02.05.2013 Views

Is afskilfering nodig of nie? - Skin Renewal

Is afskilfering nodig of nie? - Skin Renewal

Is afskilfering nodig of nie? - Skin Renewal

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

096

MEDIESE EStEtIKA

Is afskilfering nodig of nie?

Almal word ouer en sonskade eis sy tol. Gelukkig kan nuwe uitvindings en mediese deurbrake beskadigde vel verbeter.

Hoewel baie mense in die wêreld afgunstig is op Suid-Afrika se sonskyn,

sukkel meeste van ons met die gevolge van te veel ure buite in die

son. Donker vlekke en velveroudering as gevolg van sonskade kan

reeds gedurende die vroeë twintigs verskyn, veral by dié wat in hul jeug

vlugbal op die strand gespeel het, buitemuurse aktiwiteite beoefen het,

of net dikwels opgekrul het om ’n boek in die son te lees. Ongeveer

90% van alle velveranderinge kom voor as gevolg van aanhoudende

blootstelling aan sonlig. Ultravioletstrale lig beskadig nie alleen die DNA

in die selle van die vel nie, maar onderdruk ook die meganismes wat

beskadigde selle herstel. Die afbreek of uitputting van kollageen, elastien,

hialuroonsuur en ander ondersteunende molekules in die dermis, lei tot

die kliniese veranderinge van gesigsveroudering. Sonder beskerming, kan

selfs net ’n paar minute se blootstelling aan die son elke dag, merkbare

veranderinge in die vel veroorsaak. Sproete, ouderdomsvlekke, fyn aartjies,

onewe velkleur, inflammatoriese hiperpigmentasie, fyn plooie, los

vel, vlekkerige gelaatskleur, aktiniese keratose (dik vratagtige, growwe,

rooi kolle op die vel) en velkanker kan alles aan blootstelling aan die

son toegeskryf word.

Volgens dr. Maureen Allem, stigter van die Skin Renewal-klinieke, is

donker vlekke, veral op die hande en gesig, een van die grootste estetiese

bekommernisse van mans en vroue. Wanneer die tekens van

veroudering en sonbeskadiging eers op jou gesig verskyn, is dit tyd

om met die mees kragtige behandelings en plaaslike terapieë te begin.

Gelukkig kan nuwe uitvindings en mediese deurbrake beskadigde vel

verbeter. Een van die mees effektiewe metodes is chemiese afskilfering.

’n Paar voorsorgmaatreëls moet geneem word voordat enige mediese

afskilfering begin word. Die gebruik van alle produkte wat Retinol en

vitamien A bevat moet drie dae voor aanvang van die afskilfering

gestaak word. Roaccutane-gebruikers moet hul behandeling ten minste

ses maande voor afskilfering staak en enige blootstelling aan die son

moet vir ten minste 14 dae voor die tyd en 14 dae ná die afskilfering

vermy word. Kom ons kyk na ’n paar afskilferingsbehandelings wat

beskikbaar is.

Piruvex-afskilfering

Piruvex-afskilfering kombineer piruviese en laktiese suur wat die vel vernu

deur dooie selle van die oppervlak te verwyder en die groei van

nuwe selle in die basaallaag daaronder aan te wakker. Dit lei tot ’n

gesonder leefsone vir die vel. Die afskilfering is spesifiek ontwerp vir die

behandeling van plooie, veroudering en velvernuwing. Binne ’n week ná

afskilfering, is die verbetering in velkleur en veltekstuur duidelik sigbaar.

Dit is belangrik om te weet dat hierdie behandeling nie ’n eenmalige behandeling

is nie. Om die beste resultate en voordele te verkry (en om

plooie te verbeter) is ’n reeks van behandelings noodsaaklik. Vir optimale

resultate moet hierdie afskilfering elke twee weke vir ’n periode van

twaalf weke plaasvind. Dadelik ná die afskilfering sal die vel pienk en in

sommige gevalle, jeukerig wees. Ná omtrent drie dae, sal die vel begin

afskilfer vir ’n periode van ongeveer vyf dae (soms kan die afskilfering

langer neem). Die meeste afskilfering sal voorkom op die areas waar die

meeste beskadiging was.

Yellow-afskilfering

Hierdie is ’n gevorderde mediese afskilfering wat Beta-afskilfering en

trichloroasetiese suur asook retinoïese suur kombineer om ’n mediumdiepte

afskilfering te veroorsaak. Hierdie afskilfering kan vir alle veltipes

gebruik word en behandel ook post-inflammatoriese pigmentasie, onewe

tekstuur en bontvel, hormonale pigmentasie en aknee. Die behandeling

word gebruik indien normale behandelings soos gesigsbehandelings en

matige afskilferings nie die nodige resultate lewer nie. Matige sosiale

afsondering is nodig vir omtrent drie tot vier dae. Pigmentasie verdonker

dikwels voordat dit beter word – dit is ’n normale verskynsel. Hierdie

dieper afskilfering veroorsaak duidelike velskilfers vir drie tot vier dae

ná die behandeling.

Melanostop

Melanostop is ’n kombinasie-afskilfering wat moeilike epidermale pigmentasie

behandel met aselaïse suur, resorsinol en fitiese suur. Die kombinasie

van chemiese afskilferaars inhibeer die vorming van abnormale

melanienpigmentasie en verbreek die saamklewing van die keratinosiete

in die korneale laag. Melanostop-afskilfering hernu die epidermis deur

dit te verdik en maak die vel ligter. Melanostop kan gebruik word by pasiënte

met hiperpigmentasie, melasma (velverkleurkolle) en ander donker

velverkleurings. Hierdie is ’n ligte afskilfering wat min tot geen sosiale

afsondering benodig nie. Die velskilfering, indien enige, is nie meer as

wat ’n 20% glikoliese afskilfering veroorsaak nie.

Cosmelan en Dermamelan

Cosmelan en Dermamelan is twee behandelings wat slegs deur dokters

aangewend kan word. Die aanwending van meso-estetiese mandeliese

suur onmiddellik voor die maskerbehandeling, kan die resultate van beide

produkte verbeter. Beide Cosmelan en Dermamelan is teen-pigmentasie

behandelings wat melanienpigmentasie op die gesig verwyder. Hierdie

vlekke staan ook bekend as melasma (velverkleuringskolle) of chloasma

(lewervlekke) as die pigmentasie tydens swangerskap verskyn het.

Die verskil tussen die twee behandelings is die feit dat Dermamelan ’n

25% hoër konsentrasie as Cosmelan het en dus aangedui is vir gevalle

van erge pigmentasie. Cosmelan en Dermamelan se behandelings teen

pigmentasie bied ’n reeks voordele in vergelyking met ander tipes teenpigmentasieprodukte

in die mark. In 99% van gevalle, is die verbetering

van vlekke tot 95%. Een week ná die aanvang van die behandeling

is daar reeds ’n beduidende verbetering. Ná ’n reeks behandelings en

volgehoue behandeling tuis, sal die vlekke aansienlik ligter vertoon.

Samevatting

Indien ons sonbeskadigde vel op ’n vroeë ouderdom kan behandel en die

groei van nuwe kollageen kan stimuleer, kan ons die verouderingsproses

daadwerklik vertraag en kan ons dalk met gesonder en mooier velle op

’n latere ouderdom spog.

097

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!