02.05.2013 Views

FileList Convert a pdf file!

FileList Convert a pdf file!

FileList Convert a pdf file!

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

AFDELING A

VRAAG 1

Advice from above

VRAAG 2

Johannesburg

1

GREEN

AFRIKAANS HUISTAAL

(Tweede Vraestel: Literatuurstudie)

MOONTLIKE ANTWOORDE

1.1 wil nie. (1)

1.2 Die herhaling van die w-klank beklemtoon dat die water ? bedreiging word. (1)

1.3 Mens verwag dat die oplossing van God sou kom, nie die “council” nie./ Die

oplossing is slegs tydelik van aard. (1)

1.4 Die beskrywing / verduideliking van die raad, gaan volg. (1)

1.5 Die probleem word groter/Die probleem duur al ? lang tyd. (1)

1.6 1.6.1 Ja ( Nee is foutief) (1)

1.6.2 Dit is tipies die taalgebruik van ? gewone persoon uit die Kaap.

(Kandidaat kan slegs ? punt vir JA kry indien die motivering korrek

is).

(1)

1.7 1.7.1 Nee. (Ja foutief). (1)

1.7.2 Hulle moet hul huise verlaat en na hoër grond trek. Waar gaan

hulle ander huise kry?/ Dit is net ? tydelike oplossing.

(Kandidaat kan slegs ? punt vir JA kry indien die motivering korrek

is).

(1)

1.8 Die advies wat gegee word, word beklemtoon. (1)

[10]

Johannesburg het as gevolg van die goudstormloop ontstaan. Talle

prospekteerders het vir eie gewin daarheen gestorm. Die onstaan was

plotseling (skielik). Die stad het dus nie geleidelik ontwikkel soos van ?

normale “stad” verwag word nie.

Johannesburg lê op die Hoëveld en dié streek is baie bekend vir sy

somerdonderstorms. So ? storm gaan ook vinnig verby, net soos dit

opgebou het. Die vergelyking in strofe 1 is dus baie gepas vir die

onstaan van díe betrokke stad. (Die beeldspraak is ruimtelik

gemotiveerd).

Die Spreker ervaar die stad negatief.

• Van meet af aan is daar te veel met die stad gelol deur die

goudsoekers. Jan en Alleman (alle belangstellendes) het ? deel in die

stad se ontstaan gehad. Die stad is stug(star) vir die spreker;

onvriendelik dus. Daar is ? gebrek aan warmte, dit herinner aan ?

oppervlakkigheid wat afskrik.

• Die stad se vrugte (dit wat die stad aan sy inwoners moes bied), is

voortydig rypgedruk.

• Die stad is niks anders nie as ? fasade (strak, onpersoonlik); ? voorgee

van wat dit in der waarheid nie is nie.

• Die sonne en mane kan op woonbuurtliggies en/of straatligte dui wat ?

baie groot gebied (hektare) verlig. Maar dit is kunsmatig en onnatuurlik.

Die hemels is dus ook kunsmatig met die implikasie dat dit vir die

spreker nie hemels is om daar te woon nie. Die skoonheid van die stad

bly ? voorgee of skyn (skynskoon).

• Die blinkheid (mooiheid of glans) is soos die van blik: koud en van

verbygaande aard (oppervlakkig).

• As gevolg van die baie mynbedrywighede is daar dikwels aardskokke

(kriewelinge, bedrieglik soos ? trilrog).

Die spreker sou eerder wou hê dat Johannesburg geleidelik moes groei. Dit

moes ? rustige proses wees met talle koepels en kloktorings (argitektoniese

landmerke). Dit sou ook rustigheid meegebring het.

Dit is funksioneel dat die stad as jy aangespreek word, aangesien dit direktheid

bewerkstellig. Dit suggereer ook dat die spreker ? besondere band met

Johannesburg het. Kandidate kan eintlik nie hiervan verskil nie, maar

aanvaarbare antwoorde moet gekrediteer word.

Die feit dat die stad eendag net so in die vergetelheid sal verdwyn soos wat dit

onstaan het, kan ? sinspeling op die eindoordeel wees (oordeelsdag) met die

wederkoms waar die aarde vernietig gaan word. Dit verwys natuurlik nie net

na Johannesburg nie, maar na die verwoesting van die hele aarde.

VRAAG 3

Lied van die kinders

2

GREEN

3.1 Die wreedheid van grootmense teenoor die kinders. (1)

3.2 Die aanhalingstekens in reëls 1, 7 en 13 dui daarop dat Jesus se woorde

aangehaal word. In reël 18 word Jesus direk aan die woord gestel. (1)

3.3 “geklem”

(slegs een woord) (1)

3.4 3.4.1 Tweede Wêreldoorlog. (1)

3.4.2 Dawidster.

(slegs een woord) (1)

3.5 “bang hasies”. (1)

3.6 Algaande word die grootmense wat genoem word uit ? groter deel van die

samelewing gehaal. (1)

3.7 Die grootmense het die kinders leed aangedoen. God seën en troos hulle. (2)

3.8 Die ritme: ”oumens krom aan haar stok geklem”/herhalings / (Enige een). (1)

[10]

[10]

VRAAG 5

Troetelwoorde vir ogilvie douglas

3

GREEN

4.1 Die subtitel dui vir ons aan dat die gebeure naby Grabouw afspeel. (1)

4.2 Gelate aanvaarding van sy lot as vader van ? mongoolkind. / Liefde vir die

mongoolkind. (1)

4.3 Die pa. (1)

4.4 4.4.1 Die ou-klank (1)

4.4.2 Dit skep eenheid/ tree as bindmiddel op/ is atmosfeerskeppend. (1)

4.5 Dis ironies dat die pa juis die kind vertroetel in plaas van die ma. / Baie ouers

verwerp hulle mongoolkinders; hier nie. (2)

4.6 Hoofletters ontbreek / Leestekens ontbreek / vaste eindrymskema ontbreek /

versreëllengtes wissel. (Noem een). (1)

4.7 r. 18 / “O nooit volprese God”. (1)

4.8 Dit rond die gedig af./ Dit bind die gedig tot ? eenheid./ Dit beklemtoon die

ongewone situasie: dit reën terwyl die son skyn (? ouer wat lief is vir sy

mongoolkind/ die pa in plaas van die ma betoon liefde aan die kind.) (Noem

een). (1)

[10]

VRAAG 5

Karoo-dorp: someraand

5.1 Die son is besig om onder te gaan/ Die spreker wil aan die einde van die dag

vertel van die volmaakte uur./Daar is ? rykheid aan gebeurtenisse met die

sonsondergang. (1)

5.2 Beklemtoon afstand. (1)

5.3 Die motors is ver./ Dit dui op die afstand. / Dit beklemtoon die nietigheid van

die motortjies in vergelyking met die uitgestrekte Karoo-landskap. (1)

5.4 Daar is so baie om te vertel dat die spreker vinniger dink as wat hy kans kry

om die sin te voltooi./Dit beklemtoon die baie dinge wat hierdie tyd van die

dag gebeur. (1)

5.5 Dit verduidelik die geleidelike tot stilstand kom van die fiets. (1)

5.6 Kroeg (1)

5.7 Drankmisbruik /alkoholisme. (1)

5.8 Die bordienghuis is ? tydelike tuiste. / Tant Tolie is slegs tydelik op die aarde,

haar lewenstyd is besig om verby te gaan. (1)

5.9 Laat-middag; skemer; nag. (al drie in volgorde vir die punt). (1)

5.10 Die klank van die uil word nageboots. (1)

[10]

VRAAG 6

Busrit in die aand

4

GREEN

6.1 Die werkers is moeg / daar is geen sprake van romanse in r. 1 – 12 nie. (1)

6.2 6.2.1 Ja (nee is foutief) (1)

6.2.2 Dit suggereer dat daar tydsverloop is.

(Kandidaat kan slegs ? punt vir JA kry indien die motivering korrek

is).

(1)

6.3 s – klank / k – klank. (1)

6.4 Hulle is op pad huis toe en moet vrolik wees, maar hulle is nie. (1)

6.5 “asof hul jammerlik hul lot kan raai”. (dit mòèt ? hele versreël wees). (1)

6.6 Die werkers is magteloos in hulle situasie. /Hulle is slawe van roetine. (1)

6.7 Tersines. (1)

6.8 Die eerste en laaste strofe toon groot ooreenkomste./Die herhaalde gebruik

van tersines./Die eerste twee versreëls in elke strofe rym met mekaar. (1)

6.9 Die mens is vasgevang in roetine. /Die mens se lewenspad is vir hom bepaal

en hy kan nie van sy lot ontsnap nie. (1)

[10]

AFDELING B

VRAAG 7

7.1 7.1.1 Hy wou nie hê die Keiser moet die brief van die Grootkeiser

oopmaak nie. (1)

7.1.2 Ja (nee is foutief). (1)

7.1.3 Maarskalk is bang vir die Groen Tier. / Maarskalk weet die volk is

opstandig; daar is iets aan die broei (kook) wat hy nie kan beheer

nie. / Maarskalk voel bedreig (magteloos) as minister van

verdediging. (1)

7.2 Die omstanders dink nou daar is werklik ? rafel, maar die leser (gehoor en

Diplomaat) weet daar is nie ? rafel nie. (2)

7.3 Die uitroepteken.

Gebruikmaking van ? toneelaanwysing. (2)

7.4 7.4.1 Hofnar. / Nar. (1)

7.4.2 Nee / Ja. (1)

7.4.3 Nee: Ek verdink nie alle mense nie.

Ek sien geen rafel nie.

Ja: As minister van verdediging sal ek die Keiser beskerm. (1)

7.5 Verleentheid / Verwarring. / Onsekerheid. / Vrees. (1)

7.6 Ding. (slegs een woord) (1)

7.7 Sodat die omstanders weet wat “gesien” moet word. (1)

7.8 Sy vra die Keiser of sy die onderbaadjie mag toeknoop. (1)

7.9 Hulle weet die Keiser is kaal en weet nie wat sy reaksie gaan wees nie. /

Hulle is almal bang hulle is onbekwaam of leuenaars omdat hulle niks sien

nie. (1)

7.10 Hy bedoel die Keiser is baie netjies / uitgevat. (1)

7.11 Voorkoms is vir Kultuur belangrik. / Kultuur is klerebehep. (1)

7.12 Hy het nog nooit so ? wonderlike kostuum gesien nie.

Hy het sy Keiser nog nooit so pateties / half aangetrek gesien nie. (2)

5

GREEN

7.13 Wie die minste besit, spog gewoonlik die meeste.

Hy spot met die Keiser wat ten spyte van net ? onderbroek aan sê dat hy

glad nie sleg lyk nie. (2)

7.14 Kultuur besef Hofnar maak nie ? grap nie. / Kultuur kan ook nie die klere sien

nie. (1)

7.15 Wêreld. (slegs een woord) (1)

7.16 Ja (nee is foutief). (1)

7.17 Die Nar is so lastig soos ? vlieg omdat hy hier die situasie versuur

(belemmer). / Die Nar steek sy neus in sake wat hom nie raak nie; daarom is

hy so irriterend soos ? vlieg. (kandidate verdien slegs ? punt vir Ja indien die

motivering geldig (gepas) is. (1)

[25]

VRAAG 8

BEGRIPPE

Innerlike konflik dui op botsende emosies in die gemoed van ?

karakter. Hy / sy sukkel om kant te kies of om ? verantwoordbare

keuse te maak. Innerlike konflik lei meestal tot geweldige spanning by

die betrokke karakter.

Uiterlike konflik manifesteer onder andere in woordewisselings tussen

karakters en kan selfs oorgaan tot fisiese geweld. Die onderliggende

oorsaak van uiterlike konflik is onderlinge verskille tussen bepaalde

karakters.

UITERLIKE KONFLIK TUSSEN DIE MINISTERS

Kultuur is ? tweegesig. Hy is outyds en sy opvatting oor kleredrag

stem ooreen met die Keiser s’n. Hy huldig ook die standpunt dat die

klere die man maak. Daarom bots hy met Diplomaat.

Diplomaat het ook ’n dubbele agenda en werk eintlik saam met die

Groen Tier. Hy is die jongste aanstelling in die kabinet en glo dat ’n

mens jou moet aanpas by die tyd en omstandighede.

Diplomaat is nie werklik lojaal aan Utopia nie, want sê self dat as jy in

Rome is, jy Romeinse klere moet dra.

Kultuur is verantwoordelik vir die beskawingsprogram. Hy moet sorg

dat die volk gekleed en gevoed word. Hy is baie meer geïnteresseerd

in uiterlike vertoon en gee voor dat Utopia die beskaafdste land ter

wêreld is. Daarom laat hy nuwe trone bou. Die paleisstad wat fortuine

gekos het, is ook deur hom laat bou.

Maarskalk, die papbroekerige aanvoerder van die leër beskuldig

Kultuur daarvan dat hy nie die beskawingsprogram uitvoer nie. Hy

erken dat die volk in vodde loop en nie kos of klere het nie. Dit maak

die volk opstandig. Hy lê hierdie probleem voor Kultuur se deur,

aangesien hy nie sorg dat die volk gekleed en gevoed word nie.

Maarskalk ondervind ook al hoe meer probleme van die Groen Tier uit

die buiteland. Die situasie is buite beheer.

Die konflik tussen die ministers is eintlik baie ironies aangesien nie

een van hulle heeltemal onskuldig is nie. Daarom beskuldig hulle

mekaar onderling. Die feit bly staan: elkeen verryk homself of

bevoordeel homself op sy eie manier.

UITERLIKE KONFLIK TUSSEN DIE NAR EN DIE ANDER

MINISTERS

Die Hofnar is verantwoordelik vir die meeste konflik tussen die

howelinge.

Hy luister hulle af. Hulle is geskok as hulle agterkom dat Nar gehoor

het wat hulle sê.

Nar vertel telkens op ? spottende en subtiele manier die waarheid aan

die Keiser. Deur sy opmerkings waarsku hy die Keiser teen leuens en

bedrog. Dit veroorsaak spanning en botsing tussen hom en die

ministers.

Die Hofnar is sy Kroon se vriend en vertroueling. Hierdie vertrouensverhouding

met die keiser laat hom met die ministers en die wewer

bots. Hy kan selfs met die Keiser spot. Hy is die keiser se oë en ore.

Hy gee raad aan die Keiser en help dat die Keiser as "Heilige" verhef

word.

Die ministers wil nie hulle valsheid laat ontbloot nie en sorg dat Hofnar

in ’n kerker opgesluit word omdat hy nie die Keiser se klere kan sien

nie. Deur Hofnar in onguns te bring, beveilig hulle hulle eie situasie.

Dit sou egter net tydelik van aard wees.

DIE KEISER SE INNERLIKE KONFLIK

Aanvanklik het die Keiser gelukkig en selfvoldaan geleef en regeer.

Toe die Wewer op die toneel kom en aanbied om die wonderkostuum

te maak, wat sou meebring dat diegene wat onbekwaam vir hulle

poste is of leuenaars is nie die kostuum sou kon sien nie, het die

Keiser skielik begin twyfel in homself.

Diegene wat die klere nie kon sien nie, sou dan ook uitgewys word as

mense wat die Keiser ondermyn en op hom spioeneer.

Die Keiser het nooit besef dat daar kabinetslede was wat hom bedrieg

het nie en dit het hom ernstig laat begin twyfel.

Toe die Keiser later besef hy sien ook geen draad klere nie, het sy

innerlike konflik nog groter geword. Hy het besef dat hy self dalk

onbekwaam as regeerder én ’n leuenaar was.

Hy was bang hy word soos sy vader wat die volk in vodde en sonder

kos laat loop het.

6

GREEN

In sy nagtelike gesprek met Hofnar, het die Keiser erken dat hy nou

eers besef dat ’n mens vir jouself ook kan jok. Dit is tog wat hy oor die

jare heen oor die klere gedoen het.

Hy erken ook dat hy altyd geweet het dat hy die volk moes gaan

besoek om vas te stel of sy bevele uitgevoer word; en hy het nie. Dit

laat hom besef dat hy onbekwaam vir sy pos is en dat hy heeltyd vir

homself gejok het.

Die Keiser kom ook tot die insig dat die skeidslyn tussen waarheid en

leuen relatief is.

Die Keiser besef dat die leuen ’n soort speletjie is wat gespeel word.

Hy besef ook dat niemand iemand meer kan glo nie ? nie eers

homself nie.

DIE KEISER SE REGEERSTYL

Die Keiser is ? idealis en ’n dromer. Hy het wonderlike ideale vir sy

volk gehad.

Ongelukkig is dit so dat ’n dromer nooit tot die daad oorgaan nie. Sy

ideale bly maar slegs ideale.

Die Keiser toon geen begrip vir sy land en die land se probleme nie.

Hy wil hê die mense moet soos aan die Franse Hof geklee wees, wat

onprakties is, want sy land is warm.

Hy gaan nooit self kyk of sy beskawingsprogram uitgevoer word nie.

Hy is goedgelowig en glo die storie oor die wonderkostuum sonder om

navorsing daaroor te laat doen. Hy vertrou vreemdes op grond van

Diplomaat se verduidelikings.

Hofnar se kru taalgebruik word nie deur hom as “spot” gesien nie. Hy

keur dit af. Die Keiser berispe ’n ieder en ’n elk oor sogenaamde kru

taalgebruik. Daar moet onthou word dat hy oordrewe preuts is en glad

nie realisties oor sake soos taalgebruik kan dink nie.

Die Keiser aanvaar dat die klere die man maak en is vanweë sy

geaardheid nie oortuigbaar dat hy verkeerd is nie.

Hy as goedgelowige glo dat daar nog genoeg goud in sy land se myne

vir die toekoms sal wees. Hy stel nie self ondersoek daarna in nie. Vir

hom is dit net belangrik dat sy halfeeu-fees ’n swierige geleentheid sal

wees.

Hy glo ook nie dat die ministers korrup is nie.

Die Keiser glo nie die swak toestande aan die grens nie, omdat hy

Maarskalk honderd persent vertrou. Hy glo nie dat die Groen Tier ’n

werklikheid is nie.

7

GREEN

EVALUERING VAN SY REGEERSTYL

Die Keiser is ? swak leier. Hy gaan nooit self ondersoek instel nie.

Goeie leiers maak altyd seker van hulle saak. As hulle nie self

ondersoek instel nie, het hulle stelsels wat hulle help om te kyk of

opdragte uitgevoer word.

Ware leiers mors nie geld op onbenullige vertoon nie (replikas).

? Ware leier sal nie goedsmoeds glo wat hy vertel word nie.

Die Nar vertel telkens die waarheid, maar die Keiser bly onkundig. ?

Goeie leier sou lankal vir Nar kortgevat het of sy aanklagte ondersoek

het.

Diplomaat word goedsmoeds vertrou al is hy nuut.

EIE MENING

Ek sou seker gemaak het my opdragte word uitgevoer.

Ek sou lankal ondersoek ingestel het of Nar die waarheid praat.

Minder staatskatte sou vermors word op onbenullighede. Dis nie

nodig om replikas vir die gaste te bou nie.

Ek sou net seker maak dat daar geskikte akkommodasie vir hulle is.

Diplomaat sou eers fyn dopgehou word en ? deeglike ondersoek na sy

sienings en optrede sou eers gedoen word.

Die volk sou versorg word en gereelde terugvoering sou in die verband

gevra word. Daar sou stelsels ingestel word om vordering te toets.

Terreur sou nie moontlik wees nie, omdat daar ? goeie

intelligensienetwerk daargestel sou word.

Stories soos wonderkostuums sou nie na vore kom nie, want ? leier

moet nie so goedgelowig wees nie.

AFDELING C

VRAAG 9

Kringe in ? bos

8

GREEN

9.1 Saul. (1)

9.2 9.2.1 Ja (nee is verkeerd). (1)

9.2.2 Saul het die Bos soos ’n wegwei-os verlaat / Almal in die Bos ken ’n

wegwei-os. (1)

9.3 9.3.1 Nee /Ja. (1)

9.3.2 Nee: Hy was nog altyd eerlik hy verklap nie hulle ivoorsmokkel–

geheim nie.

Ja: Hy werk vir McDonald. (enige ander geldige redes)

REDES MOET BY JA of NEE PAS (1)

9.4 Saul as enkeling (buitestander.) / Saul beleef ? identiteitskrisis.

9.5 9.5.1 Hy wil hom nie help nie./ Hy is onmenslik./ Hy behandel hom sleg. (1)

9.5.2 Ek sou ? beseerde persoon help. (Eie opinie kyk na menslikheid) (1)

9.6 Backsize. (slegs een woord) (1)

9.7 Patterson leer vir Saul om te delf. / Later het Saul self gedelf. (1)

[25]

9

GREEN

9.8 Hy waarsku die houtkappers dat hulle besig is om die Bos uit te kap en dat

hulle later geen werk meer sal hê nie. (1)

9.9 9.9.1 Hy kruip by hom/ soek sy guns. (1)

9.9.2 Die taal is tipies van die bosmense wat ongeletterd en onverfyn is. (1)

9.10 Vernietiging wat die Bos sal ondergaan (na die koms van die delwers). (1)

9.11 Alle houtkappers het met respek van Oupoot gepraat. / As die houtkappers

Oupoot se spoor gekry het, het hulle onmiddellik gekyk hoe die wind waai

(hulle het hom dus met gevaar geassosieer). (2)

9.12 Die Bos is die naam van ? plek./ Dit besorg aan die Bos ? eretitel./ Dit dui

daarop dat die Bos die houtkappers se lewensaar is. / Die Bos word

gepersonifieer (veral Saul wat glo dat bome soos die kalander pyn kan voel). (1)

9.13 Die insident waar Saul die bloubokkie se kop oopgekap het om te sien dat sy

gal wel nie daar sit nie. (1)

9.14 Na die dubbelpunt word verduidelik waaruit die godsiekte bestaan nl. Masels,

kinkhoes en waterpokke. (2)

9.15 Dit het ’n dramatiese effek. / Dit hef (beklemtoon) masels as ? gevaarlike

siekte uit. (1)

9.16 9.16.1 Geelhout. (1)

9.16.2 Sy pa. / Joram Barnard. (1)

9.17 Hy is ’n baie ervare spoorsnyer. / Hy ken die Bos baie goed (1)

9.18 bossiegoed (slegs een woord) (1)

[25]

VRAAG 10

By fakkellig

10.1 ? Derdepersoonverteller. (1)

10.2 ? kameraadskap van gees / intellektuele broederskap. (1)

10.3 Dit handel oor politiek /filosofie. (1)

10.4 (Séamas kan geesdriftig oor die politiek praat en Liam kan intelligente

kommentaar lewer). Dit laat David uitgesluit voel.

Hy staan buite die kring. (1)

10.5 Hy sinspeel op Séamas en Liam se pogings om David se guns vir die Iere te

wen. (1)

10.6 O Maílle se dood. (1)

10.7 Sy grootvader is gedwing om Protestant te word anders verloor hy sy grond.

Sy vader was in die geheim ? Katoliek en Séamas ? afgewaterde Protestant

daarom het hy geen sinnigheid aan godsdiens nie. (2)

10.8 10.8.1 Dawid het as mens gefaal teen die Iere. (1)

10.8.2 Ja. Hy voer ? doellose bestaan. (2)

10.9 10.9.1 ? slu persoon. (1)

10.9.2 Ja/ Nee. (1)

10.9.3 Ja: Liam is op ? subtiele manier besig om David vir die Iere se stryd

te wen.

Nee: Liam tree slegs as vriend en mentor op. (1)

10.10 David is ryk en woon op ? groot landgoed terwyl die Iere in armoedige

omstandighede woon. (2)

10.11 Armoede (1)

10

GREEN

10.12 10.12.1 Liam. (1)

10.12.2 Sy het hom aan die Iere se situasie bekendgestel. (2)

10.12.3 Hy word die doodstraf opgelê.

10.12.4 Die Protestante is warm gekleed teenoor die Katolieke wat by die

Mis almal kaalvoet was.(rykdom ? a rmoede)

Die bediendes sit agter in die kerk. By die mis vorm almal een

groep. (klasse-onderskeid ? a lmal; is gelyk) Die bediendes sit agter

in die kerk. By die mis vorm almal een groep. (klasse-onderskeid ?

(1)

almal is gelyk)

10.12.5 ... hy het alleen bly staan... (sinsnede ongeveer 5 woorde -1 vir

(2)

langer antwoorde). (2)

[25]

VRAAG 11

Fiela se kind

11.1 Derdepersoonverteller. (1)

11.2 Elias is nie sy pa nie en hy het Elias nog nooit as sy pa aanvaar nie. (2)

11.3 Dit dui aan waaroor hy met homself gepraat het. (1)

11.4 11.4.1 Ja. (Nee is foutief) (1)

11.4.2 Dit dui ’n tydsverloop aan . / Dit dui ’n ruimtelike verandering aan.

Lukas is nie meer met sy pa in gesprek nie, maar is op pad deur die

Bos Knysna toe. (1)

11.5 11.5.1 Hy wil nie gou by die dorp uitkom nie. (1)

11.5.2 Ja. (nee is verkeerd). (1)

11.5.3 Hy het slegte herinneringe aan die vorige besoek.

Slegs ? punt vir 11.5.2 indien motivering korrek is. (1)

11.6 11.6.1 Hulle is (half)broer en (half)suster. (1)

11.6.2 Lukas raak verlief op Nina en dit mag nie gebeur nie, omdat hy dink

hulle is (half)broer en (half)suster. (2)

11.7 Hy leef nie in die verlede nie, maar nou. / Hy is nou ’n volwasse man. (1)

11.8 11.8.1 Karakterontwikkeling. (1)

11.8.2 Rassediskriminasie / Die apartheidsbestel. (1)

11.8.3 Sy naam het verander van Benjamin Komoetie na Lukas van

Rooyen. / Sy identiteit het verander. / Hy het van Langeklower na

Bosmens verander. (1)

11.9 . . . lief geword vir die Bos. . . . (Geen punt indien dit nie ’n frase is nie). (1)

11.10 Die Lange Kloof. (1)

11.11.1 Sy skaam haar vir hulle. (1)

11.11.2 Ja (Nee is foutief). (1)

11.11.3 Sy word mishandel. (1)

11.12 Kindermishandeling (1)

11.13 Hy gebruik sy kinders as slawe/ buit hulle uit/ Hy is gierig. (1)

11.14 Sy pa was moontlik ? matroos. (2)

[25]

VRAAG 12

Toorberg

11

GREEN

12.1 Hulle is trots en skroom nie om te diskrimineer teen dié wat nie aan hulle

standaarde voldoen nie./ Hulle is welgesteld. / Hulle is hebsugtig. (1)

12.2 Kaatjie Danster. (1)

12.3 12.3.1 Die vroue kry swaar. (1)

12.3.2 ? Vrou moet haar man se grille verduur./ Sy moet hom volg al

gaan dit hoe swaar. (1)

12.4 12.4.1 Hy moet die dood van Druppeltjie ondersoek. (1)

12.4.2 Hy moet lig (van der Ligt) op Druppeltjie se dood werp, maar hy

kom nie by ? antwoord uit nie. (2)

12.4.3 Albei is saggeaard. / Albei is goeie luisteraars. (gebreklik is

foutief aangesien dit nie ’n karaktereienskap is nie). (2)

12.5 Dit verwys na die Moolmans (Ella en Abel) se huis (se dak). / Dit verwys

na die opstal op Toorberg. (1)

12.6 Dit beteken onvriendelik (nie hartlik nie).

Die stiefveld se mense (Die skaamfamilie en die Stiefmoolmans) kry

swaar, word onvriendelik en onregverdig behandel. (2)

12.7 Oneday. (1)

12.8 Hy is prediker /pastoor /geestelike /predikant. (1)

12.9 Die vloek van onvrugbaarheid. (1)

12.10 12.10.1 Hulle moes trek want hulle het almal asma gehad. (1)

12.10.2 Onderwyseres. (1)

12.11 Amy was nie ? Protestant nie, sy was ? Katoliek en kon dus nie aanvaar

word nie. Sy was ? Ier. (1)

12.12 Hy het die wonder van dié wêreld nie heeltemal begryp nie. / Die plaas

was vir hom toormooi.

Hy het ook die naam Paradysberg oorweeg. (2)

12.13 Om skatryk te wees. / Om baie geld te hê. (1)

12.14 12.14.1 Ja/Nee (1)

12.14.2 Ja: As gevolg van Abel se diskriminasie teen haar omdat sy ?

Ier (Katoliek) is, kry hulle swaar.

Nee: Ek is groter as kleinlike mense se bedoelings / dade.

(Kandidate kan slegs vir JA /NEE ? punt kry indien die

motivering sinvol en geldig is.) (1)

12.15 Hy is Posmeester Moolman se seun. Sy naam is gepas omdat koeverte in

’n poskantoor hanteer word. (2)

[25]

BEGRIP KONFLIK

VRAAG 13

Kringe in ? bos

Konflik staan ook as botsing bekend.

Innerlike konflik verwys na botsende emosies in ’n persoon / karakter. In

hierdie geval worstel ? persoon innerlik met ? probleem en sukkel om ?

oplossing daarvoor te kry.

Uiterlike konflik manifesteer in woorde en handelinge tussen twee of meer

karakters wat uiteenlopende sienings huldig. Dit kan selfs tot geweld lei.

KONFLIK TUSSEN SAUL EN JORAM

Saul is baie slimmer as die res van die bosmense én sy gesinslede. Hy glo nie

al hulle bygelowe nie.

As denker en ondersoeker kap hy self die bloubokkie se kop oop om te sien

dat die gal nié daar sit nie. Toe hy sy pa en die ander houtkappers daarmee

konfronteer, word hulle vir hom kwaad.

Saul twyfel oor ander gebruike en opvattings van die Bosmense en wonder of

die grootmense opsetlik vir hom gelieg het en hulle dalk self die lieg geglo het.

Saul was die enigste bosbewoner wat simpatiek gestaan het teenoor die Bos

en die diere. Hy haal die gramskap van sy pa op die hals daaroor.

Joram en die ander houtkappers kan nie insien dat hulle besig is om die Bos te

vernietig nie én ook dat hulle nageslagte nie meer houtkappers sal kan wees

nie; daar sal eenvoudig nie meer bome oor wees om te kap nie.

Sy pa leer hom alles van die Bos en daarom kan Saul nie verstaan dat sy pa

nie ook die Bos wil beskerm nie.

Saul is kwaad vir sy pa wat hom dwing om aan die kalander te help kap.

Joram word kwaad as Saul sê die boom kry seer, omdat hy nie daardie insig

het nie. Dit lei tot verdere konflik en die feit dat Saul weggejaag word.

Saul is nie gekant teen Harrison se aanstelling soos die ander houtkappers

waarvan sy pa een is nie. Dit veroorsaak wrywing tussen hom en hulle.

Joram dwing Saul om hout uit te sleep. Jozef help hom.

Saul sien hoe sy sterk pa magteloos moes toegee en toelaat dat die houtkoper

hom verneuk. Hierdie optrede van sy pa grief hom. Hy voel sy pa moes nie

toegee nie. Toe Saul met sy pa redeneer, kry hy weer ’n pak slae.

Jozef stel voor dat hulle olifante vir die tande moet skiet. Toe Saul sê olifante

moet nou vir alles betaal, jaag sy pa hom finaal weg.

Terwyl Saul vir MacDonald gewerk het, het Joram-hulle 'n wa vol hout gebring.

Toe Saul hulle gaan groet, was hulle baie ongemaklik omdat daar olifanttande

onder die hout versteek was.

Toe Saul en Patterson vasstel dat daar spoelgoud was, wou hy Joram oorreed

om te kom delf, maar Joram wou niks daarvan weet nie. Joram beskuldig Saul

van Arend Botha se dood.

Alhoewel Joram vir Saul weggejaag het, het hy tóg vir Maska gestuur om te

kyk hoe dit met hom gaan.

12

GREEN

KONFLIK TUSSEN SAUL EN JOZEF

Saul en Jozef was broers. Jozef was die oudste en die sterkste (kon

liggaamlik dinge doen waarmee Saul gesukkel het). Jozef het Saul beskerm,

bv. waar Joram Saul verplig het om hout te help uitsleep. Toe Saul dit later net

nie meer kon doen nie, het Jozef hom daarmee gehelp.

Toe Joram vir Saul aansê om aan die kalander te kap het Jozef aangebied om

in sý plek te kap.

Saul het altyd vrae gevra om by die waarheid uit te kom. Hierdie verskil tussen

die twee broers gee aanleiding tot die konflik tussen hulle. Jozef kon nie

verstaan hoe Saul redeneer nie. Jozef het vas geglo in die gebruike en

tradisies van die bosmense, terwyl Saul alles bevraagteken het.

Jozef se vyandige houding sou jare lank voortduur. Hy het geglo Saul

spioeneer op hulle en verklap hulle geheime.

Toe Jozef Saul later weer sien, kyk hy hom met haat in sy oë aan. Aan die

einde van die verhaal erken Jozef hoekom hy Saul gehaat het: hy het die moed

gehad het om die bloubokkie se kop oop te kap en Jozef nie. Hy was jaloers

op Saul se waagmoed.

Na Oupoot doodgeskiet is, het Saul aan Jozef verduidelik dat hy die

houtkappers nodig het om hout aan hom te verkoop.

Saul kom tot Jozef se redding en bied hom ? beter toekoms. Hy kan loskom

van MacDonald se skuldlas. Jozef verkoop hout aan Saul.

Saul laat Jozef se seun oplei om hom (Saul) in sy meubelsaak te help.

KONFLIK TUSSEN SAUL EN MACDONALD

Saul is die held (hoofkarakter) en MacDonald is die skurk. Nadat Saul se pa

hom weggejaag het, het Saul by MacDonald gaan werk.

Saul werk soos 'n slaaf vir MacDonald sonder om 'n oomblik te kan ontspan.

Saul moes die harde werk vir slegs kos en slaapplek in MacDonald se

houtskuur doen.

Toe Saul betaling eis, sê hy die geld gaan af op Saul se pa-hulle se skuld. Die

skuld het nooit minder geword nie.

MacDonald sien neer op alle houtkappers en wil daarom Kate van Saul af

weghou. Toe hy later uitvind dat hy en Kate mekaar sien, word sy Kaap toe

gestuur.

Hy onderskat Saul se intelligensie en stuur hom saam met Patterson wat glo

loeries wou bestudeer.

Selfs nadat Saul as gevolg van die delwery ryk geword het, probeer

MacDonald hom dwing om sy verhouding met Kate te verbreek. MacDonald

slaag daarin, deur te weier om hout by Jozef te koop.

MacDonald probeer Saul indoen as hy sewe erwe in 'n spookdorp aan hom

probeer verkoop. Hy slaag nie daarin nie en word kwaad. Hy beïnvloed almal

wat grond besit in Knysna om geen erf aan Saul te verkoop nie.

Eindelik verloor MacDonald die stryd teen Saul te danke aan die erf wat Kate

gekoop het.

13

GREEN

SAUL SE INNERLIKE KONFLIK

Saul ondervind innerlike konflik vanweë sy andersheid. Saul se konflik lê

verder ook daarin dat hy graag êrens wil inpas.

Hy dink nie soos die houtkappers nie, daarom pas hy nie werklik by hulle in

nie. Hy voel hulle gaan die Bos uitroei. As beskermer van die Bos is hy

magteloos. Dit vererger sy innerlike konflik. Saul word gedwing om uit die Bos

pad te gee, maar kan eintlik nie, omdat hy lief is vir die Bos.

Hy is magteloos toe die delwers volstoom begin delf. Aanvanklik kon hy ván

hulle beheer en keer dat hulle die Bos uitroei, maar later is dit nie meer die

geval nie.

Hy kan nie die olifante beskerm nie. Selfs die houtkappers het nou begin om

olifante te jag.

Saul is lief vir Kate, maar sy is MacDonald se dogter. Hulle wêrelde verskil

hemelsbreed van mekaar en MacDonald doen alles in sy vermoë om hulle

verhouding te kelder. Dit gee aanleiding tot innerlike konflik.

Hy wil later met die Pictor wegvaar, maar Maska lig hom in dat Oupoot geskiet

gaan word. Hy is onseker of hy wil teruggaan Bos toe. Hy besef dat hy

Oupoot moet kry voor Freek Terblans, sodat Oupoot met waardigheid kan

sterf.

WORD DIE KONFLIK OPGELOS?

Tussen Joram en Saul is daar tussendeur telkens versoening. Later is daar

weer konflik. Aan die einde toe Joram sê Saul moet nie sê hy is Joram se

seun nie, is die breuk finaal. Hulle het nie weer daarna versoen geraak nie.

Die laaste konflik is dus nooit opgelos nie.

Tussen Jozef en Saul vind daar wel later versoening plaas. Saul dui aan dat

hy jammer is oor Jozef se seun se dood. Hy bied aan om Jozef se hout te

koop. Hy bied aan Jozef se seun die geleentheid om as meubelmaker opgelei

te word.

Tussen McDonald en Saul is daar geen versoening nie. Toe McDonald op die

laaste vir Saul wou kul, was dit Kate se optrede, nl. om 'n erf te koop en dit aan

Saul beskikbaar te stel, wat meebring dat McDonald die stryd verloor. Daar is

dus geen versoening nie.

BEOORDELING VAN KONFLIKOPLOSSING

Onderstaande is slegs riglyne / moontlikhede.

Daar is geen oplossing in die geval van Joram nie. Ek sou harder probeer het

om vir Joram te oortuig dat niemand sy lisensie sou afneem nie.

Die oplossing in die geval van Jozef is bevredigend ek sou waarskynlik ook ?

vriendskapshand na my broer uitgereik het.

Daar is geen oplossing tussen Saul en McDonald nie.

Saul wen vir Kate. Sy innerlike konflik word opgelos.

14

GREEN

[25]

BUITESTANDERSKAP

VRAAG 14

By fakkellig

’n Buitestander is iemand wat nie deel van ? gemeenskap of groep vorm

waarin hy lewe nie. Hy pas nie in nie en deel dikwels nie hulle sienswyses oor

die lewe nie. Buitestanders is dikwels die groep se intellektuele meerdere en

kan hom / haar daarom nie met die groep se (soms) naïewe sienings

vereenselwig nie. Buitestanderskap kan natuurlik ook weens die betrokke

individu se omstandighede of agtergrond ontstaan.

David is iemand wat graag lees. Daardeur verryk hom dus intellektueel. Hy

hou min van opwinding en aksie. Hy verskil hemelsbreed van Arthur, sy broer,

wat graag jag, partytjies hou en whiskey drink.

David is ook ’n baie stil persoon en is geneig om hom terug te trek. Hy het lank

alleen op Donore gewoon, sonder die teenwoordigheid van ’n vaderfiguur en

sy broer, Arthur. Sy ouma, Lady Harriet was nie juis die ideale

identifikasiefiguur vir hom nie.

KARAKTERS WAT ’N INVLOED OP DAVID SE LEWE GEHAD HET

ALICE

LIAM

Alice, die ryk jong Engelse vrou van sir Arthur is David se eerste vriendin en

metgesel.

Sy is jonk en vol entoesiasme en dwing hom om deel te neem aan haar

aktiwiteite. Hulle onderneem togte en sy praat met hom oor haar Vaderland.

Sy kry die Iere jammer en bemoei haar met hulle en haar idees en sienswyses

beïnvloed David noodwendig. Alice dwing David om bewus te raak van dinge

om hom. Hy sien hoe arm die Iere is.

Hulle word vriende en kamerade. David ontmoet Liam op een van Alice se

togte. Hierdie ontmoeting met Liam sou later sy lewe onherroeplik verander.

Alice se vriendskap maak David van sy eensaamheid bewus. Toe sy vertrek,

bly hy uit eie keuse op Donore. Hy voel eensaam en alleen. Sy lewe voel nou

leeg en doelloos.

Alice en David sien mekaar weer in die tronksel. Sy kan glad nie sy optrede

verstaan nie. Hy het skande oor die familie gebring. Sy keur David se verraad

af. David is nou ? vreemdeling wat sy glad nie meer ken nie.

Liam is die Ierse onderwyser. Hy en David raak bevriend. Liam is David se

eerste ware vriend en Liam erken ook dat David sý eerste ware vriend is. Hy

weet self nie waarom hy David as vriend kies nie, want David is nie een van

hulle (onderdruktes) nie.

Liam is intelligent en geleerd (sy kennis van Latyn is beter as David s'n). Liam

speel ? leidende rol in die opstand. Hy is ? rebel. Hy wil geregtigheid vir sy

volk hê. Hy veg vir ? sê in sake wat hulle raak.

15

GREEN

Dit is Liam wat David na die Middernagmis toe neem waar hy ’n innerlike

vernadering ondergaan en met die Boerevolk identifiseer.

Deur sy dood bereik Liam egter sy doel. Hy beweeg David om kant vir die Iere

teen die Engelse te kies.

Voor die rebellie uitbreek, twyfel Liam of hy moes toegelaat het dat David in sy

"onwetendheid" in al hierdie dinge verwikkeld raak".

SÉAMAS BÁN

O MAÍLLE

Séamas Bán, is die verarmde Ierse hereboer. Hy is van adellike afkoms (p. 90)

en dra daartoe by dat Liam David na die Mis neem, waar David se verandering

begin.

Séamas se opstand is intellektueel, want hy neem nie fisies aan die rebellie deel

nie. As gevolg van sy passiwiteit voel hy nutteloos (p. 172) en voel hy dra nie sy

deel by nie. Hy glo nie dat ? onreg met geweld herstel moet word nie. Séamas is

anders as Liam wat emosioneel is en daadwerklik optree.

Séamas beïnvloed David deur al sy gesprekke wat hy voer oor filosofie en

politiek. Hy gee vir David “opruiende” boeke om te lees.

Séamas erken aan David dat hy nie van sy reg om gewelddadig op te tree

gebruik wil maak nie; daarom praat hy slegs en doen niks.

Die dood van die jagopsigter op Donore, O Maílle, beïnvloed David se lewe

baie.

As dit nie vir sy dood was nie, sou David nie vir Liam ontmoet het nie, en sou

hy nooit by die Iere betrokke geraak het nie.

VADER O FLOINN

Hy oefen ook ? belangrike invloed op David se vorming uit. David hou nie van

die priester nie.

Na Liam se dood raai die priester David aan om op te tree. David is nog nie

werklik betrokke by die Iere nie. Hy luister na hulle gesprekke, maar het self

nog nie standpunt ingeneem nie.

Die priester besef tereg dat Liam se dood David sal aanwakker tot aksie en hy

laat hom roep toe hy van Liam se dood hoor.

WAS DIE INVLOED OF GOED OF SLEG?

Alice: Sy stel hom aan die Iere se lewe bekend (goeie invloed, want sy help sy

wêreld verruim). Dit is belangrik dat almal regverdig behandel word.

Aan die einde verwyt sy hom ironies genoeg vir sy optrede. (slegte invloed) ?

Mens moet ander se standpunte en sienings aanvaar. David het vir ? goeie

saak geveg.

Séamas en Liam: Hulle beïnvloed hom ten goede. Hulle leer hom van dinge

wat hy nie weet nie. Liam was ’n ware vriend vir David. Hulle vind besondere

aanklank by mekaar.

Dit is Liam wat David Mis toe neem waar hy innerlik verander; iets wat ’n

voorloper vir sy latere kant-kies sou wees.

16

GREEN

Séamas se gesprekke en die boeke wat hy vir David leen, speel ’n positiewe

rol om David betrokke by die Iere te kry. Dit maak ook ’n innerlike wil tot

opstand in hom wakker.

O Maílle se dood bring David nader aan die Iere. Hy sou Liam nie op ’n ander

wyse leer ken het nie.

Vader O Floinn por David aan om tot optrede wat betref die Iere oor te gaan.

Dit is ’n goeie invloed, aangesien dit David daartoe dryf om standpunt in te

neem.

OPHEFFING VAN SY BUITESTANDERSKAP

Nadat David Hardinge se gewere gesteel het, het hy beslis kant gekies.

Tot nou toe is dit die grootste teken van betrokkenheid by David.

David was ook nooit militêr of aggressief nie. Hier het hy dus ’n groot

verandering ondergaan.

Hoewel Alice David in die tronk veroordeel, beskou die Ierse seuntjie hom as ’n

held. So sterf David in menige Ier se oë dus as held.

David beken egter aan die seuntjie hoe bang hy wel was. Dit kan dus daarop

dui dat hy by die stryd betrokke geraak het net om nie meer ’n buitestander te

wees nie.

Dit lyk nogal of David se slotverraad sonder enige passie gepaard gegaan het.

Kandidate kan ook hiervan verskil en geldige standpunte moet gekrediteer

word.

VRAAG 15

PERSONE WAT BENJAMIN / LUKAS SE LEWE NEGATIEF BEÏNVLOED HET:

DIE MAGISTRAAT

Die magistraat was beleefd teenoor Benjamin, maar het bloot net sy werk

gedoen. Hy het ’n uitkenningsparade gehou en Barta-hulle laat kom. Nadat

Barta Benjamin geëien het, wou die magistraat niks van Benjamin hoor nie.

Hy is besig en het baie werk om te doen.

Toe Fiela die magistraat gespreek het, het hy bloot gesê die saak is

afgehandel en wou haar ook nie toelaat om te weet wie die bosmense is nie.

Die magistraat het geen begrip vir die moeder-kind-verhouding tussen Fiela en

Benjamin nie, al is dit vreemd dat ’n bruin ma ’n wit kind hans grootmaak.

DIE SENSUSMANNE

Fiela se kind

Die sensusmanne, die lange en die dikke, wat die staat verteenwoordig, het op

besoek aan Fiela en Selling vir sensusdoeleindes van Benjamin te hore

gekom.

Hulle kon as hulle wou die saak daar laat, maar omdat Benjamin wit is, het

hulle die saak opgevolg en Benjamin Knysna toe laat gaan.

Hulle het mooi met Benjamin gepraat, maar dit vergoed nie vir die feit dat hulle

hom van sy “ma” af weggeneem het nie.

17

GREEN

[25]

ELIAS

BARTA

Voordat die sensusmanne gekom het, was Benjamin gelukkig op Wolwekraal.

Hulle het ’n identiteitskrisis by hom laat ontstaan. Die feit dat hulle daarop

aandring dat Benjamin nie vir hulle Baas moet sê nie en dat hulle Fiela as

“atta” aanspreek, het Benjamin verder verwar.

Hulle het belowe om hom weer terug te bring indien hy nie die bosvrou se kind

was nie.

Die belofte is nooit nagekom nie.

Dit was die lange wat Benjamin aan Barta uitgewys het as haar Benjamin.

Elias was suinig, lui en slinks. Hy het van baie geld gedroom. So iemand is

beslis nie ? goeie vaderfiguur vir ? jong seun nie.

Om geld te kon maak om ? geweer mee te kon koop, het hy Lukas gebruik om

balke te maak.

Lukas en Nina moes ook die gat vir die olifante grawe.

Daar is nooit sprake van vaderlike liefde tussen hom en Lukas nie.

Dit lyk of Barta nooit tot Lukas kon deurdring nie.

Sy het ook geweet dat Lukas nie haar kind is nie. Haar leuen het veroorsaak

dat sy hom nooit as haar eie kind kon behandel nie.

Barta was wel omgekrap as Elias aan Lukas slaan, maar sy het ook nie vir

hom in die bres getree nie. Sy was skynbaar net bang die magistraat hoor

daarvan.

Barta was geen rolmodel vir Lukas nie.

PERSONE WAT BENJAMIN / LUKAS SE LEWE POSITIEF BEÏNVLOED HET:

NINA

Nina van Rooyen is Elias se enigste dogter. Sy is ? half-wilde, ontembare

boskind wat lief is vir die voëlgeluide en boots hulle presies na. Haar

beheptheid met voëlgeluide irriteer Lukas aanvanklik verskriklik.

Sy leer Lukas van die bos en help hom om meer tuis in die onbekende wêreld

te voel.

Aanvanklik glo Lukas dat dit goed is om Nina te ken, aangesien sy hom dalk

die pad terug Lange Kloof toe kan wys.

Hy is beskermend teenoor haar, veral as hy sien hoe Elias haar mishandel.

Hy wou haar byvoorbeeld nie gaan soek het toe sy verdwyn nie, omdat hy haar

die mishandeling wil laat vryspring.

Hy raak verlief op haar. So onstaan innerlike botsing, omdat Nina sy “suster”

is. Nina het ook gevoelens vir Lukas.

Nina is die karakter wat Lukas help lei tot die vind van sy eie identiteit. As hy

nie op haar verlief geraak het nie, sou hy maar gelate aanvaar het dat sy

moontlik sy suster kon wees.

Nadat Fiela die raad gee dat bloed bloed sal keer en Barta erken dat sy oor

Lukas gelieg het, weet Lukas dat hy Nina maar mag bemin.

18

GREEN

FIELA

Hy is beslis nie Lukas van Rooyen nie en gaan ten slotte terug Lange Kloof

toe.

Fiela is die positiewe krag van die Komoetie-familie. Sy het ? positiewe

invloed op Benjamin / Lukas.

Fiela is in alle opsigte trots, hardwerkend en vooruitstrewend. Dié waardes dra

sy outomaties aan op Benjamin oor.

Fiela leer Benjamin van God. Sy leer hom lees en skryf.

Sy glo God het Benjamin aan haar toevertrou, daarom sal hy haar kind bly tot

aan die einde.

Toe hy onseker oor sy identiteit was, is Fiela die een wat hom raad gee.

Benjamin / Lukas aanvaar Fiela as sy ma. Hy is gelukkig by Fiela en die gesin

en voel nie anders as die ander kinders nie.

HOE KINDERMISHANDELING BENJAMIN / LUKAS SE LEWE BEÏNVLOED

Elias behandel sy kinders sleg.

Die kinders word aan afgryslike, redelose geweld onderwerp.

Nina word aan mense op die dorp as arbeider verhuur sodat Elias die inkomste

kan gebruik.

Lukas en Nina moet help om die gat vir die olifante te grawe.

Hy slaan Nina met ? sweep totdat sy haar broek natmaak.

Hy sny haar hare af met ? mes en verwys na haar as ? maaksel.

Nadat Lukas probeer vlug het Lange Kloof toe, het Elias hom byna dood

geslaan.

Die eerste kans wat Lukas kon kry om weg te gaan, het hy besluit om nie weer

terug bos toe te gaan nie. Die mishandeling het hom van Elias-hulle

weggedryf.

Later toe hy op Nina begin verlief raak het, was hy bang dat sy so alleen moes

rondloop aangesien sy ? maklike prooi vir matrose was. Omdat Lukas

mishandeling leer ken het, was hy in dié verband oor haar bekommerd.

WIE HET BENJAMIN / LUKAS SE LEWE DIE POSITIEFSTE BEÏNVLOED?

NINA

FIELA

Waar die sensusmanne verbrou het, naamlik om Benjamin in ? identiteitskrisis

te dompel, het Nina gehelp dat hy homself kon vind.

Enige aanvaarbare motiverings moet aanvaar word.

Sy het die grondslag in Benjamin se lewe gelê.

Sy het aanhou glo en hoop dat hy sou terugkom.

Sy het hom deur al die jare heen nooit vergeet nie.

Ander aanvaarbare motiverings moet aanvaar word.

19

GREEN

WAT SOU BENJAMIN / LUKAS SE LOT WEES INDIEN DIE ROMAN IN DIE

HUIDIGE SUID-AFRIKA AFGESPEEL HET?

Lukas sou nie van die Komoeties weggeneem word nie, want liefde oor die

kleurgrens heen is nie meer ? misdaad in Suid-Afrika nie.

Regeringsamptenare in die ou staatkundige bedeling sou dit nie geduld het as

? bruin / swart mens ? wit kind grootgemaak het nie.

Nasieners moet goed lees wat kandidate hier skryf en indien die motiverings

geldig is, moet die kandidate bevoordeel word.

HOE TOORBERG SY NAAM GEKRY HET

VRAAG 16

StamAbel Moolman het die plaas baie lief gehad en omdat hy die wonder van

die nuwe wêreld met sy Oog, vleie en gras nie heeltemal begryp het nie, het hy

die berg Toorberg genoem en besluit om sy plaas dieselfde naam te gee.

StamAbel het ook die naam Paradysberg oorweeg omdat dit ? vrugbare,

toormooi stuk aarde was.

’N RUIMTE VAN DISKRIMINASIE

Toorberg

Toorberg is veral die ruimte van die Moolmans waaraan hulle onlosmaaklik

verbonde is. StamAbel se testament het bepaal dat elke Moolmanvrou en -

man wat nie op Toorberg boer nie, geregtig was op die vrug van die plaas.

Op die rand van Toorberg woon die Stiefmoolmans (die verstotelinge). Wég

kan hulle nie kom nie, deel van die Moolmans is hulle ook nie. Dit is waar

Posmeester Moolman en Amy O’Leary woon.

Posmeester het sy grond verloor omdat hy met Amy, ? Katoliek, getrou het.

Hulle seun is Koevert Moolman en hy is ook nie welkom op Toorberg nie.

Die Skaamfamilie woon in die Stiefveld. As gevolg van Floors Moolman se

buite-egtelike verhouding met Kitty Riet, ? Kleurling, is hulle nakomelinge deur

die Moolmans na die Stiefveld verban.

Kaatjie Danster woon daar met haar twee seuns Shala en Oneday en Oneday

se vrou, Meisie Pool. Hulle is nydig op die Moolmans omdat hulle die plaas

besit en met yster hand daaroor regeer. Hulle mag glad nie meer op die plaas

kom nie.

Die Moolmans, vanaf StamAbel , OuAbel tot by Abel is hooghartige mense en

woon op Toorberg. Die Moolmans is ? hegte, trotse familie. Hulle is stoer

Protestants en familievas.

20

GREEN

[25]

Die deurlopendheid van hulle stamgebondenheid blyk uit Ella se woorde aan

die magistraat: “? Abel is ? Abel is ? Abel”.

Een van die oorheersende eienskappe van hulle is trots.

Hulle is verder onverdraagsaam. Veral die Abels oor die generasies heen is

daaraan skuldig. Hulle diskrimineer sonder om te skroom teen die

Skaamfamilie en die Stiefmoolmans.

MAGISTRAAT

Abraham van der Ligt word deur Justisie Toorberg toe gestuur om te bepaal

wie aan die moord op Druppeltjie du Pisani skuldig is.

Abraham van der Ligt se naam het iets van die oorspronklike Bybelse

aartsvader, Abraham, wat bekend is as “die vader van ? menigte volke”. Dit

blyk mettertyd dat Van der Ligt in dié opsig ironies is, aangesien sy vrou reeds

oorlede is, en hulle kinderloos was.

Sy van sluit daarby aan dat hy as ondersoeker na die gebeure rondom

Druppeltjie se dood, lig moet werp op die saak. Ironies het hy nooit ? finale

antwoord nie; die skuldige word dus nie soos wat verwag is, aangekondig nie.

Hy het net een arm. Elke oggend doen hy asemhalingsoefeninge voor die oop

hotelvenster.

Hy rook baie sigare en drink graag whisky. Hy koop dikwels salf vir sy

stompie-arm.

Hy is ? stil, deeglike mens. Soms gaan hy kroeg toe, maar sit heeltemal

alleen. Op pad Toorberg toe, het hy die Moolmans se stamboek uit sy kop

geleer.

OOREENKOMS TUSSEN DIE MAGISTRAAT EN DE LA REY

De la Rey was anders: ? dromer wat ander kunstenaars se gemeenskap in die

stad gaan opsoek het. Hy was mank.

Die magistraat is ook anders; uniek. Hy is met net een arm gebore, hy is stil

en eenkant.

As oudste seun moes De la Rey Toorberg erf, maar as gevolg van sy

andersheid het Abel dit geërf. Net so is die magistraat deur Justisie uitverkore

om uitspraak te lewer oor die skuld in die dood van Druppeltjie du Pisani, maar

kan hy dit nie ten uitvoer bring nie.

21

GREEN

DIE BRIEWE AAN SY VROU

Die briewe aan sy vrou kan gesien word as verwerkingsmeganisme, veral

omdat hy met geen ander persoon kommunikeer nie (behalwe met die

onderhoude). Die kommunikasie met sy vrou verlig só sy eensaamheid.

Die briewe bring hom algaande tot insig van die hele situasie wat hy

ondersoek.

Die briewe word ? informele hofverslag van sy belewenisse van elke dag (dit is

eintlik briewe aan homself).

Sy vrou is reeds dood. Hy pos dus nie die briewe nie, maar spoel dit in die

toilet weg. Dit sinspeel ook op die futiliteit van sy ondersoek.

MAGISTRAAT WORD DEEL VAN DIE SKULD

Met Abel se verdwyning begin die magistraat Abel se plek inneem as ?

gereïnkarneerde De La Rey Moolman, Abel se broer, die een wat Ella eintlik

liefgehad het. Hierdie betrokkenheid hef ook sy buitestanderskap op.

Die feit dat hy enersyds De La Rey en andersyds Abel se plek inneem, maak

hom direk skuldig aan egbreuk en op dié wyse word hy deel van die Moolmans

se skuld. Indirek is hy uiteindelik ook skuldig aan Druppeltjie se dood.

Hy erken: “Op ? manier voel ek familie met die Moolmans en voel ek hier in die

vreemde in De la Rey se kamer of ek ook voorheen hier was.”

EIE MENING

Dit gaan hier oor kollektiewe skuld. Die hele Moolman-geslag is skuldig aan

Druppeltjie se dood. Die feit dat die magistraat persoonlik betrokke raak by

Ella, bevestig hierdie aandeel wat hy aan die Moolmans se skuld kry.

Aan die einde kan die magistraat weens sy betrokkenheid by die hele situasie

beslis nie meer objektief oordeel nie. Hy besef dat almal; hy inkluis, skuldig is.

Ek is teen diskriminasie want ons land het ? handves van menseregte wat

diskriminasie verdoem.

Enige standpunt wat gemotiveer word, kan aanvaar word.

22

GREEN

[25]

TOTAAL: 80

KODES EN

PUNTE

KODE 7

UITSTEKEND

80-100%

12-15

KODE 6

VERDIENSTELIK

70-79%

11

KODE 5

BEDUIDEND

60-69%

9-10

KODE 4

VOLDOENDE

50-59%

8

KODE 3

GEMIDDELD

40-49%

6-7

KODE 2

ONDERGEMIDDELD

30-39%

5

KODE 1

NIE BEREIK NIE

0-29%

0-5

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERATUURSTUDIE: AFRIKAANS HUISTAAL GR. 12 (VRAESTEL 2)

INHOUD [15] KODES EN

PUNTE

Antwoord getuig van besondere insig. Kandidaat begryp die teks. Alle

aspekte van vraag kom in antwoord ter sprake (kapstokke is gebruik).

Geldige en toepaslike feite met motiverings uit die teks. Korrekte aanhalings

uit die teks. Literêre begrippe word verstaan en sinvol gebruik.

Antwoord getuig nog van insig. Alle aspekte van die vraag kom in

antwoord ter sprake (kapstokke). Geldige en toepaslike feite met

motiverings uit die teks. Kandidaat begryp die teks en gebruik literêre

begrippe korrek.

Kandidaat gee nie genoegsame aandag aan al die aspekte van die

onderwerp nie (een van die kapstokke word bv. weggelaat of onvolledig

hanteer). Feite word aan die hand van die teks gemotiveer.

Kandidaat begryp die teks, maar insig / eie siening word deur die

kapstokke ingeperk. Literêre begrippe word nie met insig toegepas nie.

Kandidaat is geneig om die verhaal oor te vertel. Kapstokke word

aangeraak, maar bolangs. Twee of meer kapstokke word weggelaat.

Gedetailleerde feite en bewyse ontbreek. Bewyse oortuig nie altyd

nie. Kandidaat begaan hier en daar feitfoute. Literêre begrippe is nie

van belang nie.

Kandidaat vertel die verhaal oor en die kapstokke is net plek-plek ter

sprake. Feitfoute kom voor. Feite is soms nie ter sake nie. Motivering

uit die teks kom nie voor nie. Literêre begrippe word nie verstaan nie

en dit lyk of die kandidaat opsommings van die teks geleer of gelees

het.

Kandidaat vertel die verhaal, maar begaan feitfoute wat bewys dat die

teks nie gelees / behandel is nie. Kapstokke is nie ter sake nie. Die

feite word geensins uit die teks gemotiveer nie. Kandidaat verstaan nie

wat gevra is nie.

Antwoord is onsamehangend. Kapstokke word nie gebruik nie. Die

vraag word glad nie beantwoord nie. Die kandidaat ken glad nie die

teks nie. Literêre begrippe is nie ter sake nie. Die antwoord is niks

anders nie as ’n nietersaaklike geklets.

KODE 7

UITSTEKEND

80-89%

8-10

KODE 6

VERDIENSTELIK

70-79%

7

KODE 5

BEDUIDEND

60-69%

6

KODE 4

VOLDOENDE

50-59%

5

KODE 3 NIE BEREIK

NIE

GEMIDDELD

40-49%

4

KODE 2

ONDERGEMIDDELD

30-39%

3

KODE 1

NIE BEREIK NIE

0-29%

0-2

23

TAAL EN STRUKTUUR [10]

Uitstekende inleiding en slot. Samehangende geheel. Logiese

aanbieding. Sinvolle paragraafverdeling. Spelling en skryftekens

puik met uitsondering van enkele foute. Skryfstuk getuig van breë

woordeskat. Sinsbou (wo) en leestekens is meestal korrek.

Goeie inleiding en slot. Samehangende geheel. Logiese aanbieding

wat uit paragrawe bestaan. Enkele spelfoute en skryftekenfoute

kom voor, maar is nie hinderlik nie. Woordeskat is gepas.

Enkele sinsboufoute en leestekenfoute kom voor, sonder om

hinderlik te wees.

Daar is sprake van ’n inleiding en slot. Aanbieding is ’n

samehangende geheel. Paragrawe kom voor, maar korreleer

presies met die getal kapstokke. Heelwat spelfoute en skryftekenfoute

kom voor wat die aanbieding lomp begin laat vertoon.

Karakters se name word óf verkeerd gespel óf met kleinletters

geskryf. Woordeskat is gewoon (meer beperk). Sinsbou- en leesleestekenfoute

kom voor en dit dra by tot lomp formulering.

Inleiding en slot ontbreek. Skryfstuk kom onsamehangend voor.

Slegs 2 of 3 paragrawe word gebruik. Spelfoute en skryftekenfoute

kom algemeen voor. Woordeskat is beperk en woordkeusefoute

kom voor. Sinsboufoute en leestekenfoute kom voor en bemoeilik

die lees van die aanbieding.

Geen inleiding en slot nie. Logiese geheel ontbreek. Daar is geen

sprake van paragrafering nie. Spelfoute, skryftekenfoute, sinsboufoute

en leestekenfoute is algemeen en bemoeilik die lees van die

stuk. Swak woordkeuse kom voor. Kandidaat het ’n skraal woordeskat.

Daar is geen struktuur nie, geen bewyse van beplanning of paragrafering

nie. Hierdie kandidaat beantwoord nie die vraag nie.

Spelling, skryftekens, sinsbou en leestekens word swak gebruik.

Die aanbieding lees moeilik en vorm nie ’n geheel nie.

Geen sprake van beplanning of struktuur nie. Alles is in een sin en

een paragraaf geskryf. Die stuk lees moeilik en maak nie sin nie.

Baie swak spelling, leestekengebruik en skryftekengebruik word

gebruik en sinsbou en woordorde is lomp / foutief. Die Afrikaanse

idioom kom nie tot sy reg nie. Die vraag word nie beantwoord nie.

Die kandidaat druip.

GREEN

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!