02.05.2013 Views

JESUS LEER MY ASSEBLIEF BID - His Will His Way

JESUS LEER MY ASSEBLIEF BID - His Will His Way

JESUS LEER MY ASSEBLIEF BID - His Will His Way

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

JESUS LEER MY ASSEBLIEF BID

Aanhalings uit die Bybel in Afrikaans [1983 – vertaling] met verlof van die Bybel

genootskap van Suid- Afrika.

“Scripture quotations taken from The Amplified Bible, Copyright © 1954, 1958, 1962,

1964, 1965, 1987 by The Lockman Foundation. All rights reserved. Used by

permisission. [www. Lockman.org]”

Nota:

Enige beklemtonings binne die aangehaalde Bybel tekste is die skrywer se keuse.

Geliewe kennis te neem dat dit die skrywer se styl is om sekere selfstandige

naamwoorde wat in die teksgedeeltes aangehaal is met hoofletters te skryf wat

moontlik kan verskil van die gepubliseerde Bybel tekste. Dit is ook belangrik om te let

dat die naam satan en enige verwante name nie met hoofletters geskryf is nie

aangesien die skrywer hom nie erkenning wil gee nie, al is dit nie die korrekte

Afrikaanse spelreël nie.

1

Kontak besonderhede

E-mail adres: empot@mweb.co.za

Posbus 17418

Pta-Noord

0116

Telefoonnommer

0833675842

0836807761

U kan die boek “Jesus leer my asseblief bid” ook lees op die webwerf:

www.helpmybid.co.za

www.helpmepray.co.za

2

Inhoudsopgawe

Hoofstuk 1 Wie is God, wie is Jesus en wie is die Heilige Gees 9

Hoofstuk 2 God Almagtig 16

Hoofstuk 3 Jesus 29

Plan 1 Die ewigheidsplan 44

Plan 2 Weer toerus met die Heilige Gees 44

Hoofstuk 4 Jesus as Mens 46

Hoofstuk 4.1 Jesus se geboorte 47

Hoofstuk 4.2 Jesus se doop 54

Hoofstuk 4.3 Jesus as mens: Eienskappe 57

Die mens, die vervloekte: Ou Testament 64

Jesus die vervloekte: Nuwe Testament 65

Hoofstuk 4.4 Jesus se bediening hier op aarde 66

Hoofstuk 4.4.1 Jesus se genesingsbediening 67

Vooropgestelde idée: Dit is nie God se wil dat ek genees nie 67

Vooropgestelde idée: siekte en lyding kom van God af 68

Hoofstuk 4.4.2 Genesingsvoorwaardes 73

Geloof en siekte 75

Sonde en siekte 84

Nagmaal: Ons bring `n oordeel oor onsself 95

Nagmaal: Tugtiging 97

Duiwels uitjaag 106

Bevryding van binding en vloeke 108

Hy het mense genees omdat hy wou 109

Hy het almal genees wat na Hom toe gekom het 110

Hoofstuk 4.5 Jesus se kruisiging 114

Jesus as ons Verlosser: Bekering 117

Jesus as ons Verlosser: Wedergeboorte 119

Hoofstuk 4.6 Jesus se opstanding uit die dood 123

Hoofstuk 4.7 Jesus se hemelvaart 124

Hoofstuk 5 Die Heilige Gees 125

Twaalf redes waarom jy die Heilige Gees in jou moet hê 125

Beseëling van jou siel deur die Heilige Gees 137

Hoofstuk 5.1 Ek wil met die Heilige Gees gevul word 143

Sondebelydenis in die Ou Testament 144

Sondebelydenis in die Nuwe Testament 145

Hoofstuk 5.2 Bybelse prosedures wat gevolg moet word sodat ons weer met

die Heilige Gees gevul kan word 151

Wat het Jesus gedoen om met die Heilige Gees gevul te word? 151

Prosedures wat Petrus, Paulus en die dissipels gevolg het. 154

Hoofstuk 6 Kan die bespringkelingsdoop en die doop waarvan daar in

Handelinge gepraat word dieselfde doop wees? 160

Hoofstuk 7 Eerste en Tweede verbond 165

3

Verbondsteken: Ou Testament: Besnydenis 165

Verbondsteken: Nuwe Testament: Doop en beseëling

met die Heilige Gees 166

Hoofstuk 8 Engele 168

Hoofstuk 9 Voorwaardes vir die beantwoording van gebede 173

Hoofstuk 10 `n Woord van dank aan die personeel van Pta-Noord Kleuterakademie 188

Getuienisse

Frans Huisamen 188

Nico Noeth 189

Robert de Lange 190

Maretha van Niekerk 192

Johan Potgieter 193

A Journey towards God 194

Clinton Agnew 197

Hennie Barnard 198

Gerrit Viviers 200

Bronnelys 202

4

Waarom het ek die boek geskryf?

Voorwoord

In Augustus 2005 het ek vir vyf weke lank, elke sewende dag, [op `n Sondagaand] drome

gehad. Die drome het kronologies op mekaar gevolg. Al hierdie drome het betrekking gehad op

die wegraping, of anders gestel, die eindtyd. Hier volg `n baie verkorte weergawe van droom

vier.

Gedurende die vierde droom, het ek `n geweldige harde en snaakse geluid gehoor. Die

volgende oomblik is ek, Francois en ons twee kinders die lug “ingeneem”. Dit was in `n

sekonde, blitsig! Dit was `n wonderlike sensasie en baie moeilik om te beskryf. Ons het Jesus in

die lug ontmoet. Van waar ons aanvanklik gestaan het, ongeveer noord – oos. Dit was `n

oorweldigende wonderlike ervaring. Ek kon die mense sien wat besig was om op te vaar. Ek het

baie engele gesien en dit het gelyk of die engele die proses orkestreer ter wille van orde. Die

volgende oomblik het ek teruggekyk aarde toe, en tot my onsteltenis het ek baie mense gesien

wat nie saam op gevaar het nie. Wat my egter die meeste ontstel het was die klomp

kerkgeboue waarna ek gekyk het. Die kerke was vol mense maar behalwe vir `n paar mense in

die verskillende kerke, het byna niemand wat in die kerke gesit het, opgevaar nie. Ek was

verskriklik onsteld, en het na Jesus gedraai, en Hom gevra: “Jesus, wat dan van daardie

mense?” Hy het my sag geantwoord: “Hulle is nie gereed om te gaan nie.” Ek het weer na Hom

gedraai en gesê: “Jesus, ek kén baie van hulle, hulle is Christene, en aanbid U!” Die volgende

oomblik het Matteus 7:21–23 by my opgekom, en Jesus het my teer aangekyk, wetend dat

daar niks is wat Hý daaraan kan doen nie. Jesus is nie tevrede, indien ons net “in Hom glo nie.”

Nee, die hele skrif is vol daarvan dat ons Heilig, bekeerd en Heilige Gees vervuld moet lewe. Hy

het ons gewaarsku in Sy Woord! Ek het baie ontsteld wakker geword. Lees asseblief Matteus

7:21-23.

Ek en Francois, asook ons kinders, het daarna na God ons Vader gegaan en Hom verseker dat

ons gesin alles in ons vermoë sal doen om seker te maak dat Sy koninkryk uitgebrei en

verkondig word. ALLES! Hy moes net die woord spreek, ons sal dit doen. Vader het ons gebed

beslis verhoor.

`n Paar weke later het Vader my gestuur na `n tannie wat ek glad nie op daardie stadium geken

het nie. Haar naam is tannie Bertie Vos. Sy het my gesalf en tydens die salwing het ek `n

wonderlike ervaring gehad. Sy het later van tyd my man Francois ook gesalf. Nie een van ons

het op daardie stadium presies geweet wat gebeur het nie, maar vandag, meer as drie jaar later

weet ons - dat ons Vader nie “klein en beperk” dink as Hy jou bereidwilligheid aanvaar het om

Hom te dien en om Sy Woord te verkondig nie. Die mense wat intussen in ons huis tot bekering

gekom het, gedoop is, en hulle lewens onvoorwaardelik vir Jesus gegee het, is baie. Die

bekeringsverhale, `n storie op sy eie. Prys ons Almagtig Vader.

In Maart 2008 het Vader dit op my en Francois se harte gelê om 21 dae lank te vas. Hy het

geen rede aangevoer nie, ons moes net vas. Daar was egter `n voorwaarde, naamlik dat ons

5

die vas moes afsluit met die pasga maaltyd. [Ons het nogal gewonder oor die ou Testamentiese

gebruik, maar ons was gehoorsaam en het nie vrae gevra nie.] Dit was ook interressant dat die

vas, geëindig het op die Donderdagaand voor die Paas Vrydag.

Die voorbereidings vir die pasga maaltyd was `n ervaring. Daar was egter `n probleem, en dit

was dat ons `n groente genaamd “peperwortel” benodig het. Tyd was ook `n faktor, want ek het

nie besef dat ek gaan sukkel om peperwortel in die hande te kry nie en dit was reeds die

Woensdag voor die Donderdag waarop ons die peperwortelstukke benodig het. Ek roep toe die

hulp in van `n vriend genaamd Francois Knowles [toevallig ook `n Francois] wat as

Operasionele bestuurder by die Pretoria Mark, werksaam is. Hy bel toe `n boer in George wat

aan hom bevestig het, dat jy nie sommer rou peperwortel op die Suid-Afrikaanse winkelrakke

sal kry nie, en buitendien was dit buite seisoen! Ons berus toe met die idée dat ons vrede sal

moet maak met die verwerkte vorm in `n bottel!

Maar Vader het groter planne gehad. Ek het na Vader gegaan en dit aan Hom gestel dat ons

nie veel aan hierdie probleem kan doen nie. Ek het geweet Hy sal verstaan. Die gebeure was

redelik buite my beheer, het ek aangevoer. Maar God Almagtig is `n God van presiesheid.

Nadat Francois Knowles nog `n paar oproepe gemaak het, het twee peperwortels, daardie

selfde nag nog, op `n wonderbaarlike wyse langs `n onbekende bestuurder, in `n onbekende

vragmotor die pad aangedurf van George na Pretoria mark toe. [Vader het `n saak met die

“onmoontlike” en “buiteseisoen” bestaan nie in Vader se verwysings-raamwerk nie.]

Ek en my man Francois het dadelik geweet hier kom “iets groots.” Sewe dae later, vyf uur die

oggend het Vader Sy opdrag duidelik aan my uitgespel: “Elize jy gaan vir My `n boek skryf.”

“Waaroor, Vader?” “Oor wat ek jou en Francois al geleer het van My, en meer spesifiek, wat Ek

jou geleer het oor gebed”!

Leser ek glo hierdie boek sal vir jou as leser dien as `n “handboek” by jou Bybel. Ek bid dat Ons

Vader jou geestesoë sal oopmaak. Ek bid ook dat die Heilige Gees jou sal lei, sodat jy alles sal

verstaan wat Vader vir jou deur hierdie boek, en meer spesifiek Sy Woord, die Bybel, wil leer.

Sien jou by die wegraping!

6

Bedankings

Ek wil net `n woord van dank rig aan almal wat my die afgelope paar maande ondersteun het.

Francois my man, ons kinders, Johan en Madelein baie dankie. Dit sou glad nie moontlik

gewees het om die boek te geskryf het sonder julle ondersteuning nie. Francois baie dankie vir

al die navorsing wat jy gedoen het. Dankie vir al die ure wat jy by my gesit het, ek was nooit

alleen nie. Dankie ook vir al jou gebede. Ek spot altyd en sê Vader het my liewer as vir jou want

Hy het jóú vir my gegee, jy is die wonderlikste en die beste. Baie dankie.

Johan en Madelein vir twee wonderliker kinders kan geen mamma of pappa vra nie. Dankie vir

alles wat julle twee gedoen het terwyl mamma geskryf het. Julle het maande lank koffie en

koeldrank aangedra, en soms kos gemaak! Jesus seën julle.

Clinton en Krina dankie vir die ure wat julle ingesit het met die vertaling van die boek na Engels.

Ons Engelse lesers sal die boek eersdaags in Engels kan lees. Ek waardeer dit. Dankie ook vir

al die woorde van bemoediging.

Groot dankie aan jou Sakkie wat letterlik met die “boek” en die “Afrikaanse Woordelys en

Spelreëls” aan die Suidkus vakansie gaan hou het sodat die tweede uitgawe betyds by die

drukkers kon wees. Dankie ook vir al die naweke wat jy op sy gesit het om te help met die

tweede druk van die boek se proeflees. Baie dankie ook aan Marietjie en Maretha vir julle

insette.

Mariane dankie dat jy te alle tye beskikbaar was om jou “tegnologies-gestremde” vriendin te

help. Jy het nooit gesug nie en was altyd bereid om te help, dankie.

Emelia de Langen, dankie vir jou en jou span wat `n hele week op sy gesit het vir die

taalversorging. Ek glo my “aanbiedings skryfstyl” was geen maklike taak om te assesseer nie.

Gerhard Vermaak, dankie vir jou professionele raad, bystand en beskikbaarheid. Jy het met die

eerste druk van die boek, die baie “onbekende, donkerpad van die drukkers bedryf” vir my en

Francois verlig en maklik gemaak.

Aan al my vriende, dankie vir julle ondersteuning en gebede, veral vir Tannie Bertie, Clinton,

Krina, Frans, Theresa, Marietjie, Sakkie, Mariane Neels, Zita, Robert, Marina, Daleen, Maretha,

Mariëtte, Louis, ons ouers en familie. Julle het altyd `n woord van bemoediging gehad. Baie

dankie vir jul gebede!

Neille Voster jy is die geduldigste mens wat ek ken. Jy was en is altyd vriendelik, geduldig, en

uiters professioneel. Ek glo Lithotech Afric Mail is besonders bevoorreg om jou in hul diens te

kan hê. Aan al die personeel by Lithotech Afric Mail, baie dankie vir al julle harde werk.

My personeel by Pretoria-Noord Kleuterakademie, Vader seën elkeen van julle, baie dankie.

7

Aan die leser

Hierdie boek het ek geskryf met die leiding van die Heilige Gees. Vader was baie presies ten

opsigte van die inhoud van die boek. Hy het onder andere in die begin fase van die skrywery vir

my presies voorgeskryf wie die taalversorging moet doen, wie die drukker moet wees, wie my

moet help met die vertalings asook hoe die omslag van die boek moet lyk. Daar was baie meer

voorskrifte, ek gaan egter nie nou in op al die besonderhede nie. Ek en Francois het probeer

om aan al die vereistes te voldoen.

Vader het my op drie verskillende geleenthede gevra of ek bereid is om “myself te kruisig” met

die boek. Sy verduideliking was dat daar wel mense gaan wees wat met hulle eie

vooropgestelde dogmatiese idees “in beginsel” met die inhoud van die boek gaan verskil, en uit

die aard van die saak gaan “ek” gekritiseer word. Die eerste keer was my antwoord: “Natuurlik

Vader ek gee nie om nie, U wil was nog altyd vir my álles!”

Die boek was al byna klaar geskryf en die “kontroversie” ten opsigte van verskeie punte was

reeds op papier, toe Vader my `n tweede keer gevra het of ek bereid is om “myself” te “kruisig”

vir Hom? Hierdie keer het ek stiller en meer beskeie geantwoord: “natuurlik Vader.” Vader het

my nie toegelaat om enige detail wat Hy in die boek wou gehad het en wat Hy my geleer het, uit

te laat nie. Soms het ek groot “kontroversiële punte” “sag” omskryf, net om deur Hom

teruggestuur te word, om dit oor te doen.

Nadat die boek klaar geskryf was, het Vader my een aand weer gevra: “Elize, is jy bereid om

jouself te kruisig vir My Woord”. Ek het skielik besef daar gaan kritiek wees, veral vanuit `n

“teologiese” en “dogmatiese” oogpunt, maar ek weet net een ding, ek, Elize was gehoorsaam,

wat jy met die inhoud van die boek doen, is iets tussen Vader en jou! Mag die Heilige Gees met

jou wees en jou elke woord laat lees en verstaan wat in hierdie boek geskryf is. Indien daar nog

steeds iets is waaroor jy nie duidelikheid het nie, vra Vader, Sy Heilige Gees sál dit aan jou

verduidelik, Francois en ek bid en vas vir jou.

Ek bied verskoning aan vir enige ongemak rondom taal en spelling foute in die boek, aangesien

ek geen skrywers opleiding of agtergrond het nie. Nadat die boek deur die professionele

taalversorgers se hande was, het daar heelwat inligting bygekom wat nie deur hulle

professionele lesersoë gefynkam is nie. Daar is verskeie herhalings ten opsigte van `n paar

punte, maar lees dit asseblief weer, Vader het my nie toegelaat om dit uit te haal nie. Daar is

dus `n rede daarvoor.

Toe ek Vader gevra het dat ons die boek moet stuur vir verdere “tegniese en taalversorging”

was Sy antwoord: “My Woord was aanvanklik nie geskryf en versorg deur geleerde tegniese- en

taalversorgers nie. Skryf die boek soos wat jy die inhoud daarvan sou aangebied het tydens `n

lesing: Praatstyl!”

8

Hoofstuk 1

Noodkreet: Wie is God, wie is Jesus en wie is

die Heilige Gees?

Leser maak asseblief seker dat jy die aangehaalde Bybeltekste lees ten einde die

bespreking daarna ten volle te verstaan. Ek het dit vir jou ingetik. Lees dit net!

Die eerste gebed wat ek gebid het, en wat ek verseker weet verhoor was, het so gelui:

“Vader ek weet nie wie vandag in die hemel aan diens is om gebede te verhoor nie,

wie dit ook al is, Vader, Jesus of die Heilige Gees, ek wil asseblief nie hel toe gaan nie,

en ek bid ook dat nie my vriend, vandag my man, ons ouers, broers en hulle gesinne,

hel toe sal gaan nie.”

Dis twintig jaar later en ek weet verseker dat wie ook al daardie dag “diens gedoen”

het, die gebed verhoor het. Retrospektiewelik is dit duidelik dat my gebed onmiddellik

verhoor was, en dat God op my versoek, tot my genader het.

Niemand in ons gesin sou in die volgende paar moeilike jare wat daarop gevolg het,

kon droom dat God ferm in beheer van ons siele se ewigheids-toekoms-sake was nie.

Ons as familie kan wel vandag terug kyk en sê: “Dankie Vader, maak nie saak wat ons

as familie materieël verloor het nie, ons siele se plekke in die hemel is verseker!”

Belangrike beginsel: Ek moet tot God nader en Hy sal tot my nader.

Waarom is ek so seker dat ek eerste tot God moet nader? Want die skrif is baie

duidelik:

Jak 4:8 Nader tot God en Hy sal tot julle nader.

Hierdie is `n opdrag met `n belofte van God af. Die Woord leer ons dat God elke belofte

wat Hy in Sy Woord maak, nakom.

Num 23:19 God is nie `n mens dat Hy sou lieg nie, `n mens dat Hy van gedagte

sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie

uitvoer nie?

Verder:

Heb 4:16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons

barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

9

Weereens, presies dieselfde versoek naamlik dat òns, òns na God moet wend, en dan

volg die belofte: “sodat ons barmhartigheid en genade sal ontvang en so op die regte

tyd gered sal word.”

Waarom wil God hê dat die mens die eerste skuif moet maak ten einde `n verhouding

tot stand te bring tussen Hom en die mens? Waarom nie andersom nie? Hoekom reik

God nie na my, die swakkeling uit nie? Die rede is, God het `n onfeilbare meesterlike

plan vooraf in plek.

God se Meesterplan

Heb 8:10 -12 “…. Ek sal hulle My wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek

dit skrywe: Ek sal hulle God wees, en hulle sal My volk wees. Dan hoef niemand

meer sy medeburger te leer en vir sy broer te sê: ‘Jy moet die Here ken’ nie.

Hulle almal, klein en groot, sal My ken. Oor hulle ongeregtighede sal Ek genadig

wees en aan hulle sondes nooit meer dink nie.”

Dit beteken, God sal die mens, groot en klein, toerus om Hom te soek. Maak nie saak

waar jy jou bevind, en of wie jou voorouers aanbid het nie. Jy sal na God hunker en

Hy sal na jou uitreik, want die Woord belowe dit.

Rom 1:19-20 Wat `n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik,

want God het dit binne hulle bereik gebring. Van die skepping van die wêreld af

kan `n mens uit die werke van God duidelik aflei dat Sy krag ewigdurend is en

dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat `n mens nie met die oog kan sien

nie.

Die Bybel is duidelik dat God Sy belofte sal nakom. Indien jy na Hom uitreik, sal Hy vir

die res sorg. Hy sal sorg dat jy die Waarheid hoor en dan hang dit natuurlik van jou

af of jy Hom gaan aanneem of nie! Het ek enige opleiding nodig om my te help? Nee,

die Heilige Gees sal vir alles sorg, wat jy wel gaan benodig is `n Bybel. Die Bybel is die

Woord van God. Alles wat jy wil weet van God Drie-enig is in die Woord van God

naamlik die Bybel saamgevat.

2 Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die

waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en `n regte

lewenswyse te kweek, sodat die man wat indiens van God staan, volkome

voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Ek is van jongs af geleer van Jesus, waarom het ek dan nie geweet wie is wie in die

Goddelike Drie-eenheid nie?

10

My persoonlike geloofswroegings

Ek het opgegroei in `n goeie Christen huis, met Godvresende ouers en broers. Ons het

elke Sondag ongeveer twee honderd kilometer kerk toe en teruggery. My pa was byna

my hele kinderlewe diaken of ouderling. My ma was betrokke by die kerk, die bazaars

en die gemeenskap.

Ons is van kleins af geleer dat alles wat jy het, alles wat jy is, genade van God is en

dat jy elke begeerte wat jy ookal mag hê in algehele afhanklikheid in gebed na God toe

moet bring. Ons het elke aand getrou huisgodsdiens gehou, wat my pa gelei het.

Ek onthou die heel eerste gebed wat my ma my geleer het: “Ek is `n kindjie klein,

Jesus maak my hartjie rein.” Ek onthou nog baie goed die opgewondenheid, toe my ma

my belowe het dat sy my die “Onse Vader” gaan leer.

Ek is aangeneem en voorgestel in een van die drie tradisionele Afrikaanse kerke. Die

emosies en gevoelens wat ek ervaar het tydens die dae en weke wat die aanneming

en voorstelling in die kerk voorafgegaan het, en waarvoor ek eers baie later in my lewe

antwoorde gekry het, sal my altyd bybly. Ek onthou onder andere die geweldige

spanning voor die aanneming. Elke Maandag moes ons groep katkisante bymekaar

kom en is ons gepeper met vrae uit die Heidelbergse Kategismus. Dit is baie duidelik

aan jou gestel dat, indien jy nie al die vrae in die Heidelbergse kategismus kon

antwoord nie, jy nie aangeneem sou kon word nie.

Jy moes daarop bedag wees dat jy enige vraag gevra sou kon word. Ek kon die sin

daarin glad nie verstaan nie, want dit het vir my gevoel asof ek gedreig word met `n

openbare sosiale skande wat ek oor myself en my familie sou bring, indien ek nie sou

slaag nie.

Ek het besef dat ek die “inhoud” van die boek moes ken, maar die “verstaan” van die

“inhoud” en hoe ek daaroor gevoel het, was glad nie tersake nie! Die probleem wat ek

gehad het was dat ek die grootste gedeelte van die “inhoud” van die boek glad nie

verstaan het nie. Dit het eenvoudig nie vir my sin gemaak nie! Verder het ek `n gevoel

van “onbegrip” gehad rondom die doel van die aanneming, asook waar dit ingepas het

in die Bybel.

Die algemene gevoel was, die aanneming is iets wat jy moet doen en klaar! Die

gemeenskap, die familie, en die kerk, verwag dit van jou, uit en gedaan! Jy as katkisant

het geen sê hierin gehad nie. Jy was emosioneel, en sosiaal verplig om die

aangeleentheid aan te pak en suksesvol te voltooi. Of jý geestelik of emosioneel

gereed was, was glad nie ter sprake nie.

11

Die vraag wat ek myself herhaaldelik afgevra het was, wat was die doel van die

oefening? Was dit om `n lidmaat van die kerk te word of `n lidmaat van God? Ek was

nie seker nie, maar uit die geluide wat gemaak was, was dit duidelik dat ek nou lid

geword het van die kerk. Dit kon beslis nie lidmaat van God gewees het nie, want

niemand het seker gemaak dat ek tot bekering gekom het en dat ek Jesus my

persoonlike Verlosser en Saligmaker gemaak het nie.

Sommige kinders het spottenderwys na die aanneming verwys as `n gebeurtenis waar

ons nou almal `n wynlisensie gekry het. Die ligsinnige verwysing na so `n diep ernstige

saak het my net verder ontstel, en het as `n bewys gedien dat dit vir die meeste net `n

formaliteit was wat afgehandel moes word. Jy is mos nou sestien en die gemeenskap

verwag dit van jou.

Die soms versigtige vrae wat ek later aan Christene gestel het was gewoonlik so

beantwoord: “Glo net, en glo soos `n kind, moenie te diep delf nie, dit maak `n mens

net deurmekaar. Glo net!” Woorde wat ek later van jare besef het, gebruik word deur

mense wat self nie `n idée gehad het waaroor dit gaan nie.

Verder is ek gereeld deur ander Christene bemoedig met die woorde uit Romeine 8:

Rom 8:28: Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom

liefhet, die wat volgens Sy besluit geroep is.

Dit het my net meer verwar, want hoe kon ek verseker geweet het of ek volgens Sy

besluit geroep was? Baie diep in my hart het ek ook geweet dat ek God beslis nie lief

het soos wat ek veronderstel was om Hom lief te hê nie. Hoe kon ek dan berus in die

feit dat alles vir my ten goede sou meewerk?

Ek het soms na `n diens in die kerk, `n vae gevoel gehad dat die moontlikheid tog

bestaan dat ek wel hemel toe sou gaan, want ek gló mos. Die gevoel was van tyd tot

tyd versterk nadat ek `n begrafnis van `n kennis of familielid bygewoon het en die

dominee die agtergeblewendes verseker het dat hulle geliefde oom Jan nou by Jesus

is. Dit, terwyl ek oom Jan en al sy streke maar te goed geken het. As oom Jan dit kon

maak tot daar, dan is my kanse nie te sleg om hemel toe te gaan nie, het ek

geredeneer.

Ek het nie die Nuwe Testament verstaan nie, maar ek het my berus by die lees van die

Ou Testament se stories oor Abraham, Isak, Jakob, Ester en al die ander groot

gelowiges waarvan die Woord van God getuig, dat hulle geloof onwrikbaar was. Van

een ding was ek egter baie seker en dit was dat ek nie naastenby hulle geloof, of hulle

12

kennis van God gehad het nie. Ek het bewus geword van `n begeerte in my wat net

groter en groter geword het, en dit was dat ek soos hulle, God persoonlik wou leer ken,

maar ek het egter nie `n idee gehad hoe om dit te doen nie.

Ek kon nie verstaan waarom God nie meer met die mense gepraat het nie. Dit terwyl

Jesus in Sy Woord ons belowe, dat Hy IN ons gaan kom woon!

Het ek in God geglo?

Het ek in God geglo? Ja, onwrikbaar, maar ek het nie die vaagste benul gehad wie Hý

is, of wie Jesus is nie. Die Heilige Gees weer, was `n totale onbekende “persoon” wat

nooit ter sprake was nie. Niemand het ooit oor “Die Heilige Gees” gepraat of gepreek

nie, `n totale gesiglose begrip.

Ek wat van kleinsaf in die kerk grootgeword het en deelgeneem het aan die

sakramente moes nog steeds tot God nader. Waarom? Die rede is eenvouding: Ek het

nog steeds die eerste gebod oortree, naamlik: Jy moet die Here jou God lief hê

met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.

Tot op daardie oomblik het ek geen intieme verhouding met God Almagtig gehad nie,

want ek het nie die Vader, die Seun, of die Heilige Gees, geken nie. Jy kan nié `n

intieme, mooi verhouding met `n persoon hê as jy die persoon nie werklik en waarlik

ken nie. Ek het ook later van tyd besef dat indien jy nie die Heilige Gees IN jou het

nie, jy nie `n intieme verhouding met God kan hê nie.

Vandag weet ek dat God Almagtig Sy belofte nagekom het, om tot my te nader,

en ek weet ook dat ek vandag in die posisie is om hierdie getuienis met jou die leser te

kan deel, maar baie water moes eers onderdeur die brug vloei. Ek hoop dat die lang

geloofs-ervarings-pad wat ek geloop het, tot gevolg sal hê dat jy met hierdie boek, `n

kortpad sal kan volg na `n intieme verhouding met “ABBA” Vader. Mag die Heilige

Gees jou lei en jou geestesoë oopmaak, terwyl jy hierdie boek lees en bestudeer.

Waarom word ons gebede nie verhoor nie?

Ek ken soveel Christene wat figuurlik gesproke mank loop as gevolg van die eelte op

hulle knieë, van jare en jare se gebede en smekinge voor God, waarvan die meeste

gebede nooit verhoor is nie. Hulle lewens kan opgesom word met twee woorde:

Grootste ellende! Die meeste getuig prontuit, dat as dit nie vir die moontlikheid was dat

daar `n hel is nie, hulle beslis nie Christene sou gewees het nie, want die Christen

geloof “doen dit net nie vir hulle nie.” Tog is die Bybel vol beloftes dat ons maar net

moet vra, God sal ons alles gee wat ons ookal vra.

13

Joh 15:7 As julle in My bly en My woorde in julle, vra net wat julle wil hê, en julle

sal dit kry.

Joh 15:16 …So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in My naam vra.

Joh 16:23 Dit verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in My naam sal bid sal

Hy vir julle gee.

Matt 21:18-22 vertel die storie van Jesus wat op pad was en honger gekry het. Toe Hy

`n alleenstaande vyeboom langs die pad sien, gaan Hy daarheen, maar Hy het niks

anders as blare daaraan gekry nie. Hy sê toe vir die boom: “Jy sal in der ewigheid

nooit weer vrugte dra nie.” En die vyeboom het dadelik verdroog.

Sy dissipels was verbaas, hoe het Hy dit reggekry? Jesus antwoord hulle: “Dit

verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek

aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou

op en val in die see!’ en dit sal gebeur. As julle glo, sal julle alles ontvang wat

julle in die gebed vra.”

Joh 14:12-14 “Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek

doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.

Wat julle ook al in My Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun

verheerlik kan word. As julle My iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.”

Wat is dan verkeerd met ons geloof dat ons nie ten volle deel in hierdie wonderlike

beloftes wat Jesus aan ons maak nie? Wanneer laas het jy vir `n verlamde gebid en

het hy begin loop? Het jy vir `n kankerlyer gebid en is hy/sy ten volle genees? Onthou,

Jesus belowe ons in bogenoemde skrif, dat ons nog groter dinge as Hy gaan doen!

Afgelei uit bogenoemde skrif doen ons baie duidelik `n paar dinge verkeerd. Een

van die dinge wat ons beslis verkeerd doen is dat ons die woord “glo” nie ten volle

verstaan nie. Ek het geleer dat die volle betekenis en definisie van die woord “glo in

God,” jou in `n ander kategorie indeel in jou verhouding met God Almagtig. [Meer

hieroor later.] `n Verdere probleem is dat ons “verkeerd” bid.

Jak 4:3: As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle

selfsugtige begeertes bevredig.

Lees ook:

Matt 6:9 Jesus sê: “So moet julle bid”

Indien Jesus vir ons sê: “so moet julle bid” dan glo ek dat ons, ons deeglik moet

vergewis van hoe ons behoort te bid. Jakobus kon dit ook nie duideliker gestel het toe

14

hy gesê het “julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid.” Verkeerd bid beteken

verkeerd bid! Jesus sê in Matteus 6:9: “So moet julle bid.” As enige gebed wat ons

op enige manier bid, deur God verhoor word, dan moet ons, ons-self afvra waarom het

Jesus dan die woorde gebruik: “So moet julle bid?”

Alvorens ons gaan kyk na waar lê die fout en wat sê die Skrif oor hoe ons behoort te

bid, asook na die voorwaardes vir gebedsverhoring, moet ons stilstaan by die

verskillende rolspelers tydens `n gebed. Waarom?

Indien jy wil aansoek doen vir `n paspoort, gaan jy sekere prosedures moet volg. Jy sal

na die Departement van Binnelandse Sake moet gaan, en daar in `n ry staan waar

mense wat wil aansoek doen vir paspoorte gehelp kan word. Gestel jy staan in `n

verkeerde ry, byvoorbeeld die ry vir aansoek om identiteitsboek, gaan die beampte of

klerk wat verantwoordelik is vir die identiteitsboekie-aansoeke, jou nie kan help nie, al

is die persoon gekwalifiseer vir die taak om paspoorte ook uit te reik. Jy sal verwys

word na die afdeling en persone wat die uitreiking van paspoorte hanteer, en jy sal van

vooraf in die ry moet staan. `n Verdere probleem gaan ontstaan indien jy nie die regte

inligting op die vorms ingevul het nie, en of indien jy die verkeerde vorms ingevul het.

Dieselfde gebeur met gebed. Daar is verskillende rolspelers wat verskillende take het.

Indien jy nie presies weet wie se taak is wie se taak en hoe jy te werk moet gaan nie,

asook wat jy mag vra of nie mag vra nie, [moet bid nie] gaan jy beslis nie kry wat jy wil

hê nie. Jakobus sê duidelik: “Julle ontvang nie omdat julle verkeerd bid!”

Gestel jy bid, wat gebeur in die geestelike realm?

Wie doen wat om te verseker dat jou gebed by die regte plek uitkom? en

Aan watter voorwaardes moet jy voldoen?

Om dit te kan beantwoord moet ons eerstens gaan kyk na die verskillende rolspelers,

hulle karakters, hul persoonlikhede en wat hul elkeen se rol is.

Wie is die rolspelers tydens gebed?

God Almagtig, Vader;

Jesus, Seun van God;

Die Heilige Gees, Gees van God;

Die engele;

Jy die bidder. Jy die bidder word deurlopend in die boek bespreek.

In die volgende hoofstukke gaan ons probeer om die bogenoemde rolspelers, hul

werksaamhede asook hul karakters te bestudeer.

15

Wie is God Almagtig?

Hoofstuk 2

God Almagtig – Vader

• 1 Tim 6:15-16 … God, die goeie en enigste Heerser,

• die Koning van die konings en die Here van die heersers.

• Hy alleen besit onsterflikheid,

• Hy woon in ontoeganklike lig.

• Geen mens het Hom gesien of kan Hom sien nie.

• Aan Hom kom toe eer en ewige mag! Amen.

God Almagtig en die Seun van God

• Kol 1:15-20 Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien

kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.

• God het deur Hom - die Seun - alles geskep wat in die hemel en op die

aarde is:

• Alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings,

heersers, maghebbers gesagvoerders.

• Alles is deur Hom en vir Hom – die Seun geskep.

• Voor alles was Hy al daar en deur Hom – die Seun, bly alles in stand.

• Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong

daarvan,

• Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy - die

Seun - die eerste plek in die heelal inneem.

• God het besluit om met Sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom -

die Seun - alles met Homself te versoen.

• Deur die bloed van Sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel,

• Deur die Seun het God alles op die aarde en in die hemel met Homself

versoen.

Onderskeid tussen God Almagtig en die Seun

Dit is belangrik om te onthou dat God Almagtig ook bekend as Vader, en dan die Here

God, of te wel die Seun van God, wat ons later in die Nuwe Testament leer ken as

Jesus, die Seun van God, nie onlosmaaklik behandel kan word nie. Tog gaan ons

poog om elkeen afsonderlik te bespreek. In hierdie hoofstuk gaan ons God Almagtig

16

estudeer, maar ons gaan leer dat “die Here God” of te wel “die Seun van God” `n

belangrike eenheid vorm met God Almagtig.

Hy is God Almagtig –Vader

1 Tim 6:15-16

• God, die goeie en enigste Heerser,

• die Koning van die Konings, en

• die Here van die Heersers.

• Hy alleen besit onsterflikheid.

• Hy woon in ontoeganklike lig.

• Geen mens het Hom gesien of kan Hom sien nie.

• Aan Hom kom toe eer en ewige mag.

• Amen.

God Almatig is dus die Enigste Heerser, en Koning van alle konings. Hy is goed, Hy

besit onsterflikheid, en woon in ontoeganklike lig. Geen mens kan Hom sien nie. Hy

besit ewige mag.

Waar woon God Almagtig?

Vers 16 Hy woon in ontoeganklike lig in die hemel: Deuteronomium 26:15, Jesaja

63:15.

As die Woord sê dat God Almagtig in ontoeganglike lig woon beteken dit dat daar

geen toegang vir `n mens tot God se woonplek is nie. Dit is belangrik om hierdie

beskrywing van waar God Almagtig woon, te verstaan ten einde te verstaan wat

die werksfunksie van die Drie-eenheid is. God Almagtig woon in ontoeganklike lig.

Geen mens kan Hom nader in vleeslike hoedanigheid nie. Die Woord sê jy “kan”

Hom nie sien nie. Die Woord sê verder dat “niemand” al ooit daardie voorreg

gehad het nie.

Die Griekse woord vir ontoeganklik is: “Aprositos”

Die Engelse vertaling van “aprositos” is: “Inaccessible, unapproachable” wat in

Afrikaans beteken: “Onbereikbaar, ontoeganklik.”

Waar is hierdie “ontoeganklike lig”?

Ons kan aanneem dat hierdie “ontoeganklike lig” waarin God Almagtig woon, op `n

“plek” in die “hemel” is. Die hele Bybel is vol verwysings dat God Almagtig, die

Seun van God asook die engele, “in die hemel” is. Waar is die hemel? Ons kan

aflei uit die skrif dat die hemel “aan die bokant van die aarde is”. Byvoorbeeld:

17

Deut 26:15 Kyk tog af, Here, uit U Heilige woonplek, uit die hemel, en seën u volk

Israel…

Mark16:19 Nadat die Here Jesus dit vir hulle gesê het, is Hy in die hemel opgeneem

en het Hy aan die regterhand van God gaan sit.

Kan jy God Almagtig sien?

1 Tim 6:16 Geen mens het Hom gesien of kan Hom sien nie.

Joh 1:18 Niemand het God Almagtig al ooit gesien nie.

Geen mens sal ooit daarop aanspraak kan maak dat hy/sy die voorreg gehad het

om God Almagtig te kon sien nie. Geen mens nie, dit sluit ook almal in wat in die

Ou Testament gelewe het. Dit bring ons by `n baie belangrike vraag, naamlik op

watter manier het God Almagtig Homself dan aan die mens bekend gemaak, as ons

Hom nie kan of mag sien nie?

Wie het God Almagtig aan ons bekend gemaak?

Joh 1:18 …Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, die het Hom

bekend gemaak.

Joh 6:46 Dit wil nie sê dat iemand anders al die Vader gesien het nie; net Hy, [Jesus]

wat van God af kom, Hy het die Vader gesien.

Jesus, die Seun van God, het God Almagtig aan ons bekend gestel.

Wie is die Seun van God?

Joh 1:18 “Sy enigste Seun”

Amplified Bible: “the only begotten Son, which is in the bosom of the Father.”

Griekse vertaling van “bosom” is: “kolpos.”

Afrikaanse vertaling: “Voor tussen die arms” met ander woorde die bors.

Dus: Die Seun van God het ontstaan voor tussen die arms van God Almagtig.

“… self God”

Die Seun is ook self God. Ons sal later sien dat daar baie in die Ou Testament na

die Seun van God verwys word as “God”, die “Woord” asook die “Here God”. Die

rede is, dat die Woord sê: “die Seun is Self God.”

18

“…die naaste aan die Vader”

Die Seun is die naaste aan die Vader. Die Seun se oorsprong is voor tussen die

arms van God Almagtig, en Hy het God Almagtig aan ons bekend gemaak.

Hoe kan die Seun dan self God wees?

Joh 1:1 In die begin was die Woord - die Seun van God - daar, en die Woord was by

God, en die Woord was self God.

Die Seun van God of te wel Jesus se oorsprong was vanuit “kolpos”, voor tussen

die arms van God Almagtig. Die ander woord vir “voor tussen die arms” is jou

bors. Anders gestel, Jesus het ontstaan uit God Almagtig, daarom sê die Skrif dat

Jesus is ook sélf God.

Kolossense 1:19 God het met Sy volle Wese IN die Seun gaan woon.

“Wese” beteken “wat bestaan.” God Almagtig het dus met Sy volle bestaan, IN die

Seun gaan woon.

Het God Almagtig toe Sy entiteit en posisie as God Almagtig daardeur verloor?

Nee, beslis nie. God Almagtig bly God Almagtig. Die Woord is duidelik oor wat God

Almagtig asook die Seun se posisie in die Goddelike Drie-eenheid is.

1 Kor 15:28 Wanneer alles dan aan die Seun onderwerp is, sal Hy [die Seun] Hom

ook self onderwerp aan die Vader wat alles aan Hom, [Jesus, die Seun], onderwerp

het.

God het besluit om met Sy volle wese IN die Seun te gaan woon.

Hoe sou God Almagtig dit kon regkry en nie Sy eie entiteit daardeur verloor nie?

Deur met Sy Gees in die Seun te gaan woon. God Almagtig het dus met Sy Heilige

Gees in die Seun gaan woon.

Die Woord - die Seun van God, Jesus -was by God.

Die Woord - die Seun van God, Jesus - was self God.

Van wanneer af was die Seun dan daar?

Van die heel begin af. Die Seun kan beskou word as die heel Eerste Skepping van

alle dinge. Lees weer Kolossense 1:15 en 16. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die

19

hele skepping. God het deur Hom alles geskep. Niks het dus totstand gekom as

die Seun van God dit nie geskep het nie.

Hoe lyk God Almagtig?

Joh 4:24 God is Gees en die wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in

Waarheid aanbid.

Ons sien dus dat God Almagtig wel bereikbaar is maar déúr Sy Gees en in gebed, al

woon God Almagtig in ontoeganklike lig.

Feit

• God is Gees.

• Die enigste Heerser, Koning van alle konings, Here van alle heersers.

• Hy alleen besit onsterflikheid.

• Hy woon in ontoeganklike lig.

• Niemand kan Hom sien en bly leef nie.

• Wat ons van Hom weet, het Sy Seun wat self God is en

• die naaste aan die Vader is, aan ons bekend kom maak.

• Niemand kan God Almagtig sien en bly lewe nie, niemand nie!

Ek het altyd gedink dat dit God Almagtig is wat in die Ou Testament - veral tot en met

Moses - met die mense gepraat het, totdat ek die Bybel begin bestudeer het en

agtergekom het dat dit onmoontlik nie God Almagtig kon wees nie, omdat “Niemand

Hom kan sien en bly leef nie.” Wat ons bring by die vraag:

Wie het dan in die Ou Testament met die mense gepraat, tussen hulle gewandel en

hulle met tye besoek? Byvoorbeeld: Wie het onder andere met Adam en Eva in die

Tuin van Eden gepraat?

Gen 3:9-10 Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is

jy?” En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin.”

Sleutelwoorde: Die “Here God” “wandel.”

God Almagtig woon dan in ontoeganklike lig hoe kan Hy dan “wandel”? wat ons

bring by die vraag: Wie het in die woestyn met Moses gepraat?

Eks 24:10-11 Hulle het die God van Israel gesien: onder Sy voete was `n plaveisel

soos saffiersteen, so blou soos die hemel self. God het geen hand teen die leiers

van Israel gelig nie: hulle het Hom gesien en daarna het hulle geëet en gedrink.

20

Sleutelwoorde: “God van Israel”, “God”, “gesien”, “hand”.

Eks 33:18-23 Toe sê Moses: “Laat ek tog net U magtige verskyning sien!” Maar

die Here sê: “Ek sal al My Voortreflikheid voor jou laat verbykom en Ek sal die Naam

“die Here” vir jou uitroep, want Ek betoon genade aan wie Ek genade wil betoon en Ek

ontferm My oor wie Ek My wil ontferm.

Sleutelwoorde: “die Here”, “sien”

Eks 33:20 Vir My kan jy nie sien nie, want géén Mens kan My sien en bly lewe nie”.

Geen mens sal ooit die voorreg hê om in ons vleeslike bestaan God Almagtig te kan

sien en te bly lewe nie. Let op: Moses vra nie of Hy God Almagtig kan sien nie, hy weet

hy kan nie. Hy vra of hy die Here God se “Magtige verskyning” kan sien. Die Engelse

vertaling sê: “glory”. Die “Here” antwoord Moses toe dat Hy Sy “voortreflikheid” verby

hom sal laat kom. Nie Sy persoon nie, maar Sy “voortreflikheid”.

Vers 21 Die Here het verder gesê: “Maar hier by My is `n plek waar jy op die rots

kan staan. As Ek in My Magtige Verskyning verbykom, sal Ek jou eers in `n

rotsskeur sit en jou met My hande toemaak totdat Ek verby is. Dan sal Ek My

hande wegvat sodat jy My van agter kan sien. Niemand mag My gesig sien nie.

Sleutelwoorde: “hande”

Vers 23 Niemand mag My gesig sien nie.

Dit is dus duidelik dat hier nie van God Almagtig wat in ontoeganklike lig woon, gepraat

word nie, want Hy kan glad en geheel nooit gesien word nie. Wie is dan die “Here”?

Sleutelwoord: “Here”

Vraag?

Indien niemand ooit die voorreg sal hê om God Almagtig te sien en te bly lewe

nie, wie is dan die: “God van Israel”, “die Here God”, “God” “die Woord” en of die

“Here” wat in hierdie skrifgedeeltes gebruik word, want dit blyk tog dat “God” met die

mens gepraat het, en “gewandel” het, maar hoe? Hy woon dan in ontoeganklike lig

en geen mens kan Hom sien en bly leef nie. God is buitendien Gees.

Antwoord

Die Een wat “handel en wandel” in die Ou Testament is Die Seun. Met ander

woorde, “Die Seun” of “Here God” of “God” in die Ou Testament leer ons ken in

die Nuwe Testament as “Jesus” die “Seun van God”.

21

Om dit ten volle te verstaan moet ons die Nuwe Testament bestudeer en meer

spesifiek, Kolossense 1, Johannes 1 asook Hebreërs 1.

Ek wil dit herhaal:

Die “Seun” of “Here God” of “God” in die Ou Testament, is die Een wat ons in die

Nuwe Testament leer ken as Jesus die Seun van God.

Kolossense 1 asook Johannes 1 se beskrywing van God Almagtig en die Seun

van God

Die Seun is die beeld van God

Kol 1:15 Die Seun [Jesus] is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan

word nie.

Die Seun is eerste “gemaak”

Verder: Die Seun [Jesus] is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.

Buiten vir God Almagtig kan niks of niemand se posisie in die skepping hoër wees as

die van die Seun nie. Die Seun is heel eerste gemaak of geskep, want die Woord sê:

Hy is die “eerste”, en die rangorde “eerste” is dan ook `n aanduiding dat dit Hom

verhewe bo die hele skepping posisioneer.

Die Seun is die skepper van alles

Vers 16 God het deur Hom [Die Seun, Jesus] alles geskep wat in die hemel en op die

aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings,

heersers, maghebbers, gesagvoerders. Van die vertalings sê: “ook die engele om

sy troon, en al die geestelike magte”.

In die eerste plek sien ons dat God Almagtig nie fisies self geskep het nie, maar dat

Hy deur die Seun geskep het. Voordat ons verder gaan, moet ons, ons eers deeglik

vergewis van wat ons so pas gelees het. “God Almagtig” het deur die “Seun van

God” naamlik die “Jesus” wat ons leer ken in die Nuwe Testament, geskep. Die

eintlike skepper was dus: “God die Seun.”

Johannes 1 beskryf die Seun of te wel Jesus as die Woord.

• Joh 1:1-2 In die begin was die Woord, [die Seun, Jesus] daar.

• [Jesus was van die heel begin af, voordat alles begin het, daar.]

• En die Woord [Die Seun van God] was by God.

• En die Woord was Self God.

22

Hy [die Seun] was reeds in die begin by God.

Kolossense 1 sê: Die Seun van God is die Eerste. Indien God deur die Seun alles

geskep het wat gesien en nie gesien kan word nie, moes God Almagtig die Seun

heel eerste gemaak of geskep het, sodat God Almagtig déúr die Seun die skepping

kon begin, en voltooi.

Belangrik:

Joh 1:3 Alles het deur Hom [die Seun] tot stand gekom; Ja, nie `n enkele ding wat

bestaan, het sonder Hom [die Seun], tot stand gekom nie.

Wat `n belangrike beskrywing van die Seun van God. Die vraag is dadelik: Het God

geskep? Ja, Hy het, maar Hy het alles déúr die Seun geskep. Ons moet onthou:

God is Gees en God Almagtig het met Sy volle wese IN die Seun gaan woon.

Wie was dus die fisiese Skepper? – “God die Seun”

Vers 4 – 5 In Hom [die Seun] was daar Lewe,

en die Lewe [ in die Seun] is die lig vir die mense.

Die lig [in die Seun] skyn in die duisternis,

die duisternis [satan, bose, alles wat kwaad is] kon die Lig [in die Seun] nie uitdoof

nie.

Die Seun was ook die skepper van die dinge wat ons “nie kan sien nie”.

Wie en wat is die “dinge wat ons nie kan sien nie?” Ons kan nie in die geestelike

realm sien nie. Anders gestel ons kan nie die engele sien nie, ons kan nie die bose

geeste sien nie, ons kan nie vir satan sien nie. As die Seun van God alles gemaak het

wat ons kan sien en nie kan sien nie, dan het Hy ook vir satan gemaak!

satan en keuses

Ons moet egter onthou dat God deur [die Seun] alles goed gemaak het. Wat ons ook

moet onthou is dat, almal gemaak is om keuses te kan uitoefen, en almal in die fisiese

wêreld is gemaak om `n eie wil te kan uitoefen. Almal het `n keuse om te kan kies

tussen goed en sleg. In die geval van satan was hy net soos ek en jy geskep om `n

keuse te kon maak ten opsigte van gehoorsaamheid aan God al dan nie. Hy het `n

wilsbesluit geneem om teen God in opstand te kom, met ander woorde

ongehoorsaam te wees, en daardeur het hy die sonde in die wêreld ingebring. Ook

die engele het `n keuse gehad: Vir God of teen God Almagtig. Byvoorbeeld:

23

Judas 1:6 Dink ook aan wat gebeur het met die engele wat hulle nie binne hulle

eie magsgebied gehou het nie, maar hulle aangewese woonplek verlaat het. God

het hulle met onbreekbare kettings gebind en hou hulle in die duister dieptes vir

die oordeel van die groot dag.

Die skepsel se wilsbesluit `n suiweringsproses.

Ek wil `n stelling maak naamlik dat hierdie “wilsbesluit” wat almal het, om te kan kies

tussen goed en sleg, sonde doen of nie sonde doen nie, vir God of teen God, vir Jesus

of teen Jesus `n soort “suiweringsproses” is. Dit is `n “suiweringsproses” wat almal

moet deur gaan ten einde die koninkryk van God te suiwer van die volle definisie van

sonde. Dit kom daarop neer dat God met hierdie wilsbesluit wat elkeen het, `n

proses aan die gang gesit het “om huis skoon te maak”. Indien jy nie `n wilsbesluit

gaan neem “vir God nie” gaan jy beslis nie in Sy koninkryk ingaan nie.

Die Seun is die eienaar van alles.

Kol 1:16…Alles is deur Hom [Die Seun] en vir Hom [die Seun] geskep.

Aan wie behoort alles, dit sluit jou en my in? Ons behoort aan Jesus, die Seun van

God. Ons is die klei, Hy is die pottebakker! Ons is Syne, die Seun s’n!

Die Seun was van die begin af daar

Vers 17 voor alles was Hy [Jesus, die Seun ] al daar, en deur Hom bly alles in stand.

Die Seun was van die begin af daar. Dit sê presies dit: Dat Jesus voor alles al daar

was. Hy was die Eerste.

Alles bly deur Hom in stand

En deur Hom [Jesus die Seun] bly alles in stand. As Jesus nie daar is nie, kan daar

niks wees nie. Want alles bly deur Hom in stand. Die volgende afleiding wat gemaak

kan word is dat indien alles deur Hom - Jesus, die Seun - in stand gehou word, dan is

Hy met ander woorde ook die Een wat praat, doen, handel en wandel met die mens.

Hoekom sê ek so?

Die Griekse woord vir “in stand hou” is “sunistao”. Dit is `n werkwoord. `n

Werkwoord wat “aanhoudende handelinge” aandui. Die werkwoord beteken: Om iets

“in stand” te hou. Het jy al daaraan gedink wat daar sal wees as daar niks is nie? Wel,

as Jesus nie daar is nie, kan daar niks wees nie, en dit wat daar is, sal ook nie kan

wees nie, want alles bly deur Hom, [Die Seun, Jesus] in stand.

24

Die Seun is die hoof van my liggaam wat as tempel vir God se Gees dien

Vers 18 Hy [die Seun, Jesus] is die hoof van die liggaam, van die kerk.

Wat word met liggaam en met Kerk bedoel? Jou liggaam is `n tempel van die Heilige

Gees.

1 Kor 3:16 “Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God

IN julle woon nie.”

Vers 17: “As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die

tempel van God is heilig, en die tempel is julle.”

Nota: Let op, daar word nie gesê dat die Gees op, langs, by of naby jou is nie, maar

dat die Gees van God naamlik die Heilige Gees veronderstel is om IN jou te wees. Die

kerk is beslis nie `n gebou nie. Die kerk is `n plek waar God is en as God IN jou is,

met ander woorde as God se Gees IN jou is, dan is jy die kerk! [tempel]. Jy is God

se tempel.

Lees wat sê Kol 1:27…Christus is IN julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.

1 Kor 6:15 Weet julle nie dat julle liggaam deel is van Christus nie?

1 Kor 6:17 … maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom.

Vers 19 … of besef julle nie dat julle liggaam `n tempel van die Heilige Gees is

nie? Julle het die Heilige Gees, wat IN julle woon van God ontvang, en julle

behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God

dus IN julle liggaam verheerlik.

Die Woord van God is baie duidelik dat God se Heilige Gees veronderstel is om IN jou

te woon en jou liggaam kan dan as `n tempel vir God dien, want God woon IN jou.

Dis `n plek waarin God bly. Die Seun - Jesus - is die hoof van my liggaam, my liggaam

wat as `n Tempel vir Hom dien, waarin Hy kan bly, in die vorm van die Heilige Gees.

Die Gees van God Almagtig, die Gees van Christus, is die Heilige Gees. Romeine 8:9-

11.

Die Seun is die oorsprong van my liggaam

Kol 1:18 …Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy [Die Seun, Jesus] is

die oorsprong daarvan [van my liggaam], Hy is die Eerste, die Een wat uit die

dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.

25

God Almagtig het met Sy volle Heilige Gees IN die Seun gaan woon

Vers 19 God het besluit om met Sy volle wese in Hom [die Seun] te woon.

Bogenoemde maak dit dus vir ons baie duidelik hoe dit gebeur het dat die Seun alles

geskep het, want God het met Sy volle wese in Hom - die Seun - gaan woon. In watter

vorm? In die vorm van die Heilige Gees.

Wie het in die Ou Testament met die mense gepraat, gehandel, ens.?

Wie was die Here God wat met Adam en Eva in die tuin gepraat het? Wie se Magtige

Verskyning het Moses op die berg gesien? Dit was Die Seun, “Jesus Christus”, IN

wie God Almagtig besluit het om met Sy volle wese in te woon. In die Ou

testament bekend as die “Here God”.

Jesus het “liggaamsdele” soos hande, voete en oë, wat dan van God Almagtig?

Ek gaan dit soos volg verduidelik: Jesus lyk soos God Almagtig. Jesus het gaan sit

aan die regterhand van God Almagtig. Dit beteken God Almagtig het `n regterhand

en as Hy `n regterhand het, kan ons aanneem dat Hy ook al die ander liggaamsdele

het wat Jesus het, en as ons na Genesis 1:27 gaan kyk dan sien ons dat:

“God het die mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die

mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.”

Onthou: God is Gees, en ek en jy het `n liggaam van vlees en bloed. Ons gaan wel

verander, maar eers wanneer ons die tydelike aardse lewe vir die ewige lewe saam

met God verruil het.

Waaruit bestaan ek en jy? `n Liggaam met liggaamsdele wat perfek in harmonie werk

en handelinge kan uitvoer. Hoe lyk God en Jesus? Wel ek en jy is na hulle beeld

geskape! Maar onthou: God is Gees. God het besluit om met Sy volle Wese in Jesus

te woon, en God is nie `n mens nie.

In `n praktiese lig gesien kan ons sê dat Jesus in die Ou Testament die werk

gedoen het, die handelinge uitgevoer het. Jesus is na God Almagtig se beeld

geskape en God Almagtig woon met Sy volle wese in Jesus. Dit is soos `n dam met

water, elke druppel water het al die elemente van die water in die hele dam.

Dit is soos bloed, een druppel bloed kan jou alles vertel van `n mens se liggaam, DNA

samestelling, watter siekte jy onderlede het, vitamine, minerale in jou selle is of nie is

nie, met ander woorde elke druppel bloed verteenwoordig die hele liggaam se

samestelling.

26

Waar pas ons in, in hierdie eenheid?

Kol 1:20 God het besluit: “… om deur Hom [die Seun] alles met Homself te

versoen. Deur die bloed van Sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel,

Kol 1:20 Deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself

versoen.

Ons moet een ding nooit uit die oog verloor nie en dit is dat God Soewerein en

Sondeloos is, en daar `n versoening sou moes plaasvind tussen God Almagtig en die

mens, met ander woorde: `n Middelaar sou `n versoening moes bewerkstellig

tussen God Almagtig en die mens as die mens enige interaksie met God Almagtig

wou gehad het. Hierdie versoening het plaasgevind deur Jesus wat as ons

Middelaar opgetree het by die Kruis, maar meer hieroor later.

God Almagtig se ewigheidsdoelwit

God Almagtig het net een ewigheidsdoelwit en dit is om ons vir ewig by Hom te

hê, en daarom het Hy nie geskroom om Sy Seun - Jesus - na die aarde te stuur om vir

ons `n volledige versoening te bewerkstellig nie.

Joh 3:16-17 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het,

sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”

God het nie Sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar

sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

Liefste Vader het my eendag `n vraag gevra: “Elize, as jy die eienaar van die heelal

was, en jy het net een ewigheidsdoelwit gehad, wat sou dit gewees het?” Aanvanklik

het ek gedink dis `n baie maklike antwoord, maar maak nie saak hoe ek die antwoord

geformuleer het nie, ek kon onmoontlik nie alles in één doelwit opgesom het nie. Ek

wou vir alle mense vrede, vreugde, liefde, harmonie ensovoorts gee en dit was

onmoontlik om net een doelwit uit te sonder. Redelik moedeloos het ek na Vader

gegaan en gesê: “ek gee op, U is die eienaar van die heelal, wat is U enigste

ewigheids- doelwit?” En Sy antwoord was: “dat al my kinders eendag vir ewig by My

sal wees”.

Ek het eers later besef hoe eenvoudig dog kompleks hierdie antwoord is. Ek het

onmiddellik na die gesprek `n wonderlike gevoel gekry van hoe ek bedags na my

kinders verlang terwyl hulle in die skool is en ek daarna uitsien om daardie gesiggies

om die hoek te sien kom. Ek kan op daardie gesiggies sien dat hulle net so bly is om

my te sien. Soms word ek byna onderstebo gehardloop, en soms word die nuus van

die dag al op `n afstand aangekondig. Soms is daar teleurstelling en is dit duidelik dat

27

net ma die hart gaan ligter maak en soms is die blydskap so oorlopens toe vol dat net

ma aan die ekstra lekkerte kan help dra. Kortliks, dis `n lekker gevoel om jou kinders

elke dag te sien en God te dank dat hulle joune is.

Ek het besef dat God net so oor ons voel. Dat Hy `n grenslose begeerte het om ons vir

ewig by Hom te hê. Dat Hy na ons verlang, dat Hy nie kan wag dat ons sewe uur

vanaand as gesin bymekaar moet kom en tyd saam met Hom moet spandeer nie. Ek

het ook die teleurstelling ervaar wat Hy so baie moet ervaar indien ons, sonder

seremonie of verskoning, weens ander verpligtinge nie ons sewe-uur afspraak met

Hom nakom nie. Ek het besef dat net soos wat ons as ouers byna net vir ons kinders

leef, “Hy net vir ons ‘leef’.”

Heb 2:10-11 som bogenoemde baie goed op: “God, ter wille van wie alles bestaan

en deur wie alles ontstaan het, wou baie deel laat kry aan Sy heerlikheid”. En daarom

was dit reg dat Hy hulle Leidsman [Jesus] tot die verlossing deur lyding heen tot

volmaaktheid sou bring. Hy wat heilig maak, [Jesus] sowel as die mense wat geheilig

word, [ons] is almal uit een Vader. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle Sy

broers te noem nie,

Vers 13 “…Hier is Ek met die kinders wat God My gegee het.”

Rom 8:29 Die wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te

wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die

Eerste is.

Het ons enige toegang tot God Almagtig?

Johannes 14:6 en 7 maak dit vir ons duidelik dat ons nou toegang tot God het,

deur Jesus. Jesus sê: “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe, niemand kom

na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En

van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”

Hoe wou God Almagtig dit regkry as Hy in ontoeganklike lig woon?

Ons moet onthou dat God soewerein en sondeloos is, en daarom kan geen mens Hom

sien nie en of in Sy teenwoordigheid kom nie, maar Hy het `n volkome en perfekte plan

bewerkstellig, sodat ons weer by Hom kan uitkom. Jesus het die straf vir elke soort

sonde wat ek en jy al ooit gepleeg het, op Hom geneem. Sy bloed wat uit Sy

liggaam gevloei het, dien as `n bewys dat my liggaam skoongewas is van alle sonde,

so skoon dat ek rein en wit die Troonkamer van die Almagtige God kan betree. Deur

Jesus, is alles op die aarde en in die hemel nou met God versoen. Nota: God woon

met Sy volle wese IN die Seun, in die vorm van die Heilige Gees.

28

Wie is Jesus?

Hoofstuk 3

Jesus

Die Woord [Seun van God] het Mens [Jesus] geword.

Joh 1:9-14 Die Ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. Hy

was in die wêreld - die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die

wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie

mense [Jode] Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het,

die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit

nie van nature nie, nie deur die drang van `n mens of die besluit van `n man nie,

maar hulle is uit God gebore. Die Woord [Seun van God] het Mens [Jesus]

geword en onder ons kom woon. Ons het Sy heerlikheid gesien, die heerlikheid

wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Joh 1:29 “… Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.”

As wie was “Jesus” in die Ou Testament bekend?

Ons het reeds bevestig dat God Almagtig deur die Seun, Jesus die heelal geskep het.

Jesus is ook die “Een wat alles deur Sy Magswoord in stand hou.” Hy is ook bekend as

die “Seun van God”. Hy is die persoon wat die mense in die Ou Testament gesien het,

en wat tussen hulle gewandel het.

Maar God Almagtig het van die begin af met Sy volle wese in die Seun gaan woon, met

ander woorde Hy het met Sy volle Gees in die Seun gaan woon. Die “Here God”

asook die “God van Israel” is `n term wat in die Ou Testament gebruik word vir

die persoon wat ons leer ken in die Nuwe Testament as Jesus of die Seun van

God. Dit is ook die persoon deur wie God Almagtig alles geskep het, en deur wie alles

in stand gehou word.

Omdat God Gees is, in ontoeganklike lig woon as gevolg van die feit dat Hy Soewerein

en Sondeloos is, en geen mens Hom kan sien en bly leef nie, het Jesus, vir God

Almagtig aan ons bekend kom stel. God Almagtig se enigste ewigheidsdoelwit is om

Sy kinders almal deel te laat kry aan die ewige lewe by Hom.

Die rede waarom ons nie die Seun van God in die Ou Testament herken as Jesus die

Seun van God van die Nuwe Testament nie, is omdat ons verward raak met die

verskillende terme van God. [Ek glo ons kan of wil onsself nie indink waarom die

29

Eienaar en Skepper van die heelal bereid was om deur al die vernederings en pyn te

gaan vir ons eenvoudige sondige skepsels nie. Ons verstaan eenvoudig nie Sy liefde

vir ons nie.] Ons moet egter let op `n paar belangrike aspekte indien Jesus die Seun

van God beskryf word.

Uit die vorige gedeeltes wat ons geleer het oor God, kan ons nou ook leer van Jesus.

Jesus as Seun van God, was van die heel begin van die skepping af al daar.

• Jesus is die Seun van God.

• Hy is Self God.

• God het besluit om met Sy volle Wese in die Seun te woon.

• Jesus is die naaste aan die Vader.

• Hy het God aan ons bekend gemaak.

• Jesus is die beeld van God.

• Hy was die Eerste.

• Jesus is verhewe bo die hele skepping.

• God het deur die Seun alles geskep in die hemel en op aarde, alles wat

gesien kan word asook alles wat nie gesien kan word nie – dit sluit ook alles

in wat ons in die geestelike realm vind, en wat ons nie kan sien nie.

• Alles is vir die Seun geskep.

• Deur Hom bly alles in stand.

• Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk.

• Hy is die oorsprong van die liggaam.

• Hy is die Een wat uit die dood uit opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in

die heelal kan inneem.

• Jesus is die Woord van God.

• Jesus het die Lewe in Hom.

• Die Lewe was die Lig vir die mense [die Heilige Gees].

• Die duisternis [satan, alles wat boos is] kon die Lig nie uitdoof nie.

Jesus tot ons redding om by God die Vader uit te kom.

Daarom moes Jesus die volkome reiniging van die sonde bewerkstellig en versoening

tussen God Almagtig en die mens gebring het. Dit bring ons by die Jesus, Verlosser,

Saligmaker, Messias, die Gesalfde van God, Lam van God, Immanuel wat ons vir

die eerste keer leer ken in die Nuwe Testament. Hy is ook die Een in die Drie–

eenheid wat die regeer en beheerwerk op die aarde behartig, nadat God Almagtig

die wêreld deur Hom geskep het.

30

Die Seun van God se groot besluit

Hoekom het die erfgenaam van die heelal, in wie God Almagtig met Sy volle Wese

gaan woon het, naamlik Jesus, besluit om hierdie vernederende missie aan te pak om

die mens te red van die ewige dood?

God, Drie-enig se liefde vir ons

Heb 2:10 “God ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie

deel laat kry aan Sy heerlikheid. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman

[Jesus] tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring. Hy wat heilig

maak, [Jesus], sowel as die mense wat geheilig word, [ek en jy] is almal uit een

Vader. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle, [ek en jy], Sy broers te noem

nie.”

Joh 3:16-17: God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het,

sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het

nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die

wêreld deur Hom gered kan word.

Ongeag ons sondige natuur en die feit dat ons nie omgee om aan ons Skepper

ongehoorsaam te wees nie, is dit God Drie-enig se enigste ewigheidsdoelwit om ons

vir ewig by Hom te hê. Daarom het God nie geskroom om Sy Seun die vernederende

missie te laat aanpak en die wreedste moontlike dood te laat sterf om die “droom” om

ons vir altyd en ewig deel van Hom te maak, te laat waar word nie. Dieselfde rede geld

vir Jesus wat ingestem het tot die plan.

Joh 6:38 Ek het van die hemel afgekom nie om My wil te doen nie, maar die wil

van Hom wat My gestuur het.

Leser dit is belangrik dat jy die volgende gedeeltes baie goed bestudeer ten einde te

verstaan waar alles begin verkeerd loop het. Hierdie verduideliking het gemaak dat ek

opgehou het om God Almagtig te beskuldig vir al die ellende op die aarde.

Wat het die mens aangevang dat God Almagtig sulke drastiese stappe moes

neem om die mens weer met Hom te versoen?

Die skepping en keuses

satan en die gevalle engele se wilsbesluit

God het deur die Seun alles geskep. Alles was goed en niks is gemaak met enigiets

wat boos is, daarin nie. Ons moet onthou dat God Soewerein en Sondeloos is, en alles

31

is sondeloos gemaak. Elke skepsel is egter gemaak om `n keuse te kan uitoefen. Die

eerste skepsel wat besluit het om teen God Almagtig in opstand te kom was satan.

Sonde is dus deur hom begin deurdat satan teen God Almagtig in opstand gekom het.

Hy het `n wilsbesluit geneem om te sondig.

Waarom is satan en sy afvallige engele nie in die hel gegooi nie?

Waarom het God satan toe nie dadelik in die hel gegooi nie? Ons moet onthou dat

alles was soewerein en sondeloos geskep. Daar was nie plek vir sonde nie, die

skepping was nie ingerig of voorberei daarop dat enige wese sonde sou begin nie.

God Almagtig wat sondeloos is, kon nie in Sy staat van sondeloosheid

voorbereidings tref vir sonde nie, dit is nie deel van Sy verwysingsraamwerk nie. Die

“hel” soos wat Jesus onder andere dit beskryf in die evangelies het later eers in plek

gekom.

Wat gebeur toe met satan en sy afvallige engele?

satan:

Luk 10:18 Toe sê Hy [Jesus] vir hulle: “Ek het die satan soos `n weerligstraal uit die

hemel sien val.”

Ek glo dat satan uit die teenwoordigheid van God, met ander woorde, uit die hemel

waar die troon van God is, uitgegooi is. Ek glo verder dat satan vandaar af nie meer

vrye toegang tot God Almagtig gehad het nie.

Wat gebeur toe met die engele wat satan gevolg het?

Gevalle engele

Jud 1:6 Dink ook aan wat gebeur het met die engele wat hulle nie binne hulle eie

magsgebied gehou het nie, maar hulle aangewese woonplek verlaat het. God het

hulle met onbreekbare kettings gebind en hou hulle in duister dieptes vir die

oordeel van die groot dag.

2 Pet 2:4 God het selfs die engele wat gesondig het, nie gespaar nie. Hy het hulle

in die hel gestort en hulle laat boei om in die duisternis gevange gehou te word

vir die oordeel.

Let op: Die woord “hel” word gebruik vir die Afrikaanse vertaling maar die oorspronklike

griekse vertaling is: “Tartaroo” en word soos volg verduidelik: The name of the

subterranean region, doleful and dark.

32

Wat het God met die “sonde” gemaak?

Boom in die Tuin van Eden

Vanaf hierdie oomblik was goed en kwaad geskei. Daar was `n duidelike skeiding

tussen goed en kwaad. Maar wat nou gemaak met “sonde”? Die beste beskrywing

hiervoor is deur te sê dat die Here God het sonde saamgevat in `n “boom”. Waar het

hierdie boom gestaan? In die tuin van Eden. Hierdie “boom” was nou die wet.

Anders gestel, die “boom” het alle kennis bevat, alle kennis wat goed is, maar ook alle

kennis van boosheid.

Baie belangrik: Alle wette het gewoonlik `n oordeel en gevolg [`n straf].

Ons moet ingedagte hou dat die Here God die mens beskerm het teen die sonde

deur dit “vas te bind”, “op te som” en of “bymekaar te vat” in `n boom. Indien die

mens `n wilsbesluit sou neem om met sonde in aanraking te kom sou die mens van

sy kant af direk teen God se opdrag aan die boom moes raak of van sy vrugte eet.

Die “sonde” het “stilgestaan”, daar was nie om elke hoek en draai `n versoeking

nie.

Die direkte vertaling uit die Hebreeus na Engels verduidelik die boom en

waarvoor dit gestaan het beter:

For God doth know that in the day ye eat thereof, then your eyes shall be

opened, and ye shall be as gods, knowing good and evil. (KJ)

Let op na die woord “evil” en die betekenis daarvan:

Die woord “evil” leer ons ken in Hebreeus as “Ra”, wat ons in Engels vertaal as

evil. Die woord kan ook die volgende betekenisse hê:

bad, evil

bad, disagreeable, malignant

bad, unpleasant, evil (giving pain, unhappiness, misery)

evil, displeasing

bad (of its kind - land, water, etc)

bad (of value)

worse than, worst (comparison)

sad, unhappy

evil (hurtful)

bad, evil, wicked (ethically)

evil, distress, misery, injury, calamity

evil, distress, adversity

33

evil, injury, wrong

evil, misery, distress, injury

evil, injury, wrong

evil (ethical)

Hierdie boom was dan ook met ander woorde `n wet. Die wet was “moenie van

die boom eet nie en of aan dit raak nie.” Alle wette het `n oordeel en `n straf. Die

mees logiese redenasie is dat jy liewer hierdie boom in vrede moet uitlos!

God skep die aarde vir Sy kinders

God Almagtig, deur die Seun, skep toe die mees volmaakte koninkryk naamlik die

aarde. Vir wie? Gaan lees gerus Genesis 1. Lees dit uit die oogpunt van `n Vader wat

baie opgewonde was oor Sy “eersgeborene’’ se koms. Hy het die aarde geskep vir die

mens, sodat die mens kan heers oor die aarde as God se Verteenwoordiger [vers

26–30] God het geen detail uitgelaat toe Hy besluit het om vir Sy kinders `n koninkryk

te bou nie, en daarom waarsku hy hulle om nie iets met die boom te doen te hê nie.

Adam en Eva en die Heilige Gees IN hulle

Adam en Eva word deur God geskape en hulle word toegerus met die Heilige Gees

van God IN hulle. Hoekom? Want God wil hê die mens moet vir Hom as Sy

Verteenwoordiger heers hier op die aarde. God rus die mens wat Hy as Sy

Verteenwoordiger maak, toe met Sy Heilige Gees sodat die mens God IN hom

mag hê, terwyl die mens vir God heers oor die aarde.

Gen 2:7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en

“lewensasem” in sy neus geblaas, sodat die mens `n “lewende wese” geword het.

Nêrens word daar verduidelik dat die diere “lewende wesens” geword het nie, want die

woord “lewensasem” word in Hebreeus vertaal as: “Nashama” wat “Gees van God”

beteken.

God rus die mens wat Hy uit die stof van die aarde gemaak het toe, met Sy eie Heilige

Gees. En die mens word `n lewende wese met God Almagtig IN hom. Ons moet egter

onthou dat die mens gemaak was, en is, om keuses te kan uitoefen. Geen ander

lewende wese op aarde het die wil/keuse/behoefte om `n god te aanbid nie.

Kan die mens die Gees van God wat in hom woon blootstelling gee aan sonde?

[Hierdie is `n belangrike verduideliking lees dit asseblief.]

34

Ek gaan dit so aan jou verduidelik: God maak die mens en stel Sy geliefde kinders aan

om namens Hom te heers oor die aarde as Sy verteenwoordiger. Ten einde te kan

heers oor die aarde moet die mens “toegerus” word om te kan heers, en daarom rus

God die mens toe met Sy eie Heilige Gees. Die mens het nou God se wysheid, krag

vrede, vreugde ensovoorts in hom gehad waarmee hy kon heers oor die aarde.

God waarsku die mens dat Hy wat God is nie kan ontken dat satan sonde begin het

nie. Dit is deur satan geaktiveer en dit bestaan nou, maar God sal dit vir die mens

maklik maak, Hy sal sonde in `n “boom” opsom. Adam en Eva moet asseblief net nie

van die “boom” eet of daaraan “raak” nie, want dit sal God se Gees, wat IN hulle is,

blootstelling gee aan sonde, en dit is ondenkbaar. God is sondeloos.

God verduidelik verder aan die mens dat by die blote gedagte om aan Hom

ongehoorsaam te word en van die boom te eet sal die Heilige Gees hulle móét verlaat

omdat die Heilige Gees nie in die teenwoordigheid van sonde kan kom nie.

Dit verduidelik dan ook vir ons waarom God nie Adam en Eva kon keer toe hulle van

die boom wou eet nie, want Hy was nie daar nie, Hy kon ook nie daar wees nie, want

die Gees van God het Adam en Eva verlaat by die blote besluit wat hulle geneem het

om van die boom te eet. Onthou: God Almagtig se Gees is sondeloos.

Die verdere implikasie was dat die mens van “onsterflik” na “sterflik” verander

het toe die Heilige Gees hulle verlaat het.

God het die mens gewaarsku dat indien hulle van die “boom” sou eet hulle “sekerlik

sou sterf”. Hy sê met ander woorde “My lewend makende Gees sal julle tempels

verlaat die oomblik as julle sou besluit om My [My Gees] blootstelling te gee aan

sonde.”

Wat beteken hierdie “sterf”? As die mens liggaamlik sou sterf, sou die Heilige Gees

nie meer IN hulle wees om hulle siele lewend te maak en terug te bring na God

Almagtig toe nie. Hulle siele sou nou afdaal na die doderyk.

Die mens is sonder die Heilige Gees IN hom “sterflik”

Ek wil dit so verduidelik: Jy het die Heilige Gees IN jou nodig om by liggaamlike

afsterwe jou siel terug te vat na God Almagtig toe, indien jy nie die Heilige Gees IN jou

het nie, kan jou siel nie na die hemel geneem word nie, en gaan jou siel na die doderyk

soos wat met Adam en Eva gebeur het.

35

Dit is waarteen God Adam en Eva gewaarsku het. Romeine 8 verduidelik breedvoerig

dat die mens die Heilige Gees IN jou nodig het om soos Jesus uit die dood opgewek te

word [meer hieroor later maar lees die volgende vers weer `n keer ter verduideliking.]

Rom 8:11 Omdat die Gees van Hom [God Almagtig] deur wie Jesus uit die dood

opgewek is, IN julle woon, sal Hy [God Almagtig] deur wie Christus uit die dood

opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur Sy Gees wat IN julle

woon.

Adam en Eva se wilsbesluit

Tog, net soos wat ons amper elke dag doen, het Adam en Eva besluit om die Heilige

Gees in hulle te verontagsaam en hulle word toe ongehoorsaam aan God.

Nadat Adam en Eva die verbode boom se vrug geëet het, het die Heilige Gees hulle

verlaat, omdat Adam en Eva met hulle eie wil, die Heilige Gees wat IN hulle gewoon

het, verontagsaam het. Hulle het `n wilsbesluit geneem om aan God ongehoorsaam te

word en aan satan gehoorsaam te word.

Adam en Eva word gehoorsaam aan satan.

Adam en Eva word met die handeling ongehoorsaam aan God en gehoorsaam aan

satan, met ander woorde hulle word satan se slaaf en daarmee dra hulle die kontrak

om te heers oor die aarde aan hom oor. Hoekom sê ek so?

Rom 6:16 Julle weet tog: As julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te

gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is.

Adam en Eva was tot voordat hulle van die boom geëet het, aan God gehoorsaam,

maar die oomblik toe hulle aan God ongehoorsaam word, het die straf wat gepaard

gaan met die eet van die verbode boom se vrug, in werking getree. Boonop het hulle

nou die slaaf geword van die nuwe persoon aan wie hulle gehoorsaam geword het

naamlik “satan”. Dus Adam en Eva word die slaaf van sonde / satan.

Tot voordat hulle ongehoorsaam geword het, was hulle gehoorsaam aan God, maar

hulle nuwe baas aan wie hulle nou gehoorsaam is, is satan.

Hulle word nou die slaaf van satan en `n slaaf se eienaar word die eienaar nie net van

die slaaf nie maar ook van die slaaf se eiendom, besittings, en afhanklikes. Lees

Genesis 1:26-28, Exodus 21:2-11 en Romeine 6:16.

36

Ef 2:2…Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van

die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is IN die mense wat aan

God ongehoorsaam is.

Adam en Eva laat hulle toe lei deur die vors van die onsigbare magte, dit is die “gees”

wat werk, IN die mense wat aan God ongehoorsaam is, en Adam en Eva was van daar

af aan God ongehoorsaam, asook sterflik. Onthou Jesus het nog nie op daardie

stadium enige versoening kom bewerkstellig tussen die God Almagtig en die mens nie.

Kontrak om te heers oor die aarde

Waarom sê ek dat Adam en Eva die “kontrak om te heers oor die aarde” aan satan

oorgegee het? Lukas 4:5,6 en 7 vertel ons van `n gedeelte van die gesprek tussen

Jesus en die duiwel, tydens Jesus se versoeking in die woestyn: Let op na die

bewoording:

Luk 4:5-7 Daarna bring die duiwel Hom op `n hoogte en wys Hom in `n oogwink al die

koninkryke van die wêreld. Toe sê die duiwel vir Hom: “Aan U sal ek al hierdie mag en

majesteit gee, want dit is aan my OORGEGEE en ek gee dit aan wie ek wil. Dit sal

alles aan U behoort as U maar net voor my buig en my aanbid.”

Op watter stadium is al die koninkryke aan satan oorgegee?

Die sleutelwoord is “oorgegee”. Jesus is die Seun van God. God Almagtig het deur die

Seun alles geskep. Op watter stadium is al die koninkryke aan satan oorgegee en op

watter stadium het hy al die mag gekry wat hy so “mildelik” wou uitdeel? Die

interessantste in hierdie gedeelte is Jesus se antwoord aan satan. Jesus stry nie met

satan oor die feit dat hy wat satan is nou die reg het om oor die koninkryke te heers

nie. Jesus sê nie vir hom: “Luister satan, Ek het hierdie koninkryke self geskep en aan

Adam en Eva oorgegee om as My verteenwoordiger daaroor te heers nie. Dit is Myne

nie.” Nee, Jesus gee satan gelyk, deur hom nie daarop te antwoord nie, en dan verder

te gaan en vir hom te sê: “Daar staan geskrywe” “die Here jou God moet jy aanbid en

Hom alleen dien.”

Ek gaan dit so verduidelik. Jy het reggelees, satan was nie vermetel toe hy aan die

Skepper van die hemel en aarde gesê het, kyk al die mag en majesteit asook

koninkryke van die wêreld behoort aan my, dit is aan my “oorgegee” en ek satan gee

dit aan wie ek wil nie, nee, dit ís aan hom “oorgegee.” Hoe en deur wie? Deur Adam en

Eva.

37

God het aan Adam en Eva die “kontrak” gegee om te heers oor die aarde.

Genesis 1:26.

Hierdie “kontrak” wat God aan die mense gegee het om te heers oor die aarde het

egter nie `n klousule ingehad wat gelees het dat God die aarde gaan terugneem as

Adam ongehoorsaam word nie.

Nee, God het aan Adam en Eva die reggegee om te heers oor die aarde as Sy

verteenwoordiger sonder enige voorwaardes en baie voorskrifte. Hulle moes net nie

aan die “boom” raak of van sy vrugte eet nie, met ander woorde, hulle moes net nie die

Heilige Gees IN hulle blootstelling gee aan sonde nie.

Wat doen Adam en Eva toe?

Hulle besluit om aan God ongehoorsaam te word en gehoorsaam te word aan satan.

Daardeur word hulle toe satan se slawe, en as jy iemand se slaaf is behoort alles

wat jy het en wat jou eiendom is aan jou nuwe eienaar!

En wat het Adam en Eva gehad om aan hulle nuwe eienaar genaamd satan te gee?

DIE KONTRAK OM TE HEERS OOR DIE AARDE! Daarom is satan so vol selfvetroue

toe hy vir Jesus sê: “Dit is aan my oorgegee en ek gee dit aan wie ek wil.” Jesus het

nie met satan daaroor geargumenteer nie, soos wat ons duidelik lees in Lukas 4.

Gaan satan oor die aarde heers met vrede en vreugde?

Nee, satan gaan nie heers met vrede, vreugde en harmonie nie. Hy gaan oor die

aarde heers met die drie dinge waarvoor Jesus ons van kom verlos het, naamlik

sonde, siekte en lyding. Sien onder andere Matteus 8:14-17.

Ons moet altyd ingedagte hou dat satan het nie die Heilige Gees nie. Hy is die vader

van die leuen en sondig van nature. Hy kan nie goed doen nie. Sy natuur is sleg en

sondig.

God se oordeel oor die mens

In Genesis 3 kom die Here God op die toneel. Die implikasie van Adam en Eva se

oortreding besef almal eers werklik toe God Sy straf en oordeel oor hulle uitspreek. Die

Heilige Gees het reeds Adam en Eva verlaat en hulle het verander van onsterflik

na sterflik. Daarom besef hulle onmiddellik dat hulle “kaal” is en nie so

“oneerbiedig” voor die Here God mag en kan verskyn nie.

In vers 15 sê God onder andere aan satan dat: “Ek stel vyandskap tussen jou en die

vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag, haar nageslag sal jou kop vermorsel.

38

[Indien jou kop vermorsel word is jy nikswerd en morsdood] en jy sal hom in die

hakskeen byt.”

Bogemelde was `n heenwysing na Jesus wat sou kom en satan vir altyd sou oorwin.

Kan die mens van hier af verder intiem met God wees? Die antwoord is Nee, want

die mens was nou vol sonde. Die Heilige Gees was nie meer in die mens nie, en

daar kon nie meer sprake wees van intimiteit tussen God en die mens nie.

Hoe gemaak indien ek met God wil kommunikeer in die Ou Testament?

Van hier af moes die mens, indien hy in die teenwoordigheid van God wou wees en

met God wou praat die volgende doen, anders kon hy nie in die teenwoordigheid van

God kom nie.

Hy moes:

• `n Altaar bou.

• `n Onskuldige dier wat aan die voorskrifte voldoen het op die altaar sit.

• Sy regterhand op die dier sit om sodoende sy sondelas op die dier oor te laai,

en dan was die dier doodgemaak.

• Die dier se bloed wat uit sy liggaam gevloei het, het dan as `n bewys gedien

dat die dier met die mens wat die offer gebring het se sondelas gesterf het, en

die persoon wat die offer gebring het, kon dan in gebed met God tree, want

die mens se sonde was tydelik bedek deur die offerdier se bloed.

Heb 9:22 [Verduidelik die funksie van die bloed baie duidelik:] Byna alles word

volgens die wet, met bloed gereinig, en sonder die vergieting van bloed vind

daar geen vergewing plaas nie.

Hierdie was `n tydelike oplossing. Die wet en offer stelsel was egter `n tydelike

oplossing en die mens was nie in sy eie kragte instaat om die Wette stiptelik na te kom

nie.

`n Permanente oplossing moes verkry word, sodat die mens weer met sy Skepper kon

versoen. Die oplossing lê in die meesterplan wat God en Jesus reeds in plek gehad

het.

Jesus die Genade

God was en is die mens genadig en het vir ons `n permanente Verlosser gestuur

om ons te verlos van ons sondige bestaan en ons sondige lewenswyse. Almal

wat in die Verlosser glo, sal lewe. God se genade was dus om Jesus te stuur, asook te

sorg dat die mens se liggaam so gereinig sal word van alle sonde dat die mens

39

weer die Heilige Gees IN hom sou kon huisves. Hoe wou Hy dit doen? Kom ons

gaan nou voort om na God se oplossing te kyk.

Jesus se verlossingsplan: Stappe

Sodat hierdie verlossingsplan kon werk moes Jesus die volgende stappe volg om ons

te verlos:

• Jesus moes die straf vir alle sondes op Hom vat.

• Met ander woorde: Hy moes gestraf word vir ons sondes. In die Ou

Testament is `n dier gebruik.

• Die dier moes die straf vir die sonde van die persoon wat die offer gebring het

kry en daarna sterf.

• Jesus het die laaste, finale asook permanente offer vir die ganse

mensdom se sonde geword.

• Jesus moes toe daarna die vervloekte aan die kruis word in ons plek.

• Jesus moes na Sy kruisdood in ons plek afdaal na die doderyk.

• Jesus moes die doderyk oorwin deur uit die dood op te staan, sodat ons nie

meer daarheen hoef te gaan nie.

• Hy moes daarna opvaar na die hemel en aan die regterhand van Sy Vader

gaan sit.

• Hy moet van daar af as Hoëpriester vir ons optree.

Kom ons doen nou `n vergelyking tussen die Ou- en Nuwe Testament.

Ou Testament Nuwe testament

Sondaar bou `n altaar Sondaar se altaar is Golgota

Sondaar bring offerdier Jesus die laaste offer

Sondaar laai sy sondelas op dier af. Sondaar laai sy sondelas op Jesus

Dier sterf met sondaar se sondelas Jesus het gesterf met sondaar se

sondelas

Bloed van dier bedek sondaar se Jesus se bloed was sondaar permanent

sonde tydelik skoon van alle sondes

Die hel

Daar was egter nog `n aspek wat verskriklik belangrik is, en dit is dat God Almagtig

alles in Sy vermoë wou doen om te keer dat Sy kinders nie wilsbesluite neem teen

Hom, en so vir ewig in die hel brand nie. Daarom het Hy nie geskroom om Sy Seun te

stuur om ons van daardie ewige vuur te red nie.

40

Ek moet so baie die vraag beantwoord rondom die hel en die bestaan van die hel. Is

die hel `n plek? En indien dit `n plek is, waar is dit? Kom ons gaan kyk wat sê die

Woord van God, naamlik die Bybel, vir ons wat en waar is die hemel en die hel?

Matt 10:28 Moenie bang wees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan

doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die

HEL kan laat vergaan.

Matt 13:40 “Soos die onkruid bymekaar gemaak en met vuur verbrand word, so

sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die Seun van die mens sal Sy

engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder: almal wat ander mense in

sonde laat val en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die

brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”

Matt 18:9 En as jou oog jou van My afvallig maak, ruk hom uit en gooi hom van jou af

weg. Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met altwee oë

in die vuur van die hel gegooi te word.

Matt 22:11 Toe die Koning ingaan om na die gaste te kyk, sien Hy daar `n man wat nie

bruilofsklere aan het nie, en Hy sê vir hom: “vriend, hoe het jy hier ingekom sonder

bruilofsklere [Heilige Gees]?” maar die man kon niks antwoord nie. Toe sê die Koning

vir Sy dienaars: “Bind sy hande en sy voete vas en gooi hom uit in die diepste

duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”

Matt 23:33 Julle slange, addergeslag! [Hy praat met die Fariseërs en

skrifgeleerdes] Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel?

Matt 7:18 `n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en `n slegte boom nie

goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die

vuur gegooi.

Ons het nou duidelik uit die Woord van God afgelei dat daar wel `n hel is [hierdie

was slegs aanhalings uit Matteus] Die hele Bybel is vol waarskuwings van die hel,

maar waar is die hel, of anders gestel die doderyk?

Waar is die hel of doderyk ?

Matt 12:40 Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van `n groot vis was, so

sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne in die aarde wees.

41

Was Jesus toe binne-in die aarde? Ja:

1 Pet 3:19 En so het Jesus na die geeste in die gevangenis gegaan en daar Sy

oorwinning aangekondig.

Dit het gebeur nadat Jesus aan die Kruis van Golgota gesterf het. Hy het Homself as

die Seun van God aan almal bekend gestel, en almal het `n regverdige keuse gehad

om die Seun van God uit die doderyk uit te volg, na die paradys.

1 Pet 4:6 Daarom is die evangelie immers ook verkondig aan die wat nou dood is

sodat, hoewel hulle as mense onder die oordeel was om na die liggaam te

sterwe, hulle na die gees sou lewe soos God lewe.

Hierdie twee Skrifgedeeltes is baie duidelik dat die Evangelie van Christus aan die

afgestorwenes in die doderyk verkondig is deur Jesus self. `n Interessante ander

gedeelte waaruit ons duidelik kan aflei dat Jesus die doderyk reeds oorwin het, en dat

ons by afsterwe na of die hemel of die hel gaan, is die Skrif gedeelte wat ons in Lukas

kry:

Lukas 23:43 Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in

die paradys wees.”

Semeron: This (very) day)

Paradeisos: Heaven

Dus, Jesus verseker die man aan die kruis dat hy nog daardie selfde dag saam met

Hom in die paradys sou wees.

Indien daar `n hel is, dan moet daar tog `n alternatief wees. Waar en wat is

hierdie alternatief?

Die hemel

Daar is nogal baie argumente rondom hierdie punt maar die Grieks/Hebreeuse tekse is

baie duidelik daaroor naamlik dat Jesus die man verseker het dat hy daardie dag – die

dag van die kruisiging- saam met Jesus in die Paradys sou wees.

In Efesiërs kry ons `n gebed wat Paulus vir die Efesiërs bid. Hy is die man waarvan

ons lees in 2 Korintiërs 12:2-10 dat hy “weggeruk was na die paradys toe”. Lees sy

gebed:

Ef 3:14-15 Daarom kniel ek in gebed voor die Vader aan wie die hele gemeenskap

van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het.

42

As die “gemeenskap van gelowiges in die hemel” nie in die hemel is nie, waarvan

praat die man dan?

Matt 3:17-18 Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens

het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos 'n duif sien

neerdaal en op Hom kom. Daar was ook 'n stem uit die hemel wat gesê het: "Dit is

My geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My."

Waarheen gaan ons indien ons liggaamlik sterf?

Hierdie is `n kontroversiële onderwerp aangesien daar baie teorië hieroor is. Die Bybel

is egter baie duidelik hieroor. Veral indien ons die envangelies bestudeer en veral wat

Jesus hieroor te sê gehad het.

Heb 12:23-24 … Julle het gekom by God wat Regter oor almal is, en by die geeste

van die wat vrygespreek en wat nou volmaak is, by Jesus, die Middelaar van die

nuwe verbond.

Waar bevind Jesus Hom nou? In die Hemel by God Almagtig.

Hoe weet ons dit?

Heb 1:3 … Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, [maw die straf vir

ons sondes op Hom gevat het, afgedaal het na die doderyk, die doderyk oorwin het

deur uit die dood op te staan, en opgevaar het na die hemel], het Hy gaan sit aan die

regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.

Luk 23:42 Tydens Jesus se kruisiging:

Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in U koninkryk kom.” Jesus antwoord

hom: “Ek verseker jou: vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” Soos

reeds verduidelik.

Hierdie woorde van Jesus verseker ons dat ons na afsterwe of na die Hemel, of te wel

die Paradys gaan, of na die hel. Dit is duidelik dat jy nie intussen iewers rond “sweef”

nie. Jy gaan beslis na een van twee plekke toe.

Matt 5:20 “Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as die

van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van

die hemel ingaan nie.”

Matt 7:21-23 “nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van

hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

43

Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in U Naam gepreek

nie, deur U Naam bose geeste uitgedryf en deur U Naam baie wonders gedoen

nie?” dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van

My af, julle wat die wet van God oortree.”

Die Hemel word dus beskryf as die Paradys, die Koninkryk van die Hemel asook

Hemel. Ander Skrifgedeeltes verwys ook na die Hemel as die Koninkryk van God. In

die evangelies lees ons dat Jesus die heeltyd verwys na die hemel en Hy praat van

“Ons Vader” of “My Vader” wat in die hemel is. Jesus praat ook baie van die “koninkryk

van die hemel”. Ons lees in Handelinge 7:55-56 dat Stefanus die hemel geopen

gesien het. Die woord hemel word meer as twee honderd en vyftig keer in die nuwe

Testament gebruik.

Hoe wou Jesus ons red en toerus? Die geheimenis.

Plan 1

Ewigheidsplan

Dit was die “ewigheidsplan” wat God Drie-enig gehad het om ons vir ewig weer met

Hom te versoen en te keer dat ons nie hel toe gaan nie. Met die Heilige Gees IN ons

kan ons weer “lewend gemaak word” en hoef ons nie na die doderyk af te daal nie. Die

Lewendmakende Gees sal ons siele by liggaamlike afsterwe terug vat na God Almagtig

toe. Romeine 8:11 verduidelik dat die Heilige Gees, Jesus uit die dood [doderyk] uit

gered het. Dit is dieselfde Gees wat ons “lewend” sal maak, met ander woorde “die

ewige lewe sal gee”.

Plan 2

Weer toerus met die Heilige Gees

God Drie-enig wou Sy kinders, ons, weer toerus met Sy Heilig Gees, sodat ons weer

as ware toegeruste Verteenwoordigers oor die aarde vir Hom sou heers. [Leser maak

asseblief seker dat jy die volgende gedeeltes, sin vir sin verstaan. Ek bid dat God jou

die grootheid hiervan sal laat besef.]

Plan 1

Die mens se straf vir sy sondes, was die ewige dood! Jesus het die straf vir ons sondes

op Hom gevat. Jesus is eenmaal gestraf vir alle sondes, wat gepleeg is en wat nog

gepleeg sou word deur enige mens. Om dit anders te stel: Hy het gesê: “Inplaas

daarvan dat die mens gestraf word vir sy sondes en vir ewig sterf sal Ek die straf

vir hulle sondes op My vat”. Jesus sê “Straf My! dan hoef die mens vir wie ek so

44

lief is nie gestraf te word nie.” Die straf vir die mense se sondes was die ewige dood.

Die mens se siel sou vir ewig in die doderyk wat later die hel geword het, moes bly.

Jesus wou dit ten alle koste vermy, want Jesus sowel as God Almagtig wou hê dat ons

vir ewig by Hulle moet wees.

Hoe wou Jesus dit regkry?

Jesus het geweet dat Hy geen sonde het nie, en indien Hy die straf vir die ganse

mensdom se sonde op Hom sou neem, dan sou Sy liggaam “gebreek” word, met ander

woorde stukkend geslaan word.

Sy onskuldige bloed sou dan uit Sy liggaam vloei, as bewys dat Hy die straf vir

sondes op Hom gevat het. Onthou die lewe is in die bloed, dus het Jesus sy lewe vir

ons gegee.

Ek wat besmet was met sondes, kan nou smetloos wees omdat die “Smetlose

Jesus”, my smet op Hom gevat het!

Jesus het nie net die straf vir ons sondes op Hom gevat nie, Hy het ook boonop die

vervloekte in my plek aan die kruis geword, daarna in my plek afgedaal na die

doderyk, en die doderyk oorwin sodat ek in die posisie kan wees om die doderyk en

lyding vry te kan spring, en vir ewig direk na God Almagtig te kan gaan indien ek

liggaamlik sou sterf. My liggaam is nou só skoongewas van alle sondes, dat my

liggaam weer as `n tempel vir God se Heilige Gees kan dien. Indien ek die Heilige

Gees IN my tempel kan huisves, sal die Heilige Gees my siel by liggaamlike afsterwe

na God neem. Romeine 8:11.

Omdat die Gees van God deur wie Jesus uit die dood opgewek is, In julle woon, sal Hy

deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur

Sy Gees wat IN julle woon.

Plan 2

Met die Heilige Gees IN ons kan ons weer as God se verteenwoordigers oor die

aarde heers. Die tweede plan was deel van die eerste plan maar dit was daarop gerig

dat God ons as mens weer as ware “Verteenwoordigers” van Hom op die aarde wou

laat heers. Soos Adam en Eva van ouds. Toegerus met die Heilige Gees. Ons is nou

in `n posisie om ons sondelas op Jesus te kan af laai. Hy het die skuldige geword, en

ek is nou onskuldig. Jesus se onskuldige bloed, het ons liggame wat as `n tempel vir

God moet dien, so volkome gereinig van alle sondes dat ons nou weer die Heilige

Gees van God IN ons tempels kan huisves! Wat `n wonderlike voorreg!

45

Hoofstuk 4

Jesus as Mens

Ons moet onthou dat Jesus as `n mens hier op aarde was en nie as God nie. Daarom

gaan ons Jesus as mens hier op aarde behandel.

Kom ons bespreek Jesus as mens en Sy lewe hier op aarde onder die volgende

hoofde:

4.1 Sy geboorte

4.2 Sy doop

4.3 Jesus as mens

4.4 Sy bediening hier op aarde

4.5 Sy kruisiging

4.6 Sy opstanding uit die dood

4.7 Sy hemelvaart

46

Beroering in die geestelike wêreld

Hoofstuk 4.1

Jesus se geboorte

Jesus se geboorte word gekenmerk deur `n groot beroering wat in die geestelike

wêreld plaasgevind het. [Kolossense 1 dit wat ons nie kan sien nie.] Ons moet onthou

dat daar was vir byna vierhonderd jaar, vanaf die laaste profeet waarvan ons weet se

optrede, tot en met Jesus se geboorte, geen persoon wat enige nuus van God af aan

die volk gebring het nie.

Heb 1:1 In die verlede het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders

gepraat deur die profete.

God het na die sondeval in die Tuin van Eden die duiwel gewaarsku dat iemand uit die

nageslag van Adam gebore sou word, wat satan se kop sou vermorsel. Sou satan

bang wees vir die dreigement? Ons sal nie weet nie. Sy eerste poging om die mens te

oortuig om aan God ongehoorsaam te wees, al was die persoon met die Heilige Gees

vervul, was volgens hom `n groot sukses en het hy, wat satan is, die mens as `n

hopelose, ongehoorsame swakkeling gesien, al het God die mens [Adam] aanvanklik

met Sy Heilige Gees toegerus, om as God se “verteenwoordiger” oor die aarde te

heers. Ek glo hy kon baie goed onthou, dat die mens, gevul met die Heilige Gees, nie

eers gehuiwer het, om aan hom, satan gehoorsaam te wees nie. Deur die Heilige

Gees te verloor, het die mens die straf vir die ewige dood oor homself gebring,

en `n slaaf van satan deur die sonde geword.

My persoonlike redenasie oor bogenoemde aspek is soos volg: Ek glo satan was op

hierdie stadium nie erg bekommerd nie. Wat was die ergste wat met satan kon gebeur,

nadat God die dreigement oor Adam se nasaat aan satan genoem het? Wat het Adam

en Eva van alle ander wesens onderskei? Hulle het die Heilige Gees IN hulle gehad,

en satan was bewus van die Krag van God IN die mens. Wat was dus die ergste wat

kon gebeur? Die tweede Adam kon weer gebore word, en soos Adam die eerste, met

die Heilige Gees IN hom, gevul wees. Die vraag is weer eens, was die “Heilige Gees”

aspek `n probleem vir satan? Nee, nie regtig nie, want hy het Adam en Eva dan met `n

eenvoudige retoriese vraag op die punt gebring waar hulle die Heilige Gees IN hulle

oneerbiedig verontagsaam het.

Daarom kan daar met redelike sekerheid geredeneer word dat satan nie werklik bang

was vir Adam die tweede nie. Vir hom was dit net nog `n uitdaging wat hy volgens hom,

loshande sou wen. Ons moet onthou dat hy van uitdagings gehou het. Die laaste

47

uitdaging wat hy gemaak het was om teen die Almagtige God en Eienaar van die

heelal te rebelleer en te dreig dat hy sy troon bo die van God s’n gaan sit! Jesaja 14:5-

23. `n Persoon of wese met baie selfvertroue en jaloesie!

Die Heilige Gees Aspek

Jesus se verlossingsplan -`n geheimenis.

Ons moet onthou dat God dit glad nie vir satan of enige iemand uitgespel het wat die

volgende “Adam” se rol gaan wees as Hy sou kom nie.” Nee, Jesus se koms en die

rede vir Sy koms was bekend as `n “geheimenis”. Paulus praat baie keer in die Skrif

van Jesus se Verlossing en die uitstorting van die Heilige Gees as `n “geheimenis”.

Kol 1:26 dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou

geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort.

Die kernwoord hier is geheimenis. Hoekom? Die Fariseërs, en skrifgeleerdes wat die

wet en profete baie goed geken het, en wat gewag het vir die koms van die Messias,

het nie regtig geweet wat die Messias se werk sou wees nie.

[Gesprek tussen die reeds opgestane Jesus en die Emmausgangers]

Luk 24:21 “Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos. Maar boonop is dit

vandag al die derde dag vandat die dinge gebeur het.”

Wat was hierdie geheimenis?

Die Jode het oor die algemeen gedink dat die Verlosser of Messias wel die Seun van

God sal wees, maar dat Hy hulle as volk gaan red van politieke onderdrukking en Sy

Koningskap op aarde gaan afdwing. Hulle het nie een gedink dat Hy hulle siele gaan

red van die ewige dood as gevolg van Adam en Eva se ongehoorsaamheid nie. Die

Geheimenis was dus die uitstorting van die Heilige Gees en die feit dat Hy nie `n

Vleeslike Verlosser sou wees nie maar `n Geestelike Verlossser vir almal wat in Hom

sou glo en bekeer van hulle sondige weë.

Die Profete het oor Jesus se verlossing geprofeteer, maar die mense het die volle

implikasie en presies waaroor dit gegaan het nie ten volle verstaan nie. Nie eens Jesus

se dissipels het hierdie meesterplan van God Drie-enig besef of verstaan, tot en met,

na Jesus se opstanding uit die dood nie.

Die Groot aankondiging

Ongeveer vierduisend jaar na God se stelling aan satan dat daar uit Adam en Eva se

geslag `n Verlosser gebore gaan word, gebeur die volgende:

48

Luk 1:30-35 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys

genade aan jou. Jy sal swanger word en `n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom

die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem

word.

“Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor

die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde

wees nie.” Maar Maria sê vir die Engel: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog

nooit omgang met `n man gehad het nie?” Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees

sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal

die een wat gebore word, Heilig genoem word, die Seun van God.”

Die Geseënde gesin van Sagaria.

`n Verdere kopkrap wat natuurlik almal laat raai het in die geestelike wêreld, was die

ouerpaar Sagaria en Elizabeth op wie die Heilige Gees gekom het en wie se seun

Johannes met die Heilige Gees gebore was. Die eerste gesin waarvan ons lees, dat al

die gesinslede Heilige Gees vervuld was. Johannes was die eerste mens waarvan ons

lees wat met die Heilige Gees IN hom gebore is!

Heilige Gees IN Adam en weer IN Johannes die doper

Onthou dat die Here God lewensasem, met ander woorde die Heilige Gees, in Adam,

die eerste mens geblaas het, en dat hy toe `n lewende wese geword het. Verder moet

onthou word dat God Adam gewaarsku het, dat indien hy van die boom van “goed en

kwaad” sou eet, hy wat Adam was sekerlik sou sterf. Wat het God daarmee bedoel?

Die mens se liggaam – die tempel van God, is nou besoedel met sonde en die

Heilige Gees kon nie in die mens se sondige tempel meer woon nie.

Geen mens het ooit die voorreg na Adam gehad om met die Heilige Gees gebore te

kon word nie. Die Heilige Gees het wel op en of in die profete gekom en dan het hulle

geprofeteer, of Hy het in die brandende bos met Moses gepraat, het snags in `n

vuurkolom en bedags in `n wolkkolom voor die Israeliete getrek, ens. Maar die mens

sou nie weer die Heilige Gees in sy sonde-besoedelde-tempel kon huisves nie,

behalwe indien iemand anders die mens se sonde op Hom sou neem, soos wat gebeur

het met Jesus.

Heb 1:1 In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders

gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur

die Seun.

49

Ons lees in Eksodus 31:3-4, dat God aan Moses sê dat Hy Besaleël “toegerus” het

met die Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand toerusting vir die tempel

moes maak. Daar is baie ander voorbeelde maar nooit lees ons dat enige iemand die

voorreg gehad het om weer met die Heilige Gees IN hom/haar gebore te kon word nie.

Tog word Johannes die Doper gebore en dit word pertinent genoem dat hy MET

die Heilige Gees gebore is.

Dit was eintlik voor die handliggend, vir almal in die geestelike wêreld dat

Johannes die tweede Adam moes wees!

Die feit dat Johannes se kop afgekap word deur Herodes, `n kort rukkie nadat hy Jesus

gedoop het, glo ek was deur satan gemanipuleer as gevolg van sy onsekerheid oor

Johannes se status met die Heilige Gees IN Hom. [Onthou ook dat God Almagtig

hierdie situasie “toegelaat” het. Ons sal later sien hoekom.] Hoekom is ek van mening

dat satan die gebeure gemanipuleer het?

Johannes doop Jesus. Jesus ontvang die Heilige Gees, en direk daarna begin Jesus

met die een wonderwerk na die ander. Ek dink persoonlik satan wou ontslae raak

van die persoon wat die “mag en gawe” gekry het om mense te doop en dan

ontvang hulle nog boonop die kragtige Gawe van die Heilige Gees, soos wat met

Jesus gebeur het. Netnou doop Johannes nóg mense wat die wonderlike Gawe

ontvang!

Gebeure in Betlehem

Ses maande nadat Johannes die Doper gebore is, krap almal in die geestelike wêreld

weer kop! Hierdie keer oor `n Seuntjie wat gebore is in Betlehem, die verskil is dat die

profete se profesieë oor die “Verlosser” wat gebore gaan word, feit vir feit bewaarheid

word. Matteus 2:2 verduidelik dat die sterrekykers uit die ooste in Jerusalem

aangekom en gevra het:

“Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is?” Koning Herodes het hiervan te

hore gekom en die priesterhoofde en skrifgeleerdes bymekaar geroep. Hulle het hom

geantwoord: “In Betlehem in Judea want so is dit deur `n profeet geskrywe”:

Miga 5:1 asook Matt 2:6 … Uit jou sal `n leier voortkom wat vir my volk Israel `n

Herder sal wees.

Matt 2:9-11 verduidelik dat: Die sterrekykers het toe die ster gevolg en die het hulle

gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. Hulle het aan Hom

hulde gebring en geskenke gegee: Goud, wierook en mirre.

50

Goud: Vir `n koning

Wierook: Priester vir God

Mirre: Vir `n sterflike mens.

Ek glo dat `n nou baie bekommerde satan in Herodes ingevaar het, want hy reageer

baie heftig op die wyse manne uit die ooste se aankondiging dat `n nuwe koning se

ster gebore is. Die feit dat Herodes besluit om die wreedste moontlike ding te doen

naamlik om alle seuntjies onder twee jaar te laat doodmaak, in `n poging om Jesus ook

te vermoor, sê net een ding, en dit is, dat satan glad nie in beheer gevoel het na die

“Kindjie – Jesus” se geboorte nie. Hy het die magsbehepte Herodes gebruik om sy

vuilwerk te doen. Daarom lees ons in Matteus 2:13 dat `n engel aan Josef verskyn het

en hom beveel het om na Egipte toe te vlug met Jesus en Maria. satan het beslis `n

vermoede gehad dat al die gebeure `n aanduiding was dat die Tweede “Adam” gebore

is. Ek dink persoonlik hy het net nie geweet watter “een” van die twee dit is nie.

Is dit die Seuntjie wat met die Heilige Gees gebore is [Johannes die doper] of die

“ander een” [Jesus].

Die eerste aankondiging oor Jesus se toekoms na Sy geboorte

Luk 2:22-25 “Toe die reiningingstyd vir hulle verby was, het hulle Hom - Jesus - na

Jerusalem toe gebring om Hom tot die beskikking van die Here te stel”. Die Heilige

Gees was op `n man met die naam Simeon en hy het oor Jesus geprofeteer en gesê:

Luk. 2:34 “Kyk hierdie kindjie is bestem tot `n val en `n opstanding van baie in Israel en

tot `n teken wat weerspreek sal word”.

Jesus, mens soos ek en jy.

Onthou Jesus het geen wonderwerke gedoen, voordat Hy gedoop is nie. Dit was `n

duidelike bevestiging van die voorafgaande skrif dat Jesus soos ek en jy mens geword

het en as gewone baba, kind, jong volwassene geleef het. Die enigste groot verskil

tussen Jesus en ons, was dat die Woord sê, dat Hy geen sonde gedoen het gedurende

Sy lewe op aarde nie. Jesus het op ongeveer dertigjarige ouderdom begin met Sy

bediening, en ook eers nadat Hy gedoop is.

Johannes die Doper en die Heilige Gees

Luk 1:15 Want hy sal groot wees in die oë van die Here, wyn en bier sal hy glad

nie drink nie, en reeds van sy geboorte af sal hy met die Heilige Gees vervul

wees.

Die twee sleutelwoorde is “met” en “Heilige Gees vervul”.

Grieks vir “Pletho” word vertaal met die woorde “om vervul te wees met”

51

Heilige Gees in Grieks is: “Pneuma” en word verklaar as “die derde persoon in die

Drie-eenheid, die Heilige Gees.”

Die Grieks vir die buik is “koilia” wat verklaar word as “die plek waar konsepsie

plaasvind en die fetus beskerm en versorg word tot en met geboorte.”

Dus: Johannes was al met die Heilige Gees vervul in sy moeder se skoot / buik.

Dit is so `n uitsonderlike gebeurtenis dat die Woord pertinent die leser daarop wys dat

Johannes van sy geboorte af met die Heilige Gees vervul sou wees. Hoekom? Want

hy moes Jesus doop!

Wat dan van Jesus?

Jesus se DNA samestelling is sowerein en sondeloos.

Lukas 1 verduidelik aan ons dat die Heilige Gees lewe in Maria verwek het. Dus Jesus

is nie soos ons in sonde ontvang nie. Hy is nie verwek deur `n aardse vader, wat in

sonde ontvang en gebore is nie. Ter verduideliking kan ons dit so stel: Ek word gebore

met bruin oë en bruin hare, wat ek oorgeërf het uit die DNA samestelling van my pa en

ma. So erf die mens dan ook sonde oor van sy voorvaders.

Ef 2:3 … weens ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God

gestraf moes word.

Ons natuur is sondig. Ek word dus gebore met onder andere bruin oë, bruin hare en

`n sondige natuur, wat ek oorgeërf het van my ouers. Ek erf my sondige natuur van my

voorvaders. Ek is uit vlees gebore.

Daarenteen:

Jesus was verwek deur die Heilige Gees, die Gees van God Almagtig, en Hy word

nie in sonde ontvang nie. Sy “DNA” samestelling is sondeloos, soewerein, Heilig. Sy

natuur is sondeloos, skoon.

Maar Jesus moes “mens word en wees” soos ek en jy, en daarom sê Hebreërs die

volgende:

Heb 2:17 daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word…

Heb 5:7-8 Gedurende Sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red,

gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En Sy gebede is verhoor

weens Sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy

deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.

52

Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat

gehoorsaamheid is.

Leser, maak asseblief seker dat jy bogenoemde verstaan. Jesus moes “leer wat

gehoorsaamheid is.”

Die Heilige Gees en Jesus

Luk 2:40 Die kindjie [Jesus] het gegroei en sterk geword en Hy was vol wysheid, en

die genade van God was op Hom.

Kom ons vertaal bogenoemde stuk direk uit Grieks.

Paidion: Kind, manlike.

Krataioo: Sterk word, sterk gemaak word, in sterkte toeneem.

Pleroo: Volgemaak word. Volgemaak tot heelbo, toegerus word, kompleet,

volgemaak tot vol.

Sophia: Wysheid, ten volle intelligent, supreme intelligensie soos wat behoort

aan God, en Christus.

Charis: Genade.

Theos: Die Godheid, Drie-enig

a] God die Vader.

b]Christsus.

c]Heilige Gees.

Epi: Op, by [upon, on, at, by]

Autos: Homself, Hy.

Met ander woorde die “Genade van die Goddelike Drie-eenheid” was ten volle OP

Hom. Die “Genade” kan ook vertaal word as die “Heilige Gees” die “Gees van

God”.

53

Wat het by Jesus se doop gebeur?

Ek gaan dit stap vir stap verduidelik.

Hoofstuk 4.2

Jesus se doop

Matt 3:13-17 In daardie tyd het Jesus van Galilea af na Johannes toe by die Jordaan

gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het dit probeer verhinder deur te

sê: “Ek moet eintlik deur U gedoop word, en U kom na my toe?”

Jesus het hom geantwoord: “Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier

moet ons aan die wil van God voldoen.” [Die wil van God was vir Jesus alles.]

Daarna het Johannes ingestem. Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die

water gekom. [Jesus was baie duidelik nie besprinkel nie, maar was binne-in die

water.]

Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos `n

duif sien neerdaal en op Hom kom. [Net nadat Jesus aan die wil van God voldoen

het, gedoop is, en uit die water gekom het, het die Heilige Gees op Hom gekom.]

Daar was ook `n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom

verheug Ek My.” [God het dit bevestig deur Self daaroor te getuig.]

Kyk wat gebeur volgende!

Luk 4:1 Jesus het vol van die Heilige Gees van die Jordaan af teruggekom…

Die Gees was dus nie meer op Hom nie maar in Hom. Jesus was nou vol van die

Heilige Gees. Jesus het nou aan die Wil van God voldoen. En Hy is die een in wie

se voetspore ons moet volg.

Johannes verduidelik self wat by Jesus se doop gebeur:

Joh 1:33: Johannes is hier aan die woord. “Ek het self ook nie geweet wie Hy [Jesus]

is nie, maar God wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê. Die Een

op wie jy die Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.”

Die Griekse vertaling van vers 33. Die een op wie jy die Gees sien kom en bly.

54

Grieks:

Katabaino: Descend, af kom, neerkom.

Pneuma: Die derde persoon van die Goddelike Drie-eenheid, Heilige Gees.

Sy persoonlikheid en karakter is Heilig en Gees.

Sy werk en krag is Gees en Waarheid.

Meno: Om te bly as een, om aanmekaar te bly, [remain].

Dus, Jesus ontvang die Heilige Gees wat Hom toerus met krag en wysheid by Sy

doop, en Johannes gee `n baie duidelike verduideliking oor wat gebeur het by Jesus se

doop:

Joh 1:32 Verder het Johannes getuig: Ek het duidelik die Gees soos `n duif uit die

hemel sien kom, en Hy [Die Gees] het op Hom [Jesus] gebly.

Vers 33: Ek het self ook nie geweet wie Jesus is nie, maar God wat my gestuur het om

met water te doop [m.a.w. te bekeer] het vir my gesê: Die Een [Jesus] op wie jy die

Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

Vers 34: Ek het dit self gesien daarom getuig ek: Hy is die Seun van God

En na Jesus se doop lees ons in Lukas 4:1 dat: Jesus het vol van die Heilige Gees

van die Jordaan af teruggekom.

Wat het met Jesus gebeur nádat Hy gedoop is?

Jesus se doop was een van die draaipunte asook hoogtepunte in Sy lewe hier op

aarde. Ons weet nie veel van Jesus se kinder- en jong volwasse lewe nie. Daar is net

een insident waarvan ons lees, en dit was toe Hy 12 jaar oud was, Sy ouers na Hom

gaan soek het, en Hy in die Sinagoge gekry is.

Jesus se doop dien beslis as `n vertrekpunt vir `n nuwe wending vir Sy bediening hier

op aarde, want direk na Jesus se doop, volgens Lukas 4, het Jesus vol van die Heilige

Gees geword. Vol van die Heilige Gees is Jesus deur die duiwel versoek, en het

Jesus die debat loshande gewen. Daar moes die satan al besef het, hierdie “Adam”

gaan hy nie kaalhande kan aanvat nie.

Jesus begin met sy bediening ná Sy doop

Toegerus met die Heilige Gees, het Jesus direk na Sy doop en die veertigdae in die

woestyn begin om die mense in die Woord van God te onderrig, asook begin met Sy

wonderdade waarvoor Hy meer bekend was.

55

Ons moet in Jesus se voetspore volg

Die doop was dus `n vertrekpunt vir `n nuwe wending wat Jesus se lewe ingeneem het.

Hierdie wending en al die aktiwiteite wat daarmee saamgegaan het, was alles gefokus

op die mens en die “nuwe ewigheidsera” wat die mens nou betree het. Jesus het seker

gemaak dat elke voetspoor wat Hy getrap het, vir ons `n presiese riglyn kon wees wat

ons moes navolg. Dit is gedoen sodat ek en jy presies kan weet wat die wil van God in

ons lewe is.

1 Pet 2:21 Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir

julle `n voorbeeld gestel het, sodat julle in Sy voetspore kan volg.

Ons moet in Jesus se voetspore volg. Een van die belangrikste dinge wat Hy vir ons

moes wys, was hoe om die Heilige Gees te ontvang.

Vraag: Het Jesus enige wonderwerke gedoen voordat Hy gedoop is?

Antwoord: Nee, nêrens lees ons in die Skrif, dat Jesus enige wonderwerke

gedoen het voordat Hy gedoop is nie.

Vraag: Wanneer het Hy begin met wonderwerke doen, dooies opgewek,

blindes laat sien, verlamdes laat loop?

Antwoord: Nadat Hy vir ons gewys het, hoe om die Heilige Gees te

ontvang. Na Sy doop.

Vraag: Waarom het Johannes, Jesus se kleinneef, hierdie uitsonderlike

seën gehad om met die Heilige Gees gebore te kon word?

Antwoord: Want hy moes Jesus doop.

56

Hoofstuk 4.3

Jesus as mens: Eienskappe

Jesus was soos Sy pa `n ambagsman, tewete `n skrynwerker van beroep.

Volgens die Woord was Jesus ongeveer dertig jaar oud toe Hy met Sy bediening op

aarde begin het. Dit het begin direk nadat Hy deur Johannes die Doper gedoop is, by

die Jordaanrivier. Afgelei uit die Woord was dit duidelik dat Jesus geen wonderwerke

gedoen het, voordat Hy gedoop en die Heilige Gees ontvang het nie.

Lukas 4:1 sê dat Jesus na Sy doop vol van die Heilige Gees van die Jordaan af

teruggekom het en is toe deur die Gees in die woestyn ingelei, waar Hy deur die duiwel

versoek was. Daarna het Hy Sy dissipels uitgekies en begin met Sy bediening hier op

aarde. Jesus het baie gepreek, maar was meer bekend vir die wonderwerke wat Hy

gedoen het naamlik om dooies uit die dood op te wek, blindes te laat sien, verlamdes

te laat loop, alle soort siektes te genees, en wonderwerke te doen.

Hoe het Jesus gelyk?

Jes 53:2 “… Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na Hom sou kyk nie, nie

die voorkoms dat ons van Hom sou hou nie.”

Wat voorkoms betref was Jesus baie gewoon. Die mens is van nature geneig om `n

vooropgestelde idee van iemand te kry deur bloot `n persoon wat nog onbekend aan

die persoon is, te oordeel na sy/haar voorkoms. Die Skrif is duidelik dat ons nie vanuit

die staanspoor, afgelei uit Jesus se voorkoms, van Hom sou hou nie.

Jesus se houding teenoor materiële dinge

Jesus was glad nie ingestel op materiële dinge nie. Al vier die Evangelies is vol bewyse

dat Jesus en sy dissipels van die hand na die mond geleef het. Markus 2:23 sê dat

Jesus en Sy dissipels op `n dag deur gesaaides geloop het en in die loop are afgepluk

en geëet het. Hy het ook nie `n vaste basis of woonplek gehad vanwaar Hy gewerk het

nie, en het in baie gevalle in die veld oornag.

Mark 1:45 … En het Hy gewoonlik buite in die oop veld gebly.

Luk 21:37-38 Bedags was Jesus in die tempel besig om die mense te leer, maar

snags het Hy uitgegaan en buite op die Olyfberg vernag. Vroeg in die môre het

die hele volk weer in die tempel na Hom kom luister.

57

Jesus as emosionele mens

In die Ou Testament leer ons al dat Jesus innige simpatie en medelye met ons lyding

gaan hê, en inderdaad gehad het, en steeds het. Matteus 8:17 verwys na Jesaja 53

as die skrywer sê:

Matt 8:17 “Hy [Jesus] het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.”

Hy het dit vir ons gedoen sodat ons daarvan verlos kan wees.

Matt 14:14 … Hy het `n groot menigte daar gesien. Hy het hulle innig jammer

gekry.

Matt 15:32 “Ek kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank

hier by My en hulle het niks om te eet nie.”

Dit is duidelik dat Jesus nie net ingestel is op die mens se geestelike welstand nie

maar ook op ons fisiese welstand, aangesien Hy bekommerd was oor die feit dat hulle

moontlik honger kon wees en dalk nog hongerder sou word. Afgelei uit bogemelde skrif

was daar ook vrouens en kinders in die groep waarna Jesus verwys het.

Matt 20:34 … Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik

kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.

Die Evangelies leer ons dat Jesus elke siek mens wat na Hom toe gekom het, genees

het. Geen persoon het onaangeraak van Jesus af weggegaan nie.

Joh 11:33 en 35 Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar

gekom het, ook huil, het Sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan…….Jesus

het gehuil.

Joh 12:27 “Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: Vader, red

My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur. Vader

verheerlik U Naam!”

Joh 13:1 Hy het sy eie mense - dissipels en almal wat Hom versorg het - wat in

die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad.

Jesus se verhouding met God die Vader

Die heel beste beskrywing van die verhouding tussen God en Jesus tydens Jesus se

tyd hier op aarde kry ons in Hebreërs 5:7-10. Het jy al Hebreërs 5:7-10 gelees? Lees

dit en maak dit asseblief van vandag af jou eie. Memoriseer dit!

58

Gedurende Sy [Jesus] se aardse lewe het Hy aan God wat Hom uit die dood kon

red gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane.

Jesus het tot God gebid, Hy het Sy gebede aan God geoffer. Hy het nie voor

slapenstyd gou-gou op Sy knieë gestaan en `n gebed geprewel en nog boonop aan die

slaap geraak terwyl Hy bid nie. Nee, Hy het Sy gebede geoffer met `n harde geroep en

met trane!

En Sy gebede is verhoor vanweë Sy eerbiedige onderworpenheid aan God.

Hoekom is Sy gebede verhoor? Jesus se gebede is verhoor, omdat Hy Homself

eerbiedig aan God onderwerp het. Het ons as gelowiges werklik `n idee wat dit is

om ons eerbiedig aan God te onderwerp? Is hierdie nie een van die belangrikste

redes waarom ons gebede nie verhoor word nie? Is ons nie `n bietjie arrogant in ons

verhouding met Vader nie? Ons is so selfversekerd in wat ons glo, en wat ander

mense en instansies wat behoort te weet vir ons voorsê om te glo, dat ons nooit

moeite doen om die Woord self te bestudeer en uit te vind wat eerbiedige

onderworpenheid werklik beteken nie.

Gewoonlik is ons dan verskriklik verras as Vader nie ons skietgebede, afgeskeepte

gebede, asook my voor slapenstyd verpligte gebed, verhoor nie.

Verder is ek nie so bekommmerd oor die feit dat ek `n intieme verhouding met Vader

deur gebed moet opbou ten einde gered te word nie, want ek glo mos. Ek waarsku

vandag vir jou leser, God is nie jou maatjie vir wie jy kan hiet en gebied en kan

voorskryf wat Hy alles vir jou behoort en moet doen nie. As Jesus eerbiedig

onderworpe aan God was, hoeveel te meer moet ons nie eerbiedig onderworpe wees

aan God nie.

Vers 8 Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat

gehoorsaamheid is.

Verras deur die stelling? Ek was. Jesus moes soos ek en jy, geleer het wat

gehoorsaamheid is. Is ons werklik en waaragtig gehoorsaam aan God? Weet jy wat is

God se wil vir jou in jou lewe? Het jy al gaan vas en op God se voete gaan sit en wag

totdat Hy jou geantwoord het, ongeag hoe lank dit jou sou neem om die antwoord te

kry? Speel jy van tyd tot tyd “Russian roulette” met die Woord van God as jy dringend

`n antwoord moet hê? Met ander woorde, maak jy vanaand die Bybel oop op `n plek,

lees dit, sien dit pas perfek in by jou plan en glo dit is God se opdrag aan jou? Ek het al

soveel mense gesien wat alles verloor het, omdat hulle God se wil op hierdie manier

probeer soek en dit sogenaamd gevind het. Soms is `n mens so moeg en moedeloos

59

vir die situasie waarin jy is dat jy God se wil in alles sien en raak lees. Oppas! Wees

baie versigtig. Maak seker dat jy God se stem duidelik hoor, voordat jy `n besluit neem.

“Dagstukkie” dobbel met God se wil

Van my vriendinne trek `n “koringkorrel Bybelversie” uit die blikkie en glo dan

onvoorwaardelik dat die versie wat op die “dobbelbasis” getrek is, God se boodskap vir

haar vir die dag is. Meer skrikwekkend, sy neem soms finansiële en toekoms besluite

met die “koringkorrel Bybelversie” wat sy vir die dag gelees het! Stop dit! Bestudeer jou

Bybel, leer God Almagtig ken, dan sal jy ook Sy wil ken.

Indien jy wel weet wat God se wil vir jou is, hoe pas jy Sy wil aan om by jou situasie

te pas? Volg jy Sy wil, ongeag van jou familie, gesin, vriendekring, en of werk se

siening? Is jy bereid om daardie tweehonderdduisend rand aanbod deur jou vingers te

laat gaan as dit God se wil is dat jy dit moet doen? Of is jy onvoorwaardelik soos Jesus

aan God gehoorsaam?

Vers 9 En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom

gehoorsaam is die bron van ewige saligheid geword.

Vers 10 …en is Hy deur God verklaar tot hoëpriester volgens die priesterorde

van Melgisedek.

Jesus was `n mens soos ek en jy. Hy moes in alles word soos ek en jy is, sodat ek en

jy in alles `n persoon kon hê wat `n ware voorbeeld vir ons sou wees. Ek en jy is

veronderstel om soos Hy te bid, te lewe, te dien, te wees, mense te genees, want Hy

het die voorbeeld vir ons gestel.

Verder: Matt 14:23 Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg

toe gegaan om te bid.

Mark 1:35 Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe

gegaan na `n eensame plek en daar gebid.

Mark 6:46 Nadat Hy hulle laat gaan het, het Hy die berg op gegaan om te bid.

Dit is baie duidelik dat Jesus `n verhouding met God Almagtig gebou het deur met God

Almagtig te kommunikeer. Die vorm van kommunikasie was gebed.

Jesus se verhouding met Sy ouers en met mense in die algemeen.

60

Luk 2:51 Hy het toe saam met hulle na Nasaret toe teruggegaan, en Hy was aan

hulle, [Sy ouers,] onderdanig.

52: En Jesus het verstandelik en liggaamlik gegroei en in guns by God en die

mense toegeneem.

Jesus was by die kruis besorg oor Sy ma, Maria. Hy was bekommerd oor wie vir haar

gaan sorg na Sy dood, daarom lees ons in Johannes 19:26, dat terwyl Jesus aan die

kruis gehang het, Hy met Johannes `n reëling tref om Sy ma te versorg en word daar

gesê dat Johannes, Jesus se ma in sy huis ingeneem het.

Joh 19:26-27 Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was,

wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel:

“daar is jou moeder.”

Jesus se algemene behoeftes

Jesus wou soms net alleen wees

Mark 7:24 Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan weggegaan na die gebied

van Tirus toe. Daar het Hy in `n sekere huis tuis gegaan, en Hy wou nie hê dat

iemand dit te wete moes kom nie.

Mark 6:31 daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus

en Sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle:

“Kom julle alleen saam na `n stil plek toe en rus `n bietjie.”

Voel jy ook soms om net weg te kom van almal en alles, net om `n bietjie alleen te

wees, om vir niks of niemand verantwoordelik te wees nie? Jesus het ook so gevoel,

nie net eenkeer nie maar vele kere as jy Markus bestudeer.

Jesus en lyding

Soos ek en jy moes Jesus ook lyding [angs, bekommernis, spanning, pyn, vrees]

ervaar en deurworstel.

Matt 26:37 … Toe het Hy bedroef en beangs geword en vir hulle gesê: “Ek voel

doodsbenoud…”

Sy vriende het Hom ook in die steek gelaat. Daar was `n hele paar van Sy vriende wat

Hom erg teleurgestel het.

61

Mark 14:37-38 Hy kom toe terug en kry die drie aan die slaap en vra vir Petrus:

“Simon slaap jy? Kon jy nie eens een uur lank wakker bly nie? Julle moet waak

en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die Gees is wel gewillig, maar die

vlees is swak.”

Heb 2:17 Daarom moes Hy [Jesus] in elke opsig aan Sy broers [ek en jy] gelyk

word, sodat Hy `n barmhartige en getroue Hoëpriester voor God kon wees om

die sondes van die volk te versoen, omdat Hy self versoek is en gely het kan Hy

die [ek en jy] help wat versoek word.

Terloops: Jesus het vooraf geweet wat met Hom gaan gebeur met die gèseling en

kruisiging. Kan jy jouself indink watter geweldige spanning, angs en vrees Jesus moes

deurgaan? Gaan lees gerus Psalm 69:2-22, waar dit vir Hom voel dat Hy deur water

meegesleur word en Hy nie kan uitkom nie, dat Hy al dieper in modder wegsak, waar

dit vir Hom voel of diep waters Hom insluk en Hy pleit dat die put nie bokant Hom moet

toegaan nie. Dawid is hier aan die woord, hy het die psalm met die leiding van die

Heilige Gees geskryf, asof dit op hom van toepassing was, maar dit is duidelik ook op

Jesus van toepassing, sien spesifiek vers 22:

“Toe ek honger was het hulle my gif aangebied, toe ek dors was, wou hulle my

asyn laat drink.”

Daar is baie soortgelyke profesieë oor Jesus in Psalms.

Hoe het Jesus sonde hanteer?

Ons lees hier dat Jesus versoek is en gely het sodat Hy jou en my kan help indien ons

versoek sou word. Die vraag ontstaan onmiddellik:

Het Jesus gesondig?

Heb 4:15 gee vir ons die antwoord. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen

medelye met ons swakhede kan hê nie: Hy was immers in elke opsig net soos ons

aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie…!

1 Pet 2:22-23 Hy het geen sonde gedoen nie en uit Sy [Jesus] mond het daar nooit

`n leuen gekom nie. Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het,

het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom [God] wat regverdig oordeel.

Jesus het geen sonde gedoen nie, alhoewel hy `n mens was soos ek en jy!

Hoe is dit moontlik?

62

Nie verwek deur `n mens.

Jesus is nie soos ek en jy verwek deur `n aardse vader nie, maar deur die Heilige

Gees self. Met ander woorde, Jesus was nie soos ek en jy in sonde gebore en ontvang

nie. Ons moet egter in gedagte hou dat Jesus soos ek en jy keuses gehad het

wat Hy kon uitoefen om te sondig of nie te sondig nie. Lukas 4, asook van die

ander evangelies, verduidelik dat die duiwel self vir Jesus versoek het, maar dat Hy nie

gesondig het nie.

Ons het reeds geleer dat Jesus `n paar dinge hier op aarde wou kom doen ten

einde ons weer in die posisie te plaas om as ware Verteenwoordigers op die

aarde vir Hom te heers. Hy wou ook seker maak dat ons nie hel toe gaan by afsterwe

nie maar dat ons met die hulp van die Heilige Gees vir ewig terug sal gaan om by God

te wees na liggaamlike afsterwe.

Ons het ook geleer dat die sleutel tot `n ware Verteenwoordiger vir God Drie-enig is die

Heilige Gees. Ons moet ons lewe so inrig dat ons die Heilige Gees IN ons tempels kan

huisves. Ten einde in die posisie te wees dat bogenoemde kan gebeur moes Jesus `n

paar dinge eers in plek gekry het.

Wat wou Jesus vir die mens bewerkstellig en agterlaat?

Jesus bevry die mens van alle vervloekings sodat ons nie meer vervloektes hoef te

wees nie, [met die voorbehoud dat jy Hom moet eer en dien.]

63

Die mens, die vervloekte

Ou Testament

Maak seker jy verstaan hierdie begrip. Lees asseblief hierdie hoofstuk goed deur ten

einde te verstaan wat bedoel word met die mens as “vervloekte” en Jesus wat in ons

plek die “vervloekte” geword het. Ons lees in Deuteronomium 27 en 28 van die

verskillende vervloekings wat daar op die mens rus. Lees dit gerus self.

Indien jy nie:

1 Goed luister na die Here jou God nie, en jy nie [Deut 28:15]

2 gehoorsaam is aan al Sy gebooie nie, asook

3 as jy die Here jou God nie met vreugde en blydskap dien nie. [Deut 28:47]

Wat gebeur dan?

Deut 27:26 Daar rus `n vloek op elkeen wat nie hierdie wet onderhou en nie

daarvolgens lewe nie!

Die opsomming van die ellende wat jou gaan tref is:

Siekte: In alle vorme, waarvan jy van sommiges nie sal kan genees nie.

Lyding: Alle soorte lyding, onder andere finansiële spanning.

Deut 28:66 Jou lewe sal aan `n draadjie hang en jy sal dag en nag in vrees lewe, jy

sal jou lewe lank onveilig wees. Jou vyande sal jou vernietig.

[Lees asseblief Deuteronomium 27 en 28 self deur.]

Alle wette het `n oordeel en `n straf. Die wette in die Ou Testament is geen

uitsondering nie. God se opdrag aan die mens is om Sy gebooie te onderhou.

Indien jy nie die wette gaan onderhou nie gaan die strawwe wat daarmee gepaard

gaan jou tref. Die gebooie is die wette, en die vervloekings is die strawwe.

Deuteronomium 27:26 getuig duidelik daaroor.

Omdat ons mens is en nie in ons eie krag die wette kan onderhou nie, is ons

indirek vervloek en gedoem om op aarde die strawwe wat gepaard gaan met die

oortreding van die wette te dra. Verder is ons gedoem tot die doderyk. Dit is `n

baie verkorte weergawe van die mens as vervloekte.

Lees bogenoemde weer.

Maar:

64

God se genade en liefde vir ons is egter groter as wat ons liefde vir Hom is en

daarom het Hy nie geskroom om Sy Seun Jesus te stuur om die vervloekte in ons

plek te word nie.

Deur Jesus ons persoonlike Verlosser te maak is ons vry van die vloek wat die

wette inhou. Wat beteken dit dat Jesus die vervloekte geword het vir ons? Ek gaan dit

so verduidelik:

Jesus die vervloekte

Nuwe Testament

Toe kom Jesus en word die vervloekte in ONS plek.

Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons

plek `n vervloekte te word. [Dit is waarom Jesus aan `n kruis gesterf het.]

Matteus 8:17 asook Jesaja 53:4 Tog het Hy [Jesus] ons lyding op Hom geneem,

ons siektes het Hy gedra…

Oor ons oortredings is Hy deurboor,

oor ons sondes is Hy verbrysel.

Die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom,

deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Wat gebeur in die Nuwe testament? Jesus kom na die aarde toe en word aan die

kruis van Golgota die vervloekte in ons plek vir al ons sondes.

Matteus 8:17 Verduidelik dan verder aan ons dat Jesus ook die straf vir ons sondes op

Hom geneem het. Die straf vir ons sondes is geestelike dood, siekte en lyding. Lees

Deuteronomium 27 en 28.

Indien iemand anders `n las wat ek moet dra op Hom neem en dit in my plek dra, dan

hoef ek nie meer daardie las op my te hê nie! Jesus het daardie las van siekte en

lyding op Hom geneem sodat ek daarvan bevry kan wees.

Maar, jy kan nie net in Jesus “glo” nie, jy moet Jesus ook jou persoonlike Verlosser

en Saligmaker maak.

`n Ander baie belangrike aspek was dat Jesus my so volkome gereinig het van alle

sondes dat ek nou die Heilige Gees IN my kan huisves en met die Heilige Gees IN my

kan ek aan die eise van die wet voldoen.

65

Hoofstuk 4.4

Jesus se bediening hier op aarde

Kan jy jouself indink hoe wonderlik dit was toe Jesus hier op aarde was? Hy het almal

wat na Hom toe gekom het, genees, en waar Hy was het die een wonderwerk na die

ander plaasgevind. Hy was bekend vir al die genesings wat Hy gedoen het, maar

eintlik het Hy Homself en die koninkryk van God Almagtig aan ons kom bekendstel.

Jesus het almal gehelp wat na Hom gekom het

Om in daardie tyd in Jesus se teenwoordigheid te kon wees glo ek was `n belewenis.

Jy het slegs met jou versoek na Hom toe gegaan. Die dooies is uit die dood opgewek,

verlamdes het geloop, blindes het gesien, die wat honger was het kosgekry. `n

Verleentheid was ook nie `n probleem, as ons na die bruilof in Kana kyk, nie. Elkeen se

versoek is toegestaan. Jesus het almal gehelp of genees, wat na Hom toe gekom het.

Ons gaan egter `n rukkie stilstaan by Jesus se genesingsbediening.

66

Vooropgestelde idees

Hoofstuk 4.4.1

Jesus se genesingsbediening

Om Jesus se genesingsbediening hier op aarde te verstaan moet ons eers ontslae

raak van `n hele paar vooropgestelde idees waaraan ons verkeerdelik glo.

Dit is verskriklik belangrik dat ons moet besef dat Jesus die vervloekte in ons plek aan

die kruis geword het, en daarom is ons nie meer vervloek nie. Jesus het volgens

Matteus 8:17 alle sonde, siekte – ook jou ongeneeslike siekte, en lyding – angs,

bekommernis, spanning, pyn, vrees ensovoorts op Hom geneem. Ons is nou bevry

daarvan. Ons kan nou in die totale oorwinning leef. Hy het alle vervloekings op

Hom geneem, en saam met Hom is dit vasgespyker aan die Kruis van Golgota.

Voordat ons nie ten volle besef wat dit beteken nie, gaan ons vir die res van ons lewe

vooropgestelde en verkeerde idees hê van die Verlossingsplan wat Jesus gehad het,

vir ons wat in die Nuwe Testament leef.

Vooropgestelde idee:

Dit is nie God se wil dat ek genees nie.

Jesus het nie die siek mense in twee rye laat staan nie.

Jesus het nooit die siek mense wat na Hom gekom het vir genesing, verdeel in twee

rye nie. Wat bedoel ek daarmee? Hy het nie vir die een ry gesê: “Kinders, Ek het so

pas uitgevind dat dit nie My Vader se wil is dat julle genees nie, maar moenie

bekommerd wees nie, Ek sal bid dat julle aanvaarding vir julle situasie kry,” nie.

Hierdie ander ry: “God het My laat weet dat dit wel Sy wil is dat julle genees, en

daarom gaan Ek julle gou genees.”

Het jy dit iewers in die Woord gelees? Nee, jy sal dit nêrens in die Woord kry nie,

want dit het nie gebeur nie. Hy het almal onmiddellik genees. Matteus 8:17 asook

Jesaja 53:4-5 maak dit baie duidelik dat Jesus nie halwe werk kom doen het, toe hy

aarde toe gekom het vir ons nie. Hy - Jesus - het vir ons `n perfekte oorwinning kom

bewerkstellig oor lyding, siekte en sonde, en Hy het geen uitsondering ingedagte

gehad nie! Hy het almal kom bevry van siekte, sonde en lyding!

[Hy is gestraf vir elke soort sonde wat ek en jy al ooit gepleeg het en waarmee ons

nou nog besig is. Alle sondes het Hy op Hom geneem.] Die straf wat vir ons vrede

moes bring was op Hom, deur SY wonde het daar vir ons genesing gekom. Lees

67

hierdie sin weer! Hy het reeds die genesing vir jou siekte bewerkstellig, neem dit

aan en maak dit jou eie.

1 Pet 2:24 Deur Sy wonde is julle genees!

Let op: Die woord “is” word gebruik, nou! Ook jy met die “drug” “drank” “woede” en

“kanker” probleem! Jesus het jou siekte op Hom geneem. Het jy al die volgende frase

gehoor: “As dit God se wil is dat ek genees, dan sal Hy my genees, anders sal ek die

pad loop wat Hy vir my beplan het.” As almal dan genees is wat in daardie tyd na

Jesus toe gekom het vir genesing, wat is die verskil dan tussen daardie tyd en

vandag?

Ek moes al die interessantste teologiese redenasies aanhoor wat predikers hulle

gemeentelede mee troos, as redes waarom die persoon nie genees nie. Om een of

ander rede word mense kwaad en begin hulle onmiddellik met jou argumenteer as jy

hulle met hierdie feite konfronteer. Baie belangrik is die feit dat hulle gewoonlik met jou

argumenteer sonder om seker te maak wat die Woord van God daaroor te sê het. Die

meeste van hierdie stellings is vooropgestelde idees wat hulle eie persepsie van geloof

en genesing weerspieël. Soms is dit `n leraar of `n kerkgroep se seining. Vergewis jou

asseblief van al die feite in die Nuwe Testament, en onthou baie mooi dat Jesus se

oorwinning oor alle sonde, vloeke en lyding nie van toepassing in die Ou Testament

was nie, omdat Jesus die vervloeking van sonde op Hom geneem en dit in die Nuwe

Testament gebeur het.

Vooropestelde idée:

Siekte en lyding kom van God af

God maak my siek. Hy straf my met siekte.

God en Jesus se koninkryk is nie onderverdeeld nie. Hoekom sê ek so?

Indien dit jou redenasie is dat God Almagtig mense siek, dood, verlam, blind maak

en Jesus genees almal voor die voet wat na Hom toe kom, dan is Hulle koninkryk

mos verdeeld of hoe?

Jesus verduidelik self wat gebeur as `n koninkryk onderverdeeld is.

Matt 12:22-26 Hulle het toe `n man wat in die mag van `n bose gees was, na Jesus toe

gebring. Die man was blind en stom. Jesus het sy gebrek genees, sodat hy weer kon

praat en sien. En die hele menigte mense was verslae en het gesê: “Is Hy nie miskien

68

die Seun van Dawid nie?” Die Fariseërs het hiervan gehoor en gesê: “Hy dryf bose

geeste uit alleen met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose

geeste.” Jesus het egter geweet wat hulle dink en Hy het vir hulle gesê: “Elke

koninkryk wat onderling verdeeld is gaan te gronde, en geen stad of huis wat

verdeeld is, sal bly staan nie. As die satan dan die satan uitdryf, is hy teen homself

verdeeld; hoe kan sy ryk dan bly staan?”

Asseblief redeneer saam met my!

Jesus maak dit vir ons baie duidelik in Matteus 12:25 dat `n koninkryk wat

onderverdeeld is ten gronde sal gaan. Indien God en Jesus se koninkryk

onderverdeeld was en Jesus het in die nuwe Testament gekom om ons totaal te bevry

van die juk van sonde, siekte en lyding, waarom beskuldig ons dan vir God vir

siektes en rampspoed?

Is dit dan God Almagtig, Soewerein en Sondeloos wat in ontoeganklike lig woon,

wat ons siek maak? Wat ons dood maak? Wat ons sondig maak? As ons redeneer dat

dit God is wat ons siek, dood of sondig maak, dan moet ons aanvaar dat God vir

Jesus gesê het: “Luister, Ek sal die mense verlam blind en dood maak, dan laat Jy

hulle loop, laat hulle sien en maak hulle weer lewend. Ons maak van Jou `n hero,

dan kan Jy in `n oogwenk `n groot aanhang onder die mense kry! “Mens, vergeet jy dat

God Almagtig, Soewerein en Sondeloos is en dat Hy in “ontoeganklike lig” woon?

Vergeet jy dat Jesus alle sondes, siekte en lyding op hom geneem het sodat ek en jy

daarvan bevry kan wees?

Het God die Vader `n gesplete persoonlikheid?

Ons kan ons siek redenasie verder voer en verklaar dat “God Almagtig” die een in die

Drie-eenheid is, wat `n gesplete persoonlikheid het, terwyl Jesus sorg vir die balans

met Sy gesonde persoonlikheid. Johannes 10:10 sê mos dat Jesus vir ons die lewe en

dit in oorvloed kom gee het. God het dan met Sy volle wese IN Jesus gaan woon.

[Kolossense 1] Het Jesus dan die gesplete persoonlikheid? Nee, Hy het nie!

Joh 6:38 Ek (Jesus) het van die hemel af gekom, nie om My wil te doen nie, maar die

wil van Hom (Vader) wat My gestuur het.

Hulle koninkryk is nie verdeeld nie. Om God te verdink as die oorsaak van jou

ellende is om Hom korrup te verklaar.

69

Teenoor wat die Bybel ons leer van God Drie-enig.

Joh 17:21-23 Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek

in U, dat hulle ook in Ons mag wees, … Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome

een kan wees...

Ons is veronderstel om in `n verhouding met God en Jesus te wees. Die Gees van

God, die Gees van Christus, naamlik die Heilige Gees woon in my. Ek is dus in `n

verhouding met die Goddelike Drie-eenheid. Indien `n mens in `n verhouding met

iemand is, is daar `n paar ongeskrewe reëls wat altyd ingedagte gehou moet word.

Byvoorbeeld, gestel jy is in `n verhouding, of `n huwelik met `n ander persoon en een

van die twee partye is, ontrou, korrup, selfsugtig, oneerlik of doen dinge aan die ander

party wat hom/haar seer maak, kan die verhouding nie werk nie. Daar sal die heeltyd

gevoelens van wantroue, en hartseer wees. Die grootste oorsaak van die verhoudings

probleme is dat die partye mekaar nie meer kan vertrou nie. Kortom daar is geen

vertroue tussen die partye nie en hulle kan nie meer op mekaar reken nie. Hulle is dan

onderling verdeeld. Daar kan niks goeds of positiefs uit so`n verhouding voortspruit nie.

So `n verhouding breek dan ook op, gewoonlik met rampspoedige gevolge.

Hierdie reël geld ook vir die verhouding tussen ons en die Goddelike Drie-eenheid.

Indien ons God daarvan verdink dat Hy die oorsaak is vir die teëspoed, hel en pes in

ons lewe, dan is die vertrouensverhouding tussen ons en God Drie-enig mos reeds

geskaad. Hoe kan jy Hom dan verder vertrou vir ander belangrike dinge in jou lewe?

Hoe kan jy dan verder deel wees van hierdie “EEN WEES MET GOD DRIE-ENIG, God

in Jesus, Jesus in ons sodat ons EEN kan wees?”

Jesus gee vir ons `n voorbeeld van die perfekte Vader. `n Vader wat sy kinders

onvoorwaardelik korrupsieloos lief het:

Matt 7:9-11 Watter mens onder julle sal vir sy seun `n klip gee as hy brood vra, of `n

slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge

te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan

die wat dit van Hom vra?

Lees ook:

Luk 11:13 “…As julle wat slegs is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee –

Die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

Skuif jou vooropgestelde idees na agter en begin deur die Heilige Gees redeneer.

70

Jesus sê in Matteus 11:30 My juk is sag en My las is lig.

Jesus is die Nuwe Testament – die nuwe Verbond. Alles het verander met die koms

van Jesus, met ander woorde die aanbreek van die Nuwe Testament. Jesus het die

vervloekte in my en jou plek geword.

Hy het die straf vir my sonde so volledig op Hom gevat, en vir ons die totale en

volkome oorwinning oor lyding, siekte en sonde bewerkstellig, Matteus 8:17. Jy kan

nie as `n vervloekte na God Almagtig gaan nie! Dus alle vervloekings wat op die

mens was, is saam met Jesus aan die kruis vasgespyker, ook die vervloeking van

siekte, sonde en lyding.

`n Christen moet in oorwinning leef. Begin bid as `n oorwinnaar oor jou situasie en loof

en prys Jesus vir die oorwinning wat hy lank reeds aan die kruis van Golgota vir jou

bewerkstellig het, en begin die oorwinning uitspreek oor jouself en jou situasie. Spreek

lewe, nie dood nie, en kyk wat gebeur!

Die meeste Christene gaan deur hulle hele Christenlewe en leef nooit in die wonderlike

oorwinning as vrygemaakte Christen nie. Nee, hulle leef as gevangenisse in die

gevangenis waarin die mens gevange gehou was, voordat Jesus die Verlosser vir ons

sonde, siekte en lyding geword het. Die mens was `n vervloekte as gevolg van sy

sonde. Wat wil ek alles hierdeur sê?: Jesus het alle soorte vervloekings wat op die

mens was, op Hom geneem. Ek bedoel elke soort vervloeking wat daar in die Ou

Testament op die mens gerus het, is saam kruis toe, en is daar vasgespyker aan die

kruis. Jesus het dit op Hom geneem.

Indien daar enige lyding in jou lewe is, of dit mishandeling van `n eggenoot is of `n

siekte toestand, maak nie saak wat die lyding is nie, Jesus het die vervloekte geword in

jou plek, en alle lyding op Hom geneem in jou plek, sodat jy nie meer hoef te ly nie! Dit

kom nie van God af nie.

Nêrens in die skrif staan daar dat Jesus ons sondes onmiddellik vergewe maar

siekte en lyding het `n wagtydperk nie!

Van wie kom siekte sonde en lyding?

Wie is dan die skuldige ten opsigte van siekte en lyding? Petrus stel dit in Sy eie

woorde so:

1 Pet 5:8 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos `n

brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

71

Joh 10:10 `n Dief [satan] kom net steel en slag en uitroei; Ek [Jesus] het gekom sodat

hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Dit is satan wat van jou kom steel, slag en uitroei.

Jesus sê vir ons in die Bybel dat: siekte, sonde en lyding van satan af kom. Jesus wil

hê dat ons moet weet dat Hy die vervloekte in ons plek geword het sodat ons bevry

kan wees van sonde, siekte en lyding. Jesaja 53:4-5.

Jesus wil hê ons moet weet dat Sy juk sag is. Dis ons wat nie die Bybel ken nie. Ons

ken en verstaan die Woord van God net ten dele daarom beskuldig ons God

Almagtig dat Hy die korrupte is. Ons beskuldig Hom en sê dis Hy wat van ons kom

steel en slag en uitroei.

Die mens en lyding

Gaan lees 1 Pet 4:12-19 Die enigste lyding wat ons op die aarde sal hê is vir die Naam

van Jesus Christus.

Die enigste lyding wat die mens in die Nuwe Testament sal ervaar, is die lyding vir die

naam van Jesus Christus. Alle fisiese lyding het Jesus op Hom geneem. 1 Pet 4:12-

19.

72

Hoofstuk 4.4.2

Genesingsvoorwaardes

Voordat jy hierdie hoofstuk lees maak seker dat jy die vorige hoofstuk oor

vooropgestelde idees ten op sigte van genesing gelees het en dit verstaan. Kom

ons gaan kyk na die beginsels en voorwaardes wat daar was, indien Jesus iemand

genees het.

Hy het almal genees wat na Hom toe gekom het. Almal! Daar was egter `n paar

voorwaardes. Indien jy die Evangelies bestudeer sal jy lees dat Jesus een van ses

dinge gedoen het, indien Hy iemand genees het en dit word vervolgens bespreek.

Ses voorwaardes vir genesing:

Beginsel 1: Geloof

Beginsel 2: Sonde

Beginsel 3: Duiwels (bose geeste) uitgejaag

Beginsel 4: Bevryding van vloeke en bindinge

Beginsel 5: Omdat Hy wou – dit was Sy wil

Beginsel 6: Hy het almal genees wat na Hom toe gekom het

Wat het Jesus gedoen as Hy iemand genees het? Hy moes tog vir ons `n voorbeeld

gestel het waarvolgens ons moet doen, werk en bid indien ons siek is? Lees asseblief

aandagtig.

Weer eens is dit belangrik dat jy moet onthou dat Jesus die voorbeeld vir ons gestel

het, sodat ons in Sy voetspore moet volg. Vergewis jou van wat Jesus gedoen het

indien jy vir iemand of vir jouself wil bid vir genesing. Hou ingedagte dat dit die Gees

van Jesus is wat in jou woon, daarom is dit belangrik dat jy sal doen wat Hy gedoen

het indien Hy iemand genees het.

Ef 5:1 Omdat hulle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle Sy voorbeeld

volg.

Hoe kan ek in Jesus se voetspore volg en hoe gaan ek dit regkry?

Joh 14:12 sê dat wie in Jesus glo ook die dinge kan doen wat Hy gedoen het, meer

nog, ons sal groter dinge as dit doen, omdat Jesus na die Vader gaan en ons die

Heilige Gees gaan ontvang.

73

Jy het heeltemal reggelees. Ons is veronderstel om Jesus se werk voort te sit hier op

aarde. Die Woord sê so!

Ons moet Jesus se werk hier op aarde voortsit. Doen ons dit?

As ek dit reg lees, sal ek en jy net soos Jesus, gevul wees met die Heilige Gees en nog

groter dinge doen as Jesus. Dit terwyl Jesus mense uit die dood opgewek het, blindes

laat sien, verlamdes laat loop het! Klink dit nie vir jou of God groot planne met ons

gehad het toe Hy ons geskape het as Sy verteenwoordigers nie? Indien ons met God

se Gees, die Heilige Gees, die Gees van Christus gevul kan wees, dan is dit mos

moontlik.

Genesis 1:26 God gee die mens opdrag om as Sy verteenwoordiger op die aarde

te heers. Hy wou self nie hier heers nie, maar wou hê dat ons, die mens, namens

Hom moet heers as Sy verteenwoordiger hier op aarde.

Johannes 17:22-23 Onthou God Almagtig will hê ons moet een wees.

Ek wil hê dat ons weer by Johannes 17:22 sal stilstaan. Jesus was besig om te bid:

Hy het bevestig dat die heerlikheid wat Ons Vader aan Hom gegee het, het Hy ook aan

ons gegee, sodat ons almal een kan wees. Jesus in ons, en God in Jesus. In watter

vorm sal dit wees? In die vorm van die Heilige Gees van God wat in ons woon.

Onthou God Almagtig het met Sy hele Wese IN Jesus gaan woon. Hierdie Wese

is die Gees van God, en ons is ook in die posisie om die Heilige Gees in ons

tempels te kan huisves. Die hele doel met hierdie handeling is dat, ons almal een

kan wees.

Dit is baie belangrik dat indien ek soos Jesus as God se verteenwoordiger wil heers

dan sal ek my deeglik moet vergewis van hoe Jesus die dinge gedoen het.

LEES JOU BYBEL!

74

Geloof

Beginsel 1: Geloof en Siekte

Jy moet die nodige geloof hê om gesond te word

Hy het gesê: Jou geloof het jou gered:

Jak 1:6-8 … maar `n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat

twyfel, is soos `n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en

weer gedryf word. So `n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al

sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.

Die nie-Joodse offisier

In Matt 8:5-13 lees ons dat `n nie-Joodse offisier na Jesus toe gekom en vir

genesing gevra het vir sy verlamde slaaf. Jesus het onmiddellik gesê dat Hy na

die slaaf sal gaan en hom gesond sal maak. Die offisier het egter in alle

nederigheid gesê dat hy dit nie werd is dat Jesus in sy huis moet kom nie, Jesus

moes net `n woord spreek en die slaaf sou genees.

Vers 10 Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor, en Hy sê vir die mense wat agter

Hom aangekom het. “Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so `n

groot geloof teëgekom nie.”

Vers13 “Gaan terug en wat jy geglo het sal gebeur” en sy slaaf het op daardie

oomblik gesond geword.

Van watter tipe geloof word hier gepraat?

Is dit geloof in die Goddelike Drie-eenheid? As dit geloof in die bestaan van God

Drie-enig is, het ons nie een `n probleem nie. Ek glo onwrikbaar in die bestaan van die

Vader, Seun, en Heilige Gees. Het die Offisier op daardie stadium in die Goddelike

Drie-eenheid se bestaan geglo? Die antwoord is nee, die Heilige Gees was nog nie

eens aan die mense bekend nie, so hoe kon hy in die bestaan van die Drie-eenheid

geglo het? Waarin het Hy dan geglo?

Afgelei hieruit moet daar definitief `n ander dimensie van geloof wees, waarvan hier

gepraat word. Baie mense glo dat die woord geloof beteken dat jy net moet “glo” in

die bestaan van die Goddelike Drie-eenheid. Anders gestel, jy moet net glo in God,

Jesus en die Heilige Gees. As dit die enigste tipe geloof is wat jy nodig het om te

genees en waarvan Jesus praat as Hy sê “Jou geloof het jou gered,” dan moes ek en

75

jy al verskeie mense gesond gebid het slegs met die geloof dat die Goddelike Drieeenheid

bestaan. Dit het egter nog nie gebeur nie en daarom moet ons gaan uitvind

van watter dimensie van geloof praat Jesus as Hy sê “jou geloof het jou gered.”

Jakobus 2:19 sluit aan by bognoemde redenasie.

Die bose geeste glo ook in God

Lees wat sê Jak 2:19: Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste

glo dit ook en hulle sidder van angs.

Hierdie is `n baie duidelike bewys dat die geloof in die bestaan van God Almagtig en

Jesus asook die Heilige Gees nie al geloof is nie, want so vêr ek die skrif reg verstaan

is die bose geeste se lot reeds bepaal en is hulle sterk oppad hel toe!

Watter soort geloof het hierdie offisier dan gehad?

Dit is beslis ook nie die geloof dat as dit U wil is dat my slaaf genees, sal hy genees

nie. Nee, dit is: “Ek weet U sál my slaaf genees, ek weet U sal dit vir mý doen, ek weet

U sal dit vir my slááf doen, ek weet U doen dit vir almal wat U vra, spreek net `n

woord!”

Hierdie man moes stories oor Jesus gehoor het en dit geglo het. Onthou, hy het Jesus

nie persoonlik geken nie en al die dinge wat hy van Jesus gehoor het, was stories en

verhale wat sy ore bereik het deur mense wat oor en van Jesus gepraat het. Wat is die

verskil tussen hierdie offisier en ons? Daar is byna geen verskil nie. Ons het net soos

hy op daardie stadium, Jesus nie fisies self ontmoet nie, en net soos hy het ons nog

net van Jesus gelees, hy het net stories gehoor. Sy bronne moes baie geloofwaardig

gewees het, net soos ons bron naamlik die Bybel. Hoeveel meer geloofwaardiger was

sy bronne as die Bybel van ons tyd, dat hy soveel geloof gehad het, dat hy kon sê:

“spreek net `n woord.” Het hy meer stories gehoor as wat ons voorbeelde in die Bybel

het? Maak nie saak hoeveel of watter stories hy van Jesus gehoor het nie, alles wat hy

gehoor het, het die volgende feite ingemeen gehad naamlik:

Feit 1: Hy het die GELOOF gehad in Jesus se KRAG en VERMOË

Hy het die geloof gehad dat Jesus oor die vermoë beskik om iemand te genees, en

selfs dooies op te wek. Hy het glad nie getwyfel oor die krag wat in Jesus werksaam

was nie. Ons het die voorreg vandag, om te weet dat hierdie krag wat in Jesus

werksaam was, die Heilige Gees is.

Hy was bewus van die feit dat hierdie krag of vermoë wat Jesus gehad het te alle tye

IN Hom teenwoodig was, want Jesus het nie eendag genees en wonderwerke gedoen

76

en die volgende dag het Hy dit nie heeltemal of glad nie reggekry nie. Hy het te alle tye

van die dag en die nag wonderwerke gedoen, mense genees, en dit reggekry.

Feit 2: Hy het GEGLO Jesus sal hom nie WEGWYS nie

Jesus het nooit iemand wat na Hom gekom het vir genesing, weggewys nie. Nooit

ooit nie. Hy het almal genees wat na Hom toe gekom het. Die offisier het geweet dat

Jesus geen diskriminerende voorwaardes gestel het voordat Hy iemand gehelp het nie.

Jesus het nie gediskrimineer oor voorkoms, ras, geslag, volk, ensovoorts nie. Waar

staan dit in die Skrif dat Jesus se houding jeens bogenoemde feit naamlik dat Hy nooit

iemand weggewys het nie, en nooit iemand sal wegwys nie, gaan verander? Nêrens

nie. Jesus is gister, vandag en môre presies dieselfde! Jesus het nooit iemand

weggewys wat na Hom toe gekom het vir genesing nie. Hy sal dit ook nie vandag

doen nie. Die offisier het dit ook geweet.

Feit 3: Die Offisier het GELOOF gehad in Jesus se INTEGRITEIT

Hy het ook geloof gehad in Jesus se goeie geaardheid en Sy persoonlikheid. Hy het

geweet vir wie en vir wat Jesus gestaan het. Hy het geweet soos wat Jesus gister was

so sal Hy vandag ook wees. Hy het meer geloof gehad in Jesus die Christus en

Verlosser van alles wat boos is, onder andere siekte, dat as die Offisier vandag

sou leef, sou hy weet dat die Jesus wat in die begin van die Nuwe Testament

geleef het ook dieselfde goeie dade vandag tweeduisend jaar later doen en sal

doen.

Daarom kom hierdie offisier met soveel selfvertroue en sê: “Spreek net `n woord!”

Vrou wat aan bloedvloeiing gely het.

In Matteus 9:20-22 lees ons van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het. Sy het `n

baie sterk versekerde geloof gehad dat Jesus oor die krag besit om haar te genees.

Haar geloof was so sterk en so versekerd dat sy nie na Hom toe gegaan het met `n

versoek dat Hy haar moet genees nie, nee, sy het geweet Hy besit die krag, asook

die vermoë, om te alle tye te genees, al wat sy moes doen was om aan Hom te

raak!

[Kom jy werklik by Jesus uit met jou probleem, of kom jy net tot naby Hom?]

In albei gevalle het hierdie twee mense die geloof gehad dat Jesus die vermoë en

krag gehad het om te genees. Verder het hulle geweet Hy sal dit doen, omdat Hy nog

nooit iemand weggewys het nie. Hulle het geweet dat Hy hierdie wonderlike salwing

aan almal gee wat na Hom toe gekom het en dit was verniet.

77

Hoe kom `n mens by Jesus se soom uit?

Ek het `n paar weke gelede `n “knop” aan my ontdek wat my baie onrustig gemaak het.

Ek het redelik onthuts voor my Vader gaan kniel en gebid. Ek het geweet dat ek so gou

as moontlik aan Jesus se soom moes raak!

Hoe raak jy aan Sy soom?

Werk asseblief hierdie gedeelte saam met my stap vir stap deur.

Jy moet na die Bybel gaan en jou gaan vergewis van al die Bybelse beginsels. Ons

gesin gebruik elke aand nagmaal. Tydens die breek van die broodjie bely ons dat dit

Jesus se liggaam is wat oopgebreek was sodat Sy bloed uit Sy liggaam kon vloei

om nie net my skoon te was van alle sondes nie maar ook om volgens Jesaja 53:4-

5 as bewys te dien dat Hy my siektes en lyding op Hom geneem het. Ek is nou bevry

daarvan, Hy Jesus het dit op Hom geneem, in my plek. Die wyn simboliseer Jesus se

bloed wat vir ons gevloei het.

Nadat ons nagmaal gebruik het begin ons as gesin om met lofsang ons Vader te prys.

Wat beteken dit om te “worship” of om dit beter te stel, om met sang ons Vader te

prys? Is dit net `n klomp liedjies wat ons sing? Nee! Jy moet op Vader se voete gaan

sit of op enige plek by Hom waar dit vir jou gemaklik is. Jy moet jou arms om Hom vou

en dan begin jy Hom prys vir wie Hy is. Jy sing vir Hom. Jy prys Hom, terwyl jy Hom

styf vashou!

Wat het gebeur toe Paulus en Silas in die pik swart donker tronk, geboei en sonder

enige uitkoms, begin sing het tot eer van ons Vader?

Hand 16:24 Op hierdie bevel het hy hulle in die binneste sel opgesluit en hulle

voete in die houtblok vasgeklem. Teen middernag was Paulus en Silas besig om

te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenis het na hulle geluister.

Skielik kom daar `n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud

het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan en al die gevangenes

se boeie het losgeraak.

Jy wat hier lees en nie uitkoms sien vir jou probleem nie? Waar is jy anders as in die

middel van die tronk met jou voete in houtblokke vasgesluit?

Wat het ek, Elize met my “knop” gedoen?

Wat die Bybel vir my sê om te doen. Ons het nagmaal gebruik en ek het bely dat My

Jesus hierdie “knop” op Hom geneem het. Ek het Sy bloed op hierdie knop gesalf. Ek

is skoongewas met Sy bloed en hoef nie daardie lyding te dra nie. Daarna het ek gaan

78

sit op My Vader se voete, op my “Daddy” se voete en ek het begin worship soos

Paulus en Silas my nie kon na doen nie. Ek het daar gebly totdat ek geweet het dat ek

aan Jesus se soom geraak het!

Die knop was die volgende oggend nog daar en my geloof was aan die wankel totdat

ek besef het ek moet aanhou “worship” totdat die tronkdeur oopgaan, en ek het.

Nodeloos om te sê dat later daardie middag was die knop weg!

Hou ons nie te gou op om Vader te dank vir die oorwinning wat reeds 2000 jaar terug

by Golgota vir ons plaasgevind het nie? Kom ons werklik by Jesus se soom uit?

Teenoor: Ongeloof

Mark 6:1-6 vertel ons van Jesus wat in Nasaret aankom en in die Sinagoge die

mense begin leer het: Hulle het vir mekaar gesê: “Waar kom Hy aan al hierdie

dinge, en watter besondere gawe van wysheid het Hy dat sulke kragtige dade

deur Sy hande plaasvind” [Tot op hierdie oomblik het Jesus hulle erg beindruk].

Maar:

….toe begin hulle onder mekaar redeneer. Is Hy nie `n timmerman, `n seun van

Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? En is dit dan nie Sy

susters wat hier by ons woon nie?

Vers 5 Hy kon daar geen enkele wonderwerk doen nie, behalwe dat Hy Sy hande

op `n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het. Hy was verbaas oor die

ongeloof van die mense.

Wat staan duidelik hier uit?: Ongeloof kan tussen jou en genesing of enige ander

oorwinnings staan.

Waar begin ongeloof? Sodra ons begin redeneer met onsself, met ander naby aan

ons, met mense wat ons beskou as mense wat behoort te weet, ensovoorts.

Onkunde! Ons ken nie die Woord van God nie, ons leef nie in die oorwinning wat

Jesus reeds by Golgota vir ons bewerkstellig het nie. Ons ken nie die Skrif nie!

Twyfel, bring ongeloof in die hart. Daar is verskeie voorbeelde in die Woord dat jy nie

moet twyfel nie. Die een wat dadelik tot die gedagte kom is, waar Jesus sê: “As julle

geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het.”

[Matteus 21:21]

79

Spreek lewe, nie dood. Ek ken mense wat die een oomblik sê: “Ek weet God sal my

genees, maar môre, of oormôre as die pyn of situasie te veel word dan spreek hulle

weer die dood oor hulleself uit, deur te sê: “Ek weet God sal my genees as Hy wil, op

Sy tyd, of ek sal die juk met verdraagsaamheid dra wat God my opgelê het,”

ensovoorts. En daar verdwyn al die sogenaamde “geloof”.

Ek glo ongeloof is een van die belangrikste punte waarom so baie mense nie genees

word nie. `n Mens sal `n boek kan skryf oor al die redes wat mense aanvoer, waarom

hulle nie kan genees nie. Jy sal `n nog dikker boek kan skryf oor die redes wat

hulle geliefdes aanvoer oor waarom God nie hulle gebede vir genesing wil

verhoor nie.

Ek onthou dat ek eenkeer vir `n man wat aan kanker gely het gebid het. Sy

werkskollegas het hom na my verwys. Ek het al baie vir siekes gebid, maar hierdie

keer was een van die kere wat ek gesukkel het om enigsins `n deurbraak te kry tydens

gebed. Dit het vir my gevoel of ek teen `n muur vas bid. Ek het Vader toe gevra Hy

moet asseblief vir my wys wat aangaan, en Hy het!

Ek het dit so aan die man verduidelik. “Ek, Elize, glo onwrikbaar dat die Heilige Gees,

die Gees van Christus - wat volgens Romeine 8:9-11, Jesus uit die dood opgewek het

IN my woon, en toe Hy Jesus uit die dood opgewek het, het Hy satan en elke soort

boosheid, insluitend [Jesaja 53:4-5] elke soort siekte, lyding, en sonde oorwin. Met die

Heilige Gees IN my, bid ek nou as oorwinnaar oor die siekte, en gebied ek die siekte in

die naam van die oorwinnaar - Jesus - om jou (die man) te verlaat, en ek salf Jesus,

die oorwinnaar se bloed van genesing oor jou. Maar, ek, Elize glo dit! glo jy, hierdie

kankerlyer dit? Dit is jý wat dit moet glo en verstaan, en jý doen dit nie.”

Dis nie net my geloof wat hier ter sprake is nie, hierdie man moet ook onwrikbaar glo

dat die Gees van Christus, die Heilige Gees, die Gees van God [Romeine 8] elke soort

siekte en lyding oorwin het toe Hy Jesus uit die dood opgewek het. En dat hierdie

selfde Gees nou IN die kankerlyer woon en beslis nie die kankerlyer se tempel

[liggaam 1Korintiërs 6:19] wil deel met `n gees van ongeloof nie. Voordat hy dit nie glo

nie, en voordat hy dit nie verstaan en sy eie gemaak het nie, kan ek bid dat ek blou

word met eelte op my knieë!

Dit wat jy gló sal Gebeur: Die Bybel is baie duidelik hieroor:

Matt 9:27-31 Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom

gevolg. Hulle het aanhoudend geskreeu:

“Ontferm U tog oor ons, Seun van Dawid!” Jesus het in die huis ingegaan, en die

blindes het daar na Hom toe gekom. Hy vra toe vir hulle: “Glo julle dat Ek dit kan

80

doen?” “Ja, Here” antwoord hulle Hom. Toe raak Hy aan hulle oë en sê: “Wat

julle glo, sal gebeur.”

Bid gelowig, moenie twyfel

Jak 1:5 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid en Hy sal dit

aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

[God wil vir jou in oorvloed gee, maak nie saak wie jy is nie. Hy wil vir almal sonder

enige voorbehoud en verwyt gee.]

Maar:

Jak 1:6-8 Maar `n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie. Want iemand wat

twyfel, is soos `n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en

weer gedryf word. So `n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al

sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.

Hoor jy wat die Woord van God te sê het oor ongeloof? `n Mens wat twyfel, is

onbestendig in al sy weë en sal niks van God ontvang nie. Dit is `n verskriklike straf.

Hierdie straf kom nie van God af nie, dit is `n straf wat jy oor jouself bring. Jy sal niks

van God ontvang nie, die rede? Ongeloof.

Alles wat jy begeer moet jy van God bid

Alles wat jy begeer moet jy van God bid. Dit is so `n belangrike deel van ons geloof dat

ons dit moet memoriseer! Jakobus sê dat indien ons wysheid kortkom, moet ons dit

van God bid en God sal dit vir ons gee! Hierdie wysheid tel vir alles wat jy nie weet nie

en wil weet. “Vader leer my asseblief wat is geloof,” “om reg te glo!” “Vader leer my

asseblief bid,” “Vader wys my asseblief wat staan tussen U en my ten opsigte van my

siekte en die genesing daarvan, my finansiële nood, my geliefde en die se siekte

toestand,” ensovoorts. Hoor wat sê Jesus vir die pa van die siek seun, in Markus:

Mark 9:23 “As U iets kan doen, sê jy,” antwoord Jesus. “Vir die een wat glo, kan

alles.”

Kyk wat antwoord die pa hierop:

Mark 9:24 “Ek glo” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ONGELOOF.”

Hy het Jesus gevra om hom te help in sy ongeloof, daarom kan ons ook! Die Woord

sê: Jy moet gelowige bid en nie twyfel nie. Jakobus sê die een wat twyfel is soos `n

81

ander in die see. Daardie water in die brander beweeg vorentoe en agtertoe en

bereik niks. Jakobus sê verder dat `n mens wat twyfel is onbestendig in al sy doen en

late, hy moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.

Dit is wrede woorde. Jy sal nie ontvang as jy ongelowig bid nie. Wreed maar

waar! Kom ons gaan kyk wat is die betekenis van die woord geloof in Hebreeus asook

wat sê Hebreërs 11 vir ons wat is geloof.

The Greek word “Pistis” means conviction of the truth of anything, belief; in the New

Testament of a conviction or belief respecting man's relationship to God and divine

things, generally with the included idea of trust and holy fervour born of faith and joined

with it.

Wat is geloof?: pivstiß Pistis. Opsomming uit Hebreërs 11:1-40:

• Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te

wees van die dinge wat ons nie sien nie.

• Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die Woord van God geskep is.

• Omdat Abel geglo het, het hy `n beter offer aan God gebring as Kain.

• Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy `n opregte

man is, want God het sy offers aangeneem.

• Omdat Henog geglo het, is hy weggeneem sonder dat hy gesterf het. Van

hom word getuig dat hy, voordat hy weggeneem is, geleef het soos God dit

wou.

• Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku

is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou

om sy huisgesin te red. [Ongeveer 100 jaar lank gebou.]

• Sy geloof was `n veroordeling van die wêreld, maar dit het hom erfgenaam

gemaak van die vryspraak wat deur die geloof kom.

• Omdat Abraham geglo het, het hy hoewel Sara onvrugbaar was en hy te oud,

krag ontvang om `n kind te verwek, die gevolg was dat daar van een man, `n

man wat nie meer `n kind kon verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos

die sterre in die hemelruim en so baie soos die sand van die see.

• Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te

verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig,

en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is.

• Omdat Abraham geglo het, het hy toe hy op die proef gestel is, Isak as offer

afgestaan. Hy was daarvan oortuig dat God by magte is om uit die dood op te

wek.

• Omdat Moses geglo het, het hy Egipte verlaat sonder dat hy vir die woede

van die koning bang was.

82

• Omdat Moses geglo het, het hy die pasga ingestel en die bloed aan die

deurkosyne laat smeer sodat die engel van die dood nie die eersgeborenes

van Israel sou tref nie.

• Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor

droë grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen

het.

• Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle

sewe dae daaromheen getrek het.

Kan iemand anders namens jou glo?

Die laaste vraag waarmee ek jou wil laat ten opsigte van geloof is dit: Behalwe vir jou

eie kinders - ons sal outoriteit later behandel, - kan jy vir iemand anders glo?

Kan jy vir iemand anders tot bekering kom?

Die antwoord is eenvoudig: God wil `n intieme verhouding met jou hê. Hy wil nie `n

intieme verhouding deur iemand anders met jou hê nie. Ek glo dit geld ook in die

geval van siekte, lyding en beproewing, behalwe in die geval van kinders, want jy het

die outoriteit oor jou eie kind. Jou eie kinders val onder jou geloof en outoriteit.

Genesing en lyding is `n saak tussen God en die betrokke persoon. `n Geliefde of

buitestaander kan slegs in `n ondersteunende rol bid.

Die saak is tussen God en die betrokke persoon. Indien jy nie met my saamstem nie,

vra jou self die vraag af: Kan jy namens iemand anders tot bekering kom, en jou

hart vir Jesus gee namens iemand anders? Nee, maar jy kan wel bid dat daardie

persoon tot bekering sal kom, en jy kan wel vir God vra om asseblief in te gryp in

daardie persoon se lewe om te voorkom dat sy siel hel toe gaan. Dieselfde beginsel

geld by genesing.

Dit is die geloof wat ons het in ander mense se sienings van die Bybel, wat veroorsaak

dat ons nie die Bybel self lees en ondersoek wat reg en verkeerd is nie, asook maak

dat ons nie `n intieme verhouding met God kan hê nie. Ek glo bogenoemde aspek was

een van die redes waarom Jesus uitgeroep het in Matteus:7:21-23:

Nie elkeen wat vir My sê: “Here, Here,” sal in die koninkryk van die hemel ingaan

nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal

daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons dan nie in U Naam gepreek nie, deur U

Naam bose geeste uitgedryf en deur U Naam baie wonders gedoen nie?” Dan sal

Ek openlik vir hulle sê: “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle

wat die wet van God oortree.”

83

Leef Heilig want Ek is Heilig

Sonde

Beginsel 2: Sonde en Siekte

Matteus 9:2-7 Daar het hulle `n verlamde man wat bedlêend was na Hom toe gebring.

Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde. “Vriend, wees gerus; jou sondes

word vergewe.” Party van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: “Hy praat

godslasterlik” Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê vir hulle: “Waarom het

julle sulke slegte gedagtes in julle harte? Wat is makliker? Om te sê: ‘Jou sondes word

vergewe,’ of om te sê: ‘staan op en loop?’ Maar ek gaan nou vir julle die bewys

lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.” Hy sê

toe vir die verlamde man: “Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.” Hy het op

gestaan en huis toe gegaan.

Bogenoemde stuk, stel dit baie duidelik dat hierdie man se sonde het iets te

make gehad met sy siekte. In dié geval was sonde die enigste ding wat tussen die

verlamde man en genesing gestaan het. Inteendeel! Hierdie man se genesing het

afgehang van die feit dat Jesus sy sondes eers moes vergewe. Die enigste afleiding

wat uit bogemelde geval gemaak kan word is dat in hierdie geval genesing en

sondevergifnis saam loop.

Die Seun van die mens het volmag om sondes te vergewe

Ou Testament

Ons moet onthou dat die mens geen genade gehad het ten opsigte van sondevergifnis

in die Ou Tetament nie, daarom is hulle baie keer in die Ou Testament getref met

peste, plae en siektes. Baie van die kere was dit die “Here God” self wat die oordeel

oor die mense uitgespreek het.

Nuwe Testament

Wat gebeur toe in die Nuwe Testament? Die Here God word mens en Hy ontvang

die reg van God Almagtig af om nie net die mens se sonde en straf op Hom te

neem nie, maar ook om sondes te kan vergewe, omdat Hy die mens se straf vir

sy sondes op Hom geneem het. Hy wat Jesus was, is toe gestraf vir ons sondes.

Jesaja 53:4 sê dat Hy nie net alleen die straf vir ons sondes op Hom geneem het nie,

maar dat Hy ook ons lyding op Hom geneem het en ons siektes gedra het. Anders

gestel, Jesus het nou die volmag ontvang om die mens genadig te wees vir al sy

sondes. Die bewys daarvoor was die feit dat hy die man in bogenoemde stuk se sonde

84

in so `n mate vergewe het, dat die man onmiddellik genees is. Daar kan dus geen

twyfel bestaan dat sondevergifnis en siekte in sekere gevalle hand aan hand loop

nie.

Verder het Jesus ons so gereinig van alle sondes dat Sy Gees naamlik die Heilige

Gees nou in ons tempels kan woon. [1 Kor 3:16 asook 1 Kor 6:19] Indien jy nié glo

dat Jesus ons lyding en siektes ten volle op Hom geneem het nie, dan glo jy ook nie

die res van Jesaja 53:4 naamlik dat Hy ook jou sondes op Hom geneem het nie. Jy glo

die Woord van God slegs ten dele.

Wat moet ons doen met ons sonde ten einde genesing te kry?

Jak 5:14-16 As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die

gemeente laat kom en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping

van die Naam van die Here.

En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: Die Here sal hom

gesond maak. [geloof]

As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. [sonde]

Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan

word. [belydenis van sonde]

Die gebed van `n gelowige het `n kragtige uitwerking.

Lees Jakobus 5:14-16 asseblief weer.

Weet ons regtig wat die belydenis van sondes werklik beteken?

Is dit nie juis die rede waarom ons nie genees nie? Hier het ons nou twee voorbeelde

uit die Bybel, een voorbeeld waar Jesus die sonde en die persoon se siekte direk

met mekaar verbind, en dan weer Jakobus wat nie die woord “indien” gebruik nie,

maar “as” daar gelowig gebid word sal die persoon genees. Verder “as” die persoon

gesondig het, sal dit hom vergewe word, en “as” hy sy sonde bely, sal dit vir

hom genesing bring.

Wat is sonde?

Die wil van God is oor die hele Bybel versprei.

“Jy ken die tien gebooie” maar ken jy die Woord van God? Ons as Christene is

geweldig arrogant as dit kom by sonde en die pleeg van sonde. Die meeste van ons

85

“weet mos wat sonde is” en probeer sonde in ons lewe beperk. Maar weet ons regtig

wat sonde werklik is, en behels?

Die Tien Gebooie

Ons ken mos die Tien Gebooie, en oortree sover dit ons kennis strek nie die Tien

Gebooie nie, ook nie in ons gedagtes nie, nè? Maar, weet ons wat die Tien Gebooie

behels. Weet ons wat is die “wil” van God? Het jy al die Bybel deurgelees? Want die

“Wil van God” is in die hele Bybel opgesom en versprei in al die boeke van die Bybel.

Indien jy nog nie die moeite gedoen het om die Woord van God een keer deur te

lees nie, kan jy onmoontlik nie sê jy ken die wil van God nie.

Ken jy die Bybel so goed dat jy presies weet wat jy mag doen en nie mag doen nie?

Die meeste mense is tevrede met die feit dat hulle die Tien Gebooie onderhou, maar

die Tien Gebooie is `n baie verkorte opsomming van `n hele Bybel wat vol is van moets

en moenies. Ons ken nie die Bybel nie, daarom pleeg ons aanmekaar en

onbewustelik sonde.

Ek het al gevind die meeste mense ken net die gewilde verhale van die Ou Testament

en die gelykenisse van die Nuwe Testament. Bestudering van die Woord van God,

en om God te leer ken deur die Bybel, bestaan glad nie in hulle

verwysingsraamwerk van geloof in God nie. [Dit is dan ook diesulkes wat God

permanent beskuldig vir al hulle aardse ellende.]

Ons berus in die interpretasie van die Bybel wat gedoen word deur ander mense.

Vader het dit op my hart gelê om die volgende met jou te deel. Ek was besig om die

Tien Gebooie deur te lees, toe Vader my laat stilstaan by die gebod waar Hy ons

gebied om nie Sy naam te misbruik nie.

Deut 5:11 Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal

die een wat Sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie.

Ek weet wat jy volgende gaan sê: “Ek gebruik die naam van God nie ydelik nie, ek kyk

ook nie televisie, en rolprente wat die Naam van God ydelik gebruik nie, en jy is

heeltemal reg, maar Indien jy verklaar dat jy `n “Christen” is en almal rondom jou en in

die milieu waarin jy beweeg weet jy is `n “erkende Christen” en jy leef nie in elke

opsig van jou lewe jou Christenskap uit nie, is jy in groot moeilikheid.” Hoeveel keer

op `n dag word jy kwaad, vervies jy jou, vloek jy, lug jy jou mening oor hoe jy oor

sekere mense voel sonder om te besef dat jy God se naam en dit waarvoor Hy staan

in die rug steek en in die verleentheid bring nie. Hoeveel van ons is nie al deur

sogenaamde Christene verkul in besigheid nie. Hoeveel van ons het nie al ons

besigheid laat doen deur Christen mense omdat ons die persepsie het dat `n Christen

86

ons nie skade sal laat lei nie. Die gevolg is dat iemand wat nie in God glo nie, sê: “as `n

Christen so leef, wil ek eerder nie `n Christen wees nie.” [Dit is misbruik van God se

naam in die eerste graad!] Is jy een van die Christene wat onregverdige eise aan jou

personeel stel? Is jy een van die Christene wat onmoontlike eise aan ander stel?

Indien jy bely dat jy `n Christen is, misbruik jy Sy naam omdat jy nie jou Christenskap

ten volle uit leef nie! Jy moet as `n bekeerde Christen leef!

Is jy die Christen in die kantoor en of in die gemeenskap wat gewoonlik die

oorsaak van die onmin tussen die personeel is, wat sukkel om `n wag voor jou

mond te sit? Is jy die Christen wat gewoonlik agter die gordyne die skuddings

veroorsaak? Is jy die familielid wat die res van die familie laat sidder by die blote

gedagte aan `n familie byeenkoms?

Jy doen dit so subtiel dat die persoon vir wie jy negatief beïnvloed nie eers agterkom jy

is besig om rimpelings te veroorsaak nie. Gewoonlik is die persoon vir wie jy

manipuleer die heeltyd onder die indruk dat jy dit vir die saak doen, of in die belang van

die gemanipuleerde. Ek ken iemand wat haarself `n Christen noem maar om een of

ander rede niks van my hou nie. Voor my is sy altyd vriendelik, maar agter my rug is

die geluide wat sy maak heeltemal anders. Dus maak nie saak wat ek doen en of sê

nie, sy laat dit altyd by haar man of ander klink of ek haar, of die situasie waarin ons

was, te na gekom het. Wel volgens die Bybel misbruik jy God se naam as jy jou skuldig

maak aan sulke dinge, want jy sê jy is `n Christen, maar jy leef en praat dit nie uit

volgens die Christelike beginsels van die Bybel nie.

Jer 17:9-10 Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan

hom verstaan? Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand.

Die verskil tussen “sonde bely” en “bekering” van sonde

Ek poog elke dag om “sondeloos te lewe” en het gedink ek kry dit nogal amper reg

totdat ons Vader my eendag `n opdrag gegee het om op `n vyf dae “nagmaal vas” te

gaan. Wat `n ervaring. Ek ken die skrif baie goed oor die gebruik van nagmaal en die

oordeel wat jy oor jou self bring indien jy met onbelyde sonde nagmaal gebruik. [meer

besonderhede hieroor later]. Ek en my man moes vir vyf dae, drie keer op `n dag

nagmaal gebruik. Ons gebruik al vir jare elke aand nagmaal, maar nou was dit drie

keer op `n dag.

Drie keer op `n dag gaan sit ons voor die nagmaal tafel en breek die broodjie, en

voordat ons dit eet, bely ons die sonde wat ons die afgelope paar uur gepleeg het.

Elke keer bely ons en bedank ons Jesus dat Hy bereid was om Sy liggaam stukkend te

breek deur die straf vir ons sonde op Hom te neem. Ons bedank Hom opreg dat Hy

87

ereid was om Sy bloed uit Sy liggaam uit te laat vloei, sodat ons tempels skoon

gewas kan word van alle sondes en ons daardeur in die bevoorregte posisie kan

wees om die Heilige Gees in ONS skoongewasde tempel te kan huisves.

Daardeur kan ons weer vir Ons Vader ware Verteenwoordigers hier op aarde wees,

en is ons ook verseker dat ons siele gered is van die ewige dood. Dit was wonderlik,

bevrydend maar tog `n geweldige hartseer en ontnugterde gevoel om te besef wat `n

mens alles verkeerd doen in net ses ure! Veral ten opsigte van gevoelens en gedagte

sondes.

Ons het elke keer elke gedagte, gevoel, emosie, en woord wat moontlik verkeerd kon

wees in die oë van God Almagtig, bely en vergifnis daarvoor gevra.

Die derde dag het Vader ons opdrag gegee dat Hy nie meer tevrede is met slegs die

belydenis van die sonde nie, maar dat ons moet onthou dat vergifnis van sonde,

afhang van die feit dat jy van die sonde moet bekeer. Met ander woorde: Jy mag dit

nooit weer doen nie, anders gaan jy geen vergifnis van sonde ontvang nie. Bekering

beteken nooit weer doen nie.

Ek is heeltemal bewus van die verskil, en die voorwaarde, maar gaan sit stil en bedink

die volgende: Is sonde net iets wat jy doen of sê?

Die verskil tussen “dade-sonde” en “gevoelens-sonde”

Onthou ons kon in vyf dae slegs die broodjie eet en die slukkie wyn drink! Dit was ons

kos. Was dit `n probleem? Ek gaan dit so aan jou stel: Ek bedryf al vir byna nege jaar

my besigheid met God Almagtig elke oomblik in my gedagtes. Sy wil is my wil, al moes

ek en my man al die ergste hoonlag verduur, meestal van mense wat hulle self ons

vriende genoem het, omdat ons God se wil onvoorwaardelik volg.

Ek en my personeel bedryf die skole met Matteus 18:10 in die gedagte, naamlik dat

die kinders se engele direk aan God Almagtig rapporteer. Ons is bewus daarvan dat

God Almagtig se oë die hele dag op ons is, oor hoe ons die kinders hanteer. Ons

probeer elke tree en woord gee met die wete dat God Almagtig se oë op ons gerig is.

MAAR! Soos jy, is ek elke dag in `n werk en of gesinssituasie, en elke dag het maar sy

maat van probleme. In my geval het ek oor die twee honderd kliënte, ouers, wat ek

elke dag sien en met wie ek praat, regtig wonderlike mense, maar die grootste

gedeelte van my kliënte, dink net soos ek en jy dat ons kinders as klein “engeltjies”

gebore is.

Is daar iets verkeerd daarmee? Nee, maar as jy `n swak selfbeeld het ten opsigte

van jou ouerskap, dan projekteer jy gewoonlik die redes vir jou kind se swak

gedrag oor op ander mense. Ander mense is gewoonlik die skuldiges. Sulke ouers

88

glo hul kind se maatjies is die verkeerde invloed, of die boelie, terwyl klein Jannie self

eintlik die boelie in die verhaal is. Jammerlik, maar tog waar, is daar wel ouers wat dink

dit is beter om die kind sielkundig groot te maak, as om die kind te tugtig. Daarom kan

ek jou verseker geen een van my dae is ooit dieselfde nie! Daarby saam grens van die

eise wat van die ouers soms aan jou stel aan die term vermetel en moet jy soms erg op

jou tande byt om nie `n jaar se opgehoopte frustrasies in twee kragwoorde op te som

nie.

Daarom het ek net een werksfilosofie naamlik “Leef intiem met God”. Dis jou enigste

behoud. Laat die Heilige Gees elke dag sigbaar in jou woorde en dade wees. Soek

God se wil en volg dit slaafs na.

Ten spyte daarvan is daar nog steeds soms negatiewe gevoelens, en gedagtes,

sondes wat nie noodwendig in woorde uitgespreek word nie. En wat soms deur die dag

met jou is. Die gevolg? Ek het besef ek gaan sterf van die honger, want op die basis

van bekeer van elke sonde, ook van elke negatiewe gevoel en gedagte, en moet dit

nooit weer doen nie, gaan ek dit nie maak nie. Onthou, jy kan nie nagmaal gebruik as

jy nie ten volle bekeer het nie.

Sonde kan `n emosie wees

Ons is geneig om sonde te assosieer met `n daad, maar soms is sonde `n gevoel, `n

vrees, `n houding, `n gesindheid `n gedagte wat ons moet bely en van moet afsien,

anders eet en drink jy `n oordeel oor jouself.

Bekeer ons elke dag van ons sondes, en doen dit nooit weer nie?

Onthou bekering is `n “verandering van hart” `n verandering van siening! Jy moet van

elke sonde wat jy bely, ook van elke verkeerde gedagte en elke verkeerde gevoel,

bekeer. Jy mag dit nooit weer doen nie. En doen ons dit? Bekeer ons elke dag van

elke tipe sonde, ook die wat slegs `n negatiewe gevoel is? Die meeste van ons doen

dit nie en dan wonder ons waarom ons nie genees nie.

Terug by sondes en siektes

Jou volgende argument sal wees, ek het reeds my sonde bely, maar ek bly siek. [Lees

weer die vorige twee paragrawe.] Vergewis jou van die volgende gesprek tussen Jesus

en die man wat al agt en dertig jaar lank siek was. Hoor wat sê Jesus vir die man wat

hy op die Sabbatdag by Betesda genees het:

Joh 5:14 Later kry Jesus hom in die tempel en sê vir hom: “Kyk, jy is nou gesond.

Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.”

89

Ek glo ons lees uit dieselfde Bybel, dus bogenoemde moet in jou Bybel ook

staan!

Wat is sondebelydenis?

Ons glo mos ons hoef net in die aande te sê: “Vader vergewe asseblief al my sonde”

dan is al die betrokke partye gelukkig, God inkluis! Wel, dit is baie ver van die

waarheid verwyder! Jy moet elke dag jou bekeer van elke sonde wat jy gepleeg het,

ook die sondes in jou gedagtes.

Nie bekering van sonde in die algemeen nie. Nee, jy moet jou sonde een vir een bely

en daarvan bekeer! Nie weer doen nie. Stop daarmee!

Byvoorbeeld: Gaan maak `n bietjie `n lysie van al die mense van wie jy nie hou nie, dit

sluit alles en almal in, van die president van jou land, [Eksodus 22:28: Jy mag nie

God vervloek nie en ook nie `n leier van jou volk nie,] jou buurman, jou kind se

maatjie se ma, jou vennoot se vrou, jou baas, ensovoorts. Al is daar net een naam op

daardie lysie, vir hoe lank is daardie sonde al tussen jou en God, en dan verstaan jy

nog steeds nie waarom Vader nie jou gebede verhoor nie? Waarom jy nie genees nie?

Bekering van sondes

Die bekering van sonde is om na God te gaan en vir Hom te vra om elke onbelyde

sonde wat jy al ooit gepleeg het, en wat tussen jou en Vader is, klein of groot, vir jou te

laat help herinner, sodat jy dit kan bely, en vergifnis daarvoor kan kry.

Die meeste mense gaan van die standpunt af uit dat Jesus al ons sondes vergewe het

toe ons tot bekering gekom het, en dit is ook so, maar ek het gevind dat God wil hê dat

ons, ons oortredinge, sonde-vir-sonde voor Hom moet bely. Hy wil hê dat ons opreg vir

Hom moet vra om ons te vergewe, en daarmee saam moet ons opreg voor Hom getuig

dat ons nie weer daardie sonde sal doen nie. Die groot geheim van sondebelydenis is

dat jy nie weer daardie sonde sal doen nie.

Vas

Ek vas baie keer, en vra Vader om dit wat enigsins tussen my en Hom staan vir my uit

te wys tydens my vas, sodat ek daarvan kan bekeer. Dit is werklik `n uitdaging. Ek

onthou dat ek op stadiums tydens die vastyd soms net `n herinnering aan `n situasie in

die verlede sou gekry het, en dan gewonder het waarom ek skielik daaraan gedink het,

net om te besef dat ek byvoorbeeld `n jaloerse gevoel, of `n gevoel van woede ervaar

het teenoor iemand in die situasie. Ek het dan dadelik al die negatiwiteit opreg teenoor

Vader bely.

90

Hoogmoedig in geloof

Ai, hierdie een is nogal groot en baie wyd. Ons moet oppas dat ons nie in die strik van

hoogmoed in die geloof trap nie. Ek ken `n predikant wat so ver van Vader verwyder is

soos die maan van die aarde. Ek mag dit sê want hy het dit al in “binne kringe” erken.

Toe daar `n situasie plaasvind waarin hy na my uitgereik het om vir hom te bid, was sy

woorde dat ek vir hom mag bid maar ek moet onthou: “Ek gaan jou teologies

‘uithaal’ moet my nie eers probeer aanvat nie.”

Ek ken `n man wat `n paar jaar gelede tot bekering gekom het en radikaal sy lewe vir

Vader gegee het. Hy is regtig `n bekeerde kind van Jesus. Voorbeeldig, en loop `n

reguit pad. Hy lewer van tyd tot tyd sy getuienis in verskillende kerke en sy getuienis

gryp jou aan die hart, maar! Hy het `n gees van veroordeling in hom wat maak dat

niemand iets met hom te doen wil hê nie. Hy veroordeel almal en alles. Elke

geselskap waarin hy kom het hy een of ander “stekie” wat hy gee terwyl hy baie subtiel

en soms brutaal, `n geredde of ongeredde veroordeel. Niemand ontkom aan sy

veroordelings nie. My vraag is nou: Op hoeveel hande kan hy die mense tel wie se

siele hy na Vader gely het. Niemand wil soos hy wees nie. Soos `n onbekeerde

eenkeer vir my gesê het, “as dit is hoe `n Christen veronderstel is om te lewe wil ek

asseblief nie `n Christen wees nie.”

Jou lewe moet `n Bybel wees. Jou veroordeelde woorde kan mense soms baie ver weg

laat hardloop! Maak nie saak hoe goed jou bedoeling is nie. Moenie die indruk skep dat

jy `n beter Christen is as `n ander nie.

Jesus was nooit hoogmoedig nie, ook nie in Sy verhouding met Vader nie.

Is ons nie soms hardkoppig, of beter gestel hoogmoedig in ons geloof, of hoogmoedig

in onsself dat ons nie die wat ons seergemaak het met woorde en of dade werklik wil

verskoning vra nie? Sê ons nie te vinnig, “ek het mos verskoning gevra of dit is nou oor

en verby, kom ons vergeet nou van alles nie. Of as ek die saak nou weer gaan aanroer

sal dit net ou koeie uit die sloot opgrawe nie.” Wel, dis miskien daardie oukoei in die

sloot wat die oorsaak is dat daar steeds onbelyde sonde tussen jou en God is en dat jy

nie genees nie. Hoor wat sê Jesaja 59:1-2:

Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en Sy oor is nie te doof om te hoor

nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God. Dit is

julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister

nie.

91

Vryspraak

Vryspraak is `n vorm van sondebelydenis wat nie algemeen bekend is onder Christene

nie, en wat `n jammerte. Ons moet onthou dat God ons vrygespreek het van alle sonde

toe Jesus ons Verlosser geword het. Hierdie vryspraak beteken dat Hy niks meer teen

ons hou nie. Alle sondes is afgewas, uitgevee, vergeet, verwyder sover soos die ooste

van die weste. `n Pragtige voorbeeld uit die Bybel kry ons in Romeine.

Rom 3:25-26 Hom [Jesus] is deur God gegee as offer wat deur Sy bloed versoening

bewerk het vir die wat glo. Hierdeur het God getoon wat vryspraak behels: Hy het die

sondes wat Hy voorheen in Sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het

vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels:

Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.

Indien God ons onvoorwaardelik vryspreek van alle sondes, wat maak ons dan

so spesiaal dat ons nie dié kan of wil vryspreek wat teen ons gesondig het nie?

Dink jy God gaan jou vryspreek en vergewe vir jou sondes as jy nie dié wil vryspreek

en vergewe wat teen jou gesondig het nie. Ek verseker jou as jy nie wil vryspreek en

vergewe nie, gaan God jou ook nie vryspreek en vergewe nie, en jou gebede sal nie

verhoor word nie. Ek maak hierdie stelling met sekerheid!

Matt 6:14-15 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader

julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle

ook nie julle ootredings vergewe nie.”

Terwyl Jesus geslaan, gemartel en later op die wreedste manier vermoor is vir

ons sondes, het Hy nie eenkeer gesê: Behalwe vir daardie sonde, of hierdie

oortreding ensovoorts nie. Nee, Hy het die straf vir ons sondes onvoorwaardelik

op Hom geneem!

Tel die telefoon op en bel die een wat jy nie kan of wil vergewe nie. Wat ookal die

sondes en leed is wat hy/sy teen jou gedoen het, spreek vry! Maak reg! Vergewe!

Hierdie onderwerp is een van die groot redes waarom ons gebede nie verhoor word

nie.

Ek kry baie te doen met mense wat as kinders seksueel gemolesteer, aangerand, of

mishandel is. Soms is dit `n eggenoot wat deur `n maat verneder is met `n buite

egtelike verhouding. Party van die verhale laat jou sidder en maak jou in die nag

wakker al het dit nie self met jou gebeur nie. Bitterheid kry in van die verhale nuwe

betekenis en vergifnis blyk onmoontlik te wees. Die wonderlikheid in van die verhale is

waar genesing emosioneel en fisies ingetree het toe die slagoffers met die hulp van die

Heilige Gees die oortreders vergewe het.

92

Ek dink van die wonderlikste getuienisse is van die mense wat God jare lank verkwalik

het vir hulle ellende, en God dan onverskoning gevra het dat hulle Hom al die jare

uitgeskel en beskuldig het vir die ellende in hulle lewens.

Waarom sou sonde en die vergewing van sonde so `n belangrike saak wees wat

tussen die mens en genesing staan? Antwoord:

1 Pet 1:16 Daar staan geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

God se Heilige Gees kan nie in `n tempel woon, wat onbelyde en onbekeerde sonde

huisves nie.

Rom 12:1-2 … Gee julle self aan God as Lewende en heilige offers wat vir Hom

aanmeemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle

moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander

deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is,

wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Rom 8:11 Omdat die Gees van God deur wie Jesus uit die dood opgewek is, IN julle

woon … ,

Kan jy nou, nadat jy tot bekering gekom het en die Heilige Gees ontvang het, die

Heilige Gees willekeurig en onwillekeurig blootstelling gee aan sonde? Nee! nee! nee!

Jy moet bekeerd leef! Want God woon IN jou en Hy is heilig.

Onthou die Heilige Gees het satan, en alles wat boos is, oorwin en gedoem tot die hel

vir ewig, dit sluit in sonde, siekte en lyding. Jesaja 53:4 asook Matteus 8:17.

Om dit anders te stel. Die Heilige Gees is die oorwinnaar van die sonde, siekte en

lyding en is veronderstel om IN jou te woon. Sal die Heilige Gees nou toelaat dat

dit wat oorwin is, naamlik sonde, siekte en lyding, `n tempel met Hom deel? Die

antwoord is beslis, nee! En daarom mag jy nie die Heilige Gees doelbewus

blootstelling gee aan sonde nie.

Heb 12:14 “… beywer julle vir vrede met alle mense asook vir `n heilige lewe,

waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Wat beteken: HEILIG LEWE?

HAT: Volmaak. Sonder sonde!

Waarom is dit `n voorwaarde waarsonder ons nie die Here sal sien nie? God is Heilig,

en Hy is veronderstel om IN jou te woon, daarom moet jy heilig lewe. Hierdie

93

voorwaarde is nie net van toepassing op die beërwing van die ewige lewe nie, maar is

ook van toepassing op jou verhouding met God Almagtig, en gebedsverhoring en die

ontvang van daaglikse seëninge, terwyl jy hier op aarde is.

1 Joh 3:4-6 Elkeen wat sonde doen, oortree die wet van God. Sonde is immers

oortreding van die wet van God. Julle weet dat Jesus gekom het om die sondes weg te

neem, en daar is geen sonde in Hom nie. Iemand wat in Hom bly hou nie aan met

sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie.

Dit sluit ook al die gewoontesondetjies in! Het jy werklik bekeer? Lees weer

bogenoemde stuk. Indien jy in God bly mag jy nie aanhou met sonde doen nie. Die

Woord sê jy het Hom dan nie gesien nie en jy ken Hom nie. Indien jy God ken sal

jy weet hoe om bekeerd te leef.

94

Nagmaal

Ons bring `n oordeel oor ons self

Oordeel as gevolg van die verkeerde gebruik van nagmaal

Ons het nou uit die Woord van God geleer dat sonde asook `n gebrek aan geloof,

hand aan hand loop by die oorsaak van sommige siektes. Die Skrif oor die

onbekeerde sonde en die gebruik van die nagmaal gee ons ook insig ten opsigte van

die oorsaak van siekte en dood. Is siekte slegs `n fisiese aangeleentheid wat jou

liggaam se selle siek maak? Nee, siekte kan ook `n emosionele en geestelike

aangeleentheid wees soos onder andere depressie en afhanklikheid.

Die Skrif oor die nagmaal leer ons baie oor sonde en siekte en die oorsaak

daarvan

Dit is belangrik dat jyself die Woord moet lees en jou eie afleidings daaruit moet maak.

Ons is tog so geneig om iemand wat volgens ons veronderstel is om meer te weet, se

opinie rondom die Bybel te vra terwyl God ons geseën het met `n gesonde verstand

om die Bybel self te bestudeer. Vra jy iemand om artikels in die Huisgenoot vir jou

te interpreteer? Lees en maak jou eie afleidings met die hulp van die Heilige Gees.

1] Nagmaal: Ons bring `n oordeel oor onsself.

1 Kor 11:28-30 Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood

eet en uit die beker drink, want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die

liggaam van die Here is … ,

Indien jy nie besef dat Jesus `n volkome verlossing vir jou sondes bewerkstellig het nie,

en dat jy jou rug moet draai op sonde nie, met ander woorde dat jy jou ten volle

moet bekeer van jou gewoonte sonde nie … ,

… bring daardeur `n OORDEEL oor HOMSELF. Daarom is daar baie SWAKKES en

SIEKLIKES onder julle en STERF daar baie van julle.

Is dit ek, Elize, wat hierdie gedeelte uitgedink het? Nee, ek haal dit uit die Bybel

aan. Die kernwoord is “daarom.”

Jy bring die oordeel oor jouself. God het geen aandeel daaraan nie. Jy bring dit oor

JOUSELF!!!!! Jy bring die oordeel oor jouself as gevolg van jou onbelyde sonde. Die

uiteinde van die oordeel wat jy oor jouself bring, is:

95

Siekte

Sterftes

Swakheid Hierdie woord kan deurgetrek word na alle vlakke van jou

menswees. Jou finansies, selfbeeld, verhouding met mense, swakheid ten op sigte

van selfbeheersing, gesondheid ensovoorts.

God het geen aandeel aan bogenoemde nie. Dit is wat my Bybel vir my sê! Jy bring die

oordeel oor jouself. Hoe kan dit gebeur? Jesus het die mees volkome verlossing vir jou

bewerkstellig. Hy het geen verskoning aangebied om nie in jou plek gestraf te

word nie. Hy het al jou sondes op Hom gevat en die straf daarvoor gekry sonder om

voorwaardes te stel. Jy het dus geen verskoning waarom jy nie kan of wil bekeer

van jou gewoontesondes nie.

Hoeveel keer in jou lewe het jy al nagmaal gebruik sonder om die volle implikasie

daarvan te besef? Hoeveel keer het die persoon vir wie jy bid vir genesing - wat nie wil

genees nie - al nagmaal gebruik sonder om te besef wat hy/sy doen? Onthou, jy kan

nie net sê vergewe my vir my sonde nie, jy moet ten volle daarvan bekeer en dan

sal jy vergifnis ontvang.

Hoe oud is jy? Indien jy in `n tradisionele kerk is, gebruik jy ten minste vier keer `n jaar

nagmaal, en bring jy vier keer `n jaar `n oordeel oor jouself indien jy nie ten volle

bekeerd en berouvol die nagmaal gebruik nie. Die gevolg is, `n oordeel wat jy oor

jouself bring. Die oordeel is:

1] siekte

2] sterftes

3] swakheid

Jesus het gesê: “Ek sal die laaste Offerlam wees waarop jy jou sondes kan kom aflaai,

sodat jy totaal skoon kan wees van alle sondes en nie hel toe hoef te gaan met jou

sondelas nie.” Hy het gesê: “Nou kan jy weer My Heilige Gees IN jou tempel - liggaam-

huisves, want My bloed het jou tempel skoon gewas van alle sondes.” Dan moet

jy mos ophou met jou sondegewoontetjies! Jy het nie `n keuse nie!

OPSOMMEND: Indien jy ten volle besef wat Jesus vir jou by Golgota bewerkstellig het,

en jy ten volle bekeer, en heilig leef soos Jesus geleef het, mag jy van die brood eet en

van die beker drink. Maar as jy nie ten volle besef wat Hy vir jou bewerkstellig het nie,

en nie jou bekeer van jou sondige weë nie, en jy gebruik nagmaal, bring jy daardeur `n

oordeel oor jouself. Kom ons kyk verder wat gebeur indien jy nie jou vooraf reg

ondersoek nie.

96

Verder:

2] Nagmaal: Tugtiging

Vers 31: As ons onsself nie vooraf reg ondersoek, [voordat ons nagmaal gebruik

nie,]

Met ander woorde, indien ons nie dié vergewe en vrygespreek het wat ons

sogenaamd onreg aangedoen het nie, en nié met `n opregte hart Vader vra om ons

sondes te vergewe nie, – veral daardie gewoonte sondes waarmee ons nie kan of wil

breek nie, of as ons nie die Bybel begin bestudeer om agter te kom wat alles die wil

van God is nie, en nie `n daadwerklike poging aanwend om die sonde nie weer te doen

nie:

Vers 32 …sou ons nie onder die oordeel gekom het nie. Maar nou word ons

geoordeel en GETUGTIG, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel sal word nie.

Beteken “getugtig” die doodstraf, siekte en lyding? Nee, Jesus het ons dan

vrygemaak van die juk van lyding, en siekte.

Wat beteken dit indien God ons tugtig?

Onthou: Siekte, sterftes, asook swakheid, is reeds uitgeskakel, want jy bring dit oor

jouself, EN BOGENOEMDE MOET HEELTEMAL GESKEI WORD VAN DIE

TUGTIGING VAN GOD, want jy bring siekte, sterftes en swakheid oor jouself, indien jy

nagmaal gebruik sonder totale oorgawe en bekering van jou sondes.

Verder moet onthou word dat: God tugtig en versoek nie met sonde nie.

Wat beteken getugtig dan?

2 Kor 7:10 want droefheid volgens die wil van God, bring bekering wat tot redding

lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie.

Daarenteen bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood. [Ewige dood] Dit

wat jy oor jouself bring, jou bevrugte onbekeerde sonde, wat lei tot die ewige hel.

Ek gaan tugtiging verduidelik aan die hand van die interaksie tussen God en die

Israeliete:

97

Voorbeeld van tugtiging van God af: Vrug van jou sondes

Die Israeliete in die woestyn.

Ons almal weet hoe God die Israeliete vir veertig jaar onderhou en beskerm het.

Verder moet ons onthou dat die veertig jaar trek in die woestyn `n oordeel was wat

die Israeliete oor hulleself gebring het as gevolg van sonde. Hulle het nié geglo

God sal hulle beskerm teen die reuse van die beloofde land nie.Terloops, is daar

iets wat jy dink God nie vir jou kan doen nie? Wat is die reus in jou lewe se naam?

Hulle het nie geskroom om ten spyte van God se beloftes van beskerming, God te

verraai en `n goue kalf te maak terwyl Moses die Wet ontvang het op die berg Sinai

nie. Slegs `n kort rukkie tevore het God hulle deur die Rooi See gelei op die mees

wonderbaarlike manier.

Hulle het met tye geen eerbied vir God gehad nie, tog het God hulle ongelowigheid,

moedswilligheid, astrantheid, asook die feit dat hulle by tye God se Almagtige Krag in

twyfel getrek het, vergewe en baie goed vir hulle gesorg.

Die beste beskrywing vir “getugtig” kry ons dan in Deuternomium 8:2-5

Jy moet onthou hoe die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het,

Hy het dit gedoen om jou nederig te laat word en om jou op die proef te stel sodat

Hy kan weet wat jy dink en of jy Sy gebooie sal gehoorsaam of nie.

Hy het jou laat swaarkry, laat honger ly en toe met manna gevoed, [Hy het nie een

laat sterf van die honger nie!]

Hy het dit gedoen om jou te leer dat `n mens nie net van brood leef nie, maar dat jy

leef van elke woord wat uit die mond van God kom.

Jou klere het in veertigjaar nie verslyt nie, en jou voete het nie geswel nie.

Jy moet diep in jou hart weet: Soos `n man dissipline by sy seun kweek, so het die

Here jou God vir jou dissipline geleer.

[Met ander woorde geloof/gehoorsaamheid aan God en om die mens te dwing

om die wil van God te doen.]

Eks 20:20 Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie, want God

het gekom om julle te toets. Hy wil hê julle moet ontsag hê vir Hom en nie sondig

nie.”

Die vraag is wat het gebeur dat die Israeliete vir veertig jaar in die woestyn

rondgeswerf het? Wat was hulle sondes?

98

Die Israeliete het die een oomblik bekeer en God aanbid, die volgende oomblik het

hulle die goue kalf aanbid en dit was kortliks die patroon van hulle geloofslewe.

Een oomblik bekeerd, die volgende oomblik onbekeerd.

In Numeri 14 lees ons dat Moses verkenners uitgestuur het na die land Kanaän. Hulle

moes die land verken voordat die Israeliete die land sou inneem. Met die verkenners

se terugkoms het hulle vertel van die “reuse” van die land en het hulle hulle mede-

Israeliete oortuig dat die mense van Kanaän baie sterker is as die Israeliete en dat dié

hulle sou uitmoor. Dit terwyl God hulle uit Egipte op die mees wonderlikste manier

gered en uitgelei het. Hiermee het hulle God se Almag misken en in opstand teen

die wil van God gekom. [Hulle wou toe terug trek Egipte toe.]

In vers 26 lees ons dat God vir Moses en Aäron gesê het: “Hoe lank sal hierdie

slegte volk nog aanhou met hulle verset teen My?”

Vers 30 Nie een van julle sal die land betree wat Ek met `n eed aan julle as

woonplek beloof het nie, behalwe Kaleb en Josua. [Hulle het nie getwyfel in God

nie.]

Wat was die vrug van die Israeliete se sonde?

Met ander woorde: Wat was die vrug van die Israeliete se ongehoorsaamheid, hulle

verset teen God, hulle ongeloof dat God hulle nie sal beskerm nie, hulle vrees vir hulle

vyande? Antwoord: Hulle moes Veertig jaar rondtrek in die woestyn!

`n Hedendaagse voorbeeld: Die een oomblik skree jy “Halleluja, prys die Here” en die

volgende oomblik, verskree jy jou vrou en kinders. In die week is jy `n voorbeeldige

Christen en oor naweke `n duiwel. In die week is jy sober, en oor naweke `n dronklap.

Jy is die profetes in die kerk, maar jou kinders se maniere laat almal wonder wat by jou

huis aangaan. Jy beskou jouself as `n Christen, maar jaag jou mede-Christen uit jou

huis uit en maak daarna of niks gebeur het nie. Jy spreek nie vry nie, jy vra nie

verskoning nie.

Het God ál die Israeliete daar en dan uitgeroei en met die ewige dood gestraf?

Nee, Hy het baie goed vir hulle gesorg. Hy het baie geduld gehad met die Israeliete. Hy

het die sonde wat hulle herhaaldelik gepleeg het en waarmee hulle eintlik die dood

verdien het, omgeswaai en hulle geleer wat geloof is. Hy het vir hulle gesorg, en vir `n

beter lewe in die woestyn kon niemand gevra het nie.

`n Goeie verduideliking van tugtiging is die van `n baie goeie vriend vir wie die hele

familie vir jare lank gebid het dat hy tot bekering moet kom. Wat gelyk het na die

onmoontlike het moontlik geword toe hy wel tot bekering gekom het. Van die eerste

99

oomblik van sy bekering af het hy die wil van Vader onvoorwaardelik gesoek en het hy

niks gedoen sonder om seker te wees dit is die wil van God nie. Was dit net maanskyn

en rose daarna? Nee, indeendeel. Vir ses jaar was hy werkloos. Alhoewel daar

werksaanbiedinge was, het God dit baie duidelik aan hom gestel dat dit nie Vader se

wil is dat hy dit moet aanneem nie. Wat het ons vriend vir ses jaar lank gedoen? Hy het

ses jaar lank die Bybel bestudeer, en God leer ken, hy het niks anders gehad om te

doen nie, en toe Vader tevrede was, het Hy hom `n werk gegee waar hy die Woord van

God moes verkondig en die wil van God moet uitleef! Was die ses jaar van

werkloosheid maklik vir hom en sy gesin? Nee, beslis nie, maar vandag gebruik God

hom op die mees geseënde wyses. Sy vrou het deur dik en dun by hom gestaan in

gehoorsaamheid aan Vader en Vader seën hulle finansieel nie net deur hom nie maar

ook deur haar.

Indien God jou tugtig is dit nie met die drie dinge waarvoor Jesus die verlossing

vir ons kom bewerkstellig het nie, naamlik met sonde, siekte en lyding nie, maar

Hy tugtig jou sodat jou geloof in die proses sal versterk en getoets word. Die

enigste lyding wat jy sal ervaar is vir die Naam van Christus. Hy sal jou nederig laat

word. Hy sal jou op die proef stel, laat swaarkry sodat Hy kan weet wat jy dink en of jy

sy gebooie sal gehoorsaam of nie. Hierdie tugtiging is gewoonlik die vrug van jou

onbekeerde lewe, die vrug van jou sondes. Soos `n ouer `n kind dissiplineer.

Vrug van jou sonde: God is nie die oorsaak van jou sonde nie.

Jak 1:13 Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God

versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie.

Maar `n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.

Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort en as die

sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

Gestel jy as getroude man knoop `n verhouding aan met `n vrou. Jou vrou vind uit, skei

jou, en trek met julle kinders na `n baie ver plek. Behalwe dat jy die helfte van jou

besittings in twee moes verdeel en jy finansieel baie swakker daaraan toe is, verlang jy

verskriklik na die kinders. Jy sien hulle net af en toe, en die verlange is soms pynlik. Is

dit God wat hierdie pynlike moeilike pad vir jou beplan het? Nee, jy sit nou met die

vrug van die sonde wat jy gepleeg het. Jy het `n keuse gemaak om aan jou vrou

ontrou te wees, dit is sonde en die vrug van jou sonde is die egskeiding, en al die

hartseer wat daarmee saamgaan. Dit is die verlange, pyn en die feit dat jy nooit weer

regtig deel sal kan wees van jou kinders se kinderlewe nie. Jou kinders ly ook weens

die vrug van jou sonde, want hulle is van hulle pa geskei, die verlange vreet hulle ook

op. Jy is die oorsaak vir julle ellende, nie God nie. Kan jy God beskuldig vir die

egskeiding? Nee! Jy het `n wilsbesluit geneem om te sondig en dit het op die

100

egskeiding uitgeloop. Het God enige aandeel aan enige van hierdie lyding? Nee!

Moenie vra hoekom het Hy jou nie gekeer nie, want jy het geweet dit is verkeerd maar

het nog steeds met jou sonde voortgegaan.

Verskil tussen vergewing van jou sonde en die vrug van jou sonde.

Indien jy tot bekering kom sal God jou beslis vergewe, maar die “vrug” van jou

sonde sal in sommige gevalle jou hele lewe lank met jou wees. En dit is nie God

se skuld nie.

Jak 5:13-16 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid.

As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.

As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente

laat kom en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van

die Naam van die Here.

En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring; die Here sal hom

gesond maak. [geloof]

Sonde

As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word, Bely julle sondes eerlik teenoor

mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. [Belydenis van sonde.] Die

gebed van `n gelowige het `n kragtige uitwerking.

Jesus is ons redding en genade

Die vraag kan weer gevra word: Is dit God wat in die ontoeganklike lig sit en die

tugting vir jou uitdink? Nee, dis jy wat as gevolg van jou sonde uit Sy genade uit

wegbeweeg en satan so `n vatkans in jou lewe gee. Indien jy met opregte hart jou

bekeer van jou sonde sal jy vergifnis kry, en God sal sorg dat jy deur middel van Jesus,

redding ontvang. Jy moet net “opkyk” na Hom. Jesus het reeds daardie “redding”

met ander woorde oorwinning vir jou aan die kruis van Golgota bewerkstellig, jy

moet dit net jou eie maak.

Ek het al baie keer in my lewe gesien hoe Vader `n gemors wat ek aangevang het,

verander het in iets positiefs nadat ek in diepe berou vergifnis gevra het, en gevra het

dat Hy my asseblief moet help uit my penarie. Hy is `n God van genade.

Jesus het gekom om ons te bevry van sonde, siekte en lyding.

Jesus wat in ons plek die vervloekte oor sonde, siekte en lyding geword het, het ons

sonde, siekte en lyding op Hom geneem en dit vasgespyker aan die kruis, daarna het

101

Hy opgestaan uit die dood, die Lewendmakende Gees wat IN Hom is het Hom uit die

dood laat opstaan, en alles wat boos is, ook siekte, lyding en sonde oorwin.

Jesus se onskuldige bloed het ons so volkome gereinig van alle sonde dat ons tempel

weer in die posisie is om die Heilige Gees IN ons tempel [jou liggaam] te huisves. Die

Heilige Gees, die Gees van die Sondelose Almagtige God is veronderstel om nou in

jou te woon, daarom moet jy nou Heilig lewe. Die Woord sê verder “Leef heilig want

Ek is heilig,” Hoekom? Omdat God IN jou woon en omdat Hy heilig is, kan jy nie meer

fluks voortgaan met jou onbekeerde lewe nie. Leef dan heilig en breek met die sonde!

Onthou: Jou liggaam is God se tempel.

Wie is dan die oorsaak van my ellende omdat ek my nie wil bekeer van my sonde

nie?

1 Pet: 5:8 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos `n

brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

Moenie die duiwel vatkans gee nie.

Ek het nou net genoem dat siekte en dood nie van God kom nie, en dit kom ook

nie, maar as jy onder God se genade uit wegbeweeg as gevolg van jou

oortredings en van jou onbelyde sonde, is jy oop, onbeskermend, `n teiken,

nakend, kaal, en is jy soos Adam en Eva van ouds aan die genade van die wêreld

oorgelaat. Indien jy doelbewus wegbeweeg uit die wil van God, is jy aan die genade

van die wêreld oorgelaat, dan gee jy, satan `n vatkans.

satan sê: “Jannie se natuur is soos myne hy wil eintlik baie graag soos ek wees, hoor

hoe vloek hy, hy sukkel daarby om sy broer te vergewe, hy is nou myne want sy

doelbewuste sonde hou hom weg van die Sondelose Heilige God Almagtig. Hy is

myne!”

Praktyke van die sondige natuur.

Die sonde maak jou oop vir dinge wat nie van God afkom nie, en alles wat sleg is, kom

nie van God nie. Lees Gal 5:19-21, die vrug van sonde en die vrug van die Heilige

Gees. Moenie die duiwel vatkans gee nie. Hy loop rond soos `n brullende leeu en

soek iemand om te verslind. Sommige wedergebore Christene gaan van die

argument uit dat as jy eenmaal bekeer het, dan het satan geen houvas op jou nie.

Broer lees asseblief weer Efesiërs 4:26-27. As jy die duiwel vatkans gee met sonde

is jy oop vir hom!

Ek gaan dit so verduidelik: Gestel die politieke party waaraan jy behoort se beleid is

demokraties, en die demokratiese party se teenstanders is kommunisties. Gaan jy

102

openbare stellings kan maak soos die: “Alles wat ons het moet aan die staat behoort

en die staat kan dan aan almal gelyk deel soos wat die wil?” Nee, die kommunistiese

party gaan jou onmiddellik probeer ompraat om na hulle party oor te kom. Verder gaan

jy die demokratiese party groot skade berokken en hulle gaan jou lidmaatskap

beëindig.

Dieselfde gebeur met sonde. satan sien jou twyfelagtige Christelike lewe en soek `n

VATKANS, hoe? Want jy gee hom die reg, jy beweeg op sy terrein, sy beleid, jy

doen en praat uit sy mond.

satan regeer nie oor die aarde met Gal 5:22 se vrug van die Heilige Gees se

vrede, vreugde, liefde ensovoorts, nie. Nee, satan regeer met Gal 5:19 se praktyke

van die sondige natuur naamlik: Onsedelikheid, losbandigheid, afgodsdiens,

towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns,

dronkenskap, uitspattigheid, ensovoorts, die wat hulle hieraan skuldig maak sal nie

die koninkryk van God as erfenis verkry nie, dit beteken dat jy jou lidmaatskap

[burgerskap] sal verloor.

Jy sal die regte wat jy gehad het verbeur, jou gebede sal nie verhoor word nie.

Ons soek die oorsaak vir ons ellende by almal behalwe by onsself. Ons as Christene

kruip te vinnig en maklik weg agter ons Christenskap en ons soek die skuld vir ons

ellende by almal, insluitend by God. Ons sukkel met die idee om die skuld by onsself te

gaan soek. Dit is altyd iemand anders se skuld. Ons maak maar steeds soos

Adam en Eva.

Jou opregte bekering maak jou nie outomaties gehoorsaam nie.

Ek kan jou verseker: Jy kan hoeveel keer tot bekering gekom het, en jou hoeveel keer

laat doop het, maar as jy aanhou met jou gewoonte sondetjie en nie breek met jou ou

sondige mens nie, as jy nie die ou mens afsterf nie, dan laat jy jou lei deur die vors

van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is IN die mense wat

aan God ongehoorsaam is.

Hoor wat sê God vir Kain:

Gen 4:6-7 Toe sê die Here vir Kain: “Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag

daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie - die sonde

wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.”

Wil jy die res van jou lewe met die vrug van jou sonde saamleef? Jy moet oor die

sonde heers, die sonde mag nie jou oorheers nie. Kyk wat het met Kain gebeur en dit

nadat God Almagtig hom gewaarsku het om oor die sonde te heers.

103

Hy het nie geluister nie en moes die res van sy lewe met die vrug van sy sonde

saamleef. Hy het `n merk gedra en is vir die res van sy lewe, uit die gemeenskap

verban omdat hy `n moordenaar was. Wil jy die res van jou lewe met die vrug van jou

sonde saamleef?

Die Woord sê in Vers 14 “… en tot U het ek nie meer toegang nie.” en Vers 16 “En

Kain het van die Here weggegaan.”

Dit was die vrug van sy sonde! Wat maak ons anders as Kain? God waarsku ons deur

Sy Woord hoe om oor die sonde te heers en heilig te leef. Het ons dan `n beter

verskoning as Kain om dit nie te doen nie?

Soos die bekende aanhaling lui: “Die sonde is soos `n voël wat rondvlieg in die lug en

`n plek soek om nes te maak. Jy en jy alleen kan keer dat die voëls nie nes maak op

jou kop nie.” Is jou voëlnes sondetjie dalk `n onskuldige een soos byvoorbeeld

ongeduld, geirriteerdheid of selfsugtigheid? Jy moet oor die sonde heers. Die Vrug van

die Heilige Gees is selfbeheersing.

So moet jy leef!

Ef 4:22-24 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou,

sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes

moet nuut word: Lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is; lewe

volkome volgens die wil van God en wees heilig.

Ons kan heilig lewe met die Heilige Gees IN ons.

1 Pet 1:14-16 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die

begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos

Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig

wees. Daar staan immers geskrywe; “Wees heilig, want Ek is heilig.”

Dit is `n proses van heiligmaking deur die kragtige werking van die Heilige Gees

en daarmee saam `n wilsbesluit van jou kant af om heilig te leef. Die vrug wat jy dra is

selfbeheersing.

Die mens se verantwoordelikheid

God het die mens `n sin van verantwoordelikheid gegee. Ons is die meeste kere

persoonlik skuldig aan al die verskillende siekte toestande wat oor ons pad kom.

Byvoorbeeld: Die Woord van God waarsku ons om nie van jou maag `n afgod te

maak nie.

104

Fil 3:18-19 Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is

hulle einde, die maag is hulle god.

Vraatsug maak dat jy jou liggaam blootstel aan honderde verskillende soorte siektes

soos byvoorbeeld hartaanvalle, rug-, voet-, gewrigsprobleme, die lysie is lank,

weens die feit dat jy oorgewig is. Dit is sonde om jou te ooreet, want jy mag nie van

jou maag `n afgod maak nie. Het jy geweet dat God gulsigheid gestraf het?

Lees Numeri 11:31-35 self. As jy `n half ton bakkie het, en jy laai een ton stene op

die bak, verseker ek jou die onderstel gaan een of ander tyd oppak. God straf jou

nie met `n verswakte rug wat al vier keer onder die mes moes deurloop nie, dis jy wat

jou arme rug oorlaai met vet, en dan van tyd tot tyd swaar goed optel en beweeg.

Die meeste hartaanvalle is weens jarelange verkeerd eet. Dit is ook dieselfde met

baie soorte kankers. Ons oorlaai ons liggaam met verskillende soorte chemikalië, want

in ons gejaagde lewe is dit makliker om `n wegneem ete af te sluk en `n chemies

gestimuleerde gegeurde koeldrank te drink as om `n bord gesonde kos voor te berei.

En dan word God vir die siektes geblameer!

Ek het `n kleuterskool, en ek het die afgelope agt jaar die kinders, veral kinders onder

ses jaar baie goed gemonitor ten opsigte van siektes, en siektetoestande. Wat my

veral verbaas is die feit dat `n kind met `n permanente bors vol slym, loopneus, en een

wat permanent verkouerig is, byna oornag gesond word as jy die kind op `n dieet sit

wat baie vars vrugte en groente in het en waar jy verwerkte vleise soos polonies en

weense worsies asook lekkergoed beperk, of in sekere gevalle geen blootstelling

daaraan gee nie. Neem `n bietjie kleurmiddels en preserveer middels weg van jou

kinders vir `n maand en kyk watter verskil dit aan hulle gesondheid maak.

God Almagtig het jou `n gesonde verstand gegee wat jou onderskei van die dier. God

is nie daarvoor verantwoordelik as jy teen tweehonderd kilometer per uur jaag en

`n ongeluk maak nie. Is God hiervoor verantwoordelik indien jy teen `n leer opklim en

een van die sporte breek, jy val en is verlam? Moes God die leer eers inspekteer het

voordat jy daarop geklim het? As jy sewentig jaar oud is en jy wil gordyne ophang, jy

klim op `n boksvrieskas en daarna af op `n lendelam stoel, die stoel gee mee, jy val en

breek jou been, kan niemand behalwe jy verantwoordelik gehou word vir die chaos

daarna nie. [Met die toestemming van ma Lena] Vraag: Is dit God wat dit op jou pad

gebring het, of het satan die lendelamstoel daar neergesit? Nee, jou ellende spruit uit

`n keuse wat jy gemaak het. God en satan het niks daarmee te doen nie.

Ons moet oppas dat ons nie God of die duiwel blameer vir dinge in ons lewe,

terwyl onsself verantwoordelik is vir ons eie ellende nie.

105

Duiwels uitjaag

Beginsel 3: duiwels [bose geeste]

Hy het die duiwels [bose geeste] uitgedryf

Ek vra myself daagliks af waarom sommige kerke verby hierdie belangrike feite

kyk. Is dit dalk omdat hulle nie weet wat die Skrif daaromtrent sê nie of is dit bloot uit

onkunde? Wat het verander van Jesus se tyd tot nou toe? Het die duiwels die

aarde verlaat na Jesus se hemelvaart? Nee, beslis nie! Hulle val ons hier op aarde

nog steeds aan soos in die tyd van Jesus.

Dis ons wat hulle uit onkunde in ons lewens toelaat omdat ons nie weet, en of dit ons

eie gemaak het, dat die Een wat hulle oorwin het IN ons woon nie, en dat ons met Sy

outoriteit hulle van ons af kan weg jaag nie. Hulle, die demone weet ook jy weet dit

nie, en soek jou op!

Daar is beslis `n verskil tussen bose geeste in jou, en die bose geeste wat jy uit

onkunde toelaat om in jou teenwoordigheid te wees, en jou lewe mislik te maak.

Voorbeelde van siekte as gevolg van bose geeste

Matt 9:32-33 … Die mense het `n man na Hom gebring wat stom was omdat hy in die

mag van `n bose gees was. Nadat die bose gees uitgedryf is, het die stom man

begin praat. Die menigte het hulle verwonder en gesê: “So iets nog nooit in Israel

gebeur nie.”

Mark 9:20-25 Hulle het die seun na Hom toe gebring. Net toe die gees vir Jesus sien,

het hy die seun geweldige stuiptrekkings laat kry. Hy het op die grond neergeslaan en

rondgerol, met skuim om die mond. Jesus het vir die pa gevra: “Hoe lank is dit al dat dit

hom oorkom?” “Van kleins af,” antwoord hy, “en baie keer het die gees hom al in die

vuur en in water gegooi om hom dood te maak. As U tog iets daaraan kan doen, kry

ons jammer en help ons.”

“As U iets kan doen, sê jy,” antwoord Jesus. “Vir die een wat glo, kan alles.” “Ek

glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof.” Toe Jesus sien dat `n

menigte mense aangestroom kom, het Hy die onrein gees skerp aangespreek: “Jou

stom en dowe gees, Ek gebied jou: Gaan uit hom uit en moet nooit weer in hom in vaar

nie!”

106

Matt 15:22-28 `n Kanaänitiese vrou wat in daardie gebied gewoon het, het onverwags

by Hom aangekom. Sy het aanhoudend geroep: “Ontferm U oor my, Here, Seun van

Dawid! My dogter is in die mag van `n bose gees, en dit gaan sleg.” Vers 28

“Mevrou”, sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie

oomblik af was die dogter gesond.

Matt 12:43-45 “Wanneer `n onrein gees uit `n mens weggaan, swerf hy deur dor

streke op soek na rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis

waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die

kant. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek

saam met hom in en gaan woon daar. Aan die einde is so `n mens slegter daaraan

toe as aan die begin. So sal dit ook gaan met die slegte mense van vandag.”

Indien ons die bestaan van bose geeste ontken, ontken ons `n geestelike wêreld

waarin onder andere die Heilige Gees funksioneer.

Ons moet net een onbeantwoorde vraag afhandel. Lees jy op enige plek in

bogenoemde stuk of in die Woord dat Jesus ons wat in die een en twintigste eeu leef,

gerusstel met die woorde: “Julle sal dit egter gespaar bly, die bose geeste sal julle nie

aanval en julle nie teister in die twintigste eeu nie. Die bose geeste wat Ek wat Jesus

is, uitgedryf het is `n uitsondering op die geval waar ek vir julle `n voorbeeld stel van

wat julle alles moet doen en nie moet doen nie. Julle in die twintigste eeu is baie

bevoorreg. Bogemelde stuk is glad nie op julle van toepassing nie!” Die antwoord is:

NEE!

Ek ken baie leraars wat teenoor hulle gemeentelede verklaar dat daar nie bose geeste

is nie. Wel, ek verskil met jou dominee. Indien ons ontken dat daar bose geeste is wat

ons aanval, ontken ons met ander woorde dat daar `n geestelike wêreld is wat wel

bestaan het in die Ou Testament en in die Nuwe Testament en kan ons dit verder voer

deur te vra: Waar beweeg die engele en die Heilige Gees dan?

Is hulle nie deel van die geestelike wêreld nie? Was die gesprekke tussen Daniël en

die engelle Gabriël en Migael `n storie? Met wie het Jesus gepraat toe Hy die bose

geeste uitgedryf het, met `n paar fiktiewe karakters? Ontken jy die Woord van God, of

glo jy net dele daarvan?

107

Vloeke en bindinge

Beginsel 4: Bevryding van bindinge en vloeke

Hy het die mense bevry van bindinge en vloeke [sluit aan by bogenoemde.]

In die verband kyk ook na Lukas 13:10-17 van die vrou wat agtien jaar lank gely het

onder `n bose gees wat haar heeltemal verswak het. Sy was krom getrek en kon

glad nie meer regop kom nie.

Jesus roep haar toe nader en sê vir haar: “Mevrou, jy is van jou gebrek verlos!” en vers

16: “En hier is `n vrou, `n kind van Abraham, wat werklik al agtien jaar lank deur die

satan gebind is. Mag sy dan nie op die Sabbatdag van hierdie band losgemaak word

nie?”

En daar is sowaar nog mense wat nie hieraan glo nie!

Ek beveel enige boek wat Derek Prince, asook Bill Sibritzky en Bennie Mostert geskryf

het aan, oor bogenoemde onderwerp.

108

Dit was Jesus se wil

Beginsel 5: Hy het mense genees omdat Hy wou.

Dit was deel van Jesus se natuur om goed te doen

Matt 12:9-13 Jesus het daarvandaan verder gegaan en in hulle sinagoge gekom. Daar

was juis `n man met `n gebreklike hand. [Ons lees nie dat die man Jesus genader het

nie.] Hulle - die Fariseërs - vra Hom toe: “Mag `n mens iemand op die Sabbatdag

gesond maak?” Hulle bedoeling daarmee was om `n klag teen Hom te kry. Hy sê vir

hulle:

“Wie van julle sal nie die een skaap wat hy het en wat op `n Sabbatdag in `n sloot val,

dadelik uithaal nie? Hoeveel is `n mens nie meer werd as `n skaap nie? Dan mag `n

mens mos op die Sabbatdag goed doen.” Toe sê hy vir die man: “Steek jou hand uit.”

Hy het dit gedoen, en sy hand was reg soos die ander een.

Mark 1:40-41 Daar kom toe `n melaatse man na Hom toe wat smekend op sy knieë

voor Hom neerval en vir Hom sê: “As U wil, kan U my gesond maak.” Jesus het hom

jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak. Hy sê toe vir hom: “ek wil, word

gesond!”

109

Genesing vir almal wat na Hóm toe kom

Beginsel 6: Hy het almal genees wat na Hóm

toe gekom het.

Jesus het nie in `n dorp ingegaan en gesê almal is nou genees, nie. Nee, Hy het

almal genees wat na Hom toe gekom het!

Bestudeer die vier Evangelies en vergewis jouself van die inhoud en stellings wat ek

hierbo maak. Gaan kyk wat het Jesus gedoen, indien Hy iemand genees het. Merk

siekte met pienk, en daarna die rede vir die genesing in `n ander kleur byvoorbeeld:

geloof met geel, vloeke, bindinge en duiwels, demone met rooi, algemene handeling

met blou, die Heilige Gees met goud, Jesus se persoonlikheid met pers ensovoorts en

kyk watter rede elke keer na vore kom voordat Jesus genees het. So kan jy dan maklik

sien wat die rede vir die genesing was. Maak self seker van die feit of Jesus enige

iemand weggestuur het sonder om hom te genees, en of Hy vir enige iemand gesê het

dat dit nie Sy wil, en of die Vader se wil is dat iemand genees nie.

Ek moet baie keer hoor, “Elize, ek het nog nooit iemand met so `n groot geloof

teëgekom soos my ouma wat aan borskanker dood is nie en jy wil vir my sê dat hierdie

voorwaardes ook op haar van toepassing was?” Ek het nie jou ouma geken nie, wat ek

wel weet is dat bogenoemde beginsels op almal van toepassing was en is, en dat die

Woord die waarheid is, en dat die Woord dit self nie weerspreek nie.

Wat in die geval van kinders?

Jy is as ouer aangestel oor jou kind, en daardie outoriteit kom van God af. Hy het julle

as ouers aangestel oor jul kinders. Een van die voorbeelde kry ons in Markus 9:20,

waar die pa sy kind wat siek was na Jesus toe geneem het. In hierdie geval was dit

duidelik dat die pa se geloof getoets is, nie die kind s’n nie. Lees ook Matteus 15:22

oor die Kanaänitiese vrou en diè se dogter.

Die man en vrou het gesamentlik outoriteit gekry oor die kinders. Die man en die

vrou het albei opdrag gekry om oor die aarde te heers. God het vir Adam sowel as

vir Eva gesê: “Heers oor die aarde.”

Gen 1:28 Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie,

bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug,

oor die diere van die aarde, ook oor die diere wat oor die aarde kruip. Hy het hierdie

opdrag aan albei gegee.

110

Toe God die huwelik ingestel het, het Hy gesê: Gen 2:24 Daarom sal `n man sy

vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.

Hy het nie gesê: “Die man gaan meer outoriteit as die vrou hê nie,” nee, God het gesê:

“Die twee sal een word.” In God se oë is hulle - die man en vrou, een. Dit beteken:

Die een sal soos die ander word en andersom, hulle sal een word.

Die man en die vrou is gelyk.

Gen 2:18 Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie, Ek

sal vir hom iemand maak wat hom kan help, SY GELYKE.”

Nie onderdaan, vloerlap, minderwaardige, nie, Nee! Nie laat Eva jou bedien terwyl jy

regeer oor die aarde nie! Nee, Hy het gesê: “Sy gelyke.” God beveel hulle albei:

“Heers oor die aarde as `n span, gelyk, as een! Werk in `n span, as `n span, as

eenheid.

Nadat Adam en Eva by die boom oortree het en die verbode vrug geëet het, het God

die mens, die aarde asook satan vervloek. Jesus het egter gekom om alle

vervloekings wat op die mens gerus het, op Hom te neem, en het dit oorwin. Dit

sluit in alle sondes, alle siektes, en alle lyding. Hoekom? Sodat ons weer soos Adam

en Eva vir God kan heers oor die aarde, as `n eenheid. As God Drie-enig se

verteenwoordigers.

Daarom is daar `n pa en `n ma aangestel oor die kinders, en jy as ouerpaar moet

jou kind gesond bid. Die gebeure rondom die pa wat sy seun na Jesus toe geneem

het sodat Sy dissipels die duiwels kon uitdryf is `n klassieke voorbeeld. So ook die Ma

wat vir genesing pleit vir haar dogter in Matteus 15:28. Jesus vra vir die pa: “Glo

jy” Ek sal dit kan doen?” Met ander woorde: Die pá se geloof was getoets, nie die

seun s’n nie. Vir die ma in Matteus 15:28 sê Jesus: “Jou geloof is groot, jou wens

word vervul.” Lees ook Matteus 9:18-25 waar die Joodse raadslid by Jesus kom kniel

en sê: “My dogter het nou net gesterwe, maar kom lê U hand op haar en sy sal weer

lewe.” Die pa se geloof het gemaak dat sy lewendig geword het.

Wat in die geval van `n ongelowige en genesing en sonde

Op 2:18-22 …So sê die Seun van God, wie se oë soos vuur vlam en wie se voete

soos geelkoper is: Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle liefde, geloof,

diensvaardigheid en volharding en Ek weet dat julle nou ook meer doen as

tevore.

111

Die Seun van God praat hier met wedergebore Christene en gee erkenning aan

hierdie mense se geloof, maar:

Ek het dit teen julle dat julle die vrou Isébel laat begaan. Sy doen haar as `n profetes

voor en leer en verlei my dienaars om onsedelikheid te bedrywe en

afgodsoffervleis te eet.

Die Seun van God weet egter dat hierdie wedergebore Christene “`n vrou” genaamd

Isébel wat haarself as `n profetes voordoen, haar gang laat gaan, meer nog, hulle

doen mee aan al haar ondeselikheid, hulle doen as Wedergebore Christene net

soveel sonde as wat sy doen.

Nou volg die oordeel:

Ek het haar kans gegee om haar te bekeer, maar sy wil haar nie van haar

onsedelikheid bekeer nie.

Die genade van die Seun van God was die heeltyd met haar. Hy het haar baie

geleenthede gegee om te bekeer, maar sy het haar nie bekeer nie, want sy wou nie.

Volgens my geld dit vir alle sondes.

Haar straf: Kyk Ek gee haar aan `n siekbed oor.

Let op na die bewoording: Die Seun van God gee jou oor: Met ander woorde jy gaan

“oor” van die een kant na `n ander kant. Jy word weggevat van die Seun van God

se genade en gaan oor na `n ander kant waar Sy genade nie is nie. Dit laat `n mens

dink aan Kain wat vir God sê: “Tot U het ek nie meer toegang nie.” En Kain het van die

Here af weggegaan.

Let wel, Die Seun van God gee haar nié die siekte nie, nee, kyk wat is die Griekse

vertaling wat gebruik word. Hy gee haar oor aan haarself, onseker oor die gevolge

[uncertain about the results]. Sy is nie meer onder die genade van God nie.

Idou: Behold

Autos: Herself

Eis: Into, unto, to towards

Kline: a Small bed, sick bed

Ballo: To scatter, to let go of a thing without caring where it falls, to give

over to one’s care uncertain about the results.

Indien jy oorgegee word aan jouself, behoort jy nie meer aan God nie, en behoort

jy aan die wêreld. Jy gee daarmee satan `n “vatkans” op jou lewe. Die Genade van

God is nie meer daar om jou te beskerm nie.

112

Wat gebeur toe met die Christene wat doelbewus meegedoen het aan haar

sonde?

En die mense wat met haar owerspel gepleeg het, die wat hulle voordoen as

Christene, en wel God dien, maar seksueel losbandig lewe asook deelneem aan

afgodsrituele, gee Hy oor aan swaarlyding, as hulle hulle nie van haar praktyke

bekeer nie.

Die Seun van God gee jou “oor”. Indien jy oorgegee word is jy nie meer onder die

oorspronklike beskerming nie. Jy word oorgegee aan iemand of iets anders, en

God se genade is nie meer met jou nie. Dit kan ook nie, want die Heilige Gees, die

Gees van God, die Gees van Christus is heilig en jy moet heilig lewe. DIE HEILIGE

GEES GAAN JOU VERLAAT!

Is God nie `n wonderlike God van genade nie? Hy gee almal geleentheid om van hulle

goddelose weë te bekeer. Almal het tyd om te bekeer, te stop, om te draai, halt te roep!

Wie was hierdie mense wat `n geleentheid gegee is om te bekeer? Dit is die mense

wat doelbewus meegedoen het aan sonde. Hulle het geweet sy is op die verkeerde

weë, maar hulle het deelgeneem aan haar sondige praktyke. Hulle word geprys vir hoe

goed hulle God gedien het. Hulle het heel moontlik nie een Sondag se kerkdiens

gemis nie! Iemand wat God dien, neem ook deel aan die sakramente soos die

nagmaal, nie waar nie? En wat gebeur as jy deel aan die nagmaal en jy bekeer jou

nie van jou sonde nie?

Is jy werksaam in `n besigheid waar daar soms van jou verwag word om mee te doen

aan sosiale verpligtinge wat vir God onaanvaarbaar is? Wat gebeur indien hulle nie

bekeer nie, God gee hulle oor aan swaar lyding!

Jy moet as erkende Christen jou bekeer van jou verkeerde weë anders is Hebreërs

6:4-8 op jou van toepassing.

Heb 6:4-8 Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang

en deelgekry het aan die Heilige Gees, die goeie woord van God leer ken het en die

kragte van die toekomstige wêreld ondervind het en dan nogtans afvallig geword het, is

dit onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring. In hulleself kruisig hulle immers

weer die Seun van God en maak hulle Hom in die openbaar tot `n bespotting. Dit is

soos met grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val. As dit bruikbare gewasse

voortbring vir die wat dit bewerk, word dit deur God geseën. Maar as dit doringstruike

en dissels oplewer, is dit waardeloos en is die tyd naby dat God dit vervloek. Die

uiteinde daarvan is die vuur.

113

Waarom is Jesus gekruisig?

Hoofstuk 4.5

Jesus se kruisiging

Waarom het Hy nie maar aan `n hartaanval gesterf of `n meer genadigde dood gesterf

nie? Gestel Jesus het in vandag se tyd gekom, sou Hy die doodstraf gekry het? Die

doodstraf is dan juis so `n kontroversiële onderwerp internasionaal! Sou vandag se

mense Hom gekruisig het? En waarom `n kruisdood?

Kruisdood

Rede 1

Jesus het die straf vir ons sonde op Hom geneem

Ek het om een of ander rede altyd die prentjie gehad van Jesus aan die kruis,

doringkroon op Sy kop en `n straaltjie bloed wat teen sy gesig afloop. Ek weet verseker

dat die prentjie sy oorsprong uit een of ander Kinderbybel het.

Met dit ingedagte is ek na Vader toe waar ek Hom gevra het waarom Jesaja in Jesaja

53:5 sê dat Jesus oor ons sondes verbrysel is? Het Jesaja nie bietjie oordryf toe hy

die woord “verbrysel” gebruik het nie, want volgens my beteken “verbrysel”

verniel, stukkend, geen stuk meer aanmekaar nie. Vader gee my toe opdrag om

Jesaja 1:5-6 te lees:

Die hele kop is vol seerplekke en die hele gestel is verswak. Van kop tot tone is

daar nie een plek heel nie: dit is die ene kneusplekke, hale en rou wonde! Hulle is nie

skoongemaak of verbind of met salf behandel nie.

Vader vra my toe: Wat beteken “van kop tot tone is daar nie een plek heel nie” Ek

antwoord: “Vader, van kop tot tone is daar nie een plek vel nie. Is dit moontlik dat

enige iemand so `n wrede marteling sou kon oorleef? Meer nog watter tipe monster

doen so iets aan iemand anders?

Jes 52:14 Baie mense was ontsteld oor Hom. Hy was so misvormd dat Hy nie meer

soos `n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van mens gehad het nie!

Weet jy hoe verskriklik jy geslaan moet word dat jy nie meer die voorkoms van `n mens

het nie!

114

Kan jy jou voorstel dat indien Jesus se liggaam van kop tot tone stukkend was

en Sy voorkoms so misvormd was dat Hy nie meer soos `n mens gelyk het nie,

hoeveel bloed uit Sy liggaam gevloei het? Daardie bloed het my en jou tempels

so gereinig dat ons weer die voorreg mag hê om die Heilige Gees in ons tempels

te huisves.

Ek glo persoonlik dat slegs die Heilige Gees vir Jesus aan die lewe gehou het, om

by die kruis uit te kom tydens en na die géseling. Die hoeveelheid bloed wat Hy

moes verloor het, as die woord “verbrysel” en van “kop tot tone nie een plek vel

nie” letterlik geintrepreteer word, en ons moet, want die Woord sê so, dan sou enige

normale mens sy bewussyn lankal verloor het.

Ek glo ook dat satan in die géselaars ingevaar het, want hy wou persoonlik toesien

dat Jesus doodgeslaan word, aangesien satan gemeen het dat die klag wat die Jode

teen Jesus ingebring het, nie sterk genoeg was nie. Wat ek daarby bedoel is dat die

Romeinse reg nie voorsiening gemaak het vir die doodstraf vir enige van die

Jode se geloofsreëls nie tensy dit ook `n oortreding was volgens die Romeinse reg.

Ek glo ook dat satan gedink het dat Pilatus nie die moed van oortuiging gehad het om

Jesus terdood te veroordeel nie. Satan wou nie kanse vat nie, wetend dat die

Romeinsewet nie voorsiening gemaak het vir enige strawwe ten opsigte van die

Joodse geloofswette nie. Indien Jesus tereg moes staan voor `n hof, op die klagtes

wat die Jode wou inbring, sou Hy verseker onskuldig bevind geword het.

Waarom sê ek dat satan Jesus wou dood hê? Watter voordeel sou dit vir hom

ingehou het?

Vir ongeveer vierduisend jaar het satan oor die aarde regeer en God se skepsels die

mens laat ly met die drie dinge waarvoor Jesus gekom het om ons van te verlos,

synde: lyding, sonde en siekte. Toe kom Jesus en dinge verander drasties. satan

maak verlam, Jesus laat hulle loop, satan maak blind, Jesus laat hulle sien, satan

maak dood, Jesus red hulle uit die dood, en dit gebeur nie net by die Jode maar ook

onder die nie-Jode wat Jesus nader en Hom begin volg. Die gevolg was dat satan

besef het dat hierdie “Adam” se aardse koninkryk vir hom wat satan is `n bedreiging

word en, “van hierdie man moet ek ontslae raak, want die belofte wat God in die

tuin van Eden aan my gemaak het, dat iemand uit die nageslag van Adam gebore

sou word wat my kop gaan vermorsel, is hier!”

Ons lees ook in Johannes 19:12 dat nadat Pilatus alles moontlik gedoen het om

Jesus vry te laat, [nadat Hy gegésel was en nog steeds bly lewe het,] dat die Jode

met hulle laaste politieke troef gekom het, en aangevoer het dat Jesus eintlik vir

hoogverraad aangekla moet word, aangesien Hy Homself voorgedoen het as `n

115

“koning”. [Koning van die Jode]. Pilatus het daarna nie meer `n keuse gehad nie. Hy

moes Jesus ter dood veroordeel, want hoogverraad, was met die dood strafbaar.

Sonder dat satan besef het, het die géselaars en almal wat betrokke was by Jesus se

marteling, Jesus se onskuldige liggaam oopgekloof. [Hy het die straf vir ons sondes op

Sy liggaam geneem.] Jesus se bloed het as gevolg van die straf, die houe wat Hy

moes vat, mildelik uit Sy liggaam gevloei. Die bloed was `n bewys dat Hy die

straf vir ons sondes op Hom geneem het, en ek en jy nou skoongewas is van ons

sondes. Verder het dit as bewys gedien dat indien ons tot bekering sou kom, ons

inwerklikheid ons sondelas op Hom aflaai. Daarna kan ons getuig dat Jesus die straf

vir my sondes op Hom geneem het, en ek nou “skoon gewas” is van alle sondes en nie

meer gestraf hoef te word met die ewige dood nie, maar reguit hemel toe kan gaan.

Heb 9:22 Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die vergieting

van bloed vind daar geen vergewing plaas nie.

Jesus se bloed was my skoon van alle sondes, so skoon dat ek weer in die

teenwoordigheid van God Almagtig kan kom.

Sy bloed reining ons tempels

Kruisdood

Rede 2

Wat ons terugbring by die tweede rede vir Jesus se kruisdood:

1] Dat ons nie alleen ons sondelas op Hom kan aflaai en volkome verlos

kan wees van ons sondes nie – bekering – maar:

2] Dat Sy bloed `n volkome reiniging van ons tempels bewerkstellig, sodat

ons die Heilige Gees daarin kan huisves.

Hoe verloop hierdie prosedure?

Hand 2:38

a] Bekeer julle, en laat elkeen van julle

b] gedoop word in die naam van Jesus Christus,

en God sal julle

c] sondes vergewe, en julle sal die

d] Heilige gees as gawe ontvang.

116

Hierdie Gawe rus ons weer toe om soos Adam van ouds oor die aarde te heers met

God in ons. Hoe ontvang ek die Heilige Gees word later baie deeglik behandel.

Ons gaan nou die bekering en die wedergeboorte in meer detail bespreek.

Jesus as ons Verlosser

Bekering

Rede 1

Kan jy net “glo” dat Jesus jou Verlosser is of is daar `n dieper betekenis in die

woord “glo”. Kom ons gaan kyk.

`n Skrif, in die Bybel, wat my laat besef het dat ek nie net kan “glo” in Jesus en die

feit dat hy die Verlosser van die mens is nie, was die Skrif in Jakobus 2:

Jak 2:19 Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en

hulle sidder van angs.

Die woord “glo” in die Verlosser en “glo” in die Verlossingsplan moet baie meer

om die lyf hê as net “glo” in die bestaan daarvan. Ek het na Vader gegaan en hom

gevra om die verskil te verduidelik en Hy het.

Gestel ek is `n sluipmoordenaar, dit is my roeping, my nering, my werk en ek glo

in God en in Jesus, en ek glo dat Jesus se verlossingsplan ook tot my

beskikking gestel is. Gestel tot en met my dood was ek getrou en baie goed in my

werk as sluipmoordenaar, waarheen gaan my siel? Met ander woorde die

sluipmoordenaar het geglo, maar enduit volgehou met sy sondige praktyk. As die

beginsel om te “glo” soos wat die Bybel herhaaldelik vir ons sê ons moet doen, ál is

wat hier geld, dan is daar baie moordenaars in die hemel!

Glo satan aan God Almagtig, Jesus en die Heilige Gees?

Stem jy met my saam dat satan “glo” ook in God, in Jesus en die Heilige Gees?

Die antwoord is ja, definitief nog meer as ek en jy, want hy ken hulle persoonlik!

Sover as wat ek die Woord reg verstaan is satan en alles wat boos is, reguit op pad hel

toe! Indien satan dan meer as ek en jy “in God glo”, en dit is net `n kwessie van

tyd en hy gaan braai, wat dan van jou en my? Kan ons net “glo”?

Kom ons gaan net gou terug na die Ou Testament.

117

Ou Testament.

Wat moes die mense in die Ou Testament doen indien hulle tot God wou bid?

1. Hulle moes `n altaar bou.

2. `n Onskuldige dier wat aan die wetsvoorskrifte voldoen, neem, vasmaak op

die altaar.

3. Hul regterhand plaas op die dier, en dan [simbolies] hulle sonde aflaai op

die dier.

4. Die dier is dan doodgemaak, omdat die dier met hulle sondelas moes

sterf.

5. Die bloedvergieting uit die dooie dier het verskeie dinge gesimboliseer.

6. Die bloed was egter `n bewys dat die dier met jou sondelas gesterf het.

[Nadat die Jode `n tempel gebou het, het die Hoë Priester namens die

persoon die offer gedoen.]

Heb 9:22 Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die

vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie.

Toe kom Jesus, die laaste offerlam: Nuwe Testament

1. En Jesus neem die straf vir al my sondes op Sy liggaam.

2. Hy sterf met my sondelas en,

3. die bloed wat daar so mildelik uit Sy liggaam gevloei het, dien as `n bewys

dat Hy vir my sondes gesterf het.

4. Sy bloed was my tempel so skoon van alle sonde, dat as ek nou liggaamlik

sou sterf, my siel sal lewe en reguit hemel toe sal gaan, maar:

In die Ou Testament moes ek `n dier na die offeraltaar bring, en ek moes my sondelas

op die dier aflaai, en ek moes hom doodmaak. Daar was `n klomp handelinge wat ek

moes uitvoer ten einde vergifnis vir my sonde te kry. So wat moet ek doen wat my

anders maak as satan, wat reguit op pad is hel toe en tog ook “glo” in God Drieenig?

Ek moet bekeer.

Bekering

Op `n dag moet ek na die laaste Lam [Jesus] toe gaan, en ek moet voor Hom kniel, en

ek moet my sondelas op Jesus plaas en ek moet Jesus bedank dat Hy met my

sondelas gesterf het; ek moet dit verklaar en dit my eie maak dat Sy bloed my geheel

en al skoongewas en gereinig het van alle soort sonde wat ek al ooit gepleeg het.

118

Dit noem ons bekering.

Bekering beteken draai jou rug op sonde.

HAT: Verandering van hart, afkeer van die sonde.

Die Griekse vertaling gebruik die woord “metanoia”. Jy moet anders begin dink oor

dinge.

Wat is dus die verskil tussen my en die sidderende demone, asook satan wat God

Drie-enig persoonlik ken, en onthou hulle almal “glo” in God? Die verskil is dat ek op

`n dag tot bekering moet kom en JESUS my persoonlike Saligmaker en Verlosser

moet maak – hulle kan nie!

Let wel: Bekering beteken verandering van hart. Die sluipmoordenaar sal

onmmiddellik moet ophou met sy sondige praktyk. Jy sal onmiddellik moet ophou

vloek, en wat ook al die sonde praktyk is waarmee jy besig is. Jy sal onmiddellik

daarvan moet bekeer.

Indien jy die verskil tussen glo in Jesus en bekering nog steeds nie verstaan nie, lees

hierdie stuk weer deur, bid dit deur.

Heb 9:25-28 Hy [Jesus] het nie ingegaan om Homself herhaaldelik te offer nie, soos

die hoëpriester elke jaar die Allerheiligste binnegegaan het met bloed wat nie sy eie is

nie. Dan sou Christus immers herhaaldelik moes gely het, reeds van die skepping

van die wêreld af, Maar nou het Hy net een keer in die voleinding van die tye

verskyn om deur Sy offer die sonde weg te neem.`n Mens is bestem om net een maal

te sterf en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die

sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in

verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir die wat Hom verwag.

Ons kan nou hemel toe gaan as ons te sterwe kom! Bogenoemde is een van die twee

punte in die verlossingsplan wat Jesus vir ons het.

Jesus as ons Verlosser

Wedergeboorte

Rede 2

Jesus se verlossingsplan is uiters volmaak. Sy bloed het ons tempels so gereining van

alle sondes dat ons weer die voorreg kan hê om God se Gees, die Gees van Christus,

die Heilige Gees in ons tempels te kon huisves. En dit noem ons wedergeboorte.

119

Wat is wedergeboorte:

Joh 3:3-7 Daarop sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut

gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan `n mens gebore word as hy al `n ou man is? Hy

kan tog nie `n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” Jesus

het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word

nie, kan hy NIE in die KONINKRYK van GOD kom nie. Wat uit die mens gebore is, is

mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie verbaas wees dat Ek vir jou

gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie…”

Wedergeboorte word in baie detail in die hoofstuk oor die Heilige Gees hierna

bestudeer.

Wat het Jesus na die kruisiging in die doderyk gaan maak?

1] Jesus het in jou en my plek afgedaal na die doderyk, sodat die wat glo dat

Hy ons Verlosser van sonde is, nooit soontoe hoef te gaan nie. Hy het dit in

ons plek vir ons gedoen.

Daar was egter nog `n rede, miskien `n baie onbekende rede, maar `n baie belangrike

rede. Voordat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy eers afgedaal na die

doderyk om Homself daar voor te stel as die Seun van God.

Thanatos (than'-at-os); Word Origin: Greek, Noun Masculine, Strong #: 2288

The death of the body.

That separation (whether natural or violent) of the soul and the body by which the

life on earth is ended with the implied idea of future misery in hell.

Wat van die mense wat in die Ou Testament geleef het?

Ek het eendag in totale onkunde na Vader gegaan en Hom daarvan beskuldig dat die

arme mense in die Ou Testament nie `n regverdige kans gehad het om die ewige lewe

te beërwe nie. Ek het gesê dat die meeste heidene net altyd gehoor het van “die God

van die Jode” en watter kragtige dade Hy verrig het, maar hulle het geen toegang tot

hierdie God van die Jode gehad nie. Vader se antwoord: “Elize, jy ken nie die skrif nie,

My kind!”

Het hulle enigsins `n regverdige kans gehad? Die antwoord is, JA, en ons kry die

antwoord op `n paar plekke in die Nuwe Testament.

120

1 Pet 3:19-21 En so het Hy [Jesus] na die geeste in die gevangenis gegaan en

daar Sy oorwinning aangekondig. Dit is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly het

toe Hy groot geduld met hulle aan die dag gelê het in die tyd toe Noag die ark gebou

het. Net `n klein klompie in die ark, ag in getal, is deur die water gered. Dit dui op die

doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop is nie `n afwassing van die

vuilheid van die liggaam nie, maar `n bede tot God om `n skoon gewete, en dit red

julle op grond van die opstanding van Jesus Christus.

1 Pet 4:6 Daarom is die evangelie immers ook verkondig aan dié wat nou dood is

sodat, hoewel hulle as mense onder die oordeel was om na die liggaam te sterwe,

hulle na die gees sou lewe soos God lewe.

Wat het Jesus na Sy afsterwe in die doderyk gedoen? Hy het Homself aan die siele in

die doderyk gaan bekendstel. Hy het letterlik afgedaal na Haddes – beter bekend as

die doderyk waar al die afgestorwe siele, stil ‘geslaap’ het.

Ek glo dat die profete soos Elia, Dawid, Jesaja en Johannes, om net enkeles te noem,

wat deur die eeue heen oor Jesus geprofeteer het, en verklaar het dat Jesus die Seun

van God is, “wakker” geword het, en saam kon getuig oor Jesus. Ek glo Jesus het

die uitnodiging aan almal gerig om Hom te volg. Met ander woorde almal, van

Adam tot die grootste sondaar, het `n geleentheid gehad om Jesus te ontmoet,

en tot geloof te kom en te glo dat Jesus die Seun van God is. Die wat geglo het

dat Jesus die Seun van God is en geglo het dat Hy die kettings en boeie van

Haddes sou kon breek, het Hom uit Haddes gevolg en daarom lees ons dat

Petrus getuig dat Jesus in Haddes was en Homself aan die afgestorwenes gaan

bekendstel het.

Matt 12:38-40 In hierdie skrifgedeelte het die Fariseërs vir Jesus `n wonderteken

gevra.

Jesus antwoord hulle toe: “`n Slegte en afvallige geslag, vra `n teken, en geen teken

sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. Soos Jona drie

dae en drie nagte in die maag van `n groot vis was, so sal die Seun van die mens

drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees.”

Waarom is Johannes die Doper se kop afgekap?

`n Ander interessante gebeurtenis was die dood van Johannes die Doper. Weer

eens in totale onkunde het ek na Vader gegaan en Hom gevra waarom Johannes die

Doper baie kort na Jesus se doop, dood is? Die mees voor die handliggende antwoord

sou wees sodat daar nie `n groep mense sou wees wat Johannes volg en `n ander

121

groep wat Jesus volg nie. Johannes sê self: “Ek moet minder word en Hy, Jesus,

meer,” maar dit is nie al rede nie.

Ek glo satan was na die doop van Jesus `n erg bekommerde wese. Johannes die

Doper, doop Jesus en Jesus word gevul met die Heilige Gees. Lukas 4:1 verduidelik

dat Jesus vol van die Heilige Gees was, nadat Hy van die Jordaan af teruggekom het.

Na Jesus se doop en invul of vervulling met die Heilige Gees begin Jesus met Sy

bediening en daar gebeur dinge wat niemand nog ooit beleef het nie. Satan laat die

mensdom nog steeds ly soos dit maar sy manier van doen was, maar nou kom Jesus

en Hy maak die mense gesond, satan maak blind, Jesus laat hulle sien, satan maak

verlam, Jesus laat hulle loop. Jesus vergewe die mense hulle sondes, Hy vermeerder

twee visse en vyf brode vir vyfduisend mense. Hierdie optrede van Jesus maak satan

erg bekommerd.

Gestel Johannes die Doper doop nog mense en hulle ontvang die Heilige Gees

op so `n kragtige manier dat hulle net soos Jesus begin werk! Hy wat satan is

gaan dan beheer verloor en geen “werk” meer hê nie, sy hele doel op die aarde gaan

tot niet gaan. Die voorhandliggende ding om te doen was om die gewer van die gawe,

naamlik Johannes die Doper, dood te laat maak. Wat toe ook gebeur het deur dat

Herodes opdrag gee dat Johannes se kop afgekap word.

Waarom het God Almagtig toegelaat dat so iets wreeds met Johannes gebeur?

Toe Jesus afdaal na die doderyk glo ek het Sy teenwoordigheid die rustende siele

‘wakker’ gemaak. Jesus het verklaar dat Hy die Seun van God is en Almal wat dit geglo

het kon Hom uit Haddes volg. Verder glo ek dat die profete begin getuig het, dat hulle

vroëer in profesië verklaar het dat dit wel gaan gebeur. Johannes die Doper se

getuienis sou die laaste bevestigende getuienis wees naamlik: Dat hy die een

was wat Jesus gedoop het en dat God Almagtig aan Hom wat Johannes is die

volgende woorde verklaar het:

Joh 1:33-34 … “Die Een op wie jy die Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die

Heilige Gees doop” ek het dit self gesien en daarom getuig ek: “HY IS DIE SEUN VAN

GOD.”

122

Wie het Jesus uit die dood opgewek?

Die Heilige Gees, die Gees van God.

Hoofstuk 4.6

Jesus se opstanding uit die dood

Romeine 8:11 verduidelik ons wie dit was wat Jesus uit die dood opgewek het:

Omdat die Gees van God deur wie Jesus uit die dood opgewek is, IN julle woon,

sal Hy ook julle sterflike liggame lewend maak deur Sy Gees - die Heilige Gees - wat

IN julle woon.

Dit is belangrik om dit raak te lees dat dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek

het die Gees is wat daar IN my woon, en wat ek nodig gaan hê om my lewend te maak

by liggaamlike afsterwe.

Volgens Johannes 20:14 het Jesus heel eerste verskyn aan Maria Magdalena uit wie

Jesus sewe bose geeste uitgedryf het. Hierdie stukkie inligting is weereens `n getuienis

oor hoe volkome Jesus se sondevergifinis is.

Ps 103:12 So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge

van ons af.

123

Hoofstuk 4.7

Jesus se hemelvaart.

Mark 16:19 Nadat die Here Jesus dit vir hulle gesê het, is Hy in die hemel opgeneem

en het Hy aan die regterhand van God gaan sit.

Luk 24:51 Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die

hemel opgeneem.

Het Jesus ons as weeskinders agtergelaat? Die antwoord is, nee. In die Evangelies

lees ons `n hele paar keer dat Jesus vir ons sê dat dit beter is dat Hy weggaan, want

Hy stuur vir ons `n Vertrooster, Iemand groter as Hyself.

Joh 14:16 Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle `n ander Voorspraak stuur om vir

ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid.

In watter vorm?

In die vorm van die Heilige Gees.

Vers 26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur,

sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

124

Hoofstuk 5

Die Heilige Gees

Wat gebeur toe met Jesus se volgelinge nadat Hy opgevaar het en gaan sit het

aan die regterhand van God Almagtig?

Liewe leser maak seker dat jy hierdie hoofstuk verstaan en behoorlik deurgelees het

voordat jy verder gaan. Handelinge 2 gee `n breedvoerige uiteensetting van die

uitstorting van die Heilige Gees. Lees dit asseblief self.

Petrus was besig om die gemeente toe te spreek na die uitstorting van die Heilige

Gees, en in sy toespraak sê hy die volgende:

Hand 2:32-33 God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal

getuies. Hy is verhoog aan die regterhand van God en Hy het die Heilige Gees wat

belowe is, van die Vader ontvang en uitgestort. … Dit is wat julle nou sien en hoor.

Handelinge 2 verseker ons dan dat die Heilige Gees wat belowe was deur Jesus

ontvang en uitgestort is.

Die Heilige Gees speel `n baie belangrike rol in ons lewens maar sou jy vir iemand vra

wat die Heilige Gees se funksie is of wie die Heilige Gees is, kan nie baie jou `n

duidelike antwoord gee nie. Weereens kan jy enige boek lees oor die Heilige Gees wat

Derek Prince en Ed Roebert geskryf het.

Jes 11:2 Beskryf die Gees van die Here so:

Die Gees van die Here sal op Hom rus:

die Gees wat Wysheid en Insig gee,

die Gees wat Raad en Sterkte gee,

die Gees wat Kennis verleen en Eerbied vir die Here.

Joh 4:24 “God is Gees en die wat hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in

waarheid aanbid.”

Twaalf redes waarom jy die Heilige Gees IN jou moet hê?

1] Jy het die Lewend Makende Gees IN jou nodig om die ewige lewe te

beërwe.

2] Die Heilige Gees gee jou wysheid, insig, raad, sterkte en verleen kennis en

eerbied vir God.

3] God en Jesus sal by ons kom woon. In watter vorm? Die Heilige Gees!

125

4] Ons het die Heilige Gees nodig om tot God te bid.

5] Strome Lewende Water sal uit jou vloei. Jy sal die Krag van God in jou ervaar.

6] Ons sal die volheid van die liefde van God kan ervaar.

7] Ons sal van nou af in vrede kan leef.

8] Ons sal kan Heilig leef en aan die eise van die wet kan voldoen.

9] Die Heilige Gees verseker my dat ek nou `n kind van God is.

10] Ek is nou saam met Jesus `n erfgenaam van God.

11] Ons kan as ware verteenwoordigers oor die aarde heers namens God.

12] Die Gees lei ons om nie te swig voor sondes nie.

1] Jy het die Heilige Gees nodig om die ewige lewe te beërwe.

Rom 8:11 Omdat die Gees van God deur wie Jesus uit die dood opgewek is, IN julle

woon, sal Hy [God] deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike

liggame lewend maak deur Sy Gees wat IN julle woon.

Duideliker kan ek dit nie vir jou stel nie. Jy het die Heilige Gees IN jou nodig om weer

lewend gemaak te word. Romeine 8 verduidelik dat as jy nie die Heilige Gees in jou

het nie, jy nie weer lewend gemaak kan word nie, met ander woorde indien jy nie die

Gees het nie, het jy nie die ewige lewe nie.

Onthou wat het ons vroeër by die gedeelte oor die gebeure in die Tuin van Eden gesê:

God het aan Adam verduidelik dat, indien hulle sou besluit om ongehoorsaam aan God

te word deur van die verbode boom se vrugte te eet, die Heilige Gees hulle sou verlaat

en hulle sekerlik sou sterf. Die Lewend Makende Gees sou hulle verlaat en hulle

liggame sou sterflik word, omdat die Lewend Makende Gees naamlik die Heilige Gees

nie meer in hulle tempels sou kon woon as gevolg van sonde nie.

Leser, as ek `n hoofstuk in die Bybel moet uitsonder wat die werking van die Heilige

Gees IN ons, die beste verduidelik, en bevestig, is dit Romeine 8. Vergewis jou van die

inhoud met behulp van die Heilige Gees.

2] Die Gees gee jou wysheid, insig, raad, kennis en eerbied vir God

1 Kor 2:13-14 So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. Die

mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van

God nie, en verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. Die mense

wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy

deur geen mens beoordeel word nie.

126

Jy kan God se Woord met ander woorde die Bybel nie verstaan tensy jy die Heilige

Gees van God het nie. Geestelike dinge kan slegs verklaar word deur iemand wat die

Heilige Gees het. Indien jy nie die Heilige Gees in jou het nie, is daar nie eens `n

moontlikheid dat jy sal verstaan wat die Woord van God – die Bybel vir jou probeer sê

nie. Jy gaan stellings maak soos: “die Bybel weerspreek dit self,” of “ek verstaan nie

wat die Bybel vir my probeer sê nie” of “ek kry nie kos in my kerk, selgroep, bidgroep,

ensovoorts nie.”

So `n persoon het ek gevind het altyd persoonlike vooropgestelde beginsels

waarin hulle glo rondom die Bybel en is altyd besig om ander van hulle siening

te oortuig, terwyl die stellings baie keer glad nie Bybel gefundeerd is nie. Al

weerspreek jy hulle met skrif uit die Bybel, stry hulle nog steeds met jou. Met sulke

handelinge maak hulle, hulle skuldig daaraan dat baie mense afvallig word. Gewoonlik

ken so `n persoon nie werklik die Woord van God nie, en lees hulle die Woord sonder

die Gees van God, daar is gewoonlik geen sprake van bestudering van die Woord van

God nie.

Hulle hardloop ook altyd na die predikant toe om seker te maak dat dié hulle siening

ondersteun en pas ook gewoonlik die geleerde se woorde so aan dat dit hulle siening

pas.

Ek ken baie mense wat al die regte geluide maak. Hulle is gewoonlik in die “regte

kerk,” en mis geen selgroep of aanbiddingsessie nie, noem die kerkaktiwiteit en

hulle is gewoonlik daarby betrokke. Ek het geen probleem daarmee nie. Waarmee

ek wel `n probleem het is dat sulke mense gewoonlik baie mense het wat as gevolg

van hulle statuur in die samelewing na hulle opkyk, ook vir geestelike leiding en dit is

hier waar dinge skeef loop. Gewoonlik het hulle nog nooit die nodigheid ingesien om

die Bybel deur te lees nie, wat nog te sê bestudeer! [Terloops, dis darem interessant

dat so baie mense nie kan wag dat hulle gewilde tydskrif wat weekliks uitgegee

word, op die winkelrakke moet kom nie, maar in hulle hele lewe het hulle nog

nooit die Bybel deur gelees nie].

Maak seker jy kan enige stelling en vooropgestelde idee wat jy het rondom geloof en

die Bybel met ten minste twee skrifgedeeltes bevestig. Die Bybel weerspreek dit self

glad nie. Dit is jy wat nie met hulp van die Heilige Gees die Bybel bestudeer nie.

Nee, jy is nie veronderstel om soos `n baba deur die predikant eenkeer `n week

vir `n uurlank geestelik gevoer te word in die kerk nie. In sekere gevalle moet die

predikant of die pastoor nog die bottel vir jou vashou terwyl jy jou geestelike melkies

drink. Jy is veronderstel om vaste kos te eet, met ander woorde jou Bybel alreeds `n

paar keer deur te gewerk het, en met die hulp van die Heilige Gees die Woord te

verstaan. Jy moet self die vaste kos eet.

127

Hoe wil jy `n intieme verhouding met God hê as jy wil hê iemand anders moet jou

geestelik voed. `n Intieme verhouding is gewoonlik tussen twee persone, nie drie nie.

In hierdie geval is dit tussen jou en God. Iemand anders kan nie namens jou op God se

voete gaan sit en vir jou pleit vir vergifnis, of enige ander dergelike ding nie. Jy moet dit

self doen. Jy moet op God se voete gaan sit en Hom prys vir wie en wat Hy is. Jy moet

Hom vertel hoe lief jy Hom het. Jou predikant of pastoor kan dit nie doen nie. Indien `n

mens, `n intieme verhouding met iemand begin, dan leer jy die persoon self ken. Jy vra

nie iemand anders om namens jou intiem met die persoon te wees nie.

Jy moet self die Bybel lees met die hulp van die Heilige Gees, en God daarin leer ken

sodat jy `n intieme verhouding met Hom kan bou.

Die Heilige Gees sal jou alles van God leer. Met ander woorde die Heilige Gees sal

die woord van God – die Bybel aan jou verduidelik. Laat die Heilige Gees jou lei in alle

aspekte van die Woord.

1 Kor 2:13-14 So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. Die

mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van

God nie, en verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. Die mense wat die

Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur

geen mens beoordeel word nie.

Joh 14:26 En wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur,

sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

3] Die Vader sowel as Jesus self sal by ons kom woon in die vorm van die Heilige

Gees, Romeine 8

Joh 14:23 Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy My woorde ter harte

neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.”

Leser, hoe lief het jy Jesus? Gaan sit `n bietjie stil en wees baie eerlik met jou self. Hoe

lief het jy Jesus?

Ek was eendag besig om te ‘worship’ [Vader te loof en prys met sang] toe Hy my

skielik gevra het hoe lief ek my oudste seun het. Ek het gedink dis maklik en het

begin verduidelik maar my woorde het gou opgeraak en woorde vir emosie is daar nie.

Beter gestel hoe kan jy “gevoel” vertel of verduidelik sodat die ander persoon dit ook so

sal ervaar? Hoe beskryf jy `n werklike waaragtige gevoel van liefde in woorde? Ek het

begin deur te sê: “Vader ek het hom so verskriklik lief, lief, lief lief!”

128

Ek het terselfdertyd `n geweldige pyn, of liewer `n gevoel van deernis, of intense

emosie, in my bors aan die kant van my hart gevoel. Na `n ruk het ek besef, dat

werklike waaragtige liefde onmoontlik nie in woorde uitgedruk kan word nie, en ek het

begin huil. Dit was `n “huil van emosie”, “`n huil van liefde” vir `n kind wat Vader vir my

gegee het, en in daardie oomblik het ek besef dat daardie liefde vir Johan, net van God

af kan kom.

Dit was duidelik, dat Vader nie met my klaar was nie. Die volgende vraag was: “Hoe

lief het jy Madelein” – ons dogter, en weer het ek deur daardie héle emosionele

sessie met Vader geworstel. Dit was uitputtend en weereens het ek in trane uitgebars.

Ek het haar so verskriklik lief. Net God wat in my hart kon kyk het geweet hoe lief ek

my twee kinders het.

Daarna was my man, Francois aan die beurt. My en Francois se liefde vir mekaar, is

iets baie besonders. Ons dra ons liefde, verhouding en huwelik elke aand van ons

lewe, vir die afgelope agtien jaar, gesamentlik aan God op. Ons salf ons huwelik elke

aand met die kosbare bloed van Jesus en los dit by die troon van Vader, elke aand!

Die liefde wat ons vir mekaar het kom van God af en is meer as spesiaal. Toe volg die

vraag van Vader: “Elize, hoe lief het jy vir Francois?” Ek was baie emosioneel en het vir

Vader gesê: “Net U weet hoe lief ek hom het Vader”! Ek was werklik emosioneel

uitgeput na die sessie van byna `n uur. Ek het besef dat liefde nooit in woorde

uitgedruk kan word nie. My liefde vir hierdie drie mense in my lewe was die spil

waarom my lewe gedraai het, was die rede vir lewe, vir asemhaal, vir sin, vir alles.

Daar was `n stilte, ek het net `n gevoel gehad dat Vader nie met my klaar was nie, en

Hy was nie.

Toe volg die vraag! “Elize, hoe lief het jy My?”

Onmiddellik het ek geantwoord, Baie! Baie! Baie! Baie! Vader! En skielik het ek besef

dat ek nog nooit in my lewe so nakend voor my Vader, God Almagtig gestaan het

nie, want ek het nie naastenby daardie intense emosionele gevoel van waaragtige

liefde in my hart, wat ek vir my man en twee kinders gevoel het, vir Hom gevoel nie.

Ek het my self onmiddellik begin verdedig, en my gevoel vir Vader wat natuurlik uit my

brein en logika gevoed word, verdedig. Ek het vir Vader gesê dat dit nie my skuld is

dat ek Hom nie so lief het soos ek my familie het nie, maar dat dit Sy skuld is,

want ek kan Hom nie voel nie, nie `n drukkie gee nie, nie sien nie, nie koester nie,

kortom ek kan Hom nie oomblik vir oomblik fisies beleef nie! Dit is nie my skuld nie!

Nadat ek so teenoor Vader uitgevaar het, het daar `n stilte tussen ons gekom. Ek was

baie hartseer en ontsteld. Toe sê Vader vir my: “Elize, die eerste gebod lees dat jy

My onvoorwaardelik moet lief hê, met jou hele hart, en met jou hele siel en met

129

jou hele verstand en met al jou krag. Die meeste mense oortree hierdie gebod hulle

hele lewe lank sonder om dit te bely as `n sonde.”

Gevul met `n diepe hartseer het ek gevra: “Vader, wat moet ek nou doen? Hoe op

aarde kan ek U so lief hê?”

Ek het daar op my knieë geval en in diepe berou vir Vader onverskoning gevra dat ek

nog my hele lewe lank Hom nie werklik en waaragtig liefgehad het nie, en ook nie iets

daaraan gedoen het nie. Ek het altyd “geglo” ek het Hom lief, maar het nooit besef dat

daar nie werklik emosie daaraan gekoppel is nie. Ek glo my liefde vir Hom is uit my

brein, verstand en logika “gevoed”. Nadat ek berouvol vergifnis gevra het, het ek

Vader gevra om asseblief liefde in my hart vir Hom te sit, en sedertdien is dit `n gebed

wat elkeen van ons gesinslede elke aand bid.

`n Tyd het verloop, en ongeveer drie maande na die eerste gebed waarin ons as

gesin vir God elke aand gevra het om liefde in ons harte vir Hom te sit, het ek

eendag in `n restaurant vir Francois gewag, toe Vader skielik vir my sê: “Elize, gee My

`n drukkie!” Verward het ek rondgekyk of iemand my sien, en toe sê Hy: “Maak toe jou

oë! Jy het `n beeld van My in die hemel, kom sit op My voete, vou jou arms om My

bene, sit jou kop teen My knieë, en gee My `n drukkie.” Ek het! En dit was die begin

van `n wonderlike verhouding met my Liefste Vader. Ek het Hom so lief, dat die wêreld

te min woorde het! Hy het liefde IN my hart vir Hom gesit!

4] Jy moet God deur die Heilige Gees aanbid

Joh 4:24 God is Gees, en die wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in

waarheid aanbid.

Dus: as ons nie die Gees het nie kan ons nie tot God bid nie, waarom nie? Want:

Joh 4:23 Daar kom `n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader

deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense

wat Hom aanbid, dit so moet doen.

Rom 8:26-27 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by, ons weet nie wat en hoe

ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met

woorde gesê word nie. En God wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling

van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.

130

5] Strome Lewende water sal uit jou binneste vloei met die Heilige Gees IN jou

Wat `n wonderlike belofte: Jesus sê vir ons in Joh 7:38-39 “… met die een wat in My

glo, is dit soos die Skrif sê:”

“Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys,

want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog

nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie.

6] Ons sal die volheid van die liefde van God IN ons ervaar

Rom 5:5 … want God het Sy liefde in ons harte uitgestort, deur die Heilige Gees wat

Hy aan ons gegee het.

Jy sal onvoorwaardelik jou medemens kan liefhê, omdat God se liefde IN jou hart

uitgestort is in die vorm van die Heilige Gees. Volgens Galasiërs 5:22 is een van die

vrugte van die Gees, liefde. Dus as jy die Heilige Gees in jou het sal jy vrugte dra, van

onder andere liefde. 1 Korintiërs 13, beskryf vir ons hoe die persoon wat die vrug van

liefde het, sal optree.

Daarom gee Hebreërs 12:14 `n baie duidelike riglyn waarvolgens jy moet leef indien jy

eendag die ewige lewe wil bereik. Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir `n

heilige lewe waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Weereens, jy kan tien keer tot bekering kom, maar as jy nie bereid is om in vrede met

alle mense te leef en `n heilige lewe te lei nie, sê die Skrif, sal jy nie die Here sien nie.

Slegs met behulp van die Heilige Gees kan jy aan alle, asook bogenoemde

voorwaardes voldoen.

7] Jesus belowe ons dat ons van nou af vrede sal hê, vrede wat alle verstand te

bowe gaan. Hoe? Met die Heilige Gees IN ons

Joh 14:27 “Vrede laat Ek vir julle na; My vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir

julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie” dit gaan nie om geld of besit nie.

Wanneer laas het jy volkome vrede ervaar? Wanneer laas het jy geen hol kol of `n

naar brand gevoel op die krop van jou maag, en of so `n depressie gevoel ervaar nie?

Wel, Jesus belowe ons daardie vrede, en as jy nie daardie vrede ervaar nie dan moet

daar fout wees. Die fout is dat jy nie die Heilige Gees, die Gees van Christus IN jou het

nie, en nie sorg dat jy vol bly van Hom nie. Jesus is baie beslis wanneer Hy vir ons sê

dat ons vrede moet hê, want Hy wil ook hê dat ons in vrede moet leef.

131

Op hoeveel kalmeermiddels is jy om jou daagliks deur die dag te trek? Jy het

nodig om vol te word van Jesus. Jy het Hom in jou lewe nodig. Jy het nodig om `n

Intieme verhouding met Jesus te hê.

8] Met die Heilige Gees in ons kan ons nou Heilig Leef en aan die eise van die

wet voldoen

God wil hê dat ons heilig moet leef. Ek moet so baie keer hierdie vraag beantwoord en

of stellings aanhoor wat so lui: “Gelukkig weet God ek is `n mens en vol sonde.” Op

bogemelde aanmerkings sê ek gewoonlik dat die Skrif baie duidelik is:

Heb 12:14 sê: Leef in vrede met alle mense asook `n heilige lewe waarsonder julle NIE

die Here sal sien nie. [Hierdie is `n opdrag].

Ek is bewus van sekere nuwe Afrikaanse vertalings wat bogemelde aanhaling asook

die res van die Bybel se opdragte laat klink asof jy net asseblief `n “poging” moet

aanwend om heilig te lewe, maar die Bybels wat vertaal is uit die oorspronklike

Hebreeuse en Griekse tekste gee jou geen geleentheid om te “probeer” nie, jy moet!

Rom 8:13 As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers gaan julle die

dood tegemoet, maar as julle deur die Gees `n einde maak aan julle sondige

praktyke, sal julle lewe.

Hoe duidelik wil ons dit nog hoor. Dis `n voorwaarde vir ewige lewe!

Ef 4:22-24 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou,

sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle Gees en

gedagtes moet nuut word; Lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is;

lewe volkome volgens die WIL van God en wees heilig.

9] Die Heilige Gees in my verseker my dat ek `n kind van God is

Rom 8:14-16 Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God, vers

15 … Julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot

God laat roep: “ABBA” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat

ons kinders van God is.

10] Die Gees IN my verseker my dat ek nou saam met Jesus `n erfgenaam van

God is

Rom 8:17 En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename saam met Christus.

Aangesien ons deel het aan Sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.

132

Jy wou nog altyd ryk erf, wel as jy `n kind van God Almagtig is, gaan jy saam met

Jesus erf.

11] Met die Heilige Gees IN ons kan ons as ware verteenwoordigers vir God

Almagtig oor die aarde heers

• Gen 1:27-28 God het die mens geskep as Sy verteenwoordiger,

• as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou.

• En Hy het hulle geseën ... en gesê:

• Heers oor die aarde.

12] Die Heilige Gees lei ons om nie te swig voor sondes nie

Gal 5:16 Wat ek bedoel, is dit: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God

beheer word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur

nie.

Tot op hierdie oomblik het jy jouself al seker `n paar keer afgevra hoe op aarde kan ek

sondeloos lewe? Hoe gaan ek ooit aan die eise van die Woord van God voldoen en

totaal en al bekeerd leef? Jy kán met die Heilige Gees IN jou. Indien jy jou lewe deur

die Gees van God laat beheer sal jy nooit swig voor die begeertes van jou sondige

natuur nie.

Die skokkende vraag?

Al hierdie dinge behoort nou aan my maar…

Waarom is ek nog steeds so `n patetiese verteenwoordiger vir God hier op aarde?

Waarom kan ek nie behoorlik heers oor my werksituasie, my gesinsituasie, finansiële

dilemma, ensovoorts nie?

Waarom sukkel ek so om heilig te lewe?

Waarom sukkel ek so om in vrede met almal te leef?

Waarom word my gebede nie verhoor nie?

Waarom is niks waaraan ek raak `n sukses nie, ek is tog veronderstel om wysheid te

hê?

Waarom moet ek `n handvol antidepressante drink net om my deur die dag te kry, dit

terwyl ek God se vrede in my moet hê?

Waarom maak die Bybel nie vir my sin nie, dit terwyl die Gees veronderstel is om die

Woord aan my te verduidelik?

Waarom voel dit my gebede slaan teen die dak vas?

Waarom twyfel ek soms of ek gered is?

133

Slegs jy kan hierdie vraag beantwoord, niemand anders kan dit vir jou of namens

jou doen nie, maar die moontlikheid bestaan dat jy dalk NIE die Heilige Gees IN jou het

nie! Is dit moontlik dat ek nie die Heilige Gees IN my kan hê nie? Ja, dit is beslis so.

Die Bybel sê dis moontlik. Ek gaan dit so breedvoerig moontlik verduidelik.

1 Kor 2:12 Die Gees wat ons ontvang, is nie die gees van die wêreld nie, maar die

Gees wat van God kom.

Dit is dus duidelik dat jy of die gees van die wêreld in jou kan hê of die Gees wat van

God kom.

1 Kor 2:13-14 So verklaar ons geestelike dinge aan die mense wat die Gees het. Die

mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie dinge van die Gees van God

nie. [Nog `n bevestiging dat die moontlikheid bestaan dat jy nie die Gees van God IN

jou kan hê nie.]

Waarom moes Jesus teruggaan na God toe, en ons alleen laat.

In Joh 16:7 maak Jesus `n uiters kontroversiële stelling naamlik dat dit tot ons

voordeel is dat Hy teruggaan na die hemel toe, hoekom?

…Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as

Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom

nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.

Matt 21:21 Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en

nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle

sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. As julle

glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.”

Waarom was dit tot ons voordeel?

Toe Jesus op die aarde was het Hy almal wat na Hom toe gekom het, genees en waar

Hy was het die een wonderwerk na die ander gebeur. Dit was wonderlik om in daardie

tyd naby Jesus te wees, jy hoef nie eens te gebid het nie.

Jy het slegs met jou versoek na Hom toe gegaan, dooies is uit die dood opgewek,

verlamdes het geloop, blindes het gesien, die wat honger was het kos gekry, `n

verleentheid was ook nie `n probleem as ons na die bruilof in Kana kyk nie, en elkeen

se versoek is toegestaan. Jesus het almal genees wat na Hom toe gekom het. En nou

sê Hy dit is beter dat Hy weggaan! Waarom? Want Jesus kon nie in die vlees oral

134

teenwoordig wees nie. Maar die Heilige Gees is wel!!! Die Heilige Gees is God se

Gees, asook Jesus se Gees.

Jesus kon nie oral teenwoordig wees nie

Jesus in sy persoon kon nie oral teenwoordig wees nie. Jy sou jare gewag het vir `n

afspraak met Jesus as jy Hom persoonlik wou te siene kry, maar: Die Heilige Gees is

oral teenwoordig. Hoe? In die tempels, van die mense in wie Hy bly, ek en jy!

Daarom moes Jesus teruggaan na Ons Vader toe, sodat die Heilige Gees na ons

toe kon kom en ons weer toegerus kon word met die Heilige Gees soos God

Almagtig met Adam en Eva gedoen het, toe Hy Sy Gees in hulle “geblaas” het.

Jesus moes egter na die aarde toe kom om vir ons `n voorbeeld te kom stel van hoe

ons die Heilige Gees kan ontvang en as ons die Heilige Gees ontvang het hoe ons

behoort te leef met die Heilige Gees IN ons. Hy moes vir ons `n voorbeeld kom stel.

Ons benodig die Heilige Gees om vir ewig te kan lewe en om soos Jesus

wonderwerke te kan doen.

Die volgende skrif bevestig aan ons dat ons net soos Jesus die Heilige Gees IN ons

tempels, met ander woorde liggame moet “huisves” ten einde vir ewig te kan lewe.

Rom 8:11 Omdat die Gees van Hom [God] deur wie Jesus uit die dood opgewek is, IN

julle woon, sal Hy [God] deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike

liggame lewend maak deur Sy Gees wat IN julle woon.

Luk 4:1 vertel dat Jesus vol van die Heilige Gees van die Jordaan teruggekom het na

Sy doop. [Daarna het Hy begin met wonderwerke doen, dooies is opgewek, verlamdes

het begin loop, blindes het gesien ens.]

5. My liggaam dien nou ook as tempel van die Heilige Gees.

Mark 11:23 Daarom sê Jesus met groot vrymoedigheid: Julle sal groter dinge kan

doen as wat Ek hier gedoen het, julle sal vir die berg sê staan op en val in die see en

dit sál gebeur.

As die Heilige Gees IN ons woon, dan dien ons liggame dus as tempels of huise

waarin die Heilige Gees woon, nie waar nie? En dan is God mos oral teenwoodig.

Kom ons kyk wat sê die Woord:

1 Kor 3:16-17 Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God

IN julle woon nie? As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want

die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.

135

1 Kor 6:19-20 Of besef julle nie dat julle liggaam `n tempel van die Heilige Gees is

nie? Julle het die Heilige Gees, wat IN julle woon, van God ontvang, en julle behoort

nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus IN julle

liggaam verheerlik.

Voorbeeld van Jesus se dissipels.

Voordat die Heilige Gees na Jesus se hemelvaart uitgestort is op die mense het Jesus

al sy dissipels die mag gegee om wonderdade te doen. Met ander woorde, Hy het hulle

toegerus met sekere gawes van die Heilige Gees sodat hulle onder Sy toesig kon leer

om in Sy voetspore te volg.

Nadat Hy opgevaar het, het die Heilige Gees “na die aarde toegekom” om IN ons te

kom bly, na die uitstorting van die Heilige Gees.

Matt 10:1 Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein

geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak. Hy het gesê:

Vers 7-8 Gaan verkondig:

1] Die Koninkryk van die hemel het naby gekom,

2] maak siekes gesond,

3] wek dooies op,

4] reinig melaatses,

5] dryf bose geeste uit.

Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet.

Dissipels na Jesus se hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees

Na Jesus se hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees, lees ons dat byna al

Jesus se dissipels dieselfde wonderwerke gedoen het as wat Jesus gedoen het.

Hand 3 vertel hoe Petrus `n verlamde laat loop het nadat hy hom in die Naam van

Jesus beveel het om op te staan en te loop.

Hand 5:15 Mense het genees al het slegs Petrus se skaduwee op hulle geval.

Hand 9 vertel ons dat Petrus, Tabita wat reeds dood was, uit die dood opgewek het.

Hand 6:8 Stefanus “aan wie God baie genade en krag gegee” het, het groot wonders

en tekens onder die volk gedoen.

136

Hand 8:26-39 vertel van Fillipus wat die Ethiopiër gedoop het en daarna het die Gees

van die Here vir Filippus weggeneem. Die amptenaar het hom nie meer gesien nie en

het sy reis met blydskap voortgesit.

Jesus wou hê dat baie deel kry aan hierdie wonderlike gawes en daarom is hulle

gedoop en het al die mense wat gedoop was die Heilige Gees ontvang, en was hulle

instaat om net soos Jesus en sy dissipels wonderwerke te doen.

Selfondersoek

Tweeduisend jaar later, en jy lees hierdie boek en bely: “Ek is `n Christen, ek glo in

God Drie-enig, ek, gaan elke Sondag kerk toe, ek lees my Bybel, ek probeer my bes

om nie sonde te doen nie, maar my skaduwee het nog nooit iemand genees nie,”

meer nog, wanneer laas het jy gebid en het jy verseker geweet dat God jou gebed

verhoor het? Wanneer laas het jy `n wonderwerk gedoen en het daar `n hele paar

mense tot bekering gekom deur die wonders wat hulle jou sien doen het?

Waarom word jou gebede nie verhoor nie? Wat nog te sê wonderwerke doen!

Die vraag ontstaan onmiddellik: Het ek die Heilige Gees in my? Is my siel beseël

met die Heilige Gees? Die vraag kan net jy antwoord, geen mens kan namens jou die

antwoord gee nie. Ek gaan egter `n paar stellings maak, maar onthou dit is onmoontlik

om al die redes op te noem.

Daar is baie verskillende teologiese redenasies rondom die punt. Baie teoloë wil

hulle glad nie hieroor uitlaat nie, en skuil agter die woorde dat jy net moet “glo”. Dit is `n

punt wat ons reeds oor geredeneer het vroeër in die boek toe ons Jakobus 2:19

behandel het naamlik dat die bose geeste ook “glo” en hulle sidder van angs.

[Hulle is gedoem vir die hel.] Die antwoord was dat ons nie net kan “glo” nie.

Die beseëling van jou siel deur die Heilige Gees

Het die beseëling van jou siel deur die Heilige Gees al plaasgevind?

Wat bedoel ek hiermee?

Indien jy nog nie tot bekering gekom het nie, en nog nie gedoop is nie, kon die

Heilige Gees van God nog nie jou siel beseël het as God Almagtig se eiendom

nie. Want as jy die Heilige Gees IN jou gehad het, en jy vol was van die Heilige Gees,

sou jy elke seën en gawe wat ons behoort te hê met die Heilige Gees IN ons, gehad

het, soos wat ons dit bespreek het in die vorige hoofstukke. [Jou skaduwee het nog nie

iemand genees nie … !]

137

Moontlik weier jy of sukkel jy om te bekeer van jou ou sondige lewe, byvoorbeeld `n

buite-egtelike verhouding, `n dobbelprobleem, vingers wat van tyd tot tyd in die

besigheid se kasregister is, `n humeur, `n vergifnis probleem of enige onbeleide

onbekeerde sonde waarvan jy nie wil afsien nie. Die gevolg is dat jy met jou mond

bely, maar jou hart en siel is nie bekeer nie.

Ons weier soms om tot bekering te kom omdat ons sekere vooropgestelde

geloofstradisies het wat ons ontoeganklik maak vir enige verandering en enige

lering van die Heilige Gees. Ons is somtyds so “slim” dat ons die Heilige Gees se

werking totaal en al keer en weier dat die Heilige Gees met ons praat. Soms praat

die Heilige Gees maar ons luister nie.

Jy is nie vol van die Heilige Gees nie

Jy kan die Salwing of beseëling van die Heilige Gees hê maar jy is nie vol van die

Heilige Gees nie.

Die krag van die Heilige Gees is met ander woorde nie IN jou nie. Ek het al gevind dat

mense God “ervaar” maar nie naastenby in so `n mate soos wat God in hulle lewens

teenwoordig wil wees nie. Hulle “beperk” God in hulle lewens. Indien jy nie `n

intieme verhouding met God het nie, beperk jy Hom.

Luk 4:1 stel dit baie duidelik dat Jesus vol van die Heilige Gees van die Jordaan af

teruggekom het nadat hy gedoop is, en daarna het Hy dooies opgewek, blindes, laat

sien, verlamdes laat loop, ensovoorts.

Daar is beslis `n “maat” van hoe vol jy kan wees van die Heilige Gees anders sou

die Bybel nie `n term gebruik het wat `n “maat” aandui nie. Die maat wat gebruik word

is, “vol”. Met ander woorde jy kan vol van die Heilige Gees wees, of half vol, of

leeg. Soos Adam van ouds eet jy miskien die een appel na die ander sonder om

God te raadpleeg oor wat Sy wil vir jou is, en misken jy die Heilige Gees die hele

tyd.

Gelykenis van die tien meisies

Indien jy nie met my saam stem oor die term vol van die Heilige Gees of halfvol nie,

gaan ek met jou `n gesprek deel wat Vader met my gehad het, oor die gelykenis van

die vyf verstandige meisies en vyf onverstandige meisies. Ons lees die gelykenis raak

in Matteus 25:1-13.

Hierdie tien meisies het al tien hulle veilige wonings verlaat om te gaan wag vir die

bruidegom. Die vyf verstandige meisies se lampe was nie voller as die vyf

onverstandige meisies s`n nie. Nee, die lampe was ewe vol van olie. Die

138

onverstandige meisies se lampe het ook nie vinniger gebrand as die verstandige

meisies s`n nie. Die verskil was egter dat die vyf verstandige meisies ekstra olie

saamgeneem het. Die ander vyf nie.

Belangrik: Ons moet onthou dat die “olie” die Heilige Gees verteenwoordig. Anders

gestel kan ons sê dat al tien die meisies ewe “vol” was van die Heilige Gees toe

hulle, hulle huise verlaat het. Die tien meisies was al tien ewe begerig om die

Bruidegom te ontmoet en het alles agter gelaat om vir Hom te gaan wag.

Toe die aankondiging kom dat die bruidegom oppad was, was die onverstandige

meisies baie ontsteld omdat hulle ‘te min olie’ gehad het, hulle was so ontsteld,

desperaat en beslis om ook die bruidegom tegemoet te gaan dat hulle die gevare van

die nag getrotseer het, [moontlike aanrandings, verkragtings, moord?] om meer

olie in die hande te kry, en tog was hulle te laat.

Op `n skaal van 1 tot 10 sou ons sê dat die vyf verstandige meisies tien uit tien

gehad het, en dus 100% seker asook voorbereid was op die koms van die bruidegom.

[Jesus]. Die vyf onverstandige meisies was ook 100% seker van die bruidegom se

koms asook net so beslis om die bruidegom te ontmoet en om saam met Hom fees

te vier, dat ons amper kan sê dat hulle meer desperaat as die vyf verstandige

meisies was omdat hulle die nag se gevare getrotseer het om by Hom uit te kom.

Hulle was dus 100% toegewyd, en het soos die verstandige meisies 100% geweet Hy

gaan kom en het gaan wag vir Sy koms. Hulle was net nie 100% toegerus op Sy

koms nie. Dit was die enigste verskil. Hulle het nie 100% genoeg olie gehad nie.

Hulle het dus nie genoeg van die Hielige Gees IN hulle gehad nie.

Hulle was nie vol genoeg van die Heilige Gees nie.

Die vraag is: Waar is jy op die oomblik?

Het jy reeds “vertrek” om op Hom te gaan wag? Hoe vasgevang is jy by jou werk-,

gesinsituasie, finansiële probleem, gesondheidskrisis, ensovoorts? Hoe okkupeer

hierdie persoonlike situasies jou? Kom al hierdie persoonlike dinge in jou lewe

alreeds tweede en die koms van Jesus eerste?

Het jy alreeds die bus gemis nog voordat dit vertrek het.

Indien jy op die bus is, hoeveel olie het jy by jou?

Indien jy alreeds wag op die Bruidegom, hoe vol is jy van die Heilige Gees?

Het jy genoeg olie om enduit vir Hom te wag?

Hoe vol is jy van die Heilige Gees?

Indien jy vol is van die Heilige Gees, hoe hou jy jouself vol?

139

Gestel jy wag alreeds op die bruidegom en jy dink jy is vol genoeg waarmee hou jy

jouself besig om vol van die Heilige Gees te bly?

Is jy `n geloofsbedelaar?

Is jy miskien `n geloofsbedelaar wat altyd olie by iemand anders moet kry, of het jy

genoeg olie van jou eie?

Jy is `n geloofsbedelaar as jy aan die volgende kriteria voldoen

Jy spandeer te min tyd met God, en jy weet dit, maar gelukkig verstaan Vader my

drukprogram. Jy stuur elke aand jou versoeklys deur na Vader, [en jy noem dit

natuurlik “jou stiltetyd, of gebedstyd”]. Jy lees `n interessante stukkie uit die Bybel,

maar as iemand jou `n week later vra wat jy daardie aand gelees het, gaan jy

waarskynlik nie onthou nie. Jou gebed is eintlik net `n versoeklys wat jou sekretaresse

maar elke dag namens jou na die hemel kan faks. Jy sit elke Sondag in die kerk, maar

jy wil hê dat die predikant of pastoor moet namens jou `n intieme verhouding met God

hê. Hy moet jou leer van God. Dit is mos sy werk. Hy het daarvoor gestudeer en word

betaal om dit te doen. Van een ding is jy baie seker en dit is dat jou gebede “baie min

kere verhoor word.”

Gaan sit jy elke aand, vroeg, voordat almal moeg is, en wil gaan slaap, saam met jou

gesin op God se voete en vertel Hom hoe lief jy Hom het. Hoe groot Hy is? Of sal dit

inbreuk maak op jou gewilde televisie program? Jou werk, jou gesin, jou ‘gim’-sessies,

jou drinktyd, jou vriende, en of finansies is doodeenvoudig net belangriker as God in

jou lewe.

Gebruik jy net vir God?

Gaan kyk bietjie na die inhoud van jou gebed. Bestaan dit grotendeels uit noodkrete,

versoeke, gee, gee, en nog gee, met ander woorde gebruik jy net vir God? Of

bestaan jou gebed uit dankie, en prysings vir die Enigste Almagtige God. Jy kan nie `n

verhouding met iemand bou as jy die heeltyd bedel nie! Die ander persoon gaan

weet jy gebruik hom net! Nee, om `n verhouding met iemand te bou, en intiem met

die persoon te wees, moet jy die persoon baie goed leer ken en elke dag aan die

verhouding werk!

Onthou God is `n jaloerse God. Hy soek onverdeelde aandag, en die gevaar is: Jy is

nie intiem met Vader nie, maar met die wêreld se dinge. Waar is jou Bybel? Is jou

Bybel netjies verpak in sy leersakkie? Wag jy vir Sondag om dit weer oop te maak? `n

Bybel wat bestudeer word het notas, plakkers aantekeninge, uitroepe, datums in,

daar word in die Boek gewerk! God praat met jou deur die Gees, terwyl jy Sy Woord

bestudeer, daarom moet jy altyd `n skryfding byderhand hê.

140

Daar kan baie ander redes ook wees waarom jy nie die Heilige Gees IN jou het nie of

nie die krag van God ervaar nie, maar ek hoop hierdie boek gaan jou die nodige

riglyne gee en jou sistematies touwys maak hoe om vol van die Heilige Gees te

word en te bly, en soos Adam van ouds namens God te kan heers oor die aarde as

God se verteenwoordiger. Jesus belowe ons nie verniet dat ons groter dinge as Hy

gaan doen nie.

Is jou lewe die enigste Bybel wat sommige mense ooit sal hê om te lees?

Gestel God Almagtig woon IN jou, dan sal jy mos `n paar uitstaande kenmerke in jou

persoonlikheid hê, nie waar nie? Vader het eendag vir my gesê: “Elize onthou jou lewe,

en lewenswyse nadat jy tot bekering gekom het, sal in sekere gevalle die enigste

Bybel wees wat baie mense ooit sal lees. Ek het Vader nie verstaan nie, maar Vader

het dit so aan my verduidelik.

Gestel Jannie die plaaslike moordenaar verskyn voor die Troon van God, en God vra

hom; “Jannie, waarom wou jy nooit my Seun as jou Verlosser en Saligmaker aanvaar

nie? Waarom wou jy nooit tot bekering kom nie?” En Jannie antwoord: “Vader, alle

Christene wat ek geken het was groter sondaars as ek, al het hulle nie moord gepleeg

nie. “Hoekom sê jy so Jannie?” “Vader van hulle het gevloek, te veel gedrink, hulle

lewens was `n groter deurmekaarspul as myne en in sommige gevalle het hulle baie

losbandig gelewe. Die meeste van hulle was gerespekteerde Christene in die

samelewing en byna elke Sondag in die kerk.” Dan gaan Ek hom vra: “Jannie het jy vir

Elize geken?” en hy gaan antwoord “Ja, ek het Vader.” Vraag: “Jannie was sy net so `n

slegte Christen soos die ander?” Jannie moet dan so antwoord: “Noudat U daarvan

praat, sy was heeltemal anders as die ander Christene wat ek geken het.” “Sy het

werklik en waaragtig haar Christenskap uit geleef. Vader, ek moet erken, sy was

anders. Sy was `n goeie mens.” Dan gaan Vader sê: “Jannie jy het geen verskoning

nie, as jy wou, en die wil gehad het, kon jy haar voorbeeld gevolg het, maar jy het nie.”

Die antwoord kan ook die teenoorgestelde wees en dan het ek `n aandeel aan

Jannie se ewige hel!

1 Kor 3:13-15 en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. As iemand se

bouwerk bly staan, sal hy beloon word; as iemand se werk verbrand, sal hy nie

beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die

vuur geruk is.

[Laat my nogal dink; iemand of iets wat uit `n vuur geruk word ruik na rook, ek is baie

bang ek gaan vir ewig na rook ruik!]

141

Dit bring my by `n ander gesprek wat ek met Vader gehad het oor die Talente.

Matteus 25:14-30.

Ek het na Vader gegaan en redelik verontwaardig vir Hom gesê dat ek dink dat die

oordeel in die gelykenis van die Talente vir my baie onregverdig is. Gestel ek het `n

talent ontvang om `n argitek te word en het nooit die geleentheid gehad om daarvoor te

studeer nie, gaan ek nou in die “diepste duisternis gegooi word waar ek gaan huil en

op my tande kners vir ewig”? `n Beter beskrywing is dat ek daaroor in die hel gaan

brand!

Vader het toe die gelykenis van die talente so aan my verduidelik:

Hy het gesê: “Elize die talente is siele. Die Man wat op reis gaan is Jesus. Die slawe

is julle.” Die verduideliking is as volg:

Jesus het aan elkeen van ons `n hoeveelheid siele toevertrou waarvoor ons

verantwoordelik is om te sorg dat hulle in die hemel kom.

Aan die een mens het hy vyf siele toevertrou, aan die ander, twee siele en aan `n

ander persoon een siel. Jy is verantwoordelik om alles in jou vermoë te doen om

seker te maak dat die siele wat aan jou toevertrou is, by God sal uitkom, en indien

hulle nie by Hom uit kom nie, sal God Almagtig weet of jy alles in jou vermoë gedoen

het en ook self voorbeeldig genoeg geleef het om toe te sien dat die siele wel by God

uit gekom het. [Was jou lewe die enigste Bybel wat sekere mense ooit sal hê om

te lees?]

Hoe gaan ons weet wie daardie siele is, waarvoor ons verantwoordelik is?

Een van die belangrikste en voor die handliggende verantwoordelikhede, is ons

kinders, en familie. Vader het dit so aan my verduidelik: Aan die een mens het ek vyf

kinders gegee, aan `n ander twee en aan `n ander het ek een kind gegee en ons as

ouers het `n verantwoordelikheid om seker te maak dat ons kinders se siele by God

Almagtig uitkom. satan is moedswillig genoeg om toe te sien dat jyself in die

brandende put oorkant jou kind sal sit sodat jy verewig sal toesien hoe jou kind “huil en

op sy tande kners” vers 30.

Hoe behoort ek te leef?

Rom 8:4 Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, ons wat ons lewe nie deur

ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Heilige Gees.

142

Hoofstuk 5.1

Ek wil met die Heilige Gees gevul word, hoe gaan ek te werk?

Daar is net een manier en ons kry die beste beskrywing in Handelinge 2:38 en die res

van die Nuwe Testament. Ek gaan dit stap vir stap verduidelik. Volg die stappe en

maak seker jy verstaan voordat jy aangaan.

Deur tot BEKERING te kom en GEDOOP te word. [Ou mens af te sterf]

Kom ons bespreek bogenoemde.

Handelinge 2:38

Toe antwoord Petrus hulle: BEKEER julle, en

laat elkeen van julle GEDOOP word in die Naam van Jesus Christus, en

God sal julle SONDES VERGEWE, en

julle SAL DIE HEILIGE GEES as GAWE ontvang.

1] Bekeer jou

Bekeer jou van sonde, sodat jou sondes vergewe kan word.

2] laat jou doop

Laat jou doop sodat jy die Heilige Gees as Gawe ontvang.

* Ons sien dat daar vier handelinge plaasvind en

* dat daar twee partye betrokke is, naamlik God en jy.

* Daar is twee voorwaardes waaraan jy moet voldoen

* En twee belonings wat God sal nakom.

Vier handelinge

1] bekering

2] doop

3] vergifnis van sonde

4] ontvangs van die Heilige Gees as Gawe

Twee partye

Die twee partye wat betrokke is: God en jy

Twee voorwaardes vir jou, twee belonings van God af. Jy moet tot bekering kom,

dan sal God jou jou sondes vergewe. Dan moet jy jou laat doop, en God sal jou Sy

Heilige Gees as gawe gee.

143

Wat beteken dit om te bekeer?

HAT: 1] Verandering van hart.

2] Afkeer van sonde.

Wat beteken bekering?

Bekering:

Gawe 1

Om bekering ten volle te verstaan moet ons die Ou- en Nuwe Testament gaan

bestudeer.

Heb 9:22 Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die vergieting

van bloed vind daar geen vergewing plaas nie.

Levitikus 17:11 Omdat die lewe van `n dier in sy bloed is, het Ek die bloed vir julle

gegee om op die altaar versoening te doen vir julle lewens. Omdat bloed versoening

bring deur die lewe wat daarin is.

Na die sondeval was die mens so vol sonde dat hy glad nie in die teenwoordigheid van

die Enigste Almagtige God kon kom nie, en ook nie tot Hom kon bid nie. Wat nou

gemaak? God stel die offerstelsel in: Lees asseblief die volgende twee vergelykings

tussen die Ou en Nuwe Testament.

Sondebelydenis in die Ou Testament

Offer: Onskuldige dier

Offer altaar: Jy moes dit bou

Gestel ek leef in die Ou Testament en het `n behoefte om tot God te bid, maar ek is te

vol sonde en kan glad nie tot Hom nader nie, wat maak ek nou?

1. Ek bou `n altaar, kry `n dier volgens die wetsvoorskrifte, ek maak die dier op

die altaar vas.

2. Ek lê my regterhand op die onskuldige dier en met die gebaar laai ek my

sonde op die dier af. Met hierdie gebaar sê ek “dit is ek”. Hiermee gee ek die

aanbidder of offeraar te kenne dat dit eintlik ek is wat verdien om te sterf as

gevolg van my sonde, maar dat ek die dier gebring het om in my plek te sterf

met my sondelas.

3. Hierdie onskuldige dier het nou my sondelas op hom geneem.

144

4. Kan die dier nou bly leef met my sondelas op dit? Nee, die dier moet sterf met

my sondelas.

5. Ek maak die dier nou dood. Ons kan aflei dat dit met `n skerp voorwerp was,

want ons lees dat Abraham `n mes in sy hand gehad het toe hy Isak wou

offer.

6. Die bloed wat uit die dier vloei dien dan as `n bewys dat die dier gesterf

het en dat my sonde tydelik bedek was omdat iets anders met my sondelas

gesterf het.

7. Ek kan nou tot God nader in gebed.

Waarom moes die bloed vloei? Lees weer Hebreërs 9:22 naamlik dat alles volgens die

wet met bloed gereinig word en sonder die vergieting van bloed vind daar geen

vergewing van sonde plaas nie.

Daar was drie soorte offers: `n Sondeoffer, `n skuldoffer, en `n brandoffer.

Wat het bogenoemde met bekering te doen? ALLES! want dit was`n heenwysing na

`n beter volkome verlossing van sonde. Waarom sê ek so?

Sondebelydenis in die Nuwe Testament

Jesus die laaste Offerlam

Offer altaar: Kruis op Golgota

Jesus was die laaste Lam, die laaste Offerlam. Hy het al ons sondes op Hom

geneem. Hy het die straf vir die wêreld se sondes op Hom geneem. En daarmee het

Hy die laaste Offerlam vir ons sondes geword. Die offeraltaar was die Kruis op

Golgota.

1] Die bloed wat uit Sy liggaam uitgevloei het dien as `n bewys dat Jesus vir my

sondes gesterf het. Die lewe is in die bloed, dus Jesus het sy lewe vir my

gegee. Kom ons kyk wat sê : Lev 17:11, 1933/53 vertaling: Want die siel van

die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle

siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.

Die 1986 vertaling vertaal “siel” met “lewe”. Vul die woord self hierbo in

en lees die aanhaling dan weer.

2] Jesus se bloed wat uit Sy liggaam gevloei het, dien ook as `n bewys dat my

tempel skoon gewas is van alle sondes, en ek kan nou tot God nader.

Kan ek net “glo” dit het gebeur en is dan gered? Nee!

145

BEKERING

Bekering beteken dat ek persoonlik na die laaste Offerlam moet gaan,

iemand anders kan dit nie vir my of námens my doen nie. Nee, ek moet

bely dat Hy ook vir MY sondes gesterf het. Hy hét die straf vir my sondes op

Hom geneem in mý plek. Ek hoef nie meer gestraf te word vir my sondes en

hel toe te gaan nie!

Iemand anders kan nie namens my na Jesus toe gaan en versoening vir my

sondes doen nie. Dit is iets wat ek op `n dag in my lewe sélf moet doen! Ek kan nie

net glo nie!

Ek moet op `n dag self na die laaste Offerlam – Jesus – gaan en bely Hy hét vir

mý sondes gesterf en Hy ís nou mý Verlosser en Saligmaker.

Maar:

Die bloed wat daar uit Jesus se liggaam uitgevloei het, dien nou as `n

bewys dat ek skoongewas is van alle sondes. Ek kan nou die Troonkamer

van God betree in gebed, vry van alle sonde. My siel is nou gered van die

ewige dood. Volmaakte versoening het plaasgevind deur Jesus, en tussen

ons en God Almagtig.

Ek moet my rug draai op die ou mens, en as `n bekeerde leef. Bekering beteken `n

verandering van hart, en daarby moet ek `n afkeer van sonde hê. Dit is bekering.

As ek nie bekeerd gaan leef nie gaan ek nie die koninkryk van God sien nie!

Heb 12:14 Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir `n heilige lewe,

waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Joh 1:29 Verduidelik Johannes dat Jesus die Ware Lam van God is wat die sonde

van die wêreld weggeneem het.

1 Joh 1:7 verduidelik ons dat Sy bloed ons van alle sonde reinig.

Heb 7:26 asook Heb 8:6 verduidelik dat Jesus die volmaakte priester is wat die offer

bring, sowel as dat Hy self die hoogste offer was, wie se dood alle verdere diere

offers onnodig maak. Vir ons was so `n hoëpriester nodig, een wat heilig, skuldeloos en

sonder smet is…Hy het immers eens en vir altyd `n offer vir die sondes gebring toe Hy

Homself geoffer het.

146

Kan ek uit my eie nou sondeloos leef? Nee! Ek het die Heilige Gees IN my nodig om

my te help.

Rom 8:4 Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, ons wat ons lewe nie

deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.

Jy moet egter nie uit jou eie krag probeer om nie te sondig nie, want dit sal jy net vir

`n kort rukkie of `n paar maande reg kry. Paulus sê vir die Galasiërs:

Gal 3:3 Is julle dan so sonder begrip? Julle het met die Gees begin; wil julle nou in eie

krag eindig?

Jy kan nie in jou eie krag `n reguit pad loop nie. Jy moet met die leiding van die Heilige

Gees ophou om te sondig.

DOOP

GAWE 2

Ontvang die Heilige Gees

Ek kan nou die Heilige Gees in my skoongewasde tempel ontvang, omdat die

bloed van Jesus my tempel so skoon gewas het van alle sondes, dat ek weer in `n

posisie is om die Heilige Gees IN my tempel te huisves. Maar hoe?

Ek moet die Heilige Gees IN my hê om aan die eise van die wet te voldoen, heilig te

lewe asook om soos Jesus met die krag van die Heilige Gees oor die aarde te heers as

Jesus se verteenwoordiger.

Hoe ontvang ek die Heilige Gees?

Om daardie vraag te kan beantwoord moet ons uitsluitlik gaan kyk na wat die Woord

van God daaroor te sê het. Geen kerk, geen predikant, geen pastoor, geen sinode se

mening het meer gesag as die Woord van God naamlik die Bybel nie. Kom ons gaan

bestudeer die Woord hieromtrent.

Wie was ons voordat ons bekeer het?

Dit is belangrik om te weet wie en wat ons was voordat ons tot bekering gekom het.

Hoeveel keer het jy al in die kerk bely dat jy IN sonde ontvang en gebore word? Al

mooi gedink wát jy bely indien jy bely dat jy in “sonde ontvang en gebore is?” Al

gewonder waarom gooi `n agtienmaande oue baba `n “vloerdans” uit as hy nie sy sin

147

kry nie, en boonop het hy nog nooit iemand anders dit sien doen nie, so waar leer

hy die gedrag? Die antwoord lê in hierdie hoofstuk opgesom.

• Ef 2:2-3…Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld.

• En julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte.

• Die gees wat daar nou aan die werk is IN mense wat aan God

ongehoorsaam is.

• So het ons trouens vroeër ook almal gelewe en is ons deur ons sondige

begeertes oorheers, en

• het gedoen net gedoen waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons

gedagtes opgekom het.

• Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God

gestraf moes word.

Dus: Wie is IN my voordat ek tot bekering kom?

Efesiërs 2:2 sê dat ek gelei word deur die vors van die onsigbare magte. Hierdie

“gees” is IN my voordat ek gehoorsaam word aan God Almagtig. SO HET ONS

TROUENS VROEËR OOK ALMAL GELEWE – ek en jy is geen uitsondering nie!

Indien ek jou geskok het met my stelling, lees die volgende aanhalings in die

Bybel wat Jesus self gemaak het.

In Johannes 8 vanaf vers 12-59 verduidelik Jesus vir die Farisieërs en die Jode dat as

hulle nie glo dat Hy is wat Hy is nie, hulle in hulle sondes sal sterwe. Jesus sê verder

vir hulle dat:

1. “Elkeen wat sonde doen, is `n slaaf van die sonde…” Hulle sê op `n stadium vir

Jesus: “Ons het net die een Vader, naamlik God.”

2. Jesus sê vir hulle in vers 43: “Waarom begryp julle nie wat Ek sê nie?

3. Omdat julle my boodskap nie kán verstaan nie!

4. Vers 44: Julle is kinders van die duiwel;

5. hý is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen.”

6. Verder vers 47: “Wie `n kind van God is, luister na die woorde van God.

7. Juis daarom luister julle nie, omdat julle NIE KINDERS VAN GOD IS NIE.”

Joh 8:44 (KJ) Ye are of your father the devil, and the lusts of your father ye will

do. He was a murderer from the beginning, and abode not in the truth, because

there is no truth in him. When he speaketh a lie, he speaketh of his own: for he is

a liar, and the Father of it.

148

Jesus maak vier belangrike stellings in bogenoemde verse, naamlik:

1] Die wat nie die boodskap van Christus verstaan nie ís kinders van die

duiwel.

2] Die duiwel ís hulle vader. [vors van die onsigbare magte]

3] Hulle wil net doen wat húlle vader wil hê hulle moet doen. [Sonde]

4] Hulle luister nié na God nie want hulle is nie kinders van God nie.

Onthou en moenie vergeet nie! Die Fariseërs het God Almagtig getrou aanbid! Hulle

het godsdiens beoefen, sinagoge [kerk] toe gegaan en die wette en tradisies getrou

gevolg. [ongeveer dieselfde rituele wat ons as “gelowiges” volg, nie waar nie?

Die verskil is net dat hulle die wette baie meer stiptelik en getrou nagevolg het as

die meeste van ons.]

Maar

Hulle was nie ontvanklik vir Jesus die Seun van God nie.

Dus: Jesus beskou hulle as kinders van die duiwel omdat hulle nie in HOM glo nie.

Met ander woorde:

Jy moet op `n dag tot bekering kom en daardeur die gees van die wêreld wegjaag

wat in jou was voordat jy Jesus jou Verlosser en Saligmaker gemaak het.

Jy moet die GEES van die wêreld VERVANG met die HEILIGE GEES. Lees weer

Efesiërs 2:2-3

Wie was ons almal voordat ons tot bekering gekom en Jesus ons verlosser

gemaak het?

Jesus se woorde: Kinders van die duiwel. [Don’t shoot the messenger – read the

Bible].

Kom ons gaan kyk wat sê die oorspronklike Griekse teks wie en wat is die vlees van

nature sonder die Heilige Gees, maar met die gees van die wêreld IN ons.

SARX Word Origin: Greek, Noun Feminine, Strong #: 4561

Flesh (the soft substance of the living body, which covers the bones and is

permeated with blood) of both man and beasts.

The body, the body of a man, born of natural generation, the sensuous nature of

man, "the animal nature", the animal nature with cravings which incite to sin.

149

Teenoor`n bekeerde Heilige Geesvervulde persoon

En:

• 1 Kor 3:16-17 Weet julle nie dat julle die tempel van God is en

• dat die Gees van God IN julle woon nie?

• As iemand die tempel van God beskadig sal God hom straf.

• Want die tempel van God is heilig.

• En die tempel is julle.

• 1 Kor 6:19-20 Of besef julle nie:

• Dat julle liggaam `n tempel van die Heilige Gees is nie?

• Julle het die Heilige Gees wat IN julle woon, van God ontvang.

• En julle behoort nie aan julle self nie.

• Julle is gekoop en die prys is betaal.

• [JESUS HET DIE PRYS MET SY LIGGAAM EN LEWE BETAAL.]

Julle moet God dus IN julle liggaam verheerlik.

Ons lees in Efesiërs dat “almal deur die vors van die onsigbare magte [satan - die

duiwel] gelei word,” en dat ons aan God ongehoorsaam sál bly terwyl die vors IN

ons werksaam is.

Die “toestand” van sonde

Dit is `n “toestand” waarin almal van ons is, tot die dag dat ons `n “afkeer van

sonde” asook `n “verandering van hart” kry, met ander woorde die toestand van

ongehoorsaamheid aan God duur voort, totdat ek bekeer.

Belangrik!

Ek moet ontslae raak van die “vors van die onsigbare magte” wat IN my is. En as ek

van hom ontslae is, moet ek my vul met die Heilige Gees, sodat die Heilige Gees in

my kan wees. Die Heilige Gees sal my dan in `n posisie plaas sodat: Ek gehoorsaam

aan God kan word.

150

Hoofstuk 5.2

Bybelse prosedures wat gevolg moet word sodat ons gevul kan

word met die Heilige Gees

Prosedures

Wat is die prosedure wat ek moet volg om my in die posisie te kan sit dat ek die

HEILIGE GEES soos 1 Korintiërs 3 en 6 IN my tempel kan huisves, en ek nie meer in

die mag van die “vors van die onsigbare magte” hoef te wees nie?

Die prosedures wat ons moet volg volgens die Bybel:

1] Wat het Jesus gedoen?

2] Wat het Jesus se dissipels asook Paulus gedoen?

Ons gaan seker maak dat ons al drie bogenoemde punte deeglik bekyk en bespreek.

Jesus, Sy dissipels, en Paulus het presies dieselfde prosedures gevolg, indien hulle

wou toesien dat mense gevul word met die Heilige Gees.

1] Wat het Jesus gedoen?

Joh 13:13-15 Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.

Ek het vir julle `n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle

ook doen.

Ef 5:1 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle Sy voorbeeld volg.

Jesus het vir ons op verskeie geleenthede gesê dat Hy vir ons `n voorbeeld gestel het

en dat ons Sy voorbeeld moet volg. Ons sal nooit die Vader kan beskuldig dat ons nie

geweet het wat om te doen nie. Jesus het vir ons `n voorbeeld gestel van hoe ons in

alle gevalle behoort te leef.

Matt 3:13-15 In daardie tyd het Jesus van Galilea af na Johannes toe by die Jordaan

gekom om deur hom GEDOOP te word. Maar Johannes het dit probeer verhinder deur

te sê: “Ek moet eintlik deur U gedoop word, en U kom na my toe?” Jesus het hom

geantwoord: “Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan

die wil van God voldoen.”

Toe Jesus by Johannes kom om gedoop te word, glo ek dat Johannes baie verbaas

was. Hy wat Johannes was het die mense gedoop as hulle tot bekering gekom het.

151

Ek glo hy het nie die nodigheid gesien waarom Jesus deur die “vernederende” ervaring

moes gaan om gedoop te word nie. Hy was mos sondeloos. Hy was die Seun van

God en nou wil Hy gedoop word in die modderige vuil Jordaanrivier se water!

Hoekom?

Maar Jesus antwoord hom: “op hierdie manier moet ons aan die wil van God

voldoen.”

Wat sê Jesus eintlik vir Johannes? Hy sê: “Ek moet vir die ganse mensdom `n

voorbeeld stel van hoe dinge gedoen moet word. Ek moet die mense wys dat as jy

gedoop moet word, jy nie `n netjiese marmerbeslaande bad nodig het nie, maar

waar daar water is, moet jy gedoop word! Ek stel die voorbeeld!”

Jesus is ge-“baptizo” wat beteken dit?

Babtizo

Wat beteken die woord “Baptizo”?

Vers 15-16 …Daarna het Johannes ingestem. Jesus is toe gedoop, ‘baptizo’ en het

dadelik UIT die water gekom.

Kyk na die woordkeuse: Uit die water gekom. Met ander woorde: Jesus is beslis nie

besprinkel nie.

Wat is die direkte Griekse vertaling van die “doop?” “Baptizo”

“Baptizo” beteken:

1. Om herhaaldelik onderdompel te word.

2. Om “skoongewas” te word deur te “sink.”

3. Om “skoon te was” deur te “bad.”

To dip repeatedly, to immerse, to submerge (of vessels sunk). To cleanse by

dipping or submerging, to wash, to make clean with water, to wash one's self,

bath to overwhelm.

“BAPTIZO” beteken beslis nie besprinkel nie. As ek in Jesus se voetspore moet volg

gaan ek my nie laat vertel ek moet “besprinkel” word as Jesus ge- “baptizo” is nie.

Ek gee u `n goeie verduideliking uit “The Bible Collection Deluxe” wat die verskil is

tussen bapto en baptize. Not to be confused with bapto. The clearest example that

shows the meaning of baptizo is a text from the Greek poet and physician

Nicander,Who lived about 200 B.C

152

It is a recipe for making pickles and is helpful because it uses both words. Nicander

says that in order to make a pickle, the vegetable should first be 'dipped'(bapto)

‘temporary’ into boiling water and then 'baptised' (baptizo)’permanent change’ in

the vinegar solution. Both verbs concern the immersing of vegetables in a solution.

But the first is temporary. The second, the act of baptising the vegetable,

produces a permanent change.

Ek wil soos Jesus ge –baptizo – word. Hy is my voorbeeld!

Mark 16:16. 'He that believes and is baptised shall be saved'. Christ is saying that

mere intellectual assent is not enough. There must be a union with Him, a real change,

like the vegetable to the pickle! Bible Study Magazine, James Montgomery.

Wat het met Jesus gebeur direk nadat Hy ge-“baptizo” is?

Matt 3:16-17 Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan en Hy het die Gees van

God soos `n duif sien neerdaal en OP Hom kom. Daar was ook `n stem uit die hemel

wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”

Joh 1:33 Johannes getuig die volgende: Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar

God wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê: “DIE EEN OP WIE JY

DIE GEES SIEN KOM EN BLY dit is HÝ wat met die Heilige Gees doop.”

Die oomblik toe Jesus uit die water kom, het die Hemel bokant Hom oopgegaan, en

die Gees van God het op Jesus gekom. Johannes getuig verder dat God aan hom wat

Johannes is, verduidelik het, dat die Seun van God die een is op wie die Gees kom en

bly!

Dus: Wat het Jesus gedoen om vir ons te wys hoe om die Heilige Gees te

ontvang?

Hy het na Johannes gegaan, wat reeds die Heilige Gees IN hom gehad het, om

gedoop te word. Kyk wat sê Lukas wat gebeur toe met Jesus.

Luk 4:1 Jesus het VOL van die Heilige Gees van die Jordaan af teruggekom.

Lukas gee vir ons `n baie duidelike verduideliking dat Jesus toe VOL van die Heilige

Gees van die Jordaan af teruggekom het.

Wat het daarna gebeur? Jesus het vir veertig dae lank gevas. Hy het satan en al sy

versoekings weerstaan, en toe het Hy begin met al die wonderwerke en

genesings. Het Jesus op enige stadium voordat Hy gedoop is enige

wonderwerke of genesings gedoen?

153

Nee, Hy het nie! Al vier evangelies is dit eens dat Hy eers begin het met

wonderwerke doen, nadat Hy gedoop is.

Interessant genoeg glo ek dat satan `n pas bekeerde gedoopte kind van die Here

“viktimiseer”. Ek raai gewoonlik mense wat tot bekering kom en gedoop is, aan om op

een of ander vas vir veertig dae te gaan. Jesus het dit gedoen, dan glo ek ons moet dit

ook doen. Maar dit is `n persoonlike ding tussen jou en Vader.

Dit is wat Jesus gedoen het, en ons moet in Sy voetspore volg. Kom ons gaan kyk wat

het Jesus se dissipels gedoen.

2] Die prosedures wat Petrus, die dissipels en Paulus gevolg

het om seker te maak dat iemand met die

Heilige Gees gevul word.

Hand 2:33 … Jesus het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader ontvang en

uitgestort.

Petrus se beskrywing van die doop en ontvang van

die Heilige Gees

Hand 2:38 Toe antwoord Petrus hulle:

1. Bekeer julle, en

2. laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en

3. God sal julle sondes vergewe, en julle sal die

4. Heilige Gees as gawe ontvang.

Stap 1 Bekering: Kom tot inkeer/geloof in Jesus – draai jou rug op sonde.

Stap 2 Doop: Sterf die ou mens af.

Stap 3 Sondes: Sondes word vergewe by bekering.

Stap 4 Heilige Gees: Ontvang die Heilige Gees by die doop – soos Jesus.

Doop van die Gelowiges in Efese

Leser, dit is nogal belangrik om jou deeglik te vergewis van die gebeure en

prosedures wat gevolg was in die onderstaande bespreking.

Hand 19:1-7 Paulus het `n groepie gelowiges in Efese gekry en gevra:

1. “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?”

2. “Ons het nog nie eens gehoor of die Heilige Gees gekom het nie.”

154

3. “Watter soort doop het julle dan ontvang?”

4. “Die doop van Johannes.”

Lees die woorde wat Paulus gebruik aandagtig deur. Hy vra hulle of hulle die Heilige

Gees ontvang het toe hulle tot bekering gekom het. Hulle sê “nee.” Hy vra toe: Watter

soort doop het julle dan ontvang?

Paulus praat van die bekering en die doop, asook ontvang van die Heilige Gees as

EEN gebeurtenis. Die een kan nie sonder die ander geskied nie. Hy is baie

verbaas dat so iets gebeur het.

Hulle antwoord hom egter dat hulle die bekeringsdoop van Johannes gehad het.

Onthou dat Johannes het voordat Jesus gedoop is die mense laat bekeer, en dan

gedoop, maar die Heilige Gees was nog nie uitgestort op daardie stadium nie.

Johannes se volgorde naamlik bekering en doop was presies soos die van Paulus en

die dissipels s’n behalwe dat na die uitstorting van die Heilige Gees, met ander woorde

na Jesus se hemelvaart, het die mense as hulle gedoop is, die Heilige Gees ontvang

soos wat Jesus dit ontvang het.

Hand 19:1-7 vervolg:

Daarop sê Paulus: “Johannes het die mense gedoop as hulle bekeer het,

1. maar hy het vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat na hom kom, dit is

in Jesus.”

2. Toe hulle dit hoor, [bekeer], het hulle,

3. hulle in die naam van die Here Jesus laat doop, [weer gedoop].

4. Paulus het hulle die hande opgelê.

5. Toe het die Heilige Gees op hulle gekom.

Stap 1 Die evangelie van Jesus word verkondig.

Stap 2 Bekering: Word gelowig/glo in Jesus as Verlosser.

Stap 3 Doop: Word gedoop-word/weer gedoop in die Naam van Jesus.

Stap 4 Hande word opgelê.

Stap 5 Heilige Gees: Hulle ontvang die Heilige Gees.

Filippus in Samaria

1. Hand 8:12-17 Maar toe Filippus die evangelie van die koninkryk van God en die

Naam van Jesus Christus aan hulle verkondig het, het hulle gelowig geword, en

mans sowel as vrouens is gedoop.

155

2. Vers 14 toe die apostels in Jerusalem hoor dat die mense in Samaria die Woord

van God aanvaar het, [tot bekering gekom het] het hulle vir Petrus en Johannes

daarheen gestuur,

3. dié het toe gegaan en vir die mense daar gebid dat hulle die Heilige Gees mag

ontvang, want die Gees het nog nie op een van hulle gekom nie. Hulle was net in

die Naam van die Here Jesus gedoop.

4. Die apostels het hulle die hande opgelê en hulle het die Heilige Gees ontvang.

Stap 1 Evangelie word verkondig.

Stap 2 Bekering: Hulle het gelowig geword – tot bekering gekom.

Stap 3 Doop: Hulle is gedoop – die ou mens word afgesterf, die

nuwe mens staan op.

Stap 4 Heilige Gees: Ontvang die Heilige Gees: nadat hulle hande

opgelê is.

Bekering en doop van Kornelius en sy volgelinge

1. Hand 10: vers 22-48: Verduidelik Petrus aan Kornelius en sy volgelinge die

Evangelie van Vrede wat Jesus Christus gebring het.

2. Vers 43 van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van

sondes deur Sy Naam ontvang.

3. Terwyl Petrus nog praat het die Heilige Gees op almal gekom wat na die Woord

geluister het.

4. En Petrus sê: “Hierdie mense het net soos ons die Heilige Gees ontvang wat

verhinder dat hulle nou met water gedoop word?”

Stap 1 Evangelie word van Jesus word verkondig.

Stap 2 Bekering: Hulle kom tot geloof in Jesus Christus – bekering.

Stap 3 Heilige Gees: Kom op almal.

Stap 4 Doop: Word gedoop/ou mens word simbolies afgesterf,

nuwe mens staan op.

Filippus en die Etiopiër

Hand 8:26-40 [lees self] Filippus en die Etiopiër. Filippus is deur die Gees na die wa

van die Etiopiër gestuur.

1. Filippus het die evangelie van Jesus aan die Etiopiër verkondig.

2. Onderweg kom hulle toe op water af en die amptenaar sê: “Hier is water. Wat

verhinder dat ek gedoop word?”

3. Filippus het hom gedoop.

156

Stap 1 Evangelie van Jesus word verkondig.

Stap 2 Bekering:Hy kom tot bekering, - word gelowig - as die Etiopiër nie

geglo het in wat Filippus verkondig het oor Jesus nie, sou hy hom

ook nie laat doop het nie.

Stap 3 Word gedoop.

Bespreking van die verskillende stappe / prosedures:

Evangelie is verkondig

1] In die eerste plek is die evangelie van Jesus Christus ons Verlosser eers verkondig.

Daarna:

Mense kom tot bekering/tot geloof

2] Gewoonlik het die mense net daarna tot geloof gekom, en om tot geloof te kom tot

iets, is om jou denke teenoor dit wat was, te verander sodat die nuwe denke

geakkommodeer kan word. Met ander woorde die mense het tot geloof IN Jesus

gekom.

En om tot geloof te kom in Jesus moet jy die ou mens afsterf, jou rug draai op jou ou

lewe. Jou hart moet vernuwe, en die ou mens wat jy was moet afstand doen van al sy

sonde, omdat jy nou aanvaar dat Jesus daardie sondelas op Hom geneem het.

Doop

3] Daarna is die mense gedoop. Baie belangrik is dat “bekering” of tot “geloof kom”

gewoonlik die doop voorafgegaan het. Niemand is eers gedoop en het dan daarna

tot bekering gekom nie. Indien so iets gebeur het soos met die mense in Efese, is

hulle weer gedoop.

Ontvang van die Heilige Gees.

1. Ons lees dat die mense net nadat hulle gedoop is die Heilige Gees ontvang

het.

2. Gewoonlik het die persoon wat die doop waargeneem het, die persoon wat

gedoop is, hande opgelê, na die onderdompeling.

3. Die persoon wat gedoop is het dan die Heilige Gees ontvang.

4. Om iemand hande op te lê, is om tot God te bid dat die persoon met die Heilige

Gees gevul word.

157

Wat egter baie duidelik is, is die feit dat bekering te alle tye die doop

voorafgegaan het. `n Ander belangrike feit is dat slegs in een geval, het die Heilige

Gees op die mense gekom voordat hulle gedoop was, en dit het gebeur met die groep

van Kornelius, waar Petrus die evangelie verkondig het en terwyl hy die evangelie

verkondig het, het die mense die Heilige Gees ontvang. Direk daarna is hulle gedoop.

Die verskil met Kornelius en die ander mense van bovermelde voorbeelde, is dat

Kornelius was godsdienstig en godvresend, hy en sy hele huisgesin. Hy het baie

gedoen om die armes onder die Joodse volk te help en het gereeld tot God

gebid. Hy was gehoorsaam aan God.

In die res van die gevalle is die mense gedoop, hulle is hande opgelê of daar is gebid

dat hulle die Heilige Gees sal ontvang na die doop. Daarna het hulle die Heilige

Gees ontvang.

Indien jy nog enigsins twyfel oor bogenoemde prosedures, vergewis jou van Jesus se

gesprek met Nikodemus. Hierdie gesprek het my laat besef dat ek beslis nie die kans

gaan waag om anders te glo en te doen as die voorbeelde wat Handelinge aan my

voorhou nie.

Voordat ek by Jesus se gesprek met Nikodemus uitkom wil ek net die volgende

punt bespreek om enige verwarring uit die weg te ruim.

158

Kleindoop

Afgelei uit bogenoemde verduidelikings is dit baie duidelik dat BEKERING die DOOP

voorafgaan!

Kan `n baba bekeer?

Ek is as baba gedoop. Het ek toe die Heilige Gees ontvang?

Het ek as baba die Heilige Gees ontvang tydens my “doop” as baba, toe my ouers `n

gelofte afgelê het dat hulle my aan God gaan voorstel, en my van Hom gaan leer.

Die vraag is: het ek as baba BEKEER voor my DOOP?

Die antwoord is voor-die-hand-liggend, NEE. `n Baba ken nie die verskil tussen reg

en verkeerd nie, so hoe kan hy van sy sonde bekeer? Die skrif is dan baie duidelik

dat almal eers moes bekeer voordat hulle gedoop is!

Wat in die geval van Jesus?

Wat het Jesus se ouers gedoen, namens Hom, waarin Hy geen sê gehad het nie?

Antwoord: Hulle het Hom as baba laat besny.

Wat het Jesus gedoen om die Heilige Gees te ontvang?

Antwoord: Hy het Hom laat doop.

Wat het sommige van ons se ouers gedoen, toe ons `n baba was?

Antwoord: Hulle het `n gelofte afgelê om ons groot te maak as `n kind van God.

[Klein doop], [meeste gevalle laat besprinkel, nie onderdompel nie.]

Wat moet jy doen om die Heilige Gees te ontvang?

Antwoord: Jý moet tot bekering kom en jou laat doop soos Jesus gedoen het. Hy

was onderdompel, nie besprinkel nie.

Wat is die kleindoop?

Is dit `n bekeringsdoop? Is dit `n doop wat volg nadat die persoon hom/haar bekeer

het, soos wat ons duidelik aflei uit die skrif?

Handelinge is baie duidelik dat bekering die doop moet voorafgaan en die meeste

tradisionele kerke word jy as `n baba gedoop.

Tydens die kleindoop oftewel die besprinkeling in die meeste tradisionele kerke, lê die

ouers `n gelofte af dat hulle as gelowiges die baba gaan voorstel aan God.

159

Hoofstuk 6

Kan die besprinkelingsdoop en die doop waarvan Handelinge

praat dieselfde doop wees?

Die antwoord is, NEE.

Al die voorbeelde in Handelinge spreek die volgende:

• Jy moet jou bekeer voordat jy gedoop kan word, omdat:

• Jy bewustelik Jesus as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker moet

aanneem.

• `n Baba kan dit nie doen nie.

• Jý moet na die Laaste Lam - Jesus - toe gaan en jou sondelas op Hom aflaai,

en:

• Hom bedank en gló dat Hy jóú liggaam – jou tempel, en jou siel, skoon gewas

het met Sy bloed,

• só skoon dat jy die Heilige Gees van God, - soos beskryf in 1 Kor 3 en 6 weer

in jou tempel kan huisves.

• Daarna moet jy gedoop word en,

• sterf jy die oumens af - simbolies - deur gedoop te word, en,

• staan jy die nuwe mens op, wedergebore.

• Daarna moet `n Heilige Gees vervulde persoon jou hande oplê en,

• jy ontvang die Heilige Gees.

• Om iemand hande op te lê is `n bede tot God dat die persoon met die

Heilige Gees gevul sal word.

Aanneming en voorstelling in tradisionele kerke

Gestel jy gaan van die veronderstelling uit dat aanneming en voorstelling in die

tradisionele kerk die volwasse kind se bekering is, ontstaan die vraag onmiddellik: Is

die kind daarna gedoop? Het `n Heilige Gees vervulde persoon die kind hande

opgelê en is daar gebid dat die kind die Heilige Gees daarna ontvang?

Vergewis jou `n laaste keer van die volgende feite.

Kan `n baba bekeer?

Het jy as baba geweet wat is sonde sodat jy jou rug daarop kon draai? Met ander

woorde kan jy as baba jou bekeer van sondes?

160

Kom ons gaan kyk na nog `n paar voorbeelde

Mark 16:16 Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word: Wie nie glo nie, sal

veroordeel word.

Weereens gaan: “tot geloof kom” naamlik [bekering] die doop vooraf.

Wie tot geloof gekom het …, met ander woorde wie tot bekering gekom het, en sy

ruggedraai het op sonde en sy ou lewe, en gedoop is, … sal gered word.

Hoekom sê die skrif dat jy tot geloof moet kom en gedoop moet word ten einde gered

te word? Omdat Rom 8:11 dit duidelik stel dat jy die Heilige Gees [die lewend

makende gees] IN jou moet hê, sodat jou sterflike liggaam lewend gemaak kan word.

Jesus se gesprek met Nikodemus.

Joh 3:3-7 “… As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God

nie sien nie.” Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan `n mens gebore word as hy al `n ou

man is? Hy kan tog nie `n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word

nie?” Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit WATER en GEES

gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.

Wat uit mens gebore is, is mens; en wat uit GEES GEBORE is, is GEES. Moenie

verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie …”

Water en Gees gebore word

Jesus was baie beslis toe Hy met Nikodemus gepraat het. As ons na Efesiërs 2:2 kyk,

dan sê dit, dat ek net op een manier ontslae kan raak van die vors/gees van die

wêreld wat daar IN my is en wat my van geboorte af dryf om ongehoorsaam te

wees aan God. Hierdie gees IN my maak dat ek my drange en luste navolg soos

wat dit opkom.

Ek moet tot bekering kom. Jesus was die laaste Offerlam op die altaar wat my

sondes op Hom geneem het. Ek laai my sondes op Hom af. Ek draai my rug op die ou

mens. Ek verander my denke. Ek weet en glo dat Jesus se bloed my skoon gewas het

van alle sondes.

Ek moet gedoop word. Met ander woorde wedergebore word. `n Heilige Gees

vervulde persoon moet my hande oplê en bid dat ek die Heilige Gees sal ontvang. Ek

ontvang die Heilige Gees in my tempel. Ek leef Heilig.

Rom 8:9 sê dat dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het ook in my

woon. Hierdie Gees het satan, en alles wat boos is by die Kruis van Golgota

oorwin en gedoem vir die ewige vuur. Geen vors/gees van die wêreld sal `n

161

tempel/liggaam kan deel met die EEN wat hom oorwin het en gedoem het tot die ewige

duisternis nie.

Rom 8:11 Omdat die Gees van God deur wie Jesus uit die dood opgewek is, IN

julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike

liggame lewend maak deur Sy Gees wat IN julle woon.

Hoe bly word jy VOL van die Heilige Gees?

[Iets wat vol word kan ook weer leeg word, so is dit ook met jou verhouding met God.

Jy kan vol wees van die Heilige Gees, jou verhouding weer met God laat skade ly deur

bewuste sondes en of om doelbewus van God af weg te beweeg en daardeur die krag

van die Heilige Gees in jou te verloor. Lees asseblief Hebreers 6.]

Jy moet vol bly van die Heilige Gees deur tyd met God te spandeer. Deur intiem te

wees met Vader. Daar is net `n paar maniere waarop jy dit kan doen. Vader is `n

jaloerse God en soek onverdeelde aandag.

1] Deur `n intieme verhouding met God te hê;

2] deur God Almagtig te prys in die vorm van sang; “Worship” lofsang;

3] deur Sy Woord die Bybel te bestudeer. Die woord wat gebruik word is:

Bestudeer!

4] Deur te bid – nie net jou versoeklys nie – maar ook vir ander mense soos wat

Hy ons die opdrag gee in Sy Woord om te doen.

Hoe kry ek `n intieme verhouding met die enigste Almagtige God?

God Almagtig wil hê ons moet `n tiende van alles vir Hom gee, nie net in geld nie,

maar ook in tyd!

Spandeer jy `n tiende van jou dag aan Vader, met ander woorde twee uur en

veertig minute?

Sit die televisie af!

1] Gaan sit elke dag op Vader se voete, jy en jou hele gesin en sing vir Hom `n

uur lank!

2] Gebruik daarna nagmaal en bely en bekeer met berou van jou sonde.

3] Sê vir Jesus dankie vir alles wat Hy vir ons gedoen het, by die Kruis

sowel as wat Hy elke dag vir ons doen.

4] Gaan sit by `n tafel en bestudeer die Woord van God, jy en jou hele gesin.

5] Vertel Hom hoe lief jy Hom het! Bid dat Hy liefde in jou hart vir Hom sal sit.

6] Bid.

162

TWEE UUR EN VEERTIG MINUTE GAAN TE KORT WEES!

Lofsang

Prys Vader vir wie en wat Hy is deur middel van sang. Sing vir Hom. Omdat ons

gebede meeste van die tyd bestaan uit vra, en gee, en nog, en nog en nog, is

“lofprysing deur middel van sang” die teenoorgestelde. Hier besing jy die Enigste

Almagtige God, die Skepper van die Heelal, sonder om te bedel.

Dit beteken nie jy moet `n CD luister nie. Om God Almagtig te prys beteken dat jy op

Sy voete moet sit en Hom styf moet vashou en dat jý vir Hom moet sing nie die

kunstenaar nie!

Ef 5:18-19 ...Nee, laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms,

lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die

Here.

Deur Gebed.

Interaksie met Vader, gesels met Hom, maak jou begeertes aan Hom bekend soos `n

kind aan `n Vader.

Bestudeer die Woord

Bestudeer die Bybel. Moenie die Bybel lees soos jy `n verhale boek sou lees nie,

maar lees die Bybel met behulp van die Heilige Gees en bestudeer die Woord om

meer van God Almagtig te leer. Bestudeer jou Bybel soos ek jou aangeraai het in

vorige hoofstukke. Ken die Vader van die Bybel, ken Sy voorskrifte, leef

daarvolgens.

Heb 4:12 Die Woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige

swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees

en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

Ek sluit die doop af met: Rom 6:1-11

• Weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy dood

gedoop is nie?

• Deur Sy doop is ons immers saam met Hom in Sy dood begrawe,

• sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die

dood opgewek is, ons ook so `n nuwe lewe kan lei.

• Aangesien ons met Hom een geword het in Sy dood, sal ons sekerlik ook

met Hom een wees in Sy opstanding.

163

• Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was saam met Christus

gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word.

• Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.

• Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van sonde.

• Ons het saam met Christus gesterwe daarom glo ons dat ons ook saam

met Hom sal lewe.

• Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe

nie.

• Die dood het nie meer mag oor HOM nie.

• Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood.

• Nou lewe Hy en Hy lewe vir God.

• Julle moet dus altyd onthou dat ook julle vir die sonde dood is, maar vir God

lewe,

• OMDAT JULLE EEN IS MET CHRISTUS JESUS.

164

Hoofstuk 7

Eerste en Tweede verbond

Voordat ons by die voorwaardes vir gebed uit kom wil ek vir interessantheid die

twee verbonde bespreek

Eerste verbond

Ou Testament

Abraham

Verbondsteken: Besnydenis

In Genesis 15 lees ons van die verbond wat God met Abraham gesluit het.

Vers 5-6 Toe het die Here vir Abram buitentoe laat gaan en vir hom gesê: “Kyk op

na die hemel en tel die sterre as jy kan.” Verder sê die Here vir hom: “So baie sal

jou nageslag wees.”

Abram het toe in die Here geglo.

Abram moes toe `n teken gekry het dat God by Sy belofte/verbond sou hou.

Wat was hierdie teken?

Genesis 17:1-27 beskryf die besnydenis as `n Verbondsteken

Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en vir hom

gesê:

“Ek is God die Almagtige. Lewe naby My en wees opreg! Ek sal my verbond met

jou sluit en baie, baie mense uit jou laat voortkom……”

Vers 4-6 Dit is My verbond met jou: jy sal die vader wees van `n menigte nasies;

jy sal nie meer Abram genoem word nie, jou naam sal Abraham wees, want Ek

maak jou die vader van baie nasies. Ek sal jou baie vrugbaar maak, Ek sal jou tot

nasies maak, en konings sal uit jou voortkom”

Vers 9-15 Verder het God vir Abraham gesê: “Jy moet My verbond nakom, jy en jou

nageslag en al hulle nageslagte. Dit is My verbond wat moet geld vir jou en jou

nageslag: Elke lid van die manlike geslag onder julle moet besny word:

[VERBONDSTEKEN]

Jy moet jou vrou nie meer Sarai noem nie. Haar naam is nou Sara ... ”

165

Die boek Romeine, in Hoofstuk 4 daarvan, verduidelik verder aan ons dat Abraham

die besnydenis as `n teken ontvang het. Dit is `n seël wat bewys dat God hom

vrygespreek het deurdat hy geglo het toe hy nog onbesnede was. Die doel daarmee

was dat hy die Vader sou wees van almal wat glo al is hulle nie besny nie. Hulle word

dus ook deur God vrygespreek deurdat hulle glo. Ons voorvader Abraham sou ook die

vader wees van die besnedenes wat nie net besny is nie, maar ook glo, soos hy geglo

het toe hy nog onbesnede was. (Jode, wat besny is, maar later tot geloof in Jesus

kom.)

Verbondsteken: Besnydenis

Die Verbondsteken was die besnydenis. In die Ou Testament het die besnydenis by

die seun gedien as `n teken dat jy `n kind van Abraham is en onder die verbond staan

wat God met Abraham aangegaan het.

Daarom word die besnydenis die verbondsteken genoem. `n Baba is dan ook op agt

dae besny volgens die Joodse geloofswet.

Nuwe Verbond

Nuwe Testament

Jesus

Verbondsteken: Doop en besëling met die Heilige Gees

Kon die mens in sy eie krag voldoen aan die voorskrifte van die wet? Die

antwoord is duidelik, nee. Daarom verduidelik Hebreërs 8:13 waarom die eerste

verbond tot niet gegaan het:

Deur van `n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar, en wat oud word

en uitgedien raak, sal gou verdwyn.

Heb 9:14-15 …Hiervoor het Christus immers Homself as volkome offer deur die

ewige Gees aan God geoffer. Daarom is Hy ook die Middelaar van `n nuwe

verbond.

Verbondsteken: Doop en beseëling met die Heilige Gees

Nuwe verbondsteken is die Doop wat bekering en ontvangs van die Heilige Gees

behels. [Beseëling deur die Heilige Gees.]

Ef 1:13 Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die

waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en

166

tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is,

julle as die eiendom van God beseël.

Vers 14 Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God

belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos.

Efesiërs 2:18 Deur Jesus het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die GEES vrye

toegang tot God.

Hoe ontvang ons daardie beseëling naamlik die Heilige Gees?

1] Kom tot bekering.

2] Erken Jesus as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker.

3] Laat jou doop.

4] Ontvang die Heilige Gees.

Sommige kerke glo dat die doop die besnydenis vervang het, en dit het ook, maar jy

kan nie die “baba besnydenis” en die “babadoop” as die eerste en tweede

verbondsteken sien nie. Hebreërs 8:13 verduidelik dat wat oud verklaar is sal

uitgedien wees en verdwyn.

Dit is baie duidelik dat die persoon wat met die Heilige Gees beseël word, eers moet

bekeer, en deur die bloed van Jesus word jou sondes simbolies afgewas. [Die baba

van agt dae oud kan nie bekeer nie, en jy as ouer kan nie namens hom bekeer

nie.] Nadat jy opreg tot bekering gekom het, kan jy gedoop word, hande opgelê

word, en die Heilige Gees ontvang. Die Heilige Gees doop ons in die liggaam van

Christus.

Volgens Gal 3:23-27 het die wet ons gevange gehou en bewaar totdat die geloof

gekom het. Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat

ons deur te glo, vrygespreek sou word. Deur die doop is ons nou verenig met

Christus.

167

Hoofstuk 8

Engele

Waarom bring ek engele in as een van die rolspelers tydens gebed?

Heb 1:14 Is hulle (die engele) dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy

uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie?

Uit bogenoemde kan ons duidelik aflei dat die engele in diens van God is, en dat Hy

hulle gebruik om Sy kinders, naamlik ons, te dien. Mag ek tot hulle bid? Die

antwoord is Nee! Hulle is in diens van God, tot God se beskikking om ons te help.

God Almagtig is hulle Heer en Meester, nie ons nie.

Hoe lyk `n engel?

Dan 10:5-6 Toe ek opkyk, sien ek `n man met linneklere aan en met `n gordel van fyn

goud uit Ufas om sy lyf. Sy liggaam het geskitter soos `n edelsteen, sy gesig het

gestraal soos weerlig, sy oë het geskyn soos brandende fakkels, sy arms en bene het

geblink soos gepoleerde brons, en sy woord het geklink soos `n harde dreuning.

Hierdie is een van die talle beskrywings in die Bybel van engele. Soms het hulle in die

vorm van `n gewone mens gekom. Die mens het egter altyd geweet wanneer dit `n

engel was.

Engele as beskermers vir die mens

Vanaf so vroeg soos Genesis af lees ons dat God gebruik gemaak het van engele om

die mensekind van hulp te wees. In Genesis 32:1 het Jakob “engele van God”

teëgekom. Jakob het dadelik geweet dit is engele en gesê: “Dit is `n leër van God.”

Hierdie leër kan ons aflei het God saam met Jakob gestuur, sodat dié Hom kan

beskerm op sy pad vorentoe.

Engele as Boodskappers vir mense op verkeerde weë

`n Ander baie bekende verhaal is die van Bileam. Bileam se donkie het die Engel van

die Here gesien en wou nie verder loop nie. Hier het die engele van die Here die

vermoë gehad om te praat asook om Bileam dood te kon maak.

Num 22:31-33 Die Here het Bileam se oë oopgemaak en hy het die Engel van die

Here in die pad sien staan met `n ontblote swaard in die hand. Toe buig Bileam voor

die

168

Engel. Die Engel van die Here vra hom toe: “Waarom het jy jou donkie nou al drie keer

geslaan?” Ek het jou kom voorstaan, want Ek sien jy is op `n gevaarlike pad. Die

donkie het My gesien en drie keer vir My uitgedraai. As hy dit nie gedoen het nie, het

Ek jou al doodgemaak en hom laat leef.”

Engele lê drome uit.

In Daniël 10 lees ons dat Daniël `n openbaring gehad het wat hy nie verstaan het nie.

Hy het gevas. God het toe `n engel gestuur om die droom aan Hom uit te lê. [Onthou

die Heilige Gees was toe nog nie uitgestort nie, daarom het die Engel dit aan Daniël

kom verduidelik.]

Engele beskerm mense selfs in vuur

Sadrag, Mesag en Abednego was die drie vriende van Daniël wat geweier het om die

goue beeld wat koning Nebukadnesar gemaak het, te aanbid. Hulle is toe in `n

brandende oond gegooi:

Dan 3:24-26 Toe het koning Nebukadnesar verskrik opgespring en vir sy raadgewers

gevra: “Het ons dan nie drie manne vasgebind in die oond gegooi nie?” En hulle sê vir

hom: “Dit is so, U Majesteit!” Hy sê toe: “Maar ek sien dan vier manne wat vry en

ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos `n hemelwese.” Toe het

Nebukadnesar na die bek van die brandende oond toe gekom en geroep: “Sadrag,

Mesag en Abednego, dienaars van die Allerhoogste God, kom uit hierheen!”

Ps 91:11-12 Hy sal Sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op

hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen `n klip sal stamp nie.

Engele as boodskappers: Kondig Jesus en Johannes se geboortes aan.

Die Nuwe Testament begin met Engele wat Jesus, asook Johannes die Doper se

geboortes aankondig aan die verskillende ouers.

Luk 1:11-13 Toe verskyn daar aan die regterkant van die wierookaltaar `n engel van

die Here aan hom. Sagaria het geskrik toe hy hom daar sien staan en hy het baie bang

geword, maar die engel sê vir hom: “Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is

verhoor. Jou vrou, Elisabeth, sal aan jou `n seun skenk, en jy moet hom Johannes

noem … ”

Vers 19 Die engel antwoord hom: “Ek is Gabriel, wat in diens van God staan. Ek is

gestuur om met jou te praat en hierdie goeie tyding vir jou te bring.”

169

Luk 1:28 Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by

jou.” … Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys

genade aan jou ... ”

Engele as boodskappers aan veldwagters.

Luk 2:9-12 Meteens staan daar `n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van

die Here het romdom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engele vir

hulle “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle `n goeie tyding van groot

blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van

Dawid die Verlosser gebore, Chirstus die Here!”

Engele as lofprysers vir God Almagtig

Luk 2:13-14 Skielik was daar saam met die engel `n menigte engele uit die hemel

wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir

die mense in wie Hy `n welbehae het!”

Engele is verheug oor elke bekeerling

Luk 15:10 Ek sê vir julle: “Net so is daar blydskap onder die engele van God oor

een sondaar wat hom bekeer.”

Engele as versorgers

satan ken ook die engele en Hy haal uit die skrif oor hulle aan: Luk 4:10-11 “As U die

Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos geskrywe: Hy sal Sy engele opdrag

gee om jou te beskerm, en ook op hulle hande sal hulle jou dra sodat jy nie jou voet

teen `n klip sal stamp nie.”

Engele het Jesus versorg.

Ons lees in Matteus dat Jesus vir veertig dae gevas het en nadat Hy deur die

duiwel versoek was, het die engele Hom versorg. Matt 4:11 Daarna het die duiwel

Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.

Engele as soldate

Matt 26:53 Terwyl hulle Jesus gevange geneem het, het Petrus `n swaard gegryp

en wou Jesus daarmee verdedig, maar Jesus sê vir hom: “Of dink jy Ek kan nie

my Vader om hulp vra nie? Hy sal dadelik vir My meer as twaalf legioene engele

beskikbaar stel.”

170

Engele se rol in eindtydgebeure

Behalwe dat die engele vir ons dien as boodskappers, beskermers, versorgers ens, is

die een belangrike punt vir die toekoms, die feit dat die engele Jesus gaan help om al

die siele bymekaar te maak in die eindtyd:

Matt 24:31 “Die groot trompet sal weerklink, en Hy sal sy engele uitstuur om Sy

uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die

aarde af.”

Hoe gaan ons lyk in die hemel? Ons gaan soos die engele lyk:

Luk 20:36 … hulle is soos die engele. Hulle is kinders van God, omdat hulle uit die

dood opgestaan het.

Engele rapporteer direk aan God Almagtig

Matt 18:10 Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker

julle dat hulle engele in die hemel gedurig deur by my Hemelse Vader is.

Ek glo die engele rapporteer ons handel en wandel, spesifiek dit wat aan kinders

gedoen word, aan Vader. Matteus 18:10 is baie duidelik daaroor.

1] Eerstens word die woorde gebruik “Ek verseker julle, hulle engele”….

Daaruit kan ons aflei dat elke kind het `n engel en dat al die kinders se

engele aan God rapporteer.

2] Die verdere interessantheid hierondom is dat Jesus die mense “waarsku” dat

hulle moeilikheid te wagte kan wees, indien hulle enige leed aan een van

hierdie kinders sou doen, want die kinders se engele rapporteer “direk”

aan God. Dit is `n bedekte waarskuwing.

3] Ek glo dat elke daad, goed of sleg wat jy aan `n kind doen, aan God die Vader

vertel word.

En dit moet elke mens laat sidder, want die woord sê:

Heb 10:31…Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val.

Hierdie is slegs `n kort samevatting van engele, en geen daadwerklike poging om hulle

rolle volledig te beskryf nie. Die feit is dat daar nie deur of tot hulle gebid mag word nie,

maar dat hulle wel `n duidelike rol vertolk in ons gebede en interaksie tussen God

Almagtig en ons.

171

Engele vandag

Ons lees in die Bybel van verskeie interaksies tussen mense en engele, maar wat van

vandag? Ek het verskillende verhale al van verskillende mense gehoor wat baie

duidelik `n ontmoeting met engele gehad het. Hier volg `n vertelling wat my pa gehad

het op die aand van 16 Augustus 2007.

“Op die aand van 16 Augustus 2007, terwyl ons na `n program op die televisie gekyk

het, het ek skielik `n “steek” in my linkeroog gevoel. Die volgende oomblik het ek twee

breedgeskouerde persone met ligblou mantels, wat tot op hulle voete hang, gesien.

Hulle het op `n bank gesit, skuins gedraai sodat ek nie hulle gesigte kon sien nie. Hulle

het op hulle koppe iets soos `n tipe ‘Kappie’ opgehad wat `n eenheid met die mantels

gevorm het. Die mantels was pragtig. Ek het net `n gevoel gehad dat dit engele was. `n

Derde engel het daar naby gestaan en dit het gelyk of hy iets in sy hande vashou.

Wanneer hy afkyk het sy regterhand beweeg asof hy skryf. Wanneer hy opgekyk het,

het hy nie geskryf nie. Die volgende oomblik het ek my oë geknip, en die engele was

weg.

Ek glo dat daar in elke gelowige se huis, engele “indiens” van God is, wat nie net

beskerm nie, maar ook ons handel en wandel rapporteer aan God die Vader.

172

Hoofstuk 9

Voorwaardes vir die beantwoording van gebed

Waarom die stelling “voorwaardes” vir beantwoording van gebed. Verhoor Vader nie

maar voor die voet elke soort gebed wat gebid word nie? Indien jy hierdie hele stuk

deurgewerk het, sal jy self hierdie vraag kan beantwoord.

In Matteus 6 gee Jesus vir ons voorwaardes asook `n voorbeeld van hoe ons

behoort te bid en ons gaan grootliks vanuit Matteus 6 werk. Indien dit jou

uitgangspunt is dat God altyd, en enige soort gebed verhoor, want Hy is `n “God van

Genade”, vra jou self af: Hoekom het Jesus die moeite gedoen om vir ons `n

voorbeeld te gee vir `n gebed? Presies wat behels hierdie gebed.

1. Ons Vader wat in die hemel is.

2. Laat U Naam geheilig word.

3. Laat U koninkryk kom.

4. Laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

5. Gee ons vandag ons daaglikse brood.

6. En vergeef ons ons oortredings, soos ons ook dié vergewe wat teen ons

oortree.

7. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose.

8. Want aan U behoort die koninkryk, die krag en die heerlikheid. Tot in

ewigheid.

9. Amen.

Ons gaan nou die Onse Vader sin vir sin behandel.

Onse Vader wat in die hemel is

Kan ek direk met God praat? Kan ek, vir die Enigste Almagtige Soewereine Sondelose

God, wat in ontoeganlike lig woon, en vir wie geen mens al ooit gesien het of die

voorreg sal hê, om in ons vleeslike toestand te sien nie, die Eienaar van die heelal sê:

“Hoor bietjie hier, ek het `n probleem” Nee, jy kan nie, Waarom nie? Want jy kan

alleenlik by God Almagtig uitkom indien jy deur Jesus na Hom toe gaan.

Joh 14:6 Jesus het vir hom gesê: Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe.

Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

173

Jy kan tot God bid totdat jy eelte op jou knieë het, maar die Bybel sê niemand kom na

die Vader toe, behalwe deur Jesus nie. Jesus spel dit baie duidelik uit as Hy sê: Ek is

die weg! Jesus is die enigste weg, pad, roete, manier, wat jy het om by God uit te

kom.

Hierdie stelling het twee betekenisse:

Betekenis 1]

Deur Jesus word my siel vir ewig gered sodat ek by God kan wees.

Jesus is die enigste weg/manier wat ons het om vir ewig by God uit te kom. Met ander

woorde die enigste manier om die ewige lewe te bereik. Hy is ons Saligmaker en

Verlosser. Die enigste Verlosser.

Betekenis 2]

Ek het toegang tot God in gebed deur Jesus.

Deur Jesus het ons toegang tot God en is Hy die enigste weg om in gebed by God uit

te kom.

Bespreking van betekenis 1

Jy kan onwrikbaar in God glo en aan enige geloof behoort wat in God glo, maar as

Jesus nie jou Verlosser en Saligmaker is nie, SAL JY NIE DIE EWIGE LEWE

BEËRWE NIE!

Ons het in die vorige gedeeltes dit baie deeglik bekyk en bespreek naamlik, dat Jesus

ons Middelaar is. Hy is in die middel van God en van jou en my. En die dag toe ek

na Jesus gegaan het en bely het dat Hy al die straf vir elke sonde wat ek al ooit

gepleeg het op Hom geneem het, met ander woorde, die dag toe ek bekeer het, of

anders die dag toe ek Jesus my Verlosser gemaak het, het Sy bloed my so

volkome gereinig van al my sondes dat, indien ek sou sterf, ek vir ewig by God

Almagtig sal kan wees. Hy is ons Middelaar, Hy is tussen God Almagtig en my.

Dus wat is die verskil tussen die Christen geloof en enige ander geloof wat daarop

aanspraak maak dat hulle God aanbid? Dit: Jesus is die enigste weg na die ewige

lewe. Indien jy in `n geloof betrokke is wat geloofsbeginsels het waarin sogenaamde

profete soos Mohammed, of Moeder Maria onder andere aanbid word of waarin daar

sekere aktiwiteite en rituele is waarin jy moet voldoen om die ewige lewe te bereik, dan

moet jy weer die volgende skrifgedeeltes lees naamlik:

174

Jesus is die WEG en die WAARHEID. NIEMAND KOM NA DIE VADER TOE

BEHALWE DEUR HOM NIE! Jy kan net die ewige lewe beërwe indien jy Jesus jou

Verlosser en Saligmaker gemaak het.

Bespreking van betekenis 2: Jesus is ons toegang tot God in gebed.

Ek wil hê God moet my gebede verhoor, maar hoe nou gemaak om by Hom uit te

kom? Ek gaan deur Jesus na God Almagtig toe.

Joh 16:24 “…tot nou toe het julle nog nie in My Naam gebid nie. Bid en julle sal

ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”

Joh 16:26 Van daardie dag af sal julle in My Naam bid en hoef Ek nie julle

Voorspraak by die Vader te wees nie.

Wie is ons Voorspraak by die Vader?

Joh 16:7 … Dit is tot julle voordeel dat Ek [Jesus] weggaan, want as Ek nie

weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees nie na julle toe kom nie.

En wat doen die Voorspraak naamlik die Heilige Gees vir ons terwyl ons bid?

Rom 8:26 en 27 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: Ons weet nie wat en

hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat

nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die

bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God vir die

gelowiges.

Hoe begin ek bid?

Onse Vader wat in die hemel is, in die Naam van Jesus kom ek na U toe. En die Naam

Jesus maak al die deure vir ons oop na die troonkamer van God. Sy bloed het al my

sondes geabsorbeer en skoon gewas en ek kan nou skoon, na die Enigste Almagtige,

Soewereine, Sondelose Eienaar van die Heelal, wat in Ontoeganlike Lig woon, gaan,

en vir Hom vra om asseblief my gebed te verhoor.

Laat U naam geheilig word

Hier moet ons die Enigste Almagtige God van die hemel en die aarde prys. Ek het in

my vroeëre verhouding met God, toe my Christenskap nog jonk en onervare was, `n

groot probleem gehad om God te prys. Dit het altyd vir my gevoel of ek te min woorde

het, te min weet van God om Hom na behore te prys, en soms het ek te sondig gevoel

175

om Hom te prys. Ek het toe na Vader gegaan en vir Hom gevra: “Vader leer my om U

te prys” en Hy het.

Vader het my gevra: “Elize, wat dink jy is een van die mees algemene aktiwiteite in

die hemel?” Met die leiding van die Heilige Gees het ek geantwoord: “Lofprysing

Vader!” Waarom? Die engele is gedurig deur by ons Vader en hulle prys Hom vir wie

Hy is. En in watter vorm prys die engele die Enigste Almagtige God? In die vorm van

sang!

Luk 2:13 Skielik was daar saam met die engel `n menigte engele uit die hemel

wat God prys en sê: “Eer aan God in die Hoogste hemel, en vrede op aarde vir

die mense in wie Hy `n welbehae het!”

Die kerk waarin ons aanbid het gewoonlik `n uur voordat die diens begin `n lofprysings

uur. Wat `n wonderlike ervaring.

Ons gesin het dadelik begin belê in al Michael. W. Smith se cd’s en elke aand begin

om `n uur en langer God te prys deur middel van sang. Dit is die wonderlikste tyd van

die dag. Hoe doen ons dit? Ons gaan sit elkeen op ons Almagtige Vader se voete, ons

vou ons arms om Sy bene, sit ons koppe teen Sy knieë en sing vir God ons Vader! Ons

vertel Hom deur middel van sang, hoe groot Hy is!

Ek wil `n oomblik hier stilstaan en vir jou die leser sê dat “die daaglikse lofprysingsuur”

`n baie groot verskil in my en my gesin se lewe teweeggebring het. Om God te prys in

die vorm van sang is om intiem met Hom te wees, en te word. Ons het met die verloop

van tyd agtergekom dat ons soveel meer vrede begin ervaar, nie net tydens die

lofprysing nie, maar reg deur die dag. Dit het later so deel van ons lewe geword soos

slaap en eet. Ek het agtergekom as dinge by die werk net `n bietjie aan die “wilde” kant

wil raak, ek net hoef te begin lofprys, “worship”.

Ons gesin het al die wonderlikste dinge beleef tydens ons lofprysingsuur elke aand.

Hierdie gedeelte in Handelinge 16:22–40 waar Paulus en Silas in die gevangenis sit

en in die middernag tot God bid en tot lof van God sing, terwyl die ander gevangenes

luister, dien in die Woord nog al die jare as `n goeie voorbeeld van deurbrake wat

bereik kan word deur middel van lofprysings. Terwyl Paulus en Silas bid en God prys,

kom daar skielik `n aardbewing, wat die fondamente van die tronk so skud, dat al die

deure van die tronk onmiddellik oopgaan en al die gevangenes se boeie losgaan. God

wil geprys word!

176

Laat U koninkryk kom:

Matt 12:28 “Aangesien Ek deur die Gees [m.a.w Heilige Gees] van God die bose

geeste uitdryf, het die Koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom.”

Wie en wat is hierdie koninkryk van God wat tot by ons gekom het. Dit is die Heilige

Gees. God se koninkryk is in die hemel en nadat Adam en Eva doelbewus besluit het

om die Heilige Gees wat ‘IN’ hulle was, teë te gaan, en die verbode vrug te eet, het die

Heilige Gees hulle verlaat. Die Heilige Gees kon nie weer permanent IN `n tempel of

anders, `n liggaam, van `n mens wat as tempel van God sou dien, woon nie, want die

mens was te sondig. Jesus se bloed het egter so `n volkome tempel reiniging, met

ander woorde “sonde-afwassing” vir ons bewerkstellig, dat ons weer die Heilige

Gees IN ons tempels kan huisves. Sien 1 Korintiërs 3, asook 1 Korintiërs 6.

Met `n skoon gewasde tempel en die Heilige Gees IN ons, het die koninkryk van God

weer tot by ons gekom. Die Heilige Gees is IN ons en ons is op die aarde. Die

gevolg is dat die Heilige Gees of te wel die koninkryk van God by ons en tussen ons is,

deur die Heilige Gees wat IN ons is. Die Woord van God bevestig aan ons in Matteus

6:33 dat dit vir God baie belangriker is dat ons Hom ken en dat ons seker maak dat ons

siele gered word, as wat dit is om te bid vir aardse besit.

Matt 6:33 Nee, beywer julle allereers vir die Koninkryk van God en vir die wil van

God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Dit is belangrik om deur die Heilige Gees te bid, want die Woord is duidelik dat ons nie

regtig `n ander keuse het nie.

Judas 1:20 Julle geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle

allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.

Laat U wil ook op die aarde geskied net soos in die hemel

Wat is die wil van God? Stelling: God beantwoord nie jou gebed indien jy buite Sy wil

bid nie.

Jy moet binne die wil van God bid. Die vraag is egter, wat is God Almagtig se wil?

Hoe gaan ek weet wat Sy wil is? Met ander woorde wat is die wil van God vir:

* Jou?

* Vir die mens in die algemeen?

* Vir die wêreld?

177

Die Bybel is duidelik dat ons te alle tye die “wil” van God moet soek. Lees wat sê die

volgende Skrifgedeeltes.

Matt 6:33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van

God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Joh 14:21 Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My

liefhet, hom sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom

openbaar.

Ek deel bogemelde stelling op in drie dele naamlik:

a] Wil van God vir die aarde / wêreld

b] wil van God vir die mens

c] wil van God vir jou

a. Wil van God vir die wêreld

In Genesis 1 lees ons dat God die aarde gemaak het, en dat Hy `n bepaalde orde daar

gestel het waarvolgens die aarde bestuur moet word. Hy het die mens aangestel om

op die aarde, die aarde as God se Verteenwoordiger te bestuur. Ons vind deur die hele

Ou Testament dat God deur Sy profete praat oor wat met die aarde en sy mense gaan

gebeur in die eindtyd. Jesaja praat spesifiek met die Jode en profeteer dat daar `n

Verlosser gebore sou word wat die volk se sondes op Hom sou neem. Daniël praat oor

die eindtyd en Openbaring verduidelik in baie meer detail oor wat presies in die einde

van die tyd gaan gebeur. DUS: wat die wilsbesluit van God ten opsigte van die

aarde/wêreld is kan ek en jy nie `n letter in die Bybel verander nie. Dit gaan so

gebeur! Al waarvoor ons kan bid is dat die verdrukkingstyd nie in die “winter” of op `n

“Sabbatdag” sal plaasvind nie, Matteus 24:20. Verder sal alles plaasvind soos wat die

Bybel dit vir ons beskryf.

Jy kan byvoorbeeld nie bid dat die verdrukking nie moet plaasvind nie, want dit

gaan plaasvind. God het eeue terug al bepaal dat dit gaan plaasvind. Jy kan

byvoorbeeld nie bid dat die merk van die dier nie plaasvind nie want dit gaan, God het

so besluit.

Die wil van God ten opsigte van dit wat Hy vooraf bepaal het vir die aarde en sy mense

kan jy nie verander nie. Dit staan reeds vas in die Woord.

b. Wil van God ten opsigte van die mens in die algemeen

Die tiengebooie is nie die enigste voorwaardes waaraan jy moet voldoen as jy die

wil van God wil doen nie. Die hele Bybel is vol moets en moenies!

178

Jy sal net al die antwoorde kry, indien jy die Woord van God baie, baie, baie deeglik

bestudeer.

Wat is die wil van God vir die mens in die algemeen? Mag jy bid: “Gee asseblief vir

my genoeg geld om hierdie voorstad van my uit te koop”? Nee, dit klink vir my na

gierigheid, en God het `n probleem met gierigheid. Mag jy bid dat jou buurman sterf,

sodat jy sy vrou kan kry, jy sal in elk geval beter vir haar kan sorg en haar nie so

verniel soos hy nie? Nee, dit klink vir my soos moord, al is dit net in die gedagtes. Sal

jy weet wat die wil van God is, indien jy net elke aand die stukkie uit jou dagstukkie

lees? Beslis nie. Ek bedoel jy moet die Woord van God naamlik die Bybel bestudeer!

Jy moet die Bybel van die begin tot die einde ken!

Waarom moet ons die Bybel/Woord van God bestudeer? Want in die Bybel verduidelik

God vir ons presies hoe Hy wil hê die mens moet leef. Hoe die mens Hom moet

aanbid, en wat Hy van die mens verwag ten opsigte van alle aspekte van die mens se

lewe.

`n Paar jaar gelede was ek besig om my Bybel te lees toe Vader my vra: “Elize waarom

speel jy “russian-roulette” met My Woord?” Die vraag het my baie onkant betrap en

eers toe Vader aan my verduidelik wat Hy daarmee bedoel, het ek met skok besef dat

byna almal van ons op `n stadium “russian-roulette” met die Woord speel. Wat bedoel

ek?

Op daardie stadium het ek geen spesifieke roetine gehad as ek Bybel lees nie. Ek sou

byvoorbeeld vanaand uit Matteus lees en môre uit Romeine. Soms sou ek `n stukkie uit

“koringkorrels” en die Skrif verwysing daaruit lees. Maar die vraag is: Gaan jy God en

Sy Woord ten volle verstaan, dit jou eie maak, volgens Sy wil leef en kan bid as jy Sy

Woord bestudeer met dagstukkies? Anders gestel, gaan jy die Bybel verstaan as jy

“russian-roullete” met Sy Woord speel deur soms dit, en soms dat, en soms glad nie

die Woord te bestudeer nie? Die antwoord is weereens nee!

Om presies te weet wat die Woord van God sê, moet jy Sy Woord van begin tot einde

bestudeer asook in die geheel. Het jy geweet dat Vader `n probleem het met

gulsigheid, en dat Hy gulsigheid in die Ou Testament met die dood gestraf het? Om dit

te weet moet jy die Ou Testament gelees het en weet wat daarin staan.

`n Baie goeie manier om die Bybel te bestudeer is om `n goedkoop weergawe van die

Bybel te koop en verskeie kleure merkpenne. Merk dan die versies volgens temas.

Byvoorbeeld blou – wil van God, groen – Heilige Gees en doop, goud – God Almagtig

en Sy karaktereienskappe, pers – Jesus en Sy persoonlikheidseienskappe, pienk –

siekte, geel – genesing, rooi – satan, sondes, hel en dinge wat tot die ewige dood lei,

179

ensovoorts. Wanneer jy by die vierde of vyfde keer jou Bybel so gelees het en gemerk

het sal jy die Bybel baie goed ken en dit sal makliker gaan, indien jy sekere goed weer

wil opsoek.

OPSOMMEND: Kan jy Vader iets vra wat buite Sy wil is, wat teenstrydig met die Bybel

is? Wat buite Sy wil vir jou is? Nee jy kan nie.

c. Wil van God vir jou

1 Joh 5:14-15 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons

gebede verhoor as ons enigiets volgens Sy wil vra. En aangesien ons weet dat

Hy ons gebede verhoor as ons iets so vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van

Hom vra.

Weet jy wat is God se ekslusiewe wil vir jou in jou lewe? So baie mense neem

vroeg in hulle lewe besluite ten opsigte van `n loopbaan, huweliksmaats, ensovoorts,

en mis die wil van God vir hulle lewe heeltemal. Wat nou gemaak? Ek en Francois het

op die ouderdom van agt en nege en twintig onderskeidelik, na Vader gegaan en

gevas asook gebid en Vader gevra wat Sy doel met ons vir ons lewe is. Alhoewel dit `n

drastiese verandering was en `n wonderlike getuienis, het Vader, nadat Hy my en my

man se geloof asook ons opregte wil om aan Hom gehoorsaam te wees, getoets het,

ons beantwoord. Hy het ons beloftes gegee, waaraan ons vashou, veral in die tye

waarin dinge geen sin maak nie.

Later van jare was daardie beloftes in tye wat die toekoms vaag of `n groot vraagteken

was juis die riglyn wat ons moes volg. Een van die riglyne wat Vader my gegee het was

dat ek nooit `n vennoot in `n besigheid mag hê nie. Wel dis maklik want ek het `n

kleuterskool en het nie `n vennoot nie, maar dit was egter nie lank daarna nie dat

iemand met `n voorstel gekom het dat ek en die persoon `n huis koop, onmiddellik

verkoop en die wins daarna deel. Wat na die maak van `n vinnige paar rand gelyk het,

het uitgedraai as slegs `n gelyk breek. Ek en Francois is na Vader toe en heel logies

was sy antwoord “jy mag nie `n vennoot hê nie”.

Ek, alleen, natuurlik met my man se samewerking en seën, het binne die wil van Vader

ander soortgelyke transaksies aangegaan en dit het baie goed uitgewerk, maar nie toe

ek `n “vennoot” gehad het nie. Vader het gewys dat Francois in `n vennootskap mag

wees en hy is inderdaad in `n vennootskap in sy besigheid, met `n spesifieke vennoot.

Ons kinders reageer met allergiese reaksies op die meeste kleurmiddels en

perserveermiddels in die verskillende voedselsoorte. Ek en Francois het alles op `n

geestelike vlak gedoen om ons kinders hiervan te bevry. Ons het gebid, gevas, gesalf,

die hele genesings beginsels van begin tot einde deur gewerk, en nog steeds was

180

ons kinders nie genees van hulle allergieë nie. Totdat ons ten einde laaste vir Vader

gevra het wat ons mis en nie raak sien in hierdie proses van genesing nie, want ons

kinders bly allergies reageer op voedselsoorte wat chemies gestimuleer word. Vader

se antwoord was baie eenvoudig:

“My kind Ek het julle liggame goed gemaak, so goed dat dit vir My as tempel moet

dien, dit is julle wat julle liggame besmet met dinge soos onder andere chemikalië.

Julle eet onoordeelkundig, maak julle self skuldig aan gulsigheid, ooreet julle self, en

maak van julle self vrate.”

Rom 14:17 Die koninkryk van God is nie `n saak van eet en drink nie, maar van

gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.

Ek en Francois het besef dat ons op ons knieë kon bly tot in die volgende millieneum

hieroor, dit sou nie gehelp het nie, want God wil nie hê ons moet ons liggame besmet

en blootstelling gee aan dinge soos onder andere chemikalië nie. Nodeloos om te sê

dat nadat ons alle negatiewe chemikalië uit ons kinders se voedsel geneem het en

gesonder eetgewoontes begin volg het, is ons kinders gesond. Waarop kom dit neer?

Dat jy die Skrif moet ken om God se wil te ken sodat jy nie buite Sy wil moet bid nie. Jy

moet ook God se wil vir jouself ken, sodat jy binne Sy wil vir jou en jou gesin kan bid.

Gee ons vandag ons daaglikse brood;

Baie mense gaan van die veronderstelling uit dat God weet mos wat ek nodig het,

waarom moet ek dit dan vir Hom vra. Want die Skrif sê in Matteus 6:8.

“… want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.”

Asook:

Matt 6:31-33, Julle moet julle dus nie bekommer en vra: “wat moet ons eet of wat

met ons drink of wat moet ons aantrek nie?” Dit is alles dinge waaroor die

ongelowiges begaan is. Julle Hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig

het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God,

dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee;

Daarteenoor sê die Skrif in Filippense 4:6:

Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur

gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

Watter een van die twee skrifgedeeltes moet ons nou glo?

Antwoord: altwee verse!

181

Ek gaan dit so aan jou verduidelik: In Genesis 1 kry die mens die volgende

opdragte ten opsigte van verantwoordelikheid op die aarde naamlik:

God se opdrag aan die mens in die Ou Testament;

Genesis 1:28 Die Here God het die mens geseën en vir die mens gesê:

1] Wees vrugbaar,

2] word baie,

3] bewoon die aarde,

4] bewerk die aarde,

5] heers oor die aarde.

Jesus se opdrag aan die mens in die Nuwe Testament:

Matteus 28:19-20 Gaan dan na al die nasies toe:

1] Maak die mense my dissipels.

2] Doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

3] Leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Met ander woorde die klem tussen die Ou en Nuwe Testament verander in totaliteit!

In die Nuwe Testament gaan dit nie meer oor die mens, ek, myself, my wil, my rykdom,

my voorspoed nie. Nee, dit gaan om die uitbreiding van die Koninkryk van God

Almagtig! Hy sê vir ons dat ons allereers besorg moet wees oor die uitbreiding van Sy

Koninkryk voordat ons besorg mag wees oor onsself, want as ons Sy koninkryk eerste

stel, sal Hy sorg vir die res!

Weereens is dit belangrik om die Woord van God te ken, asook Sy wil te ken sodat ons

nie ons skuldig maak aan versoeke wat buite die wil van God is nie. En onthou ook dat

die mens kan nie van brood alleen lewe nie, maar van die Woord van God.

Indien jy na al die gebede kyk wat ons in die Nuwe Testament kry, sal jy sien dat die

dissipels, Paulus, ensovoorts, allereers bid vir die uitbreiding van die Evangelie van

Jesus Christus en daarna sal jy sien dat hulle vir iets vleesliks bid. Lees ook Johannes

6:31 – 58 waarin Jesus as die “Brood” beskryf word en aan die wêreld die “lewe” gee.

En vergeef ons ons oortredings soos ons ook die vergewe wat

teen ons oortree.

Matt 6:14-15 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse

Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle

Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

182

In hierdie sin lê `n groot geheim opgesluit wat die rede is dat Vader baie keer nie ons

gebede kan verhoor nie. Ek herhaal: Hy kan nie in sekere gevalle ons gebede verhoor

nie! Maak seker jy verstaan wat ek vir jou probeer sê: God kan nie jou gebede verhoor

indien daar onbelyde sonde tussen jou en Hom is nie. Ek glo dat Jesus met `n baie

spesifieke rede gesê het:

“Vergewe ons ons skulde soos wat ons ons skuldenaars vergewe.” [Met ander

woorde: Indien jy nie kan vergewe nie, sal Hy jou ook nie vir jou sondes vergewe

nie].

Gestel jy het `n probleem met iemand. Iemand wat jou geld skuld, onreg aangedoen

het, goed gesteel het, ens. en jy kan nie die persoon vergewe nie, dink jy God gaan jou

vir vandag se sondes vergewe as jy nie jou naaste kan vergewe nie? Sy Seun het

geen voorwaardes gehad toe Hy my vergewe het nie, ek durf dan ook nie voorwaardes

hê indien ek vergifnis wil hê nie.

Ek herhaal: Sy Seun het geen voorwaardes gehad toe Hy my vergewe het nie, ek durf

dan ook nie voorwaardes hê indien ek vergifnis wil hê nie.

Sondes

Mag ek nou met onbelyde sonde na God gaan in my gebed? Nee! Hoekom nie? Sy

Seun het geen steen onaangeroer gelaat om `n “volkome skoon was” van my sondes

te bewerkstellig nie. Wie is ek dan om soveel durf aan die dag te lê om God Almagtig

te nader met sonde in my? Ek moet dus eers my sondes bely en daarvan bekeer

voordat ek God se troonkamer kan nader met my gebedsversoeke.

Heb 10:26 Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die

waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie.

Daar bly alleen `n verskriklike verwagting oor van oordeel en `n gloeiende vuur

wat die teenstanders van God sal verteer.

Nagmaal

Ek wil dit noem dat ek en my gesin elke aand nagmaal gebruik, waarom? Juis vir

bogenoemde rede. Indien daardie broodjie gebreek word bely jy die volgende naamlik:

“Dankie Jesus dat U U liggaam gebreek het, sodat U bloed vrylik daaruit kon vloei om

as `n bewys te dien dat U `n volkome sonde afwassing vir my bewerkstellig het, dankie

daarvoor!” Waak daarteen dat so `n gebruik nie later net ontaard in “gewoonte” nie,

maar dat dit elke aand `n opregte gebed is wat lei tot `n volle bekering van daardie

sonde.

183

Maar ek moet sorg dat ek al my sondes voor Jesus bely, en daarvan bekeer, of ek

het moeilikheid, hoekom?

1 Kor 11:28 - 32 Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood

eet en uit die beker drink, want hy wat eet en drink sonder om te besef dat die

liggaam van die Here is, [want Jesus het Sy liggaam opgeoffer vir ons sonde,]

bring daardeur `n oordeel oor homself. Daarom is daar baie swakkes en sieklikes

onder julle en sterf daar baie van julle. As ons onsself vooraf reg ondersoek het,

sou ons nie onder die oordeel gekom het nie. Maar nou word ons deur die Here

geoordeel en getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel sal word

nie.

Verder sê Jesus in vers 25 “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur My

bloed, wat vir julle vergiet word.”

Jesus sê nie vir ons gebruik die nagmaal net so nou-en-dan nie, nee hy sê:

“Gebruik dit tot My gedagtenis”

Wat het dit tot gevolg? Dat die gebedspad tussen my en Ons Vader nou oop is en

dat daar geen onbelyde sonde tussen God en my is nie, en met welke versoek ek ook

na Hom toe gaan, Hy my gebed sal verhoor.

Dus “vergeef ons ons oortredings soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree,”

beteken: die maat waarmee jy meet sal jy mee gemeet word.

Luk 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie.

Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie,

Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.”

En laat ons nie in versoeking kom nie…

Om hierdie stuk goed te verstaan moet jy weer die stuk gaan lees oor waarom Adam

en Eva die verbode vrug geëet het.

Ek moet so baie die volgende vraag rondom buite-egtelike verhoudings beantwoord.

“Elize waarom het ek lief geword vir hierdie man, nie ek of hy het dit beplan nie. Ons

het albei gebid dat God die gevoelens wat ons vir mekaar het, moet wegvat, maar Hy

doen dit nie. Ons het nie gevra hiervoor nie.”

Ek sê gewoonlik: “God het jou reeds 2000 jaar terug geantwoord in Jakobus

1:13-15 Iemand wat in die versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God

versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie.

184

Maar: `n Mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.

Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die

sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.”

Wil u hê ek moet meer hieroor sê? Dit voel vir my Jakobus het al die woorde uit my

mond geneem.

Maar verlos ons van die bose

Waarom wil sommige van ons kerke nie bietjie ondersoek doen na wat Jesus self oor

die bose geeste te sê gehad het nie? Hy sê dan self, bid dat My Vader julle van die

bose moet verlos. Die volgende skrif in Handelinge 23:1–11 en veral vers 8

klassifiseer mense wat nie glo in bose geeste nie, nogal duidelik. Onthou, indien jy

glo dat die Heilige Gees bestaan, dan moet jy ook glo die engele en bose geeste

bestaan, anders ontken jy die bestaan van `n geestelike wêreld. Jesus het bose

geeste uitgedryf, dit was deel van Sy bediening en wat het verander vanaf Jesus se tyd

tot nou? Paulus het hier met die Joodse Raad gepraat, wat uit Sadduseërs en

Fariseërs betaan het, en hoor hoe klassifiseer Hy hulle:

Toe Hy dit sê, het daar rusie tussen die Fariseërs en die Sadduseërs ontstaan, en

die vergadering het verdeeld geraak. Die Sadduseërs ontken dat daar `n

opstanding uit die dood is en dat daar ENGELE en GEESTE bestaan.

Is jy `n Sadduseër?

Jesus het die bose geeste uit die mense uit gejaag. Indien jy dan daardie gedeelte van

Jesus se bediening ontken, glo jy die Bybel slegs ten dele, en is jy `n Sadduseër.

Bose geeste

Jy moet `n onderskeid tref tussen `n bose gees “IN” jou en bose geeste wat jou

“aanval”.

Ek wil nie in te veel detail hierin ingaan nie. Jy kan enige boek wat Derek Prince, Bill

Sybritzky, asook Bennie Mostert hieroor geskryf het, lees. `n Vriend van ons het nou

die dag baie heftig vir my gesê dat dit sy mening is dat `n bose gees nie in jou kan

wees indien jy die Heilige Gees in jou het nie. Ek stem heeltemal met hom saam, maar:

Adam en Eva het met die Heilige Gees IN hulle doelbewus en met `n wilsbesluit van

hul eie, besluit om die Heilige Gees te “overrule” en te doen wat hulle wou! En dit

het tot gevolg gehad dat hulle, hulle oopgestel het vir die sonde en daarmee saam die

bose in hulle lewe toegelaat.

185

Wat ek probeer sê is dit: Jy kan met die Heilige Gees IN jou besluit om jou doelbewus

oop te maak vir sonde en daardeur die bose `n vatkans te gee in jou lewe.

Ek het vroeër jare dit baie ervaar dat die oomblik dat ek `n vloekwoord kwytgeraak het,

ek sonder dat ek weet hoekom, my makliker daarna sou vererg vir iemand of vir `n

situasie, terwyl ek die wêreld se vrede in my gemoed gehad het. Wat het dan gebeur?

Jy doen soms `n sonde wat jou oopmaak vir die bose. Die bose sê: “Elize het so pas

die deur vir ons oopgemaak, ons het nou `n reg om haar te tart, haar natuur wil graag

soos ons wees, boos! Sy het doelbewus onder die beskerming van die Bloed van

Jesus uitgekom en deelgeneem aan `n aktiwiteit van die wêreld, ons het nou `n reg om

haar te pes en te tart asook aan te val. [Wat van `n klein angsaanvalletjie, vrees, angs,

benoudheid, of miskien `n depressie aanvalletjie!”]

satan val ons gewoonlik aan en speel met ons emosies. Ons herken hom gewoonlik

nie, en is dan `n slagoffer van een of ander emosionele disfunksie. Onthou satan kan

`n gedagte plant maar hy kan nie gedagtes lees nie. Ons lees dat satan Judas op die

“gedagte gebring het” om Jesus te verraai.

Joh 13:2 Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die

gedagte gebring om Jesus te verraai.

Vergewis jou van die sin in die Bybel: satan het reeds Judas “op die gedagte

gebring”

Daarna: Joh 13:27 En nadat Judas die stukkie brood gevat het, het die satan in hom

ingevaar.

Hoeveel keer het jy al `n verkeede gedagte gehad, en genoeg aandag aan die

gedagte gegee, soveel so dat jy jou oopgemaak het vir satan.

Bogenoemde twee stukke uit die Bybel het my laat besluit om nooit weer `n vinger na

Judas te wys nie…

Jesus het op Sy beurt mense genees deur die bose geeste eers uit te dryf:

Matteus 9:32-33 …die mense het `n man na Hom gebring wat stom was omdat hy

in die mag van `n bose gees was. Nadat die bose gees uitgedryf is, het die stom

man begin praat. Die menigte het hulle verwonder en gesê: “So iets het nog

nooit in Israel gebeur nie.”

En jy die leser wil sê: “So iets het nog nooit in my kerk gebeur nie”. Nee, dit het nie

want jou kerk glo heelmoonlik om een of ander rede dat die Bybel van Jesus se tyd en

die Bybel van vandag se tyd nie presies dieselfde is nie.

186

Vra jouself die vraag af, wat maak ons in die een en twintigste eeu so anders as in die

tyd van Jesus?

Matt 10:1 Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om

onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak. [Want

die koninkryk van God het inderdaad tot by ons gekom. Jesus het ons ook daardie mag

gegee omdat die Heilige Gees nou in ons woon, net soos wat die Heilige Gees in

Jesus woon.]

Hand 5:15-16 Die mense het selfs siekes op straat uitgedra en hulle daar op

draagbare en beddens neergesit sodat, as Petrus daar verbygaan, al is dit net sy

skaduwee op party van hulle kon val. Daar het ook baie mense van die dorpe in

die omgewing van Jerusalem af gekom en siekes gebring en mense wat onder

onrein geeste gely het. Hulle is almal gesond gemaak.

Matt 12:22 Hulle het toe `n man wat in die mag van `n bose gees was, na Jesus

toe gebring. Die man was blind en stom. Jesus het sy gebrek genees, sodat hy

weer kon praat en sien.

Sommige manuskripte bevat ook die afsluitingsformule:

Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot

in ewigheid

Hiermee gee jy erkenning dat God die Alleen Eienaar, Die Skepper van alles is en dat

alle Krag en Heerlikheid aan Hom behoort.

Amen

Openenbaring 3:14… So sê die Amen, die Geloofwaardige en Ware Getuie, Hy deur

wie God alles geskep het: JESUS CHRISTUS. Amen is `n Hebreeuse woord wat

beteken: “Dit is so!” of “mag dit so wees!” Dit word ook gebruik om instemming te

betuig of om `n seënwens of lofuitspraak te bevestig. Dit kan ook gebruik word om `n

gebed af te sluit of as `n bevestiging en toeëiening van die beloftes van God.

AMEN!

187

Hoofstuk 10

`n Woord van dank aan die personeel van Pretoria-Noord Kleuterakademie

Ek wil die personeel van Pretoria-Noord Kleuterakademie bedank vir hulle ongelooflike

ondersteuning tydens die skryf van hierdie boek. Ouma Emma – die skool se geestelike

oorlogvoerder en bidder, Adri, Anna, Annatjie, Annemarie, Agnes, Amanda, Bernice,

Chatherine, Christina, Corlia, Dean, Elmari, Gemina, Mary, Morgan, Martinette, Nora, baie

dankie!

Die bedryf van so `n groot kleuterskool, wat byna twaalf ure `n dag oop is, verg baie geduld,

inspanning, uithouvermoë, deursettingsvermoë, en krag asook wysheid van God af. Ek het

meer as agt jaar gelede tot Vader gebid en Hom gevra om vir my personeel dien ooreenkomstig

Sy wil te stuur, en Hy het. Al my personeel is Godvresend, het Jesus in hul harte en het Hom

baie lief. Baie dankie dat ek die afgelope tyd menige oggende, die skool en die kinders in julle

bekwame verantwoordelike hande kon laat sodat ek die boek kon klaar skryf.

Julle het een en almal julle volle gewig ingegooi nadat ek aan julle verduidelik het dat Vader my

`n opdrag gegee het om `n boek te skryf. Die rede daarvoor glo ek is omdat julle Hom so lief

het. Vader is die fondament en julle die pilare van die skool en van hierdie boek. Sonder julle

sou dit vir my baie moeilik gewees het.

Julle is baie spesiaal. Gekies deur ons Vader self om in Sy Lighuis te werk. Julle werk almal

met Matt 18:10 ingedagte, naamlik dat “elke kind se engel direk aan God Almagtig rapporteer”

en daardeur word al julle handelinge met die kinders aan God Almagtig oorgedra. Indien enige

iets met `n kind gebeur, of dit nou `n siek kind is of `n kind is wat seergekry het, julle bid. Ons

klomp het al die wonderlikste getuienisse van hoe ons deurbrake gekry het deur vas en gebed

in groot krisisse. Julle is die mees spesiale mense met wie enige mens kan werk. Dankie!

Ek bid ons Almagtige God se seën en salwing van vrede, vreugde, voorspoed en liefde oor julle

en julle gesinne. Weereens baie dankie.

Getuienisse

Hier volg `n paar getuienisse van mense wat hulle harte onvoorwaardelik vir Jesus gegee het.

Nie een se getuienis is dieselfde nie, maar almal het dieselfde boodskap: Die oomblik dat jy

Jesus jou Verlosser maak, gaan jou lewe ingrypend verander.

Frans Huisamen

Gedurende Julie 2005, tydens `n manne selgroep het ek `n besluit gemaak om die Here te dien.

Aanvanklik was dit wonderlik, ek was op `n “high”, maar soos die tyd gevorder het, het dinge

moeiliker geraak. Satan het my nou baie meer aangeval as voorheen, en ek het begin twyfel of

dit die moeite werd is om hierdie geloofspad te stap.

188

Ek het in hierdie tyd vir my `n swart A5 joernaal boekie begin waar ek alles wat vir my belangrik

is aangeteken het. Ek het ook agter in die boekie `n lys begin maak vir die dinge waarvoor ek

gebid het.

Hierdie tyd in my lewe was egter nie maanskyn en rose nie. Ek het begin om dinge te doen wat

nie by my geloofslewe gepas het nie, en eintlik was my geloofslewe `n grap, ek het dit nie

ernstig genoeg opgeneem nie.

Ek het betrokke geraak in `n buite-egtelike verhouding wat baie skade in my gesinslede se

lewens veroorsaak het. Ek het net gebid soos wat dit in my besige program ingepas het. Ek was

op hierdie stadium baie ver van die Here af. Die meeste van die inligting was in my swart boekie

aangeteken.

So het ek geredeneer kan dit nie aangaan nie. Ek is gedoop op 4 April 2007, en ek het my lewe

weer begin inrig binne die wil van Ons Almagtige Vader. In April 2008 was ek een van die 60

000 manne wat die MMC op oom Angus se plaas bygewoon het. Ek is met `n verwagting

soontoe, want ek wou iets spesiaals saam met die Here ervaar. Die hoop het nie beskaam nie.

Een van die temas het gegaan oor jou persoonlike stiltetyd saam met God. Ek maak daardie

naweek belofte voor God saam met 60 000 ander manne op my knieë dat ek my saak met die

Here wil regmaak, asook dat die Here met my moet praat, ek wil baie graag Sy stem hoor.

Terug by die huis. Ek bid vir oom Angus en sy span, asook hulle byeenkomste en dat die werk

wat hulle doen geseën sal word. Ek vra ook die Here om met my te praat. Ek haal my swart

boekie uit my Bybelsak, want ek wou my gebedslys op dateer.

Toe ek die boekie oopmaak, was dit skoon! Daar is niks in hierdie boekie geskryf nie! Die

bladsye het wit en ongeskryf na my teruggestaar. Hierdie boekie was die naweek saam met my,

waar is die inhoud? Ek en my vrou het die huis omgekeer in ons soeke vir `n moontlike

oplossing, maar tervergeefs.

Skielik het daar `n rustigheid oor my gekom en ek het `n stem gehoor wat sê: “Aanvaar hierdie

skoon boekie, hou op twyfel. Ek gee jou weer `n kans, by My het jy nou `n skoon boekie.” Ek

het skielik besef dit is die Here wat met my praat. Ons as mense wil altyd die groot goed beleef

en as dit gebeur dan twyfel ons. God het my vergewe en my verlede uitgevee, en daar het nou

vir my en my vrou `n nuwe wêreld oopgegaan, `n wonderlike pad wat ons nou saam met die

Here kan stap sonder enige bagasie.

My boodskap vir jou vandag is:“Daar is `n groot verskil in “tot bekering kom” en om `n “intieme

verhouding met God Almagtig te hê”. Ek was lank genoeg in my lewe skaam om te erken dat ek

`n keuse gemaak het om Jesus te volg. Kom ons staan op en maak `n ‘STAND’ vir Jesus.

Nico Noeth

Ek het groot geword in `n liefdevolle Christelike huis. Elke Sondag was ons in die kerk. Op 17jarige

ouderdom het ek belydenis van geloof afgelê, maar ek het nooit geweet dit gaan oor `n

persoonlike verhouding met Liefste Vader nie.

189

Vir twintig jaar daarna glo ek, ek is reg. Die kere wat ek in die kerk kom hoor ek die Here is lief

vir jou, “glo” net: jy is “vry.” Maar intussen is al wat tel in my lewe die onheilige drie-eenheid: ek-

my- myself, alkohol, vriende en wat daarmee gepaard gaan. Ek was toe reeds geskei, vir `n

tweede keer getroud met die wonderlikste vrou en twee seuns. Nog steeds was ek besig om

liefde te vertrap. Maar ek “glo” mos in Hom, dis mos genoeg. Dit was nie die waarheid nie!

Op 26 Oktober 2006 stap ek by `n sielkundige uit. [Ek was toe reeds drie maande weens stres

afwesig by die werk] Ek kry nie antwoorde wat ek soek nie. Daar is hierdie brandende begeerte

in my om met iemand te praat, met iemand wat die Here ken.

Ek ontmoet twee vriende by `n restaurant, en vra vir hulle “Julle wat moet ek doen, ek wil nie

meer so lewe nie!” “Gee jou hart vir die Here,” kom hulle antwoord.

Oppad huistoe bid, huil, smeek ek: “Here help my asseblief. Ek wil nie meer so lewe nie, hier is

my alles. Here help my asseblief.” Daar op pad huis toe val die Lig van Damaskus op my, en

het ek `n persoonlike ontmoeting met Jesus, met Sy deurboorde hand vat Hy my hand om dit

nooit weer te los nie. `n Ongekende, onbeskryflike, rustigheid, vrede kom oor my en nooit weer

sal ek dieselfde wees nie. Vir die eerste keer LEWE EK. Vir die eerste keer kan ek SIEN.

Vandaar af wil ek net by Liefste Vader wees. Ek staan in die oggende vier-uur op, ek verslind

Sy Woord, ek vertel vir almal, ek borrel oor Jesus. Hy het my hand gevat, Hy het my gered. Die

Heilige Gees verander my van `n selfsugtige wese wat dink die ganse heelal draai om hom na

iemand wat agterkom dat God en ander mense baie belangriker is as ek.

Ek leer dat Christenskap is eksklusief, jy volg Jesus op Sy voorwaardes of bly weg. Niemand

sal die koninkryk van God op `n traak - my – nie - agtige wyse beërf nie. Ek smag daarna om

met my hele menswees vir die Here te wys ek behoort aan Hom en in my eie swembad word ek

gedoop. Ek is `n Wedergebore, bloedgewasde kind van God. Ek is nuwe mens, die oue is

verby.

My droom is om met die leiding van die Heilige Gees soveel mense as moontlik na ons Here

Jesus Christus te lei. Psalm 31:16 som my op: “In U hande gee ek my lewe oor, want, Here,

Troue God , U het my vry gemaak.”

Ek het Sy versekering dat ek vir ewig saam met Hom sal lewe, en niks, ja niks sal my weer van

Sy liefde kan skei nie.

Robert de lange

Dis tien oor nege Donderdagoggend, 3 Augustus 2006 en die voordeur klokkie lui. Ek maak die

deur oop en daar is ‘n blondekop vroutjie by die deur wat vriendelik groet. Sy sê: “Robert

vandag het die Here ‘n afspraak met jou!” Min wetend wat die toekoms vir my hierna gaan

inhou, is ek in die wit stoel sit gemaak en daar is begin om my te vertel van hoe wonderlik God

is, en wat alles vir Hom moontlik is. Van “Adam en die appelboom” regdeur tot Romeine 10

word daar breedvoerig vir my verduidelik wat God se plan is met ons, en kort-kort kom die

woorde vrede, vreugde, blydskap……. Sy verduidelik toe: “Robert as jy met jou mond bely dat

190

Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood uit opgewek het, SAL jy gered

word!”

Vooraf het ek vir amper sewe jaar probeer om verskeie transaksies in die buiteland aanmekaar

te sit maar telkens het dit gefaal. Die spaargeld wat weggesit was het mettertyd opgeraak, en

ons was op die punt om ons voertuig te verloor. Nie net dit nie, alle paaiemente was agter en

daar was letterlik nie kos in die huis nie, met nog minder hoop in die toekoms om dit enigsins in

te haal. Ek bid elke aand en vra die Here dat daar tog maar uitkoms moet wees, maar niks

gebeur nie. Selfs my vrou Zita is moedeloos en met “wat het ons tog verkeerd gedoen in die

lewe?” vra ons mekaar telkemale die vraag en sonder antwoord gaan ons maar weer aan asof

niks verkeerd is nie. Iemand kom agter dat dit swaar gaan en betaal my kinders se skoolgeld.

Dit breek my hart om nie vir my gesin te kan sorg nie en ek oorweeg dit baie sterk om maar

alles waarvoor ek ondervinding in die buiteland opgedoen het net so te laat vaar en maar vir `n

pos in Suid-Afrika aansoek te doen. Ek was baie bewus van die feit dat die kanse maar skraal

is vanweë my ouderdom. Tot die dag wat ek Elize Potgieter ontmoet het.

In die “wit stoel” het die wêreld begin sin maak en ek het die Here aangeneem as my Verlosser

en Saligmaker. Dit was nie ‘n moeilike besluit nie en miskien veral omdat ek op seker die

laagste punt in my lewe was. Alles wat ek gedoen het was verkeerd en Elize het my stap vir

stap geneem en na meer as drie ure in die witstoel en deur die doopbad het ek besef wat ek

werklik moet doen om gered te word. Baie is vir my gesê en ek kon nie alles in neem nie, maar

vir weke daarna het ek en my vrou saam in die Here gegroei. Ons het saam nagmaal gebruik.

Sy was twee weke voor my gedoop en die wêreld het vir haar net so verander. Ons het saam

gebid en vir mekaar gebid sommer hardop en ons het die kinders ingetrek. Ons is geleer om die

wapenrusting van God aan te trek en ons het dit ons eie gemaak. Dit was wonderlik om so

saam te groei en dit was maklik. Maklik in die sin dat ons reg was om drastiese verandering in

ons lewens aan te bring. Ons het `n baie groot behoefte gehad om op die regte pad gewys te

word en daar te bly.

Ek is aangesê om 40 dae te vas en daar is vir my boeke gegee om te gaan lees. Ek het dit

gedoen en vir die eerste keer in my lewe het die Bybel vir my sin gemaak. Elke vers wat ek

gelees het, veral die Nuwe Testament, het skielik vir my sin gemaak en ek kon die betekenis

van die Woord en die boodskap wat ek daarin gelees het, duidelik verstaan. Ons was baie

opgewonde en ek en my vrou het elke dag iets nuuts “ontdek” wat ons met mekaar bespreek

het. Die Bybel het vir ons die interessantste boek geword wat ons nog gelees het. Die Heilige

Gees het in my gewerk en ek het letterlik `n 180 grade omkeer gemaak. Belangrik, is dat ons

nou ook tyd gemaak het vir God in ons lewe.

Sy het my ook geleer om te bid, reg te bid en ek kon duidelik aanvoel dat ek vir die eerste keer

reg kommunikeer met my Skepper. Nodeloos om te sê die wêreld het amper oornag vir my

verander. Binne 60 dae was my besigheid suksesvol en ek het die eerste maand meer geld

huistoe gebring as wat ek in 5 jaar verdien het. Vandaar het dinge verder positief verander en

ek en my vrou en gesin het baie duidelik begin om in die Here se voetspore te volg. Dit is ‘n

wonderlike gevoel en as groot besluite geneem moes word het ons saam daaroor gebid en

191

gevas, selfs al was dit in tye wat die Bulls die super 14 gewen het, die opofferings was die

moeite werd. Ons het dit ook in ‘n goeie luim gedoen en dit was ook ernstig en opreg.

In dieselfde tyd het van ons vriende vorendag gekom en ook openlik getuig dat die Here in hulle

harte oorgeneem het. Dit was wonderlik!

Om elke dag in die wil van die Here te leef, is in die begin ‘n aanpassing maar later word dit ‘n

leefwyse en glo my dit is beslis die moeite werd. `n Mens moet dit nie uit gewoonte doen nie en

dit is waar my struikelblok in die verlede was. Ek was `n “gewoonte Christen” en het elke dag

Bybel gelees en gebid, baie oppervlakkig, as ek moet terugkyk. Volgens Elize was daar ‘n “grys

gebied” tussen my en God en vloeke en bindinge moes gebreek word. Hoe dikwels spreek ons

nie “dood” oor ander mense en hulle lewens nie. Ons sê byvoorbeeld dinge soos: “Daardie

persoon sal nooit iewers in die lewe kom nie”, sonder dat ons besef wat ons oor so `n persoon

uitspreek.

Dit is nou meer as twee jaar later en ek kan getuig dat ek werklik ontvang waarvoor ek gevra

het, inteendeel ek het baie meer ontvang as waarvoor ek gevra het en nog steeds seën die

Here ons elke dag. Die Here het werklik ‘n plan met ons en ons paadjie is vir ons uitgelê. Lees

hierdie boek aandagtig en as ek raad kan gee bestudeer dit en vra vir die Here om in jou lewe

in te kom.

Maretha van Niekerk

Die pad wat bedoel is vir my

Van die begin af was ek gesien deur die wêreld as anders, maar my ouers het my laat verstaan

ek is uniek. In die wêreld se oë is jy minder as jy nie voldoen aan die norm nie. Ek is gebore

met ‘n gebrek aan my linkerhand, maar in God se oë was ek volmaak. Ek het soveel meer

seëninge en talente ontvang op ander gebiede in my lewe dat die verlies aan drie vingers nie

eintlik gesien kon word as ‘n gebrek nie. Ek is deur mense gespot en uitgeskuif en ek moes

vroeg leer om op Iemand staat te maak wat buiten die gewone is. Hierdie Iemand was ons

Almagtige Vader.

Mense gebruik jou tekortkominge om jou te intimideer sodra jy ‘n bedreiging word. Ek het

Christelik grootgeword en die Here was altyd deel van my lewe; dit was juis die wete dat God

my volmaak sien wat my gehelp het om myself te aanvaar.

Ek het die voorreg gehad om baie suksesvol in my tennisloopbaan te wees en ek het nooit ‘n

tenniswedstryd gespeel sonder om dit aan die Here op te dra nie, en ek glo tot vandag toe dat

dit die rede is dat ek nooit ‘n “slegte verloor” gehad het nie. Dieselfde kan gesê word vir die

eksamens wat ek geskryf het, want dit was tot eer van Sy naam.

Geen hoeveelheid sukses, oorwinnings, toekennings of erkenning het my ooit vrede gegee oor

myself nie. Maar die dag wat ek die hoogtepunt in my sportloopbaan bereik het deur in die

Junior Wimbledon tennistoernooi te kon meeding en dit alles weggevat was van my, is waar ek

besef het dat daar ‘n groter “rede” vir my is om te lewe.

192

My lewe deur was my dae gekenmerk met gesprekke met God, al was dit net om met Hom te

gesels oor die aanslae van die wêreld. Ek het geweet Hy luister. Al het ek al my drome op

daardie stadium van my lewe verloor kon niemand my gesprekke met God wegvat nie.

My verlange en soeke na Hom het groter en meer geword. Ek wou meer van Hom leer. Die

draaipunt het gekom toe ek op 12 Desember 2006 gedoop is en die Heilige Gees ontvang het.

Ek het toe eers werklik besef watter krag daar in my woorde met God is en hoe groot Hy werklik

is. Ek het ‘n finale vrede en gemoedsrus gekry dat geen gebrek of tekortkoming kan jou ooit

weerhou van die goedheid van God nie. Al wat jy nodig het is die gewilligheid om God se werke

in jou lewe toe te laat. Jy word bewus van soveel gebiede in jou lewe wat gereinig moet word en

jy word gevul met ‘n krag wat jou laat vergewe waar jy nooit sou dink dis moontlik nie. Jy begin

kyk en soek na die beste in mense in plaas van ‘n rede om hulle sleg te maak. Jou vriende word

deur God gesif en Hy laat net die mense in jou lewe oor wat bedoel is om daar te wees.

Ek het besef dat Jesus Christus in my is. My woorde het krag, my gebede word verhoor. Ek het

‘n konstante bewustheid gekry dat God is in alles rondom ons, daar is nie iets soos toeval of

geluk nie, maar ‘n God met ‘n bedoeling. Jy word ongelukkig nie gewaarborg teen hartseer,

terugslae en moeilike uitdagings nie, maar die wete dat jy met ‘n groter Krag in jou sit as wat

daar is in jou wêreld se uitdagings, wek ‘n vertroue in jou, wat geen uitdaging kan blus nie.

In plaas daarvan om spyt of hartseer te raak oor my twee vingers het ek begin dankbaar raak

daarvoor, want God het dit gebruik om my die mens te maak wat ek vandag is. Geld, status,

sukses en erkenning is nie meer belangrik

vir my nie, al wat vir my saakgemaak het was om die wil van God in my lewe te ontdek en te

ervaar. God het my ‘n rede gegee om elke oggend op te staan en te soek vir ‘n rede om iets

goeds te doen daardie dag, sonder dat ek weet wie of wat dit is. God begin jou op snaakse

maniere gebruik, soms is dit so dat jy nie eers weet dat Hy jou gebruik nie, maar jy was ‘n

antwoord op iemand anders se gebed. Jy word ‘n pion in die Skaakspeler se hand en Hy weet

presies watter skuif is die regte skuif om met jou te maak, want Hy laat alles ten goede

meewerk vir die wat Hom liefhet en volgens Sy wil geroep is.

God het my laat besef dat Hy my tekortkominge gaan gebruik om vir ander ‘n lig in hierdie

donker wêreld te wees. Een ding weet ek verseker dat gebed is die sleutel wat die deure

oopmaak vir ‘n pad saam met God!

Johan Potgieter

Ek het in ‘n Christen huis grootgeword en ek was nogal baie godsdienstig. Ek het glad nie

gevloek nie en was die soet een onder my vriende. Ek het ook my hart op ‘n jong ouderdom vir

die Here gegee. Ek onthou dat iemand eendag ‘n storie van demone vertel het en ek het baie

bang geword. Ek het so oop en weerloos gevoel.

Voordat ek universiteit toe gegaan het, het ons by my tannie gaan kuier. Sy het vir my gesê: “Jy

gaan die jaar geestelik baie groei”. Ek wou baie graag geestelik groei en het hard probeer.

193

Gedurende my eerste jaar het ek baie nuwe dinge ervaar. Ek het die aandlewe in die dorp baie

geniet, maar ter selfde tyd net so hard probeer om geestelik te groei. Ek het getrou Bybel

gelees en gebid en daarom gedink my saak met die Here is reg. Ek het nie verstaan dat om

geestelik te groei saam met verandering gaan nie. Ek sou later uitvind dat jy dit “bekering”

noem. Ek is op Stellenbosch, en ek het ‘n passie vir wyn gehad. Een aand na ‘n wyn vereniging

funksie was ek deur die polisie vir dronk op straat opgelaai. Een aand in die tronk, maar ek het

nie te sleg gevoel nie. Dit is mos alles deel van studente pret. Ek het regtig gesoek na

waarheid. In die lesinglokale sê my dosente: “ …so, is daar nou nog enige iemand wat nie in

evolusie glo nie?” By die kerk hoor ons van ‘creationism’.

Een van my vriende het my elke week sel toe genooi. Ek onthou hy het my seker agt weke in ‘n

ry genooi. Elke Woensdag aand was ek besig om rekenaar speletjies te speel en dan het ek

nee gesê. Op ‘n dag het ek maar ingestem en saam met hom gegaan. Ek was verstom om te

hoor en te sien dat die mense by die sel se verhouding met die Here so lewendig was. Ek het

vir die eerste vier byeenkomste daarna nie ‘n woord in die sel gesê nie, nie eers hardop in die

groep gebid nie. Ek kon nie hardop met die Here praat soos hulle kon nie. Ek het toe saam met

hulle kerk toe begin gaan. Die Here het vir my begin “real” word. Ek het agter gekom dat ek nie

deur my eie krag by die Here gaan uitkom nie. Ek moet Hom net aanvaar en myself oorgee.

In my Junie eksamen in my eerste jaar het ek besluit om gedoop te word. Ek sou drie dae na

my laaste vraestel gedoop word. My laaste vraestel was vir my oorweldigend en ek het gevoel

ek het nog te veel sonde in my lewe om gedoop te word. In die vakansie, ‘n paar dae later, het

ons weer by my tannie gaan kuier. Tannie Elize en oom Francois het daardie aand met my en

my pa oor bekering en die doop gepraat. Ons is daardie aand gedoop. Aanvanklik het ek nie

“anders” gevoel nie, maar mense het my anders begin ervaar.

Toe ek na die vakansie by die koshuis in stap, hoor ek iemand sê: “Daar is iets anders aan

Pottie”. ‘n Paar dae later het iemand dit weer gesê. Toe sê ons inwonende hoof wat my net ‘n

paar kere al tevore gesien het, dit ook. Ek het geweet daar moes iets in my gees verander het,

want uiterlik het niks verander nie.

Vandaar het ek in ‘n verhouding met die Here begin groei. Hy het Sy karakter aan my begin

openbaar en ek het vir die eerste keer gevoel ek weet die waarheid. Ek het nie meer van die

wêreld afhanklik gevoel om vir my te sê wat die waarheid is nie. Dit het in my hart gebrand om

net diè waarheid met almal om my te deel. Ek het die Bybel begin verstaan. Ek het elke dag `n

brandende begeerte gehad om meer en meer van my Vader te weet en te leer. Hoe meer ék

uitgereik het, hoe meer het Vader na my uitgereik. Die resultaat: Ek is lief vir ons Vader.

A Journey towards God

Around 1988, I worked with some girls who were “Christians” but who I was not particularly

interested in being like. For some unknown reason, though, I was interested in reading the

Bible, I already had a copy of the Koran and so reading the Bible seemed like a relatively good

idea. I had grown up as a Methodist, been confirmed at 16 which meant that I had

acknowledged Jesus as the Son of God, but this was completely irrelevant to my life. (At the

194

time and subsequently.) I needed to get that done so that I could leave Sunday School, so I did

and I did. (Got confirmed and left the church)

So, this girl was showing me her Bible which had architectural section in the back which I

thought was pretty cool because it showed pictures of places in the Bible which was where the

stories actually happened. As I had travelled to some of the places, this seemed to prove that

the Bible could be true. I went out and bought one just like it yet never read that or the Koran.

I was living in Paris at the time and attended the local Embassy church quite (not very)

religiously every second Sunday, even teaching Sunday School to the English children (never

believing in God, of course, but no-one seemed to notice or care).

I remember one conversation though with the Dominee about Heaven and God. I was very

concerned about all the “other” people – the Chinese, Indians, pigmies – if they were going to

hell, well what made me better than them, I would go too. The Dominee pointed out that I was

not focussing on the reality of what a relationship with God would bring. It wasn’t about one day

in Heaven, where you could be in the presence of God, it was that relationship with God would

mean that I would have access to the presence of God on earth, from that day on.

That made a pretty large impression on me, but that was that.

I returned to South Africa in 1991 and one the of things that I wanted to do was find a church.

Not sure why but that was obviously God’s Holy Spirit calling me to Him. I eventually started

attending a church that my brother was involved in, and 6 weeks after I first started going I

responded to the altar call – not sure why even till today – but I did and that was the beginning

of the journey that God had planned for me. This was almost three years to the day after I

bought the Bible!

Was that the beginning of all things wonderful? Oh no, in fact, from that time, the sin that I had

in my life actually got worse in many ways.

I can say with all seriousness that I didn’t “give my heart to Jesus in a prayer” – no I got SAVED.

There had been times in my life when I had made choices which had been born out of rejection

and hurt, which had dire consequences and even after I began to have a relationship with

Father God, these things were still a stronghold and no matter how many church services I

attended, no matter how many ministries I served on, these things did not go away.

It was only after 6 years, after a year of part-time Bible Study, after many thousands of hours of

good Bible teaching and learning what the Word of God had to say about life and Godliness that

I experienced a breakthrough and deliverance to lead a life which truly was pure. In one session

with a counsellor (who I went to see about chronic back pain) she asked me when the pain had

started and I realised that this had been when I was 16 years old [15 years earlier] and was

then prompted to remember that it was at that time that I had started an extra-marital affair with

a teacher at the high school I had attended. In doing so I had given authority to the devil to bring

this pain/affliction to my body. My relationship with my father had not been very good in my

childhood, we would fight quite a bit and I felt that he loved my brothers more than me. In fact, I

195

often felt as a child that if I would join “the boys” when they were playing, that I would spoil their

fun.

This acceptance of rejection had led to me being very susceptible to the attention of this older

man and choosing a very destructive route which I remained on for many years. Only when I

repented of these sins and asked God to forgive me, did I receive His forgiveness and then I

was able to be free and live a life that truly reflected what was available in the promises of

God’s word.

In the 6 years that I had been saved (and in fact in my whole life), I had hurt many people, some

directly, some indirectly, I broke most of the 10 commandments, and even though I was always

one of the “top” performers, a good “girl” in the eyes of many, my life had been rooted in lies

and deception and sin. In this time I had come to know God’s character and even at the worst

times I still knew that His character was what I could rely on – that He was unfailing and that He

was the same yesterday, today and tomorrow.

After the deliverance session when I truly was healed of the rejection and was able to walk

freely in God, I was able to truly experience the love of God and the ministry of His Holy Spirit.

In the preceding years I had learnt a lot about the Word of God, had done Bible School and had

been in every church meeting, every prayer meeting, every camp, every everything but this had

not made it possible for me to lead a Holy life, to live a life that was pleasing and acceptable to

my Father. The key had been repentance, forgiveness and then being filled with the Holy Spirit

to a new level.

In the next few years it was more about being in His presence rather than learning something

about Him. But still this had its challenges. Two years later I had to leave the ministry that I had

been part of because I chose to marry a man that the church would have preferred me not to

have a relationship with. Suddenly, my life was without all the trappings of church – the ministry,

the youth group, the school teachings, the camps, the prayer meetings, etc. All I had was a raw

heart and a new relationship. My friends were no longer my friends, I was out of a job and

needing to start over.

This was also a time of re-establishing what I was sure of – was I into the things of God or the

God of the things. When you have everything stripped away, you can find the core. Walking in

faith is then sometimes a lonely road, one that is narrow and few find it.

My relationship with my husband was one that was grounded in God but needed much grace.

We were not together in spite of what we had been through in our lives but, I think, because of

it.

Throughout our marriage, when we were closer to God, we were closer to each other. It didn’t

matter what challenges we encountered, this seemed to be the key. Shortly after we were

married we had a son who has been a blessing to us and I also have the privilege of being “the

other mom” to three stepchildren. In all these things I know that without a relationship with God,

without applying His Word to ALL things in my life, it would be impossible to live. I genuinely do

not know how people can raise children without knowing God!

196

In the years that followed I had to rely on what I knew to be true about God – knowing that it

was all about what He was and who He was and not about me.

I knew the value of seeing His Word being applied in my life and knowing that relying on my

own strength was always a waste of time but relying on His Word would always be the answer.

Having faith in Him was always more valuable than having faith FOR something.

There is simplicity in the way that I live – understanding what the Word says about something

and then very simply, with that child-like faith, applying that in the day-to-day life. I do not want

you to think that this has always been easy – there is nothing easy about a simple walk of faith!

There are times when this can be extremely tough but again, as one man of God once said, if

you are going to believe some of the Word, you need to believe all of it!

Clinton Agnew

I got radically saved on 23 July 1999 at a Power team convention. I was 35, recently divorced

and wandering around in the wilderness. My daughter, then 10 years old invited me to come

with. I had given my heart to God from about the age of ten, and it was an on-off affair with the

Almighty God, but I had not yet come to repentance. My relationship with God was never a

priority and ultimately never took flame.

I left high school and went off to do my national service, which I knew was going to be my

profession. I had a passion for the military and, as young boy, my desire was to be a

mercenary. I left the Defence Force in April of 1999 after

sixteen years of service. I had had a great career (in my own estimation) having accomplished

what I had set out to do. My personal life was however a whopping disaster.

I had married for the first time at the age of twenty, a terrible choice, which lasted for six

months. Four years later I got married again, and this too lasted only four years. This divorce

was rather traumatic and for a brief time I turned back to God to help sort out the mess I had

made. This only lasted a short while and I eventually slid back into my old habits and patterns.

The marriage ended in divorce and nine months later I married again for the third time.

This marriage lasted five years and I filed for divorce. It was at this time that I left the Defence

Force and decided to pursue another career. I wanted to take eight months off and travel and

rebuild the mess I had made of my life. It was in this time that I attended the Power team; I was

not impressed at these big guys breaking things and bending them. I was impressed with

military skills and prowess, guys who had faced an enemy in combat and won. God had other

plans. That night I had a radical encounter with the Almighty God. He found me when I was not

looking. I was the prodigal son. I was radically saved that night and came to repentance. I totally

surrendered to God and pursued Him day and night. I went off to Mozambique in 2000, to do

mission work and spent the week crying. I was the broken vessel in the hands of the master

potter. It was radical.

My life changed and I remember one day in church the pastor saying that he felt that if we

wanted a special gift from God we should ask Him now. I asked God boldly to make me a man

197

of faith, but not to play with me; it was all or nothing. That same day my life started falling to

pieces and I couldn’t understand it. By the following Thursday I was in tears and asking God

what I had done wrong. Holy Spirit gently reminded me of my prayer of faith.

From that point on my life has not been the same. I was unemployed for six years; I had

decided that I was going to pursue the perfect will of God for my life. Every time I went for an

interview, God would say no to the job offer. It was a frustrating time for me and I was broken

even further. It was an awesome time for growth and deepening, a true account of repentance.

I had decided to pursue a career as a life coach, teaching people leadership, which was my

interest in life. God opened other doors involving teenagers (this was not my idea of fun). I got

involved with teens in crisis and started working with them. After six years of waiting for God to

open doors for me and guide me into His perfect will for my life, He did. I got the call to full time

ministry and was surprised to hear it would be at the local Afrikaans high school. It was amazing

to see God at work. I was not known at the school, I was English, and the headmaster was not

acquainted with me. When he was told that I was to work at the school, his casual reply was

“when can he start”. It was definitely a God thing.

I started there in 2006 and have spent the last two and a half years in the school, ministering to

teens and being where God wants me to be. It has been a tough journey, faith is not easy, and

it is not meant to be. Soon after I started at the school God spoke to me and told me the

following: “I have seen your struggle, you have spent six years in the wilderness, eating manna

and quails and you sought to be in my perfect will, not wavering. I now know that I can trust

you”. These words are more valuable to me than any other words can ever be.

The crux of this testimony is that serving the Almighty God is an absolute; an absolute joy, an

absolute pleasure, an absolute thrill and an absolute commitment. It starts with true repentance

– a changing of how you think about God and what He has done for us. Once we have come to

repentance we can start to know and prove what God’s desire (will) is for us, His perfect,

pleasant and pleasing will. It requires absolute obedience to the Word of God, a total

surrendering of yourself (spirit, soul and body) to the Almighty Father and to His desire for your

life.

It requires a pursuing of Holiness, the absolute standard that God has set for us. God’s desire is

that we live spotless and blameless before Him in love (Eph 1:4-7) and this requires that we

pursue it. My life has not been the same since I truly came to repentance in 1999 and my desire

is that it will continue to change and my desire to pursue holiness will increase daily. God is an

awesome God and one that we must earnestly desire and seek the Word says. Finally, faith is

vital. The Word says it clearly in Heb 11:6 – Without faith it is impossible to please Him; for he

who comes to God must believe that He is, and that He is a rewarder of those who diligently

seek Him.

Hennie Barnard

Ek het groot geword in ‘n tradisionele Christelike huis. Ek was ‘n plaaskind, en my ouers het

geboer. Ek het twee fantastiese ouers, ‘n ouer suster en jonger broer. Ek was ‘n saggeaarde

kind – so het my ma altyd gesê. Toe loopbaankeuses gemaak moes word het ek beluit om ‘n

198

polisie beampte te word. Ek het 1986 gematriekuleer, en dieselfde dag wat ek my matriek

uitslae ontvang het, is ek geattesteer as ‘n polisieman. Ek is Januarie 1987 na die polisie

opleidingskollege in Pretoria. Ses maande later is ek uitgeplaas na ‘n polisiestasie, en dit is

daar waar my getuienis eindelik begin. Ek het gou naam begin maak in die polisie gebied waar

ek diens gedoen het, asook in omliggende polisie areas. Hoe groter die skelm, hoe groter die

uitdaging om hom te soek en te arresteer.

Hierdie suksesse het my gou ‘n groot ego gegee. Ek het later ‘n klipharde, wrede en

ongenaakbare polisieman geword. My humeur was onbeteulbaar, ek het ook `n bietjie gedrink.

Net èk was reg, net mý standpunt het getel. Vir die publiek was ek ‘n ikoon, en die kriminele

was regtig bang vir my. Ek het ook op ‘n sekere kerk denominasie se kerkraad gedien.

Ek sou aanvanklik net vier jaar polisiediens verrig het, en dan gaan boer het. Maar ‘n geweldige

droogte wat in die bosveld geheers het vir ‘n paar jaar, het my genoodsaak om langer in die

polisie aan te bly. My pa was genoodsaak om dringend een van ons twee plase te verkoop

vanweë die droogte. Dit het gemaak dat ek met die Here begin baklei het. Ek het geredeneer

dat God die mag het om die dringende plaas verkopery te kon stop.

Ek is in 1993 met ‘n pragtige vrou, Willemien getroud. Ons het saam groot geword. Maar ‘n

week voor ons troue is ons ander plaas, op ‘n veiling, verkoop. Ek het met God baklei so erg dat

ek vir hom eendag gesê het dat ek weet dat Hy nie bestaan nie en dat ek met Hom niks verder

te doen wil hê nie. My toekoms was aan skerwe. Ons huwelik het erge storms deurgemaak, my

humeur was verby onbeteulbaar. Dat Willemien met my uitgehou het. was `n direkte ingryping

van God!

Ons is nog deur groter dramas, ek is onder andere gesekwestreer. Maar intussen is ons geseën

met 2 pragtige dogters, Suzaan en Annemi. Steeds het die Tsunami van die lewe ons geteister.

Ons was baie verward, waarom gebeur al hierdie dinge met ons? Ons het begin soek na

antwoorde. Ons het baie verskillende kerke begin besoek, maar met geen gemoedsrus nie.

Eendag het my vriend Jan, ook ‘n polisie kollega my na ‘n kerkdiens genooi. Ek het hierdie man

baie goed geken. Wel as jy dink ek was rof, hy was erger! Sy pad hel toe was geteer. Jan het

na ‘n vinnige siekbed 41 dae in ‘n koma gelê en dokters het verklaar dat drie van sy vyf organe

gaan staan het. Maar God het hom ‘n tweede kans gegee en toe ek sy hele getuienis hoor, en

sy lewens ommekeer gesien het, het ek en Willemien besluit om na een van die kerkdienste te

gaan. Dit was in 1998. Ons het die kerk ingestap en die mense in die kerk was besig om `n

sekere liedjie te sing: “… Hy wys my Sy hande deurboor vir my, Hy wys my Sy voete vasgenael

vir my …” en helder vra Jesus vir my, “Wat moet Ek volgende vat voordat jy jou lewe vir My

gaan gee?” Ek het vir die eerste keer besef dat ek verlore en oppad hel toe is en dat my pad

hel toe ook geteer is, en nog ‘n lagie seep op het wat die gly proses soveel makliker maak!

Ek het ‘n verskriklike sonde besef gehad. Daardie aand in ons huis het ek en Willemien voor

ons bed gekniel en gebid. Ons het Jesus om vergifnis gesmeek, ons toestand van sonde erken,

en God gevra om ons Sy kinders te maak, en gevra dat Hy Sy Gees in ons moet kom laat bly.

Vroeg die volgende oggend het ek opgestaan en in ons huis se gang afgeloop. Suzaan het my

gegroet. Sy het pas uit haar kamer gekom en agter my aangeloop. Onbewus van die vorige

199

aand se gebeure het sy met my begin praat en gesê: “Pappa lyk vandag anders”. My vraag aan

haar was: Wat lyk anders? “Pappa, ek weet nie, maar Pappa lyk anders as gister.” Willemien

het uit die kamer aandagtig na die gesprek geluister en gesê dat die woord mos sê dat ‘n mens

sal getuig van verandering wanneer Jesus jou Syne maak.

Ons lewens het daardie aand drasties verander. Jesus was Meester van ons lewens. God het

ons lot verander en ons werkilik weer begin seën. Intussen het albei ons dogters Jesus

aangeneem as hul Verlosser en Saligmaker. Die Here het my verlos van my erge humeur,

vloekery, drinkery en talle ander sondes!

Dankie Jesus, Ek wil ook dankie sê vir my vroutjie vir haar gebede en geduld. Dankie aan ons

kinders wat elke dag vir hul pa en ma bid. Dankie aan my pa, ma, sus en swaer – vir hul

aanhoudende smeekgebede dat Jesus ons siele moet red. Mense word nie in die hemel in

gepreek nie, maar gebid. Dankie Jesus dat U gebede verhoor! AMEN

My naam is Dutch van die MAC’S/ Gerrit Viviers.

Ek was `n groot “kokaiene, LSD, dagga, mandrax en cat” verslaafde. Drugs was my hele

bestaan. Dit het myself en my hele gesin se lewe geruineer.

Ek het in `n Christelike huis grootgeword en die eerste wonderwerk wat met my gebeur het was

toe ek vier jaar oud was en met `n ongeneeslike niersiekte gediagnoseer was. `n Pastoor uit

Nelspruit het vir my gebid, my gesalf en daarna was ek gesond. Die dokters kon en wou dit nie

glo nie, die loboratoriums het die onmoontlike, moontlik bewys. Ek was ten volle genees.

Ek is in 1990 met die wonderliksste vrou getroud en twee pragtige kinders is vir ons gebore.

Ons was die volmaakte gesin. Ek het egter kort daarna met al wat drug is begin

eksperimenteer. Die jare wat daarna gevolg het was `n nagmerrie uit `n riller verhaal. Op

Maandag 22 Desember 2008 het ek my vrou vir die soveelste keer in haar lewe geteister vir

drug geld. Sy was bitterlik ongelukkig, en het die rehab-papiere vir my gegee en gesê dat sy nie

meer kans sien vir nog `n jaar se baklei en vloek nie. Ek het die geld gevat, op my motorfiets

geklim, kokakiene gaan koop en na `n vriend van my gery wat 10 uur in die oggend die

brandewyn laat vloei het. Ek het nog R300 by iemand geleen en `n ander vriend se laaste geld

by hom gevat om nog drugs te gaan koop.[Dit was die patroon van my lewe].

Ek spring toe op my motorfiets en besluit dat ek sommer die “Nigerians” gaan beroof vir nog

drugs, aangesien ek te min geld by my gehad het. Ek het soos `n mal mens gejaag. Op die

hoek van Michael Brink en Hendrikverwoerd was ek in `n verskriklike motorfietsongeluk, wat

byna my lewe gekos het. Wat daarna gebeur het is die rede vir my getuienis.

Dinge het baie sleg vir my gelyk. Ek moes geopereer word, maar daar was `n probleem met my

longe. Duidelik het ek ook aan ontrekking simptome begin lei en was soos `n wilde dier. Tien

mense was nodig om my vas te druk sodat ek gesedeer kon word. Daar was chaos rondom my

bed. Die volgende oomblik het ek in `n koma ingegaan. Ek was `n volle drie en `n halwe week in

`n koma. Ek weet daar is baie voorstellings van die hel maar ek het die hel beleef. Hier volg wat

met my gebeur het. Terwyl ek in `n koma was, het dit vir my gevoel of ek aan die mense kon

200

aak, ek kon hulle hoor, ek het hulle geruik, ek kon tot ruik as hulle asems gestink het. Daar was

duidelik nie iets verkeerd met my sintuie en belewenisse nie.

Maar die ergste was die halusinasies of te wel drome wat ek gehad het. Meer realisties kon

niemand dit ooit beskryf nie. Ek glo ek het `n voorstelling van die hel beleef.

Die belewenisse was mens eg. Ek het die hele tyd geveg vir my lewe. Ek bedoel ek moes veg

om aan die lewe te bly. Die gevegte was aanhoudend, sonder stop. Ek moes ook die heeltyd

veg vir die lewe van my gesin. Die ergste was dat ek niks aan my situasie kon doen nie, ek was

die heel tyd vasgemaak, en hulpeloos. Ek het dosyne ervarings gehad van verskillende gevalle

waarin mense my vasmaak en planne beraam om my dood te maak. Ek het begin bid.

Aanhoudend! [Onthou ek was in `n koma]. Ek het tot God Almagtig gebid om my asseblief nog

`n kans te gee, my te red van hierdie hel waarin ek was. Vader het my gebede terwyl ek in `n

koma was gehoor! Hy het my wakker laat word uit my koma teen die dokters se prognoses in.

Ek het op 3 Februarie 2009 my hart vir die Here gegee en Hom belowe dat ek my lewe aan

Hom gaan wei. My been is op 26 Maart afgesit. Almal het gedink ek gaan kwaad wees en

Vader daarvoor blameer. Maar hulle was verkeerd. Ek het `n tweede kans gekry. Ek sien dit so:

Dit is my been vir my siel. Ek Loof my Vader.

Amen.

201

BRONNELYS

Die Bybel, in Afrikaans, 1983 uitgawe. Met verlof van die Bybelgenootskap van Suid Afrika.

1987. The Amplified Bible. Gebruik met toestemming 1987 uitgawe van Zondervan.

THE BIBLE COLLECTION DELUXE ©2002 BibleOcean.com. Published and distributed by

Valusoft, a division of THO Inc.

STRONG’s Complete Greek & Hebrew Lexicon.

HAT Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal Vyfde Uitgawe F.F. Odendal &

R.H. Gouws.

Tweetalige Woordeboek Afrikaans-Engels Engels Afrikaans Prof.dr. D.B. Bosman,

Prof. I.W. van der Merwe, Dr. L.W. Hiemstra

202

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!