02.05.2013 Views

News Letter Aug 2011.pdf - South African Bisley Union

News Letter Aug 2011.pdf - South African Bisley Union

News Letter Aug 2011.pdf - South African Bisley Union

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SABU NEWS / NUUS – Augustus 2011

In hierdie uitgawe:

In this issue:

Aankondigings

Kennisgewings

Juniors en Ontwikkeling

Uitsonderlike prestasie

SABU jaarprogram 2012

Grondwet en Reëlsnuus

Message from the F-Class Team

Captain

Message from the Chairman - SA

Championship committee

1. AANKONDIGINGS

a) ICFRA Nuus

Die benoemings vir ons sport se wêreldliggaam ICFRA se volgende bestuur was soos volg:

President: Bernand de Beer

Vise-President: Colin Cheshire

Die UK en Raad wil langs hierdie weg ons eie Voorsitter, Bernand de Beer, gelukwens met sy nominasie as

die nuwe President van ICFRA vir die volgende termyn vanaf Oktober. Ons weet nie waar in sy besige

program hy hierdie werk ook nog gaan inpas nie, gegewe wat hy alreeds vir SABU doen.

Bernand, baie dankie vir die onbaatsugtige diens wat jy lewer vir skiet. Dit word deur almal

raakgesien en waardeer!

Other news from our world body, ICFRA, is as follows:

The ICFRA Council will have its four-yearly „face-to-face‟ meeting in October during the World

Championships at Brisbane, Australia. The agenda has already circulated. Three of the reports circulated

with the agenda provide a good overview of ICFRA‟s activities and international developments in our sport,

especially over the past four years since the previous Council meeting. They are the President‟s, Secretary

General‟s and F Class Committee Chairman‟s reports.

You are encouraged to read these reports on the SABU web site. Several SABU members and other

persons well-known to us are also mentioned. Several ICFRA committees will also meet at Brisbane. Some

of them are currently engaged in E-mail debate on a few ICFRA rules changes, but these may only affect

SABU after approval by the ICFRA Council. None require urgent action now, nor will those approved have

a major impact on our current

shooting rules.

b) SASSF

Hennie Jacobs is weereens verkies as President van SASSF. Ons wens Hennie graag geluk met die

verkiesing en bedank hom vir wat hy vir SABU doen by hierdie belangrike organisasie. Sonder Hennie se

hulp en insette by hierdie organisasie sal toere en amptelike toetswedstryde by die SA Ope Kampioenskap,

met die gepaardgaande kleure wat skuts verwerf, nie altyd maklik en moontlik wees nie.

Baie dankie.

c) Louis le Grange skietfees

Ons is almal terdeë bewus dat die Louis le Grange Skietfees nie winsgewend is nie en dat SABU eintlik geld

verloor deur dit aan te bied. By die afgelope Raadsvergadering in Bloemfontein is egter besluit dat die Louis

le Grange weer te Bloemfontein aangebied sal word in 2012. Provinsies moet hulle bes

probeer om soveel skuts as moontlik by hierdie skietfees te betrek. Hoe meer skuts, hoe beter kans het ons

om minstens ons koste te dek. Spanne kan saam met ander Provinsies gevorm word met vooraf toestemming

van die UK), met dien verstande dat alle moontlike skuts in „n Provinsie eerste oorweeg moet word. Eers

daarna mag ander skuts uit die kleiner Provinsies gebruik word.

d) Spanne

i) Spanne na Verenigde State van Amerika in 2012

Daar is deur die Keurkomitee spanne uit beide TR en F-Klas gekies (en deur die UK bekragtig) om in die

VSA deel te neem gedurende 2012.

Die F-Klas span is gekombineerd en bestaan uit vier F-Ope skuts sowel as vier F-TR skuts Die onderskeie

spanne is soos volg:

TR span na VSA – Jul / Aug

Kaptein: JB de Beer

Skuts:

LVW Brand TF Breedt

FWA Coetzee DMC Dodds

JA du Toit JG du Toit

DJ Fourie PA Haasbroek

RD Hayter TB Hayter

GD Higgs HC Jacobs Jnr

JC Jonck JH Maritz

PJ van Zyl PS Welgemoed

ii) F-Klas gekombineerde span

F-Ope: Jannie Els Spankaptein en skut

Frans Snyman Skut en afrigter

Cheryll van Niekerk Skut

Jaco van Tonder Skut

Billy van Rooyen Bestuurder en afrigter

F-TR: Marthinus (Bossie) Boshoff Skut

Johann Faber Skut

Ivan Lamprecht Skut

Alwyn Marx Skut

Alexander Coetzee Afrigter

Reserwes: Dawie van der Westhuizen Skut F-Ope

(Nie reisend) Gerrit Lamprecht Skut F-TR

iii) Daar is ook ‘n Oefengroep saamgestel waaruit die 2 skuts wat na Statebondspele

2014 (Skotland) gaan vanuit gekies sal words:

Spanbestuurder: JB de Beer

Groep skuts: TF Breedt FWA Coetzee

DMC Dodds JA du Toit

JG du Toit PA Haasbroek

RD Hayter HC Jacobs Jnr

JC Jonck PJ van Zyl

Baie geluk aan die onderskeie skuts wat gekies is om SABU en Suid Afrika te verteenwoordig. Ons weet dat

almal julle allerbeste sal gee en Suid Afrika trots sal maak op julle!

e) SABU en SA Ope fooie vir 2012.

In „n poging om soveel as moontlik lede te behou en ook genoegsame belangstelling te kweek by lede om

aan die SA Ope Kampioenskappe deel te neem, is besluit om die SABU fooie bykans onveranderd te laat vir

2012. Hierdie besluit deur die Raad was grootliks te danke aan „n onverwagte goeie jaar wat ons

in die vorige boekjaar beleef het. „n Begrote verlies het as gevolg van verskeie besparings in „n goeie

positiewe wins verander en die Raad het dit goedgedink om die lede nie verder met etlike verhogings te

belas nie. Meer oor die volledige tariewe en finansies sal in die November nuusbrief verskyn.

f) SABU Keurkomitee

Met die Raadsvergadering is die volgende lede (dienend en nuwe lede) verkies tot die SABU keurkomitee,

vir die 4 jaar termyn wat direk na vanjaar se „Palma‟ begin:

Voorsitter: Bertie Venter

Lede: Trevor Hayter

Johan Maritz

Johan Prinsloo

Schalk Cullinan

Spankapteins van Toerspanne: Bernand de Beer (TR) en Jannie Els (F-Klas)

Baie geluk aan die bogenoemde komitee. Sterkte met die werk. Ons weet dat „n keurkomitee soms kritiek

moet verduur vanaf lede. Nie almal stem altyd saam met hulle keuses nie en soms staan die beste stuurman

mos aan wal. Die Raad wat egter die amptelike besluitnemer is en deur alle SABU lede verkies is, het hulle

vertroue in hierdie keurkomitee geplaas. Ons doen „n beroep op lede om die komitee al hulle ondersteuning

te gee sodat SABU nog steeds wenspanne kan kies vir die toekoms en voortbestaan van ons sport.

U kan gerus ook op die SABU webwerf kyk na die Raadsgoedgekeurde beleide- en regulasiesdokument,

waarin die breë beleid waarbinne die Keurkomitee optree ingesluit is.

Ons dank ook aan die nuwe komitee wat ook hierdie belangrike taak moet verrig.

2. KENNISGEWINGS

a) 80 Jaar skiet rëunie in 2013

As gevolg van die baie suksesvolle skiet wat SABU aangebied het tydens die 80 jarige bestaan van SABU

het ons baie buitelandse blootstelling geniet. Die wat daar was sal onthou dat ons die lang bane volgemaak

het en aan Syd en sy komitee hoofbrekens besorg het as gevolg van beperkte lêplekke vir al die

belangstellende skuts. Baie van die buitelandse skuts het aangedui dat 2013 vir hulle „n goeie jaar is om

weer so „n groot skiet in Suid Afrika by te woon. Al vier Britse tuisunies het aangedui dat hulle kom sowel

as Australië en die VSA. Dit val saam met die F-Klas Wêreldkampioenskappe wat later as ons SA Ope

Kampioenskappe aangebied word en is presies halfpad tussen die Palmas. Die swartkruit skuts wil ook deel

van hierdie SA Ope Kampioenskappe bly en sal derhalwe ook daar wees. Die probleem is dat ons nie ‘n

gepaste naam vir hierdie kompetisie het nie. 80 jarige rëunie skiet klink ook nie te goed nie.

Die UK en Raad het besluit om „n kompetisie te loods om „n gepaste naam te vind, met die doel om hierdie

skietkompetisie op „n gereelde 4 jaarlikse basis te hou gedurende die SA Ope. Belangstellendes moet daarop

let dat die naam in Engels moet wees, aangesien hierdie naam op die webtuiste geplaas gaan word en

daarop gemik is om aandag vanuit die buiteland te trek. Die skut wat die mees gepaste naam uitdink, wen

‘n gratis individuele inskrywing na die SA Ope in 2012! Die naam uitdink kompetisie sluit op Vrydag 09

Desember. Alle inskrywings moet skriftelik per brief of E-pos aan die SABU kantoor gerig word. Maak

seker dat ons korrekte kontak besonderhede, naam en SABU nommer het van almal wat gaan deelneem.

b) SA Junior spanbestuurder - vakante pos.

Ons hartlike dank en waardering gaan aan Schalk Cullinan wat vir meer as 2 termyne hierdie baie belangrike

pos gevul het. Schalk het egter aangedui dat hy, as gevolg van ander pligte binne SABU, nie meer kans sien

om as spanbestuurder voort te gaan nie. Die Ontwikkelingskomitee doen tradisioneel „n aanbeveling oor

gepaste kandidate wat dan deur die UK oorweeg en die Raad gekies word. Ons wil egter nie iemand voorstel

net om later uit te vind die persoon

stel nie belang nie. Enigiemand wat daarvan hou om met Juniors te werk en bereid is om vir „n volgende

termyn of meer hierdie pos te behartig, is welkom om vir Fritz Naumann, Schalk Cullinan of Deon Burger

eers te skakel. Hulle sal al die pligte verduidelik en ook „n pligstaat kan verskaf. Die UK sal dan „n keuse

maak uit al die aansoeke met CV‟s wat ontvang word.

3. SA JUNIORS EN ONTWIKKELING

a) SA Junior

Soos almal dalk bewus is, was daar hierdie jaar weer „n toer na Engeland deur ons SA Juniors onder leiding

van Schalk Cullinan. Die junior skuts het uitsonderlike span- sowel as individuele prestasies behaal. Hierdie

welslae was deur Deon Burger in die vorm van uitslae via die SABU kantoor gegee,

waarvoor ons baie dankbaar is. Sonder om individuele skuts uit te sonder wil ek „n paar brokkies uit Schalk

Cullinan se volledige nuusbrief deel met lede. Ek haal dele aan:

„Die span kon nie aan die Schools Meeting deelneem met hulle privaatgewere nie en het die kompetisie

gebruik as voorbereiding en spanoefening om elevasies en zero‟s te bevestig. Terselfdetyd het ons goeie

oefening gekry om in die reën te skiet. Dit het hierdie jaar op 12 van die 13 skietdae gereën en is die

span nou gesoute reënskuts! Op sommige dae het mens meer as een keer natgereën!

Algeheel oor die 3 Internasionale junior-spanwedstryde tydens die “Imperial” was die totale soos volg:

1ste GB 1776.201

2de SAJ 1755.175

3de Kanada 1735.155

Die prestasie van die SA Juniors moet nie gering geskat word nie, veral as in ag geneem word dat hul

uit „n groep van slegs 13 gekies is, terwyl die Britte met „n kadetstelsel van 98 000 spog en die Kanadese

nog meer! Verder moet voordeel en kennis van „n tuisbaan nie onderskat word nie en ook dat die

huidige SAJ span jonk en onervare was, met slegs twee lede wat voorheen ondervinding van Bisley

(Engeland) het.

Lesse geleer:

Dit word weereens benadruk dat ons in SABU dringend nuwe juniors nodig het.

Dit is nie net die uitsluitlike taak van die spanbestuurder of ontwikkelingskomitee om nuwe juniors te

werf nie, maar alle lede, klubs en provinsies se verantwoordelikheid en plig! Indien ons die Britte op hul

tuisbaan wil klop en die voortbestaan van die uitruilooreenkoms sowel as die voortbestaan van ons

sport wil verseker, sal ons daadweklik gehoor aan hierdie noodkreet moet gee.

Die SABU ontwikkelingsgewere moet effektief aangewend word om klubs te help met die werwing en

ontwikkeling van nuwe belangstellende juniors (Hier wil ek die woord juniors vervang met skuts).

Verder moet die O/25 inisiatief uitgebou word, sodat O/19 juniors gemotiveerd bly om aan te hou skiet

soos hulle ouer word en nie wegraak soos voorheen die geval was met baie juniors wat deur die stelsel

gekom het en dan ophou skiet na skool.

Sodra nuwe juniors begin skiet en belangstelling toon, moet hulle onmiddelik aangesê en gehelp word

om aansoek te doen vir hulle vuurwapen bevoegdheidsertifikate om vuurwapenlisensies te kan bekom.

Dit word aanbeveel dat die 2013 SAJ toerspan na afloop van die 2012 SA Ope aangekondig word, ten

einde genoegsame tyd te bied vir voorbereiding, fondsinsameling, dokumentasie aansoeke en

genoegsame spanskiet geleenthede.‟

b) O/25 Inisiatief

Gedurende die “groot” skiet wat ons gaan aanbied in 2013 gaan daar weer Internasionale mededinging wees

in hierdie ouderdomsgroep. Die Britte stuur vir seker „n span. Die VSA en Australië het reeds aangedui dat

hulle belangstel. Hierdie SA O/25 oefengroep moet uiteraard gekies word volgende jaar

(2012) na afloop van die SA Kampioenskappe. Dit is daarom van kardinale belang dat ons alle moontlike 19

tot 25 jariges terugkry wat tydelik opgehou het met skiet. Die UK en derhalwe ook die

ontwikkelingskomitee doen „n beroep op alle lede, klubs en provinsies om die volgende te doen:

1. Maak kontak met hierdie juniors wat opgehou skiet het.

2. Maak hulle weer betrokke by die sport al beteken dit dat die Provinsies hulle deels finansieël moet

ondersteun. (SABU het begroot vir beperkte hulp aan provinsies spesifiek vir ontwikkelingsprojekte.)

3. Vertel almal van die volgende 2 jaar se planne.

4. Gee hulle name aan die ontwikkelingskomitee sodat ons ook met hulle kan kontak maak.

Ontwikkeling – Algemeen

Die komitee wil net hierdie paar wenke deel:

Wat belangrik is in terme van ontwikkeling op alle vlakke en hier geld dit ook vir volwassenes wat miskien

gewerf kan word vir F-Klasse:

Voornemende skuts gaan nie vanself by die skietbaan opdaag op „n Saterdag nie.

Skuts moet hulle vriende saamnooi na „n skiet toe en hulle aan bisleyskiet bekendstel.

Klubs en provinsies moet tenminste een of twee dae in „n jaar afstaan aan „n Korporatiewe skiet,

Jaggeweerskiet, Winterskiet of Skoleskiet, waar daar op korter afstande (200 en 300) met jaggewere en

teikengewere geskiet word om nuwe skuts aan die sport bekend te stel.

Gee medaljes as „n aansporing met „n bring en braai agterna.

Demonstrasies moet teen die einde van die program vir die dag op een langafstand deur lede van ons sport

met die onderskeie klasse van gewere gehou word.

Voornemende skuts moet die geleentheid gegun word om „n paar skote met bisleygewere onder afrigting

te skiet.

Moet niemand forseer nie.

Moenie op daardie dag teen jagters met jou geweer deelneem nie. Niemand wil verneder word nie. Maak

die reëls so, dat nuwe skuts slegs teen ander onervare skuts skiet, onder afrigting.

Die 700 meter of 500 meter is relatief maklike afstande.

Vat jagters eers skyfgat toe voor die demonstrasies sodat hulle begrip het vir die feit dat die teiken

vergroot met die langer afstande, anders hardloop hulle weg en neem nie aan die demonstrasie fase deel nie.

Hierdie resep word deur Mpumalanga toegepas vir etlike jare en lewer beslis sukses.

4. UITSONDERLIKE PRESTASIE BEHAAL IN ENGELAND

Veels geluk aan Alexander Coetzee met sy puik prestasies behaal in Engeland. Daar was meer as 980 skuts

wat aan die “Imperial” deelgeneem het!

Alexander se prestasies:

3 de plek in die Grand aggregate.

Kwalifiseer saam met Schalk vir die Queen‟s prize.

18 de in die Queens prize.

3 de plek in die GB Open Championship.

Wat „n uitsonderlike eer en prestasie, ook gesien in die lig van die baie reën wat ons RSA skuts nie regtig

aan gewoond is nie!

Alexander sal beslis volgende jaar kan sê: “Kom groot reën! Bly stil Mac, ons skiet nou lekker!”

Onder die Juniors:

Jarryd Burger Kwalifiseer vir St George‟s 2 de stadium met 73.11 op 300 treë 1 ste stadium.

Kwalifiseer vir QP 2 met 103.12 in eerste stadium van die Queen‟s Prize.

Fredwill de Beer 50.6 op 900 treë in die Conan Doyle wedstryd.

Barry Gradwell 74.9 in St George‟s eerste stadium, kwalifiseer vir 2 de stadium.

Kwalifiseer vir St George‟s 3 de stadium met 75.11 in 2 de stadium.

Hannes Hager 75.10 op 600 treë in die Prince of Wales wedstryd.

Matt Hayter 105.14 in die Queen‟s Prize 1 ste stadium en kwalifiseer vir die 2 de stadium.

Baie geluk met julle goeie prestasies!

5. SABU PROGRAM VIR 2012

1. Leeu van Wes-Transvaal 3, 4 Feb Potchefstroom

2. Mpumalanga Ope 18 Feb Middelburg

3. Gauteng Noord Ope 2, 3 Mar Pretoria

4. OVS Ope 22, 23 Mar(12:30) Bloemfontein

5. SA Ope kampioenskap 23 tot 31 Mar Bloemfontein

6. Griekwalandwes Ope 11, 12 Mei Kathu

7. Bosveld Ope 25, 26 Mei Phalaborwa

8. Boshoff Ope 02 Junie Boshoff

9. Jock of the Bushveld 23 Junie Middelburg

10. Ooskaap Ope 12 tot 14 Julie Port Elizabeth

11. Gauteng Ope 28 Julie Heidelberg

12. SABU Raadsvergadering 23 Aug Bloemfontein

13. Louis le Grange skietfees 24, 25 Aug Bloemfontein

14. Noordwes Ope 1 Sept Potchefstroom

15. Kwazulu Natal Ope 7, 8 Sept Merrievale (Nottingham rd)

16. WP Ope 4 tot 6 Okt Goedehoop

17. Louis le G – Noordelike Bonde 13 Okt Potchefstroom

6. GRONDWET- EN REëLSNUUS

a) GRONDWETTE:

i) SABU grondwet:

- Die wysigings soos by die SABU Algemene Jaarvergadering (AJV) goedgekeur is in die grondwet invoeg

en die nuwe een is aan die kantoor en die SABU webwerf verskaf. [Ons is bewus van „n probleem wanneer

mens die webwerf-kopié op jou eie rekenaar oopmaak en dit geniet aandag.]

- Ons beoog tans geen verdere voorstelle vir wysigings by die 2012 AJV nie.

ii) Klub- en provinsiale grondwette:

- Ons herinner provinsies en klubs wat nie teen die sperdatum van 30 Junie die jongste kopieë van hul

grondwette by die SABU kantoor ingedien het nie om dit asb so gou moontlik te doen. Die Raad het „n

nuwe spertyd van 30 September gestel, maar klubs/provinsies wat eers graag hul grondwette wil hersien kan

Deon kontak vir uitstel. Dankie aan diegene wat reeds ingedien het.

b) REËLS

Die SABU reëlboek is nou baie „stabiel‟ en daar is onlangs net enkele reëlswysigings oor amptelike

reserwes in toetswedstryde onder ICFRA vs volle SABU jurisdiksie deur die Raad goedgekeur. Die

opgedateerde reëlboek sal weer later op die SABU webwerf geplaas word. Reëltoepassing by die 2011 SA

Ope Kampioenskap: Ons is nie bewus van wesenlike reëlsprobleme wat op die baan opgeduik het nie. Die

gewysigde reëls soos bv Boodskap 6 en toepassing van

bestaande reëls soos steekproewe tov „TR‟ ammo en snellers het goed verloop. Ons dank aan u vir dié

mooi samewerking!

Etlike klagtes is egter ontvang oor skuts wat die tydsbeperkings in individuele skiet oorskry en die

Uitvoerende Komitee (UK) moes dus ongelukkig besluit om dié reel (kyk 23.13) vanaf die 2012 SA‟s

strenger toe te pas, dalk ook deur die gebruik van stophorlosies. Mede-skuts word versoek om baanoffisiere

by te staan tov „stadige skietery‟.

Lede moet asb let op die reëls (31.3 tot 31.5) dat skuts hul tellings op die bord moet kontroleer en

betyds vermeende foute moet uitwys. Ons kan nie by die prysuitdelings sulke foute regmaak nie. Dit kan

ook spankeuses nadelig bëinvloed en u dalk u plek in „n hoër span kos!! Die twee meer ernstige gevalle tov

toepassing van bestaande reëls wat wel opgeduik het, is die volgende:

Insidente in die kamp: Kyk asb na SABU reël 36.1. Die Hoofbaanoffisier het reeds op die baan ernstig

hieroor gepraat en ons wil nie graag verder op skrif uitwei nie. Net dit: AS klappers wel betrokke was, wil

ons vriendelik dog ernstig noem dat „n kamp by „n skietbaan nie „n goeie plek is om met klappers te speel

nie!

Skiet in die reën: Daar is minstens twee reëls hieroor (ons beklemtonings in „bold‟), nl 20.2.4: “In threatening

weather conditions (particularly if there is lightning danger), or for other reasons, the Chief Range Officer, or the Executive

Committee, could decide to delay the start of shooting. Under no circumstances will start times be brought forward from the

scheduled times, unless the Executive Committee can guarantee that all competitors have been made aware of the change.” en

23.25: “The Chief Range Officer may suspend firing temporarily if, in his judgement, the weather conditions justify such

suspension, or for any other reason he considers valid. Shooting shall be resumed as soon as possible, unless the Executive

Committee decides otherwise. If shooting is suspended for longer than 5 minutes, competitors will be permitted an optional extra

non-convertible sighter.”

Die versoek by die AJV dat die UK weer dink oor die toepassing van bogenoemde diskresie is wel binne die

bestek van die reëls. Uit „n reëlsoogpunt wys ons bloot uit dat die UK en veral die Hoofbaanoffisier die

totale diskresie in dié verband het. Die Baankomitee staan namens die UK die Hoofbaanoffisier by met

hierdie besluite. Die UK het die 2010 en 2011 gevalle bespreek en voel dat die Hoofbaanoffisier en

Baankomitee hul diskresie op „n verantwoordelike wyse uitgeoefen het. Dit is wel so dat ons in Suid-Afrika

nie graag in oormatige reën skiet nie, soos die besluit om die skiet van Woensdag 6 April te kanselleer

ewys (wanneer die Britte waarskynlik wel sou skiet!). Die UK vra egter ons lede om te onthou dat ons

sport ‘n buitenshuise sport is en ons wel moet verwag om soms warmte, koue en selfs reën te ervaar.

‘n Ander kwessie wat opgeduik het is of die meeste van ons as registerhouers kontroleer of ‘n geweer

werklik veilig is teen die einde van ‘n skiet. Reël 21.1.6 sê (ons beklemtoon met ‘bold’): “It is the responsibility

of the register keeper to ensure that a competitor‟s rifle is safe immediately after shooting at

each distance. (See Appendix F) If on leaving the firing point, a competitor is discovered (in the restricted area) with the bolt in

his rifle, without an ECI*, both he and his register keeper will have their scores for that distance disallowed (see Rule 35.4). If the

register keeper can satisfy the Executive Committee that the chamber was clear, at the time he

certified the scorecard, or if the shooter has checked trigger pressure after leaving the firing point, only the shooter will be

penalised.” [* ECI – Empty Chamber Indicator – die kamer-„vlaggie‟] Die meeste van ons aanvaar dat as die slot

verwyder is of die „vlaggie‟ ingesit is, die wapen veilig is. Lede wys uit dat daar „n rondte in die kamer kan

vassit selfs al is die slot verwyder. Jare gelede het Richard van Lingen, na „n insident in Kanada, ook by Piet

Joubert gedemonstreer dat daar „n rondte in die platform- („receiver‟) deel van die aksie kan lê met „n

„vlaggie‟ wat bo-oor dit in die kamer self ingedruk is. Haal die „vlaggie‟ uit, maak die slot toe en trek die

sneller: boem! F klas lede wat in 2010 in Kanada geskiet het kan getuig oor hoe streng die Kanadese nou is

oor hierdie kwessie. Die Britte meen dat daar net een manier is om te „ensure‟ en dit is om ook in die loop af

te kyk! Hennie Jacobs snr is een van die min SA skuts wat hierdie metode nougeset toepas. Hoewel ons reël

nie uitspel dat die registerhouer spesifiek in die loop moet afkyk nie, is die woord „ensure‟ regstegnies baie

dringend.

Die UK wil nie graag nuwe reels hieroor voorstel nie, maar wel die erns van hierdie ‘ensure’ (maak

seker) onder u aandag bring. Dit behoort nie vir ons nodig te wees om u te herinner daaraan dat ons sport

met gewere en skerp ammunisie te doen het en dat veiligheid dus van kritieke belang is nie. Ons waarsku

ook teen die gebruik van tuisgemaakte „vlaggies‟ met „n kort stang. SABU sal probeer om die behoorlike

„vlaggies‟ aan te skaf, vir verkoop aan lede.

Deon Burger

Ns die Grondwet- en Reëls en Uitvoerende Komitees.

7. F-ClASS 2012

Message from the Team Captain

This 2011 newsletter contains information that gives great joy in many hearts, specifically for the building

out of South African F-Class shooting. We are grateful to have a governing body such as SABU to look after

us in the sport we love.

Congratulations to all the members who made it into the F-Class Protea team who will compete in the

coming America‟s Match during 2012 in the USA. A special welcome to all the „newbie‟ Protea shooters,

you have earned your places in the team. This event will be hosted by the NRA of the United States of

America. We, as a combined F-Class team will be well prepared for this sought-after ICFRA International

match. It is our intention to travel to the USA to show the international F-Class shooting arena that, with our

recent inauguration of F-TR, we have shooters of great format and a Team to be reckoned with!

The Team names are alphabetical (* new cap):

Boshoff Bossie (*) Coetzee Alexander (Coach)

Els Jannie (Captain) Faber Johann (*)

Lamprecht Ivan (*) Marx Alwyn (*)

Snyman Frans Van Niekerk Cherryll

Van Rooyen Billy (Coach / Manager) Van Tonder Jaco (*)

Non Travelling Reserves: Lamprecht Gerrit Van der Westhuizen Dawie

Lastly but very important! I want us to go out there as a team, well prepared, with the focus on not just

giving our best, but to be remembered as South Africans to take note of in future tours to come, especially

the FCWC in 2013.

Good luck with all the preparations!

Jannie Els

8. South African Open Championship 2012

This note is to keep members informed of the progress at this stage of the arrangements for the 2012 South

African Championship. We have had discussions with the SANDF concerning the Championships and I can

report that they are as committed as we are to presenting a successful meeting next year. In this regard both

the range and the camp site are available. Every effort will be made to ensure that the power points to

caravans are working and that all the ablution blocks are functioning properly. In the event that this is not

possible, one may find that the ablution block closest to one does not work and that one then has to go to the

next closest ablution block. There will definitely be functioning ablution blocks and one should be able to

get by.

We should have no problems in obtaining tents provided that the SANDF does not need them elsewhere,

unfortunately we will not know this until the last minute. They have also told us that the 16 x 32 tents

(double size tents) will not be available.

This is a positive situation. Members will be able to stay in the campsite where hopefully everything is as

normal. If not there will be sufficient facilities to get by with, albeit with a little inconvenience. Members

can go ahead and make their plans.

Syd Goslin.

S.A. Championship Committee.

3rd August 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!