DIE NUWE PIONIER Jaargang 79, No 6 Volume ... - Pioneer Printers
DIE NUWE PIONIER Jaargang 79, No 6 Volume ... - Pioneer Printers
DIE NUWE PIONIER Jaargang 79, No 6 Volume ... - Pioneer Printers
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
DIE NUWE PIONIER

Jaargang 79, No 6

Volume 74, Nr 6

Datum 17/06/2011 Date

Uitgewers: Pionierskool ― Instituut vir Blindes

Publishers: Pioneer School ― Institute for the Blind

Gedruk en versprei deur die Pionierdrukkery, Posbus 994,

WORCESTER, 6849

Printed and distributed by the Pioneer Printers, P.O. Box 994,

WORCESTER,

6849

REDAKSIE

Redakteur: MARIé―LOUISE DU PREEZ

Rig asseblief alle korrespondensie aan:

Please direct all correspondence to:

Die Redakteur The Editor

Die Nuwe Pionier Die Nuwe Pionier

Posbus 994 P.O. Box 994

WORCESTER WORCESTER

6849 6849

ccccccccccccccccccccccccccccccccccccc

Tel.: (023) 342 6313

Faks/Fax: (023) 342 0335
E―Pos/E―Mail: marielouise@pioneerprinters.org.za
INHOUD / CONTENTS

1. Nuusbrief ― Mei 2011

2. Waar is al die sagte woorde heen?

3. Dozi terug by die begin en gelukkig

4. Sterk “ja” vir Belhar

5. Nie eens Pretoria se sportlui meer veilig

6. My tweede kans ...

7. . In VSA wyk gehore al meer uit na vermaak tuis

8. Vriendskapgids

9. Leer Koninklike troukunsies

10. Kopi watsegoed? Wat sê jy maak daai gedierte?

11. As spieël ‘n vyand word

12. Coca―Cola vier 125 jaar

13. Stress

14. Caring for your dog’s ears

Bylae: Resepte

Gatta patat, dis goed vir jou

Worsie―pasta

Mexikaanse picadillo

Mike en die Inbrekers

Mike kom by die huis en sien hulle het sy huis leeg gesteel. Hy

skakel die polisie, maar tipies neem dit maar lank voor hulle kom.

Hy begin net goed opgewerk raak toe die voordeurklokkie lui. Toe

hy die deur oopmaak staan die polisieman daar met met

Ray―bans en sy polisiehond aan ‘n leisel.

Nee magtig” sê Mike. “Eers steel hulle my huis leeg en nou stuur

hulle vir my ‘n blinde polisieman!”

‘n Universiteitstudent moes ‘n kortverhaal met so min woorde

moontlik skryf en dit moes elemente van godsdiens, seks en ‘n

speurverhaal bevat.

Die wenner se inskrywing het gelu: “Liewe hemel, ek is swanger.

Ek wonder wie die pa is.”
Nuusbrief ― Mei 2011

Instituut vir Blindes

GEDAGTE VIR DIE MAAND

When things get tough, always remember ... faith doesn’t get you

around trouble, it gets you through it!

UIT DIE KANTOOR

Ons het onlangs besoek ontvang van die Departement van Arbeid

se Oudit- span en Anemie se afdeling moes bontstaan om aan al

die versoeke te voldoen. Baie dankie aan al ons mense wat haar

taak vergemaklik het met hulle positiewe bydraes. Hier dink ek

veral aan die lede van die Diensgelykheidskomitee wat hulle

uitstekend van hulle taak gekwyt het asook die lede van die BGV

komitee wat met groot trots van hulle werk vertel het. Ook aan

elkeen wat individueel met die amptenare gepraat het en so die

Instituut se beeld bevorder het, sê ons opreg dankie. Dit was

duidelik uit die reaksie van die span dat hulle baie beindruk was

met die uitstekende werk wat deur ons MHB afdeling in besonder

en die Instituut in die algemeen gedoen word. Teen die middel

van Junie kry ons weer besoek van die Dept Maatskaplike

Dienste se Assesseringspan en ons weet dat hulle ook dieselfde

positiewe belewenis gaan hê as wat hulle met hulle vorige besoek

ervaar het. Dankie dat ons op elkeen van julle kan staatmaak!!

Freddie Botha

LIEF EN LEED

― Ons moes met hartseer afskeid neem van Maryke Louw. Ons

innige simpatie aan Theresa, al die familie en vriende wat

agterbly. Ons dink so baie aan julle!!

― Baie geluk aan Linda McCloed en haar gesin met die FAMSA

toekenning wat hulle as gesin in die Worcester Standard ontvang

het ― Ons is trots op julle!!
HUIS BREVIS

― Me C J Saaiman is Saterdag, 21 Mei oorlede. Sterkte aan haar

familie en vriende, ons dink baie aan julle in hierdie tyd.

― Me Mongie het ouma geword van ‘n pragtige kleindogter. Baie

geluk!! Ons glo sy sal vir julle baie vreugde bring.

― Vrydag, 20 Mei het mnr Ritter die inwoners vermaak met sang.

Almal het dit terdeë geniet.

NYWERHEDE EN BEMARKING

Kan jul glo! Dis alweer tyd vir ‘n nuwe nuusbrief!! Die jaar spoed

darem nou te vinnig voort!? Voordat ons ons kan kry, is dit alweer

tyd vir kersklokkies en Kersversierings!!...en is ons nog ‘n jaar

ouer! Maar nou ja, tyd het nie “brieke” nie, dus moet ons maar

daarby berus en die tyd wat ons het, goed en na die beste van

ons vermoeëns, gebruik. Tyd is ver te kosbaar om sommer net so

te sit en mors.

Ek het onlangs die volgende stukkie waarheid gehoor wat ek

graag met jul almal wil deel, en dit is: “What you do today is

important because you give a day of your life for it.” Is dit nie

só baie waar nie? Wat het ek of jy vandag gedoen om in hierdie

dag ‘n verskil te maak; meer produktief te wees; meer positief te

wees teenoor andere en teenoor my werk hier by die Instituut?

Om te kan werk is seker een van die grootste gawes en voorregte

wat ons as mense kan geniet.

Ongelukkig besef ‘n mens dit nie altyd nie en eers wanneer ons in

so ‘n situasie beland waar jy geen werk het of kan kry nie, besef

ons hoe groot hierdie gawe werklik is. Ek probeer deesdae om my

dae meer positief en produktief te leef en ‘n goeie en vriendelike

woordjie vir my naaste te hê. Dis nie altyd maklik nie maar ek is

seker: “practice makes perfect” soos dit maar is met alles in die

lewe.

Ek is baie bly om die mooi en positiewe gesindheid onder ons

werkers op al ons Nywerheidsafdelings te bespeur. Dis hierdie

bereidwilligheid om sekere ekstra of addisionele takies te verrig,

al staan dit nie so aangeteken in my “job description” nie, wat ek
egin sien onder ons mense. Baie dankie daarvoor. Glo my, dit

sal positiewe vrugte afwerp, nie net vir die Instituut in sy geheel

nie, maar ook vir jou wat bereid is om hierdie ekstra myl te loop.

‘n Groot handeklap aan jul almal, hier van my kant in bemarking

af, aangesien dit my taak t.o.v. bemarking na buite baie

vergemaklik.

Ter afsluiting wil ek net noem dat ons Bedlampies en Nagligte so

te sê klaar is en dit lyk baie mooi!! Kyk uit so vanaf die tweede

week in Junie dan behoort dit gereed te wees om na ons twee

Winkels te gaan om “anner” base te vind!!

Sterkte met ieder en ‘n elk se take of takies hier by die Instituut,

en onthou, geen werk is meer belangrik as ‘n ander een nie.

Almal is ewe nodig anders sou ons nie iemand aangestel het om

die takie te verrig nie!! Kom ons pak ons dagtaak en verpligtinge

weer met nuwe ywer en entoesiasme aan vir hierdie tweede

gedeelte van die jaar, want voor ons onse “oge” kan uitvee, is dit

weer tyd vir “Kersklokkies en Kersversierings.” ― André M.

Combrinck (Bemarking)

DVO

GHOLFDAG 13 Mei

Vrydag die 13de is bekend om nie altyd ‘n lekker gevoel by almal

te laat nie maar het DVO net die teenoorgeselde bewys van die

“ongelukkige” vrydag. Op Vrydag die 13de Mei het ons ‘n baie

suksesvolle gholfdag aangebied in samewerking met die

Pionierskool en Pionierdrukkery. Die weer was perfek en met

getroue en geesdriftige gholfspelers van regoor die Wes-kaap kon

ons nie vir better vra nie. Dankie aan elke personeellid wat op een

of ander manier betrokke was met voorbereidings of wat self op

die dag werksaam was. Ons was vanjaar ekstra trots om die

“handouts” (klein geskenkies wat ons aan elke gholfspeler uitdeel)

in pragtige rugsakkies te oorhandig. Wat hierdie rugsakkies so

spesiaal gemaak het is dat dit deur ons eie mense gemaak is.

Dankie aan Stephne en Elfrieda wat die leiding geneem het en ‘n

bekwame span saamgestel het om vir ons die 200 sakkies met
ons embleem op betyds af te lewer! Dankie vir jul spontane

gewilligheid en geesdrif waarmee jul die sakkies vervaardig het.

Ons is ook trots op ons “blinde gholfspan” wat ge-“putt” het op die

gholfbaan ten tye van die gholftoernooi. Manne jul het bewys dat

niks onmoontlik is ― waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg.

Besoekers en toere

Mev Anlo van Heerden ontvang tans chemoterapie en ons vra dat

elkeen aan haar sal dink in jul gebede. Ons ontvang egter nog

steeds besoekers, veral by die Inligtingsentrum en Blindiana

Museum. Dankie aan Stephne en Irene wat ingestaan het om die

14 ALO studente (Afdeling Loopbaanontwikkeling) te ontvang. Die

meeste van hierdie studente is van ander dele van die land en het

laat in hul lewens hul sig verloor. Die besoek aan ons was vir elk

van hul baie insiggewend en spesiaal. Dankie ook aan Irene en

Izanne wat op Vrydag-middag die 20ste Mei sowat 30

entoesiastiese landsdiensleerders van Laerskool Worcester-Oos

ontvang het en ‘n baie leersame toer vir hul gebied het.

Dankie ook aan suster Marinda Norval van Dienste wat by twee

geleenthede ‘n groep van 10 tweedejaar verplegingstudente

ontvang het. Sy het die groepe op ‘n daglange toer deur al die

dienste en afdelings van die Instituut geneem. Vir elkeen van

hierdie studente was dit ‘n spesiale ervaring.

Die meeste van ons inwoners en werknemers het reeds die

geleentheid gehad om die Inligtingsentrum te besoek. Indien daar

egter nog mense of groepe is wat die toere gemis het, kontak asb

vir Stephne, Sharon of Irene.

NEDERLANDSE BESOEK

Ons het wonderlike bande opgebou met ‘n organisasie vir Blindes

in Rotterdam (Nederland). Een van die direkteure van die

organisasie het ook die Instituut einde Maart 2011 besoek vir ‘n

toer. René De Vries en sy vrou Sandra was so beïndruk met die

Instituut vir Blindes en sy projekte dat hy vir Irene de Bod genooi

het om namens die Instituut vir Blindes sy afskeidsfunksie op 9

Junie in Rotterdam by te woon. Al haar onkostes tov die
vliegkaartjie en verblyf word deur hul betaal. Tydens die funksie

gaan René ook ‘n skenking aan die Instituut vir Blindes

oorhandig. Dankie Irene dat jy die lange pad gaan aandurf om die

Instituut vir Blindes te verteenwoordig. Baie sterkte Irene ― ons

weet jy sal deur jou warmte en spontaniteit sommer baie harte

steel in Nederland en ‘n groot ambassadeur vir ons wees.

WORCESTER BRAILLE CHESS CLUB― May 2011

© Floris Brown & Raymond Aukett

Good News. David Geyer & Heinrich Richter has been chosen to

take part in the Commonwealth and SA Championships in

Johannesburg at the end of June 2011. They participated in the

TOP 8 recently in Johannesburg, and ended 4th and 7th.

In our Club Championships Frederick Liebenberg ended 1st

Raymond Aukett 2nd and David Geyer 3rd.

Please prepare for the Lynden Bouah Trophy on the 16th July

2011. This is a individual event for the top Braille Chess player in

the Western Cape.

CHESS HINTS:

Move each piece only once in the opening ― do not waste time

moving the same piece multiple times, leaving other pieces

undeveloped.

Castle early, usually on the kingside.

Avoid prolonged symmetry in the opening. Imbalances in the

position are necessary to create winning chances.

Do not lose material without adequate compensation in the

opening.

Occasionally, play gambits ― sacrifices of material (usually a

pawn or two) to gain a lead in development, control the center,

seize the initiative, and open lines for attack ― for fun, and to

sharpen your tactics.

Play both king- and queen-pawn openings, and play gambits

occasionally.
HANNES DUMINY sê baie dankie vir die insiggewende toer

deur die fossielroete ― almal het dit baie geniet. Baie dankie

ook aan DVO vir die geskenkpakkies wat ons almal ontvang

het ― julle is dierbaar!

Dis winter

© Fransisca van der Linde

In die donker ure

van die nag

slaan die reën in vlae

teen my kamervenster vas.

Ek wonder waar

in die koue wêreld

daarbuite, is jy.

Soos gister het jy

uit my lewe gestap

‘n nuwe dag,

‘n nuwe wêreld in.

In my hart

het dit koud geword

‘n seisoen van winter

het aangebreek

‘n sneeukombers van verlange

het my hart omvou.

Al wat ek het

is ‘n foto van jou

om die skerpste ys te veil

wat my hart wil deurboor.
As jy net kon terugdraai

sou die winter

kon plek maak vir lente

die nuwe geur,

nuwe kleurvolle lewe

en ‘n nuwe wêreld se ruimte

sou op ons twee wag.

Waar is al die sagte woorde heen?

Johan van Zyl

Die Burger, 11 Mei 2011

Ek hoor by voorbaat die teenvraag: “Hoeveel onse is in jóú

pond?”, maar gaan nogtans vra: Hoekom is ons deesdae so

beneuk, so absoluut kortgebaker en kleinserig, so iesegrimmig en

alewig op soek na skoor? Laat ek, so skuldig en skaam soos kan

kom, aan die hand van vyf lukrake voorbeelde verduidelik:

• Ek staan saam met tien ander kopers in ‘n ry in die supermark

se bakkery-afdeling. ‘n Blonde juffer kom heel laaste aangeslof,

maar toe die toonbank-assistent omdraai, vra sy eerste die

blonde peervorm hoe sy haar van hulp kan wees.

Ek sê kalm en vriendelik: “Ekskuus tog, maar al hierdie ander

mense was voor haar hier, jy gaan hulle sekerlik eerste help?”

Juffrou Bokstert kyk my aan soos iets wat uit ‘n rioolgat ontsnap

het, begin terstond met haar selfoon vroetel. Sy sorg dat ek die

skerm duidelik kan sien waar sy op Facebook iets in dier voege

skryf: Party mense kan darem so flippen onbeskof wees, soos

hierdie vetgat WIT man links van my! Ek bewe van woede, maar

wag totdat ek haar later in een van die gange raakloop en sis:

“Jou dom teef, dis jy wat nie maniere het nie!”

• ‘n Facebook-vriend skryf: “Ek is verstom oor hoe aggressief

mense teenoor die parkeerwagte in Kaapstad is ― die wagte wat

amptelik deur die stad aangestel is. Ek het gesien hoe ‘n man ‘n
ouerige parkeerwag deur die gesig klap, in sy kar spring en

wegjaag. Ons samelewing is siek, aggressief en psigoties.”

• Ek woon in die “middestad” van ‘n Swartlandse gehug en moet

gereeld vragmotorbestuurders vra om asseblief nie ‘n kwartier

lank buite ons huis te luier nie. Die hemel alleen weet hoekom

hulle altyd antwoord hulle “kan nie en mag nie” die enjin afskakel

nie.

Dieselfde gebeur verlede week, voor sewe die oggend. Die twee

menere steur hulle nie aan my nie, en half deur die slaap dog

siedend blaf ek daardie f-woord wat eindig met “of”. Die deur

swaai oop en ‘n bonkige bleskopman storm op my af en skreeu

met sy vinger in my gesig: “Lyk ek vir jou soos ‘n h―t of ‘n k―r

dat jy so met my kan praat? Ek slaan vir jou binne-in jou m―r in!”

• Op die internet en in koerante sien ek derduisende Amerikaners

wat jubel oor die dood van Osama bin Laden, maar hulle skreeu

soos mense wat briesend is, eerder as verlig.

Ek voer ‘n onderhoud met die skrywer Sussie Kotze, waarin sy

vertel hoe sy elke Weskus-vloekwoord ken ― iets wat sy beslis

nie by haar ouers geleer het nie. “Dis wat ontmagtigde mense

doen,” sê sy. “As jy nie gebeure of emosies onder woorde kan

bring nie, dan gryp jy na die donners en die bliksems en die God

in die hemel om jouself uit te druk.”

Wat is met ons verkeerd? Waarom is die wêreld so verstop van

heethoofdigheid en frustrasie? Wat het geword van die sagte

woorde waarmee jy die toorn afkeer? Waarom lyk dit of kamilletee

en psigiaters nie meer help nie?

Waar koop ‘n mens ‘n setpil teen die grimmigheid?

Dozi terug by die begin en gelukkig

Anna-Retha Bouwer

Die Burger, 20 Mei 2011

Soos sy nuutste album se titel aandui, is Dozi terug waar hy begin

het met sy samewerking met die liedjieskrywer Stef Kruger.
As die sanger Dozi sê sy beker loop oor glo jy hom, want waar hy

voor sy kaggel in sy plaashuis buite Hartbeespoort op sy kitaar sit

en tokkel, lyk hy soos ‘n vis in water.

Die kaggel brand lustig. “Gooi nog hout op,” nooi hy. “Dis lieflike

hout wat ek gekry het.”

Om Dozi lê ‘n paar kitare. ‘n Paar, en elkeen vertel ‘n storie. En

dan is daar die kat, Elvis, wat skaars ‘n ooglid verroer as Dozi

hom onseremonieel nader trek vir ‘n foto.

“Ek begin party dae in die oggend kitaar speel en hou dan eers

vroeg die volgende oggend op. Dan voel dit of daar geen tyd

verbygegaan het nie. En dan bly Elvis net hier langs my.

“Ek gebruik elke oomblik om kitaar te speel. Geen wonder die

girls hou nie by my nie!” skerts hy.

Toe Dozi in 1999 met Op aanvraag gedebuteer het, was dit die

kombinasie met die liedjieskrywer Stef Kruger wat mense

aangegryp het.

Dozi het al 59 liedjies van Kruger opgeneem, waarvan baie soos

Tussen jou en my, Ma se song en Grassade in die wind groot

treffers geword het.

Sy debuutalbum het dubbel-platinum-status gekry met meer as

100 000 eenhede wat verkoop is.

Hoewel Dozi daarna weer van Kruger se liedjies opgeneem het,

het die twee later nie meer so nou saamgewerk nie.

“Dit was niks leliks nie,” verduidelik Dozi. “Stef het Oudtshoorn toe

getrek en ek was met ander goed besig.”

Dozi het in hierdie tyd onder meer die musiek van die rockgroep

Creedence Clearwater Revival opgeneem en ook saam met die

sangeres Nianell gesing en twee albums saam met haar

opgeneem.

Maar toe hy en Kruger onlangs weer gepraat het, het albei besef

die tyd is reg om weer kragte saam te snoer.

Dozi se nuutste album is gepas getitel Terug by die begin en

benewens die liedjies Die oom song van Jak de Priester en die

Zoeloe-liedjie Wasi fela, wat hy self geskryf het, is al 14 ander

liedjies Kruger se werk.
“Mense praat baie oor Koos du Plessis. Ja, hy was natuurlik ‘n

goeie liedjieskrywer, maar ons het iemand net so goed soos hy

wat nog leef en dit is Stef Kruger.

“Hy is wat my betref die mees onderskatte liedjieskrywer in die

land.”

‘n Goeie liedjie, glo Dozi, moet ‘n storie vertel.

Party van die stories is maar hartseer, soos die snit Weggooikind.

“Ons het dit opgeneem met ‘n vrolike ritme, anders is dit net te

hartseer,” verduidelik die sanger.

Mense sing tog so graag oor die liefde, maar dit het vir

liedjieskrywers ‘n te maklike uitweg geword. “Daar is baie ander

goed om oor te sing as die liefde. Die liefde is tog so overrated,”

sug hy.

Van liefde gepraat, Dozi sê sy eerste liefde bly steeds om op te

tree, maar wanneer hy nie optredes het nie is hy doodgelukkig op

die plaas.

‘n Mens kan dit verstaan, want buite én binne is dit pure

rustigheid, met perde wat wei en drie klein hondjies wat gretig

nader hardloop. Weggooikinders, kan ‘n mens sê, want hul

foksterriërma het haar eenvoudig hier op die plaas aangemeld en

besluit om te bly.

Dozi het planne om sy rustige hawe binnekort met ander te deel.

Hy wil sommer gou ‘n kuierplek hier begin waar gesinne

Sondagmiddae kan kom afpak om na goeie musiek te luister deur

kunstenaars wat hy self wil nooi.

“Ek wil toilette daar bou en die mense kan daar parkeer,” kry sy

droom met vingertekeninge in die lug vorm.

En dan is daar nog groot drome van ‘n bluesplekkie met ‘n

ondergrondse wynkelder, want blues bly baie na aan die hart.

Dozi groet met drie baldadige babahonde in die arms ― gelukkig

so terug by die begin.

Sterk “ja” vir Belhar

Neels Jackson

Die Burger, 11 Mei 2011
Die NG Kerk se sinode van Wes- en Suid-Kaapland het gister

geskiedenis gemaak toe hy die Belydenis van Belhar met ‘n

meerderheid van sowat 80% aanvaar het.

Die sinode het ook ‘n versoek aan die algemene sinode gerig om

op sy vergadering in Oktober die kerkordelike proses aan die

gang te sit sodat Belhar ‘n belydenisskrif van die NG Kerk kan

word.

Met dié besluit het Wes- en Suid-Kaapland ― die grootste en

oudste streeksinode van die NG Kerk ― die eerste NG-sinode

geword wat sy amptelike steun aan Belhar as belydenisskrif

toesê.

Leiers van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) het dit as

‘n rigtinggewende stap vir die hele NG Kerk verwelkom.

Die besluit is geneem na ‘n lang debat waarin daar niks te sien

was van die aggressie wat kerklike gesprekke oor Belhar dikwels

in die verlede gekenmerk het nie.

Voor die debat het sinodegangers in groepies om ronde tafels die

geleentheid gehad om oor Bybeltekste te praat wat hulle meen in

die debat ter sake was. Daardeur wou die sinode by ‘n besluit

uitkom wat nie deur mense se emosies gemotiveer is nie. Hulle

wou ‘n besluit neem waarin hulle aan God gehoorsaam is.

Ds. Nelis van Rensburg, assessor van die sinode, het in sy

motivering van die moderamen se voorstel gesê Belhar verwoord

die waarheid van die evangelie duidelik. Dis ‘n universele protes

teen magsmisbruik en verskeurdheid wat oor alle grense strek.

Van Rensburg het Belhar bestempel as ‘n lens wat al die Bybelse

insigte oor versoening, eenheid en geregtigheid in fokus trek. Die

kerk het dié belydenis nodig in ‘n land waar rassisme hoogty vier.

Hy wil kan sê die kerk het ‘n belydenis dat alle mense voor God

gelyk is en dat daar aan almal reg moet geskied.

Die moderamen is daarvan oortuig die kerk moet nou in Suid-

Afrika oor dié kwessies met ‘n belydenisskrif, getuig. Dis die

sterkste manier waarop ‘n gereformeerde kerk hom kan uitdruk.
Van Rensburg het gesê die sinode word nie gevra om Belhar te

ondersteun om die VGK gelukkig te maak nie, maar omdat hulle

gehoorsaam aan God wil wees.

Een van die kenmerke van die debat was dat verskeie

ondersteuners van Belhar nie met argumente gekom het om hul

opponente te oortuig nie, maar met getuienisse van wat Belhar vir

hulle beteken.

Sinodegangers het met geslote stembriefies gestem. Daar was

544 stemme vir die aanvaarding van Belhar, 124 daarteen en vier

bedorwe stembriefies.

Die sinode het daarna weer na ‘n voorlesing van Psalm 23

geluister en toe op elke tafel ‘n kers aangesteek as teken van

God se teenwoordigheid.

Dr. Braam Hanekom, moderator, het teenoor die minderheid wat

teen Belhar gestem het, beklemtoon dat eenheid in die sinode

belangriker as die meningsverskil is.

Voordat Belhar ‘n belydenisskrif van die NG Kerk kan word, sal

die algemene sinode, elkeen van die nege ander streeksinodes

en twee derdes van alle kerkrade in die NG Kerk dit elkeen met ‘n

meerderheid van twee derdes moet goedkeur.

Dié belydenis kom ‘n lang pad

Goudini. ― Die Belydenis van Belhar is vanjaar ‘n kwarteeu

gelede deur die destydse NG Sendingkerk (NGSK) as

belydenisskrif aanvaar.

‘n Belydenisskrif is ‘n dokument waarin ‘n gereformeerde kerk sy

grondliggende geloofsoortuigings formuleer. Tradisioneel aanvaar

die gereformeerde kerke hier drie sulke belydenisskrifte: die

Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en

die Dordtse Leerreëls.

Die Belydenis van Belhar behandel drie groot temas: versoening

tussen mense, die eenheid van gelowiges en geregtigheid

teenoor ander mense. Deur dit as belydenisskrif te aanvaar, wou

die NGSK sê versoening, eenheid en geregtigheid is wesenlike
elemente van die evangelie van Jesus en moet deur Christene

uitgeleef word.

Die belydenis het ontstaan in die konteks van apartheid toe die

NGSK wou sê waarom dié beleid en ander soortgelyke vorms van

onderdrukking vir Christene onaanvaarbaar is.

Sedertdien het kerke in Europa en Noord-Amerika Belhar ook

aanvaar.

Die NGK het jare gelede al gesê die inhoud van Belhar is

skriftuurlik korrek. Tot gister wou geen NG sinode dit egter as

belydenisskrif aanvaar nie.

Vir die Verenigende Gereformeerde Kerk, waarin die NGSK

opgegaan het, het dit die vraag laat ontstaan of die NGK werklik

afgesien het van apartheid. Daarom verwag hulle van die NGK

om Belhar te aanvaar voordat kerkvereniging kan plaasvind. ―

Neels Jackson

Kerkleiers reageer

Talle kerklui van die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde

Kerk het gister hul opgewondenheid uitgespreek nadat die NG

Kerk van Wes- en Suid-Kaapland die Belydenis van Belhar

aanvaar het.

PROF. PIET STRAUSS moderator van die algemene sinode van

die NG Kerk, het gesê daar is klaarblyklik steun vir Belhar binne

die NG Kerk. ‘n Peiling drie jaar gelede het egter ook getoon daar

is by ander mense groot weerstand teen Belhar. Die kerk sal met

albei dié sentimente rekening moet hou.

Strauss het gesê die moderamen bring ‘n voorstel na die

algemene sinode wat vir albei kante voorsiening maak.

DS. LUCAS PLAATJIE moderator van die VGK se Kaapse

sinode, het gesê met dié besluit dui die sinode die koers vir die

hele NG Kerk aan.

Hy meen die sinode het nou getoon hy is ernstig oor Belhar en

oor eenheid

DR. ALLAN BOESAK, destydse moderator van die NG

Sendingkerk toe dié kerk Belhar aanvaar het, het gesê die sinode
se besluit is “vreeslik verblydende nuus”. Hy was onlangs in die

VSA, waar dié belydenis nou “hartlik aanvaar word” deur

Presbiteriaanse kerke.

Boesak wou egter weet wat die volgende stap is.

Hy hoop die Wes- en Suid-Kaapse NG Kerk is nou ook bereid tot

aktiewe en werklike eenheid op plaaslike vlak, as voorbeeld vir

die res van die NG Kerk. Dis die eintlike toetssteen vir die besluit.

Nie eens Pretoria se sportlui meer veilig

Willem Kempen

Die Burger, 11 Mei 2011

Hier is net die ding vir private speurders of enigeen wat met ‘n

Pretoriase sportman getroud is: ‘n USB-stokkie waarmee jy

uitgewiste data op ‘n Apple iPhone maklik kan terugkry.

Soortgelyke tegnologie is al lank beskikbaar en is byvoorbeeld die

rede waarom foto’s van ‘n sekere oudpresident se besoek aan ‘n

hospitaal se harteenheid destyds die koerant gehaal het, ten

spyte daarvan dat sy lyfwagte “doodseker” was hulle het alles op

die fotograaf se geheueskyfie uitgevee.

Die Britse vervaardiger Paraben se iRecovery Stick

(www.paraben-sticks.com) maak sulke tegnologie nou alledaags

beskikbaar vir net meer as R2 000. Jy prop dit net by jou rekenaar

in, verbind die rekenaar aan die foon en die iRecovery Stick sal

outomaties alle uitgewiste items begin herwin. Dit sluit in

kontaknommers of liedjies wat jy per ongeluk uitgevee het,

oproepgeskiedenis, teksboodskappe en ― die prettigste van alles

― kaartbesonderhede van plekke wat jy besoek het. ‘n

Weergawe vir Android-fone is ook beskikbaar.

As bogenoemde jou dit laat oorweeg om jou speelding teen die

muur stukkend te gooi: Jammer, maar ook dít gaan dalk nie meer

lank moontlik wees nie. Navorsers in Kanada het verlede week ‘n

slimfoon ten toon gestel wat van elektroniese papier gemaak is.

Die PaperPhone is in geheel gemaak van ‘n plastiekagtige

“papier”. Die foon word beheer deur dié materiaal te buig, daarop
te skryf of daaraan te raak. Die velle e-papier is slegs enkele

millimeter dik en benut dieselfde e-Ink-tegnologie wat in Amazon

se Kindleleser gebruik word.

Die PaperPhone is eintlik net ‘n eksperiment om te sien hoe

gebruikers die e-papier ervaar, want die uitvinders voorsien dat

volledige rekenaars eersdaags van dié materiaal gemaak sal

word.

Rekenaars wat lig is, min plek opneem, maklik op mekaar

gestapel kan word en nie kan breek of skraap nie ― en wat finaal

die einde van papier en drukkers kan beteken.

Nog voorpunt-tegnologie wat ons eersdaags gaan tref, is

Nintendo se The Legend of Zelda: Ocarina of Time 3D. Te

oordeel na die aanswellende golf hiperbool wat dit by

skakelbeamptes wêreldwyd laat opstu het, gaan dié speletjie

baie, baie goed wees. Soos dié een: “The Legend of Zelda:

Ocarina of Time 3D is ‘n meesterlike herskepping van een van die

baken-uitreikings in videospeletjie-geskiedenis.”

Baken of nie, weet dit: Dit gaan ‘n nuwe hoogtepunt in

driedimensionele speletjies wees. Dis spesifiek vir Nintendo se

3DS-konsole gemaak en dis van 17 Junie hier beskikbaar.

My tweede kans ...

deur Marguerite van Wyk

Sarie gesond Winter 2011

Net ‘n bietjie meer as die helfte van mense wat weens ‘n breinslagaarbreuk

beroerte kry, oorleef dit. Twee vroue wat heel

anderkant uitgekom het, vertel van die verskrikking

Sy was die beeldskone gladiator op TV met die witblonde

maanhaar en sterk, atletiese liggaam.

Maar Christy Skoglund, die voormalige Sweedse model wat in SA

as Sahara bekend was, het op net 33 gesterf ― weens

breinbloeding na ‘n slagaarbreuk (aneurisme).

‘n Verblindende hoofpyn terwyl sy in die gimnasium was, was die

enigste teken dat iets skort. Twee dae daarna was sy dood.
Sharon Stone, aktrise, en Neil Young, rocksanger, was

gelukkiger.

‘n Slagaarbreuk is ‘n bultende, swak plek in die wand van ‘n

bloedvat in die brein. Daar is gewoonlik geen simptome nie. In

uitsonderlike gevalle skeur dit en veroorsaak ‘n beroerte. (Sien

ook die statistieke.) Dit kan weens ‘n aangebore defek wees, of

ander toestande soos hoë bloeddruk of arteriosklerose (die opbou

van vetterige neerslae in jou bloedvate). Of, minder algemeen, ‘n

kopbesering of infeksie. Dit kan ook geneties wees, aldus die

mediese webblad webmd.com.

Nicole de Wet, voormalige Kaapse onderwyser, en Liezl Squier,

senior werwingskonsultant van Johannesburg, vertel hoe dit voel

om met jou eie sterflikheid gekonfronteer te word. En dat jy nooit

daarna met dieselfde oë na die lewe kan kyk nie.

‘Dit het gevoel asof ‘n byl my skedel oopkloof’

40, senior werwingskonsultant van Johannesburg

“As ek vrugte koop, adem ek die geur in. Of ry in die strate en

verlustig my aan die bome se kleure.

Ek waardeer die lewe meer, lewe in die nóú en laat my nie meer

deur klein dingetjies omkrap nie.

Want ek vier ‘n tweede kans op die lewe.

Net 15% van mense oorleef ‘n brein-slagaarbreuk sonder enige

blywende skade. Ek is een van hulle.

Op 10 Februarie verlede jaar, elfuur die aand, het die aartjie in my

brein oopgebars.

Dit was twee weke voor my 39ste verjaardag.

Ek was baie fiks en het gesond geëet, Pilates-oefening en Niadanse

gedoen en gereeld op ‘n trapmeul gestap. Ek het nog nooit

gerook nie en my gewig is konstant. Toe gebeur dit.

By ‘n werkpartytjie in Sandton het dit skielik gevoel asof ‘n byl my

skedel oopkloof. Ek het inmekaargesak. Toe ek na ‘n paar minute

bykom, was my kop ongelooflik seer en ek kon nie lekker praat

nie. My bene was lam. Ek was nie paniekerig nie, maar het

geweet iets is fout. N/a sowat ‘n uur en ‘n half was my spraak
egter weer reg en die gevoel terug in my bene. Ek het almal

oortuig ek kon self huis toe bestuur, sowat ‘n halfuur se ry

daarvandaan. Hoe ek by die huis gekom het, weet ek tot vandag

toe nie.

Maar dis hoe ver ek gekom het. Ek het voor die huis in die motor

inmekaargesak en my lewensmaat, Sandy McDonald, het my

daar gekry. Ek wou net slaap, my nek was stokstyf en ek het

begin braak. Die volgende oggend het hy my dokter toe geneem.

Die arts het vermoed ek het breinvliesontsteking en my in ‘n

kliniek laat opneem. Eers na verskeie toetse is vasgestel daar is

bloed in my rugmurgvog, wat op breinbloeding gedui het.

Op 13 Februarie is ‘n ‘veertjie’ (coil) met behulp van ‘n kateter

vanaf my lies al met my bloedvate langs tot by die slagaarbreuk

‘geryg’. ‘n Stent word dan in die aneurisme geplaas. Op dié

manier word dit gespalk en verstewig, wat die risiko van lekkasie

verminder. Dis dan nie nodig om jou skedel chirugies oop te maak

vir toegang tot die bloeiende slagaar nie. Ek was ses uur lank

onder narkose.

Ek het in die waakeenheid wakker geword met ‘n dreineringsbuis

in elke lies en ek was aan allerlei monitors gekoppel.

Die eerste week het ek onbeskryflik erge hoofpyn gehad. ‘n

Morfien-drup het baie gehelp, maar my vreeslik laat droom en

hallusineer. Ek was hulpeloos en afhanklik van die

verpleegpersoneel om my te was, aan te trek en te voer. Dit was

swaar. Na tien dae is ek oorgeplaas na ‘n gewone saal.

Ek was angsbevange dat my brein skade gekry het en ek nie

meer dinge soos vroeër sou kon doen nie.

Tydens my herstel het ek ‘n ligte epileptiese aanval en ‘n reeks

klein beroertes gehad ― ‘n teken van ‘n brein in trauma. Die miniberoertes

het my tydelik aan my linkerkant verlam. Dit het

geleidelik met daaglikse terapie reggekom. Drie weke later is ek

ontslaan.

Daarna kon ek twee maande lank nie lees nie ― ek het net wit

kolle op papier gesien. Ek was ook klanksensitief en het my dae
omgeslaap. Eers ses maande na die slagaarbreuk is ek terug

werk toe. Ek het gesukkel om dinge te onthou en maklik gehuil.

Ek het vir sielkundige terapie vir post-traumatiese stres gegaan ―

ek wou praat oor die fisieke en emosionele veranderinge

waardeur my lyf is. Só moes ek vir ses maande na die

slagaarbreuk voorkomende medikasie vir epilepsie drink wat my

hare laat uitval het. En my kop kry nog seer as ek nies of my neus

blaas.

Maar ek is andersins heeltemal gesond, is nie meer depressief

nie en oefen weer. (As die aneurisme behoorlik behandel is, kan

jy daarna oefen soveel as wat jy wil.)

Ek het ‘n ‘moet-doen’-lysie opgestel: begin skilder, het by

Toastmasters aangesluit, lag baie en maak tyd vir geliefdes en

vriende.

Die gebeure het my geestelik laat verdiep. Ek het eers gevra:

‘Hoekom is ék ‘n tweede kans deur God gegun?’ Tot iemand gesê

het: ‘Maar hoekom nié jy nie?’”

‘Dit het gevoel asof my kop vasgevat word in ‘n ysterklou wat al

harder en harder druk!’

47, voorheen Engels-onderwyser en nou vrywillige werker by

baba-skuilings in Kaapstad

“Ek wou nog altyd ‘n pleegma wees ― en nou versorg ek die ses

maande oue Michael. Dis ook my droom om ‘n skuiling te hê vir

babas wat deur hul ma verwerp is.

‘n Brein-slagaarbreuk het my lewe in dié nuwe, sinvolle rigting

gestuur.

Op 4 Januarie verlede jaar, omstreeks seweuur die aand, was ek

by my suster, Caroline de Wet, se huis. Dit het skielik gevoel asof

my kop vasgevat word in ‘n ysterklou wat al harder en harder

druk!

My broer, Ben, het gesien iets is fout en my dadelik hospitaal toe

geneem. Toe ons daar aankom, het ek van pyn geskreeu. Ek is

met ‘n ‘ernstige migraine’ gediagnoseer en huis toe gestuur met

pille.
Twee dae lank het ek net geslaap, niks geëet of selfs toilet toe

gegaan nie. Toe ek nie beter word nie, het my suster my na ‘n

ander hospitaal geneem.

Toetse het gewys daar is bloed in my rugmurgvog ― ‘n teken van

‘n bloeiende aneurisme. Jy moet binne drie dae na ‘n aneurisme

geopereer word. Daarna kan ‘n operasie jou kanse op beroerte

vergroot en moet daar tien dae gewag word.

Die operasie sou op 16 Januarie deur ‘n neurochirurg gedoen

word. Intussen het ek morfien gekry om die pyn te verlig. Dit het

my beter laat voel. Ek kon selfs grappe maak.

‘n Deel van jou skedel word chirurgies verwyder (kraniotomie). ‘n

Klampie (clipping) word dan om die basis van die beskadigde

slagaar geplaas en isoleer dit van die normale bloedstroom. Die

skedeldoppie word daarna weer teruggesit. Ek was vyf uur lank

onder narkose.

Toe begin die hel. Ek is ‘n baie private mens en om afhanklik van

ander mense te wees was stresvol. Ek kon nie morfien vir die pyn

gebruik nie. Bloeding op die brein en morfien het dikwels

dieselfde newe-effekte, bv. verwarring en deurmekaar spraak.

Hulle sou dus nie die twee kon onderskei nie. Ek kon ander

pynmedikasie drink, maar dis minder sterk.

Die eerste nag het ek die ure getel tot die oggend wanneer die

dokter sou inkom en nog kon voorskryf.

Ek was tranerig en emosioneel. Jy reageer na ‘n breinoperasie

glo dikwels dieselfde as vroue met nageboortelike depressie.

Na twee dae in die waakeenheid en dertien dae in ‘n gewone saal

is ek ontslaan.

Ek was baie angstig en ‘n bietjie neuroties. Ek het my bewapen

met telefoonnommers en siekefondsbesonderhede, sou ek skielik

hulp nodig hê.

My suster het aangebied dat ek by haar kom aansterk, maar sy

werk heeldag. By my eie huis sou ek dag én nag alleen wees,

maar ek wóú onafhanklik wees. Ek het half pateties en baie

weerloos gevoel. My suster en broer het saans vir my kos gebring

en my vriende het my baie ondersteun. Ek kon ses weke lank nie
estuur nie, maar ek wou ook nie juis veel doen nie. Ek het net

gerus.

Ek het pille teen angs gedrink, want ek het dikwels uit die bloute

paniek-aanvalle gekry. En antidepressante. Ek het ook vir

sielkundige terapie gegaan. Soms voel die hele gebeurtenis ‘n

bietjie onwerklik. Dis oorweldigend om te besef jy kon dood

gewees het.

My dieet was nog altyd gesond en my gewig konstant. Hoewel ek

vroeër nie geoefen nie, doen ek nou joga. Dit irriteer my dat ek

soms my gedagtevloei ‘verloor’. Ek het ook aanvanklik baie

gesukkel om te konsentreer, wat dit moeilik gemaak het om te

lees. En ek hóú van lees. Ek was ‘n Engels-onderwyser en

gesteld op goeie taalgebruik. Om soms te worstel om die regte

woord raak te vat, is baie frustrerend. Maar dit gaan elke dag

beter.

Ek hou vas daaraan dat dit soveel erger kon gewees het!”

Soek onmiddellik hulp as jy sommige of al dié simptome het.

• Migraine-agtige hoofpyn, die ergste in jou lewe

• Naarheid en vomering

• Stywe nek

• Skielike wasige of dubbele visie

• Skielike pyn bokant/agter jou oog

• Skielike probleme om te loop of duiseligheid

• Skielike swakheid of dooie gevoel van ledemate

• Sensitiwiteit vir lig

• ‘n Slap ooglid

Bron: The Brain Aneurysm Foundation

Die statistieke

35 jaar

Brein-slagaarbreuke kom meestal by mense tussen veertig en

sewentig voor. Dis egter nie ongewoon na 35 nie.
55%

Net 55% persent van slagoffers oorleef. En 30% van hulle is dan

in die een of ander mate gestrem.

56%

Net een in 10 000 mense kry een. Sowat 56% is vroue teenoor

44% mans.

Bron: The New England Journal of Medicine (NEJM)

om te weet

WATTER SIELKUNDIGE PROBLEME KAN JY DAARNA HÊ?

Dr. Jaco van der Walt, ‘n kliniese sielkundige van Pretoria,

antwoord.

Daar is ‘n verband tussen die sielkundige en neurologiese

simptome van ‘n slagaarbreuk.

Neurologiese simptome op kort termyn (tot sowat ses maand na

die aneurisme) is onder meer:

• Konsentrasie-probleme, swak uithouvermoë, geheueprobleme,

aantasting van visie, gehoor, reuk- en smaaksintuig.

Sielkundige simptome op kort termyn is onder meer:

• Skok, verwarring, vrees, onsekerheid, ontkenning, moegheid,

depressie, verminderde dryfkrag.

Neurologiese simptome op lang termyn (6 maande tot twee jaar)

is onder meer:

• Balans- en koördinasie-probleme, onverdraagsaamheid vir

sensoriese stimuli (bv. harde klank of lig), spraak- en

taalprobleme, leer moeiliker, oordeel en insig aangetas, rigiede

denke, sukkel om abstrak te dink.

Hoe minder die neurologiese skade op lang termyn, hoe minder

jou kans op sielkundige probleme. Want dit hou verband met

aanpassingsprobleme wat jy weens die neurologiese skade kan

hê.

Laasgenoemde kan onder meer blywende kognitiewe probleme,

sosiale, werk- en kommunikasieprobleme, gemoedsteuringe,

gedragsprobleme en persoonlikheidsveranderinge insluit.

‘n Neuro-sielkundige evaluasie na ‘n aneurisme is raadsaam.
Watter metode?

‘n Studie wat die twee metodes (veertjie soos Liezl vs. klampie

soos Nicole) vergelyk het, wys met ‘n veertjie is jou kans 7%

kleiner om na die operasie dood of afhanklik te wees. Net as dit

weens die aneurisme se vorm faal, word ‘n kraniotomie gedoen

en ‘n klampie om die beskadigde slagaar gesit.

Sowat 80% van pasiënte word met ‘n veertjie behandel.

Die veertjie-behandeling is nie pynlik nie: ‘n Naald word bloot in

die slagaar bo in jou been gesit en tot by die slagaarbreuk

“geryg”.

Daarteenoor is die ander metode wel seer, want daar word deur

vel en spiere gesny.

By sommige mense wat ‘n breinskandering weens ‘n ander rede

(hoofpyn, besering) kry, word ‘n aneurisme toevallig opgespoor

(voor dit begin bloei). Geen behandeling is nodig nie as die risiko

dat dit gaan skeur laag en die aneurisme self klein (minder as 7

mm) is. Baie mense loop rond met ‘n klein aneurisme wat

waarskynlik nooit probleme gaan veroorsaak nie.

Word dit groter, is daar soms waarskuwingstekens, aldus The

Brain Aneurysm Foundation (www.bafound.org). Dit sluit in

vergrote pupille, ‘n slap ooglid, pyn bokant of agter jou oog,

aanvalle van duiseligheid, spraakprobleme en tydelike visuele

versteurings.

Gaan dadelik dokter toe.

Bron: Prof. Allen Taylor, neurochirurg aan die Universiteit

van Kaapstad

In VSA wyk gehore al meer uit na vermaak tuis

Melvyn Minnaar

Die Burger, 8 April 2011

Onlangse navorsingsverslae van die VSA se amptelike,

oorhoofse kunsorganisasie, die National Endowment for the Arts
(NEA), wys toenemend ‘n afname in die getal mense wat kuns-

en kultuurgeleenthede bywoon.

Minder mense gaan na opera-, ballet-, musiek- en ander konserte

(behalwe musiekspele). Heelwat minder besoek museums en

kunsgalerye.

In sy verslag met die innemende titel “Age and Arts Participation:

A case Against Demographic Destiny”, skryf die navorser Mark J.

Stern dat die groepie mense wat binne die sosiale konteks by

kultuurbedryf, aktief as deelnemers en toeskouers betrokke is,

toenemend krimp.

Hy wys byvoorbeeld daarop dat in die VSA die bywoning van

klassiekemusiekkonserte sedert 1982 met 29% gedaal het, die

ergste afname die laaste paar jaar.

Die implikasie van ‘n kwynende gehoor is uiteraard rampspoedig

vir die bedryf. (Minder kaartjies verkoop beteken minder inkomste

― maar een van die gevolge.)

Redes vir die afname in aktiewe betrokkenheid van die publiek by

die kunstenaar en kultuurwerker se bedrywe is legio.

Stern wys onder meer daarop dat die avontuurlike geslag

sogenaamde babyboomers nou aftree-ouderdom bereik en

minder aktief raak.

Maar dis veral die toename van elektroniese kitskommunikasiemiddels

wat duidelik ‘n rol speel. Dit is opvallend

dat diegene wat enigsins nog in sodanige bedryf belang stel, dit

eerder deur ‘n ander medium ― soos televisie of die internet ―

tuis bekyk en luister.

(In welke mate die eietydse kunskyker “tweedehands” waarneem,

sien ‘n mens byvoorbeeld aan hoe besoekers by vooraanstaande

kunsmuseums letterlik die skilderye teen die muur deur hul

digitale kameras bekyk en afneem. Humoristies, miskien, en tipies

toeristies, maar wel simptomaties van ‘n “afwesige” manier van

ervaring. Tweedehands, as’t ware ― in lewende lywe, afwesig.)

Hierdie neiging wat direkte, persoonlike en fisieke kontak met die

kunswerk of uitvoering toenemend afskaal, kan die ganse

dinamiek van kuns verander. (In ‘n ander NEA-verslag is bevind
dat tot 75% mense wat glo dat hulle “kultureel betrokke” is, dié

betrokkenheid by kuns en kultuur “deur die elektroniese media”

beoefen.)

‘n Paradoks is natuurlik dat daar steeds ‘n egte skildery aan ‘n

museum se muur moet hang voordat jy ‘n virtuele toer van agter

jou lessenaar op die rekenaarskerm deur daardie einste museum

se uitstalruimte onderneem. Iewers moet iemand nog maak ― en

betaal.

Die Suid-Afrikaanse situasie is uiteraard anders, onder meer

omdat ons nog nie die digtheid en gemak van daardie

elektroniese media tot ons beskikking het nie. Daarbenewens is

die spektrum van ons kultuurbedryf wyd, en parallel met ons breë,

gemengde bevolking en tradisies van persoonlike

teenwoordigheid by die kultuurrituele. Ons toeskouers en gehore

het veel te kies en te keur om te sien en by te woon.

Nietemin, sou dit interessant wees of daar nog elke keer dieselfde

groot groep “kultuurvalke” optrek na een van Iziko se

tentoonstelling-openings al dan nie.

• Die NEA-verslag is beskikbaar by http://www.nea.gov/

research/2008-SPPA-Age.pdf

Vriendskapgids

Riëtt Grobler

Die Burger, 16 Mei 2011

Tjommas, pelle of maatjies ― noem hulle wat jy wil, maar sonder

hulle kan die meeste van ons nie klaarkom nie.

JIP het ‘n bietjie onder tieners navorsing gedoen en die volgende

dinge geïdentifiseer wat vriendskappe laat werk:

Selfvertroue

“Vriende het ‘n reuse-impak op tieners. Daarom is dit belangrik

om te weet wie jy is wanneer jy vriendskappe sluit,” sê Kimberley

Kirberger in Chicken Soup for the Teenage Soul ― On

Friendship.
Die skoolberader van die Sacred Heart College in Johannesburg,

Marie Grobler, stem saam.

“Selfbeeld speel ‘n groot rol in die tipe vriende wat jy kies. Hoe

beter jy jouself ken, hoe meer sal jy weet watter tipe vriende jy

moet kies en wat jou waardes is,” sê sy.

Aanvaarding

‘n Regte vriend hou altyd van jou, al is jy party dae ‘n monster en

al eet jy marshmallows op roosterbrood.

“Dis vir tieners belangrik om te voel hulle hoort iewers,” sê Roan

van Rooyen, ‘n gr. 12-leerder.

Maar moenie verander om in te pas nie; behou jou individualiteit,

sê Grobler.

Semoni Cancellier, ‘n gr. 11-leerder, meen: “As jou vriende jou

probeer verander of ‘verbeter’, gaan dit nie werk nie. Hulle moet

hou van jou soos jy is.”

‘n Gr. 11-leerder, Christel Vermeulen, glo dat almal iewers wil

hoort, tot die geselskap wil bydra en wil voel mense heg waarde

aan hul vriendskap.

Vertroue

Jy weet jy het ‘n goeie vriend beet as jy iets persoonliks vir haar

vertel en jy weet jy hoef nie “moet vir niemand sê nie” by te voeg

nie.

“As vriende agteraf gaan skinder en die vertroue tussen julle eers

gebreek is, kry ‘n mens dit nie terug nie,” waarsku Semoni.

Aldu Duminy (gr. 11) sê jy kan in ‘n vriendskap net jou “ware jy”

wees as jy jou vriende kan vertrou. “Soos vriendskappe ontwikkel,

vind julle dieper vertroue. Deel jul probleme, maar onthou, jou

vriend(in) is nie jou sielkundige nie,” sê hy.

Anneleen van Dyke (gr. 10) waarsku: “Vertrou jou vriende soos jy

die mensdom vertrou. Party vertrou jy meer as ander, en party

vertrou jy net met sekere goed, anders gaan jy hard val.”

Eerlikheid

Eerlikheid was bo-aan die JIP―lesers se lysie

vriendskapswaardes toe ons hulle op Facebook daaroor uitgevra

het.
“As my hare lyk asof ‘n voël daarin nesgemaak het, wil ek beslis

hê my vriendinne moet my sê,” vertel Semoni.

Aldu sê hy dink die manier waarop en die gesindheid waarin jou

vriende eerlik met jou is, is belangrik. “Reik eers diplomaties uit;

en as dit nie die gewenste reaksie het nie, pak die probleem direk

aan.”

Wees ook eerlik as dit by groepsdruk kom ― dis dalk so oud soos

die berge, maar jy hoef dit nie te aanvaar nie.

“Jy mag en móét vir jouself opstaan as jou vriende bo-oor jou loop

of katterig met jou is,” sê Grobler. Wees ook eerlik as julle baklei,

sonder om beskuldigings te laat rondvlieg, voeg sy by. “Eerder as

om vir jou vriend te sê ‘jy het dit en dat verkeerd gedoen’, kan jy

sê: “Ek het só gevoel toe dit gebeur het.’”

Christel waarsku vriende moet mekaar nie afskiet of laat simpel

voel nie.

Ondersteuning

‘n Vriend is iemand wat die lafste ding op die vreemdste tyd sal

sê, net om te keer dat jy huil, en iemand wat in baie swaar tye vir

jou daar is.

Volgens Roan moet vriende altyd in mekaar se belang optree.

Christel sê: “Ek verwag van my vriende om vir my te sê ek maak

droog, want dit wys hulle gee om. Hulle kan my dalk nog keer

voordat ek ‘n fout maak. Ek verwag nié van hulle om vir my te sê

‘ruk jouself reg’ nie, want hul ‘reg’ is nie noodwendig my ‘reg’ nie.”

Saamwees

“Ek en my vriende is omtrent die hele dag saam. Ons oefen

saam, kuier saam, bespreek hoe swaar en onregverdig die lewe

is en hou mekaar net uit die kwaad,” sê Roan. “Die Beatles

verduidelik vriendskap goed in die liedjie ‘Get By with a Little Help

from My Friends’.”

Vriendskappe kan jongmense teen hartseer en depressie

beskerm, wys navorsing wat verlede jaar onder Amerikaanse

tieners en amper-tieners gedoen is. Navorsers van die

Universiteit van Vermont het vasgestel vriendskap gee jou meer

uithouvermoë en beskerm jou teen isolasie.
“Een vriend kan jou teen afsondering en slegte sosiale ervarings

beskerm,” sê dr. William M. Bukowski, een van die navorsers.

Verskeidenheid

“Deesdae is jy in ‘n kliek, en saam met jou is dié kliek is jou BFF,”

sê Aldu. “Op dié manier word ‘n gebalanseerde vriendekring

verseker.”

Grobler meen verskillende vriende kan verskillende rolle in jou

lewe speel, en dit maak die lewe interessant. “Jy kan grappies

maak saam met party van hulle en met ander oor diep dinge

praat. Dalk kan jy met die een ou lekker oor flieks gesels, maar jy

stem nie saam met sy drinkgewoonte nie. Julle hoef nie saam uit

te gaan nie, maar kuier pouses saam.”

Christel voel dit is spesiaal om ‘n beste vriend(in) te hê met wie jy

oor dieper dinge kan gesels. Sy sê jy moet versigtig wees om nie

van almal “beste maats” te wil maak nie.

Die klein dinge

Jy hoef nie groot gebare te maak om ‘n vriend te wys jy gee om

nie, is Kirberger sê raad. Dit beteken baie om na skool te bel en

te sê jy was bekommerd as jou vriendin afwesig was en om ‘n

blommetjie vir haar skool toe te bring as sy ‘n af week het.

“Toe ek en my kêrel uitgemaak het, was my vriendinne byna

dadelik by ons huis met DVD’s, popcorn en sjokolade,” sê

Semoni.

Leer Koninklike troukunsies

Pam Block

Die Burger, 1 Junie 2011

Terwyl ek op ‘n groot skerm by die Kaapstadse trouefees na die

koninklike troue gekyk het, het ‘n huweliksbevestiger gesê hoe bly

hy is dat prins William en Catherine soveel aandag aan hul

huwelikseremonie gegee het.

Hy het gesê hy is dikwels hartseer omdat paartjies die meeste

van hul tyd aan die beplanning van die onthaal afstaan en weinig

aandag aan die belangrike seremonie skenk.
Paartjies het in die algemeen natuurlik nie die begroting om van

hul troue ‘n koninklike geleentheid te maak nie, maar die

koninklike troue het tog sekere riglyne gebied wat paartjies kan

volg.

Hier is tien wenke wat van die dag uitgesonder kan word:

1 Die paartjie het hoflikheid teenoor hul gaste betoon deur betyds

by die abdy op te daag.

Een van my (en vele ander se) troetelgriewe is om op die bruid te

wag. Met 2,5 miljard mense wat na haar troue gekyk het, het ons

almal geweet dié is een bruid wat ons beslis nie gaan laat wag

nie.

2 Alle lof aan die paartjie vir hul omgewingsvriendelike

gesindheid.

Hulle het nie blomme gekies wat van die buiteland ingevoer moes

word nie, maar blomme verkry van kwekers in Brittanje en van

koninklike landgoedere.

Die kerkpaadjie is versier met ‘n laning bome waarvan sommige

tot sowat 8 m hoog is. Na die troue is die bome na die prins van

Wallis se Highgrove-landgoed geneem en daar geplant. Hoekom

doen julle nie dieselfde vir jul troue nie? Besoek

www.weddingtree.co.za.

3 Baie aandag is aan die blomme in Catherine se handruiker

geskenk.

Al die blomme was seisoenaal en kon in ‘n Engelse tuin gepluk

gewees het.

Die betekenis van die blomme is ook in ag geneem. Die

handruiker het dallelie (dit dui op die terugkeer van geluk),

baardangelier (statigheid), hiasint (ononderbroke liefde), klimop

(getrouheid en die huwelik) en mirt (die simbool van die huwelik

en liefde) bevat.

4 Die paartjie het hul eie tradisies begin.

Die klimop-en-dallelie-kranse wat die blommemeisies op hul

koppe gedra het, is glo geïnspireer deur die bruid se ma se eie

kopstuk met haar troue in 1981.
5 Die keuse van die musiek vir die geleentheid is goed deurdink.

Die paartjie wou hê dat die prins se oorlede ma, Diana, prinses

van Wallis, op hierdie spesiale dag onthou moes word. Die eerste

gesang by die seremonie was een wat by haar begrafnis gesing

is.

6 Familielede is by die seremonie betrek.

Catherine se broer, James Middleton, is gevra om ‘n voorlesing te

doen. Aangesien hy disleksies is, het hy die hele voorlesing glo

gememoriseer. Om familielede te vra om ‘n voorlesing by die

troue te doen is ‘n goeie manier om hulle by die geleentheid te

betrek.

7 Hulle het gekies om nie hul eie huweliksbeloftes te skryf nie.

In die plek daarvan het die paartjie die ou, bekende belofte afgelê

wat sy oorsprong met koning Henry VIII se troue in die sestiende

eeu het: “To have and to hold from this day forward, for better or

worse, for richer, for poorer, in sickness and in health, to love and

to cherish, til death us do part.”

Hierdie kragtige woorde het die toets van tyd deurstaan en die

belangrikheid beklemtoon van die ooreenkoms wat hulle sou

betree. Dit is ook woorde wat hulle nie verleë sal laat wanneer

hulle oor tien jaar weer daarna kyk nie.

8 Kate se hoofstrooimeisie, haar suster, Pippa, het haar

uitstekend van haar taak gekwyt.

Die rol van die hoofstrooimeisie is om op haar troudag na die

bruid om te sien en Pippa het geen voet verkeerd gesit nie.

Dit was reg dat sy agter haar suster gestap het en nie voor die

bruid, soos so baie strooimeisies vandag maak nie. Deur agter

Catherine te loop kon sy haar sleep regtrek en verseker dat die

trourok gemaklik vloei. Ek het daarvan gehou dat sy nie ‘n

handruiker gedra het nie en die twee blommemeisies se hande

vasgehou het terwyl sy hulle begelei het. Met haar hande vry kon

sy met gemak die sleep regtrek, kopstukke nagaan en so meer.

9 Hulle het die abdy korrek verlaat.

Ek het al vele trouvideo’s gesien waar dit nie die geval is nie. Die

korrekte volgorde, na die paartjie, is die hoofstrooimeisie en -
strooijonker, strooimeisies en strooijonkers, gevolg deur die bruid

se ma langs die bruidegom se pa, die bruidegom se ma (of

stiefmoeder, soos in William se geval) langs die bruid se pa,

grootouers en dan gaste.

10 Die troufoto’s is tydloos.

Ek is seker daar is heelwat spontane foto’s van hierdie troue

geneem, maar die amptelike foto’s is iets waarna hulle nie in die

jare wat voorlê in afgryse sal kyk nie.

Kopi watsegoed? Wat sê jy maak daai gedierte?

Sonia de Waal Cabano

Die Burger, 9 April 2011

Teen R80 per koppie, is ‘n nuwe koffiewinkel in Kaapstad se

pièce de résistance die sjiekste kosfoefie in die Moederstad. Dis

g’n wonder dis so duur nie ― die bone moet hul pad immers deur

‘n dier se derms vind voordat jy dit sluk.

Tafelberg se dassies sal hulle wat verbeel. Daar’s ‘n nuwe diertjie

wat tans in die Moederstad se mediakollig baai ― ‘n kat wat lyk

soos ‘n rot met serious attitude, heel speels Paradoxurus

hermaphrodites heet en boonop ‘n ... erm, laat ons maar sê,

beduidende “stuiwer” bydra tot die duurste koppie boeretroos op

aarde.

Te danke aan Kaapstad se kosnuussnuffelaars op Twitter en

blogs het tyding van die Bo-Kaapse koffiewinkel Haas Coffee

Collective en hul kopi luwak bykans oornag soos ‘n veldbrand op

die Internet versprei.

“Kopi watsegoed?” proes jy in jou styrofoam-bekertjie. “Kopi”

beteken koffie in Indonesies, en “luwak” is die Asiese palm civet

wat heel lekkerbekkig smul aan die rypste, soetste rooi

koffiebone, dit verteer en goedgunstelik heel uitskei vir verdere

verwerking om uiteindelik in jou ontwerperskoppie te beland.

Meer omgewingsvriendelik kry jy skaars. En skaars is dié bone,

hoor. Die diertjies leef wild, en die bone word met die hand

opgetel.
Die luwak se maagsappe verteer die bitter omhulsel van die bone,

waarna dit met die hand gewas en in die son gedroog word in

Sumatra, Java en die Indonesiese skiereiland. Daarna word dit

versprei na voorkeur-handelaars wêreldwyd.

Te danke aan Hanno en Rénsché Schwartz, meesterroosters van

Strictly Coffee, kan jy dit nou self in Roosstraat loop proe. Teen

R80 ‘n koppie, of R2 960 per kilogram, klaar gerooster en reg vir

die maal.

Visioene van ‘n Kenny Kunune-agtige bedryf het onwillekeurig in

my verbeelding opgedoem ten aanhore hiervan. Hoe dekadent

kan ‘n mens immers wees om met ‘n rein gewete by honger

straatkinders verby te ry tot binne-in die hart van ‘n behoudende

Moslemgemeenskap om R80 vir ‘n paar mondjiesvol bitter, swart

vloeistof te betaal?

Wie sou agter so ‘n inisiatief staan en waarom juis nou, in die

nadraai van ‘n knellende resessie? Sal dit die laaste koppie wees

wat die revolusie ― waaraan jonge Julius ons gedurig herinner ―

sal laat opvlam?

My opdrag, geagte leser, is om ‘n koppie van hierdie

revolusionêre koffie te gaan geniet, en dan daaroor te skryf. Vir ‘n

vlietende oomblik wonder ek of Tony Ehrenreich, Cosatu se Wes-

Kaapse sekretaris en Kaapse burgemeesterskandidaat, geneë

sou wees om my te vergesel, maar ek bedink my voordat ek sy eposadres

opsoek.

Die mense agter die Haas Collective klink soos ‘n aangename en

joviale spulletjie, en die Bo-Kaap baai rustig in die vroeë-herfssonnetjie.

My smulpaapvrinne is ieder en elk besig om vingers in

dyke te prop elders. Laat ek hierdie bitter beker dan maar op my

eie beproef, seg ek, en dop my beursie om vir die nodige pitte.

Vooraf doen ek deeglik marknavorsing, en drink genoeg slegte én

goeie koffie dwarsdeur Kaapstad om melkskommel te kan maak

deur slegs na ‘n tweeliter-Pick n Pay-volroom in die verbygaan te

kyk.

Ek dink na oor dekadensie, perversie, transgressie, lus en

belustigheid, die tsoenami, die eindtye en die bekers en bekers
kitskoffie wat ek elke dag deur my nek jaag op soek na

kitsenergie. Gaan kopi luwak enigiets daaromtrent verander of

dalk selfs verbeter?

Bepaald nie. Ek het dit gedrink. Dit was lekker, maar lekker is net

‘n vinger lank. Die een se “vrugtig” is die ander een se frank. En

ek hou eerder van my koffie soos ek van die lewe hou: swart,

donker en bitter.

Want smaak verskil. En wanneer dit by smaak en voorkeure kom,

dans Pandora by die kamer in...

Daar het nie singende sufi’s ingewals om my te bekoor in Glynn

Venter en Francois Irvine se sexy winkeltjie in Roosstraat nie.

Daar het nie ‘n skreeuende massa met plakkate en bloedlus

verbygestorm nie.

Daar was bloggers en Tweeters, ja, en ander doodgewone mense

soos ek en jy, wat die rare ervaring van ‘n buurtkafee met ‘n twist

kom ondersoek en geniet het.

Daar is voëlskedels op die tafels te koop, en fluweelrusbanke op

die stoep. En ander, minder duur, maar steeds sublieme koffies

om aan te teug.

En bedrewe, gul gashere. Ek het twee besadigde, skerp, slim en

talentvolle mense ontmoet met veel te sê oor passie en hartstog,

kommersialiteit en die eenvoud van unieke genot wat haas als

reeds voorheen verteer en uitgespoeg is deur die bedorwe

moderne verbruiker.

“Weet jy,” vertel Glynn en Francois, “kopi luwak het sy oorsprong

in ‘n tyd toe eertydse koloniale plantasiewerkers verbied is om

enige van die koffiebone wat hulle as slawe moes oes, self te kan

geniet?

“Hulle het opgemerk dat die katjies die bone eet en heelhuids

uitskei. Boon vir boon is dit opgetel en gewas, gedroog in die son,

gerooster en gemaal om koffie van te kan maak.”

‘n Mens doen soms dinge in verset, ja. Omdat ‘n mens kan. En

omdat ‘n mens moet, seker.
As spieël ‘n vyand word

Emma Stander

Die Burger, 18 Mei 2011

‘My ma het altyd gesê alles met ‘te’ is verkeerd. Elke keer as jy

‘te’ voor ‘n woord kan sit, moet jy weet dit is ongesond vir jou,” sê

Heidi Strauss*.

* Skuilnaam

Maar “te” is presies die paadjie wat sy geloop het. Sy is intelligent

en beeldskoon. Sy dra ook ‘n geheim in haar rond: Sy het in gr. 9

‘n eetsteurnis, bulimie, ontwikkel, wat sy aan die einde van haar

gr. 10-jaar oorwin het.

“Die verwagtinge van mense om my, veral van kinders, is die

groot rede hoekom ek daarmee begin het,” sê Heidi. “My

vriendinne het altyd geïmpliseer ek moet so maer wees soos hulle

en het byvoorbeeld kommentaar gelewer as ek ‘n sjokolade wou

eet.

“Elke dag wat ek opgestaan het en in die spieël gekyk het, het ek

vet en lelik gevoel,” sê sy. “Ek het al hoe maerder begin word.

Sodra ek so honger geword het dat ek regtig nie meer die drang

na kos kon weerstaan nie, het ek alles waarna ek gesmag het,

gelyktydig begin eet.

“Daarna het ek só skuldig gevoel oor wat ek geëet het dat die

enigste oplossing vir my was om my vinger in my keel af te druk.”

Haar ouers het besef iets is verkeerd en sy het daagliks ‘n

sielkundige gaan spreek.

“Ek het 46 kg geweeg en het steeds ‘n drang gehad om nog

maerder te word. Ek het stadig gewig aangesit. Ek het vir die

sielkundige net gesê wat hy wou hoor sodat ek gesond kon klink

en voorkom. Die sielkundige het my gesond verklaar en ek het

opgehou om hom te besoek,” onthou sy.

Heidi het vier maande lank aangehou met dié gedrag, totdat sy

besef het sy kwyn weg.

Sy moes haarself oortuig dit is oukei om te eet en het geleidelik

die stryd teen bulimie gewen.
‘n Ongesonde verhouding met kos

Twee van die algemeenste eetsteurnisse wat ontwikkel as gevolg

van issues met hoe jy lyk, is anoreksie en bulimie. Vetsug word

ook as ‘n eetversteuring beskou.

Mense met eetversteurings het ‘n ongesonde verhouding met

kos, sê Pan Norton, ‘n kliniese sielkundige van Johannesburg.

Al twee gevalle is ekstreem: Iemand ooreet homself vir

emosionele vertroosting, of honger homself uit om só maer te

word dat hy sal wegkwyn.

“Liggaamsbeeld-issues begin met selfbeeld-issues. Die persoon

voel onseker oor hom- of haarself, en dit lei tot ‘n negatiewe

persepsie van sy of haar fisieke voorkoms,” sê Norton.

“Die media speel ook ‘n groot rol. Die idee van wat mooi is, word

omvergewerp deur tydskrifte en rietmaer modelle.”

Sy sê familielede beïnvloed mekaar ook intens en kan iemand

maklik laat glo sy is nie goed genoeg nie. Gesprekke met mense

na aan jou kan byvoorbeeld vir wanpersepsies sorg, soos

wanneer jou skraal, beeldskone ma by jou kla dat sy so vet en

lelik voel.

Sommige mense ontwikkel eetsteurnisse as ‘n manier om hul

familie se aandag en ondersteuning te kry.

“Meisies word soms anoreksies omdat hulle nie volwassenes wil

word nie en op dié manier die fisieke groeiproses vertraag,” voeg

Norton by.

“Normale liggaamsfunksies kom tot stilstand. Die meisie se borste

hou op groei en sy menstrueer nie. Dit is ‘n speletjie waarmee die

anoreksie-lyer probeer om ‘n kind te bly.”

Statistieke

• Ongeveer sewe miljoen meisies en vroue worstel met

eetversteurings wêreldwyd.

• Ongeveer een miljoen seuns en mans sukkel met

eetversteurings.

• Altesaam 80% van 10-jarige kinders is bang om vet te word.
• Die internasionale dieetbedryf is $40 biljoen (R27 miljard) werd.

• Bron: www.childrencomefirst.com

Hoe kan ek myself help?

Die eerste stap in die proses om weer gesond te word is om te

erken jy het ‘n probleem.

Sodra jy erken jy het emosionele probleme kan jy gehelp word.

Pam stel voor jy kry dadelik sielkundige hulp. In ernstige gevalle

is mediese ingryping ook nodig, omdat die liggaam so

uitgehonger is dat dit ‘n tekort aan noodsaaklike voedingstowwe

het.

Help vriende en kinders só

Indien jy ‘n goeie verhouding met jou kind het, is die beste manier

om aan die situasie aandag te gee om jou kind nie te konfronteer

nie, sê Norton. Sit en gesels met jou kind en wys hom of haar jy is

besorg. Moet nie dadelik gevolgtrekkings maak en jou kind

beskuldig dat hy of sy aan ‘n eetversteuring ly nie. Regstreekse

konfrontasie kan tot ontkenning lei.

Indien jy meen jy kan nie met jou kind hieroor praat nie, vra

iemand na aan hom of haar om jou te help.

‘n Vriend of vriendin kan dieselfde gesprek hê, of ‘n dokter kan

dalk die mediese gevare uitwys.

“Wees bewus dat eetversteurings nie net by meisies en vroue

voorkom nie, maar by seuns en mans ook. Dié siekte kan

lewensgevaarlik wees en moet met erns benader word,” sê

Norton.

Waar kan jy oral hulp kry?

• Nasionale Kinderwelsynhulplyn: 011 339 5741

• Geestelike versteuring-hulplyn: 011 262 6396 (08:00 tot 20:00

daagliks)

• Selfmoordhulplyn: 0800 567 567
• To Write Love on her Arms (help met enige emosionele en

sielkundige probleme): www.twloha.com

Coca-Cola vier 125 jaar

Die Burger, 25 Mei 2011

Op 8 Mei 1886 is ‘n wêreldikoon gebore wat vandag een van die

wêreld se herkenbaarste handelsname is.

Coca-Cola vier vanjaar dié maatskappy se 125ste verjaardag

deur in die gemeenskap te belê en geskenkpakke aan verbruikers

uit te deel.

Coca-Cola Suid-Afrika skenk in Mei altesame R1,25 miljoen aan

gemeenskapsinisiatiewe wat in pas is met hul Live for a

Difference-veldtogte: Waterbewaring, herwinning,

entrepreneurskap, MIV/vigs, voeding en welstand.

“Coca-Cola is deel van die Suid-Afrikaanse samelewing en deur

ons ekonomiese, sosiale en omgewingsbeleggings wil ons ‘n

positiewe verskil maak in Suid-Afrikaners se lewe,” sê Bill Egbe,

president van Coca-Cola Suid-Afrika.

Hier’s ‘n paar interessante feite oor Coca―Cola:

• Coca-Cola is in 1886 deur ‘n Amerikaanse apteker, John

Pemberton, in Atlanta geskep. Dit is aanvanklik slegs by

sodapompe (soda fountains) verkoop.

• Coke word vandag in meer as 200 lande geniet.

• Coca-Cola is in 1938 vir die eerste keer in Suid-Afrika verkoop

by ‘n sodapomp by die Waldorf Café in St. Georgestraat in

Kaapstad. Diet Coke is in 1983 in Suid-Afrika bekend gestel.

• Dors verbruikers wêreldwyd geniet 1,7 miljard keer per dag

Coca-Cola-produkte ― dit is ongeveer 19 400 koeldranke elke

sekonde.

• Coca-Cola is die eerste koeldrank wat in die ruimte gedrink is.

Op 12 Julie 1985 het ruimtevaarders aan boord van die
pendeltuig Challenger hul dors geles uit die Coca-Cola Space

Can.

Stress

E-mail

A lecturer, when explaining stress management to an audience,

raised a glass of water and asked, “How heavy is this glass of

water?”

The answers called out ranged from 20g to 500g.

The lecturer replied, “The absolute weight doesn’t matter. It

depends on how long you try to hold it. If I hold it for a minute,

that’s not a problem. If I hold it for an hour, I’ll have an ache in my

right arm. If I hold it for a day, you’ll have to call an ambulance. In

each case, it’s the same weight, but the longer I hold it, the

heavier it becomes.” He continued, “And that’s the way it is with

stress management.

If we carry our burdens all the time, sooner or later, as the burden

becomes increasingly heavy, we won’t be able to carry on.”

“As with the glass of water, you have to put it down for a while

and rest before holding it again. When we’re refreshed, we can

carry on with the burden.”

“So, before you return home tonight, put the burden of work down.

Don’t carry it home. You can pick it up tomorrow.”

“Whatever burdens you’re carrying now, let them down for a

moment if you can. So, my friend, put down anything that may be

a burden to you right now. Don’t pick it up again until after you’ve

rested a while.”

Here are some great ways of dealing with the burdens of life:

* Accept that some days you’re the pigeon, And some days you’re

the statue.

* Always keep your words soft and sweet, Just in case you have

to eat them.
* Drive carefully. It’s not only cars that can be ‘Recalled’ by their

maker.

* If you can’t be kind, at least have the decency to be vague.

* If you lend someone R20 and never see that person again, It

was probably worth it.

* It may be that your sole purpose in life is simply to be kind to

others.

* Never put both feet in your mouth at the same time, Because

then you won’t have a leg to stand on.

* Nobody cares if you can’t dance well. Just get up and dance.

* When everything’s coming your way, You’re in the wrong lane.

* Birthdays are good for you. The more you have, the longer

you’ve lived.

* You may be only one person in the world, But you may also be

the world to one person.

* Some mistakes are too much fun to only make once. Have an

awesome week and know that someone has thought about you

today

Caring for your dog’s ears

Health24

Proper ear care is an important aspect of your dog’s grooming

routine. When caring for your dog’s ears, you want to:

• Check for excess hair, dirt, wax, foreign objects, or redness in

the ear canal.

• Smell your dog’s ear ― if it smells bad, it is usually an indication

of a more serious problem.

• Mites like the dark, moist and inaccessible area of your dog’s

ear. Check for a dark waxy substance, it will almost look like dark

brown coffee grounds.

• Shaking his head more than usual/uncontrollably.
• Redness and swelling in the inside of the ear, the ear may also

feel warm.

• Excessive scratching of the ear and holding his head down to

the side of the irritated ear, or whimpering while scratching.

• Wax discharge and foul odour.

• Take your dog to the vet if he shows any of the above

symptoms.

What not to do

• Do not use soap and water to clean your dog’s ears, and don’t

poke or probe the internal ear canal, or surrounding tissues.

• Do not use ear buds or any other objects in the ear canal ―

only clean the part of the ear that you can see.

• Do not ignore an ear problem ― it never resolves on its own,

and may cause chronic damage to the ear canal and pain to your

dog.

Gatta patat, dis goed vir jou

Karla Janse van Vuuren

Die Burger, 11 Mei 2011

Dalk oplossing vir voedselprobleem

“Patats is ‘n uitstekende bron van energie en ook laag op die

glukemiese indeks (GI),” sê dr. Sunette Laurie, ‘n senior navorser

by die Landbounavorsingsraad (LNR) se Instituut vir Groente en

Sierplante.

“Wanvoeding, waaronder vitamien A-tekorte, en voedselsekerheid

is van nasionale belang in Suid-Afrika,” verduidelik Laurie. “Patats

het die potensiaal om albei prioriteite aan te spreek.

“Patats met oranje vleis is ryk aan beta-karoteen en word

internasionaal gebruik in pogings om vitamien A-tekorte aan te

vul.”

Laurie verduidelik patats, het net soos aartappels, ‘n lae proteïeninhoud.
“Dit is ‘n goeie bron van koolhidrate en dieetvesel en bevat ook

verskeie ander voedingstowwe. ‘n 100 g-porsie gekookte patat

verskaf noemenswaardige hoeveelhede vitamien C, wat saam

met beta-karoteen as ‘n antioksidant funksioneer. Dit help vrye

radikale beveg.

“Patats is ook ryk aan minerale soos kalium, fosfor, kalsium en

magnesium en klein hoeveelhede mikrovoedingstowwe soos sink

en yster.”

In Suid-Afrika

“Die gemiddelde markprys van patats het oor die afgelope paar

jaar toegeneem van R689 per ton tot R2 369 per ton,” sê dr.

Sunette Laurie. “Ek dink dit is omdat patats deesdae ‘modekos’

is.”

Die jaarlikse plaaslike produksie van patats het gestyg van 50 000

ton in 1998 tot 64 000 ton in 2009.

Patats word onder meer verwerk in bevore kos, babakos en

skyfies en dit word gedroog.

Patats is ‘n gewilde tradisonele gewas in subtropiese dele van

Suid-Afrika.

“Kleinboere plant graag patats omdat dit maklik groei en gehard

is,” sê Laurie.

Suid-Afrika is volgens Laurie ‘n klein produsent van patats in

vergelyking met die res van die wêreld. “Ons is selfvoorsienend

en ons voer ook uit. China is die grootste produsent en verbruik

ook jaarliks sowat 80 miljoen ton.”

Laurie voeg by die LNR is aktief betrokke by die ontwikkeling van

nuwe patatkultivars.

Het jy geweet?

• Patats kom oorspronklik van Sentraal-Amerika en word al

sedert prehistoriese tye deur die mens geëet.

• Die ontdekkingsreisiger Christopher Columbus het patats na

Europa geneem na sy eerste besoek aan die Nuwe Wêreld in

1492. In die 16de eeu het die Spaanse ontdekkingsreisigers

patats na die Filippyne geneem en hul Portugese eweknieë het
die inwoners van Afrika, Indië, Indonesië en Suid-Asië aan die

patat bekendgestel.

• China, Indonesië, Viëtnam, Japan, Indië en Uganda is die

grootste kommersiële verbouers van patats.

• Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was daar ‘n tekort aan

koringmeel en patatmeel is by gebak gevoeg om die meel te rek.

• Daar is maatskappye in Taiwan wat al suksesvol ‘n soort

brandstof van patats gemaak het.

‘Jy kan dit kook, fyndruk, rooster, bak of braai; in nagereg sit’

Ryan Miller, hoofsjef by die Tsala Treetop Lodge in

Plettenbergbaai se Zinzi-restaurant, sê patats kan op soortgelyke

maniere as aartappels in die kombuis gebruik word.

“Patats word vinniger as aartappels gaar. Wees versigtig, want

die hoë suikerinhoud veroorsaak dat patats makliker by hoë

temperature brand.”

Miller sê hy is gaande oor patats se veelsydigheid.

“Jy kan dit kook, fyndruk, rooster, bak of braai en jy kan dit selfs in

heelwat nageregte gebruik.

“Daar is honderde verskillende soorte patats, elk met hul eie

voorkoms, tekstuur en geur.”

Patats wat pas geoes is, het nie ‘n soet smaak nie en die groente

word ‘n paar weke lank na die oestyd “verouder” om die suikers

kans te gee om te ontwikkel, sê Miller.

“Patats hou nie baie lank in jou groenterak te nie, so koop net wat

jy nodig het.

“Bêre by kamertemperatuur in ‘n goed geventileerde deel van jou

kombuis.”

Miller beveel aan dat jy patats bak of rooster om hul soet,

neutagtige geure te laat uitkom.

“Los die skil aan, want daar is baie geur in die skil en die patat sal

sy vorm beter behou.

“Patats is heerlik in kerries en word goed gekomplementeer deur

kaneel, neutmuskaat, klapper en esdoringstroop.”
Soetpatats

Genoeg vir 6

8 groot patats of 1½ kg gesnyde patats (gebruik borrie- of gewone

patats)

4 e botter

6 e bruinsuiker

15 ml fyn kaneel of twee heel kaneelstokkies

100 ml water

sout

• Voorverhit die oond tot 180 °C

• Plaas al die patats in 'n groot oondbak. Stip die botter oor die

patats en sprinkel die suiker oor.

• Geur met die kaneel en sout en gooi dan die water oor. Maak

toe met foelie en sit in ‘n warm oond vir sowat ‘n halfuur.

• Haal die foelie af en bak verder totdat die patats

gekaramelliseer en sag is.

Patat-ravioli

Genoeg vir 6

Vir die pasta:

450 g meel

‘n knippie sout

4 eiers

15-30 ml water

30 ml olyfolie

Vir die vulsel:

500 g patats, geskil en in skywe van 2 cm gesny

60 ml olyfolie

15 ml platblaar- (Italiaanse) pietersielie

30 ml parmesaan, gerasper (plus ekstra om te bedien)
125 g ricottakaas

‘n knypie neutmuskaat

2 knoffelhuisies, fyn gekap

Maak die pasta:

• Meng meel en sout in ‘n groot bak. Maak ‘n holte in die middel

waarin jy die eiers, water en olie gooi. Gebruik ‘n vurk en meng

die droë bestanddele versigtig met die nat bestanddele totdat dit

bymekaar begin kom. Voeg nog meel by as dit te nat is, of nog

water as dit te droog is.

• Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak en knie tot sag

en elasties. Draai die deeg in kleefplastiek toe en laat vir 20

minute rus. Die deeg kan tot twee dae in die yskas gebêre word.

Maak die vulsel:

• Voorverhit die oond tot 220 °C.

• Plaas die patats op ‘n bakplaat en drup olyfolie oor. Bak vir 30-

40 minute of tot sag.

• Plaas die gaar patats en die res van die bestanddele in ‘n bak

en druk fyn. Geur met sout en peper.

Maak die ravioli:

• Rol die pasta baie dun uit (gebruik ‘n pastamasjien indien

moontlik). Plaas die pastavelle op ‘n werkoppervlak wat liggies

met meel bestrooi is en sny sirkels van 6 cm in deursnit met ‘n

deegsnyer uit. Bedek die pastasirkels met ‘n klam vadoek om te

keer dat dit uitdroog.

• Plaas ‘n teelepel vulsel in die middel van ‘n sirkel. Bestryk die

kante van die sirkel met geklitste eier en plaas nog ‘n sirkel bo-op.

Druk die kante goed vas en maak seker daar is geen lugborrels

nie.

• Kook die ravioli’s in sarsies in ‘n groot kastrol soutwater tot net

sag. Dreineer en bedien met ‘n bottersous, parmesaan en vars

kruie.
Worsie-pasta

Die Burger, 11 Mei 2011

Genoeg vir 6.

Jy benodig:

45 ml olyfolie

1 ui, gekap

4 knoffelhuisies, fyngekap

1 wortel, gerasper

1 brandrissie, gekap

500 g wors van jou keuse, maalvleis verwyder

5 ml vinkelsaad

10 ml origanum

60 ml balsemiekasyn

400 g-blik kersietamaties

500 g penne-pasta

hand vol basiliekruid

30 g parmesaankaas, gerasper

Maak só:

• Verhit die olyfolie tot warm in ‘n middelslag-kastrol. Voeg die ui,

knoffel, wortel en brandrissie by. Braai tot dit begin verkleur,

sowat 3 min.

• Voeg worsmaalvleis, vinkel en origanum by. Braai tot amper

gaar, sowat 5 tot 8 min.

• Voeg balsemiekasyn en tamatie by. Verlaag hitte en laat stadig

prut vir 10 min. terwyl jy die pasta volgens die aanwysings op die

verpakking kook.

• Dreineer die pasta en voeg dit by die gaar maalvleissous. Meng

goed.

• Sit voor met basiliekruid en parmesaan.
Mexikaanse picadillo

Die Burger, 1 Junie 2011

Picadillo is afkomstig van die woord “picar”, wat “om fyn te maal”

beteken. Dié maalvleis met uie, tamaties en rosyntjies maak ‘n

heerlike vulsel vir taco’s of tortillas.

Genoeg vir 12.

Jy benodig:

Ongeveer 700 g maer maalvleis (beesvleis of ‘n mengsel van

bees- en varkvleis)

2 e olie

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 medium-ui, fyngekap

1 blik gekapte tamaties

1 medium-aartappel, geskil en in 1 cm-blokkies gesny

½ koppie rosyntjies, in water geweek en gedreineer

sout en peper na smaak

Maak só:

• Verhit die olie in ‘n groot kastrol en voeg die vleis by. Braai

totdat dit begin verbruin.

• Voeg die knoffel en ui by en kook totdat die vleis gaar en die ui

sag is.

• Roer die tamaties by en kook oor mediumhitte vir ongeveer 4

minute. Roer aanhoudend.

• Voeg die aartappel en rosyntjies by (voeg ook ‘n bietjie water by

as die mengsel te droog lyk). Geur na smaak.

• Bring tot kookpunt, verlaag die hitte, bedek en laat prut stadig

oor lae hitte vir 15 minute totdat die aartappel gaar is. Roer nou

en dan en moet dit nie te droog laat kook nie.

• Sit warm of by kamertemperatuur voor.