02.05.2013 Views

koopooreenkoms othello aftreeoord - dickson-rentals.co.za

koopooreenkoms othello aftreeoord - dickson-rentals.co.za

koopooreenkoms othello aftreeoord - dickson-rentals.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KOOPOOREENKOMS

OTHELLO AFTREEOORD

(Deeltitel Woonstelle)

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

DEEL NR. …………….

Aangegaan deur en tussen:

A 1 DIE VERKOPER:

SKEDULE A

Volle name CILMOR TRUST MT 9297/96

Adres: CILMOR-GEBOU, STRANDWEG 53, BELLVILLE, 7530

Telefoonnommer 021-948 5982

Faksnommer 021-948 5567

BTW registrasienommer 4710179237

‘n Residensiële RSA Trust en sluit die VERKOPER se opvolgers in titel in.

DIE KOPER OF HY/SY SE GENOMINEERDE (skrap wat nie van toepassing)

A.2 NATUURLIKE PERSOON:

KOPER (1)

Volle name van Koper

Identiteitsnommer van Koper

Volle name van agent

gemagtig deur Volmag

Datum van Volmag

Huwelikstatus

Volle name van Koper se

Gade

Identiteitsnommer van Koper

se Gade

Residensiële Adres

Posadres

Getroud binne / buite

gemeenskap van goedere

Moslem Regte

Troudatum en Plek /

HVK Nr. H /

Plek van registrasie van HVK

Inkomste Belasting Nr.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

2

Tel. nommers:

Mnr Werk

Mnr Sel

Mev Werk

Mev Sel

Epos

KOPER (2)

Volle name van Koper

Identiteitsnommer van Koper

Volle name van agent

gemagtig deur Volmag

Datum van Volmag

Huwelikstatus

Volle name van Koper se

Gade

Identiteitsnommer van Koper

se Gade

Residensiële Adres

Posadres

Getroud binne / buite

gemeenskap van goedere

Moslem Regte

Troudatum

HVK Nr. H /

Plek van registrasie van HVK

Inkomste Belasting Nr.

Tel. nommers:

Mnr Werk

Mnr Sel

Mev Werk

Mev Sel

Epos

A. 3 REGSPERSOON:

Naam van BK / Maatskappy /

Trust

Registrasienommer

Besigheidsadres

Posadres

Inkomstebelastingnr.

BTW Reg Nr.

Behoorlik verteenwoordig

deur (Volle name)

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

3

Telefoonnommer

Faksnommer

E-pos adres

LEDE / DIREKTEURE / TRUSTEES BESONDERHEDE

VOLLE NAME IDENTITEITSNOMMER ADRES

B. VERKOOPSAGENT

Naam van Agentskap SKYLO PROPERTIES 60 BK 2004/070186/23

h/a DICKSON PROJECTS

Adres Quarryslot 12, Brackenfell, 7560

Posadres Posbus 519, Brackenfell, 7561

E-pos adres info@dicksonprojects.co.za

Inkomstebelastingnommer 9131820152

Agentskap

BTW Nr Agentskap 4550218426

Kontakpersoon Mev Michelle van der Westhuizen

Telefoonnommer 021-982 6077

Faksnommer 021-982 0677

NAAM VAN AGENT

C. TRANSPORT PROKUREURS (AKTEBESORGERS)

NAAM VAN FIRMA FANIE MARITZ PROKUREURS, WORCESTER

Kontakpersoon Mnr S H MARITZ / Elmarie Hills

Telefoonnommer 023-347 7070

Faksnommer 023-347 0441

E-pos Elmarie@fmaritz.law.za

Adres Adderleystraat 32, Worcester, 6850

Posadres Posbus 905, Worcester, 6849

D. BESONDERHEDE

1. BEOOGDE DATUM VAN BESITNEMING/ OKKUPASIE

(Okkupasie datum en/of Die datum waarop besit en okkupasie van die

“datum van Besitneming” eiendom aan die Koper getender is, nadat die

toepassing onderhewig aan argitek gesertifiseer of kennis gegee het dat die

Klousule 1.1.7 van die Voorwaardes) eiendom voltooi is en wat beraam word op

30 NOVEMBER 2008.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

4

2. OKKUPASIEHUUR : Primakoers plus 2 % van Nedbank Beperk van

tyd tot tyd op die totale Koopprys.

3. DEELTITELREGSPERSOON

BERAAMDE MAANDELIKSE

HEFFING, UITGESLUIT

BELASTINGS EN DIENS-

GELDE DEUR PLAASLIKE

OWERHEID GEHEF

en

OTHELLO AFTREEOORD

EIENAARSVERENIGING : Jaar 1 – + R853,00

HEFFING, UITGESLUIT : Jaar 2 – + R955,36

BELASTINGS EN DIENS- : Jaar 3 – + R1 070,00

GELDE DEUR PLAASLIKE

OWERHEID GEHEF

4. DEPOSITO : R10 000,00

TOTALE KOOPPRYS R.....................................

5. GROOTTE VAN WOONSTEL

MINUS VERBAND R……….................

MINUS DEPOSITO R10 000,00

BALANS VERSKULDIG R……….................

(Sien Aanhangsel “A1” ten opsigte van die woonstel uitlegplan en Aanhangsel “B1”

ten opsigte van spesifikasies, welke plan deur die partye geparafeer is vir

identifikasie doeleindes)

6. WOONSTEL OPPERVLAK 43 m 2

7. OOP PARKEERPLEK OPPERVLAK 12,5 m 2

8. TOTALE AREA 55,5 m 2

9. VERBANDGOEDGEKEURING: BINNE 30 (DERTIG) DAE VANAF

DATUM VAN ONDERTEKENING

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

5

Betekening van enige dokument, kennisgewing of regsproses kragtens hierdie ooreenkoms

tot die adresse waarin hierbo na verwys word sal aanvaar word as voldoende kennisgewing

vir die VERKOPER en die KOPER onderskeidelik. Enige kennisgewing gegee deur die een

party aan die ander en versend per geregistreerde pos sal geag word ontvang te wees deur

die ander party binne vyf (5) dae na datum van versending (Die Poskantoor sal geag word

om die agent van die geadresseerde te wees).

Ek/Ons, die KOPER(s) het my/ons keuse uitgeoefen in die taal waarin die koopkontrak

voltooi is.

1. DEFINISIES

1.1 In hierdie Ooreenkoms sal:

1.1.1 (a) “die Wet”

(b) “Wet op Afgetrede Persone”

1.1.2 “die Argitek”

1.1.3 “die Prokureur”

1.1.4 “die Bank”

1.1.5 “die Geboue”

1.1.6 “Othello Aftreeoord”

1.1.7 “die Voltooiingsdatum”

en/of “datum van Besitneming”

en/of “datum van Okkupasie”

beteken die Wet op Deeltitels Nr 95

van 1986, soos van tyd tot tyd

gewysig.

beteken die Wet op Afgetrede

Persone, Wet 65 van 1988, soos van

tyd tot tyd gewysig.

beteken die Argitek benoem deur die

VERKOPER (en van tyd tot tyd

vervang na sy goeddunke) of ‘n lid van

die Argitek se firma en is tans Johan

van Zyl Argitekte.

beteken die Prokureur genomineer

deur die VERKOPER, naamlik Fanie

Maritz Prokureurs, Adderleystraat 32,

Worcester / en Bornman & Hayward,

Highstreet 8, Rosenpark, Tygervallei,

Bellville.

beteken ‘n finansiële instelling

genomineer deur die VERKOPER.

beteken die geboue waaruit die

ontwikkeling bekend as OTHELLO

AFTREEOORD, bestaan.

beteken die ontwikkeling op die

GROND, insluitende die Gesondheid-

sorgsentrum.

beteken die beraamde datum waarop

besit en okkupasie van die Eenheid

aan die KOPER aangebied/getender

is, nadat die Argitek gesertifiseer of

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

6

1.1.8 ”Verkoopdatum”

1.1.9 “die Heffing”

1.1.10 “Gesondheidsorgsentrum”

1.1.11 “die Eiendom”

1.1.12 “die Landmeter”

1.1.13 “die Gesondheidsorgsentrum”

1.1.14 “die Skedule”

kennis gegee het dat die Eenheid

voltooi is. Die datum waarop die

eenheid en/of eksklusiewe

gebruiksarea(s) beskikbaar word vir

voordelige okkupasie en ten opsigte

waarvan die KOPER kennis gegee is,

vanaf welke datum okkupasiehuur

betaalbaar is.

beteken die datum waarop die laaste

handtekening op hierdie Koopvoorwaardes

aangebring is.

beteken die bydrae normaalweg

betaalbaar deur die KOPER in terme

van die konstitusie van die

Regspersoon en Artikel 37 van die

Wet, asook die Konstitusie van die

Othello Aftreeoord Meester

Huiseienaarsvereniging.

beteken die gedeelte van die Gebou of

Geboue waaruit die Gesondheidsorgsentrum

bestaan.

beteken alle grond waarop die

ontwikkeling of ‘n gedeelte daarvan

waarop die Ontwikkeling geleë is,

huidig bekend as OTHELLO of ‘n

ander naam waarop die VERKOPER

mag besluit, waarvan die eenheid

hiermee verkoop ‘n deel vorm, reeds

bestaan of nog ontwikkel gaan word,

en welke ‘n gedeelte uitmaak van

Erf 20737 Brackenfell.

beteken die Landmeter genomineer

deur die VERKOPER of ‘n lid van sy

firma.

beteken die Gesondheidsorgsentrum

soos besit en bestuur sal word deur

die VERKOPER of sy regsopvolgers in

titel of Huurder.

beteken al die skedules tot hierdie

ooreenkoms.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

7

1.1.15 “die VERKOPER”

1.1.16 “die Kontrakperiode”

1.1.17 “die Primakoers”

1.1.18 “Registrasie van Oordrag”

1.1.19 “Okkupasiesertifikaat”

1.1.20 “die Ontwikkelingsdatum”

1.1.21 “Afgetrede persoon”

beteken CILMOR TRUST of enige

persoon of entiteit aan wie die

VERKOPER enige van sy regte, titel of

belang hierin oorgedra of sedeer het of

sy verpligtinge oorgedra het.

beteken die tydperk waartydens die

VERKOPER die geregistreerde

eienaar van die Eiendom is.

beteken die rentekoers gehef deur die

Finansiële Instelling genomineer deur

die VERKOPER of sy opvolgers ten

opsigte van bankvoorskotte

toegestaan aan sy mees gunstige

kliënte van tyd tot tyd, soos

gesertifiseer deur enige bestuurder of

boekhouer (sy aanstelling hoef nie

bewys te word nie) van enige tak van

die vermelde instelling.

beteken registrasie van oordrag van

die Eenheid in die naam van die

KOPER in die Kaapstadse

Aktekantoor.

beteken die sertifikaat (ingevolge

Artikel 6(1) van die Wet) uitgereik deur

die Argitek of deur ‘n bourekenaar

deur die VERKOPER aangestel vir die

Ontwikkelingskema, wat sertifiseer dat

daardie fase van die Ontwikkelingskema

waarin die Eenheid geleë

substansieel opgerig is volgens

goedgekeurde bouplanne en die

toepaslike Dorpsbeplanning-skema en

Plaaslike Regering Regulasies dat

genoemde genoegsaam voltooi is vir

die doeleindes vir die gebruik daarvan.

30 November 2007 en beteken die

datum waarop die VERKOPER

skriftelik moet bevestig aan die

KOPER dat daar nie voortgegaan

word met die Ontwikkeling in terme

van die bepalings van Klousule 31 nie.

beteken ‘n persoon wat vyftig (50)

jaar of ouer is;

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

8

1.1.22 “die Regspersoon”

1.1.23 “die Othello Aftreeoord Meester

Huiseienaarsvereniging”

1.1.24 “die Gemeenskaplike eiendom”

1.1.25 “die Ontwikkeling”

1.1.26 “die beraamde deelnemingskwotas”

1.1.27 “die Reëls”

1.1.28 “okkupasiehuur”

1.1.29 “die planne”

1.1.30 “die koopprys”

1.1.31 “die koper”

beteken die Regspersoon, soos

omskrywe in die Wet wat by stigting

die beherende gesag oor die grond en

geboue in terme van die Wet is.

beteken die oorkoepelende Vereniging

wat die finale beheer van die

Ontwikkeling het en bestaan uit die

Regspersoon en die Othello

Aftreeoord Meester Huiseienaarsvereniging

en enige ander

beheerliggaam statutêr geskep of

voorgeskryf.

beteken daardie gedeelte van die

grond wat nie deel vorm van enige

deel, eksklusiewe gebruiksgebied(e)

en/of eenheid in die ontwikkeling in

terme van die Wet nie.

beteken die grond en geboue daarop

opgerig of opgerig te word en ten

opsigte waarvan die VERKOPER van

voorneme is om ‘n Deeltitelregister te

open in die Aktekantoor te Kaapstad.

beteken met betrekking tot ‘n eenheid,

‘n desimale breuk bereken

ooreenkomstig die bepalings van

Artikel 32(1) van die Wet ten opsigte

van daardie eenheid.

beteken die reëls voorgeskryf in die

Wet.

beteken die okkupasiehuur soos

uiteengesit in “D.2” van Skedule A hierin

en wat vanaf die okkupasiedatum

betaalbaar is;

beteken die Argitek/Ontwerpersplanne

in Aanhangsel “A1” hierby aangeheg;

beteken die totale koopprys soos

aangetoon in Klousule 3;

beteken die KOPER of sy

genomineerde soos uiteengesit in

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

9

1.1.32 “registreerbaar”

1.1.33 “die reëls”

1.1.34 “die deeltitel planne”

1.1.35 “die ontwikkelingskema”

1.1.36 “deel of eenheid”

1.1.37 “bouspesifikasies”

1. A BETEKENIS VAN WOORDE EN OPSKRIFTE

Skedule “A2/A3”;

beteken met betrekking tot die eenheid,

geskik om geregistreer te word in die

naam van die KOPER en

“registreerbaar” sal ‘n soortgelyke

betekenis hê;

beteken die Gedrags- en Bestuursreëls

soos voorgeskryf deur die Wet, welke

verander mag word deur die

ontwikkelaar;

beteken ‘n konsep deeltitel plan en/of ‘n

deeltitelplan goedgekeur deur die

Landmeter-Generaal vir die skema en

sluit in die deelnemingskwotas

aangeheg hierby as Aanhangsel “E1”.

beteken die grond en geboue wat deel

vorm van die Deeltitelskema om

opgerig te word op die grond aangedui

op die aanhangsels;

beteken soos dit omskryf word in die

Wet, en met spesifieke verwysing na

hierdie Ooreenkoms, die gedeelte wat

deel vorm van die Eenheid (die Eenheid

sluit ‘n onverdeelde aandeel in die

gemeenskaplike eiendom in) wat

verkoop is en oorgedra word in terme

van hierdie Ooreenkoms,

nieteenstaande die feit dat die

Deeltitelplan wat daarop van toepassing

is, nog nie goedgekeur of geregistreer is

nie.

beteken die skedules en spesifikasies

hierby aangeheg in terme van Klousule

11.

Enige woorde omskryf in die Wet sal dieselfde betekenis hê in hierdie Ooreenkoms

indien dit nie inkonsekwent is tot die onderwerp of konteks nie. Die opskrifte is slegs

vir verwysingsdoeleindes en sal nie die interpretasie van die Ooreenkoms beheer

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

10

nie. Woorde wat die enkelvoud te kenne gee sal die meervoud insluit en omgekeerd

en woorde wat die manlike te kenne gee sal die vroulike insluit asook regspersone.

Waar daar na getalle in woorde en syfers verwys word en daar ‘n teenstrydigheid is

tussen die twee, sal die woorde deurslaggewend wees.

Wanneer enige getal dae beskryf word in die Ooreenkoms, sal dit gereken word

uitsluitend vir die eerste en insluitend vir die laaste dae onderskeidelik, tensy die laaste

dag op ‘n Saterdag, Sondag of ‘n publieke vakansiedag in die Republiek van Suid-

Afrika verklaar is, in welke geval die laaste dag sal wees die volgende dag wat nie ‘n

Saterdag, Sondag of publieke vakansiedag is nie.

2. INLEIDING

2.1 Die VERKOPER as geregistreerde eienaar van Erf 20737 (‘n Gedeelte van Erf 3418)

Brackenfell is van voorneme om 1 (een) Deeltitelskema bestaande uit 4 fases

(bestaande uit Erwe 21442, 21443, 21444 en 21445) en 1 (een) Groepsbehuising

Ontwikkeling op die voormelde eiendom op te rig. Vir doeleindes van oprigting van die

Deeltitelskema sal Erwe 21442 tot 21445 Brackenfell notarieel verbind word, wat dan

deur een Regspersoon beheer sal word.

2.2 Die VERKOPER is van voorneme om aansoek te doen vir die goedkeuring van die

ontwikkeling in terme van die Wet op Deeltitels en die opening van ‘n Deeltitelregister

ten opsigte van bogenoemde eiendomme (Gedeeltes van Erf 20737 Brackenfell).

2.3 Die KOPER is begerig om hiermee van die VERKOPER te koop, wie begerig is om die

eenheid in die ontwikkeling te verkoop op die terme en voorwaardes hierin vervat.

3. DIE VERKOOPTRANSAKSIE

3.1 Die VERKOPER verkoop en die KOPER koop die EENHEID in die ONTWIKKELING

soos meer volledig beskryf in Klousule 1 B, onderhewig aan al hierdie terme en

voorwaardes en dié waarna in die VERKOPER se Titelakte na verwys word en

opgelê word deur enige Plaaslike Owerheid wat jurisdiksie het, insluitend wanneer

verdere fases van die Skema bekend as OTHELLO AFTREEOORD goedgekeur

word.

3.2 Die eenheid verkoop is uiteengesit in Klousule 1 B hieronder, soos substansieel

aangewys op die planne en deeltitelplanne en substansieel in ooreenstemming met die

spesifikasies, tesame met die ooreenstemmende onverdeelde aandeel in die

gemeenskaplike eiendom toegedeel aan die gemelde eenheid, welke substansieel met

die deelnemingskwota van die gemelde eenheid in die deeltitelplanne sal ooreenstem.

Die eenheid is boonop verkoop onderhewig aan: alle stadsbeplanning en padwerke,

skemas en planne, alle voorwaardes en serwitute vervat in die bestaande

Transportakte en verder opgelê deur enige ander owerheid met jurisdiksie of met

betrekking tot die Deeltitelskema; die reëls waardeur die KOPER bevestig hy/sy/hulle

gebind word, die voorwaardes opgelê deur die ontwikkelaar in terme van klousule

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

11

11(2) van Wet 95/1986, welke inter alia ‘n beperking op okkupasie insluit soos per

Klousule 32 hieronder en die ontwikkelaar se die reg tot uitbreiding van die skema, vir

sy eie rekening, soos voorsien in Klousule 42 hieronder.

3.3.1 Die eksklusiewe gebruiksarea hierkragtens verkoop, is die een toegedeel in 1 B

hieronder;

3.3.2 Die KOPER sal, onderhewig aan die reëls, geregtig wees op die eksklusiewe

gebruiksarea, indien enige, en genot put uit die toegedeelde eksklusiewe gebruiksarea,

indien enige, wat op die eenheid hierdeur verkoop betrekking het;

3.3.3 Die VERKOPER sal die reg hê om die KOPER van enige ander eenheid in die

ontwikkeling toe te laat om ‘n eksklusiewe gebruiksarea of areas wat op gemelde

eenheid van toepassing is, te besit;

3.3.4 Die eksklusiewe gebruiksarea uiteengesit in Klousule 3.3.1 hierbo, sal deur die

VERKOPER as ontwikkelaar van die Deeltitelskema deur ‘n Sertifikaat van Saaklike

Reg in terme van Artikel 12(1)(f) van die Wet gehou word en die VERKOPER sal die

regte tot die relevante eksklusiewe gebruiksarea aan die KOPER sedeer op koste van

die VERKOPER by registrasie van ‘n Eensydige Notariële Akte, wat gelyktydig met die

oordrag van die eenheid geregistreer sal word, soos verwys na in Klousule 1 B hierna.

3.4 Die VERKOPER onderneem dat:

3.4.1 onderhewig aan die beskikbaarheid van materiaal en na die goeddunke van die

VERKOPER om ander geskikte materiaal van dieselfde kwaliteit te gebruik, dat die

EIENDOM voltooi of substansieel voltooi sal wees in ooreenstemming met:

3.4.1.1 die planne goedgekeur deur die vereiste plaaslike owerheid

3.4.1.2 die planne en spesifikasies in terme van Klousule 11 respektiewelik;

3.4.2 dit op eie koste goed sal maak:

3.4.2.1 ten opsigte van latente gebreke:

3.4.2.2 enige lekkasie van die dak van die Eenheid as gevolg van foutiewe materiaal

of werkmanskap wat voorkom binne ‘n periode van 1 jaar na die

VOLTOOIINGSDATUM.

3.4.2.3 Alle strukturele gebreke vir ‘n periode van 5 (vyf) jaar na die

VOLTOOIINGSDATUM.

3.4.2.4 Die ARGITEK sal die finale oordeel fel oor of die VERKOPER sy verpligtinge

ingevolge Klousule 3.4 nagekom het.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

12

3.5 Behalwe soos in hierdie ooreenkoms gespesifiseer, het die VERKOPER geen

voorstellings gemaak en geen waarborge gegee ten opsigte van die inhoud van

hierdie verkoop.

3.6 Behalwe vir die verpligtinge van die VERKOPER ingevolge 3.4 hierbo, sal

VERKOPER nie aanspreeklik wees vir enige verdere of ander skade of gebreke

van watter aard ookal nie.

3.7 Die VERKOPER waarborg dat die boukontrakteur geregistreer is by die NHBRC en

dat ‘n NHBRC registrasiesertifikaat gelewer en aan die KOPER oorhandig word op

die datum van besitneming, indien vereis, of ‘n afskrif indien ‘n verband geregistreer

word.

1.B EIENDOMSBESKRYWING:

Die VERKOPER, in sy hoedanigheid as die geregistreerde eienaar van die

Ontwikkeling, verkoop hiermee aan die KOPER(s)

1. 'n eenheid wat bestaan uit -

(a) Deel Nr. __________ soos getoon en vollediger beskryf op Deelplan Nr.

SS__________, in die skema bekend as OTHELLO AFTREEOORD ten opsigte

van die grond en gebou of geboue geleë te BRACKENFELL in die STAD

KAAPSTAD, van welke deel die vloeroppervlakte, volgens die voormelde

deelplan 43 (DRIE EN VEERTIG) vierkante meter groot is; en

(b) 'n onverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom in die skema aan

genoemde deel toegedeel ooreenkomstig die deelnemingskwota soos op

genoemde deelplan aangeteken.

Gehou kragtens Sertifikaat van Geregistreerde Titel Nr. geregistreer

te word

ONDERHEWIG aan die voorwaardes daarin vervat

1.1 'n Uitsluitlike gebruiksgebied beskryf as PARKEERAREA Nr. P________, groot

12,5 (TWAALF KOMMA VYF) vierkante meter, synde 'n gedeelte van die

gemeenskaplike eiendom, bevattende die grond en die skema bekend as

OTHELLO AFTREEOORD ten opsigte van die grond en gebou of geboue geleë

te BRACKENFELL, in die STAD KAAPSTAD soos getoon en vollediger beskryf

op Deelplan Nr. SS__________

Gehou kragtens Notariële Akte van Eksklusiewe Gebruiksgebied Nr SK

geregistreer te word

(hierna verwys as die "Eiendom") in die Ontwikkeling algemeen bekend as

"OTHELLO AFTREEOORD"

Die Deelplan moet nog geregistreer word.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

13

2.1 Die VERKOPER verkoop aan die KOPER wat die eiendom koop, in wese 'n sekere

Eenheid plus oop parkeerarea soos aangedui op die liggingsplan (Aanhangsel

"A1"), onderworpe aan finale goedkeuring vir onderverdeling van die EIENDOM en

die oprig van die Deeltitelregister deur die plaaslike owerheid en Landmeter-

Generaal. Die numering en grootte van die Eenheid en oop parkeerarea mag

verander ooreenkomstig die finale diagram goedgekeur deur die Landmeter-

Generaal en die eenheidnommer daaraan toegewys.

2.2 Die eiendom word "VOETSTOOTS" verkoop soos wat dit tans staan, onderworpe

aan alle geregistreerde voorwaardes en serwitute daarop van toepassing, ander

transporte, vroeëre dokumente en ooreenkomste.

2.3 Die KOPER verklaar dat hy homself deur persoonlike inspeksie tevrede gestel het

betreffende die toestand van die eiendom, die geskiktheid daarvan en alle aspekte

betreffende die eiendom, asook planne en spesifikasies ten opsigte van die

Eenheid.

2.4 Die VERKOPER sal ook nie aanspreeklik wees vir enige inbreukmaking op en van

enige aangrensende eiendomme nie.

2.5 Indien die Eenheid by heropmeting in grootte sou verskil, sal geeneen van die

partye wedersyds enige verhaalsreg teenoor mekaar hê nie, onderhewig aan

Klousule 39.2.

3. KOOPPRYS:

Is die bedrag van R............................................. (....................................................

(BTW ingesluit), betaalbaar as volg:

3.1 DEPOSITO:

3.1.1 R10 000,00 (TIEN DUISEND RAND) in kontant of bankgewaarborgde tjek, binne 7

(SEWE) dae na ondertekening van hierdie ooreenkoms aan die transportbesorger,

aangewys deur die VERKOPER om in trust gehou te word in 'n rentedraende

rekening welke tot voordeel van die KOPER sal wees tot datum van registrasie van

die transport.

3.1.2 Dit word op rekord geplaas dat die betaling van die deposito, soos hierbo

vermeld, ‘n opskortende voorwaarde is en by versuim van betaling van die

deposito binne die bepaalde periode of binne sodanige verlengde periode waarop

die VERKOPER in sy uitsluitlike diskresie mag toestem, sal die hieringemelde

koopooreenkoms ab initio nietig wees en geen krag en effek hê nie. Sodanige

deposito sal 10 (tien) dae na ontvangs eers belê word.

3.1.3 Gemelde deposito sal slegs aan die KOPER terugbetaalbaar wees in die geval dat

hy/sy nie ‘n goedgekeurde verband verkry het binne die gemelde periode gemeld in

Klousule 5 hiervan of sodanige verlengde periode in die diskresie van die

VERKOPER of ingeval van Klousule 31. Enige deposito sal eers na 21 (een en

twintig) dae daarna terugbetaalbaar wees.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

14

3.1.4 Nieteenstaande enige opskortende voorwaarde wat in die kontrak mag wees, erken

die partye dat hierdie bepaling bindend is op die partye. Betaling van die deposito is

nie onderhewig aan enige kennisgewing met betrekking tot kontrakbreuk nie.

3.2 BETALING VAN DIE KOOPSOM / BALANS VAN DIE KOOPSOM / BTW:

3.2.1 Die balans van die koopsom sal as volg betaalbaar wees of versekureer word:

3.2.1.1 Deur die verskaffing van ‘n onherroeplike bankwaarborg of onherroeplike skriftelike

onderneming en sessie wat vir die VERKOPER/Transportbesorger aanvaarbaar is

en uitgereik is deur ‘n erkende bank/finansiële instelling sover die waarborg

aangaan wat die betaling van die balans koopsom versekureer vir betaling teen

transport. Hierdie waarborg moet binne 7 dae na aanvraag daarvoor gelewer word

by kontanttransaksies.

3.2.1.2 Indien ‘n kontant KOPER verkies om nie die koopsom deur ‘n waarborg te

versekureer nie, dan deur betaling daarvan in kontant by wyse van ‘n

bankgewaarmerkte tjek of elektroniese oorplasing daarvan aan die

Transportbesorger binne 7 dae na aanvraag daarvoor, welke Koopsom nie voor

beraamde 45 (vyf en veertig) dae voor registrasie van transport aangevra sal word

nie.

3.2.1.3 Waar die KOPER ‘n verband verkry sal die waarborg slegs aangevra mag word na

vervulling van die opskortende voorwaarde soos genoem in Klousule 5. In geval die

KOPER die eiendom geheel of gedeeltelik finansier uit die verkoop van sy

bestaande eiendom (Klousule 22), magtig die KOPER hiermee die

Transportbesorgers onherroeplik om ‘n onherroeplike onderneming van sy

transportprokureurs aan te te vra vir die volle of balans koopsom verskuldig vir

oorbetaling aan die transportbesorgers teen registrasie van die KOPER se

transaksie, welke voor registrasie van hierdie transport moet geskied. Die KOPER

sedeer hiermee onherroeplik sodanige balans koopsom aan die VERKOPER in

terme van die aangehegte sessie.

3.2.1.4 Die balans koopsom na verwys in Klousule 3.2.1.2 sal in trust deur die

Transportbesorger in ‘n rentedraende rekening gehou word teen ‘n rentekoers soos

deur die bank bepaal en welke rente tot voordeel van die KOPER is tot datum van

registrasie van transport.

3.2.1.5 Die KOPER erken dat die voorsiening van die waarborg/betaling van die

balans koopsom ‘n materiële voorwaarde van hierdie ooreenkoms is.

3.2.2 Alle betalings sal vry van skuldvergelyking of aftrekking en vry van enige oordrag en

bankkostes te Worcester geskied, of soos genomineer deur die VERKOPER.

3.2.3 Die Transportbesorger word gemagtig en verleen die KOPER hierby sy

toestemming om alle betalings wat hy hierkragtens ontvang op risiko van die

KOPER kragtens Artikel 78(2A) van die Wet op Prokureurs Nr 53 van 1979, soos

gewysig of vervang, en op voorwaardes in sy uitsluitlike diskresie by ‘n bank van sy

keuse te belê. Die KOPER stem hierby toe dat alle bankkoste in verband met die

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

15

eleggingsrekening, afgetrek word van enige rente verdien en dat die balans aan

hom betaalbaar sal wees.

3.2.4 Ingeval die koers waarteen BTW betaalbaar is na datum van ondertekening hiervan

verander word in omstandighede waarin die gewysigde koers op hierdie

ooreenkoms van toepassing is, sal die koopprys dienooreenkomstig aangepas word.

Die bedoeling is dat die VERKOPER dieselfde bedrag sal ontvang en behou na

betaling van BTW, ongeag die koers waarteen BTW betaalbaar is.

3.2.5 Die KOPER erken dat al die bepalings van voornoemde klousules asook alle

Klousules met betrekking tot die betaling van enige gelde en kostes wesentlik van

aard is en nie onderhewig is aan kennisgewing in terme van Klousule 16 nie en die

VERKOPER nie nodig het om die KOPER in versuim te plaas voor kansellasie van

die kontrak nie. Die remedies soos uiteengesit in Klousule 16 sal van toepassing

wees.

4. OORDRAG EN KOSTE

Dit word op rekord geplaas dat:-

4.1 dit alleenlik vir die VERKOPER moontlik sal wees om oordrag van die eenheid aan die

KOPER te gee op datum van opening van die Deeltitelregister ten opsigte van die

ontwikkeling en by vervulling deur die KOPER van al sy verpligtinge in terme hiervan.

4.2 ‘n deeltitelregister ten op sigte van die skema bekend as OTHELLO binne 6 (ses)

maande bereken vanaf datum van okkupasie of sodanige verlengde periode as

waarop die partye skriftelik ooreenstem, in die Aktekantoor te Kaapstad geopen word.

4.3 Die VERKOPER onderneem dienooreenkomstig om so spoedig moontlik die nodige

te doen vir die opening van die Deeltitelregister, tensy dit nie reeds geopen is nie.

Sou die VERKOPER nie daarin slaag om die Deeltitelregister te open en oordrag

van die eenheid nie binne 6 (ses) maande na die beraamde datum van voltooiing

plaasvind nie, dan, tensy gemelde vertraging aan die optrede of versuim van die

KOPER toegeskryf word, kan die KOPER geregtig wees om per skriftelike kennis

aan die VERKOPER uit hierdie ooreenkoms te onttrek. In so ‘n geval is die KOPER

geregtig om onverwyld terugbetaling van die deposito, asook enige rente daarop

bereken, te ontvang. Die partye sal egter geen verdere eise teen mekaar instel nie.

4.4 Oordrag sal deur die prokureurs gegee word:-

4.4.1 op datum van voltooiing van die geboue waarin die eenheid hierin verkoop geleë is en

die opening van die Deeltitelregister; of

4.4.2 op datum van okkupasie, indien hierdie ooreenkoms aangegaan is na datum van

voltooiing;

of so na as moontlik as wat transportbesorging prosedures dit toelaat, onderhewig

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

16

daaraan dat die Deeltitelregister reeds geopen is.

4.5 Die KOPER sal oordrag aanvaar onderhewig aan al die voorwaardes, reëls en

serwitute en/of stadsbeplanning en/of padwerke skemas/planne wat die eiendom en

die ontwikkeling bevoordeel of benadeel, hetsy bestaande of hierna opgelê deur enige

bevoegde owerheid en/of opgelê deur die VERKOPER voor ondertekening hiervan

deur die KOPER.

4.6 Ingeval daar enige geringe of klein verskille sou onstaan tussen die dimensies en/of

spesifikasies van en/of die heffings betaalbaar ten opsigte van enige eenheid soos

finaal gebou en uiteengesit in hierdie ooreenkoms, sal die KOPER nietemin en sonder

enige reg tot enige vorm van kompensasie, oordrag aanvaar ter voldoening van die

VERKOPER se verpligtinge hieronder. Die opinie van die VERKOPER se argitek met

betrekking tot wat ‘n geringe of klein verskil uitmaak, sal finaal en bindend wees op

beide partye en sal nie vatbaar wees vir dispuut nie.

4.7 Oordrag sal plaasvind sodra die VERKOPER se Argitek gesertifiseer het dat die

werke sodanig voltooi is vir okkupasie deur die KOPER.

4.8.1 Die VERKOPER sal alle transportkoste en kostes rakende die Algemene Plan,

onderverdeling van grond, Deelplanne, argitek/landmetersfooie, en hierdie

koopkontrak betaal.

4.8.2 Die KOPER sal aanspreeklik wees vir alle betaling van

verbandregistrasiekoste, pro rata belastings, dienste, heffing vanaf datum van

besit welke kostes betaalbaar sal wees soos genoem in Klousule 4.9.2 en

Klousule 4.11. Die KOPER bly aanspreeklik vir die kostes deur ‘n

verbandgewer gehef.

4.9 Die KOPER sal verplig wees om binne 7 (sewe) dae:

4.9.1 Na ondertekening van hierdie ooreenkoms alle dokumente met betrekking tot die

voldoening aan FICA Wetgewing aan onderskeidelik die eiendomsagent en

transport-besorgers te besorg.

4.9.2 Na versoek van die transportbesorger betaling te maak van alle kostes deur hom

betaalbaar in terme van Klousule 4.8.2.

4.9.3 Die KOPER onderneem om alle dokumentasie op versoek van die VERKOPER se

transportbesorger binne 7 (sewe) dae nadat hy daartoe versoek is, te teken.

4.10 Oordrag en Verbandregistrasie sal slegs bewerkstellig word deur:-

Prokureurs: FANIE MARITZ PROKUREURS

Besigheidadres: Adderleystraat 32, Worcester, 6850

Posadres: Posbus 905, Worcester, 6850

Kontakpersoon: S H MARITZ

Tel: 023-347 7070

Faks: 023-347 0441

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

17

en

BORNMAN & HAYWARD ING, BELLVILLE

4.11 Die KOPER onderneem om alle nodige transportdokumente noodsaaklik tot die

registrasie van die Erf in sy naam, sowel as alle dokumentasie noodsaaklik vir die

registrasie van die gelyktydige verband, verwys na in Klousule 5 te teken, indien

toepaslik, en sodanige dokumentasie aan die Aktebesorger terug te besorg, tesame

met enige ander dokumente, resolusies en sertifikate wat benodig mag word deur

die Aktebesorger binne 10 (Tien) dae na die datum van ontvangs van gemelde

oordragdokumente en, indien van toepassing, verbanddokumente. Die datum van

ontvangs sal geag word te wees:-

4.11.1 die datum waarop die oordragdokumente en, indien van toepassing, die

verbanddokumente, geteken te word oorhandig is aan die KOPER of aan sy

verteenwoordiger, of;

4.11.2 die 5de (Vyfde) dag na die datum van postering per geregistreerde pos van die

oordragdokumente en, indien van toepassing, verbanddokumente geteken te word

deur die KOPER.

4.12 Sou die KOPER versuim om die nodige transport en, indien van toepassing, die

verbanddokumente verwys na in Klousule 4.11 hierbo, behoorlik te onderteken en

voltooid terug te stuur, tesame met alle ander dokumente, resolusies en sertifikate,

as wat vereis mag word deur die Aktebesorger vir transport- en

verbandregistrasiedoeleindes binne die 7 (Sewe) dae periode hierbo gestipuleer, sal

die KOPER in kontrakbreuk van hierdie ooreenkoms wees, in welke geval die

VERKOPER geregtig sal wees, sonder benadeling van al sy ander regte wat hy in

terme van hierdie ooreenkoms mag hê, te handel in terme van Klousule 16.

4.13 Elke Eenheid sal op ‘n afsonderlike transportakte aan die KOPER getransporteer

word.

5. VERBANDLENING EN KOSTES

5.1 Hierdie ooreenkoms is onderhewig aan die verskaffing van ‘n kwotasie deur ‘n Bank

of ander Finansiële instelling tot finansiering van die balanskoopsom soos in hierdie

ooreenkoms bepaal en ‘n voorafaanvaardings-ooreenkoms/verklaring geteken deur

die KOPER tot aanvaarding van die kwotasie binne ‘n periode van 30 (Dertig) dae

(of binne ‘n verlengde periode soos die VERKOPER in sy eie diskresie mag toelaat)

na ondertekening van hierdie ooreenkoms. Dit is egter ‘n voorwaarde dat die

KOPER se verbandaansoek alleenlik gedoen word deur Bond Logic, Brackenfell

(Verwysing: Sanet van der Walt by Tel: (021) 982 7364 / 082 431 3054 vir die

bedrag van R……………………………………

om geheel of gedeeltelik die koopsom van die Eiendom te finansier. Vir die

doeleindes van verkryging van die lening verbind die KOPER hom hiermee om ter

goeder trou alle redelike bronne van verbandfinansiering soos hierin vermeld op te

volg, en vir die doel word die Eiendomsagent hiermee aangestel as die KOPER se

Agent. Sou die gemelde lening nie goedgekeur word op die datum nie, sal hierdie

ooreenkoms nie outomaties verval nie, maar sal dit alleenlik verval indien gemelde

lening nie binne ‘n periode van 7 (sewe) dae nadat die een party die ander party

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

18

skriftelik kennis gegee het dat die lening nie goedgekeur is nie en dat goedkeuring,

ongeag aanmaning, binne gemelde 7 (sewe) dae tydperk geskied het nie.

5.2 Die KOPER sal verplig wees om toe te sien dat die finansiële instelling die

verbandregistrasieopdrag aan die VERKOPER se prokureurs allokeer om sodoende

toe te sien tot die registrasie van die verband, en die KOPER doen hiermee afstand

van enige reg wat hy in die verband mag hê en erken dat dit noodsaaklik is ten

einde die belange van die VERKOPER te beskerm en die transaksie te koördineer.

5.3 Die KOPER onderneem om ook alle kostes verbonde aan die verbandregistrasie

wat verband hou met hierdie koop te betaal binne 7 (Sewe) dae na aanvraag

daarvan.

5.4 Indien die KOPER ‘n Maatskappy, BK, Trust of Vennootskap is, waarborg die

KOPER dat alle aandeelhouers, lede, trustees en vennote hulself persoonlik as

borge en mede-hoofskuldenaars teenoor die finansiële instelling sal verbind indien

dié so vereis vir die toestaan van die lening en alle dokumente sal teken en

sekuriteite sal verskaf soos vereis mag word.

5.5 Die KOPER erken uitdruklik dat hy bewus is daarvan dat daar kostes betaalbaar is

aan die Bank/Finansiële instelling met betrekking tot die verlening van krediet.

5.6 Hierdie ooreenkoms sal onherroeplik en in rem suam as Volmag ten gunste van die

VERKOPER dien, wie gemagtig sal wees om aansoek te doen namens die KOPER vir

‘n verbandlening.

6. BESIT / OKKUPASIE / RISIKO / BELASTINGS

6.1 Dit word op rekord geplaas dat die gebou(e), waarvan die Eenheid ‘n gedeelte is, wat

opgerig moet word in die ontwikkeling huidiglik onder beplanning en/of konstruksie is.

6.2 Die VERKOPER sal, na konsultasie met die argitek, 30 (dertig) dae skriftelike kennis

van datum van okkupasie aan die KOPER gee.

6.3 Op of voor datum van okkupasie, van welke datum die KOPER in kennis gestel is, sal

die VERKOPER die argitek versoek om te sertifiseer dat die eenheid beskikbaar is vir

voordelige okkupasie. ‘n Sertifikaat onderteken deur die argitek dat die eenheid

beskikbaar is vir voordelige okkupasie, sal bindend op beide partye wees. Indien die

argitek voor datum van okkupasie, van welke datum die KOPER in kennis gestel is,

bogemelde sertifiseer, sal gemelde datum van okkupasie waarvan sodanige kennis

gegee is, bindend op beide partye wees. Indien die argitek na datum van okkupasie

waarvan die KOPER in kennis gestel is bogemelde sertifiseer, sal die latere datum die

datum van okkupasie wees. Daar sal nie van die VERKOPER vereis word om ‘n

verdere 30 (dertig) dae kennis van so ‘n latere datum te gee nie, onmiddelike

kennisgewing van ‘n latere datum van okkupasie aan die KOPER sal voldoende wees

en sal bindend wees op die partye as datum van okkupasie.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

19

6.4 Sou die VERKOPER nie in staat wees om besit en okkupasie op datum van voltooiing,

soos gespesifiseer, aan die KOPER te gee nie, sal die KOPER besit en okkupasie

neem van die Eenheid op die datum wat die VERKOPER wel in staat sal wees om

voordelige besit en okkupasie te gee. Sou die VERKOPER nie in staat wees om op

datum van voltooiing besit en okkupasie aan die KOPER te gee nie, sal die KOPER

geen eis van watter aard ookal teen die VERKOPER kan instel vir enige verlies of

skade nie, hetsy dit direk of as gevolg daarvan ontstaan het nie.

6.5 Sou enige dispuut tussen die VERKOPER en die KOPER ontstaan oor die

VOLTOOIINGSDATUM van die Eenheid of die datum van besitneming, of oor die

datum waarop die Eenheid beskikbaar was vir voordelige okkupasie of die datum

van okkupasie en/of besitneming, dan sal die besluit van die ARGITEK oor die

datum wat gesertifiseer is ingevolge 1.1.7 hierbo finaal wees en bindend op al die

partye.

6.6 Nieteenstaande die bogemelde, sal die VERKOPER geregtig wees om die KOPER

daadwerklike besit en okkupasie te weier indien die KOPER op daardie stadium nog

nie die transport- en verbanddokumente geteken het en alle verbandregistrasiekostes

vereffen het nie. In so ‘n geval sal die KOPER in elk geval beskou word asof hy besit

en okkupasie geneem het vir alle doeleindes hiervan.

6.7 Die KOPER of sy genomineerde sal die eenheid inspekteer op datum van voltooiing en

sal met die VERKOPER ooreenkom ten opsigte van enige afwykings/defekte in die

eenheid gevind. Beide partye sal die afwykings/defekte skriftelik aanteken en die

VERKOPER onderneem om die afwykings/defekte binne 90 (negentig) dae vanaf

datum van okkupasie op eie koste te herstel.

6.8 Besit en okkupasie van die eiendom sal gegee en geneem word op datum van

okkupasie soos beoog en uiteengesit in die inligtingskedule A, op welke datum die

werke voltooi sal wees en vanaf welke tydstip die eiendom die alleen risiko van die

KOPER sal wees. Die KOPER sal op versoek van die VERKOPER se

Transportbesorgers 'n pro rata-deel van alle gelde, belasting en heffings gehef deur

die plaaslike owerheid met betrekking tot die eiendom bereken vanaf datum van

besit,saam met die verbandkoste betaal.

6.9 Die KOPER sal verplig wees om okkupasie te neem op die okkupasiedatum, tensy

die werke nie leefbaar is nie. Indien ‘n dispuut betreffende die leefbaarheid van die

werk ontstaan, sal ‘n sertifikaat uitgereik deur die Argitek van die Ontwikkelaar

uitsluitsel daaroor gee en aanvaar die partye sy besluit as finaal.

6.10 In die geval dat die okkupasiedatum vroeër is as die registrasiedatum sal die

KOPER verplig wees om okkupasierente in die bedrag uiteengesit in die

inligtingskedule aan die VERKOPER te betaal vanaf datum van okkupasie tot datum

van registrasie van transport in sy naam. Sodanige betaling sal maandeliks vooruit

gemaak word, en sal pro rata bereken word tot registrasie in die maand van

registrasie.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

20

6.11 Alle risiko in die Eenheid sal op die VOLTOOIINGSDATUM op die KOPER oorgedra

word.

6.12 Indien die Eenheid na besitneming maar voor oordrag van die EIENDOM aan die

KOPER vernietig of beskadig word tot so ‘n mate dat die KOPER verhoed word om

voordelige okkupasie daarvan te geniet, dan mag hierdie koop gekanselleer word op

kennisgewing van die VERKOPER, welke kennisgewing skriftelik deur die

VERKOPER gerig moet word aan die KOPER binne 45 dae van sodanige

beskadiging of vernietiging. In die geval van kansellasie, sal die VERKOPER aan

die KOPER al die bedrae vergoed wat die KOPER aan die VERKOPER mag betaal

het onder die bepalings van 3 hiervan (minus besitsrente waarop die VERKOPER

geregtig is, in terme van Klousule 6.10), en die KOPER sal geen verdere eis teen

die VERKOPER instel nie, tensy die skade of vernietiging veroorsaak is deur die

nalatigheid van die KOPER, in welke geval die VERKOPER alle bedrae wat ontvang

is mag behou hangende die finalisering van enige eise wat binne 180 dae ingestel

moet word.

6.13 Indien die Eenheid voor die oordrag van die Eenheid aan die KOPER beskadig word

maar nie sodanig dat dit die KOPER van voordelige okkupasie weerhou word nie, of

in die geval dat die VERKOPER ingevolge die voorafgaande subparagraaf nie

verkies om die ooreenkoms te kanselleer nie, dan:

6.13.1 sal hierdie Ooreenkoms nie gekanselleer word nie;

6.13.2 sal die besitsrente betaalbaar deur die KOPER pro rata verminder word tot mate

waartoe die KOPER weerhou is van voordelige okkupasie van die Eenheid.

6.13.3 sal die VERKOPER op sy koste die Eenheid so gou as moontlik in die

omstandighede tot dieselfde toestand herstel of herbou as wat dit was voor

sodanige skade.

6.13.4 sal die KOPER nie ‘n eis instel teen die VERKOPER as gevolg van die vermelde

skade nie;

6.13.5 sal die datum van REGISTRASIE VAN OORDRAG waarna verwys word in Klousule

4 of D1 hierbo verleng word om die VERKOPER toe te laat om sodanige te doen

wat vereis word om oordrag aan die KOPER te kan gee.

6.14 In die geval van enige dispuut tussen die partye oor of die KOPER weerhou is of nie

van die verkryging of voortgesette voordelige okkupasie of die mate daarvan, of ten

opsigte van die bedrag waarmee die besitsrente (of die rente betaal) verminder

moet word ingevolge Klousule 6.12, dan sal sodanige dispuut verwys word na die

ARGITEK wat as kundige sal optree, en nie as arbiter nie, en wie se beslissing

finaal en bindend op alle partye sal wees.

6.15 Nieteenstaande die voorgaande, in die geval van die beskadiging van die Eenheid

voordat risiko oorgedra is tot so ‘n mate dat, na die mening van die VERKOPER, dit

onekonomies is om die Eenheid en EIENDOM te herstel, dan sal die VERKOPER

geregtig wees, maar nie verplig nie, om die ooreenkoms te kanselleer, in welke

geval die VERKOPER aan die KOPER al die bedrae wat deur die KOPER aan die

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

21

VERKOPER betaal is moet vergoed (onderhewig aan die voorbehoud in Klousule

6.12 hierbo en min besitsrente betaalbaar aan die VERKOPER in terme van

Klousule 6.10 voormeld). Sou die KOPER die VERKOPER se reg om te kanselleer

in die omstandighede bedoel in hierdie subklousule betwis, dan sal die saak na die

ARGITEK verwys word en sal die bepaling van Klousule 6.12 hierbo mutatis

mutandis van toepassing wees.

7. BESITNEMING HANGENDE OORDRAG EN GEBOUE NOG NIE OPGERIG NIE

7.1 Die VERKOPER sal geregtig wees om die besonderhede, soos uiteengesit op die

aanhangsels hiertoe, te wysig, asook die ekstras, soos na verwys in Klousule 41, tot so

‘n mate as wat redelikerwys nodig mag wees om:-

7.1.1 te voldoen aan enige voorwaardes van enige bevoegde owerheid met jurisdiksie oor

hierdie aangeleentheid.

7.1.2 te voldoen aan enige spesiale kenmerke van die eiendom.

7.1.3 enige probleme op te los met betrekking tot struikelblokke soos water, riolering of

elektriese bedrading bo of onder die grond of enige rots- of grondtoestande.

7.1.4 om effek te gee aan enige veranderinge in materiale, afwerkings of toebehore, wat die

VERKOPER dink gepas is of wat nie beskikbaar was op datum van aanvraag, weens

‘n tekort in voorraad van materiale, afwerkings of toebehore, sonder om egter enigsins

van die kwaliteit van die geboue en/of die eenheid af te wyk.

7.1.5 om die goedkeuring van die deeltitel ontwikkelingskema en/of die opening van die

deeltitelregister te bekom.

Die VERKOPER sal geregtig wees om die nommer(s) aan die eenheid gekoppel op

die plan en die naam van die ontwikkeling te wysig. Ingeval ‘n dispuut ontstaan met

betrekking tot enige van die aangeleenthede soos na verwys in Klousule 7.1.1 tot

7.1.5, dan sal die aangeleentheid na die argitek verwys word, wie se besluit finaal en

bindend sal wees op beide partye.

7.2 Daar sal nie van VERKOPER vereis word om die posisie van die bakens of penne op

die EIENDOM of Eenheid of oop Parkeerplek aan te wys nie.

7.3 Dit word spesifiek op rekord geplaas dat die afwerkings aan die eenheid en die

eksklusiewe gebruiksareas nie noodwendig dieselfde sal wees as die eenhede of

eksklusiewe gebruiksareas wat reeds as skoueenhede opgerig is en/of sal word of

enige ander werke deur die VERKOPER wat versierings of nie standaard items bevat

nie.

Indien die datum van besitname van die Eenheid voor die datum van oordrag is, dan

sal die KOPER tussen die datum van besitname en die datum van oordrag:

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

22

7.3.1 mutatis mutandis gebind wees deur al die verpligtinge opgelê ingevolge

REGSPERSOON en OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING.

7.3.2 betaal vir alle pro rata heffings en dienste soos hierin bepaal en elektrisiteit en water

wat ten opsigte van die Eenheid verbruik word;

7.3.3 geen veranderings aan die eenheid, enige verandering aan kleur of dekorasie sonder

die VERKOPER se skriftelike toestemming eerstens ontvang en verkry, welke

toestemming nie onredelikerwys teruggehou mag word nie, aanbring nie.

7.3.4 nie enige van die KOPER se regte in en tot die Eenheid of enige deel daarvan van

die hand sit, verhuur of op enige wyse hoegenaamd vervreem nie;

7.3.5 behoudens die bepalings van Klousule 6.7 en klousule 3.4.2 (bladsy 12) hierbo,

verantwoordelik sal wees vir en persoonlik betaal vir die instandhouding en herstel

van deure, plafonne, vloere, vensters, slotte, loodgietery en sanitêre montering,

elektriese montering en enige ander binnenshuise monterings en die algemene

interne voorkoms van die EIENDOM;

7.3.6 die VERKOPER of sy Agent te alle tye redelike tye en na oorleg met die KOPER tot

die Eenheid toelaat;

7.4 vanaf die OKKUPASIE DATUM tot die datum van REGISTRASIE VAN OORDRAG

besitsrente aan die VERKOPER betaal, sodanige rente bereken teen prima koers

per maand op die koopprys. Hierdie rente sal maandeliks vooruit betaalbaar wees.

As alternatief tot bogemelde betaling van besitsrente, kom die partye ooreen dat die

KOPER geregtig sal wees om te enige tyd voor die datum van registrasie van

oordrag en vanaf datum van okkupasie, die volle koopprys by die oordraggewende

prokureurs in Trust in te betaal om deur hulle belê te word in terme van Artikel

78(2A) van die Wet op Prokureurs by Standard Bank in hul Korporatiewe rekening,

vanaf welke datum waarop die volle koopprys aldus inbetaal is geen besitsrente

soos voormeld betaalbaar sal wees nie, maar sal die rente verdien op bogemelde

rekening vanaf daardie datum tot met datum van registrasie van oordrag die

VERKOPER toeval, synde besitsrente betaalbaar deur die KOPER aan die

VERKOPER.

7.5 Die KOPER neem kennis dat:

7.5.1 ander wooneenhede in die Ontwikkelingskema op die okkupasiedatum onvoltooid

mag wees;

7.5.2 bewoners as gevolg daarvan dus die ongerief van boubedrywighede ten opsigte van

die oorblywende fases van die Ontwikkelingskema en van die daaruitspruitende

geraas moet verduur. Die VERKOPER bevestig egter dat konstruksie werk slegs sal

plaasvind vanaf Maandag tot Vrydag vanaf 07:30 tot 17:30 en op Saterdae vanaf

07:30 tot 14:30;

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

23

7.5.3 die vreedsame gebruik en genieting van die Eenheid van tyd tot tyd onderbreek

mag word gedurende sodanige boubedrywighede;

7.5.4 die KOPER nie enige eis hoegenaamd teen die VERKOPER kan instel nie, en dat

die KOPER nie geregtig sal wees op enige verlaging in die koopprys of rente daarop

nie as gevolg van enige sodanige ongerief en/of onderbreking waarna in Klousule

7.5.1 tot 7.5.3 verwys word. Die VERKOPER sal egter alles in sy vermoë doen om

te verseker dat sodanige ongerief en/of onderbreking tot die minimum beperk word,

en sal alle redelike voorsorg tref om die veiligheid van bewoners en hulle besittings

te verseker;

7.5.5 die beoogde okkupasiedatum gereflekteer in Klousule 1.1.7 is slegs ‘n beraming van

die Okkupasiedatum en geen aanspreeklikheid hoegenaamd sal op die VERKOPER

rus indien die Okkupasiedatum voor of na die datum is nie;

7.5.6 die Okkupasiedatum sal onder geen omstandighede verskuif word, of die EIENDOM

geag word ongeskik te wees vir voordelige okkupasie as gevolg van enige

verbeterings, uitbreidings of veranderinge wat aan die Eenheid aangebring staan te

word deur of op versoek van die KOPER en wat nog nie voltooi is nie;

7.5.7 die KOPER stem hiermee onherroeplik ingevolge Artikel 7(1) van die WET toe, dat

die eenheid opgerig en/of opgerig te word op die GROND, nie bewoon sal word deur

persone wat nie AFGETREDE PERSONE is nie;

7.5.8 die okkupasie van die Eenheid deur die KOPER (en diegene wat dit bewoon deur

en onder die KOPER) sal tussen die Okkupasiedatum en die datum van

REGISTRASIE VAN OORDRAG nie op enige wyse huur konstitueer tussen die

VERKOPER en die KOPER nie;

7.5.9 Die VERKOPER sal onder ‘n verpligting wees om die Eenheid te verseker tot en

met die dag voor die Okkupasiedatum en daarna sal die KOPER die EIENDOM

verseker met ingang van en insluitende die Okkupasiedatum, indien hy so verkies.

8. VOORWAARDES VAN TOEPASSING OP OORDRAG

Dit word op rekord geplaas dat op datum van die eerste oordrag sal dit geag word dat

die Regspersoon gestig word in terme van Artikel 36 van die Deeltitelwet Nr 95/1986.

Die KOPER kom ooreen dat:

8.1 Die KOPER sal verplig wees en sal outomaties teen registrasie van transport van die

eiendom op sy naam lid word van die Regspersoon van die Deeltitelkompleks

8.2 Die KOPER stem hierby toe tot die insluiting van ‘n klousule in die titelakte van die

eiendom dat die eiendom nie verkoop of vervreem mag word sonder die voorverkreë

skriftelike toestemming van die Regspersoon nie. Vir sover dit registreerbaar mag

wees in terme van die Akteswet sal enige of almal van bogenoemde voorwaardes teen

die titelakte van die eiendom geregistreer word.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

24

9 VOORWAARDES HANGENDE TRANSPORT

Vanaf datum van okkupasie tot datum van registrasie van oordrag van die eiendom in

die naam van die KOPER, sal die KOPER:-

9.1 die eenheid in goeie toestand hou.

9.2 buiten insoverre die bepalings van hierdie ooreenkoms dit mag verander, moet alle

ander verpligtinge van ‘n deeltitel eienaar soos uitgeengesit in die Wet, nagekom word.

9.3 voldoen aan alle reëls en regulasies van toepassing op die eiendom.

9.4 die bepalings van die reëls insoverre dit enige verpligting op die eienaar of bewoner

van die eenheid plaas, sal die KOPER bind en deur die VERKOPER afdwingbaar

wees;

9.5 die KOPER sal verantwoordelik wees om stiptelik en/of op aanvraag van die

VERKOPER, alle kostes van water verbruik in die eenheid te vereffen in soverre die

kostes nie per meterlesing apart gehef kan word nie.

10. DIE REëLS

Die reëls voorgeskryf in Artikel 35(2) van die Wet, insluitende die allokering van enige

verdere parkeerareas ingevolge die Gedragsreëls, sal van toepassing wees.

11. ADDENDUMS

Die verkoop is onderhewig aan die uitdruklike voorwaardes soos vervat in die

Addendums hierby aangeheg, wat deel vorm van hierdie Ooreenkoms aangegaan

deur die KOPER met die VERKOPER as Ontwikkelaar ten opsigte van die oprigting

en voltooiing van die werke soos in die Addendums omskryf, wat onder andere die

volgende insluit:

Woonstel Uitlegplan / Liggingsplan (Aanhangsel “A1”)

Spesifikasies (Aanhangsel “B1”)

Skedule van Wysigings (Aanhangsel “C1”)

Waarborg (Aanhangsel “D1”)

Deelnemingskwota (Aanhangsel “E1”)

Sessie (Aanhangsel “F1”)

Uitlegplan van fasiliteite (Aanhangsel “G1”)

Beraming van dienste & fasiliteite met

betrekking tot Gesondheidsentrum (Aanhangsel “H1”)

Bepalings van Wet op Bejaardes (Aanhangsel “I1”)

Konstitusie van Othello Aftreeoord

Huiseienaarsvereniging (Aanhangsel “J1”)

Othello Regspersoon – Gedragsreëls (Aanhangsel “K1”)

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

25

12. RENTE

12.1 Alle gelde betaalbaar deur die KOPER in terme hiervan en onbetaald op die

vervaldatum sal rente dra teen 2 % bo die prima koers gehef deur Nedbank Beperk ten

opsigte van onversekerde oortrokke fasiliteite vir hul beste kliente van tyd tot tyd

bereken vanaf die vervaldatum tot datum van betaling. ‘n Sertifikaat deur die

bestuurder of rekenmeester van enige tak van die bank sal voldoende bewys wees van

die rentekoers van tyd tot tyd betaalbaar.

12.2 Elke betaling gemaak deur die KOPER sal eerstens geallokeer word tot die betaling

van rente en daarna tot die betaling van enige ander gelde betaalbaar in terme

daarvan en daarna tot die vermindering van kapitale bedrae verskuldig.

13. KOMMISSIE

Kommissie sal betaalbaar wees deur die VERKOPER aan DICKSON PROJECTS

teen registrasie van transport. Indien hierdie koopkontrak gekanselleer word as

gevolg van die KOPER se onvermoë om sy verpligtinge hierkragtens na te kom,

neem die KOPER hiermee, sonder enige regresreg, die VERKOPER se verpligting

vir die betaling van kommissie oor, waarvolgens die eiendomsagent geregtig maar

nie verplig sal wees om al sy eise vir sodanige kommissie af te dwing teen die

KOPER, of waar van toepassing, skadevergoeding van die KOPER te eis.

14. VOORSTELLINGS EN WAARBORGE

14.1 Beide partye erken dat die inhoud hiervan, wanneer dit aanvaar is deur die KOPER

en VERKOPER, die algehele ooreenkoms tussen hulle uitmaak en dat geen ander

voorwaardes, bepalings, waarborge of voorstelling van enige aard gemaak is deur

enige van die partye of sy agent nie, behalwe sodanige as wat hierin vermeld word

of hierna skriftelik ooreengekom word en onderteken is/word deur of namens beide

partye.

14.2 Meer spesifiek en nieteenstaande die bepalings van klousule 3.4.2 (bladsy 12), sal

die KOPER geen eis teen die VERKOPER instel nie, insluitende die kansellasie van

hierdie Ooreenkoms as gevolg van:

14.2.1 enige afwykings of verskille van ‘n nie-wesenlike aard tussen die bouplanne en die

spesifikasies wat met die Eenheid en EIENDOM en die voltooide Eenheid en

EIENDOM verband hou.

14.2.2 die plasing van die EIENDOM of die plasing van die omringende eiendomme wat ter

enige tyd na ondertekening van hierdie Ooreenkoms opgerig mag word, op

voorwaarde dat slegs die VERKOPER waarborg dat daar geen afwyking is in die

plasing van die EIENDOM of die plasing van die omringende eiendomme van dié

wat in die konsep onderverdelingsplan hierby aangeheg as Aanhangsel “A1”,

gemerk is.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

26

14.2.3 As gevolg van gevolgskade of verlies veroorsaak en doen hiermee afstand van

enige sodanige eis.

14.2.4 Alle ondernemings aan die KOPER hierkragtens gegee, is persoonlik aan die

KOPER en kan nie deur hom vervreem of op enige wyse oorgedra word nie.

14.3 Hierbenewens, sal die KOPER nie enige eis van enige aard instel teen die

VERKOPER vir enige verlies, skade of besering wat die KOPER of die familie,

agente en/of genooides van die KOPER direk of indirek mag ly as gevolg van enige

latente of patente defekte in die EIENDOM of OTHELLO AFTREEOORD, of as

gevolg daarvan dat die EIENDOM of OTHELLO AFTREEOORD of enige deel

daarvan in ‘n defekte kondisie of foutiewe staat is, of enige bepaalde herstelwerk nie

deur die VERKOPER betyds gedoen is nie, of dit uit vis major of casus fortuitus of

enige ander oorsaak algeheel of gedeeltelik buite die VERKOPER se beheer

ontstaan het, al dan nie.

14.4 Nieteenstaande enigiets in teenstelling met wat hierin vervat of geïmpliseer word,

die KOPER die VERKOPER skriftelik kennis gegee het soos uitgespel in Klousule 7

hiervan, wat vereis van die VERKOPER om enige defek waarvoor die VERKOPER

aanspreeklik is reg te stel, en die VERKOPER versuim om dit te doen binne

sodanige tydperk as wat redelik is in die omstandighede, of 60 (SESTIG) dae (wat

ookal groter is), dan en in sodanige geval sal die VERKOPER nie geregtig wees op

die beskerming toegestaan onder hierdie Klousules 14.3 en 14.4 nie, sou enige

sodanige besering of skade as gevolg van so ‘n defek opgedoen word.

14.5 die VERKOPER waarborg dat op die datum van oordrag

14.5.1 die VERKOPER al die nodige goedkeurings vanaf die plaaslike en

beplanningsowerhede sou verkry het.

14.5.2 bou- en ontwikkelingsgoedkeurings verkry sou gewees het.

14.5.3 alle dienste van toepassing op die EIENDOM – insluitend water, krag, stormwater

en toegangspaaie – voltooi sal wees wanneer die EIENDOM vir oordrag aangebied

word.

14.5.4 by oordrag van die EIENDOM, dit vry sal wees van enige verbande of beswarings of

terughoudingsreg van watter aard ookal.

15. VERLENGING

Ondanks enige uitdruklike of geïmpliseerde bepaling van hierdie ooreenkoms tot die

teendeel, sal enige toegeeflikheid of verlenging van tyd wat deur die VERKOPER in

verband met hierdie ooreenkoms toegelaat mag word, nie geag word as 'n

afstanddoening van die VERKOPER se reg om sonder kennisgewing streng en

stiptelike nakoming van elke bepaling of voorwaardes hierin vervat, af te dwing nie.

16. KONTRAKBREUK

Indien die KOPER nie al sy verpligtinge nakom nie en sodanige kontrakbreuk vir 'n

periode van tien (10) dae voortduur nadat die VERKOPER by wyse van

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

27

voorafbetaalde geregistreerde pos kennisgewing aan die KOPER gestuur het (en

die poswese as agent van die KOPER optree) om sodanige kontrakbreuk reg te stel,

sal die VERKOPER geregtig wees (sonder benadeling van enige ander regte wat

die VERKOPER hierkragtens mag hê), om enige van die volgende uit te oefen:

16.1 Om die KOPER aan hierdie ooreenkoms gebonde te hou en van hom betaling van

die volle Koopsom te eis;

16.2 Om hierdie ooreenkoms te kanselleer en -

16.2.1 om die bedrae reeds op die grond betaal ter delging van die koopsom as

gelikwideerde skadevergoeding te hou;

16.2.2 om die reserveringsdeposio te hou; en/of

16.2.3 skade te eis soos gely deur die VERKOPER as gevolg van sodanige kontrakbreuk.

16.2.4 Om alle kostes, uitgawes en regskostes reeds aangegaan op ‘n prokureur en

kliënteskaal te eis.

16.3 Indien die KOPER die VERKOPER se reg om die kontrak te kanselleer betwis en/of

in okkupasie bly van die werke van datum van kansellasie of beoogde kansellasie,

sal die KOPER voortgaan om okkupasiehuur te betaal soos hierin uiteengesit ter

vergoeding vir die feit dat hy/sy die werke okkupeer.

17. ELEKTRIESE BEDRADINGSERTIFIKAAT

Die VERKOPER is verantwoordelik om ‘n Elektriese Bedradingsertifikaat van die

eiendom deur ‘n geakkrediteerde elektriese kontrakteur te bekom wat deur

wetgewing vereis word. Gemelde sertifikaat moet voor of op die datum van

registrasie aan die oordrag prokureur gelewer word. Sodra sodanige sertifikaat

uitgereik is vestig geen verdere aanspreeklikheid in die VERKOPER nie. Sodra die

VERKOPER egter veranderings of byvoeging aanbring sal hy ‘n nuwe Sertifikaat

aan die KOPER voorsien.

18. 72 UUR KLOUSULE

18.1 Die VERKOPER mag voordat die opskortende voorwaardes van hierdie

ooreenkoms (eerste transaksie) vervul is, ‘n ander aanbod om die eiendom te koop

(tweede transaksie) aanvaar wat nie onderworpe is aan enige opskortende

voorwaardes of opskortende voorwaardes wat reeds vervul is. Die KOPER ten

opsigte van die eerste transaksie het dan 72 (twee en sewentig) uur tyd om die

opskortende voorwaardes van die eerste transaksie te vervul en na te kom. Die 72

uur klousule geld nie gedurende Saterdae, Sondae en Openbare Vakansiedae nie.

18.2 Die 72 uur klousule tree in werking wanneer die KOPER ten opsigte van die eerste

transaksie of sy skriftelik gevolmagtigde agent of prokureur:

18.2.1 Binne werksure (tussen 8:00 en 17:00) skriftelik in kennis gestel word van die

aangaan van die tweede ooreenkoms; en

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

28

18.2.2. ‘n Afskrif van die tweede ooreenkoms ontvang; en

18.2.3 Bewys ontvang dat alle opskortende voorwaardes van die tweede transaksie vervul

is; en

18.2.4. Bewys ontvang dat enige verband ten opsigte van die tweede transaksie

goedgekeur is sonder buitengewone voorwaardes of dat sodanige buitegewone

voorwaardes vervul is en enige ander opskortende voorwaarde vervul is.

18.3 Die KOPER kan binne hierdie periode skriftelik afstand doen van alle opskortende

voorwaarde en is dan verplig om ‘n onherroeplike bankwaarborg te lewer aan die

VERKOPER se Aktebesorgers wat tot hul bevrediging is vir betaling van die balans

koopsom wat nie deur die verbandlening gedek word nie en ook vir betaling van die

verbandkostes. Indien die KOPER dit nie doen nie, sal hierdie ooreenkoms

outomaties verval en die VERKOPER voortgaan om die eiendom in terme van die

tweede transaksie te verkoop. In sodanige geval sal die deposito terugbetaalbaar

wees soos genoem in klousule 3.1.

19. JURISDIKSIE

19.1 Vir die doeleindes van alle of enige regsgeding, stem die partye toe tot die

jurisdiksie van die Landdroshof wat andersins jurisdiksie het onder Reël 28 van die

Wet op Landdroshowe van 1944 soos gewysig, ondanks dat sodanige verrigtinge

andersins buite die jurisdiksie van daardie hof mag val.

19.2 Die VERKOPER behou egter die reg voor om na sy keuse aksie in enige toepaslike

Hooggeregshof in te stel.

20. KENNISGEWING EN DOMICILIUM

20.1 Die partye kies hiermee as hul domicilium citandi et executandi, vir alle doeleindes

kragtens hierdie ooreenkoms, die volgende adresse:-

20.1.1 Die VERKOPER by die adres soos uiteengesit in Skedule A hierbo;

20.1.2 Die KOPER by die adres soos uiteengesit in Skedule A hierbo tot op datum van

okkupasie en daarna die adres van die erf hierin verkoop. Indien enige party sy

domicilium of enige adres wil verander sal hy skriftelik per vooruitbetaalde

geregistreerde pos daarvan aan die ander party kennis gee met dien verstande dat

sodanige adres ‘n adres in die Republiek van Suid-Afrika sal wees. Enige

kennisgewing aan enige party sal geadresseer word na die voormelde posadres en

sal of per voorafbetaalde geregistreerde pos gestuur word of per hand afgelewer

word of per faks gestuur word na die faksnommer soos gespesifiseer in “A”. Ingeval

van ‘n kennisgewing:-

20.2.1 Gestuur per voorafbetaalde geregistreerde pos, sal dit geag word dat dit ontvang is

op die 5de dag van besigheid nadat dit gepos is, tensy die teendeel bewys kan

word. Die poskantoor sal geag word die agent van die afsender te wees.

20.2.2 Per hand afgelewer, sal dit aanvaar word dat dit ontvang is, op die datum wat dit

afgelewer is op voorwaarde dat gemelde datum wat dit afgelewer is, ‘n

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

29

esigheidsdag is of dan die volgende besigheidsdag, tensy die teendeel bewys kan

word.

20.2.3 Per faks gestuur is, sal aanvaar word dat dit ontvang is op die datum waarop dit

gestuur is, op voorwaarde dat gemelde datum is soos hierbo uiteengesit en met dien

verstande dat die versender ‘n bevestigingsverslag van suksesvolle versending kan

verskaf.

21. ALGEMEEN / ALGEHELE KONTRAKTUELE VERHOUDING

21.1 Die partye kom hiermee ooreen dat hierdie ooreenkoms die algehele ooreenkoms

tussen hulle verteenwoordig en dat geen ander voorwaardes, stipulasies, waarborge

en/of voorstellings hoegenaamd uitdruklik of stilswyend teenoor mekaar of teenoor

mekaar se agente gemaak is, andersins as in hierdie ooreenkoms uiteengesit nie.

21.2 Geen wysiging van hierdie ooreenkoms sal die terme hiervan affekteer tensy sodanige

wysiging op skrif gedoen is en deur beide partye onderteken is nie.

21.3 Die KOPER erken dat alle artistieke, argitektoniese, fotografiese en op enige wyse

visuele voorstellingsmateriaal wat nie beperk is tot modelle, brosjures en pamflette nie,

deur die VERKOPER of agent gebruik is vir bemarking en die verkoop van die

eenheid(de) of gemeenskaplike eiendom hiermee gekoop en verkoop, slegs voorberei

en versprei is as advertensiemateriaal alleenlik; en dat die VERKOPER op geen

manier gebonde is en die KOPER geen eis kan instel teenoor die VERKOPER ten

opsigte van die inligting daarin vermeld of voorstelling daarmee geskep nie; en dat

geen voorstelling daardeur deur die VERKOPER gemaak is nie, en dat die partye

slegs gebonde sal wees deur die terme van hierdie ooreenkoms alleen. Dit word

verder op rekord geplaas dat alle meubels en toebehore soos aangedui op die

aangehegte planne slegs vir illustratiewe doeleindes is en dat die afrondingskedule

voldoende besonderhede van afrondingswerk van die eenheid of deel sal uiteensit.

21.4 Elk van die partye onderneem hiermee om alle sodanige dokumentasie te teken en/of

uit te voer (en sonder beperking van die algemeenheid van die voorafgaande), sal dit

ook die uitvoering van die nodige volmag en hereregte verklarings insluit.

21.5 Indien daar meer as een KOPER in terme van hierdie ooreenkoms is, sal die

aanspreeklikheid van elk van die KOPERs gesamentlik en afsonderlik wees.

21.6 Die KOPER verleen hiermee onherroeplik en in rem suam aan sy gade die reg om te

handel met alle sake voortspruitend uit hierdie ooreenkoms en alle dokumente met

betrekking daartoe te onderken namens hom/haar.

22. VERKOPING VAN KOPER SE EIENDOM

Hierdie aanbod is onderhewig aan die verkoop van die KOPER se eiendom geleë te

........................................................................................... teen ‘n prys wat vir die

KOPER aanvaarbaar is, voor of op ............................................. (welke datum nie

langer as 6 (ses) maande voor okkupasiedatum sal wees nie EN OP WELKE

DATUM ALLE OPSKORTENDE VOORWAARDES VOLVOER MOET WEES).

Registrasie van oordrag van die KOPER se eiendom moet voor of op

......................................... geskied (welke datum nie later as okkupasiedatum sal

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

30

wees nie). Die partye bevestig dat die ooreenkoms ter keuse van die VERKOPER

sal verval indien die KOPER nie aan hierdie klousule voldoen nie.

23. HER-VERKOOP/SESSIE VAN REGTE

Die KOPER erken dat eiendomsreg van die eiendom aan hom alleen oorgedra

sal word in terme van hierdie ooreenkoms en aan geen derde party nie. Hy sal

nie geregtig wees om die regte deur hom verkry in terme van die ooreenkoms

aan ‘n derde party op welke wyse ookal te vervreem voor registrasie van

transport.

24. GEEN WEERHOUDING VAN BETALING

Die KOPER sal nie geregtig wees om enige betalings verskuldig aan die

VERKOPER in terme van die ooreenkoms as gevolg van enige kontrakbreuk of

enige beweerde breuk deur die VERKOPER terug te hou, te vertraag, te verminder

of skuldvergelyking toe te pas nie.

25. NOMINASIE EN BORGSKAP DEUR ONDERTEKENAAR

25.1 Indien die KOPER vir homself die reg voorbehou het om ‘n genomineerde te

benoem as KOPER, sal die KOPER geregtig wees om enige derde party as KOPER

te benoem in terme van die koopakte op voorwaarde dat sodanige benoeming:-

25.1.1 binne die wetlike toegelate tydsduur geskied (voor 12 middernag die dag van

kontraksluiting);

25.1.2 voor of op die datum van ondertekening deur die VERKOPER geskied;

25.1.3 by wyse van skriftelike kennisgewing aan die VERKOPER en onderteken deur die

benoemde as aanvaarding in ‘n vorm tot die bevrediging van die VERKOPER

gelewer word, waarin duidelik gemeld word dat hy die bepalings van die

Koopkontrak aanvaar;

25.1.4 Indien die KOPER in gebreke bly om gemelde benoeming te maak hierkragtens, sal

hy nie later geregtig wees om ‘n genomineerde te benoem nie, maar sal persoonlik

gebonde wees vir die uitvoering van die verpligtinge van die KOPER hierkragtens.

25.2 Sou die KOPER regtens ‘n genomineerde in terme van die voorafgemelde

nomineer, dan:-

25.2.1 sal alle verwysings na die KOPER in hierdie ooreenkoms geag word, ‘n verwysing

na sodanige genomineerde wees, behalwe dat daar nie ‘n verdere regte tot

nominasie sal wees nie.

25.2.2 sal alle regte van die oorspronklike KOPER (die ondertekenaar van hierdie

ooreenkoms as KOPER) in en tot die deposito en alle ander gelde betaal in terme

hiervan, geag word gesedeer te wees ten gunste van die genomineerde.

25.2.3 sal die oorspronklike KOPER aanspreeklik gehou word in solidum met die KOPER

(sy genomineerde) as borg en mede-hoofskuldenaar, onder afstanddoening van die

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

31

voordele van die regseksepsies van uitwinning en verdeling, vir al die verpligtinge

van die KOPER (die genomineerde) teenoor die VERKOPER, voortspruitend uit of

met betrekking tot hierdie ooreenkoms.

25.3 Indien die KOPER in gebreke bly om gemelde benoeming te maak in terme van

Klousule 25.1, sal hy nie later geregtig wees om ‘n genomineerde te benoem nie en

sal hy persoonlik gebonde wees vir die nakoming van die verpligtinge van die

KOPER hierkragtens.

26. HOEDANIGHEID VAN KOPER

26.1 In terme van Artikel 16 van die Hereregte Wet Nr 40 van 1945, soos gewysig, waar

die KOPER optree namens ‘n ander persoon of entiteit, moet hy die naam en adres

van sy prinsipaal namens wie hy optree onmiddellik by aanvaarding van hierdie

aanbod openbaar, en moet dit op dieselfde dag geskied, by gebreke waarvan

sodanige latere nominasie geag mag word as ‘n aparte transaksie waarop

Hereregte betaal mag word.

26.2 Sodanige entiteit genomineer moet vatbaar wees om oordrag te kan neem.

26.3 Maatskappy, Beslote Korporasie of ander regspersoon gevorm of geïnkorporeer te

word:-

26.3.1 Sou die ondertekenaar hierdie ooreenkoms teken vir die voordeel van ‘n

Maatskappy of Beslote Korporasie of ander regspersoon gevorm of geïnkorporeer te

word, sal hy persoonlik aanspreeklik wees as KOPER vir die behoorlike voldoening

van al die terme van hierdie ooreenkoms as sodanige Maatskappy, Beslote

Korporasie of ander regspersoon nie gevorm of geïnkorporeer is nie en nie die

voordele, terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms onvoorwaardelik skriftelik

binne 30 (Dertig) dae na datum hiervan aanvaar of ratifiseer nie.

26.3.2 Sou die ondertekenaar hierdie ooreenkoms as Trustee vir ‘n Maatskappy nog nie

geïnkorporeer of as Trustee namens ‘n Beslote Korporasie nog nie gevorm nie, sal

hy persoonlik aanspreeklik wees as KOPER vir die behoorlike voldoening aan al die

terme en voorwaardes van die ooreenkoms as die Maatskappy of Beslote

Korporasie nie gevorm of geïnkorporeer is nie en nie die voordele, terme en

voorwaardes van hierdie ooreenkoms in terme van die bepalings van die

Maatskappywet Nr 61 van 1973 of in terme van die Wet op Beslote Korporasies Nr

69 van 1984 onvoorwaardelik skriftelik aanvaar binne 30 (Dertig) dae na datum

hiervan nie.

26.3.3 In die geval dat die Maatskappy of Beslote Korporasie of ander regsentiteit, welke

behoorlik gevorm en geïnkorporeer is en die ooreenkoms aanvaar en geratifiseer

het in terme van Klousule 26.3.1 en 26.3.2 hier bo, dan hou die ondertekenaar

homself gebonde deur die ondertekening hiervan, ten gunste van die VERKOPER

as borg vir en mede-hoofskuldenaar in solidum met sodanige Maatskappy of

Beslote Korporasie of ander regsentiteit vir die behoorlike en tydige voldoening deur

dit van al sy verpligtinge as KOPER in terme van hierdie ooreenkoms. Die

ondertekenaar doen hiermee afstand van al die voordele van die regseksepsies,

non causa debiti, errore calculi, hersiening van rekeninge, geen waarde ontvang nie,

de duobos vel pluribus reis debendi, beneficia excussionis et divisionis of enige

ander eksepsies wat regtens deur hom geneem kan word teen enige eise gemaak

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

32

teen hom in sy hoedanigheid as borg- en mede-hoofskuldenaar soos voornoemd,

die regswerking en mening waarvan die ondertekenaar homself verklaar vertroud

met te wees.

In hierdie klousule 26.3 beteken “ondertekenaar” die persoon of persone wat hierdie

ooreenkoms geteken het vir die voordeel van die Maatskappy of Beslote Korporasie

of ander regsentiteit geïnkorporeer of gevorm te word of as Trustee vir ‘n

Maatskappy nog nie geïnkorporeer nie of as Trustee namens ‘n Beslote Korporasie

nog nie gestig nie.

27. MAATSKAPPY / BESLOTE KORPORASIE / TRUST / BORGSKAP DEUR

ONDERTEKENAAR

27.1 Indien die KOPER ‘n Maatskappy of Beslote Korporasie of Trust is, sal die

gevolmagtigde van sodanige Maatskappy of Beslote Korporasie of Trust wat

namens sodanige KOPER hierdie ooreenkoms onderteken in sy of haar persoonlike

hoedanigheid in solidum as borg en mede-hoofskuldenaar teenoor die VERKOPER

aanspreeklik wees vir die nakoming van al die verpligtinge van die KOPER

hierkragtens. Gemelde ondertekenaar en gemagtigde doen in bogenoemde

verband hiermee afstand van die voordele van die regseksepsies van uitwinning en

verdeling, geen skuldoorsaak, berekeningsfoute, de duobos vel pluribus reis

debendi, beneficia excussionis et divisionis en alle ander wetlike eksepsies waarop

hy hom regtens mag beroep as borg- en mede-hoofskuldenaar, die betekenis en

werking waarvan die KOPER erken ten volle vertroud mee te wees.

27.2 Die ondertekenaar van hierdie ooreenkoms waarborg dat hy/sy behoorlik gemagtig

is deur enige regsentiteit namens wie hy/sy optree om hierdie ooreenkoms aan te

gaan.

27.3 Deur sy ondertekening hiervan, vrywaar die ondertekenaar die VERKOPER teen

enige skade wat die VERKOPER mag lei as ‘n gevolg van ‘n verbreking van enige

van die terme van hierdie ooreenkoms deur die gemelde Maatskappy, Beslote

Korporasie of Trust of ander regspersoon of skade gelei as gevolg van die feit dat hy

nie behoorlik gemagtig is nie.

28. HEFFINGS / BESTURENDE AGENT: REGSPERSOON

28.1 Die KOPER sal vanaf en insluitend die datum van okkupasie, soos vooraf gemeld,

aanspreeklik wees om aan die VERKOPER tot datum van registrasie van oordrag en

daarna aan die Regspersoon van die Deeltitelskema en OTHELLO AFTREEOORD

MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING die beraamde maandelikse / jaarlikse

heffing vooruit te betaal (pro rata ten opsigte van enige gedeelte van die maand) op die

eerste dag van elke maand, synde ‘n proporsionele gedeelte van die totale koste van

bestuur, bedryf, administrasie, herstel, skoonmaak, veilig maak, sekuriteit en die

instandhouding van die geboue die eiendom. Die maandelikse / jaarlikse heffing sal

eerstens deur die VERKOPER en daarna deur die Regspersoon en by stigting, bepaal

word. Gemelde maandelikse / jaarlikse heffings sluit sonder beperking die volgende

in:-

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

33

28.1.1 beraamde Belasting- en diensgelde, heffings en ander kostes verhaalbaar deur die

plaaslike owerheid en ander gemagtigde owerhede;

28.1.2 deposito’s, verbruik en ander kostes verhaalbaar vir die verbruik van water, elektrisiteit

en ander dienste aan die ontwikkeling deur die relevante owerhede en ander

diensverskaffers;

28.1.3 onderhoud en instandhouding van die geboue, parkeerareas, buitemuur grense,

heinings, sekuriteitstelsel en ander geboue, waaruit die ontwikkeling bestaan;

28.1.4 Munisipale dienste tot die ontwikkeling, soos vullis verwydering, rioolkostes, ens;

28.1.5 instandhouding, onderhoud en vervanging van meubels en interne toebehore tot die

geboue, waar gemelde kostes verwant is aan normale slytasie en verwering en nie

wettiglik vanaf die geregistreerde eienaars van die eenhede in die ontwikkeling

terugge-eis kan word nie.

28.2.1 strukturele versekering;

28.2.2 administrasie- en bestuurkostes;

28.2.3 sekuriteit;

28.2.4 skoonmaakdienste;

28.2.5 salarisse en lone;

28.2.6 huur van kantore, meubels, skryfbehoeftes en verwante uitgawes ten opsigte van die

funksies soos administrasie, skoonmaak, sekuriteit en tuindienste of alle binnenshuise

plante en tuine.

28.2.7 voorsiening en instandhouding van wassery fasiliteite;

28.2.8 die maandelikse heffing sal maandeliks op die eerste dag van elke maand

vooruitbetaalbaar wees en die KOPER sal verplig wees om ‘n debietorder ten gunste

van die Regspersoon van die Deeltitelskema te teken op versoek daartoe deur die

Regspersoon.

28.2.9 Die VERKOPER mag ‘n Besturende Agent aanstel en al of sommige van sy magte en

verpligtinge delegeer aan sodanige Besturende Agent vir ‘n maksimum periode van 1

(een) jaar vanaf datum van die opening van die Deeltitelregister, welke agent geregtig

sal wees om al sodanige magte uit te oefen as wat deur die VERKOPER bepaal mag

word.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

34

28.2.10 Nieteenstaande die bepalings van hierdie klousule, sal die VERKOPER nie onthef

wees van enige verpligtinge teenoor die KOPER in terme hiervan nie.

29. A OTHELLO AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING

29.1 Benewens enige ander verpligtinge wat die KOPER opgelê word ingevolge die

genoemde Grondwet van die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING, stem die KOPER in:-

29.1.1 dat die Bestuursreëls van die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING sal stipuleer dat die eienaars van onderverdeelde

gedeeltes van die GROND lede van die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING sal wees;

29.1.2. om van tyd tot tyd die HEFFING te bepaal wat deur die OTHELLO AFTREEOORD

MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING ingevolge sy Bestuursreëls neergelê is;

29.1.3 dat die Eenheid en oop Parkeerarea mag nie afsonderlik vervreem of laat oordra

sonder die skriftelike toestemming vooraf van die OTHELLO AFTREEOORD

MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING nie en sonder om ‘n betalingsbewys (ten

opsigte van betaling van sodanige gelde wat die OTHELLO AFTREEOORD

MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING mag hef) te bekom vanaf die OTHELLO

AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING dat alle bedrae

verskuldig deur die KOPER aan die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING betaal is of bevredigend verseker is.

29.1.4 dat hy nie geregtig sal wees op die toestemming en die betalingsbewys waarna in

Klousule 29 A.1.3 verwys word indien enige van die bepalings van hierdie Klousule

29 nie nagekom is nie.

29.2 Dit is ‘n uitdruklike en wesenlike bepaling van hierdie Ooreenkoms dat die KOPER

nie op enige wyse geregtig sal wees om die Eenheid te vervreem nie tensy

29.2.1 die bepalings van Klousule 29 A.1.3 nagekom is;

29.2.2 die voorgestelde nuwe eienaar hom tot die tevredenheid van die OTHELLO

AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING verbind het daartoe om

‘n lid van die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING

te word by oordrag van die Eenheid aan hom en dat die transportnemer by

REGISTRASIE VAN DIE OORDRAG van die EIENDOM in die naam van die

transportnemer outomaties ‘n lid van die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING sal word;

29.2.3 die nuwe eienaar skriftelik erken het dat hy bewus is van en toestem om gebind te

word deur die bepalings van hierdie Klousule 29 A.

29.3 Indien deur die VERKOPER vereis, sal die bepalings van hierdie Klousule 29 (of

enige deel daarvan) in die KOPER se titelakte neergelê word in ‘n vorm wat

aanvaarbaar is vir die Registrateur van Aktes. Die VERKOPER se PROKUREURS

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

35

mag derhalwe die bewoording van enige van die bepalings van hierdie Klousule 29

wysig om die bepalings in die KOPER se titelakte te laat neerlê.

29. B OTHELLO AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING EN HEFFING

29.1 Die KOPER erken dat die Eenheid deel is van ‘n Deeltitelskema wat weer deel is

van 'n ontwikkelingskema en dat hy/sy teen registrasie van oordrag outomaties 'n lid

van die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING met

gedelegeerde magte (hierna verwys as die “Vereniging") sal word.

29.2 Die KOPER onderneem om hom te hou by die reëls wat die OTHELLO

AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING aan hom opgelê het en

om alle verpligtinge na te kom en 'n lid te bly solank as wat hy eiendomsreg van die

eiendom het en om in toekomstige en/of daaropvolgende huurkontrakte en

koopkontrakte soortgelyke voorwaardes in te voeg wat die afdwinging van hierdie

klousule op alle toekomstige opvolgers in titel of eienaars sodanig sal moontlik

maak.

29.3 Die KOPER stem toe tot die insluiting van ‘n Klousule in die titelakte dat die eiendom

nie vervreem mag word sonder die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING se skriftelike toestemming nie en dat die OTHELLO

AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING as die beherende entiteit

‘n reg van inspeksie sal hê ten opsigte van die eiendom ten einde dit in staat te stel

om uitvoering te gee aan voldoening van die terme en voorwaardes van die

Grondwet van die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING. Hierdie voorwaardes sal as ‘n titelvoorwaarde teen

die eiendom geregistreer word.

29.4 Die KOPER erken dat hy bewus is dat hy as lid van die OTHELLO AFTREEOORD

MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING met effek vanaf datum van okkupasie

verantwoordelik sal wees vir betaling van die maandelikse heffing aan die

OTHELLO AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING en verder

meer dat die KOPER op skriftelike aanvraag deur die VERKOPER, die VERKOPER

sal vergoed vir enige pro rata heffings wat die VERKOPER aan die OTHELLO

AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING moes betaal vanaf

datum van okkupasie soos genoem in klousule 6 en 7.

29.5 Die KOPER erken dat hy op die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING verteenwoordig sal word deur die Trustees van die

REGSPERSOON in die konstitusie van die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING, wat deel vorm van hierdie Ooreenkoms en is ter

insae by die kantoor van die VERKOPER.

29.6 BESKIKBARE GEMEENSKAPSFASILITEITE:

29.6.1 Die beskikbare gemeenskapsfasiliteite sal 'n Restaurant, Administratiewe Kantore

en 'n siekeboeg vir verswakte persone insluit, welke siekeboeg slegs bed-versorging

deur 'n verpleegsuster sal verskaf.

29.6.2 ‘n Basiese HEFFING is betaalbaar deur die KOPER ten opsigte van die dienste en

fasiliteite soos hieronder vermeld, saamgelees met Aanhangsel “H1” tot die

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

36

ooreenkoms. Die HEFFING soos betaalbaar in terme van Skedule A D3(a) word

gewaarborg deur die VERKOPER vir ‘n periode van 2 jaar bereken vanaf

1 Januarie 2008. Die bedrag aldus betaalbaar word gereflekteer in Skedule A.

D3(b) en sluit in:

29.6.2.1 24-uur-sekuriteit;

29.6.2.2 Betaling van gemeenskaplike elektrisiteit en water;

29.6.2.3 Ontvangs-/Administratiewe fasiliteite;

29.6.3 Voorsiening van administratiewe personeel soos benodig vir die doeltreffende

bestuur van OTHELLO AFTREEOORD;

29.6.4 Voorsiening van al die nodige items vir die administrasie van die OTHELLO

AFTREEOORD, insluitende die kontraktering van ‘n besturende agent soos

gedefinieer in die WET;

29.6.5 Instandhouding van die GROND, die Gemeenskapsfasiliteit;

29.6.6 Voorsiening van ‘n vervoerdiens waarvoor ‘n nominale addisionele per-kilometertarief

gehef sal word; en

29.6.7 Verskaffing aan elke Eenheid van maksimum 12 middagetes per maand, waar die

Eenheid deur 2 bewoners bewoon word, en maksimum 6 middagetes per maand,

waar die Eenheid deur 1 bewoner bewoon word.

29.7 ‘n Gesondheidsorgfooi sal elke maand gehef word as ‘n afsonderlike item op die

heffingstaat, en sluit in:-

29.7.1 met betrekking tot die eenhede, sal ‘n bedrag vir die primêre gesondheidsdienste

soos gedefinieer in Klousule 38.2 outomaties gehef word;

29.7.2 verskaffing aan elke pasiënt van drie etes per dag in die gesondheidsorgsentrum.

30. FICA

Die KOPER erken dat hy bewus is van die bepalings van die Wet op Finansiële

Intelligensiesentrum Wetgewing, Wet Nr 38 van 2001 en as gevolg van die

verkryging en aankoop van eiendom en verbandfinansiering die Aktebesorger

verplig is om aan die bepalings van die Wet te voldoen. Die KOPER sal verplig

wees in terme van Klousule 4.9.1 en 4.11 om sy volle samewerking aan die

Aktebesorgers te gee sodat hy sy verpligting in hierdie verband mag volvoer.

31. ONTBINDENDE VOORWAARDE

31.1 Die KOPER erken dat die ekonomiese lewensvatbaarheid van die ontwikkeling

afhanklik is van die tempo en die volume verkope behaal deur die VERKOPER. Die

KOPER erken ook dat die VERKOPER sekere sonering- en

beplanningsvoorwaardes moet nakom en hierdie Koopkontrak onderhewig is aan

die goedkeuring van die Munisipaliteit.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

37

31.2 Hierdie ooreenkoms is onderhewig aan die ontbindende voorwaarde dat die

VERKOPER in sy uitsluitlike diskresie kan besluit om nie voort te gaan met die

ontwikkeling teen ontwikkelingsdatum soos uiteengesit in Klousule 1.1.20 van

SKEDULE A. Indien die VERKOPER nie op die ontwikkelingsdatum per

geregistreerde pos, skriftelike kennisgewing uitstuur dat daar nie meer met die

ontwikkeling voortgegaan word nie, sal dit geag word dat die ontbindende

voorwaarde nagekom is.

31.3 Ingeval die ontbindende voorwaarde nagekom is, sal hierdie ooreenkoms

outomaties verval en sal die VERKOPER die KOPER se deposito, tesame met

enige rente wat moontlik daarop verdien is, aan hom terugbetaal.

31.4 Buiten die bogemelde, sal die partye geen eis teenoor mekaar instel nie.

32. BEPERKING OP OKKUPASIE

Die VERKOPER as ontwikkelaar lê hiermee in terme van Artikel 11(2) van Wet

95/1986 die volgende voorwaardes op as ‘n voorbehoud op eienaarskapregte wat

van toepassing sal wees op die relevante eenheid(de) in die skema en welke

voorwaardes te alle tye afdwingbaar is deur die Regspersoon en/of ‘n lid daarvan:-

32.1 ‘n Eienaar van ‘n Eenheid (synde die Eenheid deur die eienaar bewoon word of nie)

sal nie geregtig wees om toestemming te verleen aan die persone wie in die

eenhede woon dat meer as 2 (twee) persone die eenheid bewoon nie.

33. OUDERDOMSBEPERKING, OKKUPASIE EN OORDRAG

33.1 Die KOPER erken en stem in dat die regte op okkupasie en eienaarskap van die

EIENDOM inbegrepe in die OTHELLO AFTREEOORD onderhewig sal wees aan

die beperkinge waarna in die WET OP AFGETREDE PERSONE vereis word.

33.2 Geen EIENDOM mag verkoop en oorgedra word nie, tensy die REGSPERSOON

van die Deeltitelskema en die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING hul skriftelike toestemming vir sodanige verkoop en

oordrag gegee het. Voor die toestaan van sodanige toestemming sal die

REGSPERSOON van die Deeltitelskema en die OTHELLO AFTREEOORD

MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING geregtig wees:

33.2.1 om tevrede te wees met die geskiktheid van die beoogde transportnemer of

bewoner(s) met betrekking tot behoefte en versoenbaarheid, terwyl in gedagte

gehou word dat die skema gestig is om akkommodasie aan AFGETREDE

PERSONE te voorsien. Die REGSPERSOON en OTHELLO AFTREEOORD

MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING sal nie verplig wees om enige redes te

verskaf vir enige besluit wat hy mag neem in terme daarvan nie;

33.3 Daar sal nie meer as 2 okkupeerders per wooneenheid wees nie, tensy die

REGSPERSOON en OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING skriftelik daartoe instem.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

38

33.4 ‘n Eenheid sal slegs deur die eienaars bewoon word, maar mag verhuur word deur

die eienaar mits sodanige verhuring ook geskied aan afgetrede persone soos

bedoel in die WET OP AFGETREDE PERSONE, en welke huurder dan onderhewig

sal wees aan die Bestuursreëls van die REGSPERSOON en OTHELLO

AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING, sowel as die

Gedragsreëls van toepassing op die skema.

Die REGSPERSOON en OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING by opvolgende transporte toestemming moet gee tot

die besit van ‘n eiendom deur ‘n trust, maatskappy of beslote korporasie of sodanige

entiteit namens ‘n persoon wat aanvaarbaar sal wees as ‘n eienaar in terme van die

Bestuursreëls van die REGSPERSOON en OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING, welke toestemming nie onredelik weerhou sal word

nie.

34. GEBRUIK VAN DIE EENHEID

34.1 Die Eenheid sal gebruik word deur die KOPER vir residensiële akkommodasie

doeleindes alleenlik.

34.2 Die eiendom sal nie deur meer as die getal mense, soos aangedui in Klousule 32.1

en in die Bestuurs- en Gedragsreëls bepaal, bewoon word nie.

34.3 Die KOPER sal die reg hê van redelike gebruik, met inagneming van die regte van

ander KOPERs en/of bewoners, van die gemeenskaplike eiendom gedeeltes van

die ontwikkeling.

35. BEHUISINGSONTWIKKELINGSKEMA VIR BEJAARDES WET

Die binnevermelde eiendom is onderhewig aan die bepalings van Wet 65 van 1988

soos meer volledig blyk uit Aanhangsel "I1" hierby wat die inligting bevat soos vereis

word deur die betrokke Wet en nie hierin vervat is nie.

36. SERWITUUT

Die eiendom van die Regspersoon sal onderhewig wees aan 'n serwituut van regvan-weg

ten gunste van die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING ten einde toegang te verleen aan alle EIENAARS

van die EIENDOM geleë in die Ontwikkeling by wyse van die privaatpaaie van die

OTHELLO AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING.

37. INLIGTING OPENBAAR TE WORD INGEVOLGE ARTIKEL 4 VAN DIE WET

37.1 Die Sertifikaat bedoel in Artikel 6(1) van die Wet sal uitgereik en op die

VOLTOOIINGSDATUM aan die KOPER voorsien word.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

39

37.2 Reëls van toepassing op die gebruik van die EIENDOM en die gedrag van die lede

is beskikbaar vir inspeksie by die adres waarna hierbo verwys word, gedurende

normale besigheidsure en by die verkope- en bemarkingskantoor.

37.3 Ingevolge Artikel 4(1)(o) van die WET, verklaar die VERKOPER soos volg:

37.3.1 die fasiliteite voorsien te word op die GROND soos uitgebeeld op Aanhangsel “G1”

bestaan uit ‘n sitkamer, eetkamer, kombuis, ontvangsarea, kantoor,

ontvangsportaal, toiletfasiliteite, biblioteek, meerdoelige lokaal, wassery en

GESONDHEIDSORG;

37.3.2 die dienste voorsien te word is uiteengesit in klousule 29.6 - hiervan en dié met

betrekking tot die GESONDHEIDSORG in Klousule 38.2.

37.4 ‘n Beraming van alle uitgawes vir die beheer, bestuur en administrasie van die

OTHELLO AFTREEOORD en alle betrokke dienste en fasiliteite vir die 3 jaar

periode bereken vanaf 1 Januarie 2008, is aangeheg as Aanhangsel “H1”.

37.5 Die KOPER word verwys na die regte en regsmiddels beskikbaar vir hom ingevolge

van Artikel 4(3), 8 en 9 van die WET.

37.6 Die bestuurstruktuur van die OTHELLO AFTREEOORD is uiteengesit in die

KONSTITUSIE van die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING .

37.7 Dat geen bydrae in terme van Artikel 4(1)(t) van die Wet gemaak hoef te word nie

(Begiftigingsgelde, ens).

38. GESONDHEIDSORGSENTRUM

38.1 FASILITEITE

38.1.1 Die VERKOPER waarborg dat ‘n Gesondheidsorg-fasiliteit met nie minder nie as 24

beddens op die eiendom opgerig sal word. Die fasiliteit sal geregistreer wees as ‘n

deel van die OTHELLO AFTREEOORD en aanspreeklik wees vir HEFFINGS soos

van tyd tot tyd deur die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING bepaal in samewerking met die

gesondheidsorgoperateur.

38.1.2 Dit word veral aangeteken dat dit die bedoeling van die VERKOPER /

REGSPERSOON / OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING om die gesondheidsorgafdeling aan ‘n professioneel

ervare eksterne operateur te verhuur wat die gewaarborgde dienste moet lewer

soos gedefinieer hieronder:

38.2 PRIMêRE GESONDHEIDSORG

38.2.1 Kliniek by die GESONDHEIDSORGSENTRUM, op vooraf bepaalde weeklikse tye

soos vasgestel deur die operateur van die GESONDHEIDSORGSENTRUM.

38.2.2 24 uur nooddienste deur gekwalifiseerde gesondheidswerkers, indien dit nodig is.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

40

38.2.3 Monitering van alle inwoners om te verseker dat hulle gesond en wel is, deur middel

van huisbesoeke en roetine mediese sorg.

38.2.4 Die operateur sal geregtig wees om geld te hef vir ekstra dienste en medies

verbruikbare materiaal.

38.3 ANDER ADDISIONELE DIENSTE

Addisionele dienste soos ooreengekom tussen die OTHELLO AFTREEOORD

MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING en die operateur, sal van tyd tot tyd

beskikbaar wees.

38.4 GESONDHEIDSBESTUUR

38.4.1. Nieteenstaande enige vooraf ooreenkoms, word dit aangeteken dat die OTHELLO

AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING op eie goeddunke, na

oorlegpleging met die inwoners se normale mediese praktisyn en onmiddellike

gesinslede, inwoners in GESONDHEIDSORG mag huisves, of toelating tot

GESONDHEIDSORG mag weier, en ‘n inwoner tot ‘n hospitaal of mediese inrigting

of enige ander inrigting verwys indien dit na die mening van die OTHELLO

AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING in die belang van die

vereniging is om so te doen. Die beslissing van die OTHELLO AFTREEOORD

MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING sal finaal en bindend wees.

38.4.2 Die GESONDHEIDSORG mag gebruik word vir persone wat nie inwoners van die

OTHELLO AFTREE-OORD is nie.

38.4.3 Voorkeurtoegang en –gebruik sal gegee word aan die inwoners van die OTHELLO

AFTREE-OORD. Voorkeurtoegang sal beteken in voorkeur en tot die uitsluiting van

nie-inwoners.

38.4.4 Elke eienaar het ‘n voortgesette en voorkeur-reg van toegang tot en gebruik van die

fasiliteite van die GESONDHEIDSORGSENTRUM onderhewig aan die volgende:

38.4.4.1 Die operateur/eienaar van die GESONDHEIDSORGSENTRUM, sal geregtig

wees om kommersieel kompeterende tariewe vir die dienste en fasiliteite wat

voorsien word, te bepaal, in oorlegpleging met die OTHELLO AFTREEOORD

MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING, met dienverstande dat:

38.4.4.1.1 die tariewe betaalbaar deur eienaars vir okkupasie in die

GESONDHEIDSORGSENTRUM verminder sal word met 10% minder as die

normale tarief soos gehef van tyd tot tyd deur die

GESONDHEIDSORGSENTRUM aan persone wat nie inwoners van die

OTHELLO AFTREEOORD is nie, met dienverstande dat die maksimum

aaneenlopende periode vir die berekening van sodanige afslag een week sal

wees en sal die betrokke afslag nie van toepassing wees indien sodanige

persoon permanente verblyf in die GESONDHEIDSORGSENTRUM moet

verkry nie. Die afslag sal verder slegs in werking gestel word indien die

persoon deur ‘n geneesheer verwys is vir behandeling in die

GESONDHEIDSORGSENTRUM;

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

41

38.4.5 Die GESONDHEIDSORG sal alle redelike dienste lewer wat deur soortgelyke

gesondheidsorgsentrums in aftree-oorde gelewer word en die bestuur en

dienste sal altyd voldoen aan toepaslike wetgewing.

38.4.6 ‘n EIENAAR/BEWONER sal geag word ‘n onstabiele geestestoestand te hê

of onbekwaam om sy eie sake te bestuur of ‘n trustee te wees en/of

onbekwaam te wees om voort te gaan om in sy huis of Eenheid in die

OTHELLO AFTREE-OORD te bly indien enige twee mediese praktisyns

tesame met die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER

HUISEIENAARSVERENIGING en die onmiddellike familie skriftelik so

bevestig. In die geval dat konsensus nie bereik word nie, dan sal die

bepalings van gewoontereg van toepassing wees.

39. DEELTITELPLAN

39.1 Die KOPER erken dat die Deeltitelplan nog nie goedgekeur is nie en dat die presiese

grense en korrekte nommer van die Eenheid en oop Parkeerarea wat ‘n gedeelte van

die struktuur vorm, aangedui sal word op die finale goedgekeurde Deelplan. Die

VERKOPER waarborg dat dit substansieel sal ooreenkom met die gegewens

uiteengesit in die aanhangsels hiertoe. Die onverdeelde aandeel in die

gemeenskaplike eiendom toegedeel aan die eenheid sal in ooreenstemming wees met

die deelnemingskwota, wat in terme van die Wet by goedkeuring en registrasie van die

Deeltitelplan vir die 1ste fase bepaal word. Die KOPER erken dat hy bewus is dat die

skema uitgebrei sal word met ten minste nog 3 fases (maar nie beperk tot) en dat sy

deelnemingskwotas dienooreenkomstig aangepas sal word sodra die verdere fases

ontwikkel word.

39.2 Die KOPER sal nie geregtig wees om kansellasie van hierdie ooreenkoms te eis of

enige afslag op die koopprys te ontvang as gevolg van minimale veranderings tot die

nommer, grootte, ligging of deelnemingskwota van enige eenheid, of enige styging in

die aantal eenhede, soos reeds aangedui op die planne hierby aangeheg. Die KOPER

onderneem om oordrag van die eenheid te aanvaar soos dit her-gedefinieer en hernommer

word in die Deeltitelplan, goedgekeur deur die relevante plaaslike owerheid

en die Landmeter-Generaal. Vir die doeleindes van sekerheid en goeie orde, sal ‘n

minimale verandering in grootte, hetsy ‘n vergroting of verkleining in die area of deel of

eenheid, nie groter as 5 % (vyf persent) wees nie, ooreenkomstig die planne vir fase 1.

39.3 Die Landmeter-Generaal sal die uitsluitlike diskresie hê of die afwyking, soos na

verwys in 39.2 hierbo, minimaal is en sy besluit sal bindend op die partye wees.

39.4 Die KOPER erken dat die VERKOPER dit dalk nodig mag vind om die ontwerp en/of

uitleg van alle of sommige eenhede te verander. In die geval dat sodanige

veranderings wesentlik is, sal die argitek is sy uitsluitlike diskresie bepaal wat wesentlik

is. Die KOPER sal dan 14 (veertien) dae kennis gegee word van gemelde

verandering(s), in welke periode hy geregtig sal wees om van die ooreenkoms te

onttrek en dat sy deposito terugbetaal word. Sou gemelde verandering(s) nie

wesentlik wees nie, bevestig die KOPER dat hy gebonde sal bly aan hierdie

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

42

ooreenkoms.

40. DEELTITEL/EKSKLUSIEWE GEBRUIKSAREA(S) – RESIDENSIEEL

40.1 Die KOPER erken dat hierdie ‘n verkoop van ‘n Deeltiteleenheid is en dat die KOPER

hom/haar/dit-self vergewis van die reëls, regulasies, voorwaardes en serwitute van

watter aard ookal wat betrekking het op die verkoping, die eienaarskap en gebruik van

die eiendom.

40.2 Die KOPER sal, onderhewig aan die reëls van die skema, geregtig wees tot die

eksklusiewe gebruik en genot van die eksklusiewe gebruiksarea(s), welke reg hierdeur

verkoop word en aan die KOPER gesedeer sal word.

40.3 Die KOPER sal geregtig wees tot die eksklusiewe gebruik van die parkeerarea(s) wat

opgemeet en aan die KOPER daarvan sedeer sal word.

Die VERKOPER sal die reg hê om aan die KOPER van enige ander eenheid in die

skema soortgelyke regte tot ander eksklusiewe gebruiksarea(s) te verkoop en sedeer.

40.4 Eenhede in die Deeltitelskema sal alleenlik verkoop en gebruik word vir residensiële

doeleindes.

40.5 Die KOPER erken dat dit dalk nie moontlik sal wees om gelyktydig by die opening van

die Deeltitelregister of oordrag van die eenheid in die naam van die KOPER, alle of

enige van die eksklusiewe gebruiksareas te sedeer aan die KOPER in terme hiervan

nie. Sodanige eksklusiewe gebruiksareas sal in so ‘n geval op ‘n latere stadium aan

die KOPER gesedeer word.

41. EKSTRAS/VARIASIES

41.1 Vir die doeleindes van hierdie klousule sal ekstras enige variasies, veranderings,

wysiging, aanbring of weglating aan of van die struktuur, ontwerp, uitleg, afwerkings,

vaste toebehore of muurmeublement ten opsigte van die Eenheid, soos uiteengesit in

die aanhangsel hierin, beteken.

41.2 Die VERKOPER sal nie verplig wees om aan enige ekstras ooreen te kom nie.

42. REG OP UITBREIDING / ONTWIKKELING IN FASES

Ingeval die VERKOPER nog nie voortgegaan het met die bou van enige gebou en

die eksklusiewe gebruiksarea wat aan die gebou toegedeel is wanneer die

Deeltitelregister geopen word nie, hou die VERKOPER hiermee die reg vir homself

uit tot uitbreiding van die gemeenskaplike eiendom deur daarop te bou en

eksklusiewe gebruiksareas te ontwikkel substansieel soos in die planne en

deelplanne gespesifiseer vir sy eie rekening.

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

43

42.1 By die opening van die Deeltitelregister, sal die VERKOPER die volgende

voorwaardes oplê, synde ‘n voorbehoud van ‘n saaklike reg ten gunste van die

VERKOPER in terme van Artikel 25 gelees saam met Artikel 11(2) van die Wet:-

42.1.1 Die VERKOPER behou die reg vir homself voor om die skema uit te brei deur die

oprig en voltooiing van tyd tot tyd, maar binne ‘n periode van 10 (tien) jaar, vir sy eie

rekening, van verdere geboue en/of horisontale en/of vertikale uitbreidings tot

bestaande geboue op die gedeelte van die gemeenskaplike grond aangedui op die

aanhangsels hiertoe en om sodanige geboue te verdeel in dele en gemeenskaplike

eiendom en om die uitsluitlike gebruiksreg oor gedeelte van sodanige

gemeenskaplike grond toe te ken aan die eienaar of eienaars van een of meer van

sodanige dele.

42.1.2 Die besonderhede na verwys in Artikel 25(2) van die Wet word aangedui op die

planne wat beskikbaar sal wees vir inspeksie by die VERKOPER se kantore. In die

geval dat sodanige planne nie beskikbaar is op datum van ondertekening van

hierdie ooreenkoms nie, onderneem die VERKOPER om die KOPER in kennis te

stel sodra sodanige planne opgetrek en gefinaliseer is deur die argitek.

42.1.3 Die VERKOPER se kontrakteurs sal geregtig wees tot alle sodanige toegang tot die

voltooide fases, die eenhede en gemeenskaplike eiendom, soos dit nodig mag wees

met betrekking tot die ontwikkeling van latere fases, welke reg van toegang sal

insluit, sonder om afbreuk te doen aan die voorafgaande algemene reg, die reg tot

konstruksie en lê van pyplyne, riole, aflooppype ensovoorts. Die KOPER sal geen

eis teen die VERKOPER hê ten opsigte hiervan nie, op voorwaarde dat die

VERKOPER sodanige regte sal uitoefen op so ‘n wyse dat, waar redelik moontlik

enige ongerief vir die KOPER beperk sal word; en

42.1.4 Die VERKOPER sal egter geen verpligting teenoor die KOPER hê om voort te gaan

met enige fase en/of enige fase(s) te voltooi nie, behalwe die fases waarin die

eenheid en eksklusiewe gebruiksareas hierkragtens verkoop geleë in is nie.

42.2 Die terme van hierdie klousule mag verander en gewysig word soos nodig geag

mag word deur die Registrateur van Aktes ten einde die registrasie daarvan te laat

geskied.

43. ONHERROEPLIKE AANBOD

Die KOPER se handtekening tot hierdie kontrak stel 'n onherroeplike aanbod daar

en is as sulks onherroepbaar vir 'n periode van negentig (90) werksdae daarna,

waarna dit na keuse van die VERKOPER verleng mag word vir ‘n verdere periode

van dertig (30) werksdae, waarna dit sal verval tensy dit voor die datum aanvaar en

onderteken word.

44. VOLMAG TEN GUNSTE VAN DIE ONTWIKKELAAR

Die Koper gee hiermee aan die Ontwikkelaar of sy opvolgers in titel ‘n

onvoorwaardelike volmag ter uitsluiting van die Koper om stemreg toe te pas

gedurende die ontwikkelingsperiode soos gestipuleer deur die OTHELLO

AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENIGING, ten einde wysigings aan

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

44

te bring tot die OTHELLO AFTREEOORD MEESTER HUISEIENAARSVERENING

Konstitusie en die OTHELLO AFTREEOORD HUISEIENAARSVERENIGING en vir

enige ander doeleindes waarvoor stemreg gereserveer is ten gunste van die

Ontwikkelaar in ooreenstemming met die Konstitusie.

GETEKEN te op hierdie dag van 20

AS GETUIES:

1. _____________________

2. _____________________ ____________________

VERKOPER

GETEKEN te op hierdie dag van 20

AS GETUIES:

1. _____________________ ____________________

KOPER (1)

2. _____________________ ____________________

KOPER (2)

WETLIKE ENTITEIT

GETEKEN te op hierdie dag van 20

AS GETUIES:

1. _____________________ ____________________

AGENT

2. _____________________

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

45

PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com

46

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!