02.05.2013 Views

'N DIVISIE VAN SUIDWES LANDBOU (EDMS) BPK ... - Nvirotek Labs

'N DIVISIE VAN SUIDWES LANDBOU (EDMS) BPK ... - Nvirotek Labs

'N DIVISIE VAN SUIDWES LANDBOU (EDMS) BPK ... - Nvirotek Labs

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ek, die ondergetekende,

AANSOEK OM ‘N MAANDREKENING –

MAATSKAPPYE/BK’S/TRUSTS/VENNOOTSKAPPE

_____________________________________________________________________ (volle name)

in my hoedanigheid as ______________________________________________________________________________________

doen hiermee aansoek om kredietfasiliteite op „n rekening in die naam van

(volle naam van maatskappy/BK/trust/vennootskap), hierna “die Applikant” by NviroTek Laboratories (Edms) Bpk, Reg. No. 2007/029712/07,

hierna “NviroTek”. (NB – ‘n Afskrif van die betrokke notule-uittreksel wat die aansoek by NviroTek en die volmag van die ondertekenaar

bevestig, gesertifiseer deur die Voorsitter/Maatskappysekretaris, alternatiewelik ‘n resolusie onderteken deur alle direkteure/lede/trustees/vennote,

moet aangeheg word.)

Voltooi asseblief hierdie aansoekvorm volledig, aangesien al die aangevraagde inligting noodsaaklik is om u aansoek vinnig te prosesseer.

Onderteken asseblief alle bladsye waar aangedui. Die aansoekvorm mag slegs onderteken word deur die gevolmagtigde verteenwoordiger

soos hierbo na verwys. Verwys na bladsy 2 van hierdie aansoek vir ‘n volledige lys van die dokumentasie wat die aansoek moet vergesel.

Privaatmaatskappy

Publieke

maatskappy

BESONDERHEDE VAN DIE APPLIKANT

REGSENTITEIT (MERK ASSEBLIEF)

Beslote Korporasie Trust met 3 of meer

trustees

Geregistreerde naam van besigheid Registrasienommer

Handelsnaam (indien van toepassing) Tydperk handeldrywend as

huidige besigheid

Naam van houermaatskap-py/groep

(indien van toepassing)

Geregistreerde adres

Posadres en poskode Fisiese adres as verskil van

geregistreerde

adres *

E-posadres*

Faksnommer*

Vennootskap Ander (spesifiseer)

* Die Applikant kom ooreen dat hierdie fisiese adres, faksnommer en e-posadres die Applikant se domicilium citandi et executandi is – sien

bladsy 4 van hierdie aansoek.

Naam en amp van persoon verantwoordelik

vir betaling van reke-

nings

Adres waarheen rekeninge versend

moet word

Naam, adres en tel. no. van boekhouer

of rekenmeester

Tel. no. en e-posadres van

persoon verantwoordelik vir

betaling van rekenings

Inkomstebelastingnommer

BTW-nommer, indien van

toepassing

BESONDERHEDE VAN DIREKTEURE/LEDE/TRUSTEES/VENNOTE/EIENAARS (Heg addisionele bladsye aan indien nodig.)

Volle name en van Identiteitsnommer Woonadres Telefoonnommer

Nota: Indien die individu wat hierdie aansoek namens die bogenoemde Applikant onderteken binne gemeenskap van goedere getroud is, moet

sy/haar gade se skriftelike toestemming tot die aangaan van hierdie ooreenkoms aan NviroTek oorhandig word. Die toestemming moet deur die

gade onderteken word en sy/haar handtekening moet geattesteer word deur twee bevoegde getuies. As „n alternatief en ten einde te voldoen

aan die bepalings van artikel 15 van die Wet op Huweliksgoedere, Wet 88 van 1984, moet die gade hierdie ooreenkoms mede-onderteken.

Namens Applikant/On behalf of Applicant: __________________________

1

BESIGHEIDSPROFIEL

Dui asseblief aan watter tipe en hoeveelhede laboratoriumontledings waarskynlik die meeste deur die Applikant van NviroTek verwag sal word –

bv. ten opsigte van grond, water, kunsmis, ens.

KREDIETFASILITEITE BENODIG

NB: Die maksimum betalingstydperk wat oorweeg sal word is 30 dae na datum van maandstaat. Die limiet hier versoek word alleenlik vir

prosesseringsdoeleindes gebruik en vorm nie deel van die kontrak nie.

Geskatte maandelikse kredietlimiet benodig: R ____________________________________________________

HANDELSVERWYSINGS

Verskaf net verwysings m.b.t. handel oor die afgelope 12 maande.

Naam van firma Naam van kontakpersoon Telefoonnommer Rekeningnommer

BANKBESONDERHEDE

Bank Tak

Rekeningnaam Takkode

Rekeningnommer Rekeningtipe

Heg asseblief ‘n bewys van rekeningbesonderhede aan.

DOKUMENTASIE BENODIG

HEG ASSEBLIEF GESERTIFISEERDE AFSKRIFTE VAN DIE VOLGENDE AAN: (Die fasiliteit hierin toegestaan, indien die aansoek suksesvol

is, sal nie beskikbaar wees vir gebruik tensy die volgende aan NviroTek verskaf is nie.)

(1) Registrasiesertifikaat.

(2) CM29 of CK2 wat die nuutste direkteure/lede aantoon.

(3) In die geval van „n trust of vennootskap, „n afskrif van die trusakte, nuutste magtigingsbrief van die Meester of vennoot-skapsooreenkoms.

(4) Identiteitsdokumente van al die bogenoemde direkteure/lede/vennote/trustees.

(5) In die geval van „n maatskappy, die sertifikaat om met besigheid te begin (CM46).

(6) „n Briefhoof van die regsentiteit wat hierdie aansoek doen of ander bewys van fisiese adres.

(7) Resolusie van direkteure of uittreksel uit notule soos op bladsy 1 hiervan genoem.

(8) Geouditeerde finansiële state (nie ouer as 12 maande nie).

(9) Bewys van bankbesonderhede (sien bladsy 2 hiervan).

TERME EN VOORWAARDES

Die Applikant doen deur middel van sy gevolmagtigde verteenwoordiger hiermee aansoek vir kredietfasiliteite by NviroTek en ter ondersteuning

daarvan aanvaar die Applikant hiermee onherroeplik die volgende terme en voorwaardes. Indien krediet aan die Applikant toegestaan sal word,

sal die volle ooreenkoms tussen die Applikant en NviroTek bestaan uit die terme en voorwaardes hierin vervat, asook dié vervat in enige

kwotasie van NviroTek aan die Applikant, indien van toepassing.

Opskrifte in hierdie ooreenkoms word slegs vir leesgemak gebruik en vorm nie deel van hierdie ooreenkoms nie.

Gehele ooreenkoms

Die Applikant kom ooreen dat (a) hierdie ooreenkoms die geheel van die ooreenkoms tussen die Applikant en NviroTek uitmaak en dat geen

ander terme of voorwaardes, hetsy uitdruklik, stilswyend of geïmpliseerd en wat nie in hierdie ooreenkoms beliggaam nie, of enige variasies,

kansellasies, byvoegings tot of weglatings uit hierdie ooreenkoms, van nul en gener waarde sal wees en nie bindend op die partye sal wees nie,

tensy dit op skrif gestel is en deur die gevolmagtigde verteenwoordigers van beide partye onderteken is; en ook dat geen afstanddoening deur

enige van die partye van enige van die bepalings of voorwaardes van hierdie ooreenkoms bindend op die partye sal wees nie, tensy dit

insgelyks op skrif gestel is en deur die gevolmagtigde verteenwoordigers van beide partye onderteken is; (b) hierdie ooreenkoms alle

toekomstige kontraktuele verhoudings tussen die partye sal reël; (c) hierdie ooreenkoms van toepassing is op alle bestaande kontraktuele

verhoudings tussen die partye; (d) hierdie ooreenkoms finaal en bindend is en nie onderworpe is aan enige opskortende of ontbindende

voorwaardes nie; (e) enige konflikterende voorwaardes deur die Applikant gestipuleer uitdruklik uitgesluit word en (f) hierdie ooreenkoms deur

die wette van Suid-Afrika beheer sal word.

Toestemming dat inligting bekom en verleen mag word

Die Applikant magtig NviroTek hiermee om navraag te doen by enige kredietburo aangaande enige rekords van die Applikant gehou deur

sodanige kredietburo en om 'n kredietprofiel, krediettelling en kredietwaardigheidsverslag van die kredietburo aan te vra ten einde hierdie

aansoek om krediet volledig te kan assesseer. Die Applikant magtig NviroTek ook om enige besonder-hede van enige derde party (wat enige

belang in die Applikant se finansiële sake mag hê) te verkry ten einde NviroTek in staat te stel om die aansoek na behore te assesseer.

Die Applikant stem ook toe dat NviroTek die persoonlike inligting van die Applikant wat deur die Applikant aan NviroTek verskaf is om die

Applikant se kredietwaardigheid vas te stel mag stoor en gebruik en dat NviroTek sodanige inligting aan kredietbeheer-maatskappye, banke en

ander instellings wat betrokke is in kredietassessering mag verskaf. Die Applikant stem toe dat NviroTek nie verantwoordelik gehou sal word vir

die te goeder trou openbaarmaking van enige van die Applikant se inligting aan sodanige derde partye nie en dat geen verdere spesifieke

toestemming van die Applikant aan NviroTek nodig is om sodanige inligting aan enige spesifieke derde party te oorhandig nie.

Volledige en korrekte inligting

Die Applikant bevestig dat die inligting wat in hierdie aansoek verstrek word, korrek en volledig is. Indien dit op enige stadium sou blyk dat enige

inligting deur die Applikant verstrek foutief is, sal die krediet aan die Applikant toegestaan verval en enige bedrag reeds in terme daarvan

opgeneem, ongeag enige voorwaarde ten opsigte van afbetaling daarvan, sal onmiddellik opeis-baar en betaalbaar word.

Die Applikant aanvaar dat, indien dit aan die lig kom dat volgens NviroTek se uitsluitlike oordeel, enige wesenlike wanvoor-stelling in die

Applikant se aansoek om krediet gemaak is, en/of die Applikant se kredietwaardigheid voor die betaaldatum van enige van sy rekenings by

NviroTek sodanig verswak dat die risiko vir die invordering van die skuld volgens die uitsluitlike oordeel van NviroTek onaanvaarbaar hoër is as

toe die krediet aanvanklik toegestaan is, alle bedrae uit watter skuldoorsaak ook al voort-spruitend, deur die Applikant aan NviroTek verskuldig,

onmiddellik opeisbaar en betaalbaar sal wees.

Goedkeuring van kredietaansoek en kredietlimiet

Namens Applikant/On behalf of Applicant: __________________________

2

NviroTek se goedkeuring van die Applikant se aansoek om krediet sal geldend wees sonder die noodsaak van enige kennis-gewing aan die

Applikant. Die Applikant onderneem hiermee om nie die kredietperk wat aan hom toegestaan word te oorskry nie en bevestig dat, indien

NviroTek enige oorskryding toelaat, sodanige oorskryding geensins afbreuk sal maak aan enige van Nvirtoek se regte nie en dat die Applikant

ook nie daardeur enige regte verkry nie. Enige bedrag waarmee die kredietperk oorskry word, sal onmiddellik opeisbaar en betaalbaar wees.

Die Applikant bevestig voorts dat die kredietperk wat aan hom verleen word te enige tyd deur NviroTek ingetrek of gewysig mag word, in

NviroTek se uitsluitlike diskresie, in welke geval NviroTek ook geregtig sal wees om betaling van enige bedrag wat deur die Applikant aan

NviroTek verskuldig is, te vereis.

Sou die Applikant addisionele kredietfasiliteite benodig, onderneem die Applikant om aansoek te doen om NviroTek se goedkeuring tot enige

variasie van hierdie terme en voorwaardes alvorens die Applikant die addisionele skuld aangaan, en in so „n geval onderneem die Applikant om

by die terme en voorwaardes te hou wat deur NviroTek gestel word as „n voorwaarde alvorens sodanige addisionele kredietfasiliteite toegestaan

sal word.

Indien enige bepaling, koers, bedrag of betaling gewysig word by wyse van skriftelike ooreenkoms wat deur beide partye onderteken word, word

dit nie beskou as 'n novasie nie en affekteer dit geensins die ander bepalings van die ooreenkoms tussen die partye nie en affekteer dit nie

NviroTek se reg om hangende geskille voort te sit nie, behalwe dat die regte wel dienooreenkomstig aangepas word.

Betaling

NviroTek se dienste en verslae word voorsien op die basis dat betaling van rekenings ten volle geskied binne 30 dae vanaf datum van

rekeningstaat. NviroTek sal geregtig wees om die verskaffing van dienste en verslae op te skort indien „n rekening nie op hierdie basis vereffen

word nie.

Betaling sal geskied streng volgens die aanvaarde terme van die kredietooreenkoms soos dit bestaan tussen NviroTek en die Applikant. Indien

daar nie „n kredietooreenkoms bestaan nie of sodanige ooreenkoms deur NviroTek gekanselleer is en kennis van die kansellasie aan die

Applikant gegee is, sal alle dienste slegs op „n kontantbestellingsbasis gelewer word. Alle betalings sal in kontant betaalbaar wees tensy „n

ander betaalwyse deur NviroTek aanvaar word, en sal deur die Applikant by die kantore van NviroTek betaal word, of op sodanige ander plek of

wyse as wat NviroTek skriftelik mag aanwys.

Die risiko van betaling by wyse van „n tjek deur die pos gestuur is dié van die Applikant. Die Applikant is nie geregtig om betaling om enige rede

terug te hou nie en kom ooreen dat geen uitstel van betaling van welke aard ook al aan die Applikant verleen gelding sal geniet tensy NviroTek

daartoe toegestem het, dit op skrif gestel is en deur beide partye se gevolmagtigde verteenwoordigers onderteken is nie. Betaling sal slegs geag

word plaas te vind by ontvangs van kontant of die honorering van „n tjek, elektroniese oorbetaling of soortgelyke betalingsinstrument.

Rente op agterstallige rekeninge

Op alle bedrae langer as 30 (dertig) dae vanaf datum van die maandstaat deur die Applikant verskuldig, sal saamgestelde rente teen NviroTek

se bankiers se prima koers plus 5% gehef word, bereken op die maandelikse saldo van die agterstallige bedrag. Met dien verstande, egter, dat

niks in hierdie klousule vervat geïnterpreteer sal word as om NviroTek te verplig om aan die Applikant enige so „n toegewing te maak om

betaliing na die datum waarop dit verskuldig word, te maak nie.

Die Applikant erken dat NviroTek by magte is om die rentekoers op skulde van hierdie aard van tyd tot tyd te verhoog of te verlaag (in

ooreenstemming met veranderings in die prima rentekoers van NviroTek se bankier van tyd tot tyd) en om rente maandeliks te kapitaliseer. Die

Applikant magtig NviroTek om enige betaling teen die Applikant se rekening eers aan te wend ter delging van rente en daarna ter delging van

kapitaal.

Kwotasies

Daar sal geen kontrak tussen NviroTek en die Applikant onstaan nie, tensy – (a) NviroTek se kwotasie op skrif is en daarna op skrif deur die

Applikant aanvaar word; of (b) NviroTek „n bestelling op skrif, deur of namens die Applikant geplaas, wat nie deur „n kwotasie voorafgegaanis

nie, of (c) „n versoek vir NviroTek se dienste telefonies gemaak word namens die Applikant deur „n persoon wat die magtiging het om dit te doen,

wie se volmag nie bewys hoef te word nie; en in al hierdie gevalle sal die terme en voorwaardes hierin uiteengesit geld, saamgelees met die

kwotasie, indien van toepassing. Kwotasies nie binne 30 (dertig) dae aanvaar nie, sal geag word teruggetrek of gekanselleer te wees.

Pryse

Die prys van die dienste wat deur NviroTek gelewer word sal in ooreenstemming wees met NviroTek se nuutste pryslys, welke pryslys van tyd

tot tyd deur NviroTek aangepas mag word. Tensy anders aangedui, word alle pryse gekwoteer met Belasting op Toegevoegde Waarde

uitgesluit. Die Applikant sal, indien hy wetlik daartoe verplig is, BTW gelyktydig en bykomend tot die gekwoteerde prys betaal.

Geldige bestellings

In die geval van enige bestelling aan NviroTek gegee op „n bestelvorm wat die Applikant se naam as entiteit aandui waarvandaan die bestelling

afkomstig is, sal so „n bestelling geag word van die Applikant afkomstig te wees, nieteenstaande die feit dat dit gegee of geteken mag wees deur

„n persoon wat nie deur die Applikant daartoe gemagtig is nie, en so „n bestelling sal geag word in alle opsigte geldig te wees, asof gegee of

geteken deur „n gevolmagtigde van die Applikant.

Dit is die uitsluitlike verantwoordelikheid van die Applikant om vas te stel dat die tipe laboratoriumtoetse en verslae wat bestel word geskik is vir

die doel waarvoor dit deur die Applikant aangewend wil word, ongeag of dit ten opsigte van grond, plante, water, kunsmis of enige ander

materiaal aangevra word.

Alle bestellings en wysigings tot bestelling, ongeag of dit mondeling of skriftelik geskied, is bindend en onderworpe aan hierdie terme en

voorwaardes, en mag nie gekanselleer word nie. Indien die Applikant NviroTek nie van genoeg inligting voorsien om „n bestelling te kan

prosesseer nie, sal die Applikant verantwoordelik wees vir enige koste en uitgawes wat as gevolg daarvan deur NviroTek aangegaan moet word.

Aflewering van monsters

Dit is die verantwoordelikheid van die Applikant om die monsters wat deur NviroTek getoets moet word aan NviroTek te lewer of laat lewer.

Aflewering van die monsters wat getoets moet word sal geskied te NviroTek se besigheidsperseel of enige ander perseel waarop skriftelik met

NviroTek ooreengekom is. Enige monsters van die Applikant aan NviroTek gelewer word gehou op risiko van die Applikant. NviroTek sal nie

aanspreeklik wees vir enige skade aan enige monsters gedurende die afleweringsproses of daarna, as gevolg van welke oorsaak ook al nie.

NviroTek se verslae en dienste

Alhoewel NviroTek sal poog om alle verslae binne die kortste moontlike tyd te lewer, is die tye van aflewering van verslae, aanvangs- en

uitvoeringstydperke gekwoteer slegs skattings en nie bindend op NviroTek nie. NviroTek sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade

van welke aard ook al wat die Applikant mag ly as gevolg van aflewering van „n verslag na „n verkeerde adres of „n vertraging in die lewering

daarvan nie. Die Applikant sal nie geregtig wees om aanvaarding van laat verslae te weier nie.

Die Applikant stem toe dat ontledingsverslae via e-pos of faks aan die Applikant se gekose e-pos- of faksadresse soos op bladsy 1 hiervan

gekies aan die Applikant gelewer kan word. Lewering sal geag word plaas te gevind het as bewys gelewer kan word van die gestuurde faks of

e-pos of as „n afleweringsbewys van NviroTek onderteken is, sou die verslag by wyse van die posdiens of „n koerierdiens afgelewer word.

Die Applikant erken dat die Applikant nie staat maak op enige voorstellings deur NviroTek gemaak met betrekking tot enige van NviroTek se

dienste of kwaliteite wat aanleiding gegee het tot hierdie ooreenkoms anders as dié wat in hierdie ooreenkoms vervat word nie. Enige

aanbeveling, formule, advies, dimensies, gewigte, spesifikasies, pryslys, prestasiesyfers, advertensie, brosjure of ander tegniese data deur

NviroTek verskaf in verband met dienste, mondelings of skriftelik, is na beraming en slegs vir inligting en sal nie deel vorm van hierdie

ooreenkoms tensy NviroTek skriftelik daartoe ooreengekom het nie.

Nóg NviroTek nóg enige van sy werknemers, beamptes of agente sal onder enige omstandighede, behalwe in die geval van bedrog, opsetlike

wangedrag of growwe nalatigheid, aanspreeklik wees vir enige skade, insluitende indirekte of gevolglike skade, verlies van winste, verlies van

besigheid of enige ander skade of koste hoegenaamd, hetsy van die Applikant of enige derde party, wat verband hou met hierdie aansoek/die

opdrag aan NviroTek by goedkeuring hiervan.

Namens Applikant/On behalf of Applicant: __________________________

3

Die Applikant kom ooreen om alle koste te betaal wat die gevolg is van enige dade of nalate deur die Applikant wat insluit die op-skorting van

werk, modifikasie van vereistes, nalate of vertraging in die verskaffing van spesifieke vereistes om NviroTek in staat te stel om werk volgens

skedule te voltooi, of vereistes dat werk vroeër of later voltooi moet word as waarop ooreengekom is.

Verandering in eienaarskap/samestelling

Die Applikant onderneem om NviroTek binne 7 (sewe) dae skriftelik in kennis te stel van enige verandering in eienaarskap of samestelling van

die betrokke maatskappy/beslote korporasie/trust/vennootskap wat mag plaasvind. Todat die kennisgewing hierbo genoem deur NviroTek

ontvang is, stel die huidige eienaar of lede/direkteure/trustees/vennote hom/hulle teenoor NviroTek aanspreeklik vir enige skuld wat die Applikant

aangegaan het totdat NviroTek van die verandering in kennis gestel is.

Wanbetaling en die gevolge daarvan

In die geval waar die Applikant agterweë bly om enige betaling van enige bedrag wat opeisbaar en betaalbaar geword het te maak, sal die volle

uitstaande balans onmiddellik opeisbaar en betaalbaar word, sonder kennisgewing aan die Applikant.

In die geval van wanbetalings sal die Applikant se kredietfasiliteite ook tydelik opgeskort word totdat die uitstaande betaling ontvang is, of

volgens die uitsluitlike diskresie van NviroTek.

Die Applikant kom ooreen dat indien sy rekening nie ten volle betaal word (a) op bestelling of (b) binne die 30 dae na datum van staat periode

nie, in die geval waar krediet aan die Applikant toegestaan is, of as die Applikant enige van die terme en voorwaardes hierin verbreek, of, as die

Applikant „n vennootskap of trust is, dit ontbind, of, as dit „n maatskappy of beslote korporasie is, dit onder voorlopige of finale geregtelike

bestuur of likwidasie geplaas word, of as die Applikant „n kompromie met sy krediteure aangaan of poog om een aan te gaan, of indien „n bevel

in terme van artikel 65 van die Landdroshowewet 32 van 1944, soos gewysig, teen die Applikant uitgereik word, of as die Applikant enige-iets

toelaat wat die regte van NviroTek mag benadeel, dan, in enige van hierdie gevalle, sal NviroTek binne sy uitsluitlike diskresie (a) geregtig wees

om onmiddellik aksie teen die Applikant in te stel, welke aksie ten volle vir die koste van die Applikant sal wees, of (2) die ooreenkoms kanselleer

en skadevergoeding eis. NviroTek sal verder geregtig wees om onmiddellik enige dienste aan die Applikant op te skort terwyl die Applikant enige

van die terme en voorwaardes hierin verbreek.

Hierdie remedies doen geen afbreuk aan enige ander regte wat NviroTek mag hê in terme van hierdie ooreenkoms of die reg nie.

Die Applikant kom ooreen dat in die geval waar NviroTek regsprosedures teen die Applikant instel, die Applikant verantwoordelik sal wees om

aan NviroTek alle regskoste hierdeur opgedoen te betaal, ingesluit prokureur-en-kliëntkoste, opsporingskoste en invorderingskoste.

Bewys van eise/Proof of claims

Die Applikant stem hiermee toe en kom ooreen dat tensy die Applikant binne ses maande skriftelik per aangetekende pos beswaar aanteken

teen enige krediet of debiet wat verskyn op enige staat van NviroTek aan die Applikant, word dit vir alle doeleindes geag dat die inhoud van die

staat korrek is en sal die staat in enige regsgeding afdoende bewys wees dat die dienste vermeld deur NviroTek aan die Applikant verskaf is en

dat die debiete en krediete wat daarin verskyn, korrek is.

Die Applikant stem toe en verklaar dat NviroTek geregtig maar nie verplig sal wees nie om op enige stadium die Applikant se verskuldigheid aan

NviroTek te bewys deur middel van „n sertifikaat onderteken deur enige bestuurder of rekenmeester in diens van NviroTek. Dit sal nie nodig

wees om die aanstelling of magtiging van sodanige persoon te bewys nie en sodanige sertifikaat sal prima facie bewys daarstel van die

Applikant se verskuldigheid voormeld.

Ontvangs van dokumentasie

Enige dokument sal geag word behoorlik aan die Applikant aangebied en deur hom aanvaar te wees (i) binne 5 dae vanaf die versendingsdatum

van vooruitbetaalde geregistreerde pos en/of gewone pos na enige van die Applikant se besigheids- of posadresse of na die persoonlike adres

van enige direkteur, lid of eienaar van die Applikant, of (ii) binne 24 uur nadat dit gefaks is na enige van die Applikant se faksnommers of na

enige direkteur, lid of eienaar se faksnommers, of (iii) wanneer dit per hand afgelewer word aan die Applikant of enige direkteur, lid of eienaar

van die Applikant, of (iv) binne 48 uur as dit per oornag-koerierdiens versend word, of (v) binne 24 uur nadat dit per e-pos versend is.

Toestemming tot jurisdiksie

Die Applikant erken dat NviroTek te alle tye oor locus standi beskik vir die instelling van enige aksie voortspruitende uit hierdie ooreenkoms.

Ingevolge artikel 45 van die Wet op Landdroshowe 32 van 1994, stem die Applikant hiermee toe tot enige aksie of proses wat teen hom ingestel

mag word op enige skuldoorsaak wat ontstaan of verband hou met die verlening van enige krediet aan hom, na die keuse van NviroTek ingestel

kan word in „n Landdroshof wat kragtens artikel 28 van die genoemde wet oor die Applikant jurisdiksie het, ongeag die feit dat die aksie of

proses andersins buite die jurisdiksie van die Landdroshof val.

Borgskap

Indien hierdie aansoek namens „n maatskappy, beslote korporasie, trust of vennootskap onderteken word, verbind die ondertekende homself as

borg en medehoofskuldenaar, gesamentlik en afsonderlik, in solidum, vir behoorlike nakoming van sodanige maatskappy, beslote korporasie,

trust of vennootskap teenoor NviroTek van alle verpligtinge van sodanige maatskappy, beslote korporasie, trust of vennootskap, na gelang van

die geval. Die borg doen hiermee afstand van alle voorregte wat andersins tot sy beskikking sou wees teen NviroTek en in besonder die

beneficium ordinis seu excussionis en die beneficium divisionis, met die aard, krag en uitwerking waarvan die borg(e) erken dat hulle ten volle

vertroud is.

Domicilium citandi et executandi

Die Applikant kies hiermee as sy domicilium citandi et executandi die adresse op bladsy 1 hiervan opgegee, waar alle kennis-gewings en

prosesstukke op die Applikant beteken kan word. Die Applikant onderneem om NviroTek binne 7 (sewe) dae skriftelik in kennis te stel van enige

verandering van sy adresse. The Applicant undertakes to notify NviroTek in writing within 7 (seven) days of any change of its addresses.

Deelbaarheid van bepalings

Elke bepaling van die ooreenkoms is afsonderlik en deelbaar van die res, met die gevolg dat, indien enige bepaling om welke rede ookal

onafdwingbaar is of word, dit deurgehaal kan word sonder om afbreuk te doen aan die res van die ooreenkoms.

AANVAARDING VAN TERME EN VOORWAARDES: Ek, die ondergetekende,

Volle name: ____________________________________________________________ ID No: ____________________________

(i) sertifiseer hiermee dat die inligting in hierdie aansoek verskaf waar en korrek is;

(ii) waarborg dat ek behoorlik gemagtig is om die Applikant in die maak van hierdie aansoek te verteenwoordig en te bind;

(iii) waarborg dat daar geen weglatings of wanvoorstellings in hierdie aansoek gemaak is wat NviroTek se besluit om krediet-fasiliteite toe te

staan wesenlik kan beïnvloed of NviroTek kan benadeel indien die fasiliteite toegestaan word nie;

(iv) het die terme en voorwaardes van kontraktering met NviroTek soos in hierdie aansoek gedruk deurgelees en erken dat enige en alle

besigheid deur NviroTek gedoen (wat sonder beperking die lewering van dienste insluit) en die toestaan van krediet in terme hiervan

onderworpe sal wees aan hierdie terme en voorwaardes;

(v) erken dat NviroTek, binne sy uitsluitlike diskresie, mag weier om hierdie rekeningaansoek te aanvaar; en

(vi) sertifiseer dat die oorspronklike inhoud van hierdie rekeningaansoek, aan my verskaf in of elektroniese formaat of in harde kopie, nie op

enige wyse verander is nie en verder dat, sou daar bevind word dat veranderings daaraan gemaak is, die Applikant gebind sal wees deur

die oorspronklike inhoud van hierdie dokument.

Gevolmagtigde ondertekenaar namens Applikant Datum

Amp (i.e. direkteur/lid/vennoot/trustee)

Namens Applikant/On behalf of Applicant: __________________________

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!