02.05.2013 Views

'N DIVISIE VAN SUIDWES LANDBOU (EDMS) BPK ... - Nvirotek Labs

'N DIVISIE VAN SUIDWES LANDBOU (EDMS) BPK ... - Nvirotek Labs

'N DIVISIE VAN SUIDWES LANDBOU (EDMS) BPK ... - Nvirotek Labs

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Applikant kom ooreen om alle koste te betaal wat die gevolg is van enige dade of nalate deur die Applikant wat insluit die op-skorting van

werk, modifikasie van vereistes, nalate of vertraging in die verskaffing van spesifieke vereistes om NviroTek in staat te stel om werk volgens

skedule te voltooi, of vereistes dat werk vroeër of later voltooi moet word as waarop ooreengekom is.

Verandering in eienaarskap/samestelling

Die Applikant onderneem om NviroTek binne 7 (sewe) dae skriftelik in kennis te stel van enige verandering in eienaarskap of samestelling van

die betrokke maatskappy/beslote korporasie/trust/vennootskap wat mag plaasvind. Todat die kennisgewing hierbo genoem deur NviroTek

ontvang is, stel die huidige eienaar of lede/direkteure/trustees/vennote hom/hulle teenoor NviroTek aanspreeklik vir enige skuld wat die Applikant

aangegaan het totdat NviroTek van die verandering in kennis gestel is.

Wanbetaling en die gevolge daarvan

In die geval waar die Applikant agterweë bly om enige betaling van enige bedrag wat opeisbaar en betaalbaar geword het te maak, sal die volle

uitstaande balans onmiddellik opeisbaar en betaalbaar word, sonder kennisgewing aan die Applikant.

In die geval van wanbetalings sal die Applikant se kredietfasiliteite ook tydelik opgeskort word totdat die uitstaande betaling ontvang is, of

volgens die uitsluitlike diskresie van NviroTek.

Die Applikant kom ooreen dat indien sy rekening nie ten volle betaal word (a) op bestelling of (b) binne die 30 dae na datum van staat periode

nie, in die geval waar krediet aan die Applikant toegestaan is, of as die Applikant enige van die terme en voorwaardes hierin verbreek, of, as die

Applikant „n vennootskap of trust is, dit ontbind, of, as dit „n maatskappy of beslote korporasie is, dit onder voorlopige of finale geregtelike

bestuur of likwidasie geplaas word, of as die Applikant „n kompromie met sy krediteure aangaan of poog om een aan te gaan, of indien „n bevel

in terme van artikel 65 van die Landdroshowewet 32 van 1944, soos gewysig, teen die Applikant uitgereik word, of as die Applikant enige-iets

toelaat wat die regte van NviroTek mag benadeel, dan, in enige van hierdie gevalle, sal NviroTek binne sy uitsluitlike diskresie (a) geregtig wees

om onmiddellik aksie teen die Applikant in te stel, welke aksie ten volle vir die koste van die Applikant sal wees, of (2) die ooreenkoms kanselleer

en skadevergoeding eis. NviroTek sal verder geregtig wees om onmiddellik enige dienste aan die Applikant op te skort terwyl die Applikant enige

van die terme en voorwaardes hierin verbreek.

Hierdie remedies doen geen afbreuk aan enige ander regte wat NviroTek mag hê in terme van hierdie ooreenkoms of die reg nie.

Die Applikant kom ooreen dat in die geval waar NviroTek regsprosedures teen die Applikant instel, die Applikant verantwoordelik sal wees om

aan NviroTek alle regskoste hierdeur opgedoen te betaal, ingesluit prokureur-en-kliëntkoste, opsporingskoste en invorderingskoste.

Bewys van eise/Proof of claims

Die Applikant stem hiermee toe en kom ooreen dat tensy die Applikant binne ses maande skriftelik per aangetekende pos beswaar aanteken

teen enige krediet of debiet wat verskyn op enige staat van NviroTek aan die Applikant, word dit vir alle doeleindes geag dat die inhoud van die

staat korrek is en sal die staat in enige regsgeding afdoende bewys wees dat die dienste vermeld deur NviroTek aan die Applikant verskaf is en

dat die debiete en krediete wat daarin verskyn, korrek is.

Die Applikant stem toe en verklaar dat NviroTek geregtig maar nie verplig sal wees nie om op enige stadium die Applikant se verskuldigheid aan

NviroTek te bewys deur middel van „n sertifikaat onderteken deur enige bestuurder of rekenmeester in diens van NviroTek. Dit sal nie nodig

wees om die aanstelling of magtiging van sodanige persoon te bewys nie en sodanige sertifikaat sal prima facie bewys daarstel van die

Applikant se verskuldigheid voormeld.

Ontvangs van dokumentasie

Enige dokument sal geag word behoorlik aan die Applikant aangebied en deur hom aanvaar te wees (i) binne 5 dae vanaf die versendingsdatum

van vooruitbetaalde geregistreerde pos en/of gewone pos na enige van die Applikant se besigheids- of posadresse of na die persoonlike adres

van enige direkteur, lid of eienaar van die Applikant, of (ii) binne 24 uur nadat dit gefaks is na enige van die Applikant se faksnommers of na

enige direkteur, lid of eienaar se faksnommers, of (iii) wanneer dit per hand afgelewer word aan die Applikant of enige direkteur, lid of eienaar

van die Applikant, of (iv) binne 48 uur as dit per oornag-koerierdiens versend word, of (v) binne 24 uur nadat dit per e-pos versend is.

Toestemming tot jurisdiksie

Die Applikant erken dat NviroTek te alle tye oor locus standi beskik vir die instelling van enige aksie voortspruitende uit hierdie ooreenkoms.

Ingevolge artikel 45 van die Wet op Landdroshowe 32 van 1994, stem die Applikant hiermee toe tot enige aksie of proses wat teen hom ingestel

mag word op enige skuldoorsaak wat ontstaan of verband hou met die verlening van enige krediet aan hom, na die keuse van NviroTek ingestel

kan word in „n Landdroshof wat kragtens artikel 28 van die genoemde wet oor die Applikant jurisdiksie het, ongeag die feit dat die aksie of

proses andersins buite die jurisdiksie van die Landdroshof val.

Borgskap

Indien hierdie aansoek namens „n maatskappy, beslote korporasie, trust of vennootskap onderteken word, verbind die ondertekende homself as

borg en medehoofskuldenaar, gesamentlik en afsonderlik, in solidum, vir behoorlike nakoming van sodanige maatskappy, beslote korporasie,

trust of vennootskap teenoor NviroTek van alle verpligtinge van sodanige maatskappy, beslote korporasie, trust of vennootskap, na gelang van

die geval. Die borg doen hiermee afstand van alle voorregte wat andersins tot sy beskikking sou wees teen NviroTek en in besonder die

beneficium ordinis seu excussionis en die beneficium divisionis, met die aard, krag en uitwerking waarvan die borg(e) erken dat hulle ten volle

vertroud is.

Domicilium citandi et executandi

Die Applikant kies hiermee as sy domicilium citandi et executandi die adresse op bladsy 1 hiervan opgegee, waar alle kennis-gewings en

prosesstukke op die Applikant beteken kan word. Die Applikant onderneem om NviroTek binne 7 (sewe) dae skriftelik in kennis te stel van enige

verandering van sy adresse. The Applicant undertakes to notify NviroTek in writing within 7 (seven) days of any change of its addresses.

Deelbaarheid van bepalings

Elke bepaling van die ooreenkoms is afsonderlik en deelbaar van die res, met die gevolg dat, indien enige bepaling om welke rede ookal

onafdwingbaar is of word, dit deurgehaal kan word sonder om afbreuk te doen aan die res van die ooreenkoms.

AANVAARDING VAN TERME EN VOORWAARDES: Ek, die ondergetekende,

Volle name: ____________________________________________________________ ID No: ____________________________

(i) sertifiseer hiermee dat die inligting in hierdie aansoek verskaf waar en korrek is;

(ii) waarborg dat ek behoorlik gemagtig is om die Applikant in die maak van hierdie aansoek te verteenwoordig en te bind;

(iii) waarborg dat daar geen weglatings of wanvoorstellings in hierdie aansoek gemaak is wat NviroTek se besluit om krediet-fasiliteite toe te

staan wesenlik kan beïnvloed of NviroTek kan benadeel indien die fasiliteite toegestaan word nie;

(iv) het die terme en voorwaardes van kontraktering met NviroTek soos in hierdie aansoek gedruk deurgelees en erken dat enige en alle

besigheid deur NviroTek gedoen (wat sonder beperking die lewering van dienste insluit) en die toestaan van krediet in terme hiervan

onderworpe sal wees aan hierdie terme en voorwaardes;

(v) erken dat NviroTek, binne sy uitsluitlike diskresie, mag weier om hierdie rekeningaansoek te aanvaar; en

(vi) sertifiseer dat die oorspronklike inhoud van hierdie rekeningaansoek, aan my verskaf in of elektroniese formaat of in harde kopie, nie op

enige wyse verander is nie en verder dat, sou daar bevind word dat veranderings daaraan gemaak is, die Applikant gebind sal wees deur

die oorspronklike inhoud van hierdie dokument.

Gevolmagtigde ondertekenaar namens Applikant Datum

Amp (i.e. direkteur/lid/vennoot/trustee)

Namens Applikant/On behalf of Applicant: __________________________

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!