03.05.2013 Views

Download - CHC Homework

Download - CHC Homework

Download - CHC Homework

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

NOVEMBER 2010

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I

Tyd: 2½ uur 100 punte

LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

1. Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is.

2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER AFDELINGS:

Afdeling A Leesbegrip (30 punte)

Afdeling B Opsomming (10 punte)

Afdeling C Poësie (30 punte)

Afdeling D Kommunikatiewe Taal (30 punte)

3. Beantwoord al die vrae.

4. Beplan jou antwoorde deeglik voordat jy dit neerskryf.

5. Begin elke afdeling op 'n nuwe bladsy.

6. Nommer antwoorde soos die vrae op die vraestel.

7. ALLE vrae moet in Afrikaans beantwoord word.

IEB Copyright © 2010 BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 3 van 16

1.1 In die titel lees ons van groei in die natuur. Watter twee dele van die plant op die

prentjie suggereer groei in die natuur? Skryf net die twee woorde neer. (2)

1.2 Gee 'n voorbeeld van 'n hiperbool/oordrywing in die leesteks. (1)

1.3 Wat was die olifant se gunsteling aktiwiteit? (1)

1.4 Ons lees dat die olifant eendag op pad terug was van die meer af. Wat, dink jy, het hy

by die meer gaan doen? (1)

1.5 Terwyl hy loop, sien die olifant 'n huilende seuntjie. Watter enkele woord, later in die

teks, dui die teenoorgestelde emosie by die kind aan? (1)

1.6 Ons lees dat die olifant 'n 'goeie geaardheid' gehad het. Gee twee voorbeelde hiervan

uit die teks. Skryf jou antwoord in twee volsinne neer en moenie direk uit die teks

aanhaal nie. (2)

1.7 Noem 2 dinge wat die olifant gedoen het wat KUMBA IRON ORE ook doen. (2)

[10]

IEB Copyright © 2010 BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 4 van 16

VRAAG 2

Lees die onderstaande artikel en beantwoord dan die vrae wat volg.

IEB Copyright © 2010

MILA DIE REDDER

1 Toe Yang Yun in 'n akwarium krampe kry en sink, het 'n walvis soos blits haar lewe gered.

2 Hierdie verstommende daad het mense wêreldwyd aan die hart gegryp – en met rede, want

dis nie aldag dat 'n mens sien hoe 'n walvis 'n duiker se lewe red nie.

3 Sedert dié heldedaad is die naam van Mila, 'n witwalvis in 'n akwarium in Harbin, China, op

almal se lippe. Orals op die Internet is daar foto's wat wys hoe dié witwalvis met die duiker

swem om haar van verdrinking te red.

4 Die drama het begin net nadat 'n vryduik-kompetisie in die akwarium in die temapark in

Harbin Polar Land begin het. Yang Yun, 'n 26-jarige duiker, het ook deelgeneem in die

hoop om 'n werk by die akwarium te kry om walvisse op te lei.

5 Die opdrag was eenvoudig: Die sewe deelnemers moes sonder 'n duiklong so diep

moontlik in die tenk van 6 meter duik terwyl walvisse onder hulle rondswem. Die persoon

wat die diepste duik en die langste onder die water kon bly, sou die wenner wees.

6 Toe dit Yang se beurt was, het alles goed verloop totdat sy 4 meter onder die oppervlak

was. Op dié diepte het sy skielik besef sy is in die moeilikheid. Die ysige water het krampe

in haar bene veroorsaak, maar toe sy wou omdraai en terugswem boontoe, wou haar bene

nie meer saamspeel nie. En teen dié tyd was haar asemnood baie hoog.

7 Yang het begin stik en nog laer in die tenk afgesak. "Ek het gedink dis verby. Tot ek 'n

ongelooflike krag onder my gevoel het wat my na die oppervlak geneem het," vertel sy. Dié

'krag' was Mila, een van die akwarium se witwalvisse. Mila het besef Yun het hulp nodig,

toe neem sy die duiker se been in haar bek en swem met haar na die oppervlak waar sy

lug kon kry. Dié soort walvis het gelukkig klein tandjies en Yang is dus nie beseer nie.

8 Later, toe Yang heeltemal herstel het, het sy weer in die tenk geduik as 'n gebaar van

dankbaarheid teenoor die gehoor vir hul steun en veral teenoor Mila.

[Verkort uit: Huisgenoot, 27 Augustus 2009]

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 5 van 16

2.1 Wat word bedoel met 'soos blits' in die eerste sin van die leesstuk? Verduidelik

kortliks in jou eie woorde. (1)

2.2 Ons lees in paragraaf 3 van 'n 'heldedaad'.

2.2.1 Gee die naam van die held in die verhaal. (1)

2.2.2 Sê in een sin hoekom hy/sy 'n held is. (1)

2.3 Watter woord in die leesteks dui aan dat die akwarium in Harbin Polar Land se water

baie koud is? (1)

2.4 Hoekom het Yang Yun besluit om aan die kompetisie deel te neem? Kies jou

antwoord uit die volgende moontlikhede en skryf net die letter van die regte antwoord

neer.

A Sy het gehoop om daardeur werk te kon kry.

B Sy het dit as 'n avontuur beskou.

C Sy wou aan haarself bewys dat sy 'n goeie duiker was.

D Haar ouers het haar aangemoedig om in te skryf. (1)

2.5 Watter faktor sou bepaal wie die kompetisie wen? Haal paslike woorde uit die teks

aan. (1)

2.6 Hoe ver van die bodem af het Yang Yun probleme met krampe ondervind? (1)

2.7 Ons lees: '… en swem met haar na die oppervlak waar sy lug kon kry' (par. 7). Watter

enkele woord in paragraaf 6 dui daarop dat Yang Yun dringend lug moes kry? (1)

2.8 Sê of die volgende stelling waar of onwaar is en gee 'n goeie rede hoekom jy so sê:

Toe Yang Yun weer veilig was, het sy besluit om nooit weer in 'n akwarium te duik

nie. (2)

[10]

IEB Copyright © 2010 BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 6 van 16

VRAAG 3

Bestudeer die volgende strokiesprent en beantwoord die vrae wat volg op bladsy 7.

IEB Copyright © 2010

[Uit: Beeld, 12 Januarie 2009]

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 7 van 16

3.1 Kyk na die naam van hierdie strokiesprent en skryf dan die letter van die regte woord

neer:

Madam is skynbaar Eve se …

A vriendin

B huishulp

C werkgewer

D suster (1)

3.2 Waarvoor word die Madam en Eve-strokiesprent hier gebruik? (1)

3.3 Wat verstaan ons gewoonlik onder die 'Groot Vyf'? Sê kortliks.

(Moenie die name van die Groot Vyf gee nie.) (1)

3.4 Madam se handsak is propvol geld.

3.4.1 Van watter geldnote is daar skynbaar die meeste in haar handsak? (Gee die

geldwaarde, nie die wilde dier nie.) (1)

3.4.2 Watter woorde dui aan dat sy baie daarvan gekry het? (1)

3.4.3 Hoekom, dink jy, is hierdie spesifieke geldnote Madam se gunsteling? (1)

3.5 Wat is die minimum bedrag geld wat Madam sal wen as sy die boerpot saam met

iemand anders wen? (1)

3.6 Ons lees in raampie 1 van die 'Groot Vyf', maar in raampie 4 van die 'groot ses'.

Waarna verwys die 'groot ses'? (1)

3.7 Madam sê: "Baie buffels". Waarna verwys die 'baie buffels' waarvan sy praat? (1)

3.8 Bestudeer die embleem van die Nasionale Lotery onder in die linkerkantse hoek van

die vierde raampie. Watter emosie word met hierdie embleem uitgebeeld? (1)

[10]

30 punte

IEB Copyright © 2010 BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 8 van 16

AFDELING B OPSOMMING

VRAAG 4

Die teks hieronder handel oor hoe 'n mens SMS'e moet hanteer.

Som die teks op deur 7 dinge (een uit elke paragraaf) neer te skryf wat jy nie moet doen

wanneer jy 'n SMS hanteer nie.

• Nommer jou sinne van 1 tot 7.

• Begin elke sin met die woord: 'Moenie ... '

• Jou opsomming moet 70 woorde lank wees.

• Skryf die dinge wat jy nie behoort te doen nie sover moontlik in jou eie volsinne.

• Moenie meer as een sin oor elke feit skryf nie.

• Skryf die getal woorde aan die einde van jou opsomming neer.

IEB Copyright © 2010

SMS-REËLS OM TE ONTHOU!

SMS'e is nie die manier waarop jy iemand met sy/haar verjaarsdag sal gelukwens nie. Bel eerder

'n maat wat verjaar – 'n SMS-boodskap verloor sy trefkrag en is baie onpersoonlik.

As jy 'n liefdesverhouding wil verbreek, is dit nie reg om dit per SMS te doen nie. Al voel jy nou

anders oor die persoon as vroeër, moet jy dit persoonlik beëindig.

Wag geduldig op 'n antwoord nadat jy 'n SMS gestuur het – dit is nie nodig om emosioneel uit te

bars as die persoon nie gou genoeg antwoord nie. As jy dringend 'n antwoord wil hê, bel liewers

die persoon.

As jy 'n mooi boodskap van iemand ontvang, onthou om te reageer met 'n eenvoudige antwoord.

Dit is net hoflik om ontvangs van 'n boodskap te erken en kontak te behou met mense vir wie jy lief

is.

Ignoreer SMS-kettingboodskappe wat goeie geluk belowe as jy dit aanstuur. Dis nie koel en ook

nie waar nie. Dit sal jou maats irriteer en jou tyd en geld mors.

As iemand jou vra om hom/haar nie weer per SMS te kontak nie, respekteer sy/haar wens.

Verhoudings versuur dikwels as iemand jou vra om op te hou SMS'e stuur en jy steur jou nie

daaraan nie.

Maak seker van die ontvanger se naam voordat jy 'n SMS stuur. Dink hoe jou pa sal reageer as hy

'n intieme SMS ontvang wat vir jou kêrel of meisie bedoel was.

[Verwerk uit: Huisgenoot, 12 Augustus 2009]

10 punte

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 9 van 16

AFDELING C POËSIE

VRAAG 5 VOORBEREIDE GEDIG (Gedig 1)

ROOIKAPPIE Philip de Vos

1 Klein Rooikappie stap na die woud

2 na Ouma toe, maar skrik haar koud,

3 en sy wou flou val, ja, gewis,

4 toe 'n BMW haar net-net mis.

5 En by die stuurwiel, dik en vet,

6 vol Old Spice en 'n sigaret

7 sit Hendrik Janse van der Colff,

8 bekend as padvark, én as wolf.

9 "Wil jy 'n lift hê, liewe diertjie?

10 Dan gee ek jou 'n koue biertjie."

11 Maar darie goeie kind Rooikappie

12 dink aan die woorde van haar pappie:

13 Pas tog op vir vreemdelinge,

14 met hul lollipops en dinge …

15 Gedagtig daaraan sê sy NEE!

16 en hoor net motorbande skree.

17 Maar toe sy by haar ouma kom,

18 was sy geskok en skoon verstom,

19 want naas haar in die dubbelbed

20 lê Hendrik Janse, breed en vet.

21 Haar ouma sug: "My nood was groot,

22 want Oupa is so lankal dood …"

23 Toe sluk die tweetjies aan 'n Carling,

24 en sê die wolf: "Nou's jy my Darling."

25 Hier's 'n les: wees nés Rooikappie.

26 Luister áltyd na jou pappie.

27 Maar beslis nie na jou ouma.

28 Anders wag verdriet en trouma …

5.1 Hendrik Janse van der Colff word as padvark en as wolf beskryf.

5.1.1 Hoe het Hendrik bewys dat hy 'n padvark is? (1)

5.1.2 Verduidelik waarom Hendrik ook as 'n wolf beskryf word. (1)

5.2 Rooikappie se pa het haar teen vreemdelinge 'met hul lollipops en dinge' gewaarsku.

Waarom, dink jy, het Hendrik haar met bier probeer omkoop om saam met hom in sy

motor te klim? Gee slegs een feit. (1)

5.3 5.3.1 Hoe kan die leser sien dat Rooikappie ferm was met haar antwoord toe

Hendrik haar wou omkoop om in sy motor te klim? Noem 2 dinge. (2)

5.3.2 Sê in jou eie woorde wat Hendrik se onmiddellike reaksie op Rooikappie se

antwoord was. (1)

IEB Copyright © 2010 BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 10 van 16

5.4 Lees die volgende stelling: Vir Hendrik Janse van der Colff was 'n meisie/vrou se

ouderdom nie belangrik nie.

5.4.1 Stem jy saam met hierdie stelling? (1)

5.4.2 Gee 'n rede vir jou antwoord. (1)

5.5 5.5.1 Wat impliseer die ellips (beletseltekens) aan die einde van versreël 22? (1)

5.5.2 Aan die einde van die gedig is daar ook 'n ellips. Wat impliseer hiérdie ellips

oor Rooikappie se ouma se toekoms? Sê in jou eie woorde. (1)

[10]

VRAAG 6 ONVOORBEREIDE GEDIG (Gedig 2)

HANSIE EN GRIETJIE Eveleen Castelyn

('n Moderne weergawe van die storie van Hansie en Grietjie)

1 daar was eendag 'n woud

2 aan die kant van die son,

3 die maan is 'n flou olielamp,

4 saans brand honderde kersies,

5 die volgende môre word die kindertjies

6 afgelaai by die heks se huisie –

7 hulle huil tot vanaand

8 na-vyf, na-werk kom die

9 stiefmammies en -pappies hulle haal

10 met 'n ysterswaan

11 die nuutste model blaas rook

12 en jaag oor riviere teer

13 tot by kelders parkering

14 dan word hulle opgehys

15 gebad en gevoer in 'n hok

16 moet hulle soet gaan slaap

17 eennag het hansie en grietjie

18 weggeloop, bo-oor die tralies geklim

19 en fyn en flenters geval

20 op die paadjies sement

21 ver van die huis af

6.1 Hierdie gedig is 'n moderne weergawe van die kinderverhaal van Hansie en Grietjie.

6.1.1 Noem twee dinge uit hierdie gedig van Hansie en Grietjie wat bewys dat die

gedig in 'n moderne/hedendaagse konteks geskryf is. Jou antwoord moet dus in

jou eie woorde geskryf word. (2)

6.1.2 Noem twee dinge uit gedig 1 (Vraag 5) wat die gedig 'Rooikappie' in 'n

moderne/hedendaagse konteks plaas. (2)

6.2 Gee een moontlike bewys dat Hansie en Grietjie saam met hul ouers in 'n hoë gebou

gewoon het. (1)

IEB Copyright © 2010

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 11 van 16

6.3 6.3.1 Wat, dink jy, is die 'heks se huisie' waarvan ons in reël 6 lees? (1)

6.3.2 Waaruit kan die leser aflei dat Hansie en Grietjie baie ongelukkig by die 'heks

se huisie' is? (1)

6.4 Hansie en Grietjie se ouers se motor word 'n ysterswaan genoem. Dis ook die nuutste

model.

6.4.1 Wat impliseer hierdie twee aanhalings moontlik oor Hansie en Grietjie se ouers

se lewenstyl? (1)

6.4.2 Hoe besoedel die motor egter die omgewing? (1)

6.5 In die oorspronklike storie van Hansie en Grietjie het hulle aan die einde van die

verhaal teruggeloop na hul ouers se huis toe. Hoe eindig Hansie en Grietjie se verhaal

in die gedig? (1)

[10]

VRAAG 7 VOORBEREIDE GEDIG (Gedig 3)

MA Antjie Krog

1 Ma, ek skryf vir jou 'n gedig

2 sonder fênsie leestekens

3 sonder woorde wat rym

4 sonder bywoorde

5 net sommer

6 'n kaalvoet gedig –

7 want jy maak my groot

8 in jou krom klein handjies

9 jy beitel my met jou swart oë

10 en spits woorde

11 jy draai jou leiklipkop

12 jy lag en breek my tente op

13 maar jy offer my elke aand

14 vir jou Here God.

15 jou moesie-oor is my enigste telefoon

16 jou huis my enigste bybel

17 jou naam my breekwater teen die lewe

18 ek is so jammer mamma

19 dat ek nie is

20 wat ek graag vir jou wil wees nie.

[Uit: Woordreise]

7.1 Die spreker skryf vir sy/haar ma 'n gedig. Wat, behalwe punktuasie en beskrywende

woorde, beskou die spreker as onnodig? Gee net een woord. (1)

7.2 'net sommer 'n kaalvoet gedig'. Wat, dink jy, probeer die skrywer met hiérdie woorde

sê? (1)

IEB Copyright © 2010 BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 12 van 16

7.3 Verduidelik in jou eie woorde wat die spreker met elk van die volgende aanhalings

bedoel:

7.3.1 'jy beitel my' (reël 9) (1)

7.3.2 'spits woorde' (reël 10) (1)

7.3.3 'jou leiklipkop' (reël 11) (1)

7.4 Die spreker is seker van een ding wat haar ma elke aand doen. Sê wat die spreker se

ma elke aand doen. Gebruik jou eie woorde. (1)

7.5 Watter twee opeenvolgende woorde verwys na die lewensreëls en wyshede

waarvolgens die ma die spreker grootmaak? (1)

7.6 'jou moesie-oor is my enigste telefoon'. Ons het hier met 'n metafoor te doen. Wat

bedoel die spreker met hierdie metafoor? (1)

7.7 Is die volgende stelling waar of onwaar? Haal aan om jou antwoord te bewys:

Die spreker is baie gelukkig met haarself wanneer sy die gedig vir haar ma skryf. (2)

[10]

IEB Copyright © 2010

30 punte

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 13 van 16

AFDELING D KOMMUNIKATIEWE TAAL

VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die spotprent hieronder. Herskryf dan die sinne soos aangedui.

8.1 Die inbreker sê vir sy makker: "Hier hoef ons nie kwaad te word nie."

[Uit: Beeld, 27 Augustus 2008]

Die inbreker sê vir sy makker dat … (1)

8.2 Die gesin moet onmiddellik al hulle besittings aan die inbrekers oorhandig.

Al hulle besittings … (1)

8.3 Die hond het 'n demper om sy bek, want hy blaf gedurig.

Die hond het 'n demper om sy bek omdat … (1)

8.4 Die hond het 'n demper om sy bek sodat dit sy gedurige geblaf kan laat ophou.

Die hond het 'n demper om sy bek om … (1)

IEB Copyright © 2010 BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 14 van 16

8.5 Die arme man het selfs sy pistole vir hulle gegee. Hy kon die inbrekers met die pistole

skiet.

Die arme man het selfs sy pistole waarmee … (1)

8.6 Die gesin was baie gehoorsaam. Die inbrekers het hulle geen kwaad aangedoen nie.

Omdat … , … (1)

8.7 Die verskrikte seuntjie bied sy kettie aan om die inbrekers te kalmeer.

Volgende keer … (1)

8.8 Alarms, hoë heinings en weerstand kan tot geweldsmisdade lei.

Beeld se opskrif het gelui dat … (1)

8.9 Gelukkig sien die inbrekers nie die twee selfone op die laaikas raak nie.

Laasnag … (1)

8.10 Het die gesin al geslaap toe die inbrekers by die huis ingekom het?

Nee, … (1)

8.11 Gisteraand het die hele gesin 'n vreeslike ondervinding gehad.

Op hierdie oomblik … (1)

8.12 Al het die seuntjie baie groot geskrik, het hy die hele tyd kalm gebly.

Alhoewel … (1)

[12]

IEB Copyright © 2010

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 15 van 16

VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die volgende paragraaf wat ook op die spotprent gebaseer is, deur. Doen elke keer wat

tussen hakies gevra word. Skryf net die nommer en die korrekte antwoord in jou

antwoordskrif neer.

Dit is 9.1 (2.00 – skryf in woorde) in die oggend. Die Smit-gesin word deur twee 9.2 (dief –

meervoud) oorval. Hulle besluit om nie met die inbrekers te 9.3 (argument – korrekte vorm

van die woord) nie en oorhandig al hulle goed 9.4 (vir + wat – betreklike voornaamwoord)

hulle so lief is 9.5 (vir/na/aan – korrekte voorsetsel) die inbrekers. Die inbrekers kan nie

9.6 (belowe/geloof/glo – kies die korrekte woord) wat hulle sien wanneer mevrou Smit haar

9.7 (baie duur – intensiewe vorm) en 9.8 (nuut – korrekte vorm van die woord) juwele vir

hulle wys nie.

Die 9.9 (verbaas – deelwoord) inbreker sê vir sy makker dat dit die 9.10 (goed – oortreffende

trap) huis is waar hulle nog ooit ingebreek het! Hoe minder mense saamwerk, hoe

9.11 (kwaad – vergrotende trap) word inbrekers gewoonlik. 9.12 (Vlg. – skryf voluit) keer

moet hulle net kalm bly en die mense se gevoelens 9.13 (respek – korrekte vorm van die

woord). Die vorige gesin 9.14 (wat/wie – kies die korrekte woord) hulle beroof het, het 'n

9.15 (huil – deelwoord) baba gehad en dit het hulle baie senuweeagtig gemaak. Gelukkig is

dit hierdie keer baie 9.16 (moeiliker – antoniem).

[16 × ½ = 8]

IEB Copyright © 2010 BLAAI ASSEBLIEF OM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!