28.02.2013 Views

PhD- Pieter Venter.GEREDIGEER Finaal 4

PhD- Pieter Venter.GEREDIGEER Finaal 4

PhD- Pieter Venter.GEREDIGEER Finaal 4

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ʼn Kritiese ondersoek na die stand van Afrikaanse professionele

Jeugteater in Suid-Afrika na 1994

Skoolagendas oorheers volgens Bedard (2005:47) omtrent alle aspekte van TYA-

groepe, soos byvoorbeeld die onderwerp van die produksie, lengte (ongeveer 60

minute), skedules en seisoene, selfs die organisatoriese en ekonomiese strukture

van sommige teaters.

Die belangrikheid van skolebetrokkenheid in teater word deur Peter Brosius

(2005:30), die Artistieke Direkteur van die Kinderteater in Minneapolis (VSA),

benadruk in sy siening dat teater ʼn kragtige medium kan wees om vrees te beveg

– vrees vir die ander, vrees vir die onbekende, vrees vir vreemde idees en nuwe

konsepte. Teater kan ʼn kragtige instrument wees vir jongmense en families om

hulle te help om beter te kommunikeer. Die gebruik van nuwe vorme van teater

vir jongmense deur die vermenging van verskillende tale, musiek, sang en

visuele beelde is baie belangrik vir die ouers en gemeenskapsleiers in Amerika.

Regoor Amerika word nuwe ruimtes vir kwaliteitteater deur gemeenskappe vir

Jeugteater ingerig. Stede loods volgens Peter Brosius (2005:32)

multimiljoendollar-veldtogte om professionele teaters vir Jeugteater op te rig. Die

Amerikaanse gemeenskap wil emosionele en spirituele ruimtes skep waar

interaksie kan plaasvind. “Theatre is a place where we can breathe in the same

tale, laugh together, be moved together. The theatre creates a centre where we

enter as strangers and leave somehow more of a community” (2005:32).

Soos hierbo gesien, vorm kultuuridentiteit ʼn groot deel of ʼn belangrike tema in

Jeugteater in Amerika. Die vraag wat hieruit ontstaan, is of hierdie temas in

nasionale en plaaslike Jeugteater geïmplementeer word om oplossings te vind,

spesifiek in ʼn land soos S.A. wat soveel kulture en tale het en soveel probleme

daarmee ondervind.

2.2.3 Brittanje

Die Britse regering definieer die kreatiewe- en kultuurindustrie as: “those

industries which have their origin in individual creativity, skill and talent and which

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!