02.05.2013 Views

hierin verteenwoordig deur DANIEL

hierin verteenwoordig deur DANIEL

hierin verteenwoordig deur DANIEL

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK

AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN

LUTZ TRUST

(Trust Nr IT4694/95)

(hierin verteenwoordig deur DANIEL JAKOBUS LUTZ,

in sy hoedanigheid as Trustee

(hierna die Verhuurder genoem)

en

Volle Name en Van: ______________________________________________ *

Id. Nr.: ______________________________________________

Met adres te: ______________________________________________

(fisiese adres)

(hierna die Huurder genoem. Verdere en betere besonderhede van die Huurder is

beskikbaar in die hierby aangehegte Datavasleggingsvorm, nl “Aanhangsel A” )

1. OMSKRYWINGS:

HUURTERMYN: Vanaf 1 Desember __ 2008 __ tot

30 November __ 2009 __

PERSEEL: Bestaande uit:

DIE KAMER

Kamer no _____ van Wooneenheid no _____ in Lutzgebou, *

Victoriastraat 11, Stellenbosch, synde 'n enkel/dubbel, *

slaapvertrek (hierna die "kamer" genoem) en die

GEMEENSKAPLIKE AREAS

Die gemeenskaplike gebruik van die sit/eetkamer, kombuis en

badkamer/s tesame met ander huurders van kamers in die

betrokke eenheid, asook die toegang areas tot die wooneenheid.

HUURBEDRAG: R____________________ per maand / per jaar, *

(water en elektrisiteit ingesluit).

DEPOSITO: R____ 3 000,00 _______

Parafeer

NADEMAAL

Bladsy 2 van bl 6

2. Die Verhuurder die eienaar is van Lutzgebou, Victoriastraat 11, Stellenbosch.

3. Die Verhuurder bereid is om die Perseel soos in paragraaf 1 hierbo genoem

aan die Huurder te verhuur en die Huurder bereid is om die Perseel by die

Verhuurder te huur;

DERHALWE WORD NOU SOOS VOLG OOREENGEKOM:

4. VERHUUR EN HUUR

Die Verhuurder verhuur hierby en die Huurder huur hierby die Perseel vir die

huurtermyn soos in paragraaf 1 omskryf.

5. DEPOSITO

'n Deposito gelykstaande aan die bedrag soos in paragraaf 1 hierbo omskryf sal

op ondertekening van hierdie kontrak deur die Huurder aan die Verhuurder

betaalbaar wees. Die deposito mag nie deur die Huurder aangewend word vir

betaling van die laaste maand se huur na kennisgewing nie.

5.1 Die deposito sal in ‘n trustrekening gehou word. Deposito’s sal vir die

Huurder se rekening rente oploop teen die koers soos belê.

5.2 Na afloop van die huurtermyn sal die deposito terugbetaalbaar word aan

die Huurder, en sal binne 20 dae na die verstryking van die huurtermyn

deur die Verhuurder aan die Huurder terugbetaal word met dien

verstande dat:

5.2.1 Die Verhuurder geregtig sal wees om alle nodige uitgawes aan

die kamer wat benodig mag word ten einde die kamer te herstel

tot die toestand waarin dit was alvorens die huurtermyn

ingevolge hierdie ooreenkoms 'n aanvang geneem het, en wat

nie deur gewone slytasie / verbleiking of tydsduur veroorsaak is

nie, van die Huurder se deposito te verhaal, insluitend

skoonmaak van matte en uitverf van die kamer.

5.2.2 Die Verhuurder geregtig sal wees om alle nodige uitgawes aan

die gemeenskaplike area wat benodig mag word ten einde die

gemeenskaplike area te herstel tot die toestand waarin dit was

alvorens die huurtermyn ingevolge hierdie ooreenkoms 'n

aanvang geneem het, en wat nie deur gewone slytasie /

verbleiking of tydsduur veroorsaak is nie, gesamentlik en

afsonderlik van die Huurders in die betrokke wooneenheid se

deposito’s te verhaal, insluitend skoonmaak van matte en uitverf

van die gemeenskaplike area.

5.2.3 Indien enige bedrag soos hierbo vermeld deur die Verhuurder

van die Huurder verhaal word, sal die Verhuurder binne 20 dae

na beëindiging van die huurkontrak, op skriftelike versoek van

die Huurder, verslag doen aan die Huurder van die onkostes

Parafeer

6. HUURGELD

Bladsy 3 van bl 6

sodanig benodig, en indien deur die Huurder so versoek, aan die

Huurder kwotasies voorlê vir die aangaan van sodanige kostes.

Die Huurgeld soos in klousule 1 omskryf is vooruitbetaalbaar en moet op die

eerste dag van elke maand betaal word aan die Verhuurder of op so ‘n wyse of

plek soos van tyd tot tyd deur die Verhuurder bepaal word.

Indien ‘n Huurder herinner moet word aan ‘n maandelikse betaling, sal ‘n R50

boete gehef word.

7. GEBRUIK VAN PERSEEL

7.1 Die Huurder mag die Perseel slegs vir die doel van privaat huisvesting

gebruik.

7.2 Die gebruik van die kamer sal tesame met ander huurders van kamers

in die betrokke eenheid die gemeenskaplike gebruik van die

sit/eetkamer, kombuis en badkamer insluit.

7.3 Die Verhuurder sal weekliks, wanneer nodig, daarvoor sorg dat die

gemeenskaplike areas skoongemaak word. Die Huurder is egter alleen

verantwoordelik vir die skoonmaak van die kamer wat hy/sy huur, en

mag nie die dienste van die skoonmaker/s gebruik vir die skoonmaak

van sy/haar kamer, of die was van skottelgoed of was en stryk van

wasgoed nie.

7.4 Die Huurder onderneem om hom/haar te hou by die gedragsreëls hierby

aangeheg as “Aanhangsel B” ("Huisreëls en Regulasies”);

7.4.1 Die oortreding waarvan in die uitsluitlike oordeel van die

Verhuurder as kontrakbreuk beskou mag word,

7.4.2 Die hierby aangehegte “Aanhangsel B” (“Huisreëls en

Regulasies”) vorm ook deel van die kontrak in sy geheel gelees,

die Huurder word geag toe te stem tot hierdie “Huisreëls en

Regulasies” by ondertekening van hierdie kontrak. Voorts word

alle huurders van Persele en ander persone aan wie die reg tot

okkupasie deur enige eienaar van die betrokke Perseel verleen

is geag vertroud te wees met die inhoud van die “Huisreëls en

Regulasies” en moet die gedragsreëls nagekom word ondanks

andersluidende bepalings vervat in enige huurooreenkoms of in

die toestaan van sodanige reg op okkupasie.

7.4.3 Die Verhuurder behou die reg voor om van tyd tot tyd by

kennisgewing boetes voor te skryf vir die nie nakoming van die

“Huisreëls en Regulasies”, asook om by herhaalde oortredings

van enige van die genoemde reëls en regulasies en of kontrak

bepalings, die huurkontrak summier te beëindig en die kamer

onmiddellik in besit te neem, sonder om afbreek te doen aan die

verhaalsregte om onbetaalde huurgeld en enige vergoeding vir

skade as gevolg van kontrakbreuk gely, te eis.

Parafeer

Bladsy 4 van bl 6

7.5 Die Huurder onderneem dat daar op geen tydstip meer persone in 'n

kamer sal tuisgaan of oorslaap as wat in die beskrywing van die kamer

in paragraaf 1 hierbo aangedui word nie, tensy vooraf andersins met die

Verhuurder ooreengekom, of dat enige persoon in die res van die

Wooneenheid tuisgaan of oorslaap nie.

8. BEPERKING VAN VERHUURDER SE AANSPREEKLIKHEID

Die Verhuurder is nie teenoor die Huurder aanspreeklik ten opsigte van enige

verlies, beskadiging of besering hetsy van 'n persoon of van goed wat

veroorsaak word deur enige gebrek in die Perseel of gemeenskaplike area wat

gedurende die geldigheidstermyn van hierdie huurkontrak ontstaan nie.

9. VERSEKERING

Die Huurders mag nie:

9.1 Enige vloeistof of ander artikel van 'n gevaarlike of vlambare aard wat

die woning in gevaar kan stel, in die Perseel bêre of toelaat dat dit

aldaar gebruik of gebêre word nie;

9.2 Iets doen wat die tarief van enige versekering wat die Verhuurder tans

ten opsigte van die Perseel hou, sal verhoog, of sodanige versekering

ongeldig maak of andersins in gevaar sal stel of daartoe aanleiding sal

gee nie; die Huurder erken hierby dat hy aldus bewus is van die inhoud

van die polis wat vir genoemde versekering voorsiening maak, en

waarvan ‘n kopié ter insae beskikbaar is by die Verhuringskantoor.

9.3 Die Huurder moet die Verhuurder op aanvraag skadeloos stel van enige

onkoste, verlies of skade deur die Verhuurder gely omdat die Huurder

versuim het om enige bepalings van subklousule 9.1 van hierdie

klousule na te kom.

10. VERHUURDER SE REGTE

Die Verhuurder het die reg om die Perseel te alle redelike tye en, ter eie keuse,

te inspekteer.

11. ONDERVERHURING EN SESSIE

Die Huurders het nie die reg om hierdie huurkontrak te sedeer of oor te maak of

die kamer onder te verhuur of andersins uit sy besit te laat gaan nie, tensy

skriftelik daartoe gemagtig deur die Verhuurder.

12. WANBETALING VAN HUURGELD

As die Huurders in gebreke bly om enige huurgeld stiptelik op die eerste dag

van elke maand te betaal of om enige van die ander bepalings van hierdie

huurkontrak na te kom, het die Verhuurder die reg om hierdie huurkontrak

summier te beëindig en die kamer in besit te neem, sonder om afbreek te doen

Parafeer

Bladsy 5 van bl 6

aan die Verhuurder se regte om onbetaalde huurgeld en enige vergoeding vir

skade wat hy as gevolg van so 'n versuim of kontrakbreuk gely het, te eis.

13. TERUGBESORGING VAN DIE KAMER BY AFLOOP VAN HUURTERMYN

Behoudens die bepalings van hierdie huurkontrak, onderneem die Huurder om

die Verhuurder by afloop van hierdie huurkontrak weer in besit te stel van die

kamer en alle los en vaste toebehore, meubels en installasies binne die kamer,

wat alles in 'n goeie toestand moet wees.

14. DOMICILIUM CITANDI ET EXECUTANDI

Die Huurder kies as sy/haar domicilium citandi et executandi, *

die adres van die huurperseel

of

die ouer/voog se adres soos per “Aanhangsel A".

(Adres gebruik te word na keuse van die Verhuurder.)

Enige kennis deur die Verhuurder aan die Huurder in verband met hierdie

huurkontrak gegee aan die Huurder by sodanige domicilium gerig en afgelewer

aan die huurperseel of gepos per vooruitbetaalde geregistreerde pos aan die

adres van die ouer/voog, word geag deur die Huurder ontvang te gewees het

op die 3de dag na die dag waarop dit aldus afgelewer en/of gepos is. Hierdie

bepalings is mutatis mutandis van toepassing in die geval van so 'n

kennisgewing deur die Huurder aan die Verhuurder wat sy adres soos in die

aanhef van hierdie huurkontrak vermeld as 'n domicilium citandi et executandi

kies.

15. JURISDIKSIE

Indien enige dispuut tussen die Verhuurder en die Huurder ontstaan aangaande

enige aspek wat betrekking het tussen die partye en op hierdie

huurooreenkoms, dan en in so 'n geval, stem die Huurder en die Verhuurder toe

tot die jurisdiksie van die Landdroshof om sodanige dispuut te bereg.

16. KOSTES

16.1 Indien 'n Prokureur opdrag ontvang om enige bedrag wat deur die

Huurders kragtens hierdie huurkontrak betaalbaar is, in te vorder, of om

geregtelike stappe te doen vir die verhaal van so 'n bedrag of enige

bedrae wat as gevolg van opsegging van hierdie huurkontrak deur die

Huurder betaalbaar is, moet die Huurder enige daaruitspruitende

invorderingskommissie en ander kostes tussen Prokureur en Kliënt

betaal.

16.2 Die koste in verband met die opstel van hierdie Huurkontrak met

inbegrip van die seëlreg daarop, moet op aanvraag deur die Huurder

aan die genoemde Verhuurder betaal word.

Parafeer

17. VOLLE OOREENKOMS EN WYSIGINGS

Bladsy 6 van bl 6

Die partye kom ooreen dat die dokument die volle ooreenkoms tussen die

partye bevat en enige wysigings van watter aard ookal moet op skrif gestel

word, so nie sal die wysiging nietig wees.

Geteken te _ STELLENBOSCH __ op hierdie ___ dag van ____________ 20 ____.

AS GETUIES:

l. ___________________________ ____________________________

(DANIEL JAKOBUS LUTZ, in sy

hoedanigheid as Trustee van die

LUTZ TRUST

2. ___________________________ (Verhuurder)

Geteken te ____________________ op hierdie ___ dag van ____________ 20 ____.

AS GETUIES:

l. ___________________________ __________________________

(Huurder)

2. ___________________________ __________________________

(Huurder naam in drukskrif)

* Beide partye en hul getuies moet al die bladsye, insluitende “Aanhangsel A”

en “Aanhangsel B” , sowel as alle deurhalings en/of veranderinge in hierdie

kontrak, parafeer.

Parafeer

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!