02.05.2013 Views

koopkontrak - skilliepark.co.za

koopkontrak - skilliepark.co.za

koopkontrak - skilliepark.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

MEMORANDUM VAN KOOP EN VERKOOP

Aangegaan deur en tussen:

Reg Nommer _____________________________________________________

verteenwoordig deur ________________________ in sy hoedanigheid as

behoorlik gevolmagtigde kragtens besluit. Met woonadres te

_________________________________________________ en posadres te

Telefoonnommer ___________________(h)__________________________(w)

OF

ID Nommer_______________________________________________________

Ongetroud / getroud binne/buite gemeenskap van goedere met

met woonadres te _________________________________________________

en posadres te ____________________________________________________

Telefoonnommer ___________________(h)__________________________(w)

(hierna die Koper genoem)

en

1

DOLPHIN WHISPER TRADING 10 (EDMS) BPK

(REG NR: 2003/028559/07)

hierin verteenwoordig deur Pieter Gideon van Zyl in sy hoedanigheid

as behoorlik gevolmagtigde kragtens besluit

(hierna die Verkoper genoem)

NADEMAAL die Verkoper die geregistreerde eienaar is van Erwe 468 en 473

geleë te Kersbosstrand, Dwarskersbos;

EN NADEMAAL die Verkoper van voornemens is om n ontwikkeling op gemelde

Erwe te doen ooreenkomstig sekere sketsplanne welke sketsplanne aan die

Koper getoon is ( die Ontwikkelingskemas ), en hierby as aanhangsel aangeheg

is;

EN NADEMAAL die Verkoper van voorneme is om aansoek te doen vir die

goedkeuring van Ontwikkelingskemas ingevolge die Wet op Deeltitels van 1986

asook die opening van n deel titelregister ten opsigte daarvan; -

NOU DERHALWE word as volg ooreengekom:

1. INTERPRETASIE

in hierdie ooreenkoms, tensy onversoenbaar met die inhoud, beteken:-

2

1.1.1 Argitek die argitek wat aangestel is deur die Verkoper om van tyd

tot tyd as sulks op te tree ten opsigte van die Ontwikkelingskema;

1.1.2 Eenheid die spesifieke deel wat verkoop word en welke eenheid

deel uitmaak van die Ontwikkelingskema en wat n onverdeelde

aandeel in die gemeenskaplike eiendom insluit, soos meer

spesifiek gespesifiseer word in die aanhangsels hiertoe, die

sketsplanne hierby aangeheg en die goedgekeurde bouplanne.

Hierna word ook verwys as die Eiendom ;

1.1.3 Geboue die geboue wat op die hierin gemelde Erwe opgerig gaan

word;

1.1.4 Gemeenskaplike eiendom die eiendom wat nie deel vorm van

enige deel en/of Eenheid in die Ontwikkelingskema ingevolge die

Wet nie;

1.1.5 Geskatte Deelnemings kwota ten opsigte van n Eenheid n

desimale deel soos bepaal sal word ingevolge die bepalings van

die Wet;

1.1.6 Grond die erwe soos getoon op Aanhangsel A en ingesluit in die

Ontwikkelingskema of die beoogde Ontwikkelingskema;

3

1.1.7 Okkupasie datum die datum waarop

a) die Eenheid aan die Koper oorhandig word; of

b) n okkupasie sertifikaat uitgereik word, tot dien effek dat die

Eenheid geskik is vir bewoning daarvan;

welke van die bogemelde datums die eerste is, en vanaf

sodanige datum sal die Verkoper geag onthef te wees van al

sy verpligtinge ingevolge hierdie ooreenkoms, hetsy

uitdruklik of geïmpliseer en ook ten opsigte van enige

verandering aan of toevoeging tot sodanige ooreenkoms;

1.1.8 Ontwikkelingskema die Grond en Geboue ten opsigte waarvan

die Verkoper van voornemens is om n Deeltitelregister te open;

1.1.9 Reëls die reëls van die Beheerliggaam;

1.1.10 Registrasie en/of Oordrag beteken datum waarop die Eenheid in

die naam van die Koper registreer en/of die Eenheid in die naam

van die Koper oorgedra word;

1.1.11 Uitsluitlike Gebruiksarea die areas van die gemeenskaplike

eiendom soos gemerk op die uitleg plan wat as Aanhangsel A

4

hierby aangeheg is en geallokeer word ingevolge Artikel 27A van

die Wet op Deeltitels, No 95 van 1986;

1.1.12 Verkoper se prokureur synde die oordrag prokureurs, Japie van

Zyl Prokureurs van Bothastraat 3, Schweizer-Reneke, 2780;

1.1.13 Wet die Wet op Deeltitels, No 95 van 1986, soos gewysig en

sluit dit die regulasies daaronder uitgevaardig in, soos van tyd tot

tyd gewysig;

1.1.14 Woorde wat die meervoud aandui bevat die enkelvoud en vice

versa en woorde wat die manlike geslag aandui sal ook na die

vroulike geslag verwys. Vêrder sal woorde wat verwys na persone

ook na vennootskappe en beheerliggame verwys en vice versa;

1.1.15 n Verwysing na die ooreenkoms beteken die ooreenkoms en die

aanhangsels daarby;

1.1.16 Die opskrifte van die paragrawe in hierdie ooreenkoms word slegs

ingevoeg vir verwysingsdoeleindes en sal geensins die

interpretasie van enige voorwaardes of bepalings in die gemelde

paragrawe beïnvloed nie.

5

2. VERKOOP VAN EENHEID DEUR Verkoper AAN Koper

2.1 Die Verkoper verkoop hiermee en die Verkoper koop hiermee:-

Eenheid____________________________________________________

in die Ontwikkeling genaamd Skilliepark geleë wes van Vuurtoring straat

en suid van Hoofstraat, Kersbosstrand, Dwarskersbos, die toesluit

motorhuis op die grondvlak wat daaraan toegewys is en die onverdeelde

aandeel ingevolge die deelnemingskwota ten opsigte van die Eenheid en

die uitsluitlike gebruiksarea.

2.2 Die Eenheid word aangedui en gemerk in Aanhangsel A saam gelees

met die sketsplanne wat as Aanhangsel B hierby aangeheg is.

2.3 Die Eenheid word verkoop onderhewig aan alle voorwaardes en serwitute

soos in die beoogde deeltitelregister aangedui en waarna daarin verwys

word en in die toestand en omvang waarin dit oorgedra gaan word.

2.4 Die Eenheid word Voetstoots verkoop.

2.5 Die Eenheid sal gebou word ooreenkomstig die goedgekeurde

Deeltitelplan waarop die deelnemingskwota geëndosseer is, met enige

veranderings wat van tyd tot tyd ingevolge die bepalings van die Wet

gemaak word en welke Deeltitelplanne as aanhangsel hierby aangeheg

6

word. Die Eenheid sal toegerus en gemeubileerd word soos bepaal in die

afwerkingskedules wat as aanhangsel C hierby aangeheg word. n

Wasmasjien en tuimeldroër vorm nie deel van die Koop nie.

2.6 Hierdie koop is voetstoots en die Koper verklaar dat geen waarborge of

voorstellings uitdruklik of stilswyend, deur die Verkoper gemaak is of deur

enige ander persoon ten behoewe van die Verkoper gemaak is, as gevolg

waarvan die Koper oorreed is om hierdie transaksie aan te gaan nie,

behalwe vir sodanige waarborge en/of ondernemings as wat uitdruklik in

hierdie ooreenkoms vervat is.

3. KOOPPRYS

3.1 Die koopprys is die bedrag van R _______________________________

3.2 Die Koopprys sluit hereregte en oordragskostes in, maar sluit dit

verbandkoste uit, welke betaalbaar is deur die Koper.

3.3 Die Koopprys sal as volg deur die Koper betaal word:

3.3.1 Die bedrag van ______________________________________ sal as n

deposito in kontant op datum van ondertekening van hierdie ooreenkoms

deur die Koper betaal word.

7

3.3.2 Die deposito sal direk in die Trustrekening van Japie van Zyl Prokureurs

van Bothastraat 3, Schweizer-Reneke inbetaal word. Die rekening

besonderhede is as volg:

Japie van Zyl Prokureurs Trust

Standard Bank

Rekening nommer: 031604765

Takkode: 052639

3.3.3 Die geld sal in n rente draend rekening vir die voordeel van die Koper belê

word. Die gelde sal aan die Verkoper uitbetaal word op datum van

registrasie van die Eenheid in die naam van die Koper. Die Koper verleen

hiermee onherroeplike magtiging aan die oordragprokureur om die gelde

aan die Verkoper uit te betaal op datum van registrasie van die Eenheid..

3.3.4 Die oorblywende gedeelte van die Koopsom sal op datum van registrasie

van die Eenheid aan die Verkoper uitbetaal word.

3.3.5 Betaling van die oorblywende gedeelte van die Koopsom sal in kontant by

die oordrag prokureur inbetaal word, binne 21 dae na datum van

ondertekening van die ooreenkoms of sal n onvoorwaardelike

bankwaarborg vir die betaling daarvan uitgereik word, binne 21 dae na

datum van ondertekening van die ooreenkoms. Die waarborg sal aan die

8

Verkoper uitbetaal op datum van registrasie van die Eenheid in die naam

van die Koper. Die waarborg sal uitgereik word ooreenkomstig die

voorwaardes soos gestel deur die Verkoper.

3.3.6 As die ooreenkoms onderhewig is aan die verkryging van n lening vir die

betaling van die Koopsom soos genoem in 3.3.7 sal die waarborge soos

na hierbo verwys gelewer word 14 dae na datum van verkryging van die

lening uitgereik word.

3.3.7 Die ooreenkoms is onderhewig daaraan dat die Koper

lening binne 30 (dertig) dae na datum van ondertekening van hierdie

ooreenkoms, vir die betaling van die koopsom kry. Word die lening nie

gekry nie, sal die ooreenkoms verval en van nul en gener waarde wees

nie. (Indien van toepassing.)

3.3.8 Die Koper waarborg en onderneem om onmiddellik na datum van

ondertekening van die ooreenkoms voort te gaan met die indiening van

die leningsaansoek. Die Koper sal alle inligting wat die finansiële

instelling benodig vir oorweging van die aansoek onmiddellik op aanvraag

aan die finansiële instelling beskikbaar stel.

3.3.9 Die Koper magtig hiermee die Verkoper en/of sy agent om namens die

Koper aansoek vir n lening by enige finansiële instelling soos wat die

9

n

Verkoper mag goeddunk, te doen. Die Koper onderneem om alle

dokumentasie wat hiervoor nodig mag wees, op aanvraag te verskaf en

ook op aanvraag te onderteken.

4. RISIKO

Die risiko van die Eenheid gaan oor na die Koper op datum van

registrasie. Vanaf datum van registrasie sal die Koper alle voordele van

die eiendom ontvang en verantwoordelik wees vir alle belastings, heffings

en ander betalings wat daarop gehef mag word.

5. OKKUPASIE

Okkupasie van die eiendom word aan die Koper gegee op die datum van

registrasie van die eiendom in die naam van die Koper.

6. OORDRAG

6.1 Oordrag van die eiendom sal deur Japie van Zyl Prokureurs van

Schweizer-Reneke waargeneem word. Die Koper sal op aanvraag

onverwyld alle oordrag dokumente onderteken.

10

6.2 Die Verkoper sal oordrag van die Eenheid aan die Koper gee na die

opening van die Deeltitelregister ten aansien van die Ontwikkelingskema

en nadat alle statutêre vereistes en verpligtinge nagekom is. Die Koper

sal geen eis van welke aard ookal teen die Verkoper hou waar Oordrag

vertraag word as gevolg van die opening van die Deeltitelregisters en die

nakoming van ander statutêre vereistes nie.

6.3 Indien die Eenheid na voltooiing in n mindere mate afwyk van die

omskrywings soos in hierdie ooreenkoms en/of indien die heffings wat ten

opsigte van die Eenheid betaalbaar moet wees, meer en/of minder mag

wees as wat in hierdie ooreenkoms genoem is, sal die Koper steeds

oordrag van die Eenheid neem. Die Koper sal geen aksie en/of eis van

welke aard ookal teen die Verkoper hê nie.

7. KONTRAKBREUK & KENNISGEWING

7.1 Ingeval enige party enige van die bepalings van hierdie kontrak verbreek,

en dit nie regstel binne 7 (sewe) dae na ontvangs van n skrywe vanaf die

ander party, per vooruitbetaalde aangetekende pos of per hand afgelewer

ter aanmaning om die kontrakbreuk reg te stel nie, sal die ander party

geregtig wees om sonder benadeling van sy regte ingevolge die

gemenereg:-

11

7.1.1 hierdie ooreenkoms te kanselleer en skadevergoeding en rente te eis; of

7.1.2 hierdie ooreenkoms te kanselleer en alle gelde terug te hou wat deur die

party in kontrakbreuk betaal is, as ooreengekome voorafberekende

skadevergoeding; of

7.1.3 betaling van die volle koopprys te eis met rente daarop en skade

vergoeding te verhaal.

8. DOMICILIUM CITANDI ET EXECUTANDI

8.1 Die Verkoper en die Koper kies onderskeidelik die fisiese adresse wat in

hierdie ooreenkoms verskyn vir enige doel wat uit hierdie ooreenkoms

voortvloei, as hulle domicilium citandi et executandi.

8.2 Enige kennisgewing wat per vooruitbetaalde aangetekende pos aan n

party versend word, word geag sodanige party te bereik het binne 7

(sewe) dae na die pos daarvan.

8.3 Enige kennisgewing wat per hand afgelewer word sal geag word ontvang

te wees op die dag waarop dit per hand afgelewer is.

12

8.4 n Partye mag te enige tyd sy domicilia adres verander deur skriftelik

kennis daarvan aan die ander partye te gee mits die nuwe domicilia adres

in die Republiek van Suid-Afrika is en dit bestaan uit n fisiese adres

waarop prosesstukke beteken kan word.

9. AANSPREEKLIKHEID / BEVESTIGING

Indien daar meer as een Koper is, is hulle gesamentlik en afsonderlik

aanspreeklik ten opsigte van alle verpligtinge hiervolgens nie.

10. HELE OOREENKOMS

10.1 Hierdie dokument bevat die hele ooreenkoms tussen die partye en geen

waarborge, voorstellings en opinie lewering wat nie vervat is in hierdie

ooreenkoms nie, sal deel hiervan uitmaak nie. Geen toegewing of

verlenging van enige tydperk deur die Koper ten opsigte van enige

bepaling of voorwaarde hierin genoem sal tot gevolg hê dat die Verkoper

enige van sy regte wat hy uit hoofde van die bepalings van hierdie

ooreenkoms verkry, prysgee nie en sal die Verkoper geregtig wees om

aan te dring op stiptelike nakoming van die verpligtinge deur die Koper

hierin.

13

10.2 Die partye plaas op rekord dat die Koper geensins beweeg is om hierdie

ooreenkoms met die Koper aan te gaan as gevolg van enige voorstelling

of waarborg deur die Koper of sy verteenwoordiger of agent nie.

10.3 Die partye onderneem om alles te doen wat nodig mag wees ter nakoming

van die bepalings van hierdie ooreenkoms.

10.4 Geen wysiging in hierdie ooreenkoms sal geldig wees tensy dit op skrif

gestel is en deur beide partye onderteken is nie.

10.5 Geen toegewing gemaak deur n party sal n afstanddoening van enige

van daardie party se regte volgens hierdie ooreenkoms daarstel nie.

Geen van die partye sal verhoed word as gevolg van die maak van

sodanige toegewing om enige regte wat moontlik ontstaan het in die

verlede of wat mag ontstaan in die toekoms, uit te oefen nie.

10.6 n Versuim deur n party om n bepaling van hierdie ooreenkoms af te

dwing, stel nie n afstanddoening van daardie bepaling daar nie en raak

ook geensins daardie party se reg om uitvoering van daardie bepaling te

enige tyd in die toekoms te vereis nie, en n afstanddoening van n

daaropvolgende breuk sal ook nie die doeltreffendheid van die bepaling

self verydel nie.

14

11. TEKENING NAMENS N ANDER PERSOON

11.1 Waar enige persoon hierdie ooreenkoms teken namens en ten behoewe

van n ander party, waarborg hy met sy handtekening dat:

11.1.1 hy behoorlik en regtens gemagtig is om hierdie ooreenkoms te teken;

11.1.2 sy handtekening hiertoe die persone namens wie hy teken bind tot die

bepalings van hierdie ooreenkoms.

11.2 Waar n persoon die ooreenkoms teken en hy binne gemeenskap van

goedere getroud is, waarborg hy dat alle skriftelike toestemming soos

ingevolge die Wet op Huweliksgoedere (88 van 1984) vereis word ten

opsigte van die ooreenkoms, gegee is.

12. ELEKTRIESE SERTIFIKAAT VAN NAKOMING

Indien dit nodig is en deur Wetgewing vereis word, sal die Verkoper n

Sertifikaat van Elektriese Nakoming kry en aan die Koper lewer op datum

van registrasie. Die partye neem kennis daarvan dat hierdie Eenhede

nuut gebou word en dat dit dus nie nodig sal wees vir die verkryging van

so n sertifikaat nie.

15

13. SKILLIEPARK BEHEERLIGGAAM EN MAANDELIKSE HEFFINGS

13.1 Die Eenheid sal op datum van die registrasie onderhewig wees aan die

voorwaardes, reëls en dies meer van die beheerliggaam van die

Skilliepark Ontwikkeling.

13.2 Waar die Eenheid herverkoop word, sal die Koper die voorwaardes van

die Beheerliggaam deel maak van die koopooreenkoms.

13.3 Die Koper verklaar dat hy homself op hoogte gebring het met die

bepalings van die Beheerliggaam en dat hy op datum van registrasie van

die Eenheid oordrag van die Eenheid sal neem onderhewig aan die reëls

van die Beheerliggaam.

13.4 Van datum van okkupasie sal die Koper verplig wees om maandelikse

heffings ten opsigte van die Eenheid te betaal, welke heffings bepaal sal

word in ooreenstemming met die deelnemingskwota ten opsigte van elke

Eenheid en ingevolge die bepalings van die Wet.

13.5 Die maandelikse heffings sal maandeliks vooruit deur die Koper

betaal word op die eerste dag van elke kalendermaand met die

voorbehoud dat indien die okkupasiedatum val op enige ander dag

16

anders as op die eerste dag van n kalendermaand, die Koper verplig sal

wees om n pro rata deel van die maandelikse heffings wat aldus

betaalbaar is, te betaal.

13.6 Die maandelikse heffings waarna in klousule 13 verwys word sal aan die

oordragprokureurs van die Verkoper betaal word van datum van oordrag

in die naam van die Koper vir tyd en wyl die Beheerliggaam nog nie

ingevolge die Wet tot stand gekom het nie. In daardie geval sal die bedrag

betaalbaar geag word n maandelikse bydrae tot die lopende kostes ten

opsigte van die Skilliepark Ontwikkeling te wees en sal dit gelykstaande

wees as die vooruitgeskatte maandelikse heffing.

14. DIE RE LS

Die Koper onderneem om gebonde te wees en te bly aan die reëls soos

wat dit deur die Skilliepark Beheerliggaam neergelê word.

17

15. HERVERKOOP

Die Koper sal nie geregtig wees om die Eenheid (Eiendom hierin genoem)

te herverkoop voordat die Eiendom nie eers in die Koper se naam

geregistreer is soos bepaal in die ooreenkoms nie.

16. ALGEMEEN

16.1 Indien daar om die een of ander rede deur die Ontwikkelaars besluit

sou word om nie met die Ontwikkeling voort te gaan nie, sal die partye

aanvaar dat daar nie voortgegaan word met die ooreenkoms nie, en sal

die deposito wat in terme van die ooreenkoms deur die Koper betaal is,

aan die Koper terugbetaalbaar word.

16.2 Indien die bepaling van hierdie ooreenkoms wat nie wesenlik is vir die

werksaamheid daarvan as n geheel nie, nietig, onwettig of onafdwingbaar

gemaak word op enige wyse ingevolge enige Wet, sal die geldigheid,

onwettigheid en onafdwingbaarheid van die oorblywende bepalings

geensins daardeur geraak of aangetas word nie en sal die partye ter

goeder trou poog om n alternatiewe bepaling as die nietige, onwettige

en/of onafdwingbare bepaling op ooreen te kom.

18

16.3 Die beëindiging van hierdie ooreenkoms om welke rede ookal, sal nie van

n party enige aanspreeklikheid wat voor beëindiging daarvan reeds teen

daardie party opgeloop het of wat daarna ten aansien van n handeling of

late wat voor die beëindiging daarvan verrig is, kan ontstaan, vrystel nie.

Op dieselfde wyse sal die beëindiging van die ooreenkoms nie daardie

bepalings van hierdie ooreenkoms raak wat uitdruklik bepaal dat hul

steeds van krag is na sodanige verstryking of beëindiging of wat

noodwendig van krag moet bly na sodanige verstryking of beëindiging,

nieteenstaande die klousules nie self uitdruklik daarvoor voorsiening maak

nie.

17. SONERING

17.1 Indien die huidige munisipale skemaregulasies aangaande sonering in die

toekoms verander, sal die partye daartoe toestem en stem die Koper

reeds met ondertekening van die ooreenkoms daartoe toe, en onderneem

om alle dokumente wat vir daardie doel nodig mag wees, op datum van

versoek te onderteken.

17.2 Die Verkoper behou die reg voor om die Ontwikkelingskema in fases te

ontwikkel en te registreer.

19

17.3 Die Koper erken hiermee dat die Verkoper geregtig sal wees om die

voorgestelde Ontwikkelingskema soos op die sketsplanne aangedui te

voltooi en te registreer in fases oor n periode wat nie twee (2) jaar oorskry

vanaf datum van opening van die Deeltitelregister nie.

17.4 Die Verkoper as Ontwikkelaar behou die reg voor om ingevolge die Wet

die gedeelte gemerk park op die aangehegte kaarte te ontwikkel vir eie

gewin.

18. AANBOD OM TE KOOP

Na ondertekening van die ooreenkoms deur die Koper sal dit geag word

om n onherroepelike en n oop aanbod te wees wat die Verkoper kan

aanvaar op n tyd soos bepaal deur die Verkoper. Die Koper sal onder

geen omstandighede geregtig wees om hierdie aanbod terug te trek en/of

te herroep nie.

19. WAARBORGE DEUR VERKOPER

19.1 Geen waarborge van welke aard ookal word deur die Verkoper gemaak

en of gelewer nie.

19.2 Die Eenheid word Voetstoots aan die Koper verkoop en oorgedra.

20

19.2 Die Verkoper sal nie verantwoordelik gehou kan word in die geval van

haarlyn krake wat veroorsaak word as gevolg van krimping van enige

materiaal wat in die bouproses gebruik is nie.

20. ARBITRASIE

Enige dispuut, geskil of dooiepunt tussen die partye moet saam vir

arbitrasie verwys word in gevolge die reëls en regulasies van die

Arbitrasie Stigting van Suid-Afrika.

21. KOMMISSIE

Die Verkoper en Koper erken dat PROTERRA Eiendomme `n party

tot hierdie aanbod is en verklaar dat PROTERRA die effektiewe oorsaak

van hierdie transaksie is en bevestig die Koper dat geen ander agent of

agentskap die Eiendom aan die Koper bekend gestel het nie.

PROTERRA Eiendomme sal geregtig wees op 6% kommissie, BTW

uitgesluit, soos bepaal in die mandaat wat tussen die Verkoper en

PROTERRA bestaan. Hierdie kommissie sal geag verdien te wees by

ondertekening deur beide partye en die nakoming van enige opskortende

voorwaardes in hierdie kontrak. Hierdie kommissie sal betaal word op

datum van registrasie en opdrag word hiermee aan die Oordrag

Prokureurs gegee om die bedrag van die koopsom te verhaal en aan

PROTERRA oor te betaal by registrasie as eerste trekking van die

koopsom.

21

22. SPESIALE VOORWAARDES

22

ALDUS GETEKEN DEUR DIE KOPER TE ......................................................OP

DIE ....................DAG VAN .......................................................................... 2009.

AS GETUIES:-

1. .

2. .

23

Koper

ALDUS GETEKEN DEUR DIE VERKOPER TE ...............................................OP

DIE ....................DAG VAN ..........................................................................2009.

AS GETUIES:-

1. .

2. .

Verkoper

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!