01.05.2013 Views

Nuus van uit - Drakenstein Heemkring

Nuus van uit - Drakenstein Heemkring

Nuus van uit - Drakenstein Heemkring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NUUS VAN UIT DE OUDE WONING! BL3

Die Noorse boot sou 30 Mei vertrek.

Johnnie - wat nog baie siek was - is onder groot

geheimhouding dié aand na die skip geneem en die skip

het 8 uur uit Pondicherry se hawe vertrek.

Die reis was glad nie maklik nie. Eers het die enjin

gebreek, toe was daar ’n hewige storm. Die hitte

gedurende die dag, skryf hy, was ondraaglik. Met die

teenspoed het hulle 4 dae verloor en die kaptein was

verplig om op 19 Junie in Aden (’n Engelse hawe) aan te

doen om steenkool op te laai.

Die SS Eidsvold het skaars in Aden anker gegooi

toe die hawepolisie se boot sy verskyning maak. Hulle

wou onder meer weet hoekom die SS Eidsvold vier dae

laat was.

Terwyl die SS Eidsvold nog besig was om steenkool

te laai, daag ’n Britse speurder op met ’n lasbrief van die

Noorse Konsul om Johnnie te arresteer. Die SS Eidsvold se

kaptein het egter geweier om Johnnie uit te lewer

aangesien hy ’n bemanningslid was. Die ironie was dat

die oorlog reeds verby was, en dat die vrede-ooreenkoms

reeds op 31 Mei gesluit is.

Intussen is die SS Eidsvold se steenkool gelaai, en

die valbrug opgetrek. Die skip was nog besig om sy anker

te lig toe ’n groot boot met Engelse offisiere en manskappe

op die SS Eidsvold af pyl en die SS Eidsvold se

kaptein beveel om te stop. Die SS Eidsvold se kaptein het

dit egter geïgnoreer en so vinnig moontlik probeer weg

kom. Na ’n rukkie het die Engelse boot omgedraai.

Dit was toe duidelik dat hulle so gou moontlik in

internasionale water moes kom om te verhoed dat

Engelse oorlogskepe in die omgewing van Aden hulle

agterna sit. Hulle het egter sonder probleme deur die

Suez-kanaal beweeg om op 8 Julie in Marseilles anker te

gooi.

Van Marseilles is Johnnie per trein na Parys en het

op 10 Julie in Amsterdam aangekom.

REIS TERUG NA SUID-AFRIKA

In Amsterdam het Johnnie gehoop om nuus te kry van sy

broer en susters wat hom in Europa sou ontmoet. Toe

daar geen nuus was nie, wou hy na Londen gaan om van

daar terug na Suid-Afrika te reis.

Intussen het hy hom by die Boeren-Komitee

aangemeld waar hy 7 gulden (10 sjielings en 8 pennies)

per week gekry het om op te leef.

Dis toe dat hy vir Philip de Villiers ontmoet wat

briewe van Johnnie se broer by hom gehad het. Uit die

briewe is dit duidelik dat Johnnie se familie twee kabels

na Pondicherry gestuur het om uit te vind wat van hom

geword het. Sy broer het self ook twee keer Parys toe

gegaan om hom te soek, dit terwyl hy al die tyd in

Amsterdam was!

Die broers is vier dae later in Amsterdam herenig

waarna hulle ’n paar maande in Europa rondgereis het.

Daarna het hulle met die Norman Castle na die Kaap

teruggekeer, en het op 2 Desember 1902 in Kaapstad

aangekom.

- MG

Drakenstein Heemkring, 214 Hoofstraat, Paarl 7646 | www.drakensteinheemkring.co.za

Volgende week meer oor

Johnny se broer Lammie

(links) wat tydens die Anglo-

Boere Oorlog gesneuwel het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!