02.05.2013 Views

visuele geletterdheid - FET Design & Visual Arts HOME PAGE

visuele geletterdheid - FET Design & Visual Arts HOME PAGE

visuele geletterdheid - FET Design & Visual Arts HOME PAGE

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VOO NKS VISUELE KUNS

LU 4 VISUELE KULTUURSTUDIES

OPSTEL VAN

VRAE OOR

VISUELE

GELETTERDHEID

VAARDIGHEDE

LU 4 VISUELE KULTUURSTUDIES

OPSTEL VAN VRAE OOR VISUELE GELETTERDHEID

VAARDIGHEDE

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: VISUELE GELETTERDHEID

1. Inleiding

2. Onderrig van visuele geletterdheid vaardighede

3. Voorbeelde van vrae

4. Slot

AFDELING B: EKSAMENS

5. Tegniese instruksies vir die opstel van vrae

6. Kriteria vir die opstel van vrae

7. Memorandum

8. Merk

2

AFDELING A: VISUELE GELETTERDHEID

1. INLEIDING

“Art is life intensely

experienced. For those

with eyes to see, an

encounter with a work

of art can be deeply

moving.”

Zelanski, P. and Fisher, M.

The art of seeing, p. 12

„Geletterdheid‟ beteken gewoonlik die vermoë om te kan lees en te kan skryf,

maar dit verwys ook na die vermoë om tekens anders as woorde, soos

visuele beelde, te kan „lees‟. In die oorvloedigheid van visuele beelde in ons

kultuur – in koerante, tydskrifte, in die advertensiewese, en op die Web – is

visuele geletterdheid (die vermoë om visuele beelde te kan lees) „n

noodsaaklike vaardigheid.

Die eerste vlak van visuele geletterdheid is blote kennis: „n basiese

identifikasie van die onderwerp of elemente in „n foto, kunswerk, ens. Terwyl

akkurate waarneming belangrik is, is om te verstaan wat ons sien en begrip

vir visuele verhoudings net so belangrik. Hierdie hoër vlak van visuele

geletterdheid vaardighede vereis kritiese denke en is noodsaaklik vir begrip in

enige inhoudsarea waar inligting deur visuele vorms soos diagramme en

kaarte oorgedra word.

Ons as onderwysers moet besin oor wat dit beteken om geletterd te wees in

„n tegnologiese era waar die samelewing deur multimedia kommunikeer.

Lees: The approach in Learning Outcome 4: Visual Culture Studies – LPG:

Visual Arts – January 2007. (p. 34 – 39)

3

Hierdie vier beelde is willekeurig gekies.

Elkeen van hulle kan aan leerders gewys word om „n bespreking uit te lok. Dit

is egter belangrik om vrae te vra wat kan lei tot begrip van die beelde.

Vrae soos:

Waarna kyk ek?

Wat beteken die beeld vir my?

Wat is die verhouding tussen die beeld en teks boodskap?

Hoe is die boodskap effektief?

Ons sal terugkeer na hierdie visuele beelde.

4

2. ONDERRIG VAN VISUELE

GELETTERDHEID

VAARDIGHEDE

Opsommend kan visuele geletterdheid as die lees van visuele tekste gesien

word.

Visuele kuns handel oor visuele beelde. Die visuele beeld of kunswerk is dan die

belangrikste aspek in die onderrig van Visuele Kultuurstudies.

Dit is daarom belangrik om leerders die „gereedskap‟ of vaardighede te gee om

hierdie beelde te „lees‟. Onthou dat onderrig „n proses is – „n graad 10 leerder sal

nie op die vlak van „n graad 12 leerder antwoord nie. Afhangend van jou skool of

situasie is dit belangrik om met die basiese te begin. Dit is die ABC van kuns of

dan die formele elemente soos lyn, kleur, ens., en die beginsels van ontwerp

soos komposisie, balans, ens. Nadat leerders „n basiese kennis van die elemente

het wat versterk word deur hul praktiese werk, het hulle „n tipe gids/’resep’ nodig

om na kunswerke te kyk. Daar is baie van hierdie „gidse‟ in kunsboeke

beskikbaar.

Die volgende sisteem– „Hoe om na „n kunswerk te kyk?‟ is „n basiese „resep‟

vir graad 10‟s.

Hulle moet 4 punte onthou:

1. Basiese inligting

2. Beskrywing

3. Bespreking (Analise)

4. Betekenis/Boodskap

Deur die vier punte te onthou, sal hulle in staat wees om iets oor enige visuele

beeld te kan skryf.

Hoe om na ‘n kunswerk te kyk?

(Analise)

1. Kunstenaar, titel, datum en medium

Kunstenaars teken gewoonlik hul werk in die regterkantse hoek onder

van „n skildery. Dit sê die werk is eg. „n Mens verwys gewoonlik na die

kunstenaar slegs deur die van en nie die voornaam nie.

5

Die titel is die naam wat die kunstenaar aan sy/haar werk gee en vertel

ons wat die kunstenaar wil hê ons moet sien. „n Mens skryf die titel van

die kunswerk in skuinsdruk of onderstreep dit.

Kunstenaars dateer soms hul werk langs hul handtekening. Dit dien as

„n rekord van hul eie ontwikkeling as „n kunstenaar, asook as „n

historiese bron van die tyd waarin hulle gelewe het. As die kunstenaar

nie sy werk gedateer het nie, gee „n kunshistorikus „n benaderde

datum. Dit word aangedui deur die letter c. (Dit staan vir circa wat

„omtrent‟ in Latyn beteken.)

Die medium beteken olieverf, potlood, ens. M.a.w. die materiaal wat

gebruik is om die kunswerk te maak. Verskillende media het

verskillende oppervlaktes nodig, bv. waterverf word op papier gedoen,

terwyl olieverf op doek („canvas‟) of hout geverf word.

Dit is moeilik om „n gevoel van die grootte te kry in afbeeldings. As die

toeskouer „n idee van die grootte het, is dit makliker om die werk te

visualiseer.

2. „n Kort beskrywing van dit wat jy sien. Wat word uitgebeeld?

Dit is hoofsaaklik „n kort verduideliking van die onderwerpsmateriaal en

wat gesien kan word in die skildery. Die titel vertel ons van die

onderwerp.

Identifiseer dinge in die werk wat jy kan sien, noem en met sekerheid

kan bespreek. Verseker dat jou stellings nie evaluerend, meningsvol of

interpreterend is nie – sê slegs wat daar is.

3. Formele analise (bespreking)

Hoe is die formele elemente gebruik in die skildery? (lyn, vorm, kleur,

toonwaardes, tekstuur)

Bespreek die komposisie. Wat is die fokuspunt in die werk? (Waar jou oog

stop.)

Is daar ruimte/diepte in die skildery? Was perspektief gebruik?

Is daar balans? (Simmetries of assimmetries?)

Kyk na die aanwending van die verf. Sien jy duidelike kwashale of is dit

versmelt?

Kyk na die styl van die werk. Is dit naturalisties, figuratief, ekspessionisties of

dekoratief?

4. Inhoud / interpretasie (die boodskap/betekenis van die werk).

Die konteks is baie belangrik om die werk te vertaan. Dit het te doen

met die sosiale en historiese agtergrond. Dit is belangrik dat jy soveel

as moontlik van die historiese agtergrond weet om jou begrip van die

werk te verryk.

In die bespreking van al die bogenoemde, kom die toeskouer nader

aan „n begrip van die werk. Tog is die toeskouer nie die kunstenaar

nie, en sal ons nooit weet wat die kunstenaar presies bedoel het nie.

6

Dit is egter belangrik dat ons „n ingeligte mening kan vorm wat

ondersteun word deur navorsing, onderhoude en besprekings.

As jy oor kuns skryf, is dit belangrik dat jy taalreëls volg soos volsinne en

paragrawe.

Sommige kunsboeke sluit die bespreking van die formele elemente onder die

beskrywing in. Ek verkies om dit onder die analise (bespreking) in te sluit. Dit is

egter die individu se keuse solank een of ander sisteem onderrig word.

Hierdie vaardighede word deur die Visuele Kultuurstudie kursus toegepas en

versterk. Instede daarvan om „n beweging/kunstenaar te bespreek en dan na

voorbeelde van kunswerke te verwys, word daar begin met die kunswerk/e wat

gewys word vir bespreking. Die onderwyser gebruik die gids/‟resep‟ om vrae te

struktureer.

Hier is „n paar vrae wat oor die visuele teks gevra

kan word.

1. Basiese inligting

Wat is die medium?

2. Beskrywing

Wat sien jy?

3. Bespreking

Verduidelik hoe kleur, lyn, vorm, ens. gebruik is?

Bespreek die komposisie.

Wat is die fokuspunt en hoekom?

4. Betekenis/Boodskap

Waar sal jy die beeld sien?

Wat is die boodskap wat oorgedra word?

Dink jy dit is „n stereotipiese uitbeelding en gee redes?

Wat dink jy van die gebruik van so „n beeld in Suid-

Afrika waar die meeste mense nie die geadverteerde

produk kan bekostig nie?

Dit is interessant om met iets soos dit te begin en dan na kunswerke met

soortgelyke temas te beweeg.

Daar is baie maniere om leerders gewoond te maak om visuele beelde te

bespreek.

Hier is „n paar voorstelle.

7

OPDRAG 1

Dit is’n inleiding tot basiese etikettering en begrip van die onderskrifte by

kunswerke. Fotokopieër enige ses kunswerke uit verskillende periode met

hul onderskrifte.

Leerders ontvang ses afbeeldings van skilderye. Hulle moet dit uitknip en

kronologies in hul boeke plak. Onder elk word die kunstenaar, titel, datum,

grootte en media op die korrekte wyse geskryf.

„n Paar vrae wat gevra kan word oor die werke as „n inleiding tot kunswerke.

Skryf langs die korrekte voorbeeld die volgende:

Watter een dateer uit die Renaissance?

Watter een is geskilder in die twintigste eeu?

Watter een is die grootste?

Watter een is die kleinste?

Watter een is abstrak en hoekom dit so is.

Vir wie dink jy was die skilderye geskilder?

Jou gunsteling en twee redes vir jou keuse.

8

Opdrag 2

„n Mens kan met die onderrig van visuele geletterdheid in Graad 10 begin deur

drie interessante kunswerke te kies.

Die tema vir die teks is Sosiale Kommentaar – die kunstenaar het iets te sê.

Die drie kunswerke is:

Goya, Die Derde Mei, 1808 (1814)

Pablo Picasso, Guernica (1937)

Jane Alexander, The Butcher Boys (1985)

9

Leerders vul die volgende werksvel in, terwyl „n in-diepte bespreking oor Goya se

Derde Mei, 1808, gehou word. Kleurafdrukke is „n nuttige hulpmiddel.

Goya, Die Derde Mei, 1808 (1814) (2.66 x 3.45cm)

Skryf die kunstenaar, titel, datum en medium op die korrekte manier neer.

Skryf die mates van die skildery neer. Is dit groot of klein? Hoe sal jy voel as jy

voor dit staan?

Bespreek kortliks die toneel wat in die skildery uitgebeeld word.

10

Beskryf die kleure wat in die werk gebruik word.

Is die kleur naturalisties of ekspressief gebruik om die stemming of emosie van

die werk te verhoog? Is die kleure wat gebruik is warm of koud, komplementêr,

helder, vaal, donker of lig, en hoekom?

Beskryf enige lyne wat jy in die skildery sien.

Beskryf hoe die verf aangewend is. Is dit ingemeng, plat of is daar sigbare

kwashale? Hoe help die aanwending van die verf met die skildery se uitbeelding?

Komposisie is hoe mense, geboue en ander elemente in die ruimte of formaat

gerangskik word. Neem „n pen en merk die hoofvorms in die skildery.

Wat is die hoof fokuspunt en hoe is dit gedoen?

11

Is die skildery vol, van naby of kloustrofobies, of is daar oop ruimtes?

Is daar „n gevoel van balans en/of ruimte in die werk en hoe is dit bereik?

Hoe is die figure gerangskik – is hulle naby mekaar in groepe of is hulle apart

uitgebeeld? Hoe help dit met die betekenis van die werk?

Is daar diepte in die werk? Hoe is dit reggekry?

Kom ons gaan na Goya en vind uit oor die konteks van die werk voor ons die res

van die vrae antwoord. (Gee inligting oor Goya en veral oor die konteks van

die skildery – bespreking en hulle ontvang kort notas.)

Hoe word die Franse soldate uitgebeeld? Hoe voel jy oor hulle?

12

Hoe word die Spaanse mense uitgebeeld? Hoe voel jy oor hulle?

Noem vier redes waarom die man in die wit hemp die belangrikste figuur in die

skildery is.

Beskryf jou emosies as jy na die werk kyk.

Wat sal jy sê is die boodskap van die werk? Is die werk nog relevant vandag en

hoekom?

Die oefening kan tot vier ure neem. Dit vorm die basis vir alle visuele

geletterdheid. Dieselfde proses kan dan gevolg word met Picasso se Guernica

en Jane Alexander se The Butcher Boys.

13

OPDRAG 3

Nadat die drie werke met „n soortgelyke tema bespreek is, is die volgende stap

om die werke te vergelyk – die uitwys van ooreenkomste en verskille.

Leerders vul die volgende tabel in – hulle hoef nie volsinne te gebruik nie.

Kunstenaar Goya Picasso Alexander

Titel

Media

Beskrywing

Lyn

Kleur

Vorm

Tegniek-

Kwasmerke,

ens.

Komposisie

Konteks

Betekenis

14

OPDRAG 4

Gebruik die inligting vanaf die tabel en skryf „n opstel oor die volgende:

Vergelyk hoe die drie kunstenaars oor sosiale ongeregtighede in hul tyd

kommentaar gelewer het.

Na voltooing van hierdie afdeling is „n “PowerPoint” van die werke, maar wat ook

ander werke met „n soortgelyke tema insluit, „n nuttige hulpmiddel vir

klasbesprekings. Foto‟s van bv. die Viëtnam-oorlog en plakkate van die

Weerstandsbeweging in Suid-Afrika kan ingesluit word.

Onderwerpe vir bespreking kan insluit:

Behoort die kunstenaar ongeregtighede in die samelewing uit te wys?

Wat is die verskillende funksies van fotografie, plakkate en „ernstige

kuns‟?

OPDRAG 5

Daar kan nou „n navorsingsprojek aan leerders gegee word, bv.:

Leerders moet drie ander kunswerke soek wat ook kommentaar lewer oor sosiale

ongeregtighede. Kunsboeke moet as bronnne gebruik word. Hulle moet die

navorsing as „n vou-brosjure aanbied.

Die volgende moet ingesluit word:

„n titelblad met jou eie titel

bespreking van die drie werke (gebruik die gids „hoe om na „n

kunswerk te kyk‟)

enige addisionele inligting

„n bibliografie van ten minste twee boeke

die brosjure moet visueel aanskoulik wees.

Dit maak nie saak watter metode of tema u gebruik nie, solank die proses begin

word om graad 10 leerders bekend te stel aan visuele geletterdheid vaardighede.

15

Een van die redes vir die keuse van die spesifieke werke is om my gehoor (die

leerders) aan te gryp met iets wat uit ondervinding geleer is dat hulle sterk

teenoor reageer. In die interpretasie van „n vakraamwerk en die keuse van

leerinhoude is dit goed om jou „kliënte‟ te onthou – in die keuse van spesifieke

kunswerke of afdelings. Die vak moet lewendig en relevant vir hulle gehou word.

Onthou dat die onderrig van visuele geletterdheid vaardighede tyd neem –

moenie dit nie aanjaag nie!

Opstel van vrae oor hierdie tema

In hul kwartaal toets kan die leerders vrae oor die spesifieke werke deur Goya,

Picasso en Alexander beantwoord. Dit kan egter verder gevoer word veral in

eksamens om ongesiene werke in te sluit.

VRAAG 1

Salvador Dali, Voorbode van „n Burgeroorlog

(1936) Olieverf

Pablo Picasso, Guernica (1937)

Dumile Feni, „n Afrika Guernica (geen

datum) Houtskool op papier

16

Picasso se Guernica is een van die grootste protes kunswerke van

alle tye. Dit was geskep in protes teen die bombardering van die klein

dorpie, Guernica, wat feitlik total vernietig is in 1937 tydens die

Spaanse Burgeroorlog.

1.1 Salvador Dali het in Voorbode vir Burgeroorlog ook op die brutaliteit en

wreedheid van die Spaanse Burgeroorlog gereageer.

Beantwoord die volgende oor die kunswerk:

Dali het baie ontstellende beelde in die werk gebruik. Beskryf

hulle en gee redes waarom jy dink hy hulle gebruik het.

Bespreek die diepte in die kunswerk.

Verduidelik kortliks waarom die kunswerk as Surrealisties

geklassifiseer kan word.

Dumile Feni het in sy groot houtskool-tekening kommentaar gelewer

oor die lyding en swaarkry in Suid-Afrikaanse “townships” en het dit

„n Afrika Guernica genoem.

1.2.1 Gevoelens van afgryse en lyding is deur beide Picasso en Dumile Feni in

hulle kunswerke geskep. Bespreek hoe dit in elke werk gedoen is deur na

die uitbeelding van die menslike figuur te kyk. Verwys na die gebruik van

vorms en lyne in jou antwoord.

1.2.2 In beide werke is daar „n gebrek aan perspektief. Verduidelik hoe elke

kunstenaar ruimte in hul werk georganiseer het.

1.2.3 In Guernica het Picasso die bul as „n simbool van boosheid gebruik.

Watter betekenisse kan die drie prominente koeie in Dumile Feni se werk

hê?

1.2.4 Hoekom dink jy het Dumile Feni sy tekening na Picasso se Guernica

vernoem? Staaf jou antwoord deur na die boodskap van die werk te

verwys.

17

VRAAG 2

Figuur 2a

Jane Alexander, The Butcher Boys (1985)

Figuur 2b

Norman Catherine, Oorlogshond (1989) Ets

Die twee kunswerke van Alexander en Catherine is albei gedurende

die 1980‟s in Suid-Afrika geskep toe baie kunstenaars teen die

boosheid van apartheid geprotesteer het.

2.1 Bespreek die „Butcher Boys‟ deur:

die kunswerk te beskryf.

te verduidelik hoekom die werk „rillings langs jou ruggraat afgee.‟

die moontlike betekenis van die titel van die werk te verduidelik.

2.2 Bespreek Norman Catherine se Oorlogshond deur:

die hooffiguur en die agtergrond te beskryf.

die gebruik van tekstuur en patroon in die werk te verduidelik.

2.3 Wat sal jy as die boodskap van Oorlogshond beskou?

2.4 Hoekom dink jy het die kunstenaars menslike en dierlike elemente in hul

werk vermeng? Gee „n rede vir jou antwoord.

2.5 Dink jy dat kuns soms soos die werke moet wees wat nie „aangenaam en

mooi‟ is nie‟? Gee twee redes vir jou mening.

(Hierdie twee beelde kan ook vir „n graad 12 vraag oor Sosiale Protes gebruik

word met „n effe aanpassing van die vrae bv. om „n werk wat hulle bestudeer het

te bespreek.)

18

3. VOORBEELDE VAN

VRAE

Ons het gewoond geraak aan „n redelike kronologiese benadering tot kuns met

die klem op die geskiedenis en kenmerke van verskillende samelewings en style.

Die kunswerk het „n „illustrasie‟ daarvan geword. Nou wil moet die fokus op die

kunswerk val.

Kunstanaars het gedurende verskillende tydperke en op verskillende plekke in

die wêreld soortgelyke temas in hul kuns geïnterpreteer.

Sommige van die temas is:

Portrette

Figuurstudies

Stillewens

Landskappe

Dierstudies

Godsdiens

Mitologie

Fantasie

Sosiale protes

Politiek/geskiedenis

Abstraksie

Ens.

Hierdie temas vorm „n nuttige manier om kunswerke uit verskillende tydperke en

plekke te vergelyk. Maar „n mens kan verder gaan. Kom ons neem figuurstudies

as „n voorbeeld om meer spesifiek met temas om te gaan.

Landelike lewe

Stadslewe

Lêende figuur

Figure in beweging

Ideale mans/vroue – die idée van skoonheid

Dood, oorlog, lyding

Geluk

Ens.

Elkeen van hierdie kan gebruik word om vrae op te stel wat suiwer visuele

vaardighede of kennis oor spesifieke style en kunstenaars toets.

19

Die formele kwaliteite van kunswerke kan ook as temas gebruik word, bv. hoe

skilders die illusie van ruimte in hul werke gebruik of vermy het.

Krities tot hierdie benadering is dat leerders die „vaardighede‟ moet hê om na

kunswerke te kyk en om oor hulle te kan skryf deur die gebruik van korrekte

terminologie. Vir hierdie benadering is kennis van terminologie uiters belangrik.

Hulle moet terme soos naturalisme, abstrak, ekspressionisme, gestileerdheid,

ens., ken. Vir Suid-Afrikaanse kuns is terme soos weerstandskuns, propaganda

kuns, ens., baie belangrik.

Verwys na die Vakraamwerk in die Leerprogram Gids, p. 49 – 59.

Nou vir ‘n bietjie pret met kuns.

Om „n visuele geletterdheid benadering te illustreer, kom ons begin met die ‟ou‟

Graad 12 sillabus waar die inhoud in spesifieke onderafdelings ingedeel is.

Vraag 1 dek drie bewegings – Fauvisme, Ekspressionisme en Kubisme.

Hulle was almal bewegings voor 1914 en was rewolusionêr in hul opponering van

sogenaamde tradisionele Westerse kuns. Vrae het gewoonlik gefokus op hierdie

aspek en kandidate moes die verskillende maniere uitwys waarmee hierdie

bewegings nuwe kuns geskep het.

So kan na Picasso se Les Demoiselles

d‟Avignon gekyk word.

Nieteenstaande al die stilistiese kenmerke van

die werk, wys dit vyf vroue/figure.

Kyk nou na die ander twee bewegings.

Henri Matisse, Die Dans (1910) Ernst Ludwig Kirchner, Vyf Vroue in

die Straat (1913)

20

En voila – drie invloedryke kunstenaars van elk van die drie bewegings het „n

skildery met vyf vroue geskep.

Nou kan dit interessant wees om te kyk hoe werklike vroue in die tydperk

gelyk het.

Die mode-illustrasie van 1908 wys ook vyf vroue. Vanaf

die vier visuele bronne kan „n vraag oor Fauvisme,

Ekspressionisme en Kubisme opgestel word.

In Visuele Kultuurstudies vir graad 11 is die drie

bewegings „n keuse.

Dieselfde visuele bronne kan vir die opstel van korter

vrae gebruik word.

Sommige vrae oor die visuele bronne kan wees:

1.1 Die mode-illustrasie sou in „n koerant of mode-tydskrif verskyn het. Wat sou

die funksie van so „n illustrasie wees?

1.2 Vergelyk die uitbeelding van die figure in die drie skilderye deur te verwys

na vorm, lyn en kleur.

1.3 Bespreek hoe die figure in elk van die werke gerangskik is.

1.4 Kirchner was „n ekspressionis. Deur te verwys na die skildery, verduidelik

ekspressionisme.

1.5 In al die skilderye is daar „n invloed van Afrika-kuns te sien. Hoekom dink jy

was die kunstenaars deur Afrika-kuns beïnvloed?

1.6 Kies die skildery wat jy dink die grootste invloed deur Afrika-kuns wys en

verduidelik twee maniere waarop die invloed gebruik is.

1.7 Picasso se Les Demoiselles d‟Avignon was soos die „groot knal‟ (“big

bang”) in twintigste eeuse kuns. Gee twee redes waarom dit so „n

vernuwende werk was. (Dit is „n moeilike vraag as hulle nie weet van die

„big bang‟ nie!)

En so aan.

Dieselfde denkproses het gelei tot die Vroue met hoede vraag (November 2004)

wat ook vir korter vrae gebruik word.

Mode illustrasie Henri Matisse,

Vrou met Hoed

(1905)

Ernst Ludwig

Kirchner, Vroulike

Halflyf Naakte met

Hoed (1911)

Pablo Picasso, Die Dame met

die Swart Hoed (1909)

21

Om verbande tussen kunswerke te maak is fundamenteel tot visuele

geletterdheid. In Graad 11 kan style soos Impressionisme bestudeer word.

Instede om te vra vir „n bespreking van die style, kyk vir kunswerke as „n

beginpunt.

„n Voorbeeld:

Figuur 1a.

Auguste Renoir, Sambrele (c. 1881 – 84)

Figuur 1b.

Gerard Sekoto, Die Treinskare (1945)

In hierdie geval kan besluit word om Suid-Afrikaanse kuns in die vraag in te

bring. Daar is baie moontlikhede om te gebruik, maar die twee skilderye is

soortgelyk in formaat, die klem op „n kind, ens. As Sekoto nog nie behandel is

nie, sluit „n kort teks oor hom in.

Renoir het in Sambrele „n tipiese Impressionistiese toneel geskilder.

Gerard Sekoto was een van die eerste professionele swart

kunstenaars in Suid-Afrika wat die lewe om hom weergegee het.

1.1 Beskryf beide skilderye en dui aan wat elke skildery vir ons vertel van die

onderskeie tye en gemeenskappe waarin hulle geskep is.

1.2 Vergelyk hierdie twee skilderye deur die volgende te bespreek:

Die gebruik van kunselemente soos vorm, ruimte, ens.

Die komposisies en fokuspunte.

Styl van skilder.

1.3 „Impressionistiese skilders het die alledaagse lewe van hul tyd

vasgevang in hulle skilderye.‟ Bespreek die stelling in twee voorbeelde

van Impressionisme wat jy bestudeer het.

22

Al die bogenoemde vrae het „n verband met inhoud wat bestudeer is. Dit is van

uiterse belang dat leerders vanaf graad 10 voorberei word om vrae oor

sogenoemde „ongesiene’ werke te kan beantwoord.

Die volgende is van „n graad 10 vraestel. Probeer om werke te kies wat „praat‟

met leerders en hul ervarings. In hierdie vraag het die Kahlo die leerders werklik

geraak en het hulle besonder goed gereageer op die werk.

Figuur 1a

Pablo Picasso, Huilende Vrou (1937)

Figuur 1b

Frida Kahlo, Die Gebreekte Pilaar (1944)

1.1 Verduidelik figuratief en naturalisme deur te verwys na Figuur 1a en

Figuur 1b.

1.2 Verduidelik hoe die idee van treurigheid en gehuil in Huilende Vrou

(Figuur 1a) geskep is. Verwys na die gebruik van kunselemente in jou

antwoord.

1.3 Figuur 2b is „n selfportret deur die Meksikaanse kunstenaar, Frida Kahlo.

Sy konfronteer ons met die verskriklike pyn wat sy haar hele lewe moes

verduur na „n busongeluk haar ruggraat op agtien vergruis het. Verduidelik

hoe Kahlo hierdie pyn in die skildery uitbeeld.

1.4 Beskryf die agtergrond in Kahlo se skildery en verduidelik watter

atmosfeer dit skep.

1.5 Watter een van die twee skilderye verkies jy? Gee twee goeie redes om

jou keuse te motiveer.

23

Oefening 1

Ons keer terug na die vier willekeurig gekose visuele beelde. Elke beeld is nou

saam met „n kunswerk geplaas. Die onderwyser kan hierdie moontlike temas

uitbrei deur nog relevante visuele beelde by te plaas. Die onderwyser kan vrae

opstel oor hierdie visuele beelde deur verskillende vlakke van vraagstelling te

gebruik. Onthou dat die werke waarskynlik onbekend aan leerders sal wees.

1.

2.

Zapiro, Die nuwe stryd – HIV/VIGS Penelope Siopis, Baba in rooi (2000)

Cicachrome foto

Advertensie - Lancôme Leonardo da Vinci, Mona Lisa (c. 1503 – 5)

24

3.

4.

Logo, 2010 Wêreldbeker Linton paneel (detail)

Kevin Carter, Aasvoël en kind in Soedan

(1993) Foto

Mary Cassatt, Die bad (1891 – 92) Olieverf op

doek

Oefening 2

Die onderstaande visuele bronne kan die basis vorm vir „n vraag vir graad 12 met

die tema: Kuns & Politiek: Weerstandskuns.

Kathe Kollwitz, Ma en Dooie

Kind (1945) Ets

Gebaseer op „n EEC

plakkaat deur Patrick

Cockayne (1984)

Sydney Holo, Geen lewe (geen datum)

Linosnee

25

4. SLOT

Enige visuele beeld kan vir visuele geletterdheid vaardighede

gebruik word, vanaf graffiti, CD-omslae, rolprentbeelde,

strokiesprente, tot kunswerke.

26

Dink aan al die opwindende vrae wat oor die pare visuele beelde gevra kan word!

In die verlede was antwoorde dikwels net „n weergee van feitelike kennis en is

daar antwoorde oor kunsbewegings of kunstenaars gekry sonder dat die

kandidaat een kunswerk noem!

Nou neem die kunswerk of visuele beeld sy regmatige plek as

die belangrikste element in.

Dit handel tog oor die visuele beeld/kunswerk.

27

AFDELING B: EKSAMENS

5. TEGNIESE INSTRUKSIES

VIR DIE OPSTEL VAN

EKSAMENS

Eksamens en toetse is „n belangrike deel in die onderrig van Visuele

Kultuurstudies. Dit berei leerders voor vir die Nasionale Eksamen in Graad 12 en

word gebruik om die vlak van bereiking in die verskillende grade te assesseer.

Dit verskaf ook waardevolle inligting aan die onderwyser rakende sy/haar

onderrig.

Baie van die volgende instruksies is geneem van die volgende dokument:

Wes-Kaap Onderwysdepartement

Voorskrifte aan eksaminatore en moderatore

November 2005 tot Maart 2008

5.1 Voorblad

Die volgende moet duidelik aangedui word:

Vak

VISUELE KUNS

LU 4 VISUELE KULTUURSTUDIES

Graad

Maand en jaar

Puntetotaal

Tyd

Aantal bladsye

Naam van skool

5.2 Instruksies aan kandidate

Die woord INSTRUKSIES Moet in hoofletters en

vetdruk wees. Wat daarna volg moet in gewone druk

wees.

Instruksies moet duidelik en saaklik wees.

Die volgende is „n voorbeeld van algemene

instruksies vanaf nasionale eksamens:

28

1. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

2. Vrae en onderafdelings moet duidelik en korrek genommer word.

3. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die

regterkantse bladsye.

4. Maak seker dat jy na die afgebeelde kleur visuele bronne verwys waar dit

vereis word.

5. Geen punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek is

en herhaal word in ander antwoorde nie.

6. Verskaf name en titels van kunswerke waarna verwys word.

7. Skryf duidelik en leesbaar.

8. Skryf duidelik, op 'n kreatiewe wyse en beplan. Skryf in volsinne en gebruik

paragrawe waar van toepassing

5.3 Nommering en punte

Vrae moet soos hieronder aangedui word.

Voorbeeld: Vraag 3

3.1

3.1.1

(Daarna moet alfabetiese nommers gebruik word, gevolg deur klein

Romeinse syfers, bv. 3.1.1(a) en dan 3.1.1(a) (i).)

Nommering moet logies wees. Byvoorbeeld daar kan nie „n 3.1.1

wees as daar nie „n 3.1 is nie. Daar kan ook nie „n 3.1.1 wees as

daar nie ten minste „n 3.1.2 is nie.

Indien die vraestel uit meer as een afdeling bestaan, moet die

nommering aaneenlopend wees en die vrae in „n afdeling moet

numeries volg op die vrae in die vorige afdeling.

Die punte vir elke vraag (of onderafdeling daarvan), sowel as die

totale punt vir elke vraag, moet soos volg in die vraestel aangedui

word:

Onderafdelings ( )

Totae getal punte vir vraag /__/

5.4 Byskrifte en erkenning van bronne

Uittreksels moet in raam, gesentreer en in „n kleiner lettertipe

wees, getik met geblokte paragraaf en met „n oop reel tussen

paragrawe. Jy kan die raam uitlos en die uittreksel insny.

29

Voorbeeld:

Wenner van kunstoekenning moes R20 leen

om seremonie te kan bywoon

Die gesamentlike wenner van vanjaar se Brett Kebblekunstoekennings,

Philip Rikhotso, is so arm dat hy R20

moes leen om vanaf sy riethuis in Danieldorp na Giyani

te reis, om die organiseerders te ontmoet wat sy reis na

Kaapstad vir die toekenningseremonie sou reël.

Rikhotso, „n houtkerwer, het eiesoortige figure geskep

wat gebaseer is op Tsonga-legendes. “Ek is oorweldig

deur dit alles,” het Rikhotso met behulp van „n vertaler

gesê. Beoordelaar Frank Ledimo het gesê: “Die werke

het „n magiese, mitologiese kwaliteit wat „n sterk

verhalende gevoel skep.”

(Vry vertaal)

Cape Times, Maandag, 18 Oktober 2004

„n Erkenning van die bron van die uittreksel moet aan die einde

van die uittreksel geplaas word, aan die linkerkant.

As „n uittreksel vertaal is, moet die bron erken word en daar

moet „n aanduiding wees dat die uittreksel vertaal is.

Byskrifte van kunswerke moet konsekwent wees.

Edvard Munch, Die Gil (1893) Olieverf op doek

of

Edvard Munch, Die Gil, 1893. Olieverf op doek

Byskrifte kan vooraf gegaan word deur die term, Figuur, te

gebruik. Dit maak dit makliker om na kunswerke in „n vraag te

verwys. Wees konsekwent, byvoorbeeld gebruik Figuur 1a, ens.

vir voorbeelde in vraag 1 en Figuur 2a, ens. in Vraag 2.

Figuur 1a: Edvard Munch, Die Gil (1893)

Figuur 1b: Jane Alexander, ‘The Butcher Boys’ (1985)

30

5.5 Terminologie

Die betekenis van sommige van die terminologie wat algemeen

voorkom in vraestelle.

Analiseer/Ontleed (Analyse)

„n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele

elemente (soos lyn, kleur, toonwaardes, ens.) en die

komposisie van die werk; gee „n kritiese evaluering, waar

werke in konteks met behulp van bewyse geplaas word, dit

wil sê, binne tyd en plek

Vergelyk (Compare)

Wys op „n geordende wyse op ooreenkomste en verskille

Oorweeg (Consider)

Dink na oor iets

Kontrasteer (Contrast)

Wys op die verskille tussen

Defineer (Define)

Beskryf (Describe)

Verduidelik wat presies bedoel word

Vertel daarvan in woorde

Bespreek (Discuss)

Skryf oor „n onderwerp en gee meer as een opinie. Bied jou

standpunt aan en redes vir jou stellings.

Onderskei tussen (Distinguish between)

Wys op verskille tussen

Wei uit oor (Elaborate)

Gee verdere besonderhede van wat reeds gesê is

Evalueer (Evaluate)

Gee „n idee van iets se waarde, assesseer; doen „n

waardebepaling van

Ondersoek (Examine)

Kyk sorgvuldig na iets om die waarde of gehalte daarvan te

kan bepaal

Verduidelik (Explain)

Maak iets duidelik deur verdere inligting te verstrek

31

Identifiseer (Identify)

Stel vas of noem wie of wat iets is of wys op/dui aan wat iets

spesifiek is, iets waarop gelet moet word

Illustreer (Illustrate)

Verduidelik of belig iets deur van voorbeelde, tabelle, prente,

ens., gebruik te maak

Interpreteer (Interpret)

Gee jou kritiese denke en ingeligte mening weer, gestaaf

deur voorbeelde

Regverdig (Justify)

Gee „n goeie rede/redes vir

Motiveer (Motivate)

Gee „n goeie rede/redes vir

Noem (Name)

Haal aan (Quote)

Gee die korrekte titel of naam vir

Skryf die presiese woord of woorde uit „n teks neer

Staaf/ Substansieer (Substantiate/Prove)

Voorsien bewyse of redes om jou argument te ondersteun

Redes vir (Reasons for)

Die oorsake van of verduidelikings waarom

Verklaar /(Ver)meld (State)

Sê duidelik en reguit wat jy dink – gee jou eie opninie en

verduidelikings

Stel voor (Suggest)

Noem vir oorweging

32

5.6 Algemeen

As u kandidate in beide Afrikaans en Engels het, moet die vertaling van

die vraestel deeglik nagegaan word. Sê en vrae beide weergawes

dieselfde? Is die uitleg van die twee vraestelle presies dieselfde?

Moenie vaag wees deur byvoorbeeld leerders te vra om hul antwoord te

motiveer nie. Vra eerder bv. gee DRIE redes vir jou antwoord.

Wees realisties en konsekwent wat betref die puntetoekenning van vrae.

Behou „n sin vir proporsie.

Vra vir „n eerlike respons. „n Kandidaat moet nooit voel dat hy of sy moet

voorgee ten einde die eksaminator tevrede te stel nie.

Hou politieke, rasse-, geslags- en ander vorm van partydigheid uit u vrae.

Maak seker dat u die korrekte terminologie gebruik. Byvoorbeeld, moenie

die woord bespreek gebruik wanneer u verduidelik of beskryf bedoel nie.

5.7 Uitleg

Die kandidaat moet altyd weet wat van hom/haar verwag word en behoort

nie „n vraestel te „ontsyfer‟ nie. Daarom is die uitleg van die vraestel baie

belangrik en moet dit konsekwent vir elke vraag wees.

Aangesien dit „n visuele vak is, behoort die uitleg en aanbieding dit te

reflekteer. Die onderwyser stel „n voorbeeld in sy/haar vraestelle van hoe

werk behoort aangebied te word.

Ek verkies om die visuele bronne op die regterkantse bladsy te plaas met

vrae aan die linkerkant. Dit maak dit maklik om na die bronne te verwys en

kandidate hoef nie om te blaai om bronne te sien nie. Dit is egter die

onderwyser se voorkeur of visuele bronne bokant vrae of in „n addendum

geplaas word.

33

6 KRITERIA VIR DIE OPSTEL

VAN VRAE

6.1 Toets met die NKS

Bestudeer Leeruitkoms 4 sorgvuldig en „toets‟ jou vraestel

daarteen.

Vanaf die Nasionale vraestelle:

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede demonstreer:

Om die korrekte kunsterminologie te gebruik.

Om visuele analise te doen en om krities te dink.

Skryf en navorsings vaardighede binne 'n geskiedkundige en

kulturele konteks.

Om voorbeelde in 'n sosiale en historiese konteks te plaas.

6.2 Algemeen

Aangesien daar geen onderskeid tussen HG en SG is nie, moet die

vraestel vir alle leerders voorsiening maak. By Nasionaal was dit

voorgestel dat 30% vir die ou SG voorsiening moet maak.

Toets dat daar laer, middel en hoër orde vrae is. Dit is nuttig om „n

taksonomie soos die een van Bloom te raadpleeg.

Hou die punte vir die hele vraestel tred met die gegewe tyd?

6.3 Visuele bronne

Ons is bederf met die kleurafbeeldings van visuele bronne in die

WKOD Graad 12 vraestelle en DOE het belowe om daarmee voort te

gaan. Kleurafdrukke is baie duur en nie „n opsie vir die meeste skole

nie. Daarom is dit belangrik om die visuele bronne in „n vraestel

noukeurig te oorweeg. „n Goeie toets is om die beelde te fotostateer

om die swart en wit reproduksie te sien. Dikwels moet „n bron verander

word vir „n ander beeld met „n duideliker swart en wit kontras. „n Mens

kan nie verwag leerders moet vrae oor ongesiene werke beantwoord,

as hulle dit nie kan sien nie!

Aangesien leerders ongesiene voorbeelde in Graad 12 Nasionale

Eksamen gaan kry, is dit belangrik om dit te gebruik in alle toetse en

eksamens om hulle voor te berei vir sulke vrae.

Probeer om visuele bronne wat tipies of betenisvol van „n styl of

kunstenaar is te gebruik. Moenie die mees obskure voorbeelde gebruik

nie.

34

Gebruik waar nodig kort tekste (“blurbs”) om visuele bronne te

verduidelik en in konteks te plaas. Dit moet kort en tot die punt wees.

Voorbeeld:

Figuur 9a

Salvador Dali, Voorbode van ‘n Burgeroorlog (1936) Olieverf

In hierdie skildery wou Dali die grusaamheid van die mens se onmenslikheid

uitbeeld. Hy was ontstel deur die wreedheid van die Spaanse Burgeroorlog van

1936.

35

7 MEMORANDUM

Dikwels haat onderwysers die opstel van memorandums, want „alles is in my

kop‟. Met die „ou‟ WKOD Graad 12 eksamens was memorandums baie

generiese vir die assessering van opstelle. Die skryf van memorandums is

noodsaaklik met die formaat van korter vrae en die groter klem op visuele

geletterdheid in die VOO eksamens.

Die opstel van eksamen vraestelle is „n baie kreatiewe proses, maar dit

neem tyd en is „n vaardigheid wat ontwikkel met ervaring.

In die nuwe VOO moet „n onderwyser sy/haar eksamen vraestel skryf

om te verseker dat vrae duidelik gestel is. Dit „is n baie waardevolle

oefening. Dikwels moet die vraag of bewoording verander word, want

dit is nie duidelik nie of te soortgelyk aan „n ander vraag. Soms sukkel

„n mens om jou eie vrae te beantwoord!

Dit moet onthou word dat baie leerders voorbeelde sal bespreek,

terwyl hulle dit nog nooit gesien het nie. Daarom kan feitelike,

akademiese inligting nie verwag word nie.

Leerders moet neem uit hulle eie ervarings, kulture en interpretasie

van kunswerke, binne die konteks van die vraag.

Die memorandum moet buigbaar wees en vir diverse antwoorde

voorsiening maak.

Die memorandum moet sinvol wees. Dit moet riglyne gee – bv. as die

vraag vra vir „n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat in sy/haar werk op die

Apartheids-sisteem en/of enige ander kwessie wat ons samelewing

geaffekteer het, gereageer het, kan slegs „n nota van wat verwag word,

gemaak word, bv.

Leerders moet enige Suid-Afrikaanse kunstenaar kies wat op die apartheids-sisteem en/of enige ander

kwessie wat ons samelewing geraak het.

Naam van kunstenaar

Titel/s van werk/e bespreek

Relevansie van die werk/e tot die vraag, bv. Konteks, boodskap, beeldgebruik, gebruik van

kunselemente, boodskap en tegniek.

36

8. MERK

Die merker moet die vraestel noukeurig deur lees en die hoofinstruksies in

die vrae onderstreep/omkring voordat daar begin word om te merk.

Gebruik die memorandum as „n gids, maar dit is BAIE BELANGRIK dat

toegewings in baie gevalle aan die leerders gegee word.Leerders moet

krediet kry vir die gee van eie menings en idees in antwoorde. Krediet

moet aan laterale denke gegee word. Dit is nietemin ook belangrik dat

argumente en stellings goed-beredeneerd is en gestaaf word deur na

spesifieke faktore te verwys.

Inligting en kunswerke bespreek in een vraag, moet nie weer krediet kry

as dit herhaal word in „n ander vraag nie.

Leerders moet name van kunstenaars en titels van elke kunswerk genoem

voorsien, waar van toepassing.

Leerders moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord,

waar van toepassing. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal

nie.

Krediet moet gegee word aan deurdagte, kreatiewe en persoonlike

reaksies. Kyk vir ingeligte persoonlike dialoog met die vraag, eerder as „n

akademiese stroom van inligting vanaf notas.

Merkers moet verwys na die Visuele Kuns VAG dokument matriks (p 24)

vir „n gids om die vlak van bereiking te bereik.

Die belangrikste riglyn is om leerders te beloon vir hul kennis, vaardighede

en hul vermoë om met insig met kunswerke in hul historiese konteks te

kan omgaan en te kan interpreter op die vlak van „n 15/16/17/18 jarige!

Maak gedetailleerde kommentaar oor die eksamen terwyl daar gemerk

word.

o Gebruik dit in terugvoering aan die leerders. Terugvoering is van

onskatbare waarde. Onderwysers moet algemene foute en

wanopvattings aanteken en dit in hul terugvoering aan leerders

gebruik. Terugvoering maak eksamens „n waardevolle onderrig

middle.

o In die merk van die eksamen vraestelle word die onderwyser se

vaardighede in die opstel van vrae ook ge-evalueer. As meeste van

die leerders nie „n vraag kon antwoord het nie, vra jouself of die

vraag duidelik was, of kon dit op „n ander manier gestel gewees

het? Wees eerlik en gebruik die inligting in „n volgende vraestel.

37

o In die opstel van eksamens toets onderwysers hul onderrig

vaardighede. Die merk van eksamens sal areas in onderrig uitwys

wat aandag nodig het. Gebruik die inligting!

Hoe om na „n kunswerk te kyk.

‘n Kritiese analise –

‘n leiding vir visuele

geletterdheid

„n Plan om jou te help om jou te help om te dink en te skryf oor kuns.

1. ETIKET INLIGTING

Naam van kunstenaar, titel, datum, medium

2. BESKRYWING

Identifiseer dinge in die werk wat jy kan sien - noem en beskryf

hulle. Verseker dat jou stellings nie evaluerend, meningsvol of

interpreterend is nie – sê slegs wat daar is.

Onderwerp

38

herkenbare beelde soos mense, geboue, ens.

abstrak – geometriese vorms of vry vorms

3. (BESPREKING) ANALISE

Kunselemente

Lyn

- reguit, gekurf, gestippel, gebreekte, golwend, swaaiend,

hoekig, getekstureerd, horisontaal, vertikaal, diagonaal, ens.

- kontoerlyne of buitelyne

- geskep deur skielike oorgange van kleur, toon of teksture

Kleur en toonwaardes

- warm, koud, helder, dof, donker, lig, ondeurskynend,

deurskynend

- toonwaardes geskep deur kombinasies van swkuns en wit,

of skadus en tinte van kleur

Vorms (2-dimensioneel en 3-dimensioneel)

- representatief, abstrak, organies, geometries, oop, geslote

Tekstuur

- grof, glad, sag, hobbelrig, harig, sanderig, ens.

- gesimuleer (jy kan dit sien) of werklik („n werklike deel van

die werk wat jy kan voel)

- moenie tekstuur met patroon verwar nie – die herhaling van

„n motief in „n herkenbare orde, soos polka-dotjies.

Identifiseer patrone.

Ruimte

- Twee-dimensionele kuns (illusionistiese diepte); vlak of diep.

Geskep deur chiaroscuro, voorverkorting, Lyn- of

lugperspektief, oorvleueling, ens.

- Drie-dimensionele kuns (werklike diepte) – leegtes,

konkawe, konvekse, volumes, ens.

Hoe is die dinge wat onder die onderwerp en kunselemente gelys is,

georganiseer of geplaas om saam te werk.

Ooreenkomste

- Is daar dinge soorgelyk in vorm, kleur, tekstuur, of grootte?

- Is daar lyne soorgelyk in rigting, ens.?

Kontraste

- Is daar kontraste in kleur soos dof-helder, koel-warm,

donker-lig?

- Is daar kontraste van vorm. tekstuur, beweging, grootte,

kompleksiteit-eenvoudigheid?

Kontinuïteite

- Is daar elements in die komposisie wat op „n sistamatiese

wyse herhaal word?

- Is daar elements wat rigtingsvloei deur die komposisie skep?

39

Oorheersing

- Is there sommige areas, elemente, of rangskikkings wat

meer belangrik blyk te wees?

Balans

- Wat dra by tot die balans in die komposisie?

- Is balans simmetries, asimmetries, ens.?

Verhoudings

- Wat is die verhoudings tussen die tema van die kunswerk en

die kunselemente?

- Wat is die verhoudings tussen die kunswerk en die medium

of prosedure gebruik om dit te skep?

4. BOODSKAP/INTERPRETASIE

Gebruik die inligting van jou BESKRYWING en BESPREKING/ANALISE

om jou te help om die INHOUD van die werkte identifiseer (wat die

kunswork oor die menslike ervaring oordra). Dit is oor die BOODSKAP

van die werk.

Hipotese

„n Aanname of ingeligte raaiskoot oor die betenis van die werk.

Verdediging

Verdedig jou hipotese met bewysse uit ander bronne soos

kunsgeskiedenis, vorige ervarings waaraan die werk jou herinner, of

veronderstelde doelstellings: om te vereer, kritiseer, voorspel, „n

gebeurtenis te dokumenteer, te spot, ens. (Onthou jy is soos „n

advokaat wat feitlike getuienis gebruik om jou saak te bepleit – gebruik

die kunswerk self en die konteks van die werk.)

Dit het te make met die konteks van die kunswerk – sosiale en historiese

agtergrong. Kontekstualisering verryk jou waardering en begrip van enige

kunswerk.

5. EVALUERING

Dit is die waardebepaling of oordeel van die kwaliteit of sukses van „n

werk. Gewoonlik woord dit nie van jou verwag nie – tensy gevra,

byvoorbeeld, watter werk vind jy die mees suksesvolste, ens.

Waardebepaling kan deur die volgende beïnvloed word:

Vakmanskap ( Die graad van vaardigheid in die gebruik van medium of

prosedures relevant tot die onderwerp en doel van die kunswerk)

Ontwerps-kwaliteite (Die graad van visuele organisasie van die materiale en

elemente waaruit die werk bestaan.)

Ekspressiwiteit (Ekspressiwiteit van die werk in verhouding met die

onderwerp, idee, of tema waarop dit gebaseer is.)

Persoonlike respons (Die mate waartoe die kunswerk „n persoonlike reaksie

uitroep, een wat met ander gedeel kan word.)

Oorspronklikheid ( Mate van uniekheid, verbeelding, varsheid)

40

Vergelykend (die kunskritikus of kunskenner sal oorweeg hoe die werk met

ander soortgelykje werke vergelyk.)

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!