser oorweeg-die verdorwenheid van die keiser, die losbandigheid van

sy hof. Ons kan ons beswaarlik omstandighede voorstel wat meer ongunstig vir ‘n

godsdienstige lewe is en wat groter opoffering of teëstand inhou, as die omstandighede

waarin hierdie bekeerlinge verkeer het. Maar te midde van probleme en gevare het hulle

getrou gebly. Die Christen kan probeer homself te verontskuldig om die waarheid, soos dit

in Jesus is, te gehoorsaam as gevolg van hindernisse wat onoorkomelik lyk; maar hy kan

geen verskoning bied wat ‘n ondersoek kan deurstaan nie. Sou hy dit kon doen, sou hy

bewys dat God onregverdig is, omdat Hy vir Sy kinders voorwaardes vir verlossing stel

waaraan hulle nie kan voldoen nie.DHDA 400.3

Hy wie se hart ingestel is om God te dien, sal geleenthede vind om vir Hom te getuig.

Moeilikhede sal magteloos wees om hom, wat vasbeslote is om eers die koninkryk van

God en Sy geregtigheid te soek, te verhinder. In die krag wat deur gebed en ‘n studie van

die Woord verkry word, sal hy deug nastreef en ondeug versaak. Met die oog op Jesus

gevestig, die Outeur en Voleinder van geloof, wat die teëspraak van sondaars teen Homself

verduur het, sal die gelowige minagting en bespotting gewilliglik trotseer. En hulp en

genade, voldoende vir elke situasie, word deur Hom belowe, wie se woord die waarheid is.

Sy ewige arms omhels die siel wat homself tot Hom wend vir hulp. In Sy sorg, kan ons

veilig rus en sê: “Die dag as ek vrees, sal ek op U vertrou.” (Psalm 56:4). Aan almal wat

op Hom vertrou, sal God Sy belofte nakom.DHDA 401.1

Deur Sy eie voorbeeld het die Verlosser getoon dat Sy volgelinge in die wêreld kan

wees en tog nie van die wêreld nie. Hy het nie gekom om aan die verleidelike plesiere van

die wêreld deel te neem, om deur die gebruike daarvan beïnvloed te word en die praktyke

daarvan te volg nie, maar om die wil van Sy Vader te doen, om verlorenes te soek en te

red. Met hierdie doel voor oë, kan die Christen in enige omgewing onbesmet staan. Ongeag

sy posisie of omstandighede, verhewe of nederig, hy sal die krag van ware godsdiens in

die getroue uitvoering van sy pligte openbaar.DHDA 401.2

Nie vry van beproewing nie, maar te midde daarvan, word die Christelike karakter

ontwikkel. Blootstelling aan afjakke en teëstand, lei die volgeling van Christus na groter

waaksaamheid en ernstiger gebed tot die magtige Helper. Erge beproewing wat deur die

genade van God verduur word, ontwikkel geduld, waaksaamheid, krag en ‘n diep en

271


Die Handelinge van die Apostels

blywende vertroue in God. Dit is die triomf van die Christelike geloof, dat dit sy volgelinge

in staat stel om te ly en sterk te wees; om hom te onderwerp en sodoende te verower; om

die hele dag gedood te word en tog te lewe; om die kruis te dra en sodoende die kroon van

heerlikheid te verwerf.DHDA 402.1

272


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 45—Uit Rome Geskryf*

Die apostel Paulus het vroeg in sy Christelike ervaring spesiale geleenthede ontvang

om die wil van God aangaande die volgelinge van Jesus te leer ken. Hy is “weggeruk ... tot

in die derde hemel ... in die Paradys...” en het “...onuitspreeklike woorde gehoor ... wat ‘n

mens nie mag uitspreek nie.” Hy het self erken dat hy “...van die Here...” baie “...gesigte

en openbaringe...” ontvang het. Sy begrip van die beginsels van die waarheid in die

evangelie was gelyk aan die van “...die uitnemende apostels.” (2 Korinthiërs 12:2,4,1,11.)

Hy het ‘n duidelike, volledige begrip gehad van “...die breedte en lengte en diepte en

hoogte...” van “...die liefde van Christus ... wat die kennis oortref.” (Efesiërs

3:18,19).DHDA 403.1

Paulus kon nie alles vertel wat hy in die gesig gesien het nie, want onder sy

toehoorders was daar sommige wat sy woorde verkeerd sou toepas. Maar dit wat aan hom

geopenbaar is, het hom in staat gestel om as leier en wyse leraar te werk en dit het ook die

boodskappe wat hy in latere jare aan die gemeentes gestuur het gevorm. Die indruk wat hy

in die visioen ontvang het, het altyd by hom gebly en dit het hom in staat gestel om die

Christelike karakter reg voor te stel. Mondelings en per brief het hy ‘n boodskap verkondig

wat sedertdien hulp en krag aan die kerk van God hulp verleen het. Aan die hedendaagse

gelowiges spreek hierdie boodskap duidelik van die gevare wat die kerk sal bedreig en van

valse leringe waarmee hulle te doen sal kry.DHDA 403.2

Die apostel se begeerte vir diegene aan wie hy sy briewe van raad en vermanings gerig

het, was dat hulle “...nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en

weer gedryf word deur elke wind van lering...”, maar dat hulle almal “...tot die eenheid van

die geloof en van die kennis van die seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van

die volle grootte van Christus...” moes kom. Hy het diegene wat volgelinge van Jesus in

heidense gemeenskappe was, gesmeek om nie meer te “...wandel soos die ander heidene

ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie-mense wat verduisterd is in die

verstand en vervreemd van die lewe van God ... vanweë die verharding van hulle hart...”,

maar “...nougeset ... nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit.” (Efesiërs

4:14,13,17,18;5:15;16.) Hy het die gelowiges aangemoedig om vooruit te sien na die tyd

wanneer Christus wat “...die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het ... die

gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks...” ‘n

heilige gemeente “...sonder gebrek.” (Efesiërs 5:25,27).DHDA 403.3

Hierdie boodskappe, nie met die krag van ‘n mens geskryf nie, maar van God, bevat

lesse wat deur almal bestudeer behoort te word en wat dikwels tot voordeel herhaal kan

word. Daarin word die praktiese godsvrug uiteengesit, beginsels neergelê wat in elke kerk

gevolg behoort te word en die weg wat tot die ewige lewe lei, word duidelik

gemaak.DHDA 404.1

273


Die Handelinge van die Apostels

In sy brief aan “...die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is...”

wat gedurende sy gevangenskap in Rome geskryf is, maak Paulus melding van sy vreugde

oor hulle standvastigheid in die geloof waarvan Epafras hom vertel het. Die apostel skryf

dat hy “...julle liefde in die Gees aan ons te kenne gegee het.” En dan vervolg hy: “Daarom

hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra

dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,

sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke

goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei en met alle krag bekragtig

word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met

blydskap.”DHDA 404.2

So het Paulus sy begeerte vir die gelowiges in Kolosse verwoord. Hoe hoog is die

ideaal wat hierdie woorde voor die volgeling van Christus hou! Hulle toon die wonderlike

moontlikhede van die Christelike lewe en maak dit duidelik dat daar geen beperking aan

die seëninge is wat die kinders van God kan ontvang nie. Deur voortdurend toe te neem in

‘n kennis van God, kan hulle van krag tot krag, en van hoogte tot hoogte in die Christelike

ervaring gaan, totdat hulle deur “...die mag van sy heerlikheid...” bekwaam gemaak word

“...om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig.”DHDA 405.1

Die apostel het Christus voor sy broers verhef as die Een deur wie God alles geskape

het en deur wie Hy hulle verlossing bewerk het. Hy het verklaar dat die Hand wat die

wêreld in die ruimte onderhou en die ordelike gang van alle dinge in die heelal van God,

in hul onophoudelike aktiwiteite hou, die Hand is wat vir hulle aan die kruis vasgespyker

was. Paulus het geskryf: “In Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde

is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte-alle dinge

is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge en in Hom hou alle dinge stand

... Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou

versoen in die liggaam van Sy vlees deur die dood, om hulle heilig en sonder gebrek en

onberispelik voor Hom te stel.”DHDA 405.2

Die Seun van God het neergebuig om die wat geval het, op te lig. Hiervoor het Hy die

sondelose wêrelde omhoog verlaat-die nege-en-negentig wat Hom liefgehad het-en na

hierdie aarde gekom om “...ter wille van ons oortredings deurboor...” en “...ter wille van

ons ongeregtighede ... verbrysel...” te word. (Jesaja 53:5). Hy was in alle opsigte aan Sy

broeders gelyk gemaak. Hy het vlees geword net soos ons. Hy het geweet wat dit beteken

om honger en dors en uitgeput te wees. Hy is deur voedsel versterk en deur slaap verkwik.

Hy was ‘n vreemdeling en ‘n bywoner op aarde-in die wêreld maar nie van die wêreld nie;

Hy is versoek en beproef soos manne en vroue vandag versoek en beproef word, maar het

nogtans ‘n sondelose lewe gelei. Saggeaard, vol deernis, medelydend en altyd bedagsaam

teenoor ander, het Hy die karakter van God verteenwoordig. “En die Woord het vlees

274


Die Handelinge van die Apostels

geword en het onder ons gewoon ... vol van genade en waarheid.” (Johannes 1:14).DHDA

405.3

Omring deur die praktyke en invloede van die heidendom, het die gelowiges in

Kolossense gevaar geloop om van die eenvoud van die evangelie weggetrek te word en

Paulus het hulle hierteen gewaarsku en hulle na Christus gewys as die enigste veilige Gids.

“Want ek wil hê dat julle moet weet...” het hy geskryf, “...wat ‘n groot stryd ek oor julle

het en oor die wat in Laodicea is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het nie,

dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle

rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God

en die Vader en van Christus, in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge

is.”DHDA 406.1

“Dit sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie. ... Soos julle dan Christus

Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, gewortel en opgebou in Hom en

bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.

Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding

nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en

nie volgens Christus nie. Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;

en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag.”DHDA 406.2

Christus het voorspel dat bedrieërs sou opstaan, deur wie “...ongeregtigheid...” weens

hulle invloed vermeerder sou word en dat “...die liefde van die meeste [sou] verkoel.”

(Mattheus 24:12). Hy het die dissipels gewaarsku dat die kerk deur hierdie euwel aan groter

gevaar blootgestel sou word as deur die vervolging van sy vyande. Paulus het die gelowiges

keer op keer teen hierdie valse leraars gewaarsku. Hulle moes bo alles teen hierdie gevaar

waak; want deur valse leraars te ontvang, sou hulle die deur vir dwalings oopstel waardeur

die vyand hul geestelike persepsies sou verdof en die vertroue van diegene wat pas tot die

geloof gekom het, sou laat wankel. Christus was die maatstaf waaraan hulle die

leerstellings moes toets. Alles wat nie in ooreenstemming met Sy leerstellings was nie,

moes verwerp word. Christus is vir die sonde gekruisig; Christus het uit die dood

opgestaan; Christus het na die hemel opgevaar-dit was die wetenskap van die verlossing

wat hulle moes leer en verkondig.DHDA 406.3

Die waarskuwings in die Woord van God met betrekking tot die gevare wat die

Christelike kerk omring, is ook van toepassing op ons vandag. Net soos in die dae van die

apostels, toe mense deur tradisie en filosofie probeer het om die geloof in die Skrif te

vernietig, so probeer die vyand van geregtigheid vandag om deur aangename idees van

hoër kritiek, evolusie, spiritualisme, teosofie en panteïsme, siele op verbode paaie te lei.

Vir baie is die Bybel soos ‘n lamp sonder olie, omdat hulle hul gedagtes in kanale van

spekulatiewe geloof wat misverstand en verwarring meebring, weggelei het. Die werk van

hoër kritiek, om te dissekteer, te veronderstel en te rekonstrueer, vernietig die geloof in die

275


Die Handelinge van die Apostels

Bybel as ‘n duidelike openbaring. Dit beroof die Woord van God van krag om

menselewens te beheer, op te hef en te inspireer. Deur spiritualisme word menigtes geleer

om te glo dat begeerte die hoogste wet is, dat losbandigheid vryheid is en dat die mens

slegs aan homself verantwoording verskuldig is.DHDA 407.1

Die volgeling van Christus sal die “drogredes” teëkom waarteen die apostel die

gelowiges in Kolossense gewaarsku het. Hy sal spiritistiese vertolkings van die Skrif

teëkom, maar hy moet dit nie aanvaar nie. Sy stem moet duidelik aangaande die ewige

waarhede van die Skrif gehoor word. Terwyl hy sy oë op Christus gerig hou, moet hy

doelgerig op die aangewese weg voortbeweeg en alle leerstellings verwerp wat nie met Sy

leer ooreenstem nie. Die waarheid van God moet die onderwerp van sy oordenking en

bepeinsing wees. Hy moet die Bybel as die stem van God wat direk met hom praat beskou.

So sal hy Goddelike wysheid vind.DHDA 407.2

Die kennis van God, soos in Christus geopenbaar, is die kennis waaroor almal wat

gered word moet beskik. Dit is die kennis wat transformasie van die karakter bewerkstellig.

In die lewe ontvang, sal dit die siel in die beeld van Christus herskep. Dit is die kennis wat

God Sy kinders uitnooi om te ontvang, in vergelyking waarmee alles ydelheid en nietigheid

is.DHDA 408.1

In elke geslag en in elke land was die ware grondslag vir karakterbou dieselfde-die

beginsels wat in die Woord van God bevat word. Die enigste veilige en vaste reël is om te

doen wat God sê. “Die wet van die Here is volmaak...” en “...hy wat hierdie dinge doen,

sal nie wankel in ewigheid nie.” (Psalm 19:8;15:5). Dit was met die Woord van God wat

die dissipels die valse teorieë van hulle tyd bekamp en gesê het: “Niemand kan ‘n ander

fondament lê as wat daar gelê is nie.” (1 Korinthiërs 3:11).DHDA 408.2

Ten tye van hulle bekering en doop het die gelowiges in Kolosse hulself verbind om

gelowe en gebruike wat tot dusver deel van hulle lewe was, af te skaf en om getrou te wees

aan Christus. In sy brief het Paulus hulle hieraan herinner en hy het hulle gesmeek om nie

te vergeet dat hulle hulself voortdurend moet inspan om die belofte na te kom teen die

euwels wat oor hulle wil heers nie. “As julle dan saam met Christus opgewek is...” het hy

gesê, “...soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink

die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe

is saam met Christus verborge in God.”DHDA 408.3

“As iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk,

dit het alles nuut geword.” (2 Korinthiërs 5:17). Deur die krag van Christus het manne en

vroue die kettings van sondige gewoontes verbreek. Hulle het selfsug afgesweer. Die

goddelose het eerbiedig geword, die dronkaard nugter, die onreine rein. Siele wat die

gelykenis van die Satan gedra het, is in die beeld van God verander. Hierdie verandering

is op sigself die grootste wonderwerk. Hierdie verandering wat deur die Woord verrig

276


Die Handelinge van die Apostels

word, is een van die diepste verborgenhede van die Woord. Ons kan dit nie verstaan nie;

ons kan net glo, soos die Skrifte verklaar: “Dit is Christus onder julle, die hoop van die

heerlikheid.”DHDA 409.1

Wanneer die Gees van God verstand en hart beheer, breek die bekeerde siel uit in ‘n

nuwe lied; want hy besef dat in sy ervaring die belofte van God vervul is, dat sy oortreding

vergewe is, dat sy sonde bedek is. Hy het berou teenoor God getoon vir die verbreking van

die Goddelike wet en geloof en teenoor Christus wat vir die regverdiging van die mens

gesterf het. “Omdat...” hy “...dan uit die geloof geregverdig is...” het hy “...vrede by God

deur onse Here Jesus Christus.” (Romeine 5:1).DHDA 409.2

Maar omdat hy hierdie ervaring gehad het, moet die Christen nie met hande gevou sit,

tevrede met dit wat vir hom bereik is nie. Hy wat besluit het om die geestelike koninkryk

binne te gaan, sal vind dat al die magte en hartstogte van die onwedergebore natuur, gesteun

deur die magte van die koninkryk van die duisternis, teen hom gekant is. Elke dag moet hy

sy toewyding hernu, elke dag teen die bose stry. Ou gewoontes, oorerflike neigings om

kwaad te doen, sal stry om die oorhand te verkry en hy moet voortdurend daarteen waak

en in die krag van Christus strewe om die oorwinning te behaal.DHDA 409.3

“Maak dood dan julle lede wat op die aarde is...” het Paulus aan die Kolossense

geskryf, “...waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,

waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. Maar nou moet julle ook

dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond ...

Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming,

goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en

vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so

moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die

volmaaktheid is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in

julle harte heers en wees dankbaar.”DHDA 410.1

Die brief aan die Kolossense is gevul met lesse van die hoogste waarde vir almal wat

in die diens van Christus betrokke is, lesse wat die enigheid van doel en verhewe doelwit

toon, wat in die lewe van hom wat die Verlosser tereg verteenwoordig, gesien sal word.

Die gelowige sal van alles wat hom sal verhinder om opwaartse vooruitgang te maak

afstand doen, of wat die voete van ‘n ander van die smal weg afvallig sal maak en die

gelowige sal in sy daaglikse lewe barmhartigheid, vriendelikheid, nederigheid,

sagmoedigheid, verdraagsaamheid en die liefde van Christus openbaar.DHDA 410.2

Ons grootste behoefte is die krag van ‘n hoër, suiwerder, edeler lewe. Die wêreld neem

te veel van ons gedagtes in beslag en die koninkryk van die hemel te min.DHDA 410.3

In sy pogings om God se ideaal vir hom te bereik, moet die Christen oor niks wanhopig

raak nie. Sedelike en geestelike volmaaktheid, deur die genade en krag van Christus, word

277


Die Handelinge van die Apostels

aan almal belowe. Jesus is die Bron van krag, die Fontein van die lewe. Hy bring ons by

Sy Woord en van die boom van die lewe bied Hy aan ons die blare van genesing vir sondesiek

siele. Hy lei ons na die troon van God en lê in ons mond ‘n gebed waardeur ons in

noue kontak met Hom gebring word. Hy stel namens ons die almagtige agentskappe van

die hemel in werking. Met elke stap raak ons Sy lewende krag aan.DHDA 410.4

God bepaal geen beperking op die vooruitgang van diegene wat begeer om vervul te

word “...met die kennis van Sy wil in alle wysheid en geestelike insig...” nie. Deur gebed,

deur waaksaamheid, deur groei in kennis en begrip, moet hulle “...met alle krag bekragtig

word volgens die mag van sy heerlikheid.” So word hulle voorberei om vir ander te werk.

Dit is die Redder se doel dat mense wat gereinig en geheilig is Sy helpende hand sal wees.

Laat ons Hom vir hierdie groot voorreg bedank wat “...ons bekwaam gemaak het om deel

te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig-Hy wat ons verlos het uit die mag van die

duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde.”DHDA 411.1

Paulus se brief aan die Filippense, soos die een aan die Kolossense, was geskryf terwyl

hy ‘n gevangene in Rome was. Die gemeente in Filippi het aan die hand van Epafroditus,

wat Paulus “...my broeder en medewerker en medestryder, julle afgevaardigde en bedienaar

van my behoefte....” noem, geskenke aan hom gestuur. Terwyl hy in Rome was, was

Epafroditus siek “...tot by die dood; maar God was hom barmhartig...” het Paulus geskryf

“...en nie hom alleen nie, maar ook my, dat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.” Toe

die gelowiges in Filippi van die siekte van Epafroditus hoor, was hulle baie bekommerd

oor hom en hy het besluit om na hulle terug te keer. “Hy het na julle almal verlang...” het

Paulus geskryf “...en was besorg omdat julle gehoor het dat hy siek was. ... Ek het hom des

te spoediger gestuur, sodat julle hom kan sien en julle weer verbly en ek minder bedroef

kan wees. Ontvang hom dan in die Here met alle blydskap en hou sulke manne in eer. Want

ter wille van die werk van Christus het hy tot naby die dood gekom en diensbetoning aan

my.”DHDA 411.2

Deur Epafroditus het Paulus ‘n brief aan die gelowiges in Filippi gestuur, waarin hy

hulle bedank vir hul geskenke aan hom. Van al die gemeentes was die gemeente van Filippi

die vrygewigste om in Paulus se behoeftes te voorsien. Verder het die apostel in sy brief

gesê: “En julle, Filippense, weet ook dat in die begin van die evangelie, toe ek van

Macedonië vertrek het, geen gemeente deel gehad het in my rekening van uitgawe en

inkomste nie, behalwe julle alleen. Want ook in Thessalonika het julle vir my behoefte

meer as een maal iets gestuur. Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat

oorvloedig word op julle rekening. Maar ek het alles ontvang en ek het oorvloed. Ek het

dit volop noudat ek van Epafroditus ontvang het wat deur julle gestuur is, ‘n lieflike geur,

‘n welgevallige offer, welbehaaglik by God.”DHDA 412.1

“Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! Ek dank

my God elke maal as ek aan julle dink-en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met

278


Die Handelinge van die Apostels

blydskap-oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe, omdat

ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op

die dag van Jesus Christus; soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek

julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en

bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is. Want God is my getuie hoe

ek na julle almal verlang. ... En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag

word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle

rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die

vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van

God.”DHDA 412.2

Die genade van God het Paulus in sy gevangenskap onderskraag en hom in staat gestel

om hom in sy verdrukking te verbly. Met geloof en versekering het hy aan sy broeders in

Filippi geskryf dat sy gevangenskap die bevordering van die evangelie tot gevolg gehad

het. “Ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op

bevordering van die evangelie uitgeloop het, sodat my boeie openbaar geword het in

Christus onder die hele Keiserlike lyfwag en by al die ander en die meeste van die broeders

wat in die Here deur my boeie vertroue gekry het, dit des te meer waag om die woord

onbevrees te spreek.”DHDA 412.3

Daar is ‘n les vir ons in hierdie ervaring van Paulus, want dit openbaar die wyse

waarop God te werk gaan. Die Here kan die oorwinning behaal uit wat vir ons na

ontmoediging en ‘n nederlaag mag lyk. Ons verkeer in gevaar om God te vergeet, om ons

oë op die sienlike dinge te vestig in plaas daarvan om deur die oog van geloof die onsienlike

te aanskou. Wanneer teëspoed of rampe ons tref, is ons gereed om God van verwaarlosing

of wreedheid te beskuldig. Wanneer Hy dit nodig vind om ons bruikbaarheid op een of

ander manier af te sny, treur ons en dink nie daaraan dat God sodoende vir ons beswil werk

nie. Ons moet leer dat tugtiging deel uitmaak van Sy groot plan en dat die Christen onder

die roede van swaarkry soms meer vir die Meester kan verrig as wanneer hy in aktiewe

diens besig is.DHDA 413.1

As voorbeeld van die Christelike lewe, het Paulus die Filippense na Christus verwys,

wat, hoewel Hy “...in die gestalte van God was...” dit geen roof geag het “...om aan God

gelyk te wees nie...” maar Hy het “...Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg

aan te neem en aan die mens gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy

Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die

kruis.”DHDA 413.2

Hy het voortgegaan: “Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het,

nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle

eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om

te werk na Sy welbehae. Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle

279


Die Handelinge van die Apostels

onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en

verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, deurdat julle die woord van

die lewe vashou, My tot ‘n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of

verniet gearbei het nie.”DHDA 413.3

Hierdie woorde is opgeteken as hulp vir elke strydende siel. Paulus handhaaf die

standaard van volmaaktheid en wys hoe dit bereik kan word. Hy sê: “Werk julle eie heil

uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk.”DHDA 414.1

Die werk om redding te verkry is een van samewerking, ‘n gesamentlike operasie.

Daar moet samewerking tussen God en die berouvolle sondaar wees. Dit is noodsaaklik vir

die vorming van regte beginsels in die karakter. Die mens moet ernstig poog om dit wat

hom verhinder om tot volmaaktheid te kom, te oorkom. Maar hy is geheel en al van God

afhanklik vir sukses. Menslike inspanning op sigself is nie voldoende nie. Sonder die hulp

van Goddelike krag, baat dit niks. God werk en die mens werk. Weerstand teen versoeking

moet van die mens kom, wat sy krag van God moet put. Aan die een kant is daar oneindige

wysheid, medelye en krag; aan die ander kant, swakheid, sondigheid, algehele

hulpeloosheid.DHDA 414.2

God wil hê dat ons selfbeheersing moet hê. Maar Hy kan ons nie sonder ons

toestemming en samewerking help nie. Die Goddelike Gees werk deur die kragte en

vermoëns wat aan die mens gegee is. Uit onsself is ons nie in staat om die doel, begeertes

en neigings in ooreenstemming met die wil van God te bring nie; maar as ons gewillig is,

sal die Verlosser dit vir ons volbring terwyl Hy “...ons planne verbreek en elke skans wat

opgewerp word teen die kennis van God en elke gedagte gevange neem tot die

gehoorsaamheid aan Christus.” (2 Korinthiërs 10:5).DHDA 414.3

Hy wat ‘n sterk, simmetriese karakter wil ontwikkel, hy wat ‘n ewewigtige Christen

wil wees, moet alles gee en alles vir Christus doen, want die Verlosser sal nie verdeelde

diens aanvaar nie. Hy moet daagliks die betekenis van selfoorgawe leer. Hy moet die

Woord van God bestudeer, die betekenis daarvan leer en die voorskrifte daarvan

gehoorsaam. Sodoende kan hy die standaard van Christelike volmaaktheid bereik. Dag vir

dag werk God met hom en vervolmaak die karakter wat die laaste toets moet deurstaan. En

dag vir dag voer die gelowige, ten aanskoue van mense en engele, ‘n verhewe proefneming

uit, wat aandui wat die evangelie vir gevalle mense kan doen.DHDA 414.4

Paulus het geskryf: “Ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek

vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die

prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.”DHDA 415.1

Paulus het baie dinge gedoen. Vanaf die tyd dat hy sy trou aan Christus toegesê het,

was sy lewe gevul met onvermoeide diens. Van stad tot stad, van land tot land het hy gereis

en die verhaal van die kruis vertel, bekeerlinge vir die evangelie gewen en gemeentes

280


Die Handelinge van die Apostels

gestig. Oor hierdie gemeentes was hy voortdurend besorg en hy het baie briewe aan hulle

geskryf om hulle te onderrig. Soms het hy sy ambag beoefen om sy daaglikse brood te

verdien. Maar te midde van al die besige bedrywighede in sy lewe, het Paulus nooit sy een

groot doel uit die oog verloor nie, naamlik om die prys van sy hoë roeping na te streef. Een

doel het hy onwrikbaar voor hom gehou-om getrou te wees aan die Een wat Homself by

die poort van Damaskus aan hom geopenbaar het. Niks het die mag gehad om hom van

hierdie doel te laat afsien nie. Om die kruis van Golgota te verhef-dit was die allesoorheersende

dryfveer wat sy woorde en sy dade besiel het.DHDA 415.2

Die groot doel wat Paulus gedring het om te midde van swaarkry en probleme

vorentoe te beur, behoort daartoe te lei dat elke Christen-werker homself volkome aan die

diens van God wy. Wêreldse aantreklikhede sal aan hom voorgehou word om sy aandag

van die Verlosser af te trek, maar hy moet die doel najaag en aan die wêreld, aan engele en

aan mense toon dat die hoop om die aangesig van God te sien, al die inspanning en

opoffering wat die vervulling van sy hoop verg, werd is.DHDA 415.3

Hoewel hy ‘n gevangene was, was Paulus nie mismoedig nie. In plaas daarvan is daar

‘n toon van oorwinning in die briewe wat hy uit Rome aan die gemeentes geskryf het. Aan

die Filippense het hy geskryf: “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! ...

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met

danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan,

sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is,

alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat

loflik is-watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”DHDA 416.1

“My God sal elke behoefte van julle vervul na Sy rykdom in heerlikheid deur Christus

Jesus ... Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal!”DHDA 416.2

281


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 46—Vryheid

Terwyl Paulus se arbeid in Rome geseën is met die bekering van baie siele en die

versterking en bemoediging van die gelowiges, het daar donker wolke begin saampak, wat

nie alleen sy eie veiligheid nie, maar ook die welvaart van die kerk bedreig het. Met sy

aankoms in Rome, is hy onder beheer van die kaptein van die keiserlike wag gestel, ‘n man

van geregtigheid en integriteit, deur wie se tegemoetkomendheid hy betreklik vrygelaat is

om die werk van die evangelie na te streef. Maar voor die einde van die gevangenisstraf

van twee jaar, is hierdie man deur ‘n amptenaar vervang van wie die apostel geen spesiale

gunste kon verwag nie.DHDA 417.1

Die Jode was nou meer bedrywig as ooit tevore in hul pogings teen Paulus en hulle

het ‘n bekwame handlanger in die losbandige vrou, wat Nero sy tweede vrou gemaak het,

gevind en wat, alhoewel sy ‘n Joodse proseliet was, al haar invloed uitgeoefen het om hulle

in hul moorddadige planne teen die kampvegter van die Christendom te ondersteun.DHDA

417.2

Paulus kon nie hoop op veel geregtigheid van die keiser op wie hy hom beroep het

nie. Nero was meer bedorwe in sedes, meer ligsinnig van aard en tegelykertyd in staat tot

meer gruwelike wreedheid as enige heerser wat hom voorafgegaan het. Die leisels van die

regering kon nie aan ‘n meer despotiese heerser toevertrou gewees het. Die eerste jaar van

sy regering is gekenmerk deur die vergiftiging van sy jong stiefbroer, die regmatige

troonopvolger. Nero het van die een diepte van ondeug en misdaad na die ander neergedaal

totdat hy sy eie moeder en daarna sy vrou vermoor het. Daar was geen gruweldaad wat hy

nie sou pleeg nie en geen bose daad waartoe hy hom nie sou verlaag nie. In elke edele

gemoed het hy slegs afkeer en minagting afgedwing.DHDA 417.3

Die besonderhede van die ongeregtighede wat in sy hof beoefen is, is te vernederend,

te afskuwelik om te beskryf. Sy bandelose goddeloosheid het weersin en afkeur gewek,

selfs by diegene wat gedwing was om in sy misdade te deel. Hulle het voortdurend gevrees

vir die omvang wat sy volgende daad sou aanneem. Tog het selfs misdade soos die van

Nero nie die getrouheid van sy onderdane laat wankel nie. Hy was erken as die

alleenheerser van die hele beskaafde wêreld. Meer as dit, was hy die ontvanger van

goddelike eerbetoon en is hy as ‘n god aanbid.DHDA 418.1

Uit ‘n menslike oogpunt beskou, was Paulus se veroordeling voor so ‘n regter ‘n

uitgemaakte saak. Maar die apostel het gevoel dat solank hy aan God getrou was, hy niks

te vrees gehad het nie. Die Een wat in die verlede sy Beskermer was, kon hom nog steeds

teen die kwaadwilligheid van die Jode en die mag van die keiser beskerm.DHDA 418.2

En God hét Sy dienskneg beskerm. Met Paulus se verhoor kon die beskuldigings teen

hom nie stand hou nie en teen die algemene verwagting in en met ‘n inagneming van

282


Die Handelinge van die Apostels

geregtigheid wat geheel en al in stryd was met sy geaardheid, het Nero die gevangene

onskuldig verklaar. Paulus se boeie is verwyder en hy was weer ‘n vry man.DHDA 418.3

Indien sy verhoor langer uitgestel was, of as hy om enige rede tot die volgende jaar in

Rome aangehou was, sou hy sonder twyfel omgekom het in die vervolging wat toe

plaasgevind het. Gedurende Paulus se gevangenskap het die aantal bekeerlinge tot die

Christelike geloof so toegeneem, dat hulle die aandag en vyandskap van die owerhede

getrek het. Die woede van die keiser was veral ontketen oor die bekering van die lede van

sy eie huishouding en hy het spoedig ‘n voorwendsel gevind om die Christene die

voorwerpe van sy genadelose wreedheid te maak.DHDA 418.4

Omstreeks hierdie tyd het ‘n hewige brand in Rome ontstaan waardeur byna die helfte

van die stad afgebrand het. Volgens gerugte het Nero self die vlamme laat aansteek, maar

om agterdog teen hom te vermy, het hy ‘n vertoon van groot vrygewigheid gemaak deur

die haweloses en behoeftiges by te staan. Hy is egter van die misdaad beskuldig. Die volk

was ontstoke en woedend en om homself en ook die stad te bevry van ‘n klas wat hy gevrees

en gehaat het, het Nero die skuld op die Christene geplaas. Sy set was geslaagd en duisende

van die volgelinge van Christus, mans, vroue en kinders, is wreedaardig om die lewe

gebring.DHDA 419.1

Paulus is hierdie verskriklike vervolging gespaar, want kort na sy vrylating het hy

Rome verlaat. Hy het hierdie laaste bietjie vryheid ywerig aangewend om onder die

gemeentes te werk. Hy het gepoog om ‘n hegter eenheid tussen die Griekse en die Oosterse

gemeentes te bewerkstellig en om die denkwyses van die gelowiges teen die valse

leerstellings wat ingesluip het om die geloof te verderf, te versterk.DHDA 419.2

Die beproewinge en sorge wat Paulus verduur het, het sy fisiese krag verswak. Die

gebreke van die ouderdom het hom ingehaal. Hy het gevoel dat hy nou sy laaste werk verrig

en namate die tyd van sy arbeid uitgeloop het, het sy pogings meer intensief geword. Dit

het gelyk asof daar geen einde aan sy ywer was nie. Vasberade van doel, vinnig tot aksie,

sterk in geloof, het hy van gemeente tot gemeente deur baie lande gereis en op al die

maniere in sy vermoë, gepoog om die hande van die gelowiges te versterk, sodat hulle

getroue werk kon lewer om siele vir Jesus te verower en sodat hulle in die moeilike tye wat

reeds ophande was, standvastig vir die evangelie kon bly staan en getroue getuienis vir

Christus kon lewer.DHDA 419.3

283


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 47—Die Finale Gevangeneming

Paulus se werk onder die gemeentes na sy vrylating, sou nie die aandag van sy vyande

ontglip nie. Sedert die begin van die vervolging onder Nero, was die Christene oral ‘n

verbode sekte. Mettertyd het die ongelowige Jode die plan uitgedink om Paulus van die

brandstigting in Rome te beskuldig. Nie een van hulle het vir ‘n oomblik geglo dat hy

skuldig was nie, maar hulle het goed geweet dat so ‘n beskuldiging met die geringste blyk

van geloofwaardigheid, sy ondergang sou verseël. As gevolg van hul pogings is Paulus

weer in hegtenis geneem en is hy na sy finale gevangenskap gehaas.DHDA 420.1

Op sy tweede reis na Rome is Paulus deur verskeie van sy voormalige metgeselle

vergesel; ander wou graag sy lot deel, maar hy wou nie toelaat dat hulle hul lewens in

gevaar stel nie. Sy vooruitsigte was baie ongunstiger as tydens sy vorige gevangenskap.

Die vervolging onder Nero het die aantal Christene in Rome aansienlik laat afneem.

Duisende is weens hul geloof gemartel, baie het die stad verlaat en die wat agtergebly het,

was depressief en geïntimideer.DHDA 420.2

Met sy aankoms in Rome, is Paulus in ‘n donker kerker geplaas en daar het hy gebly

totdat sy loopbaan beëindig is. Omdat hy van die mees veragtelike en verskriklikste

misdade teen die stad en die nasie beskuldig was, was hy die voorwerp van algemene

vervloeking.DHDA 420.3

Die paar vriende wat in die apostel se laste gedeel het, het hom nou begin verlaat,

sommige deur verlating en ander op sendings na verskeie gemeentes. Figellus en

Hermogenes was die eerstes om te vertrek. Toe het Demas, ontsteld oor die wolke van

moeilikheid en gevaar wat besig was om saam te pak, die vervolgde apostel verlaat.

Crescens is deur Paulus na die gemeentes in Galasië gestuur, Titus na Dalmasië en Tichikus

na Éfese. Paulus het aangaande hierdie ervaring aan Timotheus geskryf en gesê: “Lukas is

alleen by my.” (2 Timotheus 4:11). Nog nooit het die apostel die bediening van sy broeders

so nodig soos toe gehad nie, verswak soos hy was weens ouderdom, swoeg en swakhede

in die klam, donker kerkers van ‘n Romeinse gevangenis. Die dienste van Lukas, die

geliefde dissipel en getroue vriend, was vir Paulus ‘n groot troos en het hom in staat gestel

om met sy broeders in die wêreld daar buite te kommunikeer.DHDA 420.4

In hierdie tyd van beproewing het die herhaalde besoeke van Onesiforus Paulus se

hart verbly. Hierdie hartlike Efesiër het alles in sy vermoë gedoen om die las van die apostel

se gevangenskap te verlig. Sy geliefde leraar was ter wille van die waarheid in boeie terwyl

hy self vry was en hy het geen moeite om Paulus se lot draagliker te maak ontsien

nie.DHDA 421.1

In die laaste brief wat die apostel ooit geskryf het, praat hy van hierdie getroue dissipel

soos volg: “Mag die Here aan die huis van Onesiforus barmhartigheid bewys, want hy het

my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie, maar toe hy in Rome gekom

284


Die Handelinge van die Apostels

het, het hy my baie ywerig gesoek en gevind. Mag die Here hom skenk dat hy

barmhartigheid mag verkry van die Here in die dag.” (2 Timotheus 1:16-18).DHDA 421.2

Die verlange na liefde en medelye word deur God self in die hart ingeplant. Christus

het in Sy uur van lyding in Getsémané na die medelye van Sy dissipels verlang. En hoewel

hy skynbaar onverskillig teenoor swaarkry en lyding was, het Paulus na medelye en

geselskap gesmag. Die besoek van Onesiforus, wat in ‘n tyd van eensaamheid en

verlatenheid van sy getrouheid getuig het, het blydskap en vreugde vir die een wat sy lewe

in diens vir ander deurgebring het, gebring.DHDA 421.3

285


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 48—Paulus Voor Nero

Toe Paulus gedagvaar is om voor die keiser, Nero, te verskyn om verhoor te word,

was die vooruitsig van sy dood feitlik seker. Die ernstige aard van die misdaad waarvan hy

beskuldig was en die heersende vyandigheid teenoor die Christene, het min rede vir hoop

op ‘n gunstige uitslag gelaat.DHDA 422.1

Onder die Grieke en die Romeine was dit gebruiklik om die beskuldigde toe te laat

om ‘n advokaat aan te stel om sy saak namens hom voor die geregshof te bepleit. Deur

kragtige argumente, passievolle welsprekendheid, of deur smekinge, bedes en trane, het so

‘n advokaat dikwels ‘n beslissing in die guns van die gevangene verseker, of daarin geslaag

om versagting van vonnis te verkry. Maar toe Paulus voor Nero gedaag is, het niemand dit

gewaag om as sy regsgeleerde of advokaat op te tree nie; geen vriend was byderhand om

selfs rekord te hou van die beskuldigings wat teen hom aanhangig gemaak is, of van die

argumente wat hy in sy verdediging aangevoer het nie. Onder die Christene in Rome was

daar niemand wat na vore gekom het om in daardie moeilike uur by hom te staan

nie.DHDA 422.2

Die enigste betroubare verslag van die gebeure word deur Paulus self in sy tweede

brief aan Timotheus gegee: “In my eerste verdediging...” het die apostel geskryf, “...het

niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word

nie! Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking

heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die

leeu verlos.” (2 Timotheus 4:16,17).DHDA 422.3

Paulus voor Nero-wat ‘n treffende teenstelling! Die hoogmoedige heerser voor wie

die man van God vir sy geloof verantwoording moes verantwoord, het die hoogtepunt van

sy aardse mag, gesag en rykdom, sowel as die laagste dieptes van misdadigheid en

ongeregtigheid bereik. Wat mag en grootheid betref, was hy ongeëwenaar. Daar was

niemand wat sy gesag betwyfel het en niemand wat sy wil kon teëgaan nie. Konings het

hul krone aan sy voete neergelê. Magtige leërs het op sy bevel uitgetrek en die vaandels

van sy vloot het van oorwinning getuig. Sy standbeeld is in die sale van die geregshowe

opgerig en die bevele van die senatore en uitsprake van regters was maar slegs die

weerklank van sy wil. Miljoene het in gehoorsaamheid aan sy bevele neergebuig. Die naam

van Nero het die wêreld laat sidder. Om sy misnoeë op die hals te haal, was om besittings,

vryheid, selfs die lewe te verloor; en sy frons het meer vrees ingeboesem as ‘n

pessiekte.DHDA 422.4

Sonder geld, sonder vriende, sonder regsverteenwoordiging, het die bejaarde

gevangene voor Nero gestaan-die aangesig van die keiser was deur die skandelike merke

van die hartstogte wat van binne gewoed het gekenmerk; terwyl die aangesig van die

beskuldigde getuig het dat daar in sy hart vrede met God was. Paulus se ervaring was een

286


Die Handelinge van die Apostels

van armoede, selfverloëning en lyding. Ondanks voortdurende wanvoorstelling, verwyte

en mishandeling waardeur sy vyande hom probeer intimideer het, het hy die vaandel van

die kruis onverskrokke omhoog gehou. Soos sy Meester was hy ‘n hawelose swerwer en

soos Hy het hy geleef om die mensdom te seën. Hoe kon Nero, ‘n wispelturige,

hartstogtelike, losbandige tiran, die karakter en beweegredes van hierdie seun van God

verstaan of waardeer?DHDA 423.1

Die groot saal was gevul met ‘n ywerige, onrustige skare wat vorentoe gebeur het om

alles wat sou plaasvind te sien en te hoor. Die hoër en laer klasse was daar, welvarendes en

behoeftiges, geleerdes en ongeletterdes, trotsaards en nederiges, almal sonder ‘n ware

kennis van die weg van die lewe en verlossing.DHDA 423.2

Die Jode het die ou beskuldigings van oproer en kettery teen Paulus ingebring en Jode

sowel as Romeine het hom daarvan beskuldig dat hy die brand in die stad gestig het. Terwyl

hierdie beskuldigings teen hom ingebring is, het Paulus ‘n onverstoorbare kalmte bewaar.

Die mense en die regters het hom met verbasing aangekyk. Hulle was al by menige verhore

teenwoordig en het baie misdadigers gesien, maar nog nooit het hulle ‘n man met sulke

heilige kalmte soos die gevangene voor hulle gesien nie. Die skerp oë van die regters, wat

gewoond was om die gesigte van die gevangenes voor hulle te lees, het tevergeefs op

Paulus se aangesig na tekens van skuld gesoek. Toe hy toegelaat is om ter verdediging van

sy saak te spreek, het almal met gretige belangstelling geluister.DHDA 424.1

Weereens het Paulus die geleentheid gehad om die vaandel van die kruis aan die

verwonderde skare voor te hou. Terwyl hy die menigte voor hom aanskou het, Jode,

Grieke, Romeine en vreemdelinge uit baie lande, is sy siel deur ‘n intense begeerte vir hulle

redding beweeg. Hy het nie aan die situasie, die gevare wat hom omring, of die verskriklike

lot wat skynbaar so naby is, gedink nie. Hy het net vir Jesus, die Middelaar, wat voor God

ten behoewe van die sondige mensdom pleit, gesien. Met meer as menslike

welsprekendheid en krag het Paulus die waarhede van die evangelie verkondig. Hy het sy

toehoorders op die offer wat vir die gevalle ras gebring is, gewys. Hy het verklaar dat ‘n

oneindige prys vir die verlossing van die mens betaal is. Daar is voorsiening gemaak vir

hom om die troon van God te deel. Deur middel van engele wat as boodskappers dien, is

die aarde met die hemel verbind en al die dade van die mensdom, hetsy goed of kwaad, lê

blootgestel voor die oë van Oneindige Geregtigheid.DHDA 424.2

So het die voorstander van die waarheid gepleit. Getrou onder die ontroues, lojaal

onder die dislojale, het hy as die verteenwoordiger van God gestaan en sy stem was soos

‘n stem uit die hemel. Daar was geen vrees, geen hartseer, geen moedeloosheid in sy

woorde of in sy voorkoms nie. Sterk in die bewustheid van sy onskuld, beklee met die

wapenrusting van die waarheid, het hy hom verbly dat hy ‘n seun van God is. Sy woorde

het soos ‘n oorwinningskreet bo die lawaai van die stryd opgeklink. Hy het verklaar dat die

saak waaraan hy sy lewe gewy het, die enigste saak is wat nie kan misluk nie. Hoewel hy

287


Die Handelinge van die Apostels

mag vergaan, sal die evangelie nie vergaan nie. God leef en Sy waarheid sal seëvier.DHDA

424.3

Menige wat hom op daardie dag aanskou het, het gesien “...dat sy gesig soos die gesig

van ‘n engel was.” (Handelinge 6:15).DHDA 425.1

Nog nooit tevore het daardie skare na sulke woorde geluister nie. Dit het ‘n snaar

aangeraak wat in die harte van selfs die mees gehardes onder hulle gevibreer het. Die

waarheid, duidelik en oortuigend, het dwaling omvergewerp. Lig het in die gemoedere van

baie mense geskyn, wat die ligstrale agterna met blymoedigheid gevolg het. Die waarhede

wat op daardie dag geuiter is, was bestem om nasies te skud en deur al die eeue heen te leef

om die harte van mense te beïnvloed wanneer die lippe wat dit uitgespreek het, stil in ‘n

martelaarsgraf geswyg het.DHDA 425.2

Nooit tevore het Nero die waarheid soos tydens hierdie geleentheid gehoor nie. Die

enorme skuld van sy eie lewe was nog nooit so aan hom geopenbaar nie. Die lig van die

hemel het die sonde-besoedelde kamers van sy siel deurboor en hy het van vrees gebewe

by die gedagte aan die geregshof waarvoor hy, die heerser van die wêreld, uiteindelik sou

moes verskyn en waar hy die regverdige vergelding vir sy dade sou ontvang. Hy het die

apostel se God gevrees en het nie durf waag om ‘n vonnis oor Paulus, teen wie geen

beskuldiging bewys is nie, uit te spreek nie. Sy bloeddorstige gees is ‘n tyd lank deur ‘n

gevoel van ontsag weerhou.DHDA 425.3

Vir een oomblik het die hemel vir die skuldige, geharde Nero oopgegaan en die vrede

en kalmte daarvan het vir hom begeerlik gelyk. Op daardie oomblik is die uitnodiging van

genade selfs aan hom gerig. Maar net vir ‘n oomblik het hy die gedagte aan vergifnis

verwelkom. Toe is die bevel uitgevaardig dat Paulus na die kerker teruggeneem moes

word; en toe die deur agter die boodskapper van God toegesluit is, is die deur van bekering

vir ewig teen die keiser van Rome gesluit. Geen ligstraal uit die hemel sou ooit weer deur

die duisternis wat hom omgeef het binnedring nie. Binnekort sou hy die vergeldende

oordele van God beleef.DHDA 426.1

Nie lank hierna nie, het Nero op sy berugte ekspedisie na Griekeland gevaar, waar hy

homself en sy koninkryk deur veragtelike en verlagende ligsinnigheid onteer het. Toe hy

met groot prag en praal na Rome terugkeer, het hy hom met sy hofdienaars omring in ‘n

toneel van oproerige, losbandigheid. Te midde van hierdie brassery, is daar oproerigheid

in die strate gehoor. ‘n Boodskapper wat gestuur was om vas te stel wat aangaan, het met

die ontstellende nuus teruggekeer dat Galba, aan die hoof van ‘n leër, vinnig besig is om

na Rome op te trek, dat ‘n opstand reeds in die stad uitgebreek het en dat die strate gevul

was met ‘n woedende skare, wat die keiser en al sy aanhangers met die dood gedreig het

en besig was om die paleis vinnig te nader.DHDA 426.2

288


Die Handelinge van die Apostels

In hierdie tyd van gevaar het Nero nie, soos die getroue Paulus, ‘n kragtige en

barmhartige God gehad op wie hy kon vertrou nie. Die ellendige tiran was bevrees vir die

lyding en moontlike marteling wat hy moontlik gedwing sou word om deur die gepeupel

te verduur en het gedink om sy hand aan sy eie lewe te slaan om dit te beëindig, maar op

die kritieke oomblik het sy moed hom begeef. Heeltemal ontmoedig het hy oneervol uit

die stad gevlug en in ‘n landelike huis ‘n paar kilometer verder na skuiling gesoek, maar

dit was tevergeefs! Sy skuilplek is spoedig ontdek en toe die agtervolgende ruiters nader

kom, het hy ’n slaaf geroep om hom te help en homself ‘n dodelike wond toegedien. So

het die tiran Nero op die jeugdige ouderdom van twee-en-dertig jaar omgekom.DHDA

426.3

289


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 49—Paulus se Laaste Brief*

Vanaf die geregsaal van die keiser, het Paulus na sy sel teruggekeer en besef dat hy

slegs ‘n kort verposing vir homself verkry het. Hy het geweet dat sy vyande nie sou rus

voordat hulle sy dood bewerkstellig het nie. Maar hy het ook geweet dat die waarheid

tydelik geseëvier het. Dat hy ‘n gekruisigde en opgestane Verlosser voor die groot skare

wat na hom geluister het, verkondig het, was op sigself ‘n oorwinning. Daardie dag is ‘n

werk begin wat sou groei en sterker word en wat Nero en al die ander vyande van Christus

tevergeefs sou probeer om te belemmer of te vernietig.DHDA 428.1

Terwyl Paulus dag na dag in sy somber sel gesit het met die wete dat sy lewe op een

woord of ‘n teken van Nero opgeoffer kon word, het hy aan Timotheus gedink en besluit

om hom te laat haal. Die versorging van die gemeente in Éfese is aan Timotheus opgedra

en hy was dus daar agtergelaat toe Paulus sy laaste reis na Rome onderneem het. Paulus en

Timotheus is met ‘n buitengewoon diep band van liefde aan mekaar verbind. Sedert sy

bekering het Timotheus in Paulus se arbeid en lyding gedeel en die vriendskap tussen die

twee het sterker, dieper en heiliger geword, totdat Timotheus vir die bejaarde en vermoeide

apostel alles geword het wat ‘n seun vir ‘n beminde en geëerde vader kon wees. Dit is dus

nie verbasend dat Paulus in sy eensaamheid en alleenheid verlang het om hom te sien

nie.DHDA 428.2

Onder die gunstigste omstandighede sou dit etlike maande duur voordat Timotheus

uit Klein-Asië in Rome sou aankom. Paulus het geweet dat sy lewe onseker was en hy het

gevrees dat Timotheus te laat daar sou aankom om hom nog te sien. Hy het belangrike raad

en onderrig vir die jongman gehad aan wie sulke groot verantwoordelikheid toevertrou

was; en terwyl hy hom aangemoedig het om so spoedig moontlik te kom, het hy sy

sterwens-getuienis, wat hy miskien nie persoonlik sou kon gee nie, gedikteer. Met sy siel

vol liefdevolle besorgdheid vir sy seun in die evangelie en vir die gemeente onder sy sorg,

het Paulus gepoog om Timotheus die belangrikheid van getrouheid aan sy heilige pand te

laat verstaan.DHDA 428.3

Paulus het sy brief soos volg met ‘n groet begin: “Aan Timotheus, my geliefde kind:

Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en Christus Jesus, onse Here! Ek dank

God, wat ek van my voorouers af in ‘n rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik nag en

dag aan jou in my gebede dink.”DHDA 429.1

Die apostel het dan ook aan Timotheus nadruk op die noodsaaklikheid van

standvastigheid in die geloof gelê: “Om hierdie rede...” het hy geskryf, “...herinner ek jou

daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van

my hande. Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en

liefde en selfbeheersing. Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy

gevangene, nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God.” Paulus

290


Die Handelinge van die Apostels

het Timotheus gesmeek om te onthou dat hy “...met ‘n heilige roeping...” geroepe was om

die krag van Hom te verkondig wat “...die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring

het deur die evangelie, waarvoor...” het hy verklaar, “...ek aangestel is as prediker en

apostel en leraar van die heidene. Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam

my nie, want ek weet in wie ek geglo het en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te

bewaar tot dié dag toe.”DHDA 429.2

Gedurende sy lang dienstermyn, het Paulus nooit in sy getrouheid aan Sy Verlosser

getwyfel nie. Oral waar hy was, hetsy of hy voor Fariseërs, Romeinse owerhede, voor die

woedende skare in Listre of die veroordeelde sondaars in die Macedoniese kerker was; of

hy met die vreesbevange soldate op die gestrande skip gestaan, of alleen voor Nero vir sy

lewe gepleit het, het hy hom nooit geskaam vir die saak wat hy bepleit het nie. Die een

groot doel van sy Christelike lewe was om Hom te dien wie se Naam hom vroeër met

minagting gevul het; en van hierdie doel kon geen teenstand hom laat afsien nie. Sy geloof,

deur inspanning gesterk en deur opoffering gesuiwer, het hom ondersteun en

versterk.DHDA 429.3

“Jy dan, my seun...” het Paulus vervolg, “...wees sterk deur die genade wat in Christus

is; en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat

bekwaam sal wees om ook ander te leer. Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van

Jesus Christus.”DHDA 430.1

Die ware dienaar van God sal van geen swaarkry of verantwoordelikheid terugdeins

nie. Van die Bron wat diegene wat opreg na Goddelike krag soek, nooit in die steek sal laat

nie, put hy krag wat hom in staat stel om versoekings die hoof te bied en te oorkom en die

pligte uit te voer wat God aan hom opdra. Die aard van die genade wat hy ontvang, verhoog

sy vermoë om God en Sy Seun te ken. Sy siel gaan met ‘n verlangende begeerte uit om

aanneemlike diens vir sy Meester te doen. En namate hy op die Christelike weg vorder,

word hy “...sterk deur die genade wat in Christus Jesus is.” Hierdie genade stel hom in staat

om ‘n getroue getuie te wees van die dinge wat hy gehoor het. Hy minag of verwaarloos

nie die kennis wat hy van God ontvang het nie, maar hy dra hierdie kennis oor aan getroue

manne, wat op hulle beurt ander leer.DHDA 430.2

In hierdie, die laaste brief van Paulus aan Timotheus, het hy aan die jonger werker ‘n

hoë ideaal voorgehou en hom op die pligte gewys wat op hom as ‘n dienaar van Christus

rus. “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel...” het die apostel geskryf, “...as ‘n

werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny ... Vlug vir

die begeerlikhede van die jonkheid en jaag na geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met

die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep. En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy

afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek; en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie,

maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.

291


Die Handelinge van die Apostels

Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering

sal gee tot die kennis van die waarheid nie.”DHDA 430.3

Die apostel het Timotheus gewaarsku teen die valse leraars wat sou poog om toegang

tot die kerk te verkry. “Weet dit...” het hy verklaar, “...dat daar in die laaste dae swaar tye

sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters,

trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig ... mense wat ‘n

gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie

mense af.”DHDA 431.1

“Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger...” het hy gesê,

“...hulle wat verlei en verlei word. Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker

is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken

wat jou wys kan maak tot saligheid. ... Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot

lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die

mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” God het

oorvloedige middele voorsien vir suksesvolle oorlogvoering teen die bose wat in die wêreld

is. Die Bybel is die wapen-arsenaal waar ons ons vir die stryd kan toerus. Ons lendene moet

met die waarheid omgord wees. Ons borsplaat moet geregtigheid wees. Die skild van

geloof moet in ons hand wees en die helm van die verlossing op ons hoof; en met die

swaard van die Gees, wat die Woord van God is, moet ons vir ons ‘n weg deur die

versperrings en die strikke van die sonde baan.DHDA 431.2

Paulus het geweet dat daar vir die kerk ‘n tydperk van groot gevaar voorgelê het. Hy

het geweet dat getroue, ernstige, werk verrig sou moes word deur diegene wat aan die hoof

van die gemeentes staan en hy het aan Timotheus geskryf: “Ek besweer jou dan voor God

en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by Sy verskyning en

sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in

alle lankmoedigheid en lering.”DHDA 432.1

Hierdie plegtige opdrag aan iemand wat so ywerig en getrou soos Timotheus was, is

‘n sterk getuienis van die belangrikheid en verantwoordelikheid van die werk van die

evangeliedienaar. Paulus daag Timotheus voor die regterstoel van God en beveel hom om

die woord te verkondig, nie die gesegdes en gewoontes van die mense nie; om gereed te

wees om oral en so dikwels as wat die geleentheid hom voordoen-voor groot gemeentes,

in privaat kringe, langs die pad, voor die kaggel, aan vriende en vyande, hetsy in veiligheid

of blootgestel aan swaarkry, gevaar, verwyte en verlies, vir God te getuig.DHDA 432.2

Uit vrees dat Timotheus se sagte, toegewende geaardheid hom daartoe mag lei dat hy

‘n belangrike deel van sy werk sou vermy, het Paulus hom vermaan om getrou te wees in

die teregwysing van sonde en selfs diegene wat aan growwe sondes skuldig was, skerp te

berispe. Nogtans moes hy dit “...in alle lankmoedigheid en lering...” doen. Hy moes die

292


Die Handelinge van die Apostels

geduld en liefde van Christus openbaar en sy teregwysings deur die waarhede van die

woord verduidelik en afdwing.DHDA 432.3

Dit is moeilik om sonde te haat en tereg te wys en terselfdertyd ontferming en teerheid

vir die sondaar te betoon. Hoe ernstiger ons eie pogings om heiligheid van hart en lewe te

bekom, hoe skerper sal ons persepsie van die sonde wees en hoe meer beslis ons afkeur

van enige afwyking van wat reg is. Ons moet waak teen onnodige strengheid teenoor die

oortreder, maar ons moet ook versigtig wees om nie die uiterse sondigheid van sonde uit

die oog te verloor nie. Dit is noodsaaklik om Christelike geduld en liefde teenoor die

dwalende te betoon, maar daar bestaan ook die gevaar om sulke groot verdraagsaamheid

teenoor sy dwaling aan die dag te lê, dat hy sal dink dat sy teregwysing onverdiend was en

dit as ongevraagd en onregverdig sal verwerp.DHDA 432.4

Evangeliedienaars doen soms groot skade deur toe te laat dat hulle verdraagsaamheid

teenoor die dwalendes ontaard in verdraagsaamheid van sondes en selfs deelname daaraan.

Sodoende word hulle gelei om dit wat God veroordeel te verontskuldig en te versag en na

‘n tyd raak hulle so verblind, dat hulle diegene wat God hulle beveel om te bestraf,

aanbeveel. Hy wat sy geestelike persepsies afgestomp het deur sondige toegeeflikheid

teenoor diegene wat God veroordeel, sal kort voor lank ‘n groter sonde pleeg deur

strengheid en hardvogtigheid teenoor diegene wat God goedkeur.DHDA 433.1

Deur die hoogmoed van menslike wysheid, deur minagting vir die invloed van die

Heilige Gees en deur minagting vir die waarhede van God se Woord, sal baie wat bely dat

hulle Christene is en wat bekwaam voel om ander te leer, gelei word om van die vereistes

van God weg te draai. Paulus het aan Timotheus verklaar: “Daar sal ‘n tyd wees wanneer

hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees,

vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede en die oor sal

afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.”DHDA 433.2

Die apostel verwys nie hier na die openlik nie- godsdienstige nie, maar na die

belydende Christene, wat hierdie neiging hul riglyn maak en sodoende slawe van die eieek

word. Sulke mense is bereid om slegs na leerstellings te luister wat nie hul sondes, of

hul liefde vir plesier bestraf nie. Hulle neem aanstoot aan die duidelike woorde van die

getroue dienaars van Christus en kies leraars wat hulle prys en vlei. En onder die belydende

leraars is daar diegene wat die opinies van mense verkondig, in plaas van die woord van

God. Ontrou aan hul trou, lei hulle diegene wat na hulle opsien vir geestelike leiding, op

‘n dwaalweg.DHDA 433.3

In die voorskrifte van Sy heilige wet, het God aan ons ‘n volmaakte reël vir die lewe

gegee; en Hy het verklaar dat hierdie wet tot aan die einde van die tyd, in elke jota of tittel,

onveranderd sal bly en sy aanspraak op die mensdom sal handhaaf. Christus het gekom om

die wet te verhoog en eerbaar te maak. Hy het getoon dat dit op die breë grondslag van

293


Die Handelinge van die Apostels

liefde vir God en die mens gegrond is en dat gehoorsaamheid aan Sy voorskrifte die hele

plig van die mens is. In Sy eie lewe het Hy ‘n voorbeeld van gehoorsaamheid aan die wet

van God gegee. In die Bergpredikasie het Hy getoon hoe die vereistes daarvan verder strek

as die uiterlike optrede en die gedagtes en voornemens van die hart in ag neem.DHDA

434.1

Die wet, as dit gehoorsaam word, lei daartoe dat mense “...die goddeloosheid en

wêreldse begeerlikhede verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld

te lewe.” (Titus 2:12). Maar die vyand van alle geregtigheid het die wêreld gevange geneem

en manne en vroue daartoe gelei om aan die wet ongehoorsaam te wees. Soos Paulus

vooruitgesien het, het menigtes hulle afgewend van die duidelike, deurvorsende waarhede

van God se Woord en vir hulle leraars gekies wat die fabels wat hulle begeer aan hulle

voorhou. Baie onder beide predikante en lidmate, vertrap die gebooie van God onder hulle

voete. So word die Skepper van die wêreld beledig en Satan lag triomfantelik oor die sukses

van sy planne.DHDA 434.2

Met die toename in die minagting van die wet van God, is daar ‘n toenemende afkeer

van godsdiens, ‘n toename in trots, liefde vir plesier, ongehoorsaamheid aan ouers en

selfbevrediging; en denkende siele oral vra angstig: Wat kan gedoen word om hierdie

kommerwekkende euwels reg te stel? Die antwoord word gevind in Paulus se vermaning

aan Timotheus: “Verkondig die woord.” In die Bybel word die enigste veilige beginsels

van optrede gevind. Dit is ‘n transkripsie van die wil van God, ‘n uitdrukking van

Goddelike wysheid. Dit open vir die mens se begrip, die groot probleme van die lewe en

vir almal wat die voorskrifte daarvan gehoorsaam, sal dit ‘n onfeilbare gids wees wat hulle

daarvan sal weerhou om hul lewens op dwaalweë te verkwis.DHDA 434.3

God het Sy wil bekend gemaak en dis dwaasheid vir ‘n mens om wat oor Sy lippe

uitgegaan het te bevraagteken. Nadat Oneindige Wysheid gepraat het, kan daar geen

twyfelvrae wees vir die mens om te besleg nie, geen twyfelende moontlikhede om aan te

pas nie. Al wat van hom verlang word, is openhartige, ernstige instemming met die

uitgesproke wil van God. Gehoorsaamheid is die hoogste voorskrif van die rede, sowel as

die gewete.DHDA 435.1

Paulus het sy vermaning voortgesit: “Wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die

werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.” Paulus het op die punt gestaan om sy weg te

voltooi en hy wou hê dat Timotheus sy plek moes inneem en die kerk bewaar teen die

fabels en ketterye waardeur die vyand op verskillende maniere sou probeer om hulle van

die eenvoud van die evangelie weg te lei. Hy het hom vermaan om alle tydelike strewes en

strikke, wat sou verhinder dat hy homself geheel en al aan sy werk vir God wy te vermy;

om met blymoedigheid die teenstand, verwyt en vervolging te verduur waaraan sy

getrouheid hom sou blootstel; om volledige bewys van sy bediening te lewer, deur elke

294


Die Handelinge van die Apostels

middel binne sy bereik aan te wend om goed te doen aan diegene vir wie Christus gesterf

het.DHDA 435.2

Paulus se lewe was ‘n voorbeeld van die waarhede wat hy verkondig het en hierin het

sy krag gelê. Sy hart was gevul met ‘n diep, blywende besef van sy verantwoordelikheid

en hy het in noue gemeenskap met Hom gewerk, wat die Bron van geregtigheid,

barmhartigheid en waarheid is. Hy het aan die kruis van Christus as sy enigste waarborg

vir sukses vasgehou. Die liefde van die Verlosser was die onverganklike dryfveer wat hom

in sy konflik met die self en sy stryd teen die bose ondersteun het, terwyl hy in die diens

van Christus teen die onvriendelikheid van die wêreld en die teenstand van sy vyande

vorentoe gebeur het.DHDA 435.3

Wat die kerk in hierdie gevaarlike tyd nodig het, is ‘n leërmag van werkers wat, soos

Paulus, hulself opgelei het tot bruikbaarheid, wat ‘n diep ervaring van die dinge van God

het en wat met erns en ywer gevul is. Geheiligde, selfverloënende mense is nodig; mense

wat nie van beproewinge en verantwoordelikhede sal terugdeins nie; mense wat dapper en

opreg is; mense in wie se harte Christus gestalte gekry het as die “...hoop van die

heerlikheid...” en wat, nadat hulle lippe met ‘n heilige kool uit die vuur aangeraak is, die

“...woord...” sal “...verkondig.” By gebrek aan sulke werkers, kwyn die saak van God en

noodlottige dwalinge, soos ‘n dodelike gif, besmet die sedes en verwoes die hoop van ‘n

groot deel van die mensdom.DHDA 436.1

Terwyl die getroue, vermoeide vaandeldraers hulle lewens ter wille van die waarheid

opoffer, wie sal na vore tree om hulle plek in te neem? Sal ons jongmanne die heilige pand

uit die hande van hulle vaders aanvaar? Berei hulle hulself voor om die leemtes te vul wat

deur die dood van die getroues geskep word? Sal daar gehoor aan die apostel se opdrag

gegee word, die oproep tot diensplig gehoor word, te midde van al die aanhitsings tot

selfsug en ambisie wat die jeug lok?DHDA 436.2

Paulus het sy brief afgesluit met persoonlike boodskappe aan verskeie persone en

opnuut die dringende versoek herhaal dat Timotheus spoedig na hom toe moes kom, indien

moontlik nog voor die winter. Hy het van sy eensaamheid wat veroorsaak is deur die

verlating van sommige van sy vriende vertel en die noodsaaklike afwesigheid van ander;

en sodat Timotheus nie sou huiwer uit vrees dat die gemeente in Éfese sy hulp nodig gehad

het nie, het Paulus gesê dat hy Tichikus reeds gestuur het om die gaping te vul.DHDA

436.3

Nadat Paulus melding gemaak het van sy verhoor voor Nero, van die verlating van sy

broeders en die volgehoue genade van ‘n Verbondsgod, het hy sy brief afgesluit deur sy

geliefde Timotheus aan die voogdyskap van die Opperherder op te dra, wat, hoewel die

onderherders miskien neergevel sou word, nog vir Sy kudde sou sorg.DHDA 437.1

295


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 50—Ter Dood Veroordeel

Tydens Paulus se laaste verhoor voor Nero was die keiser so sterk beïndruk deur die

krag van die woorde van die apostel, dat hy die beslissing in die saak uitgestel het en die

beskuldigde dienaar van God nie vrygespreek of skuldig bevind het nie. Maar die

kwaadwilligheid van die keiser teen Paulus het gou weer teruggekeer. Gefrustreerd omdat

hy die verspreiding van die Christelike godsdiens, selfs nie in sy eie huis kon keer nie, het

hy besluit dat die apostel, sodra ‘n aanneemlike voorwendsel gevind kon word doodgemaak

moes word. Nie lank daarna nie, het Nero die beslissing uitgespreek wat Paulus tot ‘n

marteldood veroordeel het. Aangesien ‘n Romeinse burger nie aan marteling onderwerp

kon word nie, is hy gevonnis om onthoof te word.DHDA 438.1

Paulus is in privaatheid na die plek van teregstelling geneem. Min toeskouers was

toegelaat om by hom te wees, want sy vervolgers wat die mate van invloed wat hy

uitgeoefen het gevrees het, was bang dat bekeerlinge deur die tonele van sy dood gewen

sou kon word. Maar selfs die geharde soldate wat hom bewaak het, het na sy woorde

geluister en hom met verbasing opgeruimd en selfs blymoedig in die vooruitsig van die

dood gesien. Vir sommige wat sy marteldood aanskou het, was die gees van vergifnis

teenoor sy moordenaars en sy onwrikbare vertroue in Christus tot die laaste, ‘n geur van

lewe tot lewe. Meer as een het die Verlosser wat Paulus verkondig het, aangeneem en het

daarna hulle geloof vreesloos met hulle bloed verseël.DHDA 438.2

Tot met sy laaste uur het die lewe van Paulus van die waarheid van sy woorde aan die

Korinthiërs getuig: “God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn-dit is Hy wat in

ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God

in die aangesig van Jesus Christus. Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die

voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie. In alles word ons

verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; vervolg,

maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. Gedurig dra ons die doding van

die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar

kan word.” (2 Korinthiërs 4:6-10). Sy genoegsaamheid was nie in homself nie, maar in die

teenwoordigheid en bemiddeling van die Goddelike Gees wat sy siel gevul het en elke

gedagte aan die wil van Christus onderwerp het. Die profeet verklaar: “U sal ‘n

standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.” (Jesaja 26:3). Die

hemel-gebore vrede wat op die aangesig van Paulus geskyn het, het menige siel vir die

evangelie gewen.DHDA 438.3

Paulus het die atmosfeer van die hemel saam met hom gedra. Almal wat met hom

omgegaan het, het die invloed van sy verbintenis met Christus gevoel. Die feit dat sy eie

lewe ‘n voorbeeld van die waarheid wat hy verkondig het was, het oortuigende krag aan sy

prediking verleen. Hierin lê die krag van die waarheid. Die ongekunstelde, onbewuste

invloed van ‘n heilige lewe is die mees oortuigendste preek wat ten gunste van die

296


Die Handelinge van die Apostels

Christendom gelewer kan word. Selfs al is dit onweerlegbaar kan ‘n argument teëstand

uitlok; maar ‘n Goddelike voorbeeld het ‘n krag wat geheel en al onmoontlik is om te

weerstaan.DHDA 439.1

Die apostel het sy naderende lyding in sy kommer oor diegene wat hy sou agterlaat

om vooroordeel, haat en vervolging die hoof te bied, uit die oog verloor. Hy het probeer

om die paar Christene wat hom na die plek van teregstelling vergesel het te versterk en

bemoedig, deur die beloftes wat vir diegene gegee is wat ter wille van die geregtigheid

vervolg word, te herhaal. Hy het hulle verseker dat niks wat die Here oor Sy beproefde en

getroue kinders gespreek het, sou misluk nie. Hulle mag vir ‘n kort tyd swaarkry onder

veelvuldige versoekings; hulle mag miskien gebrek aan aardse geriewe hê; maar hulle kon

harte bemoedig met die versekering van die getrouheid van God, deur te sê: “Ek weet in

wie ek geglo het en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot die dag toe.”

(2 Timotheus 1:12). Die nag van beproewing en lyding sou spoedig ten einde loop en dan

sou die blye oggend van vrede en perfekte dag aanbreek.DHDA 439.2

Die apostel het nie met onsekerheid of vrees na die verre toekoms gekyk nie, maar

met blye hoop en verlangende verwagting. Terwyl hy op die plek van teregstelling gestaan

het, het hy nie die swaard van die laksman of die aarde wat spoedig sy bloed sou opeis

gesien nie; hy het deur die kalm blou hemel van daardie somersdag na die troon van die

Ewige opgekyk.DHDA 440.1

Hierdie man van geloof het die leer van Jakob se visioen, wat Christus voorstel

aanskou, wat die hemel met die aarde en die sterflike mens met die oneindige God verbind

het. Sy geloof was versterk toe hy in herinnering geroep het hoe patriarge en profete op die

Een wat sy steun en vertroosting is vertrou het en vir wie hy sy lewe gegee het. Van hierdie

heilige manne wat van eeu tot eeu vir hul geloof getuig het, het hy die versekering gehoor

dat God waaragtig is. Sy mede-apostels wat, om die evangelie van Christus te verkondig,

uitgegaan het om godsdienstige dweepsug en heidense bygelowe, vervolging en minagting

tegemoet te gaan, wat hul lewens nie vir hulself dierbaar geag het nie, maar om die lig van

die kruis, te midde van die donker doolhowe van ongeloof omhoog te hou-hulle het hy

gehoor getuig dat Jesus die Seun van God, die Verlosser van die wêreld is. Van die rekbank,

die brandstapel, die kerker, uit die spelonke en grotte van die aarde, het hy die

martelaarskreet van triomf gehoor. Hy het die getuienis van standvastige siele gehoor wat,

hoewel hulle behoeftig, verdruk en gemartel was, nogtans vreesloos en plegtig vir hulle

geloof getuig het en gesê het: “Ek weet in wie ek geglo het.” Hierdie mense, deur hulle

lewens ter wille van die geloof op te offer, verklaar aan die wêreld dat Hy op wie hulle

vertrou het, in staat is om tot die uiterste te red.DHDA 440.2

Paulus wat deur die offer van Christus losgekoop, skoongewas van die sonde in Sy

bloed en met Sy geregtigheid beklee is, het die getuienis in homself dat sy siel kosbaar in

die oë van sy Verlosser is. Sy lewe is saam met Christus in God geborge en hy was daarvan

297


Die Handelinge van die Apostels

oortuig dat Hy wat die dood oorwin het, in staat was om die pand wat aan hom toevertrou

is, te bewaar. Sy gedagtes het die belofte van die Heiland aangegryp: “Ek sal hom opwek

in die laaste dag.” (Johannes 6:40). Sy gedagtes en hoop was op die wederkoms van Sy

Here gevestig. En terwyl die swaard van die laksman geval en die skaduwees van die dood

die martelaar omvou het, het sy laaste gedagte, net soos sy eerste vooruitgegaan in die groot

ontwaking, om die Lewegewer te ontmoet wat hom in die vreugde van die verlostes sal

verwelkom.DHDA 441.1

Byna twintig eeue het verloop sedert die bejaarde Paulus sy bloed as ‘n getuienis vir

die Woord van God en die getuienis van Jesus Christus uitgestort het. Geen getroue hand

het vir die komende geslagte die laaste tonele in die lewe van hierdie heilige man opgeteken

nie, maar deur Ingewing is sy sterwende getuienis vir ons bewaar. Soos ‘n trompetgeskal

het sy stem sedertdien deur die eeue heen opgeklink en met sy eie moed duisende getuies

vir Christus bemoedig en in duisende bedroefde harte die weerklank van sy eie

triomfantlike vreugde opgewek: “Ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet en die tyd van

my heengaan is naby. Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het

die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here,

die regverdige Regter, my in die dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal

wat sy verskyning liefgehad het.” (2 Timotheus 4:6¬8.DHDA 441.2

298


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 51—’n Getroue Onderherder*

In die boek Handelinge, word daar weinig melding gemaak van die latere werk van

die apostel Petrus. Gedurende die besige jare van sy bediening wat gevolg het op die

uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag, was hy een van diegene wat onvermoeide

pogings aangewend het om die Jode wat tydens die jaarlikse feeste na Jerusalem gekom

het om te aanbid, te bereik.DHDA 442.1

Namate die aantal gelowiges in Jerusalem en op ander plekke wat deur die

boodskappers van die kruis besoek was toegeneem het, was die talente wat Petrus besit het

van onskatbare waarde vir die vroeë Christelike kerk. Die invloed van sy getuienis

aangaande Jesus van Nasaret, het wyd en syd gestrek. Daar was ‘n dubbele

verantwoordelikheid op hom gelê. Hy het ‘n positiewe getuienis aangaande die Messias

voor ongelowiges gelewer en ernstig vir hul bekering gewerk; en terselfdertyd het hy ‘n

besondere werk vir die gelowiges verrig om hul geloof in Christus te versterk.DHDA 442.2

Dit was nadat Petrus gelei was tot selfverloëning en volle vertroue in Goddelike mag,

dat hy sy oproep om as onderherder op te tree ontvang het. Christus het, voordat hy Hom

verloën het, aan Petrus gesê: “As jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.”

(Lukas 22:32). Hierdie woorde was tekenend van die omvangryke en effektiewe werk wat

hierdie apostel in die toekoms vir diegene wat tot die geloof sou kom, sou doen. Petrus se

eie belewenis van sonde, lyding en berou het hom vir hierdie werk voorberei. Eers nadat

hy sy swakheid leer ken het, kon hy die gelowige se behoefte aan afhanklikheid van

Christus besef. Te midde van die storm van versoeking het hy besef dat die mens slegs in

veiligheid kan wandel wanneer hy algehele wantroue in homself het en volkome op die

Verlosser vertrou.DHDA 442.3

By die laaste ontmoeting van Christus met Sy dissipels by die see, het Hy Petrus

getoets deur die vraag driemaal te herhaal: “Het jy My lief?” (Johannes 21:15-17) en is hy

in sy plek onder die twaalf herstel. Sy werk is aan hom toegewys; hy moes die kudde van

die Here voed. En noudat hy tot bekering gekom het en aanvaar is, moes hy nie net streef

om diegene buite die kudde te red nie, maar hy moes ook ‘n herder van die skape

wees.DHDA 443.1

Christus het net een diensvoorwaarde aan Petrus gestel: “Het jy My lief?” Dit is die

wesenlike kwalifikasie. Al het Petrus alle ander kwalifikasies besit, kon hy nogtans nie

sonder die liefde vir Christus ‘n getroue herder van die kudde van God wees nie. Kennis,

welwillendheid, welsprekendheid, ywer-alles is noodsaaklik in die goeie werk; maar

sonder die liefde van Christus in die hart is die werk van ‘n prediker ‘n mislukking.DHDA

443.2

Die liefde van Christus is nie ‘n onbestendige gevoel nie, maar ‘n lewende beginsel

wat as ‘n blywende krag in die hart geopenbaar moet word. Indien die karakter en optrede

299


Die Handelinge van die Apostels

van die herder ‘n voorbeeld van die waarheid wat hy voorstaan is, sal die Here die seël van

Sy goedkeuring op sy werk afdruk. Die herder en die kudde sal een word, verenig in hul

gemeenskaplike hoop in Christus.DHDA 443.3

Die manier waarop die Redder Petrus hanteer het, het ‘n les vir hom en sy broeders

ingehou. Alhoewel Petrus sy Here verloën het, het die liefde wat Jesus vir Hom gehad het,

nooit gewankel nie. En soos die apostel moes begin met die werk om ander te dien, moes

hy die oortreder met geduld, medelye en vergewensgesinde liefde hanteer. Gedagtig aan

sy eie swakheid en mislukking, moes hy die skape en lammers wat aan sy sorg toevertrou

is, met net soveel deernis behandel as wat Christus hom behandel het.DHDA 443.4

Mense wat self aan die sonde oorgegee is, is geneig om hardhandig op te tree teenoor

diegene wat versoek is en gedwaal het. Hulle kan die hart nie lees nie; hulle is onbekend

met sy worsteling en pyn. Hulle moet nog leer van teregwysing met liefde, die hou wat

verwond om te genees, of die waarskuwing wat hoop uitspreek.DHDA 444.1

Regdeur sy bediening, het Petrus getrou oor die kudde wat aan sy sorg toevertrou is

gewaak en sodoende bewys dat hy getrou was aan die opdrag wat die Heiland aan hom

gegee het en die verantwoordelikheid waardig was. Hy het Jesus van Nasaret altyd as die

Hoop van Israel, die Verlosser van die mensdom, verhef. Hy het sy eie lewe aan die

dissipline van die Meesterwerker onderwerp. Hy het met alle middele tot sy beskikking

gepoog om die gelowiges vir aktiewe diens op te lei. Sy godvrugtige voorbeeld en

onvermoeide aktiwiteit het baie belowende jongmanne geïnspireer om hulself volkome aan

die werk van die bediening oor te gee. Met verloop van tyd het die apostel se invloed as

opvoeder en leier toegeneem; en hoewel hy nooit sy las versaak het om veral vir die Jode

te werk nie, het hy sy getuienis na baie lande geneem en die geloof van menigtes in die

evangelie versterk.DHDA 444.2

In die latere jare van sy bediening, is Petrus geïnspireer om aan die gelowiges “...van

die verstrooiing in Pontus, Galasië, Kappadocië, Asië en Bithinië...” te skryf. Sy briewe

het gedien om die moed van diegene wat beproewing en verdrukking verduur het, te laat

herleef en hulle geloof te versterk en om diegene wat weens menigvuldige versoekings

gevaar geloop het om hulle houvas op God te verloor, weer tot goeie werke aan te spoor.

Dit blyk dat hierdie briewe deur iemand geskryf is in wie die lyding van Christus en ook

Sy vertroosting oorvloedig geword het; iemand wie se hele wese deur genade verander is

en wie se hoop op die ewige lewe seker en standvastig was.DHDA 444.3

Heel aan die begin van sy eerste brief het die bejaarde dienaar van God aan sy Here

‘n eerbetoon van lof en danksegging toegeskryf. Hy het verklaar: “Geseënd is die God en

Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte

geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat

ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele

300


Die Handelinge van die Apostels

bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid

wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.”DHDA 444.4

In hierdie hoop van die seker erfnis op die aarde wat nuut gemaak is, het die vroeë

Christene hulle verbly, selfs in tye van strawwe beproewing en verdrukking. Petrus het

geskryf: “Daarin verheug julle jul, al word julle nou-as dit nodig is-’n kort tydjie bedroef

onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie

kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof

en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; vir wie julle, al het julle Hom

nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie ... julle verbly met ‘n

onuitspreeklike en heerlike blydskap en die einddoel van julle geloof, die saligheid van

julle siele, verkry.”DHDA 445.1

Die woorde van die apostel is geskryf vir die onderrig van gelowiges in elke eeu en

dit het besondere betekenis vir diegene wat in die tyd leef wanneer “...die einde van alle

dinge ... naby...” is. Sy vermanings en waarskuwings en sy woorde van geloof en moed is

nodig vir elke siel wat sy vertroue “...tot die einde toe onwrikbaar vashou.” (Hebreërs

3:14).DHDA 445.2

Die apostel het probeer om die gelowiges te leer hoe belangrik dit is om te verhoed

dat die gedagtes na verbode temas dwaal, of om hul kragte met beuselagtighede te verkwis.

Diegene wat nie ‘n prooi van Satan wil word nie, moet die gange van die siel goed bewaak;

hulle moet vermy om dinge te lees, te sien, of te hoor wat onrein gedagtes sal voorstel. Die

gedagtes moet nie toegelaat word om na willekeur aan elke onderwerp wat die vyand van

die siel miskien voorstel te dink nie. Die hart moet getrou bewaak word, anders sal uiterlike

euwels, innerlike euwels wek en die siel sal in duisternis dwaal. Petrus het geskryf:

“Omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat

julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. Soos gehoorsame kinders moet julle

nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het

nie. Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel

heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.”DHDA 445.3

“Wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap; omdat julle weet

dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele

lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van

Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die

grondlegging van ‘n Getroue Onderherder die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar

is om julle ontwil, julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom

heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.”DHDA 446.1

Indien silwer en goud voldoende was om die redding van mense te bekom, hoe maklik

sou dit kon geskied deur Hom wat gesê het: “Aan My behoort die silwer en aan My die

301


Die Handelinge van die Apostels

goud.” (Haggai 2:8). Maar slegs deur die kosbare bloed van die Seun van God kon die

oortreder verlos word. Die verlossingsplan is in opoffering vasgelê. Die apostel Paulus het

geskryf: “Julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was,

ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur Sy armoede ryk kan word.” (2

Korinthiërs 8:9). Christus het Homself vir ons gegee om ons van alle ongeregtigheid te

verlos en as die kroon van seën, “...die genadegawe van God ... die ewige lewe in Christus

Jesus, onse Here.” (Romeine 6:23).DHDA 446.2

Petrus skryf verder: “As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die

Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein

hart.” Die Woord van God-die waarheid-is die kanaal waardeur die Here Sy Gees en krag

openbaar. Gehoorsaamheid aan die woord lewer die gehalte van vrugte wat vereis word,

naamlik “...ongeveinsde broederliefde.” Hierdie liefde is in die hemel gebore lei tot hoë

beweegredes en onbaatsugtige dade.DHDA 447.1

Wanneer die waarheid ‘n blywende lewensbeginsel word, word die siel

“...wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende

woord van God wat tot in ewigheid bly.” Hierdie wedergeboorte is die gevolg van die

aanneming van Christus as die Woord van God. Wanneer Goddelike waarhede deur die

Heilige Gees op die gemoed afgedruk word, ontstaan daar nuwe begrippe en word die

kragte wat voorheen rustend was, opgewek om met God saam te werk.DHDA 447.2

So was dit ook met Petrus en sy mededissipels. Christus was die openbaarder van die

waarheid aan die wêreld. Deur Hom is die onverganklike saad-die Woord van God-in die

harte van mense gesaai. Maar baie van die kosbaarste lesse van die Groot Leermeester, is

aan persone vertel wat dit toe nie verstaan het nie. Toe die Heilige Gees die dissipels aan

Sy leer na die Hemelvaart herinner het, het hulle sluimerende sintuie ontwaak. Die

betekenis van hierdie waarhede het deur hul gedagtes geflits, soos ‘n nuwe openbaring die

suiwer en onvervalste waarheid plek vir homself gemaak het. Toe het die heerlike

belewenis van Sy lewe hulle eie geword. Die Woord het deur hulle, die manne wat Hy

aangestel het, getuig en hulle het die magtige waarheid verkondig: “Die Woord het vlees

geword en het onder ons gewoon ... vol van genade en waarheid ... En uit sy volheid het

ons almal ontvang, ja, genade op genade.” (Johannes 1:14,16).DHDA 447.3

Die apostel het die gelowiges vermaan om die Skrif te bestudeer, sodat, deur ‘n

behoorlike begrip daarvan vir hulle die werk van die ewigheid kon verseker. Petrus het

besef dat in die ervaring van elke siel wat uiteindelik oorwin, daar tonele van verwarring

en beproewing sou wees; maar hy het ook geweet dat ‘n begrip van die Skrif die een wat

in versoeking verkeer, in staat sou stel om beloftes te onthou wat die hart sou vertroos en

geloof in die Almagtige sou versterk.DHDA 447.4

302


Die Handelinge van die Apostels

Hy het verklaar: “Alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n

blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot

in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is. Lê dan af alle boosheid en alle

bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; en verlang sterk soos pasgebore

kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, as julle

ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is.”DHDA 448.1

Baie van die gelowiges aan wie Petrus sy briewe gerig het, het te midde van die

heidene gewoon en baie het daarvan afgehang dat hulle aan die hoë roeping van hul beroep

getrou bly. Die apostel het hulle aandag op hulle voorregte as volgelinge van Jesus Christus

gevestig. Hy het geskryf: “Julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n

heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit

die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar

nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys

is.”DHDA 448.2

“Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van

vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; en hou julle lewenswandel onder die

heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op

grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van

besoeking.”DHDA 448.3

Die apostel het die houding wat gelowiges teenoor die owerhede moet handhaaf,

duidelik uiteengesit: “Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van

die Here-of dit die koning as opperheer, of die goewerneurs as sy gesante, om wel

kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen te prys. Want so is dit die wil van God dat

julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring, as vrymense

en nie asof julle die vryheid het as ‘n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte

van God. Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.”DHDA

449.1

Diensknegte is aangeraai om hul meesters onderdanig te wees “...met alle vrees, nie

alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is. Want...” het

die apostel verduidelik, “...dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed

verdra deur onregverdig te ly. Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde

doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly-dit is genade by

God. Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n

voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg. Hy wat geen sonde gedoen

het nie en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug

uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat

regverdig oordeel; wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons

die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

303


Die Handelinge van die Apostels

Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en

Opsiener van julle siele.”DHDA 449.2

Die apostel het die vroue in die geloof vermaan om kuis te wees in gesprekke en

beskeie in kleredrag en gedrag. “Julle versiering...” het hy aangeraai, ...“moet nie uiterlik

wees nie; haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge

mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat

baie kosbaar is voor God.”DHDA 449.3

Hierdie les geld vir gelowiges in elke eeu. “So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.”

(Mattheus 7:20). Die innerlike versiering van ‘n sagmoedige en stil gees, is van onskatbare

waarde. In die lewe van die ware Christen is die uiterlike versiering altyd in harmonie met

die inwendige vrede en heiligheid. Christus het gesê: “As iemand agter My aan wil kom,

moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” (Mattheus 16:24).

Selfverloëning en opoffering sal die lewe van die Christen kenmerk. ‘n Bewys dat die

smaak bekeerd is, sal in die kleredrag van almal wat op die weg wandel wat vir die verlostes

van die Here gemaak is gesien word.DHDA 450.1

Dit is reg om lief te wees vir skoonheid en dit te begeer; maar God wil dat ons eers

die hoogste skoonheid, die onverganklike moet liefhê en nastreef. Geen uiterlike versiering

kan in waarde of lieflikheid vergelyk word met ‘n “...sagmoedige en stille gees...” die

“...wit en fyn rein linne...” (Openbaring 19:14) wat al die heiliges van die aarde sal dra nie.

Hierdie klere sal hulle hier mooi en geliefd maak en hierna hul kenteken vir toegang tot die

paleis van die Koning wees. Sy belofte is: “Hulle sal saam met My in wit klere wandel,

omdat hulle dit waardig is.” (Openbaring 3:4).DHDA 450.2

Terwyl hy met profetiese visie vooruitgesien het na die gevaarlike tye wat die

Christelike kerk sou betree, het die apostel die gelowiges vermaan om standvastig te bly te

midde van verdrukking en lyding. Hy het geskryf: “Geliefdes, verbaas julle nie oor die

vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien... ” nie.DHDA 450.3

Beproewing is deel van die opvoeding wat in die skool van Christus gegee word om

God se kinders te suiwer van die onreinheid van aardsgesindheid. Dit is omdat God Sy

kinders lei, dat hulle beproewende ervarings beleef. Beproewing en struikelblokke is Sy

gekose metode van dissiplinering en Sy vasgestelde voorwaardes vir sukses. Hy wat die

harte van mense lees, ken hulle swakhede beter as wat hulle dit self ken. Hy sien dat

sommige bekwaamhede het wat, indien dit reg aangewend word, tot bevordering van Sy

werk gebruik kan word. In Sy voorsienigheid lei Hy hierdie siele in verskillende toestande

en omstandighede sodat hulle die gebreke waarvan hulle onbewus is, kan ontdek. Hy gee

aan hulle die geleentheid om hierdie gebreke te oorkom en hulself vir diens te bekwaam.

Dikwels laat Hy toe dat die vure van ellende brand sodat hulle gereinig kan word.DHDA

450.4

304


Die Handelinge van die Apostels

God se sorg vir Sy erfenis is onophoudelik. Hy laat geen beproewing oor Sy kinders

kom nie, behalwe dit wat noodsaaklik is vir hul huidige en ewige beswil. Hy sal Sy kerk

reinig net soos Hy die tempel gedurende Sy bediening op aarde gereinig het. Alles wat Hy

oor Sy volk by wyse van toets en beproewing bring, is sodat hulle dieper vroomheid en

groter krag mag verkry om die oorwinning van die kruis voort te dra.DHDA 451.1

Daar was ‘n tyd in Petrus se ervaring toe hy nie die kruis in die werk van Christus wou

sien nie. Toe die Verlosser Sy dreigende lyding en dood aan die dissipels bekend gemaak

het, het Petrus uitgeroep: “Here, dit sal U nooit oorkom nie!” (Mattheus 16:22).

Selfbejammering wat weggekrimp het van gemeenskap met Christus in Sy lyding, het

Petrus se beswaar uitgelok. Dit was vir die dissipel ‘n bittere les, wat hy maar stadig geleer

het, dat die weg van Christus op aarde deur sielsangs en vernedering moes gaan. Maar in

die hitte van die brandende vuuroond moes hy die les daarvan leer. Nou, terwyl sy liggaam,

wat voorheen so aktief was, met die las van die jare en arbeid neergebuig was, kon hy

skryf: “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot

julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap

het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van

Sy heerlikheid met blydskap kan jubel.”DHDA 451.2

Die apostel spreek die ouderlinge aan oor hul verantwoordelikhede as onderherders

van die kudde van Christus en skryf: “Hou as herders toesig oor die kudde van God wat

onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met

bereidwilligheid; ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.

En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid

ontvang.”DHDA 452.1

Diegene wat die posisie van onderherders inneem, moet naarstiglik oor die kudde van

die Here waak. Dit moet nie ‘n oorheersende waaksaamheid wees nie, maar geneig om te

bemoedig, te versterk en op te hef. Bediening beteken meer as om te preek; dit beteken

ernstige, persoonlike arbeid. Die kerk op aarde is saamgestel uit dwalende manne en vroue

wat geduldige, noukeurige inspanning nodig het om opgelei en gedissiplineer te word om

in hierdie lewe met aanvaarding te werk en in die toekomstige lewe met heerlikheid en

onsterflikheid bekroon te word. Pastore is nodig-getroue herders-wat God se volk nie sal

vlei of hardvogtig behandel nie, maar wat hulle met die brood van die lewe sal voed-manne

wat daagliks die bekerende krag van die Heilige Gees ervaar en ‘n sterk, onselfsugtige

liefde vir diegene vir wie hulle werk, koester.DHDA 452.2

Daar is ‘n taktvolle werk vir die onderherder om te doen wanneer hy geroep word om

vervreemding, bitterheid, afguns en jaloesie in die kerk te bestry en hy sal in die gees van

Christus moet werk om sake reg te stel. Daar moet getrou gewaarsku word, sonde moet

tereggewys word, dit wat verkeerd is moet reggestel word, nie slegs deur die werk van die

leraar op die kansel nie, maar deur persoonlike arbeid. Die eiesinnige hart mag aanstoot

305


Die Handelinge van die Apostels

neem aan die boodskap en die dienaar van God kan verkeerd verstaan en gekritiseer word.

Laat hy dan onthou “...die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik,

geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. En die vrug van

die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.” (Jakobus 3:17,18).DHDA

452.3

Dit is die werk van die evangeliedienaar om “...vir almal aan die lig te bring wat die

gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God.” (Efesiërs

3:9). As iemand wat tot hierdie werk toetree die deel kies wat die minste selfopoffering

vereis, homself tevrede stel met prediking en die werk van persoonlike bediening aan

iemand anders oorlaat, sal sy arbeid nie vir God aanvaarbaar wees nie. Siele vir wie

Christus gesterf het, vergaan weens gebrek aan goed gerigte persoonlike arbeid; en hy wat

tot die bediening toetree en ongewillig is om die persoonlike werk te doen wat die

versorging van die kudde vereis, het sy roeping misgeloop.DHDA 453.1

Die gees van die ware herder is ‘n gees van selfverloëning. Hy verloor die self uit die

oog sodat hy die werke van God kan verrig. Deur die verkondiging van die woord en deur

persoonlike bediening in die huise van mense, leer hy hul behoeftes, hul smarte en hul

beproewinge ken; en in samewerking met die groot Lasdraer, deel hy in hulle verdrukking,

vertroos hulle in hul nood, verlig hul sielehonger en wen hulle harte vir God. In hierdie

werk word die predikant deur die engele van die hemel vergesel en hy word self onderrig

en verlig in die waarheid wat wys maak tot redding.DHDA 453.2

Ten opsigte van sy opdrag aan diegene in vertroulike posisies in die kerk, het die

apostel ‘n paar algemene beginsels uiteengesit wat deur almal wat met die kerkgenootskap

verband hou, gevolg moes word. Die jonger lede van die kudde is vermaan om die

voorbeeld van ouer manne te volg in die beoefening van Christelike nederigheid. “Net so

moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed

in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die

nederiges gee Hy genade. Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy

julle kan verhoog op die regte tyd. Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir

julle. Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n

brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die

geloof.”DHDA 453.3

So het Petrus aan die gelowiges geskryf in ‘n tyd toe die kerk in besondere beproewing

verkeer het. Baie het reeds deel aan Christus se lyding gehad en binnekort sou die kerk ‘n

tydperk van ontsettende vervolging beleef. Binne enkele kort jare, sou baie van diegene

wat as leraars en leiers in die kerk gedien het, hul lewens vir die evangelie neerlê. Spoedig

sou wrede wolwe inkom en die kudde nie ontsien nie. Maar niemand wat sy hoop op

Christus gevestig het, sou hierdeur ontmoedig word nie. Met woorde van bemoediging het

Petrus die gedagtes van die gelowiges weg van hul huidige beproewings en toekomstige

306


Die Handelinge van die Apostels

tonele van lyding gerig na “...’n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis ...

Mag die God van alle genade self...” so het hy vurig gebid, “...wat ons geroep het tot Sy

ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig,

versterk en grondves! Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

Amen.”DHDA 454.1

307


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 52—Standvastig tot die Einde*

In die tweede brief wat Petrus aan diegene gerig het wat “...net so ‘n kosbare geloof...”

as hy verkry het, sit Petrus die Goddelike plan vir die ontwikkeling van die Christelike

karakter uiteen. Hy skryf:DHDA 455.1

“Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus,

onse Here! Immers, Sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug

dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur

Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan

word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur

begeerlikheid in die wêreld is.”DHDA 455.2

“En juis daarom moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die

deug en by die deug die kennis en by die kennis die selfbeheersing en by die selfbeheersing

die lydsaamheid en by die lydsaamheid die godsvrug en by die godsvrug die broederliefde

en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en

toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus

Christus nie.”DHDA 455.3

Hierdie woorde is vol onderwysing en tref die kern van die oorwinning. Die apostel

stel die leer van Christelike vooruitgang voor, waarvan elke trap die vooruitgang in die

kennis van God is en dat daar geen stilstand in die bestyging van die leer moet wees nie.

Geloof, deugsaamheid, kennis, selfbeheersing, geduld, godsaligheid, broederlike

goedhartigheid en liefdadigheid, die sporte van die leer verteenwoordig. Ons word gered

deur trap vir trap te klim, totdat ons die hoogte van Christus se ideaal vir ons bereik het. So

word Hy wysheid, geregtigheid, heiligmaking en verlossing vir ons gemaak.DHDA 455.4

God het Sy volk tot heerlikheid en deug geroep en dit sal sigbaar wees in die lewens

van almal wat werklik aan Hom gebonde is. Nadat hulle die hemelse gawe deelagtig

geword het, moet hulle aanbeweeg tot volmaaktheid “...deur die geloof tot saligheid...” te

bewaar. (1 Petrus 1:5). Dit is die glorie van God om Sy deug aan Sy kinders te skenk. Hy

verlang om te sien dat manne en vroue die hoogste vlak bereik; en wanneer hulle deur

geloof die krag van Christus aangryp, wanneer hulle Sy onfeilbare beloftes bepleit en dit

vir hulself opeis; wanneer hulle met ‘n dringendheid wat nie ontken kan word nie, na die

krag van die Heilige Gees strewe, sal hulle volkome in Hom gemaak word.DHDA 456.1

Nadat die geloof van die evangelie ontvang is, is die volgende werk van die gelowige

om deug by sy karakter te voeg en sodoende die hart te reinig en die denke vir die ontvangs

van die kennis van God voor te berei. Hierdie kennis is die grondslag van ware onderrig en

ware diens. Dit is die enigste ware beskerming teen versoeking; en dit alleen kan die mens

soos God in karakter maak. Deur die kennis van God en van Sy Seun Jesus Christus word

aan die gelowige “...alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien.” Geen goeie gawe

308


Die Handelinge van die Apostels

word van hom wat opreg begeer om die geregtigheid van God te verkry weerhou

nie.DHDA 456.2

Christus het gesê: “Dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God

en Jesus Christus wat U gestuur het.” (Johannes 17:3). En die profeet Jeremia het verklaar:

“Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie en laat die sterke hom nie beroem op sy

sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem,

hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die Here is wat goedertierenheid,

reg en geregtigheid op die aarde doen; want in die dinge het Ek ‘n behae, spreek die Here.”

(Jeremia 9:23,24). Die menslike verstand kan skaars die breedte en diepte en hoogte van

die geestelike strekking van hom wat hierdie kennis verwerf, begryp.DHDA 456.3

Niemand hoef in sy sfeer te misluk om die volmaaktheid van die Christelike karakter

te bereik nie. Deur die offer van Christus is voorsiening vir die gelowige gemaak om alle

dinge met betrekking tot die lewe en godsaligheid te ontvang. God roep ons op om die vlak

van volmaaktheid te bereik en hou die voorbeeld van Christus se karakter aan ons voor. In

Sy mensheid, wat deur ‘n lewe van voortdurende weerstand teen die kwaad vervolmaak is,

het die Verlosser getoon dat mense, in samewerking met Goddelikheid, in hierdie lewe, tot

volmaaktheid van karakter kan kom. Dit is die versekering van God aan ons, dat ook ons

ook volkome die oorwinning kan behaal.DHDA 457.1

Aan die gelowige word die wonderlike moontlikheid voorgehou om, soos Christus,

gehoorsaam aan al die beginsels van die wet te wees. Maar op sigself is die mens nie in

staat om hierdie toestand te bereik nie. Die heiligheid wat hy, volgens God se Woord moet

hê voordat hy gered kan word, is die gevolg van die werking van die Goddelike genade

terwyl hy hom in onderwerping aan die tug en beteuelende invloed van die Gees van die

waarheid neerbuig. Die gehoorsaamheid van die mens kan slegs deur die wierook van

Christus se geregtigheid, wat elke daad van gehoorsaamheid met die Goddelike geur vul,

vervolmaak word. Die Christen se aandeel is om te volhard om elke swakheid te oorkom.

Hy moet voortdurend tot die Verlosser bid om die ongesteldheid van sy sonde-siek siel te

genees. Hy het nie die wysheid of die krag om te oorkom nie; dit behoort aan die Here en

Hy skenk dit aan diegene wat in nederigheid en ootmoed by Hom om hulp soek.DHDA

457.2

Die werk van transformasie van onheiligheid na heiligheid, is ‘n deurlopende proses.

God werk dag vir dag vir die heiligmaking van die mens en die mens moet met Hom

saamwerk en volhardende pogings aanwend om regte gewoontes te kweek. Hy moet

genade by genade voeg; en terwyl hy aan hierdie plan van toevoeging werk, werk God vir

hom aan die plan van vermenigvuldiging. Ons Verlosser is altyd bereid om die gebed van

die verslae hart te hoor en te verhoor en genade en vrede word vir Sy getroues

vermenigvuldig. Hy skenk graag aan hulle die seëninge wat hulle in die stryd teen die

euwels wat hulle omring nodig het.DHDA 457.3

309


Die Handelinge van die Apostels

Daar is diegene wat ‘n poging aanwend om die leer van Christelike vooruitgang te

bestyg; maar namate hulle vorder, begin hulle hul vertroue in die krag van die mens stel en

verloor hulle Jesus, die Outeur en Voleinder van hulle geloof, uit die oog. Die gevolg is

mislukking-die verlies van alles wat bereik is. Die toestand van diegene wat die vyand van

siele toelaat om hulle van die Christelike genadegawes wat in hul harte en lewens

ontwikkel het, te beroof is inderdaad droefgeestig. Die apostel sê: “Hy by wie hierdie dinge

nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes

vergeet.”DHDA 458.1

Die apostel Petrus het ‘n lang ervaring in die dinge van God gehad. Sy geloof in die

krag van God om te red, het met die jare versterk totdat hy bo alle twyfel bewys het dat dit

onmoontlik is vir die persoon, wat in geloof voortbeweeg en sport vir sport opwaarts klim

totdat hy die hoogste sport van die leer wat tot by die poorte van die hemel reik bereik het,

om te misluk.DHDA 458.2

Vir baie jare het Petrus by die gelowiges die noodsaaklikheid van voortdurende

toename in genade en kennis van die waarheid ingeprent; en nou, wetende dat hy binnekort

geroep sou word om martelaarskap vir sy geloof te ly, het hy weer die aandag op die

kosbare voorregte binne die bereik van elke gelowige gevestig. In die volle versekering

van sy geloof, het die bejaarde apostel sy broers tot standvastigheid van doel in die

Christelike lewe vermaan. “Daarom, broeders...” het hy gesmeek, “...moet julle jul des te

meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle

nooit struikel nie. Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige

koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.” Kosbare versekering! Heerlik is

die hoop wat aan die gelowige voorgehou word as hy deur geloof na die hoogtes van

Christelike volmaaktheid vorder!DHDA 458.3

Die apostel het voortgegaan: “Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te

herinner nie, alhoewel julle dit weet en vasstaan in die waarheid wat by julle is. En ek

beskou dit as reg, solank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te

wek, omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus

Christus dit ook aan my bekend gemaak het. En ek sal my beywer, dat julle ook gedurig na

my heengaan hierdie dinge in gedagtenis kan hou.”DHDA 459.1

Die apostel was volkome bekwaam om oor die voornemens van God vir die mensdom

te praat; want tydens die aardse bediening van Christus het hy baie gesien en gehoor wat

op die koninkryk van God betrekking het. Hy het die gelowiges herinner: “Ons het nie

kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus

Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit; want Hy het

van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke

heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. En

310


Die Handelinge van die Apostels

hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg

was.”DHDA 459.2

So oortuigend soos hierdie bewys van die sekerheid van die gelowiges se hoop was,

was daar ‘n meer oortuigende getuienis in die profesie, waardeur die geloof van almal

bevestig en veilig gegrond kon word. “En ons het die profetiese woord wat baie vas is... ”

het Petrus verklaar, “...waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek

skyn, totdat die dag aanbreek en die morester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit

moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen

profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees

gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.”DHDA 459.3

Terwyl die apostel die “...profetiese woord wat baie vas is...” as ‘n veilige riglyn in

tye van gevaar voorgehou het, het die hy die kerk terselfdertyd ernstig teen die fakkel van

valse profesieë gewaarsku, wat deur “...valse leraars...” hoog gehou sou word, wat

“...verderflike ketterye heimlik...” sou inbring “...en ook die Here ... verloën.” Hierdie valse

leraars wat in die kerk ontstaan en as betroubaar deur hulle broers in die geloof beskou

word, vergelyk die apostel met “...waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ‘n

stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.” Hy het

verklaar dat “...vir hulle die laaste erger geword [het] as die eerste. Want dit sou vir hulle

beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle

dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.”DHDA

460.1

Soos hy deur die eeue heen na die einde van die tyd gekyk het, was Petrus besiel om

die toestande wat kort voor die wederkoms van Christus in die wêreld sou heers, uiteen te

sit. Hy het geskryf dat “...daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle

eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die

vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.” Maar,

“...wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid-dan oorval ‘n skielike verderf hulle.” (1

Thessalonicense 5:3). Nie almal sal egter deur die vyand se sluheid verstrik raak nie.

Namate die einde van alle aardse dinge naderkom, sal daar getroues wees wat in staat sal

wees om die tekens van die tye te onderskei. Terwyl ‘n groot aantal belydende gelowiges

hulle geloof deur hulle dade sal verloën, sal daar ‘n oorblyfsel wees wat tot die einde toe

sal volhard.DHDA 460.2

Petrus het die hoop op die wederkoms van Christus in sy hart lewendig gehou en hy

het die kerk verseker van die gewisse vervulling van die Heiland se belofte: “As Ek gegaan

en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem.” (Johannes 14:3). Vir

die beproefdes en getroues mag dit voorkom asof die koms lank vertraag is, maar die

apostel het hulle verseker: “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging

ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar

311


Die Handelinge van die Apostels

dat almal tot bekering moet kom. Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die

nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan en

die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.”DHDA 461.1

“Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel

en godsvrug nie?-julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die

hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. Maar ons verwag

volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.”DHDA 461.2

“Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle

vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. En ag die lankmoedigheid

van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan

hom gegee is, aan julle geskryf het...”DHDA 461.3

“Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle

nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie

vastigheid nie. Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en

Saligmaker, Jesus Christus.”DHDA 461.4

Deur die voorsienigheid van God is Petrus toegelaat om sy bediening in Rome af te

sluit, waar sy gevangenskap deur die keiser Nero min of meer op die tyd van Paulus se

finale gevangeneming, gelas is. So het dit dan gebeur dat die twee veteraan-apostels, wat

jare lank ver van mekaar geskei was, hul laaste getuienis vir Christus in die hoofstad van

die wêreld sou lewer en hul bloed op die grond sou uitgiet as die saad van ‘n groot oes van

heiliges en martelare.DHDA 461.5

Sedert sy hervestiging na sy verloëning van Christus, het Petrus gevare onbevrees

aangedurf en het hy met ‘n edel gemoed die kruisiging, opstanding en Hemelvaart van die

Verlosser verkondig. Terwyl hy in sy sel gelê het, het hy die woorde wat Christus met hom

gespreek het in herinnering geroep: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was,

het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy

jou hande uitsteek en ‘n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie.” (Johannes

21:18). So het Jesus aan die dissipel die spesifieke wyse waarop hy sou sterf bekend

gemaak en die uitstrekking van sy hande aan die kruis voorspel.DHDA 462.1

Petrus, as Jood en vreemdeling, is veroordeel om gegesel en gekruisig te word. Met

hierdie vreeslike dood in die vooruitsig het die apostel onthou van sy groot sonde deur

Jesus in die uur van Sy beproewing te verloën. Hy, wat voorheen so onwillig was om die

kruis te erken, het dit nou as ‘n vreugde beskou om sy lewe vir die evangelie op te offer en

het gevoel dat dit vir hom, wat sy Here verloën het, ‘n te groot eer was om op dieselfde

wyse as sy Meester te sterf. Petrus het opreg berou gehad oor hierdie sonde en is deur

Christus vergewe, soos blyk uit die hoë opdrag wat aan hom gegee is om die skape en die

lammers van die kudde te voed. Maar hy kon homself nooit vergewe nie. Nie eers die

312


Die Handelinge van die Apostels

gedagte aan die foltering van die laaste verskriklike toneel kon die bitterheid van sy hartseer

en berou verminder nie. As ‘n laaste guns het hy sy teregstellers versoek dat hy onderstebo

aan die kruis vasgespyker moes word. Die versoek is toegestaan en op hierdie wyse het die

Petrus gesterf.DHDA 462.2

313


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 53—Johannes, die Geliefde

Johannes word bo die ander dissipels onderskei as “...die dissipel ... vir wie Jesus

liefgehad het.” (Johannes 21:20). Dit blyk asof hy ‘n voortreflike vriendskap met Jesus

geniet het en hy het baie blyke van die Redder se vertroue en liefde ontvang. Hy was een

van die drie wat toegelaat was om die heerlikheid van Christus op die berg van

verheerliking te aanskou, asook Sy foltering in Getsémané; en dit was aan sy sorg dat ons

Here Sy moeder in die laaste ure van Sy foltering aan die kruis toevertrou het.DHDA 464.1

Die Verlosser se toegeneentheid teenoor die geliefde dissipel is met al die krag van

vurige toewyding beantwoord. Johannes het aan Christus vasgehou soos die rank wat aan

die statige pilaar kleef. Ter wille van sy Meester het hy die gevare van die geregsaal

aangedurf en by die kruis vertoef; en met die tyding dat Christus opgestaan het, het hy hom

in alle ywer na die graf gehaas, wat selfs die voortvarende Petrus oortref het.DHDA 464.2

Die vertrouende liefde en onbaatsugtige toewyding wat in die lewe en karakter van

Johannes gemanifesteer word, bied lesse van onskatbare waarde vir die Christelike kerk.

Johannes het nie van nature daardie minsame karakter gehad wat in sy latere ervaring

geopenbaar is nie. Van nature het hy ernstige gebreke gehad. Nie alleen was hy trots,

selfvoldaan en eersugtig nie, maar ook voortvarend en wrewelrig wanneer hy te nagekom

is. Hy en sy broer is die “...seuns van die donder...” genoem. ‘n Slegte humeur, wraaksug

en kritiese gees was alles by die geliefde dissipel teenwoordig. Maar agter dit alles het die

Goddelike Leermeester die vurige, opregte, liefdevolle hart gewaar. Jesus het sy

eiegeregtigheid bestraf, sy eersug teleurgestel, sy geloof getoets. Maar Hy het die dinge

waarna sy siel verlang het aan hom geopenbaar, naamlik die skoonheid van heiligheid en

die transformerende krag van liefde.DHDA 464.3

Die gebreke in Johannes se karakter het met verskeie geleenthede gedurende sy

persoonlike omgang met die Verlosser, sterk na vore gekom. Op ‘n stadium het Christus

boodskappers voor Hom uit na ‘n dorpie van die Samaritane gestuur met die versoek dat

die mense vir Hom en Sy dissipels verversings voorberei. Maar toe die Verlosser die stad

nader, het dit geblyk asof Hy begeer het om deur te reis na Jerusalem. Dit het die afguns

van die Samaritane opgewek en in plaas van Hom uit te nooi om by hulle te vertoef, het

hulle die hoflikheid wat hulle aan ‘n gewone reisiger sou betoon, van Hom weerhou. Jesus

dwing nooit Sy teenwoordigheid op iemand af nie en die Samaritane het die seën wat hulle

sou ontvang het as hulle Hom genooi het om hulle gas te wees, verbeur.DHDA 465.1

Die dissipels het geweet dat Jesus van plan was om die Samaritane met Sy

teenwoordigheid te seën; hulle was met verbasing en verontwaardiging gevul oor die

kilheid, jaloesie en disrespek wat aan hul Meester betoon is. Jakobus en Johannes was veral

met verontwaardiging gevul. Dat Hy, vir wie hulle soveel eerbied gehad het, op hierdie

wyse behandel was, was in hulle oë te onaanvaarbaar om sonder onmiddellike straf

314


Die Handelinge van die Apostels

oorgesien te word. In hulle ywer het hulle gesê: “Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van

die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elia ook gedoen het?” Dit was ‘n verwysing na die

vernietiging van die Samaritaanse kapteins en hulle soldate wat uitgestuur was om Elia in

hegtenis te neem. Hulle was verbaas om te sien dat hulle woorde Jesus gepynig het en nog

meer verbaas toe Sy bestraffing op hulle ore val: “Julle weet nie van hoedanige gees julle

is nie; want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie,

maar te red.” (Lukas 9:54¬56).DHDA 465.2

Dit is nie deel van Christus se sending om mense te dwing om Hom te ontvang nie.

Dit is Satan en die mense wat deur sy gees aangedryf word, wat die gewete wil dwing.

Onder die voorwendsel van ywer vir geregtigheid, veroorsaak mense wat gemeenskap met

die bose engele het, soms lyding vir hul medemens om hulle tot hul eie godsdienstige idees

te bekeer; maar Christus betoon altyd barmhartigheid en poog altyd om deur die openbaring

van Sy liefde te oorwin. Hy kan geen mededinger in die siel toelaat of gedeeltelike diens

aanvaar nie; maar Hy begeer slegs vrywillige diens, die gewillige oorgawe van die hart

onder die dwang van liefde.DHDA 465.3

Op ‘n ander geleentheid het Jakobus en Johannes, deur hul moeder, ‘n versoek gerig

dat hulle toegelaat mag word om die hoogste ereposisies in Christus se koninkryk te beklee.

Ondanks die herhaalde onderrig van Christus aangaande die aard van Sy koninkryk, het

hierdie jong dissipels steeds die hoop op ‘n Messias wat Sy koninklike troon in

ooreenstemming met die verwagtinge van mense sou opeis gekoester. Omdat die moeder

saam met hulle die ereplek in die koninkryk vir haar seuns begeer het, het sy versoek: “Sê

dat hierdie twee seuns van my in U koninkryk mag sit, een aan U regter- en een aan U

linkerhand.”DHDA 466.1

Maar die Heiland het geantwoord: “Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker

drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop

word?” Hulle het hulle Sy onverklaarbare woorde met verwysing tot beproewing en lyding

onthou, maar het tog vol selfvertroue geantwoord: “Ons kan.” Hulle sou dit as die hoogste

eer beskou om hulle lojaliteit te bewys deur in alles te deel wat oor hulle Here sou

kom.DHDA 466.2

“Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal

julle gedoop word...” het Jesus verklaar en voor Hom ‘n kruis in plaas van ‘n troon en twee

misdadigers as Sy metgeselle aan Sy regter- en Sy linkerhand, gesien. Jakobus en Johannes

sou saam met hul Meester deel hê aan Sy lyding-een was bestem om binnekort deur die

swaard te sterf; die ander, sou sy Meester langer as al die ander dissipels in arbeid, smaad

en vervolging dien. “Maar om te sit aan My regter- en aan My linkerhand berus nie by My

om te gee nie... ” het Hy vervolg, “...maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is.”

(Mattheus 20:21-23).DHDA 466.3

315


Die Handelinge van die Apostels

Jesus het die beweegrede vir hulle versoek verstaan en het die trots en eersug van die

twee dissipels aldus bestraf: “Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en

die groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar so moet dit onder julle nie wees nie; maar

elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle

die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom

het om gedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.”

(Mattheus 20:25-28).DHDA 467.1

In die koninkryk van God word posisie nie deur bevoordeling verkry nie. Dit word nie

verdien nie en ook nie deur arbitrêre toekenning nie. Dit is die resultaat van die karakter.

Die kroon en die troon is die tekens van ‘n toestand wat bereik is-bewyse van verowering

van self deur die genade van onse Here Jesus Christus.DHDA 467.2

Lank daarna, toe Johannes in gemeenskap met Christus deur deelname aan Sy lyding

gebring is, het die Here Jesus aan hom geopenbaar wat die toestand van nabyheid aan Sy

koninkryk is. “Aan hom wat oorwin...” het Christus gesê, “...sal Ek gee om saam met My

te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit

het.” (Openbaring 3:21). Die een wat die naaste aan Christus staan, sal hy wees wat die

diepste teue van Sy gees van selfopofferende liefde gedrink het-liefde wat nie grootpraat

nie, nie opgeblase is nie, nie sy eie belang soek nie, nie verbitterd word nie, die kwaad nie

toereken nie (sien 1 Korinthiërs 13:4,5)-liefde wat die dissipel beweeg het, soos dit onse

Here beweeg het, om alles te gee, om te lewe en te werk en te offer tot die dood toe, vir die

redding van die mensdom.DHDA 467.3

Op ‘n ander keer, tydens hul vroeë dae van evangelisasiewerk, het Jakobus en

Johannes iemand ontmoet wat, alhoewel hy nie ‘n erkende volgeling van Christus was nie,

in Sy Naam duiwels uitgedryf het. Die dissipels het die man verbied om te werk en gedink

dat hulle die regte ding gedoen het. Maar toe hulle die saak aan Christus voorlê, het Hy

hulle bestraf en gesê: “Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat ‘n krag in My

Naam sal doen en gou van My sal kan kwaad spreek nie.” (Markus 9:39). Niemand wat

homself op enige wyse vriendelik teenoor Christus bewys het, moes weerhou word nie.

Die dissipels moes nie ‘n enge, eksklusiewe gees openbaar nie, maar moes dieselfde

ingrypende meegevoel openbaar wat hulle in hul Meester gesien het. Jakobus en Johannes

het gedink dat hulle die eer van die Here beskerm deur die man te verbied; maar hulle het

begin insien dat hulle jaloers op hul eie was. Hulle het hul fout erken en die teregwysing

aanvaar.DHDA 468.1

Die lesse van Christus, wat sagmoedigheid, nederigheid en liefde as noodsaaklik vir

groei in die genade en die geskiktheid vir Sy werk uiteensit, was vir Johannes van die

grootste waarde. Hy het elke les op prys gestel en voortdurend daarna gestreef om sy lewe

in ooreenstemming met die Goddelike voorbeeld te bring. Johannes het begin om die

heerlikheid van Christus te onderskei-nie die wêreldse prag en gesag waarop hy geleer het

316


Die Handelinge van die Apostels

om te hoop nie, maar “...’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader komvol

van genade en waarheid.” (Johannes 1:14).DHDA 468.2

Die diepte en ywer van Johannes se liefde vir sy Meester was nie die oorsaak van

Christus se liefde vir hom nie, maar die uitwerking van daardie liefde. Johannes het begeer

om soos Jesus te word en onder die transformerende invloed van die liefde van Christus

het hy sagmoedig en nederig geword. Die self is in Christus verberg. Meer as al sy

metgeselle het Johannes hom aan die mag van daardie wonderbare liefde oorgegee. Hy sê:

“Die lewe is geopenbaar en ons het dit gesien ... En uit sy volheid het ons almal ontvang,

ja, genade op genade.” (1 Johannes 1:2; Johannes 1:16). Johannes het die Verlosser deur

persoonlike ervaring geken. Sy Meester se lesse is op sy siel ingegraveer. Toe hy van die

Heiland se genade getuig het, was sy eenvoudige taal welsprekend met die liefde wat sy

hele wese deurdring het.DHDA 468.3

Dit was Johannes se innige liefde vir Christus wat daartoe gelei het dat hy altyd aan

Sy sy wou wees. Die Verlosser het al twaalf liefgehad, maar Johannes het die ontvanklikste

gees gehad. Hy was jonger as die ander en met meer van ‘n kind se vertroue, het hy sy hart

vir Jesus oopgestel. Sodoende het hy meer in voeling met Christus gekom en deur hom is

die Heiland se diepste geestelike leer aan die mense oorgedra.DHDA 469.1

Jesus is lief vir diegene wat die Vader verteenwoordig en Johannes kon van die liefde

van die Vader praat soos geen ander dissipel dit kon doen nie. Hy het dit wat hy in sy eie

siel ervaar het aan sy medemens geopenbaar en die eienskappe van God in sy eie karakter

verteenwoordig. Die heerlikheid van die Here was op sy gelaat te sien. Die skoonheid van

heiligheid wat hom hervorm het, het met ‘n Christelike glans uit sy gelaat gestraal. In

aanbidding en liefde het hy die Verlosser aanskou, totdat gelykheid aan Christus en

gemeenskap met Hom sy enigste begeerte geword het en die karakter van sy Meester in sy

karakter weerspieël is.DHDA 469.2

“Kyk...” het hy gesê, “...wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons

kinders van God genoem kan word! ... Geliefdes, nou is ons kinders van God en dit is nog

nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk

sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.” (1 Johannes 3:1,2).DHDA 469.3

317


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 54—’n Getroue Getuie*

Na die Hemelvaart van Christus, het Johannes as ‘n getroue, ernstige arbeider vir die

Meester na vore getree. Saam met die ander dissipels het hy op die Pinksterdag die

uitstorting van die Heilige Gees beleef en met hernude ywer en krag het hy voortgegaan

om die woorde van lewe tot die mense te spreek en gestreef om hulle gedagtes na die

Onsienlike te lei. Hy was ‘n kragtige prediker, vurig en diep ernstig. In skoonheid van taal

en met ‘n musikale stem het hy van die woorde en dade van Christus vertel, op ‘n wyse

wat die harte van diegene wat hom gehoor het diep geraak het. Die eenvoud van sy woorde,

die verhewe krag van die waarhede wat hy gespreek het en die ywer wat sy lering

gekenmerk het, het hom toegang tot alle klasse verleen.DHDA 470.1

Die lewe van die apostel was in ooreenstemming met sy lering. Die liefde vir Christus

wat in sy hart gegloei het, het hom tot ernstige, onvermoeide arbeid vir sy medemense

gelei, veral vir sy broers in die Christelike kerk.DHDA 470.2

Christus het die eerste dissipels gebied om mekaar lief te hê soos Hy hulle liefgehad

het. Sodoende moes hulle aan die wêreld getuig dat Christus innerlik gevorm is, die hoop

op die heerlikheid. Hy het gesê: “‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê;

soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.” (Johannes 13:34). In die tyd toe

hierdie woorde gespreek is, kon die dissipels dit nie verstaan nie; maar nadat hulle die

lyding van Christus aanskou het, na Sy kruisiging en opstanding en Hemelvaart en nadat

die Heilige Gees op die Pinksterdag op hulle gerus het, het hulle ‘n duideliker begrip van

die liefde van God gehad en ook van die aard van die liefde wat hulle vir mekaar moes hê.

Toe kon Johannes aan sy mededissipels sê:DHDA 470.3

“Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort

ons lewe vir die broeders af te lê.”DHDA 471.1

Nadat die Heilige Gees neergedaal en die dissipels uitgegaan het om ‘n lewende

Verlosser te verkondig, was hulle enigste begeerte vir die redding van siele. Hulle het hulle

in die heerlike gemeenskap met die heiliges verbly. Hulle was teer, bedagsaam,

selfverloënend en bereid om, ter wille van die waarheid, enige offer te bring. In hul

daaglikse omgang met mekaar, het hulle die liefde wat Christus vir hulle voorgeskryf het

geopenbaar. Deur onselfsugtige woorde en dade het hulle hul beywer om hierdie liefde in

die harte van ander op te wek.DHDA 471.2

Hierdie liefde moes voortdurend deur die gelowiges gekoester word. Hulle moes in

gewillige gehoorsaamheid aan die nuwe gebod voortgaan. Hulle moes so innig met

Christus verenig wees, dat hulle in staat sou wees om aan al Sy vereistes te voldoen. Hulle

lewens moes die krag van ‘n Verlosser wat hulle deur Sy geregtigheid kon regverdig,

verhoog.DHDA 471.3

318


Die Handelinge van die Apostels

Maar geleidelik het ‘n verandering ingetree. Die gelowiges het begin om gebreke in

ander te soek. Hulle het by foute stilgestaan, plek aan onvriendelike kritiek gegee en die

Verlosser en Sy liefde uit die oog verloor. Hulle het strenger nadruk op uiterlike seremonies

gelê, meer spesifiek op die teorie as die beoefening van die geloof daarvan. In hul ywer om

ander te veroordeel, het hulle hul eie foute oor die hoof gesien. Hulle het die broederliefde

wat Christus voorgeskryf het, verloor en, die hartseerste van alles, was dat hulle onbewus

van hul verlies was. Hulle het nie besef dat geluk en vreugde uit hulle lewens sou verdwyn

en dat hulle, nadat die liefde van God uit hul harte gewyk het, binnekort in die duisternis

sou wandel nie.DHDA 471.4

Johannes, wat besef het dat broederliefde in die kerk afneem, het op die gelowiges die

voortdurende behoefte aan hierdie liefde benadruk. Sy briewe aan die kerk was vol van

hierdie gedagte. Hy het geskryf: “Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit

God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, het God

nie geken nie, want God is liefde. Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God

sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. Hierin is die

liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur

het as ‘n versoening vir ons sondes. Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons

ook mekaar lief te hê.”DHDA 472.1

Aangaande die besondere gesindheid waarin hierdie liefde deur die gelowiges

geopenbaar moet word, skryf die apostel: “Tog skryf ek aan julle ‘n nuwe gebod wat waar

is in Hom en in julle, want die duisternis gaan verby en die waaragtige lig skyn alreeds. Hy

wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe. Wie sy broeder

liefhet, bly in die lig en in hom is geen oorsaak van struikeling nie. Maar hy wat sy broeder

haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie,

omdat die duisternis sy oë verblind het ... Want dit is die boodskap wat julle van die begin

af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê ... Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die

dood. Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar en julle weet dat geen moordenaar die

ewige lewe as iets blywends in hom het nie. Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy Sy

lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.”DHDA 472.2

Dit is nie die teëstand van die wêreld wat die grootste gevaar vir die kerk van Christus

inhou nie. Dit is die boosheid wat in die harte van gelowiges gekoester word wat die

grootste ramp veroorsaak en die vooruitgang van die saak van God beslis die meeste

vertraag. Daar is geen sekerder wyse waarop geestelikheid verswak kan word nie, as deur

afguns, agterdog, kritiek en kwaadwilligheid te koester nie. Daarteenoor is die sterkste

getuienis dat God Sy Seun na die wêreld gestuur het, die teenwoordigheid van harmonie

en eenheid tussen mense met uiteenlopende gesindhede wat die kerk vorm. Dit is die

voorreg van die volgelinge van Christus om hierdie getuienis te lewer. Maar om dit te kan

319


Die Handelinge van die Apostels

vermag, moet hulle hulself aan die gesag van Christus onderwerp. Hulle karakter moet aan

Sy karakter voldoen en hulle wil aan Sy wil.DHDA 472.3

Christus het gesê: “‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek

julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.” (Johannes 13:34). Wat ‘n wonderlike

verklaring; maar tog, hoe swak word dit uitgevoer! Broederliefde ontbreek grootliks in die

kerk van Christus. Baie wat beweer dat hulle die Verlosser liefhet, het mekaar nie lief nie.

Ongelowiges hou ons dop om te sien of die geloof van belydende Christene ‘n

heiligmakende invloed op hul lewens uitoefen; en hulle is vinnig om die gebreke in

karakters en teenstrydighede in optrede te bespeur. Christene moet dit nie vir die vyand

moontlik maak om met die vinger na hulle te wys en te sê: Kyk hoe haat hierdie mense

mekaar wat onder die vaandel van Christus staan nie. Christene is almal lede van dieselfde

gesin, almal kinders van dieselfde hemelse Vader, met dieselfde salige hoop op

onsterflikheid. Die band wat hulle saambind, behoort baie innig en vol deernis te

wees.DHDA 473.1

Goddelike liefde is die hartroerendste wanneer dit ons oproep om dieselfde tere

medelye te manifesteer as wat Christus gemanifesteer het. Alleen die mens wat

onselfsugtige liefde vir sy broer koester, het ware liefde vir God. Die ware Christen sal nie

bereid wees om die siel wat in gevaar verkeer en nodig het om gewaarsku te word,

onversorg te laat nie. Hy sal nie afsydig staan teenoor die dwalendes en hulle verder in

ongelukkigheid en mismoedigheid laat versink of op die Satan se slagveld laat sneuwel

nie.DHDA 473.2

Diegene wat nog nooit die tere, oorwinnende liefde van Christus ervaar het nie, kan

nie ander na die Fontein van die lewe lei nie. Sy liefde in die hart is ‘n dwingende mag wat

daartoe lei dat mense Hom in hul gesprekke, in die teer deernisvolle gees, in die opheffing

van die lewens van diegene met wie hulle omgaan, openbaar. Suksesvolle Christenwerkers,

moet Christus ken; en om Hom te ken, moet hulle Sy liefde ken. In die hemel

word hulle geskiktheid as werkers aan hul begaafdheid om lief te hê soos Christus liefgehad

het en om te werk soos Hy gewerk het, gemeet.DHDA 474.1

Die apostel skryf: “Laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die

daad en in waarheid.” Die volmaaktheid van ‘n Christelike karakter word bereik wanneer

die drang om ander tot hulp en seën te wees voortdurend van binne ontstaan. Dit is die

atmosfeer van hierdie liefde wat die siel ‘n geur tot die lewe maak en God in staat stel om

sy werk te seën.DHDA 474.2

Oorheersende liefde vir God en onselfsugtige liefde vir mekaar-dit is die beste

geskenk wat ons hemelse Vader ons kan skenk. Hierdie liefde is nie impulsief nie, maar ‘n

Goddelike beginsel, ‘n blywende mag. Die oningewyde hart kan dit nie laat ontstaan of

voortbring nie. Dit kom alleen in die hart waar Jesus regeer voor. “Ons het Hom lief, omdat

320


Die Handelinge van die Apostels

Hy ons eerste liefgehad het.” In die hart wat deur Goddelike genade hernu is, is liefde die

oorheersende lewensbeginsel. Dit verander die karakter, beheer die impulse, hou die

hartstogte in bedwang en veredel die geneenthede. Hierdie liefde in die siel gekoester,

maak die lewe soeter en werp ‘n verfynende invloed op die hele omgewing.DHDA 474.3

Johannes het gestrewe om die gelowiges te lei om verhewe voorregte wat deur die

uitoefening van die gees van liefde hulle te beurt sou val, te verstaan. Hierdie verlossende

krag wat die hart vul, sal elke ander beweegrede beheer en sy besitters bo die verderflike

invloede van die wêreld verhef. En namate hierdie liefde ten volle toegelaat en die dryfkrag

in die lewe word, sal hulle vertroue in God en Sy omgang met hulle volkome word. Dan

sal hulle met die volle vertroue van geloof na Hom toe kom in die wete dat hulle van Hom

alles wat hulle vir hul huidige en ewige beswil benodig, ontvang. “Hierin het die liefde by

ons volmaak geword...” het hy geskryf, “...dat ons vrymoedigheid kan hê in die

oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld. Daar is geen vrees in die liefde

nie ... En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets

vra volgens Sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat ... ons die bedes

verkry wat ons van Hom gevra het.”DHDA 474.4

“En as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die

Regverdige. En Hy is ‘n versoening vir ons sondes en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook

vir die van die hele wêreld ... As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons

die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” Die voorwaardes om

genade van God te ontvang, is eenvoudig en redelik. Die Here vereis nie dat ons die een of

ander pynlike ding moet doen om vergifnis te verkry nie. Ons hoef nie lang en moeisame

pelgrimstogte te onderneem of pynlike boetedoening te doen om ons siele aan die God van

die hemel op te dra, of vir ons oortreding te vergoed nie. “Hy wat...” sy oortreding “...bely

en laat staan, sal barmhartigheid vind.” (Spreuke 28:13).DHDA 475.1

In die hemelse howe pleit Christus vir Sy kerk-Hy pleit vir hulle vir wie Hy die

losprys, naamlik Sy bloed, betaal het. Eeue der eeue kan nooit die doeltreffendheid van Sy

soenoffer verminder nie. Nie die lewe of die dood, hoogte of diepte, kan ons van die liefde

van God skei wat daar in Christus Jesus is nie; nie omdat ons so styf aan Hom vashou nie,

maar omdat Hy ons so styf vashou. As ons redding van ons eie pogings afgehang het, kon

ons nie gered word nie; maar dit hang van die Een af wat al die beloftes waarborg. Ons

begrip van Hom mag swak voorkom, maar Sy liefde is die liefde van ‘n ouer broer; solank

ons ons eenheid met Hom handhaaf, kan niemand ons uit Sy hand ruk nie.DHDA 475.2

Namate die jare verstryk en die aantal gelowiges toegeneem het, het Johannes met

toenemende getrouheid en erns vir sy broeders gewerk. Die tye was vol gevaar vir die kerk.

Sataniese dwalings het oral bestaan. Deur wanvoorstelling en valsheid het die gesante van

Satan gepoog om teenstand teen die leerstellings van Christus te wek en gevolglik het

tweedrag en ketterye die kerk bedreig. Sommige wat Christus bely het, het beweer dat Sy

321


Die Handelinge van die Apostels

liefde hulle van gehoorsaamheid aan die wet van God vrystel. Daarteenoor, het baie ander

geleer dat dit nodig was om die Joodse gebruike en seremonies te onderhou; dat blote

onderhouding van die wet, sonder geloof in die bloed van Christus, voldoende was vir die

verlossing. Sommige het beweer dat Christus ‘n goeie mens was, maar hulle het Sy

Goddelikheid ontken. Sommige wat beweer het dat hulle aan die saak van God getrou was,

was bedrieërs en in die praktyk het hulle Christus en Sy evangelie verloën. Self in ‘n lewe

van oortreding, het hulle kettery in die kerk ingebring. So is baie in die doolhowe van

skeptisisme en dwaling gelei.DHDA 476.1

Johannes was met hartseer vervul toe hy hierdie giftige dwalinge in die kerk sien

insluip. Hy het die gevare waaraan die kerk blootgestel was gesien en hy het die

noodtoestand spoedig en met beslistheid gekonfronteer. Die sendbriewe van Johannes

adem die gees van liefde. Dit was asof hy met ‘n pen wat in liefde gedoop was geskryf het.

Maar toe hy in aanraking met diegene wat die wet van God oortree gekom het en steeds

beweer het dat hulle sondeloos lewe, het hy nie gehuiwer om hulle teen hul verskriklike

misleiding te waarsku nie.DHDA 476.2

Aan ‘n helpster in die evangeliewerk, ‘n vrou van hoë aansien en wye invloed, het hy

geskryf: “Baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in

die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris. Wees op julle hoede, dat ons

nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ‘n volle loon ontvang. Elkeen wat ‘n

oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van

Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer

nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom

groet, het gemeenskap aan sy bose werke.”DHDA 477.1

Ons is gemagtig om dieselfde houding as die geliefde dissipel in te neem teenoor

diegene wat voorgee dat hulle in die liefde van Christus bly terwyl hulle in stryd met die

wet van God leef. Daar bestaan in hierdie laaste dae soortgelyke euwels as die wat die

welvaart van die eerste Christelike kerk bedreig het; en die leer van die apostel Johannes

aangaande hierdie dinge, moet noukeurig in ag geneem word. Die uitroep word oral

gehoor: “Julle moet liefde hê...” veral van diegene wat beweer dat hulle geheilig is. Maar

ware liefde is te rein om ‘n onbelyde sonde te bedek. Terwyl ons die siele moet liefhê vir

wie Christus gesterf het, moet ons geen kompromie met die sonde aangaan nie. Ons moet

nie met opstandiges verenig en dit liefde noem nie. God vereis dat Sy volk in hierdie eeu

van die wêreld net so onversetlik vir die reg moet staan, soos Johannes in teenstand met

sielverdelgende dwalinge.DHDA 477.2

Die apostel leer dat ons, hoewel ons Christelike hoflikheid moet betoon, gemagtig is

om sonde en sondaars op onmiskenbare wyse te bestraf; dat dit nie teenstrydig met ware

liefde is nie. Hy skryf: “Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die

sonde is wetteloosheid. En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem en

322


Die Handelinge van die Apostels

geen sonde is in Hom nie. Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom

nie gesien en Hom nie geken nie.”DHDA 477.3

As getuie vir Christus, het Johannes in geen stryd en ook geen moeisame getwis

betrokke geraak nie. Hy het verklaar wat hy geweet het, wat hy gesien en gehoor het. Hy

het intiem met Christus omgegaan, het na Sy leringe geluister en Sy magtige wonderwerke

aanskou. Min mense kon die skoonheid van Christus se karater sien soos Johannes dit

gesien het. Vir hom het die duisternis verbygegaan; die ware lig het op hom geskyn. Sy

getuienis met betrekking tot die Redder se lewe en dood was duidelik en kragtig. Uit die

oorvloed van ‘n hart wat oorgeloop het van liefde vir die Verlosser het hy gespreek; en

geen mag kon sy woorde stuit nie.DHDA 478.1

“Wat van die begin af was...” het hy verklaar, “...wat ons gehoor het, wat ons met ons

oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die

lewe ... wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap

met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus

Christus.”DHDA 478.2

So kan elke ware gelowige deur sy eie ervaring in staat wees om “...sy seël...” daarop

te sit “...dat God waaragtig is.” (Johannes 3:33). Hy kan getuig van wat hy aangaande die

mag van Christus gesien, gehoor en gevoel het.DHDA 478.3

323


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 55—Herskep deur Genade

In die lewe van die dissipel Johannes, word ware heiligmaking geïllustreer. Gedurende

die jare van sy intieme omgang met Christus, is hy dikwels deur die Heiland vermaan en

gewaarsku; en hy het hierdie teregwysings aanvaar. Terwyl die Goddelike karakter aan

hom geopenbaar is, het Johannes bewus geword van sy eie gebreke en hierdie openbaring

het hom nederig gemaak. In teenstelling met sy eie gewelddadige gees, het hy elke dag die

sagmoedigheid en verdraagsaamheid van Jesus aanskou en Sy lesse van nederigheid en

geduld aangehoor. Dag na dag was sy hart tot Christus aangetrokke, totdat hy, in sy liefde

vir sy Meester, homself totaal uit die oog verloor het. Die mag en teerheid, die majesteit en

sagmoedigheid, die krag en geduld wat hy in die daaglikse lewe van die seun van God

aanskou het, het sy siel met bewondering gevul. Hy het sy opvlieënde, eersugtige humeur

aan die vormende mag van Christus onderwerp en die Goddelike liefde het ‘n transformasie

van karakter teweeggebring.DHDA 479.1

In opvallende kontras met die heiligmaking wat in die lewe van Johannes

teweeggebring is, was die ervaring van sy mede-dissipel, Judas. Soos sy medewerker, het

Judas beweer dat hy ‘n dissipel van Christus was, maar hy het slegs ‘n vorm van

godsaligheid gehad. Hy was nie ongevoelig vir die reinheid van Christus se karakter nie;

en dikwels, terwyl hy na die woorde van die Heiland geluister het, was hy oortuig, maar

hy wou nie sy hart verneder of sy sondes bely nie. Deur die Goddelike invloed te weerstaan,

het hy die Meester wat hy beweer het hy liefgehad het, oneer aangedoen. Johannes het

ernstig teen sy gebreke gestry; maar Judas het sy gewete verkrag en aan versoeking

toegegee en sy sondige gewoontes meer vaster aan hom gebind. Die beoefening van die

waarhede wat Christus geleer het, was teenstrydig met sy begeertes en voornemens en hy

kon hom nie daartoe bring om sy idees prys te gee sodat hy die wysheid van die hemel kon

ontvang nie. In plaas daarvan om in die lig te wandel, het hy gekies om in duisternis te

wandel. Bose begeertes, hebsug, wraakgierige hartstogte, donker en sombere gedagtes is

gekoester, totdat Satan volle beheer oor hom verkry het.DHDA 479.2

Johannes en Judas is verteenwoordigers van diegene wat beweer dat hulle volgelinge

van Christus is. Albei hierdie dissipels het dieselfde geleenthede gehad om die Goddelike

voorbeeld te bestudeer en te volg. Albei was nou verbonde aan Jesus en was bevoorreg om

na Sy leer te luister. Elkeen het ernstige gebreke van karakter gehad en elkeen het toegang

tot die Goddelike genade wat karakters verander, gehad. Maar terwyl die een in nederigheid

van Jesus geleer het, het die ander openbaar dat hy geen dader van die woord was nie, maar

slegs ‘n hoorder. Een, wat daagliks aan self gesterf en sonde oorkom het, is deur die

waarheid geheilig; die ander, wat die herskeppende krag van genade weerstaan en aan

selfsugtige begeertes toegegee het, is aan Satan gebind.DHDA 480.1

Transformasie van karakter soos gesien in die lewe van Johannes, is altyd die gevolg

van gemeenskap met Christus. Daar mag moontlik duidelike gebreke in die karakter van

324


Die Handelinge van die Apostels

een individu wees, maar wanneer hy ‘n ware dissipel van Christus word, word hy deur die

Goddelike genade verander en geheilig. Terwyl hy die heerlikheid van die Here soos in ‘n

spieël aanskou, word hy van heerlikheid tot heerlikheid verander totdat hy soos Hy is wie

hy aanbid.DHDA 480.2

Johannes was ‘n leraar van heiligheid en in sy briewe aan die kerk het hy onfeilbare

reëls neergelê vir die optrede van Christene. “Elkeen wat hierdie hoop op Hom het...” het

hy geskryf, “...reinig homself soos Hy rein is.” “Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self

ook so te wandel soos Hy gewandel het.” (1 Johannes 3:3;2:6). Hy het geleer dat die

Christen rein van hart en lewe moet wees. Nooit mag hy met ‘n betekenislose belydenis

tevrede wees nie. Soos God in Sy sfeer heilig is, so moet die gevalle mens deur geloof in

Christus in sy sfeer heilig wees.DHDA 480.3

Die apostel Paulus het geskryf: “Dit is die wil van God: julle heiligmaking.” (1

Thessalonicense 4:3). God se doel in al Sy handelinge met Sy volk, is die heiligmaking van

die kerk. Hy het hulle van die ewigheid af gekies om heilig te wees. Hy het Sy Seun gegee

om vir hulle te sterf, sodat hulle deur gehoorsaamheid aan die waarheid geheilig en van

alle kleinlikheid en die eie ek kan afsien. Hy vereis ‘n persoonlike werk van hulle, ‘n

persoonlike oorgawe. God kan alleenlik deur diegene wat bely dat hulle in Hom glo, slegs

namate hulle gelykvormig aan Sy beeld word en deur Sy gees beheer word, vereer word.

Dan kan hulle, as getuies vir die Verlosser, bekend maak wat Goddelike genade vir hulle

gedoen het.DHDA 481.1

Ware heiligmaking kom deur die uitwerking van die beginsel van liefde. “God is

liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.” (1 Johannes 4:16). Die lewe

van hom in wie se hart Christus woon, sal daadwerklike godsvrug openbaar. Die karakter

sal gesuiwer, verhef, veredel en verheerlik word. ‘n Suiwere leer sal met werke van

geregtigheid saamsmelt; hemelse voorskrifte sal met hemelse gebruike vermeng

word.DHDA 481.2

Diegene wat die seën van heiligmaking wil ontvang, moet eers die betekenis van

selfopoffering leer. Die kruis van Christus is die sentrale steunpilaar waaraan die “...alles

oortreffende ewige gewig van heerlikheid...” hang. (2 Korinthiërs 4:17). Christus het gesê:

“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My

volg.” (Mattheus 16:24). Dit is die geur van ons liefde vir ons medemens wat ons liefde vir

God openbaar. Dit is geduldige diens wat rus vir die siel bring. Dit is deur nederige,

naarstige, getroue arbeid dat die welvaart van Israel bevorder word. God handhaaf en

versterk die een wat bereid is om op die weg van Christus te volg.DHDA 481.3

Heiligmaking is nie die werk van ‘n oomblik, ‘n uur, of ‘n dag nie, maar van ‘n leeftyd.

Dit word nie deur ‘n vlugtige gevoel van geluk verkry nie, maar is die gevolg van

voortdurend aan sonde te sterf en vir Christus te leef. Wat verkeerd is kan nie reggestel

325


Die Handelinge van die Apostels

word nie, of hervormings in die karakter teweeggebring word deur af en toe floue pogings

aan te wend nie. Dit is alleen deur langdurige, volgehoue inspanning, streng dissipline en

ernstige stryd wat ons sal oorwin. Ons weet nie die een dag hoe sterk ons stryd die volgende

dag sal wees nie. Solank as wat Satan regeer, sal ons die eie ek moet onderwerp en besitlike

sondes oorwin; solank as wat die lewe sal duur, sal daar geen stilhouplek wees nie, geen

punt wat ons kan bereik en sê: Ek het dit ten volle bereik nie. Heiligmaking is die gevolg

van lewenslange gehoorsaamheid.DHDA 482.1

Nie een van die apostels en profete het ooit beweer dat hulle sonder sonde was nie.

Manne wat die naaste aan God geleef het, manne wat liewer hulle lewens sou prysgegee

het as om wetend ‘n verkeerde daad te doen, manne wat God met Goddelike lig en krag

vereer het, het die sondigheid van hulle natuur bely. Hulle het geen vertroue in die vlees

gestel nie en op geen eiegeregtigheid aanspraak gemaak nie, maar het volkome op die

geregtigheid van Christus vertrou.DHDA 482.2

So sal dit met almal wees wat Christus aanskou. Hoe nader ons aan Jesus kom en hoe

duideliker ons die reinheid van Sy karakter onderskei, hoe duideliker sal ons die

buitengewone sondigheid van sonde insien en hoe minder sal ons geneig wees om onsself

te verhef. Daar sal ‘n voortdurende uitreiking van die siel na God wees, ‘n voortdurende,

ernstige, hartverskeurende belydenis van sonde en vernedering van die hart voor Hom. Met

elke stap vorentoe in die Christelike ervaring, sal ons berou verdiep. Ons sal weet dat ons

genoegsaamheid in Christus alleen is en ons sal die belydenis van die apostel ons eie maak:

“Ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie ... Maar wat my betref,

mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die

wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.” (Romeine 7:18; Galasiërs 6:14.)DHDA

482.3

Laat die opname-engele die geskiedenis van die heilige stryd en konflik van die volk

van God neerskryf; laat hulle hul gebede en trane opteken; maar laat God nie onteer word

deur ‘n verklaring van menslike lippe: “Ek is sondeloos; ek is heilig... ” nie. Geheiligde

lippe sal nooit sulke aanmatigende woorde uiter nie.DHDA 483.1

Die apostel Paulus is tot in die derde hemel opgeneem en het dinge gesien en gehoor

wat nie uitgespreek kon word nie en tog was sy beskeie uitspraak: “Nie dat ek dit al verkry

het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna.” (Filippense 3:12). Laat die engele van die

hemel van Paulus se oorwinning in die goeie stryd van geloof skryf. Laat die hemel hom

verheug in sy vasberade treë hemelwaarts en omdat hy, met die prys voor oë, elke ander

oorweging as drek beskou. Engele verheug hulle om van sy oorwinning te vertel, maar

Paulus roem hom nie oor sy prestasies nie. Die gesindheid van Paulus is die gesindheid

wat elke navolger van Christus moet aanneem soos hy vorentoe beur in die stryd vir die

onverwelklike kroon.DHDA 483.2

326


Die Handelinge van die Apostels

Laat diegene wat geneig voel om ‘n hoë aanspraak op heiligheid te maak, in die spieël

van God se wet kyk. Wanneer hulle die verreikende aansprake en die werk daarvan as ‘n

onderskeider van die gedagtes en bedoelings van die hart sien, sal hulle hul nie op

sondeloosheid roem nie. “As ons sê dat ons geen sonde het nie... ” sê Johannes sonder om

hom van sy broeders te onderskei, “...mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie

... As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is Sy woord

nie in ons nie ... As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te

vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” (1 Johannes 1:8,10,9).DHDA 483.3

Daar is diegene wat heiligheid beweer, wat verklaar dat hulle volkome aan die Here

behoort, wat aanspraak op die reg op die beloftes van God maak, terwyl hulle weier om

aan Sy gebooie gehoorsaam te wees. Hierdie oortreders van die wet maak aanspraak op

alles wat aan die kinders van God belowe word; maar dit is aanmatiging van hulle kant af,

want Johannes sê vir ons dat ware liefde vir God in gehoorsaamheid aan al Sy gebooie

geopenbaar sal word. Dit is nie genoeg om die teorie van die waarheid te glo, ‘n belydenis

van geloof in Christus te maak, te glo dat Jesus geen indringer is nie en dat die godsdiens

van die Bybel geen slinkse fabel is nie. Johannes het geskryf: “Hy wat sê: Ek ken Hom, en

sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat

sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet

ons dat ons in Hom is ... En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom.” (1

Johannes 2:4,5;3:24).DHDA 484.1

Johannes het nie geleer dat redding deur gehoorsaamheid verdien word nie; maar

daardie gehoorsaamheid is die vrug van geloof en liefde. Hy het gesê: “Julle weet dat Hy

verskyn het om ons sondes weg te neem en geen sonde is in Hom nie. Elkeen wat in Hom

bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.” (1Johannes

3:5,6). As ons in Christus bly, as die liefde van God in die hart woon, sal ons gevoelens,

ons gedagtes en ons dade in ooreenstemming met die wil van God wees. Die geheiligde

hart is in harmonie met die voorskrifte van God se wet.DHDA 484.2

Daar is baie wat, hoewel hulle probeer om God se gebooie te gehoorsaam, min vrede

of vreugde het. Hierdie leemte in hulle lewe is die gevolg van versuim om geloof te

beoefen. Hulle wandel as’t ware in ‘n land van sout, ‘n dorre woestyn. Hulle eis min terwyl

hulle baie kan eis; want daar is geen beperking op die beloftes van God nie. Sulke mense

stel nie die heiligmaking wat deur gehoorsaamheid aan die waarheid na vore kom, korrek

voor nie. Die Here se wil is dat al Sy seuns en dogters gelukkig, vreedsaam en gehoorsaam

sal wees. Deur geloof te beoefen, kom die gelowige in besit van hierdie seëninge. Deur

geloof kan elke tekort in die karakter voorsien word, elke besoedeling gereinig, elke fout

reggestel word en elke uitmuntendheid ontwikkel word.DHDA 484.3

Gebed is die hemel se geordende middel tot sukses in die konflik met sonde en die

ontwikkeling van die Christelike karakter. Die Goddelike invloede wat in antwoord op die

327


Die Handelinge van die Apostels

gelowige gebed kom, sal alles waarvoor hy pleit, in die siel van die smekeling tot stand

bring. Ons kan vra vir die vergifnis van sonde, vir die Heilige Gees, vir ‘n Christelike

gesindheid, vir wysheid en krag om Sy werk te doen, vir elke gawe wat Hy beloof het en

die belofte is: “Julle sal dit ontvang.”DHDA 485.1

Dit was op die berg saam met God dat Moses die patroon van die wonderlike gebou

wat die verblyf van Sy heerlikheid sou wees, aanskou het. Dit was op die berg by God-in

die geheime plek van gemeenskap-dat ons Sy heerlike ideaal vir die mensdom moet

bepeins. In alle eeue, deur middel van gemeenskap met die hemel, het God Sy doel vir Sy

kinders uitgewerk, deur die leerstellings van genade geleidelik aan hulle bekend te maak.

Die wyse waarop Hy die waarheid oordra, word deur die woorde geïllustreer: “Sy opgang

is so seker soos die dagbreek.” (Hosea 6:3). Hy wat homself plaas waar God hom kan

verlig, beweeg as’t ware van die oggendskemering na die volle lig van die

middaguur.DHDA 485.2

Ware heiligmaking beteken volmaakte liefde, volmaakte gehoorsaamheid, volmaakte

ooreenstemming met die wil van God. Ons moet deur gehoorsaamheid aan die waarheid

vir God geheilig word. Ons gewete moet van dooie werke gesuiwer word om die lewende

God te dien. Ons is nog nie volmaak nie; maar dit is ons voorreg om ons van die strikke

van die eie ek en sonde los te sny en na volmaaktheid te vorder. Groot moontlikhede, hoë

en heilige prestasies word binne die bereik van almal geplaas.DHDA 485.3

Die rede waarom baie mense tans in hierdie wêreld nie in die Goddelike lewe verder

vorder nie, is omdat hulle die wil van God op so ‘n wyse vertolk dat dit by hulle eie wil

inpas. Terwyl hulle hul eie begeertes volg, vlei hulle hulself dat hulle aan die wil van God

voldoen. Hulle het geen innerlike stryd nie. Daar is ander wat weer ‘n tyd lank suksesvol

is in die stryd teen hul selfsugtige begeerte na plesier en gemak. Hulle is opreg en ernstig,

maar raak moeg vir die langdurige inspanning, vir die daaglikse afsterwe, vir die

onophoudelike verwarring. Traagheid skyn vir hulle aanloklik te wees, die afsterf van self

weersinwekkend; en hulle sluit lomerig hul oë en swig voor die krag van versoeking in

plaas daarvan om dit te weerstaan.DHDA 486.1

Die aanwysings wat in die Woord van God neergelê word, laat geen ruimte vir

kompromieë met die bose nie. Die Seun van God is geopenbaar sodat Hy alle mense na

Hom toe kan aantrek. Hy het nie gekom om die wêreld aan die slaap te sus nie, maar om

die smal weg aan te dui waarop almal wat die poorte van die Godstad uiteindelik wil bereik

moet reis. Sy kinders moet volg waar Hy gelei het al beteken dit ook watter opoffering van

gemak of selfsugtige toegeeflikheid ten koste van arbeid of lyding, hulle moet ‘n

voortdurende stryd met hulself handhaaf.DHDA 486.2

Die grootste lof wat mense aan God kan bring, is om gewyde kanale te word deur wie

Hy kan werk. Tyd stap vinnig aan na die ewigheid. Laat ons nie van God weerhou wat aan

328


Die Handelinge van die Apostels

Hom behoort nie. Laat ons Hom nie dit weier wat, alhoewel dit nie met verdienste gegee

kan word nie, nie sonder vernietiging geweier kan word nie. Hy vra vir die hele hart; gee

dit aan Hom; dit behoort aan Hom, deur die skepping sowel as deur die verlossing. Hy vra

vir jou verstand; gee dit vir Hom; dit is Syne. Hy vra vir jou geld; gee dit aan Hom; dit is

Syne. “Weet julle nie ... dat julle nie aan julleself behoort nie? Want julle is duur gekoop.”

(1Korinthiërs 6:19,20). God vra vir die eerbetoon van ‘n geheiligde siel, wat homself deur

die beoefening van geloof wat deur liefde werk, voorberei het om Hom te dien. Hy hou die

hoogste ideaal aan ons voor, naamlik volmaaktheid. Hy vra ons om in hierdie wêreld

absoluut en volkome vir Hom te wees, net soos Hy in die teenwoordigheid van God vir ons

is.DHDA 486.3

“Dit is die wil van God...” vir julle, naamlik “...julle heiligmaking.” (1

Thessalonicense 4:3). Is dit ook jou wil? Jou sondes mag soos berge voor jou opdoem;

maar as jy jou hart verneder en jou sondes bely en op die rein verdienste van ‘n gekruisigde

en opgestane Verlosser vertrou, sal Hy jou vergewe en van alle ongeregtigheid reinig. God

vereis van jou volkome ooreenstemming met Sy wet. Hierdie wet is die weerklank van Sy

stem wat vir jou sê: Heiliger, ja, steeds heiliger. Begeer die volheid van die genade van

Christus. Laat jou hart gevul word met ‘n intense verlange na Sy geregtigheid, die werking

waarvan God se Woord verklaar dat dit vrede is en die effek daarvan rustigheid en

sekerheid tot in ewigheid.DHDA 487.1

Namate jou siel na God smag, sal jy meer en meer die ondeurgrondelike rykdom van

Sy genade vind. Namate jy hierdie rykdom bepeins, sal jy besit daarvan neem en die

verdienste van die offer van die Heiland openbaar, die beskerming van Sy geregtigheid,

die volheid van Sy wysheid en Sy krag om jou “...vlekkeloos en onberispelik...” (2 Petrus

3:14) voor die Vader aan te bied.DHDA 487.2

329


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 56—Patmos

Meer as ‘n halwe eeu het verloop sedert die organisasie van die Christelike kerk.

Gedurende daardie tyd is die evangelieboodskap voortdurend teëgestaan. Sy vyande het

nooit hul pogings verslap nie en uiteindelik daarin geslaag om die mag van die Romeinse

keiser teen die Christene te werf.DHDA 488.1

In die verskriklike vervolging wat gevolg het, het die apostel Johannes baie gedoen

om die geloof van die gelowiges te bevestig en te versterk. Hy het getuienis gelewer wat

sy teëstanders nie kon betwis nie en wat sy broeders gehelp het om die beproewinge wat

oor hulle gekom het, moediglik en met lojaliteit te konfronteer. Wanneer dit gelyk het asof

die geloof van die Christene onder die hewige opposisie wat hulle gedwing was om te

konfronteer wou wankel, sou die ou, beproefde dienskneg van Jesus die verhaal van die

gekruisigde en opgestane Verlosser met krag en welsprekendheid herhaal. Hy het sy geloof

standvastig gehandhaaf en van sy lippe het altyd dieselfde blye boodskap gekom: “Wat van

die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het

en ons hande getas het aangaande die woord van die lewe ... wat ons gesien en gehoor het,

verkondig ons aan julle.” (1 Johannes 1:1-3).DHDA 488.2

Johannes het tot ‘n baie gevorderde ouderdom gelewe. Hy was ‘n getuie van die

verwoesting van Jerusalem en die vernietiging van die statige tempel. As die laaste

oorlewende van die dissipels wat in noue verbinding met die Verlosser was, het sy

boodskap ‘n groot invloed op die voortgaande bevestiging van die feit dat Jesus die

Messias, die Verlosser van die wêreld was gehad. Niemand kon aan sy opregtheid twyfel

nie en deur sy leerstellings is baie gelei om van ongeloof weg te draai.DHDA 488.3

Die owerstes van die Jode was met bittere haat teenoor Johannes vervul weens sy

onwrikbare trou aan die saak van Christus. Hulle het verklaar dat hulle pogings teen die

Christene niks sou baat terwyl Johannes se getuienis in die ore van die volk bly lui het nie.

Sodat die wonderwerke en die leringe van Jesus in vergetelheid kon wegsink, moes die

stem van die dapper getuie stilgemaak word.DHDA 489.1

Gevolglik is Johannes na Rome ontbied om ter wille van sy geloof verhoor te word.

Hier, voor die owerhede, was die leerstellings van die apostel verkeerd vertolk. Valse

getuies het hom daarvan beskuldig dat hy opruiende kettery verkondig het. Deur hierdie

beskuldigings het sy vyande gehoop om die dissipel se dood te bewerkstellig.DHDA 489.2

Johannes het homself op so ‘n duidelike en oortuigende wyse verdedig en met soveel

eenvoud en openhartigheid, dat sy woorde ‘n kragtige uitwerking gehad het. Sy

toehoorders was verbaas oor sy wysheid en welsprekendheid. Maar hoe meer oortuigend

sy getuienis was, hoe dieper was die haat van sy teëstanders. Die keiser Domitianus was

met woede vervul Hy kon die redenasie van Christus se getroue advokaat van Christus nie

330


Die Handelinge van die Apostels

weerlê, of die gesag waarmee hy die waarheid gespreek het, ewenaar nie; nogtans was hy

vasbeslote om sy stem stil te maak.DHDA 489.3

Johannes is in ‘n ketel kokende olie gegooi; maar die Here het die lewe van Sy getroue

dienaar bewaar, net soos Hy die drie Hebreërs in die vuuroond bewaar het. Terwyl die

woorde gespreek is: So vergaan almal wat in daardie bedrieër, Jesus Christus van Nasaret,

glo het Johannes verklaar: My Meester het Homself geduldig aan alles wat Satan en sy

engele kon bedink om Hom te verneder en te martel onderwerp. Hy het Sy lewe gegee om

die wêreld te red. Dit is vir my ‘n eer om toegelaat te word om ter wille van Hom te ly. Ek

is ‘n swak, sondige mens. Christus was heilig, onskuldig, onbesmet. Hy het geen sonde

gedoen en in Sy mond is geen bedrog gevind nie.DHDA 489.4

Hierdie woorde het hul invloed gehad en Johannes is deur dieselfde manne wat hom

in die ketel gegooi het, uitgehaal.DHDA 490.1

Die hand van vervolging het weer sterk op die apostel neergekom. Op bevel van die

keiser is Johannes na Patmos verban en “...ter wille van die woord van God en om die

getuienis van Jesus Christus... ” veroordeel. (Openbaring 1:9). Sy vyande het gedink dat sy

invloed daar nie meer gevoel sou word nie en dat hy uiteindelik weens ontbering en ellende

sou sterf.DHDA 490.2

Patmos, ‘n dorre, rotsagtige eiland in die Egeïese See, is deur die Romeinse regering

gekies as ‘n plek vir die verbanning van misdadigers; maar vir die dienskneg van God het

hierdie sombere plek die poort van die hemel geword. Hier, weg van die besige tonele van

die lewe en van die aktiewe arbeid van vroeëre jare, het hy gemeenskap met God en

Christus en die engele van die hemel gehad en van hulle het hy onderrig aangaande die

toekoms van die kerk ontvang. Die gebeure wat in die slottonele van die aarde se

geskiedenis sou plaasvind, is voor hom uiteengesit; en daar het hy die visioene wat hy

ontvang het neergeskryf. Toe sy stem nie langer van die Een wie hy liefgehad en gedien

het kon getuig nie, moes die boodskappe van daardie onvrugbare kus uitgaan as ‘n lamp

wat brand en die vaste voorneme van die Here aangaande elke nasie op die aarde

openbaar.DHDA 490.3

Tussen die kranse en rotse van Patmos het Johannes in gemeenskap met sy Skepper

verkeer. Hy het oor sy lewe teruggedink en by die gedagte aan die seëninge wat hy ontvang

het, het vrede sy hart gevul. Hy het die lewe van ‘n Christen gelewe en hy kon in geloof

sê: “Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe.” (1Johannes 3:14). Maar nie

so met die keiser wat hom verban het nie. Hy kon slegs oor velde van oorlogvoering en

bloedvergieting terugkyk na verlate huise, na wenende weduwees en weeskinders, die vrug

van sy ambisieuse begeerte na uitnemendheid.DHDA 490.4

In sy geïsoleerde woonplek kon Johannes die Goddelike mag in meer diepte as ooit

tevore, soos in die boek van die natuur en op die geïnspireerde bladsye opgeteken,

331


Die Handelinge van die Apostels

bestudeer. Dit was vir hom ‘n genot om oor die werk van die skepping te peins en die

Goddelike Argitek te aanbid. Vroeër jare is sy oë deur die heuwels met bosbedekkings,

groen valleie en vrugbare vlaktes begroet; en dit was altyd vir hom ‘n vreugde om in die

skoonheid van die natuur, die wysheid en vaardigheid van die Skepper na te speur. Nou

was hy deur tonele wat vir baie mense somber en oninteressant sou voorkom omring, maar

vir Johannes was dit anders. Alhoewel sy omgewing woes en dor voorgekom het, was die

blou hemel wat oor hom gebuig het, net so helder en mooi soos die lug bokant sy geliefde

Jerusalem. In die wilde, ruwe rotse, in die geheimenisse van die diepte, in die glorie van

die uitspansel, het hy belangrike lesse gelees. Alles het die boodskap van die mag en

heerlikheid van God verkondig.DHDA 491.1

Rondom hom het die apostel bewyse van die Vloed wat die aarde oorstroom het omdat

die bewoners daarvan dit gewaag het om God se wet te oortree, gesien. Die rotse wat uit

die see en uit die aarde opgewerp is deur die waters wat daaruit deurgebreek het, het die

verskrikking van daardie verskriklike uitstorting van die toorn van God helder voor sy gees

gebring. In die stem van baie waters-diep roep tot diep-het die profeet die stem van die

Skepper gehoor. Die see, verwoed deur die genadelose winde, het vir hom die toorn van ‘n

beledigde God voorgestel. Die magtige golwe in hul hewige oproerigheid, beperk tot die

perke wat deur ‘n onsigbare Hand daargestel is, het tot hom gespreek van die beheer van

‘n oneindige Mag. En in teenstelling hiermee, het hy die swakheid en dwaasheid van

sterflinge wat, hoewel hulle soos wurms uit die stof is, in hul veronderstelde wysheid en

krag roem en hulle hart teen die Heerser van die heelal oprig, asof God iemand soos hulle

is, besef. Die rotse het hom aan Christus herinner, aan die Rots van sy krag, in wie se

skuiling hy sonder vrees kon skuil. Van die verbanne apostel op die rotsagtige Patmos, het

daar met die vurigste verlange van siel na God, die vurigste gebede opgegaan.DHDA 491.2

Die geskiedenis van Johannes gee ‘n treffende voorbeeld van die wyse waarop God

bejaarde werkers kan gebruik. Toe Johannes na die eiland Patmos verban is, was daar baie

wat van mening was dat hy verby diensbaarheid was, dat hy ‘n ou en geknakte riet was wat

enige oomblik op die aarde kon val. Maar dit het die Here gepas om hom steeds verder te

gebruik. Hoewel hy van die tonele van sy vorige arbeid verban was, het hy nie opgehou

om vir die waarheid te getuig nie. Selfs op Patmos het hy vriende en bekeerlinge gemaak.

Syne was ‘n boodskap van vreugde en die verkondiging van ‘n opgestane Verlosser wat

opgevaar het na die hemel om vir Sy volk in te tree, totdat Hy sal terugkeer om hulle na

Hom toe te neem. En nadat Johannes oud in die diens van sy Here geword het, het hy meer

boodskappe uit die hemel ontvang as wat hy gedurende al die vorige jare van sy lewe

ontvang het.DHDA 492.1

Die mees deernisvolle agting moet vir diegene wie se lewensbelang aan die werk van

God verbonde is gekoester word. Hierdie bejaarde werkers het, te midde van storms en

beproewinge, getrou gebly. Hulle het moontlike swakhede, maar hulle besit steeds talente

332


Die Handelinge van die Apostels

wat hulle in staat stel om hul plek in die werk van God vol te staan. Alhoewel hulle uitgeput

is en nie meer in staat is om die swaar laste te dra wat jonger manne kan en moet dra nie,

is die raad wat hulle kan gee van die grootste waarde.DHDA 492.2

Hulle het miskien foute begaan, maar uit hul foute het hulle geleer om foute en gevare

te vermy en maak dit hulle nie om daardie rede bevoeg om wyse raad te gee nie? Hulle het

toetse en beproewings deurstaan en alhoewel hulle van hulle lewenskrag verloor het, skuif

die Here hulle nie eenkant nie. Hy gee aan hulle spesiale genade en wysheid.DHDA 492.3

Diegene wat hul Meester gedien het toe die werk moeilik was, wat gebrek gely en

getrou gebly het toe daar min was om vir die waarheid te staan, moet geër en gerespekteer

word. Die Here wil hê dat die jonger arbeiders wysheid, krag en volwassenheid moet

verkry, deur met daardie getroue manne om te gaan. Laat die jonger mans besef dat hulle

baie bevoorreg is om sulke werkers onder hulle te hê. Laat aan hulle ‘n geëerde plek in hul

rade gegee word.DHDA 493.1

Namate diegene wat hul lewe in die diens van Christus deurgebring het, die einde van

hul aardse bediening nader, sal hulle deur die Heilige Gees beweeg word om van die

ervarings wat hulle ten opsigte van die werk van God beleef het, te vertel. Die verhaal van

God se wonderbare omgang met Sy volk, van Sy goedheid waarmee Hy hulle uit

beproewing verlos het, moet aan diegene wat pas tot die geloof gekom het, oorvertel word.

God begeer dat die ou en beproefde werkers hulle plek moet volstaan en hulle deel moet

doen om manne en vroue te red om nie deur die magtige stroom van die bose meegesleur

te word nie. Hy wil hê dat hulle die wapenrusting moet aanhou totdat Hy hulle beveel om

dit neer te lê.DHDA 493.2

In die ervaring van die apostel Johannes onder vervolging, is daar ‘n les van

wonderlike krag en vertroosting vir die Christen. God verhoed nie die sameswering van

goddelose mense nie, maar Hy laat hulle planne ten goede werk vir diegene wat hulle

geloof en trou onder beproewinge en konflik handhaaf. Die evangeliewerker doen dikwels

sy werk te midde van storms van vervolging, bitter teëstand en onregverdige verwyt.

Wanneer dit gebeur, moet hy onthou dat die ervaring wat mens in die vuuroond van

beproewing en swaarkry opdoen, alles die moeite werd is. So bring God Sy kinders na aan

Hom, sodat Hy hul swakheid en Sy krag aan hulle kan toon. Hy leer hulle om op Hom te

steun. So berei Hy hulle voor om noodgevalle te konfronteer, vertrouensposte te vul en die

groot doel waarvoor hulle krag ontvang het te bereik.DHDA 493.3

Deur al die eeue het die aangestelde getuies van God hulself ter wille van die waarheid,

aan verwyt en vervolging blootgestel. Josef was belaster en vervolg omdat hy sy deug en

sy integriteit bewaar het. Dawid, die uitverkore boodskapper van God, is deur sy vyande

soos ‘n roofdier gejag. Daniël is in die leeukuil gegooi omdat hy getrou aan die hemel was.

Job is van sy wêreldse besittings ontneem en in sy liggaam geteister, dat hy deur sy

333


Die Handelinge van die Apostels

familielede en vriende verag is; tog het hy sy integriteit gehandhaaf. Jeremia kon nie

afgeskrik word om die woorde wat God aan hom toevertrou het te spreek nie; en sy

getuienis het die koning en die vorste so woedend gemaak dat hy in ‘n walglike put gewerp

is. Stefanus is gestenig omdat hy Christus, die gekruisigde, verkondig het. Paulus is in die

gevangenis gesit, met stokke geslaan, gestenig en uiteindelik doodgemaak omdat hy ‘n

getroue boodskapper van God vir die Heidene was. En Johannes is na die eiland Patmos

verban ter wille van “...die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.”DHDA

494.1

Hierdie voorbeelde van menslike standvastigheid getuig van die betroubaarheid van

die beloftes van God-van Sy blywende teenwoordigheid en volgehou genade. Dit getuig

van die krag van geloof om die magte van die wêreld te weerstaan. Dit is die werk van

geloof om in die donkerste uur rus by God te vind, om te voel, hoe ook al beproef en deur

die tyd van storms heen en weer geslinger te word, dat ons Vader aan die stuur is. Slegs

die oog van geloof kan verder as die tydelike dinge sien om die waarde van die ewige

rykdom reg te skat.DHDA 494.2

Jesus bied nie aan Sy volgelinge die vooruitsig om aardse glorie en rykdom te verkry,

om ‘n lewe vry van beproewing te ly nie. In plaas daarvan doen Hy ‘n beroep op hulle om

Hom op die weg van selfverloëning en verwyt te volg. Hy wat gekom het om die wêreld te

verlos, is deur die verenigde magte van die bose teëgestaan. Bose manne en bose engele

het hulle, in ‘n genadelose verbond, teen die Vredevors geskaar. Sy elke woord en daad het

van Goddelike deernis getuig en Sy ongelykvormigheid aan die wêreld het die bitterste

vyandskap uitgelok.DHDA 495.1

So sal dit met almal wees wat godvrugtig in Christus Jesus sal lewe. Vervolging en

smaad wag op almal wat met die Gees van Christus deurdrenk is. Die aard van die

vervolging verander saam met die tye, maar die beginsel-die onderliggende gees-is

dieselfde as die wat die uitverkorenes van die Here sedert die dae van Abel gedood

het.DHDA 495.2

Deur al die eeue het Satan die volk van God vervolg. Hy het hulle gemartel en

doodgemaak, maar in hulle sterwe het hulle oorwinnaars geword. Hulle het van die mag

van die Een getuig wat magtiger as Satan is. Goddelose mense mag die liggaam martel en

doodmaak, maar hulle kan nie aan die lewe wat met Christus in God verborge is raak nie.

Hulle kan manne en vroue in gevangenisse opsluit, maar hulle kan die gees nie bind

nie.DHDA 495.3

Deur beproewing en vervolging word die heerlikheid, die karakter van God, in Sy

uitverkorenes geopenbaar. Die gelowiges in Christus, deur die wêreld gehaat en vervolg,

word in die skool van Christus opgelei en gedissiplineer. Op aarde wandel hulle op nou

paadjies; hulle word in die vuuroond van ellende gereinig. Hulle volg Christus deur swaar

334


Die Handelinge van die Apostels

stryd; hulle verduur selfverloëning en ervaar bitter teleurstellings; maar so leer hulle die

skuld en die wee van die sonde ken en beskou dit met afsku. Aangesien hulle deel het aan

die lyding van Christus, kan hulle verby die somberheid na die heerlikheid kyk en sê: “Ek

reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons

geopenbaar sal word nie.” (Romeine 8:18).DHDA 495.4

335


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 57—Die Openbaring

In die dae van die apostels was die Christengelowiges gevul met erns en entoesiasme.

So onvermoeid het hulle vir hulle Meester gewerk, dat die evangelie van die koninkryk,

ongeag hewige teenkanting, in ‘n betreklike kort tyd in al die bewoonde dele van die aarde

verkondig is. Die ywer wat op hierdie stadium deur die volgelinge van Jesus geopenbaar

is, is deur die pen van Ingewing opgeteken, vir die bemoediging van gelowiges in elke eeu.

Van die kerk in Éfese, wat die Here Jesus as ‘n simbool van die ganse Christelike kerk in

die apostoliese tydperk gebruik het, het die getroue en waaragtige Getuie verklaar:DHDA

497.1

“Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid en dat jy slegte mense nie kan

verdra nie; en dat jy die op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie

en hulle leuenaars bevind het; en dat jy verdra het en lydsaamheid besit en ter wille van

My Naam gearbei en nie moeg geword het nie.” (Openbaring 2:2,3).DHDA 497.2

Die aanvanklike ervaring van die kerk in Éfese is deur kinderlike eenvoud en ywer

gekenmerk. Die gelowiges het ernstig gepoog om elke woord van God te gehoorsaam en

hulle lewens het ‘n ernstige, opregte liefde vir Christus geopenbaar. Hulle het hulle daarin

verheug om die wil van God te doen omdat die Verlosser ‘n blywende teenwoordigheid in

hulle harte was. Gevul met liefde vir hul Verlosser, was hulle hoogste strewe om siele vir

Hom te wen. Hulle het nie daaraan gedink om die kosbare skat van die genade van Christus

vir hulself op te gaar nie. Hulle het die belangrikheid van hulle roeping gevoel en belas met

die boodskap: “Vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!”, het hulle van verlange gebrand

om die blye boodskap van verlossing na die uiterste uithoeke van die aarde oor te dra. En

die wêreld het van hulle kennis geneem dat hulle by Jesus was. Sondige mense wat

berouvol was het vergifnis ontvang, is gereinig en geheilig is en het deur Sy Seun

medewerkers van God geword.DHDA 497.3

Die lede van die kerk was verenig, een in gesindheid en optrede. Liefde vir Christus

was die goue ketting wat hulle saamgebind het. Hulle het gevolglik daarna gestreef om die

Here al meer volkome te leer ken en in hul lewens is die vreugde en vrede van Christus

geopenbaar. Hulle het die wese en die weduwees in hul swaarkry besoek en hulle

vlekkeloos van die wêreld bewaar, omdat hulle besef het dat indien hulle sou versuim om

dit te doen, dit ‘n weerspreking van hul belydenis sou wees en ‘n verloëning van hul

Verlosser.DHDA 498.1

Die werk is in elke stad voortgedra. Siele het tot bekering gekom, wat op hulle beurt

genoop gevoel het om van die onskatbare rykdom wat hulle ontvang het, te vertel. Hulle

kon nie rus voordat die lig wat hulle gees verlig het, ook op ander geskyn het nie. ‘n

Menigte van ongelowiges is bekend gemaak met die redes vir die Christen se hoop. Warm,

besielende persoonlike oproepe is tot die dwalendes en die uitgeworpenes gerig en diegene

336


Die Handelinge van die Apostels

wat, hoewel hulle die waarheid ken, meer liefhebbers van genot was as liefhebbers van

God.DHDA 498.2

Maar mettertyd het die ywer van die gelowiges begin kwyn en hulle liefde vir God en

vir mekaar het al minder geword. Kilheid het die kerk binnegesluip. Sommige het vergeet

op watter wonderbaarlike manier hulle die waarheid ontvang het. Een vir een het die ou

vaandeldraers van hulle poste geval. Sommige van die jonger werkers, wat moontlik die

laste van hierdie baanbrekers kon gedeel het en sodoende as wyse leiers voorberei kon

geword het, het moeg geraak vir die waarhede wat so dikwels herhaal is. In hulle begeerte

na iets nuuts en opsienbarend, het hulle gepoog om nuwe leerstellings in te bring wat vir

baie mense meer aanneemlik sou wees, maar wat nie in ooreenstemming met die

fundamentele beginsels van die evangelie is nie. In hul selfvertroue en geestelike blindheid,

kon hulle nie agterkom dat hierdie drogredenasies aanleiding daartoe sou gee dat baie

mense die ervarings van die verlede sou bevraagteken nie en sodoende tot verwarring en

ongeloof sou lei nie.DHDA 498.3

Namate hierdie valse leerstellings aangespoor is, het daar geskille ontstaan en die oë

van baie mense het van Jesus, die Leidsman en Voleinder van hulle geloof weggedraai.

Die bespreking van onbelangrike leerstellings en die oordenking van gunstige verdigsels

van die mens se uitvindsel, het tyd in beslag geneem wat aan die verkondiging van die

evangelie bestee moes gewees het. Die massas wat moontlik deur die getroue aanbieding

van die waarheid oortuig en bekeer kon word, is onbewaak gelaat. Vroomheid was vinnig

besig om te kwyn en dit het gelyk asof Satan op die punt was om die oorhand oor diegene

wat beweer het dat hulle volgelinge van Christus is, te verkry.DHDA 499.1

Dit was in hierdie kritieke tydperk in die geskiedenis van die kerk dat Johannes as

banneling na Patmos gevonnis is. Nog nooit tevore het die kerk sy stem so nodig gehad

soos nou nie. Byna al sy voormalige medewerkers in die evangeliebediening het ‘n

marteldood gely. Die oorblyfsel van die gelowiges het voor hewige opposisie te staan

gekom. Aan alle uiterlike voorkomste geskat, was die dag wanneer die vyande van die kerk

van Christus sou seëvier, nie meer ver in die toekoms nie.DHDA 499.2

Maar die hand van die Here het ongesiens in die duisternis beweeg. In die

voorsienigheid van God is Johannes op ‘n plek geplaas waar Christus aan hom ‘n

wonderbaarlike openbaring van Homself en van die Goddelike waarheid vir die verligting

van die kerke kon gee.DHDA 499.3

Deur die ballingskap van Johannes, het die vyande van die waarheid gehoop om die

stem van God se getroue getuie vir ewig die stil te maak; maar op Patmos het die dissipel

‘n boodskap ontvang waarvan die invloed tot aan die einde van die tyd, die kerk sou

versterk. Alhoewel hulle nie van die verantwoordelikheid vir hul verkeerde daad

vrygespreek kon word nie, het diegene wat Johannes verban het werktuie in die hande van

337


Die Handelinge van die Apostels

God geword om die plan van die hemel uit te voer en die einste poging om die lig uit te

doof, het die waarheid in ‘n duidelike lig gestel.DHDA 499.4

Dit was op die Sabbat dat die Here van heerlikheid aan die banneling verskyn het.

Johannes het die Sabbat gedurende sy ballingskap op Patmos net so heilig gehou soos toe

hy vir die mense in die dorpe en stede van Judea gepreek het. Hy het die kosbare beloftes

aangaande daardie dag vir homself opgeëis. Johannes skryf: “Ek was in die Gees op die

dag van die Here en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê: Ek

is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste ... Toe draai ek my om, om te sien watter

stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars en

tussen die sewe kandelaars, Een soos die Seun van die mens.” (Openbaring 1:10-

13).DHDA 500.1

Hierdie geliefde dissipel was ryklik begunstig. Hy het sy Meester in Getsémané

gesien, Sy gesig met bloeddruppels van smart opgemerk, “...so misvormd was sy

voorkoms, geen mens meer nie en sy gestalte was nie soos die van ‘n mensekind nie.”

(Jesaja 52:14). Hy het Hom in die hande van die Romeinse soldate gesien in ‘n ou purper

kleed en met dorings bekroon. Hy het Hom aan die kruis van Golgota, die voorwerp van

wrede bespotting en mishandeling, sien hang. Nou is Johannes weereens die voorreg gegun

om sy Here te aanskou. Maar hoe veranderd was Sy voorkoms! Hy was nie meer die Man

van smarte, deur mense verag en verneder nie. Hy was met ‘n gewaad van hemelse glans

geklee. “Sy hoof en hare...” is “...wit soos wit wol, soos sneeu en sy oë soos ‘n vuurvlam

en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond.” (Openbaring 1:14,15). Sy stem

was soos die musiek van baie waters. Sy aangesig het soos die son geskyn. In Sy hand was

sewe sterre en uit Sy mond het ‘n tweesnydende swaard gegaan, ‘n embleem van die krag

van Sy woord. Patmos is deur die heerlikheid van die opgestane Here luisterryk

gemaak.DHDA 500.2

“En toe ek Hom sien...” skryf Johannes, “...val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy

het Sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie.” (vers 17).DHDA 501.1

Johannes is versterk om in die teenwoordigheid van sy verheerlikte Here te bly lewe.

Toe is die heerlikhede van die hemel voor sy verwonderde oë geopen. Dit was hom vergun

om die troon van God te sien, verby die konflikte van die aarde te kyk en die wit gewaad

van die verlostes te aanskou. Hy het die musiek van die hemelse engele en die triomfantlike

liedere van diegene wat deur die bloed van die Lam en die woord van hulle getuienis

oorwin het, gehoor. In die openbaring wat aan hom gegee is, is die een opwindende toneel

na die ander van die ervaring van die volk van God ontvou en die geskiedenis van die kerk

tot aan die einde van die tyd voorspel. Met beelde en simbole is onderwerpe van groot

belang aan Johannes geopenbaar en hy moes dit opteken sodat die volk van God wat in sy

tyd en in die toekomstige eeue sou leef, ‘n intelligente begrip van die gevare en konflikte

wat voor hulle lê, kon hê.DHDA 501.2

338


Die Handelinge van die Apostels

Hierdie openbaring is gegee vir die leiding en vertroosting van die kerk dwarsdeur die

Christelike bedeling. Tog het godsdienstige leraars verklaar dat dit ‘n verseëlde boek is en

dat die geheime daarvan nie verklaar kon word nie. Daarom het baie mense hulle van die

profetiese verslag afgewend en geweier om tyd aan die studie van die verborgenhede

daarvan te bestee. Maar God wil nie hê dat Sy volk die boek so moet beskou nie. Dit is

“...die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te

toon wat gou moet gebeur ... Salig is hy wat die woorde van die profesie lees...” sê die Here

“...en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.” (Verse 1,3.)

“Ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand

by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek

geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem,

dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die

dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is. Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou.”

(Openbaring 22:18-20).DHDA 501.3

In die Openbaring word die diep dinge van God uitgebeeld. Die naam van die

geïnspireerde bladsye, “...die Openbaring...”, weerspreek die stelling dat dit ‘n verseëlde

boek is. ‘n Openbaring is iets wat geopenbaar word. Die Here self het die verborgenhede

in hierdie boek aan Sy dienaar geopenbaar en dit is Sy doel dat dit vir almal oop vir studie

sal wees. Die waarhede daarin vervat, is aan diegene wat in die laaste dae van hierdie aarde

se geskiedenis leef gerig, sowel as diegene wat in die dae van Johannes geleef het.

Sommige van die tonele wat in die profesie uitgebeeld word, was in die verlede en sommige

vind tans plaas; sommige wys op die beëindiging van die groot stryd tussen die magte van

die duisternis en die Vors van die hemel en ander openbaar die triomf en vreugde van die

verlostes op die nuwe aarde.DHDA 502.1

Niemand moet dink dat, omdat hulle nie die betekenis van elke simbool in die boek

Openbaring kan verklaar nie, dit nutteloos is vir hulle om hierdie boek te ondersoek in ‘n

poging om die betekenis van die waarhede daarin vervat te ken nie. Die Een wat hierdie

verborgenhede aan Johannes geopenbaar het, sal aan die ywerige soeker na waarheid ‘n

voorsmaak van die hemelse dinge gee. Diegene wie se harte oop is om die waarheid te

ontvang, sal in staat wees om die leerstellings daarvan te begryp en hy sal die seëninge

ontvang wat aan diegene gegee word wat “...die woorde van die profesie ... hoor en bewaar

wat daarin geskrywe is.”DHDA 502.2

In Openbaring ontmoet en eindig al die boeke van die Bybel. Hier is die aanvulling

van die boek Daniël. Die een is ‘n profesie; die ander ‘n openbaring. Die verseëlde boek is

nie die Openbaring nie, maar die gedeelte van die profesie van Daniël wat betrekking het

op die laaste dae. Die engel het beveel: “En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël

die boek tot die tyd van die einde toe.” (Daniël 12:4).DHDA 503.1

339


Die Handelinge van die Apostels

Dit was Christus wat die apostel gebied het om die dinge wat aan hom geopenbaar

word op te teken. Hy het beveel: “Skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe

gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pergamus en Thiatire en Sardis en

Filadelfia en Laodicea ... Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid ... Skryf die

dinge op wat jy gesien het, die wat is sowel as die wat gaan gebeur; die verborgenheid van

die sewe sterre wat jy in My regterhand gesien het en die sewe goue kandelaars: die sewe

sterre is die engele van die sewe gemeentes en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die

sewe gemeentes.” (Openbaring 1:11,18-20).DHDA 503.2

Die name van die sewe gemeentes is simbolies van die kerk in die verskillende

tydperke van die Christelike era. Die getal 7 dui op volledigheid en is simbolies van die

feit dat die boodskappe tot aan die einde van die tyd strek, terwyl die simbole wat gebruik

word, die toestand van die kerk op verskillende tye in die wêreldgeskiedenis dui.DHDA

503.3

Daar word van Christus gepraat dat Hy te midde van die goue kandelaars gewandel

het. Dit is simbolies van Sy verhouding tot die gemeentes. Hy is in voortdurende

kommunikasie met Sy mense. Hy ken hulle ware toestand. Hy neem hulle orde, hulle

vroomheid en hulle toewyding waar. Alhoewel Hy in die hemelse heiligdom Hoëpriester

en Middelaar is, word Hy voorgestel dat Hy op en af tussen Sy gemeentes op aarde loop.

Met onvermoeide waaksaamheid en onophoudelike oplettendheid kyk Hy of die lig van

enigeen van Sy wagte swakker word of doodgaan. As die kandelaars bloot aan menslike

sorg oorgelaat was, sou die flikkerende vlam kwyn en doodgaan; maar Hy is die ware

Wagter in die huis van die Here, die ware Bewaarder van die tempelhowe. Sy volgehoue

sorg en ondersteunende genade is die bron van lewe en die lig.DHDA 503.4

Christus word voorgestel dat Hy sewe sterre in Sy regterhand hou. Dit gee ons die

versekering dat geen kerk wat aan sy pand getrou is, hoef te vrees dat hy tot niet sal gaan

nie, want geen ster wat die beskerming van die Almagtige geniet kan uit die hand van

Christus geruk word nie.DHDA 504.1

“Dit sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou...” (Openbaring 2:1). Hierdie

woorde word aan die leraars van die gemeentes gerig-diegene wat deur God met gewigtige

verantwoordelikhede toevertrou word. Die lieflike invloede wat in die kerk oorvloedig

moet wees, is verbonde aan die dienaars van God wat die liefde van Christus moet

openbaar. Die sterre van die hemel is onder Sy beheer. Hy verskaf lig aan hulle. Hy lei en

rig hul bewegings. As Hy dit nie gedoen het nie, sou hulle gevalle sterre geword het. Dit

geld ook vir Sy leraars. Hulle is slegs instrumente in Sy hande en elke goed wat hulle

bewerk, word deur Sy krag gedoen. Sy lig moet deur hulle skyn. Die Verlosser moet hulle

doeltreffendheid wees. As hulle na Hom opsien soos Hy na die Vader opgesien het, sal

hulle in staat gestel word om Sy werk te doen. Indien hulle God hul afhanklikheid maak,

sal Hy aan hulle Sy glans gee om in die wêreld te weerspieël.DHDA 504.2

340


Die Handelinge van die Apostels

Die verborgenheid van die ongeregtigheid wat Paulus voorspel het, het reeds vroeg in

die geskiedenis van die kerk sy verderflike werk begin en terwyl die valse leraars

aangaande wie Petrus die gelowiges gewaarsku het, hulle ketterye aan andere opgedring

het, is vele deur hul valse leerstellings verstrik. Sommige het onder die beproewinge

gewankel en in die versoeking gekom om die geloof prys te gee. In die tyd toe hierdie

openbaring aan Johannes gegee is, het talle reeds hul eerste liefde vir die

evangeliewaarheid verloor. Maar in Sy genade het God die kerk nie alleen gelaat om in sy

afvallige toestand voort te gaan nie. Deur middel van ‘n boodskap vol oneindige teerheid

het Hy Sy liefde vir hulle en Sy verlange dat hulle ‘n gewisse werk vir die ewigheid moes

doen, geopenbaar. Hy het gesmeek: “Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer

jou en doen die eerste werke” (vers 5).DHDA 504.3

Die kerk was gebrekkig en het behoefte gehad aan strenge bestraffing en kastyding en

Johannes is besiel om boodskappe van waarskuwing en bestraffing en dringende smeking

tot diegene wat die grondbeginsels van die evangelie uit die oog verloor het en hulle hoop

op die saligheid daardeur in gevaar sou stel, te rig. Maar die woorde van bestraffing wat

God nodig geag het om te stuur, word altyd met tedere liefde gespreek en met die belofte

van vrede vir die boetvaardige gelowige. “Kyk...” sê die Here, “...Ek staan by die deur en

Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam

met Hom maaltyd hou en hy met My.” (Openbaring 3:20).DHDA 505.1

En vir diegene wat te midde van die stryd aan hulle geloof in God vashou, is daar aan

die profeet woorde van lof en belofte gegee: “Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n

geopende deur gegee en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord

bewaar en my Naam nie verloën nie ... Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar

het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die

bewoners van die aarde op die proef te stel.” Die gelowiges is vermaan: “Wees wakker en

versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe ... Kyk, Ek kom gou! Hou vas

wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.” (Verse 8,10,2,11).DHDA 505.2

Dit was deur iemand wat homself as ‘n “...broeder en deelgenoot in die verdrukking...”

(Openbaring 1:9) verklaar het, dat Christus aan Sy kerk die dinge geopenbaar het wat hulle

ter wille van Hom moet ly. Toe hy deur die lang eeue van duisternis en bygeloof gekyk

het, het die bejaarde banneling gesien hoe menigtes as gevolg van hul liefde vir die

waarheid, martelaarskap ly. Maar hy het ook gesien dat Hy wat die vroeë getuies

ondersteun het, nie Sy getroue volgelinge gedurende die eeue van vervolging wat hulle

voor die einde van die tyd moes verduur, sou verlaat nie. “Vrees vir niks wat jy sal ly nie...”

het die Here gesê. “Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat

julle op die proef gestel kan word; en julle sal ... verdrukking hê. Wees getrou tot die dood

toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.” (Openbaring 2:10).DHDA 505.3

341


Die Handelinge van die Apostels

En aan al die getroues wat teen die bose gestry het, het Johannes die belofte gehoor:

“Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne- in die

paradys van God is ... Wie oorwin, sal beklee word met wit klere en Ek sal sy naam nooit

uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy

engele ... Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek

ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.” (Vers 7;3:5,21).DHDA

506.1

Johannes het die barmhartigheid, die deernis en die liefde van God, met Sy heiligheid,

regverdigheid en krag sien saamsmelt. Hy het gesien dat sondaars ‘n Vader in Hom, vir

wie hulle weens hulle sondes bang was, vind. En toe hy verby die einde van die groot stryd

kyk, sien hy op die berg Sion “...die oorwinnaars ... by die see van glas...” staan “...met

siters van God.” Hulle het daar die “...lied ... van Moses...” en van die Lam gesing.

(Openbaring 15:2,3).DHDA 506.2

Die Heiland word aan Johannes in simbole van “...die Leeu wat uit die stam van Juda

is...” en “...’n Lam asof Hy geslag is...” voorgestel. (Openbaring 5:5,6). Hierdie simbole

verteenwoordig die vereniging van almagtige krag en selfopofferende liefde. Die Leeu van

Juda, so vreesaanjaend vir die verwerpers van Sy genade, sal vir die gehoorsames en

getroues die Lam van God wees. Die vuurkolom wat verskrikking en toorn tot die oortreder

van God se wet spreek, is ‘n teken van lig en barmhartigheid en verlossing vir diegene wat

Sy gebooie onderhou het. Die arm wat sterk is om die opstandiges te verslaan, sal sterk

wees om die getroues te red. Almal wat getrou is, sal gered word. “Hy sal sy engele uitstuur

met harde trompetgeluid en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van

die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.” (Mattheus 24:31).DHDA

506.3

In vergelyking met die miljoene van die wêreld, sal God se volk, soos hulle nog altyd

was, ‘n klein kuddetjie wees; maar as hulle vir die waarheid soos in Sy Woord geopenbaar

staan, sal God hulle toevlug wees. Hulle staan onder die beskerming van die breë skild van

die Almagtige. God is altyd ‘n meerderheid. Wanneer die klank van die laaste basuin tot in

die gevangenis van die afgestorwenes deurdring en die regverdiges triomfantlik uitkom en

uitroep: “Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?” (1 Korinthiërs

15:55), sal die getroues uit alle eeue wat by God, by Christus en by die engele staan,

verreweg in die meerderheid wees.DHDA 507.1

Christus se ware dissipels sal Hom deur bittere stryd volg, selfverloëning verduur en

bittere teleurstellings ervaar; maar dit leer hulle die skuld en wee van die sonde en hulle

word daartoe gelei om dit met afsku te bejeën. As deelgenote aan die lyding van Christus,

is hulle bestem om deelgenote aan Sy heerlikheid te wees. In ‘n heilige visioen het die

profeet die uiteindelike oorwinning van God se oorblyfselkerk gesien. Hy het

geskryf:DHDA 507.2

342


Die Handelinge van die Apostels

“Ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars ... het

ek by die see van glas sien staan, met siters van God. En hulle het die lied gesing van

Moses, die dienskneg van God en die lied van die Lam en gesê: Groot en wonderlik is U

werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is U weë, o Koning van die heiliges!”

(Openbaring 15:2,3).DHDA 507.3

“En ek het gesien en kyk, die Lam staan op die berg Sion en saam met Hom honderdvier-en-veertigduisend

met Sy Naam en die Naam van Sy Vader op hulle voorhoofde

geskrywe.” (Openbaring 14:1). In hierdie wêreld het hulle hul gedagtes aan God gewy;

hulle het Hom met hart en verstand gedien; en nou kan Hy Sy Naam “...op hulle

voorhoofde... ” skryf. “En hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.” (Openbaring

22:5). Hulle gaan nie in en uit soos diegene wat vir ‘n plek bedel nie. Hulle is van die getal

aan wie Christus sê: “Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle

berei is van die grondlegging van die wêreld af.” Hy verwelkom hulle as Sy kinders en sê:

“Gaan in in die vreugde van jou heer.” (Mattheus 25:34,21).DHDA 508.1

“Dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit

die mense as eerstelinge vir God en die Lam.” (Openbaring 14:4). In die visioen sien die

profeet hulle op die berg Sion staan, omgord vir heilige diens, in wit linne geklee, dit is,

die geregtigheid van die heiliges. Maar almal wat die Lam in die hemel volg, moes Hom

eers op aarde gevolg het, nie prikkelbaar of wispelturig nie, maar met betroubare,

liefdevolle, gewillige gehoorsaamheid, soos ‘n kudde die herder volg.DHDA 508.2

“Ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters. En hulle het ‘n

nuwe lied gesing voor die troon ... en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderdvier-en-veertigduisend

wat van die aarde vrygekoop is. ... En in hulle mond is daar geen

bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.” (Verse

2¬5).DHDA 508.3

“En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit

die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is ... En sy lig was soos ‘n baie

kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen. En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf

poorte gehad en by die poorte twaalf engele en name daarop geskrywe, naamlik die van

die twaalf stamme van die kinders van Israel ... Die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen

van die poorte was uit een pêrel en die straat van die stad was suiwer goud soos

deurskynende glas. En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die

Almagtige, is sy tempel en die Lam.” (Openbaring 21:2,11,12,21,22).DHDA 508.4

“En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie en die troon van God en van die

Lam sal daarin wees en sy diensknegte sal Hom dien. En hulle sal sy aangesig sien en sy

Naam sal op hulle voorhoofde wees. En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp

of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig.” (Openbaring 22:3-5).DHDA 509.1

343


Die Handelinge van die Apostels

“En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal,

wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. In die middel van sy straat en

weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke

maand sy vrugte gee en die blare van die boom is tot genesing van die nasies ... Salig is die

wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die

poorte in die stad.” (Verse 1,2,14).DHDA 509.2

“En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê:DHDA 509.3

“Kyk, die tabernakel van God is by die mense en Hy sal by hulle woon en hulle sal sy

volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.” (Openbaring 21:3).DHDA 509.4

344


Die Handelinge van die Apostels

Hoofstuk 58—Die Seëvierende Kerk

Meer as agtien eeue het verloop sedert die apostels van hulle arbeid gerus het, maar

die geskiedenis van hulle moeite en opofferings ter wille van Christus is steeds een van die

kosbaarste skatte van die kerk. Hierdie geskiedenis, geskryf onder leiding van die Heilige

Gees, is opgeteken sodat die volgelinge van Christus in elke eeu tot groter ywer en erns in

die saak van die Verlosser aangespoor kan word.DHDA 510.1

Die dissipels het die opdrag wat Christus aan hulle gegee het, uitgevoer. Soos hierdie

boodskappers van die kruis uitgegaan het om die evangelie te verkondig, was daar so ‘n

openbaring van die heerlikheid van God, soos wat die sterflike mens nog nooit tevore

ervaar het nie. Deur die samewerking van die Goddelike Gees, het die apostels ‘n werk

verrig wat die wêreld geskud het. Die evangelie is in een generasie na elke nasie

oorgedra.DHDA 510.2

Glorieryk was die resultate van die bediening van die uitverkore apostels van Christus.

Aan die begin van hul bediening was sommige van hulle ongeletterd, maar hulle toewyding

aan die saak van hul Meester was onvoorwaardelik en onder Sy leiding is hulle voorberei

vir die groot werk wat aan hulle opgedra was. Genade en waarheid het in hul harte geheers,

hulle motiewe geïnspireerd en hulle optrede beheersd. Hulle lewens was met Christus in

God geborge en die self is uit die oog verloor, in die diepte van oneindige liefde

verswelg.DHDA 510.3

Die dissipels was manne wat geweet het hoe om met opregtheid te praat en te bid,

manne wat die krag van die Sterkte van Israel kon aangryp. Hoe naby het hulle aan God se

sy gestaan en hul persoonlike eer aan Sy troon verbind! Jehova was hulle God. Sy eer was

hulle eer. Sy waarheid was hulle waarheid. Elke aanval op die evangelie was asof hul siel

diep deurboor is en met alle mag tot hul beskikking het hulle vir die saak van Christus

geveg. Hulle kon die woord van die lewe voorhou omdat hulle die hemelse salwing ontvang

het. Hulle het groot verwagtinge gehad; daarom het hulle baie gewaag. Christus het

Homself aan hulle geopenbaar en hulle het na Hom opgesien en leiding by Hom gesoek.

Hulle begrip van die waarheid en hul krag om teëstand te weerstaan, was gelykstaande aan

hulle ooreenstemming met die wil van God. Jesus Christus, die wysheid en krag van God,

was die hooftema van elke preek. Sy Naam-die enigste Naam wat onder die hemel gegee

is waardeur mense gered kan word-is deur hulle verhef. Wanneer hulle die volmaaktheid

van Christus, die opgestane Verlosser verkondig het, het hulle woorde harte aangeroer en

is manne en vroue vir die evangelie gewen. Menigtes wat die Verlosser se Naam beledig

het en Sy mag geminag het, het hulself nou as dissipels van die Gekruisigde bely.DHDA

510.4

Die apostels het hulle sending nie in eie krag uitgevoer nie, maar in die krag van die

lewende God. Hulle werk was nie maklik nie. Die aanvang van die Christelike kerk se werk

345


Die Handelinge van die Apostels

is deur ontbering en bitter smart gekenmerk. In hulle werk het die dissipels voortdurend

ontbering, laster en vervolging teëgekom; maar hulle het nie hul lewens vir hulself dierbaar

geag nie en het hulle verbly dat hulle geroep is om vir Christus te ly. Wankelmoedigheid,

besluiteloosheid en onsekerheid het geen plek in hul arbeid gehad nie. Hulle was bereid

om te gee en gebruik te word. Die bewustheid van die verantwoordelikheid wat op hulle

gerus het, het hulle ervaring gesuiwer en verryk en die genade van die hemel is in die

oorwinnings wat hulle vir Christus behaal het geopenbaar. Met die mag van Sy almag, het

God deur hulle gewerk om die evangelie te laat seëvier.DHDA 511.1

Op die grondslag wat Christus self gelê het, het die apostels die kerk van God gebou.

In die Skrif word die beeld van die oprigting van ‘n tempel gereeld gebruik om die bou van

die kerk te illustreer. Sagaria verwys na Christus as die Spruit wat die tempel van die Here

sou bou. Hy praat van die Heidene wat met die werk behulpsaam sou wees: “Die wat ver

is, sal kom en aan die tempel van die Here bou.” Jesaja verklaar verder: “Uitlanders sal jou

mure bou.” (Sagaria 6:12,15; Jesaja 60:10).DHDA 511.2

Aangaande die oprigting van hierdie tempel, skryf Petrus: “Kom na Hom toe, die

lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;

en laat hulle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom,

om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.” (1 Petrus

2:4,5).DHDA 512.1

In die steengroef van die Joodse en die Heidense wêreld, het die apostels gewerk en

stene uitgehaal om op die fondament te lê. In sy brief aan die gelowiges in Éfese sê Paulus:

“So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges

en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus

Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige

tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die

Gees.” (Efesiërs 2:19-22).DHDA 512.2

En aan die Korinthiërs het hy geskryf: “Volgens die genade van God wat aan my gegee

is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê en ‘n ander bou daarop; maar

elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat

daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op die fondament bou goud, silwer,

kosbare stene, hout, hooi, stoppels-elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit

aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die

proef stel, hoedanig dit is.” (1 Korinthiërs 3:10-13).DHDA 512.3

Die apostels het op ‘n vaste fondament gebou, naamlik die Rots van die Eeue. Na

hierdie fondament het hulle die stene gebring wat hulle uit die steengroewe van die wêreld

gehaal het. Die bouers het nie ongehinderd gearbei nie. Hulle werk is buitengewoon deur

die teëstand van die vyande van Christus bemoeilik. Hulle moes stry teen die dweepsug,

346


Die Handelinge van die Apostels

vooroordeel en die haat van diegene wat op ‘n valse fondament gebou het. Baie wat as

bouers van die kerk gewerk het, kon met die bouers van die muur in Nehemia se tyd,

vergelyk word, van wie daar geskryf staan: “Van die bouers aan die muur het die lasdraers

hulle werk so gedoen dat hulle met die een hand die werk verrig het, terwyl die ander hand

die werpspies vashou.” (Nehemia 4:17).DHDA 513.1

Konings en goewerneurs, priesters en owerstes het die tempel van God probeer

vernietig. Maar te midde van gevangenisstraf, marteling en dood, het getroue manne die

werk voortgesit; en die struktuur het mooi en simmetries gegroei. Soms was die werkers

byna verblind deur die mistigheid van bygeloof wat hulle omring het. Soms is hulle byna

deur die geweld van hul teëstanders oorweldig. Maar met onwankelbare geloof en

onverbiddelike moedigheid het hulle met die werk voortgegaan.DHDA 513.2

Een na die ander het die voorste bouers voor die hand van die vyand geval. Stefanus

is gestenig; Jakobus is met die swaard gedood; Paulus is onthoof; Petrus is gekruisig;

Johannes is verban. Nogtans het die kerk gegroei. Nuwe werkers het die plek van die wat

geval het ingeneem en steen na steen is by die gebou gevoeg. So het die tempel van die

kerk van God geleidelik gegroei.DHDA 513.3

Eeue van hewige vervolging het na die totstandkoming van die Christelike kerk

gevolg, maar daar was nooit ‘n gebrek aan manne wat die werk om God se tempel te bou,

meer kosbaar as die lewe self geag het nie. Aangaande hulle staan daar geskryf: “Ander

weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.

Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het

rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandeldie

wêreld was hulle nie werd nie-hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in

spelonke en skeure in die grond.” (Hebreërs 11:36-38).DHDA 513.4

Die vyand van geregtigheid het niks ongedaan gelaat in sy poging om die werk wat

aan die Here se bouers toevertrou is, te staak nie. Maar God het “...Homself nie onbetuig

gelaat nie.” (Handelinge 14:17). Werkers is opgewek wat die geloof wat eenmaal aan die

heiliges toevertrou is, bekwaam verdedig het. Die geskiedenis getuig van die

standvastigheid en heldhaftigheid van hierdie manne. Soos die apostels, het baie van hulle

op hulle poste geval, maar die bou van die tempel het geleidelik voortgegaan. Die

werksmanne is gedood, maar die werk het gevorder. Die Waldense, John Wycliffe, Huss,

Jeronimus, Martin Luther en Zwingli, Cranmer, Latimer en Knox, die Hugenote, John en

Charles Wesley en nog ‘n menigte ander het boumateriaal vir die fondasie gebring wat tot

in alle ewigheid sal bestaan. En in latere jare het diegene wat so edelmoedig gepoog het

om die verspreiding van God se woord te bevorder en diegene wat deur hul diens in

heidense lande die weg vir die verkondiging van die laaste groot boodskap voorberei het,

almal gehelp om die struktuur op te rig.DHDA 514.1

347


Die Handelinge van die Apostels

Deur die eeue heen wat sedert die dae van die apostels verloop het, het die bouwerk

van die tempel van God nooit opgehou nie. Ons kan deur die eeue heen terugkyk en die

lewende stene daarvan sien wat soos ligstrale deur die duisternis van dwaling en bygeloof

skyn. Hierdie kosbare juwele sal deur die ewigheid met toenemende glans skyn en getuig

van die krag van die waarheid van God. Die flitsende lig van hierdie gepoleerde stene

openbaar die sterk kontras tussen lig en duisternis, tussen die goud van die waarheid en die

skuim van die dwaling.DHDA 514.2

Paulus en die ander apostels en al die regverdiges wat sedertdien geleef het, het hulle

aandeel tot die oprigting van die tempel bygedra. Maar die struktuur is nog nie voltooi nie.

Ons wat in hierdie era leef, het ‘n werk om te doen, ‘n rol om te speel. Ons moet

boumateriaal op die fondasie neerlê wat die vuurproef sal deurstaan-goud, silwer, kosbare

stene “...wat uitgebeitel is na die boustyl van ‘n paleis.” (Psalm 144:12). Tot diegene wat

so vir God bou, spreek Paulus woorde van bemoediging en vermaning: “As iemand se werk

bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word,

sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.” (1 Korinthiërs

3:14,15). Die Christen wat die woord van die lewe getrou aanbied en manne en vroue in

die weg van heiligheid en vrede lei, bring standhoudende boumateriaal na die fondasie en

in die koninkryk van God sal hy as ‘n wyse bouer vereer word.DHDA 515.1

Van die apostels staan geskrywe: “Hulle het uitgegaan en oral gepreek en die Here het

saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.” (Markus16:20).

Soos Christus Sy dissipels uitgestuur het, stuur Hy vandag die lede van Sy kerk uit.

Dieselfde mag wat die apostels gehad het, is ook tot hulle beskikking. As hulle God hul

krag sal maak, sal Hy met hulle saamwerk en hulle sal nie tevergeefs arbei nie. Laat hulle

besef dat die werk waarmee hulle besig is, ‘n werk is waarop die Here Sy seël geplaas het.

God het aan Jeremia gesê: “Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur,

moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek. Wees vir hulle nie bevrees nie,

want Ek is met jou om jou uit te red ... Toe het die Here Sy hand uitgestrek...” en Sy

dienskneg se mond aangeraak met die woorde: “Hiermee lê Ek my woorde in jou mond.”

(Jeremia 1:7-9). En Hy beveel ons om uit te gaan en die woorde te spreek wat Hy vir ons

gee, terwyl ons Sy heilige aanraking op ons lippe voel.DHDA 515.2

Christus het ‘n heilige opdrag aan die kerk gegee. Elke lidmaat behoort ‘n kanaal te

wees waardeur God die skatte van Sy genade, die ondeurgrondelike rykdom van Christus,

kan oordra. Die Here begeer niks meer as agente wat Sy Gees en Sy karakter in die wêreld

sal verteenwoordig nie. Daar is niks wat die wêreld meer benodig as die manifestasie, deur

die mensdom, van die Heiland se liefde nie. Die wêreld het aan niks ‘n groter behoefte as

die openbaring van die Heiland se liefde deur die mensdom nie. Die ganse hemel wag op

manne en vroue deur wie God die krag van die Christendom kan openbaar.DHDA 516.1

348


Die Handelinge van die Apostels

Die kerk is die verteenwoordiger van God vir die verkondiging van die waarheid, wat

deur Hom bemagtig word om ‘n spesiale werk te doen; as die kerk lojaal aan Hom is en al

Sy gebooie gehoorsaam, sal die voortreflikheid van die genade van God daarin woon. As

die kerk getrou aan sy trou is en die Here God van Israel eer, is daar geen mag wat hom

kan weerstaan nie.DHDA 516.2

Ywer vir God en Sy saak het die dissipels beweeg om met groot mag vir die evangelie

te getuig. Behoort ‘n soortgelyke ywer nie ons harte aan te vuur met vasberadenheid om

die verhaal van die verlossende liefde van Christus en Hom gekruisig, te vertel nie? Dit is

elke Christen se voorreg om nie net na die koms van die Heiland uit te sien nie, maar ook

om dit te verhaas.DHDA 516.3

As die kerk die kleed van Christus se geregtigheid sal aantrek en hom onttrek van alle

trou met die wêreld, sal ‘n helder en glorieryke dag aanbreek. God se belofte aan haar sal

vir ewig vasstaan. Hy sal haar ‘n ewige voortreflikheid maak, ‘n vreugde vir baie geslagte.

Die waarheid, wat diegene wat dit verag en verwerp verbygaan, sal seëvier. Alhoewel dit

soms blykbaar vertraag was, was die vooruitgang daarvan nooit gestuit nie. Wanneer die

boodskap van God teëstand ervaar, verleen Hy bykomende krag daaraan, sodat dit ‘n groter

invloed kan uitoefen. Dit is met Goddelike krag toegerus en sal deur die sterkste

hindernisse beweeg en oor elke versperring seëvier.DHDA 516.4

Wat het die Seun van God gedurende Sy lewe van swoeg en opoffering ondersteun?

Hy het die gevolge van die arbeid van Sy siel gesien en Hy was tevrede. Hy het die

ewigheid ingekyk en die geluk van diegene wat deur Sy vernedering vergifnis en die ewige

lewe ontvang het gesien. Sy oor het die gejuig van die verlostes gehoor. Hy het gehoor hoe

die vrygekooptes die lied van Moses en van die Lam sing.DHDA 517.1

Ons mag ‘n toekomsvisie hê, die seëninge van die hemel. In die Bybel word visioene

van toekomstige glorie geopenbaar, tonele wat deur die hand van God geskilder is en dit is

kosbaar vir Sy kerk. Deur geloof kan ons op die drumpel van die ewige stad staan en die

genadige verwelkoming hoor van diegene wat in hierdie lewe met Christus saamgewerk

het omdat hulle dit as ‘n eer beskou het om ter wille van Hom te ly. Wanneer hulle die

woorde: “Kom, julle geseëndes van my Vader...” hoor, werp hulle hul krone voor die voete

van die Verlosser neer terwyl hulle uitroep: “Die Lam wat geslag is, is waardig om te

ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof ... Aan Hom

wat op die troon sit en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag

tot in alle ewigheid!” (Mattheus 25:34; Openbaring 5:12,13.)DHDA 517.2

Daar begroet die verlostes diegene wat hulle na die Verlosser gely het en almal verenig

in lof aan Hom wat gesterf het, sodat mense die lewe wat met die lewe van die Vader

ooreenstem, kan hê. Die stryd is verby. Verdrukking en twis is beëindig.

Oorwinningsliedere vul die ganse hemel terwyl die verlostes die vreugdevolle noot van die

349


Die Handelinge van die Apostels

lied opneem: Waardig, waardig is die Lam wat geslag is en weer lewe, ‘n triomfantlike

Oorwinnaar.DHDA 517.3

“Na hierdie dinge het ek gesien en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon

tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor

die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met ‘n groot

stem geroep en gesê: “Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!”

(Openbaring 7,9,10).DHDA 517.4

“Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom en hulle het hul klere gewas en hul

klere wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en

dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal Sy tent oor hulle oopspan.

Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie en nooit sal die son of enige hitte op

hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle

na lewende waterfonteine lei en God sal alle trane van hulle oë afvee ... En daar sal geen

dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want

die eerste dinge het verbygegaan.” (Openbaring 7:14-17; 21:4).DHDA 518.1

350



In Afwagting van die Einde


Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!