02.05.2013 Views

Suidwes Beleggings Beperk

Suidwes Beleggings Beperk

Suidwes Beleggings Beperk

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Aantekeninge

tot die opgesomde Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële State vir die jaar geëindig 30 April 2012

OPSOMMING VAN BETEKENISVOLLE

REKENINGKUNDIGE BELEIDE

Die basiese rekeningkundige beleide toegepas in die

opstel van hierdie opgesomde gekonsolideerde finansiële

state word hieronder uiteengesit. Hierdie beleide is

konsekwent toegepas vir al die jare voorgehou, behalwe

waar anders aangetoon.

BASIS VAN AANBIEDING

Die volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële

Jaarstate van Suidwes Beleggings Beperk (“die

Maatskappy”) en sy filiale (saam “die Groep”) is in ooreenstemming

met die International Financial Reporting

Standards (“IFRS”) en die Maatskappywet, Wet 71 van

2008, opgestel.

Die volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële

Jaarstate is volgens die historiese koste-grondslag voorberei,

behalwe vir die drawaardes van finansiële bates

beskikbaar vir verkoop en finansiële bates en -laste

(ingesluit afgeleide finansiële instrumente) wat na billike

waardes aangepas is.

Die voorbereiding van finansiële jaarstate in ooreenstemming

met IFRS vereis die gebruikmaking van sekere

kritieke rekeningkundige ramings. Dit vereis ook van

Bestuur om sy oordeel te gebruik in die toepassing van die

Groep se rekeningkundige beleide. Die aangeleenthede

wat groter oordeel vereis of meer kompleksiteit behels,

of waar aannames en ramings wesenlik tot die gekonsolideerde

finansiële state is, word in die volledige finansiële

state openbaar.

Aannames en ramings word gebaseer op Bestuur se

beste kennis van huidige omstandighede en aksies. Die

werklike resultate mag verskil van die ramings.

50

SEGMENTONTLEDING

Die bepaling van die bedryfsegmente is gebaseer op

verslae en inligting nagegaan deur die Uitvoerende

Bestuur wat verantwoordelik is vir die strategiese

besluitneming. Die Bestuur beoordeel die besigheid

vanuit ’n produk en dienste oogpunt.

Die Uitvoerende Bestuur beoordeel die prestasie van die

bedryfsegmente gebaseer op die wins voor belasting.

Sekere bokoste word nie na die segmente geallokeer

nie, aangesien hierdie koste op ’n sentrale basis bestuur

word.

Die bedrae wat aan die Uitvoerende Bestuur voorsien

word ten opsigte van bates, word gemeet in ooreenstemming

met die finansiële state. Bates word geallokeer

na segmente op grond van die verskillende bedrywighede.

Beleggings in aandele, geklassifiseer as finansiële bates

beskikbaar vir verkoop, word geag deel van die Finansiering

en Beleggingssegment te wees.

Die bedrae wat aan die Uitvoerende Bestuur voorsien

word ten opsigte van laste, word gemeet in ooreenstemming

met die finansiële state. Laste word geallokeer

na segmente op grond van die verskillende

bedrywighede.

’n Ontleding van die inkomste van elke segment is soos

volg:

Graan

Vergoeding ontvang vir die hantering en opberging

van landbouprodukte en die totale inkomste van

graan verkoop, sowel as kommissie verdien met graanbemarking.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!