Dr Johannes van Waart Ing - Wijnland Fertility
Dr Johannes van Waart Ing - Wijnland Fertility
Dr Johannes van Waart Ing - Wijnland Fertility
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Dr Johannes van Waart Ing

Inligtingsblad vir: IN VITRO BEVRUGTING (IVB)

In Vitro Bevrugting beteken die bevrugting van die vroulike eier(s) deur die manlike sperms buite die

liggaam plaasvind, in ‘n spesiale IVB kwekingslaboratorium wat die natuurlike omgewing van die

fallopius buise en baarmoeder so na as moontlik namaak.

IVB behandeling begin met die hiperstimulasie van die eierstokke (ovaria) sodat meer as

een eiertjie groei. Die eiertjies word dan 2-4 ure voor ovulasie uit die ovaria onttrek dmv ‘n aspirasie

prosedure. Die beste motiele sperme word geselekteer, by die eiertjies gevoeg en oornag gelaat om die

eiertjies te bevrug, net soos dit sou gebeur in die fallopius buis. Die bevrugde eiertjies ontwikkel in die

laboratorium en word embrios genoem. Die embrios word dan daagliks ge-evalueer en versorg en word

2-5 dae na die bevrugting van die eiertjies teruggeplaas in die baarmoeder.

Vroulik: Manlik:

• Gefaalde inseminasie siklusse ® Seksuele disfunksie (bv. ereksie probleme)

• Endometriose ® Matige manlike faktor

• Polisistiese ovaria sindroom ® Sperm antiliggame

• Ongereelde menstruele siklusse

• Anovulasie

• Geblokeerde buise (1 of beide)

• Sterilisasie

• Eierskenker en/of surrogaat

Die eerste stap sal wees om ‘n geskiedenis en beplanningskonsultasie met Dr Johannes van Waart te

bespreek. Dit is belangrik dat beide man en vrou hierdie konsultasie bywoon. Tydens hierdie konsultasie

sal die paar ‘n volledige bespreking met Dr van Waart hê oor moontlike oorsake van die infertiliteit wat

ervaar word asook die beplanning van die behandeling. Die man sal moontlik gevra word om ‘n semen

analise te laat doen indien hy nog nie een laat doen het nie, of vir ‘n opvolg analise indien die vorige

analise meer as 2 jaar oud is. Dr van Waart sal dan ook ‘n stimulasie plan opstel vir die IVB siklus en dit

met jou bespreek. Hierdie plan sal ook vir die suster en embrioloog deurgegee word. Die suster en die

embrioloog sal dit met jou deurgaan om seker te maak jy verstaan en weet wat om te doen wanneer, bv.

bloed te toets, te skakel en die medikasie te gebruik. U sal ‘n afskrif van die plan ontvang wat met elke

besoek saam met jou hersien sal word.

Verskeie fertiliteitsmedikasies bestaan met verskillende sterktes en aksies. Hierdie sal aan u voorgeskryf

word volgens u diagnose en respons van u eierstokke. Die medikasie is in tablet-vorm, bv. Clomid,

Fertomid, Femara, en in inspuit-vorm, bv. Menopur, Ovidrel. Sommige van hierdie medikasie bevat FSH

(follikel stimulerende hormoon) wat die groei van die follikels en eiertjies stimuleer en een tipe wat

ovulasie ‘trigger’ (Ovidrel). Die stimulasie medikasie word toegedien vanaf Dag 3 tot 2 dae voor die

aspirasie prosedure. Ander medikasie sal ook voorgeskryf word om die ontwikkeling van jou

endometrium (baarmoeder se binnewand) te ondersteun. Dit is Progynova tablette (estrogeen), wat

1
Dr Johannes van Waart Ing

gewoonlik geneem word vanaf Dag 3 en Cyclogest (progesteroon), vaginale setpille wat begin word na

die aspirasie prosedure.

Plan tipe A: Die IVB siklus word begin deur die suster te skakel op u eerste dag van menstruasie.

Hierdie dag sal na verwys word as Dag 1. U sal gevra word om ‘n bespreking te maak vir ‘n sonar op

Dag 3 by Dr van Waart.

Plan tipe B: In hierdie geval word die siklus vroe r begin, op Dag 24 van u vorige siklus. U sal in kennis

gestel word met die beplanningskonsultasie indien by u van toepassing. Op hierdie plan, sal u begin met

Lucrin inspuitings op Dag 24, en dus sal u die suster moet skakel op Dag 20 (op die laatste). U sal ‘n

bloedtoets vir swangerskap moet laat doen op Dag 22 of 23 voor u die Lucrin kan begin. Die Lucrin kan

ons help om vir jou ‘n Dag 3 te skep deur u eie hormone te onderdruk, indien nodig.

‘n Sonar en somtyds bloedtoetse is nodig op Dag 3. Na die sonar, sal u die suster

besoek om u stimulasie plan te bespreek en om u medikasie te ontvang. U sal ‘n afskrif van die plan

ontvang sodat u die medikasie tuis kan toedien. Met elke volgende sonar besoek sal hierdie plan saam

met u hersien word. U sal sal ‘n spesiale sakkie ontvang met u medikasie, inspuitings,

informasiepamflette, naaldehouer ens. in. Bring hierdie sak elke keer saam met ‘n besoek sodat ons u

medikasie en inspuitingsvoorraad kan monitor. Bewaar u medikasie in die sak in ‘n koel dro kas.

U volgende sonar sal so Dag 7 of 8 wees om te sien hoeveel en hoe die follikels (wat die eiertjies bevat)

groei. Verskeie sonars sal volg om die groei te monitor. Die volgende sonars sal wees op Dag 10 en 12,

totdat die follikels ‘n optimale grootte bereik. Die stimulasie medikasie sal dan gestaak word en u sal ‘n

ovulasie induksie inspuiting, bv. ‘Ovidrel’ ontvang wat die eiertjies laat ryp word (matureer). Hierdie sal u

laaste inspuiting wees. U sal spesifieke instruksies ontvang wanneer hierdie inspuiting toegedien moet

word, aangesien hierdie tydstip belangrik is om te bepaal wanneer die eiertjies onttrek kan word met die

aspirasie prosedure voor u ovuleer. U sal ook voorligting ontvang oor die aspirasie porsedure tydens

dieselfde besoek wat u die Ovidrel ontvang.

Tydens die aspirasie prosedure word die eiertjies uit die follikels onttrek voor

ovulasie plaasvind. Hierdie prosedure vind plaas in ‘n dagteater van ‘n reproduktiewe kliniek. U sal onder

ligte sedasie geplaas word vir die prosedure sodat u nie pyn ervaar nie en ook nie die prosedure onthou

nie. Die ligte sedasie (nie algemene narkose nie) sal deur ‘n narkotiseur toegedien word. U sal ‘n paar

minute na die prosedure weer wakker word, maar dit mag nodig wees om vir ‘n verdere 1-2 ure nog in

die saal te bly voor u kan huis toe gaan. U man of familielid sal u moet huis toe neem aangesien u nie

self mag bestuur nie as gevolg van die narkose medikasie wat u ontvang het.

2
Dr Johannes van Waart Ing

U sal nuus hoor van die dokter, embrioloog of suster oor hoeveel eiertjies gekry is. Die

laboratoriumpersoneel sal u man roep sodra hulle sy semen benodig vir voorbereiding. Tydens hierdie

voorbereiding sal die semen gewas word en die beste sperms geselekteer word om by die eiertjies te

voeg. Die sperms sal dan by die eiertjies gevoeg word en oornag in ‘n inkubator gehou word. Dit sal die

sperms kans gee om die eiertjies te bevrug net soos sou gebeur in die fallopius buis.

Die volgende oggend kan gesien word hoeveel eiertjies bevrug het (Dag 1). Ons sal u

skakel om u in kennis te stel. Die bevrugde eiertjies is nou embrios en sal begin ontwikkel. Die kwaliteit

van die embrios sal van nou af gegradeer word deur ‘n spesiale graderingsisteem wat dit sal moontlik

maak vir die laboratorium en die dokter om die beste embrios te selekteer vir terugplasing in jou

baarmoeder.

Die terugplasing van die embrios kan plaasvind op Dag 2, 3 of 5 wat gewoonlik afhang

van hoeveel embrios ontwikkel het. Indien meer as 3 embrios ontwikkel het (‘n maksimum van 3 embrios

mag teruggeplaas word volgens wet) sal die terugplasing eerder later as vroeer wees, aangesien die

langer kwekingstydperk dit toelaat om die embrios vir langer te evalueer en sodoende kan die beter

embrios makliker uitgeken word vir die terugplasing. Indien daar orige ho kwaliteit embrios sou oorbly

na die terugplasing, is daar ‘n opsie om hulle te vries en te bewaar tot ‘n volgende terugplasing. U sal die

toepaslike inligting en toestemmingsvorms ontvang indien nodig.

Ons sal u laat weet wanneer die terugplasing gaan plaasvind. Ons sal u ook inlig oor hoe om voor te

berei vir die terugplasing. Dit sluit gewoonlik in om ‘n vol blaas hê vir die prosedure asook om nie die

Cyclogest vaginale setpil die oggend voor die terugplasing te gebruik nie. U kan dit tuis inplaas na die

terugplasing.

3
Dr Johannes van Waart Ing

Die terugplasingsprosedure is baie soos ‘n inseminasie. U sal wakker wees en u

gade kan dit saam met u bywoon in die teater. U baarmoeder sal onder ultraklank gevisualiseer word en

die dokter sal ‘n spekulum gebruik om die serviks te visualiseer. Die embrios sal in ‘n dun katetertjie

opgetrek word en deur u serviks in die baarmoeder geplaas word. Die embrios sal dan in die

baarmoederholte stadig vrygelaat word – hierdie sal sigbaar wees op die sonarskerm!

Na die terugplasing sal u in die saal bly lê vir 2 ure. U kan daarna huis toe gaan en voortgaan met u

daaglikse aktiwiteite. Ons stel voor dat u wel rustiger verkeer op die dag van die terugplasing. U kan

motor bestuur.

‘n Swangerskaptoets kan gedoen word 10 dae na die terugplasing. U sal ‘n brief in die teater ontvang

met inligting oor die eiertjies, embrio-ontwikkeling, terugplasing, die telefoonnommer wat u kan skakel

indien daar orige embrios is en datums van die swangerskaptoets. ‘n Kwatitatiewe b-HCG bloedtoets

word voorgestel as swangerskaptoets aangesien dit die akkuraatste is. Dit kan gedoen word by enige

patologie laboratorium (Pathcare, Ampath, Davies ens.) naaste aan u. Indien u die toets nie by ons

spreekkamers laat doen nie, moet u asseblief vra dat die laboratorium die uitslae na Dr van Waart sal

stuur sodat ons u kan skakel met die uitslag sodra dit beskikbaar is.

• Onthou asseblief dat hierdie inligtingsblad daarop gerig is om u ‘n bre agtergrond te gee oor wat

‘n IVB prosedure behels. Ons siklusse is individueel beplan volgens die paar se omstandighede

en diagnose. Dus verskil siklusse tussen pare en kan elke agtereenvolgende siklus verkil van die

vorige siklus.

• Ons eenheid het ‘n wetenskaplike benadering tot fertiliteitsbehandeling. Dit beteken ons

ondersteun navorsing en doen self ook navorsing in die veld om ons kennis te bevorder. Ons vra

dat u ons asseblief ondersteun in hierdie verband.

Skakel ons gerus enige tyd indien u verdere vrae het by 021 882 84 76/7.

4