02.05.2013 Views

EENHEID VIR TOEKOMS- NAVORS I NG - Laingsburg Vloed

EENHEID VIR TOEKOMS- NAVORS I NG - Laingsburg Vloed

EENHEID VIR TOEKOMS- NAVORS I NG - Laingsburg Vloed

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

551.

489

096

EENHEID VIR

TOEKOMS-

NAVORS I NG

NATUURKUNDIGE FAKTORE WAT AAN-

LEIDING GEGEE HET TOT DIE LAINGSBURG

VLOEDRAMP:

IMPLIKASIES VIR BEPLANNING

DEUR

W A NIEMAN

J T HARMSE

H W A ELLMANN

boo

BURO VIR

EKONOMIESE ONDERSOEK

UNIVERSITEIT VAN

STELLENBOSCH

MI

NATUURKUNDIGE FAKTORE WAT AANLEIDING

GEGEE HET TOT DIE LAINGSBURG VLOEDRAMP :

IMPLIKASIES VIR BEPLANNING

deur

W A Nieman

J T Harmse

H W A Ellmann

E T N Geleentheidspublikasie 81/2

Eenheid vir Toekomsnavorsing

Universiteit van Stellenbosch

Privaatsak 5050

STELLENBOSCH

7600

Mei 1981

ISBN 0 908422 73 3

19. SEP.

-9 SP.

15. OCT. 1 E8

VervWdlOwn

7. CT. 1996

UR. 1997

- 9 N V 2007 deur

NATUURKUNDIGE FAKTORE WAT AANLEIDING

GEGEE HET TOT DIE LAINGSBURG VLOEDRAMP :

IMPLIKASIES VIR BEPLANNING

W A Nieman

J T Harmse

H W A Ellmann

E T N Geleentheidspublikasie 81/2

Eenheid vir Toekomsnavorsing

Universiteit van Stellenbosch

Privaatsak 5050

STELLENBOSCH

7600

Mei 1981

ISBN 0 908422 73 3

SAMEVATTING

INHOUD

1. INLEIDING 1

2. METEOROLOGIESE OORSAKE VIR OORSTROMINGS IN SUID-AFRIKA 2

2.1 Algemene weerpatroon oor Suid-Afrika 2

2.2 Die sinoptiese toestand voor en tydens die Laingsburg

vloedramp 6

2.3 Samevatting 16

3. DIE GEOLOGIESE AGTERGROND, GEOMORFOLOGIE EN DREINEERVORME VAN

DIE LAINGSBURG-OMGEWING 17

3.1 Geologiese agtergrond 17

3.2 Geomorfologie 18

3.3 Dreineervorme 20

3.3.1 22

3.3.2

3.3.3

3.3.4

3.4 Erosie en verslikking 23

4. SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING

VERWYSINGS

BYLAAG - OORSTROMINGS IN SUID-AFRIKA : 'N HISTORIESE OORSIG

PP

24

25

Vloedskade in Suid-Afrika

NATUURKUNDIGE FAKTORE WAT AANLEIDING GEGEE

HET TOT DIE LAINGSBURG VLOEDRAMP :

IMPLIKASIES VIR BEPLANNING

SAMEVATTING

Na Sondag 25 Januarie 1981 was die inwoners van Suid-Afrika meteens weer bewus

van die rampgevaar wat 'n rivier kan inhou. Ongeveer R60 miljoen in vloedskade

is gely en ongeveer 100 mense het hulle lewens in die vloed verloor. Die soort

katastrofe het in die verlede voorgekom en kan weer voorkom. Atmosferiese toe=

stande wat gunstig is vir groot hoeveelhede reen in Suid-Afrika, kom herhaaldelik

maar met ongereelde tussenpose voor. Byvoorbeeld, 'n reeks vloede in die Karoo,

Oos-Kaap, langs die Oranjerivier en langs die Vaalrivier het in 1974 en 1975

verliese van ongeveer R115 miljoen (in 1980 Rand) tot gevolg gehad.

Meteorologiese faktore

Die meteorologiese toestande wat die vloedramp by Laingsburg veroorsaak het, was

nie 'n natuurfrats nie maar 'n intensiewe ontwikkeling van 'n toestand wat alge=

meen in die lugsirkulasie om die Aarde voorkom. Die omstandighede is kortliks

as volg:

In die bolug is daar normaalweg lugbeweging van wes na oos oor die grootste deel

van Suid-Afrika. Afwykings in die vorm van groot golfbewegings op horisontale

vlak beinvloed die weerstoestande op die oppervlak. Wanneer so 'n golfvormige

afwyking aansienlike afmetings aanneem, kan 'n poel van koue lug in die bolug

afgesny word. Die lugsirkulasie van so 'n afgesnyde stelsel is kloksgewys en

impliseer laagdruktoestande wat lug van die oppervlak af opsuig. Vogtiger,

warmer lug kan dan op die oppervlak van die noorde en ooste af toegevoer word.

Wanneer so 'n samevloeiing plaasvind tesame met 'n lugstyging, is daar groot=

skaalse wolkvorming oor 'n groot gebied met gevolglike uitgebreide reen in bo-

normale hoeveelhede.

Geomorfologiese faktore

Die geaardheid van die opvanggebied is 'n belangrike faktor wat verband kan hou

(i )

met moontlike oorstromings - wat duidelik die geval was by Laingsburg.

Deur die eeue het watererosie 'n amper ronde opvanggebied van 3 160 vk kilo=

meter ten noorde van Laingsburg uitgekerf. Die patroon van die afvoer=

netwerk van riviere het tot gevolg dat afloop uit die opvanggebied feitlik

gelyktydig by die betreklik smal poort net noord van Laingsburg sal aankom

mits dit oral in die opvanggebied ewe veel reen. Die rante net noord en suid

van die dorp verteenwoordig harder gesteentes wat natuurlike versperrings

vorm waardeur die riviere slegs enkele deurgange (poorte) kon vreet. Die

stroomkanale word dus geforseer om almal by een punt saam te vloei. Die on=

derliggende gesteentes produseer nie diep grond nie en die plantbedekking is

yl, ook as gevolg van oorbeweiding in die voorafgaande droogte. Die gevolg

is dat reenwater maklik afloop en groot hoeveelhede slik en ander materiaal

in die vlak, bree rivierbeddings saamgesleur word. Waar die vloedwater by

'n poort aankom word dit opgedam en met verhoogde snelheid deurgeforseer

("jet action"). Stroomaf sprei die water uit teen 'n laer snelheid sodat

'n groot deel van die stroomvrag gedeponeer word en 'n vloedvlakte vorm. In

Laingsburg se geval is daar twee poorte kort na mekaar, een stroomop van die

dorp en een stroomaf; die dorp self is op die ingeslote vloedvlakte tussen

die poorte. Die vloedvlaktes is vrugbaarder en meer gelyk as die res van die

V-vormige rivierkanaal en bied dus ideale omstandighede vir nedersetting, maar

terselfdertyd ideale toestande vir oorstroming. Die pad- en spoorbrug het

in die geval van Laingsburg as addisionele versperrings gedien om die vloed=

water sywaarts te laat uitsprei.

Voorspelling en beplanning

Kennis van die meteorologiese en geomorfologiese toestande en prosesse kan be=

planners toerus om 'n beter persepsie van sy natuurlike omgewing te ontwikkel.

Deplanning van ontwikkeling in vloedvlaktes behoort die potensiele natuurgevare

("natural hazards") in ag te neem. Moderne tegnologie stel die mens in staat

om die vloedpiek teoreties te bereken, asook die waarskynlikheid van die voor=

koms van bo-normale reenval. Die beweging van die lug en die sameloop van

omstandighede wat gunstig is om so 'n reenval te produseer, kan egter nie met

sekerheid voorspel word nie.

ii

Flood damage in South Africa

NATURAL FACTORS WHICH GAVE RISE TO

THE LAINGSBURG FLOOD DISASTER:

IMPLICATIONS FOR PLANNING

EXECUTIVE SUMMARY

Sunday 25 January 1981 created a renewed awareness in South Africa of the hazard

factor which is inherent to a river. The Laingsburg flood and other floods down=

stream from Laingsburg resulted in damages of more than R60 million while about

100 people lost their lives. Similar flood disasters occurred in South Africa

in the past and will occur again in the future. For example, a series of floods

in the Karoo, Eastern Cape and along the Orange and Vaal rivers during 1974 and

1975 resulted in losses of about R115 million (1980 Rand). Atmospheric conditions

favourable to high rainfall is common, albeit irregular, to South Africa.

Meteorological factors

The meteorological conditions which caused the flood disaster at Laingsburg were

not freaks of nature but an intensive development of a meteorological situation

which is common to air circulation around the Earth. Briefly, the circumstances

are as follows:

Over the largest part of South Africa air movement in the upper atmosphere is

usually from west to east. Deviations on horizonthal levels, in the form of

large wave movements, influence weather conditions on the surface. When such

wave-like flows increase considerably in size (amplitude), a pool of cold air

may be cut off in the upper air. The air circulation in such a cut-off system

is clockwise, simulating conditions of low pressure. The resulting ascent of

air causes warm, moist air to move in from the north and the east towards the

low pressure area. When such a confluence occurs simultaneously with an upward

movement of air, extensive cloud formation over a large area and widespread

rainfall in above normal quantities can result.

Geomorphological factors

The configuration of a catchment basin is an important contributing factor to

(i )

floods. This was obvious in the case of Laingsburg. Just north of Laingsburg

an almost circular catchment basin of some 3 160 sq. kilometers was created

through erosion over centuries. The pattern of the network of rivers draining

the catchment basin is such that runoff from all over this basin will reach a

comparatively narrow gorge just north of Laingsburg almost simultaneously,

provided that rainfall is even in all parts of the basin. The hills just north

and south of the town consist of harder rocks which form natural barriers through

which the rivers eroded only a few narrow gorges. Stream channels are thus

forced to converge at one point. The underlying rock formations in the catchment

basin produce little top soil which is, in addition, sparsely covered by plants -

a situation which was worsened by overgrazing during the preceding drought.

Consequently rainwater is easily removed as surface runoff, carrying with it

large amounts of sediment and other materials into and along the shallow, wide

riverbeds. When the floodwater arrives at a gorge in this hills it is tempo=

rarily dammed and then forced through the gorge with increased velocity (jet

action). Downstream of the gorge the floodplain widens again, the velocity

of water decreases and a large part of the stream load is deposited. In the

case of Laingsburg there are two gorges, one upstream and one downstream of

the town. The town is therefore situated on a so-called pocket floodplain

between the two gorges. This floodplain is fertile with a more even surface

than the surrounding river channel, and this enticed more intensive economic

activity. Furthermore, the road and railway bridges served as additional

obstructions, diverting the flood sideways into the town.

Forecasting and planning

Some knowledge of meteorological and geomorphological conditions and processes

can improve the perception of planners with respect to some of the limits which

the natural environment may enforce on planning options. Development in flood=

plains should be planned with a full cognition of the potential natural hazards

which are inherent to the occupation of a floodplain. It is possible to deter=

mine a flood peak with available modern technology, as well as the probability

of above normal rainfall. It is however, not possible to forecast the air

movement and the confluence of circumstances which are favourable for such

rainfall.

. INLEIDING

NATUURKUNDIGE FAKTORE WAT AANLEIDING GEGEE

HET TOT DIE LAINGSBURG VLOEDRAMP :

IMPLIKASIES VIR BEPLANNING

Oorstromings wat omvangryke skade tot gevolg het, is geen ongewone verskynsel

in Suid-Afrika nie (kyk Bylaag). So onlangs as 1974 het 'n reeks oorstromings

Suid-Afrika getref en skade van ongeveer R115 miljoen (teen 1980 Rand) is

langs die Sak-, Oranje-, Sondags- en Visrivier aangerig.* In 1975 het oor=

stromings langs die Vaalrivier ongeveer R15 miljoen (1980-pryse) se skade

aangerig. Die Januarie 1981-vloed by Laingsburg en in die Klein Karoo het

katastrofiese gevolge gehad met ongeveer 100 mense wat die lewe gelaat en

tasbare skade wat volgens beraming meer as R60 miljoen bedra.**

Aangesien intensiewe ekonomiese ontwikkeling, soos besproeiingsboerdery,

industries, krag- en kommunikasienetwerke, vervoerwee en dorpsontwikkeling,

dikwels op vloedvlaktes voorkom, kan verwag word dat vloedskade en -rampe

in die toekoms steeds deel van die Suid-Afrikaanse ekonomiese en sosiale

toneel sal bly. Oorstromings met rampspoedige gevolge is skaars, maar glad

nie "fratsen nie. Uit die oogpunt van die mens is elke rivier, hoe klein

ook al, 'n natuurgevaar en terselfdertyd 'n natuurlike hulpbron.

'n Toename van die bevolking en verhoogde ekonomiese aktiwiteit op vloed=

vlaktes kan die kans vir katastrofes soortgelyk aan die Laingsburgramp

aansienlik verhoog tensy sodanige ontwikkeling versigtig beplan word.

'n Eerste vereiste in sodanige beplanning is kennis van, en begrip vir,

die onderliggende natuurlike kragte en sisteme wat tot oorstromings aanlei=

ding kan gee. Met die doel voor oe ondersoek hierdie publikasie die natuurlike

*Inligting verkry van ondersoeke wat deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek,

Universiteit Stellenbosch en die Instituut vir Sosio-Ekonomiese Navorsing,

Universiteit van 0 V S uitgevoer is.

** Ramings voorsien deur die Direktoraat Winterreenstreek, Ministerie van

Landbou.

faktore wat die aard en omvang van die Laingsburgvloed bepaal het. Daar

word eers 'n oorsig gebied van die meteorologiese situasie tot en met

25 Januarie 1981, en daarna word die geomorfologiese karakter van die

Laingsburg-omgewing beskryf. Dit word dan aangetoon hoe die sameloop van

meteorologiese en geomorfologiese faktore tot die verwoesting in Laingsburg

aanleiding gegee het.

2. METEOROLOGIESE OORSAKE VIR OORSTROMINGS IN SUID-AFRIKA

2.1 Algemene weerpatroon oor Suid-Afrika

Die geografiese ligging van Suid-Afrika, to wete in die hoe subtrope

en laer middelbreedtes (22 ° - 35 ° suiderbreedte), bring mee dat ver=

skillende weersisteme in verskillende dele van die land aangetref word.

Die bolug (hoer troposfeer) word oorheers deur 'n antisikloon. So 'n

bolughoogdrukstelsel word gekenmerk deur lugdaling wat die normale pro=

sesse van wolkvorming en reen teenwerk. Die grootste deel van die

land kry dus relatief min reen. Oor die noordelike dele van die land

is die lugvloei in die antisikloon hoofsaaklik uit 'n oostelike rig=

ting en oor die suidelike en sentrale dele van die land is die lug=

vloei vanuit 'n westelike rigting. Ten spyte daarvan dat beide die

oostelike en westelike lugstrome van die aanliggende oseane kom en re=

delik vogtig is, kan dit nie reen bring nie tensy daar 'n versteuring in

die lugsirkulasie is wat die antisiklonale daling omverwerp.

A

E

IIII6...

Suidpool

E E

Suidpool

6

E

T.

Figuur 1 is 'n skematiese voorstelling van die ontwikkeling van 'n

versteuring in die bolug-westewinde. Hierdie bolugwinde kom rond=

om die aardbol voor en op Figuur 1A word die sonale vloeipatroon

voorgestel, dit wil se die westewinde waai feitlik ewewydig aan die

breedtelyne (vliegtuie maak gebruik van die snelstrome in die bolug

om vinniger van Suid-Amerika na Suid-Afrika na Australie te vlieg)

'n Golfvormige versteuring in die sonale patroon word in Figuur 1B

voorgestel. Daar is verskeie moontlike oorsake, soos byvoorbeeld

toename in windsnelheid en temperatuurverandering tussen die ewe=

naar (E) en die poolstreke. Daar kan dus op enige tydstip een of

meer van die golwinge in die sonale patroon van lugvloei in die bo=

lug ontwikkel op enige plek of 'n aantal plekke rondom die aardbol.

Die poolwaartse uitwyking word 'n rug genoem en die ewenaarwaartse

uitwyking is bekend as 'n trog (in die Noordelike Halfrond lyk

die poolwaartse rug op die diagram soos die kruin van 'n watergolf

en die ewenaarwaartse trog soos die trog tussen twee watergolfkruine).

Stroomaf (dit wil se aan die oostekant) van die bolugrug is daar

effense samevloeiing ("confluence") van die lugstroming sodat die

bolug geforseer word om te daal en hoer lugdruktoestande op die aard=

oppervlak te laat ontwikkel. Stroomaf van die bolugtrog is daar

egter 'n wegvloeiing ("diffluence") van lug en dit bevorder lugsty=

ging van die oppervlak of sodat laagdruktoestande op die oppervlak

kan ontwikkel. Aan die oostekant van die bolugtrog kan reenweer=

toestande dus ontwikkel.* 'n Vergroting in die amplitude van die

golfvormige versteuring (in Figuur 1C voorgestel) word veroorsaak

deur groter temperatuurverskille, sterker winde, en so meer. Die

sonale lugvloei van wes na oos verander in sulke omstandighede na

gedeeltelike meridionale vloei, dit wil se van noord na suid of suid

na noord. Die trog voer dus koue lug van die poolgebied ewenaar=

waarts en die rug voer warm lug poolwaarts. Figuur 1D stel die af=

snyding van selvormige lugsirkulasiesistome vnor wanneer die amplitude

van die golwinge uitermate vergroot. Die bolugrug (warm en met

hoogdrukontwikkeling op die oppervlak soos hierbo verduidelik) ont=

wikkel in 'n antisiklonale sirkulasiesisteem (antikloksgewys in die

*Die televisieweervoorspeller verwys dikwels na die donderstorms wat noordoos

van die bolugtrog kan ontwikkel wanneer die trog-as van, byvoorbeeld, Wind=

hoek na Port ETizabeth strek.

3

Suidelike Halfrond) en die hele stelsel word deur mooiweertoestande

gekenmerk.

In die bolugtrog word daar egter 'n poel van koue lug afgesluit met

siklonale sirkulasie (L). Gevolglik word daar as't ware 'n tregter ge=

vorm wat lug van die aardoppervlak suig. As dit vogtige,warm lug

'n Derde sinoptiese toestand wat bo-normale hoeveelhede neerslag kan

produseer, is 'n tropiese sikloon wat suidwaarts langs die ooskus

van Afrika beweeg. Die enkele tropiese werwelstorms wat jaarliks

in hierdie gebied suidwaarts uitwyk, volg meestal 'n baan oos van

Madagaskar en die invloed op die Republiek van Suid-Afrika is in

sulke gevalle gering. Wanneer so 'n sikloon nader aan die kus voor=

kom, kan swaar reen vir 'n dag of twee oor die Oos-Transvaalse Lae=

veld en Noord-Natal ondervind word.

Figuur 2 illustreer die veralgemeende lugsirkulasiepatroon in Janu=

arie op die 500 mb-lugdrukvlak (ca. 5,5 - 6,0 km bo seevlak); die

lugsirkulasiepatrone op laer en hoer lugdrukvlakke, dit wil se re=

spektiewelik verder en nader aan seevlak, is soortgelyk aan die in

Figuur 2, met 'n toename in windsnelheid hoer op in die bolug.*

FIGUUR 2 : Gemiddelde kontoere van die 500 mb-drukvlak vir

Januarie.

(Bron: Hayward & Steyn, 1967).

*Lugvloei (windrigting) is teoreties ewewydig aan die kontoerlyne van die lug=

drukvlakke in 'n rigting teen die wysers van die horlosie by 'n antisikloon

of hoogdrukstelsel en saam met die wysers van die horlosie by 'n sikloon of

laagdrukstelsel; die wind waai uit die rigting van die "vlagstok" by die weer=

stasie op die kaart• 'n halwe "vlagstrepie" verteenwoordig 5 knope (ca. 0,5

m.s. -1 = 1,85 km.h -1 ), 'n lang "vlagstrepie" is 10 knope, en 'n "vlaggie" dui

50 knope aan.

5

In die wintermaande intensifiseer die lugdrukgradient (m.a.w. daar

is sterker bolugwinde) en die sentrum van die bolugantisikloon brei

oos- en weswaarts uit en verskuif terselfdertyd enkele grade nader

aan die ewenaar sodat feitlik die hele Suid-Afrika suid van 20 ° S

onderhewig is aan westelike lugvloei in die bolug. Versteurings

in hierdie lugvloeipatroon is onder andere verantwoordelik vir die

buite-tropiese siklone en hul koue fronte wat met die winterreen

van Suidwes-Kaap geassosieer word.

2.2 Die sinoptiese toestand voor en tydens die Laingsburgvloedramp

Die westelike, sentrale en oostelike Karoo het, soos 'n groot deel

van die binneland en kusstreke van Suid-Afrika, die afgelope paar

jaar gebuk gegaan onder besonder lae neerslagtoestande. In sommige

streke was die droogte van korter duur as in ander streke. Oor die

opvanggebied van die Buffeisrivier ten noorde en ten weste van

Laingsburg was die langdurige droogte verantwoordelik vir die uit=

dorring van die bogrond en drastiese vermindering in oppervlakplant=

bedekking. Die droogte het, figuurlik gesproke, die toneel voor=

berei vir 'n snelle bogrondse afloop van reenwater. Enkele ver=

spreide donderbuie, selfs 'n wolkbreuk, sou in die uitgestrekte op=

vanggebied hoogstens plaaslike oorstromings kon veroorsaak. 'n

Matige hoeveelheid reen oor die hele opvanggebied van die Buffels=

rivier het egter 'n dramaties ander situasie geskep.

Die eerste tekens van die ontwikkeling van 'n versteuring in die

bolugwestewindvloei is teen ongeveer 22 Januarie 1981 waargeneem.

Op daardie stadium was dit onmoontlik om to voorsien dat hierdie

golfversteuring sou ontwikkel tot 'n volkome afgesnyde laagdrukstel=

sel oor die westelike Kaapprovinsie, aangesien geen tot meer as ses

sulke golfversteurings op 'n bepaalde tydstip rondom die wereld tus=

sen ca. 30°S en 60°S in die westewindgordel kan voorkom.

Die lugdrukpatrone op die oppervlak en op verskillende vlakke in die

bolug om 14h00 op 22 Januarie 1981 word in Figuur 3 (a - e) geillu=

streer.* Die laagdruktrog op die oppervlak (Fig. 3e) wat van Oos-

Londen na Windhoek gestrek het, was die hele week aanwesig, met buie

*Data van S.A. Weerburo: Pretoria en D.F. Malan, Kaapstad.

6

en donderbuie oos van die trog-as as gevolg van die samevloeiing

van vogtige lug uit die noorde. Geringe golfvorming in die bolug

oor die suidelike oseane, geassosieer met 'n koue front, het suid

van die land verbybeweeg en ligte reen oor die suidkusstreke ver=

oorsaak. Teen 21 Januarie het die Suid-Atlantiese antisikloon 'n

swak rug van hoe lugdruk suid van die land verbygestoot sodat koe=

ler, vogtige lug oor die suidoostelike kusstreke toegevoer is.

Alhoewel die omvang van die golwing in die bolug betreklik gering

was op 22 Januarie, veral in die hoer troposfeer (500 mb- en 300

mb-drukvlak, Fig. 3c, b), was dit in die laer troposfeer (700 mb-

drukvlak, Fig. 3d) reeds sterk genoeg om die oppervlak-trog oor die

binneland to verdiep (Fig. 3e) sodat verdere reen en donderbuie oor

die noordelike dele van die land uitgesak het. Die swak koue front

suid van die land en die toevoer van kouer lug uit die suide het

ligte reen langs die suidwes- en suidkusstreke veroorsaak.

In die bolug was die temperature op die stadium nog feitlik normaal

(ca. 3 ° C op 700 mb, - 10 ° C op 500 mb, en -35°C op 300 mb), en die

lug was betreklik droog: die doupunttemperature was meer as 40 ° C

laer as die lugtemperatuur op die 500 mb- en 700 mb-drukvlakke,

dit wil se ongeveer 5,8 en 9,6 km bo seevlak, onderskeidelik.

Van 23 Januarie of het die sinoptiese toestande begin verander.

Die hoogdrukstelsel oor die Indiese Oseaan het verder ooswaarts

uitgewyk sodat die buite-tropiese sikloon en geassosieerde koue

front ook verder ooswaarts kon beweeg, aangedryf deur die Atlantie=

se hoogdruksel wat meer vogtige lug agter die koue front oor die

suidelike landsdele kon instoot met windsnelhede van tot 30 knope.

Die boluggolf se amplitude het vergroot en die oppervlaktrog is

daardeur versterk. Teen Sondag 25 Januarie 1981 het die golfvormige

uitstulping so vergroot dat selle van lae druktoestande en die ge=

paardgaande siklonale lugsirkulasie op al die drukvlakke waargeneem

kon word (Fig. 4a - e; vergelyk ook Fig 1D).

Die golwing in die lugbewegingspatroon van die bolug het koue pool=

lug uit die suide noordwaarts gevoer, wes van die golf-as, en toe

die laagdrukstelsel "afgesny" word, was daar dus 'n poel van koue

poollug in sirkulasie oor die laer middelbreedtes bokant die wes=

telike dele van Suid-Afrika. Op 25 Januarie was die bolug tot

7°C kouer as enkele dae tevore en die lug was terselfdertyd aan=

sienlik vogtiger (doupunttemperature slegs 6 ° tot 8°C laer as die

7

20

30

0

SINOPTIESE PATRONE VAN DIE BOLUG EN OPPERVLAK

10

FIGUUR 3(a) : 200 mb-drukvlak

FIGUUR 3(b) : 300 mb-drukvlak

14h00 Sast 22 Januarie 1981

20 30

50

FIGUUR 3(c) : 500 mb-drukvlak

10

20

30

40

FIGUUR 3(d) : 700 mb-drukvlak

9

v . % I .)1$1.,,

C

4,

4r 0

.0%

4.1 tin

:i..g.

a 0

FIGUUR 3(e) : Sinoptiese oppervlakkaart

SLEUTEL

/N..) Isobare op seevlsk in millibar

r"\_} Kontoere op verskillende drukvlakke

in gpm

0)1 Die pyltjie beweeg met die wind

Elke veer stet 10 knope voor

50 knope

0.)' 5 knope

Wolkbedekking

0

a

3

• 8 ipt rokko

gliiiiiknN\ Kouefront

in

lugtemperatuur). Die afgesnyde laagdrukstelsel was tot op groot

hoogtes in die bolug aanwesig (op die 200 mb-drukvlak, ca. 12 km

bo seevlak, dui die windrigtings steeds op 'n sirkelvormige sirku=

lasie - Fig. 4a) en het as't ware 'n "tregter" oor die westelike

deel van die Kaapprovinsie veroorsaak wat lug van die oppervlak af

opgesuig het. Op die oppervlak (Fig. 4e) het daar gevolglik ook

'n laagdrukstelsel ontstaan. Vogtige tropiese lug is uit die

noorde "ingesuig" deur die diep laagdruksisteem met die lugbeweging

kloksgewys rondom die laagdruksentrum oor die noordwestelike Karoo.

Vanwee die siklonale sirkulasie en die wegvloeiing van die bolug,

is die oppervlaklug tergelykertyd ook opwaarts gesuig.*

Benewens die styging van die vogtige tropiese lug en die gevolglike

grootskaalse wolkvorming, was daar ook ander faktore wat uitgebreide

reenweer bevoordeel het. Die Suid-Atlantiese antisikloon wat suid

van die land as 'n rug van hoe lugdruk uitgebrei het, het in twee

sterk selle van hoe lugdruk verdeel (Fig. 4e). Die lugdrukgradient

van die hoogdruksentrum suidoos van die subkontinent na die kus was

steil sodat die oostelike winde snelhede van tot 50 knope kon hand=

haaf. Vogtige, koel lug is gevolglik oor die suidelike binneland

toegevoer van die Indiese Oseaan of en oor die kusstreke en aangrensen=

de binneland is die lug geforseer om teen die bergreekse te styg,

af te koel, wolke te vorm en reen te produseer. Oor die suidelike

en sentrale binneland het hierdie vogtige koel lugstroom gekonver=

geer (saamgevloei) met die ekwatoriale lugstroom uit die noorde.

Dit het die vertikale lugstyging, afkoeling en die uiteindelike

neerslag nog meer bevorder.

In Figuur 5 word 'n aanduiding gegee van die verbreidingspatroon en

die hoeveelheid ran wat gemeet is in die week geeindig 29 Januarie

1981.** Die hoeveelheid reen oor die opvanggebied van die Buffels=

rivier was oenskynlik aansienlik minder as oor ander plekke, maar die

feit dat naastenby dieselfde hoeveelheid ran gelyktydig oor die hele

opvanggebied uitgesak het, was waarskynlik die rede waarom die groot

*Lugstyging gaan gepaard met afkoeling sodat wolkvorming kan plaasvind wanneer

die stygende lug se temperatuur laer as die doupunttemperatuur daal.

t *Ten tye van die skrywe hiervan die enigste amptelike reenvaldata beskikbaar.

1 1

10

40

SINOPTIESE PATRONE VAN DIE BOLUG EN OPPERVLAK

FIGUUR 4(a) : 200 mb-drukvlak

FIGUUR 4(b) : 300 mb-drukvlak

14h00 Sast 25 Januarie 1981

40

50

12

FIGUUR 4(c) : 500 mb-drukvlak

0 10

FIGUUR 4(d) : 700 mb-drukvlak

20

30

40

50

13

FIGUUR 4(e) : Sinoptiese oppervlakkaart

SLEUTEL

oy

Isobare op seevlak in millibar

Kontoere op verskillende drukvlakke

in gpm

Die pyltjie beweeg met die wind

Eike veer stel 10 knope vocir

50 knOpe

5 knope

40

Wolkbedekking

0

a

2

• Betrokke

".....'N\ Kouef rout

3

14

50

r;

•• -1

•••••n••••••........• ,nt.,•,6..• •••

•n. '"' .1,..

. .• C

0 •

.a; •

.... 0 * • \•...

t •• ‘V......

8 8

I I

oN 4 8

tri 5 Lc) •CV

V''..-A

4...

M

L71 'ii:::::..d

•r- gr.

.2

. i.

i

.-‘ .. 1... .

4.

C

0

-J

0

v

a

03

m

)4

E

0

hoeveelheid afioopwater uit alle karate op Laingsburg aangestorm

het.

Teen Maandag 26 Januarie 1981 het die antisikloon oor die Indiese

Oseaan verder ooswaarts beweeg en die lugdrukgradient oor die see

het verslap sodat die laagdruksel oor die westelike binneland suid=

ooswaarts kon verskuif. In die bolug het die siklonale draaikolk

begin verswak en ook effens suidwaarts verskuif sodat die reenweer

ook suidwaarts verplaas is.

Die sinoptiese toestand op 25 Januarie 1981 het nie net bo-normale

reen oor die Moordenaarskaroo wes en noord van Laingsburg veroor=

saak nie, maar ook oor 'n groot gebied ten suide en ten ooste van

Laingsburg, waar sommige riviere ook nie die afloop uit hul opvang=

gebiede kon hanteer nie. Oorstromings het dus ook in die Ashton-

Montagu-omgewing en in ander sybekkens van die Brebrivier voorgekom.

2.3 Samevatting

Die lugsirkulasietoestande in die bolug en derhalwe ook op die opper=

vlak oor die suidelike deel van Suid-Afrika wat uitgeloop het op

betreklik matige hoeveelhede reenneerslag (maar oor 'n wye gebied)

gedurende die naweek van 25 Januarie 1981, het vantevore voorgekom

en sal in die toekoms ook weer voorkom omdat dit 'n inherente deel

is van die algemene atmosferiese sirkulasiemeganisme.

Die vergroting van die golfvormige versteurings in die sonale vloei=

patroon is trouens 'n noodsaaklike meganisme in die verspreiding van

energie in die Aarde-atmosfeersisteem. Die presiese plekke wat baie

men kan verwag (gewoonlik ten ooste van 'n trog-as), is moeilik voor=

spelbaar want dit kan enige plek reg condom die aardbol wees, in 'n

sone tussen ongeveer 30 ° S en 60°S van die ewenaar afhangende van waar

die stelsel die beste gaan ontwikkel en ook die intensiteit van die

stelsel.

'n Beskrywing van die Mei 1916-rampoorstromings in die Gamtoosrivier=

vallei en omliggende gebiede, van Mosselbaai tot verby Oos-Londen en

*Die verskynsel kom ook op dieselfde breedtes in die Noordelike Halfrond voor.

16

noordwaarts tot verder as Richmond in die Kaapprovinsie, suggereer

dat 'n afgesnyde boluglaagdruksisteem soortgelyk aan dië van

Januarie 1981, verantwoordelik was vir die "... prolonged heavy down=

fall of cold rains, lasting 24-36 or even more hours without a break"

(Yearbook of the Union of South Africa, 1918, p. 136). Wetenskaplike

ontledings van sulke afgesnyde laagdruksisteme is voorheen reeds deur

verskeie outeurs gepubliseer. Voorbeelde hiervan is die swaar neerslae

en oorstromings in die sestigerjare in die westelike Karoostreke, by=

voorbeeld in die omgewing van Calvinia, Fraserburg en Victoria-Wes

(Triegaardt, 1961; Hayward & Steyn, 1967). Uit hierdie verslae blyk

dit duidelik dat topografie en oppervlakmorfologie ook 'n belangrike

invloed uitoefen op sowel die hoeveelheid reen wat val as op die hoe=

veelheid en aard van die oppervlakafloop.

3. DIE GEOLOGIESE AGTERGROND, GEOMORFOLOGIE EN DREINEERVORME VAN DIE LAINGS=

BURG-OMGEWING

3.1 Geologiese agtergrond

Die dorp Laingsburg, sowel as 'n klein gebied ten suide daarvan en

groot gebiede na die weste, ooste en veral die noorde, word onderlé

deur gesteentes van die Karoo Supergroep. Hierdie sedimentère ge=

steentes is ongeveer 300 tot 170 miljoen jaar gelede in 'n groot binne=

landse meer afgeset (Truswell, 1977). In die stadium was die Laings=

burggebied laerliggend as die gebied ten suide daarvan, selfs laer as

die huidige kuslyn. 'n Noordwaartse dreinering het geheers, met ri=

viere wat verweerde materiaal vanaf die suidliggende Kaap Supergroep

van gesteentes* na die Laingsburg-omgewing vervoer het (Ryan, 1968).

Later word die suidliggende gesteentes, tesame met die reeds afge=

sette materiaal ten noorde daarvan, deur aardkorskragte vanuit die

suide geplooi. Ongeveer 140 miljoen jaar gelede ontwikkel 'n suid=

waartse dreinering in die Laingsburggebied weens 'n heffing van die

binnelandse gedeeltes van die subkontinent.** Verweerde gesteente=

materiaal, afkomstig van die Karoo Supergroep sowel as die Kaap

Supergroep, word nou deur riviere suidwaarts verplaas. Die

*Wat,terloops, ongeveer 450 miljoen jaar gelede gevorm is, dus ouer is as Karoo

Supergroep, en deesdae byvoorbeeld die Witte-, Swart- en Langeberge uitmaak.

**Heffing verwys na opwaartse opbulting van die aardkors.

17

suider-subkontinent word daarnd verskeie male opnuut gehef deur

aardkorskragte. Hierdie heffings stel suidwaarts vloeiende ri=

viere soos die huidige Buffels en Dwyka daartoe in staat om poorte

in die narde, hoe oos-wesstrekkende geplooide sandstene te kerf

(King, 1963), en steeds materiaal in die rigting van die kus te

vervoer - 'n proses wat vandag nog steeds voortduur met, net

soos voorheen, afwisselende intensiteit.

Om op te som, dit kan gestel word dat Laingsburg en die omliggende

gebiede dus minstens die afgelope 140 miljoen jaar lank al aan ero=

sie onderhewig is, dat miljarde ton alluvium (verweerde gesteente=

materiaal) in die tyd suidwaarts vervoer is en, van belang vir die

mens van vandag, dat lopende water hiervoor verantwoordelik was.

3.2 Geomorfologie

Droe tot halfdroe landvorme kenmerk die Laingsburg-omgewing, tesame

met afwisselende reliefverskynsels. Na die verre suidooste troon

die plek-plek diep ingekerfde Klein Swartberge, wat hoogtes van tot

2 313 m bo seevlak bereik en waardeur die Buffelsrivier 'n poort

545 m diep gekerf het in sy seewaartse gang. Nader aan die dorp,

ten suide daarvan, word die soms onderbroke Wittebergreeks met

hoogtes van tot 1 534 m bo seevlak aangetref wat, net soos die Klein

Swartberge, uit geplooide sandsteen van die Kaap Supergroep bestaan.

Direk ten suide en noorde van die dorp kom laerliggende reekse oos-

wesstrekkende, geplooide sedimentère gesteentes van die Karoo Super=

groep tot 967 m bo seevlak voor. Die geplooide geaardheid van laas=

genoemde gesteentes, wat normaalweg byna horisontaal in ander gebiede

vertoon, hou verband met soortgelyke geologiese plooiingsaktiwiteite

na die suide (Wellington, 1955).

Die hele gebied vanaf ongeveer ses kilometer ten noorde van die dorp

word gekenmerk deur 'n deeglik ingekerfde, dog golwende landskap wat,

vanaf 'n afstand gesien, die voorkoms van 'n vlakte aanneem (kyk

figuur 6). Die kruine van heelwat van die koppies in dië omgewing

vertoon egter 'n besondere uniformiteit in terme van hoogte bo see=

vlak (ca. 800 m) en verteenwoordig in werklikheid 'n vorige erosie=

vlak, wat ongeveer 13 miljoen jaar gelede gevorm is (King, 1963,

pp. 209, 258). In daardie stadium het die hele dreineergebied van

die huidige Buffelsrivier, tesame met die sytakke dus in 'n toestand

18

FIG. 6 DIE PLASING VAN LA!NGSBURG OP 'N INGESLOTE VLOEDVLAKTE

19

van relatiewe rus verkeer, waartydens intense erosie afwesig was.

Hierna is die subkontinent egter weer eens gehef, wat tot gevolg

gehad het dat die riviere verjong is (Thornbury, 1969, p. 139) en

opnuut hul beddings dieper ingekerf het. Miljarde ton alluvium

is deur riviere uit die gebied weggevoer om die huidige reliefver=

skille tot stand to bring. Klaarblyklik is die proses vandag nog

steeds aktief, want die landskap vertoon oor die algemeen duidelike

"jeugdige" eienskappe (redelike reliefverskille oor kort afstande).

Hierdie vermoede word ook bevestig deur die onlangse rampvloed in

die gebied.

In die omgewing van die dorp self kom baie oos-wesstrekkende rOens

voor (Liebenberg, Rootman en Van Huyssteen, 1976, foto 19). Hierdie

rGens is die gevolg van differensiele erosie op harde sandsteen en

sagte tilliet* en skalie, terwyl plooiing ook 'n bydrae tot die land=

vormingontwikkeling lewer. Puinglooiings ("Talus slopes") teen die

berge en koppies in die hele omgewing is kenmerkend van halfdroe

streke, met gepaardgaande swak grondvorming dwarsdeur die gebied.

Weens die afwesigheid van Karoodolerietintrusies** in die gebied

ontbreek die kenmerkende tafelkoppe wat dikwels in die noorde van

die Karoo en in die Kaapse Middelland aangetref word. 'n Uit=

sondering hierop is die Heuningbergtafelkop 11 km noord-noordwes

van Laingsburg, waarvan die 350 m lange plat kruin deur 'n harde

sandsteenlaag gevorm word. Talle spitskoppe word in die gebied

ten noorde van dorp aangetref, waarvan sommige relatiewe reliefver=

skille van tot 153 m vertoon (byvoorbeeld die naamlose een, een ki=

lometer oos-suidoos van Excelsior en drie en 'n half kilometer noord=

oos van Laingsburg). Ook hierdie landvorme kan aan die harde, ver=

weringsweerstandbiedende sandsteen toegeskryf word.

By Bloukrans, sowat 17 km noordnoordoos van Laingsburg, word 'n

goeie voorbeeld van 'n paar kuestas*** in die gebied aangetref, met

*Rotse wat gevorm is deurdat gletserpuin verhard is.

**Indringings van gesmelte rots, wat later gestol het en relatief harder is as by=

voorbeeld sandsteen of skalie.

***'n Hamel waarvan die gradient weerskante van die kruin nie ewe steil is nie.

20

'n steilhanggradient van 0,66 wat deur die Buffelsrivier begrens

word. Hierdie kuesta deflekteer die rivier, sodat dit weswaarts

swenk en sowat vier kilometer verder eers 'n suidwaartse rigting

oseaanwaarts inslaan.

Suid van Laingsburg, tot sowat ses kilometer ten noorde daarvan is

subsekwente strekkingsvalleie* in die plooisone opmerklik. Hier is

'n traliedreineerpatroon ontwikkel wat sterk struktureel beTnvloed

is. Die Buffelsrivier, tesame met sy primere sytakke, naamlik die

Wilgehout- en Bobbejaanrivier, het in hul suidwaartse gang 'n rivier=

poort ingekerf deur elke oos-wesstrekkende obstruksie, wat op 'n hoe

erosiepotensiaal vir die riviere dui. Verder noord word radiale

dreineerpatrone dikwels op spitskoppe aangetref, maar die mees algeme=

ne dreineerpatroon is dendrities, met "sytakkies van riviere wat feit=

lik vanuit enige rigting, en met enige hoek kleiner as 'n reghoek by

die hoer orde strome aansluit" (Thornbury, 1969, p. 119). Die ri=

vierlope in die hele gebied word, met uitsondering van die Bobbejaan=

rivier, in matige tot vlak V-vormige valleie aangetref, wat weer eens

daarop dui dat hierdie gebied nog in die vroee volwasse stadium van

'n erosievlakvorming verkeer (Strahler, 1975, p. 420). Die normaal=

weg droe rivierbeddings is gewoonlik met sand, slik en selfs gruis

opgevul. Die hoofkanale van die Buffels- en Wilgehoutrivier is

egter beter ontwikkel en heelwat wyer as die van die sytakke. Die

relatief vrugbare alluvium hierin het boere aangespoor om dit vir

akkerbou to benut, soos byvoorbeeld by Excelsior en Middelplaas.

Die "normale" voor-rampvloed rivierloop het op plekke slegs sowat

nege persent van die hoofkanaalbreedte van die Buffelsrivier tydens

"normale" afloop beslaan. Daar moet egter in gedagte gehou word

dat die totale hoofkanaalbreedte van 'n rivier 'n beter norm van die

rivierbeddingbreedte in terme van geomorfologiese tydsverloop ver=

teenwoordig, as die breedte wat die rivier tydens 'n gewone reensei=

soen vloei.

3.3 Dreineervorme

In hierdie afdeling sal slegs die dreineerstelsels van die gebied ten

*Die riviere vloei dus parallel aan die rOens.

21

noorde van die Laingsburgspoorwegbrug in oenskou geneem word (kyk

figuur 7).

Die Buffelsrivier, met 'n hoofkanaalafstand van 86 km (gemeet vanaf

die Laingsburgspoorwegbrug tot by die mees noordelike waterskeiding

by die Groot Platorand) dreineer tesame met belangrike sytakke soos

die Wilgenhout-, Bobbejaan-, Venters-, Koringplaas- en Lammerfontein=

rivier, 'n totale oppervlakte van meer as 3 160 km 2 .* Dat hierdie

hele dreineerstelsel inderwaarheid effektief as 'n erosie-agent

funksioneer (dit wil se gemeet in geomorfologiese tyd), blyk daar=

uit dat die hoofkanaal van die Buffelsrivier binne 23 km vanaf sy

oorsprong reeds 'n breedte van 340 m bereik, met 'n valleidiepte van

83 m. By die Laingsburg-noordbergpoort is die kanaalbreedte 190 m

en die valleidiepte 142 m. Inderdaad is die Buffelsrivierdreineer=

stelsel een van talle suidwaartsvloeiende rivierstelsels wat in die

Groot Karoo aangetref word, wat deurentyd besig is om die Groot Pla=

torand** (Wellington, 1955; King, 1963; Barnard, Smit en Van Zyl,

1972) binnelandwaarts terug te dryf.

Die hoofkanaal van die Buffelsrivier ontspring op 'n hoogte van

1 697 m bo seevlak aan die suidekant van die Groot Platorand as die

Ventersrivier. Na ongeveer 22 km verander die naam na Buffelsri=

vier en 17 km verder sluit drie belangrike sytakke, naamlik die

Koringplaas-, Dwars- en Swaerskraalrivier vanuit die ooste by die

hoofstroom aan. Nog 30 km stroomaf sluit die Lammerfonteinrivier

vanuit die weste by die Buffelsrivier aan, wat 17 km verder opgevolg

word deur die Wilgehout- en Bobbejaanrivieraansluiting by die hoof=

kanaal. Laasgenoemde aansluiting is direk noord van die treinbrug

by Laingsburg, op 'n hoogte van 652 m bo seevlak. Daarbenewens

sluit talle ander, kleiner ondergeskikte sytakkies oor die hele

vloeiregime by die Buffelsrivier aan.

In die geheel beskou, kan die hele dreineerstelsel van die Buffels=

rivier as neffektiefm*** beskou word. Dit impliseer dat, indien

*Die genoemde syfer is bereken vanaf 1 : 50 Topografiese kaarte, gemeet in die

horisontale vlak. Die onegalige relief van die gebied behoort in werklikheid

die syfer heelwat te verhoog.

**Die Suidelike grens van die hoerliggende Kaapse Middelland.

"Die term word in 'n geomorfologiese/hidrologiese sin gebruik.

22

FIGUUR 7 : DIE BUFFELSRIVIERDREINEERKOM NOORD VAN LAINGSBURG

2 3

swaar reen in die gebied voorkom, die water vinnig in die rivier=

kanale beland en seewaarts afvioei, en wel om die volgende redes:

(a) Grond is baie swak ontwikkel teen die heuwelglooiings in

die gebied, met yl plantbedekking; "... the most typical

surface ... is that formed by only slightly decomposed shales

and sandstones, barely covered by Karoo (sic) bushes"

(Wellington, 1955, p. 115). Dit lei daartoe dat reenwater

nie vasgevang word in 'n deurlugtige bogrond/plantmateriaal=

sone nie (Morgan, 1979) en 'n relatief hoe persentasie van

die neerslag in riviere beland.

(b) Die skalies (en dikwels ook digte sandsteenlae) wat die grond=

lagie onderle, is relatief ondeurlaatbaar en vertoon daarby

'n lae poreusheid. Dit beteken onderskeidelik dat water teen

'n stadige tempo in die gesteentes wegsak en, indien wel, die

gesteentes in elk geval nie veel water kan absorbeer nie

(Monkhouse & Small, 1978).

(c) 'n Hoe dreineerdigtheid en stroomfrekwensie (Gregory & Walling,

1973) kenmerk die dreineerkom. Dit beteken onderskeidelik dat

daar, byvoorbeeld in die gebied 10 km noordoos van Laingsburg,

tot ses kilometer stroomkanaal per km 2 geidentifiseer kan word

en dat die afstand die somtotaal van 19 onderskeie stroom=

kanale uitmaak. Reenwater hoef dus nie oor groot afstande

as plaatvloei (ongekanaliseerde oppervlakvloei) te beweeg nie,

maar bereik vinnig 'n rivier om sodoende uit die olgewing weg

te vloei.

(d) Stroomop van die aansluiting van die Buffels- en Kraalrivier

(punt A in Figuur 7) kom 'n byna perfekte ronde dreineerkom

voor - 'n vorm wat by uitstek groot vloedstote bevorder

(Chorley, 1969, p. 80).

'n Effektiewe dreineerstelsel word gekenmerk deur bostaande omgewings=

eienskappe tesame met, onder andere,'n relatief steil gradient. Die

Buffelsrivier noord van Laingsburg vertoon 'n gemiddelde gradient van

1,22 cm per m langs sy hoofkanaal, wat as steil geklassifiseer kan

word (Odendaal, 1978).

24

3.4 Erosie en verslikking

Indien al die voorafgenoemde faktore in ag geneem word, is dit dui=

delik dat die effektiewe Buffelsrivierdreineerstelsel ten tye van

swaar neerslag ook effektief as 'n erosie-agent optree. Veronder=

stel 30 mm reen sak binne 'n kort periode oor die hele opvang=

gebied tussen Laingsburg en die Groot Platorand uit. Die drei=

neerkom van 3 160 km 2 , waarin (se maar) slegs 20 persent van die

neerslag wegsyfer, moet nou 75,84 miljoen kubieke meter water na die

see dreineer, wat 0,145% van die totale jaargemiddelde afloop van

die hele Republiek verteenwoordig. Tydens 'n situasie soos hierbo

beskryf, sou die massas water op hul weg na die see groot hoeveel=

hede grond, slik, sand en gruis van die oppervlak afstroop, om dit

dan as stroomvrag mee te voer - 'n proses wat soos reeds genoem,

nie vreemd aan die omgewing is nie maar reeds miljoene jare lank aan

die gang is. Die Laingsburgvloed van 25 Januarie 1981 was dus be=

paald nie 'n natuurfrats nie.

Hoe skakel die erosie van groot volumes materiaal in die bolope van

die Buffelsrivier ineen met die afsetting daarvan as "slik" by Laings=

burg en stroomaf van ander bergpoorte in die omgewing? Die noorde=

like gedeelte van die dreineerkom van die Buffelsrivier bestaan uit

individuele laer orde komme ("basins") (kyk figuur 6). In hierdie

gebied is erosie oorheersend. Die suidelike gedeelte vertoon daar=

teenoor oos-wes strekkende plooirOens, wat loodreg gekruis word deur

die Buffelsrivier in sy seewaartse gang. Gevolglik word 'n opeen=

volging van poorte met 'n smal ingekerfde bedding en ingeslote vloed=

vlaktes_verspreid al langs die hoofkanaal aangetref. Telkens

wanneer die met sediment belaaide rivier in vloed 'n smal poort be=

reik, verminder die vloeisnelheid (dus ook die sedimentverplasings=

energie) en word alluvium stroomaf van die poort afgeset om 'n inge=

slote vloedvlakte te vorm. Die standplaas van die dorp Laingsburg

is juis op so 'n ingeslote vloedvlakte (kyk figuur 6), stroomaf van

'n sone van 15 km waar die gebied besonder skerp ingekerf is, en

waar grootskaalse erosie dus plaasvind.

By die poort direk noord van Laingsburg vernou die hocfkanaalbreedte

van die rivier van sowat 500 m direk ten noorde daarvan tot sowat

120 m. Die opdamming van water teen hierdie poort het tydens die

onlangse vloed tot gevolg gehad dat die watervloedsnelheid verminder

is. Die rivier kon toe nie sy hele stroomvrag verder verplaas nie

25

en 'n sekere deel daarvan is by Laingsburg afgeset. Die proses

het later by die Floriskraaldam herhaal.

4. SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING

Met die huidige tegnologiese kennis is dit moontlik om vloedvoorspellings

te maak, maar in die praktyk sal dit 'n besonder duur aktiwiteit wees.

Byvoorbeeld die weervoorspelling wat op Sondag 25 Januarie 1981 deur die

Suid-Afrikaanse Weerburo uitgereik is, het heeltemal korrek swaar neer=

slae oor die suidelike, sentrale en oostelike gebiede van Suid-Afrika in

die vooruitsig gestel. Oor die opvanggebied van die Buffelsrivier was

die totale neerslag waarskynlik nie veel meer as 75 mm nie - minder

as oor ander gebiede waar die dreineringskomme kleiner is en die totale

waterafloop gevolglik ook uiteindelik minder was. Die enigste metode

waarvolgens vloedvoorspellings vir die gebied betyds gedoen sou kon

word, is om elke opvanggebied noukeurig op te meet en simulasiemodelle

op te stel vir alle moontlike verwagte kombinasies van neerslagversprei=

ding asook die tydsduur van die neerslag, en om 'n digte netwerk van

reenmeters op te rig en te monitor. Die gemete data word dan dadelik

(outomaties) na 'n rekenaar gevoer, verwerk en 'n vloedvoorspelling word

gemaak. Vervolgens sou dit ook nodig wees om die vloedwaarskuwing da=

delik en doeltreffend na al die moontlike gevaargebiede langs die stroom=

kanaal deur te stuur. Oor die algemeen sal dit 'n relatief goedkoper

strategie wees om by die mens 'n beter persepsie van sy fisiese omgewing

te ontwikkel en potensiele gevaargebiede met die nodige omsigtigheid te

beset en te beplan.

'n Rivier se "normale" loop behoort gesien te word as bestaande uit die

huidige hoofkanaal, tesame met die omliggende vloedvlakte. Laasgenoemde

is immers deur rivierafsettings opgebou en, hoewel dikwels vrugbaar en

van nut van die mens in sy ekonomiese aktiwiteite, maak dit deel uit van

die rivier. Die Buffelsrivier het maar net sy eiendom in herbesit ge=

neem op 25 Januarie 1981. Laingsburg verkeer voortdurend in 'n natuur=

gevaar ("natural hazard") weens die huidige ligging daarvan by 'n punt

waar drie riviere (Buffels, Wilgehout en Bobbejaan - kyk Figuur 7)

saamvloei. Die potensiaal vir 'n rampvloed ("flood disaster") is dus

groot, hoewel die vloed van 25 Januarie 1981 duidelik 'n lae - voorkoms

verskynsel was.

26

VERWYSINGS

BARNARD, W S P SMIT & J A VAN ZYL, 1972 : Suid-Afrika : Die land en sy

streke.(Nasou : Kaapstad).

CHORLEY, R J (red.), 1969 : Water, Earth and Man. (Methuen : London).

GREGORY, K J & D F WALLING, 1973 : Drainage Basin Form and Process.

(Arnold : London).

HAYWARD, L Q & E E STEYN, 1967 : Lugvaartkundige Klimatologiese Opsommings.

W B 31. Departement Vervoer, Republiek van Suid-Afrika. Weerburo : Pretoria.

KING, L C, 1963 : South African Scenery.(Oliver & Boyd : London).

LIEBENBERG, E C, P J ROOTMAN & M K R VAN HUYSSTEEN, 1976 :

Die Suid-Afrikaanse Landskap. (Butterworth : Durban).

MONKHOUSE, F J & J SMALL, 1978 : A Dictionary of the Natural Environment.

(Arnold : London).

MORGAN, R P C, 1979 : Soil Erosion. (Longman : London).

ODENDAAL, J P le G, 1978 : Die hoofkanale van die Brerivier en Bergrivier :

'n geomorfologiese ondersoek. (Ongepubliseerde M A-tesis. Universiteit van

Stellenbosch).

RYAN, P J, 1968 : Stratigraphy of the Ecca Series and Lowermost beds

(Permian) in the Great Karroo Basin of South Africa. (Ongepubliseerde

Ph.D-verhandeling. Universiteit van die Witwatersrand : Johannesburg).

SCHULZE, B R, 1965 : Klimaat van Suid-Afrika, Deel 8 : Algemene Oorsig.

(W B 28, Weerburo, Departement van Vervoer, Republiek van Suid-Afrika.

W B 2/65 - 600. Staatsdrukker : Pretoria)

STRAHLER, A N, 1975 : Physical Geography. (4de uitgawe, Wiley : New York).

THORNBURY, W D, 1969 : Principles of Geomorphology. (2de uitgawe, Wiley :

New York).

27

TRIEGAARDT, D 0, 1961 : Flood rains in the Karoo, South Africa.

Notos, 10(1/4), pp. 113-118. (Departement van Vervoer (Weerburo),

Staatsdrukker : Pretoria).

TRUSWELL, J F, 1977 : The Geological Evolution of South Africa. (Purnell :

Kaapstad).

UNION OF SOUTH AFRICA, 1918 : Report of the Director of Irrigation for

the Period 1st April, 1917, to 31st March, 1918. (Presented to both

Houses of Parliament by Command of His Excellency the Governor-General).

Appendix C : The Cape Colony Floods of May, 1916. U G 49 - '18,

pp. 136-156. (Cape Times Ltd, Government Printers : Cape Town).

WELLINGTON, J H, 1955 : Southern Africa : A geographical study.

Volume 1. (Cambridge Universiteitsdrukkder. Cambridge : Engeland).

28

- SYLAAG -

OORSTROMINGS IN SUID AFRIKA : 'N HISTORIESE OORSIG

Meegaande tabel gee 'n aanduiding van die hoe frekwensie waarmee oorstromings in Suid-Afrika voorkom.

Jaar Datum Plek Opmerking

1652 23 Julie Kaapstad Jan van Riebeeck skryf in sy dagverhaal oor die baie reen wat

daardie nag geval het. Sy tuin is weggespoel en die pakhuis

in die Fort was 11 m onder water. Oor die "grootste ende

swaerste stortregen van de wereld" kla Van Riebeeck telkens

weer in sy dagverhaal.

1768 Stellenbosch Die dorp is deur die vloedwater bedreig. Die toestand was vir

die inwoners so gevaarlik dat Landdros Le Seur uit die drostdy

moes vlug. 'n Dag later het die meul en die waenhuis met die

huis ineengestort.

Oos-Kaap Swaar reens in die binneland het ontsaglike skade veroorsaak en

ook heelparty lewens geeis. Heinrich Lichtenstein het in sy

reisbeskrywing gemeld van die boere langs die Klein Visrivier

wat groot verliese gely het as gevolg van die stormwater.

1790 Oranjerivier Die rivier het in die jaar 'n wydte van etlike kilometer gehad.

1822 16 Julie Wes-Kaapland Die streek het swaar reen gehad. Huise is op Stellenbosch ver=

1823 Oktober Oos-Kaapland

1837 18 Februarie Beaufort-Wes

woes en op Somerset-Wes is die kerk en 25 huise verwoes. Op

Wellington was wingerde 1 m onder water. Die Bergrivier was

so vol dat drie boerewonings aan die oewers weggevee is. Op

Caledon is die nuwe meul weggespoel en die kerk by Groenkloof

(Mamre) het ingetuimel. By Tulbagh het 'n gedeelte van die

Drostdy ingetuimel en tuine was so diep onder water dat bote daar=

deur kon ry. Die Bree- en Olifantsriviere het ook groot ver=

woesting veroorsaak.

Baie van die geboue van die 1820-Setlaars is verwoes en die grond

van blase is weggespoel.

Die eerste opgetekende oorstromings wat hierdie dorp beleef het.

Gedurende die nag was daar 'n wolkbreuk en die Kuilsrivier het

sy walle oorstroom. Die water het so diep deur die dorp ge=

stroom dat diegene tussen die Drostdy, Birdstraat, Kerkstraat en

die Kuilsrivier almal vasgekeer was. Net een persoon het in die

vloed omgekom.

1856 April Durban In vier dae het 686 mm reen geval. Die Umgenirivier het 6 m

gestyg en byna niks van die dorp kon gesien word nie. Daar

was gelukkig nie baie lewensverlies nie.

1856 Junie Beaufort-Wes Dit was 'n ongewone tyd vir reen en daar was oorstromings. Dit

was blykbaar nie to erg nie, maar kosbare grond het see toe gespoel.

IPP 1861 Oranjerivier Stroomaf van Prieska het die rivier sy walle oorstroom en kon die

hele comer nie oorkruis word nie.

1867 Port Elizabeth Die Bakensrivier het afgekom en die dorp was onder water.

1868 Natal 430 mm reen het binne drie dae geval.

Jaar Datum Plek Opmerking

1871 27 Februarie Victoria-Wes As gevolg van 'n wolkbreuk het water by Patrysfontein opgehoop.

1874 Oostelike Provinsie

Fort Beaufort

Laer of op die vloedvlakte is 34 huise verwoes en het 62 mense

verdrink.

Dit was 'n rampspoedige jaar omdat daar wydverspreide oorstro=

mings in die gebied voorgekom het. Die Vis-, Tarka- en

Queenstown Buffelsrivier het groot skade veroorsaak.

Oos-Londen

1875 Desember Heidelberg (Kaap) 45 nuise is deur die Duiwenshokrivier weggevoer.

1881 Februarie Beaufort-Wes Daar was 'n kwaai haelstorm en oorstromings, maar geen noemens=

waardige skade is aan die dorp gedoen nie.

1883 10 Februarie Pretoria Een van die grootste en mees verwoestende oorstromings; die

Apiesrivier het by Arcadia ongeveer 183 m wyd gevloei.

1889 Desember Grahamstad 200 mm reen het binne 48 uur geval en daar was swaar oorstromings.

1891 Mafikeng Gedurende die jaar was daar groot oorstromings.

1894

Christiana,

Warrenton

Die Vaalrivier het sy walle oorstroom en die dorp het kwaai deur=

geloop. Op Warrenton het 45 huise ineengestort.

1901 Kaapstad Abnormale reen het groot oorstromings veroorsaak.

1904 17 Januarie Bloemfontein Die laerliggende gedeelte van Bloemfontein is oorstroom deur die

Bloemspruit. 60 mense het gesterf en honderde is dakloos ge=

laat. BrOe en 200 geboue is weggespoel of beskadig. Die

grootste ramp het in die Royal Hotel in Fonteinstraat plaasgevind

waar 29 mense hulle lewens verloor het.

1905 Maart Beaufort-Wes 'n Opgaardam se wal het gebreek en 'n gedeelte van die dorp is

weggeneem deur die water.

1905 31 Mei Natal In die gebied waar die normale maandelikse rednval 90 mm was, het

1905 20 Junie Simonstad en ander

dele van Kaapse

Skiereiland

daar 375 mm in 15 uur geval. Alhoewel die storm so groot was,

was daar geen lewensverlies nie. Die reenval in die Umbilo- en

Umhlatuzavallei was daardie nag 450 mm.

Oorstromings het hier plaasgevind.

1905 29 September Malmesbury Teen drie uur die oggend was daar 'n hewige donderstorm wat 'n

1905 11 - 26

September

paar minute geduur het, maar om vyf uur het 'n geweldige lawaai

die dorp genader. Dit was 'n tornado wat in 'n 300 meter bree

strook alles wat voorgekom het, verwoes het. Daar was ook le=

wensverlies en mense was onder geboue begrawe.

Kaapland Daar was oorstromings van Mosselbaai in die suide tot by Kimberley

in die noorde nadat riviere in verskeie distrikte met krag afgekom

het. Die streke wat die ergste onder die oorstromings deurgeloop

het, was in die omgewings van George en Hankey, waar 175 mm reen in

36 uur geval het. Die Kleinrivier sowel as die Gamtoosrivier was

reeds op 12 September in vloed. Hier was heelwat lewensverlies en

die spoorlyn oor die Gamtoosrivier was weggespoel. Die totale

11

Jaar Datum Plek Opmerking

1908 Port Elizabeth

1909 Januarie Witwatersrand

1911 12 Januarie Standerton

1913 Augustus Natal

1916 Mei Baviaanskloof,

Kougagebied en

Langkloof

1916 Mei Suidelike en sen=

trale dele van

Kaapland

1918 14 Maart Beaufort-Wes

1918 Noord-Transvaal

1934 Christiana

1941 6 April Beaufort-Wes

1941 Boland

1942

1944 Christiana

reenval in die Gamtoosvallei in die periode 11 tot 26 September

was 250 mm - 500 mm.

Die hoogste rednval in 1905 is opgeteken by George waar 362,5 mm

in 67 uur geval het. Die skade op George was baie groot: Vyf=

tien huise in die buitedorp is verwoes, die strate was coos rivie=

re, en die Langdrukbrug tussen George en Groot Brakrivier is weg=

gespoel. Heelwat volstruise is dood en skaapkarkasse en lemoen=

bome is deur die rivier meegesleur. Swaar neerslae oor Oudts=

hoorn het veroorsaak dat 618 huise oorstroom en 41 ingestort het.

Die Bakensrivier het binne 2 uur 9 m gestyg. 'n Groot gedeelte

van die besigheidsentrum was oorstroom en groot hoeveelhede pro=

dukte is weggespoel.

Dit het drie weke aanhoudend gereen sodat damwalle gebreek en oor=

stromings plaasgevind het.

Die Vaalrivier het sy walle oorstroom en groot skade is aangerig.

Die suikerdistrikte het onder oorstromings deurgeloop.

Mense het verdrink en op Baviaanskloof het die kerk inmekaarge=

stort. Die Gamtoosrivier waarin die afloop van hierdie drie

streke bymekaarkom, was totaal oorstroom.

Dit het 24 tot 36 uur onophoudelik gereen oor 'n groot gebied,

veral van die kus tot sover as Willowmore en Graaff-Reinet in die

binneland. Uniondale het 500 mm reen oor 'n kort periode ge=

kry; in die distrik van Graaff-Reinet is tot 250 mm reen gemeet.

Die Springfonteindam het gebreek nadat 200 mm reen binne 'n bestek

van 12 uur geval het. Groot verwoesting is op die dorp gesaai :

talle Kleurlinghuise in die bo-dorp en in Nuwestraat het ineenge=

stort; aan die westekant van Nuwestraat, suid van Markstraat, het

feitlik geen huis staande gebly nie.

Hewige oorstromings.

Die Vaalrivier het ernstige skade op die dorp aangerig nadat swaar

reen in die opvanggebied geval het.

Een van die kwaaiste oorstromings in die geskiedenis van die dorp.

'n Wolkbreuk het oor Nieuweveldplaas, 22 km noord van die dorp,

uitgesak en die 150 mm reen in 'n kort tydjie het 'n onkeerbare

watermassa op die dorp laat afpyl. Motors is weggespoel en men=

se is in geboue vasgekeer. Kerkstraat het tydelik die hoofbed=

ding van die Gamkarivier geword.

Die Berg-, Bree- en Kuilsrivier het oorstroom en groot skade aan=

gerig aan huise en wingerde.

Die Vaalrivier het sy walle oorstroom na swaar neerslag in die

opvanggebied.

!I

Jaar Datum -Plek

1

1948 9 Augustus Kaapstad

1948 25 Oktober Graskop (Transvaal)

1951 14 Januarie Johannesburg

1953 14 Januarie Durban

1955 13 Februarie Bothaville, OVS

1955 21 November Pretoria

1955 Upington

1957 5 Januarie Harrismith

1957 1 Februarie Johannesburg

1957 1 Februarie Calitzdorp

1957 16 Augustus Vredendal, Lutz=

ville en Klawer

1957 26 September Kroonstad

1957 27 September

tot

1 Oktober

Harrismith

Bethlehem

Benede-Oranje

1958 1 Januarie Touwsrivier en

1958 7 Januarie Natal

Laingsburg

1958 3 Maart Bredasdorp

Opmerking

168 mm reen binne 24 uur het groot gedeeltes van die Kaapse

Vlakte oorstroom.

152 mm reen het binne 'n uur geval en damme asook sewe Swart

nedersettings is weggespoel.

216 mm reen het op Swartkoppies, 'n plaas suid van Johannesburg,

geval en groot skade is aangerig.

Groot skade nadat die Umgenirivier sy walle oorstroom het toe

340 mm reen binne 36 uur geval het.

Na 'n wolkbreuk oor die dorp, waartydens 178 mm reen binne 30

minute geval het, is talle huise oorstroom.

Groot skade is aangerig toe riviere hulle walle oorstroom het.

Huise in laerliggende gedeeltes is oorstroom en brae is weg=

gespoel.

Die Oranjerivier het gestyg en Upington is oorstroom.

87 mm reen het binne 'n uur uitgesak. Die spoorlyn by Glen

Lennie is weggespoel.

Agt mense is dood in die oorstroming. Strate en huise is be=

skadig.

Huise, vrugteboorde en wingerde is oorstroom toe 37 mm reen binne

45 minute geval het.

Die Olifantsrivier het sy hoogste merk bereik. Landerye en

laagliggende plase was onder water.

Die Valsrivier het paaie en tuine oorstroom.

Huise op die dorp het ingetuimel nadat die Wilgerrivier sy walle

oorstroom het.

Die Jordaanrivier het sy walle oorstroom en water het in 18 huise

twee winkels en 'n woonstelgebou geloop.

Stormweer oor die Vrystaat en Transvaal het 'n vloed in die Oranje=

rivier veroorsaak. Upington was oorstroom en by Kakamas het die

rivier 8 m gestyg. Besproeiingserwe was onder water en mense is

vasgekeer op eilande. Dit was een van die wreedste en mees ver=

nietigende oorstromings. Keimoes het die ergste deurgeloop :

brile is oorstroom en paaie is weggespoel.

Grondverspoelings het veroorsaak dat die spoorlyn tussen die twee

dorpe nie gebruik kon word nie. Die Buffelsrivier het afgekom

en die Soutkloofrivierbrug naby Laingsburg is deur vloedwaters

weggespoel.

Inwoners van Mooirivier in Natal is deur oorstromings getref,

maar min skade is aangerig.

12 000 ha vrugbare weiland is oorstroom na hewige neerslag in die

gebied.

iv

Jaar Datum Plek

1959 19-21 Mei Natal en Noordoos=

Kaapland

1959 20 Mei Natalse Suidkus

1959 25 Mei Vredendal, Lutz=

ville en Klawer

1959 1 Junie Vredendal, Lutz=

ville en Klawer

1960 23 Junie Houtbaaivallei

1961 27 Maart Karoo

1961 2 Augustus Noordwes-Kaapland

1961 13 Desember Transvaal, Vrystaat

en Noord-Kaapland

1962 10 Januarie Weenen, Natal

1962 26 Maart Loxton

X1962 21 Junie Wes-Kaapland

Opmerking

20 mense is dood as gevoig van oorstromings. Brae is by Port

St. Johns verspoel. Fabrieke is in Natal oorstroom en hotelle

moes ontruim word. Neerslae in die distrik Kokstad het tussen

100 en 225 mm gewissel oor 'n periode van 60 uur. Oorstromings

het groot verwoesting in die dorp gesaai. Alle pad-, spoor- en

telegraafverbindings is afgesny. Die Umzumvubu het sy hoogste

merk in die geskiedenis bereik.

38 mense sterf in die vloedwaters.

Die Olifantsrivier het afgekom en landerye en plase oorstroom.

Op plekke het die rivier 1 km breed geloop.

Die Olifantsrivier oorstroom sy walle vir die tweede keer die

jaar.

Die Disarivier was in vloed na 'n wolkbreuk in die berge. In

Houtbaai self was daar nie baie skade nie, maar langs die rivier

is groentelanderye verniel.

Meer as 60 mm reen het oor 'n gebied van ongeveer 38 850 vk km

geval. Jansenville se strate is oorstroom deur die Sondagsrivier;

Willowmore en Aberdeen is van die buitewereld afgesny deur die

vloedwater van die Kaairivier. Die suidelike deel van Aberdeen

is heeltemal oorstroom en in Aberdeenweg het die rivier ongeveer

100 m breed geloop. By Britstown het die Smart-Sindikaatdam se

wal gebreek. Huise is oorstroom en die treinbrug by Minieskloof

was onder water. Die dorp Sodum, 48 km van Prieska af, is ook

oorstroom. Die Hartbeesrivier se vloedwater het verwoesting in

Kakamas gesaai.

By Williston het die Vis-, Renoster- en Rietrivier oorstromings

veroorsaak. By Carnarvon het die Skietfonteinrivier sy walle

oorstroom. Die Comavenleegte by Van Wyksvlei is omskep in 'n

groot meer wat kilometers ver gestrek het. By Brandvlei was

landerye onder water nadat die Sakrivier sy walle oorstroom het.

Na hewige reen en oorstromings is 17 mense dood. By Potchefstroom

het 15 mense in die vloedwater verdrink.

In die oorstroomde Boesmansrivier het 3 mense verdrink; talle

huise is beskadig en baie diere het versuip.

Na swaar reen is die dorp oorstroom.

Na 14 dae van aanhoudende reen was baie wingerde in die Paarl-

Wellington-omgewing onder water. Stortreen op 21 Junie het die

Bergrivier sy walle laat oorstroom. Die Eersterivier by Faure,

en die Lourensrivier by Somerset-Wes en die Strand het verskeie

huise oorstroom.

1962 22 Augustus Wes-Kaapland Tussen Worcester en Robertson het die Vinkrivier oorstroom en

paaie en brOe beskadig. By Swellendam is 5 brae verspoel nadat

250 mm reen binne 'n paar uur geval het. Twee huise het in=

gestort. In Looierykloof by Groot Brakrivier is ook huise oor=

stroom. Die Jan du Toitsrivier se vloedwater het by Worcester

talle huise en plase beskadig. In die Ladismithdistrik het

damme gebreek en is paaie verspoel.

Jaar Datum Plek

1962 17 Oktober Paarl

1963 8 Januarie Burgersdorp

1963 8 Januarie Heidelberg

(Transvaal)

1963 30 Januarie Murraysburg en

Britstown

1963 8 Maart Suidwestelike dis=

trikte en Karoo

1963 8 April Gamtoosriviervallei

1963 5 Julie Noord-Natal

1963 12 Augustus Clanwilliam en

Vredendal

1964 25 September Uniondale

1965 12 Februarie Durban

1965 12 April Fraserburg

1966 26 Januarie Bloemfontein, en

Oranjerivier

1967 6 Februarie Benede-Oranje

1968 1 September Port Elizabeth

1968 20 November Albertinia,

Riversdal

1970 3 Augustus Oos-Londen

1970 8 Oktober Durban

1971 11 Januarie Oudtshoorn

Opmerking

By die Paarl het 83 mm reen geval en die Bergrivier was in vloed.

Vrugbare grond het in die dorpshuise ingespoel; die hoofstraat

was vol modder; 3 damme het gebreek en wingerde was onder water.

Die Wemmershoekdam het 'n skeur van 11 m gehad en die Wemmershoek=

brug is weggespoel. Tulbagh is ook deur oorstromings getref en

die strate het soon riviere gelyk.

Damme het gebreek, brae en paaie is weggespoel.

Baie huise is deur vloedwater oorstroom. Vereeniging, Standerton

en Amsterdam is ook deur oorstromings getref.

Al twee dorpe is deur oorstromings getref. Damme het gebreek, vee

het versuip en mense moes uit hulle huise vlug.

Spoorlyn tussen Victoria-Wes en Pampoenspoort het verspoel. Op

De Aar het die strate soon riviere gelyk.

Die rivier het sy walle oorstroom; lemoenboorde is vernietig.

Riviere het paaie en brile oorstroom. By Empangeni het dit 225 mm

gereen. Die rivier het binne 'n kort periode met 5 meter gestyg

en groot dele van die dorp is oorstroom.

Die Olifantsrivier het sy walle oorstroom en groot skade is by

die twee dorpe aangerig. Op Vredendal het water tot teenaan die

woonbuurt opgestoot.

Die Kouga- en Braamrivier was in vloed en die omgewing is erg ver=

spoel.

Huise is in die stad oorstroom na 'n swaar reenbui.

40 mm reen het in een uur geval. Huise is oorstroom en keerwalle

het gebreek.

Die Kafferrivier oorstroom sy walle naby Bloemfontein. Die Oranje=

rivier oorstroom dele van Prieska, Upington en Kanoneiland.

Upington is deur vloedwater oorstroom. Kanoneiland was groten=

deels onder water. Prieska was afgesny van die buite-wereld.

Een van die mees verwoestende oorstromings in die Suid-Afrikaanse

geskiedenis nadat die Bakensrivier sy walle oorstroom het. 560 mm

reen is op die dag gemeet. Agt mense is in die oorstromings dood

en skade ten bedrae van R30 miljoen is aangerig.

75 mm reen is in vier dae gemeet. Albertinia se strate is ver=

spoel en huise is oorstroom.

Swaar reen het oor 'n tydperk van vier dae oor Oos-Londen uitgesak

en 508 mm reen is gemeet. Die Nakien- en Buffelsrivier het hulle

walle oorstroom. Strate en huise was onder water. Nege mense

het die lewe in die oorstromings gelaat.

Vyftien mense is in die oorstromings dood.

Die dorp is deur vloedwater oorstroom nadat 'n wolkbreuk uitgesak het.

v i

II Jaar

I

1971

1971

1974

DatumPlek

16 Augustus Gamtoosvallei

27 Augustus Kirkwood

28 Februarie Beaufort-Wes

1974 8 Maart Benede-Oranje

1974 14 Junie Paarl

1974 14 Junie Kaapstad

1974 4 September Ceres

1975 17 Februarie Standerton

1976 16 Februarie Laingsburg

1976 24 Maart Upington, Durban

1976 1 Mei Humansdorp

1976 29 Julie Vredendal, Lutz=

ville en Klawer

1977 23 Augustus Vredendal, Lutz=

1977 29 en 30 Durban

Desember

ville en Klawer

1978 27 en 28 Pretoria

Januarie

1979 21 Maart Oos-Kaapland

Opmerking

83 mense is in die oorstromings dood. Patensie en Hankey was van

die buite-wereld afgesny.

Die Sondagsrivier het sy walle oorstroom. Die dorp was van die

buite-wereld afgesny.

Die Gamkarivier breek nadat swaer reen in die gebied voorgekom het.

Oorstromings het in die dorp plaasgevind. Fraserburg en Carnarvon

is ook oorstroom.

Upington, Kanoneiland en Keimoes het oorstromings gehad nadat die

Oranjerivier in vloed afgekom het.

Na swaar reen het die Bergrivier wingerde en laerliggende plase

oorstroom.

In die Kaapse Skiereiland is talle huise oorstroom na stortreen.

Die Dwarsrivier het deur Ceres gevloei nadat swaar reen hier geval

het. Talle huise en plase is beskadig.

Die Vaalrivier het afgekom en die dorp se woonbuurte en 60% van

die sakesentrum oorstroom.

Die Buffelsrivier het oor sy walle gegaan en dele van die dorp oor=

stroom. Paaie is weggespoel, maar daar was geen lewensverlies nie.

Die Oranjerivier het oor sy walle gegaan en Upington oorstroom.

Die Umgenirivier het ook sy walle oorstroom en baie huise in Durban

was onder water. Geboue het in die Umgeniriviervallei ingetuimel.

25 mense is dood en 3 000 mense is dakloos gelaat.

Na 'n wolkbreuk was die dorp se strate en huise onder water.

Die Olifantsrivier het sy walle oorstroom en groot skade is aan=

gerig.

Die Olifantsrivier oorstroom Vredendal en omgewing. Laerliggende

plase was onder water.

'n Hewige donderstorm gedurende die nag het groot skade in die

suidelike en suidwestelike voorstede van Durban aangerig, veral

in die opvangsgebiede van die Umbilo en Umhlatuzanarivier.

Groot skade is aangerig toe die Apiesrivier en Morelettaspruit

hulle walle oorstroom het. Huise en woonstelle in laerliggende

gedeeltes is oorstroom.

Oorstromings in die Laer Gamtoosvallei het veral groenteboere groot

skade laat ly. Die Coerneyrivier het groot skade op Uitenhage

aangerig nadat die rivier sy walle oorstroom het.

1980 13 Maart Montagu Die Badenrivier het afgekom en die Badenstreek is oorstroom.

vii

Opmerkings

(i) Die tabel is nie volledig nie omdat slegs 'n beperkte aantal nuus- en ander bronne geraadpleeg kon word.

(ii) Die groter frekwensie van oorstromings in die afgelope paar jaar dui nie op 'n klimaatverandering nie maar moet

gewyt word aan (a) beter en vollediger berriggewing en (b) toename in die ruimtelike besetting van die land

sedert 1652.

Bronne geraadpleeg

BURMAN, J (1971) : Disaster Struck South Africa. C Struik, Cape Town.

CAPE TIMES (1905) : Floods and Gales in Cape Colony. Newspaper report, September 1905. Cape Times, Cape Town.

DIE BURGER (1957 - 1980) : Verskeie koerantberigte. Nasionale Pers, Kaapstad.

MOUTON, J A (1939) : Oorstromings van 1822. Die Huisgenoot, 28 Julie 1939, p. 59. Nasionale Pers, Kaapstad.

ROSENTHAL, E (1971) : Floods. Standard Encyclopedia of South Africa, Volume 4, pp. 593 -596. Nasou, Kaapstad.

VENTER, F A (1970) : Water. Afrikaanse Pers, Johannesburg.

VIVIERS, W G H en VIVIERS S (1969) : Hooy Vlakte: Die verhaal van Beaufort-Wes, 1818 tot 1968. Nasionale Boek=

handel, Kaapstad.

viii

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!