29.05.2022 Views

Gossip Gazette Magazine - 01 June 2022

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ARNOLD GESELS…

“MODDER AAN DIE WIELE…”

Hoekom in aanhalingstekens? Maklik! Dis ‘n algemeen bekende gesegde van ‘n goeie vriendin van ons. Ek “steel” by

wyse van spreke die gesegde om my storie en punt te maak.

Toe ek sommer nog baie klein was, was daar in die Ellisras (nou Lephalale) omgewing naby aan ons plaas verskeie

“Yskor” plase. Hulle was destyds in beheer van steenkool eksplorasie. Vandag is daar in daardie omgewing ‘n groot myn

– “Onverwagt”.

In daardie tyd waaroor ek vertel was verskeie van die plase aan boere verhuur wat met verskeie goed geboer het.

Ek onthou op die een plaas was die lande by geleentheid vol Kasterolie geplant. Nou, as jy bietjie ouer is, het jy geen

positewe gedagte oor kasterolie nie. Die olie het in sulke blou botteltjies gekom, was sleg en begin van die vakansie moes

jy sluk want jou “bloed moes skoon kom”. Later, genadiglik het Engelse sout die Kasterolie vervang ter wille van

dieselfde saak.

Ons het baiekeer langs van die Kasterolie lande verbygery as ons bietjie wou “aangaan” by die boere.

Daar was egter iets vreemds interessant op die pad langs die kasterolielande. Daar was sulke kolle potklei. Het gelyk

soos klein pannetjies. As dit vol water was is die motor so gly-gly daardeur, maar jy moes versigtig wees.

Volmaan op die Kasterolieland kon onheilspellend wees, veral as jy alleen op ‘n fiets in die aand daarlangs ry.

Op ‘n aand, terwyl almal by die huis rustig die maan bewonder is daar skielik ‘n geweldige geroep en geskreeu. Die

werker wat by die buurplaas “gekuier” het kom aangehardloop. Die boer moet kom help. Daar in die maanlig het ‘n

spook, kan niks anders wees, agter op sy fiets gespring. Hy kon nie meer ‘n tree ry nie, toe hardloop hy maar na die

huistoe.

Die verbaasde boer laai hom in die bakkie en ry die pad terug. Daar in een van die kolle modder of potklei staan die fiets

regop. So met die maan en die kuier saam het hy in die modder ingery, vasgeval, gedink dis ‘n spook en gaan hulp soek.

Nou, dis om behoorlik modder aan jou wiele te kry.

Ek was tot so ‘n jaar terug vir ses jaar dominee in die Vrystaat en daar in Steynsrus omgewing kan die turf maar erg wees.

Die harde grond verander met ‘n bui reën in ‘n pap, taai modder. Dan kan jy met die trekker in die land in maar nie uit.

Die modder is erg aan die wiele.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!