39 Suidwes Jaarverslag 2012
SUIDWES BELEGGINGS BEPERK Direkteursverslag Die direkteure lê hulle vyftiende jaarlikse verslag voor as deel van die opgesomde Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële State van Suidwes Beleggings Beperk en die Groep vir die jaar wat op 30 April 2012 geëindig het. HOOFBESIGHEID Suidwes Beleggings Beperk (“die Maatskappy”) is ’n geregistreerde houermaatskappy vir ’n groep (“die Groep”) wat die volgende tipe besigheid in hoofsaaklik die landbousektor bedryf: • Verkryging, hantering, opberging en bemarking van landbouprodukte. • Verskaffing van lenings en kredietfasiliteite. • Verskaffing van benodigdhede en dienste vir boerderydoeleindes deur middel van handelswinkels en ’n hoogs gespesialiseerde bedryfsondersteuningsdiens, wat ’n laboratorium insluit. • Handel in verbruikersgoedere. • Meganisasieverkope en -dienste, sowel as die verskaffing van onderdele. • Optrede as versekeringsmakelaar. • Beoefening van beleggingsaktiwiteite. • Verskaffing van elektroniese kommunikasie- en IT-verwante dienste. FINANSIËLE RESULTATE Die Groep het vir die 2011/2012-finansiële jaar ’n wins na belasting van R83.019 miljoen (2010/2011: R65.609 miljoen) gerealiseer, wat soos volg saamgestel is: R’000 2012 2011 Bedryfswins 140,453 111,336 Finansieringskoste (34,364) (31,115) Wins na finansieringskoste 106,089 80,221 Deel van resultaat vanaf geassosieerdes 6,482 8,006 Wins voor belasting 112,571 88,227 Belasting (29,552) (22,618) Wins vir die jaar 83,019 65,609 Die wins/(verlies) voor belasting van die onderskeie bedryfsegmente van die Groep is soos volg: 40 R miljoen 2012 2011 Graan 86.3 57.5 Handel 15.3 (1.0) Finansiering en Beleggings 68.3 83.1 Tegnologie 3.5 2.2 Korporatief (64.3) (51.8) Konsolidasie 3.5 (1.8) Totaal vir die Groep 112.6 88.2 Die Maatskappy en die Groep se opgesomde Ge- konsolideerde en Afsonderlike Finansiële State vir die 2011/2012-finansiële jaar word op bladsye 43 tot 52 van hierdie jaarverslag verstrek. Die resultate en bedrywighede vir die jaar word in die Voorsittersverslag en die Besturende Direkteursverslag toegelig. AANDELEKAPITAAL Op 30 April 2012 het die Maatskappy se uitgereikte aandelekapitaal R119,000,000 (2011: R119,000,000) beloop. Volledige besonderhede van die Maatskappy se gemagtigde en uitgereikte aandelekapitaal, soos op jaareinde, word in aantekening 17 tot die volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële Jaarstate verstrek. Die Maatskappy se gemagtigde aandelekapitaal het nie gedurende die jaar verander nie. DIVIDENDE Die Direksie het gedurende die jaar ’n tussentydse dividend van 15 sent (2011: 13 sent) per aandeel verklaar, wat op 30 April 2012 aan die Maatskappy se geregistreerde aandeelhouers, soos op 25 April 2012, betaal is. LOPENDE SAAK Na oorweging van die huidige finansiële posisie en bestaande kredietgeriewe van die Maatskappy en sy filiale, sowel as die begrotings en kontantvloeivooruitskattings vir die finansiële jaar tot 30 April 2013, is die Direksie daarvan oortuig dat die Maatskappy ’n lopende saak is en voldoen aan die solvensie- en likiditeitsvereistes, soos in die Maatskappywet bedoel. Die finansiële state is gevolglik op die lopendesaakgrondslag opgestel.