01.05.2013 Views

Laerskool Unika beleef weereens „n besondere besige jaar

Laerskool Unika beleef weereens „n besondere besige jaar

Laerskool Unika beleef weereens „n besondere besige jaar

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

17 November 2011

JAARVERSLAG VAN LAERSKOOL UNIKA VIR 2011

INLEIDING:

Laerskool Unika beleef weereens „n besondere besige jaar met vele suksesse, uitdagings

en prestasies. Ons leerders presteer baie goed op alle terreine en heelwat hoogtepunte

word deur die loop van die jaar ervaar.

Hoogtepunte wat verder uitgesonder kan word, is die besige atletiekseisoen, fantastiese

skoolkonsert, uitspeelwedstryde vir die netbal en krieket, TAU-toernooi, Sportoere,

Eisteddfod, opvoedkundige toere en Liani May-konsert.

Die jaar het in 'n oogwink verby geswiep en as ons terugkyk na 'n besige jaar, is dit met groot

dankbaarheid. Die sukses van ons skooljaar kan definitief toegeskryf word aan die

betrokkenheid van ons ouers, die toegewyde kundigheid van ons leerkragte en personeel

asook „n kundige Beheerliggaam wat die belange van die skool op die hart dra.

Daar heers by die skool 'n sterk leerkultuur en 'n mate van eksklusiwiteit word ervaar. Die

grondslagfase-klasse se jaargroep is in vier verdeel en die seniorfase-klasse se jaargroep in

elke jaargroep drie. ‟n Gesonde leerder-opvoederverhouding word gehandhaaf om

individuele aandag aan ons kinders te verleen. Die Beheerliggaam handhaaf ‟n doelgerigte

benadering om individuele aandag aan leerders te verleen en derhalwe word geen moeite

ontsê om addisionele opvoeders aan te stel om klasgetalle klein te hou.

Die ampstermyn van die huidige Beheerliggaam verstryk aan die einde van die jaar en in

Maart 2012 is daar ‟n verkiesing vir die volgende 3 jaar.

Mnr Marius Meyer as Voorsitter van Laerskool Unika se Beheerliggaam en Me. Sjani de Kock,

van die kleuterskool se Beheerliggaam, het leiding en rigting gegee in die afgelope drie jaar.

Groot dank aan albei vir hulle tyd, kundigheid en arbeidsaamheid by Laerskool Unika.

Kortliks word daar „n oorsig gegee van die jaar se werksaamhede:

PROFESSIONELE EN PERSONEELAANGELEENTHEDE:

Tans beskik Laerskool Unika oor 52 personeellede wat insluit 2 ondersteuningsgroepopvoeders,

5 administratiewe personeel, 2 sekuriteitswagte, 1 deeltydse

musiekonderwyser, 1 sportafrigter, 8 dienspersoneel, 31 opvoeders en 2 deeltydse

kultuurafrigters ingesluit die skoolhoof.

Hiervan word 20 deur die Staat vergoed en 32 word deur die skool se beheerliggaam

vergoed. Salarisse is die grootste uitgawe in ons skool se begroting. Daar is tans 655

leerders in die skool tesame met die belading van 15 wat met die onderwysdepartement

onderhandel word, is ons getalle by Laerskool Unika 670. Daar is 165 kinders in die

kleuterskool wat die totaal op 835 te staan bring.

Mee. Louise Olivier, Sindy Bosch en Ds. Riekie Wilken is tans swanger. Me. Marlene

Cruywagen is oorgeplaas na die kleuterskool. Me. Suzette O‟Connell is permanent

aangestel in 2011 as Laerskool Unika se departementshoof – seniorfase. Geskikte

plaasvervangers vir die kraamverlof en bedankings sal oorweeg moet word en geadverteer

word.

STRUKTUUR 2011

(Personeelvoorsiening)

Graad R 4 Klasse (klasonderrig)

Graad 1 4 Klasse (klasonderrig)

Graad 2 4 Klasse (klasonderrig)

Graad 3 4 Klasse (klasonderrig)

Graad 4 3 Klasse (vakonderrig)

Graad 5 3 Klasse (vakonderrig/rekenaar)

Graad 6 3 Klasse (vakonderrig)

Graad 7 3 Klasse (vakonderrig)

Musiek 1 Onderwyser (deeltyds)

Ondersteunersklas 2 Onderwysers (privaat)

Bewegingsleer 1 Onderwyser

Kultuurafrigters 2 Onderwysers (deeltyds)

Dienspersoneel 8 Arbeiders

Sekuriteit 2 Sekuriteitswagte

Administratief 5 Sekretaresses

Adjunkhoofde 2 Adjunkhoofde (vakonderrig en

skoolbestuur)

Skoolhoof 1 Skoolhoof (skool- en

terreinbestuur

Totaal : 52 ingesluit ondersteuningsklasse

20 - Staat betaal

30 - Unika kontrakposte (ondersteuningsklasse uitgesluit)

AKADEMIESE EN OPVOEDKUNDIGE AANGELEENTHEDE:

Die skool se akademiese program het baie goed afgeloop en ons bereik die pylvak met die

eksamen wat in sig is. Die akademiese komitee onder leiding van Mnr Freek Robinson het

goeie leiding verskaf en dien as waghond rondom akademiese en mannekragaangeleenthede.

Die komitee het gereeld vergader en akademiese, opvoedkundige en

mannekrag-aangeleenthede bespreek wat ons kinders se vordering raak. Groot dank aan

Mnr Brits adjunkhoof akademie, ons senior departementshoof, me O‟Connell en junior

departementshoof, me Saaiman, wat goeie leiding hierdie jaar by die akademie verskaf het.

Die Top 10-leerders word met sukses gehandhaaf en die sukses daarvan word weerspieël

deur die ywerigheid waarmee leerders op „n gesonde basis meeding vir „n posisie op die

Top 10 akademiese barometer. Ons skool se leerders presteer akademies baie goed en ‟n

goeie opvoeding word aan ons kinders verskaf. Ons begaafde leerders word ondervang

met stimulering en besoeke aan UJ. Remediërende klasse wat insluit heronderrig en

korrektiewe onderrig word op ‟n individuele basis gedoen.

„n Volledige hulpspan, wat insluit verskeie terapeute, voorsien in die leerders se

opvoedkundige behoeftes. Entrepreneursbyeenkomste word op „n gereelde grondslag

gehou. Die klerebank en beide huiswerksentrums funksioneer baie goed en lewer „n

effektiewe diens aan ons ouers.

Groot dank aan mnr Buys en me. Van Zyl wat die opvoedkundige welsyn van die leerders

verteenwoordig op die Beheerliggaam. Die Snoepwinkel-bestuur lewer ‟n goeie diens.

Groot dank aan tannie Susan en haar span vir hulle harde werk om die snoepwinkel te

bestuur.

Laerskool Unika se leerkragte streef daarna om binne hulle vermoë, aan elke leerder

individuele aandag te verleen sodat alle leerders volgens hulle vermoëns kan ontwikkel en

presteer. Groot waardering vir die personeel van die kleuterskool wat die laerskool getrou

ondersteun. Groot dank aan me. Sjani de Kock en Me. Enid van Rensburg wat die

samewerking tussen die laerskool en kleuterskool vergemaklik.

TEGNOLOGIE:

Die rekenaarsentrum is ‟n fasiliteit waarop Laerskool Unika werklik trots kan wees. Die

rekenaarsentrum funksioneer baie goed en is „n werklike aanwins vir ons skool.

Geslote baantelevisie-kamera‟s is geïnstalleer op strategiese plekke by die skool en word

met groot vrug aangewend. Diefstal en inbrake word nou tot die minimum beperk en

verlore artikels word vinniger opgespoor.

Die netwerkkabels van die skool vir die internet is uitgebrei na alle klasse. Die Tegnologie

Komitee beplan om in 2012 vir alle onderwysers skootrekenaars vir hulle klasse en

professionele gebruik aan te koop.

Groot dank aan mnr Gerdus van Eeden en sy span kundige ouers wat die skool bystaan en

gereeld tegnologiese probleme oplos. Die diens wat hierdie komitee lewer, is van

onskatbare waarde om die skool op die voorgrond te plaas ten opsigte van tegnologiese

ontwikkeling en instandhouding.

KULTURELE AANGELEENTHEDE:

Die Eisteddfod en skoolkonsert was hierdie jaar weer ‟n hoogtepunt op die kultuurkalender.

By die Eisteddfod het heelwat individuele leerders ook diplomas verower en alle spreekore

en sangkore het bykans almal diplomas verower.

Twee kultuurafrigters word op ‟n deeltydse basis aangestel met toestemming van die

Beheerliggaam Me. Vasti Welthagen en Me. Ronél Otto saam met die personeel rig ‟n puik

skoolkonsert af wat groot byval by ons ouers gevind het.

Me. Mart-Marie de Beer verteenwoordig die kulturele aktiwiteite by die Beheerliggaam en

ons het haar leer ken as ‟n betrokke ouer wat die kultuursake goed bestuur en bevorder.

Ons junior- en seniorkore het fantastiese hoogtes bereik en ons is dankbaar vir ‟n kundige

koorafrigter. Ons seniorkoor en sewe leerders van Laerskool Unika word uitgenooi na die

gala-aand van die jaarlikse Eisteddfod waarop die skool baie trots is.

Ander kultuuraktiwiteite is die dramaklub, redenaars, skaak en kunsklasse wat goed deur

ons kinders ondersteun word. Die gevestigde musieksentrum by Laerskool Unika

funksioneer suksesvol onder leiding van me. Annemarie Kirsten.

Ons Voortrekker-kommando, onder leiding van Kommandant Johan Laubscher, gaan van

krag tot krag en heelwat spanbyeenkomste en „n kommandokamp is onderneem. Baie

geluk aan die Voortrekkers met hul 50 jarige bestaan by Laerskool Unika. Dankie vir hulle

onbaatsugtige diens aan ons kinders en skoolgemeenskap.

SPORTAANGELEENTHEDE:

„n Opwindende atletiekseisoen is beleef met heelwat byeenkomste waaraan ons atlete

deelgeneem het. Drie byeenkomste word aangebied onder Unika se spreiligte.

Tydens die Suid-Gauteng atletiekkampioenskappe neem 8 Unika-leerders deel.

Laerskool Unika onderneem weer ‟n rugby- en netbaltoer in die April vakansie. Tydens die

rugby- en netbalseisoen word 10 netbalspanne as ligawenners aangewys. Een leerder

verteenwoordig die Goue Leeus laerskole tydens die Cravenweek en een leerder

verteenwoordig die Goue Leeus se 7‟s span.

„n Groot belangstelling heers weer hierdie jaar onder die seuns ten opsigte van krieket. Ses

(6) ligaspanne is ingeskryf in „n vriendskaplike liga. Een leerder word opgeneem in die

Gauteng-span en 7 leerders verteenwoordig die streekspan.

Goeie welslae is ook behaal in die landloopseisoen met 6 leerders wat deelgeneem het aan

die Gauteng Kampioenskappe en 1 leerder wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe

deelgeneem het.

Tennis word ook op „n gereelde basis aangebied en ondersteun deur ons leerders. „n

Privaatafrigter vir ons tennisspanne word ook met groot welslae aangewend. Ook het ons ‟n

baie geslaagde tennistoer na Bethlehem onderneem en ons skoolspan eindig derde in die

toernooi.

Hokkie-spanne presteer ook besonder goed. Mini-hokkie is hierdie jaar uitgebrei en met

groot belangstelling ondersteun onder ons grondslagfase-leerders met ‟n minihokkietoernooi

wat op dieselfde basis as die TAU-toernooi aangebied word.

Karate, Judo, ballet en gholf word steeds as sport buite skoolverband deur buite-afrigters

aangebied.

Die TAU minirugby- en netbaltoernooi is aangebied by Laerskool Unika oor 4 Donderdae in

Mei-maand en is bygewoon deur 11 skole (nuwe rekordgetal spanne neem deel).

Die hoeveelheid leerkragte by die skool wat sport afrig, is tot die minimum beperk. Studente

wat gebruik word as buite-afrigters, vergemaklik die taak baie, maar plaas tog „n groot

finansiële las op die skool. Groot dank aan mnr. Van Zyl, Adjunkhoof Sport en mnr Mauritz

Kotze wat die sportportefeulje op die Beheerliggaam behartig.

FISIESE GERIEWE:

Die skool se fisiese geriewe is in „n baie goeie toestand met deurlopende instandhouding en

onderhoud wat gedoen word deur die komitee en die fisiese geriewe voorsitter, mnr Hendry

Bahlmann. Projekte wat in 2011 gedoen is: Opgradering van die tennisbaan en die oppervlak

daarvan; stoorkamer omskep in musiekklas; opgradering van juniormediasentrum; aankoop

van vraghouer vir meubelstoor; nuwe oppervlak vir krieketblad; aanbou van Gr. R-sandput

en opgradering van speelarea en vervanging van geboue se geute.

Die skool se voertuie is in „n baie goeie toestand en word gereeld versien.

Die kleuterskool het nog „n huis gekoop wat die dra en besetting van die laerskool se klasse

verminder en meer ruimte verskaf vir ons laerskool leerders.

Heelwat onderhoud en verfwerk is ook gedoen om die skool netjies te laat vertoon en op

standaard te hou. Die skool se tuine, geboue, terrein, voertuie en infrastruktuur is ‟n sieraad

vir die oog en iets om op trots te wees.

FONDSINSAMELING EN FINANSIES:

Die skool se finansies word baie goed bestuur en alle inkomstes, uitgawes, debiteure en

aankope word deur die skool se finansiële komitee gemonitor. Alle uitgawes word gedoen

volgens die goedgekeurde begrotingsitems en uitsonderings word verwys na die finansiële

komitee. Die druk van die ekonomiese resessie word nog steeds by Unika ervaar met

heelwat ouers subsidie vra op skoolgelde. ‟n Klein subsidie word by die Staat ontvang vir die

laerskool se onderhoud en bedryfskostes. ‟n Totale bedrag van R278000-00

Groot dank aan Me. Anna-Marie Koekemoer en me. Harriet Botes vir die opstel van 2012 se

begroting en die baie ure se werk wat ingesit is. Die verhoging tydens die afgelope staking

vir onderwyssalarisse van 7,9% en R800,00 behuisingsubsidie, maak die taak moeilik om die

verhoging van skoolgelde onder 8% te hou. Die skoolgelde sal R14000-00 wees om die

begroting te kan inpas. Twee fondsinsamelingsprojekte, blombol-insameling en die Chanakompetisie

is geloods waarby ± R139000-00 en R87000-00 onderskeidelik ingesamel is. Groot

dank aan Me. Harriet Botes en die Gr. 7-fondskomitee wat hierdie projekte bestuur het.

BEMARKING:

„n Gr. 1 en Gr. R Opedag is gereël saam met Unika kleuterskool. „n Advertensie is in die

koerant geplaas om ons skool bekend te stel. Daar is een Opedag gehou vir die

kleuterskool en die laerskool. Die Opedag is goed besoek met baie ouers wat belang gestel

het om hulle kinders by Unika te plaas.

Die webwerf is opgegradeer en effektiewe bemarking en kommunikasie vind daardeur

plaas. Verskeie foto‟s en die Posklip word gereeld daarop geplaas vir ons ouers se insae.

Volgens projeksie, verwag ons vir 2012 vier (4) Gr. 1-klasse met 96 leerders en vier (4) Gr.

R-klasse met ± 105 leerders. „n Redelike klompie leerders het nog steeds deur die loop van

die jaar by die skool ingeskryf in verskeie jaargroepe, maar daar was ook verhuisings

gewees.

Groot dank aan me. Marika van Heerden en haar span wat die aanvoerwerk gedoen het by die

bemarking. Ons skool se infrastruktuur het bykans kapasiteit bereik en die beheerliggaam

het reeds strategiese planne in plek om die druk te verlig.

Me. Anél Engelbrecht is in beheer van die onthaalaktiwiteite by die Beheerliggaam en dit is

met groot dank aan haar vir ons innerlike versterkings tydens verskeie funksies en

geleenthede by die skool.

AFSLUITING:

„n Gesonde kultuur van onderrig en leer bestaan by Laerskool Unika wat sonder onnodige

druk afgeforseer word. Ons leerders ontvang „n goeie opvoeding wat Christen- en

Afrikanerwaardes deurgaans handhaaf.

Daar word goeie waarde toegevoeg vir skoolfonds wat ouers betaal wat vergelyk kan word

met ‟n privaatskool-diens met staatskool-fooie.

Kinders is gelukkig en is betrokke in die meeste aktiwiteite wat die skool bied. „n Hoë mate

van ouerbetrokkenheid word aangetref wat bydra tot die sukses van die skool.

Groot dank aan elke Beheerliggaamslid, opvoeder, personeellid, ouer en leerder wat die

belange van die skool eerste gestel het. Spesiale dank aan mnr Marius Meyer wat voorgeloop

het as Voorsitter van die Beheerliggaam en die rigting aangedui het die afgelope 3 jaar tydens

die huidige ampstermyn.

Baie dankie aan almal wat getrou die skool in 2011 ondersteun het.

INDIEN LEERDER SKOOL VERLAAT EINDE 2011:

Ouers wat aangedui het dat „n leerder/s die skool aan die einde van die jaar verlaat, moet

asb. aansoek doen vir „n oorplasingskaart. Hierdie aansoekvorm is by Anél Engelbrecht in

die kantoor beskikbaar en die voltooide vorm moet asb. voor/op Dinsdag, 29 November

ingehandig word by Anél. Oorplasingskaarte kan op Vrydag, 9 Desember tussen 07:00 en

10:00 in die kantoor afgehaal word.

GESKENKPAKKIES: UNIKA DIENSPERSONEEL

Dit is al tradisie by Laerskool Unika om aan die einde van die jaar geskenkpakkies

aan ons dienspersoneel te oorhandig. Dit is ons manier om dankie te sê vir

hulle harde arbeid gedurende die jaar.

Dit sal baie waardeer word indien u nie-bederfbare kruideniersware aan die skool

sal stuur sodat ons vir elkeen „n geskenkpakkie kan opmaak. Enigiets is welkom

bv. koekies, meel, suiker, koffie, tee, rys, blikkieskos, ens. Baie dankie by

voorbaat.

KERSGESKENKE : BEHOEFTIGE LEERDERS

In 2011 was dit die jaar wat ons skool uitgereik het na behoeftige

leerders – onder andere Alberton Kinderhuis onder leiding van

Ds. Riekie Wilken.

Met groot dank is die nie-bederfbare voedsel aan die kinderhuis

oorhandig en aangewend. Ons laaste projek vir 2011 is kersgeskenke

vir die kinders in die kinderhuis asook vir kinders wat die kersseisoen

in hospitale moet deurbring.

„n Vriendelike versoek dat u u hart sal oopmaak en „n geskenkie

skool toe sal stuur asook geskenkpapier om ander minderbevoorregte

en siek kindertjies se lewe „n bietjie te kan opvrolik om ook die blye

kerstyd te kan geniet en ervaar.

Die projek word die hele November-maand geloods en alle

geskenkies kan by die klasonderwyser ingehandig word. Voor die

skool sluit in Desember, sal die geskenkies afgelewer word onder leiding

van Ds. Riekie en juffrou Elna.

Baie dankie by voorbaat vir die omgee en ondersteuning in dié verband.

PA- EN SEUNDAG:

Die pa- en seundag was „n reuse sukses en almal

het dit terdeë geniet.

Marnis Antonites se geduld en volharding het daartoe bygedra dat

hy „n yslike groot karp (2,5kg.) gevang het!

Baie geluk Marnis – lyk my dit is die begin van baie vissermanuitstappies!

SPORTUITSLAE:

Tennis:

Seniordogters : Unika 46 Northcliff Primary School 17

Seniorseuns : Unika 25 Northcliff Primary School 20

Tenniskampioenskappe:

Juniorseuns (dubbels): Naaswenners: Phillip-Johan van Schaik en Ruan Erasmus

Wenners: Christiaan Blom en Martin Meyer

Juniordogters (dubbels): Naaswenners: Menine de Villiers en Johné Aucamp

Wenners: Mireille Wandrag en Emmerentia van Coller

Seniordogters (dubbels): Naaswenners: Klaré van Heerden en Cherise van Rooyen

Wenners: Michaela Hart en Jomariet Jonker

Seniorseuns (dubbels): Naaswenners: Henry Liebenberg en Reuben Dussing

Wenners: Dawid de Beer en Jack Hart

Juniordogters (enkels): Naaswenner: Annelien Koekemoer

Wenner: Mireille Wandrag

Juniorseuns (enkels): Naaswenner: Phillip-Johan van Schaik

Wenner: Christiaan Blom

Seniordogters (enkels): Naaswenner: Cherise van Rooyen

Wenner: Michaela Hart

Seniorseuns (enkels): Naaswenner: Janco van Eeden

Wenner: Jack Hart

Atletiek:

Atletiekbyeenkoms in Germiston op 12 November 2011:

Phillip Steyn : 60m seuns o/7 - 1ste (9.5 sek.)

Christo Potgieter : Hoogspring seuns o/9 - 2de (1.10 meter)

60m seuns o/9 - 1ste (9.1 sek.)

Bernalee Venter : 60m dogters o/9 - 5de (10.3 sek.). Sy is nou eers o/8

Tiaan v/d Merwe : 60m seuns o/9 - 7de (10.2 sek.). Hy is nou eers o/8

Keegan Koegelenberg: 80m seuns o/11 - 4de (11.5 sek.)

Francois Joubert : 800m seuns o/13 - 1ste (2 min. 17 sek.)

Volgende byeenkoms is op 19 November 2011 by Boksburg-stadion. Alle atlete welkom.

EKSAMENROOSTER : VIERDE KWARTAAL 2011

DATUM GR. 4 GR. 5 GR. 6 GR. 7

Maandag

21 November

Afrikaans 1 Engels 1 Wiskunde 1 Afrikaans 1

Dinsdag

22 November

Rekenaargeletterdheid Tegnologie Natuurwetenskap Kuns en Kultuur

Woensdag

23 November

Wiskunde 1 Wiskunde 1 Engels 1 Tegnologie

Donderdag

24 November

Sosiale Wetenskap Kuns en Kultuur Tegnologie Lewensoriëntering

Vrydag

25 November

Kuns en Kultuur Rekenaargeletterdheid EBW Sosiale Wetenskap

Maandag

28 November

Engels 1 EBW Kuns en Kultuur Engels 1

Dinsdag

29 November

Tegnologie Lewensoriëntering Afrikaans 1 EBW

Woensdag

30 November

EBW Sosiale Wetenskap Rekenaargeletterdheid Wiskunde 1

Donderdag

1 Desember

Lewensoriëntering Afrikaans 1 Sosiale Wetenskap Natuurwetenskap

Vrydag

2 Desember

Natuurwetenskap Natuurwetenskap Lewensoriëntering Rekenaargeletterdheid

Maandag Wiskunde 2

Wiskunde 2

Wiskunde 2

Wiskunde 2

5 Desember Afrikaans 2

Afrikaans 2

Afrikaans 2

Afrikaans 2

Dinsdag

6 Desember

Engels 2 Engels 2 Engels 2 Engels 2

1. Alle toetse word gedurende die eerste sessie geskryf behalwe op Maandag 5 Desember waar

daar gedurende altwee sessies geskryf word. Wees asb. betyds.

2. Geen leerder mag die skool gedurende die 2 de sessie verlaat nie tensy daar vooraf met mnr

Schaefer ‟n reëling getref is nie.

3. Puntetotaal van vraestelle:

- Gr. 7 = 100

- Gr. 6 = 80

- Gr. 4 en 5 = 60

4. Leerders bring handboeke vir die volgende dag skool toe sodat hulle gedurende die tweede sessie kan voorberei vir

die volgende dag.

5. Geen musiek word toegelaat, bv. selfone, i-pods, ens.

6. Skool sluit om 12:00, maar daar is toesig tot 13:00.

7. Elke leerder sal betyds ‟n stel afbakenings kry – alle leerareas ingesluit.8. Nasorgsentrums sal ook

bogenoemde afbakenings ontvang.

BEPLANNING VAN AKTIWITEITE VIR DIE TYDPERK

18 - 25 NOVEMBER 2011

ATLETIEK

Gr. R – Gr. 3 oefenrooster vanaf 21 November tot 5 Desember 2011.

Oefentye vanaf 12:15 – 13:15

Maandag 21 November : Gr. R – Gr. 3 (naellope)

Dinsdag 22 November : Gr. 3 (verspring)

Woensdag 23 November : Gr. R – Gr. 2 (naellope) en Gr. 3 (hekkies)

Donderdag 24 November : Gr. 3 (hoogspring)

Maandag 28 November : Gr. 3 (hoogspring)

Dinsdag 29 November : Gr. R – Gr. 2 (naellope) en Gr. 3 (hekkies)

Woensdag 30 November : Gr. 3 (verspring)

Donderdag 01 Desember : Gr. R – Gr. 3 (naellope)

Maandag 05 Desember : Gr. R – Gr. 3 (naellope)

TENNIS

Oefendae en -tye:

Die laaste tennisoefening sal op 18 November wees en dan gaan ons partytjie hou! Elke speler moet

asb. R30,00 bring vir iets te ete en te drink.

Afgehandel. Baie dankie.

KRIEKET

NETT-GIRLIES

Oefentye : Die aktiwiteite sal een maal per week plaasvind vir die Gr 1, 2 en 3‟s op „n

Donderdag vanaf 14:00 tot 15:00.

JUNIOR- EN SENIORKOOR

Afgehandel. Baie dankie.

Geen verdere kooroptredes vir die res van die jaar nie! Alle onderbaadjies moet asb. na Me. O‟Connel

gaan voor/op Maandag 21 November 2011!!

SUKKEL JOU KIND OF KLEINKIND OM EMOSIONEEL OF

AKADEMIES BY TE BLY IN DIE HOOFSTROOM?

Die antwoord lê in persoonlike ondersteuning om die mas op te kom. Daar is twee

moontlikhede waarvolgens hulp verleen kan word.

1. Daar is die voltydse seniorondersteuningsklas gedurende skoolure (10 jaar tot 14

jaar). Daar is „n maksimum van ses leerders. Die fokus is op leerders wat tans glad

nie kan bybly in die hoofstroom nie, te help om die probleem te oorbrug. Daar is nog

plek in die klas vir 2012

2. Hulp na skool met organisasie van klas- en huiswerk, op so „n manier dat die kind

moeilike begrippe verstaan en op datum bly met die werk. Daar is „n maksimum van

twee leerders in die klas.

Die klasse vind plaas in die seniorondersteuningsklas van Laerskool Unika.

Die ervare onderwyser is Maritha Steenkamp en sy kan geskakel word op 082 322 6126 vir

meer inligting.

TERAPIE VIR KINDERS

67 7de Straat, Linden

ARBEIDSTERAPIE

Rozanne du Toit - 084 888 1211

Marilize Botha - 082 859 3605

SPRAAKTERAPEUT

Riani van Aardt - 084 646 6180

OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE / SPELTERAPIE / BABY GYM

Marinda Botha - 084 622 3638

CONSTANTIA SKOOLDRAG

H/V MALIBONGWE- EN RABIESTRAAT, RANDBURG (011 791 1300)

“Mis die terug-skool-toe stormloop!"

Vir al julle skooldrag benodigdhede:

Unika skooltasse, sportsakke, pette en hoedjies.

Verskaffer van Ortopediese “TOTEM" tasse, Billabong en meer.

Ons voorsien ook: Toughees, Buccaneer, Jonty's en Green Cross skoolskoene.

Groot reeks mode-swemdrag en bykomstighede: Speedo, Billabong, Brite, Reef,

Jacqueline ens. Graad 1- 3 Skryfbehoefte-pakke beskikbaar

SONRISE Holiday Camp

Dates:

11 – 15 December, R570

11 – 17 December, R1200

Excellent value for money, safe environment in the country!

Next camp Dates: 1 – 7 April 2012

Contact: Natalie – 083 455 3720, 011 875 2107 / Fax: 086 5111 636

Email: mwablaze@mweb.co.za / Web: www.africaablaze.org

CALL NOW - SPACE STILL AVAILABLE

Speelgroepie vir kleuters van 3 - 5jaar naby Fontainbleau en Unika laerskole 7.30 –

13.30 oop tydens skoolkwartale. Gekwalifiseerde onderwyseres met 21 jaar

ondervinding. Navrae tussen 14.00 en 17.00 Anne-Lanie 0846166006

UNIKA HUISWERKSENTRUM

Unika Huiswerksentrum bied aan u algehele gemoedsrus waar u kind veilig

en versorgd is terwyl huiswerk onder persoonlike toesig afgehandel word!

Huiswerk word gedoen en nagesien deur ‟n gekwalifiseerde onderwyser,

Me. Lida Krige.

‟n Ligte middagete en koeldrank word voorsien.

Tariewe vanaf 1 Januarie 2012:

1 Kind = R550,00 per maand / 2 kinders = R800,00 per maand

Skakel Magda Theyse vir meer besonderhede : 082 414 7468

Unikannetjies

Huiswerksentrum

Die Unikannetjies Huiswerksentrum konsentreer veral op die Grondslagfase

waar eksklusiewe aandag aan alle leerders gegee word.

Elke graad doen afsonderlik en onder leiding van gekwalifiseerde

onderwyseresse, in kein groepies, hul huiswerk.

Hierdeur word genoegsame, individuele aandag aan elkeen gegee.

Daar word baie nou met die klasonderwyseresse geskakel sodat ons presies weet wat van elke

leerder

verwag word. Graad 4-leerders word gehelp met studiemetodes. Hier kry elke kind ook nog

die geleentheid

om kind te wees!

Skakel gerus Me Sonja Schaefer 0826828666

Waar ons huiswerk met lekkerkry klaarkry!!

VAALRIVIER-EIENDOM

25% aandeel in maatskappygeregistreerde eiendom te koop. Slegs een van ses

eiendomme aan Vaalrivier met eiland. ± 90km vanaf Randburg.

Skakel Jan Wandrag - 082 885 7684

Ek is op soek na „n vriendelike, huislike naskool vir my Graad 4-seun in Unika vanaf begin

Januarie 2012 - naby die skool. Middagete en hulp met huiswerk. Ek werk in die Ooste van

Jhb en is „n enkelmamma, so die persoon sal hom moet oplaai na skool smiddags en na die

nasorgsentrum neem. Kontak my asb. by 084 5501234 of op e-pos

lorna.louw@telkomsa.net.”

@ Robindale

011 782-4953

DANKIE Sê GESKENKE en JAAREINDFUNKSIES!!!!

Pragtige blomme, Pamper Geskenke, Hampers en spesiale Geskenke ideaal om dankie te sê.

Beskikbaar by IMPALAFLORA@ROBINDALE.

Kontak ons op 011 782 4953

H/v Malibongwe Rylaan en Gaiety Straat - in Robindale Spar Sentrum

Sondagaand 27 November

Laerskool Unika Rugbyveld

17:30

Bring piekniekmandjie en

„n kers.

Aangebied deur GK Randburg

GR 7‟s - WEES SLAGGEREED VIR 2012 WISKUNDE GR 8 !!!

Kliniek: Wiskunde Oorbrugging gr 7 na gr 8

Datum/tyd 1 Des om 12:00 (direk na jou toets)

Waar: K 3 (Juf Galjaard)

Program: Algebra (2 ure). Kort pouse. Meetkunde (2 ure)

Inskrywing: Juf. Galjaard. K3. Kry jou inskrywing met volledige

inligting betyds en stuur terug teen Maandag 28 Nov.

Navrae: Gerda Hattingh 083 975 5100 / 011 794 5452

Culinary Tour to Normandy, France - 1 tot 9 Junie 2012.

Not only will you be tasting your way through France, you will also have the opportunity to

immerse yourself in the history and culture of Normandy and visit some of the top sites and

attractions in the region.

Bookings close on 30 November 2011.

Contact Jeanri at 083 408 8802 or info@cookingupastorm.co.za for more details or

visit www.cookingupastorm.co.za.

The Robin Hills Cub Pack are recruiting boys and girls aged from7 to 11 years old.

Some of the fun activities include camping, hiking, playing games, nature,

exciting outings and first aid. The cub group are primarily focused on developing

character, training cubs for citizenship and developing personal skills and fitness.

These are achieved by having fun in an outdoor environment through a

challenging age-related programme.

The Robin Hills Cub Pack meets every Friday from 17:00 to 18:45 at the Scout Hall in Oorbietjie

Road (off Cherry Drive).

Contact – Linda Peacock 011 793 5093 (a/h) 083 256 1557 (cell)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!