Suidwes Beleggings Beperk
Suidwes Beleggings Beperk
Suidwes Beleggings Beperk
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
34 Suidwes

SUIDWES BELEGGINGS Beleggings BEPERK

Beperk
36

37

39

40

43

43

44

45

46

47

48

49

50

FINANSIËLE STATE

Suidwes Beleggings Beperk

Opgesomde Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële State 2012

INHOUDSOPGAWE

Verklaring van Verantwoordelikheid deur die Direksie

Verklaring van die Oudit-, Risiko- en IT-komitee

Onafhanklike ouditeursverslag

Direkteursverslag

Sertifikaat deur Groepsekretaris

Kennisgewing in terme van artikel 29(3)

van die Maatskappywet, 2008

Gekonsolideerde en Afsonderlike Inkomstestaat

Gekonsolideerde en Afsonderlike Staat

van Omvattende Inkomste

Gekonsolideerde en Afsonderlike Staat van Finansiële Posisie

Gekonsolideerde Staat van Verandering in Ekwiteit

Afsonderlike Staat van Verandering in Ekwiteit

Gekonsolideerde en Afsonderlike Kontantvloeistaat

Aantekeninge tot die opgesomde

Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële State

35

Suidwes Jaarverslag 2012
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Verklaring van Verantwoordelikheid deur die Direksie

Die Maatskappywet, Wet 71 van 2008, bepaal dat

die direkteure omvattende rekeningkundige rekords

moet handhaaf en verantwoordelik is vir die inhoud

en integriteit van die finansiële jaarstate en verwante

finansiële inligting wat by die verslag ingesluit word. Dit is

hul verantwoordelikheid om te verseker dat die finansiële

jaarstate, ter voldoening aan die International Financial

Reporting Standards, ’n redelike weergawe is van die

Maatskappy en die Groep se sake aan die einde van

die finansiële jaar en die resultate van sy bedrywighede

vir die tydperk wat op daardie tydstip geëindig het.

Die eksterne ouditeure is aangestel om ’n onafhanklike

mening oor die finansiële jaarstate uit te spreek.

Die finansiële jaarstate is ooreenkomstig die Interna-

tional Financial Reporting Standards opgestel en

is gegrond op toepaslike rekeningkundige beleid

wat konsekwent toegepas is en deur redelike en

verstandige oordeel en ramings ondersteun is. Die

direkteure erken dat hulle uiteindelik verantwoordelik

is vir die stelsels van interne finansiële beheer wat

die Maatskappy en die Groep ingestel het en plaas

aansienlike klem op die belang van handhawing van

streng beheer. Ten einde die direkteure in staat te

stel om hierdie verantwoordelikhede te kan nakom,

stel die Direksie standaarde vir interne beheer wat

daarop gerig is om die risiko van foute of verlies op ’n

kostedoeltreffende wyse te verklein. Die standaarde sluit

in die behoorlike delegasie van verantwoordelikhede

binne ’n duidelik gedefinieerde raamwerk, effektiewe

rekeningkundige prosedures en toereikende skeiding

van pligte om ’n aanvaarbare risikovlak te verseker.

Die beheermaatreëls word deur die Maatskappy en

die Groep gemonitor en alle werknemers moet die

hoogste etiese standaarde handhaaf om te verseker

PS Vercueil FE Marx

Voorsitter Ondervoorsitter

36

dat die Maatskappy en die Groep se besigheid gedoen

word op ’n wyse wat onder alle redelike omstandighede

bo verdenking is. Die Maatskappy en die Groep se

risikobestuur is gerig op die identifisering, evaluering,

bestuur en monitering van alle bekende risiko’s in die

Maatskappy en die Groep. Hoewel die bedryfsrisiko

nie heeltemal uitgeskakel kan word nie, probeer die

Maatskappy en die Groep dit tot ’n minimum beperk

deur te verseker dat die toepaslike infrastruktuur-, beheer-

en ander stelsels en etiese gedrag volgens voorafbepaalde

prosedures en beperkings toegepas word.

Die direkteure is op grond van inligting en verduidelikings

wat Bestuur verskaf, van mening dat die interne beheerstelsels

redelike sekerheid bied dat daar vir die opstel

van die finansiële jaarstate op die finansiële rekords

gesteun kan word. Enige interne stelsels vir finansiële

beheer kan egter slegs redelike en nie absolute versekering

nie, teen enige wesenlike wanverklaring of

verlies bied. Die direkteure is in die lig van die huidige

finansiële posisie oortuig dat die Maatskappy en die

Groep toereikende middele het, of toegang daartoe

het, om hul bedrywighede in die voorsienbare toekoms

voort te sit. Die eksterne ouditeure is verantwoordelik vir

die onafhanklike nasiening van die Maatskappy en die

Groep se finansiële jaarstate en om daaroor verslag te

doen. Die finansiële jaarstate is deur die Maatskappy se

eksterne ouditeure ondersoek en hul verslag word in die

volledige finansiële jaarstate aangebied.

Die Groep se volledige finansiële jaarstate, wat op die

lopendesaakgrondslag opgestel is, is op 26 Julie 2012

deur die Direksie goedgekeur en namens die Direksie

onderteken deur:

LJ Smit G Potgieter

Besturende Direkteur Direkteur: Finansies
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Verklaring van die Oudit-, Risiko- en IT-komitee

Die Oudit-, Risiko- en IT-komitee ("die Komitee") van

Suidwes Beleggings Beperk, het vir die jaar bestaan

uit drie onafhanklike nie-uitvoerende direkteure,

in ooreenstemming met die bepalings van die

Maatskappywet, Wet 71 van 2008, soos gewysig, (“die

Maatskappywet”), terwyl die voorsitter van die Direksie,

die Besturende Direkteur, die Direkteur: Finansies en

nog drie nie-uitvoerende direkteure die vergaderings

van die Komitee namens die Direksie bygewoon het.

Die Komitee tree ingevolge ’n formele mandaat onder

gesag van die Direksie op. Die Komitee se mandaat

is in ooreenstemming met die riglyne van King III

opgestel en gedurende die afgelope jaar omvattend

hersien ten einde omvattende oorsig uit te oefen oor

inligtingstegnologie en regulatoriese nakoming.

Ten einde te verseker dat die Komitee op gestruktureerde

basis gedurende die jaar sy pligte nakom, is ’n

werksplan opgestel wat die sakelys van die komiteevergaderings

ondersteun.

Die belangrikste rol en funksie van die Komitee is:

om die Direksie by te staan om dié se verantwoordelikhede

ten opsigte van die beveiliging van

bates na te kom;

om die Direksie tevrede te stel dat voldoende

finansiële- en bestuurskontroles in die Groep bestaan,

en dat alle wesenlike korporatiewe risiko’s

geïdentifiseer word en die nodige aandag geniet;

die daarstelling en uitvoering van doeltreffende

stelsels van interne beheer;

om toe te sien dat interne-, finansiële en bedryfskontroles

nagekom word;

om die geïntegreerde verslagdoening, asook

finansiële inligting wat deur die Maatskappy en

die Groep verstrek word, na te gaan;

om te verseker dat ’n effektiewe risikobestuurstelsel

bestaan wat nie net risiko’s identifiseer nie, maar

dit ook aanspreek;

om te verseker dat inligtingstegnologierisiko’s en

-kontroles, sowel as inligtingsekuriteit en -vertroulikheid

voldoende aangespreek word;

om besigheidsvolhoubaarheid te oorweeg; en

om die Maatskappy se nakoming van wette en

regulasies te beoordeel.

In die uitvoering van sy mandaat is die Komitee in sy

uitsluitlike diskresie geregtig om onafhanklike advies

oor enige aangeleentheid in te win. Die voorsitter van

die Komitee is, ingevolge die mandaat daarvan, ’n

onafhanklike nie-uitvoerende direkteur.

Die samestelling van die Komitee, soos op 30 April 2012,

word in die Direkteursverslag van Suidwes Beleggings

Beperk op bladsy 41 aangetoon.

Ingevolge die vereistes van die Maatskappywet moet

die Maatskappy se ouditkomitee jaarliks onafhanklike

eksterne ouditeure nomineer vir aanstelling as ouditeure

van die Groep. Die Komitee bepaal die ouditeure se

aanstellingsvoorwaardes en vergoeding en moet alle

opdragte aan die ouditeure vir nie-ouditwerk vooraf

goedkeur.

Die Komitee bespreek en adviseer die Direksie ook oor

die volgende sake:

• Die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële

jaarstate, verslagdoening, openbaarmaking en rekeningkundige

beleid.

• Transaksies wat nie in die gewone loop van besigheid

aangegaan word nie.

• Interne ouditmandaat, asook interne ouditbeplanning

en -verslae.

• Eksterne ouditbeplanning en -verslae vir sowel die

interim as die finale oudit, asook die onafhanklikheid

van die eksterne ouditeure.

• Nakoming van wetlike vereistes, die kode van korporatiewe

praktyke en die etiese gedragskode van

die Groep.

• Kommunikasie met die Uitvoerende Bestuur en die

Ouditeure.

• Die effektiwiteit van bestuursinligting en interne

beheerstelsels.

37

Suidwes Jaarverslag 2012
Suidwes maak gebruik van die dienste van Whistle

Blowers waar gevalle van onetiese optrede, bedrog,

oortreding van wetgewing en ander onreëlmatighede

anoniem aangemeld kan word.

Benewens Whistle Blowers se dienste beskik Suidwes oor ’n

onafhanklike tolvrye telefoonlyn waar gedrag soos hierbo

genoem, eweneens anoniem aangemeld kan word. Die

Komitee ontvang die volledige rekord van alle oproepe

wat na hierdie fasiliteite gemaak word, met ’n verslag

van die aksies wat ten opsigte daarvan geneem is.

Die Komitee vergader drie keer per jaar ten einde sy

werksaamhede uit te voer. Benewens die persone in

die eerste paragraaf hierbo genoem, word die Komitee

se vergaderings deur die eksterne ouditeure, interne

ouditeure en senior bestuurslede op uitnodiging van tyd

tot tyd bygewoon.

ONAFHANKLIKHEID VAN DIE OUDITEURE

Hiermee word ingevolge artikel 94(7)(a) van die

Maatskappywet verklaar dat die eksterne ouditeure,

PricewaterhouseCoopers Geïnkorporeer, onafhanklik

van die Maatskappy en sy filiale is.

AJ Botha

Voorsitter van die Oudit-, Risiko- en IT-komitee

26 Julie 2012

38
39

Suidwes Jaarverslag 2012
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Direkteursverslag

Die direkteure lê hulle vyftiende jaarlikse verslag voor

as deel van die opgesomde Gekonsolideerde en Afsonderlike

Finansiële State van Suidwes Beleggings Beperk

en die Groep vir die jaar wat op 30 April 2012 geëindig

het.

HOOFBESIGHEID

Suidwes Beleggings Beperk (“die Maatskappy”) is ’n geregistreerde

houermaatskappy vir ’n groep (“die Groep”)

wat die volgende tipe besigheid in hoofsaaklik die

landbousektor bedryf:

• Verkryging, hantering, opberging en bemarking

van landbouprodukte.

• Verskaffing van lenings en kredietfasiliteite.

• Verskaffing van benodigdhede en dienste vir boerderydoeleindes

deur middel van handelswinkels en

’n hoogs gespesialiseerde bedryfsondersteuningsdiens,

wat ’n laboratorium insluit.

• Handel in verbruikersgoedere.

• Meganisasieverkope en -dienste, sowel as die verskaffing

van onderdele.

• Optrede as versekeringsmakelaar.

• Beoefening van beleggingsaktiwiteite.

• Verskaffing van elektroniese kommunikasie- en

IT-verwante dienste.

FINANSIËLE RESULTATE

Die Groep het vir die 2011/2012-finansiële jaar ’n wins

na belasting van R83.019 miljoen (2010/2011: R65.609

miljoen) gerealiseer, wat soos volg saamgestel is:

R’000 2012 2011

Bedryfswins 140,453 111,336

Finansieringskoste (34,364) (31,115)

Wins na finansieringskoste 106,089 80,221

Deel van resultaat vanaf

geassosieerdes

6,482 8,006

Wins voor belasting 112,571 88,227

Belasting (29,552) (22,618)

Wins vir die jaar 83,019 65,609

Die wins/(verlies) voor belasting van die onderskeie bedryfsegmente

van die Groep is soos volg:

40

R miljoen 2012 2011

Graan 86.3 57.5

Handel 15.3 (1.0)

Finansiering en Beleggings 68.3 83.1

Tegnologie 3.5 2.2

Korporatief (64.3) (51.8)

Konsolidasie 3.5 (1.8)

Totaal vir die Groep 112.6 88.2

Die Maatskappy en die Groep se opgesomde Ge-

konsolideerde en Afsonderlike Finansiële State vir die

2011/2012-finansiële jaar word op bladsye 43 tot 52

van hierdie jaarverslag verstrek. Die resultate en bedrywighede

vir die jaar word in die Voorsittersverslag en

die Besturende Direkteursverslag toegelig.

AANDELEKAPITAAL

Op 30 April 2012 het die Maatskappy se uitgereikte

aandelekapitaal R119,000,000 (2011: R119,000,000)

beloop. Volledige besonderhede van die Maatskappy

se gemagtigde en uitgereikte aandelekapitaal, soos

op jaareinde, word in aantekening 17 tot die volledige

Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële Jaarstate

verstrek. Die Maatskappy se gemagtigde aandelekapitaal

het nie gedurende die jaar verander nie.

DIVIDENDE

Die Direksie het gedurende die jaar ’n tussentydse dividend

van 15 sent (2011: 13 sent) per aandeel verklaar,

wat op 30 April 2012 aan die Maatskappy se geregistreerde

aandeelhouers, soos op 25 April 2012,

betaal is.

LOPENDE SAAK

Na oorweging van die huidige finansiële posisie en

bestaande kredietgeriewe van die Maatskappy en sy

filiale, sowel as die begrotings en kontantvloeivooruitskattings

vir die finansiële jaar tot 30 April 2013,

is die Direksie daarvan oortuig dat die Maatskappy

’n lopende saak is en voldoen aan die solvensie- en

likiditeitsvereistes, soos in die Maatskappywet bedoel.

Die finansiële state is gevolglik op die lopendesaakgrondslag

opgestel.
FILIALE EN GEASSOSIEERDE MAATSKAPPYE

Volledige besonderhede van die Maatskappy se beleggings

in filiale en geassosieerde maatskappye word

in aantekeninge 6 en 7, onderskeidelik, en in Bylae A

van die volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike

Finansiële Jaarstate verstrek.

Die Maatskappy se belang in Network Embedded

Technologies (Edms) Bpk is gedurende die jaar van

26% tot 58.8% verhoog. ’n Belegging is in Frans

Lyons Gespesialiseerde Prysrisikobestuur (Edms) Bpk

gemaak in terme waarvan die Maatskappy se aandelebelang

tans 40% beloop.

GEBEURE SEDERT JAAREINDE

Die Direksie is nie bewus van enige gebeure wat tussen

die rekenpligtige datum en die datum van hierdie verslag

plaasgevind het wat die beoordeling van die stand

van die Maatskappy of die Groep se finansiële posisie

behoort te beïnvloed nie.

DIREKTEURE

Ingevolge die Maatskappy se statute word die Direksie

saamgestel uit:

• Hoogstens sewe van Suidwes Beherend Beperk

se direkteure wat op ’n wyksgrondslag verkies is

en wat deur die Direksie van Suidwes Beherend

Beperk aangewys word;

• hoogstens drie onafhanklike nie-uitvoerende direkteure

wat deur die bogenoemde verkose direkteure

benoem word; en

• die uitvoerende direkteure wat deur die nieuitvoerende

direkteure aangestel word.

Die samestelling van die Direksie het gedurende die

jaar slegs verander in die volgende opsigte:

• Die voormalige besturende direkteur, mnr SW

Pienaar, het op 30 April 2012 afgetree en

mnr LJ Smit is vanaf 1 Februarie 2012 in daardie

hoedanigheid aangestel.

• Mnr FE Marx het mnr GL Malherbe as ondervoorsitter

van die Direksie vervang.

Die Maatskappy se Direksie was op jaareinde soos volg

saamgestel:

Nie-uitvoerende direkteure

Mnre PS Vercueil (Voorsitter)

FE Marx (Ondervoorsitter)

AJ Botha

JHT Delport

PF Delport

(Onafhanklik)

Me DLT Dondur (Onafhanklik)

Mnre JJ le Roux

GL Malherbe

JJ Viljoen

NT Wilkinson (Onafhanklik)

Uitvoerende direkteure

Mnre LJ Smit (Besturende Direkteur)

G Potgieter (Direkteur: Finansies)

KOMITEES

Die Direksie word in die nakoming van sy verantwoordelikhede

deur drie komitees bygestaan, naamlik die

Oudit- Risiko- en IT-komitee, die Sosiaal-, Etiese- en

Vergoedingskomitee en die Menslike Hulpbronne

Raadskomitee. Die genoemde Direksiekomitees was

op jaareinde soos volg saamgestel:

Oudit-, Risiko- en IT-komitee

Statutêre lede

Mnr AJ Botha (Voorsitter)

Me DLT Dondur

Mnr NT Wilkinson

Nie-statutêre lede

Mnre PS Vercueil

GL Malherbe

FE Marx

JJ Viljoen

(Voorsitter van die Direksie -

ex officio)

LJ Smit (Besturende Direkteur -

ex officio)

G Potgieter (Direkteur: Finansies -

ex officio)

41

Suidwes Jaarverslag 2012
Die Oudit- Risiko- en IT-komitee se verslag ingevolge

artikel 94(7) van die Maatskappywet, Wet 71 van 2008,

vir die 2011/2012-finansiële jaar word op bladsye 37 en

38 gepubliseer.

Sosiaal-, Etiese- en Vergoedingskomitee

Me DLT Dondur (Voorsitter)

Mnre AJ Botha

PF Delport (Voorsitter van die Menslike

Hulpbronne Raadskomitee -

ex officio)

FE Marx (Ondervoorsitter van die

Direksie - ex officio)

G Potgieter (Direkteur: Finansies -

ex officio)

LJ Smit (Besturende Direkteur -

ex officio)

PS Vercueil

NT Wilkinson

(Voorsitter van die Direksie -

ex officio)

Menslike Hulpbronne Raadskomitee

Mnre PF Delport

JHT Delport

(Voorsitter)

Me DLT Dondur

Mnre JJ le Roux

FE Marx (Ondervoorsitter van die

Direksie - ex officio)

G Potgieter (Direkteur: Finansies -

ex officio)

LJ Smit (Besturende Direkteur -

ex officio)

PS Vercueil (Voorsitter van die Direksie -

ex officio)

Op 30 April 2012 het die direkte en indirekte aandeelhouding

van al die direkteure gesamentlik sowat 0.24%

(2011: 0.24%) van die totale uitgereikte aandelekapitaal

van die Maatskappy verteenwoordig. Nie een van die

uitvoerende direkteure hou enige aandele in die Maatskappy

nie.

Besonderhede van die direkteure en voorgeskrewe

beamptes se vergoeding gedurende die jaar onder

oorsig word in aantekening 40.6 en 40.7 van die

volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële

42

Jaarstate verstrek. Die voorgeskrewe beamptes is die

uitvoerende bestuurslede van die Maatskappy, asook

die Groepsekretaris.

Die Groep het nie gedurende die jaar enige kontrakte

gesluit waarin enige direkteur van die Groep ’n belang

het nie, behalwe vir kontrakte wat in die normale loop

van sake met direkteure as klante van die Groep

aangegaan is.

KORPORATIEWE BESTUUR

EN VOLHOUBAARHEID

Die direkteure onderskryf die beginsels van die King

III-kode oor Korporatiewe Bestuur en het oor die afgelope

aantal jare verskeie aanpassings gemaak ten

einde dit te implementeer. ’n Volledige verslag oor die

toepassing van die King III-kode en ander korporatiewe

bestuursbeginsels word op bladsye 21 tot 27 verstrek.

Die Groep is daartoe verbind om sy besigheid op

’n volhoubare basis te bedryf en slaan nie net ag op

ekonomiese volhoubaarheid nie, maar gee ook spesifieke

aandag aan die impak van sy bedrywighede op die

omgewing en op sosiale vlak. Die direkteure se volledige

verslag hieroor word in die Volhoubaarheidsverslag vanaf

bladsy 28 tot bladsy 32 verstrek.

Die verslae oor korporatiewe bestuur en volhoubaarheid

is nie ekstern geëvalueer nie.

OUDITEURE

PricewaterhouseCoopers Geïnkorporeer, wie se volledige

besonderhede op bladsy 2 van hierdie verslag

verskyn, is die Maatskappy en die Groep se ouditeure.

Geen verandering van die Maatskappy en die Groep

se ouditeure word vir die volgende jaar aanbeveel nie.

SEKRETARIS EN ADRES

Groepsekretaris : D Linde

Geregistreerde adres : Voortrekkerstraat

Leeudoringstad 2640

Posadres : Posbus 5

Leeudoringstad 2640
HOUERMAATSKAPPY

Die Maatskappy word beheer deur Suidwes Beherend

Beperk (registrasienommer 1998/007242/06) wat

51.06% (2011: 51.06%) van die Maatskappy se uitgereikte

aandele hou. Die houermaatskappy se opgesomde

Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële

State word hiermee saam gepubliseer en verskyn op

bladsye 55 tot 66.

FINANSIËLE JAARSTATE

Die Maatskappy en die Groep se finansiële jaarstate

is in ooreenstemming met die International Financial

Reporting Standards opgestel.

Die opgesomde Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële

State van die Maatskappy en die Groep vir die

jaar geëindig 30 April 2012 word op bladsye 43 tot 52

van hierdie jaarverslag uiteengesit.

SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Sertifikaat

Sertifikaat deur Groepsekretaris

In terme van artikel 33(1) van die Maatskappywet, Wet

71 van 2008, sertifiseer ek hiermee in my hoedanigheid

as Groepsekretaris dat Suidwes Beleggings Beperk vir

die finansiële jaar geëindig 30 April 2012 alle opgawes

wat ingevolge die genoemde Maatskappywet vir ’n

publieke maatskappy vereis word, by die Kommissaris

van die Kommissie ingedien het en dat sodanige

opgawes waar, korrek en op datum is.

Geteken te Leeudoringstad op 26 Julie 2012.

D Linde

Groepsekretaris

Die volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële

State sowel as hierdie direkteursverslag is

deur die Direksie goedgekeur en word namens hulle

deur die ondergenoemde direkteure onderteken. Die

ondertekening van hierdie Direkteursverslag word ook

geag ondertekening van die finansiële state te wees.

Op las van die Direksie.

PS Vercueil LJ Smit

Voorsitter Besturende Direkteur

26 Julie 2012

SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Kennisgewing

Kennisgewing in terme van artikel 29(3) van die

Maatskappywet, 2008 (“die Maatskappywet”)

• Hierdie opgesomde Gekonsolideerde en Afsonderlike

Finansiële State is ’n opsomming van die Gekonsolideerde

en Afsonderlike Finansiële Jaarstate

van die Groep vir die jaar geëindig 30 April 2012,

wat op 26 Julie 2012 gepubliseer is.

• Die volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike

Finansiële Jaarstate van die Groep is geouditeer

in ooreenstemming die bepalings van die Maatskappywet.

• Die volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike

Finansiële Jaarstate is opgestel onder leiding

van mnr G Potgieter: Hons BCompt, GR (SA)

(Direkteur: Finansies).

• ’n Afskrif van die volledige Gekonsolideerde en

Afsonderlike Finansiële Jaarstate is op skriftelike

versoek beskikbaar vanaf die Groepsekretaris van

die Groep.

43

Suidwes Jaarverslag 2012
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Gekonsolideerde en Afsonderlike Inkomstestaat

vir die jaar geëindig 30 April 2012

44

GROEP MAATSKAPPY

2012 2011 2012 2011

R'000 R'000 R'000 R'000

Inkomste 2,047,599 1,600,347 68,365 87,085

Verkope 1,733,206 1,317,468 - -

Koste van verkope (1,532,463) (1,214,646) - -

Bruto wins 200,743 102,822 - -

Ander bedryfsinkomste 314,393 282,879 68,365 87,085

Verspreidingsuitgawes (8,392) (7,274) (237) (206)

Administratiewe uitgawes (180,132) (167,966) (19,156) (16,823)

Ander bedryfsuitgawes (186,159) (99,125) (3,568) (3,043)

Bedryfswins 140,453 111,336 45,404 67,013

Finansieringskoste (34,364) (31,115) (41,783) (37,969)

Wins na finansieringskoste 106,089 80,221 3,621 29,044

Deel van resultaat vanaf geassosieerdes 6,482 8,006 - -

Wins voor belasting 112,571 88,227 3,621 29,044

Belasting (29,552) (22,618) (144) (6,285)

Wins vir die jaar 83,019 65,609 3,477 22,759

Toeskryfbaar aan:

Aandeelhouers van die Houermaatskappy 82,407 64,816 3,477 22,759

Nie-beherende belang 612 793 - -

Verdienste per aandeel toeskryfbaar aan

aandeelhouers van die Houermaatskappy

83,019 65,609 3,477 22,759

Basiese en verwaterde verdienste per aandeel - sent 69.2 52.9 2.9 18.6

Wesensverdienste per aandeel - sent 69.3 53.1 2.9 18.6

Dividend per aandeel - sent

Tussentyds 15.0 13.0 15.0 13.0

Finaal - - - -
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Gekonsolideerde en Afsonderlike Staat van Omvattende Inkomste

vir die jaar geëindig 30 April 2012

GROEP MAATSKAPPY

2012 2011 2012 2011

R'000 R'000 R'000 R'000

Wins vir die jaar 83,019 65,609 3,477 22,759

Ander omvattende inkomste:

Billike waarde aanpassings op finansiële bates beskikbaar vir

verkoop

Herklassifikasie vanaf ekwiteit - Reserwe vir finansiële bate

beskikbaar vir verkoop

- (577) - -

- (12,632) - (12,632)

Ander omvattende inkomste netto na belasting - (13,209) - (12,632)

Totale omvattende inkomste vir die jaar 83,019 52,400 3,477 10,127

Toeskryfbaar aan:

Aandeelhouers van die Houermaatskappy 82,407 51,607 3,477 10,127

Nie-beherende belang 612 793 - -

83,019 52,400 3,477 10,127

45

Suidwes Jaarverslag 2012
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Gekonsolideerde en Afsonderlike Staat van Finansiële Posisie

soos op 30 April 2012

BATES

46

GROEP MAATSKAPPY

2012 2011 2012 2011

R'000 R'000 R'000 R'000

Niebedryfsbates 610,624 484,653 149,045 153,154

Eiendom, aanleg en toerusting 160,241 153,920 550 695

Ontasbare bates 3,401 3,285 - -

Belegging in filiale - - 96,438 97,269

Belegging in geassosieerde maatskappye 52,630 49,427 41,028 43,748

Finansiële bates beskikbaar vir verkoop 63 63 63 63

Afbetalingsverkoopsfinansiering en lenings 363,131 245,110 - -

Langtermynlenings 11,305 11,379 10,966 11,379

Uitgestelde belastingbates 19,853 21,469 - -

Bedryfsbates 961,286 834,905 851,196 599,472

Voorraad 99,106 123,708 - -

Handels- en ander bedrae ontvangbaar 145,499 170,084 256 80

Afbetalingsverkoopsfinansiering en lenings 692,424 497,241 309 371

Afgeleide finansiële instrumente 21,263 22,889 - -

Belasting ontvangbaar 189 866 - -

Lopende lenings aan Groepsentiteite 2,805 116 6,046 717

Kontant en kontantekwivalente - 20,001 844,585 598,304

Totale bates 1,571,910 1,319,558 1,000,241 752,626

EKWITEIT EN AANSPREEKLIKHEDE

EKWITEIT

Kapitaal en reserwes toeskryfbaar aan

aandeelhouers van die Houermaatskappy

Aandelekapitaal 119,000 119,000 119,000 119,000

Herwaardasie reserwe 15 15 15 15

Behoue inkomste 414,157 349,979 71,994 86,367

Gewone aandeelhouersbelang 533,172 468,994 191,009 205,382

Nie-beherende belang in ekwiteit 2,119 1,629 - -

Totale ekwiteit 535,291 470,623 191,009 205,382

AANSPREEKLIKHEDE

Niebedryfslaste 797,444 33,188 767,883 9,332

Langtermynlening 762,675 - 762,675 -

Langtermyngedeelte van voorsienings 13,156 13,090 5,023 9,291

Uitgestelde belastingverpligtinge 21,613 20,098 185 41

Bedryfslaste 239,175 815,747 41,349 537,912

Handels- en ander bedrae betaalbaar 188,202 282,368 7,867 12,243

Huidige belastingverpligting 1,183 1,573 280 1,079

Korttermynlenings 6,784 494,659 6,784 494,659

Voorsienings 25,031 22,697 8,837 10,341

Aandeelhouers vir dividend 12,929 10,024 12,929 10,024

Lopende lenings van Groepsentiteite 3,423 4,426 4,652 9,566

Bankoortrekking 1,623 - - -

Totale aanspreeklikhede 1,036,619 848,935 809,232 547,244

Totale ekwiteit en aanspreeklikhede 1,571,910 1,319,558 1,000,241 752,626

Eie-kapitaalverhouding 34.1% 35.7% 19.1% 27.3%

Netto batewaarde per aandeel - sent 448.0 394.1 160.5 172.6
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Gekonsolideerde Staat van Verandering in Ekwiteit

vir die jaar geëindig 30 April 2012

Aandelekapitaal

TOESKRYFBAAR AAN AANDEELHOUERS VAN

DIE HOUERMAATSKAPPY

Aandelepremie

Herwaardasie

reserwe

Behoue

inkomste

47

Totaal

Niebeherende

belang

Totale

ekwiteit

R'000 R'000 R'000 R'000 R'000 R'000 R'000

Saldo soos op 1 Mei 2010 123,768 7,034 13,224 302,171 446,197 1,476 447,673

Omvattende inkomste - - - 64,816 64,816 793 65,609

Wins vir die jaar - - - 64,816 64,816 793 65,609

Ander omvattende inkomste - - (13,209) - (13,209) - (13,209)

Billike waarde aanpassings op

bates beskikbaar vir verkoop

Herklassifikasie van finansiële

bate beskikbaar vir verkope

- - (577) - (577) - (577)

- - (12,632) - (12,632) - (12,632)

Totale omvattende inkomste - - (13,209) 64,816 51,607 793 52,400

Transaksies met aandeelhouers (4,768) (7,034) - (17,008) (28,810) (106) (28,916)

Dividende betaal - - - (15,470) (15,470) - (15,470)

Voorkeurdividende betaal deur

nie-beherende belang

- - - 106 106 (106) -

Terugkoop en kansellasie van aandele (4,768) (7,034) - (1,644) (13,446) - (13,446)

Totale bydraes deur en uitkerings

aan aandeelhouers

(4,768) (7,034) (13,209) 47,808 22,797 687 23,484

Verandering in belang van filiale - - - - - (534) (534)

Verkry addisionele belang - - - - - (534) (534)

Totale transaksies met aandeelhouers (4,768) (7,034) (13,209) 47,808 22,797 153 22,950

Saldo soos op 1 Mei 2011 119,000 - 15 349,979 468,994 1,629 470,623

Omvattende inkomste - - - 82,407 82,407 612 83,019

Wins vir die jaar - - - 82,407 82,407 612 83,019

Totale omvattende inkomste - - - 82,407 82,407 612 83,019

Transaksies met aandeelhouers - - - (17,423) (17,423) (427) (17,850)

Dividende betaal - - - (17,450) (17,450) (400) (17,850)

Voorkeurdividende betaal deur

nie-beherende belang

- - - 27 27 (27) -

Totale bydraes deur en uitreikings

aan aandeelhouers

- - - 64,984 64,984 185 65,169

Verandering in belang van filiale - - - (806) (806) 305 (501)

Verkry addisionele belang - - - (806) (806) 305 (501)

Totale transaksies met aandeelhouers - - - 64,178 64,178 490 64,668

Saldo soos op 30 April 2012 119,000 - 15 414,157 533,172 2,119 535,291

Suidwes Jaarverslag 2012
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Afsonderlike Staat van Verandering in Ekwiteit

vir die jaar geëindig 30 April 2012

Aandelekapitaal

48

TOESKRYFBAAR AAN AANDEELHOUERS VAN

DIE HOUERMAATSKAPPY

Aandelepremie

Herwaardasie

reserwe

Behoue

inkomste

Totaal

Niebeherende

belang

Totale

ekwiteit

R'000 R'000 R'000 R'000 R'000 R'000 R'000

Saldo soos op 1 Mei 2010 123,768 7,034 12,647 80,722 224,171 - 224,171

Omvattende inkomste - - - 22,759 22,759 - 22,759

Wins vir die jaar - - - 22,759 22,759 - 22,759

Ander omvattende inkomste - - (12,632) - (12,632) - (12,632)

Herklassifikasie van finansiële

bate beskikbaar vir verkope

- - (12,632) - (12,632) - (12,632)

Totale omvattende inkomste - - (12,632) 22,759 10,127 - 10,127

Transaksies met aandeelhouers (4,768) (7,034) - (17,114) (28,916) - (28,916)

Dividende betaal - - - (15,470) (15,470) - (15,470)

Terugkoop en kansellasie van aandele (4,768) (7,034) - (1,644) (13,446) - (13,446)

Totale bydraes deur en uitkerings

aan aandeelhouers

(4,768) (7,034) (12,632) 5,645 (18,789) - (18,789)

Totale transaksies met aandeelhouers (4,768) (7,034) (12,632) 5,645 (18,789) - (18,789)

Saldo soos op 1 Mei 2011 119,000 - 15 86,367 205,382 - 205,382

Omvattende inkomste - - - 3,477 3,477 - 3,477

Wins vir die jaar - - - 3,477 3,477 - 3,477

Totale omvattende inkomste - - - 3,477 3,477 - 3,477

Transaksies met aandeelhouers - - - (17,850) (17,850) - (17,850)

Dividende betaal - - - (17,850) (17,850) - (17,850)

Totale bydraes deur en uitreikings

aan aandeelhouers

- - - (14,373) (14,373) - (14,373)

Totale transaksies met aandeelhouers - - - (14,373) (14,373) - (14,373)

Saldo soos op 30 April 2012 119,000 - 15 71,994 191,009 - 191,009
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Gekonsolideerde en Afsonderlike Kontantvloeistaat

vir die jaar geëindig 30 April 2012

GROEP MAATSKAPPY

2012 2011 2012 2011

R'000 R'000 R'000 R'000

Kontantvloei aangewend in bedryfsaktiwiteite (162,907) (20,900) (35,430) (1,569)

Kontantvloei (aangewend in)/verkry uit bedrywighede (180,383) (45,441) (24,448) 5,891

Rente ontvang 96,352 85,835 49,450 51,542

Rente betaal (34,364) (31,115) (41,783) (37,969)

Dividende betaal (17,850) (15,470) (17,850) (15,470)

Sekondêre belasting op maatskappye betaal (9) (1,570) - (1,535)

Belasting betaal (26,653) (13,139) (799) (4,028)

Kontantvloei (aangewend in)/verkry uit beleggingsaktiwiteite (15,476) (33,499) 6,592 (19,589)

Aankope van eiendom, aanleg en toerusting (17,458) (13,849) (69) (102)

Opbrengs met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting 330 314 7 -

Kapitalisering van ontasbare bates (1,930) (1,429) - -

Aankope van belegging - (17,820) (280) (17,820)

Lening aan geassosieerdes 3,000 (3,000) 3,000 (3,000)

Opbrengs met verkoop van belegging - 699 - -

Nie-beherende belang 490 153 - -

Dividende ontvang 92 1,433 3,103 1,768

Beleggings in filiale - - 831 (435)

Kontantvloei (aangewend in)/verkry uit finansieringsaktiwiteite (117,947) (47,867) 413 (13,551)

Afname/(Toename) in langtermynlenings - toegestaan 74 (105) 413 (105)

Toename in afbetalingsverkoopsfinansiering en lenings

meer as 1 jaar

(118,021) (34,316) - -

Terugkoop en kansellasie van aandele - (13,446) - (13,446)

Netto toename in lenings na inagneming van kontant en

kontantekwivalente vir die jaar

Netto lenings na inagneming van kontant en

kontantekwivalente - begin van die jaar

Netto lenings na inagneming van kontant en

kontantekwivalente - einde van die jaar

(296,330) (102,266) (28,425) (34,709)

(467,968) (365,702) 110,335 145,044

(764,298) (467,968) 81,910 110,335

49

Suidwes Jaarverslag 2012
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Aantekeninge

tot die opgesomde Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële State vir die jaar geëindig 30 April 2012

OPSOMMING VAN BETEKENISVOLLE

REKENINGKUNDIGE BELEIDE

Die basiese rekeningkundige beleide toegepas in die

opstel van hierdie opgesomde gekonsolideerde finansiële

state word hieronder uiteengesit. Hierdie beleide is

konsekwent toegepas vir al die jare voorgehou, behalwe

waar anders aangetoon.

BASIS VAN AANBIEDING

Die volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële

Jaarstate van Suidwes Beleggings Beperk (“die

Maatskappy”) en sy filiale (saam “die Groep”) is in ooreenstemming

met die International Financial Reporting

Standards (“IFRS”) en die Maatskappywet, Wet 71 van

2008, opgestel.

Die volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële

Jaarstate is volgens die historiese koste-grondslag voorberei,

behalwe vir die drawaardes van finansiële bates

beskikbaar vir verkoop en finansiële bates en -laste

(ingesluit afgeleide finansiële instrumente) wat na billike

waardes aangepas is.

Die voorbereiding van finansiële jaarstate in ooreenstemming

met IFRS vereis die gebruikmaking van sekere

kritieke rekeningkundige ramings. Dit vereis ook van

Bestuur om sy oordeel te gebruik in die toepassing van die

Groep se rekeningkundige beleide. Die aangeleenthede

wat groter oordeel vereis of meer kompleksiteit behels,

of waar aannames en ramings wesenlik tot die gekonsolideerde

finansiële state is, word in die volledige finansiële

state openbaar.

Aannames en ramings word gebaseer op Bestuur se

beste kennis van huidige omstandighede en aksies. Die

werklike resultate mag verskil van die ramings.

50

SEGMENTONTLEDING

Die bepaling van die bedryfsegmente is gebaseer op

verslae en inligting nagegaan deur die Uitvoerende

Bestuur wat verantwoordelik is vir die strategiese

besluitneming. Die Bestuur beoordeel die besigheid

vanuit ’n produk en dienste oogpunt.

Die Uitvoerende Bestuur beoordeel die prestasie van die

bedryfsegmente gebaseer op die wins voor belasting.

Sekere bokoste word nie na die segmente geallokeer

nie, aangesien hierdie koste op ’n sentrale basis bestuur

word.

Die bedrae wat aan die Uitvoerende Bestuur voorsien

word ten opsigte van bates, word gemeet in ooreenstemming

met die finansiële state. Bates word geallokeer

na segmente op grond van die verskillende bedrywighede.

Beleggings in aandele, geklassifiseer as finansiële bates

beskikbaar vir verkoop, word geag deel van die Finansiering

en Beleggingssegment te wees.

Die bedrae wat aan die Uitvoerende Bestuur voorsien

word ten opsigte van laste, word gemeet in ooreenstemming

met die finansiële state. Laste word geallokeer

na segmente op grond van die verskillende

bedrywighede.

’n Ontleding van die inkomste van elke segment is soos

volg:

Graan

Vergoeding ontvang vir die hantering en opberging

van landbouprodukte en die totale inkomste van

graan verkoop, sowel as kommissie verdien met graanbemarking.
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Aantekeninge

tot die opgesomde Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële State vir die jaar geëindig 30 April 2012 (vervolg)

Handel

Verkope by handelswinkels, direkte verkope van boerdery-insette

en meganisasiegoedere, onderdele en hersteldienste.

Finansiering en Beleggings

Toestaan van krediet aan landbouprodusente en graankopers.

Hierdie inkomste sluit ook in kommissie ontvang

vanaf versekeringsmakelaarsdiens aan die korttermyn-,

langtermyn- en oesversekeringsmark, asook inkomste

uit beleggingsaktiwiteite.

Tegnologie

Landboukundige dienste, inligtingstegnologie, laboratoriumdienste

en netwerkdienste.

Korporatief

Hoofkantoordienste, menslike hulpbronne, sekretariaat,

korporatiewe bemarking, interne oudit en direkteure.

Die omvang van intersegmentverkope is onbeduidend

met betrekking tot totale verkope en word derhalwe

nie apart getoon nie. ’n Ontleding van die geografiese

segmente word nie verskaf nie, aangesien die geografiese

verspreiding (soos gedefinieer in terme van

IFRS) nie wesenlik is nie.

51

Suidwes Jaarverslag 2012
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Aantekeninge

tot die opgesomde Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële State vir die jaar geëindig 30 April 2012 (vervolg)

Die segmentinligting voorsien aan die Uitvoerende Bestuur met betrekking tot die bedryfsegmente is soos volg:

2012 Graan Handel

52

Finansiering en

Beleggings

Tegnologie Korporatief Konsolidasie Totaal

R'000 R'000 R'000 R'000 R'000 R'000 R'000

Inkomste 302,924 1,624,538 105,739 29,777 86,730 (102,109) 2,047,599

Finansieringskoste (5,810) (10,417) (53,283) (257) (22,112) 57,515 (34,364)

Waardevermindering en

waardedaling

(3,608) (2,570) (165) (2,225) (2,048) - (10,616)

Amortisasie - - - (1,871) - - (1,871)

Deel van resultaat vanaf

geassosieerdes

Wins/(Verlies) voor

belasting

39 - 6,605 (162) - - 6,482

86,310 15,313 68,313 3,450 (64,291) 3,476 112,571

Totale bates 215,020 205,395 1,179,813 21,031 1,027,960 (1,077,309) 1,571,910

Totale laste (130,304) (187,695) (1,038,477) (11,380) (661,407) 992,644 (1,036,619)

Kapitaaluitgawes 6,871 4,644 153 5,362 364 - 17,394

2011 Graan Handel

Finansiering en

Beleggings

Tegnologie Korporatief Konsolidasie Totaal

R'000 R'000 R'000 R'000 R'000 R'000 R'000

Inkomste 205,550 1,288,095 91,898 23,159 93,157 (101,512) 1,600,347

Finansieringskoste (8,199) (13,263) (45,417) (425) (21,840) 58,029 (31,115)

Waardevermindering en

waardedaling

(5,591) (2,893) (155) (1,616) (2,214) - (12,469)

Amortisasie - - - (2,269) - - (2,269)

Deel van resultaat vanaf

geassosieerdes

Wins/(Verlies) voor

belasting

- - 7,953 53 - - 8,006

57,590 (977) 83,076 2,148 (51,844) (1,766) 88,227

Totale bates 231,374 268,294 851,249 16,083 750,757 (798,199) 1,319,558

Totale laste (178,337) (265,282) (724,670) (8,082) (380,087) 707,523 (848,935)

Kapitaaluitgawes 5,013 6,060 353 1,307 1,116 - 13,849