01.05.2013 Views

Kabaret & musiek

Kabaret & musiek

Kabaret & musiek

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

sangeres: mens wil uitstorm en haar CD aanskaf. Frieda van der Heever knoop haar lyf, dans en hang letterlik kop onderstebo terwyl

sy ’n gedig voordra. Verbluffend! Mens word meegevoer; bevind jou op die punt van jou stoel.” – Kobus Burger (Beeld) Absa-

Mooirivier – 60 min. – R70. 30 Sept. – 12:00, 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. – 14:30, 3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 09:30

ElzabÇ Zietsman – Agter glas (OB) ’n Kragtoer waarin Ziets die mense wat sy ken van naderby bekyk. Sy vertel stories van agter die

glas, asook van haar eie ervaring binne die glas. ’n Verwerking van David Kramer se Botteltjie blou slaan jou asem weg. Sulke

eerlikheid en deernis is jare laas in ons teaters gesien. Musiekteater wat jou sal laat nadink oor die mens se uniekheid en

weerloosheid... agter glas. Musiekregisseur: Janine Neethling. Regisseur: Maralin Vanrenen. Teks: Emma Bekker. Vervaardig deur

Karen Meiring. Wenner van die Kanna vir beste musiekteaterproduksie by die Absa KKNK. Ondersteun deur Sondag. SABC2 Girls

High – 70 min. – R80. 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 19:30, 2 Okt. – 12:00, 3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 14:30

Huisgenoot-geraasplaas (A) Van die Afrikaanse topkunstenaars tree daagliks by Huisgenoot-geraasplaas op. Jy betaal slegs een keer

by die hek vir ’n hele dag se vermaak en kan na hartelus kom en gaan. Kunstenaars na wie besoekers kan uitsien, sluit in Kurt Darren,

Juanita du Plessis, Emo Adams, Broers (Christo & Cobus en Nic Stevens), Sarah Theron, Ghapi, Andries Botha, Arno Jordaan en nog

vele meer. Die musiek begin daag-liks om 11:00 en duur tot 22:00, buiten vir Saterdag 4 Oktober, wanneer dit tot 17:00 duur. 30 Sept.

– Huisgenoot-geraasplaas 1. 1 Okt. – Huisgenoot-geraasplaas 2. 2 Okt. – Huisgenoot-geraasplaas 3. 3 Okt. – Huisgenoot-geraasplaas

4. 4 Okt. – Huisgenoot-geraasplaas 5. Huisgenoot-geraasplaas 1, 2, 3 en 4 – 660 min. – R80 per dag (Huisgenoot-eksemplaar

ingesluit). Huisgenoot-geraasplaas 5 – 360 min. – R60 (Huisgenoot-eksemplaar ingesluit)

Ian Roberts en die Radio Kalahari Orkes (A) Sedert die Radio Kalahari Orkes (RKO) se bekendstelling in 2005 het hulle die volk

se voete aan die jeuk en almal sing “Kaptein, kaptein, waarheen ry die trein...” Voor in die koor is die geliefde stoepsitter van die

Kalahari-oase, Boet (Ian Roberts). Die musiek is uniek en eg-Suid-Afrikaans, met invloede van ghoema tot rock, boeremusiek

tot die Briels. Die orkes se instrumente sluit in kitare, banjo’s, mandolien, mondfluitjie, kazoo, penniefluitjie, viool, tromme... en ’n

pragtige Krummelpoppie op trekklavier. Kom luister na die liedjies van David de Lange, asook na ou treffers soos Kaptein, Farieda

en Crying Shame. Absa-Mooirivier – 75 min. – R80. 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 12:00, 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 19:30, 4 Okt. – 17:00

Jak de Priester – Net ’n bietjie liefde vir die langpad (A) In sy nuwe produksie pak De Priester issues oor liefde. Dis snaaks. Dis

rock ’n roll. Dis blues en soul. Dis guts en derms. Dis ’n journey oor die een “iets” wat almal laat leef… of ophou leef. Dis net ’n

bietjie liefde vir die langpad. SABC2 Girls High – 90 min. – R80. 30 Sept. – 17:00, 1 Okt. – 12:00, 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 12:00, 4

Okt. – 09:30

JIP Rockspaaider (A) JIP Rockspaaider is terug en dis harder en beter as ooit. Kom kyk hoe vier van die beste Afrikaanse rockbands

van skole in die Noorde dit uitsweet om met die JIP Rockspaaider-titel vir 2008 weg te stap. Kom verlustig jou in twee ure se

splinternuwe Afrikaanse rock-luistergenot. Die wen-band kry ‘n CD-opname met agt snitte, kontantpryse en ‘n musiekvideo –

moontlik gemaak deur The Machine Room. Aangebied in samewerking met Beeld, MK en Look & Listen. Joolplaas – 120 min. –

R45. 3 Okt. – 19:00

Klets, klawers en kitaar (A) ’n Program met ongelooflike stories en volkseie Afrikaanse musiek, soos net P.G. du Plessis, Ollie

Viljoen en Valiant Swart dit kan doen. P.G. vertel eg-menslike stories gelaai met intriges, passie en hartseer. Valiant en Ollie omarm

die stories met hul nuwe musiek wat almal gaande het. Hulle word bygestaan deur die jong, talentvolle Pietman Geldenhuys. ’n

Vertoning wat die hartsnare sal roer. Elgro-saal – 60 min. – R75. 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 14:30, 4 Okt. – 12:00

Last Mango in Paris (OB: T) Sy is ’n teleurstelling vir haar ma, ’n embarrassment vir haar kinders, ’n irritasie vir haar skoonsuster,

en ’n definitiewe liability vir haar vriendinne. Nou wonder Louise oor die rol wat vrouens in mekaar se lewe speel. Het jy ’n lojale

kollega, of ’n sameswerende teef wat jou bevordering wil pootjie? ’n Simpatieke vriendin of ’n sluwe slet wat nog altyd te veel van

jou man gehou het? Maar op amper 40 is sy uiteindelik op pad Parys toe. ’n Bietjie laat soos gewoonlik, te beteuterd om te tango,

maar darem betyds vir ’n Last Mango in Paris. ’n Musikale komedie met Sandra Prinsloo as onder meer die duistere ma, ’n venynige

kollega en die moedelose mentor van die hopelose Louise. Ook met Alexa Strachan en Leon Ecroignard. Teks: Alexa Strachan.

PremiÖre. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. SABC2 Girls High – 70 min. – R90. 30 Sept. –

12:00, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 14:30, 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 17:00

Let’s be Frank (V: T) Die bekendstelling van Frank Opperman se nuutste CD, met oorspronklike liedjies geskryf deur Frank

Opperman en Michael Maxwell. Die vertoning neem jou op ’n interessante reis deur die universele temas van die liefde en die lewe

met sy af- en opdraandes wat ons almal tref. Die musiek is ’n mengsel van bluegrass, country en folk. En tussendeur vertel Frank

allerlei staaltjies. Met ‘n stewige band Ün Jonathan Crossley as musikale regisseur. Absa-Mooirivier – 65 min. – R80. 30 Sept. –

17:00, 1 Okt. – 19:30, 2 Okt. – 12:00, 3 Okt. – 17:00

Maboko (A) The ultimate DJ party is coming to Ikageng again this year – attracting party-goers from far and wide. The decks are

ready and the turntables are on, now it’s up to you to join in the fun. OppiKoppi Productions guarantees an unforgettable experience.

Hit www.oppikoppi.co.za for more information. Made possible by Vodacom. Ikageng Soccer Stadium – 480 min. – R20. 3 Oct. –

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!