01.05.2013 Views

Kabaret & musiek

Kabaret & musiek

Kabaret & musiek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kabaret & musiek

Alles op ’n Stok – Die volledige geskiedenis van alles (A) The Complete History of Everything moet sekerlik een van die

merkwaardigste geskrifte wees wat ooit ontdek is. Maar daar is geen twyfel dat die boek niks met die titel uit te waai het nie. Die

geskiedenis is besaai met die volslae mislukkings van diegene wat gepoog het om die wÄreld se oÅnskynlik sinnelose geheime,

betekenislose vergelykings, die kamtige kinkels, die bedenklike “logika” en die onverstaanbare beheptheid met bruinpapiersakke te

ontsyfer. En tog vermoed ons dat daar iets in die boek verskuil is – ’n geheim wat alles kan verander… Die pryswenner-manne van

Stok is terug met ’n splinternuwe produksie. Met Jahn Beukes, Wouter van de Venter, Leon Ecroignard, Nick Huddy en Anthony

Coleman. Konsultantregisseur: Ilse van Hemert. PremiÖre. SABC2 Girls High – 80 min. – R72. 30 Sept. – 19:30, 1 Okt. – 09:30, 2

Okt. – 09:30, 3 Okt. – 19:30, 4 Okt. – 19:30

Amanda Strydom – Kerse teen die donker (A) Amanda Strydom stel haar nuwe album, Kerse teen die donker, aan Aardklop-gehore

bekend. DiÜ vertoning het groot lof ingeoes en was benoem vir ’n Kanna by vanjaar se Absa KKNK. “ ’n Mens voel geseÅnd om ’n

vertoning te beleef waarin ’n mens die tuiskoms van ’n kunstenaar en mens kan beleef. Sonder tromgeroffel en pronkwerk is

Strydom tuis in haar vel. Dis immers hoe dit hoort: laat die skeppingswerk en die gevoelens die praatwerk doen! Het ’n mens haar al

ooit sá stralend beleef?” – Kobus Burger (Beeld) kykNET Gimmies – 80 min. – R114. 30 Sept. – 17:00, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. –

14:30, 3 Okt. – 19:30, 4 Okt. – 09:30

Anna Davel – Raaisels, skepe & 1000 drome (A) Dertien kraaknuwe liedjies van Anna Davel. Sommige vertel van skepe op die oop

see, reise sonder of met bagasie in snikhete hitte of ysige koue, met onafwendbaar hier en daar ’n verkeerde afdraai. Daar is liedjies

van verlange na die huis, rondlopers, getroues en ontroues, dronk matrose en verwarde tieners, ou liefde wat maar sukkel, nuwe

liefdes wat hoog vlieg, skuldiges en onskuldiges, die stiltes en die storms... Musiekregie: Matthys Maree. Huis Eikelaan – 60 min. –

R75. 30 Sept. – 17:00, 1 Okt. – 14:30, 3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 12:00

CH2 – It’s About Time (A) Die kitaarduo CH2 se nuwe album en gelyknamige verhoogproduksie, It’s About Time, is ’n samekoms

van twee briljante kitaarspelers, Leon Gropp en Corneille Hutten-Burger. Hulle ritme, harmonie en energie beloof om gehore bekend

te stel aan die magiese krag van musiek! Huis Eikelaan – 60 min. – R60. 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 19:30, 2 Okt. – 12:00,

3 Okt. – 14:30, 4 Okt. – 19:30

Crazy Diamond – A Tribute to Pink Floyd (A) Mel Botes word beskou as een van Suid-Afrika se voorste kitaarspelers en die

vertoning Crazy Diamond is ’n huldeblyk aan Pink Floyd, een van rock se suksesvolste en invloedrykste groepe. Kom luister na

treffers soos Wish You Were Here, The Wall, Division Bell en The Dark Side of the Moon. Met Mel Botes, Simon Orange,

Dewald Pretorius, Theuns Botha, Clinton Waring, Hannah Erasmus en Elaine Page. Elgro-saal – 120 min. – R80. 1 Okt. – 19:30, 2

Okt. – 12:00, 3 Okt. – 19:30, 4 Okt. – 19:30

Cutt Glas – Snykant (A) Skerp, sny, kerf, slag – soos lemme is daai tonge. Spot, skerts, spitsvondig, soos engele die stemme. So raak

mens soet, suur, sout, stout. As hulle sing, so sommer vanself op die noot, so sit-sit so, sal jy skater vir diÜ handvol – ook as hulle nie

sing nie. às hulle sing, moet jy liewer luister. ’n Paar woorde vir jare se akkoorde. Met Karen Meiring, Bondina Osterhoff, Rozelle

Blackie, Karen Wessels en Mabet van Wyk. SABC2 Girls High – 60 min. – R80. 30 Sept. – 09:30, 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. – 19:30, 3

Okt. – 14:30, 4 Okt. – 12:00

Die Gespanne Passasiers: Sonder brieke! (OB: T) SiekPappie snorkel met sy flenterkarretjie deur die Karoo tot hy een aand iets in

die veld sien dans… poedelkaal. So begin ’n once-in-a-lifetime-roadtrip, van Rietbron tot Makwassie, waartydens SiekPappie, Dancy

Nancy, Stienie Steinway, Werrie White en Fanie Fender mekaar raakloop en die befaamde interprovinsiale band, Die Gespanne

Passasiers, begin. Dit word ’n onvergeetlike avontuur met ’n Bedford-lorrie, bar mitzvahs, Vrymesselaarsdanse, twee blommemeisies

en ’n vermiste mechanic se vrou. Absa-Mooirivier – 80 min. – R65. 30 Sept. – 19:30, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 19:30, 3 Okt. – 14:30, 4

Okt. – 14:30

Driekuns met Chris Chameleon, Jonathan Crossley en Ampie Omo (A) Van Chris Chameleon kan ’n mens altyd die onverwagse

verwag! Met Driekuns wys hy nog ’n sy van sy veelsydigheid. Bygestaan deur Jonathan Crossley op kitare en Ampie Omo op

perkussie, klawers, trompet en tromboon gaan Chameleon nie net interessante nuwe verwerkings van sy treffers en persoonlike

gunstelinge bied nie, hy gaan ook vir diegene wat sy Boo!-dae gemis het wys hoe hy ’n baskitaar kan tem. Boo!-aanhangers kan

uitsien na ’n paar klassieke nommers! Dit is ook die eerste keer sedert Boo! ontbind het dat hy weer saam met Omo werk. Regisseur:

Chris Chameleon. Elgro-saal – 60 min. – R80. 30 Sept. – 12:00 en 14:30, 1 Okt. – 09:30

Elders aan diens (OB: T) Nicole Holm, Luna Pieterse en Frieda van der Heever vergestalt die verskillende luime van Jeanne Goosen

– haar nagmerries, geskiedenis en planete – deur treffende toonsettings van haar gedigte. Regie: Albert Maritz. “Elders aan diens is ’n

blink juweel. Musiekteater wat herinner aan Laurie Anderson en Diamanda Galas met Holm op haar beste. Luna is so ’n onderskatte

sangeres: mens wil uitstorm en haar CD aanskaf. Frieda van der Heever knoop haar lyf, dans en hang letterlik kop onderstebo terwyl

sy ’n gedig voordra. Verbluffend! Mens word meegevoer; bevind jou op die punt van jou stoel.” – Kobus Burger (Beeld) Absa-

Mooirivier – 60 min. – R70. 30 Sept. – 12:00, 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. – 14:30, 3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 09:30

ElzabÇ Zietsman – Agter glas (OB) ’n Kragtoer waarin Ziets die mense wat sy ken van naderby bekyk. Sy vertel stories van agter die

glas, asook van haar eie ervaring binne die glas. ’n Verwerking van David Kramer se Botteltjie blou slaan jou asem weg. Sulke

eerlikheid en deernis is jare laas in ons teaters gesien. Musiekteater wat jou sal laat nadink oor die mens se uniekheid en

weerloosheid... agter glas. Musiekregisseur: Janine Neethling. Regisseur: Maralin Vanrenen. Teks: Emma Bekker. Vervaardig deur

Karen Meiring. Wenner van die Kanna vir beste musiekteaterproduksie by die Absa KKNK. Ondersteun deur Sondag. SABC2 Girls

High – 70 min. – R80. 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 19:30, 2 Okt. – 12:00, 3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 14:30

Huisgenoot-geraasplaas (A) Van die Afrikaanse topkunstenaars tree daagliks by Huisgenoot-geraasplaas op. Jy betaal slegs een keer

by die hek vir ’n hele dag se vermaak en kan na hartelus kom en gaan. Kunstenaars na wie besoekers kan uitsien, sluit in Kurt Darren,

Juanita du Plessis, Emo Adams, Broers (Christo & Cobus en Nic Stevens), Sarah Theron, Ghapi, Andries Botha, Arno Jordaan en nog

vele meer. Die musiek begin daag-liks om 11:00 en duur tot 22:00, buiten vir Saterdag 4 Oktober, wanneer dit tot 17:00 duur. 30 Sept.

– Huisgenoot-geraasplaas 1. 1 Okt. – Huisgenoot-geraasplaas 2. 2 Okt. – Huisgenoot-geraasplaas 3. 3 Okt. – Huisgenoot-geraasplaas

4. 4 Okt. – Huisgenoot-geraasplaas 5. Huisgenoot-geraasplaas 1, 2, 3 en 4 – 660 min. – R80 per dag (Huisgenoot-eksemplaar

ingesluit). Huisgenoot-geraasplaas 5 – 360 min. – R60 (Huisgenoot-eksemplaar ingesluit)

Ian Roberts en die Radio Kalahari Orkes (A) Sedert die Radio Kalahari Orkes (RKO) se bekendstelling in 2005 het hulle die volk

se voete aan die jeuk en almal sing “Kaptein, kaptein, waarheen ry die trein...” Voor in die koor is die geliefde stoepsitter van die

Kalahari-oase, Boet (Ian Roberts). Die musiek is uniek en eg-Suid-Afrikaans, met invloede van ghoema tot rock, boeremusiek

tot die Briels. Die orkes se instrumente sluit in kitare, banjo’s, mandolien, mondfluitjie, kazoo, penniefluitjie, viool, tromme... en ’n

pragtige Krummelpoppie op trekklavier. Kom luister na die liedjies van David de Lange, asook na ou treffers soos Kaptein, Farieda

en Crying Shame. Absa-Mooirivier – 75 min. – R80. 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 12:00, 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 19:30, 4 Okt. – 17:00

Jak de Priester – Net ’n bietjie liefde vir die langpad (A) In sy nuwe produksie pak De Priester issues oor liefde. Dis snaaks. Dis

rock ’n roll. Dis blues en soul. Dis guts en derms. Dis ’n journey oor die een “iets” wat almal laat leef… of ophou leef. Dis net ’n

bietjie liefde vir die langpad. SABC2 Girls High – 90 min. – R80. 30 Sept. – 17:00, 1 Okt. – 12:00, 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 12:00, 4

Okt. – 09:30

JIP Rockspaaider (A) JIP Rockspaaider is terug en dis harder en beter as ooit. Kom kyk hoe vier van die beste Afrikaanse rockbands

van skole in die Noorde dit uitsweet om met die JIP Rockspaaider-titel vir 2008 weg te stap. Kom verlustig jou in twee ure se

splinternuwe Afrikaanse rock-luistergenot. Die wen-band kry ‘n CD-opname met agt snitte, kontantpryse en ‘n musiekvideo –

moontlik gemaak deur The Machine Room. Aangebied in samewerking met Beeld, MK en Look & Listen. Joolplaas – 120 min. –

R45. 3 Okt. – 19:00

Klets, klawers en kitaar (A) ’n Program met ongelooflike stories en volkseie Afrikaanse musiek, soos net P.G. du Plessis, Ollie

Viljoen en Valiant Swart dit kan doen. P.G. vertel eg-menslike stories gelaai met intriges, passie en hartseer. Valiant en Ollie omarm

die stories met hul nuwe musiek wat almal gaande het. Hulle word bygestaan deur die jong, talentvolle Pietman Geldenhuys. ’n

Vertoning wat die hartsnare sal roer. Elgro-saal – 60 min. – R75. 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 14:30, 4 Okt. – 12:00

Last Mango in Paris (OB: T) Sy is ’n teleurstelling vir haar ma, ’n embarrassment vir haar kinders, ’n irritasie vir haar skoonsuster,

en ’n definitiewe liability vir haar vriendinne. Nou wonder Louise oor die rol wat vrouens in mekaar se lewe speel. Het jy ’n lojale

kollega, of ’n sameswerende teef wat jou bevordering wil pootjie? ’n Simpatieke vriendin of ’n sluwe slet wat nog altyd te veel van

jou man gehou het? Maar op amper 40 is sy uiteindelik op pad Parys toe. ’n Bietjie laat soos gewoonlik, te beteuterd om te tango,

maar darem betyds vir ’n Last Mango in Paris. ’n Musikale komedie met Sandra Prinsloo as onder meer die duistere ma, ’n venynige

kollega en die moedelose mentor van die hopelose Louise. Ook met Alexa Strachan en Leon Ecroignard. Teks: Alexa Strachan.

PremiÖre. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. SABC2 Girls High – 70 min. – R90. 30 Sept. –

12:00, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 14:30, 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 17:00

Let’s be Frank (V: T) Die bekendstelling van Frank Opperman se nuutste CD, met oorspronklike liedjies geskryf deur Frank

Opperman en Michael Maxwell. Die vertoning neem jou op ’n interessante reis deur die universele temas van die liefde en die lewe

met sy af- en opdraandes wat ons almal tref. Die musiek is ’n mengsel van bluegrass, country en folk. En tussendeur vertel Frank

allerlei staaltjies. Met ‘n stewige band Ün Jonathan Crossley as musikale regisseur. Absa-Mooirivier – 65 min. – R80. 30 Sept. –

17:00, 1 Okt. – 19:30, 2 Okt. – 12:00, 3 Okt. – 17:00

Maboko (A) The ultimate DJ party is coming to Ikageng again this year – attracting party-goers from far and wide. The decks are

ready and the turntables are on, now it’s up to you to join in the fun. OppiKoppi Productions guarantees an unforgettable experience.

Hit www.oppikoppi.co.za for more information. Made possible by Vodacom. Ikageng Soccer Stadium – 480 min. – R20. 3 Oct. –

20:00 (Gates open at 19:00)

Mathys Roets – The Very Best of Cat Stevens (A) In die laat jare sestig en in die jare sewentig het Cat Stevens die popmark

oorheers met meer as 60 miljoen albumverkope wÄreldwyd en liedjies soos Morning Has Broken, Moonshadow en The First Cut Is

the Deepest. Veertig jaar later is die liedjies nog net so tydloos en gewild soos die dag toe dit geskryf is. Mathys Roets, begelei deur

Matthys Maree, sing van die heel gewildste Cat Stevens-liedjies soos opgeneem op sy nuwe CD. Elgro-saal – 60 min. – R80. 30 Sept.

– 19:30, 1 Okt. – 12:00, 2 Okt. – 19:30, 3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 17:00

Medumo Jazz Fountain (A) Gather together for cool vibes and the newest and best acts of African contemporary jazz. The smooth

lyrical and vocal sounds of South African artists like Vusi Mahlasela, Malaika and Siphokazi will hypnotise the crowd for a one-of-akind

experience, brought to you by OppiKoppi Productions. Log on to www.oppikoppi.co.za for more information. Supported by the

National Lottery Distribution Trust Fund, Vodacom & Windhoek Draught, Motsweding FM & Bona. Fanie du Toit Rugby Stadium –

600 min. – R80. 27 Sept. – 13:00 (Gates open at 12:00)

Nianell – I Know I’m Lucky (A) Suid-Afrika se bekroonde sangeres-liedjieskrywer oorrompel weer gehore met liedjies van haar

jongste tweetalige CD, I Know I’m Lucky. ’n Uitgesoeke groep plaaslike topmusikante ondersteun Nianell, wat oudergewoonte haar

stem met gemak tussen vier oktawe laat dartel. Haar boodskap is duidelik: glo in die krag van liefde, eensgesindheid en positiewe denke.

Buiten vir splinter-nuwe liedjies is daar ook gewilde treffers van Who Painted the Moon?, Angel Tongue en Life’s Gift. Elgrosaal

– 80 min. – R85. 30 Sept. – 17:00

Op die vrou af II (OB (geen onder 14): volwasse situasies) DiÜ splinternuwe verwerkings uit AndrÜ le Roux se rubriek in Sarie

beantwoord eeue-oue vrae: Wat doen hy as sy op ’n koolsopdieet gaan en kreunend op die bed lÄ? (En hoekom is hy in die sop?)

Hoekom is ’n gesprek met ’n vrou soos ’n mynveld en voel dit vir hom hy’t magnete aan sy voete? (O, ek sien jy’t ook selluliet!)

Hoekom vra sy retoriese vrae en wag dan vir hom om te antwoord? (Hoekom staan weervoorspellers op die TV altyd voor die Kaap?)

Want sien die huwelik is ’n tango: jy moet weet hoe om die voetwerk te manipuleer, wanneer om te swaai, te draai, en wanneer om te

lei/y. Met Pedro Kruger en Jolette Odendaal. Regie en verwerking: Hennie van Greunen. Ondersteun deur Sarie. PremiÖre. Besoek die

Op die vrou af II-groep op Facebook. kykNET Gimmies – 65 min. – R80. 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. – 19:30, 3 Okt. – 09:30 en 14:30, 4

Okt. – 14:30

OppiAarde (A) Die aarde gaan oudergewoonte Saterdag dawer met van die gewildste rockkunstenaars wat opruk vir OppiAarde. Staan

nader vir witwarm-sessies saam met Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, aKing, Prime Circle, Karen Zoid, Tidal Waves en ander verrassings.

Vir vars inligting besoek www.oppikoppi.co.za. Met trots aangebied deur OppiKoppi-produksies en Aardklop. Moontlik gemaak

deur Vodacom & Windhoek Draught. Ondersteun deur MK en 5FM. Fanie du Toit-rugbystadion – 660 min. – R100. 4 Okt. – 13:00

(Hekke maak oop om 12:00)

Rapport-extravaganza (A) Die Rapport-extravaganza is die enigste geleentheid waar Aardklop-feesgangers groot sterre soos Laurika

Rauch, Nicholis Louw, Jannie Moolman en Coenie de Villiers by vanjaar se fees te sien gaan kry. Met ondersteuning van ’n gatskoporkes

en ’n groep strykers en koperblasers, en onder leiding van musikale regisseur Janine Neethling, word interessante kombinasies van

klassieke en populÄre musiek opgedis. Onder meer Nessun Dorma (Louw en Moolman) en Habanera uit Carmen (Karen Meiring en

Annake de Villiers). Ook met Lize Beekman, Brandon October, Gloria Bosman, die Suid-Afrikaanse jeugkoor en die Puk-koor.

Tussendeur kry kunstenaars se eie treffers ook ’n plekkie (met ’n nuwe baadjie aan). Moontlik gemaak deur Rapport en aangebied deur

M4 Artist Management. Ondersteun deur Vodacom, kykNET & Windhoek Draught. Fanie du Toit-rugbystadion – 120 min. – R90. 30

Sept. – 20:00 (Hekke maak oop om 19:00)

Smokie (A) Die bekende Britse groep Smokie tree vanjaar by Aardklop op as deel van hul wÄreldtoer. Smokie is een van Europa se

gewildste rockbands en hulle sÄ self: “To be rock ’n roll survivors is an achievement!” En nä dertig jaar in die vermaaklikheidswÄreld

toer hulle steeds die wÄreld vol en kan gehore steeds nie genoeg kry van treffers soos Oh Carol, Have You Ever Seen the Rain?, I’ll

Meet You at Midnight, Needles and Pins, For a Few Dollars More en natuurlik die groot treffer Living Next Door to Alice nie.

Ondersteun deur Vodacom & Windhoek Draught. Fanie du Toit- rugbystadion – 120 min. – R150. 2 Okt. – 20:00 (Hekke maak oop om

19:00)

Steve Hofmeyr (A) Kom vier Suid-Afrika se eie kontemporÄre ikoon en superster Steve Hofmeyr se sukses met onder meer sy 19de

CD, die dubbel-platinumverkoper Waarmaker. Hy sing oor die hoop wat alle Suid-Afrikaners, dromers en verliefdes koester en hoe

ons die kaptein is van elke skip wat dit oor die see van waarheid waag. Jakkie Louw kom doen ook sy ding – saam met drie pikkewyne,

’n bottel Tas en tant Sannie van Sunnyside (by wyse van spreke). Ondersteun deur Vodacom & Windhoek Draught. Fanie du Toitrugbystadion

– 120 min. – R90. 3 Okt. – 20:00 (Hekke maak oop om 19:00)

Swing Safari (A) Immergroen-treffers trek ’n nuwe baadjie aan... ’n allemintige Swing Big Band-baadjie. ’n Vertoning waar jy sal

opspring, hande klap, voete stamp en die kriewe-ling van ons opwindende ritmes aan jou vel sal kan voel. ’n Paar van die treffers sluit

in Zambezi, Swinging Safari, Special Star en The Penny-Whistle Song. Bring jou bling en kom swing! Met die Jonny Cooper Big

Band, Brandon October, Tim Moloi, Gloria Bosman, Anna Davel, Jolette Odendaal, Louis Loock, Cutt Glas en die Afrika

Mamas. Regie: Maralin Vanrenen. Musikale regisseurs: Janine Neethling en Andrew Ford. Dirigent: Jonny Cooper. Vervaardig deur

Oude Libertas-amfiteater en Jonny Cooper en ondersteun deur Huisgenoot. PremiÖre. Amfi-teater – 120 min. – R100. 4 Okt. 20:00

Valiant Swart: Vrydagaand / Saterdagaand (A) Vrydagaand / Saterdagaand is ’n Valiant Swart-solo-vertoning presies soos sy

aanhangers hom leer ken en bemin het. Daar is soet-en-stout-liefdesliedjies, sardoniese sosiale waarnemings, dekadente laatnagavonture,

heerlike humor en deernisvolle terugblikke. Die musiek en liriek voer jou mee na Valiant se milieu van karakters, kitare,

staaltjies en, soos hy dit self stel, “versoeking en sonde, verwyt en vergifnis, verlies en versoening, heimwee en hunkering,

ontnugtering en vervreemding, geloof, hoop en liefde”. Weliswaar ’n nuwe CD, maar dis Vintage Valiant! Elgro-saal – 60 min. – R70.

3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 14:30

Van Boereseun tot Brel (A) Danie Bosman, gebore 7 Februarie 1907 in Kaapstad, het in sy kortstondige lewe van 39 jaar een van die

grootste komponiste en liriekskrywers in die geskiedenis van Afrikaanse musiek geword. Sy musiek en lirieke leef jare nä sy dood nog

voort. Jacques Brel, gebore in BelgiÅ in 1929, verloor op 49-jarige ouderdom sy stryd teen kanker. Hy word beskou as ’n moderne

troebadoer – ’n digter, sanger en komponis wat sy passie vir musiek in Frans en Vlaams uitleef. Die bekroonde akkordeonspeler Ollie

Viljoen en klavier-en-sangsensasie NiÅl Rademan bring hulde aan diÜ twee merkwaardige kunstenaars. Huis Eikelaan – 60 min. –

R70. 3 Okt. – 19:30, 4 Okt. – 14:30

Visuele kunste

Moontlik gemaak deur die ATKV

Feeskunstenaar – Diane Victor Die internasionaal bekroonde kunstenaar Diane Victor bring vanjaar ’n uitsonderlike uitstalling na

Aardklop. Victor is bekend vir haar sterk uitdagende kunswerke en haar uitstaande tegniese vaardigheid. Die Galery, NWU-kampus.

Gratis.

Ander uitstallings waar feesgangers ’n draai kan gaan maak, is Trajectory met Musha Neluheni as vanjaar se genooide jong kurator;

die ATKV se korporatiewe versameling; die Absa Atelier se toptienkunstenaars, Respons waarin Henk Serfontein, Cobus van Bosch

en Bevan Thornton die landskapgenre op ’n unieke eietydse manier interpreteer; CQ-fest – Creative Intelligence wat nou al vir die

derde jaar aangebied word; ’n fotografiese tentoonstelling waarin ou drukmetodes gebruik word, onder meer wat dateer uit die dae

van die ontstaan van fotografie; en Sell, Sell, Sell met Gordon Froud as kurator waarmee hy met sy samestelling van kunstenaars

bewys dat almal kuns kan bekostig – met pryse wat wissel van R150 tot R10 000. Uitstallings met ’n Potchefstroomse inslag is Streek,

waarvan Philip Badenhorst vanjaar die erekunstenaar is, en Potchefstroom: 170 jaar waarin diÜ mylpaal met argieffoto’s herdenk

word. ’n Nuutjie is Rendezvous waarin daar gefokus word op drabare kuns met kunstenaars soos Jacki MacInnes, Musha Neluheni,

Strangelove, Clive Rundle en Diane Victor wat deelneem.

Rendezvous Fashion Show A fashion show connected to the exhibition on wearable art. Funds raised will be donated to charity.

NWU Botanical Garden – 70 min. – R50, R100 and R150. 3 & 4 Oct. – 19:00

Kunssafari Die kunsuitstallings word geopen op Maandag 29 September en die opening sal oudergewoonte as ’n safari plaasvind.

Verskeie van die uitstallings word dan besoek, met ’n wyntjie en iets om te eet. Sanlam-ouditorium (beginpunt) – 240 min. – R40. 29

Sept. – 17:00

Kunstoere Begeleide kunstoere word daagliks aangebied en mense kan om 09:30 by die Sanlam-ouditorium byeenkom. Koste beloop

R45 per persoon per toer.

Woordkuns

Audrey (A) Audrey Blignault is skrywer, geesdriftige leser, ’n voorste vrou, inspirasie van vele en verkenner van vreugde. Die liefling

van die Afrikaanse leesgemeenskap word vereer en verken in diÜ samestelling uit haar skryfwerk en persoonlike briewe. Met Coba-

Maryn Wilsenach. Teks: Audrey Blignault. Samestelling: Saartjie Botha. Regie: Wolfie Britz. ’n Vleis, Rys & Aartappels-produksie.

Huis Eikelaan – 80 min. – R70. 30 Sept. – 09:30, 1 Okt. – 12:00, 2 Okt. – 14:30, 3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 17:00

Doppers en Filistyne (A) Eric Nobbs beeld in ’n skreeusnaakse vertolking die sonde-ergernis uit van die dorpslewe soos gesien deur die

oÅ van Ou Stoffel Gieljam, C.J. Langenhoven se “neef”. Hy slaag uitstekend daarin om die lagspiere te prikkel in sy unieke voordrag

van tradisionele Afrikaanse humor. “ ’n Meesterlike solovertoning.” -– Beeld. “Nobbs at his best.” – Pretoria News. “ ’n Uitmuntende

vertolking, skaterlag-relevant vir vandag.” – Volksblad. Huis Eikelaan – 70 min. – R65. 30 Sept. – 12:00, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 19:30,

3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 09:30

Hardop (A)

’n Taaldaad, ’n tongval en trompet

’n Verhoog, ’n ottermaklotter en vog of wyn of watookal

en jy

’n Bundel, ’n baskitaar, boeke

en ’n klankman

Ou digters, jong digters, digters van Hongkong

(nie regtig nie, maar van hulle was al daar), goeie digters, swak digters, en digters wat dink hulle is swak en eintlik is hulle goeie

digters... Maar hulle doen dit almal hardop. Met Schalk Joubert (baskitaar) en Adriaan Brand (klawers) en die digterlike insette van

onder andere Danie Marais, Andries Bezuidenhout, Rondela Kamfer en Loftus Marais. Ondersteun deur die Distell-stigting.

Boeke-oase – 90 min. – R60. 1 Okt. – 18:00

Sol Plaatje Diskoersreeks

Aangebied in samewerking met RSG: Praat saam en moontlik gemaak deur die Nasionale Loteryverspreidingsfonds

Freek Robinson van Praat saam skuif agter die mikrofoon in en takel oudergewoonte netelige kwessies wat almal raak. Al verskil is, diÜ

keer word die Sol Plaatje Diskoersgesprekke regstreeks van Aardklop af uitgesaai met Robinson wat as voorsitter optree en met

besoekende kenners gesels. Diegene wat vroeg uit die vere is, word genooi om te kom saampraat. As bonus sal daar koffie en beskuit

beskikbaar wees. Maar wakker wees: kom kuier sommer vroeg al saam, want gehoorlede moet op die laatste teen 07:50 reeds hul plekke

inneem.

Diskoers 1: Goeie broederskap of grenslose irritasie? Die vlaag xenofobie het Suid-Afrika vanjaar geruk. Maar dit is ’n verskynsel

wat wÄreldwyd toeneem. Die groot vraag is of ’n beleid van oop grense inderdaad broederskap bevorder, of hou dit ’n wesenlike gevaar

in vir die verhoudings tussen binnelanders en buitelanders? En kan SA ten opsigte van infrastruktuur dit bekostig om sy deure vir ’n

ieder en elk oop te gooi? Cachet-kleinteater – 90 min. – R35. 30 Sept. – 08:00

Diskoers 2: Ons wag op die kaptein Leierskap, of die gebrek daaraan, het vanjaar die Suid-Afrikaanse diskoers oorheers. Hoe lyk ’n

goeie leier? Het Suid-Afrika spesifieke eise vir ’n leier en van waar sal hy (dalk sy) kom? En SA hou asem op: Sal Jacob Zuma, ANCpresident,

die geskikte kandidaat wees om die mantel oor te neem? Cachet-kleinteater – 90 min. – R35. 1 Okt. – 08:00

Diskoers 3: Om die volk tot diens te wees Dienslewering het ’n tameletjie geword met gebrekkige kragvoorsiening, voorvalle van

besmette water en paaie wat plek-plek gans onbegaanbaar raak. Die lewering van huise is nie wat dit moet wees nie en oor die

rompslomp om ’n paspoort, ID-dokument of rybewys te kry, wil ’n mens nie eers praat nie. Waar presies lÄ die oplossing? Met onder

andere JP Landman, politieke en ekonomiese ontleder. Cachet-kleinteater – 90 min. – R35. 2 Okt. – 08:00

Diskoers 4: Kuns: Ontsnapping of konfrontasie? In die dae van apartheid het die teater sy stem verhef en geprotesteer. Sedertdien

loop die uitvoerende kunste ’n onsekere pad in die land met die verskoning dat daar ander dwingende kwessies is wat meer aandag

behoort te kry. Hoe sal die geskiedenis Suid-Afrika se kunste-uitlewing nä 1994 beoordeel? Soek teatergangers net ontsnapping of is

daar plek vir ’n eietydse stem wat met sy voete in die hede staan? Met onder andere Ilse van Hemert, bekroonde regisseur. Cachetkleinteater

– 90 min. – R35. 3 Okt. – 08:00

Dans, beweging & straatteater

Marang (A) The Mmabana Arts Foundation Dance Company performs for the first time at Aardklop. Their programme consists of

classical ballet, contemporary dance, Latin and traditional dance. A pure dance extravaganza that everyone will enjoy. Central Primary

School – 90 min. – R30. 30 Sept. – 17:00, 1 Okt. – 19:30, 2 Okt. – 12:00

Optelgoed is dansgoed (A) Optelgoed is speelgoed en dinge wat sommerso lukraak in die asblik gegooi word, word instrumente in

die hande van die groep Waste Not Want Not – wat wys hoe jy met rommel kan tjommel en toor. ’n Kreatiewe, ritmiese ervaring wat

vir voetvoos-feesgangers ’n lekker wip in die stap sal gee. Met onder andere Leon Ecroignard van Stok-faam. Feesterrein en strate –

Gratis. Hou Spat dop vir besonderhede oor vertonings.

The Things We Carry with Us (A) In The Things We Carry with Us bied die Tshwane Dance Theatre drie nuwe werke deur

vooraanstaande Suid-Afrikaanse choreograwe aan. Die titel is ontleen aan die stuk wat deur Timothy le Roux gechoreografeer is,

terwyl Gregory Maqoma van die Vuyani Dance Theatre se skepping heet Pale. Die bekroonde choreograaf PJ Sabbagha debuteer by

Aardklop met ’n splinternuwe nuwe werk spesiaal geskep vir die Tshwane Dance Theatre. Hierdie fenomenale program is ’n

moet vir alle dansaanhangers en beloof nuwe en innoverende Suid-Afrikaanse choreografie. Central Primary School – 55 min. – R67.

3 Okt. – 17:00, 4 Oct. – 09:30

Very Short Stories of Creatures and their Journey towards a Home (A (no u/13) A theatre/dance performance by Jori Snell from

Holland/Denmark. In her performances Snell aims at transforming her training in physical theatre, dance, martial arts, mime and

butoh-related work into a very personal language, often inspired by a weird, humorous, and grotesque universe. Very Short Stories is

created as a painting; with initially no definite story or given context. And then small pieces of a puzzle “shape themselves”, through

the use of different colours of movement, texts and visual pictures. And stories are born – all with a common quest and search into the

unknown or the “not-knowing”, though they all have a longing to find “home”. With poems by Walt Whitman, texts by HelÖne

Cixous and Anne Sexton, and folktales and texts written by Snell. A Baba Yaga Theatre production. Supported by the Royal

Netherlands Embassy in Pretoria. Totius Hall – 55 min. – R65. 3 Oct. – 14:30, 4 Oct. – 12:00

Yes, We Think We Can Dance! (A) So You Think You Can Dance? het die wÄreld aan die praat en ons eie reeks in SA begin in

September. Nou bring die dansers van Kmad, die bekende eietydse geselskap van Kelsey Middleton (choreograaf van Dans, dans,

dans en So You Think You Can Dance SA), vir jou ’n antwoord op die vraag: Kan jy dans? Ja, hulle doen van salsa tot gumboot, hiphop

tot die wals, tap, belly-dancing, jazz, tango en daar is selfs ’n skopboksdans! Met onder andere Martin van Heerden,

Laura-Jean de Vries en Carmia Cruywagen. Central Primary School – 90 min. – R100. 30 Sept. – 12:00, 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. –

19:30, 3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 12:00

Koor & ensemble

Boulevard Harmoniste (A) Die immergewilde en uitstekende Boulevard Harmoniste bied vanjaar ’n program aan van opwindende en

meesleurende musiek uit die klassieke Ün die meer populÄre musiekwÄreld. DiÜ groep, ’n gemengde 6-stemmige ensemble, besoek

Europa in Desember met die einste program waarop Aardklop-gangers getrakteer gaan word. Konservatorium – 65 min. – R40. 1 Okt.

– 14:30, 2 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 14:30

Die Suid-Afrikaanse Jeugkoor (A) Die SA Jeugkoor verteenwoordig die reÅnboognasie in al sy glorie en vermaak gehore regoor

Suid-Afrika met ’n positiewe, polsende energie en pragtige stemme. Die program sluit romantiese en eietydse werke van ’n besondere

moeilikheidsgraad in, asook treffende inheemse en populÄre musiek. Hoogtepunte sluit in Reigenberger se Kyrie en Sanctus, The Click

Song, Robbie Williams se Angels en Op Blouberg se strand. Moontlik gemaak deur Petro SA. Konservatorium – 60 min. – R60. 1

Okt. – 19:30, 2 Okt. – 09:30

Moeder en Kind (OB) Die Puk-koor, onder leiding van Awie van Wyk, se baie gewilde Aardklop-afsluitingskonsert bestaan vanjaar

uit meer as een werk. Tog is die program gebou rondom ’n sentrale stuk – die grootse en verstommende Moeder en Kind van John

Tavener. DiÜ werk is geskryf vir koor, pyporrel en Oosterse ghong. Voorts is daar ’n Bach, ’n Liszt, Vaughan-Williams (dis mos sy

jaar!) en nog ‘n spesiale verrassing of twee... Kom sluit jou fees af op ’n hoogtepunt! NG Kerk Miederpark – 70 min. – R70. 5 Okt. –

13:30

Vocals en wyn (A) Daar is min dinge wat so goed kan vergelyk met die kwaliteit van ’n uitstekende glasie wyn soos die suiwer

klanke van a cappella-musiek. Flip a Coin en Van Loveren bied ’n produksie aan wat ’n fees vir die oor en die pallet sal wees. Met

musiek wat wissel van Billy Joel tot Laurika Rauch gaan die manne van Flip a Coin jou betower soos net ’n goeie rooi

wyn kan. Cachet-kleinteater – 80 min. – R70. 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 19:30, 4 Okt. – 12:00 en 14:30

Teatergesprekke

Ondersteun deur Bravo!

Teatergesprek 1: Samoerai Berigte van skokkende tienergeweld tref koerantvoorblaaie al hoe meer. Enersyds bevind tieners hulle in

’n harde werklikheid, andersyds ontsnap hulle in rekenaarspeletjies, en iewers tussen-in raak sommige die spoor byster. Skrywer

Schalk Schoombie, regisseur Ilse van Hemert en die akteurs Marcel van Heerden, Deon Coetzee, Zane Meas en Nicola Hanekom praat

met teaterkritikus Kobus Burger oor die belang van eietydse teater. Boeke-oase – 60 min. – R32. 1 Okt. – 11:00

Teatergesprek 2: Yellowman Director Lara Bye and actors David Johnson and Mwneya Kabwe discuss how culturally different

audiences react to this play, but also how the issues raised are universally embraced. Celebrated lighting designer Faheem Barbien

explains the important storytelling role of lighting design. Boeke-oase – 60 min. – R32. 1 Okt. – 14:00

Teatergesprek 3: ’n Lang dagreis na die nag DiÜ meesterlike Amerikaanse drama van Eugene O’Neill bewys dat klassieke teater

steeds veel te sÄ het vir vandag se gehore. Wat maak die kwessies so tydloos en hoekom word die grootse werke nie mÜÜr gereeld

buite die forum van die kunstefeeste op die planke gesien nie? Teaterkritikus Schalk Schoombie gesels met onder andere Marthinus

Basson (regisseur), Antoinette Kellermann en Marius Weyers. Boeke-oase – 60 min. – R32. 2 Okt. – 14:00

Teatergesprek 4: bbx – Breinbliksem Is diÜ omstrede verhoogproduksie (en roman) met sy kru taal en skokkende onderwerpe

’n realistiese beskrywing van hedendaagse Suid-Afrikaanse tieners, of is dit wat skrywers dink hoe die jeug is? Kabous Meiring vra

indringende vrae aan die skrywer Fanie Viljoen, die teksverwerker en regisseur Hennie van Greunen en die (jeugdige) spelers. Boekeoase

– 60 min. – R32. 2 Okt. – 17:00

Teatergesprek 5: They Say What role do objects play in the “making” of memory? Why did the writer choose to write this play

about the South African War in English? Writer and director Gerhard Marx and actor Lionel Newton explore in conversation with

theatre critic Schalk Schoombie the inherently poetic potential of physical and object theatre, and its potential to make us remember.

Boeke-oase – 60 min. – R32. 3 Okt. – 11:00

Kinderteater

Haas Das hou konsert (A) Boeboe en die warm, pap maroela. Haas Das se Nuuskas kom kuier binnekort in Menseland. Al die ou

bekende dierevriende, asook ’n paar nuwelinge – en natuurlik die pragtige liedjies – sal daar wees. Boeboe Bobbejaan het aan

’n warm, pap maroela gesuig, sy kop het begin draai, hy het in ’n erdvarkgat geval en sy roes uitgeslaap. Nou is Bettina Bobbejaan in

’n vreeslike toestand: sy glo vas haar jongstetjie is gevang! Geskryf deur Louise Smit en verwerk en geregisseer deur Dãlinda Pieters.

NG Kerk Noord-saal – 60 min. – R40. 3 Okt. – 09:30 en 14:30, 4 Okt. – 12:00 en 14:30

Kaaskenades: ’n Muisnesmoles! (A) Vyf skoolmaats treiter op ’n dag vir Matower, die swart kat... Skielik is dit net: Siemsalabiem,

Abrakadabra, Hokus-pokus! Die towerkat het haar miaau gemiaau – en nou is hulle al vyf muise! Kom knibbel en knaag saam aan diÜ

kaaskenades om te sien hoe hulle mekaar uit diÜ muisnesmoles help wikkel. Met Juanita Burmeister, Jako Krige, Gustav Påhl, Tina

Kruger, Vernette Rautenbach en Heinrich Burmeister. NG Kerk Noord-saal – 60 min. – R45. 30 Sept. – 09:30, 1 Okt. – 12:00, 2 Okt.

– 14:30, 3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 09:30

Liewe Heksie (A) Haai oe julle stoute kabouters, wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie Strictly Come

Dancing? Weet sy dan ooit wat ’n wals is? En wat gebeur as Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas? Terwyl die

Geelheks graag haar kloutjies op dit wil lÄ... Margit Meyer-Rådenbeck (alias Dowwe Dolla) is die ultimate, nimlike Heksie en Deon

van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf. NG Kerk Noord-saal – 60 min. – R50. 30 Sept. –

12:00, 1 Okt. – 09:30 en 14:30, 2 Okt. – 09:30

Ander

Vredefort-koepeltoer (OB vir kinders onder 12) Twee jaar gelede was die kaartjies vir die Vredefort-koepeltoer in ’n ommesientjie

uitverkoop. Vanjaar kan natuurliefhebbers weer uitsien na ’n insiggewende toer van diÜ WÄrelderfenisgebied. Die roete word

gedeeltelik per luukse bus aangepak, maar verder is dit dapper en stapper. Trek dus gemaklike stapskoene aan en onthou om ’n

drinkdingetjie saam te bring. Die toer word nie aanbeveel vir kinders onder twaalf sonder ouertoesig nie. Presidentshuis (vertrekpunt)

– ç 300 min. – R295. 1 Okt. tot 5 Okt. – 08:30

Whisky en sjokolade – ’n Smulpaap-fantasie! (V (Geen o/18) Vanjaar word die whisky-proeÅry vir die eerste keer met Lindtsjokolade

gekombineer. Vyf verskillende Skotse enkelmoutwhiskies word geproe, elkeen met ’n sjokolade wat daarby pas – ’n

uitsonderlike smaakervaring! Kom leer alles oor die maak van whisky en sjokolade en bederf jouself met ’n gastronomiese ervaring

van verskillende smake, geure en teksture. Kunstegebou F2 – 90 min. – R65. 30 Sept. tot 4 Okt. – 11:30 en 15:30

Rendezvous Fashion Show A fashion show connected to the exhibition on wearable art. Funds raised will be donated to charity.

NWU Botanical Garden – 70 min. – R50, R100 and R150. 3 & 4 Oct. – 19:00

Teaterpakkette

In ’n tyd waarin rentekoerse en kos- en petrolpryse verbruikers se sak lelik raak, wend Aardklop ’n dapper poging aan om met

teaterpakkette dit vir feesgangers moontlik te maak om steeds voeding vir die siel te kry (en in die proses ’n paar rand te bespaar). Met

die pakkette spaar teatergangers gemiddeld meer as 5% per kaartjie. Maar moenie op jou laat wag nie. Daar is ’n beperkte aantal

kaartjies per pakket beskikbaar en is net geldig vir besprekings wat váár 29 September gemaak word.

ATKV-pakket ATKV-tienertoneel: Finaal 1 tot Finaal 4 (2 Okt: onderskeidelik 12:00, 14:30, 17:00 en 19:30) – R140.

Dramapakket Samoerai (30 Sept: 09:30), Smag (30 Sept: 14:30), Kroes (30 Sept: 19:30), Blou uur (1 Okt: 09:30) en They Say (1

Okt: 12:00) – R347.

Jeugpakket Alles op ’n Stok – Die volledige geskiedenis van alles (2 Okt: 09:30), Bure oppie bank (2 Okt: 12:00)

en bbx – Breinbliksem (2 Okt: 14:30) – R192.

Klassieke musiekpakket Wessel van Wyk – Klavier-gunstelinge (3 Okt: 17:00), Myos-ensemble (4 Okt: 09:30), Elza van den Heever:

Liederprogam (4 Okt: 12:00) en Boulevard Harmoniste (4 Okt: 14:30) – R230.

Komediepakket Cirque du Sussie! (1 Okt: 09:30), Boetman is bedÇnit 2: expÉt avontuur (1 Okt: 12:00), Markus 16 (1 Okt: 17:00) en

Derde party (1 Okt: 19:30) – R267.

Musiekpakket Cutt Glas – Snykant (30 Sept: 09:30), Elders aan diens (30 Sept: 12:00), Jak de Priester – Net ’n bietjie liefde vir die

langpad (30 Sept: 17:00) en Die Ge-spanne Passasiers: Sonder brieke! (30 Sept: 19:30) – R275.

Theatre package Yellowman (3 Oct: 09:30), Very Short Stories of Creatures and their Journey towards a Home

(3 Oct: 14:30), They Say (3 Oct: 17:00) and They Call Us Crazy (3 Oct: 19:30) – R251.

Klassieke musiek

An Original Handle on Handel (PG) The return to the use of original music instruments when performing Baroque music from the

17 th and 18 th Century has resulted in the re-emergence of the authentic and unique sounds and performance practices characteristic of

the original music. The Vocal Ensemble of the School of Music, directed by Werner Nel, and accompanied by the international

ensemble Fonds Partita, convened by Gerhard BenadÜ, will perform two Chandos Anthems: The Lord Is My Light and Praise the Lord

with One Consent. This will be the first historic informed performance of these works in South Africa. The production promises to put

“an original handle on Handel”. Supported by the Potchefstroom Campus of the NW University. NG Kerk Miederpark – 80 min. –

R75. 3 Oct. – 15:00

Beethoven-tango (OB) Neem een porsie van Beethoven se Kreutzer-sonate. Voeg daarby drie opwindende tango’s van Astor

Piazzolla. En rond dit af met drie van George Gershwin se bekendste liedere. Klits deeglik tot amper jazz en jy kry musiek wat jy kan

proe. Die mooiste klassieke klanke, opwindende Argentynse tango’s en as nagereg die strelende jazzmusiek van Gershwin. Met Charl

du Plessis (klavier) en Zanta Hofmeyr (viool). Konservatorium – 70 min. – R70. 3 Okt. – 14:30

Elza van den Heever en Cosa in konsert (OB) Die dramatiese sopraan en dramatiese koloratuur Elza van den Heever, wat vyf jaar

gelede in Suid-Afrika opgetree het, tree saam met die Chamber Orchestra of South Africa op in ’n konsert wat eksklusief by Aardklop

aangebied word. Van die werke wat sy gaan uitvoer, sluit in Non mi dir, bell’ idol mio uit Don Giovanni van Mozart, Tutte nel cor vi

sento uit Idomeneo van Mozart en Ernani involami uit Ernani van Verdi. Hoogtepunte van haar loopbaan tot dusver sluit in haar

vertolking van Donna Anna in Don Giovanni (San Francisco Opera, Frankfurt Opera, Bordeaux Opera) en sy word ook geloof vir haar

uitvoering in Mahler se Agtste simfonie (waarmee sy op toer was deur Europa saam met die San Francisco-simfonieorkes). Sy is ’n

finalis in die Internasionale Wagner-kompetisie wat in Augustus in Seattle plaasvind. Cosa sal Handel se Water Music en Gluck se

Dance of the Blessed Spirits uitvoer. Ondersteun deur die Rupert-musiekstigting en Rand-Aksepbank. Sanlam-ouditorium – 120 min.

– R80, R90 en R110. 2 Okt. – 20:00

Elza van den Heever: Liederprogam (OB) Die Suid-Afrikaanse pianis Wessel van Wyk begelei die dramatiese sopraan Elza van den

Heever in ’n pragtige liederprogram wat onder meer uitvoerings insluit van Brahms se Wie Melodien zieht es mir, Richard Strauss se

Morgen en S. Le Roux Marais se Heimwee. Van den Heever woon reeds tien jaar in San Francisco en het vyf jaar gelede in Suid-

Afrika opgetree. Hoogtepunte van haar loopbaan tot dusver sluit in haar vertolking van Donna Anna in Don Giovanni (San Francisco

Opera, Frankfurt Opera, Bordeaux Opera) en sy word ook geloof vir haar uitvoering in Mahler se Agtste simfonie (waarmee sy op toer

was deur Europa saam met die San Francisco-simfonieorkes). Sy is ’n finalis in die Internasionale Wagner-kompetisie wat in

Augustus in Seattle plaasvind. Ondersteun deur die Distell-stigting. Konservatorium – 70 min. – R75. 4 Okt. – 12:00

Elza van den Heever: Meesterklas (OB) Die dramatiese sopraan Elza van den Heever, wat die afgelope tien jaar in San Francisco

woon en deur Columbia Artists Management bestuur word, deel haar kennis met vier opwindende, opkomende jong operasangeresse.

Hoogtepunte van haar loopbaan tot dusver sluit in haar vertolking van Donna Anna in Don Giovanni (San Francisco Opera, Frankfurt

Opera, Bordeaux Opera) en sy word ook geloof vir haar uitvoering in Mahler se Agtste simfonie (waarmee sy op toer was deur Europa

saam met die San Francisco-simfonieorkes). Sy is ’n finalis in die Internasionale Wagner-kompetisie wat in Augustus in Seattle

plaasvind. Kom luister hoe sy jong stemme slyp en van haar oorsese ervaring terugploeg in Suid-Afrika. Konservatorium – 120 min. –

R35. 30 Sept. – 14:30

Myos-ensemble (OB) Die Myos-ensemble – Mareli Stolp (klavier), Daniel Prozesky (klarinet) en Wim van Schalkwyk (tjello) – maak

vuur onder ou bekende klassieke werke soos Beethoven se Klarinet-trio, opus 11, en maak voorbrand vir nuwer komposisies en werke

wat selde in Suid-Afrika gehoor word, soos trio-werke van Zemlinsky en d’Indy. Kom beleef ook die premiÖre van Braam du Toit se

eerste Klarinet-trio in diÜ uitvoering. Konservatorium – 60 min. – R65. 4 Okt. – 09:30

Wessel van Wyk – Klaviergunstelinge (OB) Klavierspel met teerheid; klavierspel met vuur! Wessel van Wyk gee ’n uitvoering van

toeganklike musiekjuwele vir ’n ieder en elk se smaak. Sy lekker-luisterprogram sluit werke van Schubert (Ave Maria en Die Forelle),

Chopin (Grande Valse Brillante), Liszt (Hongaarse rapsodie no. 2 en Die klokkie), Padarewski, Grieg en De Falla in. “ ’n Stylvolle

trefferlys.” – Beeld. “Evergreen favourites played with great flair.” – Pretoria News. “Dis amper asof die klassieke gunstelinge heilig

onder sy vingers word.” – De Kat. Konservatorium – 60 min. – R70. 3 Okt. – 17:00

Zanta Hofmeyr and Malcolm Nay (violin and piano) (PG) A unique opportunity to hear this famous violin and piano duo in the

magnificent works of Tartini (his Devil’s Trill Sonata) and the grandeur and superb lyricism of Richard Strauss’ Violin Sonata. This

concert will also feature the world premiÖre of the first sonata for violin and piano by internationally acclaimed South African

composer Hendrik Hofmeyr. A concert like this only happens once – it is a must for all music lovers. Conservatoire – 105 min. – R70.

2 Okt. – 17:00

Toneel

ATKV-tienertoneel: Finaal (A) Kom kyk hoe jong talent ontpop! Nä verlede jaar se groot sukses word die finaal van diÜ gesogte

kompetisie weer by Aardklop aangebied. Agt skole uit tien nasionale streeksfeeste ding teen mekaar mee op die verhoog. Bekendes

wat deur die loop van die jare ‘n merk op die kompetisie gemaak het, is onder andere Jak de Priester, Pedro Kruger, Klopjag se John-

Henry Opperman en 7de Laan-akteurs soos Theodore Jantjies en Chris Vorster. ’n Besondere ervaring vir jonk en oud! Laerskool

President Pretorius – 100 min. – R40. ATKV-tienertoneel: Finaal 1: 30 Sept. – 09:30 en 2 Okt. – 12:00; ATKV-tienertoneel: Finaal 2:

30 Sept. – 14:30 en 2 Okt. – 14:30; ATKV-tienertoneel: Finaal 3: 1 Okt. – 12:00 en 2 Okt. – 17:00; ATKV-tienertoneel: Finaal 4: 1

Okt. – 09:30 en 2 Okt. – 19:30; ATKV-tienertoneel: Finaal-wenner: 3 Okt. – 09:30 (90 min.) en 4 Okt. – 12:00 (45 min.)

bbx – Breinbliksem (Geen o/14: T/G/S) Niemand van 7de Laan/Egoli/Villa Rosa/whatever speel in hierdie show nie. Dit is ook nie

die tipe show wat jou gaan help om jouself “te vind” nie. As Moeksie en Poeksie jou vra waaroor die show gaan, sÄ vir hulle: Rock.

Moord. Egskeiding. Drugs. Diefstal. Drome. Verkragting. Prophecies. Patologie. Waansin. Kru en gemengde taal. As hulle dink diÜ

dinge bestaan nie in jáã lewe nie, ruil jou kaartjie om en spandeer die dag in ’n musiektent met die ander comfortably numb-zombies.

Want diÜ show gaan jou brein bliksem… Besoek die bbx – Breinbliksem-groep op Facebook. Madiba-banketsaal 2 – 90 min. – R60.

30 Sept. – 12:00, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 14:30, 3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 09:30

Blou uur (OB) ’n Eksentrieke tante neem haar intrek in ’n donker spaarkamer van haar suster, en ’n klein dogtertjie se lewe word

onherroeplik verander. Die kind word soos haar ma en ouma vasgevang in die atmosfeer van die tante: die atmosfeer van die blou uur

– die wasige vroeÅ skemering van versugting, romantiese drome en te soet aandblomme. Geskryf deur Reza de Wet en geregisseer

deur Marthinus Basson. Met onder andere Mary Dreyer. ’n Vleis, Rys & Aartappels-produksie. ’n Ko-produksie tussen Aardklop en

Absa KKNK. PremiÖre. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Totiussaal – 80 min. – R75. 30 Sept. –

19:30, 1 Okt. – 09:30, 2 Okt. – 19:30, 3 Okt. – 19:30, 4 Okt. – 19:30

Boetman is bedônit 2: Expêt avontuur (Komedie) (PG: L) In diÜ tweede aflewering van die Boetman is bedônit-trilogie (“daais

ampe soes the Godfather”) is Wikus Botha (voormalige boerseun van Bronkhorstspruit) a.k.a. Mr. V die Wille Vigilante terug met

nog ’n skreeusnaakse avontuur. Wanneer die stres begin knaag aan diÜ gevaarlike, gerespekteerde gangster van die Cape FlÄts, stuur

die sangoma hom Nederland toe om vrede te maak tussen sy ancestors, wit en swart. Laat die ding ruk! PremiÖre. Aanspraakmaker op

die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Stadsaal – 75 min. – R65. 30 Sept. – 09:30, 1 Okt. – 12:00, 2 Okt. – 14:30, 3 Okt. –

19:30, 4 Okt. – 17:00

BOOM! (Komedie) (OB: T) NataniÅl is op sy beste met diÜ skreeusnaakse, makabere verhaal. ’n WÄreldberoemde opera-diva bly

deesdae op ’n agterlike dorpie by die agterlikste inwoner – haar suster. Hoog in ’n boom maak die twee beurte om wag te hou, maar

kyk die grootste gevaar mis: mekaar. HillÜtje Måller (Skerpsin) vertolk albei susters. Met regie deur die Kanna-bekroonde Adriaan

Meyer, kostuumontwerp deur die legendariese Errol Arendz en stelontwerp deur die gevierde landskapkunstenaar Strijdom van der

Merwe, beloof BOOM! om gehore vasgenael te hou terwyl hulle skater. Stadsaal – 60 min. – R65. 30 Sept. – 12:00, 1 Okt. – 14:30, 2

Okt. – 19:30, 3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 09:30

Bure oppie bank (Komedie) (A) Wanneer die bure op die bank bymekaarkom, spat die twak. 7de Laan-akteur Zane Meas en

Binnelanders se Neels van Jaarsveld is Toks Abrams en Flippie Botha. Hulle sit nie om dieselfde vuur nie, want Toks is ’n Blou Bul

en Flip ’n Stormer. Hulle struwel oor hondedinges, geleende gereedskap en vaardigheid met vroumense. Daar’s ’n voetstootskar en ’n

meisiekind se skuld in die gedrang. Regie: Ilse van Hemert. PremiÖre. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-

Smeltkroesprys. Totiussaal – 80 min. – R75. 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 19:30, 2 Okt. – 12:00, 3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 14:30

Call Us Crazy (Komedie) (PG) Call Us Crazy is a fast-paced, hilarious comedy seeing South Africa laughing at itself. It tells the

story of a disillusioned road construction worker, Auntie, whose mission is to tar all the roads in the world. Having worked for the

same construction company for over 25 years, Auntie breaks rank with her colleague, Half-Half. Auntie’s dream to tar the world

sounds impossible, but a finer line of an ambitious character emerges as she succeeds in opening her own construction company,

Vuka! African Roads. Written and directed by Josias Moleele. Heimat Hall – 70 min. – R62. 3 Oct. – 19:30, 4 Oct – 09:30. OR Tambo

Hall – 70 min. – Free. 1 Oct. – 17:00, 2 Oct. – 17:00

Cirque du Sussie! (Komedie) (A) Een aand jaag ’n bakkie in Sussie se huis vas. Sekondes later sit haar bure op opvoustoele voor die

huis, reg vir ’n show. Juffrou Malherbe sing, die polisie is die narre, die dronkbestuurder die waaghals en Sussie die ringmeester. Laat

die sirkus begin! Met Marion Holm (die enigste Sussie en mede-skrywer) en Hennie van Greunen (regisseur, en die ander skrywer).

Topverkoper by Absa KKNK 2008. kykNET Gimmies – 65 min. – R75. 30 Sept. – 20:00, 1 Okt. – 09:30, 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. –

17:00, 4 Okt. – 19:30

Derde party (Komedie) (A) ’n Soetsuur-komedie deur die welbekende dramaturg Alan Ayckbourn. Drie Kersfeespartytjies oor drie

jaar bygewoon deur drie oÅnskynlik gelukkig getroude paartjies, ’n derde party en ’n hond wat weier om by die huis te bly. Obsessiefkompulsiewe

gedrag, neuroses, Mevrou Bankbestuurder se drankprobleem, die argitek wie se geboue (soos sy lewe) om hom

inmekaar tuimel en ’n huisvrou se deurlopende onsuksesvolle pogings tot selfmoord maak deel uit van diÜ skreeusnaakse blik op die

menslike kondisie. Met onder andere Susanne Beyers, Johann Nel en Martelize Kolver. Madiba-banketsaal 1 – 135 min. – R75.

30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 19:30, 2 Okt. – 09:30, 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 14:30

Die begrafnis (Komedie) (A) Oom Vierman vreet hom so dik soos ’n kremetart en skop die emmer. Sy begrafnis word ’n krisis want

die man was GROOT! Hoe gemaak as die ys om die lyk min raak en die deur te smal is! DiÜ komedie kyk met humor na diÜ netelige

situasie. Vet, skáán pret vir die hÜle gesin. Absa KKNK 2008 se Sanlam-pryswenner: beste nuwe stuk, beste produksie, beste

regisseur, goue en twee silwer akteurs. Skoonskip met vyf uit vyf! Spat en Die Burger se resensente sÄ: “pittig”, “lekker stout – nooit

vulgÄr”, “wraggies professioneel!” Laerskool President Pretorius – 70 min. – R65. 30 Sept. – 19:30, 1 Okt. – 19:30, 3 Okt. – 14:30,

4 Okt. – 09:30

Diensmeisies (V: T) Twee susters, Claire en Solange, verwring hul realiteit in diÜ groteske en absurde drama van Jean Genet. Dit is ’n

spel vol jaloesie, humor en haat – alles om uit hul armoedige omstandighede te ontsnap. Die werklikheid van hul bestaan is net so ’n

nagmerrie soos die speletjies wat hulle speel. Madame, hul werkgewer, word die middelpunt van hul haat en bespotting. Die speletjies

verander soos hul omstandighede verander, maar diÜ aand kom die spel tot ’n punt... Vertaling: Wim Vorster. Met Nicole Holm,

Martelize Kolver en Petrus du Preez. Regie: Wolfie Britz. ’n Skoendoos-produksie. Moontlik gemaak deur die Absa KKNK. Stadsaal

– 90 min. – R70. 30 Sept. – 19:30, 1 Okt. – 09:30, 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 19:30

Dowwe Dolla: Saal 10 (Komedie) (V) Dolla vier haar eerste dekade en keer terug vanaf Kuba, waar sy haar drie-week-graad in

medisyne met vlieÅnde enkels deurgekom het. Dokter Dolla pak haar spaarlewer in, steel pasiÅnte se horlosies en klop aan by

Binnewand Hospitaal. Sy’t ’n koorspen en is niÜ bang om dit te gebruik nie… Met Margit Meyer-Rådenbeck. Teks en regie: Hennie

van Greunen. Musiek-regie: Pedro Kruger. kykNET Gimmies – 75 min. – R80. 30 Sept. – 09:30 en 14:30, 1 Okt. – 19:30, 2 Okt. –

12:00

Joey Rasdien praat k*k (V: T/VO/D) Joey Rasdien kan goed bollie praat. En hy gaan haal dit by AustraliÅ regdeur tot by China. Hy

deel graag sy idees oor evolusie en die DNA van die eenbekdier. Hy draf die onderwerpe deur: finansies, astrologie, astronomie,

geloof, xenofobie, politiek, oorlog, ras, onderwys, sport en Chappies-papiertjies. Tyd beskryf hom as ’n New Age-motiveringspreker.

Maar wees nie bevrees nie: of jy nou ’n graad het of vir jou een op die internet aangeskaf het en jouself kan help met Engels en

Afrikaans – en verkieslik een ander taal soos Frans en ten minste weet wat die verskil is tussen Osama en Obama – is jou kop deur.

Bollie vir jou! Laerskool President Pretorius – 60 min. – R80. 3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 14:30 en 17:00

Kroes (A) Die aangrypende verwerking van Pat StametÜlos se debuutroman vertel die verhaal van Pattie Peters wie se ma gesterf het

toe Pattie agt jaar oud was. ’n Paar dae later het haar pa haar by ’n tante afgelaai. Die lewe het snaakse draaie met Pattie geloop –

Pattie van die Kaap land in die Goudstad. ’n Aanvallige meisie, lig van gelaat. En toe ontmoet sy ’n Griek van Sparta – ’n baie mooi

man. Maar dis Suid-Afrika, dis die sixties en Pattie Peters is ’n bruin meisie van die Strand. Wat haar hart verloor het waar sy dit nie

durf doen nie. Teksverwerking: Ludolf Parker. Regisseur: Heinrich Reisenhofer. Met onder andere Kim Engelbrecht, Nico

Panagiopoulous, Celest Matthews, Deon Lots en Brendon Daniels. Moontlik gemaak deur die Suidoosterfees. Madiba-banketsaal 1 –

80 min. – R75. 30 Sept. – 19:30, 1 Okt. – 09:30, 2 Okt. – 19:30, 3 Okt. – 19:30, 4 Okt. – 19:30

Kruger kook – ’n Resep vir moeilikheid (Komedie) (V: T) By Absa KKNK 2008 is Leon Kruger vir twee Kanna’s vir toneelspel

benoem. Die Burger noem hom die Schalk Burger van die teaterwÄreld en sy ma hou vol dis nie haar skuld nie. ’n Mengsel van

skerpskets en karakterkomedie. Ontmoet Hendrik, die sekuriteitsman met die Magnum-snor; ’n selfmoordbommer wat gefire word; en

Letitia, die meisie op die hoek van Lus en Loop. En jy word vriendelik uitgenooi na ’n tipiese braai by Kruger se huis terwyl hy sy

resep vir moeilikheid met jou deel. Stadsaal – 70 min. – R65. 30 Sept. – 17:00, 1 Okt. – 19:30, 2 Okt. – 12:00, 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. –

14:30

Markus 16 (Komedie) (A) James Borthwick is Markus Malan – ’n man wat die aanwysings na sy kruistog jare gelede gevind het op

die bodem van ’n bottel Grénberger Stein. Nou, myle af in diÜ pad wat ooglopend na nÄrens lei, kyk hy terug op sy reis wat hom

geneem het van pa, eggenoot en staatsdiensklerk tot by Markus Malan – “the original mighty man”. Geskryf en geregisseer deur

Andries Vrey. Konsultantregisseur: Ilse van Hemert. PremiÖre. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

NG Kerk Noord-saal – 65 min. – R72. 30 Sept. – 19:30, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 19:30, 3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 19:30

Martha ruk (OB) Martha was van die begin af nie jou average epileptic nie. Aan haar was daar iets anders. ’n Wildgeit. Alexandra,

daarenteen, weet presies hoe om haar epilepsie te verwerk. Altans, so het sy gedink. Terwyl Susan se dogter amper haar ma se siekte

namens haar moet hanteer. Met diÜ drie vroue se verhale word die sluier oor epilepsie gelig. Met Marelize Engelbrecht. Geskryf deur

Alyzzander Fourie en geregisseer deur Heidi Mollentze. PremiÖre. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-

Smeltkroesprys. NG Kerk Noord-saal – 60 min. – R70. 30 Sept. – 17:00, 1 Okt. – 19:30, 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 19:30, 4 Okt. – 17:00

’n Boer Ndebele (Komedie) (A) Pieter Moolman besoek sy Ndebele-vriend Kleinboy gereeld in die township – iets waarvan sy pa

glad nie kennis dra nie en wat beslis ook nie sy goedkeuring sal wegdra nie. En so gebeur dit op ’n dag dat Pieter deur Ndebele-seuns

ontvoer word en saamgesleep word na ’n inisiasieskool. Terwyl sy pa ’n koronÄr wil skiet, gaan ’n nuwe wÄreld vir Pieter oop. Die

bekende span uit Mamelodi, Themba Ndimande en Calvin Ngcaku, pak oudergewoonte relevante kwessies aan op ’n vermaaklike

manier. PremiÖre. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Heimatsaal – 60 min. – R50.

30 Sept. – 09:30, 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. – 17:00. OR Tambo Hall – 60 min. – Gratis. 3 Okt. – 13:00

’n Lang dagreis na die nag (V: T) Eugene O’Neill se Long Day’s Journey Into Night word beskou as waarskynlik die belangrikste

Amerikaanse drama ooit, en een van die wÄreld se grootstes van alles tye. DiÜ klassieke stuk spreek steeds hedendaagse kwessies aan

en bied ’n skreiende perspektief op alkoholisme, verslawing en desperate pogings om binne ’n destruktiewe gesin te oorleef. ’n

Seldsame ervaring om ou-wÄreldse teater in vandag se gejaagde lewe te sien. Met Antoinette Kellermann, Marius Weyers, Stian Bam,

Gustav Gerdener en Nicci Schoeman. Vertaling: AndrÜ P. Brink. Regie: Marthinus Basson. ’n Vleis, Rys & Aartappels-produksie. ’n

Ko-produksie van die Absa KKNK en Aardklop. Sanlam-ouditorium – 180 min. – R90. 30 Sept. – 13:30, 1 Okt. – 18:00, 2 Okt. –

09:30, 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 13:30

Om soos ’n lyk te lÉ (Komedie) (V: T) As ’n man 30 is, nie op universiteit deurgekom het nie, by sy ma-hulle bly, en sy werk is om

soos ’n lyk te lÄ vir die ondersoekspan van die Russiese polisie, dan klink dit na ’n dooierige storie. Maar diÜ stuk van die Presnyakovbroers

is aweregs, snaaks, donker en reg om gehore te laat skater. As jy van CSI hou, is dit die show vir jou. Met onder andere Leon

Kruger, Eben Genis, Brendon Daniels, Martelize Kolver en Nicci Schoeman. Vertaal deur Saartjie Botha en geregisseer deur

Marthinus Basson. ’n Vleis, Rys & Aartappels-produksie. Sanlam-ouditorium – 100 min. – R90. 30 Sept. – 09:30, 1 Okt. – 13:30, 2

Okt. – 14:30, 3 Okt. – 14:30, 4 Okt. – 09:30

Samoerai (V: T) ’n Groepie matriekseuns lei ’n dubbele lewe. Hoe hulle ouers hulle ken en wat hulle onder die invloed van die

hondetrop-gees aanvang, verskil wÄrelde van mekaar. Onder leiding van die alfa-hond, wat ook die voorbeeldige hoofseun is, word ’n

geheime magspel gespeel, met die Samoerai-rekenaarspeletjie as inspirasie. Intussen jag Pa en seun onwetend dieselfde wyfie. Maar

die spanning van seun-wees en man-word, van onskuld en met vuur speel, haal hulle almal uiteindelik in – met onherroeplike gevolge.

Met onder andere Marcel van Heerden, Deon Coetzee, Zane Meas en Nicola Hanekom. Regie: Ilse van Hemert. ‘n Ko-produksie

tussen Aardklop en Absa KKNK. PremiÖre. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Totiussaal – 100

min. – R75. 30 Sept. – 09:30, 1 Okt. – 14:30, 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 09:30

Segarona: Tienertoneel (A) Gauteng se eie kuns-en-kultuur-eisteddfod! Die beste provinsiale eenbedryf (vir hoÅr skole) en ’n

meriete-produksie van die jaarlikse Segarona-kompetisie word vanjaar vir die eerste keer deur die Gautengse departement van

onderwys na Aardklop gebring. DiÜ vars, unieke produksies bied ’n kykie in die harte van tieners. As deel van ’n

skoolverrykingsprogram word die jong nuwe talent op hulle beurt ook aan ’n wyer teaterwÄreld blootgestel. Laerskool President

Pretorius – 70 min. – R35. 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 09:30

Shirley Valentyn (Komedie) (V: T) Shaleen Surtie-Richards is Shirley Paulse: die ma, die vrou. Op ’n dag besef sy dat sy nie meer

diÜ vrou wil wees nie. Sy mis vir Shirley Valentyn – die vrou wat hard kon lag, wat vir niks bang was nie, wat van die huis se dak af

kon spring net omdat sy lus was. En sy besluit om haar te gaan soek. “Dit is min dat ’n mens Surtie-Richards in sá ’n nommerpasrol

beleef met ’n vertolking wat mens vir ’n tweede keer na die kaartjieskantoor wil laat hardloop.” – Kobus Burger (Beeld). Wenner van

die Herrie-Kanna vir gunstelingproduksie op die Absa KKNK. Besoek die Shirley Valentyn-groep op Facebook. kykNET Gimmies –

100 min. – R90. 1 Okt. – 12:00, 2 Okt. – 09:30, 3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 12:00 en 17:00

Smag (V: T/D) Vier verlore stemme verwoord die irrasionaliteit en die diepgang van emosie in diÜ stuk oor liefde, verlies en die

aflegging van hoop. ’n Stuk oor ouer word en jeugdrome en ’n wÄreld wat so wreed is dat dit seer is om te lewe. Smag is ’n

uitdagende en komplekse teaterstuk vir die fynproewer. Met Nicola Hanekom, Erica Wessels, Eben Genis en Toast Coetzer. Teks:

Sarah Kane. Vertaling: Willem Anker. Regie: Jaco Bouwer (wenner van die Kanna-prys vir beste regie). ’n Vleis, Rys & Aartappelsproduksie.

Heimatsaal – 50 min. – R75. 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 09:30, 2 Okt. – 19:30, 3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 12:00

So, jy wil skei? (Komedie) (OB: T) Nä ’n huwelik van 24 jaar, ’n paar daarvan selfs gelukkig, twee pragtige seuns, een wat swot en

een wat saambly, loop hy een middag by die voordeur in en sÄ hy wil ’n Harley koop en skei. ’n Maand later stap hy, leathers en al,

finaal uit hul lewe en die versoeking om haar dood te huil, word net oortref deur die gevoel om haar dood te lag vir die middeljarige

lyf onder die pie-pot-helmet bo-op hul tweede huisverband. ’n Komedie deur die bekroonde skrywer Leon Kruger. Met Petro van den

Heever. PremiÖre. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Central Primary School – 70 min. – R65. 30

Sept. – 14:30, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 09:30, 3 Okt. – 19:30, 4 Okt. – 17:00

Sophia Mentz beredder haar boedel (Komedie) (A) Nie een van die Mentze het Sophia se drumpel juis deurgetrap tydens haar

laaste aardse dae nie, want sy het immers haar fortuin gemaak uit ’n sosiaal minder aanvaarbare praktyk. Miskien daarom dat Sophia

die hele spul bymekaar laat kom vir die lees van haar testament. Maar soos Sophia sÄ: “Ek is dood, nie mal nie.” Dus besluit sy om

liewer self ook teenwoordig te wees. ’n Heerlike lighartigheid uit die pen van P.G. du Plessis, terug vir ’n tweede seisoen by

Aardklop. Met Bettie Kemp, HÜlÖne Truter, Eric Nobbs, HenriÅtta Gryffenberg, Pierre Breytenbach en Karen Wessels. Regie: Sandra

Prinsloo. ’n Absa-Aardklop-produksie. Sanlam-ouditorium – 85 min. – R90. 30 Sept. – 20:00, 1 Okt. – 09:30, 3 Okt. – 18:00 en 20:30,

4 Okt. – 18:00

They Say (A) A grandfather drowns a table, and from this grows a theatrical experience that expands through generations and beyond

geographies. They Say combines exquisite visual storytelling and poignantly poetic writing with traditions of physical theatre, object

theatre, oral storytelling, and installation art – allowing objects to take on a life of their own in interaction with the phenomenal talent

of the celebrated actor Lionel Newton. Written and directed by artist and theatre maker Gerhard Marx. PremiÖre. Laerskool M.L. Fick

– 70 min. - R72. 30 Sept. – 19:30, 1 Oct. – 12:00, 2 Oct. – 14:30, 3 Oct. – 17:00, 4 Oct. – 12:00

Vak (Komedie) (V: T) Die omstrede Rian van Heerden is terug met sy eie “sillabus” vir Suid-Afrika. Onder weten-skap kyk hy na

lugvaart in SA, sowel as die Eskom-sirkus. In biologie word die padda, Zuma, die galblaas en selfs die Springbok deeglik ondersoek.

Afrikaans kom aan die beurt met spesiale verwysing na Steve Hofmeyr, Jurie Els, Supersterre, swak sangers en die fluitende

predikantsvrou! In aardrykskunde word emigrasie uit ’n ander hoek bekyk voordat klasse gewissel word vir lewensoriÅnte-ring,

waarin enigiets van gays tot weerwolwe behandel word. Heimatsaal – 70 min. – R80. 30 Sept. – 19:30, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 14:30,

3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 17:00

Wyk 14 (Komedie) (OB: T) Frank Opperman is terug in die rol van Pottie Potgieter – die werklose, Afrikaanse man wat almal gaande

gehad het in die bekroonde Die uwe, Pottie Potgieter. Pottie is steeds werkloos, maar besluit om as onafhanklike kandidaat aan ’n

munisipale wyksverkiesing deel te neem. Hy stel sy saak, vertel stories en probeer terselfdertyd sy vrou, Maggie, wat nou in Saoedi-

ArabiÅ as verpleegster werk, teruglok Suid-Afrika toe. Nes tevore weet jy dikwels nie of jy moet lag of huil nie. Geskryf deur Dana

Snyman. Stadsaal – 70 min. – R80. 30 Sept. – 14:30, 1 Okt. – 17:00, 2 Okt. – 09:30, 3 Okt. – 14:30

Yellowman (AO: V) Fresh from a tour of Holland, the winner of the Kanna Best Production at the Absa KKNK comes to Aardklop.

Yellowman is an exquisitely written American play that examines the devastating effects of racism within the black community. It tells

the unforgettable story of childhood sweethearts “Yellaman” Eugene (David Johnson) and the big and dark Alma (Mwenya Kabwe –

winner of the Kanna Slurpie Award for Best Newcomer). Described by critics as “mind blowing – a tour de force in staging and

performance”. Directed by Lara Bye. OR Tambo Hall – 90 min. – Free. 30 Sept. – 13:00. Central Primary School – 90 min. – R72. 1

Oct. – 12:00, 2 Oct. – 17:00, 3 Oct. – 09:30, 4 Oct. – 14:30

Klassifikasies

A (Almal), OB (Ouerbegeleiding), V (Volwassenes), T (Taal), G (Geweld), S (Seks), N (Naaktheid), D (Diviniteit), VO

(Vooroordeel)

Classifications

A (All), PG (Parental Guidance), AO (Adults Only), L (Language), V (Violence), S (Sex), N (Nudity), B (Blasphemy), P (Prejudice)

Dankie aan ons borge

Hoofborge

Absa, AngloGold Ashanti, Beeld, Honda, kykNET, Media 24, MK, Nasionale Loteryverspreidingsfonds, OFM, SABC2, Vodacom

(hierdie is logos in die brosjure…)

Senior borge

Beefmaster, Klipdrift, Rapport, SAB

Gasheerborge

Stadsraad van Potchefstroom, NW Universiteit (Potchefstroomkampus)

Junior borge

ATKV, Die Rupert-musiekstigting, Het Jan Marais Nationale Fonds, L.W. Hiemstra Trust, M-Net, Swartland-wynlandgoed, Sasol

Mediavennote

5FM, Beeld, Bona, Bravo!, Classic FM, De Kat, Finweek, Huisgenoot, Idees, Kakkerlak, Klerksdorp Rekord, Leef, LitNet, M-Net,

Mense, Motsweding FM, OFM, Overvaal Stereo, Passi, People, Potchefstroom Herald, Radio Puk, Rapport, Rooirose, RSG, Sarie,

Tuis, Vrouekeur, Weg/Go

Sakevennote

Engel & Vålkers, Gerrit Coetzee Prokureurs

Vriende van Aardklop

AfriForum, BAT, NWCDI, Medi-Clinic, SAPD, Senwes, Voortrekkers

Nisborge

Brandhouse, Greyhound, Oasis Water, Toyota, Wohnen

Venue-borge

Elgrosaal – Klipdrift, Gimmies – kykNET, Girls High – SABC2, Mooirivier – Absa, Stadion – Vodacom

Produksieborge

ATKV, Dagbreek Trust, Distell-stigting, L.W. Hiemstra Trust, Nasionale Loteryverspreidingsfonds, Rand-Aksepbank, Rapport,

Rupert-musiekstigting

Algemene inligting

Posbus 20313, Noordbrug 2522

Tel: 018 294 7509, Faks: 018 294 7504

e-pos: admin@aardklop.co.za, www.aardklop.co.za

Verblyf: 018 294 7508 of e-pos: verblyf@aardklop.co.za

Besprekings kan landswyd by Computicket-takke gemaak word, ook tydens die fees. Feesgangers kan gedurende die fees bespreek by

die kaartjiekantoor in Hoffmanstraat, oorkant die sentrale feesterrein. Kaartjies wat per kredietkaart bespreek is, kan afgehaal word by

die kaartjiekantoor. Kaartjiebesprekings: Daagliks (Maandag tot Saterdag) tussen 08:00 en 20:00 en Sondag tussen 08:00 en 17:00 by

011 340 8000 of 083 915 8000 landswyd.

Produksies wat in aanmerking geneem word vir die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys vir die beste nuwe Afrikaanse

verhoogteks (toneel en kabaret) wat by Aardklop debuteer, word by die onderskeie produksies as sodanig aangedui.

Kry gerus Aardklop se programboek wat van begin September af beskikbaar is in Bravo!.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!