02.05.2013 Views

OPSOMMING VAN DIE UITKOMS VAN DIE BLOEMENDAL ...

OPSOMMING VAN DIE UITKOMS VAN DIE BLOEMENDAL ...

OPSOMMING VAN DIE UITKOMS VAN DIE BLOEMENDAL ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

OPSOMMING VAN DIE UITKOMS VAN DIE

BLOEMENDAL WERKSWINKEL

Die toekoms van die Duiwesport in die Wes-Kaap

Agtergrond:

Organisasie Span:

Sameroeper en Fasiliteerder: Mnr Celeste Donough

Projek Bestuurder: Mev. Irma Klue

Tegniese advies / Fasiliteerder: Prof. Christo de Coning

Hierdie inisiatief is daarop gemik om die toekoms van die duiwesport in die Wes-Kaap te

bevorder deur gesprek aan te moedig. Bogenoemde span het op 9 Maart 2013 te

Bloemendal Wynplaas ‘n werkswinkel met lede van die Noordweg Duiwe Unie (NRHU)

sowel as die leierskorps van die Federated Board, lede van die Suid Westelike Combine, die

WKDU en Boland Unie gefasiliteer om die Duiwesport in die Wes-Kaap te bevorder. Die

werkswinkel het bestaan uit vrywillige deelnemers wat genooi was in hul privaat kapasiteit,

en die doel was om ‘n situasie analise van die huidige situasie te maak en om opsies en

prioriteite te identifiseer vir verdere bespreking en toekomstige aanbevelings. Die

werkswinkel het geen amptelike mandaat nie en bestaan uit ‘n reeks informele gesprekke

waaruit aanbevelings mettertyd aan al ons formele strukture gemaak kan word.

Uitkoms:

Die werkswinkel het afgeskop met ‘n voordrag deur Celestine Donough oor tendense in die

internasionale ervaring. Heelwat lesse is geleer en die temas wat geidentifiseer was, is

hieronder gereflekteer. Deelnemers aan die werkswinkel het ‘n reeks belangrike temas

geprioritiseer wat in die toekoms aangespreek moet word. Die werkswinkel het van

gesprekke in kleiner groepe gebruik gemaak om sleutel kwessies te identifiseer. Dit is

betekenisvol en het die verwagtinge van die fasiliteerders oortref dat oorweldigende steun

uitgespreek is vir die nodigheid van ‘n Wes-Kaapse provinsiale koordinerende struktuur as

die top prioriteit.

Tendense wat vanuit die internasionale ervaring na vore gekom het sluit o.a. in:

1. Die rol van politiek in die duiwesport, bv. die ‘Green Movement’ in Europa.

2. Die erkenning van die duiwesport se impak op sosio-eokonomies ontwikkeling. Die

duiwesport het ‘n internasionale multi-biljoen dollar industrie geword.

3. Die realiteite en implikasies van aardverwarming.

4. ‘Globalisation’ het veroorsaak dat ruimte en tyd relatief geword het en markte en

sosiale netwerke is nou globaal geskakel in werklike tyd. Dit het radikale gevolge vir

die beskikbaarheid van inligting, samewerking, verbeterde tegnologie en navorsing

en die toenemende professionele aard van die sport.

5. Internasionale tendense dui aan dat die duiwesport in ander lande tipes geisoleerd

staan van eksterne beinvloeding en die gebruik van spesialiste (expertise).

Deelnemers het genoem dat die sport te geslote (“Too closed up”) is.

6. Dinamiese benaderings ten opsigte van inkomste bronne vir die duiwesport is

opgemerk. ‘n Toenemende fokus word ook geplaas op finansiele praktyke, bv pools

ens.

7. Wetenskaplike navorsing oor die genetika, gesondheid en mediese behandeling van

duiwe versnel en die duiwesport moet toenemend hierdie nuwe wetenskaplike

kennis inkorporeer.

8. Die duiwesport internasionaal ervaar tipes uitdagings ten opsigte van leierskap wat

die ouderdom van leiers, etiese oorwegings en behoefte aan sterk leierskap insluit.

9. Toenemende beklemtonings word geplaas op die etiese aard van die duiwesport en

die integriteit van stamregisters (pedigrees) van duiwe sowel as ander aspekte.

Die temas wat geidentifiseer was gedurende die Bloemendal Werkswinkel sluit die

volgende prioriteite in:

1. Die behoefte vir ‘n oorkoepelende provinsiale struktuur. Redes vir so ‘n liggaam sluit in

verbeterde kommunikasie tussen strukture, interne koordinasie ten opsigte van

loslatings, vervoer en moontlike gesamentlike vlugte (‘combines’). Deelnemers het ook

gevoel dat so ‘n struktuur nodig is om gedeelde belange by die regering te kan beding,

insluitende die subsidie aan sport federasies en die toekenning van provinsiale kleure.

Die behoefte om die samewerking van alle lede te verkry is geopper sowel as die

betrokkenheid van die WKDU in toekomstige gesprekke.

2. Die belangrikheid van verbeterde kommunikasie. Hierdier tema is ‘n paar keer geopper

en word ook onder ander temas genoem. Dit sluit in verbeterde interne kommunikasie

onder lede oor wedvlugte, kommunikasie met die publiek, kommunikasie met SANPO

sowel as die gebruik van modern tegnologie (sien ook hieronder).

3. Die besparing van kostes. ‘n Beroep is gedoen dat ‘n toekomstige provinsiale sambreel

liggaam dringend moet kyk na opsies om die koste-effektiwiteit van vervoer reelings te

verbeter. Deelnemers was van mening dat samewerking daartoe kan lei dat minder

vragmotors gebruik kan word en kostes beter gedeel kan word.

4. Bemarking van die sport. Deelnemers was dit eens dat ‘n positiewe beeld van die

duiwe sport uitgedra moet word. ‘n Beroep is gedoen om verkeerde persepsies aan te

spreek ook deur verbeterde kommunikasie met die publiek. Deelnemers het

byvoorbeeld gevoel dat wedvlugduiwe by publieke byeenkomste vertoon moet word

met duiwe entoesiaste wat inligting verskaf. Deelnemers het ‘n beroep gedoen om

respek en dissipline te handhaaf. Die opsie om ‘n gedragskode op te stel (code of

conduct) is ‘n moontlikheid.

5. Spesifieke belange van lede oor wedvlugte is geopper. Dit sluit in wedvlugringe, gebrek

aan oefen fasiliteite en kommunikasie van inligting aan lede. ‘n Beroep is gedoen om

vernuwing te bewerkstellig en ‘n een-stop-fasiliteit vir oefeninge is as voorbeeld

genoem. Dit is ook voorgestel dat ‘n skema ingestel word om goeie kwaliteit duiwe van

die top duiwe boere te bekom en dit aan onder-presteerders beskikbaar te stel (bv. die

laaste vyf deelnemers op die lys). Deelnemers het gevra dat minder duiwe deur

entoesiaste aangehou word.

6. Die gebruik van moderne informasie kommunikasie tegnologie (ook verwys na as ‘ICT’:

Information Communication Technology). Verskeie aspekte is genoem bv. die gebruik

van webwerwe en sagteware programme vir werklike-tyd wedvlugte (real time races).

Die voordele van programme vir jong mense is as voorbeeld gebruik en die

moontlikheid bestaan dat Celestine die Belville Posduif Klub (BPK) as ‘n loodsprojek mag

gebruik om nuwe sagteware wat in België gebruik word om wedvlug uitslae in werklike

tyd te verskaf, te probeer (sien ook www.WPROL).

7. ‘n Sport ontwikkelingstrategie vir die jeug is as prioriteit geidentifiseër. Deelnemers

was besorg oor die toekoms van die sport en verskeie voorstelle is gemaak soos die

‘Adopt a fancier’ benadering, bemarking by skole en ander projekte (sien ook

bemarking hier bo).

8. ‘n Besonderse kwessie wat geprioritiseër was is die welstand van gesinne en vroue in

die duiwesport (well-being of families and women). Daar is gevra dat hierdie tema in

die toekoms deur ‘n nuwe struktuur aangespreek moet word.

9. Die rol en verantwoordelikhede van SANPO is as prioriteit geprioritiseer. Lede was van

mening dat die huidige struktuur hersien moet word en dat vernuwing oorweeg moet

word. Deelnemers was van mening dat die Wes-Kaap die meerderheid van lede het en

dat die Wes-Kaap nie proporsioneel verteenwoordig is nie. Deelnemers het gevra dat

moontlike konflik van belange aangespreek moet word. Deelnemers het gevra dat ‘n

boodskap na SANPO toe moet uitgaan.

10. Erkenning van die sosio-politieke geskiedenis van die duiwe sport in die Wes-Kaap.

Deelnemers het gevra dat die geskiedenis erken moet word en dat ‘n nodigheid vir

versoening en rekonsiliasie onder sommige lede bestaan. Daar is gevra dat die

verskeidenheid van kulture, tale en godsdienste erken moet word. Die duiwesport het

‘n ryk geskiedenis waarop mense trots is, spesifiek ook in die Wes-Kaap en wat deel van

ons ‘Afrikana’ vorm 1 .

11. Lede het gevra dat die verhouding met die dierebeskerming verenigings beter bestuur

moet word. Gesamentlike besluite deur duiwe strukture is nodig byvoorbeeld oor

afstande en jongduiwe. Ad hoc beroepe op lede veroorsaak fragmentasie en versplinter

entoesiaste.

12. Deelnemers het gevoel dat die duiwesport ook erken moet word as ‘n spesiale sport vir

ouer mense en dat elders in die wereld die sport as ‘n positiewe krag gesien word vir ‘n

ouderdomsgroep wat ook deur progressiewe regerings gesien word as ‘n sogenoemde

‘vulnerable group’. ‘n Beroep is ook gedoen op veterane om hul kennis met ander te

deel en die vraag: “Why die with your knowledge“ is geopper.

13. Deelnemers het gevra vir aksie vorentoe en verdere en meer gesprekke van hierdie

aard onder lede. Die organiserende span is gevra om alle ander unies, federasies en

belangrike rolspelers in die Provinsie te betrek. Deelnemers het ook gevra dat hierdie

kwessies so gou as moontlik binne die volgende maande aangespreek word en dat die

proses nie onnodig uitgerek moet word nie. Die fasiliteerders het ‘n beroep gedoen op

alle deelnemers om die werklike uitkomste van die werkswinkel met ander te deel en

nie verkeerde persepsies (soos dat op ‘n nuwe struktuur besluit is) te laat posvat nie.

Gevolgtrekking en volgende stappe:

Deelnemers aan die werkswinkel het die organiserende span versoek om die gesprek met

ander unies en federasies voort te sit om verdere steun te verkry vir die vorming van ‘n

moontlike Interim Struktuur sowel as om duidelikheid oor die proses wat met die Regering

gevolg moet word te verkry. Geen besluite is hieroor geneem nie en die fasiliteerders het

onderneem om ‘n reeks van verdere gesprekke te inisieër en verdere stappe en verdere

kommunikasie, insluitende ‘n opsomming van die werkswinkel, aan deelnemers bekend te

maak.

1 Sien bv. die boek ‘In stede van liefde’ van Etienne van Heerden oor die geskiedenis van die

duiwesport in Matjiesfontein.

Die uitkoms van die werkswinkel word as ‘n sukses beskou en die organiserende span

bedank die deelnemers vir die gees waarin die gesprekke gevoer is en die openheid en

gewilligheid tot gesprek wat die Werkswinkel gekenmerk het.

Volgende Werkswinkel: Beplanning vind plaas vir die volgende Werkswinkel met

deelnemers van die Federated Board by die Universiteit van die Wes-Kaap.

Uitnodiging: Alle wedvlugduif entoesiaste in die Wes-Kaap word ook hiermee uitgenooi

deur die organisasie span om, indien hul dit wil doen, hul geskrewe insette rakende die

toekoms van die duiwesport in die Provinsie aan ons te stuur. Voorstelle kan aan Irma

gestuur word by die epos adres hieronder.

Post Script: Inligting oor die toekomstige proses met die Regering:

In reaksie op die versoek van deelnemers om duidelikheid te verkry oor die proses wat met

die regering gevolg moet word, het ‘n vergadering op 13 Maart 2013 plaasgevind met

Advokaat Lyndon Bouah wat die Hoof Direkteur is van Sport en Rekreasie in die Wes-Kaap.

Hy is van die Department van Kulturele Sake en Sport (DCAS) van die Wes-Kaapse

Provinsiale Regering en hy rapporteer direk aan die Hoof van die Departement, Mnr Brent

Walters en die Minister vir Kulturele Sake en Sport, Dr Ivan Meyer.

Adv. Bouah het ‘n oorsig van die Bloemendal Werkswinkel ontvang en hy is vir sy advies

gevra. Bouah is in beginsel ondersteunend van die inisiatief en het ons lede advies gegee om

die konsultasie met sleutel spelers in die sport voort te sit en te voltooi en om dan ‘n

voordrag te doen aan die Voorsitter van die Wes-Kaapse Sport Raad (Western Cape Sports

Council). Hierdie liggaam staan buite die regering en is verteenwoordigend van al die sport

federasies (110) in die Wes-Kaap. Hierdie liggaam kan ook van ons vergaderings bywoon en

ons tegniese advies gee.

Dit is voorgestel dat die Organiserende Komitee die WCSC ontmoet wanneer die konsultasie

met unies en federasies voltooi is en om dan ‘n vergadering tussen die Interim Struktuur en

die WSSC te reel om na die SASCOC vereistes vir affiliasie te kyk. Alhoewel SANPO reeds ‘n

SASCOC lid is, moet in terme van provinsiale funksies (soos befondsing) ‘n toekomstige

(verteenwoordige) provinsiale duiwe organisasie aansoek doen vir provinsiale lidmaatskap.

Hierdie proses is verskillend van die nasionale proses.

Wanneer die aansoek om lidmaatskap deur WCSC aanvaar is, word aansoek gedoen by die

Regering en dan volg kwalifikasie vir provinsiale kleure, moontlike befondsing ens. Wanneer

ons lidmaatskap aanvaar is, word ons deel van die WCSC en verteenwoordig hulle ons

belange, ook by die Regering en verkry ons stemreg, soos die geval met die sierduiwe is.

Die Voorsitter van die WCSC is Mnr. Elton Davids (President) 082 468 0081 en die Vise-

President is Mev. Sharon Cilliers 021 442 2454 of 072 525 5007.

Navrae:

Celestine Donough: 082 412 4784 celestine.donough@softwarecolors.co.za

Irma: 082 8714936 ascot@vodamail.co.za

Christo: 082 463 7866 cdec.consult@mweb.co.za

This document is also available in English.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!