06.05.2013 Views

druk hierdie bladsy uit - jouwêreld e-tydskrif

druk hierdie bladsy uit - jouwêreld e-tydskrif

druk hierdie bladsy uit - jouwêreld e-tydskrif

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ehoorlik heen en weer om seker te maak daar is nie kontakprobleme nie. Na hy absoluut seker is dat

die lampie hom nie in die steek sal laat nie, trek Hennie dit oor sy kop. Weereens toets hy die lig. Aan

en af. Aan en af. Alles lyk goed. Hy draai om en loop na die ingeboude rakke aan die linkerkant. Op

die tweede rak van bo af kry Hennie 'n indraaigloeilamp. Hy besef skielik dat hy nie weet watter tipe

gloeilamp hy benodig nie. Hy strek weer na die tweede rak en vat ook 'n skuifgloeilamp. Hennie plaas

die skuifgloeilamp in die linkersak van sy baadjie en die ander een in die regtersak. Net voor Hennie

by die garage uitstap sien hy een van sy seun se tennisrakette wat teen die garagemuur staan. Hy

buk ongemaklik vorentoe en tel dit op.

Oppad stoorkamer toe sien hy vir Ansie besig om op haar selfoon te klets terwyl sy vir hom deur die

kombuisvenster loer. Sy vertel seker iets baie snaaks vir een van haar vriendinne, want hy kan sien

hoe sy die trane afvee terwyl sy van oor tot oor, oopmond lag. Ansie huil nooit van hartseer nie, nee,

die van Stadens is mos te tough vir trane; maar vertel vir haar 'n Tollagrap en die lagtrane vloei uit

haar soos die Vaalrivier na 'n goeie reënseisoen.

Met Senekal se verspotte donkielag vaag in sy gedagtes, staan Hennie weer voor die staaldeur. Dié

keer is hy voorbereid. Noukeurig gaan hy alles na:

Kopliggie aan.

Indraaigloeilamp, regterkant.

Skuifgloeilamp, linkerkant.

Polonekkraag tot onder neus opgetrek.

Tennisraket in verdedigingsposisie.

Elke klein treetjie is bereken. Die oomblik toe Hennie by die stoor se ingang staan, swaai hy sy kop na

elke hoek en kant van die vertrek. Nadat hy geen verdagte skaduwees of onheilige bewegings gewaar

het nie, rig hy sy lig op die teiken: die hangende lig in die middel van die vertrek. Vol moed en

manlikheid beweeg Hennie vorentoe. As hy net die 100 Watt lig kan laat werk. As alles verlig is sien

hy kans vir die vertrek; as daar nie een donker hoekie is nie, geen wegkruipplek vir sy Nemesis nie.

Hennie staan nou reg onder sy doelwit. Hy bekyk die gloeilamp met die staal ligskerm mooi van onder

af. Eers die indraailampie.

Sonder om te dink steek hy die tennisraket se handvatsel soos 'n rewolwer skuins voor by sy broek in.

Net voor Hennie sy pienk plastiekhand in sy regtersak wil druk hoor hy 'n beweging agter hom. Hy

vries. Die geluid klink soos 'n geskuifel. Hennie hou sy asem op om beter te kan hoor maar sy hart

klop so hard dat dit nie werk nie. Hy is te bang om enige vinnige bewegings te maak, want hy weet

dit sal sy Nemesis se teken wees om aan te val. Hennie kan die duisende oë op sy rug voel. Hy

beweeg stadig heen en weer sonder om sy voete te beweeg en in sy geestesoog kan hy sy refleksie in

die duisende oë sien. Die raket knyp dit wat nie geknyp moet word nie en Hennie besef sy verbeelding

gaan hom nog mal maak. Hy is nat gesweet.

"Fokus," sê hy hardop vir homself en druk die raket dieper by sy broek in. Hy ruk vinnig die nuwe

gloeilamp uit sy sak, maar voor hy begin om die stukkende gloeilamp los te draai besef hy dat dit nie

gaan werk nie aangesien die staalskerm en die lang koord saam beweeg. Sonder om dit deeglik te

deurdink sit Hennie die nuwe gloeilamp in sy groot mond. Hy gryp die staal ligskerm vas met sy

linkerhand en begin die stukkende gloeilamp uitdraai. Soos wat Hennie die gloeilamp draai, beweeg

die harige agt-pote wat bo-op die ligskerm sit, nader aan Hennie se pienk handskoen. Hennie hou sy

hand op die ligskerm waar 'n tweede stel agt pote lê en loer, terwyl hy sukkel om die stukkende

gloeilamp in sy sak te kry. Net voor hy die nuwe gloeilamp uit sy mond haal, vang sy oog 'n beweging

op sy linkerarm.

Ansie staan in ongevalle se wagkamer terwyl sy met Pa van Staden op die selfoon praat.

"Dokter sê hulle sal die linker knater moet verwyder. Hy is darem nou wakker, maar sukkel om te

praat as gevolg van die gloeilamp wat sy boonste lip stukkend gesny het. Die glasstukke wat in sy

heup ingeboor is sal hulle ook onder narkose moet verwyder."

"Het jy enige idee hoe dit gebeur het?" vra Pa van Staden.

"Ek is nie seker nie pa. Ek het 'n groot slag gehoor en toe ek by die stoorkamer kom, toe rol Hennie

op die grond rond en skreeu 'spinnekop, spinnekop!' Maar daar was nêrens 'n spinnekop in sig nie."

Hennie Pieterse voel baie bewus van sy naakte liggaam onder die hospitaallakens. Hy lig sy kop stadig

op en kyk na die bedkassie langs hom opsoek na sy Drimac. Hy beweeg sy hand na die kassie toe. Die

oomblik net voor hy sy hand op die Drimac plaas sien hy die duisend oë en die agt pote wat van onder

die baadjie vir hom loer.

http://www.jouwereld.co.za

jouwêreld e-tydskrif - September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!