02.05.2013 Views

< > = π ± ÷ ½ ¼ ¾ ∑{< > = π ± ÷ ½ ¼ ¾ ∑{< > = π ± ÷ ½ ¼ ... - 24.com

< > = π ± ÷ ½ ¼ ¾ ∑{< > = π ± ÷ ½ ¼ ¾ ∑{< > = π ± ÷ ½ ¼ ... - 24.com

< > = π ± ÷ ½ ¼ ¾ ∑{< > = π ± ÷ ½ ¼ ¾ ∑{< > = π ± ÷ ½ ¼ ... - 24.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LEER EN PRESTEER

< > = π ± ÷ ½ ¼ ¾ ∑{<

= π ± ÷ ½ ¼ ¾ ∑{< > =

π ± ÷ ½ ¼ ¾ ∑ ½ ¼ ¾ ∑

BYLAAG TOT BEELD 7 AUGUSTUS 2007 GRAAD 12

Hiermee Leer en Presteer se

laaste van drie uitgawes.Dit

is ideaal om jou bestaande

kennis in die onderskeie

vakke aan te vul en uit te

brei.

Onthou,volharding maak die

onmoontlike moontlik, die

moontlike waarskynlik en

die waarskynlike definitief,

soos Robert Half dit stel.

Sterkte en sukseswense

Elize Engelbrecht

Hoof: Beeld in Onderwys

Lisa Blakeway

Besturende direkteur:

Learning Channel

Opsomming

Die opsomming is 'n oefening waar gekyk word of jy

verstaan wat jy lees en of jy die hoofgedagtes in jou

eie sinne kan verander. Daar word dus ook op taal

gelet.

Dikwels handel die opsomming in die

matriekeksamen oor wenke.

• Soek eers die hoofgedagte wat die belangrikste

feit in elke paragraaf is.

• Verander daarna dié gedagte in jou eie sin.

• As jy net die kernwoorde behou, is dit ook

korrek. Onthou jy kan ook die sin korter maak

sodat net die noodsaaklike woorde oorbly. Haal

alle verduidelikings uit.

Matriek, Matriek, Matriek

Die einde is in sig

Met die Julievakansie agter die rug, kyk

elke matrikulant met baie opwinding en so

‘n bietjie senuwees vorentoe na die laaste

deel van hul skoolloopbaan. Eksamens is

al geskryf, werk is voltooi en die laaste

afronding in volle swang. Dis ‘n baie

opwindende tyd en al wat van matrieks en

hul onderwysers verwag word, is om met

entoesiasme en motivering die laaste deel

te voltooi. Na die eksamen lê daar ‘n

heerlike vakansie voor en die begin van

jou nuwe reis as jong volwassene.

M – Motivering

Die belangrikste deel van die resep is nou

motivering. Alles is klaar in die pot –

voorbereiding, goeie onderwys, vorige

eksamens en vele meer. Al wat nog kort, is

die motivering om hierdie laaste eksamens

deur te sien. Nog net die rekordeksamen

en eindeksamen lê voor. Met genoeg

motivering sien mens nie net kans vir die

aflê van die eksamen nie, maar ook die

voorafgaande voorbereiding.

Gee pad voor my! Henk Crouse vertel sy storie.

Oorspronklike sin

• Let op plek van die tweede

werkwoord

(HOOFLETTERS)

(Ek) WAS (vroeg een oggend) op pad

kantoor toe.

(Skielik) HET ’n taxibestuurder) voor my

ingery.

Ek HET( by die volgende verkeerslig)

uitgespring (en die bestuurder se deur

oopgepluk).

Die taxibestuurder (HET my met ‘n

skroefsleutel) geslaan.

Hy het gesê: (“Ek IS jammer.”)

Ek WAS (baie kwaad).

Ek WAS gelukkig (dat ek net twee steke

MOES KRY).

Ek (IS skaam) oor my optrede

Ek WAS nog nooit (iemand wat

aggressief was )nie.

Ek (HET baie stres ervaar).

Ek WAS( nie ‘n aangename mens nie).

(Mense wat in Suid-Afrika WOON),

WORD kwaad as hulle bestuur.

(VOLG) die verkeersreëls!

A – Aksie

Gelukkig is die wedloop nog nie verby nie

en selfs dié wat so ‘n bietjie te rustig agter

gedraf het, kan nog opvang. Dis nou ‘n

tyd om betrokke te raak, al die klasse by

te woon en te sorg dat al jou werk, notas

en opsommings op datum is. Soos enige

ander reis, is daar ‘n tyd om voet in die

hoek te sit, die petrol te trap en te sorg dat

jy die laaste deel van die pad veilig, maar

vinnig agter die rug kry.

T – Terugvoer

Een van die belangrikste hulpbronne tot

jou beskikking is jou matriekonderwysers

en die werk wat jy by hulle gedoen het.

Goeie terugvoer oor jou eksamens en

toetse help jou om voorbereid te wees vir

wat toekomstige vraestelle van jou mag

vereis en leer jou om nie weer dieselfde

foute te maak nie. As jy goed deur jou

vorige eksamenvraestelle en toetse gaan,

kan jy soveel leer van beide die vak en

jouself.

Voorbeeld:

Oorspronklike hoofgedagte: Die sielkundige meen

daar is soveel padwoede in Suid-Afrika, omdat almal

geneig is om verkeersreëls soos die spoedgrens te

ignoreer.

• Daar is soveel padwoede, omdat almal

verkeersreëls ignoreer.

‘n Oefening om jou te help om sinne vir die

opsomming oor te skryf:

Om te wys hoe jy sinne kan verander, kyk ons nou na

‘n paar feite uit die artikel oor padwoede. Dis nou

sommer ook waar ons twee vlieë met een klap gaan

slaan, want dis presies dieselfde tipe sinne wat jy in

die Taalafdeling gaan kry.

’n Paar idees om die sin jou eie te

maak.

• Die woorde wat gaan skuif, is

tussen hakies

• Begin met die tydwoorde.

• Begin met onderwerp (subjek)

• Gee ’n sinoniem

• Begin met plekwoorde

• “en” - Groep 1 word vervang deur “toe”

- Groep 2

Aktiewe na lydende/passiewe vorm.

• Indirekte rede

• Voornaamwoord

Intensiewe vorm of een woord vir baie.

Maak gebruik van die infinitief

Voornaamwoord

Meer woorde na minder

Sinonieme en idiomaties

Teenstelling en een woord vir baie

Baie woorde na een woord.

Sinoniem

Bevel - Kan behoort gebruik. of

Bevel - Voeg moet in

DIE OPSOMMING

Hoe jy te werk moet gaan:

• Lees die hele leesstuk goed deur. Moenie dat onbekende

woorde jou intimideer nie. Probeer om die stuk as geheel te

verstaan; dan kan jy selfs raai wat sommige woorde beteken.

• Lees elke paragraaf ‘n paar keer deur.

• Soek die hoofgedagte in elke paragraaf en kleur dit met ‘n neon

pen in. Die hoofgedagte is die belangrikste feit in die sin

waarsonder die sin nie sal kan bestaan nie.

Die veranderde sin

• Die geskuifde woorde is tussen

hakies.

(Vroeg een oggend) WAS (ek) op pad

kantoor toe.

(‘n Taxibestuurder) HET (meteens) voor my

ingery.

(By die volgende robot)

HET (ek) uitgespring (toe HET ek die

bestuurder se deur oopgepluk) .

(Ek IS met ‘n skroefsleutel [deur die

taxibestuurder] ) geslaan.

Hy het gesê (dat hy jammer IS).

Ek WAS (smoorkwaad / woedend).

Ek WAS gelukkig (OM net twee steke TE

KRY).

Ek (SKAAM my) oor my optrede.

Ek WAS nog nooit (‘n aggressiewe mens)

nie

Ek (WAS baie gespanne).

Ek WAS ‘n (onaangename) mens.

(Suid-Afrikaners) WORD kwaad (wanneer)

hulle bestuur.

(Jy BEHOORT die verkeersreëls te volg)!

(Jy MOET die verkeersreëls volg)!

• Stroop die sin van alles wat onnodig is.

• Onthou dat jy dit wat gegee word, moet opsom en nie jou eie

mening oor die saak moet gee nie.

INSTRUKSIES

• Jou opdrag: Noem SEWE wenke hoe om nie op die pad

kwaad te word nie.

• Jy moet dus slegs die wenke noem.

• Skryf elke wenk in jou eie goeie volsin neer.

• Jy mag slegs een sin oor elke wenk skryf.

2 Leer en presteer, graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 7 Augustus 2007

R – Reg

‘n Suksesvolle matrikulant is een wat nie

net reg voel vir die eksamens nie, maar

ook voel dat hy of sy emosioneel en

sielkundig reg is vir hierdie uitdaging. Jy

het twaalf jaar voorberei vir hierdie punt en

jy het beide akademies en as mens

gegroei. Dink maar terug aan hoe

onvolwasse jy nog in graad 1 was, graad 7

of selfs graad 9. As matrikulant skryf jy

hierdie eksamens as ‘n jong volwassene

en kan jy daarom glo in jou vermoë om jou

doelwitte te behaal en die beste van die

geleentheid te maak.

I – Inligting

Natuurlik gaan enige akademiese werk oor

inligting. Hoe meer kennis jy oor iets het,

hoe meer gemotiveerd en gemakliker gaan

jy met die werk wees. Jy moet nie net jou

beste gee om jou werk so goed moontlik

te ken nie, maar basiese inligting oor

wanneer jy skryf en hoe die vraestelle mag

lyk, sal jou baie veiliger laat voel. Ou

vraestelle, ekstra klasse en inligtingsessies

by die skool kan jou help om stewig met

jou voete op die aarde die eksamen binne

te gaan.

E – Ek

Die een lekker ding van matriekeksamens

is dat die hele wêreld verstaan dat dit ‘n

belangrike tyd vir jou is. Almal se fokus is

op jou – beide positief en miskien met

verwagtinge. Dis ‘n tyd waarin jy mooi na

jouself moet kyk en seker moet maak dat

jy elke dag reg is vir die uitdaging van die

eksamens. Rus genoeg, eet gesond, doen

steeds bietjie oefening en ’n bederf so nou

en dan sal sekerlik nie skade doen nie.

K – Klaar

Die wonderlikste woord moontlik vir enige

matrikulant is om te kan weet iets is klaar.

Met elke vraestel kan jy ‘n groot sug van

verligting slaak en weet dat jy klaar is met

een deel. Dis ‘n heerlike doelwit om na uit

te sien en die dag wat jy heeltemal

klaarmaak, kan jy trots wees op hoe jy die

uitdaging aangepak het.

Baie sterkte met hierdie laaste

pylvak !

• Skryf jou sinne puntsgewys en onder mekaar van 1 tot 7 neer.

• Laat 'n reël tussen die sinne oop.

• Jou opsomming mag nie langer as 100 woorde wees nie.

• Dui die getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

• Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 100 woorde skryf of as jy

nie die getal woorde aandui nie.

Mense word maklik kwaad op Suid-Afrikaanse paaie. Hier volg

wenke wat kan keer dat jy as motoris ander kwaad maak.

1. Moenie stadig in die regterbaan ry nie, maar beweeg liewer oor

in die linkerbaan. Wanneer iemand kort op jou hakke ry, beweeg

dan ook liewer oor na die linkerbaan.

2. Volg die twee sekonde-reël deur nie te naby aan die persoon

voor jou te ry nie. Handhaaf die regte volgafstand tussen jou en

die motor voor jou.

3. Bly weg van handgebare af en moenie die toeter gebruik

behalwe waar jy moet waarsku nie. ’n Onskuldige gebaar, soos

om jou kop kwaai te skud, kan iemand finaal breek en jy word

dan die slagoffer van iemand met padwoede.

5. Vermy oogkontak. Deur iemand in die oë te kyk, kan ’n

onpersoonlike voorval ’n persoonlike tweegeveg word waarin

iemand gaan seerkry.

6. Soek iemand om jou te help as jy kan sien daar sal probleme

wees. Skakel die polisie met jou selfoon. Ry na ’n plek waar daar

ander mense is, verkieslik die polisiekantoor. Druk die toeter om

ander mense se aandag op julle te vestig. Moenie huis toe ry en

moenie uit jou motor klim nie.

7. Verander jou eie houding op die pad en wees ‘n bestuurder wat

nie kwaai is nie. Wees verdraagsaam teenoor ander bestuurders

en gun hulle ook plek op die pad.

8. Wanneer jy voel jy kan jou padwoede nie beheer nie of wanneer

dit jou gesondheid aantas, is hulp nodig. Wanneer jou bloeddruk

styg, jou hart vinniger klop en jou immuunstelsel nadelig

be˚nvloed word, word jy die slagoffer van padwoede.

Kringe in ‘n Bos

Kant aantekeninge

Nou beskikbaar

Heinrich Swanepoel 072 454 2822

hwswanepoel@hotmail.com • Posbus 55149, Arcadia 0007

1.1 As dit gegee is dat cos(A – B) = cos A cos B + sin A sin B,

lei ‘n formule vir sin(A + B) af. (4)

1.2 Bewys dat 2 sin 5A cos 4A – sin 9A = sin A (5)

1.3 Deur gebruik te maak van die basiese identiteite, bewys dat

1.4 (6)

1.1 sin(A + B) = cos[90° – (A + B)] = cos[(90° – A) – B]

= cos(90° – A)cos B + sin(90° – A)sin B

= sin A cos B + cos A sin B

1.2 LK = 2 sin 5A cos 4A – sin(5A + 4A)

= 2 sin 5A cos 4A – [sin 5A cos 4A + sin 4A cos 5A]

= 2 sin 5A cos 4A – sin 5A cos 4A – sin 4A cos 5A

= sin 5A cos 4A – sin 4A cos 5A

= sin(5A – 4A) = sin A = RK

1.3

1.4

Vraag 1

Vraag 1 Memo

Vraag 2

2.1 As dit gegee word dat 5 cos B = 3 en B [90°; 360°],

bepaal:

2.1.1 die waarde van tan 2B met behulp van ‘n skets; (7)

2.1.2 die kwadrant waarin die hoek 2B val. (2)

Vraag 2 Memo

2.1.1

2.1.2

Vraag 2

2.1 Bereken die waarde van elk van die volgende sonder

sakrekenaar:

2.1.1

2.1.2

2.2 As dit gegee word dat 5 sin A = 4; 0° ≤ A ≤ 90° en 5 cos B

= 4; 270° ≤ B ≤ 360°, bepaal sonder sakrekenaar die

waarde van sin(A+ B). (7)

2.3 As sin 56° = m, bepaal die waarde van elk van die

volgende in terme van m:

2.3.1 sin(–236°) (3)

2.3.2 cos 112° (3)

2.3.3 sec 484°. sin 304° . cosec 236°

2.4

(7)

2.4.1 Skryf ˆR in terme van ˆP en ˆQ

2.4.2Bereken vervolgens die waarde van tan R sonder om die

(1)

grootte van enige hoeke te bereken. (5)

Vraag 2 Memo

2.1.1

2.1.2

(3)

(3)

(7)

2.2 x = 3 en y = – 3

sin(A + B) = sinA.cosB + sinB.cosA

2.3.1

2.3.2

2.3.3

2.4.1

2.4.2

Vraag 3

3.1.1Bepaal die algemene oplossing van sin(2x + 30°) = tan

145°, afgerond tot een desimale syfer. (6)

3.1.2 Gee vervolgens die waarde(s) van x as x [0° ; 360°] (2)

3.2 Los op vir y: (5)

3.3 Los vir 0– op vir die interval [0° ; 180°] in elk van die

volgende vergelykings:

3.3.1 (2)

3.3.2 (6)

3.4 Bewys m.b.v. die basiese identiteite dat:

(7)

3.5 Die afstand d wat afgelê word deur ‘n voorwerp word

gegee deur die vergelyking: d = 1 + cos x – cos 2 x

3.5.1Gebruik vierkantsvoltooiing en skryf d in die vorm d =

a(cos x + p) 2 + q (4)

3.5.2As 0° < x < 90°, vind die maksimumwaarde van d en die

waarde van x wat hierdie maksimumwaarde gee. (3)

Vraag 3 Memo

3.1.1

3.5.2

3.2

3.3.1

3.3.2

Leer en presteer, graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 7 Augustus 2007 3

3.4

3.5.1

3.5.2

4.1 Trek op dieselfde assestelsel sketsgrafieke van die

volgende vir x ? [0°;270°]:

f = {(x;y) / y = – 1 + cos x} en

g = {(x;y) / y = cos 2x}

Dui alle afsnitte met die asse, minimum- en

maksimumwaardes aan. (6)

4.2 Beantwoord nou die volgende m.b.v. die grafieke:

4.2.1 Wat is die waardeversameling van f? (1)

4.2.2 Wat is die periode van g? (1)

4.2.3Vir watter waarde(s) van x is g(x) – f(x) ‘n

maksimum en wat is daardie maksimum? (2)

4.2.4 Vir watter waarde(s) van x is f(x).g(x) ≤ 0? (4)

4.2.5As x [0°;270°], bereken die waarde(s) van x

sodat –1 + cos x = cos 2x (6)

4.1

5.1 Gegee die funksie

Bepaal die waarde(s) van x waarvoor y ‘n

minimumwaarde het.

5.2 Gegee die uitdrukking

5.1

5.2

6.1

Vraag 4

Vraag 4 Memo

Vraag 5

Bepaal die maksimumwaarde van die uitdrukking en die

waarde(s) van x en y waarvoor die uitdrukking ‘n

maksimum waarde het. (4)

Vraag 5 Memo

Vraag 6

6.2 Bewys dat in enige

6.3 Die raamwerk vir ‘n konstruksie

bestaan uit ‘n koordevierhoek

BCDE in die horisontale vlak en ‘n

vertikale paal AB soos in die figuur

aangetoon. Vanaf E is die

hoogtehoek van A y°. BE = BC en

B ˆ DC = x˚

Vraag 6 Memo

4.2.1

4.2.2

4.2.3

4.2.4

4.2.5

6.1 Teorie – Sorg dat jy ALLE teorie ken!!

6.2

(4)

(7)

(6)

Die jaar staan nou vinnig einde toe! Met die rekordeksamen op hande

het ons nodig om na die formaat van vraestelle en moontlike vrae te

kyk.

Eerste die Literatuurstudie-vraestel: Moet asseblief nie jaag nie,

jy het 3 uur om die vrae te beantwoord!

Algemene wenke

1. Leerders is geneig om té lang antwoorde te gee by kontekstuele

vrae. Laat jou lei deur die puntetoekenning! ’n Vraag wat 2 punte tel

se antwoord kan tog nie ’n halwe bladsy lank wees nie!

2. Nommer in die middel, sodat antwoorde op hulle eie staan. Maak

dit vir die nasiener maklik om na te sien.

3. As die vraag sê: ‘gee een woord’ móét jy nét één woord gee.

4. Die vraestel bestaan uit 3 afdelings: gedigte, drama en prosa.

• (Jy moet vrae uit elke afdeling beantwoord)

Afdeling A: Poësie

1. Die HG-leerders kry ’n onbekende gedig! SG kry net bekende

gedigte. Hier gaan jou kennis van verskillende poësieterme getoets

word.

2. Jy gaan ’n keuse hê tussen kontekstuele vrae en ’n paragraaftipe

vraag.

Kyk na die volgende twee gedigte as voorbeeld.

Lees die onderstaande gedig, DIS-ABILITY deur Peter Snyders,

noukeurig deur en beantwoord die daaropvolgende vraag.

Dis-ability

1 Ek sit hiesa elke dag

2 onder die boem

3 met my doppie,

4 ek henner niemand nie.

5 Elke end van die maand

6 trek ek disability – nei,

7 war veterans –

8 dit betaal meerderer.

9 Ma kry nog maintenance grant vir Kettie,

10 maar ek is specially bly

11 dat Ma oek nou Old Age trek –

12 dis darem ’n ietsie meerder.

13 Ja, ek is heeltemal heppie

14 hier tussen die groente;

15 die goewerment sorg:

16 hy móét.

Final examination preparation

Examination format of the final examination of English Additional

Language:

Fulltime candidates write two papers in the Senior Certificate

Examination.

Paper 1 consists of a reading comprehension for 35 marks, a

point-form summary for 10 marks and language study for 35

marks.

Paper 2 is the Literature Paper, which consists of six questions of

which you have to do two for 40 marks each.

Both Paper 1 and Paper 2 are two hours in duration.

Paper 1

1. Reading Comprehension

This section can earn you many marks if you read the passage

thoroughly (more than once) and underline all the key ideas as you

go along.

Remember the following:

• Read through the passage as many times as you need to

understand what you are reading before attempting to answer

any questions. Only after that you can start with the questions.

Remember, the questions are usually arranged according to

the chronology of the passage – that means that the first

questions will be based on the first few paragraphs and the

last questions on the end of the passage.

• Identify the key idea in every paragraph and underline it.

• Identify a key word in each question. Underline it. Now look for

the reference in the passage. The answer will most probably

be close to the key word.

• The easiest question type in this section will be a direct

reference question. This usually includes who, what, where,

why and how questions and are straightforward questions with

straightforward answers, for example: “What was the

occupation of Basil’s father?” The answer will be given directly

in the text.

• The inference-type question is a slightly more difficult type of

question. The answer is not given directly but the answer is

suggested, for example, the sentence: “My, but you have lost

a lot of weight!” could imply that the woman was fat to start

with.

• True/ False-questions must be proved from the passage by

means of a quote or sometimes you have to give your own

1. Met watter tipe verteller het ons in dié gedig te make? (1)

2. Na wie verwys 'hy' in reël 16? (1)

3. Verduidelik wat die funksie is van die aandagstrepe in reëls 6 en 7.

(1)

4. Dink jy die taalgebruik in die gedig is enigsins funksioneel?

Motiveer jou antwoord. (2)

5. Gee die korrekte Afrikaans vir:

5.1 henner (reël 4)

5.2 maintenance (reël 9) (2)

6. Wie of wat is die 'goewerment' (reël 15) (1)

7.1 Stem jy saam met die spreker se siening van die situasie? (1)

7.2 Motiveer jou antwoord. (1)

Lees die onderstaande gedig, EGBREEK deur Everwyn Wessels

noukeurig deur en beantwoord die daaropvolgende vraag.

Egbreek

1 Hy vat haar, en hy gooi haar weg;

2 Sy was half-goed en hy half-sleg.

3 En op die kruispad speel ’n kind,

4 in weer en wind.

Egskeiding is die bron van alle kwaad in ons samelewing.

Bespreek bogenoemde stelling in 100 – 120 woorde deur te verwys

na:

• die titel.

• die spreker se standpunt van die skuldige party.

• jou standpunt van die skuldige party.

• Wie is die verloorder? (10)

3. Maak seker dat jy kennis dra van die volgende :

• Pas titel en inhoud bymekaar – die verteller.

• Beeldspraak; vergelykings; metafore en personifikasie.

• Stylfigure soos: letterlike en figuurlike bedoelings, progressie,

klanknabootsing, alliterasie en assonansie, sinestesie, suggestie.

• Funksionaliteit van leestekens.

• Woordbetekenisse binne teksverband.

Afdeling B: Drama

1. Weer het jy ’n keuse: Kontekstuele vrae of ’n langvraag.

2. Die vangplek: as jy ’n langvraag hier beantwoord, móét jy die

kontekstuele vrae by die prosa-afdeling doen en andersom.

MAAK DUS SEKER JY LEES AL VIER VRAE VOOR JY BESLUIT

WAT OM TE DOEN.

3. Kontekstuele vrae: hier gaan jy ’n uittreksel uit die drama kry en die

vrae sal uit dié leesstuk voortspruit. Dit is dus net soos om ’n

reason. Take care to spell true and false correctly; you only

need to copy the spelling from the paper. Find the appropriate

quote from the passage. If you do provide a reason for your

answer, you will get zero, even if the true or false is correct.

• Sometimes the question states how long the answer has to

be, for example: Quote FIVE consecutive words suggesting

that … . See to it that you quote only five words, which are

following each other in the text (consecutively).

• If a phrase is asked for, see to it that the words do not contain

a main verb. If a clause is required, a main verb should be in

the quote.

• When doing the multiple-choice questions, take at least a

guess if you do not know the answer. You still have a 25%

chance of being correct!

• There are often fact/opinion questions included. Remember, if

no valid proof is given in the passage for the statement made

in the question, it should be considered an opinion. Once

again, check the spelling of fact and opinion.

• After having finished all your answers, read through them once

more to ensure that you have not made any numbering and

spelling errors, that you have not tipp-exed or crossed out

anything and forgotten to write in the correct answer.

2. Summary

You will be expected to do a point-form summary in which you will

extract seven specific key ideas. (Refer to the May supplement for

hints on writing the summary.)

3. Language Study

All language items will be tested in context, that is, an anchor

passage with a specific theme will be given and all the questions

will be based on it.

Language structures that are commonly asked are the

following:

• Punctuation: full stops, commas, colons, semi-colons,

question marks, exclamation marks, dashes, inverted

commas, apostrophes (you could either be asked to punctuate

a sentence or to give the function of a specific punctuation

mark in a sentence).

• Conjunctions: 'joining’ words like since, after, when, although,

not only … but also, neither … nor, etc.(Remember the tense

changes that apply to some, for example when using after,

when and since).

4 Leer en presteer, graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 7 Augustus 2007

begripstoets te beantwoord. Daar sal egter een of twee vrae wees

wat nie op die leesstuk betrekking het nie, maar wel by die

gebeure aansluit.

4. Maak seker van die universaliteit van die drama – jy kan só ’n

vraag verwag.

5. Jy kan ook ’n vraag verwag waar jy ’n oordeel moet uitspreek bv.

"As jy X was, hoe sou jy opgetree het? “Jou antwoord kan

gewoonlik positief of negatief wees – sorg net dat jou motivering

by jou antwoord pas!

6. Om die langvraag te beantwoord, is eintlik nie so moeilik as wat jy

dink nie. Volg die volgende riglyne en dit behoort goed te gaan! Ek

gaan nie die inhoud bespreek nie, slegs die tegniek.

Voorbeeldvraag

Die leuen en die waarheid speel ’n groot rol in Die Keiser van Bartho

Smit. Uiteindelik word die leuens in hierdie drama ’n uitbeelding van

die unviersele leuen wat ons in die moderne wêreld aantref. Bespreek

hierdie stelling in 250 – 300 woorde en gee spesifiek aandag aan:

• leuens wat die ministers vertel.

• die leuen wat die Keiser leef.

• die Wewer se leuen.

• die valsheid van en die onsekerheid oor uitsprake van moderne

politieke leiers soos gesien kan word in kwessies soos bv. Irak,

Zimbabwe en verkiesings in Afrika. (20)

ONTHOU

Moenie die woordbeperking oorskrei nie! Daar

is 4 aspekte waaraan jy moet aandag skenk, dus :

300 ÷ 4 = 75 woorde per aspek. Nie meer só skrikwekkend nie, nê!

Deel jou vraag dan ook in 5 paragrawe – altyd een meer, want jy moet

’n inleiding skryf.

• Inleiding (paragraaf 1): Hier maak jy ’n stelling; jy sê waaroor die

vraag handel.

• Paragraaf 2 Maak jou eie sin na aanleiding van wat jy moet

Paragraaf

Paragraaf

bespreek,

3 bv. Die ministers het baie leuens vertel/Die Keiser

leef in ’n

4 leuenwêreld, want … Die wewer lieg oor …

• Moenie opskrifte gebruik nie! Maak dit net die eerste sin van jou

nuwe paragraaf.

• Paragraaf 5: laaste paragraaf. Hier moet jy gewoonlik ’n eie

mening gee of soos in bogenoemde geval ’n vergelyking tref. Jy

begin dus met ’n inleidingsin (jou mening/die vergelyking) en dan

volg jou motivering of gevolgtrekking.

• Active/passive voice: The boy kicks the ball The ball is

kicked. You must know the passive structures of all the tenses.

• Questions with question words: who; what; where; when;

how; etc.

• Questions without question words but formed by means of

auxiliary verbs: do; does; did; has; have; had; is; are; am; etc.

• Tag questions: e.g. The boy is ill, isn't he?

• Negatives: either using 'not' or words like neither … nor;

none; nobody, etc. Negative structures in compound

sentences where there are two or more verbs and all verbs are

changed into the negative could also be tested. (Remember, if

you have the word already in a sentence, you change it to yet

when forming a question, negative or tag question.)

• Reported speech: starting with either a present or past tense

introductory verb. Remember the tense, pronoun and time and

place indicator changes when starting with a past tense

introductory verb especially.

• Manipulation of different parts of speech: eg changing a

noun into an adjective: The girl sings (beauty). The girl

sings beautifully.

• All tenses: Know the time words and verb structures of each.

• PLEASE NOTE: This is only a framework of those language

items most commonly asked. Use the above points as a

skeleton framework, which needs to be fleshed out a little.

Work through old exam papers to make certain that you have

covered all possible language structures.

Om die

studiegids

te bestel

skakel

011 713 9147

In vandag se Bylaag gaan ons kyk na algemene foute wat leerders

maak by die skryf van die Aardrykskundevraestelle. Ons gaan

sommige van hierdie foute ontleed en dan ook probeer om hierdie

foute reg te stel. As gevolg van ‘n gebrek aan ruimte, kan ons

slegs aan enkele van hierdie algemene probleme aandag gee.

ALGEMEEN:

Die volgende probleme is universeel en word deur baie

leerders gemaak:

Probleem Oplossing

1. Terme word

verkeerd

omskryf.

2. Leerders ken

nie die

vaktaalgebruik

nie en

sukkel om

hulleself uit

te druk en

om genoeg

te skryf om

‘n vraag te

beantwoord.

3. Leerders het

probleme

om sketse

en grafieke

reg te

interpreteer.

4. Leerders

teken

nuttelose

sketse en

diagramme.

5. Leerders

behaal swak

punte.

6. Leerders

interpreteer

die vrae nie

korrek nie.

7. Leerders kry

nie klaar met

die vraestel

nie.

Dit is ‘n algemene probleem, want leerders

leer nie die betekenis van die terme uit

hulle koppe nie. Onderwysers kan hier van

groot hulp wees deur aan die begin van

elke hoofstuk ‘n termelys te gee,

waarvandaan die leerders dit dan kan leer.

Onderwysers kan ook ‘n opdrag aan

leerders gee om na elke les bepaalde terme

op te som. Sonder die kennis van al die

terme, sal die leerder nie die vraestel kan

beantwoord nie.

Dit kan oorkom word deur van vroeg af

reeds ou vraestelle te bestudeer en te

beantwoord. Die enigste manier om aan te

leer hoe om die vrae te beantwoord, is deur

dit te oefen, oefen, oefen.

Jy moet die gewoonte aanleer om elke

woord en syfer op sketse, tabelle en

grafieke te lees. Baie inligting word hierin

versteek. So moet jy kan sien of jy bv.

getalle met 1 000 of 1000 000 moet

vermenigvuldig. Jy moet lees wat die x-as

en y- as van die grafiek voorstel en dan

begryp dat enige punt op die grafiek die

verband tussen hierdie twee gegewens

toon. Jy sal net deur oefening hierdie

vaardigheid onder die knie kan kry.

Sketse en diagramme wat nie volledig

benoem en verduidelik word nie, kan nie

punte verdien nie.

Dit is die grootste probleem van almal en

dit is omdat leerders nie hulle werk ken nie.

Jy kan slegs ophou leer, indien jy seker is

dat jy al die werk ken! En onthou: werk wat

jy nie verstaan nie, sal jy nie onthou nie.

Maak seker dat jy oplet in die klas en die

onderwyser vra as sekere werk/begrippe vir

jou onduidelik is. Om ‘n paar uur voor die

toets te leer en dan te hoop dat jy die werk

sal ken, is nie voldoende nie. Die kennis

oor die werk sal nie uit die lug op jou

toesak nie. Jy is reeds onder stres in

eksamentoestande – moet nie nog meer

spanning op jouself plaas deur nie die werk

te ken nie.

Hierdie punt hou ook verband met punt 5.

Leesvaardighede van leerders word al hoe

swakker, maar dit is nie ‘n verskoning nie.

Jy kan dit oorkom deur sekere tegnieke toe

te pas. Indien jy daarvan hou om woorde te

onderstreep of opsommings te maak

wanneer jy leer, sal dit jou in die eksamen

help om woorde te onderstreep om seker

te maak jy sien wat daar werklik staan.

Indien jy in kleur leer, sal dit jou help om ‘n

“highlighter” saam te neem en belangrike

woorde te merk. Pas net op dat jy nie

soveel tyd spandeer aan hierdie

hulpmiddele dat jy nie klaarkry met jou

vraestel nie! Leerders wat hardop leer, kan

die vrae liplees – d.w.s die woorde met jou

lippe vorm, maar nie so dat dit iemand

naby jou sou pla nie.

Tydsbeplanning is baie belangrik. In die

teorievraestel het jy 60 minute per vraag tot

jou beskikking – en dit sluit leestyd in. Hou

jou horlosie byderhand en maak seker dat

jy nie onnodige tyd mors op vrae waarvan

jy die antwoord nie ken nie. Gaan liewers

aan met ‘n volgende vraag en kom dan

later terug na onbeantwoorde vrae. Kyk

ook na die puntetelling. Moenie paragrawe

vol skryf as ‘n vraag net een of twee punte

tel nie.

Probleem Oplossing

8. Leerders

beantwoord

nie die vrae

volgens

instruksies

nie – soms

te veel,

soms te min.

9. Leerders

skryf

onleesbaar

en uiters

slordig.

10.Numering

van

antwoorde is

nie altyd

duidelik nie.

In vraestel 1 mag jy net DRIE vrae

beantwoord en wel volgens die volgende

instruksies:

uit Afdeling A: slegs EEN vraag;

uit Afdeling B: slegs EEN vraag;

uit Afdeling C: slegs EEN vraag.

Jy mag nie al ses vrae doen nie; jy mag

ook nie ‘n afdeling uitlos nie. Jy moet ook

‘n hele vraag volledig beantwoord voor jy

na ‘n volgende afdeling gaan.

In die kaartleesvraestel is alle vrae

verpligtend!

Nasieners is onder geweldige druk om die

vraestelle na te sien. Onleesbare skrif en ‘n

deurmekaar gekrap sal die leerder nadelig

beïnvloed. Probeer jou werk netjies,

georden en leesbaar hou.

Bly asb. by die numering van vrae soos op

die vraestel aangetoon. Nommer alle vrae,

ook onderafdelings van vrae, in die middel

van die bladsy en beantwoord dit dan

daaronder, bv.

VRAAG 1

1.1

1.1.1

1.1.1(a)

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

xxxxxxxxxxxxxxx

1.1.1(b)

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

xxxxxxxxxxxxxxx

In Bylaag 1 is enkele van die Klimatologieprobleme reeds

gehanteer. Verwys daarna.

Probleem Oplossing

1. Leerders

verwar koue en

warm fronte.

Hulle verstaan

ook nie die

verskil tussen

die planaansig

van die fronte

en die

deursnitte

daarvan nie.

2. Leerders

verwar die

betekenis van

die terme

noordfronthang

en noordelike

hang en

suidfronthang

en suidelike

hang.

3. Leerders

verwar

katabatiese

winde

(hellingdaalwinde)

en

bergwinde

met mekaar.

KLIMATOLOGIE

Koue fronte is dié simbool op die weerkaart

met die driehoekies en warm fronte met die

halfmaantjies (sien weerkaart Bylaag 1). Dit

wat jy op die weerkaart sien, is die

planaansig, met ander woorde van bo af.

Die voorpunt van die driehoekies of

halfmaantjies dui die rigting aan waarin die

lug beweeg. Die lyn van die front is dus die

skeiding tussen die warm en koue

lugmassa op die oppervlakte.

Die deursnit toon die skeiding tussen die

lugmassas soos dit in die atmosfeer

voorkom. Die driehoekies en halfmaantjies

word nie hier getoon nie. Omdat die koue

lug agter die koue front aan beweeg, strek

die lyn na agter. Omdat die warm lug agter

die warm front bo-oor die koue lug skuif,

strek die lyn na vorentoe.

In ‘n oos-wesvallei sal een hang na die

noordekant toe wys en die ander hang na

die suidekant toe. Die hang wat na die

noordekant toe wys, is die noordfronthang

en in ‘n vallei sal dit die suidelike hang

wees (die hang lê dus aan die suidekant

van die vallei, maar wys na die noordekant

toe). Hierdie hang is die warm hang. Die

suidfronthang is net omgekeerd. Onthou: in

die suidelike halfrond sal die hang wat na

die ewenaar toe wys, die warmste hang

wees. Omdat die ewenaar aan die

noordekant van die suidelike halfrond is, sal

dit dus altyd die noordfronthang wees (sien

skets hieronder).

Katabatiese winde kom in ‘n vallei van ‘n

bergreeks voor, waar die koue lug snags

afwaarts in die vallei beweeg. Hierdie

valleie is gewoonlik nie baie diep nie, met

‘n klein hoogteverskil tussen die kruin en

basis van die vallei.

Bergwinde is warm winde wat teen ‘n

platorand afsak, saamgepers word as

gevolg van die groot hoogteverskil en dan

warmer word. Daar is dus ‘n groot

hoogteverskil tussen die kruin en die basis

van die berg. Indien daar ‘n bergwind teen

die platorand voorkom, sal daar nie ‘n

Probleem Oplossing

katabatiese wind in daardie deel van die

berg wees nie, aangesien die bergwind die

oorheersende lugbeweging sal wees.

Katabatiese wind

GEOMORFOLOGIE

Probleem Oplossing

1. Leerders

begryp nie

die verband

tussen afloop,

insyfering,

dreineerdigtheid

en

erosievermoë

nie.

2. Leerders kan

nie die

verskillende

stroompatroneidentifiseer

nie en

ken nie die

kenmerke van

elkeen nie.

3. Leerders ken

nie die

verskillende

name van die

landvorme

wat ontstaan

uit horisontale

of hellende

lae en uit

massiewe

stollingsgesteentes

nie.

4. Die begrip

gradering/

vereffening

skep dikwels

‘n probleem.

Wanneer baie water teen die helling afloop

en min water insyfer, dan beteken dit dat

daar baie water beskikbaar is om grond

weg te spoel en om ‘n hoë dreineerdigtheid

te skep. Al die faktore wat hier ‘n rol speel,

moet dus gesien word in die lig van of dit

water laat afloop en of dit water laat insyfer.

So bv. sal gesteentes wat ‘n hoë porositeit

en hoë permeabiliteit het, baie water laat

insyfer en is daar dus nie water beskikbaar

om grond weg te spoel of vir ‘n hoë

dreineerdigtheid nie. Maar as die

ondergrond reeds baie versadig is, sal

water nie insyfer nie en is daar meer

geleentheid tot afloop en baie erosie en ‘n

digte netwerk.

Ons kan dit so voorstel:

Stroompatrone word bepaal deur die vorm

wat die rivierloop aanneem, asook die wyse

waarop sytakke bymekaar aansluit. Dit kan

òf bepaal word deur die gesteentetipe

waaroor die rivier vloei, òf die landskap

waarop die rivier vloei.

Die beginsel hier is om die

weerstandbiedende laag te soek, wat

gewoonlik die boonste laag van die

landvorm is. Kyk dan hoe hierdie laag lyk –

is hy plat en horisontaal, plat en skuins of

een groot massa? As hy plat en horisontaal

is, is dit ‘n landvorm van die horisontale lae

(plato, tafelberg/mesa, tafelkop/butte,

spitskop. ‘n Canyon en badlands pas ook

hier in). As die laag plat, maar skuins is, is

dit ‘n landvorm van die hellende lae

(cuesta, homoklinale rug, skerprugbult).Die

term “homoklinale rug” word ook gebruik

as ‘n versamelnaam vir alle hellende

landvorme. As dit een groot massa is, is dit

’n landvorm van die massiewe

stollingsgesteentes (stapelrots, koepel).

Maak seker jy ken die onderskeid tussen

die verskillende landvorme.

‘n Rivier met ‘n gladde, konkawe profiel is

‘n gegradeerde/vereffende stroom. Só ‘n

stroom se eienskappe (volume, helling,

kanaalvorm, grofheid van die bedding) is in

só ‘n balans met mekaar dat die snelheid

net presies voldoende is om die vrag in die

rivier te vervoer sonder dat erosie of

afsetting van die vrag plaasvind. Die

erosietempo en die afsettingstempo is dus

gelyk aan mekaar.

Beeld in onderwys

en Beeldskool wens alle

matrikulante baie sterkte en

sukses toe met die eksamen

en die toekoms

Leer en presteer, graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 7 Augustus 2007 5

Die Rekordeksamen is amper hier en vandag gaan ons ‘n bietjie

kyk na STROOMBANE, veral na INTERNE WEERSTAND, HITTE

ONTWIKKEL IN ‘N STROOMBAAN en ARBEIDSTEMPO of

DRYWING.

Interne Weerstand en EMK

Wanneer ons ‘n voltmeter oor ‘n battery skakel en daar vloei geen

stroom in die stroombaan nie, lees die voltmeter die emk van die

battery.

Die emk van ‘n battery verteenwoordig die totale

moontlike energie wat die battery aan een Coulomb

lading kan lewer vir beide die eksterne en die interne

stroombaan saam.

Kom ons praat net eers gou oor eksterne en interne

stroombaan. Met eksterne stroombaan bedoel ons alles wat in

die stroombaan gebeur, buitekant die battery. Hierdie

stroombaan sluit dus niks in wat in die battery gebeur nie. Met

interne stroombaan bedoel ons alles wat in die battery gebeur:

dit het niks te doen met dit wat buitekant die battery gebeur

nie.

As die skakelaar egter toegemaak word en die stroom vloei in die

stroombaan, word die lesing op die voltmeter oor die battery ‘n

bietjie minder. Die rede is dat die voltmeter nou net die

potensiaalverskil meet oor die eksterne stroombaan. Die voltmeter

vertel dus nou vir ons wat beskikbaar is vir die res van die

stroombaan: dit sluit die energie wat binne in die battery gebruik

word uit. Die verskil tussen die emk en die eksterne

potensiaalverskil staan bekend as die verlore volts of die interne

potensiaalverskil.

Verlore volts is die energie wat per coulomb lading in die

sel gebruik word om die interne weerstand te oorkom.

Die battery is self ook ‘n weerstand (het jy al gevoel dat ‘n battery

warm word as jy hom in ‘n stroombaan gebruik) wat energie verskaf

aan die eksterne stroombaan. Die battery het dus interne

weerstand.

Saamgevat:

Kom ons gee aan die volgende simbole die volgende betekenisse:

E emk, d.i. die lesing op die voltmeter oor die battery as daar

geen stroom vloei nie. Ons kan dit ook Vtot noem, omdat dit

energie is wat verskaf gaan word aan die eksterne en die

interne stroombaan.

Vint interne of verlore volts (kan nie direk met ‘n voltmeter

gemeet word nie). Dit is die energie wat die battery gebruik,

omdat hy ook ‘n weerstand is.

V ekst die lesing op die voltmeter oor die battery terwyl die stroom

vloei, d.i. die eksterne potensiaalverskil, die energie wat

beskikbaar is slegs vir die eksterne stroombaan.

R int interne weerstand van die battery.

R ekst eksterne weerstand in die stroombaan (sonder die

interne weerstand van die battery).

RTOT totale weerstand in die stroombaan, ekstern en intern

alles saam gereken.

ITOT totale stroom in die seriestroombaan: die stroom vloei ook

deur die battery.

Alle berekeninge word nog net soos vantevore gedoen: ons gebruik

net of alle eksterne gegewens saam, of alle interne gegewens

saam, of alles, ekstern en intern, saam. Die stroom is altyd die

stroom in die serie stroombaan. Ons skryf die vergelykings wat ons

gaan gebruik by probleme waar die battery interne weerstand het,

as volg:

Hitte Ontwikkel deur ‘n Elektriese stroom

Wanneer ‘n elektriese stroom in ‘n geleier vloei, kan ons dikwels

voel dat die geleier warm word. Daar word weerstand teen die

stroom gebied. Anders gesê: wanneer elektrone tussen die

molekules of atome van ‘n geleier deurvloei, veroorsaak die baie

botsings dat die atome vibreer. Die gemiddelde kinetiese energie

van die elektrone styg en word gemeet as ‘n verhoging in

temperatuur.

Arbeidstempo of drywing

Wanneer enige een van ons ‘n elektriese toestel koop, word daar

gekyk na die “watts”: ‘n 100 W gloeilampie is helderder as ‘n 60 W

gloeilampie; ‘n 1200 W mikrogolfoond is vinniger as ‘n 1000 W

mikrogolfoond. Die arbeidstempo is vir ons belangrik. Dit is die

tempo waarteen die elektriese toestel werk doen.

Saamgevat:

Die twee hoeveelhede hierbo bespreek, is van belang by

stroombane. Die energie wat ‘n liggaam tot sy beskikking het, is sy

potensiële energie. Die energie gebruik om ‘n hoeveelheid

elektrisiteit deur ‘n geleier te laat vloei tussen twee punte

waartussen daar ‘n potensiaalverskil bestaan en die arbeid

verbonde daaraan, word in joule gemeet. Die tempo waarteen

arbeid verrig word, word die drywing genoem en word in watt

gemeet.

Saamgevat:

W warmte-oordrag of energie-omsetting in joule (J)

P arbeidstempo of drywing in watt (W)

V potensiaalverskil in volt (V)

R weerstand in ohm (Ω)

I stroomsterkte in ampere (A)

t tyd in sekonde (s)

Belangrike verwantskappe

Baie van die vergelykings wat ons sover bespreek het, kan makliker

gebruik word deur van die volgende driehoeke gebruik te maak. Die

vertikale lyn in die driehoek verteenwoordig vermenigvuldiging, en

die horisontale lyn verteenwoordig deling.

Baie belangrik: Jy gaan in die eksamen ‘n inligtingspamflet kry

vol vergelykings en formules. Maak seker dat jy weet wat is op die

pamflet en wat nie! Leer dit wat nie daar is nie. Maak verder seker

dat jy weet waarvoor elke simbool staan en in watter eenhede dit

gemeet moet word.

Voorbeelde:

1. In die stroombaandiagram het die voltmeter ‘n baie groot

weerstand. Die weerstand van die geleidingsdrade en ammeter

is onbeduidend klein. Die lesing op die voltmeter is 4 V en die

lesing op die ammeter is 1 A. Bereken

a. die weerstand van R.

b. die interne weerstand van die battery.

Voltmeters het altyd ‘n baie groot weerstand, sodat die stroom deur

die resistor wat in parallel met die voltmeter is, sal beweeg.

Ammeters se weerstand is laag, want die stroom gaan daardeur en

die ammeter moet stroom lees sonder om dit te beïnvloed.

Skryf eerstens al die gegewens op jou stroombaan in, soos bv. die

voltmeterlesing en die ammeterlesing.

a. R = V = 4 = 4 Ω

Onthou die stroom deur R is 1 A en die

1 1

potensiaalverskil oor R is 4 V.

b. Dit is duidelik dat van die 6 V emk, slegs 4 V vir die eksterne

stroombaan beskikbaar is. Die verlore volt is dus 2 V en dit is

Vint int

Stroombane

2. In die stroombaan het die battery ‘n emk van 12 V en ‘n

onbekende interne weerstand. Die lesing op voltmeter V 1 is

11,4 V.

a. Wat is die lesing op V2?

b. Bepaal die lesing op ammeter A.

c. Bepaal die interne weerstand van die battery.

d. Bepaal die potensiaalverskil oor die 15 ohm resistor.

Hier is ‘n stukkie goeie raad: Gebruik kleure om

potensiaalverskil beter te kan raaksien. Begin aan die een kant van

die battery met ‘n spesifieke kleur (viltpenne werk baie goed) (rooi)

en teken al jou verbinders rooi vanaf die battery tot by ‘n volgende

resistor (ignoreer die voltmeters en ammeters). Begin nou aan die

anderkant van die battery met ‘n ander kleur (blou) en doen

dieselfde. Nou maak jy die ander stukkies tussen die resistors

ander kleure bv. die groen tussen die 10 Ω en die 15 Ω resistors.

Enige voltmeter wat tussen dieselfde twee kleure geskakel is (bv.

V1 is tussen rooi en blou, en V2 is ook tussen rooi en blou) het

dieselfde lesing.

a. V1 = V2 = 11,4 V

b. Die totale stroom vloei deur A, maar ons het net Rekst. Rint is

nog onbekend.

c. Om die potensiaalverskil oor die 15 Ω resistor te bepaal, moet

ons eers weet hoeveel stroom vloei deur daardie vertakking

van die stroombaan (dit is die een met die (10 + 15 + 20) Ω).

Die potensiaalverskil oor daardie vertakking is 11,4 V (bereken

in a) (van blou na rooi)

Nou kan ons die potensiaalverskil oor die 15 Ω resistor bepaal:

V = IR = 0,25x15 = 3,75 V

3. In die stroombaan is V 1 en V 2 voltmeter met hoë interne

weerstande. A is ‘n ammeter met ‘n onbeduidende interne

weerstand. Wanneer die skakelaar S “oop” is, is die

voltmeterlesing V 1 = 9 V en die ammeterlesing 0 A. Wanneer

die skakelaar “gesluit” is, is die voltmeterlesing V 1 = 6 V. Met

die skakelaar steeds gesluit, bereken.

a. die ammeterlesing.

b. die interne weerstand van die battery.

c. die lesing op voltmeter V 2.

Dit is duidelik uit die gegewens dat die verlore volts V i = 3 V.

Die weerstand in parallel is (1+2) Ω in die boonste vertakking en

(3+3) Ω in die onderste vertakking.

a. Om die lesing op die ammeter te kry, gebruik ons

c. Om die lesing op V 2 te kry, moet ons die potensiaalverskil

bereken oor XY, YZ, PQ en QR. Daarvoor moet ons weet

hoeveel stroom vloei deur XZ en hoeveel deur PR.

En nou kan ons elke potensiaalverskil bereken met V = IR

VXY = 0,8 x 1 = 0,8 V

VYZ = 0,8 x 2 = 1,6 V

3 Leer en presteer, graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 7 Augustus 2007

b.

Een van die belangrikste verskille in mikro-ekonomie wat jy onder

die knie moet kry is die verskil tussen ’n verandering in vraag

en ’n verandering in hoeveelheid gevra, asook die verskil

tussen aanbod en die verandering in hoeveelheid aangebied.

Buiten die feit dat jy moet weet wat die verskil tussen die

begrippe is, moet jy ook weet watter faktore of gebeure is

verantwoordelik vir ’n verandering in vraag en aanbod en

watter faktore of gebeure is verantwoordelik vir ’n verandering

in hoeveelheid gevra en hoeveelheid aangebied. Hierdie

begrippe en die oorsake wat lei tot die verandering veroorsaak

nogal groot verwarring. Alhoewel hierdie gedeelte gemik is op

Gr12-leerders, kan die Gr 10 en Gr 11-leerders wat besig is met

die nuwe ekonomie sillabus met groot vrug van hierdie gedeelte

gebruik maak.

In die Matriektips vir 2007 wat op 23 April, 13 Augustus en 27

Augustus verskyn, word die verskil tussen ’n verandering in

vraag en ’n verandering in hoeveelheid gevra verduidelik. In

die volgende gedeelte sal die verskil tussen ’n verandering in

aanbod en ’n verandering in hoeveelheid aangebied,

verduidelik word.

Ons hoop regtig dat, nadat jy hierdie twee gedeeltes,

deeglik en intensief deurgewerk het, jy sal agterkom hoe

eenvoudig die verskil tussen die konsepte werklik is.

DIE VERSKIL TUSSEN ’n VERANDERING IN AANBOD

EN ’n VERANDERING IN HOEVEELHEID AANGEBIED

Die wet van aanbod stipuleer dat ’n groter hoeveelheid van ’n

produk aangebied sal word wanneer die pryse hoog is, gegewe

dat alle ander faktore konstant of onveranderd bly. Die

hoeveelheid aangebied van ’n produk sal normaalweg toeneem

(afneem) as die prys styg (daal), ceteris paribus. Die begrip

ceteris paribus verwys na die beginsel dat alle ander faktore

konstant bly.

Die term aanbod verwys altyd na die posisie van die hele

aanbodkurwe. Die algemene definisie van ’n markaanbodkurwe

(dit is die totale aanbodkurwe vir die hele mark) verwys na die

lokus van punte wat verband hou met die verskillende pryse van

’n kommoditeit en die geassosieerde hoeveelhede wat teen

daardie pryse aangebied (lees te koop aangebied) sal word, deur

alle potensiële verkopers / produsente.

Die term hoeveelheid aangebied verwys altyd na ’n spesifieke

lokuspunt op die aanbodgrafiek. Dit verwys dus na ’n spesifieke

lokuspunt wat verband hou met ’n spesifieke prys van ’n

kommoditeit en die geassosieerde hoeveelheid wat teen die

spesifieke prys aangebied (lees te koop aangebied) sal word,

deur alle potensiële verkopers / produsente.

’n Aanbodskedule is ’n tabel wat die pryse van ’n kommoditeit en

die geassosieerde hoeveelhede wat teen daardie pryse

aangebied (lees te koop aangebied) sal word, deur alle potensiële

verkopers, aantoon. Die volgende is ’n voorbeeld van die

aanbodskedule na produk X.

PrysHoeveelheid aangebied

P1 P2 P3 Die volgende grafiek

(figuur 1) stel die aanbodkurwe na produk X voor.

Figuur 1

Q1 Q2 Q3 Kortliks kom dit daarop neer dat die vraag na die totale

aanbodkurwe verwys (dit is die lyn SS) en die hoeveelheid

aangebied na ’n spesifieke punt op die aanbodkurwe verwys (bv.

punt A waar die prys van die produk gelyk is aan P1 en die

hoeveelheid aangebied gelyk is aan Q1) ’n VERANDERING IN HOEVEELHEID AANGEBIED

Onthou dat die markaanbodskedule of die markaanbodkurwe die

verwantskap tussen die verskillende pryse van ’n kommoditeit en

die hoeveelheid aangebied teen ’n spesifieke geassosieerde prys

van daardie kommoditeit toon. Die hoeveelheid aangebied

verwys dus na ’n spesifieke prys, gegewe dat alle ander faktore

konstant bly en die aanbod na die kurwe in geheel.

Wanneer ons die aanbodkurwe in figuur 1 ondersoek, aanvaar

ons dat daar geen verandering in enige ander faktor as prys sal

wees nie. Met ander woorde, slegs die prys van die kommoditeit

kan verander. In die eerste geval (figuur 2) sal ons pryse van P1 na P2 verander en in die tweede geval (figuur 3) vanaf P1 na P3. Geval 1. Figuur 2

Teen die heersende prys P 1 is die hoeveelheid gevra Q 1. Vat ’n

blou pen en trek lyne in om punt A met P 1 en Q 1 te verbind.

Indien pryse verander na P 2, verander die hoeveelheid gevra na

Q 2.. Vat ’n groen pen en trek lyne in om punt B met P 2 en Q 2 te

verbind. Die verandering vanaf Q 1 na Q 2 is die gevolg van ’n

verandering in die prys vanaf P 1 na P 2. Anders gestel is die

verlaging in die hoeveelheid aangebied vanaf Q 1 na Q 2 is die

gevolg van ’n verlaging in die prys vanaf P 1 na P 2.

Voltooi die volgende sin ten opsigte van figuur 2 deur

telkens die korrekte woord tussen hakies te

onderstreep: Teen ’n (hoër / laer) prys is produsente bereid

om (meer / minder) aan te bied. Wanneer pryse (daal / styg)

het ons ’n (verlaging/styging) in die (aanbod / hoeveelheid

aangebied) van ’n produk.

Antwoord: Teen ’n (laer) prys is produsente bereid om (minder)

aan te bied. Wanneer pryse (daal) het ons ’n (verlaging) in die

(hoeveelheid aangebied) van ’n produk.

Geval 2. Figuur 3

Teen die heersende prys P 1 is die hoeveelheid gevra Q 1. Vat ’n

blou pen en trek lyne in om punt A met P 1 en Q 1 te verbind.

Indien pryse verander na P 3, verander die hoeveelheid gevra na

Q 3.. Vat ’n rooi pen en trek lyne in om punt C met P 3 en Q 3 te

verbind. Die verandering vanaf Q 1 na Q 3 is die gevolg van ’n

verandering in die prys vanaf P 1 na P 3. Anders gestel is die

verhoging in die hoeveelheid aangebied vanaf Q 1 na Q 3 die

gevolg van ’n verhoging in die prys vanaf P 1 na P 3.

Voltooi die volgende sin ten opsigte van figuur 3 deur

telkens die korrekte woord tussen hakies te kies: Teen

’n (hoër / laer) prys is produsente bereid om (meer / minder)

aan te bied. Wanneer pryse (daal / styg) het ons ’n

(verlaging/styging) in die (aanbod / hoeveelheid aangebied)

van ’n produk.

Antwoord: Teen ’n (hoër) prys is produsente bereid om (meer)

aan te bied. Wanneer pryse (styg) het ons ’n (verhoging) in die

(hoeveelheid aangebied) van ’n produk.

Watter gevolgtrekking kan ons maak uit hierdie twee gevalle?

Gevolgtrekking: ’n Verandering in die hoeveelheid gevra word

dus veroorsaak deur ’n verandering in prys, gegewe dat ander

faktore konstant bly.

• ’n Styging in die hoeveelheid aangebied word veroorsaak

deur ’n styging in die prys van ’n kommoditeit. Meer

produsente sal bereid wees om meer produkte teen ’n hoër

prys aan te bied.

• ’n Daling in die hoeveelheid aangebied word veroorsaak deur

’n daling in die prys van ’n kommoditeit. Minder produsente

sal bereid wees om meer produkte teen ’n laer prys aan te

bied of dieselfde produsente sal bereid wees om minder of

meer produkte teen ’n laer prys aan te bied.

’n VERANDERING IN AANBOD

Onthou dat die markaanbodskedule of die markaanbodkurwe die

verwantskap tussen die verskillende pryse van ’n kommoditeit en

die hoeveelheid aangebied teen ’n spesifieke geassosieerde prys

van daardie kommoditeit toon. Die hoeveelheid aangebied

verwys dus na ’n spesifieke prys, gegewe alle ander faktore bly

konstant en die aanbod na die kurwe in geheel. Wanneer die

prys van ’n kommoditeit verander, gegewe dat daar geen

verandering in enige ander faktor is nie, verkry ons ’n

verandering in die hoeveelheid aangebied.

Wat gebeur wanneer die prys konstant bly en daar wel ’n

verandering in ’n ander faktor is, bv. ’n verandering in die

hoeveelheid produsente wat ’n spesifieke produk produseer. In

die eerste geval gaan ons aanvaar dat die aantal produsente

toeneem.

Geval 3. Figuur 4

Wanneer die aantal produsente wat ’n spesifieke produk lewer

toeneem, kan dit aanvaar word dat meer van die produk

beskikbaar gaan wees teen al die gegewe prys(e), aangesien

daar nou meer produsente is wat die produk produseer. Die

toename sal by alle pryse geskied. Gevolglik neem die totale

aanbodkurwe toe en verskuif die aanbodkurwe in sy geheel na

regs.

Teen ’n prys P1 is die hoeveelheid gevra Q1. Gebruik ’n blou pen

en trek ’n lyn om punt A met P1 en Q1 te verbind. Indien die prys

konstant op P1 bly en die aantal produsente wat die produk

produseer toeneem, verskuif die aanbodkurwe regs vanaf SS na

S1S1. Teen ’n konstante prys P1 sal die hoeveelheid gevra verhoog

na Q4. Gebruik ’n rooi pen en verbind punt B met P1 en Q2. In hierdie geval is die verandering in hoeveelheid aangebied

(teen ’n spesifieke prys P1) veroorsaak deur ’n ander faktor as ’n

verandering in prys (in die geval ’n toename in die hoeveelheid

produsente). Die prys van die produk het dus konstant gebly,

maar die hoeveelheid aangebied het toegeneem vanaf Q1 na Q4. Voltooi die volgende sin ten opsigte van figuur 4 deur

telkens die korrekte woord tussen hakies te kies: Teen

’n konstante prys sal ’n (toename / afname) in die aantal

produsente wat die produk produseer daartoe lei dat die totale

markaanbod (toeneem / daal) aangesien die produsente nou

gesamentlik (meer / minder) aanbied. Wanneer ’n ander faktor

as pryse daartoe lei dat die aanbodkurwe toeneem en gevolglik

na (regs / links) verskuif, het ons ’n (verlaging/styging) in die

(aanbod / hoeveelheid aangebied) van ’n produk.

Antwoord: Teen ’n konstante prys sal ’n (toename) in die

aantal produsente wat die produk produseer daartoe lei dat die

totale markaanbod (toeneem) aangesien die produsente nou

gesamentlik (meer) aanbied. Wanneer ’n ander faktor as pryse

daartoe lei dat die aanbodkurwe toeneem en gevolglik na (regs)

verskuif het ons ’n (styging) in die (aanbod) van ’n produk teen

elke prys.

Wat gebeur wanneer prys konstant bly en daar wel ’n

verandering in ’n ander faktor is, bv. ’n toename in die

produksiekoste van ’n spesifieke produk? In hierdie geval sal die

aanbod van die produk teen elke prys daal.

Geval 4. Figuur 5

Wanneer die produksiekoste om ’n produk te produseer

toeneem, kan dit aanvaar word dat minder van die produk

beskikbaar gaan wees teen die gegewe prys(e), aangesien dit

nou duurder is om die produk produseer. Die afname sal by alle

pryse geskied. Gevolglik neem die totale aanbodkurwe af en

verskuif die aanbodkurwe in sy geheel na links.

Teen ’n prys P1 is die hoeveelheid gevra Q1. Gebruik ’n blou pen

en trek ’n lyn om punt A met P1 en Q1 te verbind. Indien die prys

konstant op P1 bly en die produksiekoste om die produk te

produseer toeneem, verskuif die aanbodkurwe links vanaf SS na

S2S2. Teen ’n konstante prys P1 sal die hoeveelheid gevra verlaag

na Q5. Gebruik ’n rooi pen en verbind punt C met P1 en Q5. In hierdie geval is die verandering in hoeveelheid aangebied (teen

’n spesifieke prys P1) veroorsaak deur ’n ander faktor as ’n

verandering in prys (in die geval ’n toename in die

produksiekoste). Die prys van die produk het dus konstant gebly,

maar die hoeveelheid aangebied het gedaal vanaf Q1 na Q5. Voltooi die volgende sin ten opsigte van figuur 5 deur

telkens die korrekte woord tussen hakies te kies: Teen

’n konstante prys sal ’n (toename / afname) in die

produksiekoste daartoe lei dat die totale markaanbod (toeneem /

daal) aangesien die produsente nou gesamentlik (meer /

minder) aanbied. Wanneer ’n ander faktor as pryse daartoe lei

dat die aanbodkurwe afneem en gevolglik na (regs / links)

verskuif het ons ’n (verlaging/styging) in die (aanbod /

hoeveelheid aangebied) van ’n produk teen elke prys.

Antwoord: Teen ’n konstante prys sal ’n (toename) in die

produksiekoste daartoe lei dat die totale markaanbod (daal)

aangesien die produsente nou gesamentlik (minder) aanbied.

Wanneer ’n ander faktor as pryse daartoe lei dat die

aanbodkurwe afneem en gevolglik na (links) verskuif, het ons ’n

(verlaging) in die (aanbod) van ’n produk teen elke prys.

Leer en presteer, graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 7 Augustus 2007 7

Die twee laaste onderwerpe in die Graad 12 sillabus is

Kontantbegrotings en Geprojekteerde Inkomstestate. Elke afdeling

van die Graad 12 sillabus is verpligtend en sal geëksamineer word

en dit is dus noodsaaklik dat hierdie onderwerp volledig bestudeer

word.

KONTANTBEGROTINGS

RIGLYNE VIR DIE NASIONALE EKSAMEN

• Voorbereiding van die Kontantbegroting vir ‘n Eenmansaak of

‘n Maatskappy(HG/SG)

• Debiteure- en krediteureskedules (HG/SG)

• Ontleding en vertolking van Kontantbegrotings (Slegs HG)

• Geprojekteerde Inkomstestaat

‘n Begroting is die onderneming se voorgestelde plan van aksie

(finansiële vooruitskouing) vir die volgende boekjaar.

Die kontantbegroting is ‘n noodsaaklike instrument vir die bestuur

van ‘n onderneming en verseker dat fondse beskikbaar is om die

onderneming se verpligtinge na te kom. Die debiteure-invorderings

en -betalings aan krediteure moet goed gekontroleer word om te

verseker dat krediettermyne nie oorskry word nie en om die

onnodige betaling van rente op agterstallige rekeninge te verhoed.

Dit stel ook die onderneming in staat om aanpassings te maak

indien daar afwykings ontstaan waarvoor nie begroot is nie.

‘n Begroting word gewoonlik vir ‘n jaar (wat in periodes van

maande verdeel is) opgestel.

Die volgende inligting word benodig vir die opstel van die

Kontantbegroting.

Kontantontvangste:

• Verwagte kontantverkope

• Die verwagte kredietverkope en ontvangste van debiteure wat

volgens die vorige jare se tendense bereken word.

• Enige ander kontantontvangstes bv. lenings, beleggings op

vervaldatum, kapitaal belê, aandele verkoop, aandelepremie

ens.

Kontantbetalings:

• Kontantaankope van handelsvoorraad

• Kredietaankope van handelsvoorraad en die betalings aan

krediteure

• Betalings van dividende en voorlopige inkomstebelasting van

maatskappye

• Alle ander kontantuitgawes

DEBITEURE-INVORDERINGSKEDULE

Die patrone vir die invordering van debiteure se skulde in die

verlede, asook die kredietbeleid van die onderneming (30 of 60

dae) word in aanmerking geneem om die skedule vir die

invordering van debiteure se skulde op te stel.

Formaat/voorbeeld vir die opstel van die Debiteureinvorderingskedule:

Onderstaande is ‘n opsomming van Planvooruit Beperk se verkope

en die tendense van betalings deur hulle debiteure.

OPDRAG:

Bereken die begrote invorderings van debiteure gedurende die

begrotingstydperk Maart 2007 tot Mei 2007.

Maand Werklik Begroot

Januarie 2007 32 000

Februarie 2007 31 000

Maart 2007 39 000

April 2007 60 000

Mei 2007

Addisionele Inligting:

24 000

40 % van die totale verkope is krediet.

Kredietverkope word gewoonlik as volg ingevorder:

50 % gedurende die maand van verkope

30 % gedurende die maand wat volg op die maand van verkope

18 % gedurende die tweede maand na verkope

2 % oninvorderbaar

OPLOSSING:

PLANVOORUIT BEPERK

DEBITEURE-INVORDERINGSKEDULE 31 MAART 2007 TOT

31 MEI 2007

*WENK: Bereken eers die ‘basis-maand’ en dan volg die ander

maande

KREDITEURE-BETALINGSKEDULE:

Hierdie skedule kan volgens dieselfde formaat as bostaande

debiteureskedule bereken word. Dit is egter soms nodig om ‘ n

handelsvoorraadrekening op te stel om die betaling aan die

krediteure te bereken.

VOORBEELD:

AKTIWITEIT 1

Die volgende inligting is geneem uit die rekeningkundige rekords

van Beplan Handelaars.

1. Stel die handelsvoorraadrekening op om die aankope vir Mei

en Junie 2007 te bereken.

2. Bereken die kontantbetalings aan krediteure vir Mei 2007.

INLIGTING:

Maart April Mei Junie Julie Augustus

Totale

Aankope

Totale

432 000 460 800

Verkope 720 000 648 000 768 000 696 000

Addisionele inligting:

1. Die Balansstaat toon voorraad voorhande op 30 April 2007

R636 480

2. 50 % van die totale aankope is op krediet.

3. Koste van verkope is 65 % van die verkope.

4. Die winkel se beleid is om die voorraadsaldo te handhaaf wat

voldoende is vir die geprojekteerde verkoopsvereistes vir die

volgende maand plus 20 % van die verkoopsvereistes vir die

tweede daaropvolgende maand.

5. Die winkel betaal soos volg vir sy aankope:

• 50 % In die maand van aankope

• 35 % In die daaropvolgende maand

• 15 % In die tweede daaropvolgende maand

FORMAAT VAN ‘N KONTANTBEGROTING VAN ‘N MAATSKAPPY

Opsomming van alle begrote

kontant ontvang soos wat dit in

die Kontantontvangste joernaal

opgeteken sal word.

Opsomming van alle begrote

kontantbetalings soos wat dit

in die Kontantbetalingsjoernaal

opgeteken sal word.

Vertikale opsomming van die

Bankrekening vir die betrokke

maande

LET WEL:

• *Die totaalkolom word dikwels vir toets- en eksamendoeleindes

weggelaat.

• Items wat nie ‘n vloei van fondse verteenwoordig nie, word nie

in die Kontantbegroting aangeteken nie. Bv. Oninbare skulde,

Waardevermindering, Voorsiening vir Oninbare Skulde ens.

ONTLEDING EN VERTOLKING VAN KONTANTBEGROTING

(SLEGS HG)

Die hoër graad leerder moet ook in staat wees om ‘n ontleding en

vertolking van ‘n gegewe Kontantbegroting te doen.

AKTIWITEIT 4

Onderstaande Kontantbegroting is verkry uit die rekeningkundige

rekords van XX Handelaars.

Bestudeer die begroting en beantwoord die vrae.

XX HANDELAARS

KONTANTBEGROTING VIR DIE 3 MAANDE NOVEMBER 2006 TOT

JANUARIE 2007

November Desember Januarie

KONTANTONTVANGSTE

Kontantverkope 330 000 360 000 270 000

Debiteure-invordering 122 400 166 800 195 600

Lening (Nuwe) 0 0 50 000

TOTALE ONTVANGSTE 452 400 526 800 515 600

OPLOSSING AKTIWITEIT 1

ALGEMENE GROOTBOEK VAN B.G. HANDELAARS

BEREKENINGE: KOSTE VAN VERKOPE:

Verkope Mei Junie Julie Augustus

Verkoopprys

Kosprys (65% van

720 000 648 000 768 000 696 000

die Verkoopprys) 468 000 421 200 400 200 452 000

SALDO VAN DIE HANDELSVOORRAADREKENING

31 Mei 30 Junie

Verkope van die volgende maand teen

Kosprys

20% van die verkope van die tweede

421 200 400 200

daaropvolgende maand 80 040 90 400

R501 240 R490 600

OPLOSSING AKTIWITEIT 2:

BETALING AAN KREDITEURE VIR MEI

Berekening Mei

Maart (15% van (432 000 X 50%) 32 400

April (35% van (460 800 X 50%) 80 780

Mei (50% van

TOTALE BETALING

(468 000 X 50%) 117 000

VIR MEI R230 180

Januarie Februarie Totaal*

KONTANTONTVANGSTE

Kontantverkope XXX XXX XXX

Debiteure-invordering XXX XXX XXX

Aandele uitgereik XXX XXX XXX

Aandelepremie XXX XXX XXX

Bateverkope (Kontant opbrengs) XXX XXX XXX

Alle ander werklike ontvangste XXX XXX XXX

TOTALE ONTVANGSTE

KONTANTBETALINGS

XXXX XXXX XXXX

Handelsvooraad (Kontantaankope) XXX XXX XXX

Krediteure-betalings XXX XXX XXX

Ontvanger van Inkomste (Inkomstebelasting) XXX XXX XXX

Aandeelhouers vir Dividende XXX XXX XXX

Alle ander werklike betalings XXX XXX XXX

TOTALE BETALINGS XXXX XXXX XXXX

Kontantoorskot/tekort XXX XXX XXX

Bank – beginsaldo (XXX) (XXX) XXX

Bank – eindsaldo (XXX) XXX XXX

KONTANTBETALINGS

Handelsvooraad (Kontantaankope) 55 000 60 000 45 000

Krediteure-betalings 120 000 160 000 220 000

Lening 0 0 0

Rente op lening 3 000 3 000 3 750

Advertensie 25 000 25 000 10 000

Voertuig aangekoop 0 225 000 225 000

Ander vaste uitgawes 100 000 100 000 115 000

TOTALE BETALINGS 303 000 573 000 618 750

Kontantoorskot/tekort 149 400 (46 200) (103 150)

Bank – beginsaldo 7 500 156 900 110 700

Bank – eindsaldo

XX HANDELAARS

156 000 110 700 7 550

DEBITEURE-INVORDERINGSKEDULE NOVEMBER TOT JANUARIE 2007

ADDISIONELE INLIGTING:

1. Krediteure word normaalweg 60 dae na datum van aankope betaal.

2. Kredietverkope beloop 40% van die totale verkope.

8 Leer en presteer, graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 7 Augustus 2007

The comprehension and language examination paper contains a

variety of grammatical questions, as well as questions which test

your ability to read and understand a variety of passages, and

your ability to express (in a literate manner) your interpretation of

these passages. Read the passages and texts several times

before you attempt to answer the questions. You should also

read through all the questions before you formulate your

answers. A typical language paper could contain prose

passages, advertisements, cartoons or comic strips and even

statistical material such as pie charts, graphs or surveys (which

fall under visual literacy.) You would be expected to put into

words your understanding of the facts contained in such

statistical examples.

There is always a textual editing question, which requires

detailed knowledge of grammar. Revise punctuation, parts of

speech, figures of speech, phrases, clauses, active and passive

voice, acronyms and abbreviations, figurative and literal

language, diction, intention or purpose of a passage, target

audience, register, style, emotive language, tone and satire.

Reported speech is usually included. When we retell to someone

else the exact words spoken by a person, we are putting these

words into reported (indirect) speech. Remember the rules for

indirect speech:

• no quotation marks

• the tense of the verb changes one step into the past

• adverbs of time and place became one step further away

(“today” becomes “yesterday”)

• demonstratives and possessives are one degree removed

(“this boy” becomes “that boy”)

• pronouns change to third person. (“I am going” becomes

“he/she was going”)

• Do not change the meaning of what was said.

6.3.1

6.3.2

6.3.3

Vraag 7

7.1 A, B(4 ; 2) en C(– 2 ; – 2) is die hoekpunte van driehoek

ABC in ‘n Cartesiese vlak.

Die vergelyking van die middelloodlyn van

AB is x – y + 4 = 0 en sny AB in D.

7.1.1Bepaal die vergelyking van die lokus van P, as P ewe ver

van B en C is. (4)

7.1.2Bewys deur berekening dat die koördinate van M, die

middelpunt van die omgeskrewe sirkel van driehoek ABC,

(– 1 ; 3) is. (4)

Vraag 7 Memo

7.1.1

7.1.2

Leer en presteer, graad 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 7 Augustus 2007 9

Rewrite the following into indirect (reported) speech

• “Are you attending the party here tomorrow, John?” I

asked.

• “Unfortunately I have a lot of work at the office and will

be rather late,” John replied politely.

Answer:

I asked John if he was attending the party there the next day.

He replied politely that he unfortunately had a lot of work at

the office and would be rather late.

Rewrite the following reported speech into direct speech,

paying careful attention to punctuation :

John asked Garfield who had eaten his socks. Garfield

though that John was some kind of a psychic.

Answer :

John asked Garfield: “Who has eaten my socks?”

Garfield thought: “John is some kind of a psychic.”

A 10-mark summary is an essential component of the language

paper. Ensure that you do exactly as the instructions tell you. If

you are told to write in ONE paragraph or SEVERAL paragraphs,

then that is what you must do. Higher Grade candidates do not

write point form summaries – you must write full sentences in

continuous prose. Standard Grade candidates will be given clear

instructions, which may well be for a point form summary.

Always do a rough planning version of your summary, and

remember to cross it out and label it as your rough work. You do

not want the rough version marked because the marker does not

realise that a final version exists on another page in your answer

script. Do not forget to include a word count, and never exceed

the limit specified.

Markers do count words, and you will lose marks if you exceed

the limit, or if you do not include the word count. A mistake in

your word count will be seen as dishonesty, because a summary

is a precise exercise - you must provide the accurate number of

words. Write it in brackets at the end of the summary.

Provide your summary with a title, but do not include the title in

your word count. Deciding on a title helps you to focus on the

main idea in the passage you are summarising. Use your own

words as far as possible, and link your paragraphs logically. The

sentences must flow into one another, and be easy to read. Do

not simply re-write chunks or extracts from the original passage

without polishing them properly. The instruction will usually

indicate that your summary is aimed at a specific audience, so

the type of language (style and register) that you use is

important. For a sophisticated, highly educated audience you

would use a formal register, but for a group of young people at

high school you would use a more informal style and register.

Examples and illustrations should be left out of summaries, as

they only serve to prove or back up the main points made. If you

find that your final version is far short of the word limit, you have

probably left out some important content, so you should add

some points.

• Read and obey instructions. Number in the middle of the

page, and start a new question on a new page.

• Answer in full sentences. Use the words of the question to

start your answers.

• Do not simply quote chunks from the comprehension

passages, unless instructed to do so. Use your own words

as far as possible.

• Avoid informal and colloquial language such as “’cause” or

“’cos”, “hassle”, “sucks” and so forth. This is a formal exam

and you must use standard, formal English.

• Use the information in the passages, and avoid racist

comments and value judgements of your own in your

answers.

• Use the mark allocation to decide on the length of your

answer.

• Do not leave out questions. Attempt an answer, but never try

to be facetious.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!